algemene reËls vir eerste kwalifikasies, nagraadse

210
ALGEMENE REËLS VIR EERSTE KWALIFIKASIES, NAGRAADSE DIPLOMAS, BACCALAUREUSHONNEURSGRADE, MAGISTERGRADE, DOKTORSGRADE, HOËR DOKTORSGRADE, EREGRADE EN DIE KONVOKASIE 2016

Upload: others

Post on 16-Oct-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

ALGEMENE REËLS VIR EERSTE KWALIFIKASIES, NAGRAADSE DIPLOMAS, BACCALAUREUSHONNEURSGRADE,

MAGISTERGRADE, DOKTORSGRADE, HOËR DOKTORSGRADE, EREGRADE EN DIE KONVOKASIE

2016

2 INHOUDSOPGAWE STATUTÊRE BEVOEGDHEID VIR DIE DAARSTELLING VAN ALGEMENE REËLS VIR KWALIFIKASIES ... ... ...... … … … … ... 3 WOORDOMSKRYWING … … … … … … … 5 ALGEMENE REËLS VIR VOORGRAADSE KWALIFIKASIES ... ... ... ... 23 ALGEMENE REËLS VIR NAGRAADSE DIPLOMAS ... ... ... ... ... 62 ALGEMENE REËLS VIR BACCALAUREUSHONNEURSGRADE ... ... ... ... 89 ALGEMENE REËLS VIR MAGISTERGRADE ... ... ... ... ... ... 116 ALGEMENE REËLS VIR DOKTORSGRADE ... ... ... ... ... ... 154 ALGEMENE REËLS VIR HOËR DOKTORSGRADE ... ... ... ... ... 186 ALGEMENE REËLS VIR EREGRADE ... .. ... ... ... ... ... 194 ALGEMENE REËLS VIR NADOKTORALE NAVORSINGSGENOOTSKAPPE/-GENOTE ... 197 KONVOKASIE ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 199 BYLAE A: DIE AGT-LETTERTEKEN- ALFANUMERIESE MODULEKODERINGSTELSEL ... 200 BYLAE B: UV-REËLS OOR STUDENTEDISSIPLINE … … … … ... 203 BYLAE C: ALGEMENE REËLS: MET KRUISVERWYSINGS EN GEÏNDEKSEER … … 208

3

ALGEMENE REËLS VIR EERSTE KWALIFIKASIES, NAGRAADSE DIPLOMAS, BACCALAUREUSHONNEURSGRADE,

MAGISTERGRADE, DOKTORSGRADE, HOËR DOKTORSGRADE, EREGRADE EN DIE KONVOKASIE

(Voortaan word slegs na ‘algemene reëls’ verwys)

STATUTÊRE BEVOEGDHEID VIR DIE DAARSTELLING VAN ALGE MENE REËLS

VIR KWALIFIKASIES Die algemene reëls word uitgevaardig ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, Wet 101 van 1997, hoofstuk 4 artikel 32(1)(b), met inagneming van die Gemeenskaplike Statuut uitgevaardig ingevolge die Wet op Universiteite, Wet 61 van 1955, en vermeld in Wet 101 van 1997, hoofstuk 9, artikel 74(6), en die Institusionele Statuut van die Universiteit van die Vrystaat (UV) soos gepubliseer in Staatskoerant nr 33490, vol 747 van 27 Augustus 2010, ingevolge hoofstuk 4, artikel 33 van Wet 101 van 1997, en word gelees in samehang met die fakulteitsreëls soos deur fakulteitsrade aanbeveel en deur die Raad goedgekeur. Die reëls is voorts soos vasgestel deur die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding ooreenkomstig artikel 8(2)(e) van die Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk, 2008 (Wet 67 van 2008) (Kennisgewing nr 1040 van 2012; Staatskoerant nr 36003, vol 570, 14 Desember 2012) en word gepubliseer deur SAKO in opdrag van die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding ingevolge artikel 27(k)(iv) van die Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk as die beleid van die Raad op Hoër Onderwys (Staatskoerant nr 38116, vol 592, 17 Oktober 2014). Die algemene reëls geld vir alle voltydse studente aan die Universiteit (wat insluit geleentheidstudente en studente wat vir kort leerprogramme geregistreer is), behalwe waar dit uit die konteks van die reël blyk dat die reël ook vir deeltydse studente geld. Toegewings ten opsigte van deeltydse studente word in die fakulteitsreëls van die onderskeie fakulteite vervat. Beleidsdokumente en reglemente van die UV is ondersteunend en rigtinggewend ten opsigte van die algemene reëls en moet, waar van toepassing, in samehang met mekaar gelees word. In geval van teenstrydigheid tussen genoemde dokumente, het die algemene reëls voorrang. In geval van teenstrydigheid tussen die name van kwalifikasies weens die proses van Hoëronderwyskwalifikasie-subraamwerk- (HOKSR-)gerigtheid of vroeëre ontwikkelings, sal elke geval volgens meriete hanteer word. Fakulteitsreëls is aanvullend tot die algemene reëls en in geval van teenstrydigheid tussen die twee stelle reëls, geld die algemene reëls. Die toepassing van die algemene reëls geskied ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, Wet 101 van 1997, hoofstuk 8, artikel 68(2), en die Institusionele Statuut: Universiteit van die Vrystaat (Staatskoerant nr 33490, vol 747 van 27 Augustus 2010), hoofstuk IV, artikel 13.2, en die Raad wys die verantwoordelikheid vir die toepassing daarvan aan die Registrateur toe, behalwe waar die reëls anders aandui. Die Registrateur moet gereeld, volgens ooreenkoms, skriftelik aan die Raad via die Senaat verslag doen oor die toepassing van die algemene reëls.

4 Soos wat die algemene reëls bepaal, kan die Registrateur1 met die Raad se goedkeuring die toepassing van die reëls aan ander funksionarisse delegeer, wat skriftelik aan die Registrateur oor sodanige toepassing moet verslag doen. Die daarstelling en toepassing van die fakulteitsreëls, wat in dieselfde wetsverwysings as dié ten opsigte van die Registrateur genoem word, word deur die Raad aan die fakulteitsrade en die onderskeie dekane toegewys. Elke dekaan moet gereeld, volgens ooreenkoms, skriftelik aan die Raad via die Senaat oor die toepassing van die fakulteitsreëls verslag doen. Die Raad van die Universiteit kan ook met geregistreerde en geakkrediteerde privaat verskaffers van hoër onderwys ooreenkomste aangaan om akademiese kwalifikasies van die Universiteit aan te bied. Waar sodanige ooreenkomste bestaan, moet daar in toelatings- sowel as fakulteitsreëls daarna verwys word. Indien die minimum voorgeskrewe getal studente nie vir ’n module geregistreer het nie, behou die Universiteit die reg voor om daardie bepaalde module nié aan te bied nie. Die reëls wat in hierdie dokument vervat is, is die reëls soos goedgekeur op die datum van publikasie. Die reëls is onderworpe aan wysigings wat ná die datum van publikasie goedgekeur word. Die finansiële reëls of reëls insake die betaling van gelde wat in hierdie dokument vervat is, moet gelees word in samehang met die reëls in die geldejaarboek van die Universiteit, wat jaarliks bygewerk word. In geval van moontlike teenstrydigheid tussen die bepalings, sal die besluit van die toepaslike viserektor afgedwing word. Die Universiteit erken die godsdienstige heilige dae soos wat die Universiteitskalender jaarliks aandui, en sal dit, indien moontlik, vermy om eksamens of assesserings vir sulke dae te reël. Verskillende beleids- en proseduredokumente van toepassing op die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor, byvoorbeeld dié van die Raad op Hoër Onderwys (RHO), die Hoëronderwysgehaltekomitee (HOGK), die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO), die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) en die HOKSR, is as uitgangs- of verwysingspunt gebruik. Sommige direktiewe, omskrywings, terme of frases word direk aangehaal om die betekenis te behou. In ander gevalle word betekenisse saamgevoeg om ’n konsep te beskryf. Omskrywings van kwalifikasietipes word direk uit die HOKSR (Staatskoerant nr 38116, vol 592, 17 Oktober 2014) aangehaal om die bedoelde betekenis, doel, kenmerke, minimum toelatingsvereistes en progressie van die kwalifikasie te behou. Wanneer daar na die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) NS(B) verwys word, word die volgende bron deurgaans ingevolge die omskrywing in die Minister se beleide gebruik: Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Senior Sertifikaat Vereis, Staatskoerant nr 32131, vol 751, 11 Julie 2008, en Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) Vereis, wat in Staatskoerant nr 32743, vol 533 van November 2009 gepubliseer is.

1 ’n Verwysing na die ‘Registrateur’ in hierdie algemene reëls beteken hetsy die Registrateur: Beheer en Beleid of die Registrateur: Stelsels en Administrasie, na gelang van die betrokke reël.

5 WOORDOMSKRYWING Aansoek om toelating Die proses waardeur ’n persoon se persoonlike en ander data op die Universiteit se databasis vasgelê word en wat nog nie UV-studentestatus aan daardie aansoeker verleen nie. Afstandsonderrig 2 Afstandsonderrig is ’n versameling onderrig- en leermetodes sowel as ’n voorsiening-/leweringsmodus. As ’n versameling metodes, bemiddel en dra afstandsonderrig die kurrikulum oor sonder dat dosente en studente op dieselfde tyd op dieselfde plek hoef te wees. Afstandsonderrigmetodes sluit in gestruktureerde leerhulpbronne en aktiwiteite vir onafhanklike studie. As ’n voorsieningsmodus, gebruik afstandsonderrig die ontwerp van ’n program om die afstand tussen dosente en studente te oorbrug. Die moontlikhede sluit in ’n enkele leweringsmodus, waarin alle aanbiedings in die afstandsmodus plaasvind; ’n dubbele leweringsmodus, waarin sommige aanbiedings in die afstandsmodus plaasvind, of ’n gemengde modus, waarin dieselfde modules in sowel kontak- as afstandsmodusse aangebied word. Daarbenewens verwys die term ‘afstandsonderrig’ ook na onderrigvoorsiening waarin studente 30% of minder van die bepaalde veronderstelde leerure in voorgraadse kursusse op NKR-vlak 5 en 6, en 25% of minder in kursusse op NKR-vlak 7 en aanvanklike nagraadse kursusse op NKR-vlak 8, in persoonlike, kampusgebaseerde gestruktureerde leeraktiwiteite onder leiding van personeel deurbring. Algemene reëls vir kwalifikasies Benewens die statutêre reëls, word die algemene reëls ook ondersteun en gerig deur beleidsdokumente en regulasies, en aangevul deur fakulteitsreëls, wat alles in samehang gelees moet word. In geval van teenstrydigheid tussen die dokumente, het die algemene reëls voorrang. Artikulasie Die proses om moontlike verbande te lê tussen kwalifikasies en/of gedeeltelike kwalifikasies sodat studente vertikaal, lateraal en diagonaal deur die formele onderwys- en opleidingstelsel en sy koppeling met die arbeidswêreld kan beweeg. Assessering Assessering is die proses om die waarde, belang of omvang te bepaal van wat studente weet, verstaan en met hulle kennis kan doen as gevolg van hulle opvoedkundige ervarings. Assesseringsresultate word gebruik om prestasie te dokumenteer, te verklaar en te verbeter. Assessering kan op verskillende tye in die loop van ’n leerprogram geskied en ’n omvattende assesseringsplan sal hetsy formatiewe en summatiewe assessering of deurlopende assessering insluit. Die stadium van ’n program wanneer die assessering plaasvind, is wat hierdie drie soorte assessering van mekaar onderskei.

Deurlopende assessering

Deurlopende assessering word as ’n alternatief vir summatiewe assessering gebruik. Deurlopende assessering is ’n verskeidenheid assesserings wat deur die hele leerproses geskied, eerder as slegs aan die einde van die leerproses. Studente word dus deurlopend vir die volle duur van ’n kwartaal, semester of jaar geëksamineer. Dit is kumulatief en die punte word verwerk om ’n finale punt te lewer.

2 Beleid vir die Voorsiening van Afstandsonderrig aan Suid-Afrikaanse Universiteite, Staatskoerant nr 37811, 7 Julie 2014.

6

Formatiewe assessering

Formatiewe assessering meet studente se vordering gedurende die leerproses om voortgesette terugvoering en stapsgewyse terugvoering te bied. Dit sluit verskeie formele en informele assesserings in wat tipies moniteer hoe studente met die bereiking van leeruitkomste en die verkryging van ’n semesterpunt of predikaat, d.w.s. toelating tot die summatiewe assessering, vorder. Summatiewe assessering Summatiewe assessering word as die assessering ván leer beskou en staan teenoor formatiewe assessering, oftewel assessering vír leer. Summatiewe assessering vind na afloop van leer plaas, d.w.s. aan die einde van ’n kwartaal, semester of jaar, en bied inligting en terugvoering wat die onderrig- en leerproses saamvat. Die bedoeling met summatiewe assessering is om prestasie te bekragtig en punte toe te ken.

Assessor Raadpleeg die omskrywing van interne assessor . Baccalaureusgraad (NKR-uittreevlak 7; minimum total e getal krediete: 360) of (NKR-uittreevlak 8; minimum totale getal krediete: 480)

Doel en kenmerke van die baccalaureusgraad Daar is twee soorte baccalaureusgrade, naamlik algemeen en beroepsgerig. Albei soorte grade kan gestruktureer word as ’n kwalifikasie van 360 krediete met uittrede op vlak 7, of as ’n kwalifikasie van 480 krediete met uittrede op vlak 8 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. (Dit is ook moontlik om ’n baccalaureusgraad van 480 krediete met uittrede op NKR-vlak 7 te struktureer.) Die baccalaureusgraad van 480 krediete op NKR-vlak 8 behels ’n groter volume leer en stel hoër kognitiewe eise as die graad van 360 krediete op vlak 7, en behoort studente voor te berei om magistervlakstudie te onderneem deur hulle met navorsingsvaardighede in die metodologie en navorsingstegnieke van die vakgebied toe te rus. Die hoofdoel van die algemene sowel as die beroepsgerigte baccalaureusgraad is om ’n afgeronde, omvattende opvoeding te bied wat gegradueerdes toerus met die kennisbasis, teorie en metodologie van dissiplines en vakgebiede, en om hulle in staat te stel om inisiatief en verantwoordelikheid in ’n akademiese of beroepskonteks aan die dag te lê. Die baccalaureusgrade van 360 sowel as 480 krediete kan van studente verwag om navorsing op ’n gepaste wyse vir die dissipline of vakgebied te onderneem ten einde hulle vir nagraadse studie voor te berei. Die algemene baccalaureusgraad beklemtoon algemene beginsels en teorie ter voorbereiding vir toetrede tot algemene diens of vir ’n nagraadse program. Die beroepsgerigte baccalaureusgraad berei studente voor vir professionele opleiding, nagraadse studie of professionele praktyk in ’n wye verskeidenheid loopbane. Daarom beklemtoon dit algemene beginsels en teorie in samehang met prosedurekennis ten einde studente deeglik in die kennis, teorie, beginsels en vaardighede van die betrokke beroep of loopbaan te onderlê, en hulle in staat te stel om dit in ’n professionele of loopbaankonteks toe te pas. Die graadprogram kan ’n WIL-komponent bevat. Sommige beroepsgerigte baccalaureusgraadprogramme word in oorleg met ’n beroepsliggaam ontwerp en deur ’n beroepsliggaam erken as ’n vereiste vir lisensiëring om daardie beroep te beoefen. Minimum toelatingsvereistes vir die baccalaureusgra ad Die minimum toelatingsvereiste is die Nasionale Senior Sertifikaat of die Nasionale Sertifikaat

7

(Beroepsgerig) met toepaslike vakkombinasies en prestasievlakke, soos wat die volgende beleide van die Minister dit omskryf: Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Senior Sertifikaat Vereis, Staatskoerant nr 32131, vol 751, 11 Julie 2008, en Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) Vereis, wat in Staatskoerant nr 32743, vol 533 van November 2009 gepubliseer is. As alternatief, kan ’n hoër sertifikaat of ’n gevorderde sertifikaat of diploma op ’n verbandhoudende terrein aan die minimum toelatingsvereistes voldoen. Progressie van die baccalaureusgraad ’n Baccalaureusgraad is die minimum vereiste vir toelating tot ’n baccalaureushonneursgraad of nagraadse diploma. ’n Baccalaureusgraad van 480 krediete op vlak 7 kan ook aan die minimum vereiste vir toelating tot ’n verbandhoudende magistergraad voldoen. Toelating tot hierdie kwalifikasies geskied gewoonlik op die spesialiteitsgebied of in die dissipline wat as hoofvak in die baccalaureusgraad bestudeer is. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n baccalaureusgraadprogram vroeg verlaat.

Baccalaureushonneursgraad (NKR-uittreevlak 8; minim um totale getal krediete: 120)

Doel en kenmerke van die baccalaureushonneursgraad Die baccalaureushonneursgraad is ’n nagraadse gespesialiseerde kwalifikasie wat daardeur gekenmerk word dat dit studente vir navorsingsgegronde nagraadse studie voorberei. Hierdie kwalifikasie volg tipies op ’n baccalaureusgraad, en konsolideer en verdiep die student se kundigheid op ’n bepaalde vakgebied en ontwikkel navorsingsvermoë in die metodologie en tegnieke van die dissipline. Hierdie kwalifikasie vereis ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid. In sommige gevalle word ’n baccalaureushonneursgraad deur ’n toepaslike professionele of statutêre liggaam erken. Ten minste 30 krediete van die baccalaureushonneursprogram moet bestaan uit die uitvoer van en verslagdoening oor navorsing onder studieleiding, in die vorm van ’n aparte navorsingskomponent wat gepas is vir die dissipline of vakgebied. Minimum toelatingsvereistes vir die baccalaureushon neursgraad Die minimum toelatingsvereiste is ’n toepaslike baccalaureusgraad of ’n toepaslike gevorderde diploma. Progressie van die baccalaureushonneursgraad Voltooiing van ’n baccalaureushonneursgraad voldoen aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n verbandhoudende magistergraad. Toelating tot ’n magistergraadprogram geskied gewoonlik op die spesialiteitsgebied van die baccalaureushonneursgraad. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n baccalaureushonneursgraad vroeg verlaat.

Beswaarde gemiddelde ’n Beswaarde gemiddelde persentasie verskil van ’n gemiddelde persentasie in die opsig dat ’n beswaarde gemiddelde ’n syfer oplewer wat op die veranderlikes van sowel waarde as gewig berus. Indien ’n student byvoorbeeld ’n semesterpunt van 70% en ’n eksamenpunt van 50% behaal, is die finale gemiddelde punt 60% (70 + 50)/2 = 60% (gemiddelde). Indien die assesseringsmodule ’n verhouding van 40 tot 60 aandui, d.w.s. die semesterpunt dra 40%

8 en die eksamenpunt 60% tot die finale punt by, lyk die berekening ietwat anders: 70% semester (40%) 50% eksamen (60%) (40 x 70) + (60 x 50) = 2 800 + 3 000 = 5 800 (uit ’n moontlike 10 000) = 58% (beswaarde gemiddelde). Bykomende modules Modules wat aanvullend tot die minimum vereiste getal krediete vir ’n bepaalde kwalifikasie gevolg word. Deeltydse student Raadpleeg die omskrywing van student . Delegasie van die algemene reëls Toegewese verantwoordelikhede kan skriftelik aan ’n ander amptenaar/ander amptenare gedelegeer word, met dien verstande dat sodanige amptenaar/amptenare verslag doen aan die persoon aan wie die Raad die verantwoordelikheid toegeken het, mits sodanige gedelegeerde bevoegdhede nie verder gedelegeer word nie. Deurlopende assessering Raadpleeg die omskrywing van assessering . Diensmodule Raadpleeg die omskrywing van module . Diploma (NKR-uittreevlak 6; minimum totale getal kr ediete: 240)

Doel en kenmerke van die diploma Hierdie kwalifikasie is hoofsaaklik beroepsgerig en sluit professionele, beroeps- of nywerheidspesifieke kennis in wat ’n deeglike begrip voorsien van algemene teoretiese beginsels, sowel as van ’n kombinasie van algemene en spesifieke prosedures en die toepassing daarvan. Die doel van die diploma is om gegradueerdes op te lewer wat toegespitste kennis en vaardighede op ’n bepaalde gebied aan die dag kan lê. Hulle sal tipies ervaring opdoen in die toepassing van sodanige kennis en vaardighede in ’n werkskonteks. Diepgaande en gespesialiseerde kennis, tesame met praktiese vaardighede en ervaring in die werkplek, stel suksesvolle studente in staat om ’n verskeidenheid loopbane te volg en hulle leer uit die staanspoor op bepaalde werkskontekste toe te pas. Diplomaprogramme sluit tipies ’n toepaslike WIL-komponent in. Daar is twee kernverskille tussen die diplomaprogram van 240 krediete en die diplomaprogram van 360 krediete. Die program van 360 krediete kan tot en met 120 krediete werkplekgebaseerde leer behels, en die program van 240 krediete nié. Daarbenewens mag die program van 240 krediete slegs aangebied word waar dit tot ’n professionele hoedanigheid of beroepsrol ingevolge die bepalings van ’n beroepsliggaam lei. Minimum toelatingsvereistes vir die diploma Die minimum toelatingsvereiste is die Nasionale Senior Sertifikaat met toepaslike vakkombinasies en prestasievlakke, soos wat die volgende beleide van die Minister dit

9

omskryf: Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Senior Sertifikaat Vereis, Staatskoerant nr 32131, vol 751, 11 Julie 2008, en Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) Vereis, wat in Staatskoerant nr 32743, vol 533 van November 2009 gepubliseer is. As alternatief, sal ’n hoër sertifikaat of gevorderde sertifikaat op ’n verbandhoudende terrein aan die minimum vereiste voldoen. Progressie van die diploma Voltooiing van ’n diploma van 240 of 360 krediete voldoen aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n baccalaureusgraad. Opgeloopte krediete kan ook vir toelating tot ’n verbandhoudende baccalaureusgraadprogram aangebied word. Voltooiing van ’n diploma van 360 krediete voldoen ook aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n gevorderde diploma. Kandidate wat die diploma van 240 krediete voltooi, kan tot ’n gevorderde diploma toegelaat word by suksesvolle voltooiing van ’n WIL-komponent of ’n kombinasie van WIL en kursuswerk gelyk aan 120 krediete, wat deur ’n onderwysverskaffer en/of ’n beroepsliggaam en gehaltekontroleur goedgekeur en geakkrediteer is. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word indien die student ’n diplomaprogram vroeg verlaat.

Dissipline ’n Gespesialiseerde en duidelik omskrewe vakgebied. Doktorsgraad (NKR-uittreevlak 10; minimum totale ge tal krediete: 360)

Doel en kenmerke van die doktorsgraad ’n Doktorsgraad voorsien opleiding vir ’n akademiese loopbaan. Dit vereis dat die kandidaat op die mees gevorderde akademiese vlakke navorsing onderneem, wat op die voorlegging, assessering en aanvaarding van ’n tesis uitloop. Kandidate kan egter ook onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels en referate, en op sekere vakgebiede ook kreatiewe werk soos artefakte, komposisies, openbare uitvoerings en openbare uitstallings, aanbied ter gedeeltelike voldoening aan die navorsingsvereistes. Kursuswerk kan vereis word as voorbereiding op of waardetoevoeging tot die navorsing, maar dra nie by tot die kredietwaarde van die kwalifikasie nie. Die onderskeidende kenmerk van hierdie kwalifikasie is dat daar van die kandidaat vereis word om hoëvlaknavorsingsvermoë aan die dag te lê, en om ’n beduidende en oorspronklike akademiese bydrae te lewer aan die voorpunt van ’n vakgebied of terrein. Die gehalte van die werk moet aan publikasievereistes voldoen. Die graad kan verwerf word deur middel van suiwer dissiplinegebaseerde of multidissiplinêre of toegepaste navorsing. Hierdie graad vereis ’n minimum van twee jaar voltydse studie, gewoonlik na voltooiing van ’n magistergraad. ’n Gegradueerde behoort in staat te wees om studieleiding te bied en ander se navorsing op die betrokke spesialiteitsgebied te beoordeel. ’n Bykomende tipe doktorsgraad, die hoër doktorsgraad, kan toegeken word op grond van ’n uitnemende navorsingsgeskiedenis in die vorm van gepubliseerde werke, kreatiewe werke en/of ander vakkundige bydraes wat toonaangewende internasionale kundiges as ’n buitengewone en onafhanklike bydrae tot een of meer dissiplines of vakgebiede bestempel. Minimum toelatingsvereistes vir die doktorsgraad Die minimum toelatingsvereiste is ’n toepaslike magistergraad. Progressie van die doktorsgraad ’n Doktorsgraad (wat die hoër doktorsgraad insluit) is die hoogste tipe kwalifikasie wat binne

10

hierdie raamwerk toegeken kan word. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n doktorsgraadprogram vroeg verlaat.

Doktorsgraad (professioneel; minimum totale getal k rediete: 360)

Doel en kenmerke van die doktorsgraad (professionee l) Die professionele doktorsgraad voorsien onderwys en opleiding vir ’n loopbaan in die professies en/of bedryf, en word ontwerp vir die ontwikkeling van hoëvlakprestasie en vernuwing in beroepsverband. Kandidate moet ’n kombinasie van kursuswerk en gevorderde navorsing onderneem, wat uitloop op die indiening, assessering en aanvaarding van ’n navorsingskomponent, synde ’n oorspronklike tesis of ander vorm van navorsing wat gepas is vir die aard van die dissipline of terrein en die bepaalde navorsingsgebied. Die navorsingskomponent behoort minstens 60% van die graad uit te maak. Professionele doktorsgrade kan ook toepaslike vorme van WIL insluit. Die onderskeidende kenmerk van hierdie kwalifikasie is dat dit, benewens die toon van hoëvlaknavorsingsvaardighede, die vermoë vereis om teorie en praktyk te integreer deur teoretiese kennis op hoogs komplekse probleme in ’n wye verskeidenheid professionele kontekste toe te pas. Minimum toelatingsvereistes vir die doktorsgraad (p rofessioneel) Die minimum toelatingsvereiste is ’n toepaslike magistergraad. Progressie van die doktorsgraad (professioneel) ’n Doktorsgraad (wat die hoër doktorsgraad insluit) is die hoogste kwalifikasie wat binne hierdie raamwerk toegeken kan word. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word indien die student ’n doktorsgraadprogram vroeg verlaat.

Eksamenpunt Die gekombineerde punt wat ’n student gedurende ’n eksamen in ’n bepaalde eksamenvraestel of in die eksamenvraestelle van ’n bepaalde module behaal. Eksamenvraestel ’n Vorm van assessering wat bestaan uit opgestelde vrae – mondeling en/of skriftelik – oor ’n module/modules of dele daarvan waaroor die eksamen-assessering handel. Eksaminator Raadpleeg die omskrywing van interne eksaminator. Eksterne assessering Verwys na eksterne eksaminering en/of eksterne moderering en/of eksterne assessering van standaarde. Assessering deur ’n persoon of liggaam wat nie direk gemoeid is met die ontwikkeling en/of lewering van die leerprogram nie, en nie aan die Universiteit verbonde is nie. Eksterne assessor ’n Persoon wat nie aan die Universiteit verbonde is nie wat eksamenantwoordstelle of mondelinge eksamens en/of praktiese eksamens, verhandelinge, miniverhandelinge en tesisse assesseer. (’n Persoon wat ’n ereaanstelling of ’n aanstelling as navorsingsgenoot aanvaar het, of ’n persoon wat

11 aktief betrokke is by ’n navorsingsprojek en/of by die Universiteit in diens was en die Universiteit se diens verlaat het, word as verbonde aan die Universiteit beskou. Die Universiteit kan dít na ’n tydperk van vyf jaar heroorweeg.) Eksterne moderator ’n Persoon wat nie aan die Universiteit verbonde is nie wat eksamenantwoordstelle of mondelinge eksamens en/of praktiese eksamens, miniverhandelinge en tesisse modereer. E-leer Verwys na gestruktureerde leergeleenthede wat met behulp van digitale hulpbronne (gewoonlik ’n kombinasie van tekslêers, klanklêers en visuele/videolêers) en sagtewaretoepassings bemiddel word. E-leer kan aanlyn en gelyktydig óf aanlyn en sinchroon of asinchroon óf nie-gekoppel aangebied word. E-leer kan in sowel kontak- as afstandsprogramme gebruik word. Erkenning van vorige leer (EVL) Erkenning van vorige leer beteken die beginsels en prosesse waardeur ’n persoon se vorige kennis en vaardighede sigbaar gemaak, bemiddel en geassesseer word vir die doel van alternatiewe toegang en toelating, erkenning en sertifikasie, of verdere leer en ontwikkeling. Finale punt Die berekende punt wat op die modulepunt en die eksamenpunt berus, afgerond tot ’n heelgetalpersentasie. Formatiewe assessering Raadpleeg die omskrywing van assessering . Geleentheidstudent ’n Geleentheidstudent is ’n student wat vir modules inskryf en aan al die vereistes daarvan voldoen, dog sonder enige voorneme om ’n formele volledige kwalifikasie aan die Universiteit te verwerf. Persone wat hetsy oorbruggings- of pre-tersiêre modules (laer as NKR-vlak 5) volg, word nie as geleentheidstudente beskou nie. Gepubliseerde artikel ’n Gepubliseerde artikel is ’n artikel wat vir publikasie in ’n akademiese tydskrif voorgelê en aanvaar is. Die outeur kan ’n brief van die redakteur voorsien wat bevestig dat die vakkundige publikasie die bydrae aanvaar het. Gevorderde diploma (NKR-uittreevlak 7; minimum tota le getal krediete: 120)

Doel en kenmerke van die gevorderde diploma Hierdie kwalifikasie het ’n aantal verskillende doelwitte, na gelang van ’n student se omstandighede en die aard van die program. Dit kan beroeps- of professionele voorbereiding of spesialisasie op intreevlak bied aan baccalaureusgegradueerdes of gediplomeerdes deur ’n intensiewe, toegespitste en toegepaste spesialisasie wat aan die vereistes van ’n spesifieke nis in die arbeidsmark voldoen. ’n BSocSci-gegradueerde kan byvoorbeeld vir ’n

12

Gevorderde Diploma in Menslikehulpbronbestuur registreer ten einde die terrein van menslike hulpbronne te betree; ’n BSc-gegradueerde kan vir ’n Gevorderde Diploma in die Opvoedkunde (of NSO, sien uitsonderings) registreer om ’n wetenskaponderwyser te word, of ’n BSc (Farm)-gegradueerde kan vir ’n Gevorderde Diploma in Bemarking registreer om ’n bemarkingskonsultant in die farmaseutiese bedryf te word. Programme wat hierdie kwalifikasie bied, is dus veral geskik vir voortgesette professionele ontwikkeling deur die vestiging van ’n diep en stelselmatige begrip van huidige denke, praktyk, teorie en metodologie op ’n spesialiteitsgebied. Hierdie kwalifikasie kan ook ontwerp word om studente vir nagraadse studie voor te berei deur hulle kennis en begrip van teorieë, metodologieë en praktyke op bepaalde akademiese vakgebiede en terreine te verdiep, sowel as deur die ontwikkeling van hulle vermoë om meer komplekse teoretiese en praktykverwante probleme en take te formuleer, uit te voer en op te los deur toepaslike metodes en tegnieke te kies en toe te pas. Minimum toelatingsvereistes vir die gevorderde dipl oma ’n Toepaslike diploma of baccalaureusgraad. Progressie van die gevorderde diploma Voltooiing van ’n gevorderde diploma kan aangebied word vir toelating tot ’n nagraadse diploma, baccalaureushonneursgraad of baccalaureusgraad. Opgeloopte krediete kan ook aangebied word vir toelating tot ’n verbandhoudende baccalaureusgraad. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n gevorderde-diplomaprogram vroeg verlaat.

Gevorderde sertifikaat (NKR-uittreevlak 6; minimum totale getal krediete: 120)

Doel en kenmerke van die gevorderde sertifikaat Hierdie kwalifikasie is hoofsaaklik beroeps- of nywerheidsgerig. Dit beklemtoon uitgesoekte algemene beginsels tesame met meer spesifieke prosedures en die toepassing daarvan en/of tegnologieoordrag. Die kwalifikasie bied studente ’n grondige kennisbasis op ’n bepaalde vakgebied of terrein, die vermoë om hulle kennis en vaardighede op bepaalde loopbaan- of beroepskontekste toe te pas, en rus hulle terselfdertyd toe om meer gespesialiseerde en intensiewe leer te onderneem. Programme wat op hierdie kwalifikasie uitloop, het gewoonlik ’n sterk beroeps-, professionele of loopbaanklem, en studente en diegene wat hierdie kwalifikasie besit, is gewoonlik gereed om ’n bepaalde nis in die arbeidsmark te betree. Gevorderdesertifikaatprogramme sluit tipies ’n komponent van werksgeïntegreerde leer (WIL) in. Minimum toelatingsvereistes vir die gevorderde sert ifikaat Die minimum toelatingsvereiste is ’n hoër sertifikaat op die toepaslike terrein. Progressie van die gevorderde sertifikaat Voltooiing van die gevorderde sertifikaat voldoen aan die minimum toelatingsvereiste vir ’n verbandhoudende diplomaprogram of baccalaureusgraad. Opgeloopte krediete kan ook aangebied word vir toelating tot verwante diploma- of baccalaureusgraadprogramme. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n gevorderdesertifikaatprogram vroeg verlaat.

Grondslagmodules Raadpleeg die omskrywing van module .

13 Hoër sertifikaat (NKR-uittreevlak 5; minimum totale getal krediete: 120)

Doel en kenmerke van die hoër sertifikaat Dit is ’n hoëronderwyskwalifikasie op die intreevlak. Die kwalifikasie is hoofsaaklik beroepsgerig met ’n sterk bedryfsklem. Die kwalifikasie bied studente ook die basiese inleidende kennis, kognitiewe en konseptuele gereedskap en praktiese tegnieke vir hoëronderwysstudie op hulle gekose vakgebied. Dit beklemtoon uitgesoekte algemene beginsels tesame met meer spesifieke prosedures en die toepassing daarvan. Hierdie kwalifikasie beteken dat die student ’n basiese vlak van hoëronderwyskennis en -vaardigheid op ’n bepaalde gebied of in ’n bepaalde beroep verwerf het, en daartoe in staat is om daardie kennis en vaardigheid in ’n beroep of rol in die werkplek toe te pas. Die hoër sertifikaat sluit tipies ’n gesimuleerde werkservaring of WIL-komponent in. Minimum toelatingsvereistes vir die hoër sertifikaa t Die minimum toelatingsvereiste is die Nasionale Senior Sertifikaat of die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) met toepaslike vakkombinasies en prestasievlakke, soos wat die volgende beleide van die Minister dit omskryf: Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Senior Sertifikaat Vereis, Staatskoerant nr 32131, vol 751, 11 Julie 2008, en Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) Vereis, wat in Staatskoerant nr 32743, vol 533 van November 2009 gepubliseer is. Progressie van die hoër sertifikaat Voltooiing van die hoër sertifikaat voldoen aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n toepaslike gevorderde sertifikaat. Opgeloopte krediete kan ook vir toelating tot ’n verbandhoudende diploma aangebied word.

Hoofstroommodules Alle modules in ’n hoofstroomleerprogram. Internasionale student ’n Persoon wat nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, en nie oor ’n permanente verblyfpermit beskik nie. Interne assessor Die persoon verbonde aan die Universiteit wat die formatiewe en summatiewe assesseringsaktiwiteite opstel en/of assesseer. Interne eksaminator ’n Interne eksaminator is ’n persoon verbonde aan die Universiteit wat die summatiewe assesseringsaktiwiteite eksamineer. Interne moderator ’n Persoon wat permanent in diens van die Universiteit staan en wat toesien dat assessering ooreenkomstig die bepaalde leeruitkomste en op die vereiste bevoegdheidsvlak geskied.

14 Keusemodule Raadpleeg die omskrywing van module . Kortkursus/kortleerprogram (KLP) 3 ’n Kortkursus/kortleerprogram is ’n selfstandige leereenheid wat op ’n afgebakende studierigting binne ’n kwalifikasie konsentreer, en uit leer op die fundamentele, kern- of keusegebiede of ’n kombinasie daarvan kan bestaan. Aangesien ’n KLP uit minder as 120 krediete bestaan, is dit nie ’n kwalifikasie ingevolge die HOKSR nie, en maak dit nie deel uit van die amptelike, geakkrediteerde en gesubsidieerde kwalifikasie- en programprofiel van ’n universiteit se programkwalifikasiestel (PQM) nie. Tog kan ’n KLP krediete tot ’n kwalifikasie bydra. ’n KLP kan vaardigheidsgegrond (kredietdraend), vaardigheidsgegrond (nie-kredietdraend) of bywoningsgegrond (nie-kredietdraend) wees. Krediet Die vereiste volume leer vir ’n kwalifikasie kan aan die hand van die minimum totale getal vereiste krediete sowel as aan die hand van die minimum getal vereiste krediete op die bepaalde uittreevlak van die HOKSR beskryf word. Krediete is ’n maatstaf van die vereiste volume leer vir ’n kwalifikasie, wat gekwantifiseer word as die vereiste getal veronderstelde leerure om die bepaalde leeruitkomste vir die kwalifikasie te bereik. Dit sluit kontaktyd, gestruktureerde leer, WIL, selfstudie en assesseringstyd in Raadpleeg die omskrywing van veronderstelde leerure. Die kwalifikasietipes sertifikaat, diploma, baccalaureusgraad en baccalaureushonneursgraad veronderstel ’n 30 week lange, voltydse akademiese jaar. Die kwalifikasietipes magistergraad en doktorsgraad veronderstel ’n 45 week lange, voltydse akademiese jaar. ’n Gemiddelde voltyds-ekwivalente student sal ’n 40 uur lange week volg, wat ’n minimum kredietlading van 120 krediete per akademiese jaar vir sertifikate, diplomas en baccalaureusgrade en 180 krediete per akademiese jaar vir magistergrade en doktorsgrade vereis. Kredietakkumulasie Die oploop van relevante krediete ter verwerwing van ’n kwalifikasie of gedeeltelike kwalifikasie. Kredietakkumulasie en -oordrag (KAO) Kredietakkumulasie en -oordrag is die proses waardeur ’n student se prestasies erken word en tot verdere leer bydra, selfs al het die student nie ’n kwalifikasie behaal nie. Ingevolge die KAO-skema kan enige en alle krediete vir ’n onvoltooide kwalifikasie deur dieselfde of ’n ander instelling erken word ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir ’n ander kwalifikasie, of deur ’n ander instelling ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir dieselfde kwalifikasie. Individuele beweeglikheid tussen programme en instellings word dus deur kurrikulumvereistes bepaal, en is buigsaam. Kredietoordrag Die vertikale, horisontale of diagonale hertoewysing van krediete ter verwerwing van ’n kwalifikasie of gedeeltelike kwalifikasie op dieselfde of ’n ander vlak wat in dieselfde of ’n ander subraamwerk geregistreer is, gewoonlik tussen verskillende programme, departemente of instellings.

3 Omskrywing opgestel aan die hand van die SAKO-woordelys en die UV se Beleid oor Kortleerprogramme.

15 Kurrikulum ’n Kurrikulum is beplande opvoedkundige ervarings wat deur ’n instelling voorgeskryf of uiteengesit word ter voltooiing van ’n studieprogram wat op ’n kwalifikasie uitloop. Kwalifikasie In ’n uitkomsgebaseerde benadering verwys ’n kwalifikasie na die sertifikasie van die programleeruitkomste wat bereik is, en word uitgedruk as opgeloopte krediete op bepaalde vlakke. ’n Kwalifikasie verteenwoordig ’n student se bewese prestasie met betrekking tot ’n beplande en doelgerigte kombinasie leeruitkomste, wat daarop toegespits is om studente met toegepaste vaardighede toe te rus en ’n platform vir verdere leer te bied. ’n Hoër sertifikaat kan ook toelating tot ’n toepaslike baccalaureusgraad bied. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word indien die student ’n hoërsertifikaatprogram vroeg verlaat. Leeruitkomste Dit verwys na die kontekstueel bewese eindproduk van die leerproses. ’n Uittreevlakuitkoms is die leeruitkoms wat die kwalifiserende student moet bereik wanneer hy/sy die program wat op die bepaalde kwalifikasie uitloop, verlaat. Spesifieke leeruitkomste verwys na die kontekstueel bewese kennis, vaardighede en waardes wat een of meer kritieke uitkomste ondersteun, en is meer uitvoerige weergawes van die uittreevlakuitkomste. Magistergraad (NKR-uittreevlak 9; minimum totale ge tal krediete: 180)

Doel en kenmerke van die magistergraad Die hoofdoel van ’n algemene magistergraad is om navorsers te onderrig en op te lei wat tot die ontwikkeling van kennis op ’n gevorderde vlak kan bydra. Daar is twee soorte algemene magistergrade: ’n navorsingsmagistergraad met ’n verhandeling, of ’n navorsingsmagistergraad met kursuswerk en ’n verhandeling. Albei soorte moet ’n beduidende navorsingskomponent in die vorm van ’n aparte navorsingsprojek insluit. Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van ’n algemene magistergraad is soos volg: Magistergraad met ’n verhandeling: ’n Enkele, gevorderde navorsingsprojek wat uitloop op die lewering en aanvaarding van ’n verhandeling of ander vorme van navorsing, soos wat hieronder aangedui word.* Magistergraad met kursuswerk en ’n miniverhandeling: ’n Kursuswerkprogram wat ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid vereis, en in sommige gevalle ook die bewese vermoë om kennis met ’n verskeidenheid kontekste in verband te bring met die oog op die professionele praktyk. Daarbenewens moet hierdie soort algemene magistergraad ’n navorsingsprojek insluit wat uit ’n minimum van 60 krediete op NKR-vlak 9 bestaan, en wat uitloop op die aanvaarding van ’n miniverhandeling of ander vorme van navorsing, soos wat hieronder aangedui word.* Magistergegradueerdes moet oor die algemeen krities oor teorie en die aanwending daarvan kan nadink. Hulle moet komplekse kwessies stelselmatig sowel as kreatief kan hanteer, navorsing kan ontwerp en krities beoordeel, gesonde oordeelsvermoë aan die dag lê, data en inligting tot hulle beskikking gebruik en hulle gevolgtrekkings duidelik aan deskundige en nie-deskundige gehore oordra, selfgerigtheid en oorspronklikheid aan die dag lê om probleme aan te pak en op te los, outonoom optree om take op grond van teorie te beplan en uit te voer, en hulle kennis, begrip en vaardighede voortdurend uitbrei. Die navorsingskomponent(e) van ’n algemene magistergraad behoort te pas by die kenmerke van die dissipline en vakgebied sowel as by die doel van die program, en kan benewens ’n verhandeling die vorm aanneem van ’n tegniese verslag, een of meer

16

kreatiewe uitvoerings of werke, of ’n verskeidenheid onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of ander navorsingsekwivalente uitsette. Minimum toelatingsvereistes vir die magistergraad Die minimum toelatingsvereiste is ’n tersaaklike baccalaureushonneursgraad of ’n tersaaklike nagraadse diploma. ’n Tersaaklike baccalaureusgraad op vlak 8 kan ook as voldoende vir toelating tot ’n verbandhoudende magistergraadprogram erken word. Progressie van die magistergraad Voltooiing van ’n magistergraad voldoen aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n verbandhoudende doktorsgraad, gewoonlik op die spesialiteitsgebied van die magistergraad. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n magistergraadprogram vroeg verlaat.

Magistergraad (professioneel) (NKR-uittreevlak 9; m inimum totale getal krediete: 180)

Doel en kenmerke van die magistergraad (professione el) Die hoofdoelwitte van ’n professionele magistergraad is om gegradueerdes te onderrig en op te lei wat tot die ontwikkeling van kennis op ’n gevorderde vlak kan bydra ten einde hulle vir gevorderde en gespesialiseerde professionele indiensneming toe te rus. In sommige gevalle kan ’n professionele magistergraad in oorleg met ’n beroepsliggaam ontwerp word of aan alle of sommige vereistes vir professionele registrasie of erkenning voldoen, en kan toepaslike vorme van WIL insluit. Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van die professionele magistergraad is soos volg: suksesvolle voltooiing van ’n kursuswerkprogram wat ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid vereis, sowel as die bewese vermoë om kennis op die oplossing van komplekse probleme op toepaslike gebiede van professionele praktyk toe te pas. Daarbenewens moet ’n professionele magistergraad ’n onafhanklike studiekomponent insluit, wat uit minstens ’n kwart van die totale getal krediete bestaan en op NKR-vlak 9 moet wees, synde hetsy ’n enkele navorsings- of tegniese projek of ’n verskeidenheid kleiner projekte wat innovasie of professionele kundigheid toon. Magistergegradueerdes moet komplekse kwessies stelselmatig sowel as kreatief kan hanteer, analitiese skryfwerk kan ontwerp en krities beoordeel, gesonde oordeelsvermoë aan die dag lê, data en inligting tot hulle beskikking gebruik en hulle gevolgtrekkings duidelik aan deskundige en nie-deskundige gehore oordra, selfgerigtheid en oorspronklikheid aan die dag lê om probleme aan te pak en op te los, outonoom optree om beroepsgerigte take te beplan en uit te voer, en hulle kennis, begrip en vaardighede met betrekking tot ’n bepaalde beroep voortdurend uitbrei. Minimum toelatingsvereistes vir die magistergraad ( professioneel) Die minimum toelatingsvereiste is ’n tersaaklike baccalaureushonneursgraad of ’n nagraadse diploma. ’n Verbandhoudende baccalaureusgraad op vlak 8 kan ook as voldoende vir toelating tot ’n verbandhoudende magistergraadprogram erken word. Progressie van die magistergraad (professioneel) Voltooiing van ’n magistergraad voldoen aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n verbandhoudende doktorsgraad, gewoonlik op die spesialiteitsgebied van die magistergraad. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n magistergraadprogram vroeg verlaat.

17 Module

Diensmodules ’n Diensmodule verwys na ’n module wat in ’n bepaalde fakulteit aangebied word en ’n vereiste module is vir kwalifikasies van ander fakulteite. Grondslagmodules Ontwikkelingsmodules in hoofstroomprogramme en verlengde programme. Keusemodules Keusemodules ondersteun die bereiking van die leeruitkomste van die program en maak deel uit van die goedgekeurde programspesifikasie. ’n Lys moontlike keusemodules word vir elke program aangedui, waaruit studente dan kan kies. Verpligte modules Dit is modules wat gevolg moet word om met ’n program voort te gaan of vir kwalifikasie in aanmerking te kom. Dit is die kerninhoud van die program en is dus verpligtend ten einde die leeruitkomste van die program te bereik.

Modulepunt/predikaat/semesterpunt Die berekende punt, afgerond tot ’n heelgetalpersentasie, vir ’n student se skriftelike, mondelinge en/of praktiese werk in ’n bepaalde module, wat bereken is op die wyse wat in die modulehandleiding uiteengesit word en wat die student daarop geregtig maak om ’n eksamen af te lê, mits dié punt gelyk is aan of hoër is as die punt wat die fakulteit bepaal het. Slegs ’n student wat die bepaalde minimum punt behaal, sal toelating tot ’n eksamen ontvang. Nadoktorale navorsingsgenootskap/-genoot 4 ’n Nadoktorale navorsingsgenootskap word hetsy toegeken aan ’n gasheer- akademiese personeellid (gasheerakademikus) deur ’n universiteitsnavorsingsubkomitee of eksterne finansieringsagentskap as deel van ’n groter navorsingstoelaag, of aan ’n onlangse doktorale gegradueerde deur die betrokke akademiese departement of as gevolg van ’n aansoek om finansiering by ’n eksterne finansieringsliggaam. Nagraadse diploma (NKR-uittreevlak 8; minimum total e getal krediete: 120)

Doel en kenmerke van die nagraadse diploma ’n Nagraadse diploma is oor die algemeen multidissiplinêr of interdissiplinêr, maar kan die student se kennis van ’n bepaalde dissipline of beroep versterk en verdiep. Die hoofdoel van die kwalifikasie is om werkende beroepslui tot gevorderde besinning en ontwikkeling in staat te stel deur middel van ’n stelselmatige ondersoek van huidige denke, praktyk en navorsingsmetodes op ’n spesialiteitsgebied. Hierdie kwalifikasie vereis ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid, sowel as die vermoë om kennis op verskeie kontekste toe te pas ten einde professionele werk of werk met hoë vaardigheidseise te verrig. ’n Volgehoue navorsingsprojek word nie vereis nie, maar die kwalifikasie kan die uitvoer van en verslagdoening oor navorsing onder studieleiding insluit. ’n Nagraadse diploma word in

4 Omskrywing saamgestel uit inligting wat uit die UV se Konsepbeleid oor Nadoktorale Navorsingsgenootskappe/Nadoktorale Navorsingsgenote bekom is.

18

sommige gevalle deur ’n toepaslike professionele of statutêre liggaam erken. Minimum toelatingsvereistes vir die nagraadse diplo ma Die minimum toelatingsvereiste is ’n toepaslike baccalaureusgraad of ’n toepaslike gevorderde diploma. Progressie van die nagraadse diploma Voltooiing van ’n nagraadse diploma voldoen aan die minimum toelatingsvereistes vir ’n verbandhoudende magistergraad, gewoonlik op die spesialiteitsgebied van die nagraadse diploma. ’n Kwalifikasie kan dalk weerhou word ingeval die student ’n nagraadse diplomaprogram vroeg verlaat.

Nagraadse navorsinguitsette Baccalaureushonneursgraadprogramme moet navorsingsuitvoering en -verslagdoening van ten minste 30 krediete onder studieleiding insluit, en wel in die vorm van ’n aparte navorsingskomponent wat gepas is vir die dissipline of vakgebied en op NKR-vlak 8 is. Die module wat deel uitmaak van die vereistes vir ’n baccalaureushonneursgraad en wat die navorsingskomponent verteenwoordig, behels die skryf van ’n navorsingsverslag gelyk aan 30 krediete. Die module wat die navorsingskomponent van die vereistes vir ’n magistergraad met kursuswerk en ’n miniverhandeling uitmaak, behels die skryf van ’n magisterminiverhandeling oor kursuswerk. Dit bestaan uit ’n motiveerbare argument wat op navorsing van beperkte omvang berus, 50% van die prestasiepunt uitmaak en gelyk is aan 60 krediete. ’n Magistergraad met ’n navorsingsverhandeling behels onder meer die skryf van ’n magisternavorsingsverhandeling met ’n minimum total e getal krediete van 180 op NKR-uittreevlak 9, wat ’n motiveerbare argument bevat wat nie noodwendig ’n oorspronklike bydrae lewer nie. Dit tel 100% van die prestasiepunt en is gelyk aan 180 krediete. Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van ’n algemene magistergraad is soos volg:

• Magistergraad met ’n verhandeling: ’n Enkele gevorderde navorsingsprojek wat uitloop op die lewering en aanvaarding van ’n verhandeling of ander vorme van navorsing, soos wat hieronder aangedui word, of wat tot ’n akademiese publikasie aanleiding gee of kan aanleiding gee.

• ’n Magistergraad met kursuswerk en ’n miniverhandeling: ’n Kursuswerkprogram wat ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid vereis, en in sommige gevalle ook die bewese vermoë om kennis met ’n verskeidenheid kontekste in verband te bring met die oog op die professionele praktyk. Daarbenewens moet hierdie soort algemene magistergraad ’n navorsingsprojek insluit wat uit ’n minimum van 60 krediete op NKR-uittreevlak 9 bestaan, en wat uitloop op die aanvaarding van ’n miniverhandeling of ander vorme van navorsing.

Die navorsingskomponent(e) van ’n algemene magistergraad behoort te pas by die kenmerke van die dissipline en vakgebied sowel as by die doel van die program, en kan benewens ’n verhandeling die vorm aanneem van ’n tegniese verslag, een of meer kreatiewe uitvoerings of werke, of ’n verskeidenheid onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of ander navorsingsekwivalente uitsette.

19 Hierdie graad vereis ’n minimum van een jaar voltydse studie. Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van die magistergraad (professioneel) is soos volg: Suksesvolle voltooiing van ’n kursuswerkprogram wat ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid vereis, en in sommige gevalle ook die bewese vermoë om kennis op die oplossing van komplekse probleme op toepaslike gebiede van professionele praktyk toe te pas. Daarbenewens moet ’n magistergraad (professioneel) ’n onafhanklike studiekomponent insluit, wat uit minstens ’n kwart van die totale getal krediete bestaan en op NKR-vlak 9 moet wees, synde hetsy ’n enkele navorsings- of tegniese projek of ’n verskeidenheid kleiner projekte wat innovasie of professionele kundigheid toon. ’n Doktorale tesis is ’n komponent van ’n doktorsgraad van 360 krediete. Dit moet toon dat die kandidaat ’n bepaalde bydrae tot die uitbreiding van kennis op die gekose gebied gelewer het (die kennisbasis uitgebou het), en moet terselfdertyd bewys lewer van die kandidaat se onafhanklike kritiese denke, en behoort hetsy gedeeltelik of volledig in ’n gepaste vaktydstif of boek gepubliseer te word. ’n Doktorsgraad vereis dat die kandidaat navorsing op die mees gevorderde akademiese vlakke onderneem, wat uitloop op die voorlegging, assessering en aanvaarding van ’n tesis. Kandidate kan egter ook akademiese, onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels en referate, en op sekere vakgebiede ook kreatiewe werk soos artefakte, komposisies, openbare uitvoerings en openbare uitstallings, ter gedeeltelike voldoening aan die navorsingsvereistes aanbied. Kursuswerk kan vereis word as voorbereiding op of waardetoevoeging tot die navorsing, maar dra nie by tot die kredietwaarde van die kwalifikasie nie. Die onderskeidende kenmerk van hierdie kwalifikasie is dat daar van die kandidaat vereis word om hoëvlaknavorsingsvermoë aan die dag te lê, en om ’n beduidende en oorspronklike akademiese bydrae te lewer aan die voorpunt van ’n vakgebied of terrein. Die gehalte van die werk moet aan publikasievereistes voldoen. Die graad kan verwerf word deur middel van suiwer dissiplinegebaseerde of multidissiplinêre of toegepaste navorsing. Hierdie graad vereis ’n minimum van twee jaar voltydse studie, gewoonlik na voltooiing van ’n magistergraad. ’n Gegradueerde behoort in staat te wees om studieleiding te bied en ander se navorsing op die betrokke spesialiteitsgebied te beoordeel. ’n Bykomende tipe doktorsgraad, die hoër doktorsgraad, kan toegeken word op grond van ’n uitnemende navorsingsgeskiedenis in die vorm van gepubliseerde werke, kreatiewe werke en/of ander vakkundige bydraes wat toonaangewende internasionale kundiges as ’n buitengewone en onafhanklike bydrae tot een of meer dissiplines of vakgebiede bestempel. Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) Die omvattende stelsel wat die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding goedgekeur het vir die klassifikasie, koördinering, registrasie en publikasie van duidelik omskrewe en gehaltebeheerde nasionale kwalifikasies en gedeeltelike kwalifikasies. Die Suid-Afrikaanse NKR is ’n enkele geïntegreerde stelsel wat uit drie gekoördineerde kwalifikasiesubraamwerke bestaan, naamlik dié vir algemene en verdere onderwys en opleiding, hoër onderwys, en ambagte en beroepe. Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) (NS(B)) Die Nasionale Senior Sertifikaat of die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) is die minimum toelatingsvereiste tot ’n hoëronderwysinstelling en word in die volgende beleide van die Minister omskryf: Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Senior Sertifikaat Vereis, Staatskoerant nr 32131, vol 751, 11 Julie 2008, en Minimum Toelatingsvereistes vir Hoërsertifikaat-, Diploma- en Baccalaureusgraadprogramme wat ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) Vereis, wat in Staatskoerant nr 32743, vol 533 van November 2009 gepubliseer is.

20 NKR-vlak

Een van die reeks leerprestasievlakke wat in stygende orde van een tot 10 gerangskik is, en waarvolgens die NKR georganiseer en waaraan kwalifikasietipes gekoppel is. Program Die struktuur waarbinne die kumulatiewe leer aangedui word wat ’n student suksesvol moet voltooi om die uittreevlakuitkomste van ’n kwalifikasie te bemeester. Hierdie struktuur bestaan uit ’n onderling verwante kombinasie van modules/leereenhede wat in uitkomsgebaseerde vorm aangebied word en akademies en/of beroeps-/loopbaangerig is. Studente kan op grond van vorige leer ’n program op verskillende vlakke betree. ’n Program is ’n doelgerigte en gestruktureerde stel leerervarings wat tot ’n kwalifikasie lei. Programme kan dissiplinegegrond, professioneel, loopbaangerig, transdissiplinêr, interdissiplinêr of multidissiplinêr wees. ’n Program het erkende intree- en uittreepunte. Alle hoëronderwysprogramme en -kwalifikasies móét ’n kernkomponent hê, en kán na gelang van die doel van die program of die kwalifikasie ’n fundamentele en/of keusekomponent hê. Die krediettoewysing vir kern-, fundamentele en keuseleer sal van die doel van die program of kwalifikasie afhang. Die interne organisasie van programme word nie andersins deur hierdie dokument voorgeskryf nie. Programgroep ’n Groep verskillende programme met ’n gemeenskaplike klem. ’n Programgroep is die akademiese weerspieëling van een of meer van die Universiteit se strategiese fokusse. Progressie

Die manier waarop individue deur NKR-vlakke kan beweeg en vorder deur toepaslike kredietkombinasies op te bou. Promovering

Die gekombineerde resultaat van die deurlopende assessering sowel as die summatiewe assessering wat in die loop van die moduletermyn op ’n gedesentraliseerde wyse onderneem word, waarvolgens die student slaag sonder om ’n verdere eksamen af te lê, mits die student ten minste 70 persent behaal en alle geskeduleerde assesserings in die module voltooi het. Publiseerbare manuskrip

’n Publiseerbare artikel is ’n manuskrip wat gereed is om vir publikasie in ’n akademiese tydskrif of soortgelyke vakkundige publikasie voorgelê te word. Dít beteken dat die inhoud van die manuskrip deeglik nagegaan is en dat die teks volgens die voorskrifte van die bepaalde publikasie geredigeer en geformateer is. Dit impliseer ook dat die manuskrip outonoom as ’n selfstandige entiteit moet funksioneer (d.w.s. dat dit nie op ’n vorige “hoofstuk” of bepaalde “inleiding” berus nie). Tog moet die kandidaat aan die einde van die assesseringsproses die verband tussen die getal “outonome”, onderling verwante, publiseerbare manuskripte kan motiveer. “Publiseerbaar” impliseer voorts dat die manuskrip nog nie versprei is vir die algemeen vereiste dubbelblinde portuurbeoordelingsproses wat geakkrediteerde akademiese publikasies as deel van hulle normale bedrywighede onderskryf nie. Dít impliseer dat daar geen waarborg is dat die manuskrip wat voorgelê word, wel in daardie stadium reeds vir publikasie aanvaar sal word nie. Registrasie

’n Kontraktuele ooreenkoms wat die Universiteit en die persoon jaarliks aangaan, wat onderworpe is aan voorgeskrewe prosedures en op grond waarvan hy/sy studentestatus ontvang.

21 Residensiële student ’n Student wat van die Universiteit se kampusbehuising gebruik maak. Spesiale eksamen ’n Student kan outomaties om ’n spesiale eksamen aansoek doen indien:

• die student in sy/haar finale akademiese semester geregistreer is; • die module waarin die eksamen vereis word die enigste uitstaande module is om die

kwalifikasie te behaal, ongeag of die student die eksamen in die hoofhalfjaar- of hoofjaareindeksamen of enige bykomende eksamengeleentheid gedruip het;

• die student in die huidige akademiese jaar geregistreer is vir die module waarin hy/sy ’n spesiale eksamen moet aflê, en ’n predikaat behaal het;

• die aflê en slaag van die eksamen daartoe sal bydra dat die student die kwalifikasie behaal sonder om sy/haar studie met nog ’n akademiese semester of jaar te verleng;

• die student ’n kwalifikasie sal behaal nadat hy/sy daardie enkele module geslaag het. Student 'n Persoon wat:

• aan die tersaaklike toelatings-/keuringsvereistes van die Universiteit voldoen; • geregistreer is vir ’n module wat deel uitmaak van die kurrikulum van ten minste een (1)

kwalifikasie wat die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding goedgekeur het; • aktief deelneem aan ’n module soos dit hierbo omskryf word, voor of op die sensusdag wat

deur die instelling bepaal word; en • as ’n voltydse student beskou word indien hy/sy in elke studiejaar geregistreer is vir ’n volle

akademiese kurrikulum soos wat die fakulteitsreëls bepaal, d.w.s. vir gemiddeld 30 weke van 40 uur elk vir die kwalifikasietipes sertifikaat, diploma, baccalaureusgraad en baccalaureushonneursgraad. Vir ’n voltydse magister- en doktorale student word 45 weke van 40 uur elk aanvaar.5

• ’n Student wat geregistreer is vir minder as die jaarlikse vereistes van ’n volledige kurrikulum wat krediete betref, sal gewoonlik as ’n deeltydse student beskou word, byvoorbeeld indien ’n persoon werk sowel as studeer en dit nie kan bekostig om ’n voltydse kurrikulum te volg nie.

Die HEMIS-voorskrifte omskryf aktiewe deelname as:

(a) die indiening van modulewerkstukke; of (b) die bywoning van lesings, seminare, tutoriale of praktiese klasse; of (c) die bywoning van klastoetse; of (d) die rig van studieverwante navrae aan ’n dosent; of (e) die gebruik van ’n leersentrum.

Summatiewe assessering Raadpleeg die omskrywing van assessering .

5 Ure aan die hand van die Raad op Hoër Onderwys se omskrywing van voltydse studente.

22 Toegewese verantwoordelikheid vir die toepassing va n die algemene reëls

Die Raad kan die verantwoordelikheid vir die toepassing van die algemene reëls aan ’n bepaalde kantoor toewys, met dien verstande dat laasgenoemde gereeld aan die Raad oor die uitoefening van sodanige bevoegdheid verslag doen. Toelatingspunt (TP)

’n Berekende punt wat berus op ’n student se prestasievlakke in die graad 12-eksamen en wat studente onder andere in staat stel om tot studie vir ’n eerste kwalifikasie toegelaat te word. Uittreevlakuitkomste

Die kennis, vaardighede en houdings wat ’n student moes verwerf of bemeester het na voltooiing van ’n kwalifikasie, en aan die hand waarvan die student se bevoegdheid geassesseer word. Verbonde aan die Universiteit

’n Persoon wat ’n ereaanstelling of ’n aanstelling as navorsingsgenoot aanvaar het, of ’n persoon wat aktief by ’n navorsingsprojek betrokke is en/of by die Universiteit in diens was en die Universiteit se diens verlaat het, word as verbonde aan die Universiteit beskou. Die Universiteit kan dít na ’n tydperk van vyf jaar heroorweeg. Veronderstelde leerure

Die geraamde leertyd waaroor daar ooreengekom is wat dit ’n gemiddelde student sal duur om die omskrewe leeruitkomste te bereik, met inagneming van kontaktyd, die voltooiing van werkstukke, tydsbesteding aan gestruktureerde leer in die werkplek, individuele leer en assessering. Tien veronderstelde ure is gelyk aan een krediet. Raadpleeg die omskrywings van krediet en krediet-akkumulasie en -oordrag. Verpligte modules Raadpleeg die omskrywing van module . Vlakbeskrywer

’n Verklaring wat leerprestasie op ’n bepaalde vlak van die NKR beskryf en wat ’n algemene aanduiding bied van die soort leeruitkomste en assesseringskriteria wat op ’n kwalifikasie op daardie vlak van toepassing is. Voltydse student

Raadpleeg die omskrywing van student . Werksgeïntegreerde leer (WIL)

WIL verwys na leer wat by die kurrikulum van beroeps- of professioneel gerigte kwalifikasies op alle vlakke van die HOKSR ingesluit is ten einde teorie en praktyk te integreer. WIL as ’n gestruktureerde deel van ’n kwalifikasie moet gepas wees vir die doel van die kwalifikasie, die volume leer wat aan WIL toegeken is, die kognitiewe eise van die leeruitkomste, en die assesseringskriteria van die toepaslike vlakbeskrywers van die kwalifikasie. Instellings wat programme aanbied wat krediete vir werkplekgebaseerde leer as ’n vorm van WIL vereis, moet studente in toepaslike werkplekke kan plaas, en moet verseker dat die werkplekleer behoorlik gestruktureer, gekontroleer en geassesseer word.

23 ALGEMENE REËLS VIR EERSTE KWALIFIKASIES A1 Algemene reëls … … … … … … … … … 24 A2 Aansoek om toelating … … … … … … … … 24 A3 Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ’n akademiese kwalifikasie … 27 A4 Voorlegging van dokumente om as student te registreer … … … ... 36 A5 Duur van studie en die samestelling van ’n kurrikulum … … … … 38 A6 Registrasie en herregistrasie as student … … … … … … 39 A7 Wysiging van kwalifikasies en/of modules en/of onderrigmodusse en/of verskuiwing na ’n ander Universiteitskampus/-sentrum … … … … 42 A8 Kredietakkumulasie en -oordrag … … … … … … ... 43 A9 Assesseringsreëls … … … … … … … … 44 A10 Kwalifikasie met lof … … … … … … … ... 53 A11 Kwalifikasiesertifikate en Dekaans- en Senaatsmedaljes … … … ... 53 A12 Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters … … … … ... 55 A13 Versoeke op grond van buitengewone omstandighede … … … … 55 A14 Dissipline … … … … … … … … … 55 A15 Finansiële steun … … … … … … … … 56 A16 Module- en lokaalrooster en eksamenrooster … … … … ... ... 57 A17 Inwoning in kampusbehuising … … … … … … ... 58 A18 Betaalbare gelde … … … … … … … … 58 A19 Inligtingskommunikasie en -tegnologie … … … … ... ... 61

24

ALGEMENE REËLS VIR EERSTE KWALIFIKASIES HOËR SERTIFIKATE – NKR-UITTREEVLAK 5; GEVORDERDE SE RTIFIKATE – NKR-UITTREEVLAK 6; DIPLOMAS – NKR-UITTREEVLAK 6; GEVORD ERDE DIPLOMAS – NKR-UITTREEVLAK 7; ALGEMENE BACCALAUREUSGRADE – NKR-UIT TREEVLAK 7 OF 8; PROFESSIONELE BACCALAUREUSGRADE – NKR-UITTREEVLAK 7 OF 8 A1 ALGEMENE REËLS (a) Elke student is persoonlik daarvoor verantwoordelik om op hoogte van die algemene en

fakulteitsreëls te wees en daaraan te voldoen. (b) ‘n Geregistreerde of voornemende student ontvang nie bloot op grond van ʼn foutiewe

mededeling oor die inhoud van algemene en fakulteitsreëls vrystelling van sodanige reëls nie. Die Registrateur kan egter wél op grond van ʼn omvattende skriftelike motivering vrystelling verleen.

