alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012nuusbrief_van_die...  · web viewreferente word...

28

Click here to load reader

Upload: duongnhan

Post on 12-Feb-2019

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Nuusbrief van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV)

Jaargang 27, 2012

Inhoudsopgawe

Van die Voorsitter 2

Bydraes vir Stilet (kongresuitgawe, 2012) 3

Nasionale nuus 3

Internasionale nuus 16

Samesteller: Marius Crous

Redaksieadres: Vakgroep Afrikaans & NederlandsDepartement Tale en Letterkunde NMMUPort Elizabeth

Tel.: 041 504 2227E-pos: [email protected]

1

Page 2: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Voorsittersboodskap

Onlangs het ek besoek van ’n uitgewer ontvang wat insiggewende opmerkings oor die boekemark gemaak het. Sy uitgewery het besluit om die aantal Afrikaanse titels op hul lys uit te brei, want hul bevinding is dat die verkope van die Afrikaanse literêre werke bestendig bly terwyl dit tans nie so goed gaan met die Engelstalige letterkunde nie. Dit is bemoedigend om te hoor dat die mark vir Afrikaanse boeke relatief goed vaar, maar die ongunstige ekonomiese vooruitsigte vir Suid-Afrika en die feit dat ’n boekwinkelketting soos Exclusive Books tans ’n hele aantal takke sluit, stuur ’n noodsein uit. Verder verskyn daar weliswaar steeds ’n groot aantal letterkundige publikasies op die mark, maar die aantal boeke van gehalte wat werklik uitstyg, is steeds redelik min. Die woelinge en skuiwe in die boekebedryf het uiteraard ’n direkte uitwerking op die stand van die Afrikaanse letterkunde.

’n Positiewe ontwikkeling is die onlangse stigting van PEN Afrikaans in Stellenbosch. ’n Groot aantal skrywers is lede van die nuwe organisasie wat ook skakeling met PEN as ’n internasionale skrywersorganisasie het. Die Afrikaanse Skrywersunie (ASU) het ook nou by PEN Afrikaans ingeskakel. Die ASU is in Maart vanjaar gestig is na kommer oor die konsolidasie van die boekeblaaie in die Afrikaanse koerante en die gevaar wat die voorgestelde nuwe wet op die beskerming van inligting inhou met die sensuurduiwel wat dreig om weer kop uit te steek. Die ALV sien daarna uit om in die toekoms nouer met PEN Afrikaans te skakel. Met ’n dinamiese voorsitter soos Sonja Loots, wat ook ’n ALV-lid is, behoort PEN Afrikaans te floreer.

Die onlangse ALV-kongres by Unisa in Pretoria, “Suid-Afrika altyd bo? Peilings van die diskoerse oor Afrika”, het baie voorspoedig verloop en alhoewel die kongres kleiner as in die verlede was (met sommige Departemente Afrikaans wat glad nie verteenwoordiging gehad het nie), was die gehalte van die referate baie goed. Marisa Keuris van Unisa en haar span het hulle voortreflik van hul taak gekwyt om al die reëlings vir die kongres te behartig en ’n groot aantal lede van Unisa se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap het by die kongres referate gelewer. ’n Verdere interessante (en bemoedigende!) ontwikkeling by die kongres was dat daar heelwat referate oor die poësie was wat veral deur jonger deelnemers aan die kongres gelewer is. Die volgende ALV-kongres vind in 2014 by die Universiteit van Pretoria plaas.

Tydens die kongres is kommer uitgespreek oor die posisie van die vaktydskrifte wat literêre navorsing oor die Afrikaanse letterkunde publiseer. Redakteurs het te kampe met ’n krimpende aantal voorleggings en die bykomende druk op akademici om ook internasionaal te publiseer, lei tot verdere konkurensie vir bydraes van gehalte. Gesprekke sal moet plaasvind tussen die redaksies van vaktydskrifte soos Tydskrif vir Literatuurwetenskap, Stilet, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Literator, Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, LitNet Akademies en Tydskrif vir letterkunde om die situasie te bespreek. Al hierdie tydskrifte het ’n belang daarby dat die Afrikaanse literatuurwetenskap voortgaan om verskeidenheid en gehalte te weerspieël.

2

Page 3: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

’n Nuwe ALV-bestuur is tydens die kongres in Pretoria verkies en as nuwe voorsitter sien ek daarna uit om die volgende termyn te werk saam met Phil van Schalkwyk (ondervoorsitter), Marius Crous (sekretaris), Jacomien van Niekerk (waarnemende penningmeester) en die addisionele bestuurslede, Sonja Loots en Amanda Lourens. Die afgelope paar termyne het Helize van Vuuren (die uittredende voorsitter) en Karin Cattell (die uittredende sekretaris) hard gewerk om die ALV se sake op ’n goeie koers te hou en ons bedank hulle van harte vir hul bydraes.

Andries Visagie

Bydraes vir Stilet

Referente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir moontlike publikasie in Stilet. Die sluitingsdatums is:

31 Oktober 2012 (eerste ronde)31 Maart 2013 (tweede ronde).

Alle bydraes moet aan die Stilet-stylvoorskrifte voldoen. Alle bydraes (ook navrae) moet gestuur word aan Marisa Keuris by [email protected].

Nasionale nuus

Universiteit van Fort HareGedurende 2012 was die departement so gelukkig om die deeltydse dienste van Alicia van der Spuy te bekom om die werklading van Susan Smith en Shamiega Chaudhari te help verlig. ’n Voltydse pos is vir 2013 toegeken, wat binnekort gevul sal word.

Die deeltydse hulp het reeds vrugte afgewerp deurdat daar vanjaar meer tyd aan navorsing bestee kon word. Shamiega Chaudhari het een navorsingsartikel voltooi wat tans vir keuring wag, terwyl Susan Smith die artikel, “Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman” op LitNet Akademies gepubliseer het. ’n Tweede artikel van Susan met die titel,”Plek en ingeplaasde skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaasde skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk” verskyn ook binnekort op Litnet Akademies.

Die departement het vanjaar begin met die insluiting van ’n Nederlandse taal- en letterkundekomponent. Dit is aangebied deur Hennie van Coller wat een week elk in albei semesters by ons besoek afgelê het.

In Maart vanjaar het Susan Smith by die Stellenbosch Woordfees opgetree waartydens sy ’n praatjie gelewer het oor die onderwerp: Die Groen in die Gedig. En Oktober het sy saam met

3

Page 4: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Mathilda Slabbert van die Engelse departement (US) op Beaufort -Wes deelgeneem aan ’n paneelbespreking oor Ekokritiek en die letterkunde tydens die LitNET Karoo Boekbonanza, in aansluiting by die Karoo Ontwikkelingskonferensie wat daar gehou was. Helize van Vuuren (NMMU) was die gespreksleier.

