armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_kruisgewys_november_2010.pdfdit...

20
Die abstrakte geweld van geld 4 Waar is God te midde van misdaad? 6 Kruisgewys nou VBO-punte werd 8 Gemeentebou en art 21-maatskappy beveg misdaad 10 Jakob se put – ’n netwerk in nood 12 ’n Bate-gebaseerde benadering tot armoede 14 Geweld en armoede – ’n omvaende uitdaging 16 Posbus 18 10/4 NOVEMBER 2010 Uitgegee deur Bybel-Media (in vennootskap met GDN) Armoede en werkloosheid GDN

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

• Die abstrakte geweld van geld 4

• Waar is God te midde van misdaad? 6 • Kruisgewys nou VBO-punte werd 8

• Gemeentebou en art 21-maatskappy beveg misdaad 10

• Jakob se put – ’n netwerk in nood 12• ’n Bate-gebaseerde benadering

tot armoede 14

• Geweld en armoede – ’n omvattende uitdaging 16

• Posbus 18

10/4NOVEMBER 2010

Uitgegee deur Bybel-Media(in vennootskap met GDN)

Armoede en werkloosheid

GDN

Page 2: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

Direkte bestellings: [email protected]: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAe-aankope: www.bybelmedia.co.za

Missionary Perspectives in the New Testament

JOHANN DU PLESSIS, EDDIE ORSMOND & HENNIE VAN DEVENTER (EDS)

� ere is certainly a need for fundamental re� ec-tion on mission within our present context, where the church of Christ is called to witness in South Africa, Africa and the world.

Missionary Perspectives presents a picture as to how the New Testament treats the missionary challenges for congregations and the church in di� erent contexts. � e authors o� er perspectives on mission from the following New Testament writings: Matthew, Mark, Luke-Acts, Gospel of John, Romans, 1 and 2 Corinthians, Galatians, Ephesians, Philippians, Colossians, 1 and 2 Timothy, Hebrews, James, 1 Peter, 1 to 3 John, and Revelation.

In addition to the New Testament writings four contextual articles – to map the context of the biblical approach – are added to give some indication of the present situation and context for the presentations in this book. � e context-ual articles focus on the themes of Christendom in the Cape-Dutch context and its legacy, the emerging missional church, missional diaconia as a model for mission, and � nally the relation between space, liturgy and mission.

Missionary Perspectives succeeds in showing that di� erent New Testament writings treat the theme of mission di� erently.

Pictures from chosen New Testament literature

VITAL INFORMATIONPAGES: 300CATEGORY: Theology/MissiologySELLING PRICE: To be announcedPUBLICATION DATE: June 2009

MP_ad.indd 1 5/6/09 12:08:54 PM

B O E K B E K E N D S T E L L I N G

Formulierboek weerspieël jare se groei

JY BETAAL GEEN POSGELD NIE

Die Handleiding vir die erediens is die nuwe liturgie-en- formulierboek vir gebruik op die kansel.

Daar is talle nuwe liturgieë vir alternatiewe dienste en bykomende formuliere. Dit is die vrug van baie jare se besinning, navorsing en eksperimentering deur ’n werkgroep wat die inligting versamel en verwerk het.

Daar is ook probeer om die afgelope jare se groei in die liturgiese beweging te weerspieël.

Die Handleiding vir die erediens kom 20 jaar ná die Handboek vir die erediens, en drie jaar ná Vir die erediens – ’n handleiding. Albei vorige publikasies is geëvalueer en met heelwat nuwe materiaal aangevul.

Elemente van die erediensDie boek bestaan uit vier dele. Die eerste deel handel oor die erediens. Die verskillende elemente van die erediens word breedvoerig bespreek met riglyne en voorbeelde. Dit is veral die responsoriese formules wat opvallend is. Trouens, by die meeste van die liturgieë is daar responsoriese voorbeelde. Onder hierdie afdeling is daar 27 formuliere. By talle van die tradisionele formuliere (soos by die doop en die nagmaal) is daar verskeie alternatiewe voorbeelde. Daar is ses formuliere wat in Engels beskikbaar is. ’n Nuwe formulier wat aansluit by die tradisionele formulier vir die bevestiging van kerkraadslede, is die formulier vir die indiensstelling van gemeenteleiers.

Verskillende soorte erediensteDie tweede deel handel oor al die verskillende soorte eredienste. By elke soort erediens word die herkoms en inkleding van die betrokke erediens bespreek, met verkorte liturgieë as voorbeeld. Daar is 13 verskillende soorte dienste wat op hierdie manier bespreek word. ’n Interessante nuwe toevoeging is die “klagdiens”.

Kerklike jaarDie derde deel fokus op die kerklike jaar. Die Kers-, Paas- en Koninkryksiklus word breedvoerig gedek. By elke seisoen en kerklike feesdag word die agtergrond bespreek en voorbeelde van liturgieë aangebied.

Ekumeniese belydenisseDie vierde deel van die boek bevat die ekumeniese geloofsbelydenisse.Die Handleiding vir die erediens het beslis die volgende pluspunte:• Omvattende uiteensetting van en agtergrond tot die

erediens.• Vars omskrywing van al die elemente en momente van

die erediens.

• Bygewerkte weergawe met talle nuwe liturgieë en formuliere.

• Verskeie Engelse formuliere is ingesluit.• Formuliere vir spesiale geleenthede (bv nagmaal aan

kinders of belydenisaflegging van mense met beperkte verstandelike vermoëns).

• Ekumeniese aanwending en gebruik.• Aantreklike uitleg en omslag wat maklik saam met ander

boeke en Bybels op die kansel gebruik kan word.

Die Handleiding vir die erediens is die vrug van ’n spanpoging. Baie jare se besinning, navorsing en eksperimentering is deur ’n werkgroep versamel en verwerk.

Dit is ’n voortgaande proses. Die samestellers hoop dat hierdie publikasie verdere nadenke oor die erediens sal stimuleer en die ontwikkeling van nog meer nuwe materiaal tot gevolg sal hê.

Die handleiding dra die boodskap van ’n ekumeniese openheid. Die samestellers hoop dus dat hierdie handleiding ook sinvol deur ’n verskeidenheid kerke gebruik sal word, en dat daar op liturgiese gebied toenemend samewerking tussen kerke sal wees.

Die Handleiding vir die erediens is nie ’n resepteboek nie. Die riglyne en voorbeelde hierin vra om op ’n kreatiewe manier verder ontgin te word deur almal wat betrokke is by die beplanning en inrigting van eredienste.

Die boek kan teen R179,95 bestel word by Bybel-Media Handel by 0860 26 33 42. Dit kan ook aanlyn gekoop word by www.bybelmedia.co.za.

Page 3: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 2010

Va N D I E R E Da K T E u R

3

Chris van Wyk

Direkte bestellings: [email protected]: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAe-aankope: www.bybelmedia.co.za

Missionary Perspectives in the New Testament

JOHANN DU PLESSIS, EDDIE ORSMOND & HENNIE VAN DEVENTER (EDS)

� ere is certainly a need for fundamental re� ec-tion on mission within our present context, where the church of Christ is called to witness in South Africa, Africa and the world.

Missionary Perspectives presents a picture as to how the New Testament treats the missionary challenges for congregations and the church in di� erent contexts. � e authors o� er perspectives on mission from the following New Testament writings: Matthew, Mark, Luke-Acts, Gospel of John, Romans, 1 and 2 Corinthians, Galatians, Ephesians, Philippians, Colossians, 1 and 2 Timothy, Hebrews, James, 1 Peter, 1 to 3 John, and Revelation.

In addition to the New Testament writings four contextual articles – to map the context of the biblical approach – are added to give some indication of the present situation and context for the presentations in this book. � e context-ual articles focus on the themes of Christendom in the Cape-Dutch context and its legacy, the emerging missional church, missional diaconia as a model for mission, and � nally the relation between space, liturgy and mission.

Missionary Perspectives succeeds in showing that di� erent New Testament writings treat the theme of mission di� erently.

Pictures from chosen New Testament literature

VITAL INFORMATIONPAGES: 300CATEGORY: Theology/MissiologySELLING PRICE: To be announcedPUBLICATION DATE: June 2009

MP_ad.indd 1 5/6/09 12:08:54 PM

‘Hoekom het die armes nie kos nie?’

“When I give food to the poor, they call me a saint. When I ask why the poor have

no food, they call me a communist.” – Dom Helda Camara

Armoede en werkloosheid is een van die sewe groot reuse wat SACLA reeds in 2003 as die

grootste uitdagings van ons tyd geïdentifiseer het. Ongeveer 45 persent van Suid-Afrika se inwoners kan as arm beskryf word.

Armoede en werkloosheid is weliswaar iets waarby die onderskeie kerke in ons land geredelik betrokke is. In die 2006 Kerkspieël-ondersoek in die NG Kerk byvoorbeeld het leraars gerapporteer dat 80 persent van gemeentes by die verligting van armoede en werkloosheid betrokke is.

Die vraag is nogtans of die kerk, ten spyte van ’n wye betrokkenheid, genoeg doen, veral as ’n mens bogenoemde aanhaling van Camara in gedagte hou.

Doen ons genoeg om die oorsake van armoede en werkloosheid uit die weg te ruim?

Verbind die armoedesyfer verder aan die feit dat Suid-Afrika ook een van die ekonomies mees ongelyke lande in die wêreld is. Dán begin jy verstaan waarom armoede ook ’n teelaarde is vir die moontlikheid van konflik en geweld.

Daarom dat ons in dié uitgawe oor armoede en misdaad praat.

*Chris Jones pak die bul by die horings deur van die “abstrakte geweld van geld” te praat. Dit is een van die lense wat ons moet aanlê om armoede te verstaan. Die

teenstelling is nie tussen arm en ryk nie, maar tussen arm en selfstandig. Volgens dié lens is geweld een van die gevolge van ’n kortsluiting tussen die droom van ekonomiese selfstandigheid en die werklikheid daarvan dat ná 1994 net ’n relatiewe klein groep ekonomies bemagtig is.

*Christo van der Merwe laat die lig val op die geweldige ontreddering wat die blootstelling aan geweld by mense veroorsaak. Die diepte daarvan word telkens beleef in die kreet na waar God dan in die geweld van misdaad is. Een antwoord kan ’n mens vind in die “nuwe storie” van een slagoffer van geweld, Annette, wat betrokke geraak het by die einste sisteem en gemeenskap wat haar in die steek gelaat en vermink het. Deur die polisiekantoor te verf en haar weeklikse bediening by ’n plakkerskamp, wys sy waar God is: In die slagoffer wat hulp aanbied en só ’n lig in die donker word.

*Willem Pretorius en Roelof Opperman gee ’n interessante perspektief op die innoverende strategie van die gemeenskap van Kameeldrif wat deur geweld tot die uiterste beproef is. Die uiteinde was nie net ’n bekamping van misdaad nie, maar deur iets aan een van die oorsake daarvan te doen, naamlik aan armoede en werkloosheid. Hulle vier sentra help nie net families en kinders nie, maar rus onder andere entrepreneurs toe met die vaardighede en ondersteuning wat nodig is om selfstandig te raak. Die projek om die lewensomstandighede van hoërskoolleerlinge in arm gebiede te verbeter, met sonpanele wat lig vir hulle studies verskaf, is inspirerend.