(c) By registrasie onderwerp ʼn student hom/haar aan die algemene en fakulteitsreëls, soos dit

van tyd tot tyd gewysig kan word. (d) Daar sal aangeneem word dat alle ooreenkomste tussen ’n student en die Universiteit

rakende toelating en/of registrasie en/of kampusbehuising in Bloemfontein aangegaan is, ongeag die werklike plek van ondertekening deur enige van die partye.

Toeligting Tensy die teendeel uit die konteks blyk, sluit die enkelvoud ook die meervoud in, en omgekeerd. Vir doeleindes van die uitleg en toepassing van ʼn reël, word die Afrikaanse en Engelse tekste van reëls as gelykwaardig geag, ongeag of dit ʼn vertaalde of oorspronklike weergawe is. Die Afrikaanse en Engelse tekste van ʼn reël moet in samehang gelees word ten einde die betekenis daarvan vas te stel. In geval van onversoenbare teenstrydigheid tussen die tekste, word voorrang gegee aan die weergawe wat die beste voldoen aan die oogmerk van die bepaling, soos wat uit Senaats- en Raadsnotules en ander toelaatbare bronne vasgestel kan word.

A2 AANSOEK OM TOELATING (a) ʼn Voornemende student wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn

student wat sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe aansoekvorm, vergesel van die vereiste dokumente en voor die datum wat die Universiteit jaarliks bepaal.

(b) ʼn Persoon se aansoek moet aan die toelatings-/hertoelatingsvereistes van die Universiteit

voldoen. (c) Die Registrateur sal slegs op grond van gemotiveerde, skriftelike voorleggings oorweging

skenk aan aansoeke om toelating tot hierdie Universiteit deur studente van ander hoëronderwysinstellings wat voortgesette toelating tot daardie instellings geweier is.

25 (d) Aansoeke om toelating tot die Universiteit deur internasionale persone en ander persone wat

nie die Nasionale Senior Sertifikaateksamen geslaag het nie, moet vergesel word van ʼn skrywe van die Matrikulasieraad van Hoër Onderwys Suid-Afrika (HOSA), wat verklaar dat daar aan die vereistes vir ʼn voorwaardelike vrystelling voldoen is. Benewens die brief van die HOSA Matrikulasieraad, moet daar aan die dissipline- en kwalifikasiespesifieke toelatingsvereistes van die Universiteit voldoen word. Aansoekers sonder ’n Senior Sertifikaat en bo die ouderdom van 45 jaar kan slegs deur die EVL-proses toegelaat word en sal nie slegs op grond van die brief van voorwaardelike vrystelling van die HOSA Matrikulasieraad toelating verkry nie.

(e) Die Universiteit sal alle aansoeke wat ontvang word, verwerk, in weerwil daarvan dat

aansoeke dalk onvolledig kan wees, met dien verstande dat die datum van ontvangs van ’n onvolledige aansoek nie vir keuringsprogramme, plasing in kampusbehuising of finansiële steun gebruik sal word nie.

(f) Die Registrateur sal slegs in uitsonderlike gevalle aansoeke oorweeg wat na die

sluitingsdatum ontvang word.

Toeligting Rig alle navrae en aansoeke aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling vir Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300. Telefoon: +27(0) 51 401 9864 of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210, of e-pos [email protected]. Telefoniese navrae oor toelatingsvereistes moet aan die volgende persone gerig word: Fakulteit Geesteswetenskappe en Fakulteit Gesondhei dswetenskappe: Jubee Mawoyo, George du Toit-administrasiegebou, Kamer A157S Faks na e-pos: +27(0) 86 628 8287 E-pos: [email protected] OF Ujene Thompson, George du Toit-administrasiegebou, Kamer A155S Tel: +27(0) 51 401 3459 Faks na e-pos: +27(0) 86 651 7858 E-pos: [email protected] Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakult eit Regsgeleerdheid en Fakulteit Teologie: Charlene Baatjies, George du Toit-administrasiegebou, Kamer A155S Tel: +27(0) 51 401 3365 Faks na e-pos: +27(0) 86 651 7830 E-pos: [email protected] OF Simon Sethibe, George du Toit-administrasiegebou, Kamer A153S Tel: +27(0) 51 401 9863 Faks na e-pos: +27(0) 86 652 4872 E-pos: [email protected]

26

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Fakultei t Opvoedkunde:

Ruth Tshehisi, George du Toit-administrasiegebou,

Kamer A159C Tel: +27(0) 51 401 3597 Faks na e-pos: +27(0) 86 651 7684 E-pos: [email protected]

OF

Ilsa van Wyk, George du Toit-administrasiegebou,

Kamer A159D Tel: +27(0) 51 401 3659 Faks na e-pos: +27(0) 86 562 8947 E-pos: [email protected]

Navrae en aansoeke met betrekking tot die volgende uitsonderings moet aan

die aangeduide persone gerig word:

* Op die Qwaqwa-kampus : Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Kampushoof, Privaat Sak X13, Phuthaditjhaba 9866, telefoon + 27 58 718 5011/2.

* Kwalifikasies wat deur die Skool vir Oopleer en deur die Skool vir Oopleer in oorleg met ’n derde party aangebied word: Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 505 1378 of +27 51 505 1212 of +27 51 505 1221.

* Toelating tot die Universiteitsvoorbereidingsprogram (UVP): Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 3435, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 505 1201/1362 of faks +27 51 505 1205.

* Vir die Baccalaureus in Bestuursleierskap (BML) : Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Direkteur: Sakeskool, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300 of http://www.ufs.ac.za/bus of telefoon +27 51 401 2874 of faks 086 690 2473.

* Vir toelating op grond van EVL: Die EVL-kantoor, Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, [email protected], telefoon +27 51 401 7326/7327/7357, faks 086 729 0554/086 665 2554, webtuiste www.ufs.ac.za/rpl.

Rig navrae oor voorwaardelike vrystellings aan: http://www.hesa-enrol.ac.za/, of Posbus 3854, Pretor ia 0001, Suid-Afr ika, of telefoon 010 591 4402/1, of faks 086 677 7744 (slegs Suid-Afrika) of +27 12 481 2922 (internasionaal).

Die datum waarop hetsy die ontbrekende inligting of dokumente van ’n onvolledige aansoek ontvang word, sal beskou word as die datum waarop die UV die aansoek ontvang het.

27 A3 TOELATING OF HERTOELATING TOT DIE UNIVERSITEIT E N TOT ’N AKADEMIESE

KWALIFIKASIE

Die Nasionale Senior Sertifikaat of die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) met toepaslike vakkombinasies en prestasievlakke wat in die aansoeker se besit is ten tyde van registrasie bepaal sy/haar toelatingstatus ten opsigte van ’n spesifieke kwalifikasie. Geen persoon word voorwaardelik toegelaat tot enige kwalifikasie hoegenaamd op grond van eksamenantwoordstelle wat nog nagesien of aanvullende eksamens wat nog afgelê moet word nie. Die Registrateur laat ’n persoon tot die registrasieproses toe mits die Universiteit hom/haar voorwaardelik vir ʼn bepaalde akademiese program aanvaar het en hy/sy aan die toelatings- en/of hertoelatingsvereistes van die spesifieke kwalifikasie sowel as die module(s) en/of voorvereiste(s) van die module voldoen.

A3.1 Toelating tot ʼn baccalaureusgraad en professioneel gerigte baccala ureusgraad (NKR-

uittreevlak 7 en 8) (a) Om tot ʼn baccalaureusgraad en professioneel gerigte baccalaureusgraad toegelaat te word,

moet ʼn persoon minstens:

(i) beskik oor ʼn Nasionale Senior Sertifikaat met gepaste vakkombinasies en prestasievlakke wat met ʼn toepaslike endossement deur Umalusi gewaarmerk is; of

(ii) beskik oor ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig)6 met gepaste

vakkombinasies en prestasievlakke; en (iii) die Nasionale Normtoets(e) aflê, buiten in buitengewone

omstandighede; en

(iv) die vereiste minimum toelatingspunt (TP) behaal; en

(v) ʼn prestasievlak van minstens 4 (50%-59%) vir die skoolverlatingseksamen in die gekose onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het; en

(vi) voldoen aan die spesifieke reëls vir toelating tot die betrokke

kwalifikasie, met inbegrip van die keuringsreëls soos wat die betrokke fakulteitsreëls uiteensit.

(vii) As alternatief, kan ’n hoër sertifikaat of ’n gevorderde sertifikaat of ’n

diploma op ’n verbandhoudende gebied dalk aan die minimum toelatingsvereistes voldoen.

(b) Toelatingsreëls is onderworpe aan wysiging.

6 Toelating sal verleen word op voorwaarde dat die vereiste vaardigheidsvlak bereik is en daar aan al die vereistes van die betrokke fakulteit voldoen is.

28 A3.2 Toelating tot ʼn diploma of gevorderde diploma (NKR-uittreevlak 6 e n 7 onderskeidelik) (a) Om tot ʼn eerste diploma toegelaat te word, moet ʼn persoon minstens:

(i) beskik oor ʼn Nasionale Senior Sertifikaat met gepaste vakkombinasies en prestasievlakke wat met ʼn toepaslike endossement deur Umalusi gewaarmerk is; of

(ii) beskik oor ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig)7 met gepaste vakkombinasies en

prestasievlakke; en

(iii) die Nasionale Normtoets(e) aflê, buiten in buitengewone omstandighede; en

(iv) die vereiste minimum toelatingspunt (TP) behaal; en

(v) ʼn prestasievlak van minstens 4 (50%-59%) vir die skoolverlatingseksamen in die gekose onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het; en

(vi) voldoen aan die spesifieke reëls vir toelating tot die betrokke kwalifikasie, met

inbegrip van die keuringsreëls soos wat die betrokke fakulteitsreëls uiteensit.

(vii) As alternatief, sal ’n hoër sertifikaat of gevorderde sertifikaat op ’n verbandhoudende gebied aan die minimum toelatingsvereiste voldoen.

(b) Toelatingsreëls is onderworpe aan wysiging. (c) Om deur die dekaan van die Skool vir Oopleer tot die Nasionale Professionele Diploma in

Onderwys (NPDO) toegelaat te word, moet ʼn persoon oor minstens vyf jaar onderwyservaring as ʼn praktiserende opvoeder beskik.

(d) Om tot ʼn gevorderde diploma toegelaat te word, moet ʼn persoon oor ʼn toepaslike diploma of

ʼn baccalaureusgraad beskik. A3.3 Toelating tot ʼn hoër sertifikaat of gevorderde sertifikaat (NKR-ui ttreevlakke 5 en 6 onderskeidelik) (a) Om tot ’n hoër sertifikaat toegelaat te word, moet ʼn persoon minstens:

(i) beskik oor ʼn Nasionale Senior Sertifikaat met gepaste vakkombinasies en prestasievlakke wat met ʼn toepaslike endossement deur Umalusi gewaarmerk is; of

(ii) beskik oor ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig)8 met gepaste vakkombinasies en

prestasievlakke; en

(iii) die Nasionale Normtoets(e) aflê, buiten in buitengewone omstandighede; en

(iv) die vereiste minimum toelatingspunt (TP) behaal; en

(v) ʼn prestasievlak van minstens 4 (50%-59%) vir die skoolverlatingseksamen in die gekose onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het; en

7 Toelating sal verleen word op voorwaarde dat die vereiste vaardigheidsvlak bereik is en daar aan al die vereistes van die betrokke fakulteit voldoen is. 8 Toelating sal verleen word op voorwaarde dat die vereiste vaardigheidsvlak bereik is en daar aan al die vereistes van die betrokke fakulteit voldoen is.

29

(vi) voldoen aan die spesifieke reëls vir toelating tot die betrokke kwalifikasie, met inbegrip van die keuringsreëls soos wat die betrokke fakulteitsreëls uiteensit.

(b) Toelatingsreëls is onderworpe aan wysiging. (c) Vir toelating tot ‘n gevorderde sertifikaat moet ‘n persoon oor ‘n toepaslike hoër sertifikaat beskik. A3.4 Toelating tot geleentheidstudie (a) Om tot geleentheidstudie toegelaat te word, moet ʼn persoon:

(i) beskik oor ʼn Nasionale Senior Sertifikaat met gepaste vakkombinasies en prestasievlakke wat met ʼn toepaslike endossement vir toelating tot graadstudie deur Umalusi gewaarmerk is; of

(ii) beskik oor ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig)9 met gepaste vakkombinasies en

prestasievlakke; en

(iii) die vereiste toelatingspunt (TP) behaal het; en

(iv) vir modules in programme met bykomende keuringsvereistes, ook die skriftelike toestemming verkry van die dekaan van die fakulteit waarin die module aangebied word; en

(v) ʼn prestasievlak van minstens 4 (50%-59%) vir die skoolverlatingseksamen in die

gekose onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het. (b) Toelating tot spesifieke modules is onderworpe aan verpligte prestasievlakke in bepaalde

graad 12-vakke sowel as aan bykomende voorvereistes wat die fakulteitsrade bepaal en in die fakulteitsreëls vervat is.

(c) (i) Toestemming om van bostaande vereistes af te wyk, behalwe van dié wat met die

gewaarmerkte Nasionale Senior Sertifikaat of die Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) verband hou, kan verleen word deur die dekaan van die fakulteit waarin die module aangebied word, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) Op die Qwaqwa-kampus verleen die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-

kampus toestemming om van bostaande vereistes af te wyk, met skriftelike kennisgewing aan die betrokke dekaan.

(iii) Waar ’n persoon reeds ’n kwalifikasie behaal het, kan hy/sy aansoek doen om van die

voorvereistereëls vrygestel te word. (d) Indien daar nie voldoen is aan die toelatingsreëls van die spesifieke kwalifikasie waarop die

module van toepassing is nie, sal krediete later slegs deur ʼn proses van EVL oorweeg word.

9 Toelating sal verleen word op voorwaarde dat die vereiste vaardigheidsvlak bereik is en daar aan al die vereistes van die betrokke fakulteit voldoen is.

30 A3.5 Toelating tot die Universiteitsvoorbereidingsp rogram (UVP) Om tot die een jaar lange UVP toegelaat te word, moet ʼn persoon: (a) beskik oor ʼn Nasionale Senior Sertifikaat of ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig)10 met

gepaste vakkombinasies en prestasievlakke; en (b) ʼn toelatingspunt (TP) van minstens 20 behaal het; en (c) ʼn prestasievlak van minstens 3 (40%-49%) behaal het in enige vier graad 12-vakke, wat Lewensoriëntering uitsluit; en (d) ʼn prestasievlak van minstens 3 (40%-49%) in die onderrigtaal Engels behaal het, buiten

studente wat vir die program op Oudtshoorn registreer, in welke geval ʼn prestasievlak van minstens 3 (40%-49%) vir die skoolverlatingseksamen in die gekose onderrigtaal Afrikaans vereis word, en waar ʼn prestasievlak van 3 (40%-49%) ten opsigte van Natuur- en Landbouwetenskappe in die onderrigtaal Afrikaans of Engels vereis word; en

(e) ten opsigte van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ’n prestasievlak van 3 (40%-49%) vir

Wiskunde behaal het; of (f) ten opsigte van Natuur- en Landbouwetenskappe ’n prestasievlak van 3 (40%-49%) vir

Wiskunde en ’n prestasievlak van 3 (40%-49%) vir Lewenswetenskappe of ’n prestasievlak van 3 (40%-49%) vir Fisiese Wetenskappe behaal het; of

(g) ten opsigte van die UVP Landbouwetenskap (BAgric Verleng) Wiskundige Geletterdheid met

’n minimum prestasievlak van 5 (60%-69%) of Wiskunde met ’n minimum prestasievlak van 2 (30%-39%) behaal het.

A3.6 Toelatingsprogramme: Qwaqwa-kampus

Om tot die toelatingsprogramme van die Qwaqwa-kampus in die fakulteite Natuur- en Landbouwetenskappe, Opvoedkunde, Geesteswetenskappe of Ekonomiese en Bestuurswetenskappe toegelaat te word, moet ʼn persoon voldoen aan die spesifieke toelatingsreëls soos wat die betrokke fakulteitsreëls uiteensit.

A3.7 Toelating tot modules (a) Verpligte toelatingsvereistes geld vir toelating tot spesifieke modules, soos ʼn toelatingspunt,

prestasievlakke in bepaalde graad 12-vakke en bykomende voorvereistes soos wat die fakulteitsraad bepaal en in die fakulteitsreëls vervat is.

(b) (i) Afwykings van die voorvereistereëls kan goedgekeur word deur die dekaan van die

fakulteit waarin die module aangebied word, onderworpe aan aanbeveling deur die akademiese departementshoof en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) Afwykings van die voorvereistereëls ten opsigte van ʼn student wat op die Qwaqwa-

kampus studeer, word deur die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in oorleg met die akademiese departementshoof en met skriftelike kennisgewing aan die betrokke dekaan verleen.

10 Toelating sal verleen word op voorwaarde dat die vereiste vaardigheidsvlak bereik is en daar aan al die vereistes van die

betrokke fakulteit voldoen is.

31 A3.8 Toelating op grond van erkenning van vorige le er (EVL) (a) ʼn Persoon wat nie vir toelating tot ʼn akademiese kwalifikasie kwalifiseer nie, kan volgens die

onderstaande riglyne om toelating deur middel van ʼn proses van EVL aansoek doen:

(i) ʼn Persoon in besit van ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (vanaf 2008) of ʼn Skooleindsertifikaat (voor 2008) met minstens vyf jaar toepaslike werkservaring, wat formele en nie-formele leer insluit.

(ii) ʼn Persoon wat 45 jaar of ouer is, met meer as 15 jaar toepaslike werkservaring, wat

formele en nie-formele leer insluit. (b) Deur ʼn proses van EVL kan ’n student ook toestemming ontvang vir toelating tot ʼn module

wat onderworpe is aan ʼn voorvereiste en/of kwytskelding met betrekking tot bepaalde assesserings.

(c) Die Registrateur verleen goedkeuring vir toelating tot ʼn akademiese kwalifikasie en/of ʼn

module/modules na afhandeling van die evalueringsproses, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, of in geval van die Baccalaureus in Bestuursleierskap, die direkteur van die Sakeskool, of in geval van die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO), die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) en die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO), die dekaan van die Skool vir Oopleer.

A3.9 Nasionale Normtoetse (NNT’s) en UFS101 (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van hierdie reëls. (b) ʼn Voornemende student wat vir ʼn eerste kwalifikasie registreer, moet die akademiese en

kwantitatiewe geletterdheidstoets voor registrasie aflê, en wel binne die drie jaar voor registrasie.11

(c) ʼn Voornemende student wat vir ʼn kwalifikasie in die fakulteite Ekonomiese en

Bestuurswetenskappe, of Gesondheidswetenskappe, of Natuur- en Landbouwetenskappe registreer, of ʼn student wat vir Wiskunde as ʼn module in een van die ander fakulteite registreer, moet gewoonlik ook die wiskundetoets aflê.

(d) Indien daar nie aan die gestelde vereistes van die Nasionale Normtoetse voldoen is nie of die

uitslae van die toetse nie voorgelê kan word nie, is registrasie vir die toepaslike taal- en/of wiskundeontwikkelingsmodules verpligtend, behalwe in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, waar die gestelde vereistes deel uitmaak van die keuringsproses, en in die Fakulteit Geesteswetenskappe, waar die vereistes vir die registrasie van die toepaslike taalontwikkelingsmodule ingevolge die fakulteitsreëlboek toegepas sal word.

(e) ʼn Kwalifikasie word nie toegeken tensy die verpligte ontwikkelingsmodules geslaag is nie. (f) (i) Studente moet in die eerste akademiese jaar vir ontwikkelingsmodules registreer, en

indien hulle dit nie slaag nie, moet die modules in die tweede akademiese jaar herhaal word.

11 Indien studente versuim om die NNT’s af te lê, is hulle verplig om vir toepaslike ontwikkelingsmodules in te skryf. Daar is geen alternatiewe toets beskikbaar om studente te toets nie.

32 (ii) Die module UFS101 is ʼn verpligte module12 vir alle studente wat vir ’n eerste

kwalifikasie aan die Universiteit registreer, en ’n kwalifikasie kan nie aan die Universiteit verwerf word sonder dat UFS101 suksesvol voltooi is nie. Studente registreer vir UFS101 in hulle eerste akademiese jaar (buiten studente in die UVP en verlengde programme, wat in hulle tweede akademiese jaar vir UFS101 registreer), behalwe waar die betrokke fakulteit se reëls anders bepaal, en onderworpe aan die vereistes, bepalings en voorwaardes wat die Senaat goedgekeur het.

(g) Die aflê van die Nasionale Normtoetse word nie ten opsigte van die volgende vereis nie:

(i) Indien ʼn kwalifikasie reeds aan ʼn ander hoëronderwysinstelling behaal is. (ii) Vir toelating tot die Baccalaureus in Bestuursleierskap. (iii) Vir toelating tot die Hoër Sertifikaat in Teologie. (iv) Waar toelating op grond van ʼn besluit van die Senaat verleen is en die psigometriese

toetse by die Afdeling Studentevoorligting en -ontwikkeling afgelê is. (v) Vir toelating tot die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys. (vi) Vir kwalifikasies wat deur middel van e-leer aangebied word.

A3.10 Progressiereël ten opsigte van voorgraadse st udente (van toepassing op alle programme vanaf 2014), wat verlengde programme uits luit

Met inagneming van die modulevereistes, word daar oor die algemeen van studente verwag om die volgende minimum prestasie in elke studieprogram te behaal waarvoor die voorgeskrewe modulekombinasies vir elke studiejaar bepaal is. Vir die doeleindes van hierdie progressiereël maak die semestermodule en die jaarmodule die grondslag van die progressieberekening uit: ’n Module wat vir die kwalifikasie tel, sal dus ’n module van 16 of 32 krediete wees, of kombinasies van modules van 4 en/of 8 krediete wat gesamentlik 16 of 32 krediete beloop. (In gevalle waar kombinasies van modules van 4 en 8 krediete minder as 16 krediete beloop, sal hierdie modules uitgesluit word van die berekening van die persentasie modules wat geslaag is.) Tensy ’n fakulteit ’n hoër progressievereiste stel as dit wat in die fakulteit se reëlboek gepubliseer is, sal hierdie progressiereëls geld. Die progressievereistes is soos volg:

(a) In die eerste studiejaar van alle voorgraadse programme moet studente minstens 35% van die eerstejaarmodules slaag om met die tweede studiejaar te kan begin.

(b) In die tweede studiejaar van alle voorgraadse programme moet studente minstens 45% van

die tweedejaarmodules slaag om met die volgende jaar se studie te kan begin. (c) In alle ander studiejare van voorgraadse programme moet studente minstens 60% van die

modules van daardie spesifieke jaar slaag om na die volgende studiejaar te vorder. (d) In gevalle waar ’n student nie kwalifiseer om met die volgende studiejaar te begin nie, kan die

12 Studente wat vir Konstruksiebestuur (Afstandsonderrig), Bourekenkunde (Afstandsonderrig), LLB deur e-leer, BML en BIuris: Finansiële Beplanningsreg en afstands-/oop leer registreer, word uitgesluit van reël 3.9(f)(ii). Voorgraadse sertifikaatkursusse word ook uitgesluit van reël 3.9(f)(ii). Oorplasingstudente wat reeds ’n kwalifikasie voltooi het, word uitgesluit van reël 3.9(f)(ii). Studente van 30 jaar en ouer of werkende studente word uitgesluit van reël 3.9(f)(ii).

33

student met die dekaan se toestemming vir die uitstaande modules registreer en die betrokke studiejaar herhaal indien die dekaan toestemming verleen. Daarbenewens kan die student met die dekaan se toestemming ’n maksimum getal modules by die volgende studiejaar byvoeg, wat gesamentlik nie meer as 32 krediete bo die normale kurrikulumvereistes vir die program in ’n bepaalde studiejaar mag beloop nie.

(e) ’n Student wat ’n studiejaar herhaal, moet die vereiste persentasie modules wat in paragrawe

A3.10(a), A3.10(b) en A3.10(c) bepaal word, hetsy behaal of oortref voordat hy/sy toegelaat sal word om in die volgende kalenderjaar met die volgende studiejaar van die program te begin.

(f) ’n Deeltydse voorgraadse student moet die helfte van die prestasies wat ingevolge paragrawe

A3.10(a) tot A3.10(e) vereis word, behaal. A3.11 Hertoelating op grond van akademiese vorderin g, ná voldoening aan paragraaf A3.10 (a) (i) ʼn Student wat reeds twee keer vir ʼn bepaalde module (vraestel/praktiese werk)

geregistreer het en nog nie aan die slaagvereistes voldoen nie, sal slegs op grond van buitengewone meriete, met die goedkeuring van die dekaan van die fakulteit waarin die module aangebied word, op aanbeveling van die akademiese departementshoof en/of die programdirekteur, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, een verdere geleentheid ontvang om weer vir die module te registreer, behalwe in die geval van ’n diensmodule, waar albei die dekane van die betrokke fakulteite toestemming sal moet verleen.

(ii) Op die Qwaqwa-kampus verleen die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-

kampus (in oorleg met die akademiese departementshoof) goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

(iii) Op die Suidkampus sal studente goedkeuring moet bekom van die dekaan van die

bepaalde fakulteit waarin die module aangebied word.

(b) (i) Ten opsigte van die UVP en die toelatingsprogramme van die Qwaqwa-kampus moet ʼn student in die betrokke jaar alle voorgeskrewe modules slaag om weer aan die Universiteit te registreer.

(ii) In gevalle van uitsonderlike meriete berus die besluitnemingsbevoegdheid oor die

meriete van gemotiveerde, skriftelike indienings met betrekking tot die UVP by die direkteur van die Sentrum vir Onderrig en Leer, en met betrekking tot die toelatingsprogramme van die Qwaqwa-kampus, by die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus. In albei gevalle moet die Registrateur van sodanige besluite in kennis gestel word.

(c) Met uitsondering van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, moet ʼn student wat vir ʼn

verlengde program geregistreer is aan die volgende vereistes voldoen vir toelating tot modules van die tweede studiejaar:

(i) Die verwerwing van ten minste 64 krediete in die eerste studiejaar, met dien

verstande dat: (aa) ten minste 32 van die 64 krediete hoofstroommodulekrediete is;

(bb) in die geval van studente in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, minstens nog twee ontwikkelingsmodules geslaag moet word, waarvan Wiskundige Geletterdheid een moet wees. Indien

34

studente in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe alle voorgeskrewe krediete van die eerste studiejaar verwerf, maar die ontwikkelingsmodule in Wiskundige Geletterdheid gedruip het, sal hulle toegelaat word tot die modules van die tweede studiejaar en sal hulle die module in Wiskundige Geletterdheid moet herhaal.

(ii) Studente wat minder as 64 krediete verwerf het en studente wat 64 krediete of meer verwerf het, maar wat nie aan die vereistes ten opsigte van hoofstroommodules en/of ontwikkelingsmodules voldoen het nie, kan slegs die gedruipte modules herhaal.

(iii) Om met die derde studiejaar voort te gaan, moet ’n student alle modules van die eerste en tweede studiejare suksesvol voltooi.

(iv) Studente wat ná drie studiejare nog nie die eerste twee studiejare voltooi het nie, word nie weer tot die Universiteit toegelaat nie.

(v) Wat die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe betref, is die volgende van toepassing:

(aa) Al die modules wat in die kurrikulums van die eerste jaar van elk van die drie verlengde programme – BSc vier jaar, BAgric vier jaar en BScAgric vyf jaar – voorgeskryf word, moet geslaag word. Wat die verlengde programme BSc en BScAgric betref, moet studente ’n gemiddelde slaagpunt van 60% in die akademiese modules behaal. In die verlengde program BAgric moet ’n gemiddelde van 55% in die akademiese modules behaal word.

(bb) Studente wat nie alle vereiste eerstejaarmodules binne drie jaar kon slaag nie (minstens 128 krediete vir akademiese modules) en nie minstens 48 tweedejaarkrediete behaal het nie, sal nie toegelaat word om weer by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe te registreer nie.

Toeligting Die toelatingspunt (TP) vir sowel graad- as geleentheidstudie word bereken op grond van die vier verpligte graad 12-vakke wat in die lys hieronder aangedui word, plus die beste van twee verdere vakke (wat Lewensoriëntering uitsluit) uit die graad 12-skoolvakke wat in die loop van een eksamen geslaag is:

• Rekeningkunde • Landbouwetenskappe • Besigheidstudie • Verbruikerstudie • Dramatiese Kunste • Ekonomie • Ingenieursgrafika en -ontwerp • Geografie • Geskiedenis • Informasietegnologie • Lewenswetenskappe (Biologie/Fisiologie) • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid • Musiek • Fisiese Wetenskappe/Natuurwetenskappe • Religiestudie • Drie tale (een taal van onderrig en leer soos dit by ‘n hoëronderwysinstelling gebruik word, en twee ander erkende taalvakke). • Visuele Kunste

35 Die toelatingspunt (TP) vir diploma- en sertifikaatstudie vir die UVP en die toelatingsprogramme op die Qwaqwa-kampus word bereken op grond van die ses beste graad 12-vakke (wat Lewensoriëntering uitsluit) wat in die loop van een eksamen geslaag is. NSS-prestasievlak Toelatingspunt(TP) 7 (90%-100%) 8 7 (80%-89%) 7 6 (70%-79%) 6 5 (60%-69% 5 4 (50%-59%) 4 3 (40%-49%) 3 2 (30%-39%) 2 Lewensoriëntering op ‘n prestasievlak 1 van 5 of hoër , buiten met betrekking tot sertifikaatprogramme wat ‘n prestasievlak van 3 of hoër vereis. ’n Persoon wat voor 2008 die graad 12-eksamen afgelê het, kan toelating ontvang ooreenkomstig die reëls wat in die Universiteit se Jaarboek 2011 gepubliseer is, wat by die Registrateur in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede bekom kan word. Inligting oor toelating (behalwe in die uitsonderings hieronder) kan bekom word deur ’n skrywe te rig aan: Die Registrateur, Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210, of e-pos [email protected]. Rig telefoniese navrae soos volg: • Fakulteit Geesteswetenskappe en Fakulteit Gesondhei dswetenskappe: +27 51 401 2345 of +27 51 401 3459 • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakult eit Regsgeleerdheid en Fakulteit

Teologie: +27 51 401 3365 of +27 51 401 9863

• Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Fakultei t Opvoedkunde: +27 51 401 3597 of +27 51 401 3659

Wat die volgende uitsonderings betref, kan inligting oor toelating van die onderstaande persone bekom word:

• Op die Qwaqwa-kampus : Die Kampusvisehoof: Akademies, Privaat Sak X13, Phuthaditjhaba 9866, telefoon +27 58 718 5011/2.

• Kwalifikasies wat die Skool vir Oopleer en die Skool vir Oopleer in oorleg met ʼn derde party aanbied : Die Registrateur, Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 505 1378 of +27 51 505 1212 of +27 51 505 1221.

• Die Baccalaureus in Bestuursleierskap : Die Registrateur, Kantoor van die Direkteur: Sakeskool, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 401 2874 of faks 086 690 2473 of besoek die webtuiste by http://www.ufs.ac.za/bus.

• Die UVP: Die Registrateur, Kantoor van die Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 3435, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 505 1201/1362 of faks +27 51 505 1205 of e-pos [email protected].

36

• Toelating op grond van EVL: [email protected] of telefoon +27 51 401 7326/7327/7357 of faks 086 729 0554/086 665 2554 of webtuiste www.ufs.ac.za/rpl.

• Toelating op grond van ’n Senaatsbesluit : Die Registrateur, Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, telefoon +27 51 401 9864/+27 51 401 9538 of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210 of e-pos [email protected]. Die Registrateur verleen goedkeuring op aanbeveling van die dekaan en ooreenkomstig die riglyne van die Senaat.

• EVL vir die Baccalaureus in Bestuursleierskap : Die Registrateur, Kantoor van die Direkteur: Sakeskool, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 401 2874.

• EVL vir die Nasionale Professionele Diploma in Onde rwys (NPDO) : Die Registrateur, Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 505 1244 of +27 51 505 1245.

Die Universiteit aanvaar geen ander akademiese en kwantitatiewe geletterdheidstoets as die Nasionale Normtoetse nie. Inligting oor die Nasionale Normtoetse is beskikbaar by www.nbt.ac.za of telefoon +27 21 650 3523, en van 07:00 tot 10:00 oor toetsnaweke by +27 73 683 5044 of +27 73 129 7477. Vir navrae oor die Universiteit se vereistes ten opsigte van die Nasionale Normtoetse, skakel +27 51 401 2448 of gaan na http://www.ufs.ac.za/nbt.

ʼn Persoon wat aansoek gedoen het om toelating tot ʼn kwalifikasie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe kan navrae oor die Nasionale Normtoetse rig aan e-pos DuToitL@@ufs.ac.za of [email protected], of telefoon +27 51 401 7513 of +27 51 401 3605.

A4 VOORLEGGING VAN DOKUMENTE OM AS STUDENT TE REGIS TREER

(a) ʼn Student:

(i) wat vir die eerste keer aan die Universiteit registreer, moet voor ʼn datum wat die Senaat jaarliks bepaal ʼn gewaarmerkte afskrif van die Nasionale Senior Sertifikaat/Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) of ʼn gewaarmerkte afskrif van die eksamenuitslagadvies aan die Universiteit stuur;

(ii) wat voorheen aan ʼn ander hoëronderwysinstelling studeer het, moet nie later nie as gedurende die Universiteit se registrasieproses ook ʼn oorspronklike studierekord en gedragsertifikaat van die vorige hoëronderwysinstelling(s) indien.

(b) Gewaarmerkte afskrifte moet ook gedurende die registrasieproses beskikbaar wees.

(c) ʼn Internasionale student wat nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie en nie oor ʼn permanente verblyfpermit beskik nie, moet:

(i) ʼn studiepermit wat die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake ten gunste van die Universiteit van die Vrystaat uitgereik het, by die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede indien;

(ii) voldoen aan al die vereistes van die Immigrasiewet en die regulasies wat ingevolge daarvan uitgereik is.

37

Toeligting

Gewaarmerkte afskrifte word slegs aanvaar indien die volgende inligting oor die kommissaris van ede duidelik leesbaar is op die dokument:

• Die volle naam en van • Die pos wat hy/sy beklee • Die plek waar die gewaarmerkte afskrif onderteken is • Die datum waarop die gewaarmerkte afskrif onderteken is • Die sakeadres • Die handtekening

Gedragsertifikate moet endossemente bevat oor die persoon se gedrag en sy/haar finansiële omstandighede op die datum van uitreiking van die sertifikaat.

Inligting oor graad 12-uitslae word ook vir kontroledoeleindes elektronies van Umalusi bekom.

Vir ʼn kwalifikasie wat op die Bloemfontein-kampus aangebied word, moet die vereiste dokumente gestuur word aan: Die Aansoekkantoor, Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210.

• Vir die Baccalaureus in Bestuursleierskap moet die vereiste dokumente gestuur word aan: Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Direkteur, Sakeskool, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks +27 51 866 902 473.

• Vir kwalifikasies wat deur die Skool vir Oopleer en deur die Skool vir Oopleer in oorleg met ’n derde party aangebied word, moet dokumente gestuur word aan: Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

• Vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, moet dokumente gestuur word aan: Die Aansoekkantoor, Kantoor van die Kampushoof, Privaat Sak X13, Phuthaditjhaba 9866.

• Vir die UVP moet dokumente gestuur word aan: Die Registrateur, Kantoor van die Direkteur: Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 3435, Bloemfontein 9300.

Internasionale studente moet daarop let dat nóg ’n hospitaalplanpolis nóg ’n reisversekeringsplan as alternatief vir ’n mediese fonds aanvaar sal word.

Om aansoek te doen om ’n studiepermit, moet ’n skrywe van die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede wat toelating tot die Universiteit bevestig, die aansoek vergesel.

• Alle Suid-Afrikaanse studente moes ’n minimum prestasievlak van 4 (50%-59%) in die gekose UV-onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het.

• Internasionale studente (buiten studente wat hulle skoolonderrig in die UV-onderrigtaal ontvang het) moet die IELTS-toets aflê en ’n minimum punt van 6 in elk van die komponente van die toets behaal.

38 A5 DUUR VAN STUDIE EN DIE SAMESTELLING VAN ’N KURRI KULUM (a) Behalwe waar die Raad via die Senaat nuwe reëls in werking stel wat onmiddellik van krag

is, kan ʼn student ten opsigte van ʼn eerste kwalifikasie slegs vir die minimum toegelate tydperk vir daardie kwalifikasie aan die Universiteit registreer, plus ʼn verdere twee jaar, welke tweede tydperk direk op die eerste volg, en moet die student sy/haar studie vir daardie bepaalde kwalifikasie voltooi volgens die reëls wat ten tyde van registrasie van toepassing was. In geval van ’n onderbreking in die student se studie, sal die reëls van toepassing ten tyde van registrasie ná die onderbreking geld.

(b) ʼn Student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, of ʼn student van hierdie Universiteit wat

sy/haar studie vir ʼn jaar of langer onderbreek of van kwalifikasie verander, bly onderworpe aan die algemene sowel as die fakulteitsreëls wat ten tyde van die nuwe registrasie van toepassing is, behalwe met die dekaan se goedkeuring ten opsigte van die fakulteitsreëls, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur. Indien ’n student sy/haar studie om ander redes as ’n gebrek aan akademiese vordering onderbreek, sal die maksimum studietydperk bereken word vanaf die jaar waarin die student terugkeer, maar sal die student nie in dieselfde program kan registreer waarin hy/sy voorheen geregistreer was indien daar ’n verandering in die program plaasgevind het nie. Die student moet dan vir ’n nuwe kwalifikasie/program registreer, en erkenning moet verleen word waar dit van toepassing is.

(c) Toestemming vir afwyking van die fakulteitsreëls ten opsigte van ʼn student wat op die

Qwaqwa-kampus studeer, kan deur die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus verleen word, met skriftelike kennisgewing aan die betrokke dekaan.

(d) ʼn Student moet ʼn kurrikulum saamstel en versprei oor ʼn tydperk wat nie korter is nie as wat

die Senaat bepaal, volgens die module- en lokaalrooster, die eksamenrooster, die voorvereistes vir modules en die voorgeskrewe volgorde en samestelling van die modules soos wat vir bepaalde studiejare vereis word.

(e) (i) Na gelang van ʼn student se akademiese prestasie, kan ʼn dekaan op die

programdirekteur se aanbeveling aan ʼn student goedkeuring verleen om vir bykomende modules tot ʼn maksimum van 32 krediete te registreer, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) Vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, kan die dekaan, op

aanbeveling van die programdirekteur en die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, goedkeuring verleen.

(iii) Vir die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO), die Gevorderde

Onderwyssertifikaat (GOS) en die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO) kan die dekaan van die Skool vir Oopleer tot ʼn maksimum van 16 krediete goedkeuring verleen.

(iv) Ten opsigte van die Baccalaureus in Bestuursleierskap verleen die direkteur van

die Sakeskool goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan. (v) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word

goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

39

Toeligting

Akademiese advies oor fakulteitsreëls, byvoorbeeld wat kurrikulumsamestelling betref, word voorsien deur personeel wat die fakulteitskomitee vir hierdie doel aanwys, stem ooreen met die toepassing van die fakulteitsreëls, en is die verantwoordelikheid van die dekaan.

Verantwoordelikheid vir die algemene reëls berus by die Registrateur.

A6 REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE AS STUDENT A6.1 Registrasie (a) Alle studenteregistrasies vind plaas ooreenkomstig die gekoördineerde reëlings van die

Registrateur wat deur die Uitvoerende Komitee van die Senaat goedgekeur is. (b) Voordat ʼn persoon se studietermyn ʼn aanvang neem, moet hy/sy jaarliks by die eerste

registrasiegeleentheid vir albei semesters (indien van toepassing) registreer, vir die tydperk wat die Senaat bepaal, en moet die student die voorgeskrewe gelde betaal. Studente wat vir die eerste keer vir ’n honneursgraad registreer, sal voor registrasie ’n verlaagde bedrag betaal.

(c) (i) Akademiese krediete word slegs verwerf vir modules waarvoor die student

ooreenkomstig die korrekte modulekode(s) in die fakulteitsreëls geregistreer is, en wat die student slaag.

(ii) Die reëls van toepassing op modulekodes word in bylae A by hierdie dokument uiteengesit.

(d) Registrasie aan die begin van die jaar vir modules in die tweede semester is voorwaardelik en bly onderworpe aan die reëls van toepassing op modules, met spesifieke voorvereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word.

(e) ʼn Persoon kan nie gelyktydig vir meer as een kwalifikasie aan hierdie en/of ʼn ander

hoëronderwysinstelling registreer nie, behalwe op grond van buitengewone omstandighede wat skriftelik gemotiveer en deur die betrokke dekaan/dekane goedgekeur is, en waar dit op die ander hoëronderwysinstelling van toepassing is, met inagneming van die spesifieke toelatingsvereistes en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur. (i) Vir ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, verleen die dekaan

goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus en, indien van toepassing, die ander hoëronderwysinstelling.

(ii) Vir die Baccalaureus in Bestuursleierskap verleen die direkteur van die Sakeskool goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan/dekane en, indien van toepassing, die ander hoëronderwysinstelling.

(f) Die Universiteit verleen geen registrasie met terugwerkende krag nie. (g) Die Universiteit verleen slegs voorwaardelike registrasie indien die Raad sodanige

registrasie goedkeur. (h) Indien die Registrateur toelaat dat ʼn persoon vir ʼn kwalifikasie of ʼn module registreer buite

die registrasietydperk wat die Senaat goedgekeur het, sal ʼn fooi vir laat registrasie gehef word.

40 (i) Indien ʼn persoon nie sy/haar rekening ten opsigte van die vorige jaar ten volle vereffen nie,

kan ʼn daaropvolgende registrasie nie plaasvind nie. A6.2 Herregistrasie

Vir herregistrasie vir ʼn kwalifikasie moet ʼn student aan die hertoelatingsvereistes voldoen en moet sy/haar Universiteitsrekening van die vorige jaar/jare ten volle vereffen wees.

A6.3 Kansellasie van registrasie of van ‘n module(s ) deur ’n student (a) Kennis van die kansellasie van ʼn registrasie moet skriftelik gegee word. (b) Die datum waarop die skriftelike kennisgewing ontvang word, word as die datum van die

kansellasie van die registrasie beskou. (c) Kennis van die kansellasie van ʼn module/modules kan deur die hele jaar gegee word, maar

om finansiële krediet te ontvang, geld bepaalde sperdatums. (d) Kansellasie van ʼn module/modules ná die sperdatums kan impliseer dat ʼn student:

(i) nie hertoelating tot ’n module ontvang nie; en

(ii) aanspreeklik is vir die klasgeld vir die module. A6.4 Kansellasie van ʼn student se registrasie deur die Universiteit (a) ʼn Student se registrasie aan die Universiteit kan gekanselleer word indien hy/sy skuldig

bevind word ingevolge die heersende reëls oor dissiplinêre optrede teen studente. (b) ʼn Student se registrasie vir ʼn bepaalde kwalifikasie kan ook gekanselleer word indien dit na

die oordeel van die betrokke dekaan of die Uitvoerende Komitee van die Senaat in die Universiteit en/of die student se belang is, met dien verstande dat:

(i) voordat ʼn finale besluit geneem word:

(aa) die Registrateur, op skriftelike versoek van die dekaan van die betrokke

fakulteit, die student skriftelik van die voorneme en die redes daarvoor inlig;

(bb) die student, ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing van die voorgenome kansellasie, die geleentheid ontvang om skriftelike vertoë aan die Registrateur en die dekaan van die betrokke fakulteit te rig waarom daar nié met die voorgenome aksie voortgegaan moet word nie.

(ii) die dekaan, by ontvangs van die student se skriftelike vertoë en ná oorleg met die

Registrateur, kan besluit om:

(aa) nie die saak verder te voer nie; of

(bb) die dekaan se motivering en die student se skriftelike vertoë vir ʼn finale besluit aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voor te lê, met skriftelike kennisgewing van die finale besluit aan die student.

41

Toeligting

Die volgende gedesentraliseerde kantore is verantwoordelik vir registrasies en kansellasies:

Registrasies vir die Baccalaureus in Bestuursleierskap (BML) word deur die Sakeskool bestuur: telefoon +27 51 401 2874.

Registrasies vir die UVP word deur die Sentrum vir Onderrig en Leer bestuur: telefoon +27 51 505 1201/1362.

Registrasies vir kwalifikasies wat deur die Skool vir Oopleer en deur die Skool vir Oopleer in oorleg met ’n derde party aangebied word, word deur die Skool vir Oopleer bestuur: telefoon +27 51 505 1378 of +27 51 505 1212 of +27 51 505 1221.

Studenteregistrasie vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, vind op die Qwaqwa-kampus plaas: telefoon +27 58 718 5011/2.

Kansellasie van modules kan soos volg geskied:

Studente op die Bloemfontein-kampus kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielife.ufs.ac.za kanselleer, of by wyse van skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

Studente op die Qwaqwa-kampus kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielife.ufs.ac.za kanselleer, of by wyse van ’n skrywe aan die Afdeling Akademiese Registrasies en Rekords van Akademiese Studentedienste.

Studente by die Skool vir Oopleer kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielife.ufs.ac.za kanselleer, of by wyse van ’n skrywe aan die dekaan van die Skool vir Oopleer.

Geen kansellasies per e-pos of faks sal aanvaar word nie.

Om finansiële krediet te ontvang, geld die volgende sperdatums:

(i) Eerstesemestermodules – tot en met 15 Februarie

(ii) Tweedesemestermodules – tot en met 15 Augustus

(iii) Jaarmodules – tot en met 15 Februarie; 50 persent krediet sal tot en met 15 Augustus toegestaan word.

Indien ’n student sy/haar studie voor 15 Februarie van enige gegewe jaar staak, sal ’n minimum fooi gehef word soos wat die reëlboek oor fooie bepaal.

42 A7 WYSIGING VAN KWALIFIKASIES EN/OF MODULES EN/OF O NDERRIGMODUSSE EN/OF VERSKUIWING NA ’N ANDER UNIVERSITEITSKAMPUS/ -SENTRUM (a) ʼn Voornemende student:

(i) wat die kwalifikasie waarvoor hy/sy aansoek gedoen het, wil wysig, moet die Universiteit skriftelik van sodanige wysiging in kennis stel.

(ii) wat gedurende die registrasieproses van kwalifikasies verander, moet die voorgeskrewe vorm invul.

(b) ʼn Geregistreerde student wat van kwalifikasie wil verander, moet op die voorgeskrewe vorm

om sodanige wysiging aansoek doen en die betrokke dekaan se goedkeuring verkry voordat ʼn gewysigde registrasie kan plaasvind.

(c) Modulewysigings word op ’n voorgeskrewe vorm aangeteken binne die tydperk wat daarvoor

geskeduleer is. (d) Let daarop dat, in geval van ʼn modulewysiging, die student daarvoor verantwoordelik is om

werk wat reeds afgehandel is, in te haal. Hy/sy kan nie aanspraak maak op enige bykomende hulp van die dosent of op tegemoetkoming wat betref aantekeninge, werkstukke, praktiese werk en assesserings wat reeds afgehandel is nie.

(e) ʼn Voornemende of geregistreerde student wat van een kampus/sentrum van die Universiteit

na ʼn ander kampus/sentrum van die Universiteit verskuif, moet op die voorgeskrewe vorm aansoek doen en die nodige goedkeuring bekom van die dekaan van die nuwe kampus, of van die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat na die Qwaqwa-kampus verskuif. Die versoek sal slegs ná goedkeuring deur die tersaaklike amptenare van albei kampusse toegestaan word.

Toeligting Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir ’n kwalifikasiewysiging deur ’n geregistreerde student is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet weer by dieselfde kantoor ingedien word. Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) om van een kampus/sentrum na ’n ander te verskuif, is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet weer by dieselfde kantoor ingedien word. ’n Student wat die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO), die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) of die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO) volg, moet die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) invul en indien by: Die Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

Ál bostaande dokumente is ook beskikbaar op die Universiteit se webtuiste by www.ufs.ac.za.

43

A8 KREDIETAKKUMULASIE EN -OORDRAG (a) Die Registrateur kan op aanbeveling van die akademiese departementshoof, of van die

direkteur van die Sakeskool in geval van die Baccalaureus in Bestuursleierskap (BML), aan ʼn persoon vrystelling of erkenning verleen met betrekking tot krediete wat in ʼn vorige kwalifikasie of gedeeltelik voltooide kwalifikasie – hetsy hier of elders – verwerf is, met die oog op ʼn ander kwalifikasie, met dien verstande dat:

(i) nie meer as 50 persent van die krediete van die voltooide kwalifikasie(s) na ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word nie, mits:

(aa) minstens 50 persent van die krediete vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit verwerf word; en

(bb) ʼn maksimum van 25 persent van die opgeloopte krediete op die hoogste NKR-vlak in die vorige voltooide kwalifikasie(s) vir ʼn ander kwalifikasie erken word;

(ii) in geval van ʼn onvoltooide kwalifikasie, al die toepaslike krediete vir die nuwe kwalifikasie verleen mag word, behalwe ten opsigte van ʼn student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, in welke geval hoogstens 50 persent van die vereiste krediete om die kwalifikasie te behaal, erken mag word uit daardie modules wat aan die ander instelling voltooi is. In laasgenoemde geval geld ’n beperking van hoogstens 25 persent van die vereiste krediete wat op die hoogste NKR-vlak verwerf is;

(iii) indien krediete op grond van ʼn onvoltooide kwalifikasie verleen is, die registrasietydperk vir die vorige kwalifikasie en dié vir die nuwe kwalifikasie minstens dieselfde moet wees as die maksimum voorgeskrewe tydperk vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit;

(iv) ʼn persoon van ʼn ander hoëronderwysinstelling vir minstens twee akademiese jaar (vier semesters) aan die Universiteit moet registreer;

(v) ʼn student wat die MBChB-graad volg die volledige kwalifikasie aan die Universiteit moet voltooi. In buitengewone omstandighede kan die dekaan ná oorleg met die keuringskomitee uitsonderings oorweeg;

(vi) krediete uit ʼn voltooide of onvoltooide kwalifikasie gewoonlik slegs eenmalig na ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word. Verandering van die UVP en verlengde programme kom nie op ’n verandering in kwalifikasie neer nie.

(b) Wat die Baccalaureus in Bestuursleierskap (BML) betref, kan die direkteur van die Sakeskool op grond van ʼn proses van EVL akademiese krediet vir ʼn module verleen.

(c) Vir die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO) word akademiese krediet vir

ʼn module deur die dekaan van die Skool vir Oopleer op grond van ʼn proses van EVL verleen.

(d) Erkenning word verleen op grond van formele leer op dieselfde NKR-vlak met ’n

kontekstuele relevansie van minstens 50 persent. Die krediete vir veronderstelde leerure wat deur ’n vorige universiteit toegestaan is, sal nie as ’n direkte ekwivalent aangeteken word nie. Die fakulteit sal ’n beoordeling onderneem om te bepaal of erkenning aan ’n bepaalde module verleen sal word, veral indien daardie module ’n ander kredietwaarde binne die tersaaklike kwalifikasie aan die UV het.

(e) Vrystellings word verleen op grond van nie-formele leer ooreenkomstig EVL-riglyne met ʼn relevansie van minstens 50 persent.

44

Toeligting ’n Aansoek om vrystelling of erkenning met betrekking tot modules nadat die persoon sy/haar studie onderbreek het, word ooreenkomstig die beleid oor EVL oorweeg. Op vlak 4 word geen krediet verleen vir enige leer wat in die loop van ’n skoolloopbaan verwerf is nie. Vrystelling kan egter wél verleen word met betrekking tot leer in die loop van ’n skooljaar ná graad 12.

(f) Vrystelling van ’n rekenaargeletterdheids- (CSIL-)module word verleen op grond van nie-

formele leer of leer op ’n vlak laer as NKR-vlak 5 met ’n relevansie van minstens 70 persent, en wel na aanleiding van die assessering op NRK-vlak 5 aan die begin van die betrokke semester.

Toeligting Die student moet deur middel van ’n vaardigheidstoets op NKR-vlak 5 toon dat hy/sy oor genoegsame kennis (slaagpunt 70 persent) beskik.

A9 ASSESSERINGSREËLS A9.1 Bywoning van onderriggeleenthede (a) Verpligte bywoning van onderriggeleenthede in ʼn module soos wat voorgeskryf word deur

die raad van die fakulteit waarin die module aangebied word, en wat in die modulehandleiding of die bylae daarby verskyn, is een van die voorvereistes vir toelating tot die eksamen.

(b) Verskoning vir die nie-bywoning van onderriggeleenthede weens onvoorsiene

omstandighede moet vergesel word van stawende dokumente, en moet by die volgende beskikbare onderriggeleentheid in die module aan die betrokke dosent voorgelê word.

A9.2 Modulepunt (a) ʼn Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen in ’n module

vereis.13 (b) ʼn Modulepunt word in die modulehandleiding of die bylae daarby uiteengesit, en is die

resultaat van die formatiewe assesserings wat op gedesentraliseerde wyse in die loop van die moduletermyn geskied.

(c) ʼn Modulepunt wat in ʼn module behaal is, geld slegs vir die volgende eksamen wat op die

betrokke module van toepassing is.

(d) Behalwe waar die dekaan van die fakulteit waarin die betrokke module aangebied word (in oorleg met die betrokke dosent) anders besluit, kan ʼn student slegs tot die eksamen in ʼn

13 ’n Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen vereis, behalwe waar die betrokke fakulteit ’n modulepunt van meer as 40 persent as die minimum vir toelating tot die eksamen vereis.

45

module toegelaat word indien hy/sy aan alle voorgeskrewe subminimum- en werkstukvereistes voldoen en aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het wat in die betrokke modulehandleiding of bylae daarby uiteengesit word.14

A9.3 Eksamens A9.3.1 Eksamens as summatiewe assessering (a) Twee eksamens word per semester geskeduleer:

(i) ʼn hoofhalfjaareksamen en ʼn bykomende halfjaareksamen ten opsigte van die eerstesemestermodules; en

(ii) ʼn hoofjaareindeksamen en ʼn bykomende jaareindeksamen ten opsigte van die tweedesemester- en jaarmodules, behalwe:

(aa) in geval van die Skool vir Geneeskunde; (bb) in geval van die Skool vir Aanvullende Gesondheidsberoepe; (cc) waar ʼn stelsel van deurlopende assessering ten opsigte van praktiese

eksamens gebruik word; (dd) waar ʼn stelsel van deurlopende assessering met summatiewe assessering

gebruik word; (ee) in geval van die Baccalaureus in Bestuursleierskap (BML), waar ʼn stelsel

van deurlopende assessering gebruik word; (ff) in geval van die Baccalaureus in Rekeningkunde, waarvoor die datums vir

die hoof- en bykomende eksamens aan die einde van die jaar vroeër as dié van die amptelike eksamentydperke moet wees om aan die vereistes van toelating tot die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) te voldoen.

(b) (i) Sodra toelating tot die eksamen verleen is, is deelname aan die hoofhalfjaar- en

hoofjaareindeksamen verpligtend.

(ii) Kliniese eksamens in die Skool vir Geneeskunde word slegs gedurende die hoofeksamen afgelê, en ʼn student kan slegs ingevolge die reëls in die reëlboek van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe vir ʼn bykomende eksamen in aanmerking kom.

(c) ʼn Student wat as gevolg van gemotiveerde buitengewone omstandighede nie aan die

hoofhalfjaareksamen kan deelneem nie, kan binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende halfjaareksamen aansoek doen. ’n Student wat nie aan die hoofjaareindeksamen deelneem nie, kan ook op grond van gemotiveerde buitengewone omstandighede, binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ’n bykomende eksamen gedurende die bykomende jaareindeksamen aansoek doen, buiten: (i) ʼn student wat tot die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester toegelaat

is (modulepunt minstens 40 persent) en wat ʼn eksamenpunt van minstens 30 persent en ʼn finale punt van minstens 45 persent in die module behaal het; of

(ii) ʼn student wat tot die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester toegelaat is (modulepunt minstens 40 persent) en wat ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal het, maar nie die vereiste subminimum van 40 persent in die eksamen behaal het nie.

14 Die verlening van goedkeuring aan ’n student wat nie die vereiste semesterpunt behaal het nie, word spesifiek uitgesluit van hierdie reël aangesien geen student toegelaat sal word om aan ’n eksamen deel te neem sonder dat die vereiste semesterpunt behaal is nie.

46

(d) ʼn Student wat wederregtelik aan ʼn hoofeksamen of bykomende eksamen deelneem, sal

geen erkenning vir sodanige eksamen ontvang nie, en daar sal aanvaar word dat hy/sy nie aan die eksamen deelgeneem het nie.

(e) ’n Student wat ’n module geslaag het, maar sy/haar finale punt wil verbeter, moet binne die

toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ’n bykomende eksamen aansoek doen, mits ’n finale punt van minstens 60 persent behaal is. Aktuariële kandidate in die leerprogramme Aktuariële Wetenskap en Statistiek/Wiskundige Statistiek wat vir vrystelling van vakke deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika in aanmerking wil kom, is vrygestel van hierdie reël en kan die bykomende eksamen aflê om hulle punte te verbeter ten einde die vrystelling te bekom, mits hulle aan die tersaaklike hoofeksamen deelgeneem en ’n finale punt van tussen 50 en 59 persent behaal het.

(i) ʼn Student in sy/haar finale akademiese semester wat sy/haar studie ná aflegging

van die hoofjaareindeksamen of hoofhalfjaareksamen moet verleng om die kwalifikasie te verwerf as gevolg daarvan dat hy/sy ʼn enkele module in die hoofhalfjaareksamen of hoofjaareindeksamen gedruip het, na gelang van watter semester ter sprake is,

of

(ii) ʼn student in sy/haar finale akademiese semester wat ná kwalifikasie vir en deelname aan die bykomende eksamen van die betrokke semester sy/haar studie moet verleng om die kwalifikasie te verwerf, en wat na afloop van die bykomende eksamen nog slegs een module benodig om die kwalifikasie te verwerf, ongeag of genoemde module in die hoof- of bykomende eksamen gedruip is, kan aansoek doen om ’n spesiale eksamen, wat, indien dit toegestaan word, normaalweg voor die aanvang van die volgende semester plaasvind.

(f) ’n Student in sy/haar finale akademiese semester wat nie aan die voorvereistes vir toelating

tot ’n eksamen voldoen nie, sal nie in aanmerking kom vir deelname aan ’n spesiale eksamen nie, selfs al benodig die student slegs een module om die kwalifikasie te behaal.

(g) ʼn Student wat in ʼn module gepromoveer is, maar sy/haar finale punt wil verbeter, moet

binne die toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen aansoek doen, mits ʼn finale punt van minstens 70 persent behaal is.

(i) ʼn Student in sy/haar finale jaar met ’n modulepunt tussen 50 en 59 persent wat

sy/haar finale punt in die module wil verbeter met die uitsluitlike doel om toelating tot ’n volgende nagraadse kwalifikasie (baccalaureushonneurs- of magistergraad, maar nie ’n doktorsgraad nie) te verkry, moet binne die toegelate tydperk via die akademiese departementshoof en met die dekaan se goedkeuring om toelating tot die bykomende eksamen aansoek doen. Die punt wat in die bykomende eksamen behaal word, word op die student se studierekord aangebring, tesame met ʼn nota wat aandui dat die student hierdie punt in die bykomende eksamen verwerf het, op voorwaarde dat slegs die hoogste punt wat behaal is, op die student se studierekord aangedui sal word.

(ii) ʼn Student wat sy/haar finale punt in ʼn module wil verbeter met die uitsluitlike doel

om toelating tot ’n volgende nagraadse kwalifikasie (baccalaureushonneurs- of magistergraad, maar nie ’n doktorsgraad nie) te verkry, en wat nie tot ’n bykomende eksamen toegelaat is nie, kan die module(s) in die volgende jaar ná registrasie vir nie-graaddoeleindes herhaal, en kan weer ’n eksamen in genoemde module aflê nadat ʼn nuwe modulepunt behaal is. Die punt(e) sal op die student se studierekord aangedui word.

47 A9.3.2 Summatiewe assessering buiten eksamens

’n Student in sy/haar finale akademiese semester wat weens slegs een uitstaande module sy/haar studie moet verleng om die kwalifikasie te behaal, welke module nie deur eksaminering geassesseer word nie (soos ’n portefeulje of ’n opstel), kan onderworpe aan die diskresie van die departement of dekaan van die fakulteit en in oorleg met die Eksamendepartement om ’n spesiale eksamen aansoek doen, wat, indien dit toegestaan word, normaalweg voor die aanvang van die volgende semester plaasvind. Hierdie reël is onderworpe aan die diskresie van die departement, departementshoof, die eksaminator van die betrokke persoon, en die Eksamendepartement. Navorsingsmodules en modules wat deur deurlopende assessering of projekte geassesseer word, word hiervan uitgesluit.

A9.4 Slaagvereistes, slaag met lof, promovering en deurlopende assessering (a) Om ʼn module te slaag, moet ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal word. (b) Die berekening van die finale punt word in die modulehandleiding ooreenkomstig die

onderstaande uiteengesit:

(i) Dat ’n modulepunt van minstens 40 persent verreken word.

(ii) Dat ʼn subminimum van minstens 40 persent vir die eksamenpunt geld.

(iii) Dat waar meer as een vraestel in ʼn module geskryf word, ʼn subminimum van minstens 40 persent en hoogstens 50 persent per vraestel geld, en dat dit ook van toepassing kan wees waar ʼn vraestel uit meer as een afdeling bestaan, soos dit in die modulehandleiding uiteengesit word.

(iv) Dat die gewig wat aan die eksamenpunt toegeken word, nie minder as 40 persent en nie meer as 60 persent moet wees nie, met dien verstande dat die verhouding van modulepunt tot eksamenpunt vir e-leerstudente 20:80 is.

(c) Vir die Baccalaureus in Bestuursleierskap (BML) word die finale punt op grond van deurlopende assessering gedurende die moduletermyn bereken.

(d) Waar ʼn module uit ʼn navorsingsopstel bestaan, word die toegekende punt as die finale

punt beskou. (e) Waar ʼn stelsel van promovering geld, verskyn die inligting in die modulehandleiding, en

slaag ʼn student die module indien ʼn modulepunt van minstens 70 persent behaal is en die student aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het.15

(f) Indien ʼn student nie die vereiste modulepunt behaal om ingevolge die promoveringstelsel

te slaag nie, geld die assesseringsreëls. (g) Om ʼn module met lof te slaag, moet ʼn student ʼn finale punt van minstens 75 persent of ʼn

promoveringpunt van minstens 75 persent behaal en aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het.

(h) Waar ʼn stelsel van deurlopende assessering geld, slaag ʼn student indien ʼn finale punt van

50 persent behaal is en hy/sy aan al die assesserings deelgeneem het. (i) Waar ’n student op grond van EVL tot ʼn module toegelaat en van spesifieke assesserings

in die module vrygestel is, word die finale punt op die eksamenpunt gebaseer. 15 Kondonasie om ’n punt van 70 persent te behaal, word nie toegelaat nie.

48 A9.5 Eksaminatore, assessore en moderatore

Module-eksamens word afgeneem deur eksaminatore, assessore en moderatore wat deur die betrokke akademiese departementshoof ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid aangewys word, en hulle aanstelling is onderworpe aan goedkeuring deur die fakulteitskomitee.

A9.6 Mondelinge assessering

ʼn Mondelinge in plaas van ʼn skriftelike assessering kan met die akademiese departementshoof se goedkeuring afgeneem word, met dien verstande dat: (i) die assessering in ’n amptelik geskeduleerde eksamentydperk afgeneem word;

(ii) die mondelinge assessering vir elke module ten minste ʼn halfuur per student duur;

(iii) naas die assessor(e), ten minste die akademiese departementshoof of ʼn senior dosent wat hy/sy aanwys ook teenwoordig moet wees;

(iv) ʼn digitale opname van die mondelinge assessering gemaak word;

(v) mondelinge assesserings net op ʼn kampus van die Universiteit afgeneem word, behalwe waar die dekaan goedkeuring vir die gebruik van ander sentrums verleen.

A9.7 Werkstukke (a) Die indiening van werkstukke word in die modulehandleiding uiteengesit. (b) Verskoning vir die nie-indiening van werkstukke weens onvoorsiene omstandighede moet

vergesel word van stawende dokumente en so gou moontlik aan die betrokke dosent voorgelê word, maar nie later nie as by die volgende lesinggeleentheid wat in die module bygewoon kan word.

