matteus 27:27-31 - sangdiens vir palmsondag

Post on 29-Jul-2015

77 Views

Category:

Spiritual

6 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

HEILIGE WEEKSANGDIENS

Fokus op Jesus se lyding en dood

Toetrede

Hoe diep is sy lyding daar aan die kruis (koor)

Hoe diep is sy lyding aan die kruis, hoe wyd strek sy hande om te red. Hoe hoog reik sy liefde wanneer Hy bid, want Hy dink aan ons voordat Hy sterf.

Refrein

Ons dink aan Jesus met brood en wyn, dink aan sy lyding en aan sy pyn. So is sy liggaam vir ons gebreek, so het sy bloed vir ons gevloei. Ons dink aan Jesus met brood en wyn, ons dink aan Hom totdat Hy kom.

Vers 2

Ons kom na die tafel soos Hy beveel, om saam in die nagmaalfees te deel. Sy wens is dat elkeen wat in Hom glo gevoed en versterk word in geloof.

Refrein

Ons dink aan Jesus met brood en wyn, dink aan sy lyding en aan sy pyn. So is sy liggaam vir ons gebreek, so het sy bloed vir ons gevloei. Ons dink aan Jesus met brood en wyn, ons dink aan Hom totdat Hy kom.Ons dink aan Hom totdat Hy kom.

Votum en seëngroet

Jesus, o dink aan my (koor)

Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.

Jesus, remember me (koor)

Jesus, remember me when You come in your kingdom.Jesus, remember me when You come in your kingdom.

Jesus, o dink aan my (gemeente)– sit

Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.

Jesus, remember me (gemeente)

Jesus, remember me when You come in your kingdom.Jesus, remember me when You come in your kingdom.

Is dit, is dít my Koning (gemeente)– staan

Is dit, is dít my Koningkyk daar, aanskou die Mens!Is dit, is dít sy kroningwie het dit só gewens?Is dit sy konings-huldedié riet, dié kleed, dié kroon?Boet Hy só vir my skulde,word só Gods Seun vertoon!

Vers 2

Ja, ek kos Hom die slae,die smarte en die hoon.Vir my hang Hy, verlateen naak, met doringkroon.Vir my was daardie wonde,vir my moes Hy daar staan;Hy moes vir al my sondedie bitt’re kruisweg gaan.

Vers 3

O Jesus, Man van smarte,o Liefde onbegrens,skryf diep in alle hartedie woord: "Aanskou die Mens!"O laat my nooit vergeet niedié kroon, dié kleed, dié riet!Geen groter troos in leed niedis ook vir my geskied!

Wie sal ons glo as ons vertel (koor)

Wie sal ons glo as ons vertelwat God se Kneg moes ly.Verag en deur sy volk verstootmoes Hy die doodstryd stry.

Vers 2

Die Man van lyding ken die pyn,deur God en mens verstoot.Vir ons oortredings hang Hy daar -ons straf kos Hóm die dood.

Vers 3

Deurboor, verbrysel en geslaan -dra Hy ons sondeskuld.Hy neem ons lyding op Homselfin stilte, met geduld.

Vers 4

Ja, Jesus Christus, Lam van God,U is vir ons geslag.U diepe lyding maak ons vryvan skuld- en sondemag.

Kindertyd

Laat ons, Heer, u dood gedenk

Laat ons, Heer, u dood gedenk,Lewe vind in u dood,Wil ons lig en toegang skenk,Laat ons, Heer, u dood gedenk.

Ave Verum (Mozart)Elsje Nelson sopraan

Gebed

Matteus 27:27-31

27 Toe het die soldate van die prokurator vir Jesus na die pretorium saamgeneem en die hele kohort by Hom byeengebring. 28 Hulle het sy klere uitgetrek en 'n helderrooi mantel om Hom gehang. 29 Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” 30 Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. 31 Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.

