die senuweestelsel oog en oor
Post on 24-Feb-2016
726 Views
Preview:
DESCRIPTION
TRANSCRIPT
DIE SENUWEESTELSELOOG EN OOR
MENSLIKE REAKSIES UIT DIE OMGEWING
Organismes moet bewus wees wat rondom hulle aangaan,aangesien dit jou kanse om oorlewing affekteer.
Die Senuweestelsel
Koördinasie van ‘n organisme se aktiwiteite word teweeggebring deur die ENDOKRIENESTELSEL en SENUWEESTELSEL
Die Senuweestelsel ‘n Senuweestelsel laat ‘n organisme toe om
stimuli vanuit sy interne of eksterne omgewing te bespeur en om daarop te reageer.
bv. ‘n ligflits, ‘n geraas, ‘n vlieg wat op jou neus te lande kom.
‘n Stimulus is enige verandering in jou omgewing
MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING
Bestaan uit TWEE stelsels wat bestudeer moet word: Senuweestelsel Endokriene stelsel
WAT IS EKSTERNE EN INTERNE PRIKKELS?• Eksterne omgewing: Omgewing buite die liggaam bv. van die faktore wat mag verander soos temperatuur, lig, beskikbaarheid van water ens. in hulle natuurlike omgewing of habitat.
• Interne omgewing: Omgewing binne-in die ligaam bv. konsentrasie van CO2, O2, H2O rondom selle/weefsels/organe binne-in die liggaam.
SS ----- Koördinasie & Respons
Reseptor Proses Effektor Respons
Rooi lig Oog Brein Spier Rem
• Om stabiliteit/balans binne-in die organisme instand te hou
• Organismes neem veranderinge in die omgewing waar as ‘n stimulus.
• Hierdie impulse word na die brein gestuur wat die inligting interpreteer en stuur ‘n ander boodskap terug na die deel van die liggaam wat die deel inlig/vertel hoe om te reageer.
SS ----- Koördinasie & Respons
‘n Impuls is ‘n elektriese boodskap wat langs ‘n neuron gedra word.
‘n Neuron is ‘n gespesialiseerde sel wat ‘n elektriese boodskap (impuls) oor die liggaam dra.
‘n Stimulus is enige verandering in jou omgewing ‘n Reseptor is ‘n senuweesel wat die stimulus waarneem
Reseptor Proses Effektor Respons
Rooi lig Oog Brein Spier Rem
HOMEOSTASE • Die liggaam werk hard om sy interne
omgewing so konstant as moontlik te hou. • Al die organe en stelsels van die liggaam
werk saam om hierdie stabiele interne toestand te skep.
• DIE PROSES VAN HANDHAWING VAN ‘N KONSTANTE SELOMGEWING IN DIE LIGGAAM, WORD HOMEOSTASE GENOEM.
• Die endokriene en senuweestelsel, ons ko-ordinasiestelsels, speel ‘n baie belangrike rol in regulering van homeostase. Bv. Bloeddruk, glukose vlakke in die bloed, menstruasie, ens.
Menslike senuweestelsel is ‘n komplekse stelsel
Inwendige bou van die menslike brein illustreer die verskillende dele
Hipotalamus
Serebrum
Serebellum
Rugmurg Benige werwel van die werwelkolom
VOOR AGTERMotoriese area
Sensoriese area
Visie
Gehoor / TaalReuk
Gedrag, Geheue, emosie, bui
Beplanning, denke
Beheer alle willekeurige spieraksies
SEREBELLUM• Koördineer bewegings van willekeurige spiere• Hou jou balans en ewewig instand deur die spiertonus te
beheer
Die MEDULLA OBLONGATA koördineer onwillekeurige, outomatiese prosesse — soos asemhaling, hartklop.
