afrikaansfacing pages no bleeds.indd

14
GRONDEIENAARSGIDS: KONFLIK TUSSEN DIE MENS EN WILDE DIERE Sinvolle oplossings om met die natuur saam te leef

Upload: vantruc

Post on 29-Dec-2016

250 views

Category:

Documents


15 download

TRANSCRIPT

Page 1: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

GRONDEIENAARSGIDS: KONFLIK TUSSEN DIEMENS EN WILDE DIERESinvolle oplossings om metdie natuur saam te leef

Page 2: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

GRONDEIENAARSGIDS: KONFLIK TUSSEN DIE MENS EN WILDE DIERE Sinvolle oplossings om met die natuur saam te leef

Page 3: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

INHOUD

INLEIDING 1

DIE UITDAGING OM KONFLIK MET WILDE DIERE TE BESTUUR 1

MET WATTER SPESIES IS DAAR KONFLIK IN DIE WES-KAAP? 2- Wildsbokke (bosbok, koedoe, eland en ander) 3- Bobbejane en blouape 4 - Vlermuise 5- Rooijakkalse 6- Bosvarke 8- Kaapse otters 9- Rooikatte 10- Ratels 12 - Luiperds 13- Ystervarke 15- Ander diere wat konflik veroorsaak 16

WENKE VIR VEEBESTUUR 17

WAT JY MOET DOEN WANNEER KONFLIK SITUASIESVOORKOM 18

JY EN DIE REG 19

VERWYSINGS, HULPBRONNE EN WEBRUIMTES 20

FOTO BYDRAES 21

Page 4: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

1

INLEIDINGIn sy suiwerste vorm is die natuur in vol-maakte harmonie – elke plant, dier en insek het ’n spesifieke plek en doel, en vorm deel van ’n belangrike ekosisteem. Die ekosis-teem verskaf noodsaaklike dienste om te kan lewe, insluitende vars water, bestui-wing, gehaltegrond en ander elemente so-dat mense kan floreer, oeste aangeplant en vee aangehou kan word om voedsel te pro-duseer en die grond te bewerk.

Namate mense en plase ’n plek in hierdie ekosisteem vind wat ons deel, word se-kere grense oorgesteek en konflik met wilde diere kan voorkom. Hierdie gids wat vir die landbousektor ontwikkel is, wil jou graag van inligting voorsien, en wenke gee oor hoe om die konflik te hanteer asook ’n manier om jou bestaansmiddele (vee of oeste) holisties te bestuur.

Die landbougemeenskappe het eeue lank probeer om diere te beheer wat skade aan hul vee of oeste aanrig. Ten spyte van hier-die pogings kom skade gereeld voor, terwyl die verlies aan vee of oeste eskaleer. Ons doen iewers beslis iets verkeerd.

In Suidelike Afrika is daar talle spesies wat lank reeds as “probleemdiere” geïdentifi-seer is. Dit het daartoe gelei dat baie diere onverbiddelik vervolg en uitgeroei is met ’n vernietigende impak op die omgewing en die ekologie.

Maar tye en wetgewing het verander. Die bestuur van konflik met wilde diere vereis nou ’n geïntegreerde of holistiese benade-ring om hierdie probleme op te los.

DIE UITDAGING OM KONFLIK MET WILDE DIERE TE BESTUURDaar is tydens die Wêreldparke-kongres in 2004 gesê dat konflik met wilde diere voorkom wanneer die natuur se behoeftes en gedrag ’n negatiewe impak op mense se doelwitte het of wanneer mense se doel-witte ’n negatiewe impak op die natuur het. Hierdie kon flikte kan voorkom as wilde diere oeste beskadig, mak diere beseer of doodmaak, mense bedreig of doodmaak.

Sodanige konflik kan voorkom omdat ’n lui-perd vee aangeval of ’n bobbejaan ’n boer se oes verniel het. Die konflik kom ook voor wanneer iemand of ’n gemeenskap die lui-perd of bobbejaan wil doodmaak of wanneer iemand weerwraak teen die ge sagstrukture

neem wat in beheer van natuur- en habitat-bewaring is.

Konflik met wilde diere neem wêreld wyd toe in frekwensie en die erns daarvan. Die natuurlewe en mense ding toenemend mee om ruimte, hulpbronne en plekke te vind wat hulle hul tuiste kan noem.

Hoewel benaderings wat op ekosisteme berus (insluitende die ontwikkeling van korri-dors tussen beskermde gebiede) uit ’n biolo-giese perspektief langtermynbesker ming vir talle spesies bied, behels dit ook omvangryke streeksgeleenthede vir interaksie en konflik tussen plaaslike inwoners en die natuur.

MET WATTER SPESIES IS ONS IN KONFLIK IN DIE WES-KAAP?

Daar is ’n verskeidenheid diere in die Wes-Kaap waarmee mense konflik kan ervaar. Die lys wat in hierdie afdeling verskaf word, is nie volledig nie, maar dit behoort vir die grondeienaar tog insig te bied oor hoe hy sy grond holisties kan beskerm.

2

Page 5: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

3

Interessante feite • Wildsbokke kan onderdeur heinings kruip.• Hulle kan ook bo-oor heinings spring.• Oesskade vind meestal snags plaas.

WILDSBOKKE (BOSBOK, KOEDOE, ELAND en ander)

Wat kan jy doen?• Geskikte heining- of elektriese drade om

die eiendom oprig.• Voëlverskrikkers, radio’s, LED-ligte of an-

der toestelle om wilde diere af te skrik.• Smaak afskrikmiddels, byvoorbeeld rissie-

sous wat op blare gespuit word.• Reuk afskrikmiddels, byvoorbeeld ’n lap wat

in Jeyes Fluid gedoop en aan die heining vas-gemaak word.

