appel-en-spinasie-stapeltert -...

Download Appel-en-spinasie-stapeltert - TAMATIESTRAATtamatiestraat.com/wp-content/uploads/2017/03/010515TUIS_KOSmain.… · • skil van 1 suurlemoen • 120g gemaalde amandels • 40g koekmeel

If you can't read please download the document

Upload: votu

Post on 06-Feb-2018

256 views

Category:

Documents


15 download

TRANSCRIPT

  • 160 tuis Mei 2015 Mei 2015 tuis 161

    Met Drie generasies kook saam aan n feesmaal ter viering van Moedersdag. Deur Johan Neilson en Reine Terreblanche-Brand Fotos Francois Oberholster

    n Moedersdag- spyskaart

    VoorgeregCroque-monsieur-sampioene

    HoofgeregGeroosterde Sondaghoender met

    knoffel en salie Ma Reinette se slaphakskeentjies

    Geroosterde knolgroente Groenboontjies met ansjovissous en

    amandels Appel-en-spinasie-stapeltert

    NageregFrangipanitert met vye en bevrore

    moedersdagkos

    Klein Ben-Danil help graag vir ouma Reinette en ma Reine in die kombuis (al is dit net om die bak uit te lek!). liefde

    Appel-en-spinasie-stapeltert Recipe on page 33.

  • 162 tuis Mei 2015 Mei 2015 tuis 163December 2014 home 163

    Croque-monsieur-sampioene Di happie kan n gereg op sy eie wees sny net vars brood by.

    Genoeg vir 4 ruim porsiesBereidingstyd 10 minuteGaarmaaktyd sowat 20 minute oor lae hitte

    8 groot bruin sampioene 8 skyfies gerookte ham (ons het Parmaham gebruik)BCHAMELSOUS 20ml botter 20ml meel 350ml warm melk 3ml sout n knippie witpeper n knypie fyn neut 125ml gerasperde gruyrekaas

    1 Maak die bchamelsous Smelt die botter oor lae hitte in n potjie op die stoof. Voeg die meel by en klits dit saam vir 2 minute. Voeg die melk stadig by en klits heeltyd totdat die sous verdik. Haal van die hitte af en voeg die sout, peper, neut en die helfte van die kaas by. Meng deur.2 Plaas jou sampioene op n skoon werkoppervlak en sit n skyfie ham so daarop dat dit knus in die holte van die sampioen pas. Skep nou 34 eetlepels van die bchamelsous bo-oor en besprinkel met die res van die gerasperde kaas. Pak op n oop rooster en braai stadig en hoog van die kole af totdat die sampioene gaar is en die kaas gesmelt het. (As alternatier: Bak dit vir ongeveer 20 minute in die oond teen 200C; rooster dan vinnig tot bruin heel aan die einde.) Sit dit voor met Franse brood.

    Die Terreblanch- en Brand-familie om die tafel: Reinette Terreblanche, Reine Terreblanche-Brand met Ben-Danil, Mof Terreblanche en Deon Brand

    SondaghoenderRecipe on page 33.

  • Groenboontjies met ansjovissous en amandelsKap 2 ansjovisfilette en 1 knoffelhuisie baie fyn met n staafmenger. Geur met tiemieblaartjies en peper (onthou die ansjovis is reeds sout) en klits dan sowat 125ml goeie olyfolie by om n sousie te vorm. Roer die sousie deur gestoomde groenboontjies en sprinkel geroosterde amandels oor. Die sous is net so lekker deur gekookte aartappels of saam met slaai.

    Geroosterde knolgroenteGenoeg vir 68Bereidingstyd 15 minuteGaarmaaktyd 40 minuteOondtemperatuur 180C

    800g botterskorsie, geskil en in skywe gesny 350g bababeet, geskrop 800g vinkelbolle, in wiggies gesny olyfolie 60g babaslaaiblare vir voorsit

    Voorverhit die oond. Rangskik die groentes in 3 verskillende oondpanne of skei n enkele oondpan met foelie in drie dele. Sprinkel met olyfolie, sout en peper. Skud die pan(ne) om te verseker dat die olie goed versprei is. Bedek die vinkel met foelie. Bak vir 40 minute. Gebruik n mes of toetsnaald om te bepaal of die groente sag is. Indien nie, sit dit terug in die oond vir nog 1015 minute. Laat effe afkoel en meng die groentes kort voor jy dit voorsit deur die babaslaaiblare op n dienbord.