A9.8 Plagiaat

ʼn Student wat ʼn ander persoon se idees uit geskrewe bronne, visuele bronne, multimediaprodukte, musiek, die gesproke woord, ensovoorts as sy/haar eie voorhou, is skuldig aan plagiaat, wat ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures, wat in bylae B hierby verskyn, hanteer word.

A9.9 Sentrums waar eksamens afgeneem word (a) ʼn Student lê die skriftelike eksamen af op die kampus of by die sentrum waar die module

aangebied is. (b) E-leerstudente kan skriftelike eksamens aflê by enige van die sentrums of kampusse wat

die Universiteit bepaal. (c) ʼn Bykomende eksamen word slegs by kampusse van die Universiteit afgeneem, en ten

opsigte van die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO), die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) en die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO), by sekere sentrums wat in die module- of programhandleidings aangedui word.

49 A9.10 Ekstra tyd gedurende eksamens

Die Registrateur kan ekstra tyd vir assesserings aan ʼn student verleen op grond van ʼn skriftelike aansoek wat van ʼn mediese sertifikaat vergesel is, of op aanbeveling van Studentevoorligting en -ontwikkeling in oorleg met die Sentrum vir Universele Toegang en Gestremdheidsondersteuning (SUTGO).

A9.11 Foute ten opsigte van die eksamenrooster, toe tse en werkstukke

ʼn Student kan hom/haar nie beroep op die reg op uitsondering indien hy/sy ʼn fout ten opsigte van die eksamenrooster en/of die geskeduleerde toetsrooster of die indiening van werkstukke begaan het nie.

A9.12 Uitslae ten opsigte van eksamens, toetse, wer kstukke en navorsingsopstelle (a) (i) Soos wat die modulehandleiding aandui, plaas ’n fakulteit of departement

voorlopige eksamenuitslae van die hoof- en bykomende eksamens op ’n kennisgewingbord binne sewe (7) werksdae nadat die eksamen volgens die geskeduleerde eksamenrooster afgelê is. Sodra die bykomende eksamens afgelê is, pos die Registrateur ʼn amptelike staat van finale uitslae aan elke student.

(ii) Eksamenuitslae ten opsigte van die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys

(NPDO), die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) en die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO) word deur middel van ʼn elektroniese boodskap (SMS) bekend gemaak.

(b) Voorlopige eksamenuitslae kan ook elektronies bekom word deur ’n voorgeskrewe

prosedure te volg, en is ook op die Universiteit se webtuiste beskikbaar. (c) Studente is verantwoordelik om hulle uitslae voor die bykomende eksamen te bekom. (d) Tensy die Senior Direkteur: Finansies anders besluit, word amptelike eksamenuitslae slegs

aan ʼn student gepos indien sy/haar rekening vereffen is. (e) ʼn Student kan eksamen-, toets- of werkstukuitslae met die dosent en die akademiese

departementshoof bespreek (selfs al is die student se rekening agterstallig, maar met dien verstande dat die besonderhede van die uitslae nie bekend gemaak word nie). Die volgende prosedures geld:

(i) Die gesprek moet plaasvind binne vyf (5) werksdae nadat die voorlopige uitslag

bekend gemaak is. ’n Student is daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die dekaan in te dien, met kennisgewing aan die akademiese departementshoof. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die gesprek met die akademiese departementshoof aangeteken word.

(ii) Op die Qwaqwa-kampus geskied die gesprek met die dosent en die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus binne vyf (5) werksdae nadat die voorlopige uitslae bekend gemaak is. ’n Student is daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die Kampushoof in te dien, met kennisgewing aan die akademiese departementshoof. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die gesprek met die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus aangeteken word.

(iii) Vir kwalifikasies wat deur die Skool vir Oopleer geadministreer word, moet die dekaan van die Skool vir Oopleer binne vyf (5) werksdae nadat die eksamenuitslag deur middel van ʼn elektroniese boodskap (SMS) bekend gemaak is, skriftelik versoek word om die dosent en akademiese departementshoof die eksamenantwoordstel weer te laat nasien. Die student is daarop geregtig om ’n

50

gemotiveerde, skriftelike appèl by die dekaan in te dien, met kennisgewing aan die akademiese departementshoof. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die bekendmaking van die uitslae aangeteken word.

(iv) Ten opsigte van toets- en werkstukuitslae vir kwalifikasies wat deur die Skool vir

Oopleer geadministreer word, moet ’n student binne vyf (5) werksdae nadat die uitslae bekend gemaak is, skriftelik versoek dat die betrokke dosent die toets of werkstuk weer nasien in oorleg met die akademiese departementshoof.

(f) Vir doeleindes van bogenoemde gesprek het ʼn student die reg op insae in sy/haar

antwoordstel in die teenwoordigheid van die akademiese departementshoof. (g) Indien ʼn eksamenuitslag en/of terugvoering oor ʼn aansoek om ʼn bykomende eksamen as

gevolg van buitengewone omstandighede nie een (1) week voor die datum van die bykomende eksamen beskikbaar is nie, kan ʼn verdere ad hoc-eksamen met die programdirekteur en akademiese departementshoof se goedkeuring en met skriftelike kennisgewing aan die dekaan, die Registrateur en die Afdeling Eksamenadministrasie geskeduleer word, met dien verstande dat:

(i) ten opsigte van eerstesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die aanvang

van die tweede semester plaasvind;

(ii) ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar plaasvind;

(iii) alle eksamenuitslae van eerstesemestermodules voor die aanvang van die tweede semester bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(iv) alle eksamenuitslae van jaar- en tweedesemestermodules voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(v) die akademiese departementshoof enige eksamenuitslag wat ná bogenoemde datums ontvang word, op grond van ’n skriftelike motivering van die omstandighede en met die dekaan se goedkeuring aan die Registrateur stuur, met kennisgewing aan die eksamenkomitee.

A9.13 Vereistes met betrekking tot eksamenlokale (a) Slegs geregistreerde studente wat tot die eksamen toegelaat is, mag aan die eksamen

deelneem.

(b) ʼn Studentekaart of voorgeskrewe registrasiebewys moet getoon word om toegang tot die eksamenlokaal te verkry.

(c) ’n Student mag slegs daardie elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem wat spesifiek op die eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(d) ’n Student mag slegs daardie publikasies in die eksamenlokaal inneem wat spesifiek op die eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(e) Geen student word later as vyftien (15) minute ná die aanvang van die eksamensessie tot die eksamenlokaal toegelaat nie.

(f) Studente mag die eksamenlokaal eers vyf-en-veertig (45) minute ná die aanvang van die eksamensessie begin verlaat.

51 (g) Geen ekstra tyd sal aan studente toegestaan word wat laat by die eksamenlokaal opdaag

nie.

(h) Elke individuele student moet sy/haar teenwoordigheid in die eksamenlokaal bevestig deur ʼn presensievorm volledig in te vul en dit op aanvraag aan die toesighouer beskikbaar te stel.

(i) Wanneer ’n toesighouer die studente so versoek, moet hulle alle eksamenantwoordstelle en dokumente wat aan hulle voorsien is onmiddellik by die aangewese punt in die eksamenlokaal indien.

(j) ʼn Student mag nie gedurende die eksamensessie enige pennesakkies, boeke van enige aard, aantekeninge of velle papier waarop geskryf is, selfone/diktafone of elektroniese toerusting by die eksamenlokaal inneem nie. Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies van of skade aan persoonlike eiendom wat hetsy binne of buite die eksamenlokaal gelaat word nie.

(k) ’n Student mag nie gedurende die eksamensessie:

(i) in die eksamenlokaal hulp verleen aan of ontvang van, of hulp probeer verleen aan of ontvang van, of ʼn gesprek voer met, enigiemand behalwe ʼn toesighouer nie;

(ii) die kleedkamer besoek tensy hy/sy deur ʼn toesighouer van dieselfde geslag

vergesel word nie; (iii) rook, of voedsel of verversings nuttig nie; (iv) ʼn steurnis vir ander studente veroorsaak nie.

(l) Volledige besonderhede moet op die antwoordstel(le) verstrek word en ʼn student mag geen antwoordstelle uit die eksamenlokaal verwyder nie.

(m) Om hulp in die eksamenlokaal te bekom, moet die student die toesighouer se aandag trek

deur sy/haar hand op te steek. (n) Indien ʼn toesighouer redelike gronde het, wat deur ʼn ander toesighouer as sodanig

bevestig word, om te glo dat ʼn student dalk in besit is van ontoelaatbare aantekeninge of items, kan die hooftoesighouer die student versoek om die eksamenlokaal te verlaat met sy/haar eksamenantwoordstel en die dokumente wat aan hom/haar voorsien is. Twee toesighouers van dieselfde geslag as die student moet teenwoordig wees wanneer die student buite die eksamenlokaal van die vermoede in kennis gestel word. Die toesighouer het dan die reg om die student in die ander toesighouer se teenwoordigheid vir ontoelaatbare aantekeninge of items te deursoek, en wel in privaat omstandighede en so dat dit nie die student se waardigheid aantas nie.

(o) ’n Student wat die algemene reëls met betrekking tot eksamens en eksamenlokale

verontagsaam, word hanteer ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures wat in bylae B hierby uiteengesit word, wat skorsing tot gevolg kan hê.

(p) Toetse is onderworpe aan dieselfde beginsels as eksamens.

52

Toeligting Rig navrae oor eksamens of eksamenuitslae ten opsigte van die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO), die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) en die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO) aan: Die Registrateur, Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, telefoon +27 51 505 1218 of +27 51 505 1242 of +27 51 505 1240 of +27 51 505 1444. Aansoeke om ’n bykomende eksamen moet gerig word aan die Eksamenkantoor. Aansoeke met betrekking tot die Nasionale Professionele Diploma in Onderwys (NPDO), die Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS) en die Gevorderde Sertifikaat in Onderwys (GSO) moet gefaks word na 086 691 7980/086 611 0233, of gepos word na: Kantoor van die Dekaan, Skool vir Oopleer, Suidkampus, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300. Studente wat op die Qwaqwa-kampus studeer, moet aansoeke om ’n bykomende eksamen stuur aan die Registrateur, Kantoor van die Kampushoof, Qwaqwa. Indien ’n student vir ’n bykomende eksamen in aanmerking kom of daartoe toegelaat is, en die module bestaan uit meer as een vraestel, moet albei vraestelle gedurende die betrokke bykomende eksamen afgelê word. Die punte wat in die hoofhalfjaareksamen en die hoofjaareindeksamen behaal word, sowel as die punte wat in die bykomende eksamens behaal word, word op die studenterekordstelsel ingevoer. Tog sal slegs die beste finale punt van hetsy die hoofhalfjaareksamen of die bykomende eksamen en/of hetsy die hoofjaareindeksamen of die bykomende eksamen op die student se studierekord verskyn. Departemente wat van ʼn stelsel van deurlopende assessering gebruik maak, mag nie assesserings gedurende goedgekeurde eksamens skeduleer nie. Hoe om deur middel van ’n elektroniese boodskap (selfoon) toegang tot eksamenuitslae te verkry: Hoe om vir die SMS-diens te registreer Hoe om toega ng tot jou eksamenuitslae te verkry � Skakel *120*837# � Skakel *120*837# � Druk “Answer” en sleutel jou � Die volgende kieslys sal verskyn: studentenommer in 1. “Exam Results: � Druk “Send” 2. “Finances” � Druk “Answer” en sleutel jou 3. “Change Student” ID-nommer in � Druk “Answer” en sleutel 1 in � Druk “Send” � Druk “Send” � Druk “Answer” en sleutel jou keuse in: � Druk “Answer” en sleutel die betrokke “Yes” OF “No” jaar en maand in � Druk “Send” Jy is nou vir die SMS-diens geregistreer. Jou eksamenuitslae sal vertoon word. Druk Om toegang tot jou inligting te verkry, druk “Answer” en sleutel 00 (nul, nul) in om na die “Answer” en sleutel 00 (nul nul) in. kieslys terug te keer.

53 A10 KWALIFIKASIE MET LOF (a) Behalwe waar die fakulteitsreëls bykomende vereistes stel, word ʼn kwalifikasie met lof

toegeken indien ʼn student: (i) ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 75 persent (nie tot die volgende heelgetal

afgerond nie) behaal het op grond van die minimum getal modules wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word; en

(ii) die kwalifikasie in die minimum tydperk voltooi het; en (iii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal het nie, behalwe om ʼn

finale punt te verbeter.

(b) Die beperking ten opsigte van die minimum tydperk kan met die goedkeuring van die dekaan, in oorleg met die Registrateur, op grond van ’n skriftelike motivering van die omstandighede opgehef word, mits sodanige goedkeuring voor die toekenning van die kwalifikasie by ʼn grade- en/of diplomaplegtigheid verkry word.

(c) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot module(s) uit ʼn vorige onvoltooide

kwalifikasie verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

(d) Vrystellings of erkennings uit ʼn voltooide kwalifikasie/kwalifikasies word as bykomende

residensiële jare ten opsigte van die nuwe, voltooide kwalifikasie beskou. (e) Waar ʼn module in ʼn bykomende eksamen herhaal is om die finale punt te verbeter, word

die hoogste finale punt wat in die module behaal is vir die toepassing van die reël oor slaag met lof gebruik.

(f) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n

geleentheidsmodule/geleentheidsmodules uit ʼn vorige jaar verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

A11 KWALIFIKASIESERTIFIKATE EN DEKAANS- EN SENAATSM EDALJES (a) Kwalifikasiesertifikate en Dekaans- en Senaatsmedaljes word slegs by ʼn grade- en/of

diplomaplegtigheid oorhandig of daarná aan die student gepos. (b) ʼn Student mag slegs aan die volgende grade- en/of diplomaplegtigheid deelneem indien

alle uitslae ontvang is ooreenkomstig die sperdatums wat die Senaat bepaal. (c) Die Registrateur behou die reg om nie ʼn kwalifikasiesertifikaat aan ʼn student te oorhandig

nie tensy:

(i) alle verskuldigde geld aan die Universiteit betaal is, alle uitslae van modules wat aan ander hoëronderwysinstellings geslaag is, ingedien is, en alle uitstaande boeke aan die biblioteek terugbesorg is; en

(ii) daar aan alle ander vereistes voldoen is.

54 (d) Die Registrateur behou die reg om ʼn kwalifikasiesertifikaat ongeldig te verklaar en ’n

persoon se naam van die konvokasie te skrap indien: (i) die Universiteit ʼn wesenlike fout begaan het; of (ii) die persoon se oneerlike optrede met betrekking tot die verwerwing van die

kwalifikasie later sou blyk (byvoorbeeld in geval van plagiaat, ensovoorts).

(e) Wanneer ʼn kwalifikasie in absentia toegeken word, moet die student vooraf reëlings tref vir die pos van die sertifikaat, en die nodige posgeld betaal.

(f) Waar ʼn oorspronklike kwalifikasiesertifikaat wegraak of beskadig word, sal die Registrateur

slegs ʼn gepaste sertifikaat met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie uitreik by ontvangs van ʼn skriftelike versoek, die betaling van die nodige gelde, en die indiening van die volgende dokumente en besonderhede saam met die aansoek:

(i) ʼn Beëdigde verklaring wat die versoek verduidelik. (ii) ʼn Aanduiding van watter van op die oorspronklik uitgereikte sertifikaat verskyn het

– in geval van ʼn aansoek deur ʼn getroude persoon. (iii) ʼn Gewaarmerkte afskrif van ʼn identiteitsdokument of paspoort.

(g) Indien die naam van die student aan wie die kwalifikasie uitgereik is, verander, kan die

Registrateur ʼn gepaste sertifikaat uitreik, mits die nodige dokumente ter bevestiging van die verandering voorgelê word.

(h) Dekaansmedaljes word in elk van die drie, vier en vyf jaar lange baccalaureusgrade in ʼn

fakulteit toegeken aan studente wat die hoogste beswaarde gemiddelde persentasie oor ál die studiejare in die drie (met inbegrip van studente in verlengde programme, buiten hulle ontwikkelingsmodules), vier en vyf jaar lange baccalaureusgrade behaal het, met dien verstande dat:

(i) die kwalifikasie met lof toegeken is en ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 80

persent (nie tot die volgende heelgetal afgerond nie) behaal is, welke gemiddelde bereken is op grond van die minimum getal modules wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word (wat die ontwikkelingsmodules van die verlengde programme en UFS101 uitsluit);

(ii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal is nie, behalwe om ʼn finale punt te verbeter; en

(iii) die kwalifikasie voltooi is in die minimum residensiële tydperk wat in die UV se programkwalifikasiestel (PQM) bepaal word.

(i) ʼn Senaatsmedalje en -prys word toegeken aan daardie student wat ʼn Dekaansmedalje

ontvang en die hoogste beswaarde gemiddelde persentasie uit al die fakulteite behaal het.

55

Toeligting Uitslae wat ná die gepubliseerde datum in die Universiteitskalender ontvang word, kom nie vir die eerskomende grade- en/of diplomaplegtigheid in aanmerking nie, maar sal tot die daaropvolgende grade- en/of diplomaplegtigheid oorstaan. Rig navrae oor verlore of beskadigde kwalifikasiesertifikate per e-pos aan [email protected] of telefonies aan +27 51 401 3016/3083. Die akademiese drag van die Universiteit is by die Universiteit se verskaffer geregistreer wat kleurskema en styl betref, en word by die Universiteit gehuur. Alle kandidate by alle kampusse/sentrums kom vir die toekennings in aanmerking.

A12 UITSLAGSTATE, AKADEMIESE REKORDS, STUDIEREKORDS , AMPTELIKE VERKLARINGS, GEDRAGSERTIFIKATE EN AMPTELIKE EKSAME NROOSTERS

Die Registrateur reik amptelike dokumente soos eksamenuitslae, akademiese rekords, studierekords, gedragsertifikate, verklarings en eksamenroosters uit.

Toeligting ’n Student kan deur middel van die studenteportaal kovsielife.ufs.ac.za toegang verkry tot studierekords en ander dokumente wat nie vir amptelike gebruik benodig word en dus nie op ʼn briefhoof van die Universiteit verskyn, onderteken is of die Universiteit se stempel dra nie. Versoeke vir spesifieke dokumente moet aan die Afdeling: Akademiese Rekords en Registrasie van Akademiese Studentedienste gerig word. ’n Voorafbepaalde getal afskrifte van die student se akademiese rekord word jaarliks gratis aan die student uitgereik. Enige verdere akademiese rekord van die student sal slegs aan die student uitgereik word by betaling van die vereiste gelde wat die Raad bepaal en goedkeur.

A13 VERSOEKE OP GROND VAN BUITENGEWONE OMSTANDIGHED E

Nieteenstaande die vereistes van die algemene en fakulteitsreëls, buiten waar die betrokke reëls statutêre voorskrifte bevat, kan ’n dekaan op grond van meriete en in oorleg met die Registrateur ’n besluit neem oor buitengewone gevalle wat skriftelik gemotiveer is (met stawende dokumente waar dit vereis word), of sulke gevalle vir arbitrasie na die Rektor verwys waar konsensus nie bereik kan word nie.

A14 DISSIPLINE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van dissipline. (b) Die reëls van toepassing op dissipline word in bylae B hierby uiteengesit.

56 A15 FINANSIËLE STEUN (a) Finansiële steun in die vorm van beurse en lenings is beskikbaar en moet jaarliks om

aansoek gedoen word voor ʼn datum wat die Registrateur bepaal.

(b) Akademiese merietebeurse word gedurende Maart van enige gegewe jaar oorgeplaas na die studenterekeninge van studente wat daarvoor in aanmerking kom.

(c) Akademiese merietebeurse ten opsigte van studente van ander hoëronderwysinstellings word slegs oorweeg by ontvangs van ʼn skriftelike aansoek wat vergesel is van ʼn studierekord en ’n bewys van gelde wat vir spesifieke modules in die onderskeie studiejare betaal is.

(d) Die Universiteit stel ook beurse beskikbaar met die oog daarop om studente te werf, en ken beurse vir sport, kultuur en leierskap toe.

(e) Waar ʼn student ʼn beurs ontvang wat nie deur die Universiteit geadministreer word nie, is die student verantwoordelik om:

(i) die beursskenker van die besonderhede van sy/haar rekening te voorsien;

(ii) toe te sien dat die beursgelde betyds volgens die reëls oorgeplaas word, anders sal die rekening normaalweg gedebiteer word.

(f) ʼn Krediet op ʼn student se rekening kan aan hom/haar uitbetaal word, onderworpe aan skriftelike toestemming van die beursskenker of van die organisasie wat die studielening toegestaan het.

Toeligting

Sluitingsdatums vir finansiële steun is soos volg en geld vir alle kampusse:

Spesiale merietebeurse vir sport: 30 September en 30 November.

Beurse vir kuns, kultuur en leierskap: 15 Februarie van enige gegewe jaar.

UV-studievoordele vir afhanklikes en eggenote(s) van personeellede word deur die Departement Menslike Hulpbronne geadministreer, en die sluitingsdatum is die einde van November van die jaar wat die studie voorafgaan.

Alle ander beurse – Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) en diverse beurse: 31 Oktober (nuwelingeerstejaars) en 15 September (senior studente) om 15:30 op die aangewese dag.

Aansoekvorms om finansiële steun word gestuur aan alle studente wat om toelating tot die Universiteit aansoek gedoen het en op die aansoekvorm aangedui het dat finansiële steun vereis word. Senior studente moet aansoekvorms self afhaal.

Aansoekvorms is ook jaarliks vanaf Mei/Junie beskikbaar op die Universiteit se webblad http://kovsielife.ufs.ac.za, onder die opskrif “Akademiese Lewe”. Klik op “Aansoekvorms vir toelating by die UV” op die volgende blad.

Inligting oor finansiële steun is beskikbaar by: Die Registrateur, Afdeling Finansiële Steun, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of op die Universiteit se webblad http://kovsielife.ufs.ac.za, onder die opskrif “Akademiese Lewe”. Klik op “ Finansiële Steun” . Studente wat finansiële steun ontvang (slegs SA stu dente)

In gevalle waar finansiële steun (beurse/lenings) ontvang word wat alle fooie vir die akademiese jaar dek, sal die vooruitbetaalbare bedrag verminder word met die bedrag finansiële steun. Bewys van beurse/lenings moet vyf werksdae voor registrasie na 051 401 3579 gefaks word. Die oorspronklike bewys van die beurs/lening moet by registrasie getoon word.

57 In gevalle waar die finansiële steun (beurs/lening) wat aan ’n student toegeken is, nie alle fooie vir die jaar dek nie, bly die voorgeskrewe vooruitbetal ing betaalbaar vyf (5) werksdae voor registrasie . Die vooruitbetaalbare bedrag moet as ’n kredietsaldo op die student se studenterekening verskyn om hom/haar in staat te stel om met registrasie voort te gaan. A16 MODULE- EN LOKAALROOSTER EN EKSAMENROOSTER (a) ʼn Module- en lokaalrooster word jaarliks opgestel en gepubliseer op ʼn datum wat die

Senaat bepaal. Hierdie rooster, wat die kurrikulums in ag neem, is gebaseer op die modules wat die departemente aanbied en wat op die rekenaarnetwerk vasgelê is.

(b) Eksamenroosters wat in ag neem vir watter modules studente geregistreer is, word twee

keer per jaar opgestel en gepubliseer – vir die halfjaareksamen en vir die jaareindeksamen. Sodra die eksamenrooster gepubliseer is, is dit die enigste amptelike rooster. Akademiese departemente kan in buitengewone gevalle en binne die aangeduide sperdatums vir terugvoering wysigings aan die eksamenrooster aanvra en aan die hoof van die Afdeling Akademiese Roosters en Lokale voorlê, mits die wysigings wat versoek word, nie botsings tot gevolg het nie.

(c) (i) Indien ʼn student ʼn module- en lokaalroosterbotsing ervaar omdat twee of meer

modules in dieselfde tydgleuf geskeduleer is, kan ʼn aanpassing slegs plaasvind met inagneming van die totale skeduleringsproses, wat insluit die eksamenrooster, die student se akademiese rekord, en die moontlikheid om alternatiewe modules te volg, veral ten opsigte van modules wat die student gedruip het.

(ii) Waar ʼn aanpassing van die eksamenrooster nie moontlik is nie, kan ʼn spesiale reëling vir die aflê van die eksamen met die student getref word.

(d) Alle modules wat vir eksamendoeleindes geskeduleer is, word in die amptelike

eksamenlokale geskeduleer, buiten nie-kampusmodules, waarvoor die lokaal aangedui word as “sentrum waar klasse bygewoon is”. Die hoof van die Afdeling Akademiese Roosters en Lokale kan versoek word om ’n departementele lokaal as ’n eksamenlokaal op die eksamenrooster toe te ken in gevalle waar daar geen bepaalde lokaalvoorskrifte is nie en studentegetalle nie 30 studente oorskry nie.

Toeligting Botsings op die module- en lokaalrooster en/of die eksamenrooster moet op die voorgeskrewe vorm by die Registrateur: Afdeling Akademiese Roosters en Lokale aangemeld word.

Die module- en lokaalrooster en eksamenrooster is beskikbaar op die Universiteit se webblad: “Studente” – “Amptelike Roosters” (http://www.ufs.ac.za/af/adhok-blaaie/vinnige-skakels/amptelike-roosters).

Indien ’n student ’n module/modules gedruip het, is dit nie altyd moontlik om die roosters aan te pas nie en sal die student sy/haar kurrikulum moet wysig.

Waar ’n student geen modules gedruip het nie en sy/haar kurrikulum in ooreenstemming met die kurrikulumvereistes saamgestel het, sal ’n spesiale reëling oor die aflê van die eksamen met die student getref word.

58 A17 INWONING IN KAMPUSBEHUISING (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls oor inwoning

in kampusbehuising. (b) ʼn Persoon se plasing in kampusbehuising is onderworpe aan sy/haar toelating tot ’n

akademiese kwalifikasie aan die Universiteit. (c) Plasing geskied met behoorlike inagneming van diversiteitsdoelwitte, wat insluit

akademiese prestasie, leierskap, kulturele aktiwiteite, sportprestasies, rassediversiteit en geslag.

(d) Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan inwoners se

persoonlike besittings nie. (e) Vir doeleindes van inspeksie, herstelwerk en skoonmaak behou die Universiteit die reg van

toegang tot enige kamer, met behoorlike inagneming van die inwoner se reg op privaatheid.

A17.1 Aansoek om inwoning in kampusbehuising (a) ʼn Persoon wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn student wat

sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die Universiteit jaarliks bepaal, om inwoning in kampusbehuising aansoek doen.

(b) ʼn Student wat reeds aan die Universiteit studeer en om inwoning in kampusbehuising

aansoek doen, moet die voorgeskrewe aansoekvorm by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede invul.

(c) ʼn Residensiële student moet jaarliks op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die

Universiteit jaarliks bepaal, opnuut om inwoning in kampusbehuising aansoek doen. (d) Die Universiteit verwerk slegs volledig voltooide aansoeke. A17.2 Toekenning en hertoekenning van kampusbehuisi ng

Die voorskrifte en prosedures wat die toepaslike komitee van die Universiteit goedgekeur het, geld vir die aanvanklike toekenning en hertoekenning van kampusbehuising, en is beskikbaar by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede.

A17.3 Kansellasie van inwoning in kampusbehuising

Skriftelike kennis van die kansellasie van inwoning moet ooreenkomstig die vereistes aan die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede gegee word.

A18 BETAALBARE GELDE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met

betrekking tot betaalbare gelde. (b) Dit is die student se verantwoordelikheid om die Universiteit op hoogte te hou van sy/haar

korrekte kontakbesonderhede.

59 (c) Klasgeld en betaalbare gelde vir kampusbehuising word per semester bereken en is op die

volgende datums betaalbaar, ongeag of ʼn rekeningstaat ontvang is of nie:

Betaaldatums vir Suid-Afrikaanse studente: Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 31 Augustus . Betaaldatums vir internasionale studente: Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 30 Junie , ongeag enige ander datum wat dalk op rekeningstate verskyn. Indien betalings nie teen die sperdatums gemaak word nie: • sal rente op alle agterstallige rekeninge gehef word teen die primabankkoers van

ABSA Bank +2%; • sal alle akademiese rekords vir die kontraktuele tydperk van wanbetaling teruggehou

word; en • sal internasionale studente wat op 1 Julie uitstaande gelde het, nie toegelaat word om

hulle studie in die tweede semester voort te sit nie. (d) Behalwe waar ʼn reël anders bepaal, is alle ander gelde betaalbaar teen nie later nie as die

einde van die maand ná die maand waarin die transaksie volgens die rekeningstaat plaasgevind het.

(e) Versuim om ʼn rekening teen die aangewese betaaldatums te vereffen, verleen aan die

Universiteit die reg om, ongeag die uitoefening van enige ander reg, rente op die verskuldigde bedrae te hef teen die maksimum koerse waarvoor die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 voorsiening maak.

(f) Indien ʼn student versuim om sy/haar rekening te vereffen, kan die Universiteit ook,

afgesien van enige ander regte, die rekening, met inbegrip van invorderingsgelde, vir invordering aan ʼn prokureur oorhandig.

(g) Indien ʼn student in die betaling van ʼn rekening met meer as die voorgeskrewe bedrag

agterstallig is, kan dit daartoe lei dat eksamenantwoordstelle nie nagesien word of eksamenuitslae nie bekend gemaak word nie en/of dat amptelike dokumente (soos studierekords en gedragsertifikate) nie uitgereik word nie.

(h) Gelde moet ten volle vereffen word, ongeag of:

(i) dienste ontwrig word deur stakings, studenteboikotte, openbare onrus of enige

ander ontwrigtings op enige van die kampusse of by enige van die sentrums, of weens enige ander omstandighede buite die Universiteit se beheer;

(ii) ʼn student as gevolg van die toepassing van enige institusionele reël nie sy/haar studie mag voortsit nie.

(i) ʼn Internasionale student moet:

(i) voor registrasie ʼn nie-terugbetaalbare administratiewe heffing betaal;

(ii) bewyse voorlê dat hy/sy oor die nodige middele beskik om die verskuldigde gelde teen die betaaldatums te betaal;

60

(iii) die bepaalde moduleprys plus 50 persent betaal.

(iv) Studente van lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) word vrygestel van die bepaling oor die bykomende 50 persent.

(j) Verjaarde skuld: Fooie vir die akademiese jaar is vooruitbetaalbaar

’n Student wat voorheen as ’n student van die UV geregistreer was en wat versuim het om uitstaande fooie te betaal, sal nie toegelaat word om te registreer nie tensy fooie vir die jaar vooruitbetaal word. Dit sluit studente in wie se skuld verjaar het. Indien ’n student meen dat daar voldoende gronde bestaan om hom/haar van hierdie vereiste vry te stel, moet so ’n student skriftelik appèl aanteken by die Senior Direkteur: Finansies, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

Toeligting Ete- en boekegelde kan vooraf in aparte rekeninge inbetaal word, waarna dit na die student se studentekaart oorgeplaas sal word om aankope te doen. Betalings kan soos volg gemaak word:

(i) ABSA Bank Universiteit van die Vrystaat Takkode 630734 Rekeningnommer 1570151688, met die volgende verwysingsnommer:

* Betalings vir klasgeld en inwoning in kampusbehuising: 100, met die studentenommer wat direk daarop volg. * Betalings vir boeke: 102, met die studentenommer wat direk daarop volg. * Betalings vir boeke: 102, met die studentenommer wat direk daarop volg.

(ii) Internet

Registreer die Universiteit as ‘n begunstigde. Gebruik ABSA-bankbesonderhede hierbo.

(iii) Aanlyn kredietkaartbetalings

Webadres: http://kovsielife.ufs.ac.za

(iv) Kassiere: Thakanengbrug

(v) Samba

Samba-kaartbetalings kan by die kassiere op die thakanengbrug gemaak word. Maandae tot Vrydae 08:30-14:30

(vi) Poskantoor

Enige tak Verwysingsnommer: Studentenommer

(vii) Faks bewys van betaling na: +27 51 401 3579

61

A19 INLIGTINGSKOMMUNIKASIE EN –TEGNOLOGIE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met

betrekking tot inligtingskommunikasie en -tegnologie. (b) Die beleide oor inligtingskommunikasie en -tegnologie is op die Universiteit se webwerf

beskikbaar, en dit is die student se verantwoordelikheid om hom/haar van genoemde beleide te vergewis. Die misbruik van die Universiteit se inligtingstelsels kan dissiplinêre optrede teen ʼn student tot gevolg hê.

62

ALGEMENE REËLS VIR NAGRAADSE DIPLOMAS (NKR-UITTREEV LAK 8) A20 Algemene reëls … … … … … … … … ... 63 A21 Aansoek om toelating … … … … … … … ... 63 A22 Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ’n akademiese kwalifikasie ... 65 A23 Voorlegging van dokumente om as student te registreer … … … ... 66 A24 Duur van studie en die samestelling van ’n kurrikulum ... ... ... ... 67 A25 Registrasie en herregistrasie as student … ... ... ... ... ... 68 A26 Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of verskuiwing na ’n ander Universiteitskampus/-sentrum … … … ... 71 A27 Kredietakkumulasie en –oordrag ... ... ... ... ... ... 71 A28 Assesseringsreëls ... ... ... ... ... ... ... ... 72 A29 Kwalifikasie met lof ... ... ... ... ... ... ... ... 81 A30 Kwalifikasiesertifikate ... ... ... ... ... ... ... ... 82 A31 Intellektuele eiendom ... ... ... ... ... ... ... ... 83 A32 Publikasie van ’n navorsingsopstel ... ... ... ... ... ... 83 A33 Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters ... ... ... ... ... 83 A34 Versoeke op grond van buitengewone omstandighede ... ... ... ... 84 A35 Dissipline … … … … … … … … ... 84 A36 Finansiële steun … … … … … … … ... 84 A37 Module- en lokaalrooster en eksamenrooster … … … … ... ... 84 A38 Inwoning in kampusbehuising … … … … … … ... 85 A39 Betaalbare gelde … … … … … … … ... 86 A40 Inligtingskommunikasie en -tegnologie … … … … ... ... 88 A41 Vir moontlike verdere toevoegings … … … … … ... 88 - A44

63 ALGEMENE REËLS VIR NAGRAADSE DIPLOMAS (NKR-UITTREEV LAK 8) A20 ALGEMENE REËLS (a) Elke student is persoonlik daarvoor verantwoordelik om op hoogte van die

algemene en fakulteitsreëls te wees en daaraan te voldoen. (b) ʼn Geregistreerde of voornemende student ontvang nie bloot op grond van ʼn

foutiewe mededeling oor die inhoud van algemene en fakulteitsreëls vrystelling van sodanige reëls nie. Die Registrateur kan egter wél op grond van ʼn skriftelike motivering vrystelling verleen.

(c) By registrasie onderwerp ʼn student hom/haar aan die algemene en fakulteitsreëls,

soos dit van tyd tot tyd gewysig kan word. (d) Daar sal aangeneem word dat alle ooreenkomste tussen die student en die

Universiteit rakende toelating en/of registrasie en/of kampusbehuising in Bloemfontein aangegaan is, ongeag die werklike plek van ondertekening deur enige van die partye.

Toeligting Tensy die teendeel uit die konteks blyk, sluit die enkelvoud ook die meervoud in, en omgekeerd. Vir doeleindes van die uitleg en toepassing van ʼn reël, word die Afrikaanse en Engelse tekste van reëls as gelykwaardig geag, ongeag of dit ʼn vertaalde of oorspronklike weergawe is. Die Afrikaanse en Engelse tekste van ʼn reël moet in samehang gelees word ten einde die betekenis daarvan vas te stel. In geval van onversoenbare teenstrydigheid tussen die tekste, word voorrang gegee aan die weergawe wat die beste voldoen aan die oogmerk van die bepaling, soos wat uit Senaats- en Raadsnotules en ander toelaatbare bronne vasgestel kan word.

A21 AANSOEK OM TOELATING (a) ʼn Voornemende student wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer,

sowel as ʼn student wat sy/haar studie voorheen vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe aansoekvorm, vergesel van die vereiste dokumente en voor die datum wat die Universiteit jaarliks bepaal.

(b) ʼn Geregistreerde student aan hierdie Universiteit wat sy/haar studie wil voortsit in

die jaar nadat ʼn kwalifikasie behaal is, moet om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe vorm en binne die tydperk wat daarvoor geskeduleer is.

(c) Die Registrateur sal slegs op grond van gemotiveerde, skriftelike voorleggings

oorweging skenk aan aansoeke om toelating tot hierdie Universiteit deur studente van ander hoëronderwysinstellings wat voortgesette toelating tot daardie instellings geweier is.

64 (d) Die Universiteit sal alle aansoeke wat ontvang word, verwerk, in weerwil daarvan

dat aansoeke dalk onvolledig kan wees, met dien verstande dat die datum van ontvangs van ’n onvolledige aansoek nie vir keuringsprogramme, plasing in kampusbehuising of finansiële steun gebruik sal word nie.

(e) Die Registrateur sal slegs in uitsonderlike gevalle aansoeke oorweeg wat na die

sluitingsdatum ontvang word.

Toeligting

Buiten in die gevalle hieronder, moet ’n voornemende student wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ’n student wat sy/haar studie voorheen onderbreek het, navrae en aansoeke rig aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of telefoon +27 51 401 9864, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210, of e-pos [email protected].

Rig navrae en aansoeke ten opsigte van die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning aan: Die Kantoor van die Direkteur: Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of telefoon +27 51 401 3733, of e-pos [email protected].

Rig navrae en aansoeke ten opsigte van die nagraadse diplomas van die Skool vir Verpleegkunde aan: Die Kantoor van die Skool vir Verpleegkunde, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of telefoon +27 51 401 2407/2967/2361, of faks +27 51 401 3399.

Rig navrae en aansoeke ten opsigte van die Nagraadse Diploma in Besigheidsadministrasie aan: Die Kantoor van die Direkteur, UV-Sakeskool, Posbus 339, Interne Posbus 17, Bloemfontein 9300, of telefoon +27 51 401 3163.

’n Student met ’n nasionale diploma (NKR-uittreevlak 6) van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie sal NIE toelating tot ’n nagraadse diploma (NKR-uittreevlak 8) aan die UV ontvang nie.

’n BTech-kwalifikasie bied NIE toegang tot ’n magistergraad nie.

’n Geregistreerde student aan die Universiteit wat in die volgende jaar met ’n nuwe kwalifikasie begin, moet op die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) om toelating aansoek doen. Dit is beskikbaar by die Aansoekkantoor, Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word tesame met die nodige goedkeurings.

Die datum waarop hetsy die ontbrekende inligting of dokumente van ’n onvolledige aansoek ontvang word, sal beskou word as die datum waarop die UV die aansoek ontvang het.

65 A22 TOELATING OF HERTOELATING TOT DIE UNIVERSITEIT EN TOT ’N AKADEMIESE KWALIFIKASIE A22.1 Toelating (a) Om tot ʼn nagraadse diploma toegelaat te word, moet ʼn persoon oor ʼn toepaslike

baccalaureusgraad (NKR-vlak 7 of NKR-vlak 8) of ’n toepaslike gevorderde diploma (NKR-vlak 7) beskik.

(b) Om tot ʼn gevorderde nagraadse diploma16 toegelaat te word, moet ʼn persoon oor ʼn toepaslike nagraadse diploma17 beskik.

(c) ʼn Persoon kan ook toegelaat word:

(i) met die dekaan se toestemming, op aanbeveling van die tersaaklike programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die tersaaklike hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum waar die kwalifikasie aangebied word, en in oorleg met die Registrateur, op grond van ’n kwalifikasie wat hulle as gelykstaande beskou met die kwalifikasie wat as ’n toelatingsvereiste gestel is; of

(ii) met die goedkeuring van die dekaan van die fakulteit, op aanbeveling van die betrokke programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die toepaslike hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum, en in oorleg met die Registrateur, op grond van ʼn vaardigheidstandaard wat deur middel van EVL bepaal word en wat vir die doeleindes van die studie as toereikend beskou word.

(d) (i) Benewens bostaande vereistes wat vir toelating geld, kan die dekaan, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die toepaslike hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, van ʼn persoon vereis om sekere bykomende modules voor toelating of voor die toekenning van die kwalifikasie te voltooi.

(ii) Indien die modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(e) (i) In uitsonderlike gevalle kan die dekaan, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die toepaslike hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, ʼn student tot ʼn enkele module/modules toelaat benewens die modules wat voorgeskryf word, mits dit as aanvullend tot die bepaalde studieprogram beskou word en die student oor voldoende kennis van die dissipline beskik om toelating tot die module(s) te regverdig.

(ii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(f) Die verantwoordelikheid om toe te sien dat ʼn persoon aan die nodige toelatingsvereistes voldoen, berus by die betrokke programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum waar die kwalifikasie aangebied word.

16 Die gevorderde nagraadse diploma word uitgefaseer as gevolg van die inwerkingstelling van die Hoëronderwyskwalifikasie- subraamwerk. Die finale geleentheid vir voornemende studente om vir die eerste keer hiervoor te registreer, was in 2014. 17 Tensy die RHO verdere toegewings ná 2014 maak.

66 A22.2 Hertoelating op grond van akademiese vorderin g (a) ʼn Student wat ná die minimum toegelate tydperk vir die voltooiing van die betrokke

kwalifikasie, plus een jaar (wat bereken word van die datum van eerste registrasie), nog nie die kwalifikasie behaal het nie, kan op grond van buitengewone meriete18 vir een verdere jaar toegelaat word. Sodanige toelating is onderworpe aan die dekaan se goedkeuring, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum, en skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, mits die bepalings van toepassing op aanpassing by nuwe reëls in ag geneem word.

Toeligting Toelating op grond van ’n vaardigheidstandaard word ingevolge die beleid oor EVL hanteer. Rig navrae oor toelating op grond van EVL aan: http://www.ufs.ac.za/rpl, of [email protected], of telefoon +27 51 401 7326/7327/7357, of faks 086 729 0554/086 665 2554.

A23 VOORLEGGING VAN DOKUMENTE OM AS STUDENT TE REGI STREER (a) ʼn Student:

(i) wat vir die eerste keer aan die Universiteit registreer, moet voor ʼn datum wat die Senaat jaarliks bepaal ʼn gewaarmerkte afskrif van die kwalifikasie(s) met betrekking waartoe toelating verleen is aan die Universiteit stuur;

(ii) wat voorheen aan ʼn ander hoëronderwysinstelling studeer het, moet

gedurende die aansoekproses ʼn oorspronklike studierekord en gedragsertifikaat van die vorige hoëronderwysinstelling(s) indien.

(b) Gewaarmerkte afskrifte moet ook gedurende die registrasieproses beskikbaar wees. (c) ʼn Internasionale student wat nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie en nie oor ʼn

permanente verblyfpermit beskik nie, moet:

(i) ʼn studiepermit wat die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake ten gunste van die Universiteit van die Vrystaat uitgereik het, by die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede indien;

(ii) voldoen aan al die vereistes van die Immigrasiewet en die regulasies wat

ingevolge daarvan uitgereik is.

18 Indiensneming word nie as ’n saak van buitengewone meriete beskou nie.

67

Toeligting

Gewaarmerkte afskrifte word slegs aanvaar indien die volgende inligting oor die kommissaris van ede duidelik leesbaar is op die dokument:

(i) Die volle naam en van (ii) Die pos wat hy/sy beklee (iii) Die plek waar die gewaarmerkte afskrif onderteken is (iv) Die datum waarop die gewaarmerkte afskrif onderteken is (v) Die sakeadres (vi) Die handtekening

Gedragsertifikate moet endossemente bevat oor die persoon se gedrag en sy/haar finansiële omstandighede op die datum van uitreiking van die sertifikaat.

Met uitsondering van die onderstaande kwalifikasies, moet dokumente gestuur word aan: Die Aansoekkantoor, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210. Studente wat om die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning of die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning aansoek doen, moet dokumente stuur aan: Die Kantoor van die Direkteur, Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks +27 51 401 3733. Studente wat om die nagraadse diplomas van die Skool vir Verpleegkunde aansoek doen, moet dokumente stuur aan: Die Kantoor van die Skool vir Verpleegkunde, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, faks +27 51 401 3399. Studente wat om die Nagraadse Diploma in Onderwys aansoek doen, moet dokumente stuur aan: Die Programdirekteur, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 698 5134. Studente wat om die Nagraadse Diploma in Besigheidsadministrasie aansoek doen, moet dokumente stuur aan: Die Kantoor van die Direkteur, UV-Sakeskool, Posbus 339, Interne Posbus 17, Bloemfontein 9300.

A24 DUUR VAN STUDIE EN DIE SAMESTELLING VAN ’N KURR IKULUM (a) Nadat hy/sy die kwalifikasie met betrekking waartoe toelating verleen is, verwerf het,

moet ʼn student vir minstens een jaar (twee semesters), of ooreenkomstig die bepalings van die fakulteitsraad en ingevolge die betrokke fakulteitsreëls, aan die Universiteit geregistreer wees.

(b) Behalwe waar die Raad (via die Senaat) nuwe reëls in werking stel wat onmiddellik

van krag is, kan ʼn student ten opsigte van ’n nagraadse diploma slegs vir die minimum toegelate tydperk vir daardie kwalifikasie registreer, plus een verdere jaar, welke tweede tydperk direk op die eerste volg, en moet die student sy/haar studie vir daardie bepaalde kwalifikasie voltooi volgens die reëls wat ten tyde van eerste registrasie van toepassing was.

68 (c) ʼn Student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, of ʼn student van hierdie Universiteit

wat sy/haar studie vir ʼn jaar of langer onderbreek of van kwalifikasie verander, bly onderworpe aan die algemene en fakulteitsreëls wat ten tyde van die nuwe registrasie geld, behalwe met die goedkeuring van die dekaan van die betrokke fakulteit ten opsigte van die fakulteitsreëls, op aanbeveling van die hoof/dekaan van die skool of die direkteur van die sentrum, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(d) ʼn Student moet ’n kurrikulum saamstel volgens die module- en lokaalrooster, die

eksamenrooster en die modulevereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word, en wel in oorleg met die betrokke programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die hoof/dekaan van ’n skool of die direkteur van ’n sentrum.

(e) (i) Onderworpe aan ʼn student se akademiese prestasie, kan die dekaan van

die betrokke fakulteit, op aanbeveling van die hoof/dekaan van ’n skool of die direkteur van ’n sentrum en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, ʼn student toelaat om vir bykomende modules tot ʼn maksimum van 32 krediete te registreer, mits die student aan die toelatingsvereistes voldoen.

(ii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word

goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

A25 REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE AS STUDENT A25.1 Registrasie (a) Alle studenteregistrasies vind plaas ooreenkomstig die gekoördineerde reëlings van

die Registrateur wat deur die Uitvoerende Komitee van die Senaat goedgekeur is. (b) Voordat ʼn persoon se studietermyn ʼn aanvang neem, moet hy/sy jaarliks by die

eerste registrasiegeleentheid vir albei semesters (indien van toepassing) registreer, vir die tydperk wat die Senaat bepaal, en moet die student die voorgeskrewe gelde betaal.

(c) (i) Akademiese krediete word slegs verwerf vir modules waarvoor ’n student

ooreenkomstig die korrekte modulekodes in die fakulteitsreëls geregistreer is, en wat die student slaag.

(ii) Die reëls van toepassing op modulekodes word in bylae A by hierdie

dokument uiteengesit. (d) Registrasie aan die begin van die jaar vir modules in die tweede semester is

voorwaardelik en bly onderworpe aan die reëls van toepassing op modules, met spesifieke voorvereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word.

(e) ʼn Persoon kan nie gelyktydig vir meer as een kwalifikasie aan hierdie en/of ʼn ander

hoëronderwysinstelling registreer nie, behalwe op grond van buitengewone omstandighede wat skriftelik gemotiveer word, op aanbeveling van die hoof/dekaan van ’n skool of die direkteur van ’n sentrum, met die betrokke dekaan/dekane en, indien van toepassing, die ander hoëronderwysinstelling se goedkeuring, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

69 (f) Die Universiteit verleen geen registrasie met terugwerkende krag nie. (g) Die Universiteit verleen slegs voorwaardelike registrasie indien die Raad dit

goedkeur. (h) Indien die Registrateur toelaat dat ʼn student vir ʼn kwalifikasie of ʼn module registreer

buite die registrasietydperk wat die Senaat goedgekeur het, sal ʼn bykomende fooi vir laat registrasie gehef word.

(i) Indien ʼn persoon nie sy/haar rekening ten opsigte van die vorige jaar ten volle

vereffen nie, kan ʼn daaropvolgende registrasie nie plaasvind nie. A25.2 Herregistrasie (a) Vir herregistrasie vir ʼn kwalifikasie moet ʼn student aan die hertoelatingsvereistes

voldoen en moet sy/haar Universiteitsrekening van die vorige jaar/jare ten volle vereffen wees.

(b) Die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die hoof/dekaan

van die skool of die direkteur van die sentrum waar die kwalifikasie aangebied word, moet nagaan of herregistrasie plaasgevind het voordat studieleiding ’n aanvang mag neem.

A25.3 Kansellasie van ʼn registrasie of van ‘n module(s) deur ’n student (a) Kennis van die kansellasie van ʼn registrasie moet skriftelik gegee word. (b) Die datum waarop die skriftelike kennisgewing ontvang word, word as die datum van

die kansellasie van die registrasie beskou. (c) Kennis van die kansellasie van ʼn module/modules kan deur die hele jaar gegee

word, maar om finansiële krediet te ontvang, geld bepaalde sperdatums. (d) Kansellasie van ʼn module/modules ná die sperdatums kan impliseer dat ʼn student:

(i) nie hertoelating tot ’n module ontvang nie; en (ii) aanspreeklik is vir die klasgeld vir die module.

A25.4 Kansellasie van ʼn student se registrasie deur die Universiteit (a) ʼn Student se registrasie aan die Universiteit kan gekanselleer word indien hy/sy

skuldig bevind word ingevolge die heersende reëls oor dissiplinêre optrede teen studente.

(b) ʼn Student se registrasie vir ʼn bepaalde kwalifikasie kan ook gekanselleer word

indien dit na die oordeel van die betrokke dekaan of die Uitvoerende Komitee van die Senaat in die Universiteit en/of die student se belang is, met dien verstande dat:

(i) voordat ʼn finale besluit geneem word:

(aa) die Registrateur, op skriftelike versoek van die dekaan van die

betrokke fakulteit, die student skriftelik van die voorneme sowel as die redes daarvoor inlig;

70

(bb) die student, ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing van die

voorgenome kansellasie, geleentheid ontvang om skriftelike vertoë aan die Registrateur en die dekaan te rig waarom daar nie met die voorgenome aksie voortgegaan moet word nie.

(ii) die dekaan, by ontvangs van die student se skriftelike vertoë en ná oorleg

met die Registrateur, kan besluit om:

(aa) nie die saak verder te voer nie; of (bb) voort te gaan met die kansellasie van die student se registrasie vir die

kwalifikasie, met skriftelike kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat én aan die student; of

(cc) die dekaan se motivering en die student se skriftelike vertoë vir ʼn

finale besluit aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voor te lê, met skriftelike kennisgewing van die finale besluit aan die student.

Toeligting

Registrasies vir die Nagraadse Diploma in Onderwys word deur die Fakulteit Opvoedkunde hanteer.

Registrasies vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning word deur die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg hanteer.

Registrasies vir die nagraadse diplomas van die Skool vir Verpleegkunde word deur die Skool vir Verpleegkunde hanteer.

Registrasies vir die Nagraadse Diploma in Besigheidsadministrasie word deur die Sakeskool hanteer.

Studente kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielife.ufs.ac.za kanselleer, of by wyse van skriftelike kennisgewing aan die Registrateur of die hoof/dekaan van ’n skool of die direkteur van ’n sentrum.

Om finansiële krediet te ontvang, geld die volgende sperdatums:

• Eerstesemestermodules ‒ tot en met 15 Februarie • Tweedesemestermodules ‒ tot en met 15 Augustus • Jaarmodules ‒ tot en met 15 Februarie; 50 persent krediet sal tot en met 15 Augustus toegestaan word. Indien ’n student sy/haar studie voor 15 Februarie van enige gegewe jaar staak, sal ’n minimum fooi gehef word.

71 A26 WYSIGING VAN KWALIFIKASIES EN/OF VAKRIGTINGS EN /OF MODULES

EN/OF VERSKUIWING NA ’N ANDER UNIVERSITEITSKAMPUS/- SENTRUM (a) ʼn Voornemende student:

(i) wat die kwalifikasie en/of vakrigting waarvoor hy/sy aansoek gedoen het, wil wysig, moet die Universiteit skriftelik van genoemde wysiging in kennis stel;

(ii) wat gedurende die registrasieproses van kwalifikasies en/of modules verander, moet die voorgeskrewe vorm(s) invul.

(b) ʼn Geregistreerde student wat van een kwalifikasie en/of vakrigting en/of module na

’n ander wil oorslaan, moet op die voorgeskrewe vorm(s) om sodanige wysiging aansoek doen en die betrokke dekaan se goedkeuring verkry voordat ’n gewysigde registrasie kan plaasvind. Wat betref ’n student wat nie die vereistes vir ’n kwalifikasie voltooi nie, is die algemene beginsel dat die student nie ’n vroeëverlaterskwalifikasie mag ontvang nie.

(c) Let daarop dat, in geval van ʼn modulewysiging, die student daarvoor

verantwoordelik is om werk wat reeds afgehandel is, in te haal. Hy/sy kan nie aanspraak maak op enige bykomende hulp van die dosent of op tegemoetkoming wat betref aantekeninge, werkstukke, praktiese werk en assesserings wat reeds afgehandel is nie.

(d) ʼn Voornemende of geregistreerde student wat van een kampus/sentrum van die

Universiteit na ʼn ander kampus/sentrum van die Universiteit verskuif, moet op die voorgeskrewe vorm aansoek doen en die nodige goedkeuring van die betrokke programdirekteur en/of akademiese departementshoof bekom. Die versoek sal slegs ná goedkeuring deur die tersaaklike amptenare van albei kampusse toegestaan word.

Toeligting

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir ’n kwalifikasiewysiging deur ’n geregistreerde student is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) om van een kampus/sentrum na ’n ander te verskuif, is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

A27 KREDIETAKKUMULASIE EN –OORDRAG (a) Die Registrateur kan op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese

departementshoof of die hoof/dekaan van ’n skool of die direkteur van ’n sentrum aan ʼn persoon vrystelling of erkenning verleen met betrekking tot krediete wat in ʼn vorige kwalifikasie of gedeeltelik voltooide kwalifikasie – hetsy hier of elders – verwerf is, met die oog op ʼn ander kwalifikasie, met dien verstande dat: (i) nie meer as 50 persent van die krediete van die voltooide kwalifikasie(s) na

ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word nie, mits:

72

(aa) minstens 50 persent van die krediete vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit verwerf word; en

(bb) ʼn maksimum van 25 persent van die opgeloopte krediete op die

hoogste NKR-vlak in die vorige voltooide kwalifikasie(s) vir ʼn ander kwalifikasie erken word;

(ii) in geval van ʼn onvoltooide kwalifikasie, al die toepaslike krediete vir die

nuwe kwalifikasie verleen mag word, behalwe ten opsigte van ʼn student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, in welke geval hoogstens 50 persent van die vereiste krediete om die kwalifikasie te behaal, oorgedra mag word, met inagneming van die beperking van 25 persent ten opsigte van krediete wat op die hoogste NKR-vlak verwerf is;

(iii) indien krediete op grond van ʼn onvoltooide kwalifikasie verleen is, die

registrasietydperk vir die vorige kwalifikasie en dié vir die nuwe kwalifikasie minstens dieselfde moet wees as die voorgeskrewe tydperk vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit;

(iv) ʼn persoon van ʼn ander hoëronderwysinstelling vir minstens een akademiese

jaar (twee semesters) aan die Universiteit moet registreer; (v) krediete uit ʼn voltooide of onvoltooide kwalifikasie slegs eenmalig na ʼn ander

kwalifikasie oorgedra mag word.

(b) Krediete word verleen op grond van formele leer met ʼn relevansie van minstens 50 persent.

(c) Vrystellings word verleen op grond van nie-formele leer ooreenkomstig EVL-riglyne

met ʼn relevansie van minstens 50 persent.

Toeligting ’n Aansoek om erkenning vir of vrystelling van modules nadat ’n persoon sy/haar studie onderbreek het, word deur ’n akademiese departementshoof en/of ’n programdirekteur, dekaan/hoof van ’n skool of die direkteur van ’n sentrum ingevolge die beleid oor EVL oorweeg.

A28 ASSESSERINGSREËLS A28.1 Bywoning van onderriggeleenthede (a) Verpligte bywoning van onderriggeleenthede in ʼn module soos wat voorgeskryf word

deur die raad van die fakulteit waarin die module aangebied word, en wat in die modulehandleiding of die bylae daarby verskyn, is een van die voorvereistes vir toelating tot die eksamen.

(b) Verskoning vir die nie-bywoning van onderriggeleenthede weens onvoorsiene

omstandighede moet vergesel word van stawende dokumente, en moet by die volgende beskikbare onderriggeleentheid in die module aan die betrokke dosent voorgelê word.

73 A28.2 Modulepunt (a) ʼn Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen in ’n

module vereis.19 (b) ʼn Modulepunt word in die modulehandleiding of die bylae daarby uiteengesit, en is

die resultaat van die deurlopende sowel as die summatiewe assessering wat op ’n gedesentraliseerde wyse in die loop van die moduletermyn geskied.

(c) ʼn Modulepunt wat in ʼn module behaal is, geld slegs vir die volgende eksamen wat

op die betrokke module van toepassing is. (d) Behalwe waar die dekaan van die fakulteit waarin die betrokke module aangebied

word, in oorleg met die betrokke dosent, anders besluit, kan ’n student slegs tot die eksamen in ʼn module toegelaat word indien hy/sy aan alle voorgeskrewe subminimum- en werkstukvereistes voldoen en aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het wat in die betrokke modulehandleiding of bylae daarby uiteengesit word.20

A28.3 Eksamens (a) Twee eksamens word per semester geskeduleer:

(i) ʼn hoofhalfjaareksamen en ʼn bykomende halfjaareksamen ten opsigte van die eerstesemestermodules; en

(ii) ʼn hoofjaareindeksamen en ʼn bykomende jaareindeksamen ten opsigte van die tweedesemester- en jaarmodules, behalwe:

(aa) vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en die

Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning, waarvoor twee eksamens per jaar geskeduleer word, naamlik in September en November/Desember;

(bb) waar ʼn stelsel van deurlopende assessering ten opsigte van praktiese

eksamens gevolg word;

(cc) waar ʼn stelsel van formatiewe assessering met summatiewe assessering gevolg word.

(b) Sodra toelating tot die eksamen verleen is, is deelname aan die

hoofhalfjaareksamen en die hoofjaareindeksamen verpligtend. Wat die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning betref, is deelname aan die September-eksamen verpligtend.

(c) ’n Student wat ’n module geslaag het, maar die finale punt wil verbeter, moet binne

die toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ’n bykomende eksamen aansoek doen, mits ’n finale punt van minstens 60 persent behaal is.

ʼn Student wat in ʼn module gepromoveer is, maar die finale punt wil verbeter, moet binne die toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen aansoek doen, mits ʼn finale punt van minstens 70 persent behaal is.

19 'n Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen vereis, behalwe waar die betrokke fakulteit

’n modulepunt van meer as 40 persent as die minimum vir toelating tot die eksamen vereis. 20 Die verlening van goedkeuring aan ’n student wat nie die vereiste semesterpunt behaal het nie, word spesifiek van hierdie reël uitgesluit aangesien geen student toegelaat sal word om aan die eksamen deel te neem sonder dat die vereiste semesterpunt behaal is nie.

74

ʼn Student wat as gevolg van gemotiveerde buitengewone omstandighede nie aan die hoofhalfjaareksamen kan deelneem nie, kan binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende halfjaareksamen aansoek doen. ʼn Student wat nie aan die hoofjaareindeksamen deelneem nie, kan ook op grond van gemotiveerde buitengewone omstandighede, binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende jaareindeksamen aansoek doen, buiten:

(i) ʼn student wat aan die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester

deelgeneem het en wat ʼn eksamenpunt van minstens 30 persent en ʼn finale punt van minstens 45 persent vir die module behaal het; of

(ii) ʼn student wat aan die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester

deelgeneem het en wat ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal het, maar nie die vereiste subminimum van 40 persent in die eksamen behaal het nie.

(iii) Behalwe studente aan die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg, kan ʼn

student wat ʼn module geslaag het, maar die finale punt wil verbeter, binne die toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen aansoek doen, mits ʼn finale punt van minstens 60 persent behaal is.

(d) ʼn Student wat wederregtelik aan ʼn hoofeksamen of bykomende eksamen deelneem,

sal geen erkenning vir sodanige eksamen ontvang nie, en daar sal aanvaar word dat hy/sy nie aan die eksamen deelgeneem het nie.

(e) (i) ʼn Student in sy/haar finale akademiese semester wat sy/haar studie ná

aflegging van die hoofjaareindeksamen of hoofhalfjaareksamen moet verleng om die kwalifikasie te verwerf as gevolg daarvan dat hy/sy ʼn enkele module in die hoofhalfjaareksamen of hoofjaareindeksamen gedruip het, na gelang van watter semester ter sprake is,

of

(ii) ʼn student in sy/haar finale akademiese semester wat ná kwalifikasie vir en

deelname aan die bykomende eksamen van die betrokke semester sy/haar studie moet verleng, en wat na afloop van die bykomende eksamen nog slegs een module benodig om die kwalifikasie te verwerf, ongeag of genoemde module in die hoof- of bykomende eksamen gedruip is, kan aansoek doen om ’n spesiale eksamen, wat, indien dit toegestaan word, gewoonlik voor die aanvang van die volgende semester plaasvind.

(f) ’n Student in sy/haar finale akademiese semester wat nie aan die voorvereistes vir

toelating tot ’n eksamen voldoen nie, sal nie in aanmerking kom vir deelname aan ’n spesiale eksamen nie, selfs al benodig die student slegs een module om die kwalifikasie te behaal.

(g) (i) ʼn Student wat sy/haar finale punt in ʼn module wil verbeter met die uitsluitlike

doel om toelating tot ʼn volgende nagraadse kwalifikasie (baccalaureushonneurs- of magistergraad, maar nie ’n doktorsgraad nie) te verkry, moet binne die toegelate tydperk via die akademiese departementshoof en met die dekaan se goedkeuring om toelating tot die bykomende eksamen aansoek doen. Die punt wat in die bykomende

75

eksamen behaal word, word op die student se studierekord aangebring, tesame met ’n nota wat aandui dat die student hierdie punt in ’n bykomende eksamen verwerf het, op voorwaarde dat slegs die hoogste punt wat behaal is, op die student se rekord sal verskyn.

(ii) ʼn Student wat sy/haar finale punt in ʼn module wil verbeter met die uitsluitlike

doel om toelating tot ʼn volgende nagraadse kwalifikasie (baccalaureushonneurs- of magistergraad, maar nie ’n doktorsgraad nie) te verkry, en wat nie tot ’n bykomende eksamen toegelaat is nie, kan die module(s) in die volgende jaar ná registrasie vir nie-graaddoeleindes herhaal, en kan weer ’n eksamen in genoemde module aflê nadat ʼn nuwe modulepunt behaal is. Die punt(e) sal op die student se studierekord aangedui word.

28.4 Slaagvereistes, slaag met lof, en deurlopende asses sering (a) Om ʼn module te slaag, moet ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal word,

behalwe in die geval van ʼn spesifieke module van die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning, soos dit in die reëls van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg omskryf word, waar ʼn finale punt van 60 persent vereis word om die module te slaag.

(b) Die berekening van die finale punt van minstens 50 persent, of 60 persent in die

spesifieke module van die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning, word in die modulehandleiding ooreenkomstig die onderstaande uiteengesit: (i) Dat ’n modulepunt van minstens 40 persent verreken word. (ii) Dat ʼn subminimum van minstens 40 persent ten opsigte van die

eksamenpunt geld. (iii) Dat waar meer as een vraestel in ʼn module geskryf word, ʼn subminimum

van minstens 40 persent en hoogstens 50 persent per vraestel geld, en dat dit ook van toepassing kan wees waar ʼn vraestel uit meer as een afdeling bestaan, soos dit in die modulehandleiding uiteengesit word.

(iv) Dat die gewig wat aan die eksamenpunt toegeken word, nie minder as 40

persent en nie meer as 60 persent moet wees nie, met dien verstande dat die verhouding van modulepunt tot eksamenpunt vir e-leerstudente 20:80 is.

(c) Om ʼn module met lof te slaag, moet ʼn student ʼn finale punt van minstens 75 persent

behaal en aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het. (d) Waar ʼn stelsel van deurlopende assessering van toepassing is, slaag ʼn student

indien ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal is, of minstens 75 persent behaal is om die module met lof te slaag, en hy/sy aan al die assesserings deelgeneem het.

(e) ʼn Stelsel van promovering is nie op nagraadse diplomas van toepassing nie. (f) Waar ’n student op grond van EVL tot ʼn module toegelaat en van spesifieke

assesserings in die module vrygestel is, word die finale punt op die eksamenpunt gebaseer.

76

A28.5 Eksaminatore, assessore en moderatore Module-eksamens word afgeneem deur eksaminatore, assessore en moderatore wat deur die betrokke akademiese departementshoof, of in geval van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg, die onderwyskomitee, ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid aangewys word, en hulle aanstelling is onderworpe aan goedkeuring deur die fakulteitskomitee. A28.6 Mondelinge assessering (a) ʼn Mondelinge in plaas van ʼn skriftelike assessering kan met die akademiese

departementshoof se goedkeuring afgeneem word, met dien verstande dat:

(i) die assessering gedurende ’n amptelik geskeduleerde eksamentydperk afgeneem word;

(ii) die mondelinge assessering vir elke module minstens ’n halfuur per student

duur; (iii) naas die assessor(e), ten minste die akademiese departementshoof of ʼn

senior dosent wat hy/sy aanwys ook teenwoordig moet wees; (iv) ʼn digitale opname van die mondelinge assessering gemaak word; (v) mondelinge assesserings net op ʼn kampus van die Universiteit afgeneem

word, behalwe waar die dekaan goedkeuring vir die gebruik van ander sentrums verleen.

