administratiewe handleiding
TRANSCRIPT
ADMINISTRATIEWE
HANDLEIDING
Skaaptelersgenootskap
van
Suid Afrika
2
ILE DE FRANCE S.A.
Die skaapras vir die toekoms
met ʼn wetenskaplike oorsprong ontwikkel vir optimale skaapvleisproduksie met ʼn
wêreldwye bewese rekord
Ile de France
is nie die einde van die pad nie, maar die begin van ‘n nuwe toekoms .........
......hierdie is inderdaad die pad waarop wenners wil wees om hul doelwit in kommersiële
skaapvleisproduksie te verwesentlik
REDES:
Om die meriete van die verskillende skaapvleis-rasse te bepaal, word die genetiese verskille in funksionele
doeltreffendheid gemeet deur vergelykings te tref ten opsigte van doeltreffende ooiproduksie en verbeterde lamgroei in
gegewe omgewings.(aanpasbaarheid)
Hierdie uitmuntende eienskappe, tesame met die doeltreffende gebruik van die Ile de France ram se uitstaande basterkrag
eienskappe in kruisteling, is ʼn moet in enige doeltreffende skaapvleis produksieprogram.
DOELTREFFENDE OOIPRODUKSIE
* Vrugbaarheid (ouderdom by puberteit,
laminterval en konsepsiestempo)
* Teelkragtigheid (aantal lammers gebore per
dragtigheid)
* Moedereienskappe (melkproduksie en oorlewing
van lammers tot speen)
* Nie seisoenale telers
* Aanpasbaarheid
VERBETERDE LAMGROEI
* Gewig van lam (gemeet by speen per ooi-
eenheid)
* Karkaskwaliteit (gemeet teen uitstaande
nasionale karkaskompetisie- resultate)
* Hoë spier / vet verhouding
* Goeie voeromset
* Goeie bouvorm
* Hoë persentasie goeie snitte
* Goeie vetverspreiding
* Uitstekende uitslag %
* Uitstekende oogspier en vetverspreiding
DUS DOELTREFFENDE SKAAPVLEISPRODUKSIE OM BINNE DIE MINIMUM TYDSVERLOOP DIE MAKSIMUM OPBRENGS KWALITEIT SKAAPVLEIS PER OOI-EENHEID BINNE ‘N GEGEWE OMGEWING TE LEWER WAAR WOL ‘N BELANGRIKE BYDRAENDE FAKTOR TOT DIE NETTO INKOMSTE EN OPTIMALE SKAAPPRODUKSIE IS.
Ile de France - IS NOMMERPAS
DOELSTELLINGS VAN DIE GENOOTSKAP
Die ekonomiese doelstelling van die Ile de France Genootskap is om sy lede aan te moedig en by te staan in hul pogings om
diere te verbeter in terme van produktiwiteit, maklike versorging & aanpasbaarheid by die omgewing waar hulle vir
kommersiële aanvraag en winsgewendheid moet presteer.
MISSIE Dit is die missie van die SA Ile de France Genootskap om:
– ILE DE FRANCE SUPER SLAGLAMPRODUKSIE TE BEVORDER- KWALITEIT SKAAPVLEIS AAN DIE VERBRUIKER -
Deel in die sukses verhaal sluit aan by die Ile de France geledere
Navrae: Ile de France Skaaptelersgenootskap van S.A.
Posbus 3776, Bloemfontein 9300
Tel: (051) 410 0953 / Faks: (051) 448 4220
E-pos: [email protected]
Webblad: www.iledefrance.co.za
3
MISSIE
DIE MISSIE VAN DIE
SA ILE DE FRANCE GENOOTSKAP IS OM
Ile de France
SUPER SLAGLAMPRODUKSIE
TE BEVORDER
- KWALITEIT VLEIS AAN DIE VERBRUIKER -
In die handhawing van die missie, is dit die doelwit van die IDF Genootskap OM DIE RAS effektief te
bemark, in ag genome die huidige toestande en omstandighede, om sodoende kommersieel
lewensvatbare skaapboerdery moontlik te maak en te bevorder sodat die ras se volle potensiaal en vermoë
as uitstekende vleisproduserende-ras na vore kan kom.
Opsommend is hierdie om die UITSONDERLIKE en UNIKE EIENSKAPPE van die ILE DE FRANCE
RAS TE HANDHAAF deur STRENG TE HOU by die SELEKSIE PROSEDURES en
DOELTREFFENDE PRODUKSIE AANTEKENINGE.
4
Missie van die
Ile de France Telersgenootskap
Die Ile de France Telersgenootskap is ʼn organisasie van skaaptelers in Suider Afrika, wat nie op winsbejag ingestel is nie maar
verbind is tot die sinvolle ordening van die werksaamhede van sy lede op sodanige wyse dat –
Sy lede suksesvol met die skaap kan boer;
Die voortbestaan van die Ile de France daardeur verseker sal word;
Die Ile de France sal groei en uitgebou word tot sy regmatige plek in die skaapbedryf.
Die Genootskap word bestuur deur ʼn gekose Raad en gefinansier deur sy lede wat met Ile de France skape boer, hoofsaaklik
vir vleis- maar ook vir wolproduksie.
Die bestaansreg van die ras onder intensiewe asook ekstensiewe toestande word deur hoë vrugbaarheid, meerling eienskappe,
goeie gewigstoename en uitstaande karkaseienskappe verseker.
Ons basiese oogmerke is om:
Deur middel van promosie die ras se bestaande markaandeel optimaal te benut en te vergroot;
Slaglammers te produseer terwyl die verbetering van woleienskappe voortdurend in ag geneem word;
Deur middel van wetenskaplike gefundeerde seleksie, objektiewe prestasietoetsing en streng keuring ingevolge
rasstandaarde, kwaliteit teeldiere aan die Stoetteler te voorsien;
ʼn Breë kommersiële basis vir die Ile de France te vestig en uit te brei.
Die Genootskap is daartoe verbind om te verseker dat:
Administratiewe vereistes vir die doeltreffende bestuur van die ras sinvol en nougeset nagekom word;
Lede bydrae ten opsigte van administratiewe kostes altyd realisties en bekostigbaar sal wees;
Fondse met verantwoordelikheid aangewend word;
Die optrede van lede eervol en onselfsugtig sal wees.
Ons besef ons verantwoordelikheid teenoor die skaapbedryf en poog om deurentyd ʼn realistiese beeld van ons skaap voor te hou.
Ons onderneem om toe te sien dat diere wat onder die beskerming van die Genootskap verhandel word aan alle registrasie
vereistes voldoen.
DIT IS DIE GENOOTSKAP SE MISSIE
OM ILE DE FRANCE SUPER SLAGLAMPRODUKSIE TE BEVORDER
– KWALITEIT VLEIS AAN DIE VERBRUIKER –
5
Ile de France
Administratiewe Handleiding
INHOUD 1. S.A. Ile de France die wetenskaplike gefundeerde skaapvleis ras vir die toekoms
2. Missie
3. Missie beskrywing
ADMINISTRATIEF
4. Inleiding tot administratiewe sake
5. Aansoek om Lidmaatskap
6. Geboortekennisgewing
7. Identifikasie en Tatoeëring van skape
8. Hertatoeëring Prosedure
9. Oordragte
10. Kansellasies
11. Duplikaat sertifikate
12. Herinstelling
13. Invoere \ Uitvoere
14. Lisensiëring van ramme
15. Oordrag van semen
16. Delegering van magte
17. Uitgebreide stambome
18. Keuring van skape
19. Opsionele liniêre Keuringsvorm
20. Appél inspeksies
21. Opleiding
22. Finansiële Aangeleenthede
23. Logix
24. Sekretariaat
TELING 25. Raskenmerke en eienskappe van die Ile de France
26. Ile de France Rasstandaarde
27. Produksie aantekeninge
28. Ile de France seleksiestelsel
29. Prestasie gegewens vir die identifisering van ʼn K.I. ram
30. Liniêre meting van ram
31. Opgradering van Aanhangsel ooie
BEMARKING
32. Skoue
33. Veilings
34. Ile de France Klubs AANHANGSELS: (bl. 42-53) Aanhangsel A: Geboortekennisgewing
Aanhangsel B: Opsionele Liniêre Keuringsvorm
Aanhangsel C: Skouklasse
Aanhangsel D: Ooi-doeltreffendheid
Aanhangsel E: Verhoogde lamgroei
Aanhangsel F: Naspeen groeitoets
Aanhangsel G: Veilingskatalogus voorbeeld & Veilingskatalogus verklaring Aanhangsel H: Inskrywingsvorm
Aanhangsel I: Geboortemassa
Aanhangsel J: Wolkwaliteit
Aanhangsel K: Ram vrugbaarheid
Aanhangsel L: Seleksie van ooilammers
Aanhangsel M: Die skou van teeldiere en Handleiding vir beoordeling
Aanhangsel N: Aansoekvorm as LOGIX gebruiker
6
ADMINISTRATIEWE HANDLEIDING
4. INLEIDING
In enige organisasie is ʼn goed geordende administratiewe stelsel van die grootste belang.
Die doelstelling van hierdie administratiewe handleiding is dan ook om aan die bestaande en toekomstige teler,
duidelike riglyne te verskaf met betrekking tot die administratiewe reëls en regulasies van die Genootskap, om sodoende
die administratiewe stelsel vlot te laat werk tot voordeel van almal betrokke.
Ons vertrou dat die Handleiding vir u van groot hulp en waarde sal wees; dat dit u in staat sal stel om die administrasie
van u stoetery te vergemaklik en dat u dit as hulpmiddel sal aanwend tot die uitbouing en winsgewendheid van u stoet.
Rig asseblief alle korrespondensie en navrae aan –
Ile de France Skaaptelersgenootskap van S.A.
Posbus 3776
BLOEMFONTEIN, 9300
Tel: (051)410 0953 \ Faks: (051)448 4220
E-pos adres: [email protected]
Webadres: www.iledefrance.co.za
5. AANSOEK OM LIDMAATSKAP
Lidmaatskap van die Ile de France Skaaptelersgenootskap is onderworpe aan die voorwaardes soos uiteengesit in die
Genootskap se grondwet en verordeninge. Prestasietoetsing is verpligtend vir die registrasie van stoetdiere. Volg
asseblief die volgende stappe vir aansoek om lidmaatskap:-
5.1 Doen aansoek op die voorgeskrewe “Aansoek om Lidmaatskap” vorm wat beskikbaar is by die Genootskap
en klubs.
5.2 Stuur asseblief die voltooide vorm plus tjeks vir voorgeskrewe bedrae aan die kantoor.
5.3 Die oornommers van die stoetdiere in die aansoeker se besit moet asseblief op die vorm wat vir die doel by die
aansoek om lidmaatskap ingesluit is ingevul word. Op ontvangs van genoemde dokumentasie reageer die
Genootskap as volg-
5.4 Erkenning van ontvangs van “Aansoek om Lidmaatskap”
5.5 Verkryging van goedkeuring van kuddekenmerkletters, voorvoegsel en lidnommer by die SA
Stamboekvereniging. Kuddekenmerkletters, voorvoegsel en lidnommer moet asseblief deur die lid op alle
dokumentasie en vorms vermeld word.
6. GEBOORTEKENNISGEWINGS
S.A. Stamboek verskaf ʼn geboortekennisgewingboek ten einde die teler in staat te stel om skriftelik rekord te hou van
geboortes. Kennisgewing van geboortes is die eerste stap in die proses om ʼn dier te registreer en dit is belangrik om op
die volgende te let wanneer u die geboortes in die boek voltooi –
6.1 ʼn Volgnommer word aan elke lam wat gebore word, dood of lewendig, toegeken op die volgende wyse:-
Die laaste twee syfers van die jaartal waarin die lam gebore is dien as begin syfers bv. die eerste lam gebore
in 2016 sal wees 16001 en die tweede 16002 ens. Die eerste lam in u kudde gebore in 2016 sal die nommer
16001 dra ens. (Sien ook identifikasie en tatoeëring van skape – paragraaf 7. By tatoeëring word die verkorte
jaartal en volgnommer gebruik).
6.2 Met die nommers aan u lammers toegeken kan u nou u geboortekennisgewing in die boek voltooi, met die
lammers in numeriese volgorde. Indien u nie gebruik wil maak van die geboortekennisgewing boek nie kan u
gaan registreer op S.A. Stamboek se webblad www.studbook.co.za en gaan kliek op Logix om te registreer.
Lede kan hulle plaas sagteware en volledige data-basis van Logix aftrek. Die teler se data-basis en Stamboek
se data-basis is presies dieselfde. ‘n Teler het 24 uur van die dag toegang tot die stelsel.
7
Die volgende kan vanaf Logix afgelaai word:
● Besonderhede van ‘n dier;
● ‘n Per Kapita lys
● Inspeksielys;
● Drie- en vyf generasie stamboom met prestasie;
● Blup syfers;
● Geboortes kan op Logix gelaai word en Logix laat weet die teler dat dit ontvang is;
● Prestasie kan ook op Logix gelaai word;
● ‘n Elektroniese databasis kan afgetrek word van die teler se prestasie wat ingestuur is vir watter toetse
ookal en intrek by die plaas sagteware;
● Gewigte kan nou ook op Logix ingevoer word solank die groep diere wat geselekteer word se ouderdom
nie 3 (drie) maande verskil nie, andersins sal die stelsel die groep uitgooi of in ‘n ander groep indeel.
● Logix is gratis beskikbaar aan alle deelnemers en word prestasie by die Per Kapita ingewerk.
● Omkeertyd is ±2 (twee) dae
6.4 Die Logix vorm kan afgetrek word by www.studbook.co.za kliek op Logix om te registreer.
6.5 Data kan aan [email protected] gestuur word.
6.6 Geboortekennisgewings moet binne 90 dae direk aan SA Stamboek gestuur word. Die ouderdom van die
eerste en oudste lam op die geboortekennisgewing mag nie 90 dae oorskry nie.