• Draai Tubex-boombeskermers (in wisse-lende lengtes) om jong bome/boomstamme.

Wat sal jy opmerk?• Groeipunte van tuinplante waar daar

af ge vreet is.• Oesskade.• Spore en mis.• Wildpaadjies/-toegangsroetes.

Ekologiese rol

• Hul weidingsgewoontes stimuleer plantgroei.

• Hulle is prooi vir roofdiere.• Hulle versprei sade.

• Hulle maak paaie tussen digte bosse oop.

• Hulle herwin nutriënte deur middel van

hulle mis.

Bosbok Eland Koedoe

4

BOBBEJANE en BLOUAPE

Interessante feite • Hulle grawe in kleigrond en eet klein hoe-

veelhede om minerale in te kry.• Hulle teel dwarsdeur die jaar.• Hul tande word vanself skerp.• Hulle slaap snags en is bedags wakker.• Binokulêre visie stel hulle in staat om

diepte en afstand goed te kan waar-neem.

• Sosiale versorging help om die sosiale struktuur in die trop in stand te hou.

• Bobbejane en blouape kan dieselfde habitatte deel.

• Vroulike diere bly in hul geboortetroppe terwyl die mannetjies die trop verlaat.

Wat sal jy opmerk?• Bobbejaan/aap verwyder dekriet van jou dak.• Bobbejaan/aap is in jou huis/tuin.• Opportunistiese strooptogte van vullisdrom-

me, groentebeddings, vrugtebome en kom-poshope.

• Bobbejane kan finansiële verliese veroorsaak deur vee dood te maak, en oeste en infra-struktuur te beskadig.

Sajja

d Sh

eral

ly F

azel

Blouaap met haar babatjie Bobbejane

Ekologiese rol

• Help met saadverspreiding.• Omnivore – wisselende dieet

– sluit blare, sade, vrugte en insekte in.

• Verskaf voedselbron vir ander roofdiere.

• Eetgewoontes verskaf toegang tot voedsel vir

ander spesies.

Wat kan jy doen?• Bring elektriese drade onder die

rant van die dekrietdak aan of be-dek die dekriet met fyn kuiken-draad.

• Rig ’n geskikte elektriese heining om die eiendom/woonhuis op.

• Bedek komposhope en pas be-hoorlike afvalbestuur toe.

Page 6: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

VLERMUISE

Interessante feite• Vlermuise kan hulle tuismaak onder blare

of tussen boombas, in rotsskeure en grot te asook in geboue se dakke. Party kan die blaarvorm aanpas sodat dit be-skutting bied.

• Groot vrugte vlermuise en baie kleiner insekvretende vlermuise kom beide voor.

• Hulle is nie blind nie en vlieg nie in ’n mens se hare nie.

• Insekvretende vlermuise het ’n gesofisti-keerde eggo-opsporingstelsel wat hulle in staat stel om muskiete en ander klein insekte in die donkerte te vang.

• Vampiervlermuise kom slegs in Suid- Amerika voor, en leef van hoenders en vee.

• Hulle is draers van parasiete net soos alle diere, maar vlermuisparasiete is gasheer-spesifiek en sal nie op ’n mens kan oorleef nie.

• Vlermuise is die enigste ware vlieënde soogdiere ter wêreld.

• Vlermuise kan tot 30 jaar oud word.

Wat sal jy opmerk?• Vlermuisaktiwiteit en mis bo jou

plafon.• Vrugtevlermuise se mis teen mure

en uitgespoegte korrel tjies onder bome.

• Vlermuise wat geboue se oorhange verlaat of binnegaan.

• Klein insekvretende vlermuise wat teen skemer rondvlieg.

Hulle teel stadig aan, omdat hulle slegs een of twee kleintjies per jaar het.

• Suid-Afrika se kleinste vlermuis is die Kaapse dakvlermuis wat 6 gram weeg.

• Die belangrikste bedreigings is habitat-vernietiging en sekondêre vergiftiging.

Ekologiese rol

• Beheer insekpopulasies soos muskiete en oespeste.

• Vervul ’n ekologiese rol as bes-tuiwers en saadverspreiders.

• Help met die bestuiwing van kommersieel belangrike

oeste en bome.

5 6

Wat kan jy doen?

As jy vlermuise na jou tuin toe wil lok• Bou ’n vler muis huisie/ -boks om veilige

alternatiewe blyplek te verskaf.• Vrugtevlermuise: Plant hul gunsteling

inheemse bome, soos die Kaapse as-boom, die fuchsiaboom en die wil-depruim.

• Bespuit jou tuin se vrugtebome (palms, geel houtbome) met geregis-treerde che mi kalieë om te voorkom dat vrugte vorm om jou mure so-doende skoon te hou.

• Insekvretende vlermuise: Plant in-heemse bome en struike wat insekte na jou tuin lok, veral wanneer dit met

’n waterfokuspunt gepaardgaan. Vler-muise sal die insekte beheer sodat dit nie problematies word nie.

Verwydering van vlermuise uit dakke moet gedoen word wanneer hulle nie broei nie. Dit kan soos volg gedoen word:• Stel vas waar hulle die dak teen skemer

of sonsopkoms verlaat of binnegaan.• Maak ’n stuk skadunet voor die gate

vas waar hulle in- en uitgaan om ’n flap te vorm.