    164 tuis Mei 2015 Mei 2015 tuis 165

    SondaghoenderGenoeg vir 4 ruim porsiesBereidingstyd 20 minute, plus 40 minute vir die geroosterde knoffelGaarmaaktyd 2 uur, 40 minuteOondtemperatuur 180C

    3 knoffelbolle olyfolie 60ml botter, sag 10 salieblare, gekap Maldonsout en swartpeper 90ml botter 20 of meer salieblare, diepgebraai in botter 1 groot hoender

    1 Voorverhit die oond. Sny een van die knoffelbolle deur, sit dit in n pannetjie en bedruip met olyfolie en sout; bak vir 40 minute of tot goudbruin en sag.2 Verlaag die oondtemperatuur na 120C met die waaierstelling. Druk die geroosterde knoffel uit die wit skil en meng dit met die botter en 10 salieblare om n pasta te vorm. Vryf die geurige pasta met jou hande onder die hoender se vel in. Sit die hoender en die res van die knoffelbolle in n roosterpan met n deksel, sprinkel n bietjie olyfolie oor en geur met Maldonsout en swartpeper. Sit die deksel op en sit die pan vir 2 uur in die oond. Haal die deksel af, bedruip die hoender met die pansappe en rooster dit onder die element vir 10 minute.3 Voor jy voorsit Verhit die 90ml botter in n pan saam met die 20 salieblare en braai tot die blare krakerig is. Skep uit op kombuispapier. Sit die hoender op n groot dienbord voor met ekstra geroosterde knoffelbolle en die brosgebraaide salieblare.

    n Heel hoender is gewoonlik genoeg vir

    so 4 mense, maar maak meer en skep weer as die eerste ronde klaar is!

    Slaphakskeentjies Geroosterde knolgroente

    Blo

    mm

    e de

    ur E

    l le

    Fleu

    r el

    lefle

    ur.c

    o.za

    Ma Reinette se slaphakskeentjiesGarneer gerus met n paar heel mosterdsaadjies wat vooraf in n dro pan gerooster is.

    Genoeg vir 68Bereidingstyd 30 minute plus afkoeltydGaarmaaktyd xxxx minute

    1,6kg klein wit uitjies sowat 4 groot eiers 250ml suiker (of na smaak) 5ml dro mosterdpoeier 375ml witasyn n knypie sout en peper sowat 30ml water

    1 Kook die uitjies in soutwater, gooi die water af en laat die uitjies afkoel in n slaaibak. Jou uitjies is gaar as n mes gemaklik daarin kan steek (dit moenie pap gekook wees nie) dit neem sowat 30 minute oor matige hitte, afhangend van die grootte van die uie. 2 Meng die eiers, suiker en mosterd saam in n kastrol en verhit dit oor matige hitte. Gooi die asyn stadig by terwyl jy heeltyd roer. Proe gereeld jy soek n balans tussen soet en suur. Dit sal ongeveer 5 minute neem voor die sous die regte tekstuur het en die eier gaar is. As die sous te dik is, voeg die water bietjie vir bietjie by tot net reg. Giet die sous oor die uie en laat dit afkoel voor jy dit voorsit.

  • 166 tuis Mei 2015 Mei 2015 tuis 167

    My liefde vir onthaal en huiskos kry ek vir seker van my ma. Sy het die gawe om mense bymekaar te bring. Maar ek moet haar fyn dophou as

    sy kook, want sy gee nooit vir my die volledige resep nie! Reine Bbykom

    stig

    hede

    van

    Big

    gie

    Bes

    t 0

    21

    97

    6 3

    53

    0 e

    n P

    lan

    B V

    inta

    ge p

    lanb

    phot

    ogra

    phy.

    co.z

    a/pl

    an-b

    -vin

    tage

    ;

    Appel-en-spinasie-stapeltert Reine vertel: Die inspirasie vir di tert was n appel-en-spinasie-stapelslaai wat ek einde verlede jaar op n besoek aan Frankryk saam met my ma geproe het. Die reis was n belewenis van fantastiese kos en wyn, asemrowende natuurskoon, baie lag en die kersie op die (Franse!) koek memories saam met my ma, wat ek vir ewig sal koester. Die geheim van die tert is om blaardeeg met regte botter te gebruik en die appel papierdun te sny.