7. IDENTIFIKASIE EN TATOEËRING VAN SKAPE
Korrekte identifikasie en veral tatoeëring is van groot belang; indien foute hier insluip, skep dit probleme vir telers
asook die Genootskap. Volg dus asseblief die ondergenoemde metode noukeurig –
7.1 Bring oorplaatjies vir identifikasie net na geboorte van die lammers in die linkeroor aan. Permanente
tatoeëring word voor die ouderdom van ses maande in die regteroor aangebring.
7.2 Metode van tatoeëring:
7.2.1 Maak die regteroor deeglik met brandspiritus/Savlon/Detol skoon.
7.2.2 Die kuddekenmerkletter bv. EPL word in die onderste gedeelte van die regteroor getatoeëer.
7.2.3 ʼn Verkorte weergawe van die jaartal en volgnommer soos verskyn in paragraaf 6.1, word in die
middelste gedeelte van die skaap se regteroor getatoeëer nl.
Die eerste lam in 2016 gebore, word getatoeëer 16001 en
Die tweede lam word 16002 getatoeëer ens.
Met ander woorde, die laaste twee syfers van die jaartal waarin die lam gebore is, word met die
reeksnommer gevolg. Identifikasie soos omskryf in 7.2.2 en 7.2.3 sal lees EPL 16001. (SOOS PER
GRONDWET – VERORDENINGE 3.4)
7.2.4 Dit is belangrik om eers die tang op papier te toets voordat fisiese tatoeëring aangebring word ten
einde te kontroleer dat die letters en syfers korrek is.
7.2.5 Hou kop van skaap vas en druk tang stewig in oor vas sodat die tattoeëerpenne die oor volledig
penetreer.
7.2.6 Vryf tatoeërink deeglik in met tandeborsel.
7.2.7 Ontsmet die tang na elke dier wat getatoeëer is.
Voorbeeld
8
7.3 Bg. Prosedure word ook t.o.v. Aanhangsel diere gevolg. (Sien paragraaf 30)
7.4 Lammers wat soog en saam met ooie verkoop word, moet verkieslik getatoeëer wees.
7.5 Ontsteekte ore moet eers genees alvorens tatoeëring gedoen word.
7.6 Diere moet binne 6 maande na geboorte getatoeëer word.
7.7 Diere wat vir ʼn skou ingeskryf is en in die ouderdoms groep 6 tot 9 maande skou moet ten minste 2 maande
voor skou getatoeëer wees en so ook alle ander diere in ander ouderdomsgroepe. Dieselfde reël geld vir ʼn
veilings. Geen ongetatoeëerde diere of diere met nat tatoeëring sal in die skou- of veilingsring toegelaat word
nie.
8. HERTATOEËRING PROSEDURE
Dowwe en foutiewe tatoeëring kom van tyd tot tyd in enige stoetery voor. Indien die korrekte prosedure nie gevolg
word nie kan dit onnodige probleme veroorsaak. Volg asseblief die volgende riglyne noukeurig ter voorkoming van
vertragings-
8.1 Dowwe Tatoeëring
8.1.1 Bring die probleem onder die aandag van die Keurder tydens inspeksie.
8.1.2 Die Keurder kan sy diskresie gebruik en indien nodig die betrokke dier of diere hertatoeëer.
8.1.3 Indien ʼn Teler opmerk dat van die tatoeëring van ouer skape verdof of nie maklik leesbaar is nie,
moet onverwyld by die Raad aansoek gedoen word vir hertatoeëring. Geen skaap waarvan die
tatoeëring onleesbaar is, kan as geregistreer beskou word nie.
8.1.4 Na oorweging en goedkeuring deur die Raad sal ʼn Keurder opdrag ontvang om die probleem te
ondersoek en stappe 8.1.1 tot 8.1.2 volg ter afhandeling van die probleem.
8.2 Foutiewe Tatoeëring
8.2.1 Bring die probleem onder die aandag van die Keurder tydens inspeksie.
8.2.2 Die Keurder teken dit aan in sy inspeksieverslag waarna hy ʼn skriftelike aansoek met volle
besonderhede aan die Genootskap stuur.
8.2.3 Na oorweging en goedkeuring deur die Raad reik die Genootskap ʼn reggestelde sertifikaat uit waarop
die foutiewe tatoeëring aangedui word.
8.2.4 Indien die Teler die probleem identifiseer ʼn geruime tyd voor inspeksie word die prosedure gevolg
soos by 8.1.4 waarna die Genootskap stappe sal neem ter afhandeling daarvan.
9. OORDRAGTE
Oordrag is die proses waar diere oorgedra word van die naam van een teler (verkoper) na dié van ʼn ander teler (koper).
Vertraging in die uitvoering hiervan skep baie probleme met registrasie, maar indien die volgende stappe nougeset
gevolg word behoort geen vertraging voor te kom nie –
9.1 Oordragte moet die Genootskap binne dertig dae na die veiling of verkooptransaksie bereik.
9.2 Voorsien volle besonderhede van die koper nl. Naam, lidnommer, adres, datum van oordrag ens. in die epos
of brief aan die Genootskap. Indien die koper nie ‘n lid van die genootskap is nie, los die spasie van die
lidnommer blanko.
9.3 Alle skape wat oorgedra moet word se kuddekenmerk letters en nommers moet in dieselfde skrywe soos in
9.2 deurgegee word.
9.4 Opdrag word aan Stamboek gegee om die oordrag aan te teken en word die sertifikate deur Stamboek aan die
nuwe eienaar gestuur.
9.5 Vir doeleindes van bemarking sal dit waardeer word as die name en adresse van kommersiële kopers aan die
kantoor deurgegee word soos bv. aankoop van kudde ramme.
9
10. KANSELLASIES
Kansellasies is een van die basiese aspekte van rekordhouding in ʼn stoetery. Die vroegtydige aanmelding van ʼn dier
wat gekanselleer is vermy frustrasies en vertraging ten opsigte van administrasie van ʼn stoet.
10.1 Stuur kuddekenmerk en nommer van diere wat gekanselleer moet word binne 30 dae na kansellasie aan SA
Stamboek.
10.2 Diere wat gekanselleer word is diere wat gevrek het of gesteel is, of afgekeur is of om die een of ander rede
nie meer in die stoet gebruik word nie.
11. SERTIFIKATE
ʼn Fooi soos van tyd tot tyd bepaal, is betaalbaar vir sertifikate wat aangevra word.
12. HERINSTELLING IN DIE KUDDEBOEK
12.1 Indien die registrasie van ʼn dier foutiewelik gekanselleer is deur die eienaar, kan aansoek gedoen word om
herinstelling in die kuddeboek.
12.2 Skriftelike aansoek moet deur die eienaar wie die dier oorspronklik gekanselleer het, gedoen word.
12.3 ʼn Herinstellingsfooi is betaalbaar soos van tyd tot tyd bepaal.
13. INVOERE \ UITVOERE
Invoere van diere en semen is in totaliteit verbied a.g.v. Johnes en skrapie. Uitvoer van diere en embrio’s wissel van
tyd tot tyd.
14. LISENSIEËRING VAN RAMME
14.1 Skriftelike aansoek om lisensiëring van ʼn ram word deur die Teler aan die Raad gerig met die volgende
besonderhede ingesluit –
14.1.1 Gegewens m.b.t. die ram soos verskyn op die registrasiesertifikaat.
14.1.2 Prestasie gegewens van voorgeslag, die ram self en nageslag soos weerspieël in prestasietoetsdata,
fekunditeit, aanpasbaarheid, groeivermoë, ens.
14.1.3 Prestasie behaal deur voorgeslag, die ram self en nageslag op skoue, veilings, ens.
14.1.4 Enige verdere gegewens ter inligting en motivering van die aansoek, bv. Blupwaardes.
14.2 Na oorweging van gegewens en motivering, gemeet teen die minimum standaarde vir lisensiëring van ramme
keur die Raad die aansoek goed of af.
14.3 Indien die aansoek goedgekeur word, word die aanbeveling deur die Raad met besonderhede aan Taurus
gestuur wat dan die aansoek om lisensiëring verder hanteer en indien lisensiëring verkry word by die
Registrateur van Veeverbetering tref Taurus die nodige verdere reëlings met die Teler.
14.4 Vir verdere besonderhede, sien Prestasiestandaarde in paragraaf 28.
15. OORDRAG VAN SEMEN
15.1 Aansoek kan by die Genootskap gedoen word vir ʼn permit vir oordrag van semen t.o.v. ingevoerde semen en
semen van gelisensieerde ramme, wat deur die Registrateur van Veeverbetering uitgereik word.
16. DELEGERING VAN MAGTE
16.1 ʼn Teler mag aan ʼn ander persoon magtiging verleen om namens hom/haar die rekords van sy kudde te hanteer.
10
16.2 Magtiging deur die Teler word skriftelik aan die Genootskap verskaf met volle inligting t.o.v. die betrokke
persoon aan wie magtiging verleen word.
16.3 Deelname aan nominasie en stemreg is uitgesluit.
17. UITGEBREIDE STAMBOME
Uitgebreide stambome van enige geregistreerde skaap is op aanvraag by SA Stamboek verkrygbaar, teen ʼn fooi soos
van tyd tot tyd bepaal.
18. KEURING VIR REGISTRASIE VAN DIERE BINNE DIE ILE DE FRANCE
RASSTANDAARDE
18.1 Die keuring van diere vir registrasie word waargeneem deur gekwalifiseerde Ras-keurders. Keuring is ʼn groot
koste faktor vir enige Genootskap en dit is dus noodsaaklik om op die volgende punte te let, wat onnodige reis
en verblyf sal uitskakel en vir beide die keurder en teler die minimum vertraging sal veroorsaak.
18.2 Keuring word ingevolge die beginsel van funksionele doeltreffendheid, soos omskryf in die Ile de France
Rasstandaarde, uitgevoer.
18.3 Telers moet self met keurders reël vir inspeksie en onderlinge reëlings t.o.v. vergoeding met die keurder tref.
18.4 Alle ongekeurde skape moet aangebied word; ramme vanaf ouderdom 8 – 36 maande en ooie vanaf
ouderdom 8 – 36 maande. DIE KEURING MOET GESKIED VOLGENS DIE GRONDWET.
18.5 Alle lammers gebore binne ʼn seisoen moet gelyktydig vir keuring aangebied word. U kan ook skriftelik
aansoek doen by die Genootskap vir die keuring van afsonderlike ramme en ooie.
18.6 Diere moet getatoeëer wees alvorens hulle vir keuring aangebied word.
18.7 Bied goedgekeurde basis ooie se ooilammers aan vir keuring as Aanhangsel A ooie. Goedgekeurde ooie sal
by Stamboek geregistreer word waarvoor sertifikate deur Stamboek uitgereik sal word. (Sien paragraaf 31)
18.8 ʼn Wollengte van 10 tot 35 mm word verkies tydens keuring.
Die aanbevole gewigte vir verskillende ouderdomme is as volg –
OUDERDOM
RAMME
OOIE
Geboorte
3-5 kg
3-5 kg
3 maande
30 kg
26 kg
6 maande
45 kg
40 kg
9 maande
60 kg
50 kg
12 maande
75 kg
55 kg
18 maande
90 kg
60 kg
Volwasse
100 kg
65 kg
18.9 Sien asseblief toe dat die volgende op die dag van keuring beskikbaar en gereed is –
18.9.1 Korrekte en volledig voltooide inspeksieverslag wat op LOGIX afgelaai kan word.
18.9.2 Prestasiedata, wat ʼn voorvereiste vir keuring is, sal op die inspeksie verslag van SA Stamboek
verskyn.
18.9.3 Hanteringsfasiliteite, arbeiders en ʼn skaal.
18.10 Die keurder voltooi die inspeksieverslag as volg –
11
18.10.1 Goed- of afgekeurde kolomme
18.10.2 Opmerkings – dowwe tatoeëring, uitstel van keuring a.g.v. minimum gewigte, prul of enige
opmerking waaroor dier afgekeur is. Redes vir uitstel of prul moet aangemeld word.
18.10.3 Die inspeksieverslag word deur die keurder gestempel en onderteken met sy inspekteursnommer.
18.10.4 Die teler is self verantwoordelik vir die reis- en verblyfkoste van die keurder.
18.10.5 Lys van keurders is op die webblad beskikbaar www.iledefrance.co.za
GEEN TELER MAG AS INSPEKTEUR VAN SY EIE DIERE OPTREE NIE.
19. OPSIONELE LINIEÊRE KEURINGSVORM
Bogenoemde wyse van keuring behoort aan telers meer kudde-inligting te voorsien en dit word aan telers oorgelaat om
met die betrokke keurder te reël indien hulle verkies dat hierdie metode van keuring gevolg moet word. Die normale
keuringslyste moet nietemin ingedien word.
20. APPÈL INSPEKSIES
20.1 ʼn Teler het die reg om teen ʼn keurder se beslissing te appelleer. Appèl moet binne 3 maande na inspeksie
aangeteken word.
20.2 Aansoeke moet vergesel wees van ʼn betaling soos van tyd tot tyd bepaal, per dier wat terug betaalbaar is indien
die appèl slaag; indien dit misluk word dit egter verbeur. 21. OPLEIDING
Opleiding in enige vertakking vorm die basis van ʼn stelsel of ʼn bedryf. Die opleidings geleenthede word deur die
Genootskap en klubs vir lede aangebied. Telers word hartlik uitgenooi om aan die kursusse mee te doen wat nie alleen
eie kennis m.b.t. die ras sal uitbrei nie, maar ook ʼn gees van kennis en welwillendheid sal bevorder.