• Dit sal die vlermuise in staat stel om die dak te verlaat, maar nie weer in te kom nie, omdat die skadu net ’n ver sper ring sal vorm.

ROOIJAKKALSE

Ekologiese rol• Jakkalse is sekondêre roofdiere

en aasdiere, en help om die veld skoon te hou deur aas te vreet.

• Hulle is baie doeltreffende jagters van jong prooi diere.

• Hulle onderdruk knaagdier- en insekpopulasies.• Hulle speel ook ’n belangrike rol ten opsigte van aasvoëls, omdat hul teenwoordigheid by ’n karkas ’n aanduiding vir aasvoëls is dat dit veilig is om die aas

te vreet.• In party gebiede waar jakkalse verwyder is, het

rooikatte se getalle toegeneem en ’n pro-bleem geword.

• Jakkalse is dus deel van ’n ingewikkel-de predasiebalans op plase.

Page 7: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

Hoenderhokke soos dié bied beskerming.

7

Wat kan jy doen?• Predasie kan maklik teengewerk word

deur waghonde, krale, ens.• Behoorlike beheer oor vee is noodsaaklik.• Karkasse en lammers wat alleen gelaat

word, lok roofdiere en moet dus verwy-der word.

• Stewige heinings moet in stand gehou

word, aangesien swak heinings jakkalse in staat stel om veekampe binne te kom.

• Moenie vee in afgeleë gebiede sonder behoorlike beskerming aanhou nie.

• Beskerm en bestuur die natuurlike veld volhoubaar as korridors wat skuiling aan potensiële natuurlike prooi en roofdiere bied.

Wat sal jy opmerk?• Jakkalse jaag hul prooi en byt dit terwyl

hulle langs die prooi hardloop. Dit lei dikwels tot bytmerke aan die kakebeen en die kant van die nek. Die prooi se ore word dikwels in die proses geskeur.

• Bytmerke kan ook aan die agterkant van die bene en aan die uier voorkom.

• Jakkalse is geneig om lammers te vang, en kan in uitsonderlike gevalle volwasse skape en bokke doodmaak.

• Koeie wat gaan lê om geboorte te skenk, kan aangeval word. Dit lei dikwels tot noodlottige beserings aan die koei en kalf.

• Hulle is geneig om slegs een dier op ’n slag dood te maak in teenstelling met ander katspesies wat meer as een dier op ’n slag doodmaak.

• Sigbare tekens aan die prooidier se karkas:

- Die maag in die liesgedeelte is oop; - Sagter binnedele soos die hart, le-

wer en niere is gevreet; - ’n Definitiewe “velflap” kom voor

en die vel word teruggerol soos die roofdier vreet;

- Die karkas lyk asof dit uitgehol is; - Die ribbes se punte is afgekou.

Interessante feite • Die rooijakkals maak ’n uitsonderlike

huil geroep wat gewoonlik dadelik deur familielede beantwoord word en na ’n kort rukkie deur ander individue of groepe wat naby is.

• Die rooijakkals is een van die roofdiere en aasdiere wat in konflik met mense is en die ergste uitgeroei word.

• Soos sy naam aandui, is dit rooi-bruin van

kleur en dit het ’n duidelik onderskeibare swart saal op sy rug en ’n stert met ’n swart punt.

• Jakkalsspore lyk soos honde s’n, want dit toon naelmerke in die voetspore wat tipies van die honde familie is.

• Hulle spoor se profiel is ovaalvormig wat langer is as die wydte daarvan.

• Jakkalse woon in pare en hulle beset af-gemerkte gebiede.

11 8

BOSVARKE

Interessante feite • Kom in familiegroepe voor – ’n domi-

nante beer en sog met tot vier kleintjies.• Hoewel hulle dikwels met die vlakvark

verwar word, beweeg bosvarke hoof-saaklik snags rond.

• Hierdie groot diere kan aggressief raak as hulle bedreig voel.

Wat sal jy opmerk?• Omgedolwe grasperke en blombed-

dings.• Mis en spore.• Oesskade (morsige vreters).• Skade aan heinings.• Vullisblikke wat gestroop is.• Duidelike toegangs-/uitgangsroetes

langs heinings.• Lammers en volstruiskuikens wat

dood gemaak is – “morsige” manier van vreet.

• Bosvarke is omnivore, maar het al mak vee doodgemaak.

Wat kan jy doen?• Voorkom dat bosvarke toegang tot

jou tuin kry deur ’n muur of stewige heining op te rig.

• Plaas elektriese drade om geaffek teer-de gebiede.

• Gebruik vullisblikke wat teen wilde diere bestand is en bestuur afval op ’n verantwoordelike wyse.

• Moet nooit wilde diere voer nie.• Oesskade: Gebruik ’n kombinasie van

voor komende maatreëls soos ’n ra-dio, flitsende ligte, elektriese heinings en reukweerders.

Ekologiese rol

• Die aktiefste in gebiede wat digte beskutting bied en ’n water-

bron het.• Gee die grond lug – dolwe die grond

om op soek na bolle en ander plant- en diermateriaal.

• Omnivore – vreet ’n wye verskeidenheid plante, diere en aas.

• Eetgewoontes verskaf toegang tot voedsel vir ander spesies.• Help met saadver-

spreiding.

Wilde diere-bestande vullishouers

’n Radio wat as ’n afskrikmiddel gebruik word.

Page 8: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

9

KAAPSE OTTERS

Wat sal jy opmerk?• Bewyse van predasie van pluimvee-/

visvoorrade.• Predasie tipies om die kop- en

nekgedeeltes van prooi.• Sanderige mis wat hoofsaaklik krap-

doppe asook visskubbe, bene en vere bevat.