*Ina Mundell skryf oor die netwerk vir nood wat in 2003 met die projek Jakob se put in Pretoria-Oosterlig vir mense “tussen werk” begin is. Hoewel dit aanvanklik mense gehelp het wat deur regstellende aksie geraak is, het dit mettertyd uitgebrei om alle mense wat

deur werkloosheid geraak word te help. ’n Netwerk van 22 kerke werk (al) hiermee saam en die diens is reeds na verskeie plekke in Suid-Afrika uitgebrei.

*Peter Grove herinner ons daaraan dat die aanpak van die armoedevraagstuk liewer uit ’n bate-gebaseerde as vanuit ’n tekort-gebaseerde benadering gedoen behoort te word. Dit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne waaroor armes wél beskik. Hy skroom nie om die gebreke in die regering se huidige benadering tot armoede uit te wys nie, en spel ’n hele paar praktiese wyses uit waarop gemeentes by die vraagstuk van armoede betrokke kan raak.

*Ben du Toit skryf oor die uitdaging van ge weld en armoede en wys uit die mond van armes self hóé erg die probleem reg tig is. Alleen met ’n om-vattende bena de ring van alle betrok-kenes, te wete maat skap like sorg, staatsondersteuning, plaas like owerhede, polisie- en besker mings dien ste, opvoe-ding, mediese dienste en die godsdiens-tige gemeenskap, kan hier die uitdaging aanvaar en daarna gemik word om ’n volgende geslag uit die spi raal van armoede en geweld te laat ont snap.

’n Mens sou nog baie meer oor hierdie komplekse saak kan sê, veral oor die rol wat leierskap speel. Dr Mills beweer in sy on langse boek Why Africa is Poor, dat swak besluite deur die leiers van Afrika die belangrikste rede vir Afrika se voort ge -sette armoede is. Persoonlike en finan siële belang word ongelukkig eerste ge stel, eerder as die belang van die bevol kings.

Die belangrikste is egter om iets te doen aan armoede en misdaad, persoonlik soos Annette en korporatief soos Kameeldrif.

Ons hoor graag van stories wat ander gemeentes kan inspireer om regtig ’n verskil te begin maak. Stuur dit na [email protected] vir publikasie by www.gemeentes.co.za.

Page 4: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 20104

Chris Jones is betrokke by die Kan-toor vir Moraliteit – Communitas/BUVTON en die Beyers Naudé Sen-

trum vir Publieke Teologie.

Waar is God in al die geweld en misdaad?

Hoekom soveel brutale geweld, sáám met misdaad, in ons land? Waarom word mense vir ’n selfoon of ’n paar Rand vermoor? Ons elkeen probeer ons vinger op die grondoorsake hiervan lê, maar natuurlik laat geweld hom nie sommer vaspen nie.

Johan Rossouw en Bert Olivier, albei filosowe, het my ’n klompie jare gelede met verhelderende perspektiewe gehelp hóé om meervoudig oor hierdie komplekse verskynsel te dink.

Rossouw verwys na drie samelewingsfere: die godsdienstige, die politiese en die ekonomiese. Elke sfeer speel deurgaans in elke samelewing ’n strukturerende rol. By tye gebeur dit dat een van hierdie sfere ’n groter impak as die ander het.

So het godsdiens in die voormoderne Middeleeue ’n dominante rol gespeel, en politiek in die moderne era. In ons postmoderne samelewing swaai die ekonomie of die markplek die septer. Omdat baie mense effektief van laasgenoemde uitgesluit is, stimuleer dit geweld.

Olivier gaan ’n stappie verder deur psigoanalities met die gewelddadigheid van misdaad om te gaan. Hy gebruik die psigoanalis, Lacan, se voorstelling wat sê dat mense hulle op drie verskillende bestaansvlakke uitleef.

Vereenvoudig en aangepas kom dit daarop neer dat elke mens ’n verbeeldings- (imaginêre) kant het. Dit dui op die ego, die “ek”, hoe jy jouself sien.

Tweedens is daar die simboliese bestaanskant. Jy leef dit deur jou taal en kuns uit.

Derdens kry jy die reële kant van menswees. Dit is daardie begeertes, genot of onuitspreeklike “ding” wat in beginsel nooit werklik ten volle bevredig of in woorde uitgedruk kan word nie, maar altyd by die mens aanwesig is.

Nou kan ’n mens hierdie drie bestaansvlakke van menswees op die drie lewensfere van toepassing maak. Daar word met ander woorde ’n verbeeldings-, simboliese en reële kant by elkeen van die godsdienstige, politiese en ekonomiese sfere aangetref.

Kom ons neem die ekonomie. Hier vind jy die verbeeldingskant byvoorbeeld in die prentjie van ’n suksesvolle sake-man. Die simboliese is die ekono miese beleid, grondwet of taal wat hierdie sakeman se sukses verseker. Die reële kant van die ekonomiese is die begeertes wat in elke mens uitroep om werklikheid te word, maar wat selde, indien ooit, realiseer soos ons dit “sien”. Hierdie smagting na die materiële is egter konstant by ons aanwesig en is dikwels oorheersend.

Hoe hou dit met geweld verband?Om dít te verstaan, moet ’n mens vir

’n oomblik teruggaan na die politiese. Apartheid was vir baie mense trau-

maties. Dit was onregverdig, menson-waardig en het mense se vryheid ingeperk.

Mense het egter op ’n verbeeldings-vlak oor jare begin “sien” hoe ’n lewe sonder apartheid moontlik kon lyk. Prentjies van die nuwe Suid-Afrika is “geteken”. Daar is baie sosio-ekonomiese verwagtings hier rondom geskep. Dit het hierdie verbeeldingsbestaanskant van die mens gevoed. In beleidstaal, op simbo-liese vlak met ander woorde, is hierdie nuwe orde gekommunikeer. Mense het dit

verstaan. Dit is waarvoor hulle baie lank geveg het – vir die “realisering” hiervan (die reële)!

Maar baie mense ervaar die nuwe Suid-Afrika in baie opsigte traumaties. Dit is vir hulle ’n frustrasie. Daar is innerlike ongelukkigheid, selfs woede. Baie mense is werkloos. En waar mense wel werk het, word talle van hulle onder-betaal. Hulle beleef gevolglik min ekono-miese vryheid en selfstandigheid. Hulle kry swaar. Hulle is oortuig daarvan dat die rykes ryker word, en die armes armer!

Om hierdie traumaties-ontnugterende oorgang van een orde na ’n ander te verstaan, sal dit goed wees om terug te gaan in die geskiedenis van Frankryk. Sonder om eenvoudige, reglynige afleidings hieruit te maak, sê hierdie stuk geskie denis vir ons in ons situasie geweldig baie.

In 1835 was daar in Frankryk ’n oor-gang van ’n onderdrukkende monar-gistiese bestel na ’n nuwe konstitusionele demokrasie. Maar wat gebeur het, is dat die een soort hiërargiese geweld plek gemaak het vir ’n ander.

Laasgenoemde vorm van geweld word genoem “die abstrakte geweld van geld” (Olivier). Die nuut-bevryde werkersklas is verhoed om die ekonomiese vryheid wat gewaarborg is te verwerf. Die mees gruwelike dade is in hierdie tyd gepleeg, soos ma’s wat hulle kinders doodgemaak en hulle bloed gedrink het. Die filosoof, Michel Foucault en sy navorsingspan, sê geweld is van een orde na ’n ander geskuif. In die een orde het elkeen ’n “plek” gehad, al was dit binne ’n onregverdige bestel, maar in die nuwe orde kon hulle nie ’n “plek” vind nie. Hulle sou dit nog moes verower. Sulke psigiese onsekerheid lei tot geweld!

Iets van dié “abstrakte geweld van geld” is ook waar van ons. Mense het op die verbeeldingsvlak van ’n nuwe Suid-Afrika begin droom hoe húlle daaruit sou sien.

Maar vir baie het dit doodgewoon nog nie gerealiseer nie. Dit het eintlik net met ’n relatief klein hoeveelheid mense

Die abstrakte geweld van geld

Page 5: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 2010 5

gebeur – die Swart Ekonomiese Bemagtigdes. Ongelukkig is ware rykdom vir net ’n klein klompie Suid-Afrikaners beskore. Iemand sê: Die teenoorgestelde van armoede is in elk geval nie rykdom nie, maar selfstan dig­heid!

Onder sulke omstandighede – waar drome van baie mense nie realiseer nie – vind daar gewoonlik ’n ernstige kortsluiting tussen die verbeeldingskant en die reële plaas. Hoe meer daar op ’n klein “ekonomies-produktiewe of liberale orde” gekonsentreer word ten koste van miljoene ander “gewone” mense, hoe groter is die kanse vir “gewelddadige ontploffings”.

Die geskiedenis leer dat wanneer mense niks aan hulle lot van armoede kan doen nie, hulle dit as ’n lewensfeit aanvaar. Daar is met ander woorde nie ’n dryfveer tot ’n beter lewe nie. Maar wanneer hoop op ’n beter lewe vir mense gegee word, soos in ’n grondwet of deur politici in die massamedia beloof word, maar baie mense relatief min daarvan ervaar, vermeerder die revolusionêre potensiaal, want hulle aspireer nou na of droom van beter lewensomstandighede.

In Suid-Afrika leef ongeveer 45 persent van sy mense in ondraaglike armoede. “The American dream is, in part, responsible for a great deal of crime and violence, because people feel that the country not only owes them a living, but a good living” (psigo-analis David Abrahansen).

Dieselfde Abrahansen sê: “Frustra tion is the wetnurse of violence!”

Die simboliese, die taal, oftewel die

“morele wet”, is die een ding wat boge-noemde kortsluiting kan help uitwis. Dit kan ’n beter verhouding of balans tussen die verbeeldingskant en die reële help bemiddel. Hiersonder kan vreed same, liefdevolle gemeenskap en saam bestaan nie plaasvind nie. Want dit is hoe die individu leer om sy medemens as ’n “ander ego” te sien, as ’n spieëlbeeld van homself wat ook ’n beter lewe verdien – maar wat ook aan morele “wette” on-der worpe is om die reële waarna ons elk-een só sug, te bestuur en in toom te hou.

Verdwyn hierdie taal, hierdie simbolies-morele bemiddeling, word die “ander ego” of ander mens bloot as ’n “ding”, of selfs as nie-mens, gesien. Dit verduidelik hoekom mense so onsensitief (dierlik?) met ander kan omgaan.

Solank die gaping tussen ryk en arm so groot bly soos dit op die oomblik in Suid-Afrika is, sal hierdie brutaliteit voortduur, want die ekonomie is ’n eksklusiewe een. Rossouw praat in hierdie opsig van ’n “versteurde begeerte” by rykes (met ander woorde ons kry nooit genoeg nie), en ’n “gefrustreerde begeerte” by armes (wat lei tot gevoelens van wanhoop en vernedering).

