aqua inligtingstuk afrikaans - livingwaterstherapy.co.za inligting.pdf · • kinders met leer...

13
Inligtingstuk Aqua Terapie The Best Athletics of All Are Those That Not Only Exercise The Body, But are able to please the Spirit - Galen Greek Physician 2nd Century Ad 118 Braam Pretorius str Wonderboom Tel no : (012) 567 – 0645 Sel no : 082 737 2352 ALLE REGTE VOORBEHOU GEEN DEEL VAN HIERDIE BOEKIE MAG SONDER DIE NODIGE SKRIFTELIKE TOESTEMMING VAN DIE SAMESTELLER IN ENIGE VORM OORGEDRA OF GEREPRODUSEER WORD NIE, HETSY ELEKTRONIES, MEGANIES, FOTOSTATIES OF PER BANDOPNAME

Upload: hakiet

Post on 26-Feb-2019

231 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Inligtingstuk

Aqua Terapie

The Best Athletics of All Are Those That Not Only Exercise The Body,

But are able to please the Spirit -

Galen Greek Physician 2nd Century Ad

118 Braam Pretorius str

Wonderboom

Tel no : (012) 567 – 0645

Sel no : 082 737 2352

ALLE REGTE VOORBEHOU

GEEN DEEL VAN HIERDIE BOEKIE MAG SONDER DIE NODIGE SKRIFTELIKE TOESTEMMING VAN DIE SAMESTELLER IN ENIGE VORM

OORGEDRA OF GEREPRODUSEER WORD NIE, HETSY ELEKTRONIES, MEGANIES, FOTOSTATIES OF PER BANDOPNAME

INLEIDING:

Aqua terapie en oefening in water is oor 2 400 jaar oud. Die antieke Egiptenare asook die

Griekse filosoof en skrywer – Hippocrates het dit opgeteken en die dokters van die Romeinse

Ryk het dit reeds aanbeveel.

WAT IS AQUA TERAPIE?

Aqua terapie is die gebruik van water en spesifiek ontwerpde aktiwiteit in water - aangebied

deur gekwalifiseerde instrukteurs - om ‘n verbetering, herstel en verlenging van kwaliteit van

funksie teweeg te bring in persone met akute, verbygaande of kroniese ongeskikthied,

sindrome of siektes.

Aqua terapie in verhitte water bestaan uit ‘n verskeidenheid oefeninge, ontwerp vir

pynverligting en om spiere te oefen en te versterk.

Aqua terapie het dieselfde voordele as oefening op land maar bied ‘n veilige

ondersteunende medium waarin oefeninge wat buite die water pyn veroorsaak pynvry

gedoen kan word.

Sommige van die mees belangrike eienskappe van water is as volg:

• “Buoyancy” Dryfbaarheid - Water werk swaartekrag tee en help om jou gewig te

ondersteun. Dit haal die lading van die gewrigte en werwelkolom af tydens oefening.

• Viskositeit – Water gee weerstand vir beweging deur sagte wrywing wat versterking en

kondisionering na ‘n besering toelaat terwyl die risiko vir verdere besering verlaag

word.

• Hidrostatiese druk – Die drukking van die groot massa water op die selle van die

liggaam veroorsaak verhoogde bloedvloei in ‘n spier wat suurstof en voedingstowwe

na die spier neem en afval stowwe opruim na die niere vir uitskeiding. Dit is een van

die hoofredes waarom pasiënte wat gereeld in water oefen pynverligting ervaar. Die

massa water van ‘n bad is bv te min om dieselfde effek teweeg te bring.

• Versnellings Wet – water bied meer weerstand hoe vinniger jy in dit beweeg. Jy kan

dus die “gewig” waarmee jy oefen onmiddellik verander deur net stadiger of vinniger

te beweeg. So word beserings verhoed en voorkom.

• Oppervlak spanning – is die kragte tussen die oppervlaks molekules wat dit moeilik

maar om deur die oppervlak van die water te breek. Met atlete en fikser mense

gebruik ons dus die fisika om oefeninge moeiliker te maak.

Die wonder van aqua terapie is dat ons van die – of selfs al die Fisika wette kan

kombineer tydens oefening sessies.

VOORDELE VAN AQUA TERAPIE SLUIT IN:

• Verbeterde spier tonus en krag

• Verbeterde uithouvermoë en kardio-vaskulêre (hart-long) funksie.

