leseenheid 1 graad sewe laat my bewe! › sites › default › files...“jy ʼn redenaar! jy wat...
Post on 04-Jul-2020
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
7
Leseenheid 1
Graad sewe laat my bewe!
Aktiwiteit 1: Ek luister
Luister aandagtig na die voorlesing van die teks en beantwoord dan die volgende vrae:
(Lees eers die vrae deur en maak dan luisteraantekeninge terwyl die teks aan jou voorgelees
word.)
1. Noem drie tipe seerplekke waarvoor Rollerdine aanbeveel word.
2. Noem twee dinge wat die salf by septiese wonde sal doodmaak.
3. Verduidelik in drie stappe hoe die salf gebruik moet word.
4. Wat beteken newe-effekte?
5. Noem twee newe-effekte wat kan ontstaan na die gebruik van Rollerdine-salf.
6. Wat beteken plaaslik?
7. Gee ʼn ander woord vir wonddekking.
8. Mag Rollerdine vir alle persone gebruik word?
9. Waarop dui anti- in anti-septiese salf?
Aktiwiteit 2: Ek lees met begrip
Demosthenes
Eeue gelede was daar ʼn Griekse seun met die naam Demosthenes. Hy het ongelukkig
gehakkel, waaroor die kinders hom dikwels gespot het - soos sommige kinders se manier
maar is. Die spottery het toegeneem toe hulle verneem dat Demosthenes se ideaal is om
eendag ʼn groot redenaar te word.
“Jy ʼn redenaar! Jy wat vyf minute a-a-a-a-a-a voor jy by b kom!” het hul hom gekoggel.
Dit alles het Demosthenes baie seer gemaak, maar hom nie ontmoedig nie. O nee! Dit het
hom des te meer vasberade gemaak, want hy was ʼn seun met groot deursettingsvermoë.
8
Beantwoord nou die volgende vrae in volledige sinne:
1. Wat is ʼn mens se ideaal? Wat beteken dit om jou ideaal te verwesenlik?
2. Wat is ʼn redenaar?
3. Sê nou ook wat is ʼn bewonderaar, skuldenaar en huigelaar?
4. Hoe koggel ʼn mens iemand?
5. As iemand lief is om ander te koggel, wat sê dit gewoonlik van hom of haar?
6. Wat was Demosthenes se belangrikste karaktertrek?
7. Wat is die verskil tussen ʼn sinsnede en ʼn volsin?
8. Soek in jou woordeboek die betekenis van die woord bare en sê dan of dit anders is as
golwe en branders.
9. a. Wanneer sê ons iemand is nog in sy of haar fleur?
b. Wanneer sê ʼn mens iemand is op die afdraand?
10. Wat beteken deursettingsvermoë?
11. Gee ander woorde vir vasberade.
12. Wat beteken ontmoedig?
13. Wat is die antoniem vir ontmoedig?
14. Kyk na die voorbeeld en voltooi dan die ander uitdrukkings:
Voorbeeld: lof toeswaai
a. dank ..............................
b. hulde .............................
15. Skryf die woordeboekbetekenis vir “welluidend” neer.
Hy het les in die spraak- en redenaarskuns geneem, hard gewerk om sy woordeskat uit te
brei en veral ure en ure geoefen. Jy kon hom dikwels teen die see af sien loop en hoor hoe
sy welluidende volsinne bokant die gebulder van die bare uitstyg. Demosthenes was gou
vol selfvertroue en op pad na die verwesenliking van sy ideaal
Na ʼn aantal jare, toe hy in sy fleur was, is die eens bespotte hakkelaarseun nie alleen as die
grootste redenaar van Griekeland beskou nie, maar as die grootste redenaar van alle tye.
Sy naam leef vandag nog altyd voort. As mense jou die hoogste lof vir jou redenaarskuns
wil toeswaai, dan sê hulle: “Daar is ʼn Demosthenes.”
9
Aktiwiteit 3: Ek skryf my taal
Maak ʼn opskrif in jou boek: “Ek en graad 7”.
Hoe sien jy die jaar wat voorlê? Volg die stappe in die skryfproses om jou gedagtes hieroor
duidelik neer te skryf. (Onthou: Wanneer jy ʼn paragraaf skryf, moet jy probeer om die tipe
sinne af te wissel. Dit kan jou skryfwerk baie interessanter maak.) Kyk na die voorbeeld van
ʼn breinkaart om jou gedagtes te prikkel:
Die skryfproses
Stappe:
1. Algemene bespreking / dinkskrum
Gebruik ʼn breinkaart om kernwoorde te sorteer.
2. Aanvangs-skryffase
Skryf kort sinne rondom die kernwoorde van jou breinkaart.
3. Eerste- of leemtekopie
Skryf jou eerste probeerslag deur jou sinne en kerngedagtes aan mekaar te las.
Ek en
graad 7
ontspanning
ideale
akademie
leierskap
sport
verhoudings
Boodskappe oor die lewe in graad 7
10
4. Selfredigering
Gaan jou leemtekopie met aandag deur en toets dit aan die hand van die volgende:
a. Is daar spelling waaroor ek twyfel? Onderstreep die woord en soek dit in ʼn
woordeboek op.
b. Het ek hoofletters reg gebruik?
c. Begin my sinne met ʼn verskeidenheid van woorde of is daar herhaling van Die,
Toe, Ek of ook voegwoorde soos want, maar, omdat, ensovoorts?
d. Het ek leestekens gebruik en is dit korrek?
e. Is my sinne volledig met die korrekte woordorde?
f. Maak dit wat ek geskryf het sin?
5. Deelfase
Deel jou werk met ʼn maat en redigeer saam volgens stap 4.
6. Finale kopie
Skryf nou die finale kopie foutloos.
Hierdie kopie word deur die onderwyser nagesien.
7. Publikasie of uitstalling
Nou is jou skryfwerk gereed om gepubliseer of uitgestal te word.
11
Aktiwiteit 4: Ek interpreteer my taal
Graad 7 is ʼn nuwe skooljaar vol nuwe dinge, waarna ʼn mens lank uitsien. Jy is nou ʼn senior
in die skool en een van die wat moet leiding neem en ʼn voorbeeld moet stel. Hoe gaan jy dit
doen? Laat graad sewe jou dalk bewe? Wat beteken dit as ons so sê? Ons sou ook vroeër
kon praat van “standerd vyf het baie om die lyf”. Dink ʼn bietjie wat dit kan beteken.