(b) Mondelinge eksamens ten opsigte van studente wat die Nagraadse Diploma in

Finansiële Beplanning en die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning volg, sal slegs op grond van ’n skriftelike motivering van buitengewone omstandighede deur die eksamenkomitee van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg oorweeg word.

A28.7 Werkstukke en/of portefeuljes

Die indiening van werkstukke word in die modulehandleiding uiteengesit. Die gepubliseerde datums vir die indiening van portefeuljes in die Fakulteit Opvoedkunde is finaal, en geen toegewings word ten opsigte van laat indienings of geen indienings gemaak nie. Indien ’n student versuim om sy/haar portefeulje op die gepubliseerde datums in te dien, sal hy/sy ’n klassifisering van onvoltooid vir die module ontvang. Verskoning vir die nie-indiening van werkstukke as gevolg van onvoorsiene omstandighede moet vergesel word van stawende dokumente, en moet so gou moontlik aan die betrokke dosent voorgelê word, maar nie later nie as die volgende lesing wat in die module bygewoon kan word. In geval van die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning moet genoemde verskoning binne twee (2) werksdae by die Direkteur van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg ingedien word.

77 A28.8 Plagiaat

ʼn Student wat ʼn ander persoon se idees uit geskrewe bronne, visuele bronne, multimediaprodukte, musiek, die gesproke woord, ensovoorts as sy/haar eie voorhou, is skuldig aan plagiaat, wat ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures, wat in bylae B hierby verskyn, hanteer word.

A28.9 Sentrums waar eksamens afgeneem word (a) ʼn Student lê die skriftelike eksamen af op die kampus of by die sentrum waar die

module aangebied is. (b) ʼn Student wat die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning of die Gevorderde

Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning volg, lê ’n eksamen by enige van die sentrums af wat die eksamenkomitee van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg goedkeur, met dien verstande dat:

(i) ʼn student op grond van buitengewone omstandighede wat skriftelik

gemotiveer word, kan aansoek doen om ’n skriftelike eksamen by ʼn ander geskeduleerde sentrum van die Universiteit af te lê;

(ii) die direkteur van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg die aansoek by

die Registrateur aanbeveel; (iii) die nodige gelde betaal is.

(c) ʼn Bykomende eksamen word slegs op ’n kampus van die Universiteit afgelê, of soos wat die Universiteit andersins aandui.

A28.10 Ekstra tyd gedurende eksamens

Die Registrateur kan ekstra tyd vir assesserings aan ʼn student verleen op grond van ʼn skriftelike aansoek wat van ʼn mediese sertifikaat vergesel is, of op aanbeveling van Studentevoorligting en -ontwikkeling in oorleg met die Sentrum vir Universele Toegang en Gestremdheidsondersteuning (SUTGO).

A28.11 Foute ten opsigte van die eksamenrooster, to etse, werkstukke en navorsingsopstelle

ʼn Student kan hom/haar nie beroep op die reg op uitsondering indien hy/sy ʼn fout ten opsigte van die eksamenrooster en/of geskeduleerde toetsrooster of die indiening van werkstukke of navorsingsopstelle begaan het nie.

A28.12 Uitslae ten opsigte van eksamens, werkstukke , toetse en navorsingsopstelle (a) (i) Soos wat die modulehandleiding aandui, plaas ’n fakulteit of departement

voorlopige eksamenuitslae van die hoof- en bykomende eksamens op ʼn kennisgewingbord binne sewe (7) werksdae nadat die eksamen volgens die geskeduleerde eksamenrooster afgelê is. Sodra die bykomende eksamens afgelê is, pos die Registrateur ʼn amptelike staat van finale uitslae aan elke student.

(ii) Eksamenuitslae ten opsigte van die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning en die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning word op die Universiteit se webtuiste bekend gemaak.

78

(b) Voorlopige eksamenuitslae kan ook elektronies bekom word deur ʼn voorgeskrewe

prosedure te volg, en is ook op die Universiteit se webtuiste beskikbaar. (c) Studente is verantwoordelik om hulle uitslae voor die bykomende eksamen te

bekom. (d) Tensy die Senior Direkteur: Finansies anders besluit, word amptelike

eksamenuitslae slegs aan ʼn student gepos indien sy/haar rekening vereffen is. (e) ʼn Student kan die voorlopige uitslae van ʼn eksamen, toets, werkstuk of

navorsingsopstel met die dosent en die akademiese departementshoof bespreek (selfs al is die student se rekening agterstallig, maar met dien verstande dat die besonderhede van die uitslae nie bekend gemaak word nie). Die gesprek moet plaasvind binne vyf (5) werksdae nadat die uitslae bekend gemaak is. ’n Student is daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die dekaan in te dien, met kennisgewing aan die akademiese departementshoof. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die gesprek met die akademiese departementshoof aangeteken word.

(f) ʼn Student wat vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning of die

Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning geregistreer is, kan teen die uitslag van ʼn eksamen, toets of werkstuk appelleer deur ingevolge die voorgeskrewe proses en ná betaling van die hernasienfooi aansoek te doen dat die eksamen, toets of werkstuk weer nagesien word (selfs al is die student se rekening agterstallig, maar met dien verstande dat die besonderhede van die uitslag nie bekend gemaak word nie). Dit moet geskied binne sewe (7) werksdae nadat die uitslae vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning of die Gevorderde Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning op die Universiteit se webtuiste bekend gemaak is. Die student moet binne drie (3) weke nadat die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg die hernasieningsaansoek ontvang het ʼn gemotiveerde, skriftelike appèl by die eksamenkomitee van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg indien.

(g) ʼn Student het die reg op insae in sy/haar antwoordstel(le). (h) Indien ʼn eksamenuitslag en/of terugvoering oor ʼn aansoek om ʼn bykomende

eksamen as gevolg van buitengewone omstandighede nie een (1) week voor die datum van die bykomende eksamen beskikbaar is nie, kan ʼn verdere ad hoc-eksamen met die programdirekteur en akademiese departementshoof of die direkteur van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg se goedkeuring, en met skriftelike kennisgewing aan die dekaan en die Registrateur: Afdeling Eksamenadministrasie, geskeduleer word, met dien verstande dat: (i) ten opsigte van eerstesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die

aanvang van die tweede semester plaasvind;

(ii) ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar plaasvind;

(iii) alle eksamenuitslae ten opsigte van eerstesemestermodules voor die aanvang van die tweede semester bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(iv) alle eksamenuitslae ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

79

(v) die akademiese departementshoof of die hoof/dekaan van ’n skool of die

direkteur van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg enige eksamenuitslag wat ná bogenoemde datums ontvang word, op grond van ’n skriftelike motivering van die omstandighede en met die dekaan se goedkeuring aan die Registrateur stuur, met kennisgewing aan die eksamenkomitee.

A28.13 Vereistes met betrekking tot eksamenlokale’’ (a) Slegs geregistreerde studente wat tot die eksamen toegelaat is, mag aan die

eksamen deelneem. (b) ʼn Studentekaart of voorgeskrewe registrasiebewys moet getoon word om toegang

tot die eksamenlokaal te verkry. (c) ’n Student mag slegs daardie elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem

wat op die eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(d) ’n Student mag slegs daardie publikasies in die eksamenlokaal inneem wat op die

eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(e) Geen student word later as vyftien (15) minute ná die aanvang van die

eksamensessie tot die eksamenlokaal toegelaat nie. (f) Studente mag die eksamenlokaal eers vyf-en-veertig (45) minute ná die aanvang

van die eksamensessie begin verlaat. (g) Geen ekstra tyd sal aan studente toegestaan word wat laat by die eksamenlokaal

opdaag nie. (h) Elke individuele student moet sy/haar teenwoordigheid in die eksamenlokaal

bevestig deur ʼn presensievorm volledig in te vul en dit op aanvraag aan die toesighouer beskikbaar te stel.

(i) Wanneer die toesighouer die studente so versoek, moet hulle alle

eksamenantwoordstelle en dokumente wat aan hulle voorsien is onmiddellik by die aangewese punt in die eksamenlokaal indien.

(j) ʼn Student mag nie gedurende die eksamensessie enige pennesakkies, boeke van

enige aard, aantekeninge of velle papier waarop daar geskryf is, selfone/diktafone of elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem nie, met uitsondering van (c) en (d) hierbo. Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies van of skade aan persoonlike eiendom wat hetsy binne of buite die eksamenlokaal gelaat word nie.

(k) ’n Student mag nie gedurende die eksamensessie:

(i) in die eksamenlokaal hulp verleen aan of ontvang van, of probeer hulp

verleen aan of ontvang van, of ʼn gesprek voer met, enigiemand behalwe ʼn toesighouer nie;

(ii) die kleedkamer besoek tensy hy/sy deur ʼn toesighouer van dieselfde geslag

vergesel word nie;

80

(iii) rook, of voedsel of verversings nuttig nie; (iv) ʼn steurnis vir ander studente veroorsaak nie.

(l) Volledige besonderhede moet op die antwoordstel(le) verstrek word en ʼn student mag geen antwoordstel uit die eksamenlokaal verwyder nie.

(m) Om hulp in die eksamenlokaal te bekom, moet ’n student die toesighouer se aandag

trek deur sy/haar hand op te steek. (n) Indien ʼn toesighouer redelike gronde het, wat deur ʼn ander toesighouer as sodanig

bevestig word, om te glo dat ʼn student dalk in besit is van ontoelaatbare aantekeninge of items, kan die hooftoesighouer die student versoek om die eksamenlokaal te verlaat met sy/haar eksamenantwoordstel en die dokumente wat aan hom/haar voorsien is. Twee toesighouers van dieselfde geslag as die student moet teenwoordig wees wanneer die student buite die eksamenlokaal van die vermoede in kennis gestel word. Die toesighouer het dan die reg om die student in die ander toesighouer se teenwoordigheid vir ontoelaatbare aantekeninge of items te deursoek, en wel in privaat omstandighede en so dat dit nie die student se waardigheid aantas nie.

(o) ’n Student wat die algemene reëls met betrekking tot eksamens en eksamenlokale

verontagsaam, word hanteer ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures wat in bylae B hierby uiteengesit word, wat skorsing tot gevolg kan hê.

(p) Toetse is onderworpe aan dieselfde beginsels as eksamens.

Toeligting Rig aansoeke om bykomende eksamens aan die Eksamenkantoor, behalwe in die volgende gevalle: * Studente wat vir die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning of die Gevorderde

Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning geregistreer is, moet aansoeke rig aan die Kantoor van die Direkteur: Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg om gedurende November/Desember ‘n eksamen af te lê.

Indien ‘n student vir ‘n bykomende eksamen in aanmerking kom of daartoe toegelaat is, en die module bestaan uit meer as een vraestel, moet albei vraestelle gedurende die betrokke bykomende eksamen afgelê word. Die punte wat in die hoofhalfjaareksamen en die hoofjaareindeksamen behaal word, sowel as die punte wat in die bykomende eksamens behaal word, word op die studenterekordstelsel ingevoer. Tog sal slegs die beste finale punt van hetsy die hoofhalfjaareksamen of die bykomende eksamen en/of hetsy die hoofjaareindeksamen of die bykomende eksamen op die student se studierekord verskyn. Departemente wat van ’n stelsel van deurlopende assessering gebruik maak, mag nie assesserings gedurende goedgekeurde eksamens skeduleer nie.

81 Hoe om deur middel van ’n elektroniese boodskap (selfoon) toegang tot eksamenuitslae te verkry: Hoe om vir die SMS-diens te registreer Hoe om toega ng tot jou eksamenuitslae te verkry � Skakel *120*837# � Skakel *120*837# � Druk “Answer” en sleutel jou � Die volgende kieslys sal verskyn: studentenommer in 1. “Exam Results: � Druk “Send” 2. “Finances” � Druk “Answer” en sleutel jou 3. “Change Student” ID-nommer in � Druk “Answer” en sleutel 1 in � Druk “Send” � Druk “Send” � Druk “Answer” en sleutel jou keuse in: � Druk “Answer” en sleutel die betrokke “Yes” OF “No” jaar en maand in � Druk “Send” Jy is nou vir die SMS-diens geregistreer. Jou eksamenuitslae sal vertoon word. Druk Om toegang tot jou inligting te verkry, druk “Answer” en sleutel 00 (nul, nul) in om na die “Answer” en sleutel 00 (nul nul) in. kieslys terug te keer.

A29 KWALIFIKASIE MET LOF (a) Behalwe waar die fakulteitsreëls bykomende vereistes stel, word ʼn kwalifikasie met

lof toegeken indien ʼn student: (i) ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 75 persent (nie tot die volgende

heelgetal afgerond nie) behaal het op grond van die minimum getal modules wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word; en

(ii) die kwalifikasie in die minimum tydperk voltooi het; en

(iii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal het nie, behalwe om ʼn finale punt te verbeter.

(b) Die beperking ten opsigte van die minimum tydperk kan met die dekaan se

goedkeuring, in oorleg met die Registrateur, op grond van ’n skriftelike motivering van die omstandighede opgehef word, mits sodanige goedkeuring voor die toekenning van die kwalifikasie by ʼn diplomaplegtigheid verkry word.

(c) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n module/modules uit ʼn vorige

onvoltooide kwalifikasie verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

(d) Vrystellings of erkennings uit ʼn voltooide kwalifikasie/kwalifikasies word as

bykomende residensiële jare ten opsigte van die nuwe, voltooide kwalifikasie beskou.

(e) Waar ʼn module in ʼn bykomende eksamen herhaal is om die finale punt te verbeter,

word die hoogste finale punt wat in die module behaal is vir die toepassing van die reël oor slaag met lof gebruik.

(f) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n

geleentheidsmodule/geleentheidsmodules uit ʼn vorige jaar verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

82 A30 KWALIFIKASIESERTIFIKATE (a) Kwalifikasiesertifikate word slegs by ʼn diplomaplegtigheid oorhandig of daarná aan

studente gepos. (b) ʼn Student mag slegs aan die volgende diplomaplegtigheid deelneem indien alle

uitslae ontvang is ooreenkomstig die sperdatums wat die Senaat bepaal. (c) Die Registrateur behou die reg om nie ʼn kwalifikasiesertifikaat aan ʼn student te

oorhandig nie tensy: (i) alle verskuldigde gelde aan die Universiteit betaal is, alle uitslae van

modules wat aan ander hoëronderwysinstellings geslaag is, ingedien is, en alle uitstaande boeke aan die biblioteek terugbesorg is; en

(ii) daar aan alle ander vereistes voldoen is.

(d) Die Registrateur behou die reg om ʼn kwalifikasiesertifikaat ongeldig te verklaar en ’n persoon se naam van die konvokasie te skrap indien: (i) die Universiteit ʼn wesenlike fout begaan het; of

(ii) die persoon se oneerlike optrede met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie later sou blyk (byvoorbeeld in geval van plagiaat, ensovoorts).

(e) Wanneer ʼn kwalifikasie in absentia toegeken word, moet die student vooraf reëlings

tref vir die pos van die sertifikaat, en die nodige posgeld betaal.

(f) Waar ʼn oorspronklike kwalifikasiesertifikaat wegraak of beskadig word, sal die Registrateur slegs ʼn gepaste sertifikaat met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie uitreik by ontvangs van ʼn skriftelike versoek, die betaling van die nodige gelde, en die indiening van die volgende dokumente en besonderhede saam met die aansoek: (i) ʼn Beëdigde verklaring wat die versoek verduidelik.

(ii) ʼn Aanduiding van watter van op die oorspronklik uitgereikte sertifikaat verskyn het – in geval van ʼn aansoek deur ʼn getroude persoon.

(iii) ʼn Gewaarmerkte afskrif van ʼn identiteitsdokument of paspoort.

(g) Indien die naam van die student aan wie die kwalifikasie uitgereik is, verander, kan die Registrateur ʼn gepaste sertifikaat uitreik, mits die nodige dokumente ter bevestiging van die verandering voorgelê word.

Toeligting

Uitslae wat ná die gepubliseerde datum in die Universiteitskalender ontvang word, kom nie vir die eerskomende diplomaplegtigheid in aanmerking nie, maar sal tot die daaropvolgende diplomaplegtigheid oorstaan.

Rig navrae oor verlore of beskadigde kwalifikasiesertifikate per e-pos aan: [email protected], of telefonies aan +27 51 401 3016 of +27 51 401 3083.

Die akademiese drag van die Universiteit is by die Universiteit se verskaffer geregistreer wat kleurskema en styl betref, en word by die Universiteit gehuur.

Nagraadse diplomas kom nie vir Dekaans- en Senaatsmedaljes in aanmerking nie.

83 A31 INTELLEKTUELE EIENDOM (a) By gebrek aan ʼn skriftelike ooreenkoms wat tussen die Universiteit en die student

aangegaan is en wat die teendeel bewys, sal die eienaarskap van intellektuele eiendom wat ’n student in die loop van en/of in verband met sy/haar studie aan die Universiteit ontwikkel, in alle opsigte in die Universiteit gesetel wees.

(b) Die outeur mag geen handeling uitvoer wat in artikel 6 van die Wet op Outeursreg,

1978, vermeld word, of enige handeling wat te kenne gee dat enige publikasie of gedeelte daarvan deel uitgemaak het van ʼn navorsingsopstel waarvoor die Universiteit ʼn kwalifikasie toegeken het nie, behalwe met die betrokke dekaan se vooraf- skriftelike magtiging en onderworpe aan aanbeveling deur die akademiese departementshoof.

(c) Waar navorsingsresultate moontlik gekommersialiseer kan word, moet die dekaan

vooraf skriftelike toestemming verleen ná oorlegpleging met die aangewese Direkteur: Navorsingskommersialisering en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, om genoemde toestemming op die student se rekord aan te teken.

A32 PUBLIKASIE VAN ’N NAVORSINGSOPSTEL

Indien die dekaan voor of na die graad toegeken is, en ná oorlegpleging met die Registrateur en op aanbeveling van die akademiese departementshoof, skriftelike goedkeuring vir die publikasie van ’n navorsingsopstel verleen, moet die volgende besonderhede op die titelblad vermeld word: “Hierdie publikasie is gebaseer op navorsing wat onderneem is onder die studieleiding van ........... ter gedeeltelike/algehele voldoening aan die vereistes vir die kwalifikasie Nagraadse Diploma ......... in die Fakulteit ......... aan die Universiteit van die Vrystaat, en word met die nodige goedkeuring gepubliseer.”

A33 UITSLAGSTATE, AKADEMIESE REKORDS, STUDIEREKORDS , AMPTELIKE

VERKLARINGS, GEDRAGSERTIFIKATE EN AMPTELIKE EKSAMEN ROOSTERS

Die Registrateur reik amptelike dokumente soos eksamenuitslae, akademiese rekords, studierekords, gedragsertifikate, verklarings en eksamenroosters uit. Toeligting ’n Student kan deur middel van die studenteportaal http://kovsielife.ufs.ac.za toegang verkry tot studierekords en ander dokumente wat nie vir amptelike gebruik benodig word en dus nie op ’n briefhoof van die Universiteit verskyn, onderteken is of die Universiteit se stempel dra nie. ’n Voorafbepaalde getal afskrifte van die student se akademiese rekord word jaarliks gratis aan die student uitgereik. Enige verdere akademiese rekord van die student sal slegs by die betaling van die vereiste gelde aan die student uitgereik word.

84 A34 VERSOEKE OP GROND VAN BUITENGEWONE OMSTANDIGHED E

Nieteenstaande die vereistes van die algemene en fakulteitsreëls, buiten waar die betrokke reëls statutêre voorskrifte bevat, kan ’n dekaan op grond van meriete en in oorleg met die Registrateur ’n besluit neem oor buitengewone gevalle wat skriftelik gemotiveer is (met stawende dokumente waar dit vereis word), of sulke gevalle vir arbitrasie na die Rektor verwys waar konsensus nie bereik kan word nie.

A35 DISSIPLINE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van dissipline. (b) Die reëls van toepassing op dissipline word in bylae B hierby uiteengesit. A36 FINANSIËLE STEUN

Finansiële steun in die vorm van beurse en lenings word deur die Registrateur, Afdeling Finansiële Steun, hanteer en moet jaarliks om aansoek gedoen word voor ʼn datum wat die Registrateur bepaal.

A37 MODULE- EN LOKAALROOSTER EN EKSAMENROOSTER (a) ʼn Module- en lokaalrooster word jaarliks opgestel en gepubliseer op ʼn datum wat die

Senaat bepaal. Hierdie rooster, wat die kurrikulums in ag neem, is gebaseer op die modules wat die departemente aanbied en wat op die rekenaarnetwerk vasgelê is.

(b) Eksamenroosters wat in ag neem vir watter modules studente geregistreer is, word

twee keer per jaar opgestel en gepubliseer – vir die halfjaareksamen en vir die jaareindeksamen. Sodra die eksamenrooster gepubliseer is, is dit die enigste amptelike rooster. Akademiese departemente kan in buitengewone gevalle en binne die aangeduide sperdatums vir terugvoering wysigings aan die eksamenrooster aanvra en aan die hoof van die Afdeling Akademiese Roosters en Lokale voorlê, mits die wysigings wat versoek word, nie botsings tot gevolg het nie.

(c) (i) Indien ʼn student ʼn module- en lokaalroosterbotsing ervaar omdat twee of

meer modules in dieselfde tydgleuf geskeduleer is, kan ʼn aanpassing slegs gemaak word met inagneming van die totale skeduleringsproses, wat insluit die eksamenrooster, die student se akademiese rekord, en die moontlikheid om alternatiewe modules te volg, veral ten opsigte van modules wat gedruip is.

(ii) Waar ʼn aanpassing van die eksamenrooster nie moontlik is nie, kan ʼn

spesiale reëling met betrekking tot die aflê van die eksamen met die student getref word.

(d) Alle modules wat vir eksamendoeleindes geskeduleer is, word in die amptelike

eksamenlokale geskeduleer, buiten nie-kampusmodules, waarvoor die lokaal aangedui word as “sentrum waar klasse bygewoon is”. Die hoof van die Afdeling Akademiese Roosters en Lokale kan versoek word om ’n departementele lokaal as ’n eksamenlokaal op die eksamenrooster toe te ken in gevalle waar daar geen bepaalde lokaalvoorskrifte is nie en studentegetalle nie 30 studente oorskry nie.

85

Toeligting Botsings op die module- en lokaalrooster en/of die eksamenrooster moet op die voorgeskrewe vorm by die Registrateur: Afdeling Akademiese Roosters en Lokale aangemeld word.

Die module- en lokaalrooster en eksamenrooster is beskikbaar op die Universiteit se webblad: “Studente” – “Amptelike Roosters” (http://www.ufs.ac.za/af/adhok-blaaie/vinnige-skakels/amptelike-roosters).

Indien ’n student ’n module/modules gedruip het, is dit nie altyd moontlik om die roosters aan te pas nie en sal die student sy/haar kurrikulum moet wysig.

Waar ’n student geen modules gedruip het nie en sy/haar kurrikulum in ooreenstemming met die kurrikulumvereistes saamgestel het, sal ’n spesiale reëling met betrekking tot die aflê van die eksamen met die student getref word.

A38 INWONING IN KAMPUSBEHUISING (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls oor

inwoning in kampusbehuising. (b) ’n Persoon se plasing in kampusbehuising is onderworpe aan sy/haar toelating tot

’n akademiese kwalifikasie aan die Universiteit. (c) Plasing geskied met behoorlike inagneming van diversiteitsdoelwitte, wat insluit

akademiese prestasie, leierskap, kulturele aktiwiteite, sportprestasies, rassediversiteit en geslag.

(d) Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan inwoners se persoonlike besittings nie.

(e) Vir doeleindes van inspeksie, herstelwerk en skoonmaak behou die Universiteit die

reg van toegang tot enige kamer, met behoorlike inagneming van die inwoner se reg op privaatheid.

A38.1 Aansoek om inwoning in kampusbehuising (a) ʼn Persoon wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn

student wat sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die Universiteit jaarliks bepaal, om inwoning in kampusbehuising aansoek doen.

(b) ʼn Student wat reeds aan die Universiteit studeer en om inwoning in

kampusbehuising aansoek doen, moet die voorgeskrewe aansoekvorm by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede invul.

(c) ʼn Residensiële student moet jaarliks op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum

wat die Universiteit jaarliks bepaal, opnuut om inwoning in kampusbehuising aansoek doen.

(d) Die Universiteit verwerk slegs volledig voltooide aansoeke.

86 A38.2 Toekenning en hertoekenning van kampusbehuisi ng

Die voorskrifte en prosedures wat die toepaslike komitee van die Universiteit goedgekeur het, geld vir die aanvanklike toekenning en hertoekenning van kampusbehuising, en is beskikbaar by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede.

A38.3 Kansellasie van inwoning in kampusbehuising

Skriftelike kennis van die kansellasie van inwoning moet ooreenkomstig die vereistes aan die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede gegee word.

A39 BETAALBARE GELDE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met

betrekking tot betaalbare gelde. (b) Dit is die student se verantwoordelikheid om die Universiteit op hoogte te hou van

sy/haar korrekte kontakbesonderhede. (c) Klasgeld en betaalbare gelde vir kampusbehuising word per semester bereken en

is op die volgende datums betaalbaar, ongeag of ’n rekeningstaat ontvang is of nie: Betaaldatums vir Suid-Afrikaanse studente:

Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 31 Augustus . Betaaldatums vir internasionale studente: Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 30 Junie , ongeag enige ander datum wat dalk op rekeningstate verskyn. Indien betalings nie teen die sperdatums gemaak word nie: • sal rente op alle agterstallige rekeninge gehef word teen die primabankkoers

van ABSA Bank +2%; • sal alle akademiese rekords vir die kontraktuele tydperk van wanbetaling

teruggehou word; en • sal internasionale studente wat op 1 Julie uitstaande gelde het, nie toegelaat

word om hulle studie in die tweede semester voort te sit nie. (d) Behalwe waar ʼn reël anders bepaal, is alle ander gelde betaalbaar teen nie later nie

as die einde van die maand ná die maand waarin die transaksie plaasgevind het, soos wat die rekeningstaat aandui.

(e) Versuim om ʼn rekening teen die aangewese betaaldatums te vereffen, verleen aan

die Universiteit die reg om, afgesien van die uitoefening van enige ander regte, rente op die verskuldigde bedrae te hef teen die maksimum koerse waarvoor die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 voorsiening maak.

87 (f) Indien ʼn student versuim om sy/haar rekening te vereffen, kan die Universiteit ook,

afgesien van enige ander regte, die rekening, met inbegrip van die invorderingsgelde, vir invordering aan ʼn prokureur oorhandig.

(g) Indien ʼn student in die betaling van ʼn rekening met meer as die voorgeskrewe

bedrag agterstallig is, kan dit daartoe lei dat eksamenantwoordstelle nie nagesien word of eksamenuitslae nie bekend gemaak word nie en/of dat amptelike dokumente (soos studierekords en gedragsertifikate) nie uitgereik word nie.

(h) Gelde moet ten volle vereffen word, ongeag of:

(i) dienste ontwrig word deur stakings, studenteboikotte, openbare onrus of enige ander ontwrigtings op enige van die kampusse of by enige van die sentrums, of weens enige ander omstandighede buite die Universiteit se beheer;

(ii) ʼn student as gevolg van die toepassing van enige institusionele reël nie sy/haar studie mag voortsit nie.

(i) (i) ʼn Internasionale student moet:

(aa) voor registrasie ʼn nie-terugbetaalbare administratiewe heffing betaal;

(bb) bewyse voorlê dat hy/sy oor die nodige middele beskik om die verskuldigde gelde teen die betaaldatums te betaal;

(cc) die bepaalde moduleprys plus 50 persent betaal. (ii) Studente van lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

(SAOG) word vrygestel van die bepaling oor die bykomende 50 persent. (j) Verjaarde skuld: Fooie vir die akademiese jaar is vooruitbetaalbaar.

’n Student wat voorheen as ’n student van die UV geregistreer was en wat versuim het om uitstaande fooie te betaal, sal nie toegelaat word om te registreer nie tensy fooie vir die jaar vooruitbetaal word. Dit sluit studente in wie se skuld verjaar het. Indien ’n student meen dat daar voldoende gronde bestaan om hom/haar van hierdie vereiste vry te stel, moet so ’n student skriftelik appèl aanteken by die Senior Direkteur: Finansies, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

Toeligting

Ete- en boekegelde kan vooraf in aparte rekeninge inbetaal word, waarna dit na die student se studentekaart oorgeplaas sal word om aankope te doen.

Betalings kan soos volg gemaak word: (i) ABSA Bank

Universiteit van die Vrystaat Takkode 630734 Rekeningnommer 1570151688, met die volgende verwysingsnommer:

Betalings vir klasgeld en inwoning in kampusbehuising: 100, met die studentenommer wat direk daarop volg

Betalings vir etes: 101, met die studentenommer wat direk daarop volg

Betalings vir boeke: 102, met die studentenommer wat direk daarop volg

88

(ii) Internet

Registreer die Universiteit as ’n begunstigde. Gebruik die ABSA-bankbesonderhede hierbo. (iii) Aanlyn kredietkaartbetalings

Webadres: http://.kovsielife.ufs.ac.za (iv) Kassiere: Thakanengbrug

(v) Samba

Samba-kaartbetalings kan by die kassiere op die Tha kanengbrug gemaak word.

Maandae tot Vrydae 08:30-14:30 (vi) Poskantoor

Enige tak Verwysingsnommer: Studentenommer Faks bewys van betaling na: +27 51 401 3579

A40 INLIGTINGSKOMMUNIKASIE EN –TEGNOLOGIE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met betrekking

tot inligtingskommunikasie en -tegnologie. (b) Die beleide oor inligtingskommunikasie en -tegnologie is op die Universiteit se webwerf

beskikbaar, en dit is die student se verantwoordelikheid om hom/haar van genoemde beleide te vergewis. Die misbruik van die Universiteit se inligtingstelsels kan dissiplinêre optrede teen ʼn student tot gevolg hê.

A41–A44 Vir moontlike verdere toevoegings

89

ALGEMENE REËLS VIR BACCALAUREUSHONNEURSGRADE (NKR-UITTREEVLAK 8)

A45 Algemene reëls ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 90

A46 Aansoek om toelating ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 90

A47 Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ’n Baccalaureushonneursgraad ... ... ... ... ... ... ... ... 91

A48 Voorlegging van dokumente om as student te registreer … ... ... ... 93

A49 Duur van studie en die samestelling van ’n kurrikulum ... ... ... ... ... 95

A50 Registrasie en herregistrasie as student ... ... ... ... ... ... ... 96

A51 Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of verskuiwing na ’n ander Universiteitskampus/-sentrum ... ... ... ... ... ... ... 98

A52 Kredietakkumulasie en –oordrag ... ... ... ... ... ... ... ... 99

A53 Assesseringsreëls ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 100

A54 Kwalifikasie met lof ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 107

A55 Kwalifikasiesertifikate en Dekaans- en Senaatsmedaljes ... ... ... ... 108

A56 Intellektuele eiendom ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 109

A57 Publikasie van ’n navorsingsverslag ... ... ... ... ... ... ... 110

A58 Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters ... ... ... ... ... 110

A59 Versoeke op grond van buitengewone omstandighede ... … ... … … 110

A60 Dissipline ... ... ... … … … … … … … … 111

A61 Finansiële steun ... … … … … … … … … ... 111

A62 Module- en lokaalrooster en eksamenrooster ... … … … ... ... 111

A63 Inwoning in kampusbehuising … … … … … … ... ... 112

A64 Betaalbare gelde … … … … … … … … … ... 113

A65 Inligtingskommunikasie en –tegnologie ... … … … ... ... ... 115

A66 – A69 Vir moontlike verdere toevoegings ... ... ... ... ... ... ... 115

90 ALGEMENE REËLS VIR BACCALAUREUSHONNEURSGRADE (NKR-UITTREEVLAK 8)

A45 ALGEMENE REËLS (a) Studente is persoonlik daarvoor verantwoordelik om op hoogte van die algemene en

fakulteitsreëls te wees en daaraan te voldoen. (b) ʼn Geregistreerde of voornemende student ontvang nie bloot op grond van ʼn foutiewe

mededeling oor die inhoud van algemene en fakulteitsreëls vrystelling van sodanige reëls nie. Die Registrateur kan egter wél op grond van ʼn skriftelike motivering vrystelling verleen.

(c) By registrasie onderwerp ʼn student hom/haar aan die algemene en fakulteitsreëls, soos dit

van tyd tot tyd gewysig kan word. (d) Daar sal aangeneem word dat alle ooreenkomste tussen die student en die Universiteit

rakende toelating en/of registrasie en/of kampusinwoning in Bloemfontein aangegaan is, ongeag die werklike plek van ondertekening deur enige van die partye.

Toeligting Tensy die teendeel uit die konteks blyk, sluit die enkelvoud ook die meervoud in, en omgekeerd.

Vir doeleindes van die uitleg en toepassing van ’n reël, word die Afrikaanse en Engelse tekste van reëls as gelykwaardig geag, ongeag of dit ’n vertaalde of oorspronklike weergawe is. Die Afrikaanse en Engelse tekste van ’n reël moet in samehang gelees word ten einde die betekenis daarvan vas te stel. In geval van onversoenbare teenstrydigheid tussen die tekste, word voorrang gegee aan die weergawe wat die beste voldoen aan die oogmerk van die bepaling, soos wat uit Senaats- en Raadsnotules en ander toelaatbare bronne vasgestel kan word.

A46 AANSOEK OM TOELATING (a) ʼn Voornemende student wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn

student wat sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe aansoekvorm, vergesel van die nodige dokumente en voor die datum wat die Universiteit jaarliks bepaal.

(b) ʼn Geregistreerde student aan die Universiteit wat in die jaar nadat die betrokke eerste

kwalifikasie behaal is met ʼn baccalaureushonneursgraad wil voortgaan, moet by die akademiese departementshoof om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe vorm en binne die tydperk wat daarvoor geskeduleer is.

(c) Die Registrateur sal slegs op grond van gemotiveerde, skriftelike voorleggings oorweging

skenk aan aansoeke om toelating tot hierdie Universiteit deur studente van ander hoëronderwysinstellings wat voortgesette toelating tot daardie instellings geweier is.

(d) Die Universiteit sal alle aansoeke wat ontvang word, verwerk, in weerwil daarvan dat

aansoeke dalk onvolledig kan wees, met dien verstande dat die datum van ontvangs van ’n onvolledige aansoek nie vir keuringsprogramme, plasing in kampusbehuising of finansiële steun gebruik sal word nie.

91

(e) Die Registrateur sal slegs in uitsonderlike gevalle aansoeke oorweeg wat na die sluitingsdatum ontvang word.

Toeligting Rig navrae en aansoeke aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210, of e-pos [email protected]. Rig telefoniese navrae soos volg: • Fakulteit Geesteswetenskappe en Fakulteit Gesondheidswetenskappe: +27 51 401 2345 of +27 51 401 3459 • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakulteit Regsgeleerdheid en Fakulteit Teologie: +27 51 401 3365 of +27 51 401 9863 • Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Fakulteit Opvoedkunde: +27 51 401 3597 of +27 51 401 3659

Rig navrae en aansoeke met betrekking tot kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word aan: Die Registrateur, Kantoor van die Kampushoof, Privaat Sak X13, Phuthaditjhaba 9866, of telefoon +27 58 718 5011/2.

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir aansoek om toelating tot ’n baccalaureushonneursgraad deur ’n geregistreerde student aan die Universiteit moet ingevul word en is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word nadat die akademiese departementshoof die aansoek om toelating goedgekeur het.

Om van een kampus/sentrum na ’n ander te verskuif, moet die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3), wat by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede beskikbaar is, voltooi en by dieselfde kantoor ingedien word nadat die programdirekteur en/of akademiese departementshoof die aansoek om toelating goedgekeur het.

Die datum waarop hetsy die ontbrekende inligting of dokumente van ’n onvolledige aansoek ontvang word, sal beskou word as die datum waarop die UV die aansoek ontvang het.

A47 TOELATING OF HERTOELATING TOT DIE UNIVERSITEIT EN TOT ’N BACCALAUREUSHONNEURSGRAAD

A47.1 Toelating (a) ʼn Persoon word op aanbeveling van die akademiese departementshoof tot ʼn

baccalaureushonneursgraad toegelaat, mits hy/sy reeds ʼn toepaslike baccalaureusgraad of gevorderde diploma verwerf het en voldoen aan enige ander of verdere vereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word, met dien verstande dat ʼn persoon ook tot ʼn baccalaureushonneursgraad toegelaat kan word:

(i) met die dekaan se toestemming op aanbeveling van die akademiese

departementshoof of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, met

92

die toestemming van die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in oorleg met die akademiese departementshoof – in albei gevalle in oorleg met die Registrateur – op grond van ’n kwalifikasie wat hulle as gelykstaande met ’n eerste baccalaureusgraad beskou; of

(ii) met die goedkeuring van die dekaan van die fakulteit, op aanbeveling van

die akademiese departementshoof, op grond van ʼn vaardigheidstandaard wat deur middel van EVL bepaal word en wat toereikend is vir die doeleindes van nagraadse studie, met kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat.

(b) (i) Benewens bostaande vereistes van toepassing op toelating tot alle

baccalaureushonneursgrade, kan die dekaan, op aanbeveling van die akademiese departementshoof en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, van ʼn persoon vereis om sekere bykomende modules voor toelating tot of toekenning van die kwalifikasie te voltooi.

(ii) Besluitnemingsbevoegdheid op die Qwaqwa-kampus is gesetel in die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, in oorleg met die akademiese departementshoof, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

(iii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word

goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen. (c) Die Uitvoerende Komitee van die Senaat kan op grond van ʼn gemotiveerde skriftelike

aansoek, gebaseer op buitengewone omstandighede, en op aanbeveling van die dekaan en die akademiese departementshoof, toestemming verleen dat ʼn student wat ʼn baccalaureusgraad of gevorderde diploma in een fakulteit verwerf het, vir ʼn baccalaureushonneursgraad in ʼn ander fakulteit registreer.

(d) (i) Wat ’n student op die Qwaqwa-kampus betref, kan die dekaan in

uitsonderlike gevalle, op aanbeveling van die akademiese departementshoof of die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, genoemde student toelaat tot ’n enkele module vir die maksimum getal krediete wat normaalweg aan ’n baccalaureushonneursmodule toegeken word, of tot meer as een module ingeval die getal krediete daardie maksimum oorskry, benewens die modules wat voorgeskryf word, mits dit as aanvullend tot die bepaalde studieprogram beskou word en die student oor voldoende voorgraadse kennis van die dissipline beskik om toelating tot die module(s) te regverdig.

(ii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word

goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(e) Die verantwoordelikheid om toe te sien dat ʼn persoon aan die nodige toelatingsvereistes voldoen, berus by die betrokke akademiese departementshoof en die programdirekteur.

A47.2 Progressiereël ten opsigte van nagraadse stud ente (van toepassing op alle programme

vanaf 2014) (a) Studente wat tot nagraadse programme toegelaat word, moet oor die algemeen alle

modules slaag waarvoor hulle in ʼn bepaalde studiejaar geregistreer is. ʼn Student sal normaalweg net toegelaat word om met ’n program voort te gaan indien hy/sy ten minste 75% van die vereiste modules in ʼn akademiese jaar slaag.

93 (b) ʼn Student:

(i) wat ná die minimum duur van die betrokke kwalifikasie, plus een jaar – wat bereken word van die datum van eerste registrasie vir die betrokke baccalaureushonneursgraad – nog nie die kwalifikasie behaal het nie, kan vir een verdere jaar deur die dekaan toegelaat word op grond van buitengewone meriete en op aanbeveling van die akademiese departementshoof, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus;

(ii) wat ná die minimum tydperk, plus een jaar en een verdere semester (of een

jaar in geval van ʼn uitstaande jaarmodule), nog nie die kwalifikasie behaal het nie, maar minstens 85 persent van die totale getal vereiste krediete vir die kwalifikasie voltooi het, kan opnuut vir een bykomende semester of jaar (in geval van ʼn uitstaande jaarmodule) toegelaat word indien die akademiese departementshoof sodanige hertoelating op grond van buitengewone meriete by die fakulteitskomitee aanbeveel, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur. In geval van ’n student op Qwaqwa-kampus word goedkeuring deur die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus verleen.

(c) (i) ʼn Student wat reeds twee keer vir ʼn betrokke module

(eksamenvraestel/praktiese werk) geregistreer het en nog nie aan die slaagvereistes voldoen nie, sal slegs een verdere geleentheid ontvang om vir die module te registreer, en wel op grond van buitengewone meriete, met die dekaan se goedkeuring op aanbeveling van die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) Op die Qwaqwa-kampus verleen die Kampusvisehoof: Akademies van die

Qwaqwa-kampus goedkeuring in oorleg met die akademiese departementshoof en met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

Toeligting Toelating op grond van ’n vaardigheidstandaard word ingevolge die beleid oor EVL hanteer. Rig navrae oor toelating op grond van EVL aan: http://www.ufs.ac.za/rpl of [email protected], of telefoon +27 51 401 7326/7327/7357, of faks 086 729 0554/086 665 2554.

A48 VOORLEGGING VAN DOKUMENTE OM AS STUDENT TE REGI STREER (a) ʼn Student:

(i) wat vir die eerste keer aan die Universiteit registreer, moet voor ʼn datum wat die Senaat jaarliks bepaal ʼn gewaarmerkte afskrif van die kwalifikasie(s) met betrekking waartoe toelating tot die baccalaureushonneursgraad verleen is aan die Universiteit stuur;

94

(ii) wat voorheen aan ʼn ander hoëronderwysinstelling studeer het, moet nie later nie as gedurende die Universiteit se registrasieproses ook ʼn oorspronklike studierekord en gedragsertifikaat van die vorige hoëronderwysinstelling(s) indien.

(b) Gewaarmerkte afskrifte moet ook gedurende die registrasieproses beskikbaar wees. (c) ʼn Internasionale student wat nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie en nie oor ʼn permanente

verblyfpermit beskik nie, moet:

(i) ʼn studiepermit wat die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake ten gunste van die Universiteit van die Vrystaat uitgereik het, by die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede indien;

(ii) voldoen aan al die vereistes van die Immigrasiewet en die regulasies wat ingevolge daarvan uitgereik is;

(iii) by SAKO aansoek doen vir ’n evaluering van die buitelandse kwalifikasies wat die student voor sy/haar aansoek om registrasie by die UV verwerf het. Die evaluering en stawing van buitelandse kwalifikasies sluit in die bevestiging van die status van instellings en die kwalifikasies wat hulle aanbied; ’n ondersoek na die egtheid van kwalifikasiedokumente, en bevestiging dat dit inderdaad aan individue toegeken is, en ’n vergelyking tussen buitelandse en Suid-Afrikaanse kwalifikasies, gedagtig aan die struktuur en uitkomste van buitelandse kwalifikasies, om dit binne die Suid-Afrikaanse NKR te kan plaas (SAKO-aansoekriglyne en -vorm, Maart 2014, op grond van artikel 13(1)(m) van die Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) 67 van 2008.

Toeligting

Gewaarmerkte afskrifte word slegs aanvaar indien die volgende inligting oor die kommissaris van ede duidelik leesbaar is op die dokument:

(i) Die volle naam en van (ii) Die pos wat hy/sy beklee (iii) Die plek waar die gewaarmerkte afskrif onderteken is (iv) Die datum waarop die gewaarmerkte afskrif onderteken is (v) Die sakeadres (vi) Die handtekening

Gedragsertifikate moet endossemente bevat oor die persoon se gedrag en sy/haar finansiële omstandighede op die datum van uitreiking van die sertifikaat.

Stuur dokumente met betrekking tot ’n kwalifikasie wat op die Bloemfontein-kampus aangebied word aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210.

Stuur dokumente met betrekking tot ’n kwalifikasie wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word aan: Die Registrateur, Kantoor van die Kampushoof, Universiteit van die Vrystaat, Privaat Sak X13, Phuthaditjhaba 9866, of telefoon +27 58 718 5011/2.

Internasionale studente moet daarop let dat nóg ’n hospitaalplanpolis nóg ’n reisversekeringsplan as alternatief vir ’n mediese fonds aanvaar sal word.

Om aansoek te doen om ’n studiepermit, moet ’n skrywe van die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede wat toelating tot die Universiteit bevestig, die aansoek vergesel.

95

• Alle Suid-Afrikaanse studente moes ’n minimum prestasievlak van 4 (50%- 59%) in die gekose UV-onderrigtaal (Engels of Afrikaans) behaal het.

• Internasionale studente (buiten studente wat hulle skoolonderrig in die UV- onderrigtaal ontvang het) moet die IELTS-toets aflê en ’n minimum punt van 6 in elk van die komponente van die toets behaal.

A49 DUUR VAN STUDIE EN DIE SAMESTELLING VAN ’N KURR IKULUM (a) Ten opsigte van ʼn baccalaureushonneursgraad moet ʼn student vir minstens een jaar (twee

semesters) ná verwerwing van die kwalifikasie op grond waarvan toelating verleen is, aan die Universiteit geregistreer wees.

(b) Behalwe waar die Raad (via die Senaat) nuwe reëls in werking stel wat onmiddellik van krag is, kan ʼn student ten opsigte van ’n baccalaureushonneursgraad slegs vir die minimum toegelate tydperk vir die kwalifikasie registreer, plus een verdere jaar, welke tweede tydperk direk op die eerste volg, en moet die student sy/haar studie vir daardie bepaalde kwalifikasie voltooi volgens die reëls wat ten tyde van eerste registrasie van toepassing was.

(c) (i) ʼn Student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, of ʼn student van hierdie

Universiteit wat sy/haar studie vir ʼn jaar of langer onderbreek of van kwalifikasie verander, bly onderworpe aan die algemene en fakulteitsreëls wat ten tyde van die nuwe registrasie geld, behalwe met goedkeuring van die dekaan van die betrokke fakulteit ten opsigte van die fakulteitsreëls, op aanbeveling van die akademiese departementshoof en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) In geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, kan die dekaan

toestemming verleen om van die fakulteitsreëls af te wyk, op aanbeveling van die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus en in oorleg met die akademiese departementshoof.

(d) ʼn Student moet ’n kurrikulum saamstel volgens die module- en lokaalrooster, die

eksamenrooster en die modulevereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word, en wel in oorleg met die betrokke akademiese departementshoof.

(e) (i) Onderworpe aan ʼn student se akademiese prestasie, kan ʼn dekaan, met

skriftelike kennisgewing aan die akademiese departementshoof en die Registrateur, ʼn student toelaat om vir bykomende modules tot ʼn maksimum van 32 krediete te registreer, mits die student aan die toelatingsvereistes voldoen.

(ii) Vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, verleen die

dekaan goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die akademiese departementshoof en die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus.

(iii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word

goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

96 A50 REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE AS STUDENT A50.1 Registrasie (a) Alle studenteregistrasies vind plaas ooreenkomstig die gekoördineerde reëlings van die

Registrateur wat deur die Uitvoerende Komitee van die Senaat goedgekeur is. (b) Voordat ʼn persoon se studietermyn ʼn aanvang neem, moet hy/sy jaarliks gedurende die

eerste registrasiegeleentheid vir albei semesters (indien van toepassing) registreer, vir die tydperk wat die Senaat bepaal, en moet hy/sy die voorgeskrewe gelde betaal.

(c) (i) Akademiese krediete word slegs verwerf vir modules waarvoor ’n student

ooreenkomstig die korrekte modulekodes in die fakulteitsreëls geregistreer is, en wat die student slaag.

(ii) Die reëls van toepassing op modulekodes word in bylae A hierby

uiteengesit.

(d) Registrasie aan die begin van die jaar vir modules in die tweede semester is voorwaardelik en bly onderworpe aan die reëls van toepassing op modules, met spesifieke voorvereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word.

(e) (i) ʼn Persoon kan nie gelyktydig vir meer as een kwalifikasie aan hierdie en/of ʼn

ander hoëronderwysinstelling registreer nie, behalwe op grond van buitengewone omstandighede wat skriftelik gemotiveer word, met die betrokke dekaan/dekane en (indien van toepassing) die ander hoëronderwysinstelling se goedkeuring, gedagtig aan die spesifieke toelatingsvereistes en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) In geval van ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, verleen die

dekaan goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus en, indien van toepassing, die ander hoëronderwysinstelling.

(f) Die Universiteit verleen geen registrasie met terugwerkende krag nie. (g) Die Universiteit verleen slegs voorwaardelike registrasie indien die Raad dit goedkeur. (h) Indien die Registrateur toelaat dat ʼn persoon vir ʼn kwalifikasie of module registreer buite die

registrasietydperk wat die Senaat goedgekeur het, sal ʼn bykomende bedrag vir laat registrasie gehef word.

(i) Indien ʼn persoon nie sy/haar rekening ten opsigte van die vorige jaar ten volle vereffen nie,

kan ʼn daaropvolgende registrasie nie plaasvind nie. A50.2 Herregistrasie 21

(a) Vir herregistrasie vir ʼn kwalifikasie moet ʼn student aan die hertoelatingsvereistes voldoen en

moet sy/haar Universiteitsrekening van die voorafgaande jaar(e) ten volle vereffen wees. (b) In geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus moet die akademiese departementshoof, in

oorleg met die studieleier en die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, nagaan of herregistrasie plaasgevind het voordat studieleiding ʼn aanvang mag neem.

21 Hierdie reëls moet gelees word in samehang met die bepalings van reël A47.2 en reël A49.

97 A50.3 Kansellasie van ʼn registrasie of module(s) deur ’n student (a) Kennis van die kansellasie van ʼn registrasie moet skriftelik gegee word. (b) Die datum waarop die skriftelike kennisgewing ontvang word, word as die datum van die

kansellasie van die registrasie beskou. (c) Kennis van die kansellasie van ʼn module/modules kan deur die jaar gegee word, maar om

finansiële krediet te ontvang, geld bepaalde sperdatums. (d) Kansellasie van ʼn module/modules ná die sperdatums kan impliseer dat ʼn student:

• nie hertoelating tot ’n module ontvang nie; en • aanspreeklik is vir die klasgeld vir die module.

A50.4 Kansellasie van ʼn student se registrasie deur die Universiteit (a) ʼn Student se registrasie aan die Universiteit kan gekanselleer word indien hy/sy skuldig

bevind word ingevolge die heersende reëls oor dissiplinêre optrede teen studente. (b) ʼn Student se registrasie vir ʼn bepaalde kwalifikasie kan ook gekanselleer word indien dit na

die betrokke dekaan of die Uitvoerende Komitee van die Senaat se oordeel in die Universiteit en/of die student se belang is, met dien verstande dat:

(i) voordat ʼn finale besluit geneem word:

(aa) die Registrateur, op skriftelike versoek van die dekaan van die

betrokke fakulteit, die student skriftelik van die voorneme sowel as die redes daarvoor inlig;

(bb) die student, ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing van die voorgenome kansellasie, geleentheid ontvang om skriftelike vertoë aan die Registrateur en die dekaan van die betrokke fakulteit te rig waarom daar nie met die voorgenome aksie voortgegaan moet word nie;

(ii) die dekaan, by ontvangs van die student se skriftelike vertoë en ná oorleg met die Registrateur, kan besluit om:

(aa) nie die saak verder te voer nie; of (bb) voort te gaan met die kansellasie van die student se registrasie vir die

kwalifikasie, met skriftelike kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat én aan die student; of

(cc) die dekaan se motivering en die student se skriftelike vertoë vir ʼn

finale besluit aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voor te lê, met skriftelike kennisgewing van die finale besluit aan die student.

98

Toeligting Die Kantoor van die Registrateur hanteer studenteregistrasie. Die registrasie van studente vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, vind op die Qwaqwa-kampus plaas. Studente kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielife.ufs.ac.za kanselleer, of by wyse van skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampushoof in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer. Om finansiële krediet te ontvang, geld die volgende sperdatums: (i) Eerstesemestermodules – tot en met 15 Februarie (ii) Tweedesemestermodules – tot en met 15 Augustus (iii) Jaarmodules ‒ tot en met 15 Februarie; 50 persent krediet sal tot en met 15 Augustus toegestaan word Indien ’n student sy/haar studie voor 15 Februarie van enige gegewe jaar staak, sal ’n minimum fooi gehef word.

A51 WYSIGING VAN KWALIFIKASIES EN/OF VAKRIGTINGS EN /OF MODULES EN/OF

VERSKUIWING NA ’N ANDER UNIVERSITEITSKAMPUS/-SENTRU M (a) ʼn Voornemende student:

(i) wat die kwalifikasie en/of vakrigting waarvoor hy/sy aansoek gedoen het, wil wysig, moet die Universiteit skriftelik van sodanige wysiging in kennis stel;

(ii) wat gedurende die registrasieproses van kwalifikasie en/of vakrigting en/of

modules verander, moet die voorgeskrewe vorm(s) invul. (b) ʼn Geregistreerde student wat van een kwalifikasie en/of vakrigting en/of module na ’n ander

wil oorslaan, moet op die voorgeskrewe vorm(s) om sodanige wysiging aansoek doen en die goedkeuring van die betrokke dekaan – in oorleg met die betrokke akademiese departementshoof, waar van toepassing – verkry voordat ʼn gewysigde registrasie kan plaasvind.

(c) Let daarop dat, in geval van ʼn modulewysiging, die student daarvoor verantwoordelik is om

werk wat reeds afgehandel is, in te haal. Hy/sy kan nie aanspraak maak op enige bykomende hulp van die dosent of op tegemoetkoming wat betref aantekeninge, werkstukke, praktiese werk en assesserings wat reeds afgehandel is nie.

(d) ʼn Voornemende of geregistreerde student wat van een kampus/sentrum van die Universiteit

na ʼn ander kampus/sentrum van die Universiteit verskuif, moet op die voorgeskrewe vorm aansoek doen en die nodige goedkeuring van die betrokke akademiese departementshoof verkry. Die versoek sal slegs ná goedkeuring deur die tersaaklike amptenare van albei kampusse toegestaan word.

99

Toeligting Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir ’n kwalifikasiewysiging deur ’n geregistreerde student is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) om van een kampus/sentrum na ’n ander te verskuif, is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede,,en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

A52 KREDIETAKKUMULASIE EN -OORDRAG (a) Die Registrateur kan op aanbeveling van die akademiese departementshoof aan ʼn persoon

vrystelling of erkenning verleen met betrekking tot krediete wat in ʼn vorige kwalifikasie of gedeeltelik voltooide kwalifikasie – hetsy hier of elders – verwerf is, met die oog op ʼn ander kwalifikasie, met dien verstande dat:

(i) nie meer as 50 persent van die krediete van die voltooide kwalifikasie(s) na

ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word nie, mits: (aa) minstens 50% van die vereiste krediete vir die ander kwalifikasie vir ’n

voltooide kwalifikasie gebruik is;22

(bb) ʼn maksimum van 25 persent van die opgeloopte krediete op die

hoogste NKR-vlak in die vorige voltooide kwalifikasie(s) vir ʼn ander kwalifikasie erken word;

(ii) in geval van ʼn onvoltooide kwalifikasie, al die toepaslike krediete vir die nuwe kwalifikasie verleen mag word, behalwe ten opsigte van ʼn student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, in welke geval hoogstens 50 persent van die vereiste krediete om die kwalifikasie te behaal, oorgedra mag word, met inagneming van die beperking van 25 persent ten opsigte van krediete wat op die hoogste NKR-vlak verwerf is;

(iii) indien krediete op grond van ʼn onvoltooide kwalifikasie verleen is, die registrasietydperk vir die vorige kwalifikasie en dié vir die nuwe kwalifikasie minstens dieselfde moet wees as die voorgeskrewe tydperk vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit;

(iv) ʼn persoon van ʼn ander hoëronderwysinstelling vir minstens een akademiese jaar (twee semesters) aan die Universiteit moet registreer;

(v) krediete uit ʼn voltooide of onvoltooide kwalifikasie slegs eenmalig na ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word.

(b) Krediete word verleen op grond van formele leer met ʼn relevansie van minstens 50 persent. (c) Vrystellings word verleen op grond van nie-formele leer ooreenkomstig EVL-riglyne met ʼn

relevansie van minstens 50 persent.

22 Wysiging aan die reël is ’n direkte aanhaling uit artikel 33 van die Hoëronderwyskwalifikasie-subraamwerk (HOKSR), Staatskoerant nr 38116, vol 592.

100 (d) Voordat inhoud vir kredietakkumulasie en -oordrag goedgekeur word, moet die aktualiteit en

relevansie van die inhoud bepaal word. Fakulteite bepaal die reëls oor die raklewe van modules en hulle relevansie ná vyf jaar, en sal dit in hulle onderskeie reëlboeke aandui.

Toeligting ’n Aansoek om erkenning vir of vrystelling van modules nadat ’n persoon sy/haar studie onderbreek het, word deur ’n akademiese departementshoof ooreenkomstig die beleid oor EVL oorweeg.

A53 ASSESSERINGSREËLS A53.1 Bywoning van onderriggeleenthede (a) Verpligte bywoning van onderriggeleenthede in ʼn module soos wat voorgeskryf word deur die

raad van die fakulteit waarin die module aangebied word, en wat in die modulehandleiding of die bylae daarby verskyn, is een van die voorvereistes vir toelating tot die eksamen.

(b) Verskoning vir die nie-bywoning van onderriggeleenthede weens onvoorsiene omstandighede

moet vergesel word van stawende dokumente, en moet by die volgende beskikbare onderriggeleentheid aan die betrokke dosent voorgelê word.

A53.2 Navorsingsverslag

ʼn Navorsingsverslag van beperkte omvang, van minstens 30 en hoogstens 60 krediete, word ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir ʼn baccalaureushonneursgraad onder leiding van ʼn studieleier en medestudieleier(s) geskryf.

A53.3 Modulepunt (a) ʼn Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen in ’n module

vereis.23

(b) ʼn Modulepunt word in die modulehandleiding of die bylae daarby uiteengesit, en is die

resultaat van die deurlopende sowel as die summatiewe assesserings wat op ’n gedesentraliseerde wyse in die loop van die moduletermyn geskied.

(c) ʼn Modulepunt wat in ʼn module behaal is, geld slegs vir die volgende eksamen wat op die

betrokke module van toepassing is. (d) Behalwe waar die dekaan van die fakulteit waarin die betrokke module aangebied word, in

oorleg met die betrokke dosent, anders besluit, kan ʼn student slegs tot die eksamen in ʼn module toegelaat word indien hy/sy aan alle voorgeskrewe subminimum- en werkstukvereistes voldoen en aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het wat in die betrokke modulehandleiding of bylae daarby uiteengesit word.24

23 ’n Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen vereis, behalwe waar die betrokke fakulteit ’n modulepunt van meer as 40 persent as die minimum vir toelating tot die eksamen vereis. 24 Die verlening van goedkeuring aan ’n student wat nie die vereiste semesterpunt behaal het nie, word spesifiek van hierdie reël uitgesluit aangesien geen student toegelaat sal word om aan die eksamen deel te neem sonder dat die vereiste semesterpunt behaal is nie.

101 A53.4 Eksamens (a) Twee eksamens word per semester geskeduleer:

(i) ʼn hoofhalfjaareksamen en ʼn bykomende halfjaareksamen ten opsigte van die eerstesemestermodules; en

(ii) ʼn hoofjaareindeksamen en ʼn bykomende jaareindeksamen ten opsigte van

die tweedesemester- en jaarmodules, behalwe: • waar ʼn stelsel van deurlopende assessering vir praktiese eksamens

gevolg word;

• waar ʼn stelsel van deurlopende assessering met summatiewe assessering gevolg word.

(b) Sodra toelating tot die eksamen verleen is, is deelname aan die hoofhalfjaareksamen en die

hoofjaareindeksamen verpligtend. (c) ʼn Student wat as gevolg van gemotiveerde buitengewone omstandighede nie aan die

hoofhalfjaareksamen deelneem nie, kan binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende halfjaareksamen aansoek doen. ʼn Student wat nie aan die hoofjaareindeksamen deelneem nie, kan ook op grond van gemotiveerde buitengewone omstandighede, binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende jaareindeksamen aansoek doen, buiten:

(i) ʼn student wat tot die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester

toegelaat is en wat ʼn eksamenpunt van minstens 30 persent en ʼn finale punt van minstens 45 persent vir die module behaal het; of

(ii) ʼn student wat tot die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester

toegelaat is en wat ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal het, maar nie die vereiste subminimum van 40 persent in die eksamen behaal het nie.

(d) ’n Student wat ’n module geslaag het, maar die finale punt wil verbeter, moet binne die

toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ’n bykomende eksamen aansoek doen, mits ’n finale punt van minstens 60 persent behaal is.

(e) ʼn Student wat in ʼn module gepromoveer is, maar die finale punt wil verbeter, moet binne die

toegelate tydperk en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen aansoek doen, mits ʼn finale punt van minstens 70 persent behaal is.

(f) (i) ʼn Student wat sy/haar finale punt in ʼn module wil verbeter met die uitsluitlike

doel om toelating tot ʼn volgende nagraadse kwalifikasie (magister-, maar nie doktorsgraad nie) te verkry, moet binne die toegelate tydperk via die akademiese departementshoof en met die dekaan se goedkeuring om toelating tot die bykomende eksamen aansoek doen. Die punt wat in die bykomende eksamen behaal word, word op die student se studierekord aangebring, tesame met ʼn nota wat aandui dat die student hierdie punt in ’n bykomende eksamen verwerf het, op voorwaarde dat slegs die hoogste punt wat behaal is, op die student se studierekord sal verskyn.

(ii) ʼn Student wat sy/haar finale punt in ʼn module wil verbeter met die uitsluitlike

doel om toelating tot ʼn volgende nagraadse kwalifikasie (magister-, maar nie

102

doktorsgraad nie) te verkry, en wat nie tot ’n bykomende eksamen toegelaat is nie, kan die module(s) in die volgende jaar ná registrasie vir nie-graaddoeleindes herhaal, en kan weer ’n eksamen in genoemde module aflê nadat ʼn nuwe modulepunt behaal is. Die punt(e) sal op die student se studierekord aangedui word.

(g) ʼn Student wat wederregtelik aan ʼn hoofeksamen of bykomende eksamen deelneem, sal geen

erkenning vir sodanige eksamen ontvang nie, en daar sal aanvaar word dat hy/sy nie aan die eksamen deelgeneem het nie.

(h) (i) ʼn Student in sy/haar finale akademiese semester wat sy/haar studie ná

aflegging van die hoofjaareindeksamen of hoofhalfjaareksamen moet verleng om die kwalifikasie te verwerf as gevolg daarvan dat hy/sy ʼn enkele module in die hoofhalfjaareksamen of hoofjaareindeksamen gedruip het, na gelang van watter semester ter sprake is,

of

(ii) ʼn student in sy/haar finale akademiese semester wat ná kwalifikasie vir en

deelname aan die bykomende eksamen van die betrokke semester sy/haar studie moet verleng om die kwalifikasie te verwerf, en wat na afloop van die bykomende eksamen nog slegs een module benodig om die kwalifikasie te verwerf, ongeag of genoemde module in die hoof- of bykomende eksamen gedruip is, kan aansoek doen om ʼn spesiale eksamen, wat, indien dit toegestaan word, gewoonlik voor die aanvang van die volgende semester plaasvind.

(i) ’n Student in sy/haar finale akademiese semester wat nie aan die voorvereistes vir toelating

tot ’n eksamen voldoen nie, sal nie in aanmerking kom vir deelname aan ’n spesiale eksamen nie, selfs al benodig die student slegs een module om die kwalifikasie te behaal.

A53.5 Slaagvereistes, slaag met lof, promovering en deurlopende assessering (a) Om ʼn navorsingsverslag te slaag, moet die assessor ʼn punt van minstens 50 persent toeken. (b) Indien die kwalifikasie uit modules en ʼn navorsingsverslag bestaan, moet elke afsonderlike

komponent geslaag word. (c) Om ʼn module te slaag, moet ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal word. (d) Die berekening van die finale punt van minstens 50 persent word in die modulehandleiding

ooreenkomstig die onderstaande uiteengesit:

(i) Dat ’n modulepunt van minstens 40 persent verreken word. (ii) Dat ʼn subminimum van minstens 40 persent ten opsigte van die

eksamenpunt geld. (iii) Dat waar meer as een vraestel in ’n module geskryf word, die totale punt van

alle vraestelle op ’n gelyke gedeelte van 100% van die modulepunt te staan moet kom, buiten e-graadmodules, waar ’n verhouding van 80:20 geld.

(iv) Dat die gewig wat aan die eksamenpunt toegeken word, nie minder as 40

persent en nie meer as 60 persent moet wees nie.

103 (e) ʼn Stelsel van promovering is nie op baccalaureushonneursgrade van toepassing nie.25

(f) Om ʼn module met lof te slaag, moet ʼn student ʼn finale punt van minstens 75 persent behaal,

aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het, en die kwalifikasie voltooi binne die minimum residensiële tydperk wat in die UV se programkwalifikasiestel (PQM) bepaal word.

(g) Waar ʼn stelsel van deurlopende assessering van toepassing is, slaag ʼn student indien ʼn

finale punt van minstens 50 persent behaal is en hy/sy aan al die assesserings deelgeneem het.

(h) Waar ’n student op grond van EVL tot ʼn module toegelaat en van spesifieke assesserings in die module vrygestel is, word die finale punt op die eksamenpunt gebaseer.

A53.6 Eksaminatore, assessore en moderatore

Module-eksamens word afgeneem deur eksaminatore, assessore en moderatore wat deur die betrokke akademiese departementshoof ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid aangewys word, en hulle aanstelling is onderworpe aan goedkeuring deur die fakulteitskomitee.