• Verbetering in self waarde en vryheid om met gemak en pynvry te beweeg

• Versnelde genesing en herstel na beserings of intense oefening

• Verbeterde gemoedstoestand

• Verbetering in lewens kwaliteit

• Verbeterde soepelheid en beweging in gewrigte

• Verbeterde balans en koördinasie.

WIE KAN AQUA TERAPIE DOEN?

Almal wat hul gesondheid wil verbeter kan deelneem. Die volgende siekte toestande baat

baie by aqua terapie.

Kliënte met:

• Artritis : Rumatoïede arthritis, Fibromialgie, Osteo-artritis

• Stywe gewrigte en spiere

• Swakheid van spiere a.g.v siekte of na ‘n lang siekbed.

• Pyn

• Spastisiteit

• Balans probleme

• Long probleme

• Sirkulasie probleme

• Depressie

• Hart probleme

• Ortopediese toestande bv na operasies – rug- , vervangings operasies

• Oorgewig

• Osteoporose

• Neurologiese probleme bv Beroerte, Parkinsonisme,

• Diabetis

• Hoë bloeddruk, Cholestrol

• Kinders met leer gestremdheid, aandag afleibaarheid, outisme

• Cerebraal gestremdheid

• Swangerskap

• Kanker

ONS SWEMBAD EN FASILITEITE

Alle sessies word gedoen in 32°C en die

swembad diepte wissel van 1,5 m aan die

vlak kant tot 1,9 m aan die diep kant. Daar is

‘n reling binne die swembad.

Ons volg die WHO (World Health

Organization) se riglyne vir terapeutiese

swembaddens en veiligheid en higiëne is ‘n

hoë prioriteit. Chloor word gebruik om

bakteriële groei te bekamp en ons water

word deur ‘n eksterne maatskappy getoets

vir chemikalië, water kwaliteit en bakterieë

en organismes. Vra gerus indien jy die

uitdrukke wil sien.

Die swembad word binnegegaan met trappe en daar is ‘n reling waaraan jy kan vashou.

Indien jy onveilig voel sal die instrukteur jou help tydens in- en uitklim.

Daar is 6 aantrek hokkies en ‘n gemeenskaplike badkamer met 2 storte en 2 toilette. Jy kan

gerus jou klere in die aantrek hokkie ophang. Daar is genoeg ophang plek omdat ons

hokkies deel.

TIPES KLASSE

Ons bied DIE VOLGENDE AAN:

1

Aqua aerobiese klasse R 300 / maand – 3 keer per week

Aqua aerobiese klasse is groter (12-18 per klas) en vir die

persoon wat water veilig en pynvry is. Dit is goedkoper as

die kleiner rehabilitasie klasse.

Betaling geskied aan die begin van ‘n maand.

Hierdie klasse is vir mense met min pyn en patologie en om dit koste effektief te hou word

klasse aangebied in groepe van 12-18 mense.

Gedurende hierdie klasse is toesig dus minder en aanvaar ons dat jy die oefeninge verstaan

en veilig uitvoer.

Gedurende hierdie klasse spandeer ons tyd aan:

1. Kardiovaskulere oefeninge

2. Been oefeninge

3. Arm oefeninge

4. Romp (maag en rugspier) oefeninge

5. Strekke

Gedurende ‘n uur klas word daar 10 minute aan elke afdeling spandeer vir algemene

program wat die hele liggaam oefen.

Hierdie klasrooster wissel na gelang van die seisoen en inskrywings maar ons poog dat daar

elke oggend 1 tot 3 klasse is en saans op Maandae, Dinsdae en Donderdae tussen 1- 3 klasse

is.

Maak asb seker van die tye by die swembad - roosters sal altyd beskikbaar wees en

kennisgewings sal opgesit word een week voor die maand einde indien klastye aan die

begin van die nuwe maand gaan verander.

Koste van hierdie klasse is R 300 per maand en is vooruitbetaalbaar vir die maand en jy kan 3

keer per week swem hiervoor.