• Onderskeibare naellose spore.

Interessante feite• Onderskeidende harde fluitgeroep.• Woon in klein familiegroepies.• Rubberagtige pote om waterprooi te

help vang.• Lê lang afstande op land af om voedsel in

die hande te kry.• Kom in sout- en varswateromgewings

voor.

Wat kan jy doen? • Beveilig slaapplek vir mak pluimvee.• Maak visbroeiplekke en dammetjies

met nette en elektriese heinings toe.• Begrawe die heining 50 cm onder

die oppervlak en laat die end wat begrawe is teen 90° buitentoe wys om te voorkom dat hulle onderdeur grawe.

• Plaas groot rotse aan weerskante van die omheinde gebied om te voorkom dat hulle grawe.

Ekologiese rol• Hulle is opportunistiese

roofdiere wat visse, skaal-diertjies, amfibieë, skulpdiertjies

en voëls in water- en grondhabitatte vang.

• Hul teenwoordigheid is ’n aanduiding van en dra by tot ’n gesonde water-

omgewing.• Hulle bou paadjies in oewer-

habitatte of hou dit oop.

10

ROOIKATTE

Interessante feite • Rooikatte is alleenlopers en kom

slegs in pare tydens die kort paartyd voor. Hul dieet bestaan gewoonlik uit klein tot medium groot prooi, insluitende hase, blouape, dassies, voëls, reptiele en jong wildsbokkies soos springboklammertjies.

• Rooikatte kan ook prooi vang wat so groot soos ’n volwasse spring-bok is.

• Individuele rooikatte kan die ge-woonte aankweek om vee te vang.

• Hulle onderskeidende en kon-trasterende ore word ingespan om gesigsuitdrukkings te aksentueer.

• ’n Vinnige oorbeweging word as ’n matige dreigende gebaar gebruik.

• Hulle is goeie klimmers en kan in bome klim as honde hulle jaag.

• Hulle jag meestal snags.

Ekologiese rol• Rooikatte speel ’n waarde-

volle rol in die ekologie van die veld deur te help om haas-, dassie- en knaag-

diergetalle in bedwang te hou en genetiese fiksheid in stand te hou.

• As sekondêre jagter in die voedselketting speel hulle ’n belangrike rol in die ekologiese balans.

• Hulle raak dominant in ’n sekere gebied, en sal ander rooikatte en roofdiere uithou. Dit is dus raadsaam om rooikatte (of enige ander roof-dier) nie onoordeelkundig te verwyder nie,

aangesien stabiele populasies wat nie tot veeverliese ly nie, die beste

beheermaatreël is.

Page 9: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

11

Wat kan jy doen?• Oppassers: Anatoliese herders honde

en donkies, alpakkas, mense, ook llamas, Volstruise – baie doeltreffend.

• Beskermende krae op vee: King en Dead Stop – baie doeltreffend.

• Heinings: stewig en geëlektrifiseerd.• Geraas: klokke.• Goeie veeteeltpraktyke.• Plaaslike inheemse prooispesies behoort

aangemoedig te word. ’n Aantal spring-bokke kan byvoorbeeld as ’n buffersp-esie vir vee dien. Dis baie doeltreffend, aangesien rooikatte verkies om inheem-se prooispesies te vang.

• Waar moontlik, moenie marginale soos afgeleë berggebiede gebruik om vee daar te laat wei nie, aangesien hierdie gebiede geneig is om meer blootstelling aan roofdiere te bied.

• Moenie vee in afgeleë gebiede sonder voldoende beskerming aanhou nie.

• Hou die vee in ’n kraal of verskuif hulle snags na ’n veilige gebied as hulle in ’n gebied is waar roofdiere veral aktief is.

• Beskerm en bestuur die natuurlike veld volhoubaar as korridors wat skui ling aan natuurlike prooi en roofdiere bied.

• Om inwoner- en dominante katte te hê wat nie “veediewe” is nie, is die beste manier om rooikatte te beheer.

• Beheer met behulp van gif is NIE wettig NIE.

• Die gebruik van troppe jaghonde is on-wettig. ’n Permit word vereis om snuf-felhonde te mag gebruik. Honde mag nie ’n rooikat doodmaak nie.

• Dit is onwettig om draadstrikke te stel. Die gebruik van vanghokke is toelaat-baar as dit reg bestuur word.

Wat sal jy opmerk?• Hul prooi word gewoonlik met ’n byt

aan die keel doodgemaak.• Die bytmerke het gewoonlik twee gate

aan albei kante van die keel of albei kante van die lugpyp.

• Kloumerke is dikwels sigbaar op die skouer, maag of agterkant.

• Prooi kan oor kort afstande gesleep word (gebeur selde).

• Rooikatte maak gewoonlik slegs een

dier dood, maar meer as een prooi is nie ongewoon nie, veral wanneer ka-tjies die blyplek verlaat.

• Vreet normaalweg hul prooi se boud of die binnekant van die boud.

• Hulle trek wol of hare uit voordat hulle vreet.

• Hulle openbaar ’n “ronde” vreetpa-troon.

• Hulle raak nie aan die ingewande nie.• Hulle breek of kou nie groot bene nie.

Anatoliese herdershondDead Stop beskermende halsbande.

15 12

RATELS

Interessante feite• Ratels is gewoonlik alleenlopende diere

(ma en kleintjies is ± 18 maande saam).• Hulle bly in ’n verskeidenheid habitatte.• Mannetjies se gebiede strek oor groot

afstande.• Mannetjies (9-14 kg) word in die algemeen

’n derde groter as die wyfies (5-10 kg).• Ratels sterf dikwels as gevolg van die on-

oordeelkundige gebruik van gifstowwe en strikke.

