“dit gaan goed met die mense vir wie u huis ‘n tuiste is ... afr june 2013 lr.pdf · here nie...

28
JUNIE 2013 “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Sela Dit gaan goed met die mense wat hulle krag in U vind; ons Beskermer, o God; hou U gesalfde onder U sorg.” PSALM 84:5,6 en 9 ALGEMENE KERKNUUSBRIEF – SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE

Upload: others

Post on 03-Nov-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

1

J U N I E 2 0 1 3

“Dit gaan goed met die mense

vir wie U huis ‘n tuiste is:hulle hou nie op om U te prys nie. Sela

Dit gaan goed met

die mense wat hulle krag in U vind;ons Beskermer, o God;

hou U gesalfde onder U sorg.”PSALM 84:5,6 en 9

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF – SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE

Page 2: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

2

UIT DIE PEN VAN DIE PRESIDENT

‘Herleef deur Sy Woord’ (Deel 2) p 3

‘n Gewete Geboei deur die Woord van God p 3

OORDENKING

Beloftes van God aan die Kerk p 4

SAU NUUSBROKKIES EN BESKOUINGS

PERSPEKTIEF – Wat Sê die Bybel oor die Ware Kerk,

God se Oorblyfselkerk p 5

Onvoorwaardelike Betrokkenheid van Manne in die

Bediening p 6

Beplanning vir die Wêreldwye Jeugdag – 16 Maart 2013 p 7

KALEIDOSKOOP VAN BETROKKENHEID

– KONFERENSIES EN VELDE

Hoërskool Good Hope vier 50 jaar te Kuilsrivier-Kampus! p 8

Kinderbedieninge se Week-van-Gebed – Eluhabe-Gemeente p 9

Ope Tafeldag 2013 – Kuilsrivier-Gemeente p 10

Bibliathon-Seëninge vir Loerie Park-Gemeente p 11

Terugverwelkoming van die Umlazi Suid-Gemeente p 11

Deur Vloedskade en Deur Geloof - Kowiepark-Gemeente p 12

Boskamp-avonture van die Baanbrekers-

Bloemfontein Sentraal p 13

Toegewy aan Christus - Bekledingsdiens te Avenville p 14

Evangelisasie-Veldtog – Vier Gemeentes, Wingfi eld-Distrik p 14

HERLEWING DEUR SY WOORD

Die Bybelleesplan 2013 p 15

KINDERHOEKIE

Met Liefde Leer Ons die Bybel Ken p 17

IN DIE VOETSPORE VAN JESUS...

Hoe om die Sabbat te Vier p 20

Verstommende Feite oor die Gees van Profesie ...

God se Kerk en Sy Volgelinge p 21

AKTUELE SAKE

Die 150ste HERDENKING van die Stigting van ons Kerk p 22

“Doen Jou Naam Gestand!” – Die Betekenis van die

Sewendedag-Adventiste Kerk p 23

GEESTELIKE FOKUS

Groei in Christus se Liefde:

1 Korintiërs 13 vir Getroude Mans en Vroue p 24

Vermy die Strikke van Satan – Bewaak jou Gedagtes p 25

“Leë Paleise” - ‘n Uitnodiging na die Hemel p 26

AANKONDIGINGS

‘n Herinnering: Sperdatums 2013

Indiening van Artikels vir MARANATHA p 27

Hartwarme Verjaarsdagwense ... p 27

Kwartaalliks uitgegee deur die

SAU Departement Kommunikasie

Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301

Tel: (051) 447-8271, Faks: (051) 448-8059

www.adventist.org.za

Redakteur S.G. du Preez

Mede-Redakteurs T. L. Letseli, T. M. Kunene

Uitleg en ontwerp Firefl i Design Studio

+27 (0)83 459 7459

Gids vir die Suider-Afrika Uniekonferensie

SAU ADMINISTRATEURS

President T.L. Letseli

Sekretaris T. M. Kunene

Hoof Finansiële Beampte E.A. Odendaal

Finansiële Beampte M. Mweemba

Assistent Finansiële Beampte H.A. Langford

Assistent Finansiële Beampte H. Munez

DEPARTEMENTELE DIREKTEURE

ADRA J.E. Netshifulani

Aftrede/Pensioen M. Viljoen

Fasiliteite V. Malunga

Gesondheid/Gesinsbediening J.U. Negre

Inligtingstegnologie W.C. Vermaak

Jeugbediening P.R. Maligudu

Kommunikasie/PARL S.G. du Preez

Korrespondensie Bybelskool R. Zeeman

Ministerieel/PAKIA/Predikantsvrou-Leidsters E. Baron

Rentmeesterskap D.P. Shongwe

MOWCS H.M.M. Engelbrecht

Opvoedkunde G.T. du Preez

PersBediening/VolwasseSS/Adventiste

Sending/GeesvanProfesie G. Reyneke

SEDCOM & Trustdienste A. du Preez

Uitgewery G. Mweemba

Vroue-/Kinderbediening/KinderSS N.Z. Kunene

WK Ouditeursdiens C.J. Haupt

PLAASLIKE KONFERENSIES

Kaap Konferensie – P. R. Gelderbloem, President

Posbus 5961, Walmer, 6065, Tel: (041) 581-0100/1

Kwazulu-Natal Vrystaat Konferensie – M. C. Nhlapo, President

Posbus 740, Pinetown, 3600, Tel: (031) 700-5301

Lesotho Konferensie – P. M. Chobokwane, President

Posbus 714, Maseru, Lesotho, Tel: (00266) 31-2664

Namibië Veld – M. S. Mukubonda, President

Posbus 2144, Windhoek, 9000, Namibië, Tel: (00264) 61 22-8140

Swaziland Konferensie – J. Mahlangu, President

Posbus 562, Manzini, Swaziland, Tel: (00268) 505-2617

Trans-Oranje Konferensie – A. M. Setsiba , President

Posbus 46061, Orange Grove, 2119, Tel: (011) 640-3084

Transvaal Konferensie – D. C. Spencer, President

Posbus 751423, Garden View, 2047, Tel: (011) 616-6800

ISSN 019-5092

UITGAWE 22 NOMMER 2 JUNIE 2013

SEWENDEDAG-ADVENTISTE KERK

IN HIERDIE UITGAWE

Page 3: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

3

In die vorige uitgawe van Maranatha, het ons klem gelê op die ‘Herlewing deur Sy Woord’-program. Die program is reeds op 17 April 2012 bekendgestel. Ons wil graag ons lede aanmoedig

om aan te hou lees in die Woord van God en dit deel van hulself te maak. Die boek van Openbaring, saam met die boek, Daniël, speel ‘n betekenisvolle rol in die oorspronge, die identiteit, in die sending en leringe van die Sewendedag-Adventiste Kerk.

In die boek van Openbaring, skryf Johannes: “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.” (Openbaring 1:3, NASB)

Johannes sluit die boek van Openbaring met die volgende getuienis:“En Hy het vir my gesê: “Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.” (Openbaring 22:6, NASB)Die twee Skrifgedeeltes inspireer ons om die woorde van profesie te bestudeer en van toepassing te maak op ons daaglikse lewe en uitlewing. Ons word nie alleenlik aangemoedig om ‘n deurgrondige begrip van die profetiese geskrifte te hê nie, maar ons word ook aangespoor om “die dinge te bewaar wat daarin geskrywe staan.”Die diensmaagd van die Here skrywe:

“Die skrifture van die laaste boek van die Nuwe Testament is vol

waarheid wat ons nodig het om te verstaan. — EG White, Christ’s Object Lessons, bl. 133. “Die plegtige boodskappe wat in hulle orde gegee is in die Openbaring, behoort eerste gestel te word in die gedagtegang van God se kinders. — EG White, Testimonies for the Church, deel 8, bl. 302. “Laat Daniël spreek, laat die Openbaring spreek, en getuig wat die waarheid is. Maar watter gedeelte ookal van die onderwerp aangebied word, verhef Jesus as die middelpunt, die kern van alle hoop, “die Oorsprong en die Spruit van Dawid, en die helder Môrester.”— EG White, Testimonies to Ministers and Gospel Workers, bl. 118. “Wanneer die boeke van Daniël en Openbaring beter verstaan sou word, sal gelowiges ‘n heeltemal anderse godsdienstige ervaring hê.”— EG White, Testimonies to Ministers and Gospel Workers, bl. 114.

Uit die raadgewing van die Here se diensmaagd, kan ons die volgende in gedagte hou: daar is ‘n behoefte om die begrip van die profetiese geskrifte as prioriteit te stel in ons gedagtes; om Jesus Christus te aanskou as die middelpunt van ons redding en hoop; en om ons harte ontvanklik te maak vir die herlewing en hervorming, wat sal help dat ons ‘n heeltemal anderse godsdienstige ervaring sal hê.” Let op die verlange van Jesus Christus om terug te kom, soos vervat in die slotrede van Johannes: “Hy wat dit getuig, sê: ‘Ja, Ek kom gou. Amen.’ Amen! Ja, kom, Here Jesus.” (Openbaring 22:21 NASB)

Dr TL Letseli

SAU President

HERLEWING DEUR SY WOORD Deel 2

’n Gewete Geboei deur die Woord van God“Tensy ek oortuig word deur die Skrif en ‘n duidelike rede – aanvaar ek nie die gesag van pouse en rade nie, want hulle

weerspreek mekaar – my gewete is geboei deur die Woord van God. Ek kan nie en sal nie enigiets herroep nie, want om

teen die gewete te gaan, is nóg reg, nòg veilig. Here help my. Amen. (Roland H. Bainton, Here I stand: A Life of Martin

Luther [New York: Abingdon Cokesbury Press, 1950], bl. 185).

uit die pen van die president

Page 4: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

4

BELOFTES AAN DIE KERK “Ons moet onthou dat die kerk, verswak en gebrekkig soos dit tans mag voorkom, die enigste aanskouingsles op die aarde is, waaroor Christus sy opperste agting uitstort. Hy beskerm die kerk voortdurend met besorgde bewaking. Die Here versterk Sy kerk met Sy Gees” (Selected Messages, deel 2, bl. 396).

“Niks anders in hierdie wêreld is vir God so kosbaar soos Sy kerk nie. Niks anders word so deur Hom bewaak en met jaloerse besorgdheid, beskerm nie” (Testimonies, deel 6, bl. 42).

“Die kerk van Christus is die Here se werktuig vir die verkondiging van die waarheid; die kerk word deur Hom bemagtig om ‘n besondere taak te verrig; en as sy getrou is aan God, gehoorsaam aan Sy bevele, sal die uitnemendheid van hemelse krag van haar besit neem. As sy die Here God van Israel eerbiedig, sal geen ander mag teen haar staande kan bly nie. As sy getrou aan haar beweegredes bly, sal die vyand haar net so min kan oorweldig, as wat die kaf weerstand kan bied teen’n dwarrelwind” (Testimonies, deel 8. bl. 11).

“Die Here het sy aangewese werktuie en ‘n kerk wat vervolging, stryd en duisternis deurstaan. Jesus het die kerk lief, en Hy het Homself daarvoor gegee; Hy sal die kerk herstel, verfyn, veredel en verhef, sodat dit standvastig sal bly teen die verderflike invloede van hierdie wêreld. Aangewese manne is deur die Here gekies gekies om met jaloerse besorgdheid en onwrikbare volharding te waak, sodat die kerk nie omver gewerp sal word deur die bose middele van Satan nie, maar dat dit sal staan in die die wêreld om die heerlikheid van die Here tussen die mensdom te bevorder” (Testimonies to Ministers, bl. 52, 53).

“’n Gemeente mag moontlik die armste kerk in die land wees. Dit mag sonder uiterlike luisterrykheid en vertoon wees, maar as die lede die beginsels het van die karakter van Christus, sal engele met hulle verenig in hulle aanbidding. Die lof en waardering wat van dankbare harte opgaan na die Here, sal soos soete dankoffers opstyg na Hom. (Prophets and Kings, bl. 566).

“God sal ‘n kragtige werk vir ons doen ..... Ons hoef geensins bang te wees dat Hy nie Sy beloftes na sal kom nie. Hy is die ewige waarheid. Hy sal nooit Sy verbond verander teenoor diegene wat Hom liefhet nie. Sy beloftes aan Sy kerk staan vas vir ewig. Hy sal Sy kerk ‘n ewige uitnemendheid maak, ‘n vreugde van baie geslagte” (Testimonies, vol. 8, bl. 38, 39). “Alhoewel die Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans met Sy teenwoordigheid. Hy het belowe dat,

wanneer hulle bymekaar kom om Hom te soek, hulle hulle sondes bely, en vir mekaar te bid, sal Hy deur Sy Gees daar met hulle wees” (Prophets and Kings, bl. 50).

“Ons God is ‘n sagmoedige, ontfermende Vader. Sy byeenkomste moenie gekenmerk word deur ‘n swaarmoedige en somber gees nie. Dit behoort ‘n voorreg en ‘n vreugde te wees om die Here te aanbid. Hy is ons beste Vriend; en wanneer ons Hom aanbid, wil Hy graag saam met ons wees, om ons te seën en te vertroos - ja, om ons harte met vreugde en liefde te vul” (Skrede na Christus, bl.103).