Op die gebied van gemeenskapsbetrokkenheid het die departement vanjaar weer sy Aksie Afrikaans boekeprojek, Lees-Lees deur die lewe, van stapel gestuur. In Oktober is met sowat 100 studente besoek afgelê by Laerskool Aspiranza in Buffalo Flats, Oos-Londen. Tydens hierdie geleentheid is ’n bydrae van sowat 300 Afrikaanse storieboeke wat deur die studente ingesamel is, aan die skool oorhandig. In samewerking met Cordis Trust is daar ’n verdere bydrae van R2500 se boeke gemaak. Hierdie boeke sal in aanvulling wees van die wat verlede jaar oorhandig is en vorm die kern vir die tot stand bring van ’n skoolbiblioteek, waarvoor daar groot behoefte bestaan. Die studente was ook betrokke by ’n lees- en storievertelsessie en persoonlike interaksie met die leerders, wat groot byval gevind het by al die betrokke partye. Deur die samewerking van Cordis Trust is ’n skenking van R2500 se kruideniersware vir die skool se sopkombuis gemaak en studente, wat self dikwels uit agtergeblewe omstandighede kom, het self ruimhartig hiertoe bygedra.

Susan Smith het pas ’n debuutbundel, In die afwesigheid van sin, gepubliseer. Die bundel word uitgegee deur Protea Boekhuis. Vroeër vanjaar is twee Cordis Trust toekennings, die Orde van die Goue Pen (vir bevordering van Afrikaans) en die Orde van die Goue Kruik (vir gemeenskapsbetrokkenheid) aan haar toegeken.

Universiteit van Johannesburg

Vir die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg was 2012 ’n besige, uitdagende, maar uiteindelik ook suksesvolle jaar. Dit is grootliks te danke aan die goeie gesindheid en harde werk van sowel dosente as studente.

Benewens doseerverpligtinge, leeskringoptredes, boekbekendstellings en die skryf van resensies, het die twee letterkundiges in die departement –Thys Human en Marthinus Beukes – ook kongresse bygewoon en lesings gelewer. Thys het in April ’n lesing getiteld “Ingrid Winterbach se Die benederyk: humanistiese heimwee, modernistiese hellevaart of posmodernistiese persiflage?” by ’n kongres oor Modernisme en Moderniteite by die Universiteit van Pretoria gelewer. Aan die einde van Julie het hy ’n weeklange kreatiewe skryfkursus in Florence, Italië, bygewoon. Beide Thys Human en Marthinus Beukes het ook elk ’n referaat gelewer by die tweejaarlikse ALV-kongres getiteld “Suid-Afrika altyd bo? Peilings van die diskoerse oor Afrika”, aangebied deur die departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap van Unisa. Die titel van Marthinus se referaat was “Ikonisiteit van selfmoord as anti-dood in nagliedere van Tom Gouws” en dié van Thys Human “’Jy moet jou wortels vlak hou en jou voete fiks’: Tussenskap in S.J. Naudé se Alfabet van die voëls.”

4

Page 5: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

’n Groot eer het die Departement te beurt geval toe Tom Gouws op 15 Maart ’n openbare lesing in die Fakulteit Geesteswetenskappe by die Universiteit gelewer het. Die titel van sy inspirerende lesing was “Woorde as wondtekens in Stigmata”. Tydens die geleentheid is gedigte uit Gouws se gelyknamige bundel deur Dawid Minnaar voorgelees.Die jaarlikse N.P. van Wyk Louw-gedenklesing - ’n hoogtepunt op die akademiese kalender - is op Donderdag 13 September deur Joan Hambidge, hoogleraar in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van Kaapstad, gelewer. Die titel van haar lesing was “’… en alles dans en reik na naamlose dinge uit’: N.P. van Wyk Louw en die kanon”. Joan Hambidge het ook vriendelik ingewillig om die volgende oggend ’n besonder onderhoudende lesing “rondom eie werk” vir derdejaarstudente en ander belangstellendes aan te bied.Die UJ-Pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans is tydens ’n glansgeleentheid in Oktober aan Dan Sleigh se roman Wals met Matilda en Fanie Naudé se kortverhaalbundel Alfabet van die voëls toegeken. Die wenners se name is reeds in September aangekondig en hul bedankingswoorde is op LitNet te lees.Twee studente – Lida Marie Louw en Cecilia Erasmus – het vanjaar hulle magisterverhandelings voltooi en ingegee.Thys Human verlaat die Departement Afrikaans (UJ) na 13 besonder gelukkige en bevredigende jare aan die einde van Desember 2012. Hy sluit hom, met groot opgewondenheid, vanaf Januarie 2013 by die Departement Afrikaans en Nederlands in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom aan.

Universiteit van Kaapstad

Die vakgroep Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad het ‘n baie bedrywige jaar op skeppende en akademiese vlak gehad.

Joan Hambidge verower die ATKV se Veertjie-prys vir Visums by verstek. Lot se vrou het vanjaar verskyn. Sy het vanjaar die NP van Wyk Louw-gedenklesing aan die Universiteit van Johannesburg gegee: " ‘en niks is dood, en alles dans en reik na naamlose dinge uit.’ - N.P. van Wyk Louw en die kanon”.

By die tweejaarlikse ALV-kongres het sy gepraat oor Kerneels Breytenbach se Piekniek by Hangklip. Sy was ook deel van die formele ondersoek by die School of Management Studies aan die UK.

Sy skryf resensies vir Die Burger, Rapport en Versindaba. Sy voer gereelde onderhoud met skrywers op Skrywers & Boeke. Sy doen eweneens radio-onderhoude vir FineMusicRadio. Sy werk aan ‘n studie oor Johann de Lange.

Die volgende studente het vanjaar onder haar hul tesisse voltooi: Richard Higgs het sy MA in Kreatiewe Skryfwerk met onderskeiding behaal (The Art of Dying / Binnedeur) en Thomas Minnaar het ‘n PhD-studie voltooi oor Olga Kirsch.

5

Page 6: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

In die skadu van soveel bome van Hennie Nortjé verskyn eerdaags by Queillerie. Hy het dit voltooi as ‘n MA in Kreatiewe Skryfwerk.

Sonja Loots se roman Sirkusboere (Tafelberg 2011) is vanjaar bekroon met die Eugène Marais- en M-Net-prys. Sy wen ook die K. Sello Duiker-prys. Sy was die genooide spreker by die pasafgelope tweejaarlikse ALV-kongres in Pretoria en haar referaat was getiteld "Sirkusboere en die argief". Sy is tydens die konferensie tot die bestuur van die ALV verkies.

In September het Loots die jaarlikse konferensie van PEN Internasionaal in Gyeongju, Korea, bygewoon en in Oktober is sy verkies tot die voorsitter van PEN Afrikaans. Loots is ook lid van die Kaapse Forum, waar besluit is dat sy vir Wium van Zyl as voorsitter sal opvolg, en sy dien op die bestuur van die Van Ewijck Stigting.Sy werk tans aan haar doktorsgraad onder promotorskap van Louise Viljoen.