Bybel Direkte Vertaling (BDV) 2014 

Gebed

Dankoffers

Was jy daar toe die Heer gekruisig is? (koor)

Was jy daar toe die Heer gekruisig is?Was jy daar toe Hy wreed mishandel is?Daar aan die kruis het Hy betaal vir al ons sonde.Wat jy daar toe die Heer gekruisig is?

Vers 2

Kan jy sien hoe Hy daar vir jou moes ly?Al die haat waardeur Hy geduldig bly?Daar aan die kruis het Hy betaal vir al ons sonde.Kan jy sien hoe Hy daar vir jou moes ly?

Vers 5

Weet jy nou waarom het Hy daar gehang?Weet jy nou waarom Hy so swaar moes ly?Daar aan die kruis het Hy betaal vir al ons sonde.Weet jy nou Hy’t dit als vir jou volbring?

Fokus op Jesus se opstanding

Kom laat ons almal vrolik (gemeente)– staan

Kom laat ons almal vrolikvoor God die Here sing!Laat heel die aarde juigendaan Jesus hulde bring!

Refrein

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Vers 2

Die sonde met sy smarteis aan die kruis verslaan.Nou kan ons vol van vreugdena God ons Vader gaan.

Refrein

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Vers 3

Laat alles wat hier lewedie Heer se liefde prys,want Christus het na lydingweer uit die graf verrys!

Refrein

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Christus het waarlik opgestaan (koor)

Christus het waarlik opgestaan,Hy het uit die graf gegaan.Daarom kan ons vrolik wees.Hy oorwin aardse vrees.Halleluja!

Vers 2

Christus se woord het ons verbly:Hy gaan vir ons plek berei.Daar sal ons in heerlikheid,woon tot in alle ewigheid.Halleluja!Halleluja!

Prys Hom, die Hemelvors (gemeente)– staan

Prys Hom, die Hemelvors,op sy verhewe troon,loof Hom aan Wie die hemelkoorhul hulde steeds betoon.Aan Hom, die Skepperheer,kom toe die eer en mag.Sy Woord het alles voortgebring,roem ewig sy gesag.

Vers 2

Loof Hom, die Lam van God,want Hy’s vir ons geslag.Hy het ons met sy bloed gekoop;besing sy reddingsmag.Uit elke stam en taalhet Hy ons vrygemaak;sy koninkryk, sy priesterdom -dít het Hy ons gemaak.

Vers 3

Lof, eer en heerlikheid,die wysheid en die kragbehoort aan God daar op die troonen aan die Lam, geslag.Tot in die ewigheidsal ons die lied laat hoor;die hele skepping oraloor roep"Amen" in ’n koor.

Net soos die hemelkoor (koor)

Net soos die hemelkoor sy lof op aarde sing – die Seun van God wat mens kom word en vrede bring – so klink ons lied vir Jesus Christus, God se Seun:U is ons Heer!

Vers 2

Die koninkryk van God, sy liefde en sy trouhet Hy aan elke mens wat luister voorgehou.So klink ons lied: Die deernisvolle Wonderdoener is die Heer!

Vers 3

Die sondes van die mens – ’n mens moet dit betaal.En Jesus gee Homself aan daardie skandepaal.So klink ons lied:Die Seun van God sterf aan die kruis – Hy is die Heer!

Vers 4

Die graf is oopgebreek; Hy het die dood oorwin.Ons lewe tot in ewigheid het nou begin.So klink ons lied vir Jesus Christus, die Oorwinnaar: U is die Heer!

Vers 5

Ons glo dat Hy sal kom, dat ons by Hom sal wees.Ons glo dat ons aansit by sy bruilofsfees.Dan klink ons lied – die Bruidegom het ons kom haal – Hy is die Heer!

Seën

Refrein (gemeente)

Ons Heiland is oorwinnaar,Christus is oorwinnaar,Hy’t waarlik opgestaan!

Dankie!

Albert Troskie (orrelis en liederekeuse)

Elsje Nelson (solis) Anél van Deemter (fluit) Janneke Jacobs (viool) Kerkkoor Ensemble

top related