• Hulle leef van heuning en bylarwes; daar-om sy wetenskaplike naam Mellivora wat “heuningvreter” beteken.

• Hulle is baie sterk.• Hulle kan van die giftigste slange vang en

vreet.

Wat sal jy opmerk?• Bewys van predasie van mak pluim-

vee en ander kleinvee.• Beskadigde byekorwe.• ’n Rare verskyning wanneer dit

donker is.

Wat kan jy doen?• Bou stewig omheinde kampe om

hulle uit hoenderhokke te hou.• Rig voldoende heinings of elektriese

drade op om hoenderhokke te be-veilig.

• Lig byekorwe van die grond af of maak dit goed op ’n stewige plat-form met bande vas.

• Moenie strikke stel nie, aange-sien dit nie-selektiewe en wrede metodes van beheer is.

• Ondersteun die Ratelvriendelike Inisiatief deur slegs ratelvriendelike heuning te koop.

Ekologiese rol• Karnivore; vreet ’n wye

verskeidenheid kos wat wissel van knaagdiere, reptiele, skerpioene, spinnekoppe, klein voëltjies, duisendpote en ander

ongewerwelde diertjies.• Hul buitengewone vermoë om

te grawe stel voedsel vir ander dierspesies

beskikbaar.

Page 10: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

13

LUIPERDS

Interessante feite • Luiperds kom hoofsaaklik in

berg agtige streke van die Wes-Kaap voor.

• Hulle hou van rotshellings of rivier gebiede met baie plante-groei eerder as oop, plat gebiede.

• Elke luiperd het unieke rosetpa-trone en nie kolle soos die jaglui-perd nie.

• Hulle beweeg meestal snags, maar tog ook in ’n mindere mate bedags.

• ’n Luiperd se roep klink asof iemand hout saag.

• Luiperds is alleenlopende diere wat binne ’n goed afgebakende, seksueel eksklusiewe gebied rond be weeg. Hulle bly nie in een grot soos party mense dink nie; hulle kry eerder geskikte plek ke waar hulle kan slaap terwyl hulle in hul gebied rondbeweeg.

Ekologiese rol

• Luiperds is versigtige, kragtige jag-ters en sal ’n verskeidenheid soogdiere

as prooi vang.• Hulle jag hul prooi hoofsaaklik in die donker ure.• Dit hou hul prooispesies paraat en ekologies fiks.

• Die luiperd is ’n toproofdier, en speel dus ’n uiters be-langrike rol in die ekologiese balans en voedselketting.

• By geleentheid sal hulle rooikatte, jakkalse en ander kleiner roofdiere doodmaak wat om hul prooi mee-

ding om sodoende hul getalle in bedwang te hou.• Luiperds verwyder siek en swak diere uit die eko-

sisteem. Sodoende voorkom hulle die ver-spreiding van siektes en ondersteun

hulle die volhoubaarheid van ge-neties fikse diere.

14

Wat sal jy opmerk?• Luiperds verkies om inheemse en tra-

disionele prooispesies te vang, maar waar die natuurlike prooi min is of waar vee nie na behore opgepas word nie, kan hulle vee begin vang.

• Hulle is berug daarvoor dat hulle “sur-plus” diere vang. Dit beteken hulle vang meer as wat hulle nodig het.

• Hulle vreet normaalweg eers die binnekant van die boude en verorber 1-2 kg vleis.

• Hulle vreet nooit prooi se ingewande nie.

• Kleiner prooidiere se nekke is ge-breek.

• Spore op paaie.• Sleepmerke waar hulle prooi weg-

gesleep het.• Kloumerke op die romp of skouers

van groter mak vee en bytmerke op prooidiere se nekke.

• Groot gate waar hul tande die keel binnegedring het.

• Mis bevat baie hare en gekoude stuk-ke onverteerde been en hoewe.

• Ou mis word wit as gevolg van hoë kalsiuminhoud.

• Krapmerke aan groot bome se bas.

Wat kan jy doen?• Gebruik opspoorkameras om die lui-

perd se teenwoordigheid te moni tor.• Oppassers: Anatoliese herdershonde

en donkies, alpakkas, mense, ook lla-mas, Volstruise – baie doeltreffend.

• Pas goeie veebestuur toe en maak seker dat krale of kampe luiperdbe-stand is.

• Tree proaktief op teen en meld on-wettige strikke en jagaktiwiteite aan.

• Moenie vee in afgeleë gebiede sonder voldoende beskerming aanhou nie.

• Hou vee in ’n luiperdproef kraal aan of verskuif hulle snags na ’n veilige gebied as hulle in ’n gebied is waar roofdiere besonders aktief is.

• Beskerm die prooibasis en vul dit by-voorbeeld aan met springbokke in dieselfde kampe as dié waarin vee wei.

• Intensiewe graanverbouing het ’n in-vloed op die verspreiding en gedrag van spesies waarop die roofdiere jag maak. Oor ’n groot gebied word hierdie prooidiere na die “groen plekke” gelok. Dit veroorsaak ’n al-gemene afname in natuurlike prooi-digtheid om hierdie groen gebiede. Prooidiere kan ook skade aanrig aan oeste en word in die proses doodge-maak. Dit lei daartoe dat hul getalle afneem wat weer kan veroorsaak dat vee verliese toeneem.

• Beskerm en bestuur die natuurlike veld volhoubaar as korridors wat skuiling aan potensiële natuurlike prooi en roofdiere bied.