“Die teenwoordigheid van Christus en die dienende engele word dikwels geopenbaar in die byeenkomste van God se kinders, en tog is daar baie wat dit nie besef nie. Hulle onderskei niks ongewoons nie. Maar die teenwoordigheid van die Heiland word aan sommiges geopenbaar. Hulle harte word besiel met vrede en vreugde. Hulle vind troos en bemoediging en word geseën” (Die Koning van die Eeue, bl. 136). “In ‘n besondere sin, is die kerk die een entiteit waarop God sy opperste agting, uitstort. Die kerk is die skouburg van Sy ontfermende Genade; Hy verheug Hom daarin om Sy mag, wat harte transformeer, te openbaar.” (Die Handelinge van die Apostels, bl. 12).

“Die kerk is die bewarium van die rykdom van genade in Christus; die kerk sal die finale tentoonstelling van God se liefde in die volste sin van die waarheid openbaar aan die wêreld, Die gebed van Christus – dat die kerk so verenig sal wees, soos Hy met Sy Vader een was – sal uiteindelik beantwoord word” (Testimonies to Ministers, bl. 50).

“In hulle uiterste nood, het God nog altyd uitkoms bewerk vir Sy kinders, Selfs wanneer daar bykans geen hoop skyn te wees nie, het Hy hulle van ondergang gered. Die beplannings van boosdoeners; die planne van die vyande van die kerk; die wraak van die oproeriges en die traak-my-nie-agtiges en van die wat God haat; kan op Sy bevel omgekeer word – net soos die waters van riviere opgedroog het op Sy bevel. Gebed beweeg die arm van die Almagtige. Die Een wat die sterre en planete in hulle wentelbane en orde hou, wie se woorde die golwe van die groot dieptes beheer, is dieselfde oneindige Skepper wat ten gunste van Sy kinders sal wil werk, wanneer Sy kinders Sy naam aanroep in geloof ” (Testimonies, deel. 5, bl. 452, 453). Uit: EG White: PROMISES FOR THE LAST DAYS, bl. 37-40, 1994: Review and Herald Uitgewersmaatskappy

oordenking

Page 5: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

5

PERSPEKTIEFWat sê die Bybel oor ...DIE WARE KERK, God se Oorblyfselkerk in die Laaste Dae

Openbaring 14:6-12 – En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die

uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die grimmigheid van haar hoerery. En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swael voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

Openbaring 4:11 – U is waardig, o Here om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Eksodus 20:8-11 – Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet

jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg, of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Genesis 2:1-3 – So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag Sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Johannes 10:16 – Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.

Openbaring 22:17 – En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

UIT: Die Naslaan-Bybel, 1992: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1957, Jongbloed, Holland

sau nuusbrokkies en beskouings

Page 6: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

6

ONVOORWAARDELIKE BETROKKENHEID VAN MANNE IN DIE BEDIENING

Van die Ministeriële Departement, SAUWat ‘n voorreg om te ervaar hoe wonderlik die Here ons seën

as ‘n kerk!

Om te kon sien hoe leraars in die gees van kameraadskap en eenheid bymekaar kom; om die onvoorwaardelike betrokkenheid van manne in die bediening te kon beleef, ten spyte van persoonlike en professionele uitdagings – dit was ‘n verstommende reis met manne in Sy bediening, gedurende die eerste kwartaal van hierdie jaar! Dit was my voortdurende proefondervindelike belewenis soos ek tyd bestee het aan leraars in die Transvaal Konferensie (TK), KwaZulu-Natal-Vrystaat Konferensie (KZNK), Namibië (NK) en die Trans-Oranje Konferensie (TOK).

Die Namibiese Konferensie het hulle Pastorale Gesinsontspanning vir die eerste kwartaal gehad. Hoe geseënd was ons met die bediening van die gasspreker, Ler. E. Ishmail, van die Transvaal Konferensie. Die bediening aan die predikantsvrou-leidsters was waargeneem deur sr. Elize Baron. Die interaksie van die leraars gedurende al die aanbiedings het duidelike bewyse gelewer van manne wat begerig is om die soort geestelike leiers te wees, soos God verlang hulle moet wees vir Sy kerk.

Die aanbiedings en bediening van dr. Derrick Morris (Adjunk-Sekrataris van die Ministeriële Assosiasie, Wêreldkonferensie, en Redakteur van die Ministry Magazine), en sy eggenote, Sr. Bodill Morris, het veelvuldige seën gebied aan die KwaZulu-Natal-Vrystaat Konferensie se Pastorale Gesinsontspanning en die Transvaal Konferensie se Werkersvergadering. Hulle het ook uidagings gestel vir hoër toewyding en uitnemendheid aan die Here en Sy bedieningswerk.

Gedurende die Werkersvergadering van die Transvaal Konferensie het

dr. Morris leiding geneem met die Voetewassing en Nagmaalbediening, waaraan al die leraars ook deelgeneem het. Dit is deel van die tradisie in die Transvaal Konferensie om ‘n spesiale program aan te bied vir hulle predikantsvrou-leidsters gedurende hulle jaarlikse Kampvergadering. Hierdie jaar was hulle so bevoorreg deur ‘n aanbieding van sr. Sonika Veith.

Reëns van seën is oor ons uitgestort, terwyl ons geluister het na die oproepe om toewyding en oorgawe deur die leraars van die Trans-Oranje Konferensie, gedurende hulle Werkersvergadering. Hulle het uiting gegee aan hulle geroepenheid tot die bediening en hulle bemoediging aan hulle kollegas om getrou te bly aan Hom in hulle taak. Wat ‘n hartroerende toneel om te kon sien hoe al die leraars, onder leiding van Dr. Papu (Sekretaris van die Ministriële Assosiasie, SID), saam die Voetewassingseremonie en die Nagmaalherdenking gevier het!

Gedurende die verordeningsdienste, soos gehou in die KwaZulu-Natal-Vrystaat Konferensie en die Transvaal Konferensie, is Leraar S.W. Ngwenya (KZNVK) en Leraars Quinton Strauss en Carel van der Westhuizen georden. Ons loof ons Hemelse Vader vir Sy aanhoudende voorsiening van toegewyde en bekwame geestelike leierskap. Graag versoek ek die individuele en gesamentlike gebede vir die manne en vroue wat die Here in posisies van geestelike leierskap en herderskap binne Sy kerk geplaas het: “BID DAT HULLE BEWAAK MAG WORD TEEN DIE STRIKKE VAN SATAN EN REINHEID MAG BEHOU VAN HART EN GEDAGTE.” (Testimonies, deel 5, bl. 162).

Leraar E. BaronSAU Direkteur: Ministeriële Bedieninge / PAKIA / Predikantsvrou-Leidsters

sau nuusbrokkies en beskouings

Page 7: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

7

BEPLANNING VIR DIE WÊRELDWYE JEUGDAG -16 Maart 2013

VOORSTELNa samesprekings met die 13 Jeugdirekteure van die Divisies, die AMEU, en die Israel Veld, het die Departement Jeugbediening van die Wêreldkonferensie, oorweldigende ondersteuning gekry vir die voorstel om ‘n ‘Wêreldwye Jeugdag’ in die lewe te roep.

Sabbat, 16 Maart 2013, is gekies as die datum wat die begin van die wêreldwye Jeug se Week-van-Gebed sal inlei. Alhoewel sommige wêreldwye Divisies hulle Jeug se Week-v a n - G e b e d b e p l a n n i n g s akkommodeer op ‘n ander tyd van die jaar, sal hulle steeds verenig as een op daardie dag vir ‘n gemeenskaplike doel.

DOELWITTEDie doelwitte van die Wêreldwye Jeugdag is: 1. Om die werklikheid van die Sewendedag-Adventiste Jeug as ‘n Wêreldwye Beweging te hervat; 2. Om ons jeug die

herontdekking te gun van geborgenheid aan ‘n wêreldwye beweging;3. Om die kern van die sending (missie) van die Wêreldwye Jeugbediening, te herbevestig;4. Om positiewe en konstruktiewe terugvoering te voorsien in ‘n gebroke en verdeelde wêreld. Gegrond op die samevattende woorde van Jesus in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan: “Gaan en doen jy net so,” (Lukas 10:25-37), sal die tema van die Wêreldwye Jeugdag, uitgelig word as

‘EEN IN MEDELYE’Agt miljoen Adventiste-jeuglede sal uitgaan op die strate van ons klein dorpies, nedersettings en stede van die wêreld, om sodoende die hande en voete van Jesus te wees - deur goeie dade van goedhartigheid. ‘n Eenvoudige, wêreldwye en toepaslike strategie is daargestel.

STRATEGIEOp Sabbat, 16 Maart 2013, sal die jeug een preek minder na luister in die oggend. HULLE gaan die preek in lewende lywe wees. Hulle sal uit die kerkgebou gaan om die KERK TE WEES en uitreiking te doen in die naam van Jesus. SES ELEMENTE TEN OPSIGTE VAN DIE WÊRELDWYE JEUGDAG:1. Die plaaslike gemeentes, streke, of konferensies/ sendingvelde se jongmense gaan byeenkom vir ‘n oomblik van toewyding, voordat hulle vir die res van die Sabbatdag gaan uitreik na die plaaslike gemeenskappe. 2. Hulle sal betrokke raak in Sabbat-vriendelike dade van welwillendheid,

wat vooraf opgestel en beplan is. 3. Om ‘n brandpunt daar te stel vir die dag, nadat hulle hulle dade van welwillendheid verrig het, gaan die wêreldwye jeug bloed skenk as ‘n simbool van die opperste lewensreddende daad van medelye.4. Ter voltooiing van die dag se aktiwiteite, gaan die jongmense vergader in hulle plaaslike gemeentes, streke, of konferensies / sendingvelde, vir aanbidding en getuienislewering om die aanvang van die Wêreldwye Week-van-Gebed vir die Jeug, te begin. Hierdie inisiatief is gegrond op SENDING en NAASTEDIENS. 5. Die Jeug oor die wêreld sal deur middel van tegnologie en lewende beeldmateriaal die wêreld verlig en inlig oor die verskillende tydsones heen. 6. Spesiale T-hempde sal ontwerp word om die Jeug te voorsien van identifikasie met die wêreldwye inisiatief. Die Wêreldwye Jeugdag gaan ‘n jaarlikse instelling word met ‘n nuwe jaarlikse tema. Die Wêreldwye Jeugdag sal die jeug herplaas ten opsigte van die kern van die kerklewe en –sending. Die Jeugbediening se beste oomblik het aangebreek!

Leraar R. Peter Maligudu

SAU Direkteur: Adventiste Jeugdepartement

sau nuusbrokkies en beskouings

Page 8: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

8

HOERSKOOL GOOD HOPEVier 50 jaar te Kuilsrivier-Kampus! 1863 - 2013

“Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook, as hy al oud, is nie daarvan afwyk nie” (Spr. 22:6).

O CABO DA BOA ESPERANÇA(Portugees – Die Kaap die Goeie Hoop) Die Kaap die Goeie Hoop was die halfpadmerk vir skepe wat na die skatkamers van die Ooste gevaar het. In die tyd van Jan van Riebeeck het die Kaap vars kos en water aan verbygaande skepe gebied. Hoërskool Good Hope in Kuilsrivier, ’n miniatuur Kaap die Goeie Hoop: Seeroete – As ’n Christelike instelling is die skool ook ’n soort verversingstasie tussen hemel en aarde. Voedselvoorraad – Die skool verskaf, in woord en daad, die geestelike spyse wat reisigers na die beloofde land so broodnodig het. Ons voed leerders se denke met die akademie, hulle harte met geestelike dinge, en hulle hande met praktiese vaardighede. Ons doen ons naam gestand: ons ryk altyd Hoër, na die Goeie en daarom het ons altyd Hoop.

’N TERUGBLIK OP DIE VERLEDE1929 – Die eerste SDA-laerskool vir “kleurlinge” open in die agterse gedeelte van die Soutrivier Adventistegemeente, met Adeline (Vicky) Sutherland as onderwyseres. Mej. Sutherland is dr. Gerald du Preez se pa se tannie. 1930 – Die skool, steeds onder leiding van Aunt Vicky, skuif na Riverside (’n plaas naby Athlone). Hierdie skuif is in ooreenstemming met Ellen G. White se aanbeveling dat skole in die platteland behoort te wees. 1932 – ’n Hoërskool word bygevoeg, gevolg deur ’n teologie- en ’n onderwyskursus ná Gr. 10 (hierdie studente het as “die kortbroekbrigade” bekend gestaan). 1956 – Volwaardige tweejaar-kollegekursusse ná Gr. 12 word bygevoeg, ’n eerste vir Good Hope. 1963 – Riverside word ’n beboude gebied en die instelling skuif na die plaas Vorentoe, in Kuilsriver. VORENTOE! Ons kyk vorentoe, en beweeg vorentoe; en ons nommerplate lees CFR (in Engels: “see-afar!”). Ontwikkelingstatistiek:1963 – Good Hope het 11 personeellede, 86 hoërskoolleerders, en twee studente op kollege. 1963 – Die skool het ’n dubbelverdieping-koshuis met plek vir 40 persone, asook ’n eetkamer/kombuis en ’n waskamer. Die eerste gedeelte van die administrasiegebou word voltooi. 1965 – Die tweede gedeelte van die administrasiegebou word voltooi, ten einde hoërskoolonderrig te akkommodeer. 1969 – ’n Biblioteek en ekstra klaskamers word bygevoeg; asook ’n aparte meisieskoshuis. 1970 – ’n Skoolsaal, met sitplek vir 1,800 persone, word bygevoeg; met ’n derde wat afgebaken word vir aanbiddingsdoeleindes. 1972 – ’n Wetenskap-afdeling word bygevoeg. 1974 – ’n Vertrek word ingerig as Houtwerkkamer. 1992 – ’n Swembad word ingesit.