A53.7 Mondelinge assessering

ʼn Mondelinge in plaas van ʼn skriftelike assessering kan met die akademiese departementshoof se goedkeuring afgeneem word, met dien verstande dat: (i) die assessering in ’n amptelik geskeduleerde eksamentydperk afgeneem

word; (ii) die mondelinge assessering vir elke module minstens ʼn halfuur per student

duur; (iii) naas die assessor(e), ten minste die akademiese departementshoof of ʼn

senior dosent wat hy/sy aanwys ook teenwoordig moet wees; (iv) ʼn digitale opname van die mondelinge assessering gemaak word; (v) mondelinge assesserings net op ʼn kampus van die Universiteit afgeneem

word, behalwe waar die dekaan goedkeuring vir die gebruik van ander sentrums verleen.

A53.8 Werkstukke (a) Die indiening van werkstukke word in die modulehandleiding uiteengesit. (b) Verskoning vir die nie-indiening van werkstukke as gevolg van onvoorsiene omstandighede

moet vergesel word van stawende dokumente, en moet so gou moontlik aan die betrokke dosent voorgelê word, maar nie later nie as die volgende lesing wat in die module bygewoon kan word.

25 Kondonasie om ’n punt van 70 persent te behaal, word nie toegelaat nie.

104 A53.9 Plagiaat

ʼn Student wat ʼn ander persoon se idees uit geskrewe bronne, visuele bronne, multimediaprodukte, musiek, die gesproke woord, ensovoorts as sy/haar eie voorhou, is skuldig aan plagiaat, wat ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures, wat in bylae B hierby verskyn, hanteer word.

A53.10 Sentrums waar eksamens afgeneem word ʼn Student lê die skriftelike eksamen af op die kampus of by die sentrum waar die module aangebied is.

A53.11 Ekstra tyd gedurende eksamens Die Registrateur kan ekstra tyd vir assesserings aan ʼn student verleen op grond van ʼn skriftelike aansoek wat van ʼn mediese sertifikaat vergesel is, of op aanbeveling van Studentevoorligting en -ontwikkeling in oorleg met die Sentrum vir Universele Toegang en Gestremdheidsondersteuning (SUTGO).

A53.12 Foute ten opsigte van die eksamenrooster, to etse, werkstukke en navorsingsopstelle

ʼn Student kan hom/haar nie beroep op die reg op uitsondering indien hy/sy ʼn fout ten opsigte van die eksamenrooster en/of geskeduleerde toetsrooster of die indiening van werkstukke of navorsingsopstelle begaan het nie.

A53.13 Uitslae ten opsigte van eksamens, werkstukke , toetse en navorsingsopstelle (a) Soos wat die modulehandleiding aandui, plaas ’n fakulteit of departement voorlopige

eksamenuitslae van die hoof- en bykomende eksamens op ’n kennisgewingbord binne sewe (7) werksdae nadat die eksamen volgens die geskeduleerde eksamenrooster afgelê is. Sodra die bykomende eksamens afgelê is, pos die Registrateur ʼn amptelike staat van finale uitslae aan elke student.

(b) Voorlopige eksamenuitslae kan ook elektronies bekom word deur ʼn voorgeskrewe

prosedure te volg, en is ook op die Universiteit se webtuiste beskikbaar. (c) Studente is verantwoordelik om hulle uitslae voor die bykomende eksamen te bekom. (d) Tensy die Senior Direkteur: Finansies anders besluit, word amptelike eksamenuitslae slegs

aan ʼn student gepos indien sy/haar rekening vereffen is. (e) ʼn Student kan eksamen-, toets- of werkstukuitslae met die dosent en die akademiese

departementshoof bespreek (selfs al is die student se rekening agterstallig, maar met dien verstande dat die besonderhede van die uitslae nie bekend gemaak word nie). Die volgende prosedures geld:

(i) Hierdie gesprek moet plaasvind binne vyf (5) werksdae nadat die uitslae

bekend gemaak is. ’n Student is daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die dekaan in te dien, met kennisgewing aan die akademiese departementshoof. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die gesprek met die akademiese departementshoof aangeteken word.

(ii) Op die Qwaqwa-kampus vind die gesprek met die dosent en die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus plaas binne vyf (5) werksdae nadat die voorlopige uitslae bekend gemaak is. ’n Student is

105

daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die Kampushoof in te dien, met kennisgewing aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus. So ’n appèl moet aangeteken word binne twee (2) werksdae nadat die uitslae met die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus bespreek is.

(f) Vir doeleindes van bogenoemde gesprek het ʼn student die reg op insae in sy/haar

antwoordstel. (g) Indien ʼn eksamenuitslag en/of terugvoering oor ʼn aansoek om ʼn bykomende eksamen as

gevolg van buitengewone omstandighede nie een (1) week voor die datum van die bykomende eksamen beskikbaar is nie, kan ʼn verdere ad hoc-eksamen met die programdirekteur en akademiese departementshoof se goedkeuring, en met skriftelike kennisgewing aan die dekaan en die Registrateur: Afdeling Eksamenadministrasie, geskeduleer word, met dien verstande dat:

(i) ten opsigte van eerstesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die aanvang van die

tweede semester plaasvind; (ii) ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen

voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar plaasvind;

(iii) alle eksamenuitslae ten opsigte van eerstesemestermodules voor die aanvang van die tweede semester bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(iv) alle eksamenuitslae ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(v) die akademiese departementshoof enige eksamenuitslag wat ná bogenoemde datums ontvang word, op grond van ’n skriftelike motivering van die omstandighede en met die dekaan se goedkeuring aan die Registrateur stuur, met kennisgewing aan die eksamenkomitee.

A53.14 Vereistes met betrekking tot eksamenlokale (a) Slegs geregistreerde studente wat tot die eksamen toegelaat is, mag aan die eksamen

deelneem. (b) ʼn Studentekaart of voorgeskrewe registrasiebewys moet getoon word om toegang tot die

eksamenlokaal te verkry. (c) ’n Student mag slegs daardie elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem wat op

die eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(d) ’n Student mag slegs daardie publikasies in die eksamenlokaal inneem wat op die

eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(e) Geen student word later as vyftien (15) minute ná die aanvang van die eksamensessie tot

die eksamenlokaal toegelaat nie. (f) Studente mag die eksamenlokaal eers vyf-en-veertig (45) minute ná die aanvang van die

eksamensessie begin verlaat.

106 (g) Geen ekstra tyd sal aan studente toegestaan word wat laat by die eksamenlokaal opdaag

nie. (h) Elke individuele student moet sy/haar teenwoordigheid in die eksamenlokaal bevestig deur

ʼn presensievorm volledig in te vul en dit op aanvraag aan die toesighouer beskikbaar te stel. (i) Wanneer die toesighouer die studente so versoek, moet hulle alle eksamenantwoordstelle

en dokumente wat aan hulle voorsien is onmiddellik by die aangewese punt in die eksamenlokaal indien.

(j) ʼn Student mag nie gedurende die eksamensessie enige pennesakkies, boeke van enige

aard, aantekeninge of velle papier waarop daar geskryf is, selfone/diktafone of elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem nie. Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies van of skade aan persoonlike eiendom wat hetsy binne of buite die eksamenlokaal gelaat word nie.

(k) ’n Student mag nie gedurende die eksamensessie:

(i) in die eksamenlokaal hulp verleen aan of ontvang van, of probeer hulp verleen aan of ontvang van, of ʼn gesprek voer met, enigiemand behalwe ʼn toesighouer nie;

(ii) die kleedkamer besoek tensy hy/sy deur ʼn toesighouer van dieselfde geslag vergesel word nie;

(iii) rook, of voedsel of verversings nuttig nie;

(iv) ʼn steurnis vir ander studente veroorsaak nie. (l) Volledige besonderhede moet op die antwoordstel(le) verstrek word en ʼn student mag geen

antwoordstel uit die eksamenlokaal verwyder nie. (m) Om hulp in die eksamenlokaal te bekom, moet ’n student die toesighouer se aandag trek

deur sy/haar hand op te steek. (n) Indien ʼn toesighouer redelike gronde het, wat deur ʼn ander toesighouer as sodanig bevestig

word, om te glo dat ʼn student dalk in besit is van ontoelaatbare aantekeninge of items, kan die hooftoesighouer die student versoek om die eksamenlokaal te verlaat met sy/haar eksamenantwoordstel en die dokumente wat aan hom/haar voorsien is. Twee toesighouers van dieselfde geslag as die student moet teenwoordig wees wanneer die student buite die eksamenlokaal van die vermoede in kennis gestel word. Die toesighouer het dan die reg om die student in die ander toesighouer se teenwoordigheid vir ontoelaatbare aantekeninge of items te deursoek, en wel in privaat omstandighede en so dat dit nie die student se waardigheid aantas nie.

(o) ’n Student wat die algemene reëls met betrekking tot eksamens en eksamenlokale

verontagsaam, word hanteer ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures wat in bylae B hierby uiteengesit word, wat skorsing tot gevolg kan hê.

(p) Toetse is onderworpe aan dieselfde beginsels as eksamens.

107

Toeligting Rig aansoeke om bykomende eksamens aan die Eksamenkantoor.

’n Student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, moet ’n aansoek om ’n bykomende eksamen aan die Kantoor van die Kampushoof, Qwaqwa-kampus, stuur.

Indien ’n student vir ’n bykomende eksamen in aanmerking kom of daartoe toegelaat is, en die module bestaan uit meer as een vraestel, moet albei vraestelle gedurende die betrokke bykomende eksamen afgelê word.

Die punte wat in die hoofhalfjaareksamen en die hoofjaareindeksamen behaal word, sowel as die punte wat in die bykomende eksamens behaal word, word op die studenterekordstelsel ingevoer. Tog sal slegs die beste finale punt van hetsy die hoofhalfjaareksamen of die bykomende eksamen en/of hetsy die hoofjaareindeksamen of die bykomende eksamen op die student se studierekord verskyn.

Departemente wat van ’n stelsel van deurlopende assessering gebruik maak, mag nie assesserings gedurende goedgekeurde eksamens skeduleer nie.

Hoe om deur middel van ’n elektroniese boodskap (selfoon) toegang tot eksamenuitslae te verkry:

Hoe om vir die SMS-diens te registreer Hoe om toega ng tot jou eksamenuitslae te verkry � Skakel *120*837# � Skakel *120*837# � Druk “Answer” en sleutel jou � Die volgende kieslys sal verskyn: studentenommer in 1. “Exam Results: � Druk “Send” 2. “Finances” � Druk “Answer” en sleutel jou 3. “Change Student” ID-nommer in � Druk “Answer” en sleutel 1 in � Druk “Send” � Druk “Send” � Druk “Answer” en sleutel jou keuse in: � Druk “Answer” en sleutel die betrokke “Yes” OF “No” jaar en maand in � Druk “Send”

A54 KWALIFIKASIE MET LOF (a) Behalwe waar die fakulteitsreëls bykomende vereistes stel, word ʼn kwalifikasie met lof

toegeken indien ʼn student:

(i) ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 75 persent (nie tot die volgende heelgetal afgerond nie) behaal het op grond van die minimum getal modules (vraestelle/navorsingsopstelle/praktiese werk) wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word; en

(ii) die kwalifikasie voltooi het in die minimum residensiële tydperk wat in die UV

se programkwalifikasiestel (PQM) bepaal word; en (iii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal het nie, behalwe

om ʼn finale punt te verbeter. (b) Die beperking ten opsigte van die minimum tydperk kan met die dekaan se goedkeuring, in

oorleg met die Registrateur en op aanbeveling van die akademiese departementshoof, op

108

grond van ’n skriftelike motivering van omstandighede opgehef word, mits sodanige goedkeuring voor die toekenning van die kwalifikasie by ʼn gradeplegtigheid verkry word.

(c) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n module/modules uit ʼn vorige onvoltooide

kwalifikasie verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

(d) Vrystellings of erkennings uit ʼn voltooide kwalifikasie/kwalifikasies word as bykomende

residensiële jare ten opsigte van die nuwe, voltooide kwalifikasie beskou. (e) Waar ʼn module in ʼn bykomende eksamen herhaal is om die finale punt te verbeter, word die

hoogste finale punt wat in die module behaal is vir die toepassing van die reël oor slaag met lof gebruik.

(f) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n

geleentheidsmodule/geleentheidsmodules uit ʼn vorige jaar verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

A55 KWALIFIKASIESERTIFIKATE EN DEKAANS- EN SENAATSM EDALJES (a) Kwalifikasiesertifikate en Dekaans- en Senaatsmedaljes word slegs by ʼn gradeplegtigheid

oorhandig of daarná aan die student gepos. (b) ʼn Student mag slegs aan die volgende gradeplegtigheid deelneem indien alle uitslae

ontvang is ooreenkomstig die sperdatums wat die Senaat bepaal. (c) Die Registrateur behou die reg om nie ʼn kwalifikasiesertifikaat aan ʼn student te oorhandig

nie tensy:

(i) alle verskuldigde gelde aan die Universiteit betaal is, alle uitslae van modules wat aan ander hoëronderwysinstellings geslaag is, ingedien is, en alle uitstaande boeke aan die biblioteek terugbesorg is; en

(ii) daar aan alle ander voorskrifte voldoen is. (d) Die Registrateur behou die reg om ʼn kwalifikasiesertifikaat ongeldig te verklaar en ’n

persoon se naam van die konvokasie te skrap indien:

(i) die Universiteit ʼn wesenlike fout begaan het; of

(ii) die persoon se oneerlike optrede met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie later sou blyk (byvoorbeeld in geval van plagiaat, ensovoorts).

(e) Wanneer ʼn kwalifikasie in absentia toegeken word, moet die student vooraf reëlings tref vir

die pos van die sertifikaat, en die nodige posgeld betaal. (f) Waar ʼn oorspronklike kwalifikasiesertifikaat wegraak of beskadig word, sal die Registrateur

slegs ʼn gepaste sertifikaat met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie uitreik by ontvangs van ʼn skriftelike versoek, die betaling van die nodige gelde, en die indiening van die volgende dokumente en besonderhede saam met die aansoek:

(i) ʼn Beëdigde verklaring wat die versoek verduidelik (ii) ʼn Aanduiding van watter van op die oorspronklik uitgereikte sertifikaat

109

verskyn het – in geval van ʼn aansoek deur ʼn getroude persoon (iii) ʼn Gewaarmerkte afskrif van ʼn identiteitsdokument of paspoort

(g) Indien die naam van die student aan wie die kwalifikasie uitgereik is, verander, kan die

Registrateur ʼn gepaste sertifikaat uitreik, mits die nodige dokumente ter bevestiging van die verandering voorgelê word.

(h) ʼn Dekaansmedalje word in elk van die fakulteite toegeken aan ʼn geregistreerde

baccalaureushonneursstudent wat die hoogste beswaarde gemiddelde persentasie oor ál die studiejare behaal het, met dien verstande dat:

(i) die kwalifikasie met lof toegeken is en ʼn beswaarde gemiddelde van

minstens 80 persent (nie tot die volgende heelgetal afgerond nie) behaal is, welke gemiddelde bereken is op grond van die minimum getal modules wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word; en

(ii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal is nie, behalwe

om ʼn finale punt te verbeter; en (iii) die kwalifikasie voltooi is in die minimum residensiële tydperk wat in die UV

se programkwalifikasiestel (PQM) bepaal word. (i) ʼn Senaatsmedalje en -prys word toegeken aan daardie student wat ʼn Dekaansmedalje

ontvang en die hoogste beswaarde gemiddelde persentasie uit al die fakulteite behaal het.

Toeligting Uitslae wat ná die gepubliseerde datum in die Universiteitskalender ontvang word, kom nie vir die eerskomende gradeplegtigheid in aanmerking nie, maar sal tot die daaropvolgende gradeplegtigheid oorstaan.

Rig navrae oor verlore of beskadigde kwalifikasiesertifikate per e-pos aan: [email protected], of telefonies aan +27 51 401 3016 of +27 51 401 3083.

Die akademiese drag van die Universiteit is by die Universiteit se verskaffer geregistreer wat kleurskema en styl betref, en word by die Universiteit gehuur.

Alle kandidate by alle kampusse/sentrums kom vir die toekennings in aanmerking.

A56 INTELLEKTUELE EIENDOM (a) By gebrek aan ’n skriftelike ooreenkoms wat tussen die Universiteit en die student

aangegaan is en wat die teendeel bewys, sal die eienaarskap van intellektuele eiendom wat ’n student in die loop van en/of in verband met sy/haar studie aan die Universiteit ontwikkel, in alle opsigte in die Universiteit gesetel wees.

(b) Die outeur mag geen handeling uitvoer wat in artikel 6 van die Wet op Outeursreg, 1978,

vermeld word, of enige handeling wat te kenne gee dat enige publikasie of gedeelte daarvan deel uitgemaak het van ʼn navorsingsverslag waarvoor die Universiteit ʼn kwalifikasie toegeken het nie, behalwe met die betrokke dekaan se vooraf- skriftelike magtiging en onderworpe aan aanbeveling deur die akademiese departementshoof.

110 (c) Waar navorsingsresultate moontlik gekommersialiseer kan word, moet die dekaan vooraf

skriftelike toestemming verleen ná oorlegpleging met die aangewese Direkteur: Navorsingskommersialisering en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, om genoemde toestemming op die student se rekord aan te teken.

A57 PUBLIKASIE VAN ’N NAVORSINGSVERSLAG

Indien die dekaan voor of na die graad toegeken is, en ná oorlegpleging met die Registrateur en op aanbeveling van die akademiese departementshoof, skriftelike goedkeuring vir die publikasie van ʼn navorsingsverslag verleen, moet die volgende besonderhede op die titelblad vermeld word:

“Hierdie publikasie is gebaseer op navorsing wat onderneem is onder die studieleiding van ........... ter gedeeltelike/algehele voldoening aan die vereistes vir die kwalifikasie Baccalaureushonneurs ......... in die Fakulteit ......... aan die Universiteit van die Vrystaat, en word met die nodige goedkeuring gepubliseer.”

Indien die navorsingsverslag saam met ’n mede-outeur geskryf word, behoort die student se bydrae duidelik onderskei te word en moet die volgende besonderhede op die titelblad verskyn:

“Hierdie publikasie is gebaseer op navorsing wat onderneem en gesamentlik beskryf is deur ………………. en ………….., onder die studieleiding van ..........., ter gedeeltelike/algehele voldoening aan die vereistes vir die kwalifikasie Baccalaureushonneurs ......... in die Fakulteit …....... aan die Universiteit van die Vrystaat, en word met die nodige goedkeuring gepubliseer.”

A58 UITSLAGSTATE, AKADEMIESE REKORDS, STUDIEREKORDS , AMPTELIKE

VERKLARINGS, GEDRAGSERTIFIKATE EN AMPTELIKE EKSAMEN ROOSTERS

Die Registrateur reik amptelike dokumente soos eksamenuitslae, akademiese rekords, studierekords, gedragsertifikate, verklarings en eksamenroosters uit.

Toeligting ’n Student kan deur middel van die studenteportaal http://kovsielife.ufs.ac.za toegang verkry tot studierekords en ander dokumente wat nie vir amptelike gebruik benodig word en dus nie op ’n briefhoof van die Universiteit verskyn, onderteken is of die Universiteit se stempel dra nie. ’n Voorgeskrewe getal afskrifte van die student se akademiese rekord word jaarliks gratis aan die student uitgereik. Enige verdere akademiese rekord van die student sal slegs by die betaling van die vereiste gelde aan die student uitgereik word.

A59 VERSOEKE OP GROND VAN BUITENGEWONE OMSTANDIGHED E

Nieteenstaande die vereistes van die algemene en fakulteitsreëls, buiten waar die betrokke reëls statutêre voorskrifte bevat, kan ’n dekaan op grond van meriete en in oorleg met die Registrateur ’n besluit neem oor buitengewone gevalle wat skriftelike gemotiveer is (met stawende dokumente waar dit vereis word), of sulke gevalle vir arbitrasie na die Rektor verwys waar konsensus nie bereik kan word nie.

111 A60 DISSIPLINE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van dissipline.

(b) Die reëls van toepassing op dissipline word in bylae B hierby uiteengesit. A61 FINANSIëLE STEUN (a) Akademiese merietebeurse vir nagraadse studie wat toegeken word aan studente wat ʼn

kwalifikasie aan die Universiteit behaal het, word outomaties oorgeplaas na die studenterekeninge van geregistreerde studente wat vir genoemde beurse in aanmerking kom.

(b) Akademiese merietebeurse ten opsigte van studente van ander hoëronderwysinstellings

word slegs oorweeg by ontvangs van ʼn skriftelike aansoek wat vergesel is van ʼn studierekord en ’n bewys van gelde wat vir spesifieke modules in die onderskeie studiejare betaal is.

(c) Die Nagraadse Skool hanteer ook beurse, en inligting in hierdie verband is beskikbaar op

die webtuiste van die Universiteit. (d) Akademiese departementshoofde ken nagraadse fakulteitsbeurse in oorleg met die dekaan

toe.

Toeligting Inligting oor akademiese merietebeurse is beskikbaar by: Die Registrateur, Afdeling Finansiële Steun, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of op die Universiteit se webblad by http://kovsielife.ufs.ac.za onder die opskrif “Akademiese Lewe” en daarna die skakel “Finansiële Steun”.

A62 MODULE- EN LOKAALROOSTER EN EKSAMENROOSTER (a) ʼn Module- en lokaalrooster word jaarliks opgestel en gepubliseer op ʼn datum wat die Senaat

bepaal. Hierdie rooster, wat die kurrikulums in ag neem, is gebaseer op die modules wat die departemente aanbied en wat op die rekenaarnetwerk vasgelê is.

(b) Eksamenroosters wat in ag neem vir watter modules studente geregistreer is, word twee

keer per jaar opgestel en gepubliseer – vir die halfjaareksamen en vir die jaareindeksamen. Sodra die eksamenrooster gepubliseer is, is dit die enigste amptelike rooster. Akademiese departemente kan in buitengewone gevalle en binne die aangeduide sperdatums vir terugvoering wysigings aan die eksamenrooster aanvra en aan die hoof van die Afdeling Akademiese Roosters en Lokale voorlê, mits die wysigings wat versoek word, nie botsings tot gevolg het nie.

(c) (i) Indien ʼn student ʼn module- en lokaalroosterbotsing ervaar omdat twee of

meer modules in dieselfde tydgleuf geskeduleer is, kan ʼn aanpassing slegs gemaak word met inagneming van die totale skeduleringsproses, wat insluit die eksamenrooster, die student se akademiese rekord, en die moontlikheid om alternatiewe modules te volg, veral ten opsigte van modules wat gedruip is.

112

(ii) Waar ʼn aanpassing van die eksamenrooster nie moontlik is nie, kan ʼn

spesiale reëling met betrekking tot die aflê van die eksamen met die student getref word.

(d) Alle modules wat vir eksamendoeleindes geskeduleer is, word in die amptelike

eksamenlokale geskeduleer, buiten nie-kampusmodules, waarvoor die lokaal aangedui word as “sentrum waar klasse bygewoon is”. Die hoof van die Afdeling Akademiese Roosters en Lokale kan versoek word om ’n departementele lokaal as ’n eksamenlokaal op die eksamenrooster toe te ken in gevalle waar daar geen bepaalde lokaalvoorskrifte is nie en studentegetalle nie 30 studente oorskry nie.

Toeligting Botsings op die module- en lokaalrooster en/of die eksamenrooster moet op die voorgeskrewe vorm by die Registrateur: Afdeling Akademiese Roosters en Lokale aangemeld word. Die module- en lokaalrooster en eksamenrooster is beskikbaar op die Universiteit se webblad: “Studente” – “Amptelike Roosters” (http://www.ufs.ac.za/af/adhok-blaaie/vinnige-skakels/amptelike-roosters). Indien ’n student ’n module/modules gedruip het, is dit nie altyd moontlik om die roosters aan te pas nie en sal die student sy/haar kurrikulum moet wysig. Waar ’n student geen modules gedruip het nie en sy/haar kurrikulum in ooreenstemming met die kurrikulumvereistes saamgestel het, sal ’n spesiale reëling met met betrekking tot die aflê van die eksamen met die student getref word.

A63 INWONING IN KAMPUSBEHUISING (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls oor inwoning in

kampusbehuising. (b) ʼn Persoon se plasing in kampusbehuising is onderworpe aan sy/haar toelating tot ’n

akademiese kwalifikasie aan die Universiteit. (c) Plasing geskied met behoorlike inagneming van diversiteitsdoelwitte, wat insluit akademiese

prestasie, leierskap, kulturele aktiwiteite, sportprestasies, rassediversiteit en geslag. (d) Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan inwoners se

persoonlike besittings nie. (e) Vir doeleindes van inspeksie, herstelwerk en skoonmaak behou die Universiteit die reg van

toegang tot enige kamer, met behoorlike inagneming van die inwoner se reg op privaatheid. A63.1 Aansoek om inwoning in kampusbehuising (a) ʼn Persoon wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn student wat

sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die Universiteit jaarliks bepaal, om inwoning in kampusbehuising aansoek doen.

113 (b) ʼn Student wat reeds aan die Universiteit studeer en om inwoning in kampusbehuising

aansoek doen, moet die voorgeskrewe aansoekvorm by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede invul.

(c) ʼn Residensiële student moet jaarliks op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die

Universiteit jaarliks bepaal, opnuut om inwoning in kampusbehuising aansoek doen. (d) Die Universiteit verwerk slegs volledig voltooide aansoeke. A63.2 Toekenning en hertoekenning van kampusbehuisi ng

Die voorskrifte en prosedures wat die toepaslike komitee van die Universiteit goedgekeur het, geld vir die aanvanklike toekenning en hertoekenning van kampusbehuising, en is beskikbaar by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede.

A63.3 Kansellasie van inwoning in kampusbehuising

Skriftelike kennis van die kansellasie van inwoning moet ooreenkomstig die vereistes aan die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede gegee word.

A64 BETAALBARE GELDE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met betrekking

tot betaalbare gelde. (b) Dit is die student se verantwoordelikheid om die Universiteit op hoogte te hou van sy/haar

korrekte kontakbesonderhede. (c) Klasgeld en betaalbare gelde vir kampusbehuising word per semester bereken en is op die

volgende datums betaalbaar, ongeag of ’n rekeningstaat ontvang is of nie:

Betaaldatums vir Suid-Afrikaanse studente:

Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 31 Augustus . Betaaldatums vir internasionale studente:

Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 30 Junie , ongeag enige ander datum wat dalk op rekeningstate verskyn. Indien betalings nie teen die sperdatums gemaak word nie: • sal rente op alle agterstallige rekeninge gehef word teen die primabankkoers van

ABSA Bank +2%; • sal alle akademiese rekords vir die kontraktuele tydperk van wanbetaling teruggehou

word; en • sal internasionale studente wat op 1 Julie uitstaande gelde het, nie toegelaat word om

hulle studie in die tweede semester voort te sit nie.

(d) Behalwe waar ʼn reël anders bepaal, is alle ander gelde betaalbaar teen nie later nie as die einde van die maand ná die maand waarin die transaksie plaasgevind het, soos wat die rekeningstaat aandui.

114 (e) Versuim om ʼn rekening teen die aangewese betaaldatums te vereffen, verleen aan die

Universiteit die reg om, afgesien van die uitoefening van enige ander regte, rente op die verskuldigde bedrae te hef teen die maksimum koerse waarvoor die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 voorsiening maak.

(f) Indien ʼn student versuim om sy/haar rekening te vereffen, kan die Universiteit ook, afgesien

van enige ander regte, die rekening, met inbegrip van die invorderingsgelde, vir invordering aan ʼn prokureur oorhandig.

(g) Indien ʼn student in die betaling van ʼn rekening met meer as die voorgeskrewe bedrag

agterstallig is, kan dit daartoe lei dat eksamenantwoordstelle nie nagesien word of eksamenuitslae nie bekend gemaak word nie en/of dat amptelike dokumente (soos studierekords en gedragsertifikate) nie uitgereik word nie.

(h) Gelde moet ten volle vereffen word, ongeag of:

(i) dienste ontwrig word deur stakings, studenteboikotte, openbare onrus of enige ander ontwrigtings op enige van die kampusse of by enige van die sentrums, of weens enige ander omstandighede buite die Universiteit se beheer;

(ii) ʼn student as gevolg van die toepassing van enige institusionele reël nie sy/haar studie mag voortsit nie.

(i) (i) ʼn Internasionale student moet:

(aa) voor registrasie ʼn nie-terugbetaalbare administratiewe heffing betaal;

(bb) bewyse voorlê dat hy/sy oor die nodige middele beskik om die verskuldigde gelde teen die betaaldatums te betaal;

(cc) die bepaalde moduleprys plus 50 persent betaal. (ii) Studente van lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap

(SAOG) word vrygestel van die bepaling oor die bykomende 50 persent. (j) Verjaarde skuld: Fooie vir die akademiese jaar is vooruitbetaalbaar. ’n Student wat voorheen as ’n student van die UV geregistreer was en wat versuim het om

uitstaande fooie te betaal, sal nie toegelaat word om te registreer nie tensy fooie vir die jaar vooruitbetaal word. Dit sluit studente in wie se skuld verjaar het. Indien ’n student meen dat daar voldoende gronde bestaan om hom/haar van hierdie vereiste vry te stel, moet so ’n student skriftelik appèl aanteken by die Senior Direkteur: Finansies, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

115

Toeligting Ete- en boekegelde kan vooraf in aparte rekeninge inbetaal word, waarna dit na die student se studentekaart oorgeplaas sal word om aankope te doen.

Betalings kan soos volg gemaak word:

(i) ABSA Bank

Universiteit van die Vrystaat Takkode 630734 Rekeningnommer 1570151688, met die volgende verwysingsnommer:

• Betalings vir klasgeld en inwoning in kampusbehuising: 100, met die studentenommer wat direk daarop volg

• Betalings vir etes: 101, met die studentenommer wat direk daarop volg

• Betalings vir boeke: 102, met die studentenommer wat direk daarop volg

(ii) Internet

Registreer die Universiteit as ’n begunstigde. Gebruik die ABSA-bankbesonderhede hierbo.

(iii) Aanlyn kredietkaartbetalings

Webadres: http://.kovsielife.ufs.ac.za

(iv) Kassiere: Thakanengbrug

(v) Samba

Samba-kaartbetalings kan by die kassiere op die Th akanengbrug gemaak word.

Maandae tot Vrydae 08:30-14:30

(vi) Poskantoor

Enige tak Verwysingsnommer: Studentenommer

Faks bewys van betaling na: +27 51 401 3579

A65 INLIGTINGSKOMMUNIKASIE EN -TEGNOLOGIE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met betrekking

tot inligtingskommunikasie en -tegnologie. (b) Die beleide oor inligtingskommunikasie en -tegnologie is op die Universiteit se webwerf

beskikbaar, en dit is die student se verantwoordelikheid om hom/haar van genoemde beleide te vergewis. Die misbruik van die Universiteit se inligtingstelsels kan dissiplinêre optrede teen ʼn student tot gevolg hê.

A66 – A69 Vir moontlike verdere toevoegings

116

ALGEMENE REËLS VIR MAGISTERGRADE (NKR-UITTREEVLAK 9 ) A70 Algemene reëls ... ... ... ... ... ... ... 117

A71 Aansoek om toelating ... ... ... ... ... ... ... 117

A72 Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ’n magistergraad ... ... 119

A73 Voorlegging van dokumente om as student te registreer … … ... 122

A74 Aanbiedingsmodus ... ... ... ... ... ... ... 123

A75 Vereistes ten opsigte van ‘n navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of ‘n kursusmagisterminiverhandeling ... ... ... ... ... ... 124

A76 Duur van studie en die samestelling van ’n kurrikulum ... ... ... ... 125

A77 Registrasie en herregistrasie as student ... ... ... ... ... 126

A78 Registrasie van navorsingstitels en wysiging van ’n navorsingstitel ... ... 130

A79 Studieleier(s) en medestudieleier(s) ... ... ... ... ... ... 131

A80 Eksaminatore en moderatore ... ... ... ... ... ... 131

A81 Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of verskuiwing na ’n ander Universiteitskampus/-sentrum ... ... ... ... ... 132

A82 Kredietakkumulasie en –oordrag ... ... ... ... ... ... 133

A83 Assesseringsreëls ... ... ... ... ... ... ... 134

A84 Kwalifikasie met lof ... ... ... ... ... ... ... 146

A85 Kwalifikasiesertifikate en Dekaaans- en Senaatsmedaljes ... ... ... 146

A86 Intellektuele eiendom ... ... ... ... ... ... ... 148

A87 Publikasie van ‘n navorsingsmagisterverhandeling of ‘n kursusmagister- miniverhandeling ... ... ... ... ... ... ... ... 148

A88 Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings,

gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters ... ... ... ... 148

A89 Versoeke op grond van buitengewone omstandighede ... ... ... 149

A90 Dissipline ... ... ... ... ... ... ... ... ... 149

A91 Finansiële steun ... ... ... ... ... ... ... ... 149

A92 Module- en lokaalrooster en eksamenrooster ... ... ... ... 150

A93 Inwoning in kampusbehuising ... ... ... ... ... ... 150

A94 Betaalbare gelde ... ... ... ... ... ... ... ... 151

A95 Inligtingskommunikasie en –tegnologie ... ... ... ... ... 153

A96–A99 Vir moontlike verdere toevoegings … … … … … 153

117

ALGEMENE REËLS VIR MAGISTERGRADE (NKR-UITTREEVLAK 9 ) A70 ALGEMENE REËLS (a) Elke student is persoonlik daarvoor verantwoordelik om op hoogte van die algemene en

fakulteitsreëls te wees en daaraan te voldoen.

(b) ʼn Geregistreerde of voornemende student ontvang nie bloot op grond van ʼn foutiewe mededeling oor die inhoud van algemene en fakulteitsreëls vrystelling van sodanige reëls nie. Die Registrateur kan egter wél op grond van ʼn omvattende skriftelike motivering vrystelling verleen.

(c) By registrasie onderwerp ʼn student hom/haar aan die algemene en fakulteitsreëls, soos dit van tyd tot tyd gewysig kan word.

(d) Daar sal aangeneem word dat alle ooreenkomste tussen die student en die Universiteit rakende toelating en/of registrasie en/of kampusinwoning in Bloemfontein aangegaan is, ongeag die werklike plek van ondertekening deur enige van die partye.

Toeligting

Tensy die teendeel uit die konteks blyk, sluit die enkelvoud ook die meervoud in, en omgekeerd. Vir doeleindes van die uitleg en toepassing van ’n reël, word die Afrikaanse en Engelse tekste van reëls as gelykwaardig geag, ongeag of dit ’n vertaalde of oorspronklike weergawe is. Die Afrikaanse en Engelse tekste van ’n reël moet in samehang gelees word ten einde die betekenis daarvan vas te stel. In geval van onversoenbare teenstrydigheid tussen die tekste, word voorrang gegee aan die weergawe wat die beste voldoen aan die oogmerk van die bepaling, soos wat uit Senaats- en Raadsnotules en ander toelaatbare bronne vasgestel kan word.

A71 AANSOEK OM TOELATING (a) Voordat ʼn persoon amptelik op die voorgeskrewe vorm om toelating tot ʼn magistergraad

aansoek doen, moet die voornemende student die aangewese programdirekteur en/of akademiese departementshoof van die vakrigting waarin die studie onderneem sal word, nader om die volgende op te klaar:

(i) Of die departement wél oor die spesifieke gespesialiseerde kundigheid en

navorsingshulpbronne beskik om die voorgestelde studie te onderneem

(ii) Of die departement wél oor die nodige personeel- en fisiese vermoë beskik om studieleiding te bied en/of ander persone van buite die Universiteit te betrek

(iii) Of die aansoek direk by die betrokke departement, by die Qwaqwa-kampus of by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede ingedien moet word

(iv) Of die aansoek onderworpe is aan keuring

(v) Die aanbiedingsmodus en assesseringsmetode

(vi) Die akademiese voorvereistes waaraan daar voldoen moet word.

118 (b) ʼn Aansoek om toelating tot die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA) moet gerig word

aan: Die Registrateur, Kantoor van die Direkteur: Sakeskool. (c) Sodra goedkeuring verleen is vir die indiening van ’n amptelike aansoek, moet ’n

voornemende student wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, of ’n student wat sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe vorm, vergesel van die vereiste dokumente (toestemmingsbrief van die programdirekteur of akademiese departementshoof, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasiesertifikate, studierekords en gedragsertifikate, ensovoorts).

(d) Indien ʼn persoon ʼn magistergraad in die vorm van ʼn navorsingsmagisterverhandeling of

twee onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels aanbied, kan hy/sy – met inagneming van die subsidieriglyne – in enige stadium gedurende die akademiese jaar om toelating aansoek doen. Indien eksamens egter afgelê moet word, moet die persoon voor die aanvang van die akademiese jaar en die afsluiting van die registrasieproses om toelating aansoek doen. Indien ’n student die navorsingsverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ná die vasgestelde spertyd indien, sal die studentegelde proporsioneel aangepas word. Die akademiese jaar waarin die graad toegeken word, bepaal die fooie wat gehef word en betaalbaar is:

(i) Indien die graad betyds toegeken word sodat die student by die Julie-gradeplegtigheid

kan gradueer, betaal die student geen fooie vir daardie jaar nie. (ii) Indien die graad nie betyds vir die Julie-gradeplegtigheid toegeken word nie, maar wel

betyds vir die Desember-gradeplegtigheid, betaal die student die registrasiefooi plus 50% van die klasgeld vir die eerste semester.

(iii) Indien die graad nie in die betrokke akademiese jaar toegeken word nie, betaal die student vir die volle jaar.

(e) Die Registrateur sal slegs op grond van gemotiveerde, skriftelike voorleggings oorweging

skenk aan aansoeke om toelating tot hierdie Universiteit deur studente van ander hoëronderwysinstellings wat voortgesette toelating tot daardie instellings geweier is.

(f) Die Universiteit sal alle aansoeke wat ontvang word, verwerk, in weerwil daarvan dat

aansoeke dalk onvolledig kan wees, met dien verstande dat die datum van ontvangs van ’n onvolledige aansoek nie vir keuringsprogramme, plasing in kampusbehuising of finansiële steun gebruik sal word nie.

Toeligting

Rig navrae aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210, of e-pos [email protected]. Rig telefoniese navrae soos volg:

• Fakulteit Geesteswetenskappe en Fakulteit Gesondheidswetenskappe: +27 51 401 2345 of +27 51 401 3459

• Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakulteit Regsgeleerdheid en Fakulteit Teologie: +27 51 401 3365 of +27 51 401 9863

• Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Fakulteit Opvoedkunde: +27 51 401 3597 of +27 51 401 3659

Rig navrae en aansoeke met betrekking tot die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA) aan: Die Kantoor van die Direkteur, Sakeskool, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of e-pos http//www.ufs.ac.za/bus, of telefoon +27 51 401 2874, of faks 086 655 8044.

119

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir aansoek om toelating tot ’n magistergraad deur ’n geregistreerde student aan die Universiteit moet ingevul word en is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede. Dit moet by dieselfde kantoor ingedien word sodra die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof die aansoek om toelating goedgekeur het. Die datum waarop hetsy die ontbrekende inligting of dokumente van ’n onvolledige aansoek ontvang word, sal beskou word as die datum waarop die UV die aansoek ontvang het.

A72 TOELATING OF HERTOELATING TOT DIE UNIVERSITEIT EN TOT ’N MAGISTERGRAAD

A72.1 Toelating (a) Om tot ʼn magistergraad toegelaat te word, moet ʼn persoon:

(i) reeds oor ’n tersaaklike nagraadse diploma, of ’n tersaaklike baccalaureushonneursgraad, of ’n tersaaklike baccalaureusgraad op NKR-vlak 8 (wat uitsluit ’n vier jaar lange, 480-krediet- professioneel gerigte BEd-graad of ’n BTech-graad, wat deur ’n Honneursgraad in die Onderwys gevolg moet word) beskik; en

(ii) ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 60 persent (nie tot die volgende heelgetal

afgerond nie) behaal het, of op grond van buitengewone omstandighede, op aanbeveling van die akademiese departementshoof en met die betrokke fakulteitsraad se goedkeuring ’n punt behaal het vir die baccalaureushonneursgraad of vir die modules (op die hoogste NKR-vlak) wat aangebied is vir die vier jaar lange professioneel gerigte baccalaureusgraad in die vakrigting waarin hy/sy wil voortgaan; en

(iii) voldoen aan enige ander vereistes wat die betrokke fakulteitsraad goedkeur, met dien

verstande dat ʼn persoon ook tot ʼn magistergraad toegelaat kan word: (aa) met die dekaan se toestemming, op aanbeveling van die programdirekteur of die

akademiese departementshoof, en in oorleg met die Registrateur, op grond van ʼn kwalifikasie/kwalifikasies wat hulle as gelykstaande met ʼn vier jaar lange professioneel gerigte baccalaureusgraad en/of ʼn baccalaureushonneursgraad beskou; of

(bb) met die goedkeuring van die dekaan van die fakulteit, op aanbeveling van die

programdirekteur of die akademiese departementshoof, en met kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat, op grond van ʼn vaardigheidstandaard wat deur middel van EVL bepaal word en wat vir die doeleindes van magistergraadstudie as toereikend beskou word.

(iv) Die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof kan ook van ʼn persoon

vereis om ʼn mondelinge en/of skriftelike eksamen af te lê en/of hom/haar aan ʼn onderhoud te onderwerp voordat toelating tot magistergraadstudie verleen kan word.

(b) Vir toelating tot die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA) moet ʼn persoon voldoen aan

die vereistes wat die fakulteitsraad aanbeveel en deur die Uitvoerende Komitee van die

120

Senaat goedgekeur is.

(c) (i) Benewens bostaande vereistes wat vir toelating tot alle magistergrade geld, kan die dekaan, op aanbeveling van die programdirekteur of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, van ʼn persoon vereis om sekere bykomende modules voor toelating of voor die toekenning van die kwalifikasie te voltooi.

(ii) Besluitnemingsbevoegdheid op die Qwaqwa-kampus is gesetel in die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, in oorleg met die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

(iii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring

in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(d) Die Uitvoerende Komitee van die Senaat kan op grond van ʼn gemotiveerde skriftelike aansoek, gebaseer op buitengewone omstandighede, en op aanbeveling van die dekaan en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, toestemming verleen dat ’n student wat hetsy ’n vier jaar lange professioneel gerigte baccalaureusgraad en/of ’n baccalaureushonneursgraad in een fakulteit verwerf het, vir ʼn magistergraad in ʼn ander fakulteit registreer. Studente van enige fakulteit kan vir die Magistergraad in Hoër Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde registreer.

(e) (i) Wat ’n student op die Qwaqwa-kampus betref, kan die dekaan in uitsonderlike

gevalle, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof of die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, genoemde student toelaat tot ’n enkele module vir die maksimum getal krediete wat normaalweg aan ’n magistermodule toegeken word, of tot meer as een module ingeval die getal krediete daardie maksimum oorskry, benewens die modules wat voorgeskryf word, mits dit as aanvullend tot die bepaalde studieprogram beskou word en die student oor voldoende kennis van die dissipline beskik om toelating tot die module(s) te regverdig.

(ii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring

in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(f) Die verantwoordelikheid om toe te sien dat ʼn persoon aan die nodige toelatingsvereistes voldoen, berus by: (i) die betrokke programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en by die

Kampusvisehoof: Akademies wat die Qwaqwa-kampus betref; (ii) die direkteur van die Sakeskool ten opsigte van die Magister in

Besigheidsadministrasie (MBA).

A72.2 Progressiereël ten opsigte van nagraadse stud ente (van toepassing op alle programme vanaf 2014)

(a) Studente wat tot nagraadse programme toegelaat word, moet alle modules slaag waarvoor

hulle in ʼn bepaalde studiejaar geregistreer is. ʼn Student sal normaalweg net toegelaat word om met ’n program voort te gaan indien hy/sy ten minste 75% van die vereiste modules en/of die miniverhandeling in ʼn akademiese jaar slaag.

121 A72.3 Hertoelating op grond van akademiese vorderin g

(a) Waar ’n bepaalde navorsingsprotokol vereis dat die student data insamel oor ’n tydperk wat hetsy die normale minimum tydperk in die UV se programkwalifikasiestel (PQM) of die maksimum tydperk op grond van navorsing oorskry, moet dit voor die aanvang van die studie bepaal en oor ooreengekom word. Indien ’n student nog nie die magistergraad na die minimum studietydperk verwerf het nie, kan hy/sy die studie slegs voortsit met die studieleier/promotor en/of akademiese departementshoof en die dekaan van die fakulteit se goedkeuring, wat deur die fakulteitsraad bekragtig moet word. Die finale besluit berus dus by die fakulteit.

(b) (i) ʼn Student wat reeds twee keer vir ʼn betrokke module (vraestel/praktiese werk [kursusmagisterverhandeling of -miniverhandeling]) geregistreer het en nog nie aan die slaagvereistes voldoen nie, sal slegs op grond van buitengewone meriete, met die goedkeuring van die dekaan, op aanbeveling van die programdirekteur of die akademiese departementshoof, of die direkteur van die Sakeskool ten opsigte van die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA), en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, een verdere geleentheid ontvang om weer vir die module te registreer.

(ii) Wat betref ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, verleen die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus goedkeuring, in oorleg met die akademiese departementshoof, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

(c) ’n Student wat vir ’n navorsingsmagistergraad geregistreer is en met die toestemming van die dekaan van die fakulteit sy/haar studie voor die laaste datum vir herregistrasie in daardie jaar vir ’n tydperk van hoogstens een (1) jaar onderbreek, sal in die daaropvolgende jaar toegelaat word om te registreer sonder om weer om toelating aansoek te doen. Indien die student versuim om in die daaropvolgende jaar te registreer, sal hy/sy van voor af om toelating moet aansoek doen, en sal enige tydperk(e) waartydens hy/sy nié vir die kwalifikasie geregistreer was nie, ingesluit word wanneer sy/haar residensiële tydperk bereken word. Die jaar waarin die dekaan die versoek om onderbreking goedgekeur het, word nie by sodanige berekening ingesluit nie. Aansoeke om onderbreking moet skriftelik aan die dekaan voorgelê word vir ’n besluit.

(d) Indien die studie nie na die minimum studietydperk in die UV se programkwalifikasiestel (PQM) plus een jaar vir magisterstudente voltooi is nie, moet omvattende redes vir verdere registrasie aan die studieleier voorgelê word. Die dekaan kan in oorleg met die departementshoof en studieleier ’n verlenging van die studie goedkeur.

(e) Versuim om ’n verhandeling hetsy aan die einde van die gewone tydperk of (indien die dekaan ’n verlenging formeel goedgekeur het) die verlengde tydperk in te dien, sal daartoe lei dat die Universiteit die registrasie outomaties ongeldig verklaar.

Toeligting

Toelating op grond van ’n vaardigheidstandaard word ingevolge die beleid oor EVL hanteer.

Rig navrae oor toelating op grond van EVL aan: http://www.ufs.ac.za/rpl, of [email protected], of telefoon +27 51 401 7326/7327/7357, of faks 086 729 0554/086 665 2554.

122

A73 VOORLEGGING VAN DOKUMENTE OM AS STUDENT TE REGI STREER (a) ʼn Student:

(i) wat vir die eerste keer aan die Universiteit registreer, moet sy/haar voorgeskrewe

aansoekvorm indien, en ʼn gewaarmerkte afskrif van die kwalifikasie(s) op grond waarvan toelating tot die magistergraad verleen is daarby insluit;

(ii) wat voorheen aan ʼn ander hoëronderwysinstelling studeer het, moet gedurende die

aansoekproses ʼn oorspronklike studierekord en gedragsertifikaat van die vorige hoëronderwysinstelling(s) indien.

(b) Gewaarmerkte afskrifte moet ook gedurende die registrasieproses beskikbaar wees. (c) ʼn Internasionale student wat nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie en nie oor ʼn permanente

verblyfpermit beskik nie, moet: (i) ʼn studiepermit wat die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake ten

gunste van die Universiteit van die Vrystaat uitgereik het, by die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede indien;

(ii) voldoen aan al die vereistes van die Immigrasiewet en die regulasies wat ingevolge

daarvan uitgereik is; (iii) by SAKO aansoek doen vir ’n evaluering van die buitelandse kwalifikasies wat die

student voor sy/haar aansoek om registrasie by die UV verwerf het. Die evaluering en stawing van buitelandse kwalifikasies sluit in die bevestiging van die status van instellings en die kwalifikasies wat hulle aanbied; ’n ondersoek na die egtheid van kwalifikasiedokumente, en bevestiging dat dit inderdaad aan individue toegeken is, en ’n vergelyking tussen buitelandse en Suid-Afrikaanse kwalifikasies, gedagtig aan die struktuur en uitkomste van buitelandse kwalifikasies, om dit binne die Suid-Afrikaanse NKR te kan plaas (SAKO-aansoekriglyne en -vorm, Maart 2014, op grond van artikel 13(1)(m) van die Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) 67 van 2008), met inbegrip van nie-residensiële internasionale studente.

Toeligting Gewaarmerkte afskrifte word slegs aanvaar indien die volgende inligting oor die kommissaris van ede duidelik leesbaar is op die dokument:

(i) Die volle naam en van (ii) Die pos wat hy/sy beklee (iii) Die plek waar die gewaarmerkte afskrif onderteken is (iv) Die datum waarop die gewaarmerkte afskrif onderteken is (v) Die sakeadres (vi) Die handtekening

Gedragsertifikate moet endossemente bevat oor die persoon se gedrag en sy/haar finansiële omstandighede op die datum van uitreiking van die sertifikaat.

Stuur die vereiste dokumente met betrekking tot kwalifikasies wat op die Bloemfontein-kampus aangebied word aan die betrokke programdirekteur of die akademiese departementshoof, of aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210.

123

Stuur dokumente met betrekking tot die MBA aan: Die Registrateur, Kantoor van die Direkteur: Sakeskool, Posbus 339 of Interne Posbus 17, Bloemfontein 9300, of faks 086 655 8044.

Stuur dokumente met betrekking tot kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word aan: Die Registrateur, Kantoor van die Kampushoof, Universiteit van die Vrystaat, Privaat Sak X3, Phuthaditjhaba 9866, telefoon +27 58 718 5011/2.

Internasionale studente moet daarop let dat nóg ’n hospitaalplanpolis nóg ’n reisversekeringsplan as alternatief vir ’n mediese fonds aanvaar sal word.

Om aansoek te doen om ’n studiepermit, moet ’n skrywe van die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede wat toelating tot die Universiteit bevestig, die aansoek vergesel.

Alle Suid-Afrikaanse studente moes ’n minimum prestasievlak van 4 (50%-59%) in die gekose UV-onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het.

Internasionale studente (buiten studente wat hulle skoolonderrig in die UV-onderrigtaal ontvang het) moet bewys van taalvaardigheid lewer.

A74 AANBIEDINGSMODUS (a) (i) Daar is twee soorte magistergrade, naamlik ’n algemene magistergraad en ’n

professionele magistergraad. (ii) Daar is twee soorte algemene magistergrade: ’n navorsingsmagistergraad met ’n

verhandeling, of ’n navorsingsmagistergraad met kursuswerk en ’n verhandeling. Albei variante moet ʼn wesenlike navorsingskomponent in die vorm van ʼn aparte navorsingsprojek insluit.

(iii) Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van ’n algemene magistergraad is soos

volg: (aa) Magistergraad met ’n verhandeling (180 krediete se navorsing): ’n Enkele

gevorderde navorsingsprojek wat uitloop op die lewering en aanvaarding van ’n verhandeling of ander vorme van navorsing, soos wat hieronder aangedui word.*

(bb) Magistergraad met kursuswerk en ’n miniverhandeling (ten minste 60 krediete se

navorsing): ’n Kursuswerkprogram wat ’n hoë vlak van teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid vereis, en in sommige gevalle ook die bewese vermoë om kennis met ’n verskeidenheid kontekste in verband te bring met die oog op die professionele praktyk. Daarbenewens moet hierdie soort algemene magistergraad ’n navorsingsprojek insluit wat uit ’n minimum van 60 krediete op NKR-uittreevlak 9 bestaan, en wat uitloop op die aanvaarding van ’n miniverhandeling of ander vorme van navorsing, soos wat hieronder aangedui word.*

(cc) Benewens ’n verhandeling, kan ’n algemene magistergraad die vorm aanneem

van ’n tegniese verslag, een of meer kreatiewe uitvoerings of werke, of verskeie onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of ander navorsingsekwivalente uitsette.

(iv) Die vereistes vir die suksesvolle voltooiing van ’n professionele magistergraad is soos volg:

(aa) Suksesvolle voltooiing van ’n kursuswerkprogram wat ’n hoë vlak van

124

teoretiese studie en intellektuele onafhanklikheid vereis, sowel as die bewese vermoë om kennis op die oplossing van komplekse probleme op toepaslike gebiede van professionele praktyk toe te pas.

(bb) ’n Professionele magistergraad moet ’n onafhanklike studiekomponent insluit,

wat uit minstens ’n kwart van die totale getal krediete bestaan en op NKR-vlak 9 moet wees, synde hetsy ’n enkele navorsings- of tegniese projek of ’n verskeidenheid kleiner projekte wat innovasie of professionele kundigheid toon.

(v) In ooreenstemming met die bepalings van ’n fakulteitsraad wat in die fakulteitsreëls vervat

is, kan ’n magistergraad volgens een van die volgende opsies aangebied word (onderworpe aan die standaardprosedures vir fakulteitsgoedkeuring vir alle soorte titels in die navorsingskomponent):

(aa) die indiening van ʼn navorsingsmagisterverhandeling (minimum van 180

krediete); of (bb) die suksesvolle voltooiing van kursuswerk en die indiening van ’n

miniverhandeling (minimum van 60 krediete, en minimum van 180 krediete altesaam); of

(cc) die indiening van twee onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/manuskripte van gepubliseerde vaktydskrifartikels/gepubliseerde artikels (minimum van 180 krediete).

(b) ʼn Magistergraad kan ook gedeeltelik (ten minste 50 persent) aan die Universiteit voltooi

word, en die oorblywende gedeelte aan ʼn universiteit in die buiteland met wie die UV ʼn amptelike ooreenkoms in dié verband gesluit het.

(c) Ongeag die aanbiedingsmodus, moet die standaard van die uitkomste met die vereistes van

die vlak 9-beskrywers van die Hoëronderwyskwalifikasie-subraamwerk ooreenstem. A75 VEREISTES TEN OPSIGTE VAN ’N NAVORSINGSMAGISTER VERHANDELING OF

ONDERLING VERWANTE, PUBLISEERBARE MANUSKRIPTE/GEPUB LISEERDE ARTIKELS OF ’N KURSUSMAGISTERMINIVERHANDELING

(a) Die uitstaande kenmerk van hierdie bepaalde kwalifikasie is dat ʼn persoon ʼn gevorderde

bydrae tot die ontwikkeling van kennis moet lewer. (b) Die volgende vereistes word vir hierdie studie gestel:

(i) ʼn Navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels word onder leiding van ʼn studieleier of ʼn studieleier en ʼn medestudieleier/medestudieleiers geskryf (minimum van 180 krediete op NKR-uittreevlak 9).

(ii) ʼn Kursusmagisterminiverhandeling word onder leiding van ʼn studieleier of ʼn studieleier en ʼn medestudieleier/medestudieleiers geskryf (minimum van 60 krediete).

(c) Geen navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of miniverhandeling mag werk bevat wat identies is aan werk wat ʼn student voorheen vir ʼn kwalifikasie aangebied het nie.

125 (d) Die vereistes met betrekking tot ’n magistergraad is soos volg:

(i) ’n Magister met kursuswerk behels ’n miniverhandeling of ’n publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel in plaas van ’n miniverhandeling (ten minste 60 krediete se navorsing).

(ii) In geval van ’n uitsonderlike magisterstudent met ’n bewese navorsingsvermoë, kan ’n student kies om ’n publiseerbare manuskrip in te dien.

(iii) ’n Magister met navorsingswerk behels ’n verhandeling of twee onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels (180 krediete se navorsing).

(iv) Die navorsingswerk wat die student verrig, moet ’n inleiding en ’n gevolgtrekking insluit.

A76 DUUR VAN STUDIE EN DIE SAMESTELLING VAN ’N KURR IKULUM (a) Nadat hy/sy die kwalifikasie met betrekking waartoe toelating verleen is, verwerf het, moet ʼn

magisterstudent vir minstens een jaar (twee semesters), of ooreenkomstig die bepalings van die fakulteitsraad en ingevolge die betrokke fakulteitsreëls, aan die Universiteit geregistreer wees.

(b) Behalwe waar die Raad (via die Senaat) nuwe reëls in werking stel wat onmiddellik van krag

is, kan ʼn student ten opsigte van ’n magistergraad slegs vir die minimum toegelate tydperk vir daardie kwalifikasie registreer, plus een verdere jaar, welke tweede tydperk direk op die eerste volg, en moet die student sy/haar studie vir daardie bepaalde kwalifikasie voltooi volgens die reëls wat ten tyde van eerste registrasie van toepassing was.

(c) (i) ʼn Student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, of ʼn student van hierdie Universiteit

wat sy/haar studie vir ʼn jaar of langer onderbreek of van kwalifikasie verander, bly onderworpe aan die algemene en fakulteitsreëls wat ten tyde van die nuwe registrasie geld, behalwe met die goedkeuring van die dekaan van die betrokke fakulteit ten opsigte van die fakulteitsreëls, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) In geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, kan goedkeuring met

betrekking tot die fakulteitsreëls verleen word deur die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, in oorleg met die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof. Wat die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA) betref, verleen die direkteur van die Sakeskool goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

(d) Indien ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels of ʼn kursusmagisterminiverhandeling afgekeur word en die student daarna opnuut vir die magistergraad registreer, neem die fakulteitsraad ’n ad hoc-besluit oor die studietydperk. Skriftelike kennisgewing van die besluit word aan die Registrateur, of in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, gestuur.

(e) (i) Onderworpe aan ʼn student se akademiese prestasie, kan ʼn dekaan, met skriftelike

kennisgewing aan die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en Registrateur, ʼn student toelaat om vir bykomende modules tot ʼn maksimum van 32 krediete te registreer, mits die student aan die toelatingsvereistes voldoen.

126

(ii) In geval van kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, verleen die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en die toepaslike dekaan.

(iii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(f) ʼn Student moet ’n kurrikulum saamstel volgens die module- en lokaalrooster, die

eksamenrooster en die modulevereistes wat die betrokke fakulteitsraad goedgekeur het, en wel in oorleg met die betrokke programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, of in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, of in geval van die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA), die direkteur van die Sakeskool.

A77 REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE AS STUDENT A77.1 Keuring vir registrasie (a) ’n Persoon wat in aanmerking kom om vir ’n magistergraad met ’n verhandeling of onderling

verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels (vaktydskrifmanuskrip/ gepubliseerde artikel) te registreer, moet aan die volgende vereistes voldoen voordat hy/sy vir die betrokke kwalifikasie sal kan registreer:

(i) Alle magisteraansoekers is onderworpe aan ’n keuringsproses wat van departement tot departement kan verskil en waarvan die besonderhede in die departementele brosjures vir nagraadse keuring sowel as op die departementele webblaaie gepubliseer sal word.

(ii) Keuring vir registrasie berus op die inhoud en prestasie in die vorige graad, akademiese meriete, oorbruggingsreëlings, vorige werkservaring en navorsingsvermoë.

(iii) Die studieleier, in oorleg met die departementshoof, behou die reg om aansoekers te versoek om ’n toelatingseksamen af te lê of vir bykomende modules in te skryf of aan bykomende toelatingsvereistes te voldoen waar dit as nodig beskou word.

(iv) Indien die studieleier en die akademiese departementshoof bogenoemde vereistes as toepaslik beskou, moet die aansoeker, indien dit vereis word, hetsy die IELTS- of TALPS-toets op sy/haar eie onkoste aflê en alle afdelings van die toets met ’n punt van minstens 6 slaag.

(b) Indien die aansoeker aan ál die vereistes in A77.1(a)(i) tot (iv) voldoen, sal toestemming vir registrasie verleen word.

A77.2 Registrasie vir die kwalifikasie (a) Alle studenteregistrasies vind plaas ooreenkomstig die gekoördineerde reëlings van die

Registrateur wat deur die Uitvoerende Komitee van die Senaat goedgekeur is.

(b) Voordat ʼn persoon se studietermyn ʼn aanvang neem, moet hy/sy jaarliks by die eerste registrasiegeleentheid vir albei semesters (indien van toepassing) registreer, vir die tydperk wat die Senaat bepaal, en moet die student die voorgeskrewe gelde betaal.

(c) Waar dit as nodig beskou word, sal die fakulteit binne die eerste tien weke ná registrasie ’n oriënteringsprogram aanbied (waarvan bywoning verpligtend is) om alle studente wat beoog om op hierdie vlak te studeer, met toepaslike navorsingsmetodes en die vereiste agtergrond toe te rus.

127 (d) Ná registrasie moet die student saam met die studieleier aan ’n navorsingsvoorstel werk,

behalwe in gevalle waar ’n navorsingsvoorstel onmiddellik voorgelê en deur die fakulteitnavorsingskomitee of die fakulteitsraad aanvaar word.

(e) ’n Aanvaarbare navorsingsvoorstel en -titel moet gewoonlik binne die eerste drie maande ná registrasie deur die fakulteitnavorsingskomitee of die fakulteitsraad goedgekeur word, met inbegrip van voldoening aan die vereistes van die etiekkomitees.

(f) Uitstel ten opsigte van die indiening van die navorsingsvoorstel en -titel kan slegs toegestaan word ooreenkomstig die spesifieke vereistes van elke fakulteit, met die dekaan se goedkeuring op aanbeveling van die programdirekteur of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus. Die vereistes vir uitstel ten opsigte van die indiening van die navorsingsvoorstel en -titel vir voltydse en deeltydse studente sal in die fakulteitsreëlboeke bepaal word.

(g) Eksaminatore en moderatore sal eers aangestel word sodra die student aandui dat hy/sy die navorsing vir assessering sal indien. Sodra die fakulteitsraad ’n titelregistrasie goedgekeur het, voer die personeel in die betrokke fakulteite die inligting op die stelsel in.

(h) ’n Student wat ná die registrasietydperk wil begin met magisterstudie wat nie eksamenvraestelle insluit nie, kan toestemming vir registrasie bekom van die programdirekteur of die akademiese departementshoof, of van die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer. Studiegelde en die minimum residensiële tydperk in die UV se programkwalifikasiestel (PQM) sal geld.

(i) In gevalle waar ’n student se studie tussen die aanvang van die eerste semester en die einde van September begin, sal die student se gelde proporsioneel aangepas word.

(j) Waar hierdie stappe tussen Oktober en Desember plaasvind en dus nie binne die amptelike registrasietydperk val nie, moet die student minstens binne die daaropvolgende jaar/jare in die geskeduleerde registrasietydperk vir die betrokke kwalifikasie registreer.

(k) (i) Akademiese krediete word slegs verwerf vir modules waarvoor ’n student ooreenkomstig die korrekte modulekodes in die fakulteitsreëls geregistreer is, en wat die student slaag.

(ii) Die reëls van toepassing op modulekodes word in bylae A hierby uiteengesit.

(l) Registrasie aan die begin van die jaar vir modules in die tweede semester is voorwaardelik en bly onderworpe aan die reëls van toepassing op modules, met spesifieke voorvereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word.

(m) Ondanks die voorvereistes van toepassing op eerste kwalifikasies, kan ʼn student, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en met die dekaan se goedkeuring, vir genoemde modules registreer sonder dat hy/sy aan die voorvereistes voldoen, en dan die modules gelyktydig op verskillende vlakke in dieselfde dissipline volg.

(n) ʼn Persoon kan nie gelyktydig vir meer as een kwalifikasie aan hierdie en/of ʼn ander hoëronderwysinstelling registreer nie, behalwe op grond van buitengewone omstandighede wat skriftelik gemotiveer word. Die betrokke dekaan/dekane se goedkeuring, op grond van ’n aanbeveling deur die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, word vereis, sowel as, indien van toepassing, die goedkeuring van die betrokke dekaan by die ander hoëronderwysinstelling, gedagtig aan die spesifieke toelatingsvereistes. Skriftelike kennis moet in elke geval gegee word aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, of aan die direkteur van die Sakeskool in geval van die Magister in Besigheidsadministrasie (MBA), met dien verstande dat die residensiële tydperke gelyklopend sal wees.

128 (o) Die Registrateur verleen geen registrasie met terugwerkende krag nie, en ʼn registrasie vir

dieselfde kwalifikasie ná ʼn onderbreking word as ʼn nuwe registrasie beskou met betrekking waartoe ’n student aan nuwe termynvereistes moet voldoen, behalwe indien:

(i) die studieleier tot bevrediging van die programdirekteur en/of die akademiese

departementshoof en die dekaan, en met die Registrateur se goedkeuring, kan aantoon dat die student reeds voor die onderbreking vordering gemaak het met die studie, hetsy ’n navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/ gepubliseerde artikels of ’n kursusmagisterminiverhandeling, en dat die student met die nuwe registrasie voortbou op die werk wat reeds gedoen is; en

(ii) die student aanspreeklik sal wees vir die toepaslike gelde vir die tydperk waarvoor

hy/sy nie geregistreer was nie dog steeds studieleiding ontvang het. (p) Indien die Registrateur, op grond van ʼn skriftelike motivering deur die aansoeker, wat

onderskryf word deur die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof sowel as die dekaan, toelaat dat die persoon terugwerkend of ná die Senaatsgoedgekeurde registrasietydperk vir ʼn magistergraad met kursuswerk (vir ’n gestruktureerde kursuswerkkwalifikasie) of ʼn module registreer, sal ʼn bykomende fooi vir sodanige registrasie gehef word.

(q) ʼn Eerste registrasie vir ʼn magistergraad wat slegs ʼn navorsingsmagisterverhandeling of

onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels behels, kan buite die goedgekeurde registrasietydperke plaasvind, met inagneming van die subsidieriglyne.