• Beheer met behulp van gif is NIE wettig NIE.

• Die gebruik van troppe jaghonde is onwettig.

• Dit is onwettig om draad- en valstrik-ke te stel.

Page 11: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

15

YSTERVARKE

Interessante feite • Skiet nie hul penne uit nie.• Is sterk swemmers.• Woon in familiegroepe.• Monogaam: een maat lewenslank.• Trek tot 16 km ver om kos in die

hande te kry.• Handel van ystervarkpenne as aan-

denk ings is ’n dreigende gevaar.• Nagdiere.

Ekologiese rol

• Help met saad- en bol-verspreiding.

• Hoofsaaklik vegetaries – vreet bolle, plantwortels en knolle.• Eetgewoontes verskaf

toegang tot voedsel vir ander spesies.

Wat sal jy opmerk?• Waar daar aan bolle, knolle of plantwor-

tels gevreet is, bewys dat bol plante uit-gegrawe is.

• Bas wat van bome afgekou is en ander skade aan tuinplante.

• Mis, spore en penne.• PVC-waterpype wat geknaag is.

Wat kan jy doen?• Beskerm bolle met hoenderdraad.• Plaas elektriese drade om die tuin bedding.• Plaas plastiekpype om jong boompies.• Rig ’n geskikte heining op (wat minstens

300 mm diep in die grond gegrawe moet word).

• Hou die heining in stand deur openinge of gate toe te maak sodat hulle nie toe-gang kan kry nie.

• Waar skade aan PVC-waterpype voor-kom, lê die pype onder die grond of lig dit op deur dit teen spanhoute of bestaande heiningdrade (minstens 500 mm bo die grond) vas te maak. Gebruik ou stukke PVC- waterpype en strooi dit langs pyp-leidings.

Kolgans

16

ANDER DIERE WAT KONFLIK VEROORSAAK

• Die Wildemakou en die Kolgans het albei ongewild geraak in graanproduksiegebiede.

• Die bestuur van wildevarke het ook al meer uitda-gend geword, omdat hulle geweldig vinnig aanteel en baie skade aan wingerde, boorde, heinings asook natuurlike gebiede kan aanrig deur die plek te vertrap, vore te grawe en inheemse spesies plant- en diere-materiaal uit te grawe en te vreet.

• Die Europese perdeby en Duitse perdeby is besig om hul reikwydte dwarsoor die Wes-Kaap uit te brei, en het ’n impak op wingerdbou, die sagtevrugtebedryf en byeboerdery.

• Konflikte met kraaie kan verskillende vorme aan-neem, soos wanneer hulle oeste verniel.

• Rondloperhonde is ook verantwoordelik vir groot fi-nansiële verliese vir boere. Talle wilde roofdiere word uitgewis en kry die skuld vir verliese wat deur wilde of rondloperhonde veroorsaak word.

• Wilde katte en kruisteling of die intelingspotensiaal met die Afrika-wildekat. Hulle hou ook ’n siektegevaar soos “snuffels” vir ander wilde katte in en het ’n impak op klein prooidiere. Dít het ’n negatiewe impak op die ekologie.

Wildemakou

Wildevarke

Europese perdeby

RondloperhondWilde katteWitborskraai

Page 12: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

17

Die sleutel tot holistiese bestuur lê opgesluit in kennis aangaande roof-diere se sosiale gedrag.

Roofdiere speel ’n belangrike rol in ’n gesonde ekosisteem en verseker die beheer van diere soos knaagdiere wat in peste op plase kan ontaard. Hul verspreiding, diver-siteit en getalle word deur die beskikbaar-heid van skuiling en prooispesies beïnvloed. Roofdiere van dieselfde spesie asook van an-der spesies verkeer in voortdurende kom-petisie vir blyplek en prooi.

Roofdiere is territoriaal, en merk hul ge-bied en reikwydte van hul blyplek op ver-skillende maniere. Die onoordeelkundige verwydering van roofdiere uit ’n stelsel skep ’n vakuum en sosiale onstabiliteit. Dit ver-oorsaak ’n konstante invloei van nuwe diere in ’n gebied. Diere wat nuut in ’n gebied is, ken nie die plekke waar potensiële natuur-like prooi kan skuil nie. Hierdie nuwe diere is dikwels nie dominante diere nie. Hul bly-plekke sal ook heelwat kleiner wees as dié van territoriale diere. Omdat hierdie nuwe, nie-dominante diere onder geweldige druk van nabygeleë dominante diere verkeer, blyk dit asof hulle te bang is om dit te veel uit die gebied te waag. Hulle sal dus eerder op die voedselbron fokus wat die maklikste beskikbaar is – vee.

Die verskillende spesies roofdiere ding ook met mekaar mee om prooi en blyplek. Hulle vang ook mekaar se kleintjies. In gebiede waar luiperds byvoorbeeld voorkom, word baie minder ander roofdierspesies toege-laat. Daar is talle voorbeelde van luiperds wat rooikatte en selfs meerkatte doodge-maak het wat in hul gebied inbeweeg het. Hierdie spesies kan ’n belangrike rol speel

om ander roofdiere uit die gebied weg te hou deur hulle die geleentheid te bied om binne die grense van die nodige beskerming teen veeverliese op plase te bly.

Omdat die lam- en kalfseisoen elke jaar die heel belangrikste tydperk vir ’n veeboer is, is dit noodsaaklik dat enige verliese geduren-de hierdie tydperk tot ’n minimum beperk word. Probeer dus die volgende:

WENKE VIR VEEBESTUUR

• Fokus op intensiewe bestuur, veral gedurende die lamseisoen.