Good Hope Kollegekerk – Kom aanvanklik byeen in ’n dubbelklaskamer (wat in die week m.b.v. ’n skeidsmuur in twee gedeel word), maar skuif later na die biblioteek. Vanweë ’n groeiende SDA-gemeenskap word die afgebakende gedeelte van die saal later ’n volwaardige kollegekerkgemeente. Deesdae het die gemeente meer as 300 lidmate, wat hoofsaaklik afkomstig is uit Afrikalande; party kom selfs van Rwanda. Party van Good Hope se personeel en koshuisstudente neem gereeld aan gemeente-aktiwiteite deel. Skoolfhoofde, 1929-2013Adeline Sutherland, Robert Buckley, P.H. Mantel, William Hayter, George Glass, Otto Hanson, David Swaine, C.C. Marais, Gert Coetzee (by Kuilsrivier), Arthur Raitt, William Hurlow, Bertram Parkerson, Ivy Petersen, Phillip Plaatjes, John Smith, William Murray, Colin Lawrence, Keith Langenhoven, en Roland Links. Statistiek vir 2013, HGH se 50ste Bestaansjaar in Kuilsrivier: Leerdertal – 330 (waarvan 65% nie SDA is nie; waar is ons kinders?) Koshuisstudente – 23 (waarvan geeneen van lande verder as Zimbabawe kom nie) Onderwysers – 20, Administratiewe personeel – 3,

koshuispersoneel – 3, en opsigterpersoneel – 5

WAT HET VERANDER?1. In 1963 het die skool slegs ’n grondpad wat deur die bosse tot by ’n heklose hoofingang loop. Die plaas se grense lê anderkant die sandduine (’n gebied wat deesdae bekendstaan as Sarepta). 2. Koshuisstudente het verpligte werksessies gehad. Hulle moes die kombuis, kampus en klaskamers skoonmaak; asook plaaswerk en skrynwerk doen. 3. Al die skool/kollege se personeellede moes op kampus, of na-aan die kampus woon; en daar is van hulle verwag om boonop poste in die kollegekerk te beklee. 4. Die hoof se kantoor was op die boonste verdieping, met slegs ’n enkele klein venstertjie wat nie uitgekyk het op die kampus nie. Met die kantoor so netjies weggesteek, was die leuse daardie jare: “skoolhoof, laat die kampus maar oor aan jou ondergeskiktes!” Later is die hoof se kantoor egter grondvloer toe geskuif. En die nuwe leuse? – “skaapwagter, hou die skapies dop!” 5. In die laat 70s het die kollege-gedeelte, en die opleiding van predikante en onderwysers, na Helderberg Kollege verskuif. 6. Die skooluniform se kleurskema het verander. Destyds se groen en goue strepe is vervang met swart en blou, om aan te pas by ander SDA-skole.

2012-prestasies Leerders van Good Hope presteer by die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde-en-Wetenskapkompetisie.Good Hope ontvang ’n trippel-A-gradering van die Uniekonferensie se inspekteursraad. Hoe staan ons in 2013 bo ander skole uit? Wat vermag ons met dit wat Hoër, Goed en vol Hoop is? Deur na binne te kyk: m.b.v. gereelde Bybelstudie, voorbereiding vir doop, die handhawing van Christelike gedragskodes; en deur vir mekaar, in woord en daad, voorbeelde te wees. Deur na buite te leef: Die Graad Elf-studente doen jaarliks ’n week van gemeenskapsdiens. In 2012 het 52 leerders, twee tot vyf ure per dag, by die volgende plekke gewerk en pamflette uitgegee: die dorpsbiblioteek, die polisiestasie en die hospitaal, asook by ’n crèche. Party studente het ook ’n vyf dae lange sopkombuis bestuur. Deur die Kerk se impak te behou: Nuwe-Apostoliese en Moslem-ouers praat met lof van Good Hope se hoë standaarde, en beveel die skool aan by hulle vriende. Sport en Ontspanning: Die afrig van buitemuurse aktiwiteite soos skaak, swem, krieket, gholf, drama; die uitleef en uitbou van talente; en die reël van koorkonserte en -toere.

2013 Koortoerplanne:6 Maart – Kampuskonsert; dan na Kimberley (Beaconsfield-gemeente), Bloemfontein (Uniekonferensie se hoofkantoor), Swaziland (Manzini); Sedaven (Transvaalse Konferensie se kampvergadering, Gold Reef City, Pretoria Dieretuin); KZN (Annerley, Gateway-winkelsentrum, uShaka Marine World); Oos-Londen, Port Elizabeth (Kaapse Konferensie se hoofkantoor), Oudtshoorn (Weyers Memorial CCU) – en, loof die Here, vir die eerste keer, met ietsie oor in die bank!

TER AFSLUITING, ONS AFKORTING: HGH Hoërskool: Ons personeel het ’n HOËR strewe – om geestelike leiding te gee in ooreenstemming met die doelwitte van Christelike onderwys. “Good”: Ons kweek GOEIE verhoudings tussen onderwysers en leerders. “Hope”: Ons programme bied leerders ’n lewenslange tuiste van HOOP, binne die SDA-gemeenskap.

“Ware onderwys is… die gelyke ontwikkeling van al ons vermoëns – van liggaam, gees en denke. Die leerder word voorberei om te deel in die vreugdes van diensbaarheid hier op aarde, en ook die dieper vreugdes van diensbaarheid op die nuwe aarde” (Ellen G. White, Opvoeding, bl. 13).

IVY PETERSENKuilsrivier-Gemeente

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 9: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

9

KINDERBEDIENGE SE WEEK-VAN-GEBED Eluhabe-Gemeente, Cradock‘n Week-van-Gebed onder leiding van die Kinderbediening, is vanaf 9-12 Desember 2012 gehou deur twee jong predikers van 11 en 12 jaar oud. Hierdie week van gebed het begin, pas nadat Leraar DD Bucwa hierdie jong leke-predikers se opleiding waargeneem het. Op die laaste dag van hierdie Week-van-Gebed (15 Desember 2012) was daar 17 opleidingsertifikate uitgereik. Wat ‘n wonderlike hoogtepunt was dit nie!

Die twee jong predikers, Hlumelo Tshungu (11 jaar oud) en Sinokuhle August (12 jaar oud) het op afwisselende dae gepreek, met die hooftema: “STREEF OM TE WEES SOOS JESUS” Op Sabbat, 15 Februarie 2013, het hul die preekstoel gedeel. Daardie dag het ons 8 voornemende doopkandidate

gehad. Die gemeente help hulle daarvoor voorberei deur middel van die 28 Leerstellings van die Sewendedag-Adventistekerk vir Kinders (Die Here bemin my op 28 verskillende maniere) Binnekort sal hulle voor in die kerk staan vir hulle geloofsbelydenis. Ons bedank die Kinderbediening Departement vir die goeie werk wat hulle doen.

Tot Sy diens

N.Y. QONA

Kinderbedieninge: Koördineerder, Eluhabe-Gemeente, Cradock

Wees een van miljoene Sewendedag-Adventiste kinders wêreldwyd

wat sewe dae ʼn week om sewe-uur (soggens of saans)

vir die uitstorting van die Heilige Gees bid

Bid vir die Heilige Gees om jou moed te gee om jou

maats van Jesus te vertel

Bid vir jou maats wat Jesus nog nie ken nie

Bid vir kinders in spesifieke lande wat nodig het om

Jesus te leer ken

Bid saam met ʼn maat by die skool

Bid vir onderwysers wat nog nie vir Jesus ken nie

Bid dat die Gees ons sal verander en ons sal help om

meer soos Jesus te word

GEBEDSKINDERS

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 10: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

10

OPE TAFELDAG 2013 Kuilsrivier Gemeente

Aan die begin van Maart 2013, vir die tweede keer, het ons deur middel van ons kerkbulletin en strooibiljette, ons lidmate versoek om verskillende ongebruikte, soms onnodige artikels in ons huise, bymekaar te maak, wat moontlik aan behoeftes kon voorsien van ander huishoudings in ons gemeente en ons gemeenskap. Die artikels kon kos, klere, huishoudelike goedere en praktiese items insluit. Die reaksie op hierdie oproep was oorweldigend en wonderlik! Op Sondagoggend, 17 Maart 2013, het die Welsyns- en Persoonlike Bedieningsdepartemente van die Kuilsrivier-gemeente, aangesluit by hierdie gemeenskapsuitreik-projek, wat ons ons ‘OTD’-projek noem: Ope Tafeldag-projek. Die vorige week was plakkate opgesit teen die heinings langs die strate van ‘n naby-geleë sub-ekonomiese woon-area, om hierdie projek te adverteer. Dertien lang tafels was deur ons manne gedra na die gekose area en die uitstalhuisies (‘gazebo’s) is opgeslaan op die sypaadjies naby die betrokke woon-area. Behoeftige verbygangers was genooi om te vergader rondom die tafels. Teen 10h00 is die gebeurlikheid amptelik geopen met gebed, skriftuurlesing en verwelkoming

Ons deel graag van die verstommende statistieke van hierdie oggend: die tafels was ‘beman’ deur 25 ‘verkoopsdames’ waartydens obyna 2 000 items versprei is. Dit het mans-, dames- en kinderklere ingesluit; speelgoed, beddegoed, gordyne en kombuisware, blikkies kos en gedroogde kosware,

met traktate en boekies, Tiengebooie-boekmerke, SVP-kaartjies ens. Wegneem-items is beperk tot 5 items per persoon, of 10 items, sou dit ook na behoeftige bure toe gaan. Omtrent ‘n honderd toebroodjies was ook voorberei en bedien met vrugtesap aan almal wat opgedaag het. ‘n CD met geestelike liedere was gespeel deur ‘n draagbare CD-speler, vir die twee ure wat die gebeurlikheid aan die gang was. Alles was geskenk en het die gemeente nie nodig gehad om enige onkoste aan te gaan nie! Diegene wat hierdie Ope Tafeldag bygewoon en ondersteun het, was uitgenooi om hulle name, adresse en kontaknommers in ‘n bywoningsregister te skryf, sodat hulle opgevolg kon word deur ons Persoonlike Bedieninge-besoeke. Hierdie mense is ook uitgenooi na ons tuisgemeente. Ook is 33 Stem-van-Profesiekaartjies voltooi en afgelewer by die SVP-kantoor. Daar is baie foto’s geneem en word vertoon op ons gemeente se kennisgewingbord, sodat dit verdere geleenthede en nog lede kan inspireer. Daar sal voortaan op die tweede Sondag van elke kwartaal so ‘n Ope Tafeldag gehou word. Die bydraes stroom alreeds in! Ons opregte dank aan die Here, wat ons besiel en hierdie geleentheid moontlik gemaak het! Ook groot waardering aan al ons gemeentelede wat bygedra het met die beplanning, skenkings, hulp, verspreiding en die uitvoering van die opvolg-besoeke. As ons kan, kan julle ook!

Ivy Petersen, Kuilsrivier-Gemeente

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 11: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

11

BIBLIATHON-SEËNINGE vir Loeriepark-Gemeente

TERUGVERWELKOMING van Umlazi Suid-Gemeente

Die gemeentelede van Loeriepark het ‘n doelwit gestel om die Bybel deur te lees. Hulle het hulle eerste Bibliathon gehou: twee spanne het vanaf 06h00 tot 18h00 onophoudelik deur die Bybel gelees. Die meeste deelnemende lesers het ‘n 15 minute-tydgleuf gehad om uit die Bybel te lees. Hulle het altesaam 38 Bybelboeke deurgelees. Vrywilligers het ook sommige van die korter Bybelboeke gelees. Die gemeentelede beplan om die oorblywende 28 Bybelboeke binnekort ook gelees te kry.

Urma WilliamsKommunikasie-Sekretaresse, Loeriepark, George

Hierdie ‘terug-verwelkoming’ was deur ons Konferensie (KwaZulu Natal Vrystaat Konferensie) voorgestel as ‘n uitreikingstrategie na ons mede-gelowige broers en susters wat voorheen saam met ons aanbid het, maar om een of ander rede nie meer die kerk bygewoon het nie. Hoe wonderlik was die seëning vir ons om almal van hulle weer te kon sien en saam met hulle te aanbid onder die vaandel: “Kom Huis Toe!”

Die tema van die dag was: “Is Jou Burgerskap Gewaarborg?” Hierdie tema

het ons almal daarna herinner dat ons burgerskap nie van hierdie wêreld is nie. Ons het goeie musiek gesmaak, na opheffende preektema’s geluister en bowenal, het ons die goedheid van die Here ervaar.

Sommige van ons het ons burgerskap bekom deur jarelange werkverrigting in ‘n sekere land; of ons het ons burgerskap deur huwelikswette verkry. Maar ons hemelse burgerskap word nie verkry deur werke, of deur ‘n huwelikswet nie; slegs deur die kruis. Deur Christus as ons Verlosser te aanvaar, word ons ‘n hemelse burger. Sekerlik is ons burgerskap gewaarborg!