Etienne van Heerden se Haai Karoo (verhale met die Karoo as ruimte) het by NB Uitgewers verskyn. Sy verhaal "Poison Karoo" het op LitNet en in die VSA in "Words Without Borders" verskyn. LitNet Akademies het in Oktober 'n paneel oor Literatuur en Ekologie by die Karoo Ontwikkelingskonferensie aangebied, en Helize van Vuuren, Susan Smith en Tilla Slabbert het opgetree. LitNet Akademies, LitNet se onderafdeling vir geakkrediteerde akademiese skryfwerk, vorder goed - veral die Geesteswetenskaplike afdeling onder redakteurskap van Francis Galloway. Hy het in Junie 'n eredoktorsgraad in die lettere van die UVS ontvang. Hy was in Februarie Inwonende Skrywer in Amsterdam en het onder meer 'n meestersklas in literêre vertaling aan die Universiteit van Utrecht aangebied en in Den Haag in die "Writers Unlimited"-reeks opgetree. Hy het ook werksbesoeke aan ander lande in Europa gebring. Sy MA (Skeppende Skryfwerk)-student, Terry Westby-Nunn, het die UJ-debuutprys (Engels) verower vir 'n manuskrip waarvan hy studieleier was (verlede jaar het Nicole Strauss die Afrikaanse debuutprys gewen vir haar boek Maal, wat ook onder sy studieleierskap geskryf is). Nog 'n student van hom, Wilna Adriaanse, het haar roman, 'n Klein lewe, gepubliseer. LitNet is besig om sy posisie te verstewig binne 'n toenemend moeilike aanlynomgewing en gaan voort om nuwe skryfwerk in Afrikaans (veral Afrikaanse menings) te publiseer. Hy het ook drie skrywers wat in die Oos-Kaap grootgeword het, EKM Dido, Peter Mtuze en Russel Kaschula, al drie vlot drietalig in Xhosa, Engels en Afrikaans, na die Schreiner Karoofees gebring vir die LitNet Indaba en al vier het in verskillende hoedanighede by skole en die fees opgetree.

Die Mediese Skool het steeds ‘n lopende navorsingsprojek oor tweedetaalonderrig en hoe Afrikaans aangewend word in die kursus “Becoming a Doctor”. Joel Claassen het aan die begin van 2013 ’n loodsprogram getiteld Afrikaans Kommunikasievaardighede vir die Regte vir LLB-studente aangebied. Hierdie program volg die metodiek van die kursusse wat met sukses binne die Universiteit se Fakulteit Gesondheids-en Rehabilitasiewetenskappe aangebied is. Die sukses van die loodsprogram onder die LLB-studente, het daartoe gelei dat ’n volle kursus (met dieselfde titel) in 2013 deur die vakgroep Afrikaans en Neerlandistiek aangebied gaan word. Claassen lewer ook op 17 November 2012 ’n referaat op die Internasionale Konferensie vir Opvoedkunde, Navorsing en Innovasie (ICERI) in Madrid, Spanje. Die referaat sal fokus op die

6

Page 7: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

aard en gehalte van die kommunikasievaardighede van vierdejaar-mediese studente na aanleiding van ‘n kommunikasievaardigheidsmodule wat in hospitale aangebied is. Celeste Reyneke en Marieke van Zyl publiseer artikels in Chris van der Merwe, Hans Ester en Etty Mulder se Woordeloos tot verhaal.

Universiteit van KwaZulu-Natal

Dit was ’n goeie jaar vir die Departement Afrikaans en Nederlands by UKZN. Dit het begin met die aanstelling van Loraine Prinsloo as lektor, na ’n periode van vyf jaar waar Darryl David amper man-alleen die departement aan die gang gehou het. Sedert haar aankoms het Prinsloo ’n groot verskil gemaak met haar werkywer en is ’n werklike woelgees wat administratiewe take betref. Sy het in Oktober, as deel van haar PhD-navorsing, ’n referaat gelewer oor die onderrig van Afrikaans as eerste addisionele taal in die Highway-gebied van KZN. Hierdie referaat sal binnekort as artikel verskyn.

Kort op haar hakke het Fanie Olivier by die departement aangesluit. Olivier het van Pole na SA teruggekeer om persoonlike redes. Die departement is werklikwaar geseën om ’n akademikus van sy gehalte te hê. Hy het vanjaar onder meer ’n lesing gelewer by die Breyten Breytenbachfees op Montagu en het as voorsitter van PEN Afrikaans, PEN se internasionale kongres in Korea bygewoon. Hy het ook verskeie boekresensies geskryf en as eweknie-evalueerder vir artikels van wetenskaplike tydskrifte opgetree.

Eugene Marais het dit ook weer reggekry om die Afrikaanse departement by die onderwysfakulteit in Pinetown aan die gang te hou, terwyl hy die gevorderde sertifikaat vir taalonderwysers aan die UKZN gekoördineer het. Hy was dié jaar ook baie betrokke by die keuring van handboeke vir die KABV-kurrikulum. As deel van sy PhD-navorsing het hy in Oktober ’n referaat gelewer oor ruimte en identiteit in die werke van Peter Abrahams. Die referaat sal ook binnekort in artikelvorm verskyn. Dietloff van den Berg het twee jaar gelede afgetree, maar het aangebly sodat Afrikaans nie op die Pietermaritzburgkampus sou uitsterf nie. Hy het selflose werk gedoen, want hy het net vergoeding vir die lesings wat hy aangebied het, ontvang. Die groot rol wat hy gespeel het op die gebied van Afrikaans en Nederlands op beide die Howard College- en Pietermaritzburgkampusse is dus van onskatbare waarde. Hy is tans die studieleier van beide Loraine Prinsloo en Eugene Marais. Dit was ’n wonderlike jaar vir Darryl David. In Mei het hy die JM Coetzee Fees by die Boekedorp in Richmond gereël. Afrikaanse akademici soos Helize van Vuuren, Marius Crous en Marianne de Jong het lesings by hierdie fees aangebied. In 2011 het John Kannemeyer die eerste JM Coetzee-fees afgeskop met ’n lesing oor sy navorsing vir die Coetzee-biografie.

7

Page 8: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

In Julie het Darryl sy jarelange droom verwesenlik toe hy die Breyten Breytenbach Fees op Montagu begin het. Bekendes soos Ampie Coetzee, Francis Galloway, Fanie Olivier, Helize van Vuuren, Rita Gilfiilan, Braam de Vries, Dana Snyman, Petra Müller, Antoinette Pienaar en talle ander het gesorg vir die reuse sukses van hierdie fees.

Voorts het Darryl in Augustus geskiedenis gemaak toe hy die land se eerste museum vir Zoeloeletterkunde op die UKZN se Pietermaritzburgkampus aan die gang gekry het. Weereens het van die land se voorste skrywers hierdie geskiedkundige gebeurtenis bygewoon.

In Oktober het Darryl sy bekende BoekBedonnerd Boekefees gehou. Hy het van te vore erken dat die Afrikaanse skrywers sy boekedorp help vestig het; hierdie jaar was geen uitsondering nie. Deon Meyer, David Kramer, Alexander Strachan, Jeanette Ferreira, Karin Brynard, Welma Odendaal, Clinton du Plessis en talle ander skrywers het die fees bygewoon.

In September het Darryl ’n referaat oor Eben Venter se Ek stamel, ek sterwe gelewer by die ALV-kongres in Pretoria.