Hier kan ons letterlike en figuurlike taalgebruik onderskei.
1. Sê elke keer of die vetgedrukte woorde letterlik of figuurlik gebruik word.
a. Oppas vir daardie maat, hy is ʼn regte jakkals.
b. Die boer het groot skade gehad van die jakkals wat ʼn klomp van sy hoenders
gevang het.
c. Op sy wildsplaas is daar verlede seisoen agt buffels getel.
d. In graad 7 wil ek ʼn positiewe leier wees en nie ʼn buffel nie.
e. Toe sy klavier speel, het ek my verstom aan haar lang vingers.
f. Haar lang vingers maak dat ons maar altyd ons goedjies wegsluit.
g. Luiaards sal hierdie jaar tydens die eksamen beslis harde bene kou.
h. Ons hondjie mag nie harde bene kou na die operasie aan haar onderkaak nie.
i. Na die droogte werp hierdie boom al sy vrugte af.
j. ʼn Mens kan aan die einde van graad 7 altyd sien dat harde werk vrugte afwerp.
2. Lees die volgende strokie en beantwoord daarna die vrae:
Graad sewe laat my bewe,
want ek sien standerd vyf het
baie om die lyf!
Hoekom kap jy nog?
Kyk hoe laat is dit...
Die ander manne is al
lankal huis toe.
My byl is stomp, nou moet ek deur my etenstyd en tot wie weet hoe laat werk om
net soveel hout te lewer soos hulle...
Maar hoekom maak jy
nie jou byl skerp nie?
Waar dink jy moet ek
die tyd kry?
12
a. Verduidelik in jou eie woorde wat die houtkapper verkeerd doen.
b. Wat dink jy sal gebeur as ʼn mens hierdie jaar met ʼn stomp byl aanpak?
c. Is die stomp byl in die strokie letterlik of figuurlik gebruik? Verduidelik die
verskil.
d. Hoe dink jy voel die houtkapper in die eerste prentjie?
e. Kry jy hom jammer? Waarom?
Aktiwiteit 5: Ek doen navorsing
Ons het gelees van Demosthenes wat met uithouvermoë en wilskrag heel bo uitgekom het.
Gaan doen navorsing oor iemand wat nieteenstaande sy / haar gebrek, groot hoogtes bereik het
en daarom vandag vir baie mense ʼn aansporing is. Dink aan ʼn liggaamsgebrek, geldgebrek of
ʼn gebrek aan geleenthede. Jou navorsingsopdrag moet uit die volgende bestaan:
• Omslag met titel en jou naam op
• Inhoudsopgawe met bladsynommers
• Inleiding
• Die persoon se geboorte en ʼn beskrywing van sy / haar kinderjare
• Die probleem of gebrek waarmee die persoon moet worstel
• Hoe het hy / sy die probleem oorkom?
• Waar is die persoon vandag en hoe is hy / sy ʼn inspirasie vir mense rondom hom /
haar?
• Slot
• Bronnelys korrek geskryf
13
Aktiwiteit 6: Ek lees gedigte
Lees die volgende drie gedigte deur graad 7-leerlinge en
beantwoord dan die vrae:
1. Selfportret in die Engelse klas
Ingehok met vreemde taal
elke spier gespan soos staal.
Sê dit mooi en sê dit reg,
in die uur se groot geveg.
Baie goed, glad nie sleg,
alles deurmekaar gevleg.
Wat ʼn wonderlike sin!
Dankie tog – ek het oorwin.
Sandra Bekker
2. In die skool
Ons skool is ʼn lekker ding
en laat baie mense sing.
My vriende is oulik
en my meisie is vrolik.
Pouse speel ons lekker
en almal word gekker.
Wel, ek sal ons skool onthou.
Al het ek kinders en ʼn vrou.
Louis Minnaar
Graad 7 digters
14
Beantwoord nou die volgende vrae:
1. Wat is hierdie vreemde taal? Is dit vir jou ook vreemd?
2. Waarom is haar spiere soos staal gespan? Wat noem ons hierdie soort beeldspraak?
3. Wat dink jy is die uur se groot geveg?
4. Hoe dink jy lyk die wonderlike sin wat sy gemaak het? Skryf jou eie wonderlike sin.
5. Is daar iets waarmee jy voorheen gesukkel het, maar wat jy nou regkry? Verduidelik.
6. Tot watter gevolgtrekking kom die digter in gedig 2?
7. Wat is ʼn mens se selfbeeld? Hoe kry jy ʼn goeie selfbeeld?
8. Waarom wil die meisie in gedig 3 in die grond wegsak?
9. Dink jy sy het ʼn goeie selfbeeld? Waarom?
10. Watter talent het hierdie meisie nie? Dink jy dat sy daaroor bekommerd moet wees?
11. Skryf ʼn gediggie oor jou eie skool en sê daarin hoe jy voel. Maak ʼn potloodillustrasie
(tekening) daarby.
Aktiwiteit 7: Ek verstaan hoe my taal werk
Ons weet nou al dat ons (net soos diere) klanke gebruik om te kommunikeer. Dit is waarmee
Demosthenes so gestoei het tot hy dit reggekry het. Die verskil tussen ons en diere is, dat
ons deur God toegerus is om met die klanke ʼn verskeidenheid konstruksies te vorm, wat
uiteindelik ons unieke taal vorm. In die gebruik van hierdie grammatika vind ons sekere
klankverskynsels.
Gebruik nou die gedigte by Aktiwiteit 6
om die volgende taalvrae te beantwoord:
1. Soek vyf woorde uit die eerste gedig
waarin die klinkers lank uitgespreek
word en skryf dit neer.
3. My selfbeeld in die kunsklas
As juffrou sê: Teken! Verf! Knip! Plak!
wil ek net in die aarde wegsak.
Wat gaan ek teken, ek het geen idees.
As ek tog net een van die ander kon wees!
As ek my prent vir Juffrou wys,
bewe my hele lyf van vrees.
Juffrou kyk lank na die prent en sê dan:
Helen, is dit ʼn blom of ʼn bees?!
Helen McLachlan
Die o van my
ore lyk kort,
maar klink lank
15
2. Voltooi die volgende woorde deur gepaste klinkers in te vul en die klinkers dan te
onderstreep:
__ns ing__h__k w__nd__rl__k
3. Soek voorbeelde van woorde in gedig 2, waar twee medeklinkers na mekaar
voorkom.