Sr. P. MkhizeJeugdirekteur: Jeugvereniging, Umlazi Suid-Gemeente

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 12: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

12

DEUR VLOEDE EN DEUR GELOOFKowie Park-Gemeente

Die Geskiedenis van die SDA Kerk, Kowie Park-GemeenteHierdie klein kerkie van ons in Port Alfred, is ryk aan geskiedenis. Veral as ‘n mens dit in gedagte hou dat hierdie kerk ontstaan het vanuit die Rokeby Park Adventiste Kerk, wat die derde oudste Sewendedag-Adventiste Kerk is op die vasteland van Afrika. Die kerkgeskiedenis verklaar dat die eerste Sewendedag-Adventiste Kerk gevestig was in Kimberley, gedurende die ‘diamante-stormloop’ in die laat-1800’s. Daarna is die kerk in Claremont gestig, en toe die kerk te Rokeby Park - net na die aankoms van die 1820-Britse Setlaars in die Oos-Kaap. Die Adventisteboodskap in Afrika het versprei vanuit hierdie drie kerke. Die SDA Kerk, te Rokeby Park, was gestig in 1896. Die meeste meublement binne ons kerk, die banke en die preekstoel, die ligte, ens. dateer uit 1896. Baie van ons kerkleiers, leraars, presidente en unie-manne het hier grootgeword, en/of aanbid op hierdie kerkbanke.

Die Hedendaagse SDA-Kerkie te Kowie ParkDie hedendaagse kerkie te Kowie Park is ‘n klein, maar aktiewe gemeente, met ‘n ledetal van 20-30 gereelde aanbidders. Dit is ons verlange om uit te reik en te getuig vir Jesus binne ons gemeenskap.

Die Watervloed in Port Alfred en die Vloedskade Berokken aan die KerkOp die 17de en 18de Oktober 2012, het Port Alfred ‘n buitengewone swaar reënval gehad. Die kerkperseel is in ‘n laagliggende area geleë en die water het dit begin oorstroom, Op die Sabbat het die watervlakke omtrent 1 meter gestyg in ‘n 5-uurperiode. Die hele Port Alfred-area het meer as 550mm reën gekry binne een week. Die kerk moes nie slegs met die oppervlakreëns rekening hou nie, maar ook met die vorige week se reënwater, wat ingesypel het by die ondergrondse watervoorsiening en die water opgestoot het in die tuin. Dit het buitensporige oorstroming veroorsaak. Ons klein kerkie was oorstroom tot teen die plafonne. Die tuin was ongeveer 5 meter onder die water. Die algehele area in vloed was omtrent 17 hektaar (37 morge) en baie mense het hulle huise en besittings verloor in die vloed. Die infrastruktuur van die dorp was ook verwoes. As gevolg van die spoed van die waterstyging, kon geen inhoud voor die vloed verwyder word nie; en ons het al ons kerkverslae en statistieke verloor. Al ons kerkmeublement was deurdrenk met die water vir ‘n periode van 28 dae, want die watervlak het so lank geneem te daal en om uitgepomp te word. Wat die situasie vererger het, is dat die rioolpompstasie wat 360 huise bedien in hierdie laagliggende gebied, buite werking gelaat is. Dit was natuurlik die gevolg van die water wat alles oorstroom en deurtrek het. Nou het 360 huise se riool gedreineer na hierdie water, wat die huise en die kerk omring het vir drie weke lank. Die bakteria-vlakke was ontstellend hoog; spesiale voorsorg moes getref word om op die eiendomspersele en grond te werk.

Aanbidding op SabbatdaeOns kerk was onbruikbaar na die oorstromings, maar ons loof die Here vir Sy voorsiening van ‘n aanbiddingsplek op Sabbatdae. Ons is so dankbaar vir die goedhartige vrygewigheid van ons mede-Christene in Port Alfred; hulle het aangebied dat ons ‘n klein Anglikaanse kerkie gebruik vir ons aanbiddingsdienste op Sabbatdae.

Die Skoonmaak en Herstel van ons AanbiddingsplekEers toe die water genoegsaam begin intrek het in die grond, was dit vir ons moontllik om toegang tot die kerk te verkry en die skoonmaak- en herstelproses aan die gang te kry. Die hele gebou moes binne en buite

ontsmet word – selfs die holtes en krake in die muur moes gedisinfekteer word. Deur die Here se barmhartige genade was dit bemoontlik om die herstelwerk te voltooi en weer in ons kerkie te aanbid sedert 16 Maart 2013.

Die Here is Getrou en Lofwaardig!As ‘n gemeente, het ons hierdie verhaal gedeel met ons vriende en familielede; nou deel ons dit ook met julle as ons uitgebreide Adventiste-gesin. Met ons terugblik na die ryke geskiedenis van ons kerkie, kyk ons vol vertroue vorentoe, wetende dat die Here met ons is. In die lig van Sy leiding aan ons as ‘n plaaslike Sewendedag-Adventiste Kergesin, waardeer ons wat Ellen White geskryf het oor die groter Sewendedag-Adventiste Kerkfamilie: “In herbeskouing van ons geskiedenis, met elke stap vorentoe tot ons hedendaagse stand, kan ons getuig: “Loof die Here! Soos ek die werkinge van die Here aanskou, is ek gevul met verbasing, en met vertroue in Christus as ons leier. Ons het niks om te vrees vir die toekoms nie, behalwe as ons vergeet hoe die Here ons op die weg gelei het, en Sy onderwysings ons geleer het in ons verlede.” (Counsels to Parents, Teachers and Students, bl.1)

Ons Hoop in JesusOns besef dat aardbewings en natuurrampe tekens van die eindtye en van Christus se wederkoms is; en ons hoop dat ons Here binnekort sal terugkeer om ons na ‘n beter land te neem. Dankie aan almal wat vir ons gebid het. Die Here het waarlik vir ons voorsien. Deel asseblief hierdie nuusbrief met u vriende en familie, en met hulle wat moontlik sou belangstel in ons kerk se geskiedenis.

Leraar Donovan GriggsSDA Kerk, Kowie Park-Gemeente

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 13: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

13

BOSKAMP-AVONTURE VAN BAANBREKERS Bloemfontein Sentraal-GemeenteHierdie foto’s vertel van die avonture wat ons Baanbrekers deurleef het, gedurende hulle naweekkamp (Maart 2013) in die bosse op die plaas van Estelle, en haar seun, Stefan Joubert, te Wepener. Hulle het kamp opgeslaan en alles gedoen wat jy jou kan verbeel om te doen wanneer uitgekamp word! Ons het in die veld geslaap, geëet, gekuier en kerk gehou!

Daar was verskeie uitdagings om te oorkom, soos spanbou en saamwerk! Om saam te werk en mekaar te ondersteun was een van die waardevolle lewenslesse, wat ons geleer het – veral as ons dit saam as spanwerk met Jesus doen! Ons is verryk met geestelike lesse wat ons vertroue in Jesus gesetel het! Elke aand was daar lofliedere gesing met kitaarbegeleiding rondom die kampvuur. Ons gasheer en -vrou – die eienaars van die plaas – het hulle ervaring en kennis van die natuur met ons gedeel; ons het ook ons Bybellesse uit die natuur geleer van God en ook die lesboekie bestudeer.

Elkeen van die Baanbrekers het ‘n “spesiale maatjie” gehad – ‘n klippie wat elkeen heeldag moes ronddra: altyd en orals heen! Naderhand was hulle so moeg vir hierdie klippie! Teen sonsondergang het ons na die plaas se modderdam gestap. Met ‘n spesiale gebedjie in die hart, het elkeen sy sonde op hierdie klip oorgeplaas en dit toe in die water gegooi – wetende dat God vergewe. Hy het ons sondes verwyder - en dit ook netso in die dieptes van die see gewerp. (Miga 7:19). Hierdie klippies kon nie meer gesien word nie, net soos ons sondevlekke deur die Lam weggeneem is en nie meer vir God sigbaar is nie.

Sommige van hierdie foto’s toon ook die lesse van geestelike besorgdheid en omgee vir mekaar. Daar was ‘n keer toe die baanbrekers op mekaar se skouers geklim het en elkeen se spesifieke probleem, of tekortkoming, waarvan hulle ontslae wou raak, byvoorbeeld: ongeduld of skinder, wou afgooi. Daarna moes hulle hierdie uitdagings neerskryf op ‘n blou seil.

Elkeen moes toe seker maak dat hulle nie van hierdie seil afval wanneer dit omgekeer word nie. So moes hulle toe saamwerk om die seil om te draai, sonder om self van die seil af te klim. Dit was simbolies van die probleme of uitdagings wat nie die bo-toon sal vier in ons lewens nie. Dit het vernuf en saamwerk gekos, maar as ‘n span het hulle hierdie uitdagings en ander klein jakkalsies oorkom. En so ook geleer dat ons almal ‘n verantwoordelikheid het om mekaar te ondersteun en te help om die negatiewe dinge in mekaar se lewens te help oorkom!

Janele Vermaak, Leidster: Baanbrekers, Bloemfontein Sentraal-Gemeente

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 14: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

14

EVANGELISASIE-VELDTOG vier gemeentes,

Die Pastorale Skakelkomitee van die Sewendedag-Adventiste Kerk, Wingfi eld-Distrik hou ‘n Evangelisasie-Veldtog in September 2013. Dit word georganiseer deur die vier gemeentes in daardie distrik: Goodwood, Kensigton, Factreton en Salt River. Enige navrae in sake die veldtog,kan gerig word aan: Lr. Ruan Horn by 083 321 21297E-pos: [email protected] of

Br. Lynn Moonsamy by 082 456 4674E-pos: [email protected] MURIEL KNIERIMSekretaresse: PSK, Wingfi eld-Distrik

TOEGEWY AAN CHRISTUS Bekledingsdiens te Avenville, Vrystaat-Streek 1

BaanbrekersklasOns het twee aktiewe baanbrekersklasse gehad in 2012. Vier klaslede van die Ontdekkersklas is volwaardig beklee as Ontdekkers. Van links na regs op hierdie foto verskyn: Letlotlo Mokabeng, Twello Segopa, Sindi Tshabalala en Paballo Segopa. Ons het ook twee lede van die Makkerklas wat beklee is. Hulle is ook op hierdie foto van regs na links: Faith van Wyk en Relebuhile Makheta.

TOK-VerteenwoordigersOns was geseën deur die teenwoordigheid van twee verteenwoordigers van die Trans-Oranje Konferensie; hulle het die bekledingsdiens waargeneem: Br. P. Tshivhenga en Br. W. Dube. Ons plaaslike leraar van die Vrystaat-Streek 1, Ler. G.Z. Ndlovu, het hierdie geleentheid vereer deur die seëning van sy erediens-boodskap.

Hoofrigtersklas van 2013Op hierdie foto verskyn almal wat gereageer het op die oproep om ‘n hoofrigter te wees. Ons sien uit na ons volgende bekledingsdiens wanneer ons hulle almal volledig in hulle uniform mag sien, gereed om hulle balkiest e ontvang.

PORTIA NDINISAVS Hoofrigters-Koördineerder, Avenville-Gemeente, Vrystaat-Streek 1

HoodrigtersDrie Hoofrigters het staande gebly tot die einde toe en was beklee uit ‘n klas van 30 voornemende kandidate wat by hierdie afdeling aangesluit het. Alle eer aan die Here!

(Advenville-Gemeente).

kaleidoskoop van betrokkenheid

– konferensies en velde

Page 15: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

15

herlewing deur sy woord

April ‘13

1 - 1 Kron. 122 - 1 Kron. 133 - 1 Kron. 144 - 1 Kron. 155 - 1 Kron. 166 - 1 Kron. 177 - 1 Kron. 188 - 1 Kron. 199 - 1 Kron. 2010 - 1 Kron. 2111 - 1 Kron. 2212 - 1 Kron. 2313 - 1 Kron. 2414 - 1 Kron. 2515 - 1 Kron. 26 16 - 1 Kron. 2717 - 1 Kron. 2818 - 1 Kron. 2919 - 2 Kron. 120 - 2 Kron. 221 - 2 Kron. 322 - 2 Kron. 423 - 2 Kron. 524 - 2 Kron. 625 - 2 Kron. 726 - 2 Kron. 827 - 2 Kron. 928 - 2 Kron. 1029 - 2 Kron. 1130 - 2 Kron. 12

Mei ‘13

1 - 2 Kron. 132 - 2 Kron. 143 - 2 Kron. 154 - 2 Kron. 165 - 2 Kron. 176 - 2 Kron. 187 - 2 Kron. 198 - 2 Kron. 209 - 2 Kronr. 2110 - 2 Kron. 2211 - 2 Kron. 2312 - 2 Kron. 2413 - 2 Kron. 2514 - 2 Kron. 2615 - 2 Kron. 27 16 - 2 Kron. 2817 - 2 Kron. 2918 - 2 Kron. 3019 - 2 Kron. 3120 - 2 Kron. 3221 - 2 Kron. 3322 - 2 Kron. 3423 - 2 Kron. 3524 - 2 Kron. 3625 - Esra 126 - Esra 227 - Esra 328 - Esra 429 - Esra 530 - Esra 6 31 - Esra 7