Ons sal móét eenvoudiger leefOns elkeen, veral die regering, sal sy

beste moet doen om soveel as moontlik mense deur middel van morele en rasionele bemiddeling by die ekonomie te betrek. Hiervoor sal ons elkeen ook na ons eie lewe moet kyk.

Daar is soveel nie-kriminele mense wat in ’n spiraal van hebsug en magsug vasgevang is. Kyk maar net vakansietye

na die “kru spandabelrigheid” van mense! En dit terwyl miljoene mense in plakkers-kampe uitsiglose armoede in die gesig staar.

Die onlangse stakings is ’n uitwasse van bogenoemde ongelykheid. Die regering se ekonomiese ingesteldheid en beleid het oor die afgelope jare feitlik ál hulle “morele onderhandelingskapitaal” uitgekalwer. Hulle morele bankrotskap word onder meer blootgelê deur luukse-voertuie en -verblyf, die sinnelose vermorsing van belastinggeld, self-verryking, in sekere opsigte swak dienslewering. So sou ons die lys kon aanvul!

Vakbonde besef dit. Dit gaan hulle “moreel” al meer in “onaantasbare” posisies voor die regering plaas. Want op watter morele grond sal die regering kán staan wanneer hy sê daar is nie genoeg geld om aan geregverdigde eise te voldoen nie?

Die gevolg? Die regering, soos hulle op die oomblik aangaan, sal onder ál meer druk kom. Hoe minder hulle sal kan toegee aan hierdie eise, hoe méér sal stakings met frustrasie, geweld en onetiese optrede gepaardgaan.

Die ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika het inderdaad ’n kruitvat geword!

Hoe lank moet God nog skreeu en roep oor die televisie, in koerante en deur die optrede van mense voordat ons gaan hoor, verstaan en iets daaraan dóén?

Bronne: Bert Olivier. 27 April 2007. Die Vrye AfrikaanJohann Rossouw. 17 November 2006. Die Vrye Afrikaan

Page 6: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 20106

Christo van der Merwe is ’n ge-meenteleraar in die Nederduitsch

Hervormde Kerk gemeente Kemptonpark-Oos. Hy is ook deel-

tydse dosent by die Hervormde Teologiese Kollege, asook by AIM

(sendingopleiding). Sy passie is missionale gemeentebou en

fasilitering.

Die onderwerp Waar is God te midde van misdaad? het my aanvanklik

met ’n gevoel van moedelose onmag gelaat. Byna soos die diepgrypende voorbeeld wat Johan Cilliers gebruik in een van sy preke in die boek Sal die regte Jesus opstaan asseblief? Hy skryf:

“In ’n aangrypende outobiografie, geskryf deur iemand wat die hel van die Duitse konsentrasiekampe tydens die Tweede Wêreldoorlog oorleef het, staan daar ’n merkwaardige sin. Dit lui min of meer soos volg: ‘Toe God die Joodse vroue gesien het wat nakend en bibberend in rye voor die gaskamers gestaan het waar hulle binnekort om die lewe gebring sou word, het hy vanuit die hemel sy hand uitgesteek en hulle hare gestreel.’”

Die sin kan – dit was ook die skrywer se bedoeling daarmee – ’n mens ’n hele ent weg troos.

Dit kan jou egter ook, as jy bietjie langer daaroor nadink, geweldig opstandig maak. Hoewel Johan se preek nie oor misdaad as sodanig gaan nie, is dit wat hy van die konsentrasiekamp-episode beskryf tóg van toepassing. Johan vra: “Is dit nou ál wat God kan doen? Hou sy bystand hiermee op? Kon Hy nie

eerder met hierdie hand van Hom die vroue voor die gaskamers weggepluk en gered het nie? Kon Hy nie die deure van die gaskamers, van álle gaskamers vir eens en vir altyd gesluit het nie? Kon Hy nie die mense wat sulke bose dinge bedink het, vir ewig in die verdoemenis weggewerp het nie?

Wat daardie vroue tog nodig gehad het, was nie vertroeteling nie, maar verlossing, nie meegevoel nie, maar mag. Waarom iemand se hare streel, net om haar daarna na lewensasem te laat hyg? Harestreel is ’n troos, maar die Here weet, as jy voor ’n gaskamer staan, en jóú beurt kom al nader is dit net ’n té skrale troos“ (1997:88).

Die vraag vir baie mense – so lyk dit my – is waarom God nie in een grootse skuif die bose bedoelings uit die hart van die bose mense uithaal en die moord en die ongeregtigheid en die misdaad summier stopsit nie? Beter nog: Waarom nie die Bose self met ’n enkele, goedgemikte doodskoot in sy spore stuit nie? Waarom nie? Kán God nie? Of erger: Wíl Hy nie?

Dié soort vrae word veral akuut as jy self deel van die misdaadstatistiek word. Ek wil nie voorgee dat ek die antwoorde op hierdie vrae ken nie – trouens, ek het dit nie! Ook nie dat daar maklike antwoorde is nie – daar is nie.

Merkwaardige vroue

Wat ek wel kan doen, is om die verhaal te vertel van ’n merkwaardige vrou.

Dis nou sewe jaar later. In ’n brief aan haar, skryf my vrou:

“Liewe Vriendin Dis 26 September 2003. ’n Vriend van ons verjaar. Ons is op pad terug van Pretoria af. Dis omtrent 22:30. My man (die gemeenteleraar) se selfoon lui. Instinktief weet ek ’n laatoproep is slegte nuus. Annemè vertel huilend Mamma en oom Louw is aangeval en geskiet.Ons het warmbaadjies gaan aantrek en wegge­spoed na die Glynnwood­hospitaal toe.

Op pad soontoe het ek gemeentelede

begin bel. ’n Magteloosheid het ons by die hospitaal begroet, want julle mediesefondskaarte word vereis. Sewe ure later, ná ’n draai by die staatshospitaal, het die ambulans by die Glynnwood­privaathospitaal aangekom.

Koud, verslae en stom het ek na jou vernielde gesig en lyf gekyk. Ons het mekaar vasgehou en begin bid. Net voor sonop het ons almal huiswaarts gekeer. ’n Lang en moeisame pad het begin.

Maar, Vriendin, jou geloof, hoop en vergewingsgesindheid sal my altyd bybly. Jy het ons lewe onherroeplik aangeraak.

Steeds lewe jy voluit. Steeds raak jy mense aan. Nooit, nooit is jy negatief nie. Niemand is te nietig of te onbelangrik vir jou omgee nie.

Jy is ’n merkwaardige vrou. Met ’n merkwaardige man en kinders. Wat ’n voorreg om jou as vriendin te kan hê! Jy vlieg voorwaar hoog!”

Om jou as leser in die prentjie te bring: Ons vriendin en haar broer uit Londen het op hulle kleinhoewehuis se stoep gesit en kuier.

’n Groep van vyf het uit die niet verskyn en geld geëis. Annette en haar broer het opgespring om die veiligheid van die huis op te soek, maar albei is geskiet. Veral Annette is boonop wreed geskop en geslaan. Haar broer is onder die oor in die kakebeen geskiet. Hy het gemaak of hy dood is.

Annette self is agt keer op verskillende plekke geskiet. Haar oog (sy is sedertdien blind in dié oog), mond en bo-kaak moes heropgebou word. So ook verskeie plekke in haar lyf. Van die koeëlpunte kon nog nie verwyder word nie. Soms verskaf dit steeds pyn en ongemak, afgesien van die geskop en geslaan.

Ná die aanval, verskeie operasies en die hersteltyd (wat verbasend kort was), het Annette se “nuwe storie” begin.

Een van haar eerste projekte was om die polisiestasie, wat nie op die noodoproep reageer het nie, sáám met ander susters van die gemeente te gaan verf en die bevelvoerder se kantoor te help versier en die tuin reg te ruk. Hulle het iets gedoen aan die polisieselle waar

Waar is God te midde van misdaad?

Page 7: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 2010 7

verhoorafwagtende swart vroue aangehou word, dikwels met klein kindertjies. Sy het ook, ten spyte van ’n baie druk program, begin met ’n weeklikse bediening in ’n plakkerskaravaankamp. Sonder bitterheid, haat, enige eise om vergelding of wat ook al, dien sy nou in die gemeente en gemeenskap.

Die vraag waarmee ek dus gekonfronteer is, is: Waar is God te midde van misdaad?

Annette se verhaal het my laat dink aan Paulus se woorde in Filippense 1:12: Ek wil hê julle moet weet, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het.

Te midde van die geweld en die sinloosheid van aanvalle, in ’n baie donker duisternis, skyn die helder lig van geloof, vergifnis en liefde – iets van die krag van die deugde waarvan Romeine 12:9-21 praat, iets soos geloof in aksie.

Is dít dalk die antwoord op die vraag: Waar is God te midde van misdaad?

Hy is hier, by ons, deur die krag van sy Gees, deur die krag van die kruis, deur die krag van liefde wat alle verstand te bowe gaan.

In ’n ander preek in Sal die regte Jesus

opstaan asseblief? (1997: 235) skryf Johan Cilliers daar is te min van die kerk in die wêreld. Die kerk hou hom té heilig, té veilig. Eenkant in sy hoekie met sy Bybelboekie. Té besig met beusel-agtighede ...

Intussen gaan die wêreld verlore! In plaas daarvan dat die kerk God se reddingstasie in die wêreld is, het dit ’n klub geword – ’n restaurant waarheen ’n mens gaan vir “goeie diens”:l’n Goeie preek met ’n bietjie

huisbesoek daarby, asseblief. Nie te sterk vermanend nie.

l’n Mooi doopdiens met ’n bietjie tee daarna vir die familie, asseblief. Nie te lank nie.

l ’n Begrafnisseremonie vir ons geliefde oom/tannie so en so, asseblief nie te swaarmoedig nie.

As ons volgelinge van Christus wil wees, sal óns moet ophou om restau rant-gangers te wees. Eerder gouer as later. “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi en die mense vertrap dit” (Matt 5:13).

“....(God) het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bedie ning van die versoening toevertrou. Die bood­skap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Hom­self versoen het en die mense hulle oor­tredinge nie toereken nie. Die bood skap van versoening het Hy aan ons toe ver trou. Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle na mens Christus: Aanvaar die versoening met God wat hy bewerk het!” (2 Kor 5:18-20).

Ons, dit is ook: ék.Nie soekers na gepaste spyskaarte nie,

maar sout. Nie restaurantgangers nie, maar kelners, bedienaars van die versoe-ning, gesante van Christus. Kerk en wê-reld? Kerk in die wêreld. Nie van die wêreld nie.

Waar is God te midde van misdaad? Dit lyk my God is oral teenwoordig

waar sy kinders hulle geloof oorwinnend leef! In die geloof in Jesus wat vooraf gesê het: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin!” (Joh 16:33).