21.1 Keurders
21.1.1 Die kursus kan alleenlik aangebied word deur ʼn paneel soos benoem deur die raad.
21.1.2 Persone kan as volg as keurders kwalifiseer –
21.1.2.1 Kwalifikasie as keurder kan behaal word nadat ʼn Junior keuringskursus suksesvol voltooi is
en minstens 200 skape saam met ʼn gekwalifiseerde keurder gekeur is.
21.1.3 Skriftelike aanbeveling deur die bestaande gekwalifiseerde keurders moet voor die Raad dien vir
goedkeuring en aanneming van die aspirant keurder.
21.1.4 Keurders kan versoek word om keurings uit te voer en sal t.o.v. reis en verblyfkoste vergoed word
soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal.
21.1.5 Die Raad behou hom die reg voor om keurders te benoem op grond van vorige ondervinding.
21.1.6 Koste verbonde aan kursusse sal van tyd tot tyd deur die Raad vasgestel word.
21.2 Junior Beoordelaars
21.2.1 Die bywoning en slaag van ʼn keuringskursus soos genoem in 21.1 is ʼn voorvereiste vir toelating tot
ʼn Junior beoordelaarskursus.
21.2.2 Junior beoordelaarskursusse konsentreer meer op rasstandaarde – die praktiese beoordeling van skape,
volgens die rasstandaarde, etiek in die skouring, ens
21.2.3 Die Jnr. moet 5 (vyf) skoue onder toesig van ‘n Senior Beoordelaar beoordeel.
21.2.4 Die 4de en 5de skou moet die Jnr. op sy eie beoordeel.
21.2.5 Met die 5de skou word die Jnr. beoordeel deur ‘n Senior Beoordelaar/s.
12
21.2.6 Met die 5de skou word die Jnr. deur die Snr. beoordeel om te sien of hy bevoegd is om as Snr. te
kan optree. Wanneer die persoon geslaag het is hy ‘n volwaardige Senior beoordelaar. Indien die
Senior beoordelaar nie tevrede is nie met die persoon se beoordeling nie moet hy addisionele skoue
doen tot hy bevoeg is om as Senior beoordelaar op te tree.
21.2.7 ‘n Junior Beoordelaar moet die Genootskap kontak indien hy belangstel om by ‘n skou te gaan
beoordeel. Die Dagbestuur sal besluit of dit gepas sal wees indien iemand anders van die Juniors,
nie reeds by dieselfde skou gaan beoordeel nie.
21.2.8 Junior beoordelaars kan versoek word om op kleiner skoue te beoordeel.
21.2.9 Junior beoordelaars word van tyd tot tyd versoek om Senior beoordelaars op provinsiale, streeks en
groter skoue te assisteer.
21.2.10 Koste verbonde aan kursusse sal van tyd tot tyd deur die Raad vasgestel word.
21.3 Senior beoordelaars
21.3.1 ʼn Persoon kan as ʼn Senior Beoordelaar kwalifiseer indien hy/sy reeds ʼn Junior beoordelaarskursus
suksesvol voltooi het en op grond van skriftelike aanbevelings van drie Senior beoordelaars onder
wie die persoon beoordeel het op 5 (vyf) verskillende skoue.
21.3.2 Senior Beoordelaars sal na kwalifisering deur die Raad oorweeg word vir aanstelling.
21.3.3 Van Senior beoordelaars word verwag om van tyd tot tyd ʼn opknappingskursus by te woon
soos deur die Raad bepaal en deur die Genootskap aangebied word.
22. FINANSIëLE AANGELEENTHEDE
22.1 Rekeninge
Die lewering en betaling van rekeninge vir dienste gelewer is die lewensaar van enige Genootskap. Telers
word vriendelik versoek om hulself te vergewis van die regulasies m.b.t. gelde verskuldig in die “Aansoekvorm
om Lidmaatskap” sowel as in die “Verordeninge” van die Grondwet van die Genootskap.
22.1.1 Rekeninge word die 15de van elke maand per e-pos versend, indien ‘n teler nie ‘n e-pos het nie word
dit per pos versend.
22.1.2 Bedrae wat ʼn – (minus) vooraan die bedrag het weergee ʼn krediet.
22.1.3 Rekeninge is betaalbaar 30 dae na staat en rente van 2 % per maand word gehef op agterstallige
rekeninge.
22.1.4 Kontak die Debiteure onverwyld, indien enige foute op u rekening voorkom sodat dit so spoedig
moontlik reggestel kan word by tel: 051-410 0962.
22.1.5 Dit is belangrik om daarop te let dat indien sperdatums soos bv. by terugsending van kuddelyste,
kennisgewing van geboorte ens. nie nagekom word nie die Genootskap die nodige strafmaatreëls
sal toepas.
22.1.6 In die geval waar ʼn lid bedank, word sodanige lid nog verantwoordelik gehou vir uitstaande bedrae
wat op sy rekening verskyn soos verwys in die Grondwet.
22.1.7 Na 90 dae sal ‘n teler ʼn skrywe asook rekening vanaf die Genootskap ontvang.
Na 120 dae sal teler oorhandig word en dienste by Stamboek en die Genootskap sal opgeskort
word. (Geen diere sal oorgedra word na ʼn ander teler indien rekening nie ten volle vereffen
is nie).
22.2 Kuddelyste (Per Kapitas)
Kuddelyste, wat aantoon hoeveel en watter diere in elke teler se besit is, word jaarliks deur die Stamboek
gelewer. Telers word weereens daarop gewys dat dit belangrik is dat u gedurende die jaar enige veranderinge
in u kudde onverwyld aan die Genootskap rapporteer. Deur spoedig te reageer met geboortes, oordragte,
vrektes ens. word baie onaangenaamhede by die vordering van rekeninge uitgeskakel. Fooie word deur
Stamboek en die Genootskap gehef vir diere wat op die lyste voorkom en u vriendelike samewerking m.b.t.
die volgende aspekte word versoek -
13
22.2.1 Die lys word jaarliks einde April aan u versend tesame met ʼn vorm wat die volgende aantoon-
22.2.1.1 die aantal diere waarop ʼn Genootskap dierefooi betaalbaar is;
22.2.1.2 die Genootskap ledegeld betaalbaar
22.2.2 Kansellasie en oordragte is die onus van die teler en moet die Genootskap voor of op 31 Mei van elke
jaar bereik by gebreke waaraan u aanspreeklik sal wees vir betaling van die dierefooi op sodanige
diere.
22.2.3 Alleenlik foute deur die Genootskap sal vir krediet in aanmerking kom.
22.3 SA Stamboek fooie
Telers ontvang op 1 Julie van elke jaar ʼn rekening van SA Stamboek vir –
22.3.1 Deelnemersfooi
22.3.2 Direkte Handelingsfooie
22.3.3 Kuddelyste fooi (Per Kapitas), bereken op alle lewendige skape in ʼn teler se besit (dagoud tot
stokoud). Dit is die teler se verantwoordelikheid om kansellasies in te dien voordat heffing van
toepassing word.
23. LOGIX
Die doel van die Logix gebruikerskoppelvlak is om aan die verskillende gebruikers 'n gebruikersvriendelike
deurgang tot die betrokke databasisse te bied en om hulle behoeftes ten opsigte van spesifieke inligting
en data-uitruiling aan te spreek deur funksionele program roetines en skerms wat saamgebind word deur ‘n stel
toepaslike keuse-skerms. Telers kan registreer op Stamboek se webblad en op LOGIX kliek en die vorm daar af te
trek. Verwys ook na punt 6.2
24. SEKRETARIëLE DIENSTE EN DIE KOSTE DAARAAN VERBONDE
Die Sekretariaat het dit ten doel om in die eerste plek dienste van hoogstaande gehalte te lewer en om telers by die
Genootskap-kantoor te verwelkom en tuis te laat voel. Die koste word in berekening gebring elke jaar met status quo
soos die daarop volgende Algemene Jaarvergadering.
Kostes word op die volgende basis bereken –
ʼn Jaarlikse ledegeld per lid
Intreefooi
ʼn Jaarlikse fooi per dier dag oud en ouer
Bemarking
Bogemelde fooistruktuur sluit die volgende in –
● Alle administrasie
● Die reël en bywoning van vergaderings, agendas opstel, notules neem en die verwerking en uitstuur
daarvan.
● Die administrasie van en reëlings t.o.v. Nasionale veilings en Nasionale skoue; ontvangs en nagaan
van inskrywingsvorms; ontvangs van inskrywingsfooie; hulp met promosiemateriaal en joernale.
● Die gebruik van beskikbare toerusting en infrastruktuur
● Drie gratis vergaderings per jaar, indien in die Stamboek raadsaal gehou en addisionele vergaderings
teen ʼn vasgestelde bedrag per dag. Indien ʼn vergadering weg van Bloemfontein gehou word, sal die
Genootskap verantwoordelik wees vir reis- en verblyfkoste.
● Hantering van alle navrae
Onderstaande Stamboekfooie is nie hierby ingesluit nie –
● Deelnemersfooi
● Direkte handeling
● Per kapita
14
● Sluit in:
Geboortekennisgewings; registrasie en sertifikate; kansellasies; oordragte; keuringsadministrasie; kuddelyste;
Stamboomsertifikate; Uitvoersertifikate; addisionele inligting of duplikate teen ʼn nominale fooi
Die gerieflike ligging van die Sekretariaat binne die Stamboek-gebou is ʼn verdere voordeel en die
Stamboekfooi sluit toegang tot Logix in met die volgende gepaardgaande voordele vir Genootskappe en hul
lede –
● Internasionale erkenning deur ICAR.
● Direkte volledige 24 uur toegang tot ʼn ras se data op Genootskapvlak maar ook op telersvlak d.m.v. rekenaar.
Nie alleen sal ʼn Genootskap dus deur ʼn gewone tafelrekenaar direkte toegang tot al sy ras se data kan hê nie
(asook die ingeboude faktuurstelsel) asof al die verwerkings in sy kantoor gedoen word, maar sal ʼn teler direk
kan inskakel op sy eie data en dus in sy kantoor kan sit en alle navrae ens. direk van die stelsel kan doen vir
slegs sy eie lynkoste.
● Navrae by ʼn Genootskap word dus makliker, vinniger en goedkoper beantwoord.
● Die Genootskap kan verwerkte data direk aftrek en verwerkings doen; tendense bepaal en dus beter inligting
en leiding aan telers gee.
Bogenoemde is slegs ʼn paar voorbeelde van kostebesparende eienskappe van die sisteem.
15
TELING
25. RASKENMERKE EN EIENSKAPPE VAN DIE ILE DE FRANCE
25.1 Inleiding
Die Ile de France is ʼn poenskop, witwol vleisskaap wat bekend is vir sy diep, breed, goed gevleesde
en gebalanseerde liggaamsbou.
Sy uitstaande spierontwikkeling en bogemiddelde lamkarkas gradering, sowel as sy hoë vrugbaarheid maak
die Ile de France die ideale skaap vir slaglamproduksie.
25.2 Herkoms van die Ile de France
Hierdie mooi skaap het sy ontstaan teen omstreeks 1833 in Frankryk gehad, toe ramme van Bakewell se
beroemde Dishley Leicester-kudde gekruis is met Spaanse Merino’s, afstammelinge van die koninklike kudde
wat in 1786 in Rambouillet gestig is. Ten einde die wol te verbeter is die Mauchamp Merino bygevoeg. Die
laaste vreemde bloed was in 1920 toe Contentin ramme gebruik was. Vanaf 1920 word geen verdere kruisteling
toegelaat nie en word seleksie toegepas en voortgesit binne die bestaande skaap populasie.
In 1922 word die Ile de France Genootskap gestig en in 1933 word ʼn eie prestasie aantekeningskema
tot stand gebring.
Wyle dr. FN Bonsma, voormalige direkteur van die Navorsinginstituut vir Vee en Suiwelkunde te Irene wat
grootliks verantwoordelik was vir die eerste invoere van geregistreerde diere na Suid-Afrika, het die Ile de
France Kuddeboekgenootskap beskou as een van die meer vooruitstrewende skaaptelers-organisasies.
Teelprogramme word gebaseer op die ekonomies belangrike eienskappe wat die winsgewendheid
van produksie en veral vrugbaarheid en groeitempo beïnvloed. Die Ile de France het derhalwe wyd
bekendheid verwerf , “as die ras wat geneties ver gevorderd is”, en is oor die jare uitgevoer na ongeveer 30
lande.
25.3 Ile de France in Suid-Afrika
Die tweede groep Ile de France ramme is ingevoer kort na die uitbreek van die tweede wêreldoorlog deur mnre.
Frasers Beperk van Wepener met die oog op kruisteling met Merino-ooie. Uit hierdie kruisings is 33 ooie aan
die Navorsingsinstituut in Pretoria geskenk waar hul uitnemendheid ten opsigte van teelseisoensduur,
lampersentasie, melkproduksie, aanpasbaarheid by ongunstige klimaatstoestande en oorlewingsfaktore
bevestig is. As gevolg van na-oorlogse toestande kon die eerste Ile de France skape eers weer in 1972 en 1973
ingevoer word. Hierna het verskeie invoere gevolg en tesame met die uitstekende aanpasbaarheid en
aanteelvermoë is hier in 1987 reeds ongeveer 20,000 geregistreerde ooie in Suid-Afrika. ʼn Ile de France
skaaptelersgenootskap is reeds in 1980 gestig en bestaan nou uit ongeveer 100 telers.
Om die wetenskaplike teling wat in Frankryk begin is, voort te sit, is prestasietoetsing vanaf 1 Januarie 1987
ook in Suid-Afrika verpligtend vir alle Ile de France stoettelers. Daar is ook reeds 3 Ile de France klubs gestig, dat nuwe telers met raad bystaan deur boeredae te reël en ook
reklame vir die ras doen.