4. Voltooi die volgende woorde deur gepaste medeklinkers in te vul en onderstreep dan
die medeklinkers:
__ __ ou a__ __aal __ei__ie
5. Maak woorde met die volgende tweeklanke:
a. -ai- f. -ooi-
b. -aai- g. -oei-
c. -ei- h. -ou-
d. -ui- i. -eeu-
e. -oi- j. -y-
6. Maak drie kolomme in jou boek en verdeel die volgende woorde eers in klankgrepe en
daarna in lettergrepe. By die lettergrepe moet jy ook sê of dit oop of geslote is.
Juffrou, wonderlike, gekker, ideaal, vanmiddag, gelaaide
7. Skryf een woord uit die volgende sin neer, waarin die letter- en klankgrepe van mekaar
verskil. Dui dit aan.
“Pouse speel ons lekker en almal word gekker.”
8. Sê of die volgende klankverskynsels alliterasie of assonansie is:
a. “Elke spier gespan soos staal.”
b. “Bewe my hele lyf van vrees.”
9. Dui die hoofklem in die volgende meerlettergrepige woorde aan:
a. deponeer b. minder
c. obstruksie
10. Dui die hoofklem in die volgende woorde op die woordeboekmetode aan:
a. ingehok d. gelaaide
b. wonderlike e. vanmiddag
c. ideaal
11. Beklemtoon elke keer ʼn ander woord in die volgende sin en dui by elkeen aan hoe dit
die betekenis verander, byvoorbeeld:
Ons vernietig die aarde.
Óns vernietig die aarde. (Ons en niemand anders nie.)
Ons verniétig die aarde. (Ons bou dit nie op nie.)
Ons vernietig dié aarde. (Ons vernietig hierdie aarde.)
Ons vernietig die áárde. (Ons vernietig die aarde; nie ʼn ander plek nie.)
Doen nou dieselfde met die volgende sinne:
a. Marike moet pouse die klas skoonmaak.
b. Ons sal môre ons boeke bring.
16
12. Sê in die volgende sin watter woorde oorrond of ontrond is:
Ek sit nou al seuwe iere by die hys en wog vir jou.
13. Skryf die volgende woorde soos dit sal lyk as die klanke daarin assimileer:
a. kinders c. deur die
b. almal d. wil nie
14. Skryf nou hoe die volgende woorde in meer formele taal sal klink:
a. ommiddellik c. duidlik
b. sallie d. wanner
15. Wat noem ons die klankverskynsel waar laat in die tweede gedig uitgespreek word as
lat en gaan in die derde gedig uitgespreek word as gan?
16. Hoe sal die volgende twee woorde uit die gedigte klink as daar in hulle uitspraak
palatalisasie plaasvind?
a. gekker b. geen
17 Gee enige voorbeeld van ʼn woord wat tipies genasaleer word wanneer ons dit
uitspreek.
Aktiwiteit 8: Ek kan van ander verskil in my taal
A. Lees die koerantberig en beantwoord dan die vrae:
1. Gee een woord vir ses van die bestes.
2. Kinders praat dikwels van onnies. Is dit reg of verkeerd om die woord in ʼn koerantartikel
te gebruik?
3. Waarom is die woord detensie in aanhalingstekens geskryf?
En die laaste sin?
4. Stel die drie strafmaatreëls in een sin, maar gebruik jou eie woorde.
ʼn PAK OP SY TYD is soos
brood en konfyt, lui die
spreekwoord, maar deesdae
is “ses van die bestes” selfs
vir die onhebbelikste leerling
verbode. Skole is nog steeds
vol ongehoorsame kinders,
maar die plathand kan ʼn onnie
sy pos kos. Hoe nou gemaak
om dissipline toe te pas? By
die Laerskool Arbeid word
leerlinge met drie oortredings
in die strafboek ʼn week lank
in “detensie” gehou terwyl hul
maats op die speelgrond baljaar.
Na vier oortredings word die
ouers skool toe ontbied en as dit
ook nie help nie, word die kind
vriendelik versoek om die skool
te verlaat. ʼn Kindersielkundige
stem saam dat detensie ʼn baie
geskikte vorm van straf is “die
beste manier om ʼn kind te straf,
is om hom te ignoreer. Dit is
presies wat gebeur wanneer hy
van sy maats verwyder word.”
17
B. Hou ʼn klasdebat oor een van die volgende onderwerpe:
1. Dit is goed / sleg dat lyfstraf afgeskaf is.
2. Detensie is ʼn goeie / verkeerde vorm van straf.
Jou toespraakraamwerk:
• Sê wat jou posisie is (vir of teen die stelling).
• Bied argumente in jou guns aan, met bewyse en voorbeelde.
• Bied argumente teen die ander kant aan.
• Sluit af deur jou posisie in die lig van die argumente wat aangebied is, te herhaal.
Om ʼn goeie debat te hou moet jy die volgende onthou:
1. Kies ʼn voorsitter wat die debatsonderwerp aankondig.
2. Verdeel die klas in twee spanne: span X en span Y.
3. Elke span kies twee sprekers om hulle span te verteenwoordig.
4. Die sprekers van span X stem met die onderwerp saam en dié van span Y staan
dit teen.
5. Die twee spanne se sprekers besluit saam met hulle ander spanmaats watter punte
hulle in hulle toesprake gaan beklemtoon.
6. Elke spreker kry drie minute om sy saak te stel.
7. Die eerste spreker van span X begin met sy toespraak, gevolg deur die eerste spreker
van span Y.
8. Die tweede spreker van span X praat volgende en die tweede spreker van span Y is
laaste aan die woord.
9. Die voorsitter gee nou aan die onderskeie spanne se maats in die “gehoor” die
geleentheid om vrae te stel en oor die onderwerp te argumenteer. Die voorsitter
besluit wie in die “gehoor” kan praat en maak ook seker dat niemand te lank praat
nie.
10. Aan die einde van die debat vra die voorsitter dat die gehoor moet stem. Die span
wat die meeste stemme kry, is die wenners.
18
Aktiwiteit 9: Ek praat my taal
1. Kies een van die onderstaande antwoorde vir die tweede spraakborrel.
2. Al vier die antwoorde sê eintlik dieselfde ding. Wat sê dit?
3. Het jy ook al só oor skool gevoel? Verduidelik.
4. Maak nou die volgende tabel in jou boek:
Skool is nie lekker nie, as ... Graad 7 gaan lekker wees, want ...