Page 8: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 20108

CPD vraelys1. Die titel van Chris Jones se artikel kom van

’n aanhaling van watter filosoof?a. Johan Rossouwb. Bert Olivier2. Johan Rossouw praat in Chris Jones se

artikel van drie samelewingsfere. Watter een noem hy nie?

a. Politiesb. Godsdienstigc. Ekonomiesd. Sosiaal3. Bert Olivier praat in Chris Jones se artikel

van ’n psigo-analis wat gesê het: “Frustration is the wetnurse of violence!” Watter een het dit gesê?

a. Abrahansenb. Lacan4. Johan Rossouw praat in Chris Jones se

artikel van ’n: “_________ begeerte” by armes – wat lei tot gevoelens van wanhoop en vernedering.” Van watter begeerte praat hy?

a. Gefrustreerdeb. Versteurde5. Peter Grove haal in sy artikel die skrywer van

Walking with the poor aan. Wie is dit?a. Raymond Fungb. Bryant Myers6. Peter Grove verkies die volgende benadering

tot armoedea. ’n Tekort-gebaseerde benaderingb. ’n Bate-gebaseerde benadering7. Peter Grove haal ’n skrywer as volg aan:

“…dat die armes dikwels binne ʼn web / spinnerak van leuens vasgevang is.” Watter nasionaliteit is die skrywer?

a. Indonesiesb. Indies8. In die hart van die bate-gebaseerde

benadering, sê Peter Grove, is die besef dat die armes oor minstens _________ bates beskik. Armes het ten minste hoeveel bates?

a. 4b. 3c. 5d. 29. Ben du Toit definieer armes as mense wat

minder as _________ ’n maand verdien.a. R500b. R1000c. R70010. Ben du Toit sê dat die enkele grootste

maatskaplike behoefte in ons armoede-gemeenskappe vandag _________ is

a. Ondersteuning van “child headed households” is.

b. Plekke van veilige bewaring / beskerming vir kinders is.c. Die ontstaan van magstrukture en bendevorming en gepaardgaande geweld11. Ben du Toit haal twee skrywers aan wat

in 2003 oor Social delivery in South Africa geskryf het. Wie was hulle?

a. Van der Sandt en Bredenkampb. Van der Merwe en Bredellc. Van der Berg en Burger12. Ben du Toit motiveer geloofsgemeenskappe

om iets aan armes te doena. Omdat die verlede ons daartoe dwing.b. Omdat dit reg is dat ons dit doen.c. Omdat geweld sal toeneem as ons dit nie doen nie.13. Christo van der Merwe verwys na Johan

Cilliers se opmerking oor God se behandeling van die Joodse vroue in die Duitse konsentrasiekampe. Hy sê God het

a. die vroue se geloof versterk sodat hulle staande gebly hetb. hulle hare gestreelc. die deure van die gaskamers vir hulle gesluit14. Christo van der Merwe: Die vraag oor God se rol by misdaad word méér akuut wanneera. een van jou vriende deur misdaad getref wordb. jou familie deur misdaad getref wordc. jyself deel van die misdaadstatistiek is15. Annette in Christo van der Merwe se artikel het ná ’n geweldsaanval op haara. beter veiligheidsmaatreëls by haar huis getrefb. die polisiestasie gaan verfc. in vrees geleef vir swart mense16. Volgens Ina Mundell is Jakob se Put ina. Pretoria-Oosterligb. Samariac. Kameeldrif17. Mundell vertel dat die vernaamste vereiste vaardigheid vir nuwe werksgeleenthede isa. persoonlike volwassenheidb. entrepreneursvernufc. rekenaarvaardigheid18. Die Donderdagoggend-byeenkomste van Jakob se Put fokusa. op persoonlike onderhoudeb. ook op netwerke vir moontlike werksgeleenthedec. uitsluitlik op geestelike versterking19. Kameeldrif NG-gemeente isa. uit en uit ’n plattelandse gemeenteb. ’n groeiende voorstedelike stadsgemeentec. ’n gemeente met twee plakkerskampe20. Kameeldrif se gemeentevisie isa. om ’n artikel 21-maatskappy vir misdaadbestryding op te rig

b. wat hulle kan doen om van Kameeldrif ’n beter plek te maakc. om ’n familiesentrum vir getraumatiseerde kinders daar te stel21. Die naam van Kameeldrif se nutsmaatskappy isa. Kamcareb. Roodeplaatc. Kameeldrif-liefdesdiens22. Kameeldrif se betrokkenheid by die gemeentskap is deel van hullea. barmhartigheidsdiensb. gemeentebouc. sendingaksie23. Waar het een van Kameeldrif se

kindersentrum dogters in roei presteer?a. Kaapstadb. Indiëc. Tunisië24. Hoeveel sentrums bedryf Kameeldrif se

nutsmaatskappy?a. sesb. vierc. drie25. Die vernaamste impak van al die aksies by

Kameeldrif isa. misdaad het baie afgeneemb. dit het hoop gebring in die gemeenskapc. werkloses het werk gekry26. Jaco Thom se jongste Bybelstudiegids handel

oor twee bekende Bybelfigure.a. Ester en Mordegaib. Rut en Boas27. Die geskikste hulpmiddels om alternatiewe

eredienste in die gemeente aan te bied is te kry in

a. Preekstudies met liturgiese voorstelle 2011b. Handleiding vir die erediensc. Die Bybel praat vandag 228. Die Preekstudies met liturgiese voorstelle

2011 is gegrond opa. Jaar A van die RCLb. Jaar B van die RCLc. Jaar C van die RCL29. In een van die advertensies in dié Kruisgewys

is ’n spesiale besparingsaanbod vana. R35,00b. R45,00c. R25,0030. In hulle jongste boek oor tienerseksualiteit

gebruik Elmari Craig en Anjenita Hugo ’n metafoor. Wat is dit?

a. Misterieb. Prins en Prinsesc. Sprokie

Kruisgewys nou VBO-punte werd

Kruisgewys is nou geakkrediteer. Deur die vrae hieronder te beantwoord, kan jy nou VBO-punte verdien.

Beantwoord die vraelys korrek, en jy verdien jy 2.5 VBO-punte. Ten einde hierdie punte teen jou naam aan te teken, moes jy reeds in die verlede punte per sms geregistreer het – met ander woorde, jy is reeds ’n gebruiker van die cpd solutions-sisteem wat Shepherd geadministreer.

Indien jy nog nie ’n geregistreerde gebruiker is nie, kan jy die prosedure by [email protected] aanvra. Die hele prosedure word ook op bladsy 18 van Kruisgewys Maart 2010 (uitgawe 10/1) uitgespel (as jy nie meer die harde kopie het nie, gaan kyk by www.bybelmedia.co.za, klik op bedieninge en kursusse, klik op Kruisgewys aan die linkerkant om dit af te laai). Hoe om die veelkeuse-vraelys per sms te voltooi: Stuur die aktiwiteitskode a37603 (hierdie kode is slegs geldig vir die November 2010-uitgawe van Kruisgewys), gevolg deur u reeks antwoorde na

31029 deur ’n soortgelyke sms te skryf: a37603 a a b e d ...... (jou antwoord op vraag 1 is dus a, vraag 2 is a, vraag 3 is b, ens.)Jy kan spasies enige plek in die SMS gebruik vir jou eie leesbaarheid, die stelsel ignoreer dit later. Om die veelkeuse-vraelys op die internet te voltooi:

Jy kan ook die vraelys op die webwerf www.cpdsolutions.co.za voltooi. Jou selfoonnommer en ’n pinkode gee vir jou die toegang. Op die webwerf is ’n skakel wat die pinkode aan jou sal SMS indien jy nog nooit ’n pinkode gebruik het nie.

Jy kan ook met jou e-posadres toegang tot die webbladsy verkry. Die pinkode sal dan per e-pos aan jou gestuur word.

Nadat jy aangeteken het, volg die skakels na “Articles and Multiple Choice Tests > Shepherd”. Jy beantwoord bloot die vrae op hierdie bladsy. Indien korrek, verdien jy die VBO-punte.

Geniet dit!

Page 9: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne
Page 10: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 201010

Gemeentebou en art 21-maatskappy

beveg misdaad

Willem Pretorius is ’n gemeente-leraar in die gemeente Familiekerk Kameeldrif, veral verantwoordelik

vir projekte en programme wat in die gemeenskap geloods word. In die Noordelike Sinode is hy die voorsitter van die Diensraad Ge-

meente-Ontwikkeling. Hy is ook lid van die ADGO van die Algemene

Sinode.

Kameeldrif se verhaalKameeldrif is ’n gewone twee-leraar

gemeente in die noordooste van Pretoria. Ry jy met die N1-snelweg Polokwane (Pietersburg) se rigting, is die gemeente aan die oostekant geleë. Dit is ’n gemeente wat iets van ’n plattelandse karakter het, maar stelselmatig deur ontwikkeling in ’n voorstedelike stadsgemeente ontwikkel. Ons het ’n dam, Roodeplaatdam, twee swart informele gebiede (plakkerskampe), enkele wit nedersettings (plakkerskampe), ’n gevangenis en ook ’n kinderhuis in ons gebied.

Wat maak ons verhaal uniek?Ons verhaal begin by:

l ’n gebied waar nuwe uitbreidings en ontwikkelings deel van ons daaglikse

lewe word – nuwe intrekkers meld byna elke Sondag aan;

l ’n gemeente wat getallegewys só begin groei het, dat twee leraars hulle bediening nie op die tradisionele wyse kon voortsit nie – ontwikkeling van ’n unieke visie met ’n ondersteunende artikel 21-maatskappy; en

l ’n gebied wat die laaste jare deurgeloop het onder geweldsmisdaad – die gemeente en gemeenskap vat hande.

Historiese gebeureIn 2004 het die twee leraars, Willem

Pretorius en Roelf Opperman, as kollegas begin saamwerk. Albei het ’n liefde vir jongmense, maar ’n passie vir families.

By die eerste jaarlikse wegbreek is die gebruik van die familiemetafoor as vertrekpunt aanvaar. Dié metafoor het sy tekortkominge, maar ook bepaalde sterkpunte, waarvan een die klem op geloofsontwikkeling in die gesin is.

Matteus 28:19 is die teks wat ons gebruik het om oor geloofsontwikkeling te dink. Die woorde “Gaan dan ... doop hulle ... en leer hulle …”

Die familiemetafoor en die drie konsepte van geloofsontwikkeling het Kameeldrif se visie begin vorm: helder ligte (gaan dan …), lewende water (leer hulle ...) en sagte harte (doop hulle ...).

Gedurende 2005 tot 2008 het die gemeente erg onder geweldsmisdaad deurgeloop. Lidmate was in ’n greep van vrees en angs vasgevang. Kinders kon nie meer slaap sonder slaappille nie. Bejaardes wou nie meer laatmiddag of vroegaand rondry nie. In ’n kwessie van ’n paar jaar is van die sterkste, jong dinamiese leiers en vriende in rooftogte en moorde dood. Die gebeure was sinloos en leeg. Daar was nie antwoorde om die

troos makliker te maak nie.Ná een Vrydagaand waar ’n jong

ingenieur met drie klein kinders sinneloos doodgeskiet is, het ons die Saterdag-oggend vir mekaar gesê: “Genoeg is genoeg!”