Indien jy in n spesifieke groep begin swem verkies ons dit dat jy in die groep sal bly swem en

indien jy ander afsprake het wat onvoorsiens is kan jy inhaal op die Dinsdae en Vrydae

oggend “inhaal klas”

Mense wat kwalifiseer hiervoor is:

1. Min patologie (gesond)

2. Hipertensie en diabetis

3. Ouer persone wat nie meer op land kan oefen nie.

4. Pyn vlakke in gedegenereerde areas minder as 3/10

5. Die persoon wat fiksheid wil behou en verbeter en wat gewig wil verloor

6. Persone wat hierdie tarief verkies.

2

Aqua rehabilitasie klasse R 500 / maand – 2 keer per week

Aqua rehabilitasie klasse is kleiner (6-8 deelnemers per klas)

en duurder en vir persone wat:

• Onlangse chirurgie gehad het

• Pyn het wat meer as 5/10 op die pyn skaal is

• Pyn het tydens normale aerobiese klasse

• Spesiale behoeftes en ‘n spesifieke diagnose het.

Bywoning van hierdie klasse slegs uitnodiging en indien jy daarvoor bespreek het.

Hierdie klasse het ons spesifiek begin vir kliënte met spesifieke patologie soos rugpyn, nekpyn,

skouerpyn, knie pyn asook vir kliënte wat onlangs chirurgie gehad het.

Die oefeninge in hierdie klasse word aangepas spesifiek vir jou probleem en die klasse is

heelwat kleiner sodat ons genoeg toesig en aandag aan elke kliënt kan gee.

Jy volg ‘n vasgestelde protokol wat deur internasionale navorsing saamgestel is.

Ons neem net 8-10 persone in so ‘n klas en tydens die klas is elkeen besig met sy eie

oefeninge. Hierdie klas is 60 - 90min lank.

Dit is belangrik om vir hierdie klas vooruit te bespreek en indien jy dit nie gaan bywoon nie

moet jy asb skakel / sms en kanselleer aangesien ons die klasse spesifiek uitwerk en beplan vir

die kliënte wat gaan bywoon. Hierdie klas sal ook ‘n minimum tyd van 4-12 weke bygewoon

word totdat jy terug kan gaan na die groot klas of aan kan gaan met land gebasseerde

oefeninge.

Hierdie klasse is 2 keer per week op Dinsdae en Vrydae oggende en die tyd van die klas

hang af van jou spesifieke diagnose.

Nadat jy die klas voltooi het maak asb seker dat jy vir die volgende week se klasse bespreek

en ‘n nota in die aanteken boek los indien jy nie gaan bywoon nie.

Kostes van klasse is R 65 per klas of R 500 per maand vooruitbetaalbaar.

3

EEN-TOT-EEN aqua rehabilitasie en

Fisioterapie behandeling R 300 per uur

Individuele afsprake kan gemaak word.

Sessies bestaan uit 30 min een-tot-een

werk en 30 minute oefeningsterapie.

Fisioterapie en Manuele terapie kan ook in water gegee word. Indien dit deur ‘n

fisioterapeut gegee word as deel van jou behandeling en rehabilitasie - sal dit deur die

mediese fonds betaal word indien daar voordele daarvoor beskikbaar is. Indien ons Aqua

terapeut dit gee moet dit egter kontant betaal word.

Verskeie tegnieke bv Badragaz, Watsu, Aquastretch en manuele terapie word hiertydens

gebruik en geïnkorporeer.

EK KAN NIE SWEM NIE - KAN EK AQUA TERAPIE DOEN?

Dit is baie belangrik as jy n watervrees het dat jy eers deur een van ons alleen in die

swembad ingeneem word.

Ons sal jou familiariseer met die swembad en veral waar jou voete kan raak en waar nie.

Ons oefen ook sekere bewegings soos wanneer jy omval -wat om te doen totdat jy dit

ingeoefen het en gemaklik daarmee is. Om goed te balanseer op die noedel neem

ongeveer 4 weke en jy kan in kleiner klasse (teen hoër tarief) inskakel totdat jy meer gemaklik

voel.

Dit is ook nodig dat jy sal leer hoe om op jou rug te gaan lê of op jou maag te gaan lê en

vandaar weer regop te kom omdat ons posisie verander gedurende die klas.

Watervrees kom gewoonlik van oordrag deur n ouer of iemand na aan jou wat herhaaldelik

negatiewe goed oor water gesê het. Wanneer jy ook betrokke was in n amper verdrinking

of iemand gesien het wat verdrink het of amper verdrink het sal daar ook vrees wees. Die

diepte van die swembad is spesifiek gekies omdat meeste van ons kliente al ouer is en ons

nie graag gewigdraende oefeninge wil doen nie maar die bene in die lug wil hê. Die

gemiddelde volwassene is 1,6 meter lank en behoort aan die vlak kant te kan staan.