5. Dink weer oor die woordjie cool. Dit kan eintlik ʼn klomp dinge sê:
• Lekker
• In die mode
• Aanvaarbaar
• Anders
• Nuut
6. Min grootmense gebruik die woordjie “cool”. Watter woord gebruik hulle meestal in
die plek daarvan?
7. Vra vir jou oupa of ouma of enige ander ouer persoon watter woord hulle in die plek van
cool gebruik het toe hulle jonk was.
Haai, Edwin! Jou
nuwe tas lyk cool!
Ja, vandat skool
nie meer ʼn indruk
op my maak nie,
probeer ek die
skool beïndruk.
Ja, nou’s daar
darem iets in die
skool wat cool is.
Ja, dis al
manier
om skool
interessant
te maak.
Ja, ek hou daarvan
om te maak asof ek
na ʼn cool plek op
pad is.
Skool is spiff, of is dit cool?
19
Aktiwiteit 10: Ek gebruik my taal
1. ʼn Joernalis, Mariska Prinsloo, voer met jou ʼn onderhoud vir die skoolkoerant. Probeer
om in jou antwoorde die verskillende soorte sinne te gebruik. (Stelsin, vraagsin, uitroepsin, bevelsin)
Skryf die volledige onderhoud in dialoogvorm in jou boek.
2. Kyk weer na die vrae.
a. Skryf drie nuwe vrae neer wat jy aan ʼn graad 7-leerling sou vra.
b. Het alle bevelsinne ʼn uitroepteken? Hoekom?
c. Is daar vraagsinne wat nie met ʼn spesifieke vraagwoord soos hoe / hoekom /
hoeveel / wat / waar / wanneer / wie / waarom begin nie? Gee ʼn voorbeeld.
d. Onthou dat daar ook iets soos ʼn retoriese vraag bestaan.
Onderhoud: (vrae)
1. Mariska: Waarom sal jy nie ʼn “tattoo” kry nie? Waarom sê jy so?
2. Mariska: Wat is die langste woord wat jy ken?
3. Mariska: Hoekom is jou beste maat jou beste maat?
4. Mariska: Wat is die stoutste ding wat jy nog ooit gedoen het?
5. Mariska: Wat maak jou die kwaadste?
6. Mariska: Watter kleur is Vrydag?
7. Mariska: Watter deel van ʼn “jelly baby” eet jy eerste?
Wie is jy en wat is jou reputasie?
20
3. Benut nou ʼn verskeidenheid leestegnieke soos soeklees en vluglees om die volgende
oefening te voltooi.
a. Soek die betekenis van die woord “reputasie” in die woordeboek en skryf dit
neer.
b. In die linkerkolom is daar mense se name wat ʼn spesifieke reputasie het. Pas nou
die naam in kolom A by die gepaste reputasie in kolom B.
A B
1. Keiser Nero A. versoeningsgesind
2. Nelson Mandela B. kunstig
3. Simson C. wreed
4. Van Gogh D. besonder intelligent
5. Albert Einstein E. buitengewoon sterk
c. Waardeur word ʼn mens se reputasie bepaal?
d. Skryf nou die volgende neer:
• Wat is jou reputasie by jou maats?
• Wat is jou reputasie by jou onderwysers?
• Wat is jou reputasie by jou gesin?
e. Indien jou naam nommer 6 van kolom A sou wees, en in kolom B het daar nog
moontlikhede gestaan soos:
F. arm van gees; I. rein van hart;
G. sagmoedig; J. vredemaker
H. barmhartig;
Is daar een van hierdie reputasies wat almal dadelik by jou naam sou kies?
Watter een?
f. Wat sê die Bybel oor ʼn goeie naam of reputasie? Lees Spreuke 22: 1 en Prediker 7: 1.
Skryf albei tekste in jou eie woorde neer.
g. Waarmee word ʼn goeie naam hier vergelyk?
h. Watter verskillende gebruike het olie in die Bybel gehad?
i. Dink ʼn bietjie hieroor:
Jy het reeds ʼn goeie naam: “Christen”! Hierdie naam het jy as volgeling van
Christus en as kind van God.
Deur sy bloed is ons in staat om ʼn naam of reputasie te hê wat beter is as die beste
olie. Ons kan in die wêreld soos medisyne of parfuum wees. As mense ons naam
hoor of lees, hoef dit nie ʼn slegte smaak vir hulle te gee nie, juis omdat ons na God
se beeld gemaak is.
4. Doen nou die volgende opdragte in groepe:
a. Skryf al die name van jou groeplede neer en skryf ten minste een mooi eienskap
van elkeen daarby.
b. Elkeen kry nou ʼn beurt om dit hardop aan die ander voor te lees.
c. Maak vir jouself ʼn opsomming van dit wat die groeplede oor jou geskryf het.
d. Lees in julle groep Galásiërs 5: 16 - 26 en skryf die eienskappe van die vrug van
die Gees neer. Is daar van hierdie eienskappe waaroor julle reeds beskik?
21
Opdrag 1: Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord dan
die vrae wat daarop volg
Pa, dís wat my pla...
ʼn Dapper pa het sy ewe dapper kinders gevra of daar iets aan hom is wat hulle hinder. Hy
sê toe sommer watter dinge van sy kinders hóm hinder. Name is om van selfsprekende
redes weggelaat.
Wat die kinders hinder
• As ek hulle voor hulle pelle ʼn drukkie
gee.
• My kakiehoed en Swakopmund-
vellies.
• My Sondagmiddagslapie.
• My geskree langs die sportveld (glo
embarrassing).
• Ek ry te stadig.
• My boring boeke en musiek.
• Wanneer ek hulle aanjaag.
• Wanneer ek hulle vra om die telefoon
te antwoord as dit langs my lui.
• Ek.
Wat die pa pla
• As verskillende soorte musiek kliphard uit
elkeen se kamer blêr.
• As hul musiek uit hul kamer bly blêr terwyl
hulle nie eens daar is nie.
• As ek drie keer dieselfde ding vir hulle
moet sê.
• Hulle TV-eetgewoontes.
• As ek moet wag om hulle betyds af te laai.
• As hulle nie die telefoon wat langs my lui,
wil antwoord nie.
• As hulle vir my kom sê my vrou sê...
• As ek vra hoe hul dag was en hulle sê net:
“OK”.