Ontwikkel ’n nuwe gemeenteboumodel

l ’n Familie is kwaadDie eerste was dat gemeentelede na vore getree en gesê het hulle is moeg vir misdaad en wil iets doen.

’n Kerntree wat gegee is, was toe hulle teruggestuur is om seker te maak wat hulle wil doen. Hulle het teruggekom met die antwoord: ”Ons wil ons hare sny in solidariteit met die seer waardeur die gesinne gaan wat geliefdes verloor het. Ons wil na die regering uitroep om iets te doen. Ons wil daarmee sê ons gee die eerste tree, want ons gaan dit nie net aanvaar nie”.

l ’n FamilievergaderingOns het begin om met rolspelers in ons gemeenskap te vergader, te kuier, koffie te drink en sáám te bid. Die doel hiervan was om ons ondersteuning met die slagoffers en die gemeenskap te bevestig.

Die gemeente het sy fasiliteite beskikbaar gestel en die gemeenskap genooi om te kom praat. Die polisie is uitgenooi om op die gemeenskap se vrae te kom antwoord. Hier het ons seker gemaak dat ons nie die vergaderings lei of voorsit nie, maar net as fasiliteerders optree. Dit het ons gemeente (familie) gevestig as ’n plek waar daar omgegee word.

l Die familie maak planneIn gesprekke met ander rolspelers het ons begin verstaan dat dit nie help ons praat teen misdaad nie. As ons dit wil verander, sal ons iets in die plek daarvan moet sit.

Page 11: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 2010 11

Deur jare se saam reis, bid en koppe bymekaar sit, was die reaksie van die gemeente en kerkraad dat die gemeentebouproses só verstaan moes word dat dit hoop moet bring en ’n verskil moet maak.

Die teologiese gesprek in die gemeente het daartoe gelei dat ons ons missionêre roeping beleef as uitdrukking van dié vraag: “Hoe kan ek jou help? Wat kan ek (ons) doen om van Kameeldrif (die gebied) ’n beter plek te maak?” Die gemeente het biddend en in afhanklikheid sy visie só begin verpak dat holisties iets aan misdaad gedoen kon word.

Ons visie en artikel 21-maatskappyOns het in 2007 begin om ’n artikel

21-maatskappy met die naam Kamcare te stig. In die afgelope drie jaar het die organisasie as die praktiese arm van die visie van die gemeente begin ontwikkel. Kamcare het in vier verskillende sentrums gegroei.

l Doop hulle … ’n FamiliesentrumProfessionele gelowiges bedien die familiekliniek (-sentrum). Die fokus van die sentrum is om ’n plek te wees waar gebrokenheid, soos trauma of verbrokkelde verhoudings, in ’n groeiproses begelei kan word. Dié sentrum was ook verantwoordelik vir die “debriefing” van getraumatiseerde skoolkinders. Dit het ook hulp aan getraumatiseerde polisiemanne en -vroue gebied.

Ons het gou besef geweld en misdaad traumatiseer alle rasse. Daarom word alle rasse by dié sentrum bedien.

l Doop hulle ... ’n KindersentrumDie tweede sentrum wat ons begin het, was om saam met Phillip van Tonder van Unisa se afdeling vir “social upliftment” te begin met ’n roei-akademie.

Phillip, ’n nasionale roeier, het begin om by die Roodeplaatdam kinders van alle ouderdomme te leer om te roei. In die

eerste jaar was daar sowat 15 kinders wat begin het, waarvan ses goue-medalje-wenners op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe was.

Vanjaar het daar weer 20 kinders by die skool aangesluit. Agt het goue medaljes gewen. Een van die onder 16-dogters het Suid-Afrika by die World Youth Games in Tunisië verteenwoordig. Sy en haar maat het ’n bronsmedalje verwerf.

Op hierdie vlak het ons twee doelwitte: Om getraumatiseerde en verwaarloosde kinders weer ’n belangstelling in die lewe te gee, en om ’n waardesisteem in die kinders te vestig en uit te bou. Hierdie kinders dra ’n waardevolle boodskap van harde werk, eerlikheid, lojaliteit en respek terug na hulle gemeenskappe.

l Leer hulle … ’n ToerustingsentrumDie derde sentrum is ’n opleidings-en-bemagtigingsentrum. Hier het ons vir die gemeenskap gevra wat hulle behoeftes is. Die opvallendste twee was leierskap en entrepeneurskap. Ons het reeds heelwat volwassenes wat albei kursusse deurloop het.

Die entrepeneurskap het ons ook ’n tree verder gevat. Die kursusgangers kan ’n sakeplan voorlê. Op grond daarvan ontvang hulle dan ’n bedrag, sogenaamde “seed money” of aanvangskapitaal. Elke suksesvolle aansoeker word aan ’n mentor gekoppel wat hom of haar in die ontwikkeling van hulle sakeonderneming begelei.

Met hierdie sentrum wil ons die ge-meenskap leer (metafories) om vis te vang, en nie bakhand te wag vir vis nie. As ons iets aan armoede en werkloosheid kan doen, gaan dit bydra om misdaad te bekamp.

l Gaan dan ... ’n GemeenskapsentrumDie vierde sentrum is ’n gemeenskap-sentrum. Saam met Lloyds Register (wat ook ’n wonderverhaal op sy eie is) is ons besig om met sonpanele ligte in een van

die informele plakkers kampe te installeer. Dié projek is aange wys as een van Lloyds se streekswenners in Afrika, die Midde-Ooste en Europa.

Die projek het in Julie 2010 begin. Ons het as loodsprojek tien huise in samewerking met die gemeenskapsleiers geïdentifiseer. Een kriterium was dat daar hoërskoolleerlinge in die gesin moet wees. Dis die wonderlikste getuienis as die ma die volgende dag bel en vertel van haar kinders wat vir die eerste keer tot halfeen die nag kon studeer!

Verder neem ons verantwoordelikheid vir sekere vakansieprogramme waarby tot 150 kinders ’n week lank besig gehou word. Hier lê die fokus veral op die afbreek van grense en die bou van verhoudings.

VolhoubaarEk sou kon skryf oor hoe ek droom

dat gemeentes nuut dink oor gemeente-bou en oor watter verskil hulle in die gemeen skappe waar hulle geplaas is kan maak.

Wat verstaan ons onder ’n missionêre ekklesiologie? Hoe lyk dit prakties in ’n gemeente? Kan jy as kerk ’n artikel 21-maatskappy stig om jou werk te doen?

Ons vertrou dat die gemeente bou-proses wat ons ontwikkel het, wel in ons konteks volhoubaar is. Daarom sal ons voortgaan om dit uit te bou en verder te implementeer.

Het hierdie proses ’n verskil gemaak aan misdaad in die gemeenskap?

Aanvanklike syfers (aantal moorde en inbrake) wys wel ’n afname.

Die belangrike dink ek, is dat ons hoop gebring het en ’n daadwerklike verskil in ons gemeenskap kon maak.

l Vir verdere inligting, kontak gerus vir dr Willem Pretorius by [email protected], sel: 083 560 6668, of dr Roelf Opperman by [email protected], sel: 082 335 1156.

Direkte bestellings: [email protected] of faks 021 873 0832

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAe-aankope: www.bybelmedia.co.za

nie

Beskikbaar as klank-boek of harde kopie.

Direkte bestellings: [email protected] of faks 021 873 0832

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAe-aankope: www.bybelmedia.co.za

nie

Beskikbaar as klank-boek of harde kopie.

Page 12: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 201012

As iemand by sy predikant uitkom en sê dat hy nie meer ’n inkomste het om

van te leef nie, help dit nie om net vir hom te bid nie. Dan is dit nodig dat so ’n persoon daadwerklik gehelp word. Daarom is dit belangrik dat ’n geloofsgemeenskap oor ’n netwerk van hulpverlening beskik.

So het Jakob se Put op 9 Oktober 2003 by die gemeente Pretoria-Oosterlig as ’n spesiale bediening ontstaan wat daarop ingestel is om effektief en omvattend hulp te verleen aan mense wat hulle werk verloor het. Gawie Malan en Pieter van der Merwe het daarmee begin. Hulle het die bediening na die bekende waterbron in Israel vernoem waar Jesus die Samaritaanse vrou ontmoet en vir haar die lewende water gegee het.

Hier by Jakob se Put kom mense wat hulle “tussen werk” bevind elke Donderdag vir ’n gesellige ontbyt bymekaar. Dan gesels hulle oor hulle probleme en ontmoet hulle ander mense wat in dieselfde bootjie is. Iemand bring gewoonlik ook ’n toepaslike geestelike boodskap wat op mense se persoonlike behoeftes gerig is.

Baie mense wat by Jakob se Put aanklop, het hulle werk weens reg stel lende aksie verloor. Mettertyd het mense van alle

rasse wat om een of ander rede hulle inkomste verloor het en sonder werk sit egter oor die drumpel gekom. So kon Jakob se Put in die meer as ses jaar van sy bestaan, reeds duisende mense help.

Baie mense wat hier aanklop, het baie méér as net hulle werk verloor. Ná maande se gesukkel sonder inkomste, verloor hulle ook hulle motor, woonplek en selfs hulle huwelik. Werkloosheid is ’n omvattende probleem, en daarom ook ’n uitdaging vir die kerk van Jesus Christus.

Die netwerk wat deur Jakob se Put tot stand gekom het, verleen allerlei vorms van hulp:Gewoonlik het mense wat om hulp kom

aanklop, in elk geval berading nodig. Daarom is ’n berader teenwoordig wanneer hulle die eerste dag kom om te registreer.

Mense wat hulp vra, se geld is ge woon lik reeds totaal uitgeput. Oos terlig se Hart-aksie, of die barm har tigheidsbedienings van ander gemeentes, voorsien onmiddellik kospakkies. Hiervoor is ’n goeie netwerk en infrastruktuur nodig. Jakob se Put kan onmoontlik self in ál die nood voorsien.

Verder word daar groot moeite gedoen om mense van alle rasse- en inkomstegroepe in werk geplaas te kry. Ons skakel met 13 personeelagentskappe. Talle werkgewers skakel ook gedurig na Jakob se Put om werknemers te kry.

’n Wonderlike netwerk van beraders, maatskaplike werkers, regsadviseurs en opleidingsbeamptes help om mense wat tussen werk is, voor te berei vir ’n moontlike werk, of selfs vir ’n beter werk.

Amper al die beskikbare poste vereis ’n mate van rekenaarvaardigheid. Jakob se Put het hierdie behoefte dadelik raakgesien en ’n rekenaarsentrum begin waar baie goedkoop rekenaaropleiding aangebied word. As hulle nie kan betaal nie, word dit ook geborg. Die ICDL-lisensie is internasionaal bekend. Dit maak dit vir mense moontlik om beter werk te kry.

Aangesien baie mense kans sien vir entrepreneurskap, het Jakob se Put ook leiding geneem met entrepreneurskapskursusse. Verskeie kundige medewerkers help met die skryf van sakeplanne. Hulle gee

leiding oor die lewensvatbaarheid van moontlike projekte. Hulle gee ook raad oor finansiering en wys entrepreneurs op moontlike slaggate wat mag voorkom. Meer as ’n 100 volhoubare entrepreneurskappe het reeds vanuit Jakob se Put ontstaan.