Om die jaar af te rond, het hy sy tweede boek oor kerke van Suid-Afrika, Platteland Pilgrimage, by BoekBedonnerd bekendgestel. Mense wat die boek wil bestel kan Darryl by [email protected] kontak. Die boek kos R250 en sluit kleurfoto’s in van oor die 100 plattelandse kerke.

Maar die groot nuus vir die jaar was die dekaan se besluit, vroeg in November, om Afrikaans op die Pietermaritzburgkampus te heropen. Vir die laaste paar jaar is Afrikaans op PMB net op eerstejaarsvlak aangebied. Vanaf 2013 word Afrikaans weer as hoofvak aangebied na ’n swye van amper vyf jaar. Om hierdie geleentheid te vier gaan die departement die land se eerste Kinderboekfees op 27 - 28 Februarie van stapel stuur. Vir meer inligting kontak Darryl ([email protected]), Loraine( [email protected]) of Eugene ([email protected]).

Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

Helize van Vuuren het in Mei 2012 by die Coetzee & Nobel Laureates Festival in Richmond, Noordkaap, ‘n referaat gelewer oor “Muse and Translator: JM Coetzee’s Waiting for the barbarians (1980) and Stockenström’s Die kremetartekspedisie (1981)” en in Julie 2012 by die eerste Breytenbachfees in Montagu oor “ Die taal asyn aan die lippe” tot “liefling taal”: ‘n oorsig van Breyten Breytenbach se oeuvre (1964-2011).”

Sy publiseer ook in geakkrediteerde tydskrifte en resenseer gereeld in die pers en op Litnet, waar sy onder meer die nuwe Cambridge History of South Africa bespreek het. Haar artikel, “‘Jy is die vertolker’: die lewensloop van Adam Small,” is opgeneem in die spesiale gedenkuitgawe van Tydskrif vir letterkunde oor Adam Small.

8

Page 9: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

In September 2012 het sy tydens die ALV-kongres te Unisa ‘n referaat getiteld, “’n Afrika-reis teenoor ‘n Europese reis: Stockenström se Die kremetartekspedisie (1981) as antwoord op JM Coetzee se Waiting for the barbarians (1980)” gelewer.

Saam met Marius Crous was sy verantwoordelik vir die samestelling van die kongresuitgawe van Stilet, waarin die 2010-kongresbydraes opgeneem is.

Marius Crous het in April `n werkswinkel oor die skryf van poësie by Kingswood College in Grahamstad aangebied. By die JM Coetzee-fees in Richmond het hy ’n referaat gelewer oor Coetzee se vertaling van Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie . By die ALV-kongres in Pretoria het hy ’n referaat gelewer oor die rol van die skrywer as intellektueel. Tydens dié kongres is hy ook verkies tot sekretaris van die ALV.

Hy het ook by die Woordfees (2012) ’n werkswinkel oor resensiekunde aangebied, asook deelgeneem aan ’n paneelbespreking olv Melt Myburgh oor resensies in die pers. Hy skryf ook op gereelde grondslag resensies vir Boeke24, Tydskrif vir letterkunde, Literator en op Litnet.

Hy het ook die bespreking van Padskraper gelei by die Somerstrand Leeskring en was die gasspreker by die afsluitingsfunksie van die Skrywerskring van die Oos-Kaap. Voorts was hy keurder vir die UJ-prys vir skeppende skryfwerk en die ATKV-poësieprys.

Studente wat hulle MA’s onder sy leiding voltooi het, sluit in Wessel Stoltz (oor satire in Marlene van Niekerk se Die kortstondige raklewe van Anastasia W) en Dewald Koen met ’n ondersoek na die reisverse van Joan Hambidge in Verse by vestek. Greig Douglas het ’n gekombineerde tesis in Engels/Kreatiewe Skryfkunde voltooi oor die satirikus as triekster.

Marius se derde digbundel, Vol draadwerk, het einde Oktober by Protea verskyn.

Marisa Botha, postdoktorale genoot in die departement het die eerste ses maande van 2012 as besoekende navorsingskundige aan die Universiteit van Pennsylvania in die VSA deurgebring. Sy was verbonde aan die Departement Engels en die Alice Paul-sentrum vir gender, seksualiteit en vrouestudies. As ontvanger van die Elisabeth Eybersbeurs het sy op 10 Oktober die “Antjie Krog Sestig”-byeenkoms in Den Haag bygewoon, asook ‘n referaat gelewer tydens die Elisabeth Eybersdag in Amsterdam, getiteld: "'My classy heldin' - Antjie Krog oor Elisabeth Eybers". Na die toekenning van die Eybersbeurs het Ena Jansen ook ‘n onderhoud met Marisa op Litnet gevoer.

Tydens haar verblyf in die VSA het sy ook twee referate gelewer. Eerstens, by die Universiteit van Pennsylvania se Department of Germanic Languages and Literatures se nagraadse kongres oor minderhede oor, “‘shivering in the colour of human’: The Variety of Voices in Antjie Krog’s Oeuvre”. Sy het ook ‘n referaat gelewer by die American Comparative Literature Association (ACLA) kongres oor Collapse / Catastrophe / Change. Paneel: Fragments and Fusions of the African Nation: Languages, Literatures, Politics. Die referaattitel was, “Giving a Voice to the Victim: Translation As Unifying Strategy”. Die NRF het haar ook in 2012 aangewys as ‘n “Opkomende Navorser” (“Emerging Researcher”).

9

Page 10: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Heilna du Plooy en Phil van Schalkwyk het vanjaar by die volgende kongressereferate gelewer SAVAL, IVN en ALV. Heilna was ook by die 6th International Seminar on Liminality and Text: The Subject on the Threshold waar sy ’n referaat gelewer het oor die Kanadese roman Fugitive pieces van Anne Michaels onder die titel “Between past and future”. Verder is sy is aktief op die weblog Versindaba waar sy onlangs die ontroerende elegie "Vierluik" die lig laat sien het.Heilna was verder op die beoordelingspanele van letterkundige pryse waarvan die jongste die M-Netprys, waarvoor Sonja Loots in die Afrikaanse kategorie bekroon is vir Sirkusboere.Heilna tree aan die einde 'n 2012 af en Thys Human van die Universiteit van Johannesburg sluit in 2013 by ons aan. Heilna gaan egter steeds op tydelike basis voort met haar waardevolle en produktiewe navorsing aan die vakgroep Afrikaans en Nederlands op die Potchefstroom-kampus.2012 was vir Phil 'n besondere jaar met verskeie mylpale. Hy is bevorder tot medeprofessor in Afrikaans en Nederlands (met ingang 1 Januarie 2013) en hy is verkies as ondervoorsitter van die ALV.By die ALV-kongres het hy ’n referaat gelewer waarin hy ’n poëtikale vergelyking getref het tussen Etienne Leroux en Ivan Vladislavić (dit verskyn binnekort in Literator).Sy artikel “An interruptive gesture: J.M. Coetzee’s Landscape with Rowers” het vanjaar in Dutch Crossing (36:2) verskyn. Phil en Adéle Nel het ook saamgespan en binnekort verskyn ’n artikel van hulle: “The early Cape Colony: Karel Schoeman and/on relationality” in die boek Shifting the Compass: Pluricontinental Connections in Dutch Colonial and Postcolonial Literature (Cambridge Scholars Publishing).Phil se magisterstudent Janien de Kock het ʼn referaat oor relasionaliteit en vriendskap in Marlene van Niekerk se Die sneeuslaper by die SAVAL-kongres in Junie gelewer.Phil het in September. by die leeskring in Vanderbijlpark gepraat oor die Afrikaanse vertaling van Tom Lanoye se Sprakeloos

Voorts het die volgende studente vanjaar magisterstudies voltooi:Joanette van der Merwe (by Heilna met onderskeiding);L.M. Marais (by Heilna, met Phil as medeleier);R. Marais het onlangs ingedien (Adéle Nel, en Phil as medeleier).