Junie ‘13

1 - Esra 82 - Esra 93 - Esra 104 - Neh. 15 - Neh. 26 - Neh. 37 - Neh. 48 - Neh. 59 - Neh. 610 - Neh. 711 - Neh. 812 - Neh. 913 - Neh. 1014 - Neh. 1115 - Neh. 12 16 - Neh. - 1317 - Esth. 118 - Esth. 219 - Esth. 320 - Esth. 421 - Esth. 522 - Esth. 623 - Esth. 724 - Esth. 825 - Esth. 926 - Esth. 1027 - Job 128 - Job 229 - Job 330 - Job 4

Januarie ‘13

1 1 Sam.24 2 1 Sam. 253 1 Sam. 264 1 Sam. 275 1 Sam. 286 1 Sam. 297 1 Sam. 308 1 Sam. 319 2 Sam. 110 2 Sam. 211 2 Sam. 312 2 Sam. 413 2 Sam. 514 2 Sam. 615 2 Sam. 716 2 Sam. 817 2 Sam. 918 2 Sam. 1019 2 Sam. 1120 2 Sam. 1221 2 Sam. 1322 2 Sam. 1423 2 Sam. 1524 2 Sam. 1625 2 Sam. 1726 2 Sam. 1827 2 Sam. 1928 2 Sam. 2029 2 Sam. 2130 2 Sam. 2231 2 Sam. 23

Februarie ‘13

1 2 Sam. 242 1 Kon. 13 1 Kon. 24 1 Kon. 35 1 Kon. 46 1 Kon. 57 1 Kon. 68 1 Kon. 79 1 Kon. 810 1 Kon. 911 1 Kon. 1012 1 Kon. 1113 1 Kon. 1214 1 Kon. 1315 1 Kon.1416 1 Kon. 1517 1 Kon. 1618 1 Kon. 1719 1 Kon. 1820 1 Kon. 1921 1 Kon. 2022 1 Kon. 2123 1 Kon. 2224 2 Kon. 125 2 Kon. 226 2 Kon. 327 2 Kon. 428 2 Kon. 5

Maart ‘13

1 2 Kon. 62 2 Kon. 73 2 Kon. 84 2 Kon. 95 2 Kon. 106 2 Kon. 117 2 Kon. 128 2 Kon. 139 2 Kon. 1410 2 Kon. 1511 2 Kon. 1612 2 Kon. 1713 2 Kon. 1814 2 Kon. 1915 2 Kon. 2016 2 Kon. 2117 2 Kon. 2218 2 Kon. 2319 2 Kon. 2420 2 Kon. 2521 1 Kron. 122 1 Kron. 223 1 Kron. 324 1 Kron. 425 1 Kron. 526 1 Kron. 627 1 Kron. 728 1 Kron. 829 1 Kron. 930 1 Kron. 1031 1 Kron. 11

2013 Bybelleesplan

Page 16: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

16

herlewing deur sy woord

Julie ‘13

1 - Job 52 - Job 63 - Job 74 - Job 85 - Job 96 - Job 107 - Job 118 - Job 129 - Job 1310 - Job 1411 - Job 1512 - Job 1613 - Job 1714 - Job 1815 - Job 19 16 - Job 2017 - Job 2118 - Job 2219 - Job 2320 - Job 2421 - Job 2522 - Job 2623 - Job 2724 - Job 2825 - Job 2926 - Job 3027 - Job 3128 - Job 3229 - Job 3330 - Job 3431 - Job 35

Augustus ‘13

1 - Job 362 - Job 373 - Job 384 - Job 395 - Job 406 - Job 417 - Job 428 – Ps.. 19 – Ps.. 210 – Ps.. 311 – Ps.. 412 – Ps. 513 – Ps. 614 – Ps. 715 – Ps. 8 16 - Ps. 917 - Ps. 1018 - Ps. 1119 - Ps. 1220 - Ps. 1321 - Ps. 1422 - Ps. 1523 - Ps. 1624 - Ps. 1725 - Ps. 1826 - Ps. 1927 - Ps. 2028 - Ps. 2129 - Ps. 2230 - Ps. 2331 - Ps. 24

Oktober ‘13

1 - Ps. 552 - Ps. 563 - Ps. 574 - Ps. 585 - Ps. 596 - Ps. 607 - Ps. 618 - Ps. 629 - Ps. 6310 - Ps. 6411 - Ps. 6512 - Ps. 6613 - Ps. 6714 - Ps. 6815 - Ps. 69 16 - Ps. 7017 - Ps. 7118 - Ps. 7219 - Ps. 7320 - Ps. 7421 - Ps. 7522 - Ps. 7623 - Ps. 7724 - Ps. 7825 - Ps. 7926 - Ps. 8027 - Ps. 8128 - Ps. 8229 - Ps. 8330 - Ps. 8431 - Ps.85

September ‘13

1 - Ps. 252 - Ps. 263 - Ps. 274 - Ps. 285 - Ps. 296 - Ps. 307 - Ps. 318 - Ps. 329 - Ps. 3310 - Ps. 3411 - Ps. 3512 - Ps. 3613 - Ps. 3714 - Ps. 3815 - Ps. 39 16 - Ps. 4017 - Ps. 4118 - Ps. 4219 - Ps. 4320 - Ps. 4421 - Ps. 4522 - Ps. 4623 - Ps. 4724 - Ps. 4825 - Ps. 4926 - Ps. 5027 - Ps. 5128 - Ps. 5229 - Ps. 5330 - Ps. 54

November ‘13

1 - Ps. 862 - Ps. 873 - Ps. 884 - Ps. 895 - Ps. 906 - Ps. 917 - Ps. 928 - Ps. 939 - Ps. 9410 - Ps. 9511 - Ps. 9612 - Ps. 9713 - Ps. 9814 - Ps. 9915 - Ps. 100 16 - Ps. 10117 - Ps. 10218 - Ps. 10319 - Ps. 10420 - Ps. 10521 - Ps. 10622 - Ps. 10723 - Ps. 10824 - Ps. 10925 - Ps. 11026 - Ps. 11127 - Ps. 11228 - Ps. 11329 - Ps. 11430 - Ps. 115

Desember ‘13

1 - Ps. 1162 - Ps. 1173 - Ps. 1184 - Ps. 1195 - Ps. 1206 - Ps. 1217 - Ps. 1228 - Ps. 1239 - Ps. 12410 - Ps. 12511 - Ps. 12612 - Ps. 12713 - Ps. 12814 - Ps. 12915 - Ps. 130 16 - Ps. 13117 - Ps. 13218 - Ps. 13319 - Ps. 13420 - Ps. 13521 - Ps. 13622 - Ps. 13723 - Ps. 13824 - Ps. 13925 - Ps. 14026 - Ps. 14127 - Ps. 14228 - Ps. 14329 - Ps. 14430 - Ps. 14531 - Ps. 146

2013 Bybelleesplan

Page 17: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

17

Met Liefde Leer ons die BYBEL KEN

DEURTOG DEUR DIE JORDAANRIVIER(JOSUA 3 EN 4)

“deurdat die Here julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het; dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle

God altyd mag vrees.” JOSUA 4:23-24

kinderhoekie

Page 18: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

18

DEURTOG DEUR DIE JORDAANRIVIER(JOSUA 3 EN 4)

GEHEUETEKS:

“deurdat die Here julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het; dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.” JOSUA 4:23-24

WAAR OF VALS:

“En aan die einde van drie dae het het opsigters die laer deurgegaan en aan die volk bevel gegee en

gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom

dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.” JOSUA 3:2-3 (WAAR OF VALS)

“Verder het Josua aan die volk gesê: “Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen.”

JOSUA 3:5 (WAAR OF VALS)

“Daarop sê die HERE vir Josua: “Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele

Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.” JOSUA 3:7

(WAAR OF VALS)

OMKRING DIE KORREKTE WOORDE:

“En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die (NYL, JORDAAN) te gaan, met die priesters wat

die (VERBONDSARK, VERBONDSWERK) dra, op die voorpunt van die volk, en net toe die draers van

die ark by die Jordaan kom, en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water

insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes, bly die water (STAAN, STIL)

wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam, wat langs

Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het

die volk (DEURGETREK, GESTOP), teenoor Jerigo.” JOSUA 3:14-16

VOLTOOI DIE OOP SPASIES:

“Maar die ____________wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op

______ grond binne-in die Jordaan; terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk

die deurtog deur die Jordaan _____________ het.” JOSUA 3:17

OMKRING DIE REGTE WOORDE:

“Neem vir julle uit die volk ______ manne, uit elke stam een man.” JOSUA 4:2 (TWAALF TIEN VYFTIEN)

“En daardie twaalf ______ wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua by Gilgal opgerig.” JOSUA

4:20 (VISSE KLIPPE SKULPE)

“dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE __________ is, sodat julle die HERE

julle God altyd mag vrees.” JOSUA 4:24 (SWAK BANG STERK)

kinderhoekie

Page 19: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

19

SUBSKRIPSIE VIR

Ek wil graag my subskripsie hernu/inteken by die Tekens van die Tye.

1 jaar subskripsie vir ses uitgawes, in Suid Afrika. Landposversending ingesluit = Totaal R84

1 jaar subskripsie vir ses uitgawes, plus land- of seeposversending buite Suid Afrika = Totaal R190

1 jaar subskripsie vir ses uitgawes, plus lugposversending buite Suid Afrika = Totaal R262

Pos die tydskrif aan:

Naam:

Adres:

Poskode:

Intekenaar se naam:

Naam:

Adres:

Poskode:

Maak tjeks uit aan Tekens van die Tye,Posbus 468, Bloemfontein, 9300

Vir grootmaat bestellings kontak die redakteur

Page 20: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

20

Hoe om die SABBAT TE VIER

DIE SABBAT IS DIE HERE SE GAWE AAN ONS, ‘N AANBIEDING OM DIE KWALITEIT VAN ONS LEWENS TE VERHOOG. DAAROM BEVEEL GOD ONS NIE BLOOT OM DIE SABBAT TE EERBIEDIG NIE, MAAR HY GEE ONS AANWYSINGS HOE OM DIT TE DOEN, SODAT DIE DAG ‘N WARE SEËN VIR ONS SAL WEES.

DIE SABBAT AS ‘N WELDOENERMarkus 2 :27 - Met liefde vir ons, het God die Sabbat tot voordeel en welstand van die mensdom ingestel. Jesaja 58:13, 14 - Die Sabbat laat ons toe om ons te verbly in die Here.1 Korintiërs 13:1-3 - Ons hou nie slegs die Sabbat omdat dit die dag is wat die Here verlang ons moet eerbiedig nie; maar ons verheug ons in die Sabbat, omdat ons Hom liefhet.

WENKE VIR ‘N GELUKKIGE SABBAT1. Die Begin en die EindeDie Sabbat duur van sonsondergang tot sonsondergang. (Genesis 1:5; Levitikus 23:32; Lukas 4:31,40).

2. Bybelse Raad VOORBEREIDING - Eksodus 16:22-24 – Voorbereidings moet vooraf getref word om die Sabbat te vereenselwig met ‘n sorgvrye dag en ‘n goeie ondervinding. (Lukas 23:54)RUS - Eksodus 20:8-11 – Mense en diere behoort rus te geniet op die Sabbat. Ons medemens hoef nie vir ons te werk nie. Die kinders en die jeug kan deelhê aan die vreugde en rus; hulle kan ook bepeins en nadink oor die Here, deur nie skool of kollege by te woon nie. Eksodus 34:21 – Selfs wanneer ons onder druk verkeer deur sperdatums en –tye, kan ons steeds die Godgegewe rus geniet. .AKTIWITEITE - Matteus 12:9-12 – Jesus het ‘n voorbeeld gestel oor hoe die Sabbat onderhou moet word; Hy was ingestel op die behoeftes van andere en om goed te doen. Ons kan God ook dien en sendingwerk doen op Sabbat. (Handelinge 17:2, 3)Hebreërs 10:24, 25 – Ons word opgeroep na Sy huis om die aanbiddingsdienste by te woon en om ons Here daar te ontmoet. Markus 1:29 – Gasvryheid is belangrik; dit laat ons uitlewing vind en samesyn geniet met God en ander mense. Matteus 12:1 – In die natuur voel ons dikwels nader aan die Here. Jesus het op Sabbat tyd bestee in die natuur. Jesaja 59:13, 14 – Ons weerhou ons van selfsug en sekulêre aktiwiteite, en doen dit wat die Here eer of verheerlik. Dit behels daardie dinge wat die Sabbat beroof van Sabbat-onderskeidelikheid en die sabbatseën, soos bv.: die kyk van nie-Christelike programme, die lees van koerante, die bywoning van nie-Christelike byeenkomste, die onderneem van lang reise (Matteus 24:20); koop en verkoop (Nehemia 13:15-22); ens.

‘N IDEALE SABBAT1. Afwagting Gedurende die week word ons gedagtes gerig op die Sabbat. Voorbereiding en beplanning daarvoor begin op Sondag.

2. Die Dag van Voorbereiding Op Vrydag word die skoonmaak van die huis, kosvoorbereidings, en ander voorbereidingswerk vir die feestelike dag, afgehandel.

3. Die Begin van die Sabbat Samesyn met die gesin of medegelowiges is belangrik. Ons kan ‘n Sabbat-atmosfeer skep deur eenvoudige en spesiale maaltye, blomme, kerse, goeie musiek, ens. Ons probeer om skeppend te dink en te wees. Sonder ‘n geskarrel, verwelkom ons die Sabbat met sang en ‘n toewydingsgebed; en ons maak seker dat ons tyd bestee aan ons kinders (vertel ‘n storie, vra vrae en antwoord hulle s’n; moontlik kan ‘n Bybelspeletjie gespeel word). Ons kan bietjie vroeër gaan slaap sodat ons die volgende oggend verfris kan opstaan.