Ons het belde wat om die middel vasmaak en oefeninge kan

aangepas word sodat jy vashou aan die pyp of staan waar jy meer

veilig voel.

Die band wat ons om die middel vasmaak is geneig om op te skuif

as jy in die water is en daarom maak ons n “stertriem” aan die belt

vas wat dit vir jou gemakliker maak. Wag asb buite totdat die

instrukteur jou beld aansit aangesien dit nie in die water gedoen

kan word nie.

WAT HET EK NODIG OM AQUA TERAPIE TE KAN DOEN?

• Al wat nodig is, is swemklere en ‘n handdoek. Sommige dames swem in ‘n fietsry broek

(ongeveer R 30 by PEP) en ‘n oefen toppie aangesien swemklere baie duur kan wees en

a.g.v die swembad chemikalieë verniel. (Ons het ook ‘n kontak wat bekostigbare

swemklere maak.)

• Kom asb met jou swemklere aan en bring droë klere/onderklere saam. Meeste mense

trek droog aan en gaan stort tuis. Storte by die swembad word meestal gebruik deur

mense met vel allergieë wat die chloor onmiddellik moet afspoel om vel uitslag te

voorkom.

• Bring ook ‘n plastiek waterbottel saam met drink water, verdunde vrugtesap of isotoniese

koeldrank om dehidrasie tee te werk.

WAT MOET EK DOEN AS EK WIL BEGIN?

1. Indien jy belangstel om betrokke te raak by ‘n klas of een tot een sessies – kontak ons

asb.

2. Daar is oggend- en aand klasse om werkende mense te akkomodeer. Bespreking vir ‘n

spesifieke klas is noodsaaklik aangesien die klas voorberei word na gelang van die

kliënte wat dit gaan bywoon.

3. Indien jy by ’n sekere groep aansluit / bespreek sal ons dit waardeer as jy ten minste 90%

van die klasse in daardie spesifieke klas bywoon aangesein ons getalle per klas probeer

beheer om dit vir almal gemaklik te maak.

4. Die prys sluit 3 oefen sessies van een 50-60 minute per week in.

EERSTE EVALUASIE

1. ’n Eerste evaluasie en risiko bepaling is nodig VOORDAT jy aan ’n klas kan deelneem

aangesien ons moet weet watter siektes jy het, medikasie jy gebruik en operasies jy

gehad het om ’n veilige maar doeltreffende klas vir jou uit te werk. Daar is ekstra koste

aan die evaluasie verbonde.

2. Bring asb enige mediese inligting (bv X-strale, sonars, MRI ens) saam met die eerste

evaluasie. Dit sluit in ’n lys van medikasie wat jy gebruik asook alle operasies wat jy al

gehad het.

3. Bring asb vir ons ’n ID of paspoort foto saam indien jy spaar het – anders sal ons dit self

neem.

4. Trek oefen klere aan aangesien die evaluasie op land gebeur en ons nog nie in die

swembad gaan nie.

5. Hierdie eerste evaluasie word gebruik as die beginpunt en ons her-evalueer en vergelyk

hiermee om te sien of jy vorder.

6. Her-evaluasies kan elke 6 weke per afspraak (teen ’n koste) gedoen word om

verbetering te bepaal en ook te bepaal waar jou oefen program kan verander.

7. MAAK ASB AFSPRAKE VIR EVALUASIES EN HER-EVALUASIES.

HOE ONS PROGRAM WERK:

1. Elke persoon moet ‘n land evaluasie kry voordat hulle by ‘n klas kan inskakel.

2. Die instrukteur sal jou in ‘n spesifieke klas indeel na gelang van jou behoefte.

3. Die klas word gekies en uitgewerk om jou spesifieke behoeftes en doelwitte aan te

spreek.

4. Ons het verskillende klasse om die behoeftes van alle kliënte van verskillende

ouderdomme, met verskillende fiksheids- en gesondheidsvlakke in verskillende fases van

rehabilitasie te kan help.

5. Na ‘n sessie mag jy baie moeg voel aangesien jy nie altyd besef hoe hard mens in water

kan werk nie. Jy kan ook soortgelyke oefeninge doen by jou eie swembad of wanneer jy

met vakansie is vir beter effek.