• As hulle geld vra.
• As hulle op MXit is en die wêreld kan
vergaan.
• As hulle my vrou vertel hoe ek hulle
irriteer.
1. Skryf nou tien dinge neer wat jou hinder van jou eie ma / pa.
2. Skryf nou baie eerlik tien dinge oor jouself neer wat húlle kan hinder.
3. Hierdie aktiwiteit het ons in ʼn ligter luim gedoen en ons het daarmee pret gehad. Kom
ons staan weer ʼn oomblik stil en dink wat die Here van ons vra ten opsigte van ons
ouers. Lees Exodus 20: 12 en skryf dit neer. Let op die stelwyse. Is dit in die vorm
van ʼn vraag-, uitroep-, bevel- of stelsin? Ons weet dus dat die Here van ons verwag om
ons ouers in alle omstandighede te eer en te respekteer. Ons gaan dus ook teen hierdie
agtergrond die volgende aktiwiteit benader.
Graad sewe gevoelens
Aktiwiteit 11: Ek kan my sê sê – en dit skryf
22
Beethovenstraat 157
Constantiapark
0010
22 Februarie 2009
Liewe Mamma en Pappa
Ek hoop nie Pa en Ma verstaan my verkeerd nie, maar daar is ʼn paar dinge
wat ek julle moet vertel. Ek weet julle is lief vir my. Ek weet ook ouers
onderskat gewoonlik ʼn kind van my ouderdom deur te sê: “Ag, hy is maar
nog nat agter die ore!” Ma, Pa, julle het my gehelp om te word wat ek nou
is. Weet julle dat ek nou heeltemal op my eie bene kan staan?
Daarom moet Mamma en Pappa asseblief nie, soos sommige ander ouers,
ook die fout maak en redeneer dat ek nie my trui, tas, sokkies, ensovoorts
kan oppas nie - ek kan. Ek dink net nie altyd daaraan nie.
Ek weet ek het julle steeds baie nodig, maar ek wil ook ʼn bietjie vryheid hê.
Ek wil baie dinge in die lewe bereik, maar dit kan net gebeur indien julle
my help om vir myself te dink, sodat ek ten volle kan ontwikkel.
Ek wil graag ʼn goeie verhouding met julle hê, want dit help my om ʼn
positiewe selfbeeld te ontwikkel. Leer my van verkeerde dinge soos die
misbruik van drank, dwelms, sigarette en ander euwels. Help my ook in
my emosionele ontwikkeling, maar laat my toe om soms ook my kop te
stamp. Ek sal julle nie teleurstel nie.
Ek bly lief vir julle.
Groete
Julle Grootkind
Ns. Moet my ook nie met ander kinders vergelyk nie. Ek wil graag iemand
word op wie julle trots kan wees.
Opdrag 2: Lees die volgende brief en beantwoord die vrae wat
daarop volg:
23
1. Wat beteken die volgende uitdrukkings:
• Nat agter die ore wees
• Oor die onderdeur loer / rooi hakskene
hê
• Op jou eie bene staan
2. Wat dink jy is ʼn positiewe selfbeeld?
Waarteen behoort ʼn mens ʼn positiewe
selfbeeld te meet?
3. Hoeveel vryheid, behoort ʼn graad 7-kind te hê?
4. Wat is ʼn mens se emosionele ontwikkeling?
5. Som die hoofgedagte van die brief in een sin op.
6. Skryf nou ʼn brief aan jou ouers waarin jy verduidelik hoe jy oor hulle, jou skoolwerk en
die lewe voel. Dink aan tien dinge wat jy van hulle waardeer en noem dit aan hulle.
Kriteria waarvolgens jou brief geassesseer gaan word, is die volgende:
Formaat; woordeskat en taalgebruik; sinskonstruksie; leestekengebruik; afwisseling van sinstipes; gepaste toon; parafrasering; bereik jy die doel van kommunikasie en
het jy die stappe in die skryfproses benut?
24
Aktiwiteit 12: Ek ken my spelling
Skryftekens
Die afkappingsteken
1. Skryf die volgende paragraaf in jou boek oor en vul die afkappingsteken in waar
nodig:
Die Du Plessiss, Du Preezs en Terblanchee het Saterdag saam vleis gebraai en
lekker gekuier. Nóg die een gesin, nóg die ander wou eerste vertrek, maar omdat
hulle by die du Plessiss se huis was móés óf die Du Preezs óf die Terblanchee maar
eerste gaan. Almal was dit eens dat die eetgoed ongelóóflik lekker was!
2. Trek ʼn tabel in jou boek waarin jy die meervoud en verkleining vir die volgende woorde
neerskryf:
Otto, alkali, peetma, kambro, E, kommando, hoera, Oribi, Hugo, balju, Eskimo.
Die aksentteken
1 Dui die aksent aan by die volgende woorde deur die akuutteken op dié lettergreep te
plaas wat die hoofklem dra.
a. passasiersboot g. kommissie
b. telefoon h. interessant
c. telegramme i. musikant
d. patrys j. risiko’s
e. krokodil k. eensaam
f. komitee l. persentasie
2 Gebruik die aksentteken om die betekenis tussen hakies, aan die sin te gee.
a. Die wyfie se lyf is ongeveer 12 tot 18 sentimeter lank.
(net haar lyf)
b. Die wyfie se lyf is ongeveer 12 tot 18 sentimeter lank.
(net hierdie spinnekopwyfie)
c. Die wyfie se lyf is ongeveer 12 tot 18 sentimeter lank.
(nie die mannetjie nie)
d. Die wyfie se lyf is ongeveer 12 tot 18 sentimeter lank.
(nie presies nie)
e. Die wyfie se lyf is ongeveer 12 tot 18 sentimeter lank.
(lank, maar nie breed nie)
25
Aktiwiteit 13: Ek ken my taal en skryf reg
Leestekens:
• Die punt (.)
Ons skryf ʼn punt aan die einde van ʼn sin en na die meeste afkortings.
• Die komma (,)
• Tussen twee of meer selfstandige naamwoorde.
Byvoorbeeld: ʼn Mens kry verskillende soorte skrif, naamlik beeldskrif, spykerskrif,
hiërogliewe, ensovoorts.
• Tussen twee werkwoorde.
Byvoorbeeld: Hy lees, skryf en praat tegelyk.
• Ná ja en nee wanneer dit die eerste woord in ʼn sin is.