• Verkort die duur van die lam- en kalfseisoene om verminderde bestuursinset te verseker.

• Voorsien optimale weiding in roof-dierveilige gebiede gedurende die lam- en kalfseisoene.

• Sinchroniseer die lam- en kalfsei-soene tussen naburige plase om ’n situasie te verhoed waar slegs se-kere plase deur roofdiere geteiken word.

• Sinchroniseer die lam- en kalfsei-soene met dié van die teeltydperk van die natuurlike prooi.

• Probeer verseker dat lammertjies/kalfies in kampe na aan die plaas-werf is om voortdurende bewaking te verseker.

• Moenie jong lammertjies se stertjies in die veld afsny nie, maar doen dit eerder in ’n kraal naby die plaas-werf. Dit verseker dat daar nie ’n bloedreuk in die veld agterbly wat weer roofdiere kan lok nie.

• Veekarkasse moet uit die veld ver-wyder word om te verhoed dat roofdiere, wat ook partykeer aas vreet, ’n smaak vir vee ontwikkel.

1 ASSESSERING! Assessering van die konfliksituasies.

2 KEUSE! Keuse van toepaslike bestuursopsies.

3 AKSIE – DOEN DIT! Implementering van beheermetodes.

4 VOORKOMING! Implementering van voorkomingstegnieke.

5 EVALUERING! Implementering van evalueringstelsel.

18

WAT JY MOET DOEN WANNEER KONFLIK SITUASIES VOORKOM Kontak jou naaste CapeNature-streekkantoor om ’n holistiese en verant-woordelike benadering te bespreek oor hoe om die konflik te bestuur.’n Vyf-stap-benadering tot die holistiese bestuur van die natuurlewe wat skade veroor-saak, word verkies wanneer ’n bestuurstelsel geïmplementeer word om die kwessie van die bestuur van skade deur natuurlewe en verliese die hoof te bied.

1 Die oorsprong van die probleme wat ervaar word, moet ten volle begryp word.

2 Alle partye moet die korrekte inge steld-heid en respek teenoor alle natuurlewe wat skade veroorsaak, handhaaf.

3 Die probleem moet deeglik geëvalueer en die dier verantwoordelik vir die skade of verliese korrek geïdentifiseer word.

4 Gepaste mitigerende bestuursmeto-

des teen moontlike skade of verliese en wat gepas is vir die beheer van die verant-woordelike individuele dier wat geïden-tifiseer is, behoort geïmplementeer te word.

5 Selektiewe beheermetodes behoort doeltreffend geïmplementeer te word om die werklike probleem die hoof te bied en op te los.

Die beste-praktyk-benadering om die probleem van skade wat-deur wilde diere aangerig word, op te los, sluit vyf stappe in:

Voorkoming is die antwoord!Voorkomingsmaatreëls om verliese te verminder is baie goedkoper as beheer-maatreëls. Die inwerkingstelling van ’n kombinasie van voorkomingsmaatreëls

en afskrikmiddels is die beste oplossing.

Kontak CapeNatureGrondeienaars is welkom om CapeNature te skakel of ’n beampte in hul streek

te kontak. Dit is belangrik dat grondeienaars saamwerk om die beginsels van holistiese bestuur gesamentlik te implementeer.

VIR VERDERE INLIGTIN KONTAK GERUS:

www.capenature.co.za

Page 13: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

19

Jag, wat per definisie die soektog na enige wildedier in die Wes-Kaap, die vangs van so ’n dier of ’n poging om dit te vang, insluit, word deur die Ordonnansie op Natuurbewaring van 1974 beheer.Ingevolge hierdie Ordonnansie is dit in die algemeen ’n oortreding om enige beskermde wildedier sonder ’n permit of lisensie te beseer, en dit is ook ’n oortreding om ’n aantal metodes sonder ’n spesiale permit te gebruik. Daar word na hierdie metodes as “verbode jagmetodes” verwys en sluit die volgende in:

’n Spesiale “verbode-jagmetodepermit” word vereis indien enige van dié jagmetodes ge-bruik word.

Dit is belangrik om daarop te let dat, nie alleen word ’n jaglisensie of -permit vereis al vorens enige aktiwiteit kan plaasvind nie, maar die eie-naar van die eiendom op wie se eiendom die jag of vangs plaasvind, se skriftelike toestem-ming word ook vereis. Hierdie skriftelike toe-stemming moet die volgende bevat:

JY EN DIE REG

• Deur middel van vuur of gif.• Met behulp van kunsmatige lig.• Op of van ’n openbare pad af.• Deur middel van enige lokval wat per

definisie enige slagyster, valstrik, strik, hok, net, vanggat of voëllym insluit.

• Tydens die tydperk een uur na sonsonder gang op enige dag en een uur voor sonsopkoms op die volgende dag.

• Deur middel van enige wapen in ’n open bare plek binne ’n plaaslike ower-heid se jurisdiksiegebied.

• Deur middel van ’n vuurwapen wat ’n randonsteking patroon van ’n kaliber kleiner as 5,6 mm afvuur.

• Deur middel van ’n vuurwapen wat meer as twee skote afvuur sonder om per hand herlaai te word.

• Deur middel van ’n pyl en boog.• Deur middel van ’n gestelde geweer

of enige soortgelyke toestel.• Deur middel van enige toestel wat ’n

verdowende of ’n bedwelmende mid-del of gif in sodanige dier inspuit.

• Met behulp van ’n hond, behalwe vir die jag van voëls of vir die doeleindes om enige sodanige dier wat gewond is, te volg of daarna te soek.