HOE ONS PROGRAM WERK: ADMIN EN BETALING

1. Betaling geskied vooruit - aan die begin van ‘n maand voor die 5de van ‘n betrokke

maand.

2. Jy moet ‘n Vrywarings vorm teken voordat jy kan swem en dit word gedurende die eerste

evaluasie gedoen.

3. ‘n Kontrak word aangegaan vir 3 maande en daar is een maand kennis nodig wanneer

die kontrak beëindig gaan word.

4. Gelde kan net oorgedra word na die volgende maand indien ‘n geldige doktersbrief

ingehandig word.

5. Indien u met verlof gaan – kan u ons vooraf in kennis stel en pro-rata vir die maand

betaal teen R 50 per klas.

AANVANG EN WISSELING TUSSEN KLASSE

• Daar is 30 min tyd tussen klasse waartydens die swembad, badkamers en die parkering

ontruim moet word vir die volgende klas.

• Meeste kliënte trek slegs droë klere aan en gaan stort by die huis.

• Die storte by die swembad is spesifiek vir mense met chloor sensitiwiteit wat onmiddellik

die chloor moet afspoel om vel uitslag te voorkom.

• Die badkamers is vir albei geslagte en ons vra dat dames asb die aantrek hokkies sal

gebruik om aan en uit te trek aangesien die mans ook die toilette wil gebruik.

• Alle swemmers en deelnemers kan ook -sodra jy droog aangetrek is -die binne toilette

gebruik.

• Probeer asb. flink aantrek sodat almal ‘n geleentheid kan kry en die perseel kan ontruim

om vir die volgende swemmers geleentheid te gee om veilig te parkeer.

• Parkering is beperk – Binne parkering is gereserveer vir ouer karre wat nie goeie

immobiliseerders het nie. Parkering en draai spasie is beperk en parkeer eerder buite as

jy sukkel om terug te stoot met jou kar.

• HEKKE SAL SLEGS 15 min voor die klas begin oopgemaak word aangesien ons eers tyd

moet gee vir die vorige klas om uit te kom. Moet asb nie binne probeer parkeer voor die

tyd nie.

WANNEER MAG EK NIE SWEM NIE:

Indien enige van die volgende voorkom – sien asb die instrukteur en tref die nodige reëlings:

• Stukkende plekke op die vel/ Vel uitslag

• Koors /Verkoue met koors of Infeksie

• Diarree (agv maag griep / gastro-enteritis) in die laaste 3-4 dae

• Atleetsvoet / Vel swamme / Sool vratte

WANNEER MAG ONS ‘N KLAS KANSELLEER?

• Indien daar donderweer en weerlig tydens ‘n klas begin word die klas (volgens veiligheids

wette) onmiddellik gestaak en almal moet uit die swembad klim.

• Indien daar 30 minute voor die aanvang van ‘n klas donderweer en weerlig is sal daar

geen klas wees nie.

• Indien jy dus in die eerste middag klas is en die donderweer en weerlig hou op in die tyd

wat jou klas aan was – is jy welkom om die volgende – of ‘n later klas by te woon.

• Indien die water ‘n gesondheids risiko inhou en onder behandeling is mag ons die

swembad toemaak totdat die risiko opgeklaar en hanteer is.

AQUA TERAPIE EN HIDRASIE

Dehidrasie is ‘n werklikheid vir kliënte wat oefen en ook in water oefen. Die hidrostatiese druk

van die water op jou liggaam sal water wat tussen jou selle lê help om binne in die sel en

bloed stroom in te beweeg wat dit dan na die niere laat beweeg. Dit is die hoofrede

waarom jy wil urineer nadat jy ‘n 30-60 minute in die water was.

Verder sweet jy ook tydens oefening en op die manier verloor jy water en soute. Baie ouer

persone gebruik bloeddruk medikasie wat water drywers inhet wat ook water – saam met

soute – uit die ligaam dryf om bloeddruk te verminder.

Daar is mense wat gereeld drink terwyl hul in ‘n klas is en daar is mense wat vind dat hulle

moet uitklim om toilet toe te gaan as hulle te veel net voor die klas of gedurende die klas

drink.

Hierdie persone moet seker maak dat hulle goed na die klas hidreer en genoeg water drink.