25.4 Ile de France Ras doelwitte
Soos die geval by meeste ander ondernemings, het die Ile de France Genootskap ook sekere doelwitte
daargestel, nl.: om te strewe na doeltreffende vleisproduksie binne ʼn gegewe omgewing gemeet as maksimum
opbrengs kwaliteit vleis (d.w.s., totale massa lam geproduseer per laktasie) per eenheid van metaboliese massa
van die teelooi tesame met wol van ʼn aanvaarbare gehalte wat ook bydra tot die totale netto inkomste.
Hierdie doelwitte word nagestreef en kan bereik word deur te selekteer vir-
a) doeltreffende ooi produktiwiteit, d.w.s. vrugbaarheid (ouderdom by geslagsrypheid, konsepsievermoë en
lamintervalle); fekunditeit (hoeveelheid lammers gebore per lamming) en moedereienskappe (aantal
lammers gespeen en melkproduksie).
b) verbeterde lamgroei om ʼn verhoogde karkasgewig en kwaliteit daar te stel.
25.5 Die Ile de France seleksiestelsel
Die Ile de France-ras is uniek in die sin dat dit een van die min rasse is wat beskik oor sy eie wetenskaplike
geformuleerde seleksiestelsel, geformuleer vir die optimale bereiking van bogemelde ekonomiese doelwitte.
25.6 Raseienskappe en kenmerke
25.6.1 Bouvorm
Dit is ʼn poenskop witwol vleisskaap sonder gekleurde vesel met die volgende bouvormeienskappe:
16
25.6.1.1 Diepte
25.6.1.2 Goed bespierd
25.6.1.3 Goeie breedte en lengte
25.6.1.4 Gebalanseerde liggaamsbou
25.6.2 Produksie-eienskappe
25.6.2.1 Geboortemassa
Onder normale voedingstoestande is lammers klein met geboorte (ongeveer 4 kg) en
lamprobleme kom baie selde voor. Die lewenskragtigheid van pasgebore lammers is
opmerklik en voeg hierby die uitstekende moedereienskappe van die Ile de France ooi.
25.6.2.2 Groeisnelheid
Die Ile de France lam het die vermoë om geweldig vinnig massa te vermeerder. Onder
goeie voedingstoestande word massa op 42 dae tussen 19 en 22 kg en op 100 dae van tussen
34 – 41 kg maklik behaal. Vandaar die gewildheid van die Ile de France en Ile de France
kruislam. Dit stel die slaglamprodusent in staat om reeds op 100 dae lammers te bemark en
sodoende kan meer ooie op dieselfde weiding aangehou word.
25.6.2.3 Karkas eienskappe
Resultate behaal in die Nasionale Slaglamkarkas kompetisie het onteenseglik die uitstaande
karkaseienskappe van die Ile de France bewys.
Kenmerkend is:
25.6.2.3.1 Afwesigheid van oormatige vet
25.6.2.3.2 Uitstaande spierkwaliteit
25.6.2.3.3 Groot persentasie goeie snitte
25.6.2.4 Geslagsrypheid
Goed uitgegroeide ooilammers kan reeds op vroeë ouderdom ʼn massa van 50 kg bereik en
is dan gereed vir paring. Hierdie vroeë geslagrypheid maak dit moontlik om gouer te
selekteer, ouer diere te vervang en jong onproduktiewe vervangingsdiere ʼn korter tyd in die
kudde te hou.
25.6.2.5 Paring
Die Ile de France se vermoë om “buite seisoen” te teel maak dit moontlik om elke
7 – 8 maande te laat lam wat in die praktyk 1,3 dragtighede per ooi per jaar beteken.
25.6.2.6 Vrugbaarheid
Ooie beskik oor ʼn uitstekende meerling vermoë en lampersentasie van 150 tot 170 % kom
in kuddes voor. Waar die stelsel van drie lamseisoene in twee jaar toegepas word, is ʼn
lampersentasie van 220% geen uitsondering nie. Vrugbaarheid van die ooi word eerder
beïnvloed deur haar ouderdom en kondisie as deur die lamseisoen. Ramme kan reeds vanaf
10 maande gebruik word as hulle voldoende uitgegroei het. Ile de France ramme is aktiewe
werkers.
25.6.2.7 Melkvloei en Moedereienskappe
Ooie het besonder baie melk en maak twee- en drielinge met gemak groot. Kenmerkend is
die uitstaande moedereienskappe van die Ile de France ooi.
25.6.2.8 Lewensduurte
Ooie produseer op ʼn ouderdom van 9 -10 jaar nog uitstekend as hulle goeie voeding ontvang.
Sprekend is die geval van ʼn ooi van 11 jaar met ʼn produksie van 29 lammers.
25.6.2.9 Aanpasbaarheid
Ile de France is reeds in meer as 30 lande regoor die wêreld gevestig. Die ras is bekend vir
sy uitstekende prestasies onder intensiewe, semi-intensiewe en ekstensiewe toestande.
17
25.6.2.10 Woleienskappe
Die Ile de France produseer ʼn wit wol sonder gekleurde vesel en is redelik sterk. Twaalf
maande vagte van ooie weeg 3 – 4,5 kg en dié van ramme 5 – 6 kg met ʼn stapellengte van
tussen 80 en 90 mm. Eerste kruise met Merino-ooie lewer ʼn uitstekende medium wol.
25.6.2.11 Kruisings
Die Ile de France besit ʼn sterk erfdwang en die ramme dra hul uitstaande bouvorm,
spierontwikkeling en vinnige groei baie sterk oor op hul nageslag. Hierdie eienskappe maak
die Ile de France ram baie gewild vir die produksie van slaglammers en lewer ʼn groot
bydrae tot kwaliteit vleis- iets wat die verbruiker meer en meer op aandring. Ile de France
kruisooie is geweldig sterk in aanvraag omrede hulle hoë vrugbaarheid, goeie
melkproduksie en uitstaande moedereienskappe.
25.6.2.12 Genootskap
Die Ile de France Skaaptelersgenootskap, gesetel in Bloemfontein, word ondersteun deur
Klubs versprei oor die land. Goed opgeleide keurders behartig keuring vir funksionele
doeltreffendheid en verseker dat hoë rasstandaarde gehandhaaf word. Voornemende
telers en kommersiële slaglamprodusente word vriendelik uitgenooi om meer
besonderhede te bekom by:
ILE DE FRANCE SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN S.A.
Posbus 3776, Bloemfontein, 9300
Tel: (051) 410 0953 \ Faks: 086 664 5317
26. ILE DE FRANCE RASSTANDAARDE
As ʼn Witwol vleisskaap besit die Ile de France die voortreflike eienskappe van ʼn groot, diep, breed, goed gevleesde en
gebalanseerde liggaamsbou. Die Ile de France is poenskop en het ʼn wit wolvag sonder gekleurde vesels.
Onderstaande foto’s van die ideale Ile de France ram en ooi dien as illustrasie.
18
BOUVORM 80%
KOP
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
BEK
Sterk & breed met goed
ontwikkelde kake
Spits bek
Misvormde bekke soos lang of kort
onderkake of skewe bekke Oë
Groot, helder & lewendig
Dooierige uitdrukking en
uitpeul oë
Ingevoude ooglede
ORE
Groot, breed & wakker
Dun-, klein- & hangore
Genetiese afwykings
HORINGS
Poenskop
Los horings by ramme
Vaste horings by ramme en
prominente horingknoppe of los
horings by ooie BEDEKKING
Die kop & ore moet bedek wees
met sagte wit hare. Wol moet net
tot die hoogte van die oogbanke
gaan en moet ʼn goed afgeronde
kuif vorm
Wol wat effens laer in gesig
afkom en effense kaal
koppe; die voorkoms van ʼn
bietjie rooi en pienk velkleur
op ore en om oë en kemp op
kop
Wolgesig nl. oordrewe wol aan wange
en wol wat te laag afkom op die neus.
Waar wol in die gesig van lammers
voorkom is daar ʼn moontlikheid dat
die wol sal verdwyn wanneer die lam
groter word. Oormaat rooi en pienk
op kaal ore of om oë ALGEMENE
VOORKOMS
Die kop moet in balans wees met
res van liggaam. Heel vroulike
koop by ooie en manlike kop by
ramme
Ongebalanseerde koppe in
verhouding met res van
liggaam. Vroulike koppe by
ramme en te fyn of growwe
koppe by ooie
NEK
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
Nekke moet sterk, breed & kompak wees maar nie te
kort nie. Die nek moet goed aansluit by die kop,
skouers en bors
Klein plooitjies
(voutjies) aan
nek
Groot plooie (kraagplooie) wat rondom nek gaan
asook lang, dun nekke, gedraaide-, stywe- en
“U” nekke
VOORKWART
Goed gebalanseerd in verhouding met res van liggaam
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
BORS
Breed, diep & prominent tussen
voorbene. By ooie minder
ontwikkel as by ramme
Smal en\of ondiep bors
SKOF &
SKOUERS
Breed, goed gevleesd, gelyk met
rug en goed aangeheg by
middelstuk
Effens ongevleesd en smal
skouers asook opgetrekte
voorkwart
Oormatige los of skerp skouers,
geknyp agter skouers “duiwelsgreep”
MIDDELSTUK
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
RUG
Reguit, breed, sterk en van
middelmatige lengte
Te kort, krom of hol rug
LENDE
Lank, breed, reguit, gelyk met
rug en kruis en goed gevleesd
Te smal of ongevleesde lende
RIBBES &
FLANKE
Goeie sprong van ribbes met
goeie aansluiting by voor- en
agterkwarte. Diep & vol flanke
Opgetrekte agterlyf of lies
19
AGTERKWART
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
AGTERKWART
Breë en egalige aansluiting by
middelstuk en deurgaans goed
gevleesd
Agterkwart hoër as
voorkwart by volwasse
skape
KRUIS
Reguit met goeie lengte en breed
oor die heupe
Oormatige hang-kruis, dakkige kruis,
spits- en smal kruis HEUPE &
DRAAIBENE
Goed geplaas en gevleesd maar
nie oormatig nie
BOUDE
Die buite-, binne- en agter-dye
moet goed gevleesd wees soos ʼn
omgekeerde vlak “U”-vorm
Swak gevleesde boude wat te hoog
opsny tussen agterbene
STERTWORTEL
Stewig aangeheg aan kruis en
effens laer as kruis
BENE EN KLOUE
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
Moet sterk, relatief regop en reghoekig
onder liggaam geplaas wees met ʼn
gemiddelde lengte en dikte van been.
Kloue sterk en goed gevorm.
(Gekleurde kloue nie ongewens nie)
Kote kort en sterk
Lang dun bene; effense bak agterbene
en effense “X”-voorbene
Nou stand van voor of agterbene.
Koeihakkigheid, sekelvormige hakke of
te regop hakke by agterbene; “X”-
vormigheid by voorbene. Te lank, te
kort of te fyn bene. Swak kootgewrigte
(deurtrap). Te wyd gesplete kloue en
lang, uitgegroeide voor- of agterkloue.
Swart of bruin spikkels aan hare en wol
van bene (“sandy legs”)
PIGMENT
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
Ligte pienk vel oor die hele liggaam met
bruin of swart ooglede en ooghare.
Klein swart en\of bruin kolle op vel;
rondom bek, neusgate, oë, uier of
teelsak en onder stert is toelaatbaar
Klein kolle (kleiner as 3 cm) van swart-
en bruin haarvesels rondom oë, ooglede,
neusgate en aan ore. Geen pigment om
oog
Enige gekleurde wolvesels of groot
kolle van swart of bruin haarvesels in
gesig weg van bek, oë, ooglede,
neusgate en nog groter kolle (groter as 3
cm) aan ore. Swart of bruin spikkels aan
hare of wol van bene
GESLAGSORGANE
IDEAAL
ONGEWENS
FOUTIEF
TEELBALLE
Albei moet van normale
grootte en ewe groot wees.
Teelballe moet stewig en nie
pap wees nie
Buitengewoon klein balle;
afwesigheid van balle of een
normale bal en ander bal
kleiner. Verhardings aan
teelballe en\of stringe
TEELSAK
Goed aangeheg, gelykvormig
en van normale grootte
Te laag hangend of te klein.
Erg gesplete sak, meer as 5
cm UIER
Goed gevormde uier met
spene van normale grootte
Te klein of te groot en
hangende uier. Te groot of te
klein spene
Afwesigheid van een of albei
spene. Net een
funksionerende helfte of
totaal bedorwe uier
20
LIGGAAMSMASSA Wenslike minimum massa in kilogram. Indien die massas nie by die eerste keuring behaal word nie sal keuring uitgestel
word. Indien die minimum massas by die tweede keuring nog nie behaal is nie sal die dier\e afgekeur word.
(Sien Riglyne vir Seleksie)
LIGGAAMSMASSA (RIGLYN)
Ouderdom
Ramme
Ooie
Geboorte
3-5 kg
3-5 kg
3 mnde
30 kg
26 kg
6 mnde
45 kg
40 kg
9 mnde
60 kg
50kg
12 mnde
75 kg
55 kg
18 mnde
90 kg
60 kg
Volwasse
100 kg
65 kg
WOLEIENSKAPPE 20%
FYNHEID
KWALITEIT
ONGEWENS
FOUTIEF
ALGEMENE
VOORKOMS
Die fynheid is oor die
algemeen ʼn medium
wol met ʼn spintelling
van 60’s tot 70’s (20
tot 27 mikron). Verder
is die wol ten opsigte
van kwaliteit, lengte,
vesel-dikte en digtheid
so eweredig moontlik
oor die hele skaap
Sover moontlik
duidelik, egalige
kartels met ʼn sagte
aanvoeling sonder
vreemde haarvesels
en\of kemp
Onegalige kartels,
reguit vesels, harde
hantering en die
aanwesigheid van
vreemde vesels
Growwe en\of harde
hare in die broek
PENS EN PUNTE
IDEAAL
TOELAATBAAR
ONGEWENS
Die wol op pens en punte moet goeie
lengte, kwaliteit, digtheid,
stapelformasie en kleur toon, veral by
jong diere
By ouer diere (veral ooie) swak of kaal
pense
Kaal bene net onderkant die onderlyn.