Per slot van sake bied Jakob se Put ook voortdurende evangelisasiegeleenthede. Baie mense het hier vir die eerste keer regtig by die Here uitgekom en ’n nuwe lewe begin, want hulle het gedrink van die Lewende Water.

ByeenkomsteDit gebeur dikwels dat tydens ’n

Donderdagoggend-byeenkoms ’n werksoeker verduidelik watter tipe werk hy soek. Onmiddellik sal ’n sakepersoon in die gehoor sê: “Kom spreek my ná afloop van die byeenkoms, ek het die regte kontak vir jou”. Of iemand kom by die kantoor aan net op die oomblik wat ons ’n nuwe pos ingekry het. Ons bel dadelik die werkgewer en stuur die persoon vir ’n onderhoud – en hy of sy kry dit! Die Here se goedheid en seën op hierdie bediening hou net nie op nie.

Dikwels sal ’n medewerker tydens die persoonlike onderhoud gou ’n kontak van hom bel en verduidelik van hierdie persoon se beskikbaarheid, en so kry hy of sy die werk. Op hierdie wyse het die Here al vir talle mense uitkoms gebied.

Die bediening van Jakob se Put het reeds so gegroei dat daar in Junie 2008 ’n nasionale koördineerder aangestel moes word om nuwe takke oor die land heen op plekke so ver as Polokwane, Nelspruit, Sasolburg, Upington en Melkbosstrand te help stig. Daar is selfs mense wat vanuit Londen met Jakob se Put skakel.

SamewerkingDanksy die goeie werk van Jakob se Put,

het verskillende kerke al hande gevat. So is daar onlangs ’n netwerk tussen 22 kerke in die plaaslike omgewing gebou.

Hierdie netwerk in nood is die antwoord vir behoeftige mense wat hulp dringend nodig het. God is aan die stuur, en ons sien die resultate daarvan elke dag.

Enige kerk of gemeente is welkom om deel te word van hierdie noodsaaklike netwerk. Skakel gerus met Ina Mundell by 012-993 2154, of [email protected].

Ina Mundell was baie jare lank administratiewe bestuurder by die Vereniging van advokate in

Johannesburg waar sy ook afge-tree het. Gou was sy betrokke

by die multi-dissiplinêre onder-steuningsbediening by Pretoria-

Oosterlig-gemeente wat Jakob se Put genoem word. Hier kon sy die

afgelope sewe jaar haar passie uitleef om mense te ondersteun wat hulle werk om een of ander

rede verloor het.

Jakob se put – ’n netwerk in nood

Page 13: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

Die Preekstudies met liturgiese voorstelle kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, die Leesrooster.

Preekstudies met liturgiese voorstelle 2011Die Preekstudies met liturgiese voorstelle is ’nhulpmiddel in die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit maak gebruik van die fokustekste soos uiteengesit in die erkende van die fokustekste soos uiteengesit in die erkende teksrooster, die Revised Common Lectionary (RCL). Vanjaar se Preekstudies met liturgiese voorstelle is gegrond op Jaar A van die RCL.

Preekstudies met liturgiese voorstelle 2011

Prys: R200,00 (gratis CD ingesluit)

Page 14: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 201014

’n Bate-gebaseerde benadering tot

armoede

Peter Grove is assessor van die VGK Kaapland Sinode, predikant by die VGK Sarepta en verbonde aan Ekklesia by die Unversiteit

van Stellenbosch. Sy taak behels navorsing oor die kerk se rol in

armoede bestryding. Hy gebruik die ABCD-metode om gemeentes aan

te moedig daartoe.

Ons Suid-Afrikaanse gemeenskap leef in twee wêrelde.

Die een is oorwegend welvarend en dit lyk nie of daar algemene materiële nood is nie. Die ander getuig van tekort, van gebrek en ʼn gemeenskap wat nouliks aanmekaar gehou word.

In die arm wêreld sien jy oral werkloses. Talle jongmense ervaar min vooruitsigte vir die toekoms. Die woongebiede van arm mense is verwaarloos. Ordentlike parke vir kinders bestaan nie. Huise is dikwels bloot oorlewingstrukture.

Die Bybel oor armoedeDie Woord van God is vir ons ʼn

onuitputlike bron van leiding en insig oor die uitdaging van armoede.

Bryant Myers skryf in sy boek Walking with the poor, oor verskeie sienings, temas, ontledings en reaksies oor armes wat in die Bybel voorkom. Hulle word gesien as geskape na God se beeld, verteen woor digers van Christus en mense wat sy vleeswording beliggaam.

By die profete is hulle God se geliefdes.

In die wysheidsliteratuur is hulle soms mense in opstand – die rebelle.

Die evangelies sien die armes dikwels as die verlorenes.

Jesaja 65:17-25Die Chinese Christen, Raymond Fung,

identifiseer in Jesaja 65:17-25 ʼn aantal prioriteite vir armoedebestryding wat hy die “Jesaja-Agenda” noem. Ons lees in daardie gedeelte dat in God se herskape wêreld kindertjies nie meer op vroeë ouderdom sal sterf nie. “Grysaards sal hulle jare uitleef, mense sal huise bou en daarin woon, ander sal wingerde plant en die vrug van hulle hande geniet.” Vir Fung is hierdie prioriteite aanduidend van God se wil vir ons wêreld en daardie dinge waaraan ons eerste moet aandag gee.

Daarby is dit ook eg ekumenies. Dit vind aansluiting by die universele behoeftes van mense, naamlik dat kinders en bejaardes versorg word. Dit help mense aan ʼn leefbare woning en stel hulle in staat tot produktiewe werk.

Markus 12:41-44Die beroemde verhaal in Markus 12:41-44 bevestig ʼn bykans universele ervaring.

Die armes is dikwels diegene wat die meeste blootgestel is, naamlik vroue, weduwees en bejaardes. Maar dit is juis hulle wat ʼn ruimheid van hart openbaar en ’n gewilligheid om ver verby hulle vermoë vir ʼn eerbare saak te help.

Hierdie verhaal bevestig verder dat

min mense, selfs die armstes, heeltemal niks het om by te dra nie. Dit is wonderlik dat Jesus die weduwee se voorbeeld as maatstaf vir rykes voorhou van hóé ʼn mens God vir jou toekoms kan vertrou.

Jakobus 1:27Jakobus 1:27 gebruik die uitdrukking

“voor God” om ware en egte godsdiens te kwalifiseer. So ’n godsdiens is gebore uit die ontmoeting en wandeling voor God se aangesig. Om daarvan bewus te wees dat ons voor God verkeer, maak ons sensitief vir mekaar. Dit ontsluit ons geloofsoë om God se gebrokenes raak te sien, hulle aan te raak en by te staan. ’n Mens wat “voor God” lewe, vrees nie meer die nabyheid van die wees en die weduwee nie. Hulle is allermins ʼn las. Hulle is eerder deel-genote van God se genade.

1 Johannes 3:17In 1 Johannes 3:7 word die verhouding

van dié wat het en dié wat gebrek ly, verhelder.

Feit is dat baie van ons baie aardse besittings het. Die vreemde is dat ons dikwels die gebrek miskyk en misken. Kan dit wees dat ons géén gevoel vir die medemens in gebrek het nie?

Christene leef in ʼn nuwe verband met mekaar. Dit is ʼn onmoontlike moontlikheid dat ons die behoeftes van die armes kan miskyk, en tog ... Gereformeerde gelowiges is, mense wat veral op die korrekte en suiwer leer gesteld is. Het ons miskien die belangrikste nagelaat – om liefde te betoon?

Ons teks herinner ons egter daaraan dat geen mens tot deernis beweeg word as jy nie blootstelling aan ander se behoeftes beleef nie. Die isolasie van ons geloofsgemeenskappe en die gebrek aan blootstelling, veroorsaak dat ons te midde

Page 15: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 2010 15

van lewensbeproewing kan lewe en glad nie omgee nie, want ons sien dit geriefshalwe nie.

Die omvang en aard van armoede in Suid-Afrika

Wanneer dit by lewenstandaard kom, is Suid-Afrika van die mees ongelyke lande in die wêreld.

Hierdie ongelykheid is duidelik ʼn direkte uitvloeisel van ons geskiedenis van verontregting en bevoordeling.

Dit sou egter ʼn fout wees om die oorsake van armoede bloot in die verlede te soek. Die benadering van regeringskant en sakesektor tot die ekonomie dra grootliks by tot die huidige wanbalans in inkomsteverspreiding.

Albei die owerheid en privaatsektor strewe om binne ʼn hoogs kompeterende omgewing ontwikkeling te bevorder. Die resultaat is dat die Suid-Afrikaanse ekonomiese groei beter is as in ’n lang tyd, maar dat ongelykheid en werkloosheid terselfdertyd toeneem.

Verskeie skrywers sê dat armes hulleself in ʼn armoedestrik bevind. Werkloosheid, swak opleiding, diep geïnstitusionaliseerde ongelykhede in mag, eiendom en geleenthede, die fragmentering van sosiale strukture en die dinamika van geweld, misdaad en swak gesondheid, dra alles by om die armes in ʼn toestand van groeiende armoede te hou.

Dié faktore maak dat sommige ekonome van ʼn 50-50-samelewing praat. Vyftig persent het ʼn redelike en selfs oorweldigend-goeie vlak van lewensgehalte. Die ander 50 persent kom nouliks die mas op, of is versink in chroniese armoede.

Bate-gebaseerde versus tekort-gebaseerde benadering

Tot dusver het ons nog net gefokus op inkomste as die maatstaf van armoede. Daar is egter ander benaderings wat daarop wys dat armoede nie slegs materieel is nie.

Die meeste armes ervaar hulle omstandighede ook op ʼn sielkundige en geestelike vlak. Een Indiese Christen-skrywer toon aan dat die armes dikwels binne ʼn web van leuens vasgevang is. Hulle dink dat armoede hulle lot is. Gevolglik internaliseer hulle dit byna soos ’n ideologie dat hulle minderwaardig is.

Hulle betwyfel hulle Godgegewe gawes en menslikheid. Hulle gees en identiteit is verwond.

Ons kan hierdie benaderings groepeer onder die gedagte van ʼn tekort- (“deficit”) perspektief. Die gedagte is dat

dit die armes ontbreek aan sekere fundamentele bronne en dat hulle daarom in armoede vasgevang bly.

Sedert die 1990’s het daar ʼn nuwe benadering ontstaan. Dié benadering vra na die oorlewingsbronne van arm mense. Die uitgangspunt is dat armes nie hulpeloos is nie. Hulle het versteekte (“hidden”) bronne en strategieë om daagliks te kan oorleef.

Om effektief iets aan armoede te doen, is die sogenaamde “tekort-benadering” nie genoeg nie. Ons moet die bronne en toegang van die armes versterk en op hulle terme hulle bemagtig.