    Maak 1 tert Bereidingstyd 35 minuteGaarmaaktyd 35 minute Oondtemperatuur 220C

    400g blaardeeg (koop die soort met regte botter gemaak) 1 eier, geklits 18 dun Pink Lady-appelskyfies (gebruik n mandoliensnyer) sowat 150g babaspinasie, roket en bronkors 1 rondes brie of camembertkaas, in skyfies gesny

    1 Voorverhit die oond. Rol die blaardeeg oop op n skoon werkoppervlak. Sny die grootste vierkant wat jy kan uit die deeg. Sny die oorblywende deeg in stroke en gebruik dit om die rande hor te maak. Verf die deeg met eier, prik die binnekant met n vurk en plaas dit op n bakplaat. Sit die deeg in die oond en verlaag die temperatuur na 200C. Bak vir 20 minute tot goudbruin en uitgerys. 2 Maak 9 stapeltjies elk van twee skyfies appel met blare en camembert tussenin en bo- op. Rangskik dit in die tertdop (sien foto) en bak vir nog 15 minute.

    FrangipanitertGenoeg vir 8Bereidingstyd 40 minuteGaarmaaktyd 60 minuteOondtemperatuur 180C, daarna 160C

    KORS (genoeg vir 2 korse van 24cm) 500g koekmeel 5ml fyn sout 5ml witsuiker 400g ongesoute botter, in blokkies gesny en vir n uur gevries sowat 125ml yswaterFRANGIPANIVULSEL (verdubbel vir twee terte) 125g botter 125g strooisuiker 2 eiers skil van 1 suurlemoen 120g gemaalde amandels 40g koekmeel 68 ryp vye (of n kombinasie van vye, ingelegde pere en frambose)

    1 Maak die deeg Meng die meel, sout en suiker in n voedselverwerker. Voeg die koue botter by en meng totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg nou n eetlepel koue water op n slag by en meng totdat die deeg sy vorm behou (dan weet jy dis reg) te veel water kan die deeg swaar maak. Haal die deeg uit die voedselverwerker en knie dit vlugtig tot die deeg net bymekaar kom. Verdeel dit dan in twee plat skywe en bedek met kleefplastiek. Bre dit vir 1 uur tot 2 dae in die yskas (een skyf maak een tertkors).2 Vorm die kors Laat die deeg sowat 15 minute buite die yskas rus voor jy dit op n meelbestrooide oppervlak uitrol en voer dan n 24cm-losboomtertpan daarmee uit. Prik met n vurk, voer uit met bakpapier en dro boontjies en bak blind vir 15 minute teen 180C. Verwyder die boontjies en bak vir nog 5 minute. Verlaag die oondtemperatuur na 160C.3 Berei die vulsel Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed na elke

    byvoeging. Voeg die suurlemoenskil, amandels en koekmeel by en vou versigtig deur sodat die lug in die mengsel bly. Sprei die mengsel op die gebakte kors tot so driekwart teen die rand op en druk n paar vrugte vir die mooi daarin. Bak vir sowat 30 minute of tot goudbruin en gaar (hoe meer vrugte jy by die rou tert voeg, hoe langer sal die tert neem om deur te bak). Haal uit en laat effens afkoel voor jy dit voorsit met bevrore jogurt en ekstra vrugte.

    Bevrore jogurtReine se man, Deon, was voorheen n produkontwikkelaar in die suiwelbedryf en sy roomyskombinasies is legendaries. Hoewel eenvoudig, is di resep onverbeterlik. Meng 1kg Griekse jogurt en 250g heuning. Sit dit in n roomysmaker en volg die masjien se instruksies tot gevries. Sit dadelik voor as jy sagte balle verkies of vries dit vir nog 60 minute vir n meer hanteerbare roomys.

    Frangipanitert met bevrore jogurt

    KONTAK Tamatiestraat-kookskool 021 886 5176, tamatiestraat.co.za