Kaal kop, pens en bene by jong diere
(ongewisseld). Afwykings in ras-
standaarde wat as foutief aangedui
word, word as prulfoute beskou
21
HAKKE - HOCKS
KOOTGEWRIG - PASTERNS
AGTERBENE – HIND LEGS
VOORBENE – FRONT LEGS
22
KRUIS - RUMP
23
24
27. PRODUKSIE-AANTEKENINGE
"Prestasiemeting gaan die gemene deler wees van daardie rasse wat suksesvol in die toekoms gaan wees...." "As die fokus van 'n genootskap net op visuele seleksie is en die waarde van die wetenskap ontken, het daardie ras eenvoudig nie 'n toekoms in 'n internasionale veebedryf wat elke dag verder ontwikkel nie" (Albert Loubser, Veeplaas, Augustus 2016)
BASIESE BEGRIPPE VIR DEELNAME AAN DIE PRODUKSIE-AANTEKENINGE
INLEIDING:
Enige stoetteeltbedryf is afhanklik van ’n gesonde winsgewende kommersiële bedryf. Hierdie bedryf verkoop produkte terwyl
die stoetteeltbedryf teeldiere verkoop. Dit kan dus maklik gebeur dat die stoetteler so gefokus raak op die teel van die ideale
dier dat hy fokus verloor op die produkte wat die ideale dier moet produseer. Ons lewe in ‘n dinamiese wêreld en die reëls wat
vir vandag geld is nie noodwendig môre nog geldig nie. Dit is vir hierdie rede dat ‘n teler, en by implikasie ook ‘n ras, dinamies
moet wees om vir hierdie veranderings voorsiening te maak. Die stoetteler moet homself vra of hy jaarliks meer produktiewe
diere aan sy kliënte (kudde boere) lewer en of sy diere meer doeltreffender benutters van die natuurlike hulpbron as die van sy
mede telers is of nie.
Indien bogenoemde vir ‘n teler belangrik is, moet hy eienskappe soos reproduksie, groei en oorlewing doelbewus jaarliks in sy
kudde verbeter deur die diere wat geneties meerderwaardig is vir hierdie eienskappe, akkurate identifiseer en te gebruik. Dit
kan hy alleen doen deur akkurate rekords te hou, die rekords te verwerk, die resultate korrek te interpreteer en TE GEBRUIK.
Die PRODUKSIE AANTEKENINGE by S.A. Stamboek (Logix Kleinvee) is so ontwerp dat daar met ’n minimum
rekordhouding maksimum inligting gegenereer word. Verder maak die stelsel voorsiening vir verskillende vlakke van
rekordhouding. Hoe meer rekords ingesamel word, hoe meer inligting word gegenereer. Die stelsel inkorporeer ook reproduksie,
groei, oorlewing, gehalte en tipe op ‘n holistiese wyse sodat die inligting as geheel gebruik kan word. Die doel van die stelsel is
dus om meer effektiewe produserende diere te identifiseer. Om dit te kan doen moet daar egter sekere minimum vereistes wees
sodat die rekords wat ingesamel is van waarde kan wees.
DOELWIT: Meting is nie ’n verkoopsfoefie nie. Gebruik dit om eers u eie diere te verbeter die res sal volg.
IDENTIFIKASIESTELSEL
‘n Dier kry gewoonlik met geboorte ‘n identifikasienommer. Dit is uiters belangrik dat die dier hierdie nommer vir die res
van sy lewe sal behou. Oneindig baie verwarring word geskep indien ‘n dier se nommer oor sy/haar lewe verander. Die minimum
standaard wat deur Suid Afrika en deur alle veerasse gebruik word bestaan uit die volgende: Deelnemernommer (die stoet
nommer wat deur S.A. Stamboek toegeken word), Jaar van geboorte (die laaste twee syfers van die jaar waarin die dier gebore
is) en Volgnommer (‘n 3 karakter syfer wat die numeriese nommer van die dier aantoon
‘n Dier wat in stoet ABC gedurende 2016 gebore is se nommer op sy oorplaatjie is byvoorbeeld ABC 16 001.
Groot verwarring kom voor as daar ramme van verskillende telers gebruik word. In baie gevalle het so ‘n ram nie ‘n nommer nie
maar wel ‘n naam. Dit gebeur egter dikwels dat daar verskillende ramme is met dieselfde naam. Om hierdie ramme korrek te
identifiseer moet elke ram volgens die standaard metode genommer word en moeite gedoen word om die regte nommer te kry.
VERGELYK APPELS MET APPELS (KONTEMPORêRE GROEPE)
Inligting wat ingesamel is, kan alleenlik gebruik word indien die data vergelykbaar en korrek is en aan basiese vereistes voldoen.
FUNDAMENTELE FEIT:
FENOTIPIESE VOORKOMS = GENETIESE SAMESTELLING + OMGEWINGS-INVLOEDE
Die beginsel is dus dat die verskille wat tussen diere waargeneem word, ‘n funksie is van die gene wat hulle self van hulle ouers
ontvang het asook die omgewing waarin hulle blootgestel was. Dit is slegs die gene wat ‘n dier het wat oorgedra word na hulle
nageslag. Omrede ons belangstel in die dier se waarde as ‘n ouer, probeer ons om sy moontlike teelwaarde te voorspel (of hoe
sy gene kombinasie sy produksie beïnvloed). Met tipe kyk ons na die dier self en aanvaar dat dit hoe hy lyk ‘n gevolg is van sy
gene kombinasie en aanvaar dan dat hy dit na sy nageslag sal oorgedra.
25
FUNDAMENTELE VEREISTE:
SLEGS DIERE WAT DIESELFDE BEHANDELING ONTVANG HET KAN T.O.V. PRODUKSIE-EIENSKAPPE
MET MEKAAR VERGELYK WORD.
Ons noem diere wat dieselfde behandeling ontvang het en waarvan daar rekords geneem is ‘n KONTEMPORêRE GROEP.
Slegs die TELER kan hierdie groepe reg definieer deur aan te dui watter diere dieselfde behandeling ontvang het. Dit is verder
logies dat as dit nie reg aangedui word nie enige vergelyking van teelwaardes van spesifieke eienskap tussen diere dan nie sinvol
is nie.
‘n Kontemporêre groep vir reproduksie en speen data is byvoorbeeld alle ooie wat binne 2 maande (60dae) gelam het. Daar word
aanvaar dat die omgewing redelik dieselfde was toe die ooie gepaar is en dat die omgewing nie ‘n invloed gehad het of ‘n ooi
beset raak of nie. Daar word ook aanvaar dat die veldtoestande vir die eerste lam en laaste lam wat gebore is tot en met speen
min of meer dieselfde was. U kan dus sien dat as die periode langer as 2 maande raak hierdie aannames nie meer geldig is nie.
Dit is dus belangrik om aan te dui in watter seisoen (groep) die ooie gelam het.
Waak daarteen om kontemporêre groepe (of behandelingsgroepe binne ‘n kontemporêre groep) te klein te maak. Die
reël is, so groot as moontlik en nie minder as 5 diere van dieselfde geslag en geboorte status nie. Die diere in ‘n
kontemporêre groep moet ook die nageslag van ten minste 2 ramme wees en verkieslik met 15 en meer nageslag per ram.
Indien kontemporêre groepe of behandelings groepe nie akkuraat aangedui is nie, is die res van alle data wat ingesamel is nie
veel werd nie en kon die meting net so wel nie geneem word nie. Geen data is beter as verkeerde data.
BEKENDE OMGEWINGSFAKTORE
Daar is verskillende bekende omgewingsfaktore wat ‘n invloed op produksie kan uitoefen. Om die effekte van hierdie faktore
uit die weg te ruim word daar gewoonlik korreksies vir hierdie faktore aangebring. Hierdie effekte sluit die volgende in,
naamlik:
Ouderdom van die dier met meting (hoe jonger die dier hoe groter is hierdie effek en verdwyn gewoonlik om en by ‘n
jaar en ouer ouderdom)
Geslag (hoe ouer die diere word hoe groter word die verskille tussen geslagte)
Geboorte status (gewoonlik is tweelinge ligter as eenlinge)
Ouderdom van die moeder (Die nageslag van tweetand-ooie presteer normaalweg swakker as die van ouer ooie)
In die PRODUKSIE AANTEKENING word eienskappe vir alle bekende omgewingseffekte gekorrigeer. Indien hierdie effekte
nie aangeteken word en ook nie ingestuur word nie, sal die akkuraatheid van die resultate swakker wees.
GEEN DATA IS BETER AS ONAKKURATE DATA. AKKURAATHEID IS DUS ONONDERHANDELBAAR
VERKEERDE INLIGTING SAL U LATER INHAAL.
HOE NEEM EK DEEL?
Kontak S.A. Stamboek tel: (051) 4100 900 Marietjie Delport
Gewigte word geneem op verskillende stadiums en ingestuur aan [email protected]
Voorspeen gewigte 25-79 dae
Speen gewig 80-149 dae
Na-speense gewig 150-364
Volwasse gewig ouer as 365 dae.
SELEKSIE VIR REPRODUKSIE
Groot verskille kom in die reproduksie-prestasie van ooie wat dieselfde behandeling ontvang het voor. Alhoewel hierdie eienskap
laag oorerflik is, is daar baie fenotipiese variasie wat benut kan word en is dit bewys dat 1-2% genetiese vordering per jaar wel
moontlik is. Seleksie vir reproduksie het die volgende voordele:
o Verhoog die inkomste van die huidige kudde
o Verhoog die inkomste (doeltreffendheid) van die toekomstige kudde
o Sorg dat produksie binne optimum grense, wat deur die omgewing gestel is, bly
o Seleksie-maatstaf vir aanpasbaarheid en gehardheid
In die kleinvee produksie aantekening stelsel (Logix kleinvee) word daar vir reproduksie geselekteer deur die totale gewig
lammers gespeen per ooi per produktiewe jaar te bereken. Hierdie maatstaf neem nie alleen die hoeveelheid lammers in ag
nie maar ook die gehalte van die lammers.
26
Vir reproduksiedata moet daar aangeteken word watter ooie het watter lammers gehad. Indien ‘n ooi by die ram was maar nie
gelam het nie, moet dit ook aangeteken word. Indien ’n ooi ‘n dooie lam gehad het moet dit aangeteken word. Verder moet alle
lammers met speen ouderdom geweeg word en die speen datum aangeteken word. Hierdie gewig word gebruik om die totale
gewig lammers gespeen te bereken. Hierdie data word gestoor en oor jare bymekaar getel. ‘n Ooi se reproduksie resultate word
dus jaarliks opdateer.
Min ekstra rekordhouding is nodig en die speen data word ook weer gebruik om groei syfers te bereken.
SELEKSIE VIR GROEI
Die waarde van seleksie vir groei is dat lammers/lammers gouer markklaar is en dus gouer vanaf die plaas verwyder kan word.
Hierdie beginsel het weer ’n effek op die ooi getalle en uiteindelik op winsgewendheid. Groei snelheid onder natuurlike
omstandighede is ook ‘’n indirekte aanduiding van aanpasbaarheid.
Probleem met seleksie vir groei kan lei tot :
Hoër geboorte gewigte – moontlike lam probleme
Hoër volwasse gewigte - benodig meer kos.
Alhoewel speengewig ‘’n goeie aanduiding van groei is, is ‘’n addisionele gewig op ongeveer 8-10 maande (na-speense groei)
ouderdom nodig om akkuraat vir groei te selekteer.
BLUP TEELTWAARDES
Met die ontwikkeling van BLUP het die groot probleem van verskillende omgewings waarin diere gemeet is, nie meer bestaan
nie. Dit het veroorsaak dat diere nou nie meer in die dieselfde omgewing hoef groot gemaak te word om direk met mekaar
vergelyk te kan word nie. Verder het dit ook meegebring dat die beskikbare variasie in die hele ras gebruik kan word om vinniger
die gestelde doelwitte te bereik.
BLUP se belangrike voordele is die volgende:
Diere kan oor omgewings met mekaar vergelyk word. Dit is veral handig as ouer en jonger ramme met mekaar vergelyk
moet word. Verder is die hele variasie in die ras as geheel beskikbaar en hoef seleksie nie net tot die groep beperk te
word nie.
Daar kan gesien word wat die effek van seleksie was. Dit kan dus beskou word as ‘n genetiese “oudit” van die kudde.
Verder kan hierdie verandering ook teenoor die ras as geheel evalueer word. Hierdie is tans die beste beskikbare metode
om die sogenaamde genetiese “benchmark” van ‘n kudde te bepaal. Dit opsigself vergemaklik weer die uitsoek van
ramme vir gebruik.
Dit is ‘n meer akkurate metode van seleksie omrede ‘n dier se eie prestasie asook die van sy verwantes in ag geneem
word.
Vereistes vir BLUP:
Akkurate meting vorm die hoeksteun van BLUP. Dit is dus belangrik dat die reëls vir meting soos hierbo genoem
toegepas moet word.
Aantekening van ouerskap is noodsaaklik.
Daar moet genetiese koppeling tussen omgewings wees. Dit beteken dat meer as een ram gebruik moet word en dat
verkieslik 2 ramme met 25 en meer gemete nageslag in twee verskillende stoeterye gebruik word.
Dieselfde data (gewigte op min of meer dieselfde ouderdom geneem) moet vir alle stoeterye gestoor word.