4. Sabbatoggend Ons probeer om ‘n liefdevolle en gewyde atmosfeer te skep, ons trek aan vir kerk, geniet ‘n goeie ontbyt, en woon die kerkdienste by. In die kerk neem ons deel aan die aanbiddingsdiens, bewys eerbied en respek, is vriendelik teenoor andere en bewys gereedheid om samesyn met hulle te geniet. Nadat ons ons plekke ingeneem het in die kerk, kan ‘n stil gebed ons help om ons aandag te vestig op ons aanbidding teenoor die Here.

5. Meelewing na die Aanbiddingsdiens Ons kan deel in ‘n gesamentlike ete; ander se gasvryheid geniet of mense na ons huis nooi. ‘n Goeie maaltyd op ‘n netjies gedekte tafel kan wonderlik wees!

6. Sabbatmiddag ‘n Uitstappie in die natuur, die lees van goeie boeke en die bestudering van die Bybel, luister na musiek of self musiek bespeel, getuienislewering, ander mense besoek, stories lees en Bybelspeletjies speel met kinders, opheffende gesprekke voer, is alles goeie Sabbatmiddag-aktiwiteite.

7. Sabbatsluiting Dit kan baie betekenisvol wees om aandgodsiens saam met ander by te woon of in ‘n mens se eie huis te hou; om die Here te dank vir die Sabbat, en om uit te sien na die Here se begeleiding in die nuwe week.

SAMEVATTING: Hierdie omskrywing van ‘n ideale Sabbat behoort nie vertolk te word as so baie reëls en regulasies nie, maar eerder as voorstelle wat ons kan help om Sabbat ‘n wonderlike belewenis te maak. Deur vroeg in die week, verstandelike en geestelike voorbereidings te tref vir Sabbat, en wanneer Sabbat aanbreek, sommige aktiwiteite opsy te skuif en met ander te begin, maak die dag spesiaal – die beste dag van die week!

Kom ons onthou: Die Sabbat is ‘n dag van aanbidding, ‘n feesdag, en ‘n dag van diens – ‘n voorsmaak van die hemel en die nuwe aarde, waar ons selfs ‘n hegter band met die Here – van Sabbat tot Sabbat - kan smee. Laat ons die Here dank vir hierdie baie spesiale gawe en doen wat Hom behaag. Dit is ook wat die mees heilsame seën vir ons inhou!

UIT: ELDERS DIGEST Okt/Des. 2012: Ekkehardt Mueller is die outeur van hierdie artikel en is die Adjunk-direkteur van die Bybelse Navorsingsinstituut by die Wêreldkonferensie.

in die voetspore van jesus…

Page 21: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

21

VERSTOMMENDE FEITE oor die Gees van ProfesieGod se Kerk en Sy MenseAan Wie Skenk Christus Sy Hoogste Agting? “Die kerk, verswak en gebrekkig... is die enigste aanskouingsles op aarde aan wie Christus Sy hoogste agting bied.” – Testimonies to Ministers, bl. 40“Niks anders in hierdie wêreld, is so kosbaar vir die Here as Sy kerk nie, en niks anders word so bewaak deur Hom met sulke jaloerse besorgdheid nie.” – Testimonies, vol. 6, bl. 42

Sal God se Kerk die Oorwinning Behaal? “Dit mag skyn asof die kerk tot ‘n val gebring word, maar dit val nie ..... Ek is vol moed en voel geseën, wanneer ek besef dat die God van Israel steeds Sy volk lei, en dat Hy met hulle sal bly, tot aan die einde van die wêreld.” – Selected Messages, boek 2, ble. 380, 406 Wie maak Deel Uit van die Kerk van die Here? Die eenvoudiges en die armes – “Die Here se volgelinge kom hoofsaaklik uit die alledaagses en eenvoudiges, die armes van hierdie wêreld ..... die rykes word ook geroep; hulle is genooi, maar hulle aanvaar nie die uitnodiging nie.” – Evangelism, bl. 565Protestantse Kerke – “En in watter godsdienstige liggame word die groter deel van die volgelinge van Christus nou gevind? Ongetwyfeld in die verskeie kerke wat die Protestantse geloof bely.” – Die Groot Stryd, bl. 383. “Nieteenstaande die geestelike duisternis en vervreemding van God wat bestaan in die kerke wat Babilon uitmaak, is die ware volgelinge van Christus steeds te vinde in hulle gemeenskappe.” – Die Groot Stryd, bl. 390Jode – “Daar sal menige bekeer uit die geledere van die Jode, en hierdie bekeerlinge sal help met die voorbereiding van die weg van die Here.” – Evangelism, bl. 579Katolieke – “God se kinders, baie van hulle, is in die Protestantse gemeentes, en ‘n graat aantal is afkomstig van die Katolieke Kerke.” - Selected Messages, boek 3, bl. 386Heidene – “Tussen die heidene is diegene wat die Here onkundiglik aanbid, hulle aan wie die lig nooit gebring is deur menslike werktuie nie, en tog sal hulle nie verlore gaan nie ... hulle sal erken word as kinders van God.” – Die Koning van die Eeue, bl. 638

Regeerrders – “Die Here het Sy werktuie, selfs tussen die regeerders en heersers van die aarde. En sommige van hulle sal nog bekeer tot die waarheid .... en hulle sal saam met die uitverkorenes die tyd van benoudheid deurmaak.” – Testimonies, deel. 1, bl. 203, 204

Wat gebeur met baie van God se kinders nader aan die einde van tyd? “Wanneer die storm nader, sal ‘n groot meerderheid, wat hul geloof bely in die derde engel se boodskap, maar wie nie geheilig is deur gehoosaamheid aan die waarheid nie, hulle standpunte versaak, en hulle skaar by die linies van die teëstander.” – Die Groot Stryd, bl. 608

“In ‘n visioen het ek twee leërmagte in ‘n geweldige stryd gesien ... Die een standaard na die ander is in die stof vertrap, soos die een groep na die ander van die Here se leërmag aangesluit het by die vyand; en die een troep na die ander troep uit die linies van die vyand, verenig het met die gebooie-onderhoudende kinders van God.” – Testimonies, deel 8 bl. 41“Die Here sal Sy boodskap gee aan hulle wat gewandel het volgens die lig wat hulle gehad het, en Hy sal hulle erken as ware volgelinge, volgens die oordeel van God. Hierdie manne sal die plek inneem van diegene wat, alhoewel hulle die lig en die kennis gehad het, nie in die weg van die Here gewandel het nie.” – Selected Messages, boek 3,bl. 422

Wat sal gebeur kort voordat die Here kom? “Voordat die Here se finale oordeel die aarde sal besoek, sal daar tussen die volk van die Here so ‘n herlewing plaasvind van vrome goddelikheid soos daar nog nie voorheen sedert die apostoliese tye gesien is nie.” – Die Groot Stryd, bl. 464

UIT: P. Bailey, FASCINATING FACTS ABOUT THE SPIRIT OF PROPHECY, ble. 52-53, Review and Herald Uitgewersmaatskappy

in die voetspore van jesus…

Page 22: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

22

150ste HERDENKING van die Stigting van ons Kerk

Ons kerkgenootskap is op 21 Mei 1863 by Battle Creek, in die Amerikaanste staat Michigan, in die lewe geroep. Op daardie dag, 150 jaar gelede, het ons die naam “Sewendedag-Adventiste” ontvang. Ons twee hoofl eerstellings is en word vervat in ons naam, en dit is daardie leerstellings wat ons onderskeibaar maak van ander genootskappe.

Die naam van ons kerkgenootskap dui egter op veel meer as net leerstellings. Ons naam is ’n simbool van ons gehoorsaamheid; wat hulde bring aan ons Heer en Meester, Jesus Christus; dit omsluit die ganse geskiedenis, van skepping tot by herskepping. Shakespeare het gesê: “A rose by any other name would smell as sweet.” Kom, laat ons op hierdie gedenkdag – op ons 150ste bestaansjaar – die simboliese “roos van ons naam” bring na die troonkamer van God; en selfs met nuwe name, ons verlustig in die liefl ike geur van daardie naam.

Deel 1: Die sewende dag – “die dag van die Here”/ “sabbatdag” (verskyn sewe keer in die Bybel)Eksodus 20:11 (as deel van die skepping) “…daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.”Levitikus 23:3 “…op die sewende dag is dit ’n dag van volkome rus… dit is ’n sabbat van die Here.”Psalm 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het…” Markus 2:27, 28 “Die sabbat is gemaak vir die mens… daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.”Lukas 6:5 “Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.”Openbaring 1:10 “Ek was in die Gees op die dag van die Here…”Jesaja 66:23 (op die nuwe aarde) “Elke nuwemaansfees en elke sabbat sal al wat leef, voor My in aanbidding kom buig, sê die Here.”

Die “sabbat van die Here” is dus ’n letterlike, 24-uur dag, wat geslag na geslag deur God se kinders onderhou word. Die sabbat is ’n rusdag ná ses dae van arbeid, ’n dag van aanbidding. Ons sabbatsroos het nie net een geur nie, maar twee. Kom ons kyk na die tweede gedeelte van ons naam. In 1844 was die voorlopers van ons geloof vuur en vlam in die VSA oor Jesus se wederkoms, wat hulle verkeerdelik gemeen het op die 22ste Oktober sou plaasvind. Daardie “Groot Teleurstelling” (ons is immers steeds hier!) het hulle egter aangespoor om dieper te delf in die Woord van God. Bybelstudie en gebed het aan die lig gebring dat sekere belangrike gebeure eers moet plaasvind voordat die oordeelsdag kan aanbreek. Neëntien jaar later, in 1863, het daardie voorlopers ’n kerkgenootskap gestig, met die woord “Adventiste” as die tweede gedeelte van hulle naam. Ons behoort die profetiese beskrywings oor daardie groot dag te bestudeer en te verstaan – as letterlike gebeure waarvan ons nie die tyd of datum kan

bepaal nie (alhoewel ons weet dat dit inderdaad “binnekort” gaan gebeur). Deel 2: “Adventiste” – diegene wat glo in, en wag op, die “dag van die Here” (verskyn ook sewe keer in die die Bybel)

Joël 1:15 “Die vreeslike dag! Die dag van die Here is naby: dit is ’n dag van verwoesting, dit kom van die Almagtige af.”Joël 3:14 “Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing!”Jesaja 2:12 “Die Here die Almagtige het ’n dag bepaal teen al wat trots en hoog is, teen alles, hoog en laag.”Jesaja 13:9 “Die dag van die Here het nou gekom… ’n dag waarop die land verwoes en sy sondaars uitgeroei word.” Sefanja 2:1, 2 “Ruk julle reg, onbeskaamde nasie… voordat die dag van die toorn van die Here oor julle kom.”Amos 5:18 “Ellende wag vir dié wat smag na die dag van die Here! Waarom 1 Tess. 5:2 “Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ’n dief in die nag.” Maar dan die vertroosting in vers vier: “Maar, broers, julle leef nie in die duisternis nie; dié dag sal julle nie soos ’n dief oorval nie.”

Soos ’n dief in die nag? Diegene wat versuim het om Bybelstudie te doen en hulself nie voorberei het nie – wat nie ’n verhouding met die Heiland gekweek het nie – word oorval deur die oordeelsdag, soos huismense deur ’n inbreker. In al die bogaande tekste word die wederkoms van Christus beskryf as ’n dag van beslissing, van vernietiging, vir die nasies en indiwidue wat God en sy reddingsplan verwerp het.

Vandag is ons die Here innig dankbaar dat ons as ’n kerkgenootskap steeds in sy lig wandel – en nie in duisternis nie – deur die sabbatdag van die Here te onderhou, en deur uit te sien na sy dag van beslissing. Ten slotte kan ons die volgende teksvers in gedagte hou; wat ons hoop vir die hede, en sekerheid vir die toekoms gee: 2 Timoteus 4:8 – Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.” Ellen G. White gee ons ’n toekomsblik van hoe die Here sy kinders op daardie dag gaan ontvang: “Met onuitspreeklike liefde verwelkom Jesus sy getroue [kinders], sodat hulle kan ingaan in die vreugde van hulle Heer. Die Heiland se vreugde, in sy koninkryk van heerlikheid, is om al die [kosbare] siele te sien wat deur sy sieleangs en vernedering [aan die kruis] gered is” (The Great Controversy/Die Groot Stryd, bl. 647).

Ivy Petersen, Kuilsrivier-Gemeente

aktuele nuus

Page 23: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

23

“DOEN JOU NAAM GESTAND!”Die Betekenis van die Sewendedag-Adventiste KerkDie Sewendedag-Adventiste Kerk herdenk vanjaar ’n geskiedkundige dag: die stigting en naamgewing van die genootskap deur ’n groeiende groepie gelowiges in Battle Creek, in die Amerikaanse staat Michigan sowat 150 jaar gelede. In die lig van hierdie bestaansjaarvieringe , het president Ted N.C. Wilson ’n beroep op lidmate gedoen om daardie naam, waarmee die kerk as wêreldwye beweging in die lewe geroep is, “gestand te doen.”