Water inname voor, tydens en na klasse is baie belangrik. Navorsing wys dat ons een koppie

water per dag moet drink vir elke 10 kg wat ons weeg. M.a.w iemand wat 60 kg weeg drink

6 koppies en iemand wat 85 kg weeg drink 8 ½ koppies per dag.

Indien jy krampe in die water terwyl jy oefen of saans terwyl jy slaap kry as jy begin oefen – is

dit ‘n goeie indikasie dat jy dehidreer en te min goeie soute in die liggaam het.

Vul goeie soute – wat die spiere nodig het – aan deur isotoniese drankies te drink op die dae

wat jy oefen. Sport drankies wat isotonies is – het baie suiker in en kan jou gewig laat optel

as jy nie baie intensiewe oefeninge doen nie. Gebruik dit met sorg of koop 32GI (Dischem)

wat ‘n lae GI het of Game / Energade met lae GI. (Glukemiese indeks) Jy kan ook Hydrol of

rehydrate drink op die dae wat jy oefen.

DIABETE EN AQUA TERAPIE

Neem jou suiker voor en direk na oefen sessies asook 60 minute daarna of as jy sleg voel.

Dit sal jou ‘n idee gee aan die begin hoe die suiker beïnvloed word deur die nuwe oefening.

Verdunde vrugtesap gedurende en net na oefen sessies kan baie help om bloedsuiker

stabiel te hou indien suiker geneig is om te val gedurende oefening.

Indien jy gaap gedurende die klas is dit ‘n goeie indikasie dat jou suiker begin val.

Maak seker jy eet ‘n ontbyt wat ‘n proteïen insluit voordat jy kom oefen soggens.

Maak seker dat jy nie middag ete oorgeslaan het voor ‘n middag klas nie.

DIARREE EN MAAG GRIEP

Dit is baie belangrik om te stort en met seep te was voordat jy swembad toe kom. Die

meeste slegte bakterieë is in die E. Coli groep wat in die dermkanaal en om die anus leef.

Dit is ook die bakterie wat vrouens die algemeenste infekteer en blaas infeksie gee na

geslags gemeenskap. Daarom is goeie higiëne en was met seep nadat jou maag geledig

het baie belangrik. Indien jy diarree het of gehad het moet jy vir 3-4 dae daarna nie in ‘n

publieke plek swem nie.

PYN TYDENS EN NA OEFENING

Enige pyn, benoudheid, borskas pyn of vreemde reaksie tydens- of na oefening moet

onmiddellik aan die instrukteur gerapporteer word.

Ons sal pols, bloeddruk en suurstof vlakke meet en jou na ‘n dokter verwys indien nodig.

VEILIGHEID

Alle vloere in die swembad is “non-slip” tëels en stene.

Omdat die vloere nat is vra ons dat almal gereeld help mop en droog hou en dat almal

stadig en versigtig beweeg om die swembad en in die badkamer.

Indien jy ooit val - bly asb lê en vra iemand om een van die personeel te roep.

INFEKSIES EN URIENWEG INFEKSIES

• Swembad water het chloor in en met korrekte chloor vlakke kan bakterieë nie in die

water groei nie.

• Bakterieë groei binne in ons liggame en is deurentyd op ons velle, in die neus en mond

en in die blaas teenwoordig. Wanneer jou immuniteit verlaag sal die bakterie vlakke

verhoog en jou siek maak.

• Die swembad water veroorsaak dus nie infeksies nie.

• ‘n Nat swembroek waarmee jy vir 30 min loop is eerder ‘n bron van infeksie as die water

self.

• Onvoldoende afdroog tegnieke wat nattigheid in voue en “donker plekkies” laat sal

eerder die infeksie veroorsaak.

• Dehidrasie en te min vloeistof nadat jy geswem is -is ook eerder ‘n rede vir infeksie. Drink

genoeg water na klas.

• Maak seker jy gaan urineer na klas om enige water wat in die blaaspypie opbeweeg het

uit te spoel.

VERKOUES

Indien die lug koud is en jy beweeg van die warm swembad uit na buite sal die slymvliese

binne jou neus en mond vinnig afkoel. Dit gee die virusse en bakterieë geleentheid om deur

die slymvlies die bloedstroom binne te dring en jou so siek te maak op ‘n tydstip wanneer jou

immuniteit te laag is om die infeksie te beveg.

Die geheim is om die mond met 'n serp of baadjie toe te maak sodat jy jou eie warm asem

bly inasem totdat jy geleidelik afgekoel het.

