arbeidsreg

21
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 1

Upload: tosca

Post on 05-Jan-2016

66 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 3 Lesing 1. Tema 3 Lesing 1. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 - Struktuur Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 10 & 11). Tema 3.1 (Leeruitkomste). - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Arbeidsreg

Arbeidsreg

ABR 224

Tema 3 Lesing 1

Page 2: Arbeidsreg

Tema 3 Lesing 1

Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 - Struktuur

Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis

Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 10 & 11)

Page 3: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Leeruitkomste) • Verduidelik watter werknemers beskerming geniet i.t.v. die

WAV. • Bespreek die reg tot vryheid van assosiasie van werkgewers

en werknemers. • Definieer ʼn vakbond en werkgewersorganisasie.• Bespreek die vereistes wat nagekom moet word deur

vakbonde en werkgewersorganisasies ten einde geregistreer te word.

• Gee ʼn uiteensetting van die instelling van bedingings- en statutêre rade sowel as ʼn uiteensetting van die liggame se funksies.

• Verduidelik die funksies van die KVBA.• Verduidelik die doel en funksies van die Arbeidshof. • Verduidelik die doel en funksies van die Arbeidsappèlhof.• Verduidelik die doel en funksies van werkplekforums.

Page 4: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Inleiding I)• Hoofdoelstellings van die WAV is: oOm uitvoering te gee aan die fundamentele regte

verleen deur die Handves van Menseregte. oOm uitvoering te gee aan die verpligtinge opgeloop deur die RSA as ‘n lidland van die IAO. oOm ‘n raamwerk te voorsien vir kollektiewe bedinging tussen vakbonde en werkgewers en werkgewerorganisasies. oOm ordelike kollektiewe bedinging, kollektiewe bedinging op ‘n sektorale vlak, werknemersdeelname aan besluitneming in die werkplek en die effektiewe bylegging van arbeidsgeskille te bevorder.

Page 5: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Toepassing van die WAV I)

• Van toepassing op elke werkgewer en werknemer in elke onderneming, nywerheid, handel of beroep in SA behalwe vir die volgende: oLede van die SANW. oLede van die Nasionale Intelligensie Agentskap. oLede van die SA Geheimediens. oLede van die SA Nasionale Akademie van Intelligensie. oLede van Comsec.

• Werkgewer Persoon wie dienste van ʼn werknemer ontvang in ruil vir vergoeding daarvoor of wie bygestaan word deur ʼn werknemer in die dryf van sy besigheid.

• Arbeidsmakelaar is die werkgewer en die persoon wie se dienste verkry is, is die werknemer.

Page 6: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Toepassing van die WAV II)

•Werknemer oEnige persoon, uitsluitend ʼn onafhanklike kontrakteur, wie vir ʼn ander persoon/Staat werk en wie vergoeding ontvang; o(ii) enige ander persoon wie op enige wyse bystand verleen in die voortsetting of bedryf van die besigheid van werkgewer. (sien bl 202).

Page 7: Arbeidsreg

.

oOnthou om ‘dominante indruk toets’ te gebruik om te onderskei tussen ʼn werknemer en ʼn onafhanklike kontrakteur.

oArt 200A van die WAV bepaal dat, indien enige van die volgende faktore teenwoordig is, ʼn persoon wie sy dienste aanbied, aanvaar word ʼn werknemer te wees: Persoon is onderworpe aan die beheer/leiding van werkgewer.Persoon werk ure wat onderworpe is aan die toesig van iemand

anders. Persoon vorm deel van werkgewer se organisasie. Persoon het vir iemand anders gewerk vir ʼn gemiddeld van ten

minste 40 ure per maand gedurende die laaste 3 maande. Persoon is ekonomies afhanklik van die persoon vir wie hy werk. Persoon word voorsien van bedryfsgereedskap of werktoerusting

deur die ander persoon. Persoon werk slegs vir 1 persoon.

Persone wie nie vergoeding ontvang nie word van hierdie deel van die definisie uitgesluit (bv persone wie onbetaalde ‘liefdadigheidswerk’ verrig).

Page 8: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Vryheid van assosiasie I)• Grondwetlike reg vervat in die Handves van Menseregte.

• WAV waarborg vryheid van assosiasie.

• Werknemer het die reg om odeel te neem in die vorming van vakbond o lid te word van ʼn vakbond.

• Werknemer wat alreeds ʼn lid is van ʼn vakbond het die reg om odeel te neem in die vakbond se wettige bedrywighede odeel te neem in die verkiesing/aanstelling van vakbond se ampsdraers,

beamptes en verteenwoordigers odeel te neem as kandidaat in verkiesings.