“Die Here het geweet dat sy oorblyfselkerk ’n unieke naam moes hê, een waaraan hulle uitgeken kan word as diegene ‘wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou’ – soos dit geskryf staan in Openbaring 12 vers 17,” het Wilson aan ’n stampvol kerk op Saterdag, 9 Oktober gesê. “Die besluit om die naam ‘Sewendedag-Adventiste Kerk’ te gebruik,” voeg hy by, “het eers gevolg nadat die leerstellings van ons kerkgenootskap deur diepgaande Bybelstudie en toegewyde gebed inslag gevind het.” Wilson se preek is wêreldwyd uitgesaai via die kerk se Hope Channel-satellietdiens. Die president se boodskap was die hoofgedeelte van die erediensprogram by die jaarlikse sakesitting van die Wêreldkonferensie se Uitvoerende Komitee; ’n geleentheid waartydens belangrike kwessies oorweeg word. Alhoewel die meeste items op die kerk se agenda reeds afgehandel is tydends die 59ste Wêreldkonferensiesitting – wat in Atlanta, in die Amerikaanse staat Georgia, gehou is – fokus die Uitvoerende Komitee se jaarlikse sakesittings op belangrike kwessies rondom kerk- en personeelbestuur.

Lr. Wilson, wat die sentrale tema van sy preek herhaaldelik beklemtoon het, het sy gehoor se aandag op die merkwaardige aard en belangrikheid van die naam “Sewendedag-Adventis” gevestig. “Elke keer wat ’n mens dit gebruik, gee jy ’n preek!” het die president bygevoeg. “Wanneer ons skriftelik of verbaal kontak maak met die publiek, moet ons nie kortweg na onsself as ‘Adventiste’ verwys of agter die afkorting ‘SDA’ skuil nie. Elke keer wanneer ’n mens sê, ‘Ek is ’n Sewendedag-Adventis,’ preek jy ’n preek. Ons hoef nooit skaam te wees oor ons naam nie! Toe ons kerk in die lewe geroep is, het [ons stigterslede] ’n aantal opsies oorweeg; maar slegs toe die naam ‘Sewendedag-Adventiste Kerk’ bespreek is, het die Here sy stempel van goedkeuring daarop geplaas.”

Sewendedag-Adventiste Kerk – as naam vir ’n kerkgenootskap – “is opvallend,” meen Wilson. “Die ‘Sewendedag’-gedeelte verwys na God se skeppingsmag; toe Hy die aarde in ses letterlike, aaneenlopende, 24-uur dae gemaak het; en die sewendedag-sabbat as gedenkteken van daardie skepping ingestel het. Dit herinner ons aan die feit dat ons deur God Self geskape is, en dat ons nie een of ander terloopse afwyking in ’n onpersoonlike, evolusionêre proses is nie.” Lr. Wilson gee ’n verdere verduideliking oor die belangrikheid van die kerk se naam: “Die ‘Adventiste’-gedeelte toon die rigting waarin ons beweeg. Ons wag op die naderende wederkoms van ons Heer en Meester, Jesus Christus, en sien uit na die afl sluiting van die geskiedenis van die aarde. Die letterlike wederkoms van Christus – ons blye hoop – is die hoofdoelwit en mikpunt van elke Sewendedag-Adventis.”

“Daardie kragtige, Godgegewe naam, ‘Sewendedag-Adventis,’ is ’n eenwoord-preek oor hoop,” het die president gesê. “Dit dui op God as die Outeur en Voleinder van ons geloof. Dit verhef Christus in al sy skoonheid. Dit verkondig die boodskap oor die groot stryd [tussen God en Satan], van begin tot einde.”

’n Minder aangename besef dring egter hier tot ons deur, meen Wilson: “Ten spyte van die vreugdevolle erkenning dat God ons oor dekades heen

deurgedra het, behoort dit ’n sekere mate van ongemak by ons teweeg te bring, ons behoort te besef dat iets nie pluis is nie. Dink ’n bietjie daaroor na: hoe kan ’n beweging – wie se enkele taak die voorbereiding van die wêreld vir die spoedige terugkeer van Jesus is – hulle verheug in hulle 150ste bestaansjaar en hulle besonderse naam? Hoeveel herdenkings moet ons nog [aan die geskiedenis-jaargange] afstaan? Hoe lank moet hierdie beweging voortbestaan voordat die wederkoms gebeur?” Lr. Wilson sê: “Die tyd het aangebreek vir ons om die beliggaming van God se stem te wees; om ’n beroep op mense te doen om uit geestelike Babilon te kom, soos Openbaring 14 en 18 ons aanbeveel om te doen. In ons era van pluralisme, relativisme, humanisme en hedonisme roep die Here ons as Sewendedag-Adventise om ’n teenkultuur, ’n eindtydbeweging, op die been te bring; een waarin elke lid bereid is om met Christo-sentriese nederigheid en selfversekering op te kom vir dit wat reg is, selfs al wankel die aarde ook.”

Die president sê dat ons wel daardie sendingdoel kan bereik: “Ek doen ’n ernstige beroep op elke lid van die Sewendedag-Adventistekerk om, deur die krag van die Heilige Gees, saam te staan en die werk te voltooi wat aan ons toevertrou is. Laat ons eendragtig saamwerk – die kerk as ’n geheel, met al sy instellings – en ook ander entiteite en bedienings wat ’n ondersteunende rol speel. Baie van hierdie onafhanklike bedienings behoort aan daardie wonderlike organisasie, die ASI, wat die amptelike kerk bystaan in sy werksaamhede.” Die ASI waarvan Wilson hier praat, is die Adventist-laymen’s Services and Industries. Die ASI is gemik op Adventiste-leke wat nie direk vir die kerkorganisasie werk nie, maar wie se evangelisasiewerk aanvullend tot dié van die kerk is.

’n Belangrike fokuspunt in die president se preek was die 1901 Wêrelkonferensiesitting wat in Battle Creek, in die staat Michigan, gehou is; asook die feit dat die kerk in daardie jare nie die “laat reëns” – d.w.s. die uitstorting van die Heilige Gees – ontvang het nie. Volgens Ellen G. White, ’n pionierslid en medestigter van die Adventbeweging, is dit wat God in gedagte gehad het vir sy kerk. Verwysende na mev. White se 1903-visioen het Wilson gesê dat die weerhouding van die laat reëns te wyte was aan kerkleiers se onwilligheid om hulle te verootmoedig voor die Here. “Ek kan slegs ’n leier wees as ek my neerwerp voor die kruis, en as ek self tyd met Jesus deurbring in sy Woord,” het Wilson bygevoeg. “Ek beskik nie oor die nodige insig en vaardighede vir leierskap. Net Christus kan my dit gee. Vandag moet ek – voor u en voor die Here – my trots en verwaandheid bely; so ook my selfsug en my verwaarlosing van behoorlike stiltetyd saam met God, sy Woord en die Gees van Profesie.” Die Gees van Profesie waarvan die president hier praat, is natuurlik mev. White se geskrifte. “Ek bely teenoor u my jaloesie en selfgesentreerdheid. Ek vra u, en ook my medeleiers, vir vergifnis. Ek wil graag die wil van die Here doen. Ek wil my graag verootmoedig voor die aangesig van die Here. Ek wil op my knieë gaan, myself tot die Here wend. Ek begeer die uitstorting van die laat reëns in my lewe – wat van u?”

(Hierdie is ’n aanlyn-uittreksel uit leraar Ted N.C. Wilson se preek. Lr. Wilson, die president van die SDA Wêreldkonferensie, was een van die sprekers tydens die Uitvoerende Komitee se sakesitting, wat op 9 Oktober 2010 gehou is. Die hooftemas van daardie sitting was evangelisasie en persoonlike getuienis).

9 Oktober 2010, Silver Spring, Maryland, VSA Mark A. Kellner, in die tydskrif Adventist Review.

aktuele nuus

Page 24: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

24

GROEI IN CHRISTUS SE LIEFDE: 1 Korintiërs 13 vir Getroude Mans en Vroue

Die Reën Dit was ’n besige oggend, so 8:30 se kant, toe ’n bejaarde man in sy tagtigs opdaag vir die uithaal van steke uit sy duim. Hy was klaarblyklik haastig vanweë sy afspraak om nege. Nadat ek al die gewone metings geneem het, wys ek hom waar om te sit; met die wete dat hy ten minste ’n uur sou wag voordat hy gehelp sou kon word. Ek merk dat hy gedurig na sy horlosie sit en kyk, en besluit toe – aangesien ek nie ’n pasiënt het wat vir my wag nie – om maar solank sy wond te ondersoek. Ek sien toe dat dit mooi genees het, en kry die dokter se toestemming om voort te gaan met die uithaal van die steke en die aansit van skoon verbande. Terwyl ek sy wond versorg, vra ek of hy later daardie oggend nog ’n doktersafspraak het; aangesien hy so haastig is. “Nee,” antwoord hy, hy moet na die verpleegtehuis gaan om ontbyt saam met sy vrou te eet. Ek vra toe hoe dit met haar gaan. Hy verduidelik dat sy al ’n geruimte tyd lank daar bly en dat sy aan Alzheimer se siekte ly. Terwyl ons so praat, vra ek of sy laatwees haar dan sal pla. Hy sê toe dat sy nie meer weet wie hy is nie, en dat dit reeds vyf jaar lank die geval is. Ek was totaal verras en vra toe: “En u besoek haar steeds elke oggend, selfs al weet sy nie wie u is nie?” Hy glimlag, sit sy hand vertroostend op myne, en sê: “Sy ken my nie meer nie, maar ek weet wie sy is.” Terwyl hy aanstaltes maak om te gaan, wil die trane net rol. Warm gevoelens van tederheid het oor my gespoel, en die gedagte het by my opgekom: “Dit is die soort liefde wat ek in my lewe wil hê.” Ware liefde is nóg liggaamlik nóg romanties; dit is ’n aanvaarding van dit wat is, wat was en wat nog moet kom. Die gelukkigste mense is nie noodwendig dié wat die beste dinge in die lewe bekom nie; maar dié wat die beste maak van dit wat hulle reeds het. “Die lewe gaan nie oor storms oorleef nie, maar oor dans in die reën.” Ons almal word ouer. Môre is dit dalk ons beurt. Deur Rose Mary

1 Korintiërs 13 - Vir die Getroude Man

As ek my laat geld omdat ek die hoof van die huis is, maar ek het nie die liefde nie, dan gee ek net uiting aan my frustrasies. As ek voorgee dat ek al die geheimenisse van die huwelik deurgrond het, en dat ek al die kennis oor die verskille tussen mans en vroue in pag het; maar ek het nie die liefde nie, dan is ek bloot ’n hoogmoedige teoretikus.

As ek aan al my vrou se inkopiegrille toegee deur haar aanhoudend geld te gee, en as ek my ganse lewe opoffer vir huweliksukses; maar ek het nie die liefde nie, dan is ek maar net nog ’n slagoffer van die “spokieshuwelik”-sindroom. ’n Man se liefde is geduldig wanneer sy vrou nooit betyds gereed is nie, vriendelik selfs wanneer sy “weer in een van haar buie is,” en nie afgunstig op haar sosiale vaardighede en haar vriendinne nie. ’n Liefdevolle man praat nie groot oor sy logiese denkvermoëns nie of oor die feit dat hy gewoonlik reg is nie. Hy behandel sy vrou soos ’n dame, met bedagsaamheid en tederheid, En jaag nie sy eie belange en stokperdjies na ten koste van haar belange nie.Hy word nie verbitterd wanneer sy vrou nie soos hy dink of maak nie, en hou nie boek van al die kere wat sy hom seergemaak of te na gekom het nie. ’n Man se liefde vir sy vrou verdra alle misverstande, Glo dat God die antwoord is tot huweliksgeluk, Hoop opreg dat hulle verhouding tot eer van God sal strek, en verdra al die onvermydelike swaarkry van die lewe. Huwelikseminare – hulle sal vergeet word. Biblioteke vol boeke oor

die huwelik – hulle sal vergaan. Teorieë oor die verskille tussen mans en vroue, en die rolle wat hulle moet vertolk – hulle sal tot niet gaan.

In die hart van die Christelike eggenoot bly daar nou – die geloof, dat God ’n plan gehad het toe hy die mens manlik en vroulik geskape het; en die hoop, dat die huweliksband tussen hom en sy vrou ’n toonbeeld van die band tussen Christus en die gelowige sal wees, soos die Here dit oorspronklik bedoel het; Maar die liefde bly steeds die grootste, daardie liefde wat ons in staat stel om die allerbeste vir ons lewensmaat te soek, sonder om onsself eers te bevoordeel.

1 Korintiërs 13 - Vir die Getroude Vrou

As ek my reg tot vryheid van spraak beoefen deur altyd my sê te sê, maar ek het nie die liefde nie, is ek net soos ’n skarnier sonder olie of ’n lekkende dak. Selfs al weet ek hoe om my man te bevredig, en al het ek die Spreuke 31-vrou mooi onder die knie gekry, maar ek het nie die liefde nie; dan is ek bloot ’n robot, ’n muntoutomaat. As ek altyd net gee, maar nooit uit liefde nie, is ek maar net ’n jammerlike huweliksmartelaar. ’n Vrou se liefde vir haar man is geduldig met al sy pypdrome, is ontvanklik vir sy voorkeure, en onderskraag sy leierskap. Die liefde van ’n Christelike eggenote neul nie sonder ophou nie, dit hou nie voortdurend boek van al die kere wat haar gevoelens seergemaak is nie. Dit word nie verbitterd oor die dinge wat hy vergeet het om op te tel nie – oor die kere wat hy nie betyds huis toe gekom of wanneer hy iets op ’n ongeriefl ike tyd wou gedoen het nie.