Byvoorbeeld: Ja, ek glo jou.
• Woorde wat ʼn persoon of onderwerp beskryf, staan gewoonlik tussen twee
kommas.
Byvoorbeeld: Meneer Pieterse, die bekende skoolhoof van die Noorde, het die atlete
verwelkom.
• Tussen twee gesegdes.
Byvoorbeeld: As dit lente is, sien jy baie meer walvisse.
• Voor die voegwoorde want en maar.
Byvoorbeeld: Ek onthou dit, want ek het dit self gesien.
• Sinne of sinsdele wat ingelas word, staan altyd tussen twee kommas.
Byvoorbeeld: Die motor is, wat my betref, die beste waarde vir jou geld.
• Die vraagteken (?)
Ons gebruik ʼn vraagteken na ʼn vraagsin.
• Die uitroepteken (!)
ʼn Uitroepteken word geskryf na bevele, uitroepe en na woorde of sinne wat iemand se
gevoel uitdruk.
• Die dubbelpunt (:)
ʼn Dubbelpunt dui aan dat iets volg.
Byvoorbeeld: Die volgende leerprogramme word in graad 6 aangebied: Tegnologie,
Natuurwetenskap, Kuns en Kultuur, Lewensoriëntering, Geletterdheid en Kommunikasie,
Bybelonderrig en Kerkgeskiedenis.
26
• Aanhalingstekens (“)
Die direkte woorde van mense of aanhalings uit die Bybel, boeke, tydskrifte, ensovoorts
word tussen aanhalingstekens geskryf.
Byvoorbeeld: Ons lees in Psalm 19: 14: “Laat die woorde van my mond en die oordenking
van my hart welbehaaglik wees voor U aangesig, o Here, my Rots en my Verlosser!”
• Hakies ( )
Hakies word gebruik wanneer ekstra inligting bygevoeg word. Die inligting word
tussen hakies geskryf.
Byvoorbeeld: Alle graad 4-leerlinge moet hul skrifte inhandig. (Alle werkopdragte moet
afgehandel wees!)
Aktiwiteit 14: Ek geniet gedigte
Opdrag 1: Lees die gedig van Totius en beantwoord dan die
vrae:
Vrae:
1. Wie was Totius? Noem ten minste vyf dinge wat jy van hom weet.
2. Waarmee word die tarentaal se skree vergelyk?
3. Hoekom is die tarentaal droefgeestig?
4. Hoekom soek die tarentaal ʼn maat?
5. Wat sal gebeur as die verderf nader kom?
6. Hoekom sal die tarentale net “half slaap”?
7. Wat is die verderf wat in die laaste strofe kom?
8. Wie is die jagter in die laaste strofe?
9. Wat het met die tarentale gebeur?
Die tarentaal
1. Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vinnig daal
die tarentaal.
2. Hy soek - en dit is ook al laat -
vir hom ʼn kameraad
om in ʼn boom die eensaamheid
en nag te slyt.
3. Saam sal hul in ʼn blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom
en by die naadring van verderf,
alléén nie sterf.
4. Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
wég in die nag!
Totius
27
10. Ontleed die rympatroon van hierdie gedig.
11. Is “skeemring” in strofe 1 en “naadring” in strofe 4 verkeerd gespel? Wat noem ons
hierdie verskynsel?
Rym:
Rym is die herhaling van woorde of klanke.
A. Funksies van rym:
• Bindmiddel
• Skep atmosfeer
• Gee ʼn patroon van ordelikheid
• Hef belangrike woorde uit
• Gee vloeiendheid
• Gee klankrykheid
• Rond versreëls af
B. Rymverbindinge:
Rympatroon rymskema
• paarrym a a b b
• kruisrym a b a b
• omarmde rym a b b a
• gebroke rym a b a c
• slagrym a a a a
• vrye vers a b c d e f
Opdrag 2: Lees die volgende gedig en beantwoord dan die vrae:
Ouma
die rus dra jy in jou voorskoot saam met jou
waaraan jy altyd jou hande vee
voordat jy aan die Bybel of jou hare vat
of warm plaasbrood vir ʼn kleinkind gee
met die stilte in jou oë wat ek onthou
soos die wit kleur van jou hande en die melkgeur
van jou vel teen jou swartrok of een van kalm blou
as jy weer die plaasbrood teen die muur
in my hande gee om soos ʼn teksvers vas te hou
Pieter Smit
28
Vrae:
1. Watter drie woorde beskryf die belangrikste kenmerke van die ouma die beste?
2. Watter verband is daar tussen die ouma en die verteller? Hoe weet jy dit?
3. Wat word aan die einde van die gedig met mekaar vergelyk?
4. Waarvoor dien die voorskoot alles?
5. Watter kontras (teenstelling) word aangetref in reël 6 en 7?
6. Wat is plaasbrood?
7. Watter besondere betekenis het warm plaasbrood vir ʼn kind?
8. Verduidelik in een sin hoe die verteller oor die ouma voel.
9. Wat is die rymverbinding in hierdie gedig?
10. Skryf een voorbeeld van enjambement uit die gedig neer.
Vergelyking
• ʼn Vergelyking word herken aan die woorde:
soos, nes, net soos, as
• Twee sake word met mekaar vergelyk.
Byvoorbeeld: “...maar daar’s niks so soet as die slaap se rus.”
“...maar daar’s niks soos die lug as jy vleuels kry.”
Kontras
Die digter stel twee sake in teenstelling met mekaar:
Byvoorbeeld: “die skadu’s word lank en weer kort”
Enjambement
Een versreël loop oor na die volgende sonder enige leestekens.
Byvoorbeeld: “die rus dra jy in jou voorskoot saam met jou
waaraan jy altyd jou hande vee”
29
Taalvasvat
Klankleer
1. Vokale / klinkers
• klanke waar die lugstroom vry (sonder belemmering) na buite stroom: a, e, i, o, u,
asook oe, eu, ie
• klanke kan kort (klinkergroep 3) of lank (klinkergroep 2) wees
Byvoorbeeld: -aa- en -a-
2. Diftonge / tweeklanke
ʼn Kombinasie van vokale (in een lettergreep) waar die een vokaal sonder onderbreking
oorgaan in die klank van die volgende vokaal (klinkergroep 1).
Byvoorbeeld: aai, oei, ou, ei, y
Oppas vir oe, ie en eu wat soos diftonge lyk, maar vokale is.