• Geen persoon mag teen ʼn werknemer diskrimineer omdat hy enige van die bg regte uitgeoefen het nie.

Page 9: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Vryheid van assosiasie II)• Werkgewer het die reg om odeel te neem in die vorming van ʼn werkgewersorganisasie o lid te word van ʼn werkgewersorganisasie.

• Werkgewer wie alreeds ʼn lid is van ʼn werkgewersorganisasie het die reg om odeel te neem in die werkgewersorganisasie se wettige bedrywighede odeel te neem in die verkiesing/aanstelling van werkgewersorganisasie

se ampsdraers, beamptes en verteenwoordigers odeel te neem as kandidaat in verkiesings.

• Elke vakbond en werkgewersorganisasie het die reg om sy eie grondwet en reëls vas te stel, om verkiesings te hou, om sy administrasie te beplan en te organiseer, om deel te neem in die vorming van federasies, om by federasies aan te sluit en om te affilieer met enige internasionale organisasie.

Page 10: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Raamwerk van die WAV)

• Bedingings- en statutêre rade word ingestel vir die doel van kollektiewe bedinging.

• KVBA, Arbeidshof, Arbeidsappèlhof en bogenoemde rade is verantwoordelik vir geskilbeslegting.

• Werkplekforums word ingestel om werknemersdeelname in besluitneming in die werkplek te bevorder.

Page 11: Arbeidsreg

Vakbonde en werkgewersorganisasies

• Vakbond is ʼn vereniging van werknemers met die hoofdoelwit wat gerig is op die regulering van verhoudings tussen werknemers en werkgewers/werkgewersorganisasies.

• Werkgewersorganisasie is ʼn vereniging van werkgewers wat se hoofdoelwit gerig is op die regulering van verhoudings tussen werkgewers en werknemers/vakbonde.

• Vakbond/werkgewersorganisasie moet geregistreer wees voordat dit op regte i.t.v. die WAV kan aanspraak maak. Registrasie vereistes is: oDie naam moet nie misleidend wees of verwarring veroorsaak nie. oGrondwet moet aan die vereistes van die WAV voldoen. oMoet ʼn adres in die RSA hê. oMoet ʼn werklike vakbond of werkgewersorganisasie wees. oVakbond moet onafhanklik (nie onder beheer/invloed) van

werkgewersorganisasie wees.

Page 12: Arbeidsreg

.Aansoek vir registrasie vind plaas deur die voorgeskrewe vorm en ʼn afskrif van die grondwet by die Registrateur in te dien.

• By registrasie sal ‚n vakbond geklee wees met regspersoonlikheid en mag sodoende deel word van ‚n bedingingsraad.

•Registrateur kan registrasie kanselleer indien hy tevrede is dat die vakbond/organisasie opgehou het om te bestaan as vakbond/organisasie of indien die vakbond/organisasie versuim het om finansiële inligting aan Registrateur te verskaf nadat versoek is om dit te doen.

Page 13: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Bedingingsrade I)• Hooffunksies is kollektiewe bedinging en geskilbeslegting.

• Een/meer geregistreerde vakbonde en een/meer geregistreerde werkgewersorganisasies en/of die Staat kan ʼn bedingingsraad vir ʼn spesifieke sektor en gebied instel.

• Grondwet van raad moet voorsiening maak vir gelyke verteenwoordiging (werkgewers en werknemers).

• Aansoek vir registrasie vind plaas deur indiening van voorgeskrewe vorm en afskrif van grondwet by Registrateur.

• Registrateur kan registrasie kanselleer indien hy oortuig is dat die opgehou het om te bestaan of opgehou het om verteenwoordigend te wees / op bevel van AH.

Page 14: Arbeidsreg

Bedingingsrade: Bevoegdhede & funksies

• Bevoegdhede en funksies is:oOm kollektiewe ooreenkomste aan te gaan en af te dwing.

oOm arbeidsgeskille te voorkom en op te los.

oOm ʼn fonds in te stel en te administreer wat aangewend moet word vir die beslegting van geskille.

oOm verskeie fondse en skemas, soos opleiding- en onderwysskemas te bevorder, in te stel en te administreer.

oOm voorstelle aan NEDLAC voor te lê rakende beleid en wetgewing wat ʼn sektor en gebied mag raak.