• In die geval van voëls in of op binne-landse water deur die gebruik van ’n boot met die doel om sodanige voëls te jaag of dood te maak.

• Die naam en adres van al die betrokke partye.

• Die getal en die wildspesies wat gejag sal word.

• Die datum of datums waarop die jag-aktiwiteite sal plaasvind.

• Die grond ten opsigte waarvan die jag-aktiwiteite toegestaan word; die eienaar van die eiendom moet dit onderteken en dateer.

Dit is van die uiterste belang dat alle partye wat betrokke is by die jag of vangs van wilde diere en/of die vervoer van sodanige diere of karkasse van daardie diere ten volle au fait met alle wetgewing moet wees, bo en behalwe die Ordonnansie op Natuurbewaring wat op daar-die aktiwiteit van toepassing is. Indien daar eni-ge twyfel bestaan, moet jy asseblief jou naaste natuurbewaringskantoor kontak. Besoek www.capenature.co.za vir verdere inligting.

20

VERWYSINGSWorld Parks Congress. 2004. Creating Coexistence between Humans and Wildlife: Global Per-spectives on Local Efforts to Address Human-Wildlife Conflict. FRANCINE MADDEN, Voorsit-ter, Human-Wildlife Conflict Initiative. CEESP-IUCN, Washington DC, VSA.

BEST MANAGEMENT PRACTICES: Human-Wildlife Conflict Prevention and Management: An Integrated and Holistic Approach to Resolve Conflict between Humans and Wildlife in the Western Cape. Hannes Stadler. Julie 2007.

Farmer’s Weekly, 19 Oktober 2007. p. 62 (Tubex-boombeskerming)

Trust vir Bedreigde Natuurlewe. Vlermuisbewaringsgroep. Pamflet.

Predators and Farmers. 2007. ’n Publikasie van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se Konflik-voorkomingsgroep (WCPG), die Karnivoorbewaringsgroep (CCG) en die Roofvoël-werk-groep (BoPWG). Johannesburg, Suid-Afrika.

VERWYSINGS, HULPBRONNE EN WEBRUIMTES

HULPBRONNE EN WEBRUIMTEShttp://www.iucn.org/http://www.sanbi.org/http://capeleopard.org.za/http://www.landmarkfoundation.org.za/http://www.farmersweekly.co.za/article.aspx?id=10803&h=Get-ting-to-know-the-black-backed-jackalhttp://tenikwa.org/http://www.wwf.org.za/http://www.capenature.co.za/http://www.biodiversityexplorer.orghttp://www.iucnredlist.orghttp://www.ewt.org.za

VRYWARINGCAPENATURE SAL NIE VERANTWOORDELIK GE-HOU WORD VIR ENIGE KONDISIES WAT UIT ENIGE AKSIE OF UIT ENIGE NATUURLEWE BE-STUUR STELSEL OF METODE WAT IN HIERDIE GIDS BESPREEK IS, VOORTSPRUIT NIE. DIT BLY DIE BOER SE UITSLUITLIKE VERANTWOORDELIKHEID OM PRODUKTE WETTIG EN STRENG VOLGENS DIE INSTRUKSIES WAT SAAM MET SODANIGE PRODUKTE VOORSIEN WORD, TE GEBRUIK.

Page 14: Afrikaansfacing pages no bleeds.indd

21

FOTO BYDRAESFoto’s deur CapeNature behalwe soos hieronder aangedui:VOORBLAD: Hooffoto – Eduardo Trage; Ronde foto (regs) – Peter Alexander Robb; Ronde foto (onder) – Martin Harvey. LANGS DIE INHOUDSBLAD: Hooffoto – Darryl J Smith; Ronde foto – Melodi2.Bladsy 2: Hooffoto – Elmari B; Ronde foto – Martin Harvey.Bladsy 3: Bosbok – Tim Jackson; Eland – Joan Ward; Koedoe – Hans Hillewaert (Wikimedia Commons).Bladsy 4: Bobbejane – onbekend (van die ‘Understanding Baboons’ bord); Blouaap – Sajjad Sherally Fazel

(Wikimedia Commons).Bladsy5: Vlermuise – Ivan Kuzmin (Shutterstock).Bladsy 6: Rooijakkals –Yathin S Krishnappa (Wikimedia Commons).Bladsy 10: Rooikat (onder) – Jaco van Deventer.Bladsy 11: Anatoliese herdershond – Tibilou (Franck Balzar)(Wikimedia Commons).Bladsy 12: Ratels – Keith and Colleen Begg.Bladsy 13: Luiperd – Cape Leopard Trust.Bladsy 15: Ystervark – Cape Leopard Trust.Bladsy 16: Kolgans – Andreas Trepte (Wikimedia Commons); Wildemakou – Dick Daniels (Wikimedia Com-

mons); Wildevarke – National Aeronautics and Space Administration (Wikimedia Commons); Eu-ropese perdeby – Alvesgaspar (Wikimedia Commons); Witborskraai – Frank Vassen (Wikimedia Commons); Wilde katte – Boksi (Wikimedia Commons); Rondloperhond – Ryan Virgo (Wikimedia Commons).

Bladsy 20: Rupert Koopman.Bladsy 21: Rupert Koopman.

CAPENATURE KONTAKBESONDERHEDEFisiese adres Posadres Telefoon: 021 483 0000PGWC Shared Services Centre Private Bag X29 Webtuiste: www.capenature.co.zaH/v Bosduif- & Volstruisstraat GatesvilleBridgetown, KAAPSTAD 7766