3. Konsonante / medeklinkers
Die lugstroom word gedeeltelik of heeltemal afgesluit wanneer klanke uitgespreek
word.
Byvoorbeeld: k, g, t, m
4. Klankgrepe en lettergrepe
a. Verdeel volgens spelreëls
• ʼn Woord word in lettergrepe verdeel, waar die woorddele afbreek wanneer ons
die woord lank uitrek.
• Ons deel altyd tussen twee identiese medeklinkers.
• Lettergrepe kan oop (eindig op ʼn vokaal / diftong) of geslote (eindig op ʼn
konsonant) wees.
Byvoorbeeld: let-ter-gre-pe
b. Verdeel volgens klanke wat jy hoor
Wanneer ons die woord in dele verdeel volgens die klanke wat ons hoor, noem
ons dit klankgrepe.
Byvoorbeeld: le-ter-gre-pe
5. Alliterasie
Herhaling van medeklinkers,
Byvoorbeeld: die blou bottel lê blinkkant bo
6. Assonansie
Herhaling van klinkers.
Byvoorbeeld: As At altyd kaalvoet loop
30
7. Hoofklem
• In sinne kan die klem ʼn groot verskil maak aan die betekenis van die sin.
Byvoorbeeld: Ek loop nou weg. (hierdie persoon)
Ek loop nou weg. (Die aksie)
Ek loop nou weg. (Die tyd)
• In woorde met meer as een lettergreep dra een lettergreep meer klem as die ander.
Op die woordeboekmetode word die klem deur middel van ʼn afkappingsteken na die
beklemtoonde lettergreep aangedui.
Byvoorbeeld: won’derlike > wonderlike
8. Ronding
Sekere klanke is bedoel om met ʼn mate van ronding van die lippe uitgespreek te word.
• Wanneer dit oordryf word, noem ons dit oorronding.
Byvoorbeeld: seuwe in plaas van sewe,
• Wanneer dit te min gedoen word, noem ons dit ontronding
Byvoorbeeld: hys in plaas van huis.
9. Assimilasie
Die ineenvloeiing van klanke in die spreektaal.
Byvoorbeeld: in die word as innie in die spreektaal uitgespreek.
10. Palatalisasie
Gebeur as die tong saam met ʼn ander klank na die harde verhemelte gebal word:
Byvoorbeeld: kinders > kjinders
gieter > gjieter
11. Vokaalreduksie
Die vokaalklank word gereduseer na (i).
Byvoorbeeld: kolonie > kilonie
krediet > kridiet
Daar is dus baie meer spraakklanke as letters waarmee die klanke voorgestel word. Ons
gebruik die 26 alfabetletters om die verskillende klanke op papier voor te stel.
12. Letterlike en figuurlike taalgebruik
• By letterlike taalgebruik word presies bedoel wat die letters spel. Dit is dus die
betekenis van die woord soos jy dit die eerste keer geleer het.
Byvoorbeeld: ʼn Kat is ʼn troeteldier met vier pote, ʼn stert, snorbaard en ʼn sagte pels.
Hy / sy kan miaau.
• By figuurlike taalgebruik teken die woorde ʼn prentjie (figuurtjie agter die woord)
deurdat die eienskappe van die iets waarvan gepraat word aan die persoon of ding
toegeken word.
31
Byvoorbeeld: ʼn kat sal hier beteken: ʼn mens wat haar soos ʼn kat gedra... katterig.
Haar woorde of manier stem ooreen met die vegkant van ʼn kat: wanneer daar skerp
naels uitkom en die dier kan veg tot die hare waai.
Letterlik Figuurlik
• ʼn giftige slang
• lang vingers
• ek is naar
• ʼn slang in die gras (daar is ʼn skelm
of verkeerde ding aan die gang)
• hy het lang vingers (hy steel graag)
• die hond lyk naar (lyk sleg of lelik)
13. Afkappingstekens
Die afkappingsteken word in die volgende gevalle gebruik:
a. Meervoude en verkleinings van:
• woorde wat eindig op -i , -o, -u of ʼn lang, beklemtoonde –a
Byvoorbeeld: ski ski’s ski’tjie
foto foto’s foto’tjie
balju balju’s balju’tjie
pa pa’s pa’tjie
maar oupa oupas oupatjie
• Eiename wat eindig op -e, en -s, wat in die enkelvoud nie uitgespreek
word nie.
Byvoorbeeld: Terblanche Terblanche’e Terblanche’ie
Du Plessis Du Plessis’s Du Plessis’tjie
Estelle Estelle’e Estelle’etjie
• Selfstandige naamwoorde wat op -e eindig wat nie uitgespreek word nie.
Byvoorbeeld: garage garage’s garage’ie
• Afkortings waar alfabetletters afsonderlik uitgespreek word
Byvoorbeeld: TV TV’s TV’tjie
H.O.D. H.O.D.’s H.O.D.’tjie
• Alfabetletters
Byvoorbeeld: A A’s A’tjie
l l’e l’etjie
• Getalle
Byvoorbeeld: 1 1’s of 1’e 1’etjie
6 6’e 6’ie
• Soortname deur syfers of getalle aangedui:
Byvoorbeeld: graad 7 graad 7’s graad 7’tjie
1900 1900’s
32
b. Om aan te dui waar ʼn klank weggeval het
Byvoorbeeld: geen gʼn
daar daar’s
syne sʼn
c. By elisie byvoorbeeld in gedigte
Byvoorbeeld: twyfelende twyf’lende
d. By enkele tussenwerpsels
Byvoorbeeld: b’r
’m-’m
ʼn-ʼn
14. Aksenttekens
a. Akuutteken
• Om beklemtoning aan te dui
Byvoorbeeld: ná, ék, húlle, hiérdie, dít
• By die skryf van vreemde woorde
Byvoorbeeld:
cliché, attaché
• By sekere eiename
Byvoorbeeld:
Naudé, Maré, René
b. Gravisteken
• In vier spesifieke gevalle:
dè, hè? (nie hê nie), nè, appèl
• Vreemde woorde in hul vreemde spelvorme:
Byvoorbeeld: crèche, ampère, première
• By sekere eiename:
Byvoorbeeld: Eugène, Adèle
• Enkele eiename gebruik albei:
Byvoorbeeld: Hélène, Thérèse
33
Addendum
Luistertoets 1
33
Apteek toe!