Uit liefde vir haar man sal sy nie haar voorkoms verwaarloos nie; sal sy by hom aansluit wanneer hy op sy manier ontspan, en dikwels haar bewondering vir hom toon. Die liefde van ’n vrou verdra alle onsensitiewe uitlatings; glo dat God haar huwelik en haar man na sy goeddunke sal vorm, hoop opreg dat sy en haar eggenoot se doen en late tot eer van God sal strek; en is lankmoedig in tye van konfl ik, tye wanneer jy en jou man stry kry! Feministe-propaganda – hulle sal verbygaan; die nuutste modes – hulle is sommer gou-gou ou nuus; al die besittings – hulle sal eendag breek of gaan staan. Maar haar geloof in die genoegsaamheid van God is blywend, haar hoop op ’n huwelik waarin God verheerlik word; en tog is die liefde steeds die grootste, liefde wat die ander party eerste stel, sodat sy die genot van God se diepste bedoelings met die huwelik kan smaak.

Aanmoediging –‘n Kalmeerpil vir Paartjies“Al steek tye van swaarkry, probleme en teleurstellings soms kop uit; moet nóg die man nóg die vrou dink dat hulle huwelik ’n fout was of selfs ’n mislukking is. Neem ’n vaste besluit om alles in die stryd te werp ter wille van mekaar. Skenk voortdurend aandag aan mekaar, soos aan die begin. Gebruik elke geleentheid om mekaar aan te moedig om die lewe se uitdagings die hoof te bied. Let noukeurig op die dinge wat jou maat vreugde bring. Laat wedersydse liefde en verdraagsaamheid hoogty vier; dan sal die huwelik nie die einde van julle liefde hoef te beteken nie, maar eerder die herontdekking van julle eerste liefde teweegbring. Die tederheid van ware vriendskap en die soort liefde wat harte verenig, is slegs ’n klein voorsmakie van dit wat ons in die hemel te wagte kan wees” (Ellen G. White, Adventist Home, bl. 106).

DR. JUN NEGRE, SAU Direkteur: Gesinsbedieninge

geestelike fokus

Page 25: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

25

VERMY DIE STRIKKE VAN SATAN Bewaak Jou Gedagtes

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel,

loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

1 Petrus 5:8

Soos ‘n brullende leeu is satan besig om sy magte bymekaar te bring vir die stryd in die werk wat voortgesit moet word. Hy probeer blaam en verdenkinge bring oor die Here se werk deur die een broer teen die ander op te maak. Deur die elemente van suspisie en bose verdenking word hierdie gees aangewakker. Dit was onder my aandag gebring om aan ons mense mee te deel dat ons nie teen mekaar moet planne beraam nie. Ons moenie ongeloof in ons harte koester nie. Ons moenie valse bedenkinge koester teenoor ons broers en susters nie. Dit is een van die mees geslaagde metodes van satan om die harte te vervreem van diegene wat juis besig moet wees om te dien in die Here se werk. Baie meer aandag en tyd moet ernstig in persoonlike gebed bestee word. Praat en handel asof u in die teenwoordigheid van die Here is ....

Ontevredenheid het in die hemel begin toe satan se begeerlikheid nie bevredig kon word nie. Hy kon nie die posisie in die hemel bekom, wat hy in sy hart begeer het nie. Ontevredenheid, weersin en wantroue het nie voorheen in enige hart opgekom nie. Toe satan sy bose werk begin het, het hyself nooit besef waarheen dit sou lei nie. Maar die bose gedagtes wat hy gekoester het, het mettertyd uitdrukking gevind in bose voorstelle; onenigheid is in die geledere van die engele gesaai. Uiteindelik het al hierdie dinge gelei tot opstand in die hemel. Hierdie groot rebellie was die begin van al die pyn en hartseer wat die mensdom getref het.

Aan diegene wat geneig is om andere verkeerdelik onder verdenking te plaas en te beskuldig van booshede, pleit ek: “Lees asseblief die hoofstuk, ‘Die Oorsprong van Boosheid,’ in die boek, Die Groot Stryd.” Laat die

waarheid ‘n tuiste vind in u eie hart. Onthou, dit was die gees van jaloesie en bose verdenking, gekoester in die hart van die opstandige engel, wat hierdie listige werkinge begin het en die sluise van ellende geopen het op die aarde.

Satan beywer hom om die kudde van die Here te verswak in elke gemeente. Hy ondersoek elke moontlikheid om broer teen broer onder verdenking te plaas. Hierdeur veroorsaak hy baie hartseer en pyn. Ek het opdrag ontvang om aan elkeen wat bely dat hy ‘n volgeling van Christus is, te sê: “Weerhou u tong van boosheid, en u lippe, dat dit geen bedrog sal spreek nie.” Deur selfverheffing bewerkstellig satan die ondergang van die siel, en sy werkinge kan in elke gemeente bespeur word. My broers en susters, hou strenge bewaking oor u gees. Beteuel u woorde, want satan is gereed om u te verlei in die herhaling van sy eie geskiedenis.

Bewaak u gedagtes. In hierdie laaste dae van die aarde se geskiedenis, wend satan sy desperate pogings aan om siele in sonde te verlei. Beteuel u tong asof in ‘n stang. Vestig u gedagtes op die Woord van die lewende God. Dieselfde gees wat opstand verwek het in die hemel, is aan die werk in ons gemeentes... Ons lewe in die laaste dae van hierdie aarde se geskiedenis, en die satan wend doelgerigte pogings aan om die gedagtegange en gedagtes te ondermyn. - Brief 66, 10 April 1909, “To Those Assembled at Camp Meeting.”

Hierdie oordenking is geneem uit The Upward Look deur Ellen G. White. Vir gratis elektroniese afladings van boeke deur Ellen G. White, kan hierdie webwerf besoek word: www.egwwritings.org.

geestelike fokus

Page 26: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

26

“LEË PALEISE” – ‘n Uitnodiging na die Hemel

geestelike fokus

Die aand skemer in ... as die hemel aande het wat neerdaal. En twee fi gure loop ingehaak bymekaar, stil-stil deur die goue strate. Een van hulle herken ons onmiddellik as die Meester. Die andereen – dit moet die engel Gabriël wees. En so stap hulle stilweg aan, deur die onbeskryfl ike skoonheid. Want ... ”wat die oog nie gesien het nie, en die oor nie gehoor het nie, en wat nog nooit in die hart van die mens opgekom het nie, alles het die Here voorberei vir hulle wat Hom liefhet”.

Maar vanaand is dit asof selfs die luisterryke prag effens gedy onder die vreemde stilte van die twee fi gure. Hulle het nou die ontsaglik-kolossale deel van die stad binnegegaan wat onbewoon is. Waarom dit so moet bly, is moeilik om te verstaan, want die verruklike prag van die wonings wat die kronkelende strate omlyn, laat mens spraakloos . Die terrasse, die lowergroen grasperke, die roostuine in volle blom, sal trane van vreugde bring aan enige kind van die Here wat op sulke skoonheid uitkyk en selfs net ‘n fl oue hoop koester om eendag so ‘n tuiste te kan besit.

Uiteindelik verbreek Gabriël die stilte. “Meester,” sê hy, “alles wat uit U hand kom, is so wonderlik. En hierdie wonings is geen uitsondering nie. Dit is verruklik, pragtig – soos net U dit kon voorberei.”

“Dit sal verruklik skoon en mooi wees,” antwoord die Meester, “as dit net nie leeg was nie.” Weer is daar stilte. En dan praat Gabriël weer. “Meester, wanneer beplan U om hulle huis toe te bring?” “Nog nie,” antwoord Hy. En dan saggies, met ‘n kyk vol smagtende hartseer, antwoord Hy weer: “Nog nie.” “Het U nie al jare gelede, voor al hierdie dinge, beplan om hulle te gaan haal nie?” “Ja...” En Sy hartseer klink sommer baie dieper. Daar is ‘n oomblik van stilte, en dan - “Meester, U weet dat daar behuisingstekorte is daaronder. Baie het geen blyplek nie. Daar is die ou aarde. Dit skyn of sommiges geen behoefte het aan die hemel nie. Maar Meester, die liefl ikste huise daaronder is gehuggies in vergelyking met die wonings wat U hier vir hulle voorberei het!” “Ek weet.” sê die Heiland saggies. Daar is ‘n meer instense stilte, en hierdie keer word dit verbreek deur die Meester: “Gabriël, sien jy al daardie groepe mense in al daardie lande – daardie wat daar kniel? “Ja, Meester.” “Hulle is my kinders, Gabriël. Hulle is getrou aan

My. Hulle bewaar my gebooie. Hulle het My woorde lief. Hulle vertel ander dat Ek weer terugkom. En hulle bid: “Kom, Here Jesus, kom.” Die Meester huiwer. Dan gaan Hy voort: “Maar Gabriël, somtyds wanneer My kinders voel dat Ek hulle moet kom haal, bespeur ek ‘n bekommerde uitdrukking op hulle gesigte, so asof ...” Die Meester kan nie uitdrukking gee aan wat op Sy hart lê nie. Maar Gabriël weet en draai sy gesig weg. Want hy het geen antwoord vir sy Heer nie.

‘n Paar oomblikke gaan verby en dan draai die engel weer na Jesus toe; sy gesig spreek van liefde en bewondering wat in sy hart vir sy Meester is. “Jesus”, sê hy. En dit lyk asof die Heiland se gesig verhelder wanneer Gabriël hom aanspreek. Hy hou daarvan om deur die naam JESUS aangespreek te word: “want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos.”

Gabriël bly vir nog ‘n kort rukkie stil, terwyl hy na die spykermerke in Jesus se hande kyk. En dan, terwyl hy albei Jesus se gewonde hande vashou in syne, gaan hy voort en hou aan om daardie onmeetlike naam te herhaal: “Jesus, U het soveel vir hulle gegee.” Hy sê niks meer nie, want selfs ‘n engel kan nie genoegsame woorde vind om uiting te gee aan sulke oneindige liefde nie.

Die trane wat oomblikke gelede stilweg oor die Meester se wange geloop het, vloei nou onkeerbaar. Sy hartseer is so skreiend-groot dat die intensiteit daarvan ondraaglik word. Eindelik, bewegende na die leë wonings rondom Hom, vind Hy uiting in hierdie woorde:“Gabriël, wil hulle nie huis toe kom nie?”

Vriend, daar is niks verbeeldingryk oor die hartseer wat traan en skeur aan die Heiland se hart nie. Dit is meer eg en innig as wat dit hier uitgebeeld word. Leë paleise wag vir jou en vir my... En waarom hou hierdie aardse bouvallige strukture ons aandag en tyd so gevange, terwyl daardie liefl ike wonings daarbo leeg is en wag? My vriend, wil jy nie HUIS TOE gaan nie?

SKRYWER ONBEKEND

Page 27: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

27

Hartwarme VERJAARSDAGWENSE

GEBEDE EN WENSE VIR

VREUGDE AAN ...

Almal wat hulle

VERJAARSDAE vier

gedurende April-Junie 2013.

GENIET ‘N GESEËNDE DAG !!

‘N HERINNERING: Maranatha - Sperdatums 2013

Geagte Lesers, Vriende en Kollegas

Hiermee ‘n vriendelike, dog dringende herinnering aan die SPERDATUMS vir MARANATHA 2013

ten opsigte van alle artikels, grafiese insette of foto’s ( in jpeg formaat), verhale, verslae, en programme vir publikasie:

KWARTAAL 1 – 17 Januarie 2013 | KWARTAAL 2 – 18 April 2013 | KWARTAAL 3 – 18 Julie 2013 | KWARTAAL 4 – 17 Oktober 2013

Neem ook vriendelik kennis van die volgende e-pos adresse waarheen die genoemde artikels aangestuur kan word:[email protected] EN [email protected] en ook ’n elektroniese afskrif aan: [email protected]

U vriendelike samewerking en bydrae(s) hierin word opreg waardeer.

MET DANK, MARANATHA REDAKTEURSRAAD

aankondigings

Page 28: “Dit gaan goed met die mense vir wie U huis ‘n tuiste is ... AFR JUNE 2013 LR.pdf · Here nie woon in handgemaakte tempels nie, vereer Hy die byeenkomste van Sy kinders nogtans

“Herlewing van ware godsvrug onder ons is die grootste en dringendste van al ons behoeftes. Om dit na te streef, behoort ons hoogste prioriteit te wees…”

Selected Messages, Vol 1 (1958), bl 121

Herlewing en Hervorming

Die groot herlewings van die Christelike geskiedenis is deur

gebed vermag. Tydens die Pinksterfees het die dissipels

ernstig tot God gebid. God se eindtydboodskapper aan die

oorblyfselkerk maan ons, “Herlewing kan slegs in antwoord

op gebed verwag word”.

Selected Messages, Vol 1 (1958), bl 121

In GebedSewendedag-Adventiste

bid 7 dae per week

om 7 vm en 7 nm