Die bate-gebaseerde benadering plaas armoedehuishoudings binne ’n krisiskonteks (“vulnerability context”) waarin hulle aan regering- en samele-wingsinstellings uitgelewer is. Arm gesinne se daaglikse oorlewing strategieë is dan ’n poging om hulle blootstelling aan krisis te bekamp en die regering en sakesektor op hulle behoeftes te laat reageer.

Nodeloos om te sê, regerings en die sakesektor plaas dikwels enorme hindernisse in armes se pad. Die privaatsektor argumenteer dat armoedeverligting nie hulle taak is nie. Die regeringsburokrasie frustreer armes elke dag mateloos.

Aan die hart van die bate-gebaseerde benadering is die besef dat die armes oor minstens vyf bates beskik. Hulle het:

• Menslike bronne (vaardighede en opvoedkundige bates)

• Sosiale bronne (skool, kerk, kliniek, klubs, kultuurgroepe, begrafnisklubs)

• Natuurlike bronne (water, grond, huis, tuin, pluimvee)

• Fisiese bronne (elektrisiteit, telefoon, fiets, bakkie)

• Finansiële bronne (pensioene, toelae, lone)

Arm mense het gewoonlik baie beperk te inkomste en hulpbronne. Die infra struktuur van arm gemeenskappe is normaalweg ver onder standaard. Die twee bates waarop hulle groot-liks steun, is hulle sosiale en menslike ondersteuningsnetwerke. Dié net-werke bestaan uit familie- en gemeen-skapsisteme, veral van kerk organisasies. Anders as met welvarende mense wat normaalweg groot toegang tot bronne het waar sosiale verbintenisse minder belangrik is, heg armes byna ’n oorspanne waarde aan netwerke.

Die bate-gebaseerde benadering help ons om die armes se blootstelling te onthou, hulle frustrasies te identifiseer en hulle strategieë te help versterk.

Hoe kan gelowiges ’n verskil maak?Die navorsingsresultate sê dat daar ’n

sistemiese verband tussen welvarendes en armes is. Die Bybel praat van ’n belydenisband wat tussen welvarende gelowiges en behoeftiges bestaan.

Armoede is dus nie ’n onoorkomelike probleem nie. Ons land produseer genoeg om elke mond te voed, elke kind op skool te plaas en ’n inkomste aan almal te verseker. Ons probleem is eerder een van bestuur en betrokkenheid as een van tekort.

Hoe kan gelowiges ’n verskil maak?• Daar sal beslis armes in jou

omgewing wees (selfs in die welvarende gebiede). Ontwikkel ’n projekkomitee om in eie kring iets aan armoede te doen.

• Waar gemeenskappe en kerke welvarend is, sal die grootste nood buitekant die gemeentegrense lê. Begin ’n vennootskap met ’n gemeente in ʼn arm buurt. Talle ryk gemeentes onderhou kerkplanters in Oos-Europa of Asië. Wat van ’n volhoubare program plaaslik in ’n swart of bruin gemeenskap?

• Binne elke gemeente is daar gelowiges met die tipe kundigheid, tyd en passie om ’n vennootskap te begelei. Benut die ongebruikte gawes van mense. Lê waagmoed aan die dag en gee beslissende treë.

[Aangepas uit: Twee wêrelde in een – die uitdaging van armoede vir die kerk in: God praat. Leef luisterryk: Vir gesprek oor sensitiewe kwessies. Bybel-Media. Wellington 2007.]

“Nodeloos om te sê, regerings en die sake-sektor plaas dik wels

enorme hindernisse in armes se pad. Die

privaatsektor argu-menteer dat armoe de-

verligting nie hulle taak is nie. Die

regerings buro krasie frustreer armes elke

dag mateloos.”

Page 16: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 201016

Geweld en armoede – ’n omvattende

uitdaging

’N Baie groot deel van ons bevolking het om ’n verskeidenheid redes

die afgelope 15 jaar verarm. Die armes waarna in hierdie artikel

verwys word, is die ongeveer 50 persent van die bevolking wat met ’n inkomste van minder as R700 per maand moet oorleef. Nagenoeg die helfte van dié groep leef ’n eiesoortige eerbare lewe waarin hulle die min wat hulle het, op ’n bewonderenswaardige wyse met mekaar deel.

Die ander deel van die 50 persent oorleef deur misdaad – deur te steel en te herverdeel.

Natuurlik is hierdie twee dele van die 50 persent armes nie van mekaar te skei nie. Hulle kom dikwels in ’n komplekse verweefdheid met mekaar voor.

Gevolge van armoedeDie gevolge van armoede manifesteer

op allerlei maniere:

• Die verlies aan selfwaardeHierdie is waarskynlik een van die mees onderskatte gevolge van ’n armoedekultuur. Erger as die sigbare afwesigheid van basiese lewensmiddels, is waarskynlik die skade wat aan die psige van armes aangerig word en hulle van hulle menswaardigheid beroof.

• Gebrek aan selfwaarde voed verskeie misbruikeOntvlugting in die misbruik van drank en ander chemiese afhanklikheidsmiddels is ’n algemene kenmerk van ’n armoedekultuur. Verslawing kos geld. Binne ’n konteks van die afwesigheid van geld, en verder gekompliseer deur werkloosheid en werkskuheid, lei dit tot ’n kultuur van bedel en misdaad.

• Misbruike lei tot geweld en misbruik van magEntrepreneurs van onwettige bedrywe soos drank- en dwelmhandel, buit hierdie situasie uit. Die magsgreep van smokkelbase op die lewe van armes lei tot die ontstaan van magstrukture en bendevorming. Dit gaan gepaard met geweld, wat oral in hierdie samelewings aanwesig is. Wanneer mense alle hoop verloor om van hierdie omvattende, vernietigende uitwerking van ’n armoedekultuur te ontsnap, skep dit ’n teelaarde vir fisiese sowel as psigiese geweld.

• Geweld en mag lei tot vrees en psigopatologieIn ’n onlangse gesprek met ’n fokusgroep vanuit armoedegemeenskappe, het hulle self hulle emosies en gevoelens met

woorde soos lyding, hartseer, swaar, seer, pyn, woede (teenoor owerheid, maar óók teenoor God), moedeloosheid en wanhoop beskryf. Dit moet duidelik en vanselfsprekend wees dat armoede en geweld (fisies en psigies) hand-aan-hand gaan. Só ’n gemeenskap is ’n siek gemeenskap. • Armoede lei tot verdere armoedeOns vind hier ’n bose kringloop wat af-spiraal na groter dieptes van menslike verval. Die volgende scenario waarmee ’n fokusgroep onder armes hulleself beskryf, kan puntsgewys hierdie afwaartse spiraal aantoon.* Swak behuising: Beperkte leefruimte, die groot aantal mense in een huisie (dikwels een of hoogstens twee vertrekke) waarin alle gesinsaktiwiteite (van eet tot seks) moet plaasvind, geen privaatheid nie.* Drankmisbruik en kinderverwaarlosing: Kinders in opstand teen ouers (geen respek nie), kinders wat in die tronk beland, werksku is, seuns wat deel van bendes word, prostitusie en tienerswangerskappe – dikwels met die doel om staatstoelaes te bekom.* Siektes soos TB, MIV en vigs en asma wat dikwels die gevolg is van blootstelling en wanvoeding weens ongesonde eetgewoontes en gebrek aan voedsame kos – of selfs geen kos nie!Daar is ’n gebrek aan enige waarde-sisteem as dit by seksuele gedrag kom. Die groot hoeveelheid sterftes onder ouers as gevolg van vigsverwante siektes lei tot die voorkoms van huishoudings onder die beheer van kinders, met gepaardgaande gedragsprobleme en die afwesigheid van gesins- en familiewaardes. * Geweld teen kinders: Dit bly een van die ontstellendste feite dat die

Ben du Toit is Direkteur van Kom-munikasie van die NG Kerk, Sinode van Wes-en-Suid-Kaap en Redak-teur: Elektroniese Kommunikasie van die Algemene Sinode van die

NG Kerk. Hy dien ook as Parle-mentêre Lessenaar van die kerk in die wetskrywende proses van die Nasionale Parlement in Kaapstad.

Page 17: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

KRuISGEwyS November 2010 17

grootste maatskaplike behoefte in ons armoedegemeenskappe vandag plekke van veilige bewaring en beskerming vir kinders is. In die meeste gevalle moet hulle teen hulle ouers beskerm word.

Holistiese benadering absolute vereisteArmoede is egter nie net die probleem

van arm mense nie, maar juis ook van diegene wat nie tot die 50 persent van die bevolking behoort wat in hierdie ekonomiese, sosiale en kulturele sektor val nie.

Hieruit spreek dit vanself dat ’n omvattende strategie nodig is om iets aan die verskynsel van armoede te doen. Hierby sal al die sektore van ’n gemeenskap betrokke moet wees.

• Maatskaplike sorg: Allesomvattende maatskaplike sorg is ’n noodsaaklike onderbou van enige konstruktiewe proses om mense in hulle haglike lewensomstandighede hoop te gee.

Op die korttermyn moet voortgegaan word om hoop aan die huidige geslag armes te gee, selfs al is dit net ’n professionele oor wat vir hulle ondersteuning met hulle regte kan gee.

Hierdie allesomvattende professionele terapeutiese diens moet egter altyd met die langtermynvisie werk dat maatskaplike omstandighede waarskynlik eers in die volgende geslag vir die inwoners van armoedegemeenskappe sal verbeter.

• Staatsondersteuning: Die groot klem wat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling op die oomblik op die gee van verskillende staatstoelaes lê, moet allerweë met groot dank begroet word. Indien dit egter ten koste van konstruktiewe maatskaplike sorg gebeur, skep dit rede tot groot kommer.

Na my wete is daar nog tot dusver geen behoorlike onafhanklike navorsing gedoen oor hoe begunstigdes die toelaes aanwend nie. Nie alleen blyk dit uit die praktyk dat baie van die geld uitermate wanbestuur word nie, maar die afskaling van staatsubsidies vir professionele maatskaplike dienste wat NGO’s (nie-regeringsorganisasies) lewer, is ’n akute bron van kommer.

• Plaaslike owerheid: Die plaaslike owerheid speel ’n bepalende rol in hierdie uitdaging. Dit moet konstruktief en ondersteunend

hierdie rol vir die gemeenskappe vir wie se welstand hulle verantwoordelik is, vervul. Behuising, beskikbaarheid van basiese lewensmiddels en werkskepping is prioriteite.

• Polisie- en beskermingsdienste: Die polisie moet help om iets omtrent die hoë misdaadvlakke te doen.

Polisieforums speel hierin ’n uiters noodsaaklike rol. Hierdie dienste sal egter ’n bodemlose put bly indien plaaslike owerhede, skoolhoofde, NGO’s en geloofsgemeenskappe dit nie komplementeer nie.

Die oorsaak van armoede is nie geweld en misdaad per se nie, maar het ten diepste met die morele wese en konstruksie (“moral fibre”) van die totale Suid-Afrikaanse gemeenskap te doen. Hierin behoort geloofsgemeenskappe (behoorlik ingelig) ’n toonaan-gewende rol te speel.