Page 15: Arbeidsreg

.oOm die aangeleentheid wat nie in geskil mag wees

vir doeleindes van ʼn staking/uitsluiting nie, deur kollektiewe ooreenkoms te bepaal.

oOm addisionele aangeleenthede na werkplekforums te verwys vir konsultasie.

oOm nywerheid-ondersteuningsdienste binne die sektor te voorsien.

oOm die dienste en funksies van die raad uit te brei na werknemers in die informele sektore en huiswerkers.

Page 16: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Statutere rade)• Kan ingestel word in ʼn sektor en gebied waar geen bedingingsraad bestaan nie.

• Geregistreerde vakbond(e) / werkgewersorganisasie(s) wie se lede ten minste 30% van die werknemers in ʼn sektor en gebied uitmaak, kan aansoek doen vir die instelling van ʼn statutêre raad.

• Statutêre raad kan (deur kollektiewe ooreenkoms) die magte en funksies uitbrei om enige van die funksies van ʼn bedingingsraad in te sluit.

Page 17: Arbeidsreg

.• Bevoegdhede en funksies van statutêre raad is:oOm funksies m.b.t. geskilbeslegting te bevorder.

oOm opleiding- en onderwysskemas in te stel en te bevorder.

oOm pensioen-, voorsorg-, mediese fonds, siekteverlof-betaling, vakansie- en werkloosheidskemas/fondse vir lede in te stel en te administreer.

oOm kollektiewe ooreenkomste aan te gaan ten einde bg aangeleenthede tot uitvoering te bring.

Page 18: Arbeidsreg

Tema 3.1 (KVBA I)• Ingestel deur die Wet as ʼn onafhanklike regspersoon met jurisdiksie in al die provinsies.

• Funksies van die KVBA is:oOm enige geskil wat na dit verwys is deur versoening op te los en, indien

onsuksesvol, deur arbitrasie. oOm partye by te staan in die instelling van werkplekforums. oOm ʼn party tot ʼn geskil te adviseer rakende die prosedure wat gevolg moet

word. oOm ʼn party by te staan om regsadvies te verkry. oOm rade/private agentskappe te akkrediteer en te subsidieer. oOm enige verkiesing te loods. oOm enige navorsing rakende aangeleenthede wat relevant is tot die funksies,

te onderneem. oOm inligting en statistieke rakende bedrywighede te versamel en te publiseer. oOm aan te bied om ʼn geskil wat nie verwys is nie, deur versoening op te los. oOm riglyne rakende enige aangeleentheid waarmee in die Wet gehandel

word, te publiseer.

Page 19: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Arbeidshof) •Het eksklusiewe jurisdiksie t.o.v. alle aangeleenthede wat deur die Arbeidshof bepaal moet word.

•Magte en funksies van die Arbeidshof is: oOm enige gepaste bevel te maak (interdik, spesifieke nakoming, verklarende

bevel, genoegdoening, skadevergoeding, kostes).

o Om nakoming van die Wet te gelas.

oOm ʼn arbitrasietoekenning of ʼn skikkingsooreenkoms ʼn bevel van die hof te maak.

oOm die KVBA te versoek om ʼn ondersoek in te stel;

oGeskilbeslegting;

oOm laat-liassering van enige dokument te kondoneer. oOm enige besluit wat geneem is of handeling wat uitgevoer is deur die Staat

in die hoedanigheid as werkgewer, te hersien.

oOm appèlle aan te hoor.

Page 20: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Arbeidsappelhof)

• Finale hof van appèl t.o.v. alle uitsprake en bevele gemaak deur die Arbeidshof.

• Beskik oor dieselfde magte as die Hoogste Hof van Appèl.

• Het eksklusiewe jurisdiksie om alle appèlle teen finale uitsprake en bevele van die Arbeidshof, aan te hoor en te bereg.

Page 21: Arbeidsreg

Tema 3.1 (Werkplekforums)• Om werknemersdeelname in die werkplek te verseker.

• ʼn Poging om vyandige nywerheidsverhoudinge te vermy by wyse van konsultasie en gesamentlike besluitneming.

• Kan ingestel word in ʼn werkplek met 100 of meer werknemers.

• Alle werknemers, en nie slegs lede van vakbonde nie, geniet verteenwoordiging in die forum.

• Nie ʼn forum van onderhandeling waar ʼn werkgewer en werknemers oor lone kibbel nie, maar is ʼn platform waar werkgewer met werknemers konsulteer oor meer algemene sake binne die werkplek, soos beleidskwessies t.a.v. invoer en uitvoer, herstrukturering, gradering, afdanking-beleid, sluit van ʼn aanleg, samesmeltings en onderwys en opleiding.