SAMEVATTING:
Meting van sekere produksie-eienskappe en die gebruik van die inligting tydens seleksie is belangrik om doeltreffende
produseerders te identifiseer. Net soos skewe bekke of baie swak hakke prulfoute is, net so is swak groei tot op speen en swak
reproduksie prulfoute. Net soos daar beskuldigings is dat sommige telers net na syfers kyk, is daar ook telers wat net na die
“mooiheid” kyk. Nie een is korrek nie. Die uitdaging is om die mooiheid met die nodige produksie te ondersteun en sodoende te
verseker dat die dier en ras as geheel in balans met die beskikbare omgewing bly.
27
28. DIE ILE DE FRANCE SELEKSIE STELSEL
Inleiding
Dat daar wel ʼn behoefte vir ʼn seleksiestelsel bestaan is gewis en reeds duidelik geïdentifiseer.
Die verlede het bewys dat eenstemmigheid oor die toepassing en aard van ʼn seleksiestelsel die praktiese toepasbaarheid
daarvan kortwiek.
Weens die belang van ʼn weldeurdagte en wetenskaplik gefundeerde stelsel het die Raad besluit om die hulp van
kundiges op die gebied in te roep vir die daarstelling van :
Voorwoord – (Dr. Q Campbell
Insake seleksie en prestasietoetsing
Een van die groot probleme in diereteelt is dat alle telers nie dieselfde doelwitte nastreef nie. Trouens dit is dikwels
opmerklik dat in een ras telers redelik wyd uiteenlopende idees het omtrent hoe die ideale skaap moet lyk en presteer.
In ʼn land soos Suid-Afrika met sy wyd uiteenlopende klimaatstoestande word hierdie variasie ten opsigte van
teeldoelwitte by telers nog meer. Dit is voor die hand liggend dat diere wat onder ekstensiewe toestande aangehou word
moet in staat wees om goed te kan loop en redelike lang afstande af te lê, op soek na weiding en water. Diere wat by
ekstensiewe toestande aanpas is dus langer van been en moet goeie kloue, bene en sterk tande en bekke besit. Diere
wat onder intensiewe toestande aangehou word, loop nie so baie nie en weiding is ook meer volop. Sulke skape is
korter van been en groei vinniger as skape wat onder ekstensiewe toestande aangehou word.
Intensief geteelde skape moet sterk bene, kote en rûe besit want lammers sit op ʼn jong ouderdom baie gewig aan en die
skaap se bene, kote en rug word dus aan heelwat stres onderwerp.
Die Ile de France seleksiestelsel is ontwerp om ʼn mate van eenvormigheid ten opsigte van teeldoelwitte sowel as
seleksiemetodes te verkry.
Mnr. Danie Bosman van die Vleisbeesprestasietoetsskema haal Lord Kelvin aan en skryf: “When you can measure what
you are speaking about and express it in numbers you know something about it. But when you cannot express it in
numbers your knowledge is of a meagre and unsatisfactory kind.”
Om doeltreffend vir ekonomies belangrike eienskappe soos voor en na-speen massatoename soel as vrugbaarheid te
selekteer moet prestasietoetsing toegepas word. In Frankryk word Ile de France ramme sowel as ooie intensief prestasie
getoets.
Navorsers van die N.I.V.S., Irene het te Loskop-Suid bevind dat groot raam-koeie laer vrugbaar en minder doeltreffend
is as medium tot klein raam koeie. Na my mening moet daar selfs by die Ile de France ras nie vir uitermate groot
vroulike diere geselekteer word nie.
Die gebruik van die Kleiber*** formule om doeltreffendheid van voeromsetting te bepaal word ook aanbeveel. Dit sal
verhoed dat deurgaans vir groter raamwerk ramme en uiteindelik ooie geselekteer word.
Die grootte van die ooikudde was en is nog ʼn belangrike maar soms aanvegbare aspek van stoetteling. Algemeen
gesproke kan daar min of geen teelt vordering gemaak word wanneer ʼn ooikudde te klein, bv 30 teelooie of minder, is
nie.
Om die probleem van klein kuddes te oorkom is begin met kernkuddes by verskillende bees en skaaprasse. In die geval
van ʼn kernkudde verskaf ʼn aantal telers van hulle beste vroulike diere om ʼn kudde van meerderwaardige genetiese
materiaal daar te stel. Uit so ʼn prestasiegetoetste kernkudde kan telers dan weer uitstaande teel materiaal, dit wil sê
beide ramme en ooie verkry om hulle eie kuddes vinniger te verbeter. In Nieu-Seeland het kernkuddes baie bygedra tot
die verbetering in produktiwiteit van die nasionale skaapkudde.
Ile de France telers kan ook gerus die spreekwoord onthou: “If you can build a better mousetrap the world will beat
a path to your door.”
***Kleiber se wet – vernoem na Max Kleiber se biologiese navorsing in die vroeë 1930s.
28.3 OPSOMMING VAN BYDRAES VAN KUNDIGES:
28.3.1 Die seleksie stelsel moet opsioneel wees en as riglyn dien met die uitsondering van 42 of 100 dae
indekse wat verpligtend is.
28.3.2 Kompetisie en die vryemarkstelsel behoort op aanmoediging van die Raad te geskied.
28
Die teler behoort –
28.3.2.1 Sy eie mark te selekteer
28.3.2.2 Binne die doelwit en missie van die Genootskap te bly.
28.3.2.3 Behoeftes vir en van verskillende omgewings te erken.
28.3.2.4 Die geleentheid te benut om diere vir ʼn spesifieke doel te teel binne die raamwerk daargestel deur die
rasstandaarde.
28.3.2.5 ʼn Positiewe seleksiestelsel te hê - nie ʼn negatiewe uitskotsisteem nie. Selekteer positief deur
identifikasie van beste diere as norm en tesame met die meer realistiese pryse tans vir teeldiere,
sal die teler gedwing word om minder goeie diere uit te skot.
28.3.3 Belangrikheid van maksimum geboortemassa, verdien aandag in die toekoms.
28.3.4 Belangrikheid van skrotum omvang.
28.3.5 Versigtig te wees vir oordrewe stellings ter beskrywing van die ras.
28.3.6 Baie belangrik – Die meet van ooi produksie doeltreffendheid.
28.3.7 Kommer is uitgespreek oor die hoeveelheid klein kuddes onder 30 ooie – Hulle bydrae t.o.v.:-
a. Genetiese vordering van die ras
b. Finansiële lewensvatbaarheid vir die Genootskap.
28.3.8 Wol behoort gemeet te word.
28.3.9 120% Fekunditeit – hierdie aspek het baie reaksie ontlok – nie as voldoende beskou nie.
28.3.10 Ooie se massa is nie ʼn aanduiding van aanpasbaarheid nie – eerder reproduksie.
28.3.11 Die belangrikheid van melkproduksie.
28.3.12 Die belangrikheid van oorvoeding van veral jong ooie.
KOMMENTAAR VAN DIE RAAD
Ons dank en waardering gaan eerstens uit aan die paneel van kundiges vir hulle uitsonderlike bydrae tot die voorgestelde
seleksiestelsel.
Baie tyd en moeite is ingesit ter die daarstelling van die seleksiestelsel en die hoop word uitgespreek, dat telers wat die
stelsel toepas op die regte pad sal wees ter verbetering en bevordering van die uitstaande kenmerke van die Ile de France.
Hoe word ʼn seleksiestelsel geformuleer? Die volgende punte in volgorde van belangrikheid was aangewend om die stelsel daar te stel:-
28.4.1 Teeldoelwitte is gedefinieer bv. watter eienskappe moet verbeter word om verhoogde inkomste te verseker.
28.4.2 Keuse van seleksie kriteria bv. Hoe meet ons diere vir bogenoemde.
28.4.3 Die organisasie van ʼn prestasietoets aantekening stelsel om bogenoemde 28.4.1 en 28.4.2 te inkorporeer.
28.4.4 Optimale gebruik van geselekteerde diere bv. die implementering van ʼn eenvoudige maar ekonomiese
georiënteerde stelsel, toepasbaar vir die meeste telers waarin diere van uitstaande gehalte geselekteer en
geïdentifiseer word en nie seleksie toe te pas as negatiewe uitskot sisteem nie.
Bogenoemde punte, tesame met positiewe bydrae van telers, en hulp van die Produksie aantekeninge, asook
die nodige aanpassings kan die daarstelling van ʼn aanvaarbare en suksesvolle verpligtende stelsel tot
verwesenliking bring.
Weging is en bly van kardinale belang in enige skaaptelingsstelsel en aspekte waarby weging betrokke is in
die voorgestelde stelsel, word hoog aanbeveel. Prestasietoetsing is reeds vanaf 1 Januarie 1987 ook in Suid-
29
Afrika verpligtend vir alle Ile de France stoettelers.
Wat van belang is, is die feit dat dit ʼn begin is en ons doen ʼn beroep op telers om positief en getrou die
seleksiestelsel in hulle teel beleid toe te pas ter verkryging van meer gegewens en informasie, wat die stelsel
in
die toekoms iets unieks sal maak tot voordeel van die ras.
Dit is ook belangrik om te onthou dat beide stoet en kommersiële skape gesamentlik bydra tot die groei van
die ras, d.w.s. om die ras se doelwitte te bepaal nl., die verbetering van diere in terme van produksie gemaklike
grootmaak van lammers (moedereienskappe), aanvaarbaarheid vir die omgewing waarin hulle moet presteer
tesame met kommersiële wins. Prestasie toetsing is dus van kardinale belang.
28.5 SELEKSIESTELSEL DOELWITTE
28.5.1 Doeltreffende vleisproduksie binne ʼn gegewe omgewing, gemeet as maksimum opbrengs kwaliteit
vleis (d.w.s. totale massa lam geproduseer per laktasie) per eenheid van metaboliese massa van die
teelooi tesame met wol van ʼn aanvaarbare kwaliteit wat ook bydra tot die totale netto inkomste.
28.5.2 Bogenoemde doelwitte kan nagestreef en bereik word deur te selekteer vir:-
27.5.2.1 Doeltreffende ooi produktiwiteit – vrugbaarheid, fekunditeit en moedereienskappe.
27.5.2.2 Verbeterde lamgroei om ʼn verhoogde karkasgewig en kwaliteit daar te stel.
28.5.3 DEUR DIE HANDHAWING VAN AFSONDERLIKE UITSKOTVLAKKE VIR:
28.5.2.3.1 Toepassing van rasstandaarde d.m.v. keuring tussen 8 en 36 maande ouderdom.
(Sien Punt 26).
28.5.2.3.2 Reproduktiewe vermoë in beide ramme en teelooie.
28.5.2.3.3 Aanvaarbare wol kwaliteit veral by stoetramme (Sien Aanhangsel J)
28.5.4 BESKRYWING VAN BOGENOEMDE TERME
27.5.4.1 Totale netto inkomste:
Bepaal deur inkomste ontvang van lam (vleis) en wol geproduseer met die minste voer en
ander insette daarvan afgetrek.
28.5.4.2 Massa van lam: (Opbrengs van vleis)
Totale massa van alle lammers grootgemaak tot op speenouderdom, gemeet op ʼn
gekorrigeerde speenmassa nl.
1. 42 dae oud (30-69) en op
2. 100 dae oud (70-130)
28.5.4.3 Karkas kwaliteit:
ʼn Karkas met goeie bespiering, ʼn lae vet inhoud en goeie konformasie, bemarkbaar op ʼn
jong ouderdom met ʼn lewendige massa van 34 – 42 kg (Die belangrikheid van
melkproduksie).
28.5.4.4 Wol kwaliteit:
ʼn Medium wit wol met die afwesigheid van vreemde haarvesels en/of kemp en growwe en/of
harde haargroei.
28.6 OPSOMMING VAN SELEKSIE PROSEDURE
Die aantekening van die volgende metings word hoogs aanbeveel -
28.6.1 100 DAE MASSA VAN ALLE LAMMERS:
28.6.1.1 Ter vasstelling van massa en bemarkbaarheid by spening vir die informasie van ramkopers
en
28.6.1.2 Die vassteling van ooi produktiwiteit (totale massa lam gespeen) in elke laktasie. (42 dae
massameting kan ook hier toegepas word – sien Aanhangsel E).
28.6.2 VIR RAMLAMMERS:
28.6.2.1 Ses maande massa meting of amptelike Fase D toetsing (d.w.s. naspeense groei), asook
aantekening van skrotum omvang, toetsing van semen en dekbehendigheid op ʼn geskikte
tyd.
30
28.6.3 Massa van ooi aan einde van elke laktasie om meting (Aanhangsel D) ooi produksie
doeltreffendheid te bepaal.
Die aantekening van die volgende metings word aanbeveel –
28.6.4 Geboortemassa van alle lammers
28.6.5 Ooilammers – massa met eerste paring d.w.s. Fase B
28.6.6 Vir potensiële stoetramme – die neem van wolmonsters op 8 – 9 maande ouderdom ter
bepaling van spintelling en voorkoms van kemp.
Indien die rekords standaard is in elke kudde, sal alle ramlammers oor die volgende bruikbare
inligting beskik voor ʼn ouderdom van 10 maande wat as seleksienorme aangewend kan word en die
gebruik van ramme op die ouderdom die generasie interval sal verkort:-
● Produksie doeltreffendheid indeks van moer
● Geboortestatus en geboortemassa
● 100 Dae massa en indeks (42 dae opsioneel)
● 6 Maande of Fase D massa en indeks
● Wol-evaluasie, spesifiek spintelling en voorkoms van kemp
● Omvang van skrotum, vrugbaarheid sertifikaat en dekbehendigheid.
● Inspeksieverslag
Meer nog afhangend van haar ouderdom
● Haar liggaamsmassa en indeks by eerste paring (Fase B)
● Haar eie produksie doeltreffendheidsindeks en besonderhede oor haar reproduksie prestasie.