Betsie van der Westhuizen het die 5de Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur van 18-20 September op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied. Die tema was Ruimtes, roetes en (her)ontdekkings. Die hoofsprekers was prof. John Stephens van die Universiteit Macquarie, Sydney, Paddy Bouma, 'n Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer en-illustreerder en mev. Dolly Dlavane, Tswanadosent van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die NWU. Deelnemers van agt lande het 'n groot

10

Page 11: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

verskeidenheid referate gelewer, wat op die program ingedeel is in kreatiewe werk, teksanalises en taalonderrig. Die organiseerders was Betsie van der Westhuizen, Franci Greyling, Dolly Dlavane, Gerda Wittmann en Elma de Kock. Verdere inligting, onder andere die program, kan gevind word op die konferensiewebtuiste by http://nwu-childrenyouthliterature.co.za/afrikaans/

Die uitruilooreenkoms met Antwerpen gaan steeds voort en dis was hierdie semester die taalkunde se beurt. In 2013 gaan Phil van Schalkwyk en Netta Schutte daarheen met as onderwerp, traumateorie in die prosa en drama.

Liselotte Vandenbussche het in die derde kwartaal by ons aangesluit as postdoktorale genoot. Sy is verbonde aan die die University College van Gent, waar sy Nederlandse skryfvaardighede en diskoersanalise doseer. Haar ses maandelange projek in Potchefstroom fokus op Nederlandse bemiddelaars in SA (1875-1925) en tydkrifte soos De Zuid-Afrikaan, Het Volksblad, De Volkstem, Zuid-Afrikaans Tijdschrift, Ons Tijdschrift, and De Goede Hoop.

Nog ’n postdoktorale genoot, Daniël Van Olmen, het ook hierdie jaar by ons vakgroep aangesluit en veral aan Phil hulp verleen met die elektief in Nederlands. Hy was veral betrokke by die taalkomponent.

Universiteit van Pretoria

Twee lede van UP se Departement Afrikaans het bygedra tot die langverwagte Cambridge History of South African Literature (redakteurs: David Attwell en Derek Attridge van die Universiteit van York, Verenigde Koninkryk).

Andries Visagie en Hein Willemse het twee afsonderlike hoofstukke bygedra tot ’n multi-outeurpublikasie wat amper 900 bladsye lank is. Andries Visagie (saam met M.J. Daymond) was verantwoordelik vir die hoofstuk “Confession and autobiography” en Hein Willemse het die hoofstuk oor “Afrikaans literature, 1948-1976” geskryf. Die boek is deel van die bekende “Histories” reeks van Cambridge University Press. Dit bied ’n omvangryke geskiedenis van die Suid-Afrikaanse letterkunde, van sy ontstaan tot die hede, en handel oor letterkunde, mondeling en geskrewe, in al die tale van Suid-Afrika.

Die herfsuitgawe van Tydskrif vir Letterkunde het op 1 Maart 2012 in druk verskyn. Die onderwerp van hierdie uitgawe is Adam Small, die bekende Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en filosoof wat op 21 Desember 2011 sy vyf-en-sewentigste verjaarsdag gevier het.

Ter viering van die geleentheid is vroeër verskeie referate tydens ’n simposium by die Universiteit van Wes-Kaapland gelewer. Van die verwerkte bydraes is in die jongste uitgawe opgeneem. Afsonderlike teks- en oorsigstudies, artikels met teologiese, filosofiese en retoriese invalshoeke, asook artikels met ’n persoonlike aanslag word aangebied. Die bundeling van die studies gee ons ’n aanduiding van die ryk moontlikhede wat die Small-oeuvre moontlik maak. Hein Willemse het ’n bydrae tot hierdie uitgawe gelewer met sy artikel “Outobiografie en herinnering as verset in Adam Small se The Orange Earth”.

11

Page 12: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Die Departement Afrikaans van UP het op 2 April ’n suksesvolle dagsimposium, “Patryspoort na buite”, oor modernisme en moderniteit aangebied. Die simposium sluit aan by ’n navorsingsprojek in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die UP oor “suidelike” moderniteite wat in 2012 van stapel gestuur is.

Die openingsreferaat is deur die departementshoof van die Departement Afrikaans, Willie Burger, oor Ingrid Winterbach se roman Die benederyk gelewer. Dit is gevolg deur ’n referaat oor dieselfde teks deur Thys Human van die Universiteit van Johannesburg. Ander deelnemers van elders sluit in Franci Vosloo van die Universiteit van Stellenbosch en Martjie Bosman van Protea Boekhuis.

Die referate van Russel West-Pavlov (Departement Engels, UP) en Mark Kourie (Departement Filosofie, UP) het ’n interessante blik gebied op die moderniteit buite die Afrikaanse en Nederlandstalige literatuur. Nagraadse studente van die Departement Afrikaans, Shaun de Jager, Neil van Heerden en Dawita van der Walt (saam met Andries Visagie) het ook flink aan die verrigtinge deelgeneem en referate gelewer oor onderskeidelik die werk van Etienne van Heerden, N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman. Die simposium het boeiende vrae oor die modernisme en die moderniteit in die globale Suide aan die orde gestel. Intussen duur die projek oor “suidelike” modernisme en moderniteit binne die Fakulteit voort en lede van die Departement Afrikaans neem steeds met belangstelling daaraan deel.

Willie Burger het in die Maart 2012-uitgawe van Tydskrif vir Geesteswetenskappe die artikel, “Betrokke Kritiek” – Literatuurkritiek wat die wêreld verander? Literatuurkritiek ná Teorie” gepubliseer. In hierdie artikel lewer hy ’n pleidooi vir “’n evaluerende kritiek wat nie terugkeer na uitgediende humanistiese opvattings nie, maar wat wel waarde heg aan letterkunde wat ons belangrikste vrae en diepste emosies onderling deelbaar maak”.

Tydens die kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) wat van 25- 27 September 2012 aan die Universiteit van Suid-Afrika plaasgevind het, is twee lede van die Departement Afrikaans van UP tot die bestuur verkies. Andries Visagie is die nuwe voorsitter van die vereniging en Jacomien van Niekerk is verkies as addisionele lid op die bestuur.

Die Universiteit van Pretoria het ’n stewige verteenwoordiging by die kongres gehad en ses letterkundiges en regsgeleerdes het referate gelewer.