Verkoues in die winter kan voorkom word deur hoë dosisse Vit C bv 1000-2000 mg

gebufferde Vit C daagliks en 3000 mg op een slag wanneer jy ‘n seer keel of ‘n loop neus

voel.

Bring tydens die winter maande warm klere en ‘n serp saam om aan te trek en mee huis toe

te ry.

VELSORG

Stort asb en was met seep VOOR EN NA elke klas by die huis. Dit is die beste manier om vel

irritasie en uitslag te voorkom.

Moet GEEN ROOM EN GRIMERING voor klasse gebruik nie aangesien dit aanpak teen die

mure en relings omdat dit ‘n vetterige basis het.

Gebruik dit gerus nadat jy geswem het.

Moet asb nie kaalvoet loop of op bankies sit sonder ‘n handdoek nadat jy room

aangesmeer het nie aangesien dit die oppervlaktes glad en gevaarlik maak vir ander.

VERWARMERS, DEURE EN VENSTERS

Om die swembad temperatuur op ‘n ekonomiese manier te beheer is daar baie streng reëls

rondom die temperature wanneer die deure en vensters oopgemaak of oopgelos word en

wanneer die verwarmers aangesit word.

Die humiditeit is ook baie belangrik en so ook die verskil tussen die binne- en buite

temperatuur.

Moet dus asb. nie aan enige iets stel of die vensters oopmaak of die deur oopmaak sonder

om die personeel te vra nie.

WATER TEMPERATUUR

Die water is ALTYD dieselfde temperatuur en baie moeite word gedoen om dit so te hou.

Maar die water sal soms kouer en soms warmer voel end it noem ons DIE AANVOELBARE

TEMPERATUUR.

As mens is jou kern (core) temperatuur 37°C.

As jy warm aangetrek is en die omgewings temperatuur is 20°C sal jou vel temperatuur

verhoog en wanneer jy dan in water klim wat 32°C is - sal dit vir jou koud voel omdat jou vel

hitte afgee aan die water.

As jy kaal arms geloop het en jou vel temperatuur is kouer sal DIESELFDE water heerlik warm

voel. Indien jy inklim en dit voel vir jou koud... Begin net beweeg en verhit jouself van binne.

Op ‘n koue dag sal die water ook kouer voel as op ‘n warm dag al is dit op albei dae

dieselfde temperatuur.

‘n Hoër omgewings temperatuur binne die gebou sal ook die water “warmer” laat voel.

Water temperatuur waarin terapeutiese oefeninge gedoen word is wetenskaplik getoets en

bepaal op 32°C. Vir swemmers weer is die ideale temperatuur 27-28°C end it is die rede dat

die Gimnasium se water kouer is as ons s’n.

APPARAAT EN TEGNIEK

Sommige apparate laat jou ledemate dryf en sommiges laat jou ledemate sink

Ons kies die apparate met sorg om alle spiere te oefen. Verder is die posisie waarin jy die

oefening doen ook baie belangrik.

Indien ons nie wil he jy moet vashou nie en jy doen dit kry jy nie die oefening wat jy moet nie

Net so as ons wil he jy moet op jou rug lê en jy sit kry jy nie die oefening wat jy moet kry nie.

Indien ‘n posisie vir jou ongemaklik is of jy bang is vir ‘n posisie moet ons jou na klas help en

moet jy dit inoefen om die volle waarde van oefeninge te geniet.

Apparaat moet korrek aangesit word en indien jy pyn ervaar met sekere apparaat bring dit

asb. onder die instrukteur se aandag.

Gebruik die volle beweging moontlik wanneer jy die apparaat gebruik en maak seker kry

maksimum oefening en beweging.

MUSIEK

Indien die instrukteur musiek gebruik is dit om oefeningspoed te versnel aangesien musiek

teen ‘n spesifieke “beats per minute” of slae per minuut ‘n beter effek op die hartspoed het.

Dit is ook belangrik indien gewigsverlies en hart long funksie jou hoofdoel is.

GESELS TYDENS KLASSE

Die hoofrede waarom ons klasse bywoon bly ALTYD oefening. Dit is die instrukteur se

verantwoordelikheid om jou, jou doelwitte te laat bereik en dit bly die hooffokus tydens alle

klasse.