31
RAMME
HOOGS AANBEVEEL
1
42 dae massa meting verpligtend (30 – 70)
Aanhangsel F
100 Massa meting verpligtend (70 – 130 dae) om totale massa lam
geproduseer per ooi per laktasie te meet (by speen)
Uitskotvlak – Indeks laer as 80
2
Naspeen groeitoetse om lamgroei te meet
Aanhangsel G
3
Rasstandaarde by keuring tussen 8 en 36 maande
Paragraaf 26
RAMME
AANBEVEEL
1
Geboortemassa
Aanhangsel I
2
Wolmonsters by keuring
Aanhangsel J
3
Skrotumomvang by keuring
Aanhangsel K
4
Semenproduksie, semenkwaliteit en dekbehendigheid van ram
OOIE
HOOGS AANBEVEEL
1 42 dae massa meting verpligtend (30 – 70)
Aanhangsel E
100 dae massameting verpligtend (71-130 dae) om totale massa lam
geproduseer per ooi per laktasie te meet (by speen)
Aanhangsel F
Uitskotvlak – Indeks laer as 80
2
Ooimassa by speen om ooidoeltreffendheid te meet
Aanhangsel E
Uitskotvlak – Ooi doeltreffendheidsindeks moet hoër as 80 wees
per ouderdomsgroep gemeet oor 2 tot 3 laktasies
3
Rasstandaarde by keuring tussen 6 en 24 maande
Paragraaf 26
4
Lam voor 24 – 30 maande ouderdom (INT 18-24 mnde)
5
Laminterval nie langer as 24 maande (INT 12-18 mnde) en\of nie na
twee paarseisoene beset raak nie
32
29. PRESTASIE GEGEWENS VIR DIE IDENTIFISERING VAN ‘N KI RAM
VERPLIGTEND / AANBEVEEL
GEGEWENS
RAM
VIR KI
SY LAMMERS
RAM
OOI
1
GEBOORTEMASSA
2
MOEDER MELKTOETS: (42 dae massa d.w.s. weeg lam voor 70 dae en
verkieslik tussen 28 en 32 dae
3
VOORSPEEN GROEITOETS: (100 dae massa d.w.s. weeg lam tussen
71 en 130 dae en verkieslik weeg van lam by speen voor 130 dae.
4
Weeg van moeder by speen om ooidoeltreffendheidsindeks te bepaal
d.w.s. totale massa lam geproduseer nl. Massas in 2 hierbo gedeel deur die
ooi se metaboliese massa (sien tabel)
5
NASPEEN GROEITOETS
* Fase D toetsing d.w.s. 60 dae toets met 14 dae aanpassingsperiode. ʼn
Aanvanklike liniêre meting word gedoen
* Fase C Toetsing
6
WOLTOETS - Na Fase D toetsing; ten minste 6 mnde wol
7
NA 12 MAANDE OUDERDOM
7.1
RASSTANDAARDE BY KEURING – konformasiepunte soos op Liniêre
Klassifikasie
7.2
SKROTUM OMVANG
7.3
SEMENPRODUKSIE – Semen kwaliteit en dekbehendigheid van ram
8.
BLUP ONTLEDING
VEREISTES T.O.V. MOEDER
1
Ooidoeltreffendheidsindeks oor 2 – 3 laktasies behoort hoër as 80 te wees
2
Melktoets – gem. indeks van lammers behoort meer as 100 te wees
3
Voorspeen groei indeks van lammers behoort meer as 100 te wees
4
Ooi moes gelam het voor 24 mnde
5
Ooi nie beset na twee paarseisoene nie
6
Ten minste 1 stel meerlinge binne 3 opeenvolgende lammings handhaaf
33
OOI DOELTREFFENDHEIDS INDEKS
Telers kan self die formule toepas deur die onderstaande tabel te gebruik nl. Ooie met lewendige massa van 90 kg elk geproduseer
totale lam (aangepaste 100 dae massa) van 100 kg en 80 kg respektiewelik op speen se doeltreffendheid syfer is 3.42 en 3.74
respektiewelik.
TABEL
Ooi produktiwiteit (= Massa lam grootgemaak)
Produksie doeltreffendheid van ooie =
(Sien Aanhangsel E) Metaboliese massa van ooi (=W0,75)
Ooi se Lewendige
Speen- metaboliese Totale massa van lammers grootgemaak (kg)
massa 0.75
W W 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
50kg 18.8kg 0.53 1.06 1.60 2.13 2.66 3.19 3.72 4.25 4.79 5.32
60kg 21.6kg 0.46 0.93 1.39 1.85 2.31 2.78 3.24 3.70 4.17 4.63
70kg 24.3kg 0.41 0.83 1.24 1.65 2.07 2.48 2.89 3.31 3.72 4.13
80kg 25.7kg 0.37 0.75 1.12 1.50 1.87 2.25 2.62 3.00 3.37 3.75
90kg 29.2kg 0.34 0.68 1.03 1.37 1.71 2.05 2.40 2.74 3.08 3.42
100kg 31.5kg 0.32 0.63 0.95 1.27 1.58 1.90 2.22 2.53 2.86 3.16
110kg 34.0kg 0.29 0.59 0.88 1.88 1.47 1.76 2.06 2.35 2.65 2.94
120kg 36.3kg 0.28 0.55 0.83 1.10 1.38 1.65 1.93 2.20 2.48 2.75
130kg 38.5kg 0.26 0.52 0.76 1.04 1.30 1.56 1.82 2.08 2.34 2.60
140kg 40.7kg 0.25 0.49 0.74 0.98 1.23 1.47 1.72 1.97 2.21 2.46
Verhoogde produktiwiteit is baie maal nou gekoppel aan verhoogde liggaamsmassa en sodoende kan seleksie slegs vir verhoogde
produktiwiteit lei tot groter ooigrootte.
34
35
30. LINIêRE METING VAN RAM
Huidige metings wat inpas by die huidige Fase D behoeftes en onmiddellik van krag is nl.
EIENSKAP CM
+
Gemid.
-
1
HOOGTE (Skof bopunt tot grond)
85
2
DIEPTE (Hartomvang agter voorbene)
130
3
LENGTE (Skouerbeen tot sitbeen)
90
4
BREEDTE (reguit lyn tussen skouerknoppe)
38
TOEKOMSTIGE LINIÊRE METINGS T.O.V. POTENSIëLE KI RAMME
BESKRYWING
CM
+
±
-
1
KOPBREEDTE (Spasie tussen ore)
17
2
KOP LENGTE (tussen horingknop en neus)
26
3
BEKOMVANG (kort kop; dik neus)
33
4
NEK LENGTE (tussen horingknop en
skouerknop)
32
5
HOOGTE (skof bopunt tot grond)
85
6
BREë VOORKWART (skouerbeen tot
skouerbeen – reguit lyn)
38
7
DIEPTE (hartomvang)
130
8
LENGTE (skouerbeen tot sitbeen)
90
9
TOTALE LENGTE (van neuspunt tot anus)
126
10
BEEN\VLEIS VERHOUDING (skenkel omvang
teenaan lyf)
30
11
STERK BENE – voorbeen omvang
Agter been omvang
Onder knie
14
15
12
AGTERKWART BREEDTE (draaier tot
draaier)
38
13
LENGTE VAN KRUIS (Kommentaar; nie
gemeet)
27
14
DIEPTE VAN BOUD (Kommentaar)
34
15
DIKTE VAN BOUD (Kommentaar)
18
16
NEK OMVANG
60
36
37
31. OPGRADERING VAN AANHANGSEL-OOIE
WITWOLOOI X GEREGISTREERDE IDF RAM 50%
BASIS
VROULIKE NAGESLAG VAN BASISOOI X GEREGISTREERDE IDF
RAM
76%
HULPSTAMBOEK A
VROULIKE NAGESLAG VAN HULPSTAMBOEK A OOI X
GEREGISTREERDE IDF RAM
87,5
%
HULPSTAMBOEK B
VROULIKE NAGESLAG VAN HULPSTAMBOEK B OOI X
GEREGISTREERDE IDF RAM
100%
VOLGEREGISTREERD
NB – ‘n Aanhangsel B ram kan nie aangebied word as ‘n STOETDIER NIE
38
BEMARKING
32. SKOUE (Sien Aanhangsel “M”)
a. Nasionale Kampioenskap skoue word twee jaarliks aangebied.
b. Die plek word twee jaar vooraf deur die AJV bepaal.
c. Drie beoordelaars word deur die Raad t.o.v. Nasionale Kampioenskap skoue benoem.
d. Streeks kampioenskap skoue word jaarliks aangebied en deur die betrokke Klub georganiseer.
e. Twee beoordelaars word t.o.v. sodanige streeks kampioenskap skoue benoem en wel deur die
betrokke klub waarna die benoeming na die Raad vir goedkeuring verwys word.
f. Indien verlang kan die Raad egter ook beoordelaars vir sodanige skoue benoem.
g. Die Paneel van Senior en Junior beoordelaars word hierby ingesluit.
32.1 SKOU-ETIEK 31.1.1 Die deelname aan en mededinging van lede by skoue ten einde hulle teling met mekaar te vergelyk is ’n
gesonde wyse van kompetisie en dit behoort ook as vertoonvenster vir die ras as geheel te dien.
31.1.2 Dit gebeur egter soms dat telers hul persoonlike belange voor opstel wat onaangenaamhede en
ontevredenheid veroorsaak en hierdeur word die ras inderdaad benadeel. ʼn Gesindheid van
welwillendheid en positiewe samewerking is tot voordeel van beide die teler en die Genootskap.
31.1.3 Indien almal van die uitgangspunt uitgaan dat die belange van die ras groter is as dié van die individu
kan ons in hierdie opsig in ʼn aangename gees met mekaar verkeer en die Ile de France-ras sodoende
bevorder.
Onthou, ons hoef nie altyd van mekaar te hou nie, maar ons moet respek hê vir mekaar tot voordeel van ons
gesamentlike doelwit.
32.2 SKOUKLASSE Sien aanhangsel
33. VEILINGS
33.1 Veilings van geregistreerde diere moet onder die beskerming van die Genootskap geskied. Die reël geld vir
Nasionale- sowel as vir Klubveilings. Die Genootskap se betrokkenheid dien as waarmerk dat gegewens soos
ontvang gekontroleer word en so in die katalogus weergee word ter beskerming van beide koper en verkoper.
33.2 Doen asseblief aansoek op die voorgeskrewe aansoekvorm wat op aanvraag by die Genootskap beskikbaar is
en let asseblief noukeurig op die volgende voorwaardes:-
33.2.1 Slegs gekeurde geregistreerde ramme en ooie mag op die Nasionale veiling aangebied word.
.
33.2.2 Graad diere kan wel in die geval van produksie, klub en algehele uitverkopings aangebied word na
afloop van verkoop van geregistreerde diere.
33.2.3 Diere word die dag voor die veiling gekeur vir veilingswaardigheid. Dit geld vir die Nasionale- asook
Klubveilings.
33.2.4 Op produksie-, klub- en amptelike veilings word alleenlik goedgekeurde diere aangebied.
Afgekeurde diere op bogenoemde veilings se registrasie sertifikate word nie gekanselleer nie.
33.2.5 In die geval van algehele uitverkopings kan afgekeurde diere na afloop van die veiling van
goedgekeurde diere aangebied word, maar nie onder die beskerming van die Genootskap nie. Redes
vir afkeuring moet op veiling deur afslaer bekend gemaak word.
Vooraf keuring, uitgesluit die offisiële keuring is toelaatbaar, maar wel vir die teler se eie rekening.
33.2.6 Data wat in die veilingskatalogus gaan verskyn moet die Genootskap 2 (twee) maande voor die veiling,
vir kontrole doeleindes, bereik.
39
33.2.7 ʼn Veiling kan nie as “onder beskerming” geadverteer word alvorens die aansoek deur die Genootskap
aanvaar is nie.
33.2.8 Die teler onderneem om enige gebreke, siektes of te tekortkominge wat nie opsigtelik is en waarvan hy
bewus is, ten tye van keuring, onder die aandag van die amptelike Genootskap keurders te bring.
33.2.9 ʼn Afskrif van die katalogus waarop diere tydens die keuring nagesien is met redes vir afkeuring van diere,
onderteken deur verkoper en beide amptelike keurders, moet aan die Genootskap gestuur word.
33.2.10 ‘n Gedetailleerde lys van diere verkoop, met alle besonderhede verkoper en nuwe eienaar moet die
Genootskap nie later as 30 dae na die veiling bereik nie.
Kommissie betaalbaar aan die Genootskap is as volg:-
Produksie en klubveilings ½ %
Algehele uitverkopings 1 %
Die klub in wie se gebied die veiling plaasgevind het sal sorg dat die kommissie oorbetaal word. In die
geval van ʼn amptelike veiling wat deur die Genootskap aangebied word, sal die afslaers firma die
kommissie aan die Genootskap oorbetaal.
Die Genootskap onderneem om die veiling in voorafgaande publikasies bekend te maak, indien enige, en
ʼn verteenwoordiger van die Genootskap sal die veiling op eie koste bywoon.
33.2.11 Sien Aanhangsel “G” vir voorbeeld van veilingskatalogus en inskrywingsvorm
33.2.12 Die vrugbaarheid sertifikate is verpligtend en mag nie ouer as 1 maand wees nie. Die onus berus by
die teler om te sorg dat die vrugbaarheid sertifikate ingedien word by die keurder. Dit is ‘n voorvereiste
vir alle veilings onder die beskerming van die Genootskap.