Die Departement Afrikaans van die Universiteit van Pretoria is versoek om die volgende kongres van die ALV in 2014 aan te bied. Daar word reeds planne gemaak om ook van hierdie geleentheid ’n spoggerige geleentheid te maak.

Suléne Pilon, voorheen van Noordwes Universiteit, het in Oktober 2012 as taalkundige by die departement aangesluit. Die letterkundeafdeling van die departement is saam met ons taalkundekollegas opgewonde oor hierdie waardevolle toevoeging tot die departement.

12

Page 13: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Die bekendstelling van ons kollega Heinrich Grebe se boek, Op die keper beskou: oor die ontstaan van Afrikaans (Van Schaik) het op Woensdag, 14 November 2012 plaasgevind. Ernst Kotzé was die gasspreker by hierdie geleentheid. Die departement was geëerd om die bekendstelling te vier, nie net as die kroon op Heinrich Grebe se loopbaan wat beëindig is met sy afsterwe in Junie 2011 nie, maar ook omdat die nuwe, kritiese perspektiewe wat die boek bied, ’n noodsaaklike toevoeging tot die historiese taalkunde is. Die boek is die vierde publikasie in die Talatala-reeks van die Departement Afrikaans by UP.

Jacomien van Niekerk is in 2013 met studieverlof. Heinrich Ohlhoff tree in Julie 2013 af nadat hy meer as 30 jaar lank verbonde was aan die Departement Afrikaans by UP.

Universiteit van Stellenbosch

Marlene van Niekerk se roman Agaat is vroeër vanjaar In Swede gepubliseer en het binne twee maande ’n derde druk beleef. In 2013 sal die Sweedse vertaling van Memorandum, met skilderye deur Adriaan van Zyl, by Weyer Vorlag verskyn, die Noorse vertaling van Agaat by Forlaget Press en die Italiaanse vertaling van Triomf by Neri Pozzi.

Die Jan Rabie/Marjorie Wallace beurs is aan die einde van 2011 aan Willem Anker toegeken sodat hy verlof kan neem om hom toe te spits op die skryf van ’n roman. Willem het ook die die 2012 ATKV Woordveertjie vir Drama gewen vir die dramateks, Samsa-masjien.

John Kannemeyer se biografie van J.M. Coetzee, met die titel J.M. Coetzee. ’n Geskryfde lewe, het in September 2012 verskyn, tesame met Michiel Heyns se vertaling daarvan in Engels. John was tot met sy dood op 25 Desember 2011 ’n buitengewone hoogleraar in die Departement Afrikaans en Nederlands waar hy ’n honneurskursus in Edisiewetenskap aangebied het.

Alfred Schaffer, wat tans Nederlands doseer in die Departement, se vertaling van Ronelda Kamfer se bundel Santekraam in Nederlands het in Mei 2012 verskyn. Alfred is ook genooi om sy eie multimediaprogram saam te stel vir die geleentheid 5Kwarts, gereël deur die Stichting Literaire Activiteiten Amsterdam in die multi- mediasentrum De Melkweg. Alfred het die digters Rodaan Al Galidi en Mustafa Stitou genooi om saam met hom op te tree asook die rubriekskrywer Aaf Brandt Corstius, die strokiesprentkunstenaar Gertjan van Leeuwen en Melle de Boer van die Haagse bluesgroep Smutfish.

Drie dosente uit die Department het vanjaar referate gelewer by die agtiende drie-jaarlikse colloquium van die IVN (Internationale Vereeniging voor Neerlandistiek) wat in Augutus 2012 in Antwerpen aangebied is. Ronel Foster en Dorothea van Zyl het referate gelewer en Louise Viljoen was een van die keynote sprekers by die kongres. Louise het ook die Departement verteenwoordig by die ALV-kongres wat in September 2012 plaasgevind het in Pretoria. Haar kort biografie van Ingrid Jonker, getitel Ingrid Jonker. A Jacana Pocket Biography, het in November 2012 by Jacana Media verskyn.

13

Page 14: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Ronel Foster was ná die IVN-kongres in Antwerpen ʼn maand lank die gas van die vakgroep Nederlands aan die Universiteit Gent, waar sy in die Departement sowel as by die Poëziecentrum lesings aangebied het. Sowat 30 studente volg die Afrikaanskursus aan die Departement.

In Desember 2012 verskyn die tweetalige bundel, Toenadering: Literair grensverkeer tussen Afrikaans en Nederlands/Literêre grensverkeer tussen Afrikaans en Nederlands, geredigeer deur Ronel Foster en Yves T’sjoen van die Universiteit Gent by die Belgiese Uitgewer Acco. Die bundel bevat komparatistiese artikels deur sewe Afrikaanstalige en sewe Nederlandstalige akademici en is ’n opvolg van die bundel Over grense/Oor grense (2009).

Geert Buelens van die Universiteit Utrecht het in September vanjaar lesings in die Nederlandse letterkunde aan die Departement gegee in sy hoedanigheid as Buitengewone Professor.

Twee doktorale studente van die Departement het ook vanjaar proefskrifte oor die Afrikaanse letterkunde voltooi en ontvang binnekort hulle grade. Gerda Odendaal het gewerk onder studieleiding van Ronel Foster en haar proefskrif het gehandel oor Bybelse intertekste in resente Afrikaanse gedigte en lirieke, met spesifieke verwysing na identiteitsformasies in die (post-) postmoderniteit. Joan-Mari Barendse het haar proefskrif voltooi onder leiding van Louise Viljoen en haar studie-onderwerp was Distopiese toekomsromans in die Afrikaanse literatuur ná 1999.

Die Woordfees 2012 was ‘n groot sukses en die program vir 2013 is reeds voltooi. Van 1 tot 10 Maart 2013 word onder andere die volgende gerekende skrywers by die 14de Woordfees op Stellenbosch verwelkom: Athol Fugard, André P. Brink, Antjie Krog en Deon Meyer op die skrywersprogram. Profiel-aanbiedings oor Fugard, Dot Serfontein, E. Kotze, Verna Vels en Elsa Joubert is op die spyskaart.

Universiteit van Suid-Afrika

Linde Beer, Neil Cochrane, Lisetta Jacobs en Erika Lemmer tree gedurende die jaar by ‘n aantal Pretoriase leeskringe op.

Ihette Jacobs, Neil Cochrane en Alwyn Roux publiseer gereeld resensies oor Afrikaanse literêre werke (insluitend teaterproduksies) in koerante en literêre publikasies.

Alwyn Roux het ‘n nuwe literêre tydskrif, Guillotine op die been gebring waarvan die eerste uitgawe gedurende Oktober 2012 verskyn het. Dit tydskrif sluit in essays, onderhoude, resensies, kortverhale en gedigte. Guillotine funksioneer onafhanklik en maak staat op advertensies en borge vir sy voortbestaan. Die tydskrif is beskikbaar by Protea Boekwinkels landswyd. Vir verdere navrae: [email protected].