(r) Indien ʼn persoon nie sy/haar rekening ten opsigte van die vorige jaar ten volle vereffen nie, kan ʼn daaropvolgende registrasie nie plaasvind nie, en kan geen studieleiding verleen of onderriggeleenthede bygewoon word nie.

(s) Die Universiteit verleen slegs voorwaardelike registrasie indien die Raad dit goedkeur. A77.3 Herregistrasie (a) Vir herregistrasie vir ʼn kwalifikasie moet ʼn student aan die hertoelatingsvereistes voldoen en

moet sy/haar Universiteitsrekening van die vorige jaar/jare ten volle vereffen wees. (b) ʼn Student moet opnuut vir die betrokke kwalifikasie registreer indien:

(i) die navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels nie ingedien is ooreenkomstig die datums wat die Senaat vir assessering bepaal nie;

(ii) die graad nie by die eerskomende gradeplegtigheid toegeken kan word nie,

byvoorbeeld indien regstellings aangebring moet word of indien gebinde eksemplare nie ontvang is nie;

(iii) die assessering nie afgehandel is nie, selfs al is die navorsingsmagisterverhandeling

of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ingedien ooreenkomstig die datums wat die Senaat bepaal. Geen registrasiegeld is in dié geval betaalbaar nie.

129

(iv) Indien die onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels nie ingedien is ooreenkomstig die datums wat die Senaat vir assessering bepaal nie, moet die student wat inwoning in kampusbehuising vereis om toelating tot kampusbehuising aansoek doen, of wéér daarom aansoek doen.

(c) Die studieleier en/of die akademiese departementshoof moet, in oorleg met die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, nagaan of herregistrasie plaasgevind het voordat studieleiding ’n aanvang mag neem.

A77.4 Kansellasie van ʼn registrasie of module(s) deur ’n student (a) Kennis van die kansellasie van ʼn registrasie moet skriftelik gegee word. (b) Die datum waarop die skriftelike kennisgewing ontvang word, word as die datum van die

kansellasie van die registrasie beskou. (c) Kennis van die kansellasie van ʼn module/modules kan deur die jaar gegee word, maar om

finansiële krediet te ontvang, geld bepaalde sperdatums. (d) Kansellasie van ʼn module/modules ná die sperdatums kan impliseer dat ʼn student:

• nie hertoelating tot ’n module ontvang nie; en • aanspreeklik is vir die klasgeld vir die module.

A77.5 Kansellasie van ʼn student se registrasie deur die Universiteit (a) ʼn Student se registrasie aan die Universiteit kan gekanselleer word indien hy/sy skuldig

bevind word ingevolge die heersende reëls oor dissiplinêre optrede teen studente. (b) ʼn Student se registrasie vir ʼn bepaalde kwalifikasie kan ook gekanselleer word indien dit na

die betrokke dekaan en/of die Uitvoerende Komitee van die Senaat se oordeel in die Universiteit en/of die student se belang is, met dien verstande dat:

(i) voordat ʼn finale besluit geneem word:

(aa) die Registrateur, op skriftelike versoek van die dekaan van die betrokke

fakulteit, die student skriftelik van die voorneme sowel as die redes daarvoor inlig;

(bb) die student, ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing van die voorgenome

kansellasie, geleentheid ontvang om skriftelike vertoë aan die Registrateur en die dekaan te rig waarom daar nie met die voorgenome aksie voortgegaan moet word nie;

(ii) die dekaan, by ontvangs van die student se skriftelike vertoë en ná oorleg met die

Registrateur, kan besluit om: (aa) nie die saak verder te voer nie; of (bb) voort te gaan met die kansellasie van die student se registrasie vir die

kwalifikasie, met skriftelike kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat én aan die student; of

130

(cc) die dekaan se motivering en die student se skriftelike vertoë vir ʼn finale besluit aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voor te lê, met skriftelike kennisgewing van die finale besluit aan die student.

Toeligting Studenteregistrasie vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word, vind op die Qwaqwa-kampus plaas (telefoon +27 58 718 5011/2). Studenteregistrasie vir die MBA vind by die Sakeskool plaas, telefoon +27 51 401 3172.

Terugwerkende registrasie kan ’n subsidieverlies vir die Universiteit meebring, en sal dus slegs in buitengewone omstandighede oorweeg word. Dit bly die programdirekteur en/of akademiese departementshoof se verantwoordelikheid om te verseker dat ’n student geregistreer is voordat enige studieleiding gebied word.

’n Student kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielife.ufs.ac.za kanselleer, of by wyse van skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampushoof in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, of aan die direkteur van die Sakeskool ten opsigte van die MBA-graad.

Om finansiële krediet te ontvang, geld die volgende sperdatums: • Eerstesemestermodules ‒ tot en met 15 Februarie • Tweedesemestermodules ‒ tot en met 15 Augustus • Jaarmodules ‒ tot en met 15 Februarie; 50 persent krediet sal tot en met 15 Augustus toegestaan word. Indien ’n student sy/haar studie voor 15 Februarie van enige gegewe jaar staak, sal ’n minimum fooi gehef word.

A78 REGISTRASIE VAN NAVORSINGSTITELS EN WYSIGING VA N ’N NAVORSINGSTITEL (a) Alle navorsingstitels moet amptelik geregistreer word. (b) Die betrokke fakulteitsraad kan ʼn wysiging van ʼn goedgekeurde navorsingstitel op

aanbeveling van die studieleier en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof goedkeur.

Toeligting Geen wysigings van ’n geregistreerde titel kan normaalweg geskied tegelyk met die indiening van die navorsing vir assessering (navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels) en voordat die fakulteitsraad se goedkeuring bekom is nie. Reël A78(a) handel slegs oor die registrasie van die titel. Die geregistreerde titel wat deur die betrokke fakulteitsraad goedgekeur is, moet op die elektroniese databasis ingevoer word.

131

A79 STUDIELEIER(S) EN MEDESTUDIELEIER(S)

(a) ʼn Studieleier en, indien van toepassing, medestudieleier/medestudieleiers word deur die fakulteitsraad op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof goedgekeur.

(b) Medestudieleiers kan benoem word ongeag of hulle verbonde is aan die Universiteit.

(c) Indien die studieleier nie in enige hoedanigheid aan die Universiteit verbonde is nie, moet ʼn medestudieleier benoem word wat wél op die diensstaat van die Universiteit is.

A80 EKSAMINATORE EN MODERATORE

Hierdie reël moet in samehang met reël A83.7.2 gelees word.

(a) Sodra die student aandui dat hy/sy die navorsing vir assessering sal indien, keur die fakulteitsraad alle eksaminatore en moderatore ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid en op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof goed.

(b) ʼn Module-eksamen word afgeneem deur eksaminatore en moderatore wat die betrokke akademiese departementshoof ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid en met die fakulteitsraad se goedkeuring aanwys.

(c) Die assesseringspaneel vir ʼn navorsingsmagisterverhandeling moet uit ten minste drie lede bestaan, met dien verstande dat indien ʼn interne eksaminator benoem word – wat nie die studieleier óf die medestudieleier(s) mag wees nie – die eksterne eksaminatore die meerderheid van die assesseringspaneel moet uitmaak. Eksterne eksaminatore moet erkende kundiges op hulle gebied wees en moenie enige verbintenis met die UV hê nie.

(d) In geval van onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels moet die assesseringspaneel uit drie lede bestaan, met dien verstande dat indien ʼn interne eksaminator benoem word – wat nie die studieleier óf medestudieleier(s) mag wees nie – die eksterne eksaminatore die meerderheid van die paneel moet uitmaak. Eksterne eksaminatore moet erkende kundiges op hulle gebied wees en moenie enige verbintenis met die UV hê nie.

(e) Bykomende eksaminatore wat dalk vir ʼn praktiese projek of mondelinge eksamen vereis word, vorm saam met die akademiese departementshoof die benoemde paneel eksaminatore.

(f) Met betrekking tot ʼn kursusmagisterminiverhandeling moet ten minste twee eksaminatore aangestel word, uit wie ʼn eksterne eksaminator (persoon wat nie aan die Universiteit verbonde is nie) en ʼn interne eksaminator (wat nie die studieleier óf medestudieleier(s) mag wees nie) benoem word.

(g) (i) Eksaminatore sal slegs aangestel word sodra die student aandui dat hy/sy die navorsing vir assessering sal indien.

(ii) In uitsonderlike omstandighede wat skriftelik gemotiveer word, kan die dekaan, op aanbeveling van die studieleier en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, ʼn wysiging van die eksaminatore en moderatore goedkeur, met kennisgewing aan die fakulteitskomitee en die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

132

(h) ʼn Student mag nie met ʼn eksaminator of ʼn moderator skakel nie. Assesseringsbesluite moet

deursigtig geneem word, en studente moet redelike toegang tot sodanige inligting ontvang. Assesseringsverslae word nie aan studente beskikbaar gestel nie, maar die studieleier/promotor kan na goeddunke die inhoud mondelings of skriftelik aan die student oordra.

Toeligting Eksaminatore en moderatore ontvang vooraf skriftelike kennisgewing van hulle benoeming en moet die benoeming skriftelik aanvaar voordat die navorsing vir assessering ingedien of versend word. Die Registrateur moet die studieleier op hoogte hou van die eksaminatore en moderatore se aanvaarding van benoemings.

A81 WYSIGING VAN KWALIFIKASIES EN/OF VAKRIGTINGS EN /OF MODULES EN/OF

VERSKUIWING NA ’N ANDER UNIVERSITEITSKAMPUS/-SENTRU M (a) ʼn Voornemende student:

(i) wat die kwalifikasie en/of vakrigting waarvoor hy/sy aansoek gedoen het, wil

verander, moet die Universiteit skriftelik van genoemde wysiging in kennis stel;

(ii) wat gedurende die registrasieproses van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules verander, moet die voorgeskrewe vorm(s) invul.

(b) ʼn Geregistreerde student wat van een kwalifikasie en/of vakrigting en/of module na ’n ander

wil oorslaan, moet op die voorgeskrewe vorm(s) om sodanige wysiging aansoek doen en die betrokke dekaan se goedkeuring verkry voordat ʼn gewysigde registrasie kan plaasvind.

(c) Let daarop dat, in geval van ʼn modulewysiging, die student daarvoor verantwoordelik is om

werk wat reeds afgehandel is, in te haal. Hy/sy kan nie aanspraak maak op enige bykomende hulp van die dosent of op tegemoetkoming wat betref aantekeninge, werkstukke, praktiese werk en assesserings wat reeds afgehandel is nie.

(d) ʼn Voornemende of geregistreerde student wat van een kampus/sentrum van die Universiteit

na ʼn ander kampus/sentrum van die Universiteit verskuif, moet op die voorgeskrewe vorm aansoek doen en die nodige goedkeuring van die betrokke programdirekteur en/of akademiese departementshoof bekom. Die versoek sal slegs ná goedkeuring deur die tersaaklike amptenare van albei kampusse toegestaan word. Toeligting Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir ’n kwalifikasiewysiging deur ’n geregistreerde student is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) om van een kampus/sentrum na ’n ander te verskuif, is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

133 A82 KREDIETAKKUMULASIE EN -OORDRAG (a) Die Registrateur kan op aanbeveling van die akademiese departementshoof of, in geval van

die MBA, die direkteur van die Sakeskool eenmalig aan ʼn persoon vrystelling of erkenning verleen met betrekking tot krediete wat in ʼn vorige kwalifikasie of gedeeltelik voltooide kwalifikasie – hetsy hier of elders – verwerf is, met die oog op ʼn ander kwalifikasie, met dien verstande dat: (i) nie meer as 50 persent van die krediete van die voltooide kwalifikasie(s) na

ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word nie, mits:

(aa) hoogstens 50 persent van die vereiste krediete vir die ander kwalifikasie vir ’n voltooide kwalifikasie gebruik is;26

(bb) ʼn maksimum van 25 persent van die opgeloopte krediete op die hoogste NKR-vlak in die vorige voltooide kwalifikasie(s) vir ʼn ander kwalifikasie erken word.

(ii) in geval van ʼn onvoltooide kwalifikasie, al die toepaslike krediete vir die nuwe kwalifikasie verleen mag word, behalwe ten opsigte van ʼn student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, in welke geval hoogstens 50 persent van die vereiste krediete om die kwalifikasie te behaal, oorgedra mag word, met inagneming van die beperking van 25 persent ten opsigte van krediete wat op die hoogste NKR-vlak verwerf word, voordat inhoud vir kredietakkumulasie en -oordrag goedgekeur word;

(iii) indien krediete op grond van ʼn onvoltooide kwalifikasie verleen is, die

registrasietydperk vir die vorige kwalifikasie en dié vir die nuwe kwalifikasie minstens dieselfde moet wees as die voorgeskrewe tydperk vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit;

(iv) ʼn persoon van ʼn ander hoëronderwysinstelling vir minstens een

akademiese jaar (twee semesters) aan die Universiteit moet registreer; (v) krediete uit ʼn voltooide of onvoltooide kwalifikasie slegs eenmalig na ʼn

ander kwalifikasie oorgedra mag word; (vi) geen navorsingsmagisterverhandeling werk mag bevat wat met betrekking

tot navorsing en inhoud identies is aan werk wat ’n student voorheen vir ʼn kwalifikasie aangebied het nie.

(b) ʼn UV-student wat sy/haar studie vir die magistergraad aan ʼn ander

hoëronderwysinstelling wil voortsit, of ʼn persoon wat aan ʼn ander hoëronderwysinstelling vir ʼn magistergraad geregistreer is en sy/haar studie aan hierdie Universiteit wil voortsit, kan slegs met dieselfde navorsing voortgaan nadat die Universiteit en die ander hoëronderwysinstelling tot ʼn vergelyk gekom het oor die navorsing wat reeds onderneem is, sowel as ten opsigte van die subsidie-implikasies.

26 Wysiging aan die reël is ’n direkte aanhaling uit artikel 33 van die Hoëronderwyskwalifikasie-subraamwerk (HOKSR), Staatskoerant nr 38116, vol 592.

134

Toeligting

Krediete word verleen op grond van formele leer met ’n relevansie van minstens 50 persent.

Vrystellings word verleen op grond van nie-formele leer ooreenkomstig EVL-riglyne met ’n relevansie van minstens 50 persent.

’n Aansoek om erkenning of vrystelling met betrekking tot modules nadat ’n persoon sy/haar studie onderbreek het, word ingevolge die beleid oor EVL oorweeg.

(c) Wat betref ’n student wat nie aan die vereistes vir ’n kwalifikasie voldoen nie, is die algemene beginsel dat die student nie ’n vroeëverlaterskwalifikasie mag ontvang nie

(d) Voordat inhoud vir kredietakkumulasie en -oordrag goedgekeur word, moet die aktualiteit en

relevansie van die inhoud bepaal word. Fakulteite bepaal die reëls oor die raklewe van modules en hulle relevansie ná vyf jaar, en sal dit in hulle onderskeie reëlboeke aandui.

A83 ASSESSERINGSREËLS

A83.1 BYWONING VAN ONDERRIGGELEENTHEDE

(a) Verpligte bywoning van onderriggeleenthede in ʼn module soos wat voorgeskryf word deur die raad van die fakulteit waarin die module aangebied word, en wat in die modulehandleiding of die bylae daarby verskyn, is een van die voorvereistes vir toelating tot die eksamen.

(b) Verskoning vir die nie-bywoning van onderriggeleenthede weens onvoorsiene omstandighede moet vergesel word van stawende dokumente, en moet by die volgende beskikbare onderriggeleentheid in die module aan die betrokke dosent voorgelê word.

A83.2 Modulepunt

(a) ʼn Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen in ’n module vereis.27

(b) ʼn Modulepunt word in die modulehandleiding of die bylae daarby uiteengesit, en is die resultaat van die deurlopende sowel as die summatiewe assessering wat op ’n gedesentraliseerde wyse in die loop van die moduletermyn geskied.

(c) ʼn Modulepunt wat in ʼn module behaal is, geld slegs vir die volgende eksamen wat op die betrokke module van toepassing is.

(d) Behalwe waar die dekaan van die fakulteit waarin die betrokke module aangebied word (in oorleg met die betrokke dosent) anders besluit, kan ’n student slegs tot die eksamen in ’n module toegelaat word indien hy/sy aan al die voorgeskrewe subminimum- en werkstukvereistes voldoen en aan al die geskeduleerde assesserings deelgeneem het wat in die betrokke modulehandleiding of bylae daarby uiteengesit word.28

27 ’n Modulepunt van minstens 40 persent word vir toelating tot die eksamen vereis, behalwe waar die betrokke fakulteit ’n modulepunt van meer as 40 persent as die minimum vir toelating tot die eksamen vereis. 28 Die verlening van goedkeuring aan ’n student wat nie die vereiste semesterpunt behaal het nie, word spesifiek van hierdie reël uitgesluit, aangesien geen student toegelaat sal word om aan die eksamen deel te neem sonder dat die vereiste semesterpunt behaal is nie.

135 A83.3 Eksamens: modules (a) Twee eksamens word per semester geskeduleer:

(i) ʼn hoofhalfjaareksamen en ʼn bykomende halfjaareksamen ten opsigte van die eerstesemestermodules; en

(ii) ʼn hoofjaareindeksamen en ʼn bykomende jaareindeksamen ten opsigte van die

tweedesemester- en jaarmodules, behalwe: • waar ʼn stelsel van deurlopende assessering vir praktiese eksamens gebruik

word;

• waar ʼn stelsel van deurlopende assessering met summatiewe assessering gebruik word.

(b) Sodra toelating tot die eksamen verleen is, is deelname aan die hoofhalfjaareksamen en die

hoofjaareindeksamen verpligtend. (c) ʼn Student wat as gevolg van gemotiveerde buitengewone omstandighede nie aan die

hoofhalfjaareksamen kan deelneem nie, kan binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende halfjaareksamen aansoek doen. ʼn Student wat nie aan die hoofjaareindeksamen deelneem nie, kan ook op grond van gemotiveerde buitengewone omstandighede, binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende jaareindeksamen aansoek doen, buiten: (i) ʼn student wat tot die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester

toegelaat is (modulepunt van minstens 40 persent) en wat ʼn eksamenpunt van minstens 30 persent en ʼn finale punt van minstens 45 persent vir die module behaal het; of

(ii) ʼn student wat tot die geskeduleerde hoofeksamen in ʼn gegewe semester toegelaat is (modulepunt van minstens 40 persent) en wat ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal het, maar nie die vereiste subminimum van 40 persent in die eksamen behaal het nie.

(d) ʼn Student in sy/haar finale akademiese semester wat, nadat hy/sy ’n enkele module gedruip

het, sy/haar studie moet verleng om die kwalifikasie te verwerf, sal nie vir ’n spesiale eksamen oorweeg word nie aangesien spesiale eksamens slegs tot op honneursvlak oorweeg word.

(e) ʼn Student wat wederregtelik aan ʼn hoofeksamen of bykomende eksamen deelneem, sal

geen erkenning vir sodanige eksamen ontvang nie, en daar sal aanvaar word dat hy/sy nie aan die eksamen deelgeneem het nie.

A83.4 Assessering van navorsingsmagisterverhandelin g of onderling verwante,

publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels (a) ʼn Student wat beoog om ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante,

publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels vir assessering in te dien, moet die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus op die voorgeskrewe vorm en met die goedkeuring van die studieleier en, indien van toepassing, die medestudieleier(s) van sy/haar voorneme in kennis stel:

136

(i) voor of op die laaste werksdag van Oktober van die vorige jaar, met die oog

op graduering by die volgende Junie-gradeplegtigheid; of

(ii) voor of op die eerste werksdag in April, met die oog op graduering by die Desember-gradeplegtighede.

(b) Dit is die studieleier se verantwoordelikheid om toe te sien dat die titel van die navorsingsmagisterverhandeling of van die onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels reeds geregistreer is en dat die eksaminatore en moderatore reeds hulle benoemings skriftelik aanvaar het voordat hy/sy die kennisgewing van indiening goedkeur en die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus dit kan aanvaar.

(c) Die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus kan slegs ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels aanvaar om dit vir assessering te versend indien daar aan die volgende voorskrifte voldoen is: (i) Kennisgewing van indiening is ontvang, met dien verstande dat die student

geregistreer is en ten tyde van indiening vir die minimum residensiële tydperk geregistreer sou wees.

(ii) Die fakulteitsraad het die navorsingsvoorstel, titelregistrasie, studieleier en, indien van toepassing, ʼn medestudieleier/medestudieleiers goedgekeur.

(iii) Die fakulteitsraad het die eksaminatore en moderatore benoem, en hulle het die benoemings skriftelik aanvaar.

(iv) Navorsing kan deur die hele jaar ingedien word, maar weens assesseringsprosedures is daar geen waarborg dat die graad by die volgende gradeplegtigheid toegeken sal word nie. Die Viserektor: Akademies behoort in kennis gestel te word van alle gevalle waar Akademiese Studentedienste die indiening van navorsing van die hand wys.

(v) ’n Student moet die navorsing ten minste vier maande voor ’n gradeplegtigheid indien om te verseker dat die graad by daardie bepaalde gradeplegtigheid toegeken word. Dit is egter moontlik dat die student weens probleme/kwessies met betrekking tot die navorsing, die kwalifikasie eers by die daaropvolgende gradeplegtigheid kan ontvang.

(vi) Alle gelde is betaal.

(d) Sodra ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels vir assessering ingedien is, mag dit nie onttrek word nie en moet die assessering voortgaan.

A83.5 Assessering van kursusmagisterminiverhandelin g of onderling verwante,

publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels (a) Die indieningsdatum vir die assessering van ʼn kursusmagisterminiverhandeling of

publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel word bepaal deur die student, in oorleg met die studieleier en, in geval van ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, gedagtig aan die sperdatums wat die Senaat bepaal het om vir die volgende gradeplegtigheid in aanmerking te kom.

(b) Sodra ʼn kursusmagisterminiverhandeling of publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel vir assessering ingedien is, mag dit nie onttrek word nie en moet die assessering voortgaan.

137 A83.6 Vereistes waaraan voldoen moet word by die in diening van ʼn navorsingsmagister-

verhandeling, onderling verwante, publiseerbare man uskripte/gepubliseerde artikels of kursusmagisterminiverhandeling

(a) ʼn Navorsingsmagisterverhandeling, onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of kursusmagisterminiverhandeling moet in ten minste een-en-’n-halwe-reëlspasiëring gedruk word.

(b) Vir assesseringsdoeleindes moet ʼn student behoorlik gebinde eksemplare óf tydelik gebinde, persklaar eksemplare óf elektroniese afskrifte wat in die voorgeskrewe elektroniese formaat gestoor is, indien.

(c) ʼn Afrikaanse en Engelse opsomming van hoogstens 600 woorde elk moet voor in die verhandeling, kursusmagisterminiverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ingesluit word, tesame met ongeveer tien Engelse trefwoorde wat die onderwerp beskryf.

(d) Saam met die navorsingsverhandeling, onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of kursusmagisterminiverhandeling, moet die student ten tyde van indiening ’n samevattende verslag indien wat op die Turnitin-plagiaatsoekenjin opgestel is.

(e) Die studieleier moet skriftelik verklaar dat hy/sy die indiening vir assessering goedkeur en dat die ingediene werk nie voorheen hetsy gedeeltelik of in die geheel aan die eksaminatore of moderatore voorgelê is nie.

(f) Die student moet die volgende skriftelike verklarings indien:

(i) “Ek, .............., verklaar dat die navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of kursusmagisterminiverhandeling wat ek hiermee vir die Magistergraad ............ aan die Universiteit van die Vrystaat indien, my selfstandige werk is en dat ek dit nie voorheen vir ʼn kwalifikasie aan ʼn ander hoëronderwysinstelling ingedien het nie.”

(ii) “Ek, .................., verklaar hiermee dat ek daarvan bewus is dat die Universiteit van die Vrystaat oor die outeursreg beskik.”

(iii) “Ek, ...................., verklaar hiermee dat alle eienaarsregte met betrekking tot

intellektuele eiendom wat in die loop van en/of in verband met die studie aan die Universiteit van die Vrystaat ontwikkel is, die Universiteit sal toeval.”

Waar ʼn skriftelike ooreenkoms tussen die Universiteit en die student aangegaan is, moet die skriftelike ooreenkoms in plaas van die verklaring deur die student ingesluit word.

(g) Die titelblad moet die volgende bevat: (i) Die geregistreerde navorsingstitel

(ii) Die student se volle naam

(iii) ʼn Verklaring wat lui:

“Voorgelê ter voldoening aan die vereistes vir die Magistergraad .................... in die Departement ................ van die Fakulteit .............. aan die Universiteit van die Vrystaat.”

138

(iv) Die datum van indiening.

(v) Die naam van die studieleier en, indien van toepassing, die medestudieleier(s). A83.7 Slaagvereistes

Indien die kwalifikasie ’n eksamen sowel as ʼn kursusmagisterminiverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel behels, moet elke module met minstens 50 persent geslaag word om die kwalifikasie te behaal.

A83.7.1 Slaagvereistes, slaag met lof: modules (a) Om ʼn module te slaag, moet ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal word.

(b) Die berekening van die finale punt word in die modulehandleiding ooreenkomstig die onderstaande uiteengesit:

(i) Dat ’n modulepunt (minstens 40 persent vir toelating tot die eksamen) verreken word.

(ii) Dat ʼn subminimum van minstens 50 persent ten opsigte van die eksamenpunt geld.

(iii) Dat waar meer as een vraestel in ʼn module geskryf word, ʼn subminimum van minstens 50 persent per vraestel geld, en dat dit ook van toepassing kan wees waar ’n vraestel uit meer as een afdeling bestaan, soos dit in die modulehandleiding uiteengesit word.

(iv) Dat die gewig wat aan die eksamenpunt toegeken word, nie minder as 50

persent en nie meer as 80 persent moet wees nie.

(c) Waar ʼn stelsel van deurlopende assessering – met of sonder summatiewe assessering – van toepassing is, word die inligting by die modulehandleiding ingesluit en slaag ʼn student die module indien ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal is en hy/sy aan al die assesserings deelgeneem het.

(d) Om ʼn module met lof te slaag, moet ’n student ʼn finale punt van minstens 75 persent behaal

ooreenkomstig dieselfde riglyne as wat vir die berekening van ʼn slaagpunt geld. (e) ʼn Stelsel van promovering is nie op magistergrade van toepassing nie. A83.7.2 Slaagvereistes, slaag met lof: kursusmagist erminiverhandeling of onderling

verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde a rtikels (a) ’n Student slaag ʼn kursusmagisterminiverhandeling of publiseerbare

manuskrip/gepubliseerde artikel indien albei die aangestelde eksaminatore ʼn slaagpunt toegeken het. Die dekaan bekragtig die finale uitslag op aanbeveling van die studieleier.

(b) Om ’n kursusmagisterminiverhandeling of publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel met lof te slaag, moet ’n gemiddelde punt van ten minste 75 persent (afgerond tot die volgende heelgetal) binne die minimum residensiële tydperk in die UV se programkwalifikasiestel (PQM) behaal word. Enige uitsondering op hierdie reël kan na die dekaan se goeddunke toegestaan word. Die modules wat as geleentheidstudie gevolg en in die kwalifikasie erken word, word ingereken by die residensiële tyd wanneer lof oorweeg word.

139 (c) (i) Waar die twee aangestelde eksaminatore nie saamstem nie, moet die dekaan

van die fakulteit, in samewerking met die akademiese departementshoof, ’n arbiter aanstel. Die arbiter se besluit en/of punt met betrekking tot die eksaminering van die aanvanklik ingediene werk, en nie ’n hersiene weergawe nie, sal finaal wees.

(ii) Die studieleier kan, in oorleg met die departementshoof of die dekaan, besluit

om ’n arbiter aan te stel vir besluite oor grensgevalle of in geval van teenstrydighede in assesserings. In hierdie gevalle is die arbiter se besluit finaal.

(iii) ’n Besluit oor ’n grensgeval word geneem wanneer die student se finale

gemiddelde punt 48, 49, 73 of 74 is. (iv) Teenstrydighede in assesserings kom voor wanneer:

(aa) enige van die eksaminatore se punte met ten minste 25% verskil; (bb) slegs een van die eksaminatore ’n student nié met lof laat slaag nie; (cc) enigeen van die eksaminatore nie ’n punt toeken nie en aanbeveel dat die

dokument hersien en weer ingedien (opsie 3) of afgekeur word (opsie 4). (v) Die eksaminatore sowel as die arbiter se kommentaar moet aan die student

beskikbaar gestel word, dog eers nadat alle eksamineringsverslae verkry en daar oor die finale punt besluit is. Die student moet die aanbevole wysigings aanbring voordat die finale werk vir die toekenning van die graad ingedien word.

A83.7.3 Slaagvereistes, slaag met lof: navorsingsma gisterverhandelinge of onderling

verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde a rtikels

(a) ’n Student slaag ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels slegs wanneer elk van die drie eksaminatore ʼn punt van ten minste 50 persent toeken. Indien meer as een eksaminator die student laat druip, kan ’n arbiter nie oorweeg word nie en bly dit ’n druippunt. Indien slegs een van die drie eksaminatore die student laat druip, kan ’n arbiter oorweeg word.

(b) Die gemiddelde punt van die drie aangestelde eksaminatore word bereken om die finale

punt te verkry. ’n Gemiddelde punt van ten minste 75% moet behaal word om die graad met lof te ontvang.29 Die aanstelling van ’n arbiter is nie relevant waar drie eksaminatore aangestel is nie.

(c) Indien die student druip, moet hy/sy opnuut om toelating aansoek doen, en mag dieselfde

navorsing wat voorheen geassesseer is, nie in ’n onveranderde vorm weer vir assessering ingedien word nie.

(d) Om ’n navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels met lof te slaag, moet ’n student ’n gemiddelde punt van ten minste 75 persent (afgerond tot die volgende heelgetal) behaal, ongeag die residensiële tydperk (UKS 14 September 2015).

29 Om die kwalifikasie met lof te verwerf, moet daar aan alle vereistes daarvoor voldoen word.

140 (e) Die studieleier kan in oorleg met die departementshoof of die dekaan besluit om ’n arbiter

aan te stel vir besluite oor grensgevalle of in geval van teenstrydighede in assesserings. In hierdie gevalle is die arbiter se besluit finaal.

(i) ’n Besluit oor ’n grensgeval word geneem wanneer die student se finale

gemiddelde punt 48, 49, 73 of 74 is. (ii) Teenstrydighede in assesserings kom voor wanneer:

(aa) enige van die eksaminatore se punte met ten minste 20% verskil; (bb) slegs een van die eksaminatore ’n student nié met lof laat slaag nie; (cc) enigeen van die eksaminatore nie ’n punt toeken nie en aanbeveel dat

die dokument hersien en weer ingedien (opsie 3) of afgekeur word (opsie 4).

A83.8 Mondelinge assessering

Raadpleeg riglyne oor mondelinge assessering. (a) ʼn Mondelinge in plaas van ʼn skriftelike assessering kan met die akademiese

departementshoof se goedkeuring afgeneem word, met dien verstande dat:

(i) die assessering in ’n amptelik geskeduleerde eksamentydperk afgeneem word; (ii) die mondelinge assessering vir elke module minstens ʼn halfuur per student duur; (iii) naas die eksaminatore, ten minste die akademiese departementshoof of ʼn

senior dosent wat hy/sy aanwys ook teenwoordig moet wees; (iv) ʼn digitale opname van die mondelinge assessering gemaak word; (v) mondelinge assesserings net op ʼn kampus van die Universiteit afgeneem word,

behalwe waar die dekaan goedkeuring vir die gebruik van ander sentrums verleen.

A83.9 Assesseringsverslae (a) (i) Die Registrateur moet van ’n assesseringsverslag voorsien word binne vyf-en-

veertig (45) dae nadat ʼn eksaminator ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ontvang het.

(ii) Wat betref ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, moet die

assesseringsverslag aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus gestuur word.

(b) Die studieleier en/of medestudieleier(s) mag nie insae hê in die eksaminatore se

assesseringsverslae voordat alle verslae ontvang is nie. (c) Die dekaan beoordeel alle assesseringsverslae op aanbeveling van die programdirekteur

en/of die akademiese departementshoof, en die aangewese viserektor(e) verleen finale bekragtiging aan sy/haar besluit, met kennisgewing aan die Registrateur, of aan die

141

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer. ’n Verslag in hierdie verband word by die Hoërgradekomitee ingedien.

(d) Indien die student wysigings of verbeteringe moet aanbring, moet die studieleier en die

programdirekteur en/of die akademiese departementshoof skriftelik aan die dekaan bevestig dat daar voldoen is aan alle vereistes wat die eksaminatore gestel het, waarna die dekaan die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus van die finale uitslag moet verwittig.

(e) Nadat die wysigings of verbeteringe aangebring is en nadat die dekaan die Registrateur of,

in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus van die finale uitslag verwittig het, word die student en die interne en eksterne eksaminatore van die uitslag in kennis gestel.

(f) Assesseringsverslae moet op die student se versoek aan hom/haar beskikbaar gestel word

sonder die punte en sonder om enigsins na die eksaminatore te verwys. (g) Assesseringsverslae oor ʼn kursusmagisterminiverhandeling of artikel moet binne vyf-en-

veertig (45) kalenderdae ná ontvangs aan die akademiese departementshoof van die Nagraadse Kantoor in Akademiese Studentedienste gestuur word, waarna die dekaan die finale uitslag bekragtig.

(h) Wanneer die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus die assesseringsverslae aan die dekaan stuur, moet hy/sy bevestig dat alle reëls en sperdatums nagekom is.

A83.10 Plagiaat

ʼn Student wat ʼn ander persoon se idees uit geskrewe bronne, visuele bronne, multimediaprodukte, musiek, die gesproke woord, ensovoorts as sy/haar eie voorhou, is skuldig aan plagiaat, wat ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures, wat in bylae B hierby verskyn, hanteer word.

A83.11 Sentrums waar eksamens afgeneem word (a) ʼn Student lê die skriftelike eksamen af op die kampus of by die sentrum waar die module

aangebied is. (b) ʼn Student kan op die voorgeskrewe wyse en voor ʼn datum wat die Universiteit bepaal,

aansoek doen om ’n skriftelike eksamen by ʼn ander lokaal af te lê. (c) ʼn Student se aansoek om ʼn skriftelike eksamen by ’n ander lokaal af te lê, is onderworpe

daaraan dat: (i) ʼn toesighouer beskikbaar is ooreenkomstig die voorskrifte van die Universiteit;

(ii) ʼn aansoek betyds ontvang is;

(iii) die voorgeskrewe gelde betaal is;

(iv) waar daar tydsverskille met betrekking tot die aanvang en die afneem van ʼn eksamen bestaan, ʼn reëling met die toesighouer getref kan word;

(v) ʼn geskikte lokaal beskikbaar is om die eksamen in af te lê.

142 (d) Die aflê van ʼn bykomende eksamen by ʼn ander sentrum is verder onderworpe

daaraan dat die Universiteit die vereiste reëlings ten opsigte van die aflê van bykomende eksamens betyds kan afhandel.

A83.12 Ekstra tyd gedurende eksamens

Die Registrateur kan ekstra tyd vir assesserings aan ʼn student verleen op grond van ʼn skriftelike aansoek wat van ʼn mediese sertifikaat vergesel is, of op aanbeveling van Studentevoorligting en -ontwikkeling in oorleg met die Sentrum vir Universele Toegang en Gestremdheidsondersteuning (SUTGO).

A83.13 Foute ten opsigte van die eksamenrooster en die indiening van navorsing vir assessering

ʼn Student kan hom/haar nie beroep op die reg op uitsondering indien hy/sy ʼn fout ten opsigte van die eksamenrooster en/of die geskeduleerde indiening van navorsing vir assessering begaan het nie.

A83.14 Eksamenuitslae (a) Soos wat die modulehandleiding aandui, plaas ’n fakulteit of departement voorlopige

eksamenuitslae van die hoof- en bykomende eksamens op ’n kennisgewingbord binne sewe (7) werksdae nadat die eksamen volgens die eksamenrooster afgelê is. Sodra die bykomende eksamens afgehandel is, pos die Registrateur ʼn amptelike staat van finale uitslae aan elke student.

(b) Na die finale beoordeling van die assesseringsverslae, of nadat wysigings/verbeteringe aangebring is, stel die Registrateur die student en eksaminatore amptelik van die uitslag in kennis.

(c) Voorlopige eksamenuitslae kan ook elektronies bekom word deur ʼn voorgeskrewe prosedure te volg, en is ook op die Universiteit se webtuiste beskikbaar.

(d) Studente is verantwoordelik om hulle uitslae voor die bykomende eksamen te bekom.

(e) Tensy die Senior Direkteur: Finansies anders besluit, word amptelike eksamenuitslae slegs aan ʼn student gepos indien sy/haar rekening vereffen is.

(f) ʼn Student kan eksamen-, toets- of werkstukuitslae met die dosent en die akademiese departementshoof bespreek (selfs al is die student se rekening agterstallig, maar met dien verstande dat die besonderhede van die uitslae nie bekend gemaak word nie). Die volgende prosedures geld:

(i) Die gesprek moet plaasvind binne vyf (5) werksdae nadat die voorlopige uitslae bekend gemaak is. ’n Student is daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die dekaan in te dien, met kennisgewing aan die akademiese departementshoof. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die gesprek met die akademiese departementshoof aangeteken word.

(ii) Op die Qwaqwa-kampus geskied die gesprek met die dosent en die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus binne vyf (5) werksdae nadat die voorlopige uitslae bekend gemaak is. ’n Student is daarop geregtig om ’n gemotiveerde, skriftelike appèl by die Kampushoof in te dien, met kennisgewing aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus. So ’n appèl moet binne twee (2) werksdae na die gesprek met die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus aangeteken word.

143 (g) Vir doeleindes van bogenoemde gesprek het ʼn student die reg op insae in sy/haar

antwoordstel. (h) Indien ʼn eksamenuitslag en/of terugvoering oor ʼn aansoek om ʼn bykomende eksamen as

gevolg van buitengewone omstandighede nie een (1) week voor die datum van die bykomende eksamen beskikbaar is nie, kan ʼn verdere ad hoc-eksamen met die programdirekteur en akademiese departementshoof se goedkeuring, en met skriftelike kennisgewing aan die dekaan en die Registrateur: Afdeling Eksamenadministrasie, geskeduleer word, met dien verstande dat: (i) ten opsigte van eerstesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die

aanvang van die tweede semester plaasvind;

(ii) ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules, so ’n ad hoc-eksamen voor die aanvang van die nuwe akademiese jaar plaasvind;

(iii) alle eksamenuitslae ten opsigte van eerstesemestermodules voor die aanvang van die tweede semester bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(iv) alle eksamenuitslae ten opsigte van jaar- en tweedesemestermodules voor

die aanvang van die nuwe akademiese jaar bekend gemaak en op die rekenaarnetwerk vasgelê sal wees;

(v) die akademiese departementshoof enige eksamenuitslag wat ná bogenoemde datums ontvang word, op grond van ’n skriftelike motivering van die omstandighede en met die dekaan se goedkeuring aan die Registrateur stuur, met kennisgewing aan die eksamenkomitee.

A83.15 Vereistes met betrekking tot eksamenlokale (a) Slegs geregistreerde studente wat tot die eksamen toegelaat is, mag aan die eksamen

deelneem. (b) ʼn Studentekaart of voorgeskrewe registrasiebewys moet getoon word om toegang tot die

eksamenlokaal te verkry. (c) ’n Student mag slegs daardie elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem wat op

die eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(d) ’n Student mag slegs daardie publikasies in die eksamenlokaal inneem wat op die

eksamenvraestel aangedui word en waaroor die dosent vooraf met die studente gekommunikeer het.

(e) Geen student word later as vyftien (15) minute ná die aanvang van die eksamensessie tot

die eksamenlokaal toegelaat nie. (f) Studente mag die eksamenlokaal eers vyf-en-veertig (45) minute ná die aanvang van die

eksamensessie begin verlaat. (g) Geen ekstra tyd sal aan studente toegestaan word wat laat by die eksamenlokaal opdaag

nie. (h) Elke individuele student moet sy/haar teenwoordigheid in die eksamenlokaal bevestig deur

ʼn presensievorm volledig in te vul en dit op aanvraag aan die toesighouer beskikbaar te stel.

144 (i) Wanneer die toesighouer die studente so versoek, moet hulle alle eksamenantwoordstelle

en dokumente wat aan hulle voorsien is onmiddellik by die aangewese punt in die eksamenlokaal indien.

(j) ʼn Student mag nie gedurende die eksamensessie enige pennesakkies, boeke van enige aard, aantekeninge of velle papier waarop daar geskryf is, selfone/diktafone of elektroniese toerusting in die eksamenlokaal inneem nie. Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies van of skade aan persoonlike eiendom wat hetsy binne of buite die eksamenlokaal gelaat word nie.

(k) ’n Student mag nie gedurende die eksamensessie:

(i) in die eksamenlokaal hulp verleen aan of ontvang van, of probeer hulp verleen aan of

ontvang van, of ʼn gesprek voer met, enigiemand behalwe ʼn toesighouer nie; (ii) die kleedkamer besoek tensy hy/sy deur ʼn toesighouer van dieselfde geslag vergesel

word nie; (iii) rook, of voedsel of verversings nuttig nie; (iv) ʼn steurnis vir ander studente veroorsaak nie.

(l) Volledige besonderhede moet op die antwoordstelle verstrek word en ʼn student mag geen antwoordstel uit die eksamenlokaal verwyder nie.

(m) Om hulp in die eksamenlokaal te bekom, moet ’n student die toesighouer se aandag trek

deur sy/haar hand op te steek. (n) Indien ʼn toesighouer redelike gronde het, wat deur ʼn ander toesighouer as sodanig bevestig

word, om te glo dat ʼn student dalk in besit is van ontoelaatbare aantekeninge of items, kan die hooftoesighouer die student versoek om die eksamenlokaal te verlaat met sy/haar eksamenantwoordstel en die dokumente wat aan hom/haar voorsien is. Twee toesighouers van dieselfde geslag as die student moet teenwoordig wees wanneer die student buite die eksamenlokaal van die vermoede in kennis gestel word. Die toesighouer het dan die reg om die student in die ander toesighouer se teenwoordigheid vir ontoelaatbare aantekeninge of items te deursoek, en wel in privaat omstandighede en so dat dit nie die student se waardigheid aantas nie

(o) ’n Student wat die algemene reëls met betrekking tot eksamens en eksamenlokale

verontagsaam, word hanteer ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures wat in bylae B hierby uiteengesit word, wat skorsing tot gevolg kan hê.

(p) Waar die afneem van eksamens deur verskille in tydsones beïnvloed word, moet die

persoon onder die toesighouer se toesig bly. (q) Toetse is onderworpe aan dieselfde beginsels as eksamens.

145 Toeligting

Rig aansoeke om ’n bykomende eksamen aan die Eksamenkantoor, of aan die Kampushoof in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

Indien ’n student vir ’n bykomende eksamen in aanmerking kom of daartoe toegelaat is, en die module bestaan uit meer as een vraestel, moet albei vraestelle gedurende die betrokke bykomende eksamen afgelê word.

Die punte wat in die hoofhalfjaareksamen en die hoofjaareindeksamen behaal word, sowel as die punte wat in die bykomende eksamens behaal word, word op die studenterekordstelsel ingevoer. Tog sal slegs die beste finale punt van hetsy die hoofhalfjaareksamen of die bykomende eksamen en/of hetsy die hoofjaareindeksamen of die bykomende eksamen op die student se studierekord verskyn.

Departemente wat van ’n stelsel van deurlopende assessering gebruik maak, mag nie assesserings gedurende goedgekeurde eksamens skeduleer nie.

Hoe om deur middel van ’n elektroniese boodskap (selfoon) toegang tot eksamenuitslae te verkry:

Hoe om vir die SMS-diens te registreer Hoe om toega ng tot jou eksamenuitslae te verkry

� Skakel *120*837# � Skakel *120*837#

� Druk “Answer” en sleutel jou � Die volgende kieslys sal verskyn:

studentenommer in 1. “Exam Results:

� Druk “Send” 2. “Finances”

� Druk “Answer” en sleutel jou 3. “Change Student”

ID-nommer in � Druk “Answer” en sleutel 1 in

� Druk “Send” � Druk “Send”

� Druk “Answer” en sleutel jou keuse in: � Druk “Answer” en sleutel die betrokke

“Yes” OF “No” jaar en maand in

� Druk “Send” Jy is nou vir die SMS-diens geregistreer. Jou eksamenuitslae sal vertoon word. Druk Om toegang tot jou inligting te verkry, druk “Answer” en sleutel 00 (nul, nul) in om na die “Answer” en sleutel 00 (nul nul) in. kieslys terug te keer. Indien die uitslag van ’n navorsingsmagisterverhandeling, onderling verwante, publiseerbare artikel(s) of ’n kursusmagisterminiverhandeling bekend gemaak word ná die sperdatums wat die Senaat vir deelname aan die volgende gradeplegtigheid bepaal het, staan die toekenning van die kwalifikasie outomaties oor, hoewel die akademiese rekord die datum sal aandui waarop die kwalifikasie behaal is. Ná die aanvaarding van ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels wat tydelik gebind of saamgevoeg was, moet minstens een behoorlik gebinde eksemplaar vir elk van die studieleier en medestudieleier(s) ingedien word by die Registrateur, of by die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer. Magisterstudente dien ’n elektroniese afskrif van die aanvaarde navorsingsverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels direk op KovsieScholar in. Indien die indiening van die aanvaarde navorsingsdokument probleme skep, kan die student een CD-ROM by die Universiteitsbiblioteek indien. ’n Afskrif moet ook ingedien word by die Registrateur, of by die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, welke afskrif aan die volgende vereistes moet voldoen:

146 • Ingebedde lettertipe • Een lêer wat die volledige teks, Engelse en Afrikaanse

opsommings, trefwoorde, illustrasies en kaarte bevat • PDF-formaat Versuim om aan hierdie vereistes te voldoen, kan tot gevolg hê dat die toekenning van die kwalifikasie tot ’n volgende gradeplegtigheid oorstaan. Die akademiese departementshoof of sy/haar gevolmagtigde kan ’n kursusmagister-miniverhandeling of publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel by die Departement Akademiese Studentedienste: Afdeling Eksamenadministrasie indien om na die eksaminatore versend te word.

A84 KWALIFIKASIE MET LOF (a) Behalwe waar die fakulteitsreëls bykomende vereistes stel, word ʼn kwalifikasie met lof

toegeken indien ʼn student: (i) ʼn gemiddelde punt van minstens 75 persent ten opsigte van ʼn

navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels behaal het;

(ii) ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 75 persent (NIE tot die volgende heelgetal afgerond nie) behaal het op grond van die minimum getal modules, kursusmagisterminiverhandeling, publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel, praktiese werk of openbare verdediging van navorsing wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word;

(iii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal het, of ʼn navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of ’n kursusmagisterminiverhandeling weer vir assessering moes indien nie.

(b) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n module/modules uit ʼn vorige onvoltooide

kwalifikasie verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

(c) Vrystellings of erkennings uit ʼn voltooide kwalifikasie/kwalifikasies word as bykomende

residensiële jare ten opsigte van die nuwe, voltooide kwalifikasie beskou. (d) Waar vrystelling of erkenning met betrekking tot ’n geleentheidsmodule/

geleentheidsmodules uit ʼn vorige jaar verleen word, word elke jaar waarin die betrokke module(s) geslaag is, as ʼn bykomende residensiële jaar ten opsigte van die nuwe kwalifikasie beskou.

A85 KWALIFIKASIESERTIFIKATE EN DEKAANS- EN SENAATSM EDALJES (a) Kwalifikasiesertifikate en Dekaans- en Senaatsmedaljes word slegs by ʼn gradeplegtigheid

oorhandig of daarná aan die student gepos. (b) ʼn Student mag slegs aan die volgende gradeplegtigheid deelneem indien alle uitslae – met

inbegrip van verbeteringe/wysigings wat aangebring moes word – ontvang is ooreenkomstig die sperdatums wat die Senaat bepaal.

147 (c) Die Registrateur behou die reg om nie ʼn kwalifikasiesertifikaat aan ʼn student te oorhandig

nie tensy: (i) alle verskuldigde geld aan die Universiteit betaal is, alle uitslae van modules

wat aan ander hoëronderwysinstellings geslaag is, ingedien is, en alle uitstaande boeke aan die biblioteek terugbesorg is;

(ii) die Registrateur behoorlik gebinde eksemplare van die navorsingsmagisterverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels vir die studieleier en medestudieleier(s) (plus indiening van die navorsing op KovsieScholar of, as alternatief, ’n CD-ROM vir die biblioteek) ontvang het op die datum wat die Senaat bepaal; en

(iii) daar aan alle ander vereistes voldoen is.

(d) Die Registrateur behou die reg om ʼn kwalifikasiesertifikaat ongeldig te verklaar en ’n persoon se naam van die konvokasie te skrap indien: (i) die Universiteit ʼn wesenlike fout begaan het; of

(ii) die persoon se oneerlike optrede met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie later sou blyk (byvoorbeeld in geval van plagiaat, ensovoorts).

(e) Wanneer ʼn kwalifikasie in absentia toegeken word, moet die student vooraf reëlings tref vir

die pos van die sertifikaat, en die nodige posgeld betaal. (f) Waar ʼn oorspronklike kwalifikasiesertifikaat wegraak of beskadig word, sal die Registrateur

slegs ʼn gepaste sertifikaat met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie uitreik by ontvangs van ʼn skriftelike versoek, die betaling van die nodige gelde, en die indiening van die volgende dokumente en besonderhede saam met die aansoek: (i) ʼn Beëdigde verklaring wat die versoek verduidelik

(ii) ʼn Aanduiding van watter van op die oorspronklik uitgereikte sertifikaat verskyn het – in geval van ʼn aansoek deur ʼn getroude persoon

(iii) ʼn Gewaarmerkte afskrif van ʼn identiteitsdokument of paspoort

(g) Indien die naam van die student aan wie die kwalifikasie uitgereik is, verander, kan die Registrateur ʼn gepaste sertifikaat uitreik, mits die nodige dokumente ter bevestiging van die verandering voorgelê word.

(h) ʼn Dekaansmedalje word in elk van die fakulteite toegeken aan ʼn geregistreerde

magisterstudent wat die hoogste beswaarde gemiddelde persentasie oor ál die studiejare behaal het, met dien verstande dat: (i) die kwalifikasie met lof toegeken is en ʼn beswaarde gemiddelde van

minstens 80 persent (nie tot die volgende heelgetal afgerond nie) behaal is, welke gemiddelde bereken is op grond van die minimum getal modules wat vir die betrokke kwalifikasie voorgeskryf word; en

(ii) geen module gedruip of in ʼn bykomende eksamen herhaal is nie.

(i) ʼn Senaatsmedalje en -prys word toegeken aan ʼn student wat ʼn Dekaansmedalje ontvang en die hoogste beswaarde gemiddelde persentasie uit al die fakulteite behaal het.

148

Toeligting Uitslae wat ná die gepubliseerde datum in die Universiteitskalender ontvang word, kom nie vir die eerskomende gradeplegtigheid in aanmerking nie, maar sal tot die daaropvolgende gradeplegtigheid oorstaan. Rig navrae oor verlore of beskadigde kwalifikasiesertifikate per e-pos aan: [email protected], of telefonies aan +27 51 401 3016 of +27 51 401 3083. Die akademiese drag van die Universiteit is by die Universiteit se verskaffer geregistreer wat kleurskema en styl betref, en word by die Universiteit gehuur. Alle kandidate by alle kampusse/sentrums kom vir die toekennings in aanmerking.

A86 INTELLEKTUELE EIENDOM (a) By gebrek aan ʼn skriftelike ooreenkoms wat tussen die Universiteit en die student

aangegaan is en wat die teendeel bewys, sal die eienaarskap van intellektuele eiendom wat ’n student in die loop van en/of in verband met sy/haar studie aan die Universiteit ontwikkel, in alle opsigte in die Universiteit gesetel wees.

(b) Die outeur mag geen handeling uitvoer wat in artikel 6 van die Wet op Outeursreg, 1978,

vermeld word, of enige handeling wat te kenne gee dat enige publikasie of gedeelte daarvan deel uitgemaak het van ʼn navorsingsmagisterverhandeling, onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of ’n kursusmagisterminiverhandeling of publiseerbare manuskrip/gepubliseerde artikel waarvoor die Universiteit ʼn kwalifikasie toegeken het nie, behalwe met die betrokke dekaan se vooraf- skriftelike magtiging en onderworpe aan aanbeveling deur die akademiese departementshoof.

(c) Waar navorsingsresultate moontlik gekommersialiseer kan word, moet die dekaan vooraf

skriftelike toestemming verleen ná oorlegpleging met die aangewese Direkteur: Navorsingskommersialisering, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, om genoemde toestemming op die student se rekord aan te teken.

A87 PUBLIKASIE VAN ’N NAVORSINGSMAGISTERVERHANDELIN G OF ’N KURSUS-

MAGISTERMINIVERHANDELING Indien die dekaan voor of na die graad toegeken is, en ná oorlegpleging met die Registrateur en op aanbeveling van die programdirekteur en/of akademiese departementshoof, skriftelike goedkeuring vir die publikasie van ʼn navorsingsmagisterverhandeling of kursusmagisterminiverhandeling verleen, moet die volgende besonderhede op die titelblad vermeld word: “Hierdie publikasie is gebaseer op navorsing wat onderneem is onder die studieleiding van ...................... ter gedeeltelike/algehele voldoening aan die vereistes vir die Magistergraad .................. in die Fakulteit ............ aan die Universiteit van die Vrystaat, en word met die nodige goedkeuring gepubliseer.”

A88 UITSLAGSTATE, AKADEMIESE REKORDS, STUDIEREKORDS , AMPTELIKE VERKLARINGS, GEDRAGSERTIFIKATE EN AMPTELIKE EKSAMEN ROOSTERS

Die Registrateur reik amptelike dokumente soos eksamenuitslae, akademiese rekords, studierekords, gedragsertifikate, verklarings en eksamenroosters uit.

149

Toeligting ’n Student kan deur middel van die studenteportaal http://kovsielife.ufs.ac.za toegang verkry tot studierekords en ander dokumente wat nie vir amptelike gebruik benodig word en dus nie op ’n briefhoof van die Universiteit verskyn, onderteken is of die Universiteit se stempel dra nie. ’n Voorafbepaalde getal afskrifte van die student se akademiese rekord word jaarliks gratis aan die student uitgereik. Enige verdere akademiese rekord van die student sal slegs by die betaling van die vereiste gelde aan die student uitgereik word.

A89 VERSOEKE OP GROND VAN BUITENGEWONE OMSTANDIGHED E

Nieteenstaande die vereistes van die algemene en fakulteitsreëls, buiten waar die betrokke reëls statutêre voorskrifte bevat, kan ’n dekaan op grond van meriete en in oorleg met die Registrateur ’n besluit neem oor buitengewone gevalle wat skriftelik gemotiveer is (met stawende dokumente waar dit vereis word), of sulke gevalle vir arbitrasie na die Rektor verwys waar konsensus nie bereik kan word nie.

A90 DISSIPLINE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van dissipline.

(b) Die reëls van toepassing op dissipline word in bylae B hierby uiteengesit. A91 FINANSIËLE STEUN (a) Akademiese merietebeurse vir nagraadse studie wat toegeken word aan studente wat ʼn

kwalifikasie aan die Universiteit behaal het, word outomaties oorgeplaas na die studenterekeninge van geregistreerde studente wat vir genoemde beurse in aanmerking kom.

(b) Akademiese merietebeurse ten opsigte van studente van ander hoëronderwysinstellings word slegs oorweeg by ontvangs van ʼn skriftelike aansoek wat vergesel is van ʼn studierekord en ’n bewys van gelde wat vir spesifieke modules in die onderskeie studiejare betaal is.

(c) Die Nagraadse Skool hanteer ook beurse, en inligting in hierdie verband is op die webtuiste van die Universiteit beskikbaar.

(d) Nagraadse fakulteitsbeurse word deur akademiese departementshoofde in oorleg met die dekaan toegeken.

Toeligting Inligting oor akademiese merietebeurse is beskikbaar by: Die Registrateur, Afdeling Finansiële Steun, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of op die Universiteit se webblad by http://kovsielife.ufs.ac.za onder die opskrif “Akademiese Lewe” en daarna die skakel “Finansiële Steun”.

150 A92 MODULE- EN LOKAALROOSTER EN EKSAMENROOSTER (a) ʼn Module- en lokaalrooster word jaarliks opgestel en gepubliseer voor ʼn datum wat die

Senaat bepaal. Hierdie rooster, wat die kurrikulums in ag neem, is gebaseer op die modules wat die departemente aanbied en wat op die rekenaarnetwerk vasgelê is.

(b) ʼn Eksamenrooster wat in ag neem vir watter modules studente geregistreer is, word twee

keer per jaar opgestel en gepubliseer. (c) (i) Indien ʼn student ʼn module- en lokaalroosterbotsing ervaar omdat twee of

meer modules in dieselfde tydgleuf geskeduleer is, kan ʼn aanpassing slegs gemaak word met inagneming van die totale skeduleringsproses, wat insluit die eksamenrooster, die student se akademiese rekord, en die moontlikheid om alternatiewe modules te volg, veral ten opsigte van modules wat gedruip is.

(ii) Waar ʼn aanpassing van die eksamenrooster nie moontlik is nie, kan ʼn spesiale reëling met betrekking tot die aflê van die eksamen met die student getref word.

Toeligting Botsings op die module- en lokaalrooster en/of die eksamenrooster moet op die voorgeskrewe vorm by die Registrateur: Afdeling: Akademiese Roosters en Lokale aangemeld word. Die module- en lokaalrooster en eksamenrooster is beskikbaar op die Universiteit se webblad: http://kovsielife.ufs.ac.za.

A93 INWONING IN KAMPUSBEHUISING (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls oor inwoning in

kampusbehuising. (b) ’n Persoon se plasing in kampusbehuising is onderworpe aan sy/haar toelating tot ’n

akademiese kwalifikasie aan die Universiteit. (c) Plasing geskied met behoorlike inagneming van diversiteitsdoelwitte, wat insluit akademiese

prestasie, leierskap, kulturele aktiwiteite, sportprestasies, rassediversiteit en geslag. (d) Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan inwoners se

persoonlike besittings nie. (e) Vir doeleindes van inspeksie, herstelwerk en skoonmaak behou die Universiteit die reg van

toegang tot enige kamer, met behoorlike inagneming van die inwoner se reg op privaatheid.

A93.1 Aansoek om inwoning in kampusbehuising (a) ʼn Persoon wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn student wat

sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die Universiteit jaarliks bepaal, om inwoning in kampusbehuising aansoek doen.

151 (b) ʼn Student wat reeds aan die Universiteit studeer en om inwoning in kampusbehuising

aansoek doen, moet die voorgeskrewe aansoekvorm by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede invul.

(c) ʼn Residensiële student moet jaarliks op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die

Universiteit jaarliks bepaal, opnuut om inwoning in kampusbehuising aansoek doen. (d) Die Universiteit verwerk slegs volledig voltooide aansoeke. A93.2 Toekenning en hertoekenning van kampusbehuisi ng

Die voorskrifte en prosedures wat die toepaslike komitee van die Universiteit goedgekeur het, geld vir die aanvanklike toekenning en hertoekenning van kampusbehuising, en is beskikbaar by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede.

A93.3 Kansellasie van inwoning in kampusbehuising

Skriftelike kennis van die kansellasie van inwoning moet ooreenkomstig die vereistes aan die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede gegee word.

A94 BETAALBARE GELDE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met betrekking

tot betaalbare gelde. (b) Dit is die student se verantwoordelikheid om die Universiteit op hoogte te hou van sy/haar

korrekte kontakbesonderhede. (c) Klasgeld en betaalbare gelde vir kampusbehuising word per semester bereken en is op die

volgende datums betaalbaar, ongeag of ʼn rekeningstaat ontvang is of nie: Betaaldatums vir Suid-Afrikaanse studente:

Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 31 Augustus .

Betaaldatums vir internasionale studente:

Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 30 Junie , ongeag enige ander datum wat dalk op rekeningstate verskyn.

Indien betalings nie teen die sperdatums gemaak word nie:

• sal rente op alle agterstallige rekeninge gehef word teen die primabankkoers van ABSA Bank +2%;

• sal alle akademiese rekords vir die kontraktuele tydperk van wanbetaling teruggehou word; en

• sal internasionale studente wat op 1 Julie uitstaande gelde het, nie toegelaat word om hulle studie in die tweede semester voort te sit nie.

(d) Behalwe waar ʼn reël anders bepaal, is alle ander gelde betaalbaar teen nie later nie as die

einde van die maand ná die maand waarin die transaksie plaasgevind het, soos wat die rekeningstaat aandui.

152 (e) Versuim om ʼn rekening teen die aangewese betaaldatums te vereffen, verleen aan die

Universiteit die reg om, afgesien van die uitoefening van enige ander regte, rente op die verskuldigde bedrae te hef teen die maksimum koerse waarvoor die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 voorsiening maak.

(f) Indien ʼn student versuim om sy/haar rekening te vereffen, kan die Universiteit ook, afgesien

van enige ander regte, die rekening, met inbegrip van die invorderingsgelde, vir invordering aan ʼn prokureur oorhandig.

(g) Indien ʼn student in die betaling van ʼn rekening met meer as die voorgeskrewe bedrag

agterstallig is, kan dit daartoe lei dat eksamenantwoordstelle nie nagesien, navorsingsmagisterverhandelinge, onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of kursusmagisterminiverhandelinge nie vir assessering versend, eksamenuitslae nie bekend gemaak en/of amptelike dokumente soos studierekords en gedragsertifikate nie uitgereik word nie.

(h) Gelde moet ten volle vereffen word, ongeag of:

(i) dienste ontwrig word deur stakings, studenteboikotte, openbare onrus of

enige ander ontwrigtings op enige van die kampusse of by enige van die sentrums, of weens enige ander omstandighede buite die Universiteit se beheer;

(ii) ʼn student as gevolg van die toepassing van enige institusionele reël nie sy/haar studie mag voortsit nie.

(i) (i) ʼn Internasionale student moet:

(aa) voor registrasie ʼn nie-terugbetaalbare administratiewe heffing betaal;

(bb) bewyse voorlê dat hy/sy oor die nodige middele beskik om die verskuldigde gelde teen die betaaldatums te betaal;

(cc) die bepaalde moduleprys plus 50 persent betaal.

(ii) Studente van lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) word vrygestel van die bepaling oor die bykomende 50 persent.

(j) Verjaarde skuld: Fooie vir die akademiese jaar is vooruitbetaalbaar

’n Student wat voorheen as ’n student van die UV geregistreer was en wat versuim het om uitstaande fooie te betaal, sal nie toegelaat word om te registreer nie tensy fooie vir die jaar vooruitbetaal word. Dit sluit studente in wie se skuld verjaar het. Indien ’n student meen dat daar voldoende gronde bestaan om hom/haar van hierdie vereiste vry te stel, moet so ’n student skriftelik appèl aanteken by die Senior Direkteur: Finansies, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

153

Toeligting Ete- en boekegelde kan vooraf in aparte rekeninge inbetaal word, waarna dit na die student se studentekaart oorgeplaas sal word om aankope te doen.

Betalings kan soos volg gemaak word: (i) ABSA Bank

Universiteit van die Vrystaat Takkode 630734 Rekeningnommer 1570151688, met die volgende verwysingsnommer: • Betalings vir klasgeld en inwoning in kampusbehuising: 100, met die

studentenommer wat direk daarop volg

• Betalings vir etes: 101, met die studentenommer wat direk daarop volg

• Betalings vir boeke: 102, met die studentenommer wat direk daarop volg (ii) Internet

Registreer die Universiteit as ’n begunstigde. Gebruik die ABSA-bankbesonderhede hierbo. (iii) Aanlyn kredietkaartbetalings

Webadres: http://.kovsielife.ufs.ac.za (iv) Kassiere: Thakanengbrug

(v) Samba

Samba-kaartbetalings kan by die kassiere op die Tha kanengbrug gemaak word.

Maandae tot Vrydae 08:30-14:30

(vi) Poskantoor

Enige tak Verwysingsnommer: Studentenommer

Faks bewys van betaling na: +27 51 401 3579

A95 INLIGTINGSKOMMUNIKASIE EN -TEGNOLOGIE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met betrekking

tot inligtingskommunikasie en -tegnologie. (b) Die beleide oor inligtingskommunikasie en -tegnologie is op die Universiteit se webwerf

beskikbaar, en dit is die student se verantwoordelikheid om hom/haar van genoemde beleide te vergewis. Die misbruik van die Universiteit se inligtingstelsels kan dissiplinêre optrede teen ʼn student tot gevolg hê.