• Opvoeding van gemeenskap: In ’n sekere sin is armoede ’n houding – ’n “state of mind”.

Die opvoeding van armoedegemeenskappe is ’n oorweldigende taak wat nie anders as holisties en interaktief aangepak moet word nie. Die opvoeding van meer bevoorregte gemeenskappe lê daarin dat hulle bewus gemaak word ook van hulle onvervreembare verantwoordelikheid as Suid-Afrikaanse gemeenskap teenoor die voorheen-benadeelde gemeenskappe.

• Mediese sorg, dwelm- en drankmisbruik: Basies mediese sorg en psigiatriese terapie is onverhandelbaar deel van die ondersteuningsnetwerk om siektes en chemiese afhanklikheid holisties te behandel.

Die effek van verslawing en die destruktiewe gevolge daarvan op die gesondheid van verslaafdes en hulle gesinsgenote, naamlik wanvoeding en die gebrek aan kos en die bedelkultuur wat hierdeur geskep word, moet professioneel aangepak word. Dít kan gedoen word deur basiese mediese dienste en die behandeling van verslawing uit te brei.

• Bemagtiging deur basiese opleiding – ook die rol van die sakesektor: Ongeletterdheid en gebrek aan basiese vaar-

dig hede om die arbeidsmag te betree, is ’n groot behoefte by armoedegemeenskappe.

Weer eens is die bou van netwerke en vennootskappe tussen staat, plaaslike owerheid, NGO’s en die sakesektor hier van deurslaggewende belang. Die groot rol wat plaaslike ondernemings kan speel in die verskaffing van borgskappe vir die uitvoering van maatskaplike projekte, is verreweg nog nie behoorlik ontgin nie.

• Die rol van die godsdienstige gemeenskap: Die regering maak deesdae baie van die belangrike rol wat godsdienstige instansies kan (behoort te) speel in die heropbouing van ’n gemeenskaplike waardesisteem in die Suid-Afrikaanse gemeenskap (“moral regeneration”).

In ’n groot mate is dit die roeping van die kerk om dit in elk geval te doen. Maar godsdienstige instansies kan nog véél meer doen. Die staat sou byvoorbeeld gebruik kon maak van die unieke infrastruktuur van godsdienstige instansies om sekere dienste ter wille van armoedeverligting te lewer.

In ’n onlangse studie het Van der Berg en Burger (Social delivery in South Africa, 2003) tot die slotsom gekom dat die staat eerder op die verbetering van bestaande dienste moet fokus, sowel as op die uitvoering van goedgekeurde programme, as net op die vermeerdering van beskikbare bronne.

Daar is hoopDie vanselfsprekendheid van netwerke

en vennootskappe blyk duidelik uit hierdie situasie-analise van armoede. Dit is nie ’n keuse nie, maar noodsaaklik. ’n Mens sou dit bloot vanuit ’n logiese, humanistiese oorlewingsperspektief kon motiveer.

Uiteindelik bly dit tog vir gods-dienstige mense ’n saak wat vanuit ons verhouding met God gemotiveer word. Ons moet dit doen omdat dit reg is dat ons dit doen. Dit behoort tot die wese van ons geloofsoortuigings dat ons verantwoordelik is vir God se skepping en ons naaste. Liefde teenoor ons naaste behels ook liefde vir die toekomstige geslagte aan wie ons behoort te doen soos wat ons verwag dat aan ons gedoen sal word.

Daar ís hoop. Maar net as ons sáám prakties daaraan uitdrukking gee.

Page 18: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

18 KRuISGEwyS November 2010

Kry méér vuur uit jou Flam Faani Engelbrecht van Goodwood, skryf:Na aanleiding van Pieter Malherbe se uitstekende artikel “Dit jubel met kerkliedere” in ’n vorige uitgawe van Kruisgewys, wil ek graag namens FLAM ’n paar note by sing waarmee predikante en musiekleiers dalk gehelp kan word om hierdie nuwe musiek en website makliker te ontgin.

Oor ons website www.flam.co.zaIn Augustus 2009 het ons ons website heropen met ’n gebruikersvriendelike interface en ’n paar bykomende dienste wat die funksionaliteit daarvan aansienlik verhoog het.

Toegang tot die websiteIn die verlede het slegs gemeentes met

’n CCLI-nommer toegang tot die website gehad. Individue kan nou vir die eerste keer teen ’n geringe bedrag bladmusiek koop en download via www.flam.co.za, of by Bybel-Media op hulle webtuiste se e-aankope.

Enigeen kan ook gratis op die website rondswerf (surf) en luister.

Vier afdelingsOm jou soektog na nuwe liedere te

vergemaklik, het ons die hele FLAM-bundel in vier dele opgedeel:o FLAM – indien jy musiek soek vir

familie­ of gesinsdienste – eredienste waar oupas en oumas en kleinkinders sáám in een diens is. Hierdie musiek is oor die algemeen so ’n bietjie rustiger van aard. Alhoewel ons dit glad nie aanbeveel nie, sou dit ook met ’n orrel gedoen kon word.

o Kruisfuur – indien jy musiek soek vir jou tiener­ of tekkiedienste – eredienste wat kontemporêr in liturgie en musiek moet wees. Hierdie musiek is nie geskik vir orrelbegeleiding nie.

o Flammekidz – indien jy lof- en verwonderingsmusiek soek vir jou kinderbediening.

o Kersflam – indien jy op soek is na liedere wat jy kan gebruik in jou meditatiewe eredienste, musiek wat nie klassiek is soos Taizé-liedere nie,

maar nog steeds kontemplatief. Dit is liedere vir deep worship of liedere wat jy as fokuspunt in jou hele worship set kan gebruik.

Hierdie vier afdelings is op die hoofblad duidelik sigbaar. Jy kan bloot op een van hulle klik om die hele lys van die liedere te sien.

Hoe soek ek ’n lied?Jy sou ’n eenvoudige Google-soektog

op die website kan doen. Indien jou tema byvoorbeeld “liefde” is, kan jy dit bloot search en ’n lys kry van al die liedere waarin die woord voorkom. Die website is dus ’n elektroniese konkordansie van al die FLAM-liedere.

Indien jy nog steeds nie weet waar om te begin nie, is die “Groot5” dalk ’n goeie plek. Dit is die vyf gewildste FLAM-liedere (volgens CCLI en die meeste downloads).

Hoe klink die lied?Maar wat gemaak as jy nie weet hoe

die lied klink nie? Byna 60 persent van alle FLAM-

liedere is reeds iewers opgeneem. Jy kan die CD direk via Bybel-Media aankoop. Daar is ook ’n kort demosnit saam met die meeste liedere op die webtuiste.

In ’n guidetrack word ’n lied met slegs ’n klavier en ’n stem uitgevoer. Dit is beslis nie bedoel om in jou motor se mp3-speler as agtergrondmusiek gebruik te word nie, maar sal nog tans in gemeentes waar daar nie ’n begeleidingsgroep is nie, as ’n begeleidingsnit gebruik kan word.

Hierdie liedere is slegs in mp3-formaat beskikbaar en kan direk van www.flam.co.za afgelaai en deur middel van Bybel-Media se e-aankope aangekoop word. Jy hoef dus nie eens na jou naaste geestelike boekwinkel toe te ry nie, maar sal dit selfs Saterdagaand ná 23:00 uit jou studeerkamer kan aankoop! Dit is nou as

jy nie tegnologies gestremd is nie – want selfs die FLAM-kantoor is daardie tyd gesluit.

Inteken op nuusbriewePredikante, musiekleiers en lede

van begeleidingsgroepe kan inteken op FLAM se gratis e-nuusbrief, die Fuurhoutjie wat maandeliks verskyn. Dáár kan jy lees van die nuutste musiek wat vir jou spesifieke

styl beskikbaar is. Jy kan ook aansluit by Flam se Facebook-groep, FLAM – of ons volg op Twitter @FLAMPUBLISHERS.

Oor ons naam’n Regstelling: “FLAM” is nie ’n

akroniem nie. Dit staan nie vir iets nie. FLAM verwys bloot na Jeremia 20:9 se beeld van die vuur wat in ons sal brand as ons oor die goedheid van die Here sou stilbly. FLAM wil gemeentes help om in lofprysing en aanbidding uit te breek en nie stil te bly nie.

Nuwe liedereEen van die grootste en belangrikste take van Flam is om nuwe skrywers en nuwe liedere op te spoor en aan die kerk bekend te stel. Dit is ’n deurlopende proses. Nuwe liedere kan regdeur die jaar gestuur word aan [email protected].

1. Die Flam-fereniging vir kerkbands- en begeleidingsgroepe

Saam met SAKOV is Flam betrokke by die Suider-Afrikaanse Kerkmusiekvereniging. Flam is instrumenteel in die stigting van die Flam-fereniging vir Kerkbands- en Begeleidingsgroepe wat spesifiek na die belange van begeleidingsgroepe omsien. Predikante- en musiekleiers wat by kontemporêre musiekbediening betrokke is, kan ’n e-pos stuur na [email protected].

2. Meer as ’n taakspanFlam is meer as net ’n taakspan.

Dis ’n website, maar dit is nie net dit nie. Dit is ’n beweging, ’n gemeenskap van gelowiges wat in musiekbediening betrokke is.

Vat Flam en word deel van die

beweging!

P O S B u S

Page 19: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne

LIG op tieners en seksualiteit (DVD)Prys: R79,95Op jou lewensreis sal daar highjackers wees. Hulle saboteur dinge soos jou onskuld, vertroue in mense, die lewe asook die mooi van seks. In LIG op tieners en seksualiteit praat ons openhartig en eerlik met tieners oor seks en alles wat daarmee saamgaan.

Sekssprokie, die misterie ontrafelPrys: R89,95Elmari Craig en Anjenita HugoSekssprokie, die misterie ontrafel is geskryf vir tieners in tienertaal. Tieners word gelei om met insig gesonde keuses oor hulle seksuele groei en ontwikkeling te maak. Die beeld van ’n sprokie word gebruik om die misterie van die seksuele te ontrafel. Die belangrikste bousteen van hierdie boek is die Toolkit: Hoe om mens-slim, emosie-slim, lewe-slim en seks-slim te wees. LIG op die seksgesprek met my tiener (DVD)Prys: R79,95In hierdie DVD praat ons met ouers oor die sogenaamde “seksgesprekke” wat tussen hulle en hulle kinders moet plaasvind. Al is dit in baie huishoudings ’n ongemaklike gesprek, is dit ’n gesprek wat nie geïgnoreer kan word nie. Met hierdie DVD wil ons ouers hiermee help.

Bestel vandag Sekssprokie, die misterie ontrafel en enige een van hierdie DVD’s as ’n pakket teen R145,00 en bespaar R25,00!

Aanbod geldig tot 20 Desember 2010.

Direkte bestellings: [email protected]

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

e-aankope: www.bybelmedia.co.za

Untitled-2 1 2010/10/29 2:38 PM

Page 20: Armoede en werkloosheid - gemeentesgemeentes.co.za/attachments/164_Kruisgewys_November_2010.pdfDit lê die klem ook op die menslike, sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële bronne