14

Page 15: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Lida Krüger, nagraadse navorsingsassistent in die department, was vanjaar die mede-vervaardiger en aktrise in Jutro, ʼn Afrikaanse vertaling van Keren Tahor en Fresco Theatre Company se gelyknamige Engelse toneelstuk. Jutro (Pools vir “môre”) vertel die verhaal van Janusz en Mina, twee Poolse burgerlikes, vasgevang in die Tweede Wêreldoorlog. Wanneer hulle vasgekeer word in ’n gebombardeerde nagklub, begin die lyne tussen werklikheid en fantasie vervaag. Op mekaar aangewese, ontdek Janusz en Mina beide die wreedheid en wonder van die lewe. Die regie is deur Gérard Rudolf behartig (bekend vir onder meer Wolwedans in die skemer en Paljas) en drie opvoerings is onderskeidelik in Potchefstroom en Pretoria gehou.

Die departement tree gedurende September 2012 as gasheer vir die ALV-kongres op. Dié kongres was ‘n groot sukses en ‘n aantal kollegas lewer referate.

Johan Coetser het van 22-28 Julie 2012 die jaarlikse kongres van die International Federation for Theatre Research (IFTR) in Santiago (Chile) bygewoon en ook ‘n referaat gelewer. Die titel van die referaat was “Exit, stage left? The case of South African Theatre in Afrikaans”. ‘n Hoogtepunt van die kongres was ‘n voorlesing, eintlik ‘n demonstrasie, deur die wêreldbekende Chileense dramaturg, Alfredo Jaar. Jaar is bekend vir sy buitelugopvoerings waarin hy van massiewe installasies gebruik maak.

Erika Lemmer het gedurende September 2012 ‘n studiebesoek aan die Universiteit van Idaho (VSA) gebring. Sy het by Scott Slovic, ‘n stigterslid van ASLE (Association for the Study of Literature and Environment) en hoofredakteur van ISLE (Interdisciplinary Studies in Literature and Environment), gaan kers opsteek oor die nuutste verwikkelinge in die ekokritiek. Tydens haar besoek het sy ook verskeie aktiwiteite bygewoon wat deur die Departement Engels aangebied is, waaronder die Hemingway Festival. Sy het saam met Slovic ook Missoula in Montana besoek, waar verskeie bekende Amerikaanse natuurskrywers soos William Kittredge en Rick Bass woonagtig is.

Neil Cochrane woon gedurende Augustus 2012 ‘n werkswinkel oor Nederlandse taalverwerwing in Amsterdam by.

Die departement neem afskeid van die bekende literatuurwetenskaplike, Marianne de Jong en verwelkom vir dr. Alan Northover en me. Asma Ayob in die afdeling Algemene Literatuurwetenskap.

Universiteit van die Vrystaat

Hennie van Coller werk in Brussel aan die Nederlandse literatuurgeskiedenis se eerste deel ('n oorsig van die Nederlandse literatuurgeskiedenis uit die perspektief van die Afrikaanse letterkunde) en die werk aan deel 2 (die vyftigtal profiele) sal in alle erns begin wanneer hy terug is. Hy nooi nou reeds kollegas uit wat graag profiele wil skrywe om hul voorkeure aan te dui.

15

Page 16: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Met Perspektief en profiel gaan dit ongelukkig stadig, omdat die medewerkers almal besig is en eers in die somervakansie werklik kan werk. Maar hy hoop vir einde 2013 as verskyningsdatum. Verder het Van Coller op 21 November 'n lesing in Gent gegee by die Koninklijke Vlaamsche Academie voor Taal-en Letterkunde oor sy projek aldaar en enkele ander lesings (o.a by die Universiteit van Antwerpen).

Internasionale nuus

Vrije Universiteit en Universiteit van Amsterdam:

Tydens ‘n vergadering van die UvA-kuratorium op 1 Februarie is Ena Jansen se besetting van die leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde vir ’n derde termyn van vyf jaar verleng.

Haar lesingreeks vir derdejaars oor die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse letterkunde en geskiedenis (Februarie tot Mei 2012) is vanjaar deur ’n groot groep van 29 UvA- en VU-studente bygewoon. Soos gebruiklik het sy klas gegee in die Zuid-Afrika Huis en kon ’n volgende generasie studente vertroud raak met die pragtige argief en groot versameling boeke. Die afgelope jaar is Jente Rhebergen, ’n UvA-student, tydens ’n stage in die ZAH begelei om ’n nuwe webwerf vir skoliere saam te stel. Op 2 Julie het Ena tydens die somerskool oor Afrikaanse letterkunde in Gent ’n lesing oor die ZAH gehou.

Riet de Jong-Goossens, die onvolprese vertaler van Afrikaanse boeke in Nederlands, het op 21 April die Van Riebeeck-erepenning van die NZAV ontvang (Ena Jansen se laudatio op Litnet - sien vir skakels hierna en na ander artikels: http://www.litnet.co.za/Author/434/EnaJansen)en op 22 Mei was Ronelda Kamfer (gas van die Productiefonds in die Skrywershuis bokant Atheaneum-boekwinkel) aanwesig in die ZAH om oor Santekraam te praat tydens die laaste lesing in die reeks. Die aand het Ena ’n onderhoud met haar en haar man die kunstenaar en digter Nathan Trantraal gevoer vir gaste van die ZAH se Leeskring (artikel op Litnet).

Op Saterdagmiddag 13 Oktober het die Zuid-Afrika Huis en die Commissie Zuid-Afrika van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde (Eep Francken, Adriaan van Dis, Robert Ross, Jos Damen en Ena Jansen) ’n simposium in die ZAH georganiseer, genaamd Eybers onderdak. De boekerij van Elisabeth Eybers in het Zuid-Afrika Huis ontsloten. Lisa Kuitert (hoogleraar Boekwetenskap ana die UvA en saam met Ena promotor van Annemiek Récourt wat ’n biografie oor Jan Greshoff skryf) en Marisa Botha van Port Elizabeth (wenner van vanjaar se Eybers-beurs) het lesings gehou terwyl Eep en Ena as inleier en onderhoudvoerder ook deelgeneem het. Die titels van Eybers se ca. 2000 boeke is nou op www.zuidafrikahuis.nl toeganklik (sien ook Litnet). Corine de Maijer, bibliotekaris van die ZAH (sien http://www.litnet.co.za/Article/geef-mij-maar-boeken-en-het-komt-goed-interview-met-corine-de-maijer-door-ingrid-glorie), en Ena is die eindredakteurs van die katalogus wat eers

16

Page 17: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

deur twee Leidse studente olv Eep Francken gemaak en toe deur Tiny Kraan verkort en gesistematiseer is volgens genre.

In Nederland is die Suid-Afrikaanse letterkunde byna maandeliks, soms selfs weekliks op die kulturele agenda. Op 10 Oktober is byvoorbeeld Antjie Krog se 60ste verjaardag in Den Haag op luisterryke wyse gevier en op 28 Oktober is ’n Ingrid Jonker-middag in Amsterdam gehou. Vir die kultuursentrum se blad Nieuwe liefde het Ena 5 voorheen onvertaalde Jonker-gedigte in Nederlands vertaal. Op 29 Oktober was die besondere uitreiking van die Johannes Vermeer-prys aan ons eie wêreldberoemde Marlene Dumas in Delft: sy het haar miljoen rand prysgeld uit protes teen die Nederlandse staatsbeleid om steeds minder aan kuns te bestee net so aan ‘n noodlydende kunsopleiding gegee (sien artikel op Litnet). Op 14 November het Alfred Schaffer ’n aand georganiseer in De Melkweg en opnames van gedigte van Antjie, Loftus en Danie Marais laat klink. Op 15 Desember word die Nederlandse vertaling van Kannemeyer se Coetzee-biografie in die ZAH bekendgestel.