A96 –A99 Vir moontlike verdere toevoegings

154

ALGEMENE REËLS VIR DOKTORSGRADE (NKR-UITTREEVLAK 10 )

A100 Algemene reëls ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 155

A101 Aansoek om toelating ... ... ... ... ... ... ... ... ... 155

A102 Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ’n doktorsgraad … ... ... 157

A103 Voorlegging van dokumente om as student te registreer … … ... ... 160

A104 Aanbiedingsmodus ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 162

A105 Vereistes ten opsigte van ’n tesis, onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis ... ... ... ... ... ... 163

A106 Duur van studie en die samestelling van ’n kurrikulum ... ... ... ... 163

A107 Registrasie en herregistrasie as student ... ... ... ... ... ... 168

A108 Registrasie van navorsingstitels en wysiging van ’n navorsingstitel ... ... 168

A109 Promotor en medepromotor(s) ... ... ... ... ... ... ... ... 169

A110 Eksaminatore ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 169

A111 Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of verskuiwing na ’n ander Universiteitskampus/-sentrum ... ... ... ... ... ... 170

A112 Kredietakkumulasie en –oordrag ... ... ... ... ... ... ... ... 171

A113 Assesseringsreëls ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 172

A114 Kwalifikasie met lof ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 179

A115 Kwalifikasiesertifikate ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 180

A116 Intellektuele eiendom ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 181

A117 Publikasie van ’n tesis ... ... ... ... ... ... ... ... ... 181

A118 Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters ... ... ... ... ... ... 181

A119 Versoeke op grond van buitengewone omstandighede … … … ... ... 182

A120 Dissipline … … … … … … … … ... ... 182

A121 Finansiële steun … … … … … … … ... ... ... 182

A122 Inwoning in kampusbehuising … … … … … ... ... ... 182

A123 Betaalbare gelde … … … … … … … … ... ... 183

A124 Inligtingskommunikasie en –tegnologie … … … ... ... ... ... 185

A125 tot A129 Vir moontlike verdere toevoegings ... ... ... ... ... ... 185

155 ALGEMENE REËLS VIR DOKTORSGRADE (NKR-UITTREEVLAK 10 )

A100 ALGEMENE REËLS (a) Elke student is persoonlik daarvoor verantwoordelik om op hoogte van die algemene en

fakulteitsreëls te wees en daaraan te voldoen. (b) ʼn Geregistreerde of voornemende student ontvang nie bloot op grond van ʼn foutiewe

mededeling oor die inhoud van algemene en fakulteitsreëls vrystelling van sodanige reëls nie. Die Registrateur kan egter wél op grond van ʼn omvattende skriftelike motivering vrystelling verleen.

(c) By registrasie onderwerp ʼn student hom/haar aan die algemene en fakulteitsreëls, soos dit

van tyd tot tyd gewysig kan word. (d) Daar sal aangeneem word dat alle ooreenkomste tussen die student en die Universiteit

rakende toelating en/of registrasie en/of kampusinwoning in Bloemfontein aangegaan is, ongeag die werklike plek van ondertekening deur enige van die partye. Toeligting Tensy die teendeel uit die konteks blyk, sluit die enkelvoud ook die meervoud in, en omgekeerd. Vir doeleindes van die uitleg en toepassing van ’n reël, word die Afrikaanse en Engelse tekste van reëls as gelykwaardig geag, ongeag of dit ’n vertaalde of oorspronklike weergawe is. Die Afrikaanse en Engelse tekste van ’n reël moet in samehang gelees word ten einde die betekenis daarvan vas te stel. In geval van onversoenbare teenstrydigheid tussen die tekste, word voorrang gegee aan die weergawe wat die beste voldoen aan die oogmerk van die bepaling, soos wat uit Senaats- en Raadsnotules en ander toelaatbare bronne vasgestel kan word.

A101 AANSOEK OM TOELATING (a) Voordat ʼn persoon amptelik op die voorgeskrewe vorm om toelating tot ʼn doktorsgraad

aansoek doen, moet die voornemende student die aangewese programdirekteur en/of akademiese departementshoof van die vakrigting waarin die studie onderneem sal word, nader om die volgende op te klaar:

(i) Of die departement wél oor die spesifieke gespesialiseerde kundigheid

beskik om die voorgestelde studie te onderneem

(ii) Of die departement wél oor die nodige personeel- en fisiese vermoë beskik om studieleiding te bied en/of ander persone van buite die Universiteit te betrek

(iii) Of die aansoek direk by die betrokke departement, by die Qwaqwa-kampus of by die Aansoekkantoor ingedien moet word

(iv) Of die aansoek onderworpe is aan keuring

(v) Die aanbiedingsmodus en assesseringsmetode

(vi) Die akademiese voorvereistes waaraan daar voldoen moet word

156

(b) Sodra goedkeuring verleen is vir die indiening van ʼn amptelike aansoek: (i) moet ʼn voornemende student wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer,

of

(ii) ʼn student wat sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het,

(iii) om toelating aansoek doen op die voorgeskrewe vorm, vergesel van die vereiste dokumente (toestemmingsbrief van die programdirekteur of akademiese departementshoof, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasiesertifikate, studierekords en gedragsertifikate, ensovoorts).

(c) ʼn Geregistreerde student aan hierdie Universiteit wat in die jaar direk nadat die vereiste

magistergraad behaal is, met ʼn doktorsgraad wil voortgaan, moet op die voorgeskrewe vorm aansoek doen.

(d) Indien ʼn persoon ʼn doktorsgraad in die vorm van ʼn tesis of onderling verwante,

publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels wil aanbied, kan hy/sy – met inagneming van die subsidieriglyne – in enige stadium gedurende die akademiese jaar om toelating aansoek doen. Indien eksamens egter afgelê moet word, moet die persoon voor die aanvang van die akademiese jaar en die afsluiting van die registrasieproses om toelating aansoek doen. Indien ’n student die navorsingsverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ná die vasgestelde spertyd indien, sal die studentegelde proporsioneel aangepas word. Die akademiese jaar waarin die graad toegeken word, bepaal die fooie wat gehef word en betaalbaar is: (i) Indien die graad betyds toegeken word sodat die student by die Julie-

gradeplegtigheid kan gradueer, betaal die student geen fooie vir daardie jaar nie.

(ii) Indien die graad nie betyds vir die Julie-gradeplegtigheid toegeken word nie, maar wel betyds vir die Desember-gradeplegtigheid, betaal die student die registrasiefooi plus 50% van die klasgeld vir die eerste semester.

(iii) Indien die graad nie in die betrokke akademiese jaar toegeken word nie, betaal die student vir die volle jaar.

(e) Die Registrateur sal slegs op grond van gemotiveerde, skriftelike voorleggings oorweging

skenk aan aansoeke om toelating tot hierdie Universiteit deur studente van ander hoëronderwysinstellings wat voortgesette toelating tot daardie instellings geweier is.

(f) Die Universiteit sal alle aansoeke wat ontvang word, verwerk, in weerwil daarvan dat

aansoeke dalk onvolledig kan wees, met dien verstande dat die datum van ontvangs van ’n onvolledige aansoek nie vir keuringsprogramme, plasing in kampusbehuising of finansiële steun gebruik sal word nie.

157

Toeligting

Rig navrae aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210, of e-pos [email protected]. Rig telefoniese navrae soos volg:

• Fakulteit Geesteswetenskappe en Fakulteit Gesondheidswetenskappe – +27 51 401 2345 of +27 51 401 3459

• Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Fakulteit Regsgeleerdheid en Fakulteit Teologie – +27 51 401 3365 of +27 51 401 9863

• Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en Fakulteit Opvoedkunde: +27 51 401 3597 of +27 51 401 3659

• UV-Sakeskool – +27 51 401 3163 (faks: 086 655 8044)

Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir aansoek om toelating tot ’n doktorsgraad deur ’n geregistreerde student aan die Universiteit moet ingevul word en is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede. Dit moet by dieselfde kantoor ingedien word sodra die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof die aansoek om toelating goedgekeur het.

Stuur dokumente met betrekking tot die Sakeskool aan: Die Direkteur: Sakeskool, Posbus 339, Interne Posbus 17, Bloemfontein 9300, of faks 086 655 8044.

Die datum waarop hetsy die ontbrekende inligting of dokumente van ’n onvolledige aansoek ontvang word, sal beskou word as die datum waarop die UV die aansoek ontvang het.

A102 TOELATING OF HERTOELATING TOT DIE UNIVERSITEIT EN TOT ’N DOKTORSGRAAD

A102.1 Toelating (a) Om tot ʼn doktorsgraad toegelaat te word, moet ʼn persoon:

(i) reeds oor ʼn magistergraad beskik; en (ii) ʼn beswaarde gemiddelde van minstens 65 persent (nie tot die volgende

heelgetal afgerond nie) behaal het, of op grond van buitengewone omstandighede, op aanbeveling van die akademiese departementshoof en met die betrokke fakulteitsraad se goedkeuring, ’n punt behaal het in die vakrigting waarin hy/sy wil voortgaan; en

(iii) voldoen aan enige ander vereistes wat die betrokke fakulteitsraad goedkeur, met dien verstande dat ʼn persoon ook tot ʼn doktorsgraad toegelaat kan word:

(aa) met die dekaan se toestemming, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en in oorleg met die Registrateur, op grond van ʼn kwalifikasie/kwalifikasies wat hulle as gelykstaande met ʼn magistergraad beskou; of

158

(bb) met die goedkeuring van die dekaan, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en met kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat, op grond van ʼn vaardigheidstandaard wat deur middel van EVL bepaal word en wat vir die doeleindes van doktorale studie as toereikend beskou word.

(iv) Die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof kan ook van ʼn persoon vereis om ʼn mondelinge en/of skriftelike eksamen af te lê en/of hom/haar aan ’n onderhoud te onderwerp voordat toelating tot doktorale studie verleen kan word.

(b) ʼn Student wat aanvanklik tot ʼn magistergraad toegelaat is, kan ná ʼn studie- en registrasietydperk van minstens een jaar, op aanbeveling van die fakulteitsraad en op grond van ʼn skriftelike motivering by die Uitvoerende Komitee van die Senaat aansoek doen om toelating tot en voortsetting van doktorale studie, mits:

(i) die studieleier, die medestudieleier(s) en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof (via die fakulteit se navorsingskomitee) die aansoek by die fakulteitsraad aanbeveel;

(ii) die doktorsgraad eers ná twee verdere studiejare toegeken word; en

(iii) die algemene beginsel geld dat ’n vroeëverlaterskwalifikasie nie toegeken kan word indien die student nie aan die vereistes vir die kwalifikasie voldoen nie.

(c) Voordat enige assessering plaasgevind het, kan ʼn student op grond van ʼn skriftelike motivering, op aanbeveling van die promotor en medepromotor(s) en programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en met kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat, by die fakulteitsraad aansoek doen om sy/haar kandidatuur vir die doktorsgraad te kanselleer en hom/haar opnuut toe te laat om met die magistergraad voort te gaan.

(d) ʼn Persoon word tot interdissiplinêre doktorale studie toegelaat onderworpe aan ʼn gemotiveerde skriftelike aansoek om toelating by die dekaan van die fakulteit waarin die vorige kwalifikasie verwerf is, met dien verstande dat:

(i) die betrokke dekaan, ná oorlegpleging met die dekaan/dekane van die ander fakulteit(e), die aansoek by die Uitvoerende Komitee van die Senaat aanbeveel; en

(ii) die name van ʼn promotor en/of medepromotor(s) tesame met die aanbeveling vir goedkeuring aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voorgelê word.

(e) (i) Benewens bostaande vereistes wat vir toelating tot alle doktorsgrade geld, kan die dekaan, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, van ʼn persoon vereis om sekere bykomende modules voor toelating of voor die toekenning van die kwalifikasie te voltooi.

(ii) Besluitnemingsbevoegdheid op die Qwaqwa-kampus is gesetel in die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, in oorleg met die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, met skriftelike kennisgewing aan die dekaan.

159

(iii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(f) Die Uitvoerende Komitee van die Senaat kan op grond van ’n gemotiveerde skriftelike

aansoek, gebaseer op buitengewone omstandighede, en op aanbeveling van die dekaan en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, toestemming verleen dat ’n student wat ʼn magistergraad in een fakulteit verwerf het, vir ʼn doktorsgraad in ʼn ander fakulteit registreer. Studente van enige fakulteit kan vir die Doktorsgraad in Hoër Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde registreer.

(g) (i) Wat ’n student op die Qwaqwa-kampus betref, kan die dekaan in

uitsonderlike gevalle, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, of die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, genoemde student toelaat tot ’n enkele module/modules benewens die modules wat voorgeskryf word, mits dit as aanvullend tot die bepaalde studieprogram beskou word en die student oor voldoende kennis van die dissipline beskik om toelating tot die module(s) te regverdig.

(ii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

(h) Die verantwoordelikheid om toe te sien dat ʼn persoon aan die nodige toelatingsvereistes

voldoen, berus by die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en wat die Qwaqwa-kampus betref, by die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof sowel as die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus.

A102.2 Progressiereël ten opsigte van nagraadse stu dente (van toepassing op alle

programme vanaf 2014)

Studente wat tot nagraadse programme toegelaat word, moet oor die algemeen alle modules slaag waarvoor hulle in ʼn bepaalde studiejaar geregistreer is. ʼn Student sal normaalweg net toegelaat word om met ’n program voort te gaan indien hy/sy ten minste 75% van die vereiste modules in ʼn akademiese jaar slaag.

A102.3 Hertoelating op grond van akademiese vorderi ng (a) Indien ʼn student na die minimum residensiële tydperk ingevolge die UV se

programkwalifikasiestel (PQM) nog nie die doktorsgraad behaal het nie, kan hy/sy die studie slegs voortsit op grond van buitengewone meriete en onderworpe aan die volgende voorwaardes: (i) Na die minimum residensiële tydperk ingevolge die UV se PQM, plus een

jaar, met die goedkeuring van die promotor en/of die akademiese departementshoof sowel as die dekaan, die bekragtiging van die fakulteitsraad, en skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

(ii) Na die minimum residensiële tydperk ingevolge die UV se PQM, plus twee jaar, op grond van ʼn volledige motivering deur die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof wat deur die fakulteitskomitee goedgekeur moet word, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer (met

160

dien verstande dat die bepalings oor aanpassing by nuwe reëls in ag geneem is).

(iii) Na die minimum residensiële tydperk ingevolge die UV se PQM, plus drie

jaar, slegs vir een verdere akademiese jaar, met die goedkeuring van die fakulteitsraad op grond van ʼn omvattende skriftelike motivering deur die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, met dien verstande dat die bepalings oor aanpassing by nuwe reëls in ag geneem is.

(b) ’n Student wat met die toestemming van die dekaan van die fakulteit sy/haar studie voor

die laaste datum vir herregistrasie in daardie jaar vir ’n tydperk van hoogstens een (1) jaar onderbreek, sal in die daaropvolgende jaar toegelaat word om te registreer sonder om weer om toelating aansoek te doen. Indien die student versuim om in die daaropvolgende jaar te registreer, sal hy/sy van voor af om toelating moet aansoek doen, en sal enige tydperk(e) waartydens hy/sy nié vir die kwalifikasie geregistreer was nie, ingesluit word wanneer sy/haar residensiële tydperk bereken word. Die jaar waarin die dekaan die versoek om onderbreking goedkeur, word nie by sodanige berekening ingesluit nie. Aansoeke om onderbreking moet skriftelik aan die dekaan voorgelê word vir ’n besluit.

(c) Indien die studie nie na ses (6) jaar vir doktorale studente voltooi is nie, moet omvattende

redes vir verdere registrasie aan die studieleier voorsien word. Die dekaan kan in oorleg met die departementshoof en studieleier ’n verlenging van die studie goedkeur.

(d) Versuim om ’n tesis hetsy aan die einde van die gewone tydperk of (indien die dekaan ’n

verlenging formeel goedgekeur het) die verlengde tydperk in te dien, sal daartoe lei dat die Universiteit die registrasie outomaties ongeldig verklaar. Toeligting Toelating op grond van ’n vaardigheidstandaard word ingevolge die beleid oor EVL hanteer. Rig navrae oor toelating op grond van EVL aan: http://www.ufs.ac.za/rpl, of telefoon +27 51 505 1272, of faks 086 604 8067.

A103 VOORLEGGING VAN DOKUMENTE OM AS STUDENT TE REG ISTREER (a) ʼn Voornemende student:

(i) wat vir die eerste keer aan die Universiteit registreer, moet saam met die

voorgeskrewe aansoekvorm ʼn gewaarmerkte afskrif/afskrifte van die kwalifikasie(s) op grond waarvan toelating tot die doktorsgraad verleen is, indien;

(ii) wat voorheen aan ʼn ander hoëronderwysinstelling studeer het, moet

gedurende die aansoekproses ʼn oorspronklike studierekord en gedragsertifikaat van die vorige hoëronderwysinstelling(s) indien.

(b) Gewaarmerkte afskrifte moet ook gedurende die registrasieproses beskikbaar wees.

161 (c) ʼn Internasionale student moet:

(i) ʼn studiepermit wat die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake

ten gunste van die Universiteit van die Vrystaat uitgereik het, by die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede indien;

(ii) voldoen aan al die vereistes van die Immigrasiewet en die regulasies wat ingevolge daarvan uitgereik is;

(iii) by SAKO aansoek doen vir ’n evaluering van die buitelandse kwalifikasies wat die student voor sy/haar aansoek om registrasie by die UV verwerf het. Die evaluering en stawing van buitelandse kwalifikasies sluit in die bevestiging van die status van instellings en die kwalifikasies wat hulle aanbied; ’n ondersoek na die egtheid van kwalifikasiedokumente, en bevestiging dat dit inderdaad aan individue toegeken is, en ’n vergelyking tussen buitelandse en Suid-Afrikaanse kwalifikasies, gedagtig aan die struktuur en uitkomste van buitelandse kwalifikasies, om dit binne die Suid-Afrikaanse NKR te kan plaas (SAKO-aansoekriglyne en -vorm, Maart 2014, op grond van artikel 13(1)(m) van die Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) 67 van 2008).

Toeligting Gewaarmerkte afskrifte word slegs aanvaar indien die volgende inligting oor die kommissaris van ede duidelik leesbaar is op die dokument: • Die volle naam en van • Die pos wat hy/sy beklee • Die plek waar die gewaarmerkte afskrif onderteken is • Die datum waarop die gewaarmerkte afskrif onderteken is • Die sakeadres • Die handtekening

Gedragsertifikate moet endossemente bevat oor die persoon se gedrag en sy/haar finansiële omstandighede op die datum van uitreiking van die sertifikaat.

Stuur die vereiste dokumente met betrekking tot kwalifikasies wat op die Bloemfontein-kampus aangebied word aan die betrokke programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, of aan: Die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of faks 086 697 2604/+27 51 401 9210.

Stuur dokumente met betrekking tot kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word aan: Die Registrateur, Kantoor van die Kampushoof, Universiteit van die Vrystaat, Privaat Sak X3, Phuthaditjhaba 9866 (telefoon +27 58 718 5011/2).

Stuur dokumente wat vir die Sakeskool bestem is aan: Die Direkteur: Sakeskool, Posbus 339, Interne Posbus 17, Bloemfontein 9300, of faks 086 655 8044.

Internasionale studente moet daarop let dat nóg ’n hospitaalplanpolis nóg ’n reisversekeringsplan as alternatief vir ’n mediese fonds aanvaar sal word.

Om aansoek te doen om ’n studiepermit, moet ’n skrywe van die Kantoor vir Internasionale Aangeleenthede wat toelating tot die Universiteit bevestig, die aansoek vergesel.

Alle Suid-Afrikaanse studente moes ’n minimum prestasievlak van 4 (50%-59%) in die gekose UV-onderrigtaal (Afrikaans of Engels) behaal het.

162

Internasionale studente (buiten studente wat hulle skoolonderrig in die UV-onderrigtaal ontvang het) moet die IELTS- OF TALPS-toets aflê en ’n minimum punt van 6 in elk van die komponente van die toets behaal.

A104 AANBIEDINGSMODUS

(a) Doktorsgraad:

’n Doktorsgraad voorsien opleiding vir ’n akademiese loopbaan. Dit vereis dat die kandidaat op die mees gevorderde akademiese vlakke navorsing onderneem, wat op die voorlegging, assessering en aanvaarding van ’n tesis uitloop. Kandidate kan egter ook onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels en referate, en op sekere vakgebiede ook kreatiewe werk soos artefakte, komposisies, openbare uitvoerings en openbare uitstallings, aanbied ter gedeeltelike voldoening aan die navorsingsvereistes. Kursuswerk kan vereis word as voorbereiding op of waardetoevoeging tot die navorsing, maar dra nie by tot die kredietwaarde van die kwalifikasie nie. Die onderskeidende kenmerk van hierdie kwalifikasie is dat daar van die kandidaat vereis word om hoëvlaknavorsingsvermoë aan die dag te lê, en om ’n beduidende en oorspronklike akademiese bydrae te lewer aan die voorpunt van ’n vakgebied of terrein. Die gehalte van die werk moet aan publikasievereistes voldoen. Die graad kan verwerf word deur middel van suiwer dissiplinegebaseerde of multidissiplinêre of toegepaste navorsing. Hierdie graad vereis ’n minimum van twee jaar voltydse studie na voltooiing van ’n magistergraad. ’n Gegradueerde behoort in staat te wees om studieleiding te bied en ander se navorsing op die betrokke spesialiteitsgebied te beoordeel.

’n Bykomende tipe doktorsgraad, die hoër doktorsgraad, kan toegeken word op grond van ’n uitnemende navorsingsgeskiedenis in die vorm van gepubliseerde werke, kreatiewe werke en/of ander vakkundige bydraes wat toonaangewende internasionale kundiges as ’n buitengewone en onafhanklike bydrae tot een of meer dissiplines of vakgebiede bestempel.

Ooreenkomstig die bepalings van ’n fakulteitsraad wat in die fakulteitsreëls vervat is, kan ʼn doktorsgraad volgens een van die volgende opsies aangebied word:

(i) Die indiening van ʼn doktorale tesis (360 krediete) (ii) Drie akademiese, onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels en referate, en op sekere vakgebiede ook kreatiewe werk soos artefakte, komposisies, openbare uitvoerings en openbare uitstallings, ter gedeeltelike voldoening aan die navorsingsvereistes (360 krediete)

Professionele doktorsgraad:

Ooreenkomstig die bepalings van ’n fakulteitsraad wat in die fakulteitsreëls vervat is, kan ’n doktorsgraad (professioneel) toegeken word, byvoorbeeld Doktor in Opvoedkunde, Doktor in die Handel, Doktor in Ingenieurswese, Doktor in Regte, Doktor in Verpleegkunde, Doktor in Maatskaplike Werk, Doktor in Aptekerswese. Kandidate moet ’n kombinasie van kursuswerk en gevorderde navorsing onderneem, wat uitloop op die indiening, assessering en aanvaarding van ’n navorsingskomponent, synde ’n oorspronklike tesis of ander vorm van navorsing wat gepas is vir die aard van die dissipline of terrein en die bepaalde navorsingsgebied. Die navorsingskomponent behoort minstens 60% van die graad uit te maak. Professionele doktorsgrade kan ook toepaslike vorme van WIL insluit. Die onderskeidende kenmerk van hierdie kwalifikasie is dat dit, benewens die toon van hoëvlaknavorsingsvaardighede, ’n sterk professionele klem het.

163 (b) ʼn Doktorsgraad kan ook gedeeltelik (ten minste 50 persent) aan die Universiteit voltooi

word, en die oorblywende gedeelte aan ʼn universiteit in die buiteland met wie die UV ʼn amptelike ooreenkoms in dié verband gesluit het.

(c) Ongeag die aanbiedingsmodus, moet die standaard van die uitkomste met die vereistes

van die vlak 10-beskrywers van die Hoëronderwyskwalifikasie-subraamwerk ooreenstem. A105 VEREISTES TEN OPSIGTE VAN ’N TESIS, ONDERLING VERWANTE,

PUBLISEERBARE MANUSKRIPTE/GEPUBLISEERDE ARTIKELS OF MINITESIS (a) Die uitstaande kenmerk van hierdie bepaalde kwalifikasie is dat ʼn persoon

hoëvlaknavorsing moet kan onderneem en ʼn beduidende en oorspronklike wetenskaplike bydrae moet kan lewer.

(b) Die volgende vereistes word vir hierdie studie gestel:

(i) ʼn Tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels word onder leiding van ʼn promotor of ʼn promotor en ʼn medepromotor/medepromotors geskryf (360 krediete), of in uitsonderings op hierdie reël,

(ii) word ʼn minitesis onder leiding van ʼn promotor of ʼn promotor en ʼn medepromotor/medepromotors geskryf (ten minste 60% van die graad).

(c) Geen tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels mag

werk bevat wat identies is aan werk wat ’n student voorheen vir ʼn kwalifikasie aangebied het nie.

(d) Die vereiste met betrekking tot ’n doktorale tesis is dat ten minste drie publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels ingedien word. Vir die professionele doktorsgraad, waar die navorsingskomponent ten minste 60% van die graad moet uitmaak, word twee manuskripte/gepubliseerde artikels ingedien.

(e) Ten minste een van die manuskripte moet publiseerbaar wees in ’n geakkrediteerde

vaktydskrif, of die gepubliseerde artikels moes in ’n geakkrediteerde vaktydskrif verskyn het.

A106 DUUR VAN STUDIE EN DIE SAMESTELLING VAN ’N KUR RIKULUM (a) Nadat hy/sy die kwalifikasie met betrekking waartoe toelating verleen is, verwerf het, moet

ʼn doktorale student vir minstens een jaar (twee semesters), of ooreenkomstig die bepalings van die fakulteitsraad en ingevolge die betrokke fakulteitsreëls, aan die Universiteit geregistreer wees.

(b) Behalwe waar die Raad (via die Senaat) nuwe reëls in werking stel wat onmiddellik van

krag is, kan ʼn student (ten opsigte van ’n doktorsgraad) slegs vir die minimum toegelate tydperk vir daardie kwalifikasie registreer, plus een verdere jaar, welke tweede tydperk direk op die eerste volg, en moet die student sy/haar studie vir daardie bepaalde kwalifikasie voltooi volgens die reëls wat ten tyde van eerste registrasie van toepassing was.

(c) (i) ʼn Student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, of ʼn student van hierdie

Universiteit wat sy/haar studie vir ʼn jaar of langer onderbreek of van kwalifikasie verander, bly onderworpe aan die algemene en fakulteitsreëls

164

wat ten tyde van die nuwe registrasie geld, behalwe met die goedkeuring van die dekaan van die betrokke fakulteit ten opsigte van die fakulteitsreëls, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur.

(ii) In geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, kan

goedkeuring met betrekking tot die fakulteitsreëls verleen word deur die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, in oorleg met die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, met skriftelike kennisgewing aan die toepaslike dekaan.

(d) Indien ʼn tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of

’n minitesis afgekeur word en die student daarna opnuut vir die doktorsgraad registreer, neem die fakulteitsraad ’n ad hoc-besluit oor die studietydperk. Skriftelike kennisgewing van die besluit word aan die Registrateur, of in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, gestuur.

(e) (i) Onderworpe aan ʼn student se akademiese prestasie, kan ’n dekaan ’n

student toelaat om vir bykomende modules tot ʼn maksimum van 32 krediete te registreer, mits die student aan die toelatingsvereistes voldoen. Skriftelike kennisgewing gaan aan die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en die Registrateur.

(ii) In geval van kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus aangebied word,

verleen die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus goedkeuring, met skriftelike kennisgewing aan die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en die toepaslike dekaan.

(iii) Indien die bykomende modules onder ʼn ander fakulteit ressorteer, word

goedkeuring in oorleg met die dekaan van daardie fakulteit verleen.

A107 REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE AS STUDENT A107.1 Keuring vir registrasie (a) ’n Persoon wat in aanmerking kom om vir ’n doktorsgraad met ’n tesis of onderling

verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels te registreer, moet aan die volgende vereistes voldoen voordat hy/sy vir die betrokke kwalifikasie sal kan registreer:

(i) Die aansoeker moet voor registrasie ’n navorsingsuiteensetting30 indien

wat die akademiese departement waarin die aansoeker geregistreer sal wees, as gepas beskou.

(ii) Alle doktorale aansoekers is onderworpe aan ’n keuringsproses wat van departement tot departement kan verskil en waarvan die besonderhede in die departementele brosjures vir nagraadse keuring sowel as op die departementele webblaaie gepubliseer sal word.

(iii) Keuring vir registrasie berus op die inhoud en prestasie in die vorige graad, akademiese meriete, oorbruggingsreëlings, vorige werkservaring en navorsingsvermoë.

30 Indien ’n ander goedgekeurde toets, assessering of meganisme in ’n fakulteit bestaan om ’n student se navorsingsvermoë in die onderrigtaal te bepaal, kan sodanige toets, assessering of meganisme toegepas word.

165

(iv) Die studieleier, in oorleg met die departementshoof, behou die reg om aansoekers te versoek om ’n toelatingseksamen af te lê of vir bykomende modules in te skryf of aan bykomende toelatingsvereistes te voldoen waar dit as nodig beskou word.

(v) Indien die studieleier en die akademiese departementshoof bogenoemde vereistes as toepaslik beskou, moet die aansoeker, indien dit vereis word, hetsy die IELTS- of TALPS-toets op sy/haar eie onkoste aflê en alle afdelings van die toets met ’n punt van minstens 6 slaag.

(b) Indien die aansoeker aan ál die vereistes in A107.1(a)(i) tot (v) voldoen, sal toestemming

vir registrasie verleen word. A107.2 Registrasie vir die kwalifikasie (a) Alle studenteregistrasies vind plaas ooreenkomstig die gekoördineerde reëlings van die

Registrateur wat deur die Uitvoerende Komitee van die Senaat goedgekeur is. (b) Voordat ʼn persoon se studietermyn ʼn aanvang neem, moet hy/sy jaarliks by die eerste

registrasiegeleentheid vir albei semesters (indien van toepassing) registreer, vir die tydperk wat die Senaat bepaal, en moet die student die voorgeskrewe gelde betaal.

(c) Waar dit as nodig beskou word, sal die fakulteit binne die eerste tien weke ná registrasie ’n

oriënteringsprogram aanbied (waarvan bywoning verpligtend is) om alle studente wat beoog om op hierdie vlak te studeer, met toepaslike navorsingsmetodes en die vereiste agtergrond toe te rus.

(d) Ná registrasie moet die student saam met die studieleier aan ’n navorsingsvoorstel werk, behalwe in gevalle waar ’n navorsingsvoorstel onmiddellik voorgelê en deur die fakulteitnavorsingskomitee of die fakulteitsraad aanvaar word.

(e) ’n Aanvaarbare navorsingsvoorstel en -titel moet binne die eerste ses maande ná registrasie deur die fakulteitnavorsingskomitee of fakulteitsraad goedgekeur word, met inbegrip van voldoening aan die vereistes van etiekkomitees.

(f) Uitstel van hoogstens 45 dae ten opsigte van die indiening van die navorsingsvoorstel en -

titel kan slegs toegestaan word met die dekaan se goedkeuring op aanbeveling van die programdirekteur of die akademiese departementshoof, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

(g) Tesame met die aansoek om goedkeuring van die navorsingsvoorstel en -titel moet die fakulteitsraad ’n promotor sowel as medepromotor(s) (indien van toepassing) op aanbeveling van die programdirekteur of die akademiese departementshoof en ooreenkomstig die fakulteitsprosedures goedkeur.

(h) ’n Student wat ná die registrasietydperk wil begin met doktorale studie wat nie eksamenvraestelle insluit nie, kan toestemming vir registrasie bekom van die programdirekteur of die akademiese departementshoof, of van die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

(i) In gevalle waar ’n student se studie tussen die aanvang van die eerste semester en die

einde van September begin, sal die student se gelde proporsioneel aangepas word. (j) Waar hierdie stappe tussen Oktober en Desember plaasvind en dus nie binne die

amptelike registrasietydperk val nie, moet die student minstens binne die daaropvolgende jaar/jare in die geskeduleerde registrasietydperk vir die betrokke kwalifikasie registreer.

166 (k) (i) Akademiese krediete word slegs verwerf vir modules waarvoor ’n student

ooreenkomstig die korrekte modulekodes in die fakulteitsreëls geregistreer is.

(ii) Die reëls van toepassing op modulekodes word in bylae A hierby uiteengesit.

(l) Registrasie aan die begin van die jaar vir modules in die tweede semester is voorwaardelik

en bly onderworpe aan die reëls van toepassing op modules, met spesifieke voorvereistes wat in die betrokke fakulteitsreëls uiteengesit word.

(m) Ondanks die voorvereistes van toepassing op eerste kwalifikasies, kan ʼn student, op

aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en met die dekaan se goedkeuring, vir genoemde modules registreer sonder dat hy/sy aan die voorvereistes voldoen, en dan die modules gelyktydig op verskillende vlakke in dieselfde dissipline volg.

(n) ʼn Persoon kan nie gelyktydig vir meer as een kwalifikasie aan hierdie en/of ʼn ander

hoëronderwysinstelling registreer nie, behalwe op grond van buitengewone omstandighede wat skriftelik gemotiveer word. Die betrokke dekaan/dekane se goedkeuring, op grond van ’n aanbeveling deur die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, word vereis, sowel as, indien van toepassing, die goedkeuring van die betrokke dekaan by die ander hoëronderwysinstelling, gedagtig aan die spesifieke toelatingsvereistes. Skriftelike kennis moet in elke geval gegee word aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, met dien verstande dat die residensiële tydperke gelyklopend sal wees.

(o) Die Registrateur verleen geen registrasie met terugwerkende krag nie, en ’n registrasie vir

dieselfde kwalifikasie ná ʼn onderbreking word as ʼn nuwe registrasie beskou met betrekking waartoe ’n student aan nuwe termynvereistes moet voldoen, behalwe indien: (i) die promotor tot bevrediging van die programdirekteur en/of die

akademiese departementshoof en die dekaan, en met die Registrateur se goedkeuring, kan aantoon dat die student reeds voor die onderbreking vordering gemaak het met die studie (tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis) en dat die student met die nuwe registrasie voortbou op die werk wat reeds gedoen is; en

(ii) die student aanspreeklik sal wees vir die toepaslike gelde vir die tydperk waarvoor hy/sy nie geregistreer was nie dog steeds studieleiding ontvang het.

(p) Indien die Registrateur, op grond van ʼn skriftelike motivering deur die aansoeker, wat

onderskryf word deur die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof sowel as die dekaan, toelaat dat die persoon terugwerkend of ná die Senaatsgoedgekeurde registrasietydperk vir ʼn gestruktureerde kursuswerkkwalifikasie registreer, sal ʼn bykomende fooi vir die laat registrasie gehef word.

(q) ʼn Eerste registrasie vir ʼn doktorsgraad wat slegs ʼn tesis of onderling verwante,

publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels behels, kan buite die goedgekeurde registrasietydperke plaasvind, met inagneming van die subsidieriglyne.

167 (r) Indien ʼn persoon nie sy/haar rekening ten opsigte van die vorige jaar ten volle vereffen nie,

kan ʼn daaropvolgende registrasie nie plaasvind nie, en kan geen studieleiding verleen of onderriggeleenthede bygewoon word nie.

(s) Die Universiteit verleen slegs voorwaardelike registrasie indien die Raad dit goedkeur. A107.3 Herregistrasie (a) Vir herregistrasie vir ʼn kwalifikasie moet ʼn student aan die hertoelatingsvereistes voldoen

en moet sy/haar Universiteitsrekening van die vorige jaar/jare ten volle vereffen wees. (b) ʼn Student moet opnuut vir die betrokke kwalifikasie registreer indien:

(i) die tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde

artikels nie ingedien is ooreenkomstig die datums wat die Senaat bepaal nie;

(ii) die graad nie by die eerskomende gradeplegtigheid toegeken kan word nie, byvoorbeeld indien regstellings aangebring moet word of indien gebinde eksemplare nie ontvang is nie;

(iii) die assessering nie afgehandel is nie, selfs al is die tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ingedien ooreenkomstig die datums wat die Senaat bepaal. Geen registrasiegeld is in dié geval betaalbaar nie.

(c) Die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof moet, in oorleg met die

promotor en, in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, nagaan of herregistrasie plaasgevind het voordat studieleiding ’n aanvang mag neem.

A107.4 Kansellasie van ʼn registrasie of module(s) deur ’n student (a) Kennis van die kansellasie van ʼn registrasie moet skriftelik gegee word. (b) Die datum waarop die skriftelike kennisgewing ontvang word, word as die datum van die

kansellasie van die registrasie beskou. (c) Kennis van die kansellasie van ʼn module/modules kan deur die jaar gegee word, maar om

finansiële krediet te ontvang, geld bepaalde sperdatums. (d) Kansellasie van ’n module/modules ná die sperdatums kan akademiese implikasies vir die

student hê. A107.5 Kansellasie van ʼn student se registrasie deur die Universiteit (a) ʼn Student se registrasie aan die Universiteit kan gekanselleer word indien hy/sy skuldig

bevind word ingevolge die heersende reëls oor dissiplinêre optrede teen studente.

(b) ʼn Student se registrasie vir ʼn bepaalde kwalifikasie kan ook gekanselleer word indien dit na die betrokke dekaan en/of die Uitvoerende Komitee van die Senaat se oordeel in die Universiteit en/of die student se belang is, met dien verstande dat: (i) voordat ʼn finale besluit geneem word:

168

(aa) die Registrateur, op skriftelike versoek van die dekaan van die betrokke fakulteit, die student skriftelik van die voorneme sowel as die redes daarvoor inlig;

(bb) die student, ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing van die voorgenome kansellasie, geleentheid ontvang om skriftelike vertoë aan die Registrateur en die dekaan te rig waarom daar nie met die voorgenome aksie voortgegaan moet word nie;

(ii) die dekaan, by ontvangs van die student se skriftelike vertoë en ná oorleg met die Registrateur, kan besluit om: (aa) nie die saak verder te voer nie; of

(bb) voort te gaan met die kansellasie van die student se registrasie vir die kwalifikasie, met skriftelike kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat én aan die student; of

(cc) die dekaan se motivering en die student se skriftelike vertoë vir ʼn finale besluit aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voor te lê, met skriftelike kennisgewing van die finale besluit aan die student.

Toeligting Studenteregistrasie vir kwalifikasies wat op die Qwaqwa-kampus en by die UV-Sakeskool aangebied word, vind onderskeidelik op die Qwaqwa-kampus (telefoon +27 58 718 5011/2) en by die Sakeskool (telefoon +27 51 401 3163) plaas. Terugwerkende registrasie kan ’n subsidieverlies vir die Universiteit meebring, en sal dus slegs in buitengewone omstandighede oorweeg word. Dit bly die programdirekteur en/of akademiese departementshoof se verantwoordelikheid om te verseker dat ’n student geregistreer is voordat enige studieleiding gebied word. ’n Student kan ’n module op die PeopleSoft-selfhelpblad by http://kovsielifeufs.ac.za kanselleer, of by wyse van skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampushoof in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, of aan die direkteur van die Sakeskool met betrekking tot die PhD-graad. Om finansiële krediet te ontvang, geld die volgende sperdatums: • Eerstesemestermodules ‒ tot en met 15 Februarie • Tweedesemestermodules ‒ tot en met 15 Augustus • Jaarmodules ‒ tot en met 15 Februarie; 50 persent krediet sal tot en met 15 Augustus toegestaan word Indien ’n student sy/haar studie voor 15 Februarie van enige gegewe jaar staak, sal ’n minimum fooi gehef word.

A108 REGISTRASIE VAN NAVORSINGSTITELS EN WYSIGING V AN ’N NAVORSINGSTITEL (a) Die betrokke fakulteitskomitee kan ’n wysiging van ʼn goedgekeurde navorsingstitel op

aanbeveling van die promotor en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof goedkeur.

(b) Alle navorsingstitels moet amptelik geregistreer word.

169

Toeligting Geen wysigings van ’n geregistreerde titel kan geskied tegelyk met die indiening van die navorsing vir assessering (tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels) en voordat die fakulteitsraad se goedkeuring bekom is nie. Reël A108(b) handel slegs oor die registrasie van die titel. Die titel moet op die elektroniese databasis ingevoer word.

A109 PROMOTOR EN MEDEPROMOTOR(S) (a) ʼn Promotor en, indien van toepassing, medepromotor(s) word deur die fakulteitsraad op

aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof goedgekeur. (b) Medepromotors kan benoem word ongeag of hulle verbonde is aan die Universiteit. (c) Indien die promotor nie in enige hoedanigheid aan die Universiteit verbonde is nie, moet ʼn

medepromotor benoem word wat wél op die diensstaat van die Universiteit is. A110 EKSAMINATORE Hierdie reël moet in samehang met reël A113.7.3 gelees word.

(a) Wanneer die studie ’n aanvang neem, keur die fakulteitsraad alle eksaminatore ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid en op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof goed.

(b) ʼn Module-eksamen word afgeneem deur eksaminatore wat die betrokke akademiese

departementshoof ooreenkomstig die gehalteversekeringsbeleid en met die fakulteitsraad se goedkeuring aanwys.

(c) Ten minste drie eksaminatore word met betrekking tot ʼn tesis vereis, met dien verstande dat

indien ʼn interne eksaminator benoem word – wat nie die promotor óf die medepromotor(s) mag wees nie – die eksterne eksaminatore (persone wat nie aan die Universiteit verbonde is nie) die meerderheid van die eksamineringspaneel moet uitmaak.

(d) In geval van onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels word ten

minste drie eksaminatore vereis, met dien verstande dat indien ʼn interne eksaminator benoem word – wat nie die promotor óf die medepromotor(s) mag wees nie – die eksterne eksaminatore (persone wat nie aan die Universiteit verbonde is nie) die meerderheid van die eksamineringspaneel moet uitmaak.

(e) Bykomende eksaminatore wat dalk vir ʼn praktiese projek of mondelinge eksamen vereis

word, vorm saam met die akademiese departementshoof die benoemde paneel eksaminatore.

(f) Met betrekking tot ’n minitesis of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels moet ten minste drie eksaminatore benoem word, van wie een ’n eksterne eksaminator moet wees (persoon wat nie aan die Universiteit verbonde is nie) en een ’n interne eksaminator, wat nie die promotor óf die medepromotor(s) mag wees nie.

170 (g) (i) Eksaminatore sal slegs aangestel word sodra die student aandui dat hy/sy

die navorsing vir assessering sal indien.

(ii) In uitsonderlike omstandighede wat skriftelik gemotiveer word, kan die dekaan, op aanbeveling van die promotor en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, ʼn wysiging van die eksaminatore goedkeur, met kennisgewing aan die fakulteitskomitee en die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

(h) Behalwe in buitengewone omstandighede, moet een van die assessore ʼn kundige van

erkende internasionale aansien wees wat deur die fakulteitsraad goedgekeur is. (i) ’n Student mag nie met ʼn eksaminator skakel nie.

Toeligting Eksaminatore ontvang vooraf skriftelike kennisgewing van hulle benoeming en moet die benoeming skriftelik aanvaar voordat die navorsing vir assessering ingedien of versend word. Die Registrateur moet die promotor op hoogte hou van die eksaminatore se aanvaarding van benoemings.

A111 WYSIGING VAN KWALIFIKASIES EN/OF VAKRIGTINGS E N/OF MODULES EN/OF VERSKUIWING NA ’N ANDER UNIVERSITEITSKAMPUS/-SENTRU M

(a) ʼn Voornemende student:

(i) wat die kwalifikasie en/of vakrigting waarvoor hy/sy aansoek gedoen het, wil verander, moet die Universiteit skriftelik van genoemde wysiging in kennis stel;

(ii) wat gedurende die registrasieproses van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules verander, moet die voorgeskrewe vorm(s) invul.

(b) ʼn Geregistreerde student wat van een kwalifikasie en/of vakrigting en/of module na ’n

ander wil oorslaan, moet op die voorgeskrewe vorm(s) om sodanige wysiging aansoek doen en die betrokke dekaan se goedkeuring verkry voordat ʼn gewysigde registrasie kan plaasvind.

(c) Let daarop dat, in geval van ʼn modulewysiging, die student daarvoor verantwoordelik is om

werk wat reeds afgehandel is, in te haal. Hy/sy kan nie aanspraak maak op enige bykomende hulp van die dosent of op tegemoetkoming wat betref aantekeninge, werkstukke, praktiese werk en assesserings wat reeds afgehandel is nie.

(d) ʼn Voornemende of geregistreerde student wat van een kampus/sentrum van die

Universiteit na ʼn ander kampus/sentrum van die Universiteit verskuif, moet op die voorgeskrewe vorm aansoek doen en die nodige goedkeuring van die betrokke programdirekteur en/of akademiese departementshoof bekom. Die versoek sal slegs ná goedkeuring deur die tersaaklike amptenare van albei kampusse toegestaan word.

171

Toeligting Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) vir ’n kwalifikasiewysiging deur ’n geregistreerde student is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word. Die voorgeskrewe vorm (DV2/DV3) om van een kampus/sentrum na ’n ander te verskuif, is beskikbaar by die Aansoekkantoor in die Afdeling Aansoeke, Toelatings en Gradeplegtighede, en moet by dieselfde kantoor ingedien word.

A112 KREDIETAKKUMULASIE EN -OORDRAG (a) Die Registrateur kan op aanbeveling van die akademiese departementshoof eenmalig aan

ʼn persoon vrystelling of erkenning verleen met betrekking tot krediete wat in ʼn vorige kwalifikasie of ʼn gedeeltelik voltooide kwalifikasie – hetsy hier of elders – verwerf is, met die oog op ʼn ander kwalifikasie, met dien verstande dat: (i) nie meer as 50 persent van die krediete van die voltooide kwalifikasie(s)

na ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word nie, mits:

(aa) minstens 50 persent van die krediete vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit verwerf word; en

(bb) ʼn maksimum van 25 persent van die opgeloopte krediete op die hoogste NKR-vlak in die vorige voltooide kwalifikasie(s) vir ʼn ander kwalifikasie erken word.

(ii) in geval van ʼn onvoltooide kwalifikasie, al die toepaslike krediete vir die nuwe kwalifikasie verleen mag word, behalwe ten opsigte van ʼn student van ʼn ander hoëronderwysinstelling, in welke geval hoogstens 50 persent van die vereiste krediete om die kwalifikasie te behaal, oorgedra mag word, met inagneming van die beperking van 25 persent ten opsigte van krediete wat op die hoogste NKR-vlak verwerf word;

(iii) indien krediete op grond van ʼn onvoltooide kwalifikasie verleen is, die registrasietydperk vir die vorige kwalifikasie en dié vir die nuwe kwalifikasie minstens dieselfde moet wees as die voorgeskrewe tydperk vir die nuwe kwalifikasie aan hierdie Universiteit;

(iv) ʼn persoon van ʼn ander hoëronderwysinstelling vir minstens twee akademiese jare (vier semesters) aan die Universiteit moet registreer;

(v) krediete uit ʼn voltooide of onvoltooide kwalifikasie slegs eenmalig na ʼn ander kwalifikasie oorgedra mag word.

(b) ʼn UV-student wat sy/haar studie vir die doktorsgraad aan ʼn ander hoëronderwysinstelling wil

voortsit, of ʼn kandidaat wat aan ʼn ander hoëronderwysinstelling vir ʼn doktorsgraad geregistreer is en sy/haar studie aan hierdie Universiteit wil voortsit, kan slegs met dieselfde navorsing voortgaan nadat die Universiteit en die ander hoëronderwysinstelling tot ʼn vergelyk gekom het oor die navorsing wat reeds onderneem is, sowel as ten opsigte van die subsidie-implikasies.

172 (c) Wat betref ’n student wat nie aan die vereistes vir ’n kwalifikasie voldoen nie, is die

algemene beginsel dat die student nie ’n vroeëverlaterskwalifikasie mag ontvang nie. Toeligting Krediete word verleen op grond van formele leer met ’n relevansie van minstens 50 persent. Vrystellings word verleen op grond van nie-formele leer ooreenkomstig EVL-riglyne met ’n relevansie van minstens 50 persent. ’n Aansoek om erkenning of vrystelling met betrekking tot modules nadat ’n persoon sy/haar studie onderbreek het, word ingevolge die beleid oor EVL oorweeg.

A113 ASSESSERINGSREËLS A113.1 Bywoning van onderriggeleenthede (a) Verpligte bywoning van onderriggeleenthede in ʼn module soos wat voorgeskryf word deur

die raad van die fakulteit waarin die module aangebied word, en wat in die modulehandleiding of die bylae daarby verskyn, is een van die voorvereistes vir toelating tot die eksamen.

(b) Verskoning vir die nie-bywoning van onderriggeleenthede weens onvoorsiene omstandighede moet vergesel word van stawende dokumente, en moet by die volgende beskikbare onderriggeleentheid in die module aan die betrokke dosent voorgelê word.

A113.2 Modulepunt (a) ʼn Modulepunt van minstens 60 persent word vir toelating tot die eksamen in ʼn module

vereis. (b) ʼn Modulepunt word in die modulehandleiding of die bylae daarby uiteengesit, en is die

resultaat van die deurlopende sowel as die summatiewe assessering wat op ’n gedesentraliseerde wyse in die loop van die moduletermyn geskied.

(c) ʼn Modulepunt wat in ʼn module behaal is, geld slegs vir die volgende eksamen wat op

daardie module van toepassing is. (d) Behalwe waar die dekaan van die fakulteit waarin die betrokke module aangebied word, in

oorleg met die betrokke dosent, anders besluit, kan ʼn student slegs tot die eksamen in ʼn module toegelaat word indien hy/sy aan al die voorgeskrewe subminimum- en werkstukvereistes voldoen en aan al die geskeduleerde assesseringsgeleenthede deelgeneem het wat in die betrokke modulehandleiding of bylae daarby uiteengesit word.31

31 Die verlening van goedkeuring aan ’n student wat nie die vereiste semesterpunt behaal het nie, word spesifiek van hierdie reël uitgesluit, aangesien geen student toegelaat sal word om aan die eksamen deel te neem sonder dat die vereiste semesterpunt behaal is nie.

173 A113.3 Eksamens: modules (a) Twee eksamens word per semester geskeduleer:

(i) ʼn hoofhalfjaareksamen en ʼn bykomende halfjaareksamen ten opsigte van die eerstesemestermodules; en

(ii) ʼn hoofjaareindeksamen en ʼn bykomende jaareindeksamen ten opsigte van die tweedesemester- en jaarmodules, behalwe:

• waar ʼn stelsel van deurlopende assessering vir praktiese eksamens gebruik word;

• waar ʼn stelsel van deurlopende assessering met summatiewe assessering gebruik word.

(b) Sodra toelating tot die eksamen verleen is, is deelname aan die hoofhalfjaareksamen en

die hoofjaareindeksamen verpligtend. (c) ʼn Student wat as gevolg van gemotiveerde buitengewone omstandighede nie aan die

hoofhalfjaareksamen kan deelneem nie, kan binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ʼn bykomende eksamen gedurende die bykomende halfjaareksamen aansoek doen. ’n Student wat nie aan die hoofjaareindeksamen deelneem nie, kan ook op grond van gemotiveerde buitengewone omstandighede, binne die toegelate tydperk vir hierdie doel en op die voorgeskrewe vorm om ’n bykomende eksamen gedurende die bykomende jaareindeksamen aansoek doen.

(d) ʼn Student in sy/haar finale akademiese semester wat, nadat hy/sy ’n enkele module gedruip het, sy/haar studie moet verleng om die kwalifikasie te verwerf, sal nie vir ’n spesiale eksamen oorweeg word nie aangesien spesiale eksamens slegs tot op honneursvlak oorweeg word.

(e) ʼn Student wat wederregtelik aan ʼn hoofeksamen of bykomende eksamen deelneem, sal geen erkenning vir sodanige eksamen ontvang nie, en daar sal aanvaar word dat hy/sy nie aan die eksamen deelgeneem het nie.

A113.4 Assesseringsgeleenthede: tesis of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels

(a) ʼn Student wat beoog om ʼn tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels vir assessering in te dien, moet die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus op die voorgeskrewe vorm en met die goedkeuring van die promotor en, indien van toepassing, die medepromotor(s) van sy/haar voorneme in kennis stel:

(i) voor of op die laaste werksdag van Oktober van die vorige jaar, met die oog op graduering by die volgende Junie-gradeplegtigheid; of

(ii) voor of op die eerste werksdag in April, met die oog op graduering by die Desember-gradeplegtighede.

(b) Dit is die promotor se verantwoordelikheid om toe te sien dat die titel van die tesis, minitesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels reeds geregistreer is en dat die eksaminatore reeds die benoemings skriftelik aanvaar het voordat hy/sy die kennisgewing van indiening goedkeur en die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus dit kan aanvaar.

174 (c) Die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof:

Akademies van die Qwaqwa-kampus kan slegs ʼn tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels aanvaar om dit vir assessering te versend indien daar aan die volgende voorskrifte voldoen is:

(i) Kennisgewing van indiening is ontvang, met dien verstande dat die student

geregistreer is en ten tyde van indiening vir die minimum residensiële tydperk geregistreer sou wees.

(ii) Die fakulteitsraad het die navorsingsvoorstel, titelregistrasie, promotor en, indien van toepassing, ’n medepromotor/medepromotors goedgekeur.

(iii) Die fakulteitsraad het die eksaminatore benoem, en hulle het die benoemings skriftelik aanvaar.

(iv) Navorsing kan deur die hele jaar ingedien word, maar weens assesseringsprosedures is daar geen waarborg dat die graad by die volgende gradeplegtigheid toegeken sal word nie. Die Viserektor: Akademies behoort in kennis gestel te word van alle gevalle waar Akademiese Studentedienste die indiening van navorsing van die hand wys.

(v) ’n Student moet die navorsing ten minste vier maande voor ’n gradeplegtigheid indien om te verseker dat die graad by daardie bepaalde gradeplegtigheid toegeken word. Dit is egter moontlik dat die student weens probleme/kwessies met betrekking tot die navorsing, die kwalifikasie eers by die daaropvolgende gradeplegtigheid kan ontvang.

(vi) Alle gelde is betaal.

(d) Sodra ’n tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels vir assessering ingedien is, mag dit nie onttrek word nie en moet die assessering voortgaan.

A113.5 Assesseringsgeleenthede: minitesis of onderl ing verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels

(a) Die indieningsdatum vir die assessering van ʼn minitesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels word bepaal deur die student, in oorleg met die promotor en, in geval van ʼn student op die Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus, gedagtig aan die sperdatums wat die Senaat bepaal het om vir die volgende gradeplegtigheid in aanmerking te kom.

(b) Sodra ʼn minitesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels vir assessering ingedien is, mag dit nie onttrek word nie en moet die assessering voortgaan.

A113.6 Vereistes waaraan voldoen moet word by die i ndiening van ʼn tesis, onderling

verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde a rtikels of ʼn minitesis

(a) Daar is geen standaardformaat vir die indiening van ’n verhandeling of tesis nie: Formatering is geheel na die kandidaat se goeddunke. Kantlyne van ’n redelike breedte (2–2,5 cm) en een-en-’n-halwe-reëlspasiëring is raadsaam sodat die teks gemaklik lees. ’n Konsekwente verwysingstegniek moet gebruik word, en daar kan departementele variasies in die verwysingstelselvereistes wees.

(b) Vir assesseringsdoeleindes kan ʼn student behoorlik gebinde eksemplare óf tydelik gebinde, persklaar eksemplare óf elektroniese afskrifte wat in die voorgeskrewe elektroniese formaat gestoor is, indien.

175 (c) ʼn Afrikaanse en Engelse opsomming van hoogstens 600 woorde elk moet voor in die tesis

ingesluit word, tesame met ongeveer tien Engelse trefwoorde wat die onderwerp beskryf. (d) Die promotor moet skriftelik verklaar dat hy/sy die indiening vir assessering goedkeur en

dat die tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels nie voorheen hetsy gedeeltelik of in die geheel aan die eksaminatore voorgelê is nie.

(e) Die student moet die volgende skriftelike verklarings indien:

(i) “Ek, .............., verklaar dat die tesis (of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis) wat ek hiermee vir die Doktorsgraad ............ aan die Universiteit van die Vrystaat indien, my selfstandige werk is en dat ek dit nie voorheen vir ʼn kwalifikasie aan ʼn ander hoëronderwysinstelling ingedien het nie.”

(ii) “Ek, .................., verklaar hiermee dat ek daarvan bewus is dat die Universiteit van die Vrystaat oor die outeursreg beskik.”

(iii) “Ek, ...................., verklaar hiermee dat alle eienaarsregte met betrekking tot intellektuele eiendom wat in die loop van en/of in verband met die studie aan die Universiteit van die Vrystaat ontwikkel is, die Universiteit sal toeval.”

Waar ’n skriftelike ooreenkoms tussen die Universiteit en die student aangegaan is, moet die skriftelike ooreenkoms in plaas van die verklaring deur die student ingesluit word.

(f) Die titelblad moet die volgende bevat: (i) Die geregistreerde navorsingstitel

(ii) Die student se volle naam

(iii) ʼn Verklaring wat lui:

“Voorgelê ter voldoening aan die vereistes vir die Doktorsgraad .................... in die Departement ................. van die Fakulteit ................ aan die Universiteit van die Vrystaat.”

(iv) Die datum van indiening

(v) Die naam van die promotor en, indien van toepassing, die medepromotor(s) (g) Die volgende besonderhede word vir publikasie in die gradeplegtigheidsprogram benodig:

(i) Geboortedatum

(ii) Geboorteplek

(iii) Skool waar student gematrikuleer het

(iv) Professionele loopbaan

(v) Buitengewone prestasies

(vi) Huweliks- en gesinsbesonderhede

176 A113.7 Slaagvereistes vir modules

Indien die kwalifikasie modules sowel as ʼn minitesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels behels, moet elke individuele module met minstens 50 persent geslaag word om die kwalifikasie te behaal.

A113.7.1 Slaagvereistes, slaag met lof: modules (a) Om ʼn module te slaag, moet ʼn finale punt van minstens 50 persent behaal word. (b) Die berekening van die finale punt word in die modulehandleiding ooreenkomstig die

onderstaande uiteengesit:

(i) Dat ’n modulepunt (minstens 60 persent vir toelating tot die eksamen) verreken word.

(ii) Dat ʼn subminimum van minstens 50 persent ten opsigte van die eksamenpunt geld.

(iii) Dat waar meer as een vraestel in ʼn module geskryf word, ʼn subminimum van minstens 50 persent per vraestel geld, en dat dit ook van toepassing kan wees waar ʼn vraestel uit meer as een afdeling bestaan, soos dit in die modulehandleiding uiteengesit word.

(iv) Dat die gewig wat aan die eksamenpunt toegeken word, nie minder as 50 persent en nie meer as 80 persent moet wees nie.

(c) Waar ʼn stelsel van deurlopende assessering van toepassing is, word die inligting by die modulehandleiding ingesluit en slaag ʼn student die module indien ʼn modulepunt van minstens 60 persent behaal is en hy/sy aan al die assesserings deelgeneem het.

(d) Om ʼn module met lof te slaag, moet ʼn student ’n finale punt van minstens 75 persent

behaal ooreenkomstig dieselfde riglyne as wat vir die berekening van ʼn slaagpunt geld. Tog kan die kwalifikasie nie met lof verwerf word nie (raadpleeg algemene reël 113.7.3(e)).

A113.7.2 Slaagvereistes vir ’n minitesis of onderl ing verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels (a) ’n Student slaag ʼn minitesis of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels indien elke eksaminator ʼn punt van minstens 50 persent toegeken het. Die dekaan bekragtig die finale uitslag op aanbeveling van die promotor, die programdirekteur en die akademiese departementshoof.

(b) Indien die eksaminatore nie eenparig is oor die uitslag nie – met ander woorde oor of

die kandidaat slaag of oor noodsaaklike verbeteringe nie – moet die dekaan op aanbeveling van die promotor en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof ʼn onafhanklike eksterne eksaminator benoem, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

(c) Die onafhanklike eksterne eksaminator se aanbeveling ten opsigte van slaag of

noodsaaklike verbeteringe is finaal.

177 A113.7.3 Slaagvereistes: tesis of onderling verwan te, publiseerbare manuskripte/

gepubliseerde artikels Hierdie reël moet in samehang met reël A110 gelees word. (a) ’n Student slaag ’n tesis of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels indien elk van die eksaminatore dit aanbeveel. (b) Indien die eksaminatore nie eenparig is oor die uitslag nie – met ander woorde oor of

die kandidaat slaag of oor noodsaaklike verbeteringe nie – moet die dekaan op aanbeveling van die promotor en die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof ʼn onafhanklike arbiter benoem, met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer

(c) Die arbiter se aanbeveling ten opsigte van slaag of noodsaaklike verbeteringe is

finaal. (d) Indien die student druip, moet hy/sy opnuut om toelating aansoek doen en mag

dieselfde navorsing wat voorheen geassesseer is, nie in ’n onveranderde vorm weer vir assessering ingedien word nie.

(e) Doktorsgraadkwalifikasies word nie met lof toegeken nie. A113.7.4 Promovering ’n Stelsel van promovering is nie op doktorale studie van toepassing nie.

A113.7.5 Mondelinge assessering (a) ʼn Mondelinge in plaas van ʼn skriftelike assessering kan met die akademiese

departementshoof se goedkeuring afgeneem word, met dien verstande dat: (i) die assessering in ’n amptelik geskeduleerde eksamentydperk

afgeneem word;

(ii) die mondelinge assessering vir elke module minstens ʼn halfuur per student duur;

(iii) naas die eksaminatore, ten minste die akademiese departementshoof of ’n senior dosent wat hy/sy aanwys ook teenwoordig moet wees;

(iv) ʼn digitale opname van die mondelinge assessering gemaak word;

(v) mondelinge assesserings net op ʼn kampus van die Universiteit afgeneem word, behalwe waar die dekaan goedkeuring vir die gebruik van ander sentrums verleen.

A113.7.6 Assesseringsverslae (a) (i) Die Registrateur moet van ’n assesseringsverslag voorsien word

binne vyf-en-veertig (45) dae nadat ʼn eksaminator ’n tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels ontvang het.

178

(ii) Wat betref ʼn student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, moet die

assesseringsverslag aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus gestuur word.

(b) Die dekaan beoordeel alle assesseringsverslae op aanbeveling van die

programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, en die aangewese viserektor(e) verleen finale bekragtiging aan sy/haar besluit, met kennisgewing aan die Registrateur, of aan die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer. ’n Verslag in hierdie verband word by die Hoërgradekomitee ingedien.

(c) Indien die student wysigings of verbeteringe moet aanbring, moet die promotor en

die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof skriftelik aan die dekaan bevestig dat daar voldoen is aan alle vereistes wat die eksaminatore gestel het, waarna die dekaan die Registrateur of, in geval van ’n student op Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus van die finale uitslag moet verwittig.

(d) Nadat die wysigings of verbeteringe aangebring is en nadat die dekaan die

Registrateur of, in geval van ’n student op Qwaqwa-kampus, die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus van die finale uitslag verwittig het, word die student en die eksaminatore van die uitslag in kennis.

(e) Assesseringsverslae moet op die student se versoek aan haar/hom beskikbaar

gestel word sonder om enigsins na die eksaminatore te verwys. (f) Assesseringsverslae oor ʼn minitesis of onderling verwante, publiseerbare

manuskripte/gepubliseerde artikels moet binne vyf-en-veertig (45) dae ná ontvangs daarvan aan die akademiese departementshoof gestuur word, waarna die dekaan die finale uitslag bekragtig.

(g) Wanneer die Registrateur of, in geval van ’n student op die Qwaqwa-kampus, die

Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus die assesseringsverslae aan die dekaan stuur, moet hy/sy bevestig dat alle reëls en sperdatums nagekom is.

A113.7.7 Plagiaat

ʼn Student wat ʼn ander persoon se idees uit geskrewe bronne, visuele bronne, multimediaprodukte, musiek, die gesproke woord, ensovoorts as sy/haar eie voorhou, is skuldig aan plagiaat, wat ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures, wat in bylae B hierby verskyn, hanteer word.

A113.7.8 Ekstra tyd gedurende eksamens/assesserings

Die Registrateur kan ekstra tyd vir assesserings aan ʼn student verleen op grond van ʼn skriftelike aansoek wat van ʼn mediese sertifikaat vergesel is, of op aanbeveling van Studentevoorligting en -ontwikkeling in oorleg met die Sentrum vir Universele Toegang en Gestremdheidsondersteuning (SUTGO).

A113.7.9 Foute ten opsigte van die indiening van na vorsing vir assesseringsdoeleindes

ʼn Student kan hom/haar nie beroep op die reg op uitsondering indien hy/sy ʼn fout ten opsigte van die geskeduleerde indiening van navorsing vir assessering begaan het nie.

179 A113.10 Assesseringsuitslae (a) Indien ’n student wysigings of verbeteringe moet aanbring, moet die

studieleier/promotor die Registrateur skriftelik in kennis stel sodra daar aan alle vereistes wat die eksaminatore gestel het, voldoen is. Eers wanneer dít gedoen is, sal die uitslag aan die student bevestig word.

(b) Tensy die Senior Direkteur: Finansies anders besluit, word amptelike eksamenuitslae

slegs aan ʼn student gepos indien sy/haar rekening vereffen is. (c) Assesseringsbesluite moet deursigtig geneem word, en studente moet redelike

toegang tot sodanige inligting ontvang. Assesseringsverslae word nie aan studente beskikbaar gestel nie, maar die studieleier/promotor kan na goeddunke die inhoud mondelings of skriftelik aan die student oordra. Toeligting

Indien die uitslag van ’n tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis bekend gemaak word ná die sperdatums wat die Senaat vir deelname aan die volgende gradeplegtigheid bepaal het, staan die toekenning van die kwalifikasie outomaties oor, hoewel die akademiese rekord die datum sal aandui waarop die kwalifikasie behaal is.

Ná die aanvaarding van ’n tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis wat voorlopig gebind of saamgevoeg was, moet minstens een behoorlik gebinde eksemplaar vir elk van die promotor en medepromotor(s) ingedien word by die Registrateur, of by die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer.

Doktorale studente dien ’n elektroniese afskrif van die aanvaarde navorsingsverhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/ gepubliseerde artikels direk op KovsieScholar in. Indien die indiening van die aanvaarde navorsingsdokument probleme skep, kan die student een CD-ROM by die Universiteitsbiblioteek indien. ’n Afskrif moet ook ingedien word by die Registrateur, of by die Kampusvisehoof: Akademies van die Qwaqwa-kampus in geval van ’n student wat op die Qwaqwa-kampus studeer, welke afskrif aan die volgende vereistes moet voldoen:

• Ingebedde lettertipe • Een lêer wat die volledige teks, Engelse en Afrikaanse opsomming,

trefwoorde, illustrasies en kaarte bevat • PDF-formaat

Versuim om aan hierdie vereistes te voldoen, kan tot gevolg hê dat die toekenning van die kwalifikasie tot ’n volgende gradeplegtigheid oorstaan. Die akademiese departementshoof of sy/haar gevolmagtigde kan ’n minitesis by die Departement Akademiese Studentedienste: Afdeling Eksamenadministrasie indien om na die eksaminatore versend te word.