Stel elke helfte van jou brein instaat om die opponerende deel van jou liggaam te beheer
Gelei senu-impulse tussen die rugmurg en die brein
SEREBELLUMMedulla oblongata
cerebrumHIPOTALAMUS
HIPOTALAMUS• Beheer jou bloeddruk• Beheer jou
liggaamstemperatuur• Reguleer jou vlakke van
dors en honger• Reguleer emosies soos
woede en plesier• Reguleer jou slaappatrone(Beheersentrum vir
homeostase)
DIE RUGMURGBrein
Rugmurg
Hoof senuwees
Rugmurg
Die rugmurg word goed beskerm deur die werwels, meninges (drie membrane) en die serebrospinale vloeistof.
Dit vervoer impulse na en van die brein en beheer baie refleksbewegings.
• Verbind die brein met al die organe van die liggaam (behalwe die in die kop en nek
• Vervoer sensoriese inligting na die brein vir interpretasie• Vervoer dan motoriese inligting van die brein na die
effektore (spiere en kliere)• Dit is die sentrum vir die refleksaksies, wat die liggaam
instaat stel om baie vinnig te reageer op skadelike stimuli deur die gebruik van die refleksboog.
Bou van ‘n multipolêre neuron (motories neuron)
van Motoriese eindplaat
Rigting van impuls
Knoop van Ranvier
Nissl-korrels
DRIE TIPES NEURONE:
Motoriese neuron –gelei impulse vanaf die SSS na die spiere of kliere (effektore).
Interneuron – Verbind die sensoriese en motoriese neurone en gelei dus impulse binne die SSS.
Sensoriese neuron – gelei impulse vanaf die sintuig-organe (reseptore) na die sentrale senuweestelsel (SSS).
Erken die stimulus
voer die reaksie uit.
Die oordra van ‘n senu-impuls van een neuron na die volgende
Akson
Gestoorde neuro-oordraer molekulesSinaptiese
vesikelNeuro-oordraers word vrygestelReseptore
Sinaps-gaping
Dendriet
Tekening illustreer hoe ‘n senu-impuls oorgedra word via die sinaps-gaping
Sinaps—streek waar twee neurone in noue kontak met mekaarkom.
Neuro-oordraer—chemiese stof vrygestel oor ‘n sinaptiese gaping om ‘n sein van een neuron na ‘n ander oor te dra.
Sinaptiese gaping—die gaping tussen twee neurone, word oorbrug deur chemiese molekules (neuro-oordraers).
Die chemiese stof word of verwyder of vernietig
1. Impuls beweeg met akson tot by sinoptiese knoppies
2. Elke sinoptiese knop het sinoptiese blasies gevul met neuro-oordragstof
Pre-sinaptiese membraan
Post-sinaptiese membraan
3. Sinoptiese blasie bars en neuro-oordragstof word in spleet vrygestel
4. Neuro-oordragstof beweeg oor die spleet en heg vas aan post-sinaptiese membraan
5. Dit genereer elektriese seine wat as senu-impuls na volgende neuron gelei word
Belangrikheid van sinapse
• Maak seker dat impulse in een rigting beweeg
• By die sinapse, kan die senu-impulse versnel, vertraag of geblokkeer word deur die vrystelling van hormone of die gebruik van dwelmmiddels
Bewuste aksies‘n Bewuste aksie is een waar die BREIN betrokke is en ‘n besluit oorweeg. Dit gebeur soos volg:
Stimulus Reseptor Sensoriese Neuron Koördineerder
Motoriese Neuron Effektor Respons
1) Reseptore in jou vel neem stimulus waar
3) Hier gelei ‘n ander sensoriese neuron die impuls verder na die brein
4) Die brein oorweeg/besluit om die hand weg te beweeg5) Hierdie impuls word gestuur langs ‘n MOTORIESE NEURON via die rugmurg…na die handspiere (die effektore)
2) Die impuls word langs SENSORIESE neuron na rugmurg gelei
6) Wat dan die hand weg laat beweeg
Diagram van ‘n refleksboog
Reseptore Sensoriese neuron
Effektor(spier)
Motoriese neuron
Ventrale wortel
InterneuronRugmurg
Dorsale wortel
Grys-stof
Witstof
‘n Rekleksboog is ‘n spesifieke senu-baan wat ‘n refleksaksie uitvoer sonder om na die brein te gaan vir interpretering.