Twee besondere boeke deur Nederlandse historici het die afgelope jaar die lig gesien: Vincent Kuitenbrouwer se War of Words (Amsterdam University Press op 22 Junie) en Martin Bossenbroek se De Boerenoorlog (Athenaeum, Pola & Van Gennep op 15 November). By albei geleenthede het Ena kort lesings gehou. Voor die uitstekende toneelopvoering van Coetzee se In ongenade het Ena in die Amsterdam Schouwburg lesings oor Disgrace gegee in Desember 2011 en Februarie 2012. Op 22 Maart het sy in Spui 25 se reeks deur die UvA se bijzondere hooglerare ’n lesing gegee: ‘Van Thandi de bediende tot Thandi de madam. De representatie van dienstboden in de Zuid-Afrikaase literatuur.’ Tydens die ALV-kongres in Pretoria (25-27 September) was die titel van haar lesing ‘Huiswerkers in tekste van Elisabeth Eybers, Ezekiel Mphahlale en Etienne Leroux ten tye van die instelling van paswette vir swart vroue in 1955.’

Ena Jansen se publikasies vir 2012 sluit, behalwe artikels op LitNet, vier hoofstukke in ‘peer-reviewed’ boeke in:

1. ‘Wanderers among ruins.’ Walking and driving in Johannesburg novels (pp. 110-137) in Bruyns, Gerhard en Graafland, Arie (red.) African Perspectives – [South] Africa. City, Society, Space, Literature and Architecture. Rotterdam 010 Publishers. Delft School of Design Series on Architecture and Urbanism.

2. Slavery and its Literary Afterlife in South Africa and on Curaçao. In Jeroen Dewulf e.a. (red.), Shifting the Compass: Pluricontinental Connections in Dutch Colonial and Postcolonial Literature. Cambridge Scholars Publishing.

3. ‘Dis tyd dat Boytjie van die werf af kom,” sê Pa. Huisbediendes en kinders in die Suid-Afrikaanse literatuur. In Hans Ester, Chris van der Merwe en Etty Mulder (red.), Woordeloos tot verhaal. Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans. Hilversum: Verloren en Stellenbosch: SUN Press.

17

Page 18: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

4. ‘Ik heb me nog nooit van mijn leven zoo agressief-Hollandsch gevoeld.’ Jan Greshoffs eerste jaar in Zuid-Afrika of hoe een kosmopolitische Hollander een buitenstaander werd. Saam met Annemiek Recourt. In Ronel Foster en Yves T’Sjoen (red.), Toenadering, pp. 51-71. Leuven/ Den Haag: Acco.

Verder is haar resensie oor André P. Brink se Philida te lees op internet terwyl haar profiel oor Ingrid Winterbach aangevul is vir die bygewerkte Perspektief en profiel wat nog moet verskyn.

Voordat sy half-Desember Kaap toe vertrek vir ’n paar vakansieweke word die Nederlandse jaar afgesluit met verslaglegging van die “Interparlementaire Commissie van de Nederlandse Taalunie” op 3 Desember in die Eerste Kamer (senaat) van die Nederlandse parlement. O.a. Michael Le Cordeur, Flip Buys, Henry Jeffreys en Koos Malan sal tydens ’n openbare hoorsitting inligting verstrek oor die gebruik van Afrikaans in talle openbare domeine.

[email protected]

Die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań (Pole)

Die Departement vir Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań vorder goed.

Groot nuus hierdie jaar was die universiteit se toekenning van ‘n eredoktorsgraad aan J.M. Coetzee. Dit het saamgeval met die wêreldpremière van die opera-verwerking van Slow Man by die Stanisław Moniuszko Groot Teater, as deel van die Malta Festival Poznań. Ook as deel van die fees het Jerzy Koch deelgeneem aan ‘n besprekingspaneel getiteld Literature towards the World saam met die bekende Coetzee-kenners Derek Attridge en David Attwell.

Verder sien ons uit na die verskyning in Desember van Jerzy Koch se geskiedenis van dieAfrikaanse literatuur, Historia literatury południowoafrykanskiej. Literatura Afrikaans. XX wiek (1900-1930) (“Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Literatuur. Afrikaanse literatuur. 20ste eeu (1900-1930)”).

Die akademiese joernaal Werkwinkel verskyn ook hierdie maand met ‘n aantal tekste spesiaal gewy aan die werk van J.M. Coetzee, waaronder ook sy lectio wat hy tydens die ontvangs van die eredoktorsgraad gelewer het. Die tydskryf kan bestel word by: http://wa.amu.edu.pl/werkwinkel/biblioteek/order.html

Studentegetalle het oor die afgelope paar jaar besonder gegroei en daar is nou drie Suid-Afrikaners werksaam in Poznan. In Februarie is afskeid geneem van Fanie Olivier en enkele maande later het Karen Kuhn en Mathilda Smit hulle by Tertius Kapp, wat reeds drie jaar hier werksaam is, aangesluit. Karen se debuutbundel, Ingeboek, is pas voor haar aankoms gepubliseer, en Tertius se drama Rooiland het ook oor die afgelope jaar verskeie pryse losgeslaan.

November het Willie Burger (UP) gaslesings oor onder meer André.P. Brink gelewer.

18

Page 19: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

Tans studeer twee van ons voormalige studente, Ania Jasiak en Karolina Drejerska, as deel van hul M.A.-kursusse, aan die Noordwes-Universiteit. Dit is moontlik gemaak deur ‘n ooreenkoms wat tussen ons universiteite gesluit is en wat die uitvloeisel is van 2011 se studiereis gereël deur Tertius Kapp.

In Februarie 2013 sal die volgende reis plaasvind, weer met borgskap uit die privaatsektor. Ons sien uit na verdere ontwikkelinge wat hieruit sal voortspring.

Ons kollegas het verskeie kongresse bygewoon oor die afgelope jaar, naamlik die ALV-kongres in Pretoria en die 18e Colloquium Neerlandicum in Antwerpen. In Mei 2013 bied ons die Regionaal Colloquium Neerlandicum in Poznań aan. Deskundiges uit verskeie lande sal hul navorsingresultate aanbied, wat altyd ‘n sterk komponent Afrikaanse onderwerpe insluit.

Afrikaans en Suid-Afrika is dus al sterker teenwoordig aan die Adam Mickiewicz Universiteit - ‘n waardevolle beloning vir die daaglikse inspanning van al ons kollegas!

19

Page 20: alv.org.zaalv.org.za/images/stories/documents/2012Nuusbrief_van_die...  · Web viewReferente word daaraan herinner om hul kongresreferate na artikels te verwerk vir ... Nelson Mandela

20