A114 KWALIFIKASIE MET LOF Geen doktorale kwalifikasie word met lof (cum laude) toegeken nie.

180 A115 KWALIFIKASIESERTFIKATE (a) Kwalifikasiesertifikate word slegs by ʼn gradeplegtigheid oorhandig of daarná aan die student

gepos. (b) ʼn Student mag slegs aan die volgende gradeplegtigheid deelneem indien alle uitslae – met

inbegrip van verbeteringe/wysigings wat aangebring moes word – ontvang is ooreenkomstig die sperdatums wat die Senaat bepaal.

(c) Die Registrateur behou die reg om nie ʼn kwalifikasiesertifikaat aan ʼn student te oorhandig

nie tensy:

(i) alle verskuldigde geld aan die Universiteit betaal is, alle uitslae van modules wat aan ander hoëronderwysinstellings geslaag is, ingedien is, en alle uitstaande boeke aan die biblioteek terugbesorg is;

(ii) ’n student wat voornemens is om ’n tesis in te dien wat met ’n opdrag van sy/haar werkgewer ooreenstem, die UV en sy/haar werkgewer by registrasie of so gou moontlik nadat hy/sy van die opdrag bewus geword het, van dié voorneme in kennis gestel het, waarna die UV en die werkgewer oor outeursreg en vertroulikheid met betrekking tot die student se tesis sal onderhandel;

(iii) daar aan alle ander vereistes voldoen is.

(d) Die Registrateur behou die reg om ʼn kwalifikasiesertifikaat ongeldig te verklaar en ’n persoon se naam van die konvokasie te skrap indien: (i) die Universiteit ʼn wesenlike fout begaan het; of

(ii) die persoon se oneerlike optrede met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie later sou blyk (byvoorbeeld in geval van plagiaat, ensovoorts).

(e) Wanneer ʼn kwalifikasie in absentia toegeken word, moet die student vooraf reëlings tref vir

die pos van die sertifikaat, en die nodige posgeld betaal. (f) Waar ʼn oorspronklike kwalifikasiesertifikaat wegraak of beskadig word, sal die Registrateur

slegs ʼn gepaste sertifikaat met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie uitreik by ontvangs van ʼn skriftelike versoek, die betaling van die nodige gelde, en die indiening van die volgende dokumente en besonderhede saam met die aansoek:

Toeligting

Uitslae wat ná die gepubliseerde datum in die Universiteitskalender ontvang word, kom nie vir die eerskomende gradeplegtigheid in aanmerking nie, maar sal tot die daaropvolgende gradeplegtigheid oorstaan.

Rig navrae oor verlore of beskadigde kwalifikasiesertifikate per e-pos aan: [email protected], of telefonies aan +27 51 401 3016/3083.

Die akademiese drag van die Universiteit is by die Universiteit se verskaffer geregistreer wat kleurskema en styl betref, en word by die Universiteit gehuur.

181 A116 INTELLEKTUELE EIENDOM (a) By gebrek aan ʼn skriftelike ooreenkoms wat tussen die Universiteit en die student

aangegaan is en wat die teendeel bewys, sal die eienaarskap van intellektuele eiendom wat ’n student in die loop van en/of in verband met sy/haar studie aan die Universiteit ontwikkel, in alle opsigte in die Universiteit gesetel wees.

(b) Die outeur mag geen handeling uitvoer wat in artikel 6 van die Wet op Outeursreg, 1978,

vermeld word, of enige handeling wat te kenne gee dat enige publikasie of gedeelte daarvan deel uitgemaak het van ʼn tesis, onderling verwante publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis waarvoor die Universiteit ʼn kwalifikasie toegeken het nie, behalwe met die betrokke dekaan se vooraf- skriftelike magtiging en onderworpe aan aanbeveling deur die akademiese departementshoof.

(c) Waar navorsingsresultate moontlik gekommersialiseer kan word, moet die dekaan vooraf

skriftelike toestemming verleen ná oorlegpleging met die aangewese Direkteur: Navorsingskommersialisering, en met skriftelike kennisgewing aan die Registrateur, om genoemde toestemming op die student se rekord aan te teken.

A117 PUBLIKASIE VAN ’N TESIS

Indien die dekaan voor of na die graad toegeken is, en ná oorlegpleging met die Registrateur en op aanbeveling van die programdirekteur en/of akademiese departementshoof, skriftelike goedkeuring vir die publikasie van ʼn tesis verleen, moet die volgende besonderhede op die titelblad vermeld word:

“Hierdie publikasie is gebaseer op navorsing wat onderneem is onder die promotorskap van ................. ter gedeeltelike/algehele voldoening aan die vereistes vir die Doktorsgraad .............in die Fakulteit ...................... aan die Universiteit van die Vrystaat, en word met die nodige goedkeuring gepubliseer.”

A118 UITSLAGSTATE, AKADEMIESE REKORDS, STUDIEREKORD S, AMPTELIKE

VERKLARINGS EN GEDRAGSERTIFIKATE

Die Registrateur reik amptelike dokumente soos eksamenuitslae, akademiese rekords, studierekords, gedragsertifikate, verklarings en eksamenroosters uit. Toeligting ’n Student kan deur middel van die studenteportaal http://kovsielife.ufs.ac.za toegang verkry tot studierekords en ander dokumente wat nie vir amptelike gebruik benodig word en dus nie op ’n briefhoof van die Universiteit verskyn, onderteken is of amptelik gestempel is nie. ’n Voorafbepaalde getal afskrifte van die student se akademiese rekord word jaarliks gratis aan die student uitgereik. Enige verdere afskrifte van die student se akademiese rekord sal slegs by die betaling van die vereiste gelde aan die student uitgereik word.

182 A119 VERSOEKE OP GROND VAN BUITENGEWONE OMSTANDIGHE DE

Nieteenstaande die vereistes van die algemene en fakulteitsreëls, buiten waar die betrokke reëls statutêre voorskrifte bevat, kan ’n dekaan op grond van meriete en in oorleg met die Registrateur ’n besluit neem oor buitengewone gevalle wat skriftelik gemotiveer is (met stawende dokumente waar dit vereis word), of sulke gevalle vir arbitrasie na die Rektor verwys waar konsensus nie bereik kan word nie.

A120 DISSIPLINE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van dissipline. (b) Die reëls van toepassing op dissipline word in bylae B hierby uiteengesit. A121 FINANSIËLE STEUN (a) ʼn Akademiese merietebeurs word outomaties toegeken aan ʼn student wat vir ’n

doktorsgraad registreer nadat hy/sy ʼn magistergraad met lof aan die Universiteit verwerf het. (b) Akademiese merietebeurse word slegs toegeken aan studente van ander

hoëronderwysinstellings by ontvangs van ʼn skriftelike aansoek wat van ʼn studierekord vergesel is.

(c) Die Nagraadse Skool hanteer ook beurse, en inligting in hierdie verband is op die webtuiste

van die Universiteit beskikbaar. (d) Nagraadse fakulteitsbeurse word deur akademiese departementshoofde in oorleg met die

dekaan toegeken.

Toeligting Inligting oor akademiese merietebeurse is beskikbaar by: Die Registrateur, Afdeling Finansiële Steun, Posbus 339, Bloemfontein 9300, of op die Universiteit se webblad by http://kovsielife.ufs.ac.za onder die opskrif “Akademiese Lewe” en daarna die skakel “Finansiële Steun”.

A122 INWONING IN KAMPUSBEHUISING (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls oor die

inwoning in kampusbehuising. (b) ’n Persoon se plasing in kampusbehuising is onderworpe aan sy/haar toelating tot ’n

akademiese kwalifikasie aan die Universiteit. (c) Plasing geskied met behoorlike inagneming van diversiteitsdoelwitte, wat insluit

akademiese prestasie, leierskap, kulturele aktiwiteite, sportprestasies, rassediversiteit en geslag.

(d) Die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies van of skade aan inwoners se

persoonlike besittings nie. (e) Vir doeleindes van inspeksie, herstelwerk en skoonmaak behou die Universiteit die reg van

toegang tot enige kamer, met behoorlike inagneming van die inwoner se reg op privaatheid.

183 A122.1 Aansoek om inwoning in kampusbehuising (a) ʼn Persoon wat vir die eerste keer aan die Universiteit wil studeer, sowel as ʼn student wat

sy/haar studie vir minstens een akademiese jaar onderbreek het, moet op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die Universiteit jaarliks bepaal, om inwoning in kampusbehuising aansoek doen.

(b) ʼn Student wat reeds aan die Universiteit studeer en om inwoning in kampusbehuising

aansoek doen, moet die voorgeskrewe aansoekvorm by die kantoor van die Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede invul.

(c) ʼn Residensiële student moet jaarliks op die voorgeskrewe vorm en voor ʼn datum wat die

Universiteit jaarliks bepaal, opnuut om inwoning in kampusbehuising aansoek doen. (d) Die Universiteit verwerk slegs volledig voltooide aansoeke. A122.2 Toekenning en hertoekenning van kampusbehuis ing

Die voorskrifte en prosedures wat die toepaslike komitee van die Universiteit goedgekeur het, geld vir die aanvanklike toekenning en hertoekenning van kampusbehuising, en is beskikbaar by die kantoor van die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede.

A122.3 Kansellasie van inwoning in kampusbehuising

Skriftelike kennis van die kansellasie van inwoning moet ooreenkomstig die vereistes aan die Senior Direkteur: Behuising en Koshuisaangeleenthede gegee word.

A123 BETAALBARE GELDE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met

betrekking tot betaalbare gelde. (b) Dit is die student se verantwoordelikheid om die Universiteit op hoogte te hou van

sy/haar korrekte kontakbesonderhede. (c) Klasgeld en betaalbare gelde vir kampusbehuising word per semester bereken en is op

die volgende datums betaalbaar, ongeag of ʼn rekeningstaat ontvang is of nie:

Betaaldatums vir Suid-Afrikaanse studente:

Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 31 Augustus . Betaaldatums vir internasionale studente: Eerste semester: Alle gelde vir die eerste semester is betaalbaar voor/op 31 Maart . Tweede semester: Alle gelde vir die tweede semester is betaalbaar voor/op 30 Augustus , ongeag enige ander datum wat dalk op rekeningstate verskyn.

184 Indien betalings nie teen die sperdatums gemaak word nie:

• sal rente op alle agterstallige rekeninge gehef word teen die primabankkoers van ABSA Bank +2%;

• sal alle akademiese rekords vir die kontraktuele tydperk van wanbetaling teruggehou word; en

• sal internasionale studente wat op 1 Julie uitstaande gelde het, nie toegelaat word om hulle studie in die tweede semester voort te sit nie.

(d) Behalwe waar ʼn reël anders bepaal, is alle ander gelde betaalbaar teen nie later nie as die

einde van die maand ná die maand waarin die transaksie plaasgevind het, soos wat die rekeningstaat aandui.

(e) Versuim om ʼn rekening teen die aangewese betaaldatums te vereffen, verleen aan die

Universiteit die reg om, afgesien van die uitoefening van enige ander regte, rente op die verskuldigde bedrae te hef teen die maksimum koerse waarvoor die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 voorsiening maak.

(f) Indien ʼn student versuim om sy/haar rekening te vereffen, kan die Universiteit ook,

afgesien van enige ander regte, die rekening, met inbegrip van die invorderingsgelde, vir invordering aan ʼn prokureur oorhandig.

(g) Indien ʼn student in die betaling van ʼn rekening met meer as die voorgeskrewe bedrag

agterstallig is, kan dit daartoe lei dat eksamenantwoordstelle nie nagesien, ’n doktorale tesis of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/gepubliseerde artikels of minitesis nie vir assessering versend, eksamenuitslae nie bekend gemaak en/of amptelike dokumente soos studierekords en gedragsertifikate nie uitgereik word nie.

(h) Gelde moet ten volle vereffen word, ongeag of:

(i) dienste ontwrig word deur stakings, studenteboikotte, openbare onrus of enige ander ontwrigtings op enige van die kampusse of by enige van die sentrums, of weens enige ander omstandighede buite die Universiteit se beheer;

(ii) ʼn student as gevolg van die toepassing van enige institusionele reël nie sy/haar studie mag voortsit nie.

(i) (i) ʼn Internasionale student moet:

(aa) voor registrasie ʼn nie-terugbetaalbare administratiewe heffing betaal;

(bb) bewyse voorlê dat hy/sy oor die nodige middele beskik om die verskuldigde gelde teen die betaaldatums te betaal;

(cc) die bepaalde moduleprys plus 50 persent betaal.

(ii) Studente van lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) word vrygestel van die bepaling oor die bykomende 50 persent.

(j) Verjaarde skuld: Fooie vir die akademiese jaar is v ooruitbetaalbaar

’n Student wat voorheen as ’n student van die UV geregistreer was en wat versuim het om uitstaande fooie te betaal, sal nie toegelaat word om te registreer nie tensy fooie vir die jaar vooruitbetaal word. Dit sluit studente in wie se skuld verjaar het. Indien ’n student

185

meen dat daar voldoende gronde bestaan om hom/haar van hierdie vereiste vry te stel, moet so ’n student skriftelik appèl aanteken by die Senior Direkteur: Finansies, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

Toeligting Ete- en boekegelde kan vooraf in aparte rekeninge inbetaal word, waarna dit na die student se studentekaart oorgeplaas sal word om aankope te doen. Betalings kan soos volg gemaak word: (i) ABSA Bank

Universiteit van die Vrystaat Takkode 630734 Rekeningnommer 1570151688, met die volgende verwysingsnommer: • Betalings vir klasgeld en inwoning in kampusbehuising: 100, met die

studentenommer wat direk daarop volg • Betalings vir etes: 101, met die studentenommer wat direk daarop volg • Betalings vir boeke: 102, met die studentenommer wat direk daarop volg (ii) Internet

Registreer die Universiteit as ’n begunstigde. Gebruik die ABSA-bankbesonderhede hierbo. (iii) Aanlyn kredietkaartbetalings

Webadres: http://www.kovsielife.ufs.ac.za (iv) Kassiere: Thakanengbrug

(v) Samba

Samba-kaartbetalings kan by die kassiere op die Thakanengbrug gemaak word.

Maandae tot Vrydae 08:30-14:30 (vi) Poskantoor

Enige tak Verwysingsnommer: Studentenommer Faks bewys van betaling na: +27 51 401 3579

A124 INLIGTINGSKOMMUNIKASIE EN -TEGNOLOGIE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met

betrekking tot inligtingskommunikasie en -tegnologie.

(b) Die beleide oor inligtingskommunikasie en -tegnologie is op die Universiteit se webwerf beskikbaar, en dit is die student se verantwoordelikheid om hom/haar van genoemde beleide te vergewis. Die misbruik van die Universiteit se inligtingstelsels kan dissiplinêre optrede teen ʼn student tot gevolg hê.

A125 – A129 Vir moontlike verdere toevoegings.

186

ALGEMENE REËLS VIR HOËR DOKTORSGRADE (NKR-UITTREEVLAK 10)

A130 Algemene reëls … … … … … … … … ... ... 187

A131 Aansoek om toelating … … … … … … … ... ... ... 187

A132 Toelating tot die hoër doktorsgraad … … … ... ... ... ... 188

A133 Registrasie en herregistrasie as student … … … … … ... ... 189

A134 Mentor ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 190

A135 Eksaminatore ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 190

A136 Vereistes waaraan daar by die indiening van wetenskaplike publikasies voldoen moet word ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 190

A137 Assesseringsverslae ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 191

A138 Slaagvereistes en kwalifikasie met lof ... ... ... ... ... ... ... 191

A139 Plagiaat ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 191

A140 Kwalifikasiesertifikate ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 191

A141 Betaalbare gelde ... ... ... ... ... ... ... ... ... ... 192

A142 – A144 Vir moontlike verdere toevoegings ... ... ... ... ... ... ... 193

187

ALGEMENE REËLS VIR HOËR DOKTORSGRADE (NKR-UITTREEVLAK 10) A130 ALGEMENE REËLS (a) Elke student is persoonlik daarvoor verantwoordelik om op hoogte van die algemene en

fakulteitsreëls te wees en daaraan te voldoen. (b) ’n Geregistreerde of voornemende student ontvang nie bloot op grond van ’n foutiewe

mededeling oor die inhoud van algemene en fakulteitsreëls vrystelling daarvan nie. Die Registrateur kan egter, op grond van ’n omvattende skriftelike motivering, vrystelling verleen.

(c) By registrasie onderwerp ’n student hom/haar aan die algemene en fakulteitsreoud van aldit

van tyd tot tyd gewysig kan word. (d) Daar sal aangeneem word dat alle ooreenkomste tussen die student en die Universiteit

rakende toelating en/of registrasie en/of kampusinwoning in Bloemfontein aangegaan is, ongeag die werklike plek van ondertekening deur enige van die partye.

Toeligting Tensy die teendeel uit die konteks blyk, sluit die enkelvoud ook die meervoud in, en omgekeerd. Vir doeleindes van die uitleg en toepassing van ’n reël, word die Afrikaanse en Engelse tekste van reëls as gelykwaardig geag, ongeag of dit ’n vertaalde of oorspronklike weergawe is. Die Afrikaanse en Engelse tekste van ’n reël moet in samehang gelees word ten einde die betekenis daarvan vas te stel. In geval van onversoenbare teenstrydigheid tussen die tekste, word voorrang gegee aan die weergawe wat die beste voldoen aan die oogmerk van die bepaling, soos wat uit Senaats- en Raadsnotules en ander toelaatbare bronne vasgestel kan word.

A131 AANSOEK OM TOELATING (a) Voordat ’n persoon amptelik op die voorgeskrewe vorm om toelating tot die kwalifikasie

aansoek doen, moet hy/sy:

(i) ’n gemotiveerde skriftelike voorlegging aan die betrokke dekaan rig; (ii) twee stelle gewaarmerkte afskrifte van die wetenskaplike publikasies op

grond waarvan aansoek gedoen word, aanheg; (iii) ’n beëdigde verklaring insluit ten opsigte van:

(aa) sy/haar persoonlike bydrae tot die wetenskaplike publikasies; en/of (bb) sy/haar persoonlike bydrae tot ander wetenskaplike publikasies

waarvan hy/sy mede-outeur was, wat bydra tot dog nie deurslaggewend is nie vir die aansoek om toelating;

188

(iv) ’n beëdigde verklaring insluit te dien effekte dat dieselfde stel publikasies nie voorheen aan ’n ander hoëronderwysinstansie voorgelê is nie.

(b) Die aansoek word op grond van ’n skriftelike, gemotiveerde aanbeveling van die

programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en die fakulteit se navorsingskomitee, via die fakulteitsraad aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voorgelê om te besluit: (i) of die persoon mag voortgaan om ’n amptelike aansoek om toelating in te

dien; en

(ii) of die persoon as student mag registreer; en

(iii) wie as ’n mentor/mentors benoem moet word, onder wie se leiding die persoon sy/haar publikasies moet voorberei en vir assessering moet saamstel.

(c) Gemotiveerde skriftelike voorleggings kan in enige stadium van die jaar by die betrokke

dekaan ingedien word. (d) Die Universiteit sal alle aansoeke wat ontvang word, verwerk, in weerwil daarvan dat

aansoeke dalk onvolledig kan wees, met dien verstande dat die datum van ontvangs van ’n onvolledige aansoek nie vir keuringsprogramme, plasing in kampusbehuising of finansiële steun gebruik sal word nie.

Toeligting Gewaarmerkte afskrifte word slegs aanvaar indien die volgende inligting oor die kommissaris van ede duidelik leesbaar is op die dokument: • Die volle naam en van • Die pos wat hy/sy beklee • Die plek waar die gewaarmerkte afskrif onderteken is • Die datum waarop die gewaarmerkte afskrif onderteken is • Die sakeadres • Die handtekening Die datum waarop hetsy die ontbrekende inligting of dokumente van ’n onvolledige aansoek ontvang word, sal beskou word as die datum waarop die UV die aansoek ontvang het.

A132 TOELATING TOT DIE HOËR DOKTORSGRAAD (a) Om tot die hoër doktorsgraad toegelaat te word, moet ’n persoon:

(i) reeds oor ’n doktorsgraad beskik; en

(ii) ’n uitmuntende navorsingspublikasiegeskiedenis op ’n gevorderde akademiese vlak, of kreatiewe werk, of meesterlike akademiese bydraes tot sy/haar krediet hê.

(b) ’n Persoon kan ook op grond van sy/haar akademiese mentorskap tot die hoër doktorsgraad

toegelaat word met die Uitvoerende Komitee van die Senaat se goedkeuring, op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, die fakulteit se navorsingskomitee en die fakulteitsraad.

189 A133 REGISTRASIE EN HERREGISTRASIE AS STUDENT A133.1 Registrasie (a) Voordat die mentor(s) enige leiding bied, moet die persoon as ’n student registreer en die

voorgeskrewe gelde betaal. (b) ’n Daaropvolgende registrasie vir die hoër doktorsgraad – indien die publikasies nog nie vir

assessering voorgelê is nie – moet gedurende die eerste geskeduleerde registrasieproses plaasvind, en moet voldoening aan die vereistes van die etiekkomitees insluit.

(c) Die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof moet in oorleg met die

mentor(s) nagaan of herregistrasie plaasgevind het voordat mentorskap ’n aanvang mag neem.

A133.2 Herregistrasie ’n Student kom nie vir herregistrasie in aanmerking indien die eksaminatore nie ’n positiewe uitslag aanbeveel nie. A133.3 Kansellasie van ’n registrasie deur ’n student (a) Kennis van die kansellasie van ’n registrasie moet skriftelik gegee word.

(b) Die datum waarop die skriftelike kennisgewing ontvang word, word as die datum van die kansellasie van die registrasie beskou.

A133.4 Kansellasie van ’n student se registrasie deur die Universiteit (a) ’n Student se registrasie aan die Universiteit kan gekanselleer word indien hy/sy

skuldig bevind word ingevolge die heersende reëls oor dissiplinêre optrede teen studente.

(b) ’n Student se registrasie vir ’n bepaalde kwalifikasie kan ook gekanselleer word indien dit na die betrokke dekaan en/of die Uitvoerende Komitee van die Senaat se oordeel in die Universiteit en/of die student se belang is, met dien verstande dat:

(i) voordat ’n finale besluit geneem word:

(aa) die Registrateur, op skriftelike versoek van die dekaan van die betrokke fakulteit, die student skriftelik van die voorneme sowel as die redes daarvoor inlig:

(bb) die student, ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing van die voorgenome kansellasie, geleentheid ontvang om skriftelike vertoë aan die Registrateur en die dekaan te rig waarom daar nie met die voorgenome aksie voortgegaan moet word nie;

(ii) die dekaan, by ontvangs van die student se skriftelike vertoe en ná oorleg

met die Registrateur, kan besluit om:

(aa) nie die saak verder te voer nie; of

(bb) voort te gaan met die kansellasie van die student se registrasie vir die kwalifikasie, met skriftelike kennisgewing aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat én aan die student; of

190

(cc) die dekaan se motivering en die student se skriftelike vertoë vir ʼn finale besluit aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat voor te lê, met skriftelike kennisgewing van die finale besluit aan die student.

Toeligting Die Registrateur hanteer studenteregistrasie, en kennisgewing van ’n kansellasie van ’n registrasie deur die student moet ook gerig word aan: Die Registrateur, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

A134 MENTOR

Die Uitvoerende Komitee van die Senaat benoem ’n mentor op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, via die fakulteit se navorsingskomitee en die fakulteitsraad.

A135 EKSAMINATORE (a) Sodra die student aandui dat hy/sy die navorsingsverslag sal indien, benoem die

fakulteitsraad die eksaminatore en moderatore op aanbeveling van die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof en die fakulteit se navorsingskomitee.

(b) Ten minste drie internasionale eksaminatore wat as leiers op die gebied beskou word, moet benoem word.

(c) Die eksaminatore moet aan verskillende instellings verbonde wees.

(d) ’n Mentor maak nie deel uit van die eksamineringspaneel nie.

(e) Die student mag nie met ’n eksaminator skakel nie.

Toeligting Eksaminatore en moderatore ontvang vooraf skriftelike kennisgewing van hulle benoeming en moet die benoeming skriftelik aanvaar voordat die navorsing vir assessering ingedien of versend word. Die Registrateur moet die mentor(s) op hoogte hou van die eksaminatore se aanvaarding van benoemings.

A136 VEREISTES WAARAAN DAAR BY DIE INDIENING VAN WETENSK APLIKE PUBLIKASIES VOLDOEN MOET WORD

(a) ’n Student moet onder leiding van die mentor ’n oorsig van sy/haar wetenskaplike werk

voorberei, en ’n Afrikaanse en Engelse opsomming (hoogstens 10 000 woorde elk) aanheg, sowel as ongeveer tien trefwoorde in Engels wat die onderwerp van die manuskripte beskryf.

(b) Vir doeleindes van assessering moet die student ’n voldoende getal tydelik gebinde afskrifte vir die eksaminatore en moderatore indien.

(c) Die mentor moet, in oorleg met die programdirekteur en/of die akademiese departementshoof, ’n skriftelike verklaring voorsien dat hy/sy die indiening van die publikasies goedkeur en dat genoemde publikasies nog nooit voorheen hetsy in die geheel of gedeeltelik aan die eksaminatore en moderatore voorgelê is nie.

191

(d) Die titelblad moet die volgende bevat:

(i) Die student se volle naam

(ii) ’n Verklaring wat lui:

“Voorgelê ter voldoening aan die vereistes vir die Hoër Doktorsgraad in die Departement ........ van die Fakulteit .................... aan die Universiteit van die Vrystaat, vir die kwalifikasie .................. .”

(iii) Die datum van indiening

(iv) Die naam van die mentor(s) A137 ASSESSERINGSVERSLAE (a) Die Registrateur moet van ’n assesseringsverslag voorsien word binne sestig (60) dae nadat

’n eksaminator die wetenskaplike publikasies ontvang het. (b) Die Registrateur beoordeel alle assesseringsverslae in oorleg met die aangewese viserektor

en, waar dit vereis word, die dekaan, met kennisgewing aan die Registrateur en met die indiening van ’n verslag by die Uitvoerende Komitee van die Senaat.

A138 SLAAGVEREISTES EN KWALIFIKASIE MET LOF (a) Om vir die hoër doktorsgraad te kwalifiseer, moet al die assesseringsverslae positief wees. (b) Indien een van die eksaminatore se assesseringsverslag nie positief is ten opsigte van die

uitslag nie, moet ’n eksterne, onafhanklike, internasionale eksaminator op aanbeveling van die Registrateur en in oorleg met die viserektor en die dekaan benoem word.

(c) Die onafhanklike eksaminato(e) se aanbeveling van die uitslag is finaal. (d) Die kwalifikasie word nie met lof toegeken nie. (e) Wat betref ’n student wat nie die vereistes vir ’n kwalifikasie voltooi nie, is die algemene

beginsel dat die student nie ’n vroeëverlaterskwalifikasie mag ontvang nie. A139 PLAGIAAT

’n Student wat ’n ander persoon se idees uit geskrewe bronne, visuele bronne, multimediaprodukte, musiek, die gesproke woord, ensovoorts as sy/haar eie voorhou, is skuldig aan plagiaat, wat ingevolge die reëls van toepassing op dissiplinêre prosedures, wat in bylae B hierby verskyn, hanteer word.

A140 KWALIFIKASIESERTIFIKATE (a) Kwalifikasiesertifikate word slegs by ’n gradeplegtigheid oorhandig of daarná aan die student

gepos. (b) ’n Student mag slegs aan die volgende gradeplegtigheid deelneem indien alle uitslae

ontvang is ooreenkomstig die sperdatums wat die Senaat bepaal. (c) Die Registrateur behou die reg om nie ’n kwalifikasiesertifikaat aan ’n student te oorhandig

nie tensy:

192

(i) alle verskuldigde geld aan die Universiteit betaal is; en

(ii) die Registrateur behoorlik gebinde eksemplare ontvang het van die dokument wat vir assessering voorgelê is, op die datum wat die Senaat bepaal (afskrifte vir die mentor(s) en indiening van die navorsing op KovsieScholar of, as alternatief, een CD-ROM vir die biblioteek); en

(iii) daar aan alle ander vereistes voldoen is.

(d) Die Registrateur behou die reg om ’n kwalifikasiesertifikaat ongeldig te verklaar en ’n persoon se naam van die konvokasie te skrap indien: (i) die Universiteit ’n wesenlike fout begaan het; of

(ii) die persoon se oneerlike optrede met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie later sou blyk (byvoorbeeld in geval van plagiaat, ensovoorts).

(e) Wanneer ’n kwalifikasie in absentia toegeken word, moet die student vooraf reëlings tref vir

die pos van die sertifikaat, en die nodige posgeld betaal. (f) Waar ’n oorspronklike kwalifikasiesertifikaat wegraak of beskadig word, sal die Registrateur

slegs ’n gepaste sertifikaat met betrekking tot die verwerwing van die kwalifikasie uitreik by ontvangs van ’n skriftelike versoek, die betaling van die nodige gelde, en die indiening van die volgende dokumente en besonderhede saam met die aansoek:

(i) ’n Beëdigde verklaring wat die versoek verduidelik

(ii) ’n Aanduiding van watter van op die oorspronklik uitgereikte sertifikaat verskyn het – in geval van ’n aansoek deur ’n getroude persoon

(iii) ’n Gewaarmerkte afskrif van ’n identiteitsdokument of paspoort

(g) Indien die naam van die student aan wie die kwalifikasie uitgereik is, verander, kan die Registrateur ’n gepaste sertifikaat uitreik, mits die nodige dokumente ter bevestiging van die verandering voorgelê word. Toeligting Uitslae wat ná die gepubliseerde datum in die Universiteitskalender ontvang word, kom nie vir die eerskomende gradeplegtigheid in aanmerking nie, maar sal tot die daaropvolgende gradeplegtigheid oorstaan. Rig navrae oor verlore of beskadigde kwalifikasiesertifikate per e-pos aan: [email protected], of telefonies aan +27 51 401 3016/3083. Die akademiese drag van die Universiteit is by die Universiteit se verskaffer geregistreer wat kleurskema en styl betref, en word by die Universiteit gehuur.

A141 BETAALBARE GELDE (a) Die aangewese viserektor is verantwoordelik vir die toepassing van die reëls met betrekking

tot die betaalbare gelde. (b) Registrasiegelde is gedurende die registrasieproses betaalbaar.

193 (c) Geen studiegeld is betaalbaar nie. (d) Verjaarde skuld: Fooie vir die akademiese jaar is v ooruitbetaalbaar

’n Student wat voorheen as ’n student van die UV geregistreer was en wat versuim het om uitstaande fooie te betaal, sal nie toegelaat word om te registreer nie tensy fooie vir die jaar vooruitbetaal word. Dit sluit studente in wie se skuld verjaar het. Indien ’n student meen dat daar voldoende gronde bestaan om hom/haar van hierdie vereiste vry te stel, moet so ’n student skriftelik appèl aanteken by die Senior Direkteur: Finansies, Universiteit van die Vrystaat, Posbus 339, Bloemfontein 9300.

A142 – A144 Vir moontlike verdere toevoegings

194

ALGEMENE REËLS VIR EREGRADE A145 Eregraadvoorstelle ... ... ... ... ... ... ... 195 A146 Kwalifikasiesertifikate ... ... ... ... ... ... ... 196 A147 Vir moontlike verdere toevoegings ... ... ... ... ... 196

195

ALGEMENE REËLS VIR EREGRADE A145 EREGRAADVOORSTELLE (a) Die Eregraadkomitee oorweeg voorstelle ooreenkomstig die voorskrifte van die Wet op Hoër

Onderwys en die Grondwet van die Senaat, vir aanbeveling aan die Senaat, waarna die Senaat se aanbeveling(s) ten opsigte van die kandidaat/kandidate wat as ontvanger(s) van ’n eregraad ondersteun word, vir ’n finale besluit aan die Raad voorgelê word.

(b) Die blote toekenning van ’n eregraad gee nie die ontvanger daarvan die reg om ’n

professionele praktyk te bedryf nie. (c) Eregraadvoorstelle wat deur lede van ’n fakulteit aangevoor word, word nie binne formele

komiteestrukture oorweeg nie, maar word via die dekaan voorgelê. (d) Eregraadvoorstelle moet voldoen aan die kriteria wat die Raad van tyd tot tyd op

aanbeveling van die Senaat goedkeur. (e) Die voorstel om ’n eregraad toe te ken, moet: (i) deeglik en in aansienlike besonderhede gemotiveer word; (ii) deur ’n lid van die Raad of Senaat gemaak word; (iii) deur ten minste tien sekondante uit hetsy die Raad of Senaat ondersteun word, van wie ten

minste vyf lede van die Senaat moet wees. (f) Die motivering van die voorstel moet in die volgende formaat voorgelê word: (i) ’n Bondige CV wat die volgende bevat:

• Die belangrikste hoogtepunte uit die kandidaat se oeuvre, loopbaan

en bedrywighede (soos lidmaatskap van belangrike rade, ensovoorts) • ’n Aanduiding van die vakkundige impak van sy/haar werk en/of die

impak daarvan op die samelewing • Pryse, eerbewyse en toekennings wat die persoon reeds ontvang het • Vakkundige uitsette (soos boek- of tydskrifpublikasies) en/of

professionele of kreatiewe werk wat geskep is (slegs titels of beskrywings van werk ter stawing van die toekenning van die graad)

• Die groter nasionale en/of internasionale omvang van sy/haar

wetenskaplike en vakkundige prestasies, of van sy/haar bydrae op bepaalde samelewingsterreine

• Ander besondere prestasies

(ii) ’n Motivering van tussen 800 en 1 000 woorde wat aandui watter spesifieke

eregraad voorgestel word

(iii) Kandidate se volledige adresse en telefoonnommers

196 A146 KWALIFIKASIESERTIFIKATE (a) Kwalifikasiesertifikate word in die reël slegs by ’n grade- of diplomaplegtigheid oorhandig of

daarná aan die student gepos. (b) Die Raad kan op aanbeveling van die Registrateur die toekenning van ’n eregraad ongeldig

verklaar en die kwalifikasiesertifikaat terugtrek indien:

• die ontvanger daarvan die Universiteit se goeie naam skend; • die ontvanger die eregraad gebruik om ’n professionele praktyk te bedryf.

Toeligting

Nadat die Raad die eregraad goedgekeur het, moet die Visekanselier die kandidaat persoonlik in kennis stel en die reëling daarná skriftelik bevestig.

A147 Vir moontlike verdere toevoegings

197

ALGEMENE REËLS VIR NADOKTORALE NAVORSINGSGENOOTSKAPPE/-GENOTE

A148 NADOKTORALE NAVORSINGSGENOOTSKAPPE/-GENOTE 32 A148.1 Hoofdoelwitte van nadoktorale navorsingsgenote (a) Die nadoktorale navorsingsgenoot behoort: (b) nuwe kennis te skep en kennis en vaardighede oor te dra; (c) uitmuntende doktorale kandidate in staat te stel om ervaring van navorsing en innovasie aan

’n hoëronderwysinstelling op te doen; (d) op bestaande navorsing en idees voort te bou en ook nuwe navorsingsmoontlikhede te

ondersoek; (e) met ander akademici en nadoktorale genote te skakel; (f) klem te lê op ’n toename in publikasie-uitsette; (g) kennis te ontwikkel vir belanghebbendes soos die regering, sake, nywerhede en

maatskaplike gemeenskappe; (h) nasionale en internasionale konferensiebywoning, sowel as die aanbieding van

navorsingsreferate by hierdie konferensies, te bevorder. A148.2 Verantwoordelikhede van gasheerinstelling (a) Die gasheerakademikus moet vasstel of ’n bona fide-beursbron voldoende finansiering vir ’n

nadoktorale navorsingsgenoot(skap) bied. (b) Die betrokke gasheerakademikus/gasheerdepartement moet die nadoktorale

navorsingsgenootskap adverteer om aan die SARS-regulasies te voldoen, onderhoude voer en ’n geskikte kandidaat kies, en toesien dat die voorgestelde kandidaat oor ’n toepaslike doktorsgraad beskik, of binnekort sal beskik, ’n omvattende navorsings- en/of publikasiegeskiedenis het, sowel as ervaring van die aanbieding van referate by konferensies.

(c) Die nadoktorale navorsingsgenote is nie werknemers van die UV nie en kom nie vir

werknemervoordele in aanmerking nie. (d) Nadoktorale navorsingsgenote sal as navorsingstudente geregistreer wees en sal ander

toegangskaarte as werknemers ontvang. Hierdie kaarte kan in sommige gevalle studente- en studentebiblioteekkaarte wees.

(e) Die nadoktorale navorsingsgenootskap kan verleng word ooreenkomstig die regulasies van

die Konsepbeleid oor Nadoktorale Navorsingsgenootskappe/Nadoktorale Navorsingsgenote.

32 Inligting vir omskrywing bekom uit UV se Konsepbeleid oor Nadoktorale Navorsingsgenootskappe/Nadoktorale Navorsingsgenote.

198 A148.3 Verantwoordelikhede van nadoktorale navorsingsgenoo t (a) By wyse van aanvaarding van die nadoktorale genootskap, moet die navorsingsgenoot ’n

aansoekvorm om registrasie as ’n nadoktorale navorsingsgenoot vir die huidige akademiese jaar indien.

(b) Die navorsingsgenoot moet in samewerking met die gasheer ’n memorandum van

verstandhouding voltooi wat die algemene voorwaardes vir die toekenning sowel as die navorsingsverpligtinge uiteensit.

(c) Na die voltooiing van die dokumente in (a) en (b) hierbo moet ’n registrasieproses aan die

Universiteit gevolg word, waardeur die nadoktorale navorsingsgenoot as sodanig sal registreer.

(d) Vorderingsverslae moet ingedien word ingevolge die bepalings waaroor daar ooreengekom

is. A149 Vir moontlike verdere toevoegings

199

KONVOKASIE A150 KONVOKASIE (a) Benewens aangewese personeellede, is alle studente (huidige of voormalige) wat ’n

kwalifikasie aan die Universiteit behaal het, lede van die konvokasie. (b) Die viserektor is verantwoordelik om vergaderings te belê en kennis van sodanige

vergaderings te gee.

200

BYLAE A DIE AGT-LETTERTEKEN- ALFANUMERIESE MODULEKODERINGST ELSEL Die agt-letterteken- alfanumeriese kode bestaan uit twee dele, naamlik die dissipline en die katalogusnommer, wat elk uit vier lettertekens bestaan. 1. Dissipline Vier alfalettertekens is beskikbaar om die dissipline te identifiseer. Die eerste drie lettertekens van die kode vorm ’n afkorting van die moduletitel/-naam, en verwys na die dissipline waarmee die module verbind word. Hierdie dissiplinekodering het betekenis vir personeel en studente: MATH verwys byvoorbeeld na Wiskunde (“Mathematics”). Die vierde letterteken kan die dissipline verder spesifiseer of beperk: Wiskundige Statistiek (“Mathematical Statistics”) is byvoorbeeld MATS; Toegepaste Wiskunde (“Applied Mathematics”) is MATA, ensovoorts. Die vier letters wat die dissipline beskryf, bied ’n wyer verskeidenheid moontlikhede as die eerste drie. Indien letters nie herhaal word nie, is daar 26 moontlikhede vir die eerste letter, 25 vir die tweede, 24 vir die derde, en 23 vir die vierde. Dít beteken dat daar altesaam 26 x 25 x 24 x 23 = 358 800 moontlike vierletterkodes is. 2. Katalogusnommer Die tweede stel verteenwoordig die katalogusnommer, wat uit vier numeriese lettertekens bestaan. Die eerste syfer word toegeken aan ’n module op hetsy voorgraadse of nagraadse vlak. Die numeriese waardes een (1) tot vier (4) word dus toegewys aan modules op voorgraadse vlak wat tot sertifikate (hoër en gevorderd), diplomas, gevorderde diplomas, baccalaureusgrade en professioneel gerigte baccalaureusgrade lei, deur gebruik te maak van 1 om die eerste studiejaar aan te toon, 2 vir die tweede studiejaar, ensovoorts. Die numeriese waarde vyf (5) word toegewys aan nagraadse diplomas sowel as jaar 5 van die MBChB-program. Ses (6) word toegewys aan baccalaureushonneursgrade, sewe (7) aan gestruktureerde (kursus)magistergrade sowel as kursusmagister(mini)verhandelinge, agt (8) aan navorsingsmagistergrade (navorsingsmagisterverhandelinge) en nege (9) aan doktorsgrade. Die tweede syfer word toegewys aan die NKR-vlak waarop die module aangebied word. Die numeriese waardes vyf (5) tot agt (8) word dus toegewys aan modules op voorgraadse vlak wat tot sertifikate (hoër en gevorderd), diplomas, gevorderde diplomas, baccalaureusgrade en professionele baccalaureusgrade lei. Die numeriese waarde agt (8) word toegesê aan nagraadse diplomas en baccalaureushonneursgrade, nege (9) aan magistergrade en een (1), wat tien verteenwoordig, aan doktorsgrade. Die derde syfer, waar dit moontlik is, dui die onderrigtydperk aan, dit wil sê die semester, met onewe getalle (1, 3, 5, 7 of 9) wat vir die eerste semester gebruik word, en ewe getalle (2, 4, 6 of 8) wat vir semester twee of ’n jaarmodule (0) gebruik word. Hierdie benadering bied nie net ’n wyer verskeidenheid kodemoontlikhede nie, maar maak dit ook moontlik om vordering binne ’n program na te speur. Die vierde en laaste syfer stem ooreen met die kredietlading van die module in veelvoude van vier. Indien die kredietlading hiervan afwyk, word ’n nul (0) toegeken (sien tabel 1 vir voorbeelde). Alhoewel die institusionele proses van HOKR-gerigtheid sowel as die kurrikulumoorsig vrae laat ontstaan oor die onbuigsaamheid van die institusionele toewysing van modulekredietwaardes in veelvoude van vier, is die gebruik van slegs een syfer om krediete aan te toon noodsaaklik weens die beperkte beskikbare getal syfers in PeopleSoft, en die getal syfers wat

201 gebruik word om die HEMIS-voorleggings te doen. Tabel 1: Voorbeelde van die agt-letterteken-alfanum eriese modulekode

KWALIFIKASIETIPE MODULE Afkorting

JAAR/ OPVOED-KUNDIGE

VLAK

NKR VLAK

ONDERRIG TYDPERK

Onewe =1 ste

semester Ewe =2de

semester 0 = jaar

module

KREDIETE Veelvoude

van 4 VOORBEELD

Die eerste 4 lettertekens

1ste Syfer

2de

Syfer 3de

Syfer 4de

Syfer

VOORGRAADS (VG)

• Hoër Sertifikate

E N G L

1 5 2

1 to 9 (X4)

ENGL1525, d.w.s. ENG=”English” L=”Language”

1=1ste jaar 5=NKR Vlakl

2=2de semester 20=Krediete (5X4)

• Gevorderde Sertifikate 1 6 2

• Diplomas 1 5/6 1 • Gevorderde

Diplomas 1 7

• Baccalaureusgrade 1/2/3 5/6/7 • Professionele

baccalaureus 1/2/3/4 5/6/7/8

• MBChB jaar 5 I N T M 5 8 1 0 0=Krediete (dra 48 krediete)

NAGRAADS (NG)

NAGRAADSE DIPLOMA

• NAGRAADSE DIPLOMA

E D U P 5 8 2 8

EDUP5828 d.w.s. EDU=”Education” P=”Policy” 5=NG Diplomavlak 8=NKR-vlak 2=2de semester 32=Krediete (8X4)

BACHELOR HONOURS DEGREE

• BACCALAUREUS- HONNEURS-GRAAD

C E M 0 6 8 2 6

CEMO6826 d.w.s. CEM=”Chemistry” O=”Organic” 6=baccalaureushonneurs-vlak 8=NKR-vlak 2=2de semester 24=Krediete (6X4)

Dissipline Katalogusnommer

202

MAGISTERGRADE

• MAGISTERGRADE

E C O I 7 9 2 8

ECOI7928 d.w.s. ECO=”Economics” I=”International monetary relations” 7=magistervlak (gestruktureerd) 9=NKR-vlak 2=2de semester 32=Krediete (8X4)

T L G D 8 9 0 0

TLGD8900 d.w.s TLG=”Theology” D=”Dogmatology” 8=magistervlak (navorsing/verhandeling) 9=NKR-vlak 0=jaar 180=Krediete

DOKTORSGRADE

• DOKTORSGRADE (PhD, DSc, DT, LLD, D Phil en MD)

A G R O 9 1 0 0

AGRO9100 d.w.s. AGRO=”Agronomy” 9=opvoedkundige vlak 1(0)= NKR-vlak 0=jaar 360=Krediete

Die insluiting van die jaar/opvoedkundige vlak, NKR-vlak en kredietwaarde in die kode beperk die omvang van die syfers wat in die katalogusnommergebied gebruik kan word omdat talle modules dieselfde vlakke en kredietladings het. ’n Eerstejaarmodule in die tweede semester in Wiskunde op vlak 5 met 20 krediete word byvoorbeeld uitgedruk as MATH1525. Die vereiste differensiasie word vasgelê in die vier lettertekens van die dissipline en die gebruik van onewe en ewe getalle om die semesters aan te dui.

203 BYLAE B

UV-REËLS OOR STUDENTEDISSIPLINE 1 Wangedrag (1) Wangedrag sluit in enige optrede wat die goeie naam, orde, regte, dissipline of die

behoorlike voortsetting van die werksaamhede van die Universiteit of van enige afdeling van die Universiteit, onder meer enige van die fakulteite, skole, departemente, afdelings, ampsdraers, personeellede, studente of ondersteuners, aantas of kan aantas.

(2) Ernstige wangedrag sluit in wangedrag met betrekking tot lesings, toetse, eksamens,

werkstukke of enige ander akademiese aangeleenthede, sowel as gedrag deur ’n student wat ook op misdadige optrede neerkom of waardeur ’n ander persoon of groep persone onregmatig geteister of verneder of aan enige antagonistiese of gewelddadige behandeling onderwerp word.

2 Aanmelding, ondersoek en summiere hantering van wan gedrag (1) Alle klagtes van wangedrag word aangemeld deur ’n klaer by ’n persoon wat die Rektor as

dissiplinêre beampte aanwys. (2) Die dissiplinêre beampte kan ander persone of owerhede aanwys by wie klagtes aanhangig

gemaak kan word; hierna stel hy/sy ’n persoon of persone aan om die aangeleentheid te ondersoek en daaroor verslag te doen.

(3) Ná ontvangs van die verslag kan die dissiplinêre beampte:

(a) besluit om nie die saak verder te voer nie; of (b) die dissiplinêre liggaam of persoon aandui wat die saak moet aanhoor; of (c) die saak na die betrokke fakulteit verwys vir die oorweging van ’n aansoek

om die student in ’n bepaalde vakrigting te kontroleer.

(4) Die dissiplinêre beampte kan ’n student teen wie ’n klag ondersoek word, vir ’n tydperk verbied om enige perseel van die Universiteit of enige deel daarvan te betree, of om enige reg of voorreg waaroor ’n geregistreerde student kan beskik uit te oefen, met dien verstande dat sodanige verbod eers in werking mag tree nadat die student geleentheid ontvang het om redes aan te voer waarom die verbod nie in werking behoort te tree nie, en die redes oorweeg dog nie aanvaar is nie.

(5) Die tydelike verbod wat in subparagraaf (4) beoog word, kan duur totdat die aangestelde

dissiplinêre liggaam of persoon die aangeklaagde onskuldig bevind het, of totdat die aangeklaagde se appèl teen ’n skuldigbevinding of straf afgehandel is.

(6) Die dissiplinêre beampte kan in oorleg met die uitvoerende bestuur afkoopboetes vir

bepaalde kategorieë wangedrag vasstel, en hy/sy kan sekere kategorieë wangedrag vasstel wat deur bepaalde dissiplinêre liggame of persone aangehoor kan word.

204 3 Dissiplinêre liggame of persone en strafbevoegdheid (1) Die volgende dissiplinêre liggame of persone kan klagtes van wangedrag aanhoor en die

aangeduide strawwe oplê:

(a) Huiskomitees kan:

(i) minder ernstige klagtes van wangedrag op koshuisvlak aanhoor; en (ii) teregwysings, waarskuwings, gemeenskapsdiens in koshuisverband,

of boetes van hoogstens 5% van die jaarlikse koshuisgeld as strawwe oplê.

(b) Koshuishoofde kan:

(i) appèlle teen beslissings deur huiskomitees aanhoor, sowel as klagtes van ernstiger wangedrag op koshuisvlak; en

(ii) benewens die strawwe wat huiskomitees kan oplê, ook ’n student uit die koshuis sit of so ’n uitsetting op gepaste voorwaardes opskort.

(c) Die komitee oor studentedissipline, wat uit senior regstudente bestaan en

jaarliks deur die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid in oorleg met die dissiplinêre beampte aangewys word:

(i) hoor klagtes aan wat deur huiskomitees, koshuishoofde of die

dissiplinêre beampte na die komitee verwys word; en (ii) kan studente teregwys of waarsku, of boetes van hoogstens 7,5%

van die jaarlikse koshuisgeld óf gemeenskapsdiens in kampusverband oplê.

(d) Die Direkteur: Studentesake:

(i) hoor appèlle teen beslissings deur koshuishoofde of die komitee oor

studentedissipline aan, sowel as klagtes wat die dissiplinêre beampte na hom/haar verwys; en

(ii) kan, benewens die strawwe wat koshuishoofde kan oplê, studente

beboet met ’n maksimum boete van 10% van die jaarlikse koshuisgeld, of gemeenskapsdiens in kampusverband oplê;

(iii) kan die student se ouers of voogde voor, gedurende of ná die

verhoor oor die aangeleentheid inlig, en kan die student vir sielkundige, pastorale of ander diagnose, terapie of hulp na deskundiges verwys.

(e) ’n Viserektor:

(i) dien as die finale owerheid vir appèlle teen beslissings deur die Direkteur: Studentesake; en

(ii) hoor ook, met die student se toestemming en skuldbekentenis, enige klag van wangedrag op ’n summiere grondslag aan en lê strawwe op wat binne die bevoegdheid van die verhoorkomitee val; en

205

(f) Die Verhoorkomitee:

(i) word deur die Rektor aangestel; en (ii) bestaan uit ten minste drie lede en hulle plaasvervangers, van wie ten

minste een ’n regsgeleerde moet wees wat as voorsitter optree. (iii) Die Rektor kan ’n dissiplinêre beampte of ’n regsgeleerde aanstel om

bewyse by die verhoor voor te lê en om in enige ander opsig hulp te verleen.

(iv) ’n Student wat voor die verhoorkomitee moet verskyn, ontvang

skriftelike kennis van sodanige verhoor ten minste vyf werksdae voor die verhoor.

(v) Die klag teen die student, sowel as die student se reg om by die

verhoor deur ’n regsgeleerde of sy/haar ouer of voog bygestaan te word, moet in die kennisgewing vermeld word.

(vi) ’n Aangeklaagde se versuim om persoonlik by ’n verhoor teenwoordig

te wees of te bly, maak nie die verrigtinge ongeldig nie. (vii) Die verhoorkomitee hoor alle appèlle teen beslissings deur ’n

viserektor aan, sowel as klagtes wat die dissiplinêre beampte na die komitee verwys, en kan een of meer van die volgende strawwe oplê: (aa) ’n Ernstige waarskuwing of vermaning

(bb) Ontneming van bepaalde voorregte as student

(cc) Weiering van hertoelating tot die Universiteit vir ’n tydperk of permanent

(dd) ’n Boete wat nie die jaarlikse koshuisgeld mag oorskry nie

(ee) Weiering van toelating tot enige eksamen- of toetsgeleentheid met of sonder die verbeuring van enige punte wat reeds opgebou is, en met of sonder die kansellasie van enige vak of kursus

(ff) Weiering van toegang tot ál of sommige van die Universiteit se geboue, terreine of dienste, of die verlening van toegang op bepaalde voorwaardes

(gg) Skorsing van die Universiteit vir ’n tydperk

(hh) Uitsetting uit die Universiteit (g) Enige van die dissiplinêre liggame of persone kan enige straf wat opgelê is

op gepaste voorwaardes opskort, en enige straf wat opgelê is, kan ook aan alle of sekere ander hoëronderwysinstellings, toepaslike beroeps- of professionele liggame en deur die kampusmedia bekend gemaak word.

(h) Indien ’n student se wangedrag skade aangerig het, kan hy/sy benewens die

opgelegde straf, beveel word om vir die skade te betaal. (i) Alle verrigtinge voor enige dissiplinêre liggaam of persoon moet aan die

vereistes van natuurlike geregtigheid voldoen.

206

(j) Indien ’n student van regsverteenwoordiging wil gebruik maak, word die

saak direk na die verhoorkomitee verwys.

(2) ’n Student wat wil appelleer:

(a) by ’n koshuishoof teen ’n beslissing deur ’n huiskomitee; (b) by die Direkteur: Studentesake teen ’n beslissing deur ’n koshuishoof; (c) by die Direkteur: Studentesake teen ’n beslissing deur die komitee oor

studentedissipline; (d) by ’n viserektor teen ’n beslissing deur die Direkteur: Studentesake; of (e) by die verhoorkomitee teen ’n beslissing deur ’n viserektor buiten ’n

appèlbeslissing, moet dit doen by wyse van skriftelike kennisgewing aan die toepaslike dissiplinêre liggaam of persoon binne vyf werksdae nadat die straf opgelê is.

4 Die appèlkomitee (1) Die appèlkomitee word deur die Rektor saamgestel en bestaan uit ’n lid van die Rektoraat,

’n lid van die Raad en die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, wat as voorsitter optree, of hulle plaasvervangers, met dien verstande dat indien enige van die lede betrokke was by die beslissing deur die verhoorkomitee waarteen appèl aangeteken word, sy/haar plaasvervanger hom/haar by die appèl moet verteenwoordig.

(2) Die appèlkomitee hoor appèlle teen beslissings deur die verhoorkomitee aan slegs nadat

die appellant binne vyf (5) werksdae ná die beslissing die Rektor skriftelik in kennis gestel het van sy/haar voorneme om te appelleer, en sy/haar gronde vir appèl volledig in die kennisgewing uiteengesit het.

(3) Die appèlkomitee beslis die appèl slegs op grond van dokumente, maar kan vertoë oor die

saak deur die appellant of sy/haar ouer of voog of regspraktisyn aanhoor. (4) Die Rektor kan ’n dissiplinêre beampte of regsgeleerde aanstel om ’n betoog namens die

verhoorkomitee voor te lê en om in enige ander opsig hulp te verleen. (5) ’n Student wie se appèl deur die appèlkomitee aangehoor word, ontvang minstens vyf (5)

werksdae voor die sitting skriftelike kennis van die sitting. (6) Die feit dat die appèl slegs op grond van dokumente en betoë beslis kan word, en die

student se reg om by die sitting deur ’n regsgeleerde of sy/haar ouer of voog bygestaan te word, moet vermeld word in die kennisgewing wat subparagraaf (v) beoog.

(7) Versuim deur ’n appellant om persoonlik by ’n sessie teenwoordig te wees of te bly, maak nie

die verrigtinge ongeldig nie. (8) Ná oorweging van die appèl kan die appèlkomitee die appèl in die geheel of gedeeltelik

toestaan, en die beslissing van die verhoorkomitee ter syde stel of wysig, of die appèl van die hand wys en die beslissing bekragtig.

(9) Die appèlkomitee se beslissing is finaal, en geen redes hoef vir die beslissing verstrek te

word nie.

207 5 Voortgesette aanspreeklikheid vir volle gelde

Indien wangedrag daartoe lei dat ’n student tydelik of permanent van sy/haar regte of voorregte, hetsy in die geheel of gedeeltelik, ontneem word, of dat sy/haar studie onderbreek of beëindig word, of dat sy/haar koshuisinwoning beëindig word, verbeur die student alle aanspraak op die terugbetaling, vermindering of kwytskelding van gelde wat aan die Universiteit betaal of betaalbaar is.

Indien dit in belang is van die handhawing van orde op enige of alle kampusse van die UV, kan die Rektor of sy/haar benoemde, in oorleg met die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid of sy/haar benoemde: (a) nadat die student ’n redelike geleentheid ontvang het om vertoë te rig; en (b) as ’n tydelike maatreël in afwagting van die finale bevinding van ’n

dissiplinêre ondersoek, studente verbied om:

(i) onderrig- en leerbedrywighede, met inbegrip van lesings, tutoriale en praktiese klasse, by te woon; en/of

(ii) aan bepaalde bedrywighede van die UV deel te neem; en/of (iii) die perseel van die UV of bepaalde dele of ’n deel daarvan te betree;

en/of (iv) in enige koshuis van die UV in te woon of dit te betree; en/of (v) direk óf indirek met een of meer bepaalde persone op enige of alle

kampusse in verbinding te tree.

Aantekening:

Bostaande reëls kom woordeliks uit die UV se Statuut (17 Augustus 1999), en geld in bogenoemde vorm vanaf die datum waarop die plaasvervangende Statuut deur die Minister van Onderwys goedgekeur word en in die Staatskoerant verskyn. By die Minister van Onderwys aanbeveel ingevolge ’n besluit deur die Raad van die UV op 11 Maart 2005.

208

BYLAE C

ALGEMENE REËLS: MET KRUISVERWYSINGS EN GEÏNDEKSEER

VOORGRAADSE KWALIFIKASIES NAGRAADSE DIPLOMAS BACCALAUREUS-

HONNEURSGRADE MAGISTERGRADE DOKTORSGRADE HOëR DOKTORSGRADE

A1 p.24 Algemene reëls A20

p.63 Algemene reëls A45 p.90 Algemene reëls A70

p.117 Algemene reëls A100 p.155 Algemene reëls A130

p.187 Algemene reëls

A2 p.24 Aansoek om toelating A21

p.63 Aansoek om toelating A46 p.90 Aansoek om toelating A71

p.117 Aansoek om toelating A101 p.155 Aansoek om toelating A131

p.187 Aansoek om toelating

A3 p.27

Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ‘n akademiese kwalifikasie

A22 p.65

Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ‘n akademiese kwalifikasie

A47 p.91

Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ‘n baccalaureus- honneursgraad

A72 p.119

Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ‘n magistergraad

A102 p.157

Toelating of hertoelating tot die Universiteit en tot ‘n doktorsgraad

A132 p.188

Toelating tot die hoër doktorsgraad

A4 p.36

Voorlegging van dokumente om as student te registreer

A23 p.66

Voorlegging van dokumente om as student te registreer

A48 p.93

Voorlegging van dokumente om as student te registreer

A73 p.122

Voorlegging van dokumente om as student te registreer

A103 p.160

Voorlegging van dokumente om as student te registreer

A74 p.123 Aanbiedingsmodus A104

p.162 Aanbiedingsmodus

A75 p.124

Vereistes ten opsigte van ‘n navorsingsmagister-verhandeling of onderling verwante, publiseerbare manuskripte/ gepubliseerde artikels of ‘n kursusmagister-miniverhandeling

A105 p.163

Vereistes ten opsigte van ‘n tesis, onderling verwante, publiseerbare manuskrifte/ gepubliseerde artikels of ‘n minitesis.

A5 p.38

Duur van studie en die samestelling van ‘n kurrikulum

A24 p.67

Duur van studie en die samestelling van ‘n kurrikulum

A49 p. 95

Duur van studie en die samestelling van ‘n kurrikulum

A76 p.125

Duur van studie en die samestelling van ‘n kurrikulum

A106 p.163

Duur van studie en die samestelling van ‘n kurrikulum

A6 p.39

Registrasie en her-registrasie as student

A25 p.68

Registrasie en her-registrasie as student

A50 p.96

Registrasie en her-registrasie as student

A77 p.126

Registrasie en her-registrasie as student

A107 p.164

Registrasie en her-registrasie as student

A133 p.189

Registrasie en her-registrasie as student

A78 p.130

Registrasie van navorsingstitels en wysiging van ‘n navorsingstitel

A108 p.168

Registrasie van navorsingstitels en wysiging van ‘n navorsingstitel

A79 p.131

Studieleier(s) en mede-studieleier(s)

A109 p.169

Studieleier(s) en mede-studieleier(s)

A134 p.190 Mentor

A80 p.131

Eksaminatore en moderatore

A110 p.169 Eksaminatore A135

p.190 Eksaminatore

209

VOORGRAADSE KWALIFIKASIES NAGRAADSE DIPLOMAS BACCALAUREUS -

HONNEURSGRADE MAGISTERGRADE DOKTORSGRADE HOëR DOKTORSGRADE

A7 p.42

Wysiging van kwalifikasies en/of modules en/of onderrigmodusse en/of verskuiwing na ‘n ander Universiteitskampus of -sentrum

A26 p. 71

Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of modules en/of verskuiwing na ‘n ander Universiteitskampus of -sentrum

A51 p.98

Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of modules en/of verskuiwing na ‘n ander Universiteitskampus of -sentrum

A81 p.132

Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of modules en/of verskuiwing na ‘n ander Universiteitskampus of -sentrum

A111 p.170

Wysiging van kwalifikasies en/of vakrigtings en/of modules en/of modules en/of verskuiwing na ‘n ander Universiteitskampus of -sentrum

A8 p.43

Kredietakkumulasie en -oordrag

A27 p.71

Kredietakkumulasie en -oordrag

A52 p.99

Kredietakkumulasie en -oordrag

A82 p.133

Kredietakkumulasie en -oordrag

A112 p.171

Kredietakkumulasie en -oordrag

A136 p.190

Vereistes waaraan daar by die indiening van wetenskaplike publikasies voldoen moet word

A9 p.44 Assesseringsreëls A28

p.73 Assesseringsreëls A53 p.100 Assesseringsreëls A83

p.134 Assesseringsreëls A113 p.172 Assesseringsreëls A137

p.191 Assesseringsreëls

A10 p.53 Kwalifikasie met lof A29

p.81 Kwalifikasie met lof A54 p.107 Kwalifikasie met lof A84

p.146 Kwalifikasie met lof A114 p.179 Kwalifikasie met lof A138

p.191 Slaagvereistes en kwalifikasie met lof

A139 p.191 Plagiaat

A11 p.53

Kwalifikasie-sertifikate en Dekaans’ en Senaatsmedaljes

A30 p.82 Kwalifikasiesertifikate A55

p.108

Kwalifikasie-sertifikate en Dekaans’ en Senaatsmedaljes

A85 p.146

Kwalifikasie-sertifikate en Dekaans’ en Senaatsmedaljes

A115 p.180 Kwalifikasiesertifikate A140

p.191 Kwalifikasiesertifikate

A31 p.83 Intellektuele eiendom A56

p.109 Intellektuele eiendom A86 p.148 Intellektuele eiendom A116

p.181 Intellektuele eiendom

A32 p.83

Publikasie van ‘n navorsingsopstel

A57 p.110

Publikasie van ‘n navorsingsverslag

A87 p.148

Publikasie van ‘n navorsingsmagister-verhandeling of ‘n kursusmagister-miniverhandeling

A117 p.181 Publikasie van ‘n tesis

210

VOORGRAADSE KWALIFIKASIES NAGRAADSE DIPLOMAS BACCALAUREUS -

HONNEURSGRADE MAGISTERGRADE DOKTORSGRADE HOëR DOKTORSGRADE

A12 p.55

Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters.

A33 p.83 Uitslagstate,

akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters.

A58 p.110

Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters.

A88 p.148

Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters.

A118 p.181

Uitslagstate, akademiese rekords, studierekords, amptelike verklarings, gedragsertifikate en amptelike eksamenroosters.

A13 p.55

Versoeke op grond van buitengewone omstandighede

A34 p.84

Versoeke op grond van buitengewone omstandighede

A59 p.110

Versoeke op grond van buitengewone omstandighede

A89 p.149

Versoeke op grond van buitengewone omstandighede

A119 p.182

Versoeke op grond van buitengewone omstandighede

A14 p.55 Dissipline A35

p.84 Dissipline A60 p.111 Dissipline A90

p.149 Dissipline A120 p.182 Dissipline

A15 p.56 Finansiële steun A36

p.84 Finansiële steun A61 p.111 Finansiële steun A91

p.149 Finansiële steun A121 p.182 Finansiële steun

A16 p.57

Module- en lokaalrooster en eksamenrooster

A37 p.84

Module- en lokaalrooster en eksamenrooster

A62 p.111

Module- en lokaalrooster en eksamenrooster

A92 p.150

Module- en lokaalrooster en eksamenrooster

A17 p.58

Inwoning in kampusbehuising

A38 p.85

Inwoning in kampusbehuising

A63 p.112

Inwoning in kampusbehuising

A93 p.150

Inwoning in kampusbehuising

A122 p.182

Inwoning in kampusbehuising

A18 p.58 Betaalbare gelde A39

p.86 Betaalbare gelde A64 p.113 Betaalbare gelde A94

p.151 Betaalbare gelde A123 p.183 Betaalbare gelde A141

p.192 Betaalbare gelde A19 p.61

Inligtings- kommunikasie en -tegnologie

A40 p.88

Inligtings- kommunikasie en -tegnologie

A65 p.115

Inligtings- kommunikasie en -tegnologie

A95 p.153

Inligtings- kommunikasie en -tegnologie

A124 p.185

Inligtings- kommunikasie en -tegnologie

A41 to A44 p.88

Vir moontlike verdere toevoegings

A66 to A69 p.115

Vir moontlike verdere toevoegings

A96 to A99 p.153

Vir moontlike verdere toevoegings

A125 to A129 p.185

Vir moontlike verdere toevoegings

A142 to A144 p.193

Vir moontlike verdere toevoegings

19/2/2016