‘n Refleksaksie is ‘n vinnige, outomatiese handeling waar die brein NIE betrek word nie aksie sonder
DIE OOG
• Wand van oogbal bestaan uit drie lae:
Sklera – taai, bindweefselkapsel, wit, kornea helder aan voorkant.
Choroïed – vaatlaag (bloedvatryk); voorsien oog van suurstof en voedingstowwe. Gaan oor in siliaarliggaam en iris.
Retina – binneste laag bevat fotoreseptore.
Maak seker dat jy elke deel kan herken in diagram soos van voor gesien en van die kant
OOG WORD GOED BESKERM
• Benige oogkas• Vetlae agter oog hou dit
in posisie, dien as skokbreker.
• Trane van traanklier – antisepties, spoel stof uit.
• Olieklier (meiboom) smeer oog.
• Retina het twee soorte fotoreseptore:
• Stafies onderskei tussen lig en donker; goed vir nagvisie.
• Keëls neem kleur waar; gee skerper, duideliker beeld.
AKKOMMODASIE • Die aanpassing van die
lens se vorm om ‘n skerp, duidelike beeld te gee wanneer voorwerpe op verskillende afstande is.
Ver visie (voorwerpe verder as 6 m)
Siliaarspier ontspan. Siliaarliggaam beweeg verder van lens.Meer spanning op draagligamente. Spanning op lens verhoog.Lens word platter (minder konveks). Ligstrale word minder gebuig; skerp beeld op retina gevorm.
Naby visie (voorwerpe nader as 6 m)
Siliaarspier trek saam. Siliaarliggaam nader aan lens.Minder spanning op draagligamente; kom slapper voor. Spanning op lens verminder. Lens word meer konveks (bolvormig). –Ligstrale word meer gebuig; helder beeld val op retina.
PUPILMEGANISME
• Om hoeveelheid lig wat oog binnekom te reguleer.
• Grootte van pupil verander.
Beskerm retina teen te veel lig.
PUPILMEGANISME IN HELDER LIG
radiale spiere ontspan,
kringspiere trek saam
pupil word kleiner
radiale spiere trek saam
kringspiere ontspan
pupil groter
IN DOWWE LIG
DIE OOR
Gehoor en balans
Die oor is verantwoordelik vir gehoor en balans
Hoe werk gehoor?
Luggolf Vibrasie Golf Senu-impuls in vloeistof
PAD VAN ‘N KLANKGOLF
1.PINNAVang klankgolwe op en rig dit na gehoorkanaal
2.OORDROMVibreer en dra vibrasies oor na gehoorbeentjies in middeloor.
3. GEHOORBEENTJIES versterk vibrasies; dra oor na membraan van ovaalvenster.
4. OVAALVENSTER vibreer en laat drukgolwe in endolimf in binne-oor ontstaan.
5. KOGLEA: Golwe in endolimf stimuleer sensoriese selle in Orgaan van Corti; omgeskakel na impuls in gehoorsenuwee.
6. GEHOOR-SENUWEE: Gelei impulse na serebrum vir interpretasie.
Balans word waargeneem ten opsigte van posisie t.o.v. grond, asook beweging van kop.
Beweging van kop
Posisie van kopt.o.v. grond
Drie halfsirkelvormige kanale – vertikaal, horisontaal en diagonaal. Bevat reseptore wat draaibewegings waarneem.
Die sakkie en blasie (sakkulus en utrikulus) neem lineêre beweging waar.
BALANS
Halfsirkelvormige kanaal
endolimf
kupula
BALANS WORD NIE IN ISOLASIE WAARGENEEM NIE
• Balans van die liggaam word gehandhaaf deur verskeie strukture en prosesse:
1. Proprioseptore in spiere en gewrigte.2. Oë (visuele stimulasie)3. Vestibulêre strukture (oor)4. Serebellum vir balans en
koördinasie
top related