Jy is welkom om te gesels TERWYL jy oefen maar ons sal jou aanspreek as jy net gesels en nie

oefen nie of ander mense uit hulle oefening hou.

AFSKRIF VAN DIE KONTRAK WAT JY MET ONS TEKEN:

1. Living waters Aqua therapy and Rehabilitation Centre is opened from January to

December excluding public holidays.

2. Aqua aerobics classes are 3 times per week with extra classes to catch-up any missed

classes due to unforeseen circumstances / Aqua REHAB classes are 2 times per week with

extra classes to catch-up any missed classes due to unforeseen circumstances.

3. Should any classes be cancelled by the instructor due to unforeseen circumstances -

alternate arrangements will be made to catch-up for the missed classes.

4. There will be no refunds or catch-up classes for absenteeism, late coming or cancelation

of any sort except with a doctor's certificate.

5. The instructor has the right to cancel a class on short notice during bad weather where

thunder was heard for 30 minutes prior to the start of the class in the direct vicinity of the

class or where thunder starts during the duration of the class.

6. Once a payment is made - it is accepted that the terms and conditions of Living waters

Aqua therapy and Rehabilitation Centre set out in this document are automatically

accepted and agreed upon.

7. Living waters Aqua therapy and Rehabilitation Centre will not be held liable for any

misplacement or loss of any articles belonging to the client.

FEES AND PAYMENT OPTIONS:

a. Payment will be in cash and by EFT.

(ABSA savings account : C Botes Account number 9142039815 Branch code

632005)

b. In case of EFT use your name and surname and the month as reference

c. Payment should be made at the beginning of the month before the 5th day of the

month.

d. No person will be allowed to take part in any classes in case of an unpaid

account.

e. The full monthly fee is payable except when written application is handed in with

reasons why the Centre should waiver a part of the fee.

f. Please note - the monthly fee includes 10-12 classes and catch-up can be made in

other classes by prior arrangement or in allotted catch-up classes.

NOTICE PERIOD

One calendar month’s written or e-mail notice is required to discontinue classes. No verbal

or sms cancelations will be accepted. Failing to do so will result in you being liable for that

month’s class fee.

ABSENTEISM

a. In case of flue or lung complications low impact Pilates classes can be done at our

other facility.

b. In case of admission to hospital, surgery or severe illness and time booked off - a

medical certificate will freeze your account and money can be transferred to the

following month with consent.

c. In case of long vacations the Centre should be informed in writing beforehand with

regards to dates that you will not be attending and pro-rata amount will be worked

out for that specific month.

d. As class numbers are limited - the Centre reserves the right to give your slot to a

paying customer during these special circumstances. To keep your slot open in a

certain class -a full payment will be required.

1. I hereby agree to pay all fees to Living waters Aqua therapy and Rehabilitation Centre

on time and up to date.

2. I hereby certify that all details set out in this contract are both true and correct and

confirm that I have read and understand the terms and conditions contained herein, and

agree to be bound hereby.

3. I hereby waive any claim which I may have against either Living waters Aqua therapy

and Rehabilitation Centre and against Christel Botes and any of the instructors or any

person in control thereof and in charge thereof shall not be held liable in any manner

whatsoever for any damage, loss, loss of life, bodily injury or damage to, or loss of

property, of whatsoever nature and from whatsoever cause, whether caused by

negligence of the instructors and or any employee or servant, or any person acting on

their behalf, which may be caused from the above classes or from any other activity

offered or taught by the instructors and I hereby indemnify and shall keep indemnifying

the instructors against any and all claims by any person arising out of the causes referred

to herein, or any other cause whatsoever arising out of the above mentioned classes and

or activities or by virtue of being present.

Signed: __________________________________

Printed Name: _____________________________

Dated: ___/___/___

TERUGVOER EN PROBLEME

Rapporteer asb enige probleme deur 'n brief / e-pos/ faks aan ons te stuur.

Ons kan dit slegs hanteer indien dit op skrif gestel word.

ANDER FASILITEITE VIR AQUA TERAPIE

Planet fitness - 012 548 0878

Virgin Active - 0860 200911

Shape up Family gym - 012 543 0341

Maringe water terapie

Eugene Marais Hospitaal – Colin Hill - 012 335 8267

Universiteit van Pretoria - 012 420 6033

Aqua Dynamics - Moreletta Park 012 997 0922

WNNR – 012 841 2911