Donderdagmiddag was Louis op pad skool toe vir sportoefening. Hy het met sy nuwe
rolskaatse geval en albei sy knieë se velle het gewaai. Sy ma het gedokter, maar kort voor
lank was die seerplekke aan albei knieë septies.
Dokter toe? O nee, nie Louis nie! Hy is vir ʼn inspuiting so bang soos die duiwel vir die
slypsteen! Dan liewer uithou! Gelukkig het ou Meneer Camphor, die apteker, net die regte
medisyne gehad - Rollerdine antiseptiese salf.
“Maar,” het hy gewaarsku, en oor sy skrefie-brilletjie geloer: “volg die instruksies op die
pamflet baie deeglik!” Die ou apteker het dit duidelik voorgelees:
Die farmakologiese werking van Rollerdine
Dit is ʼn plaaslike ontsmettingsmiddel wat kiemdodende en swamdodende
eienskappe besit.
Indikasies
As ʼn ontsmettingsmiddel by: velinfeksies, druksere, wonde, snye, skaafplekke en brandwonde.
Dosis en gebruiksaanwysings:
Die aangetaste deel moet skoon en droog gemaak word. Rollerdine antiseptiese salf kan mildelik aangewend word en ʼn wonddekking kan
opgesit word. Rollerdine kan so dikwels as nodig gebruik word vir alle persone bo die ouderdom van twee jaar.
Waarskuwing vir newe-effekte:
Rollerdine mag nie gebruik word vir mense wat allergies is vir jodium
nie. Persone kan sensitief wees vir die salf en plaaslike irritasie kan voorkom. Opname deur die vel kan met skildklierfunksie inmeng.
Identifikasie:
Rollerdine is ʼn amberkleurige salf met ʼn kenmerkende jodiumreuk.
Bergingsaanwysings:
Berg onder 25 grade Celsius. Hou buite bereik van klein kinders.
Na die derde aanwending was Louis se knieë baie beter, danksy die wondersalf van die ou
apteker!
34
NAAM:____________________________________ GRAAD _______
Aktiwiteit 10: Ek gebruik my taal1. ʼn Joernalis, Mariska Prinsloo, voer ʼn onderhoud vir die skoolkoerant met jou. Probeer
om in jou antwoorde die verskillende soorte sinne te gebruik. (Stelsin, vraagsin, uitroepsin, bevelsin).
Beantwoord haar vrae in deeglike vol sinne.
Onderhoud: (vrae)
a. Mariska: Waarom sal jy nie ʼn “tattoo” kry nie? Waarom sê jy so?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
b. Mariska: Wat is die langste woord wat jy ken?
________________________________________________________________
c. Mariska: Hoekom is jou beste maat jou beste maat?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
d. Mariska: Wat is die stoutste ding wat jy nog ooit gedoen het?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
e. Mariska: Wat maak jou die kwaadste?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
f. Mariska: Watter kleur is Vrydag?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
g. Mariska: Watter deel van ʼn “jelly baby” eet jy eerste?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
2. Kyk weer na die vrae.
a. Skryf drie nuwe vrae neer wat jy aan ʼn graad 7-leerling sou vra.
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
b. Het alle bevelsinne ʼn uitroepteken? Hoekom?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
35
c. Is daar vraagsinne wat nie met ʼn spesifieke vraagwoord soos hoe / hoekom /
hoeveel / wat / waar / wanneer / wie / waarom begin nie? Gee ʼn voorbeeld.
________________________________________________________________
________________________________________________________________
Onthou dat daar ook iets soos ʼn retoriese vraag bestaan.
3. Benut nou ʼn verskeidenheid leestegnieke soos soeklees en vluglees om die volgende
oefening te voltooi.
a. Soek die betekenis van die woord “reputasie” in die woordeboek en skryf dit
neer.
________________________________________________________________
________________________________________________________________
b. In die linkerkolom is daar mense se name wat ʼn spesifieke reputasie het. Pas nou
die naam in kolom A by die gepaste reputasie in kolom B.
A B
1. Keiser Nero A. versoeningsgesind
2. Nelson Mandela B. kunstig
3. Simson C. wreed
4. Van Gogh D. besonder intelligent
5. Albert Einstein E. buitengewoon sterk
c. Waardeur word ʼn mens se reputasie bepaal?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
d. Skryf nou die volgende neer (doen navorsing hiervoor):
• Wat is jou reputasie by jou maats?
____________________________________________________________
____________________________________________________________
• Wat is jou reputasie by jou onderwysers?
____________________________________________________________
____________________________________________________________
• Wat is jou reputasie by jou gesin?
____________________________________________________________
____________________________________________________________
e. Indien jou naam nommer 6 van kolom A sou wees, en in kolom B het daar nog
moontlikhede gestaan soos:
F. vriendelik
G. sagmoedig
H. barmhartig
I. rein van hart
J. vredemaker
36
Is daar een van hierdie reputasies wat almal dadelik by jou naam sou kies? Watter
een en hoekom?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
f. Wat sê die Bybel oor ʼn goeie naam of reputasie? Lees Spreuke 22: 1 en Prediker 7: 1.
Skryf albei tekste in jou eie woorde neer.
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
g. Waarmee word ʼn goeie naam hier vergelyk?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
h. Watter verskillende gebruike het olie in die Bybel gehad?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
i. Dink ʼn bietjie hieroor:
Jy het reeds ʼn goeie naam: “Christen”! Hierdie naam het jy as volgeling van
Christus en as kind van God.
Deur sy bloed is ons in staat om ʼn naam of reputasie te hê wat beter is as die beste
olie. Ons kan in die wêreld soos medisyne of parfuum wees. As mense ons naam
hoor of lees hoef dit nie ʼn slegte smaak vir hulle te gee nie, juis omdat ons na God
se beeld gemaak is.
4. Doen nou die volgende opdragte in groepe:
a. Skryf al die name van jou groeplede neer en skryf ten minste een mooi eienskap
van elkeen daarby.
b. Elkeen kry nou ʼn beurt om dit hardop aan die ander voor te lees.
c. Maak vir jouself ʼn opsomming van dit wat die groeplede oor jou geskryf het.
d. Lees in julle groep Galásiërs 5: 16 - 26 en skryf die eienskappe van die vrug van
die Gees neer. Is daar van hierdie eienskappe waaroor van julle reeds beskik?
Noem dit.
e. Wat dink jy was die doel van hierdie oefening?
top related