storms preek 22 jan 2017

Post on 08-Feb-2017

59 Views

Category:

Spiritual

1 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

Lukas 8: 22-25 (NLV)22) Eendag het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons vaar oor na die ander kant van die meer.” Hulle het in ’n skuit geklim en begin oorvaar. 23) Op pad oorkant toe het Jesus gaan lê om te slaap, en terwyl Hy slaap, het die wind begin opsteek. ’n Hewige storm het losgebars wat hulle wou laat ondergaan. Hulle was in lewensgevaar.

24) Die dissipels het Hom wakker geskud en geskree: “Leermeester, ons is besig om onder te gaan!”Jesus het die siedende wind en golwe bestraf. Die storm het bedaar en alles was weer kalm.

25) Toe vra Hy vir hulle: “Waar is julle geloof?”En hulle was vervul met ontsag en verbasing. Hulle het vir mekaar gesê: “Wie is hierdie Man tog dat Hy selfs die wind en die golwe opdrag gee en hulle Hom gehoorsaam?”

1. ‘n Windpomp word gesit waar daar water is.

Jes 12:2-32) God het my kom red.Ek vertrou op Hom.Ek is nie meer bang nie.Die Here, die Here is my kragen my lied.Hy het my kom red.”3) Met blydskap sal julle drinkvan die fonteine van redding!

Joh 4:1414) Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.”

Jes 44:33) Want Ek sal jou water gee,genoeg om jou dors te lesen jou droë lande nat te lei.Ek sal my Geesop jou kinders uitstort,en my seëningeop jou nageslag.

2. Daar moet ‘n pyp wees wat in die grond ingaan en ‘n pomp stelsel.

3. Wat kort ‘n windpomp om te werk?

Ps 63:22) O God, U is my God,ek soek na U,ek smag na U;my hele liggaam verlang na Usoos ’n dor landsonder water.

Ps 1:1-3 (DB)1)God hou sommer baie van jou,want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie.Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie.Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie.2) God is baie bly omdat jy sy Woord geniet.Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.

3) Daarom is jy soos ’n groot boom wat stewig langs die water staan.Hierdie boom dra op die regte tyd baie vrugte en sy blare bly groen.Sy grootheid skyn helder in alles wat jy doen.Daarom gaan dit baie goed met jou.

Joh 7:38 (NLV)38) Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’”

top related