40
34. ILE DE FRANCE SKOU PROTOCOL
NASIONALE SKOU ANDER
1 Datum moet aan Raad gestuur word vir bevestiging 3 – 4 mnde voor skou
(Die rede: wanneer ander skoue oorweeg word)
2 2 Beoordelaar (1 Senior beoordelaar) benoem deur die Raad – aanbevelings
van ander beoordelaars Senior of Junior kan gemaak word
3 3 Senior beoordelaars benoem deur die Raad
4 Ringgids moet ‘n junior of buite amptenaar wees wat die prosedure ken
5 President van die Genootskap mag nie by SA’s beoordeel nie
6 Skape moet op 6 – 8 weke voor skou geskeer word – maksimum 3 cm wol,
streng toegepas word
7 Skoue se afsnydatum is normaalweg die dag van skou of andersins die 1ste dag
van die volgende maand. D.w.s. as die skou op 5 Mei plaasvind moet die
bepalende klas datum op 1 Junie begin
8 Skape moet binne hul groepe geskou word, hulle mag jonger maar nie ouer as
die groep wees nie
9 Finale inskrywings moet 4 weke voor skou in wees – skou datum, klas datums
en prosedures asook inskrywingsvorm moet ten minste 2 maande voor die
skou die telers bereik
10 Inskrywingsvorm as volg (standaard deur kantoor uitgestuur) - dier nommer,
geslag, registrasie nommer, geboortedatum, klas nommer en bedrag
11 Dit is nie die kantoor se werk om skape in hul klasse in te deel nie
12 Alle katalogusse sal standaard deur stamboek opgestel word
13 Indien daar diere is wat registrasie probleme het – sal die kantoor die skrywe
aan die betrokke teler rig om uit te sorteer voor finale katalogus
14 Die skou raadslede sal alle dier inskrywings korrigeer- voor katalogus
gepubliseer word
15 Na publisering van katalogus – sal daar geen veranderinge plaasvind nie
16 Groep klasse sal eerste beoordeel word, eers ooie dan ramme – tensy anders
gereël word
17 Daar sal gediskrimineer word teen afwykings soos wat in die rasstandaarde
vervat is
18 Skape onder 12 maande kan nie gewissel wees nie (2 Tand) beoordelaars
skuif outomaties diere wat gewissel het na volgende klas
19 Groot kampioene Junior en reserwe junior en Senior en reserwe senior
kampioene ding mee
20 VET: oorvet skape sal teen gediskrimineer word
21 Alle diere gebore vanaf 2015 moet oor amptelike prestasietoets syfers beskik
om deel te neem aan skou. Geen data wat laat ingestuur is sal aanvaar word
nie.
Die beoordelaars se beslissing is finaal
Geen kommunikasie tussen lede en beoordelaars sal tydens skou plaasvind nie.
41
35. VEILINGS PROTOKOL
NASIONALE VEILING
KLUB
VEILING PRODUKSIE
1 Verplig – onder beskerming van IDF
Genootskap
2 Datum moet aan raad gestuur word vir kennisname
3 Keurders moet deur die Raad aangewys word indien die
veiling onder die beskerming van die Genootskap 2 2 1 of 2
4 Aanbevelings kan gemaak word
5 Skape moet op 6 – 8 weke voor veiling geskeer word –
maksimum 3 cm wol
6 Ramme moet gewissel het (oor 12 maande wees)
7 Finale inskrywings moet die kantoor 4 weke voor die
veiling bereik
8 Inskrywingsvorm – standaard dier nommer, registrasie,
datum gebore en geslag
9 Indien daar dier registrasie probleme moet die kantoor dit
met die betrokke teler uitsorteer
10 Alle katalogusse sal standaard deur Stamboek opgestel
11
Alle diere gebore vanaf 2015 moet oor amptelike
prestasie toetsing data beskik om op die veiling aangebied
te word. Geen data wat laat ingestuur is sal aanvaar word
nie.
12 Na publisering sal daar geen veranderinge op die
katalogus plaasvind nie
13 Telers mag ‘n 2de opinie aanvra indien afkeuring
plaasvind dag voor die veiling
14 Afgekeurde diere mag nie op die veiling verkoop word
15
Afgekeurde diere mag as kudde diere op die veiling
verkoop word indien daar nie ernstige prul foute is nie.
Foute soos kort bek, deurtrap en regop hakke, vaste
horings en gesamentlik bepaal deur die teler en keurders
16 Verpligte kommissie struktuur
1% ½ % ½ %
● Die vrugbaarheid sertifikate is verpligtend. Die onus berus by die teler om te sorg dat die vrugbaarheid
sertifikate ingedien word by die keurder. Die vrugbaarheid sertifikaat mag nie ouer as 1 (een) maand wees
nie. Die sal ‘n voorvereiste wees vir alle veilings onder die beskerming van die Genootskap.
● NB! GEEN VERKOPER VAN DIERE MAG TEENWOORDIG WEES WAAR DIE KEURDERS BESIG
IS OM TE KEUR NIE. DIE KEURDER SE BESLISSING IS FINAAL EN GEEN DISPUUT SAL DAAROOR
GEVOER WORD NIE.
● Ramme met ‘n los nie groeiende horingknoppies, sal toegelaat word.
36. KLUBS
Vir inligting met betrekking tot Klubs, skakel asseblief met die Genootskap se kantoor by 051-4100 953.
42
43
OPSIONELE LINIêRE KEURINGSVORM \ OPTIONAL LINEAR INSPECTION FORM AANHANGSEL “B”
PUNTE TOEKENNING \ POINTS ALLOCATION
UITSTEKEND
EXCELLENT +
UITSTEKEND
EXCELLENT
BAIE GOED
VERY GOOD +
BAIE GOED
VERY GOOD
GOED\GOOD +
GOED\GOOD
AANVAARBAAR
ACCEPTABLE
AFKEUR\CULL
9
8
7
6
5
4
3
3-
ID
GEB.
BORN
KOP
HEAD
NEK
NECK
NEK
AANSL.
NECK
JOIN
SKOF\
SKOUER
HUMP\
SHOULDER
SKOF\R
UG
AANSL.
HUMP
\BACK
JOINT
HOOGTE
HEIGHT
BORS
CHEST
DIEPTE
DEPTH
VOOR-
BENE
FRONT
LEGS
LENDE
LOINS
KRUIS
RUMP
KRUIS
AANSL
RUMP
JOIN.
LENGTE
LENGTH
BINNE-
BOUD
INNER
THIGH
BUITE
BOUD
OUTER
THIGH
AGTE
R
BENE
HIND
LEGS
KOTE &
KLOUE
PAS-
TERNS
&
CLAWS
BOU-
VORM
CON-
FOR-
MA-
TION
PIG-
MEN-
TASIE
PIG-
MEN-
TATIO
N
TES-
TES
ALG.
PUNT\
GEN
POINT
44
AANHANGSEL “C”
S.A. ILE DE FRANCE
Skouklasse/Show Classes
NR CLASS / KLAS RAMS
RAMME
EWES
OOIE
1 6 - 9 months \ maande
2 9 – 12 months \ maande
3 12 - 15 months \ maande
4 15 - 18 months \ maande
JUNIOR CHAMPION \ RESEVE JUNIOR CHAMPION
JUNIOR KAMPIOEN \ RESERWE JUNIOR KAMPIOEN
5 18 - 24 months – ewe must have lambed at least once or be
visibly in lamb
18 - 24 maande – ooi moes een keer gelam het of sigbaar dragtig
wees
6 24 - 36 months – ewe must have lambed at least once and be
visibly in lamb or must have lambed twice
24 - 36 maande – ooi moes een keer gelam het en sigbaar dragtig
wees of reeds twee keer gelam het
7 36 months and older – rules for ewes see Tabel 1
36 maande en ouer – reëls vir ooie sien Tabel 1
SENIOR CHAMPION \ RESERVE CHAMPION
SENIOR KAMPIOEN \ RESERWE KAMPIOEN
GRAND CHAMPION \ RESERVE GRAND CHAMPION
GROOT KAMPIOEN \ RESERWE GROOT KAMPIOEN
GROUP CLASSES / GROEPKLASSE
1 Sire with 2 of his progeny, over 6 months
Vader met 2 van sy nageslag, oor 6 maande
2 Group of 3, progeny of a ram any age\sex
Groep van 3, nageslag van ‘n vaar enige ouderdom\geslag
3 Group of 2, progeny of an ewe any age or sex (Dam need not be
exhibitted)
Groep van 2, nageslag van ‘n ooi enige ouderdom of geslag (Ooi
hoef nie te skou)
4 Group of 3 Ile de France rams, any age and bred by the exhibitor
Groep van 3 Ile de France ramme, enige ouderdom en geteel
deur vertoner
5 Group of 3 Ile de France ewes, any age, bred by one exhibitor
Groep van 3 Ile de France ooie, enige ouderdom en geteel deur
vertoner
SLAUGHTER LAMB COMPETITION / SLAGLAMKOMPETISIE
1 On the hoof \ Op die hoef
2 Slaughtered according to national slaughter lamb competition rules
Geslag ingevolge die reëls van die nasionale slaglamkompetisie
45
WOL: ‘n Maksimum van 3cm of binne 6 – 8 geskeer voor skoudatum
AFSNYDATUM: Normaalweg die dag van skou
NB: Alle diere gebore vanaf 2015 met prestasietoets syfers beskikbaar hê om aan die skou deel te neem.
Geen laat inligting sal aanvaar word nie.
TABEL 1
EWES 36 MONTHS AND OLDER / OOIE 36 MAANDE EN OUER
A
36 - 48
48 - 60
60 - 72
Must have lambed twice and be visibly in lamb or have
lambed 3 times. Moes 2 keer gelam het en sigbaar wees of
3 keer gelam het.
Must have lambed 3 times and be visibly in lamb or have
lambed 4 times. Moes 3 keer gelam het en sigbaar wees of
4 keer gelam het.
Must have lambed 4 times and be visibly in lamb or have
lambed 5 times. Moes 4 keer gelam het en sigbaar dragtig
wees of 5 keer gelam het.
B
Should have had one set of multiples within three
consecutive lambings. Moes een stel meerlinge binne drie
agtereenvolgende lammings gehad het.
C Must have lambed prior to 24 months of age.
Moes gelam het voor 24 mnde ouderdom.
46
AANHANGSEL “D”
OOI DOELTREFFENDHEID
1. BESKRYWINGS
1.1 OOI PRODUKTIWITEIT:
Bepaal deur vrugbaarheid (ouderdom van geslagsrypheid, konsepsie vermoë en lamintervalle) fekunditeit
(hoeveelheid lammers gebore per lamming); moedereienskappe (aantal lammers gespeen en melkproduksie)
gemeet as totale massa van lam geproduseer deur ooi per laktasie op/of gegewe ouderdom of datum.
+ Vrugbaarheid
Ooi produktiwiteit = + Fekunditeit = Totale massa lam per ooi laktasie
+ Moedereienskap
1.2 OOI DOELTREFFENDHEID
ooiproduktiwiteit
Ooi doeltreffendheid =
Metaboliese massa van ooi by speen (W 0,75)
1.3 METABOLIESE MASSA: W 0,75 [w [huidige massa]tot die mag van 0.75]
Die metaboliese massa van ʼn ooi is haar massa (W gemeet bv. by speen van haar lammers) verhoog tot die
mag van 0.75
Basale of vas metabolisme is hitte of energie wat gebruik word deur die dier vir onderhoud – na ʼn periode
van vas.
Vas energie (hitte) produksie is meer proporsioneel tot oppervlakte van diere as gewig sodoende kan diere
van verskillende grotes, vergelyk word deur dit in verhouding tot hulle oppervlakte uit te druk.
Die meetbaarheid van ʼn dier se oppervlakte is moeilik en as gevolg daarvan is ʼn metode beraam om
oppervlakte van ʼn dier te kan voorspel na aanleiding van sy liggaamsmassa.
Dus – in liggame van dieselfde voorkoms en gelyke oppervlakte is die verhouding ± 2/3 tot die gewig van
die dier.
Bv. Metaboliese massa = W 0,75 (Sien onderstaande tabel)
Die doelwit in elke lamseisoen is om te selekteer vir die maksimum gewig lam groot gemaak tot op 100 dae
per eenheid van ooie se metaboliese massa. (L.W. Alle gewigte van lammers moet aangepas word na
ouderdom op weging). Hierdie ooi doeltreffendheidsnorm som al die ooi se reproduksie maatstawwe op,
asook haar moedereienskappe. Deur die gemiddeld te gebruik van ooie in haar ouderdomsgroep of van alle
ooie in die kudde kan haar doeltreffendheid uitgedruk word as ʼn indeks vir elke laktasie.
Neem asb. kennis van die volgende –
1.3.1 Indien lammers voor 70 dae gespeen word, moet hulle gewig na-speen gemeet word op gemiddeld
100 dae ouderdom. Die gewig bly ʼn voldoende maatstaf van verskille in melkproduksie.
(Sien hieronder – 42 dae meting).
1.3.2 Tot op 100 dae is die verskil in geslag wat gewig betref gewoonlik klein tot die totale massa lam
geproduseer. Rekenaarprogramme behoort lam massas vir die verskille aan te pas terwyl
handuitwerking dit kan ignoreer.
1.3.3 By enige gegewe ouderdom, bv. na die tweede of derde lamming kan die totale produksie van ooie of
die laktasie indeks tot op datum bereken word en aangewend word vir die seleksie van elite ooie of die
uitskot van swak produseerders. Totale produksie tot op datum behoort uitgedruk te word as ʼn
doeltreffendheidsnorm deur gebruik te maak van die mees onlangse speenmassa ter berekening van
die ooi se metaboliese massa in elke geval. Indien ʼn gemiddelde laktasie indeks bereken word, moet
ʼn zero gewig aangeteken word, vir ooie wat geen lam in enige seisoen gespeen het nie.
47
1.4 42 DAE MASSA METING:
42 Dae massameting is verpligtend en telers kan dit aanwend in hulle seleksieprogram.
Die onderstaande tabel kan ook vir 42 dae speen (d.w.s. onder 70 dae) gebruik word.
Telers kan self die formule toepas deur die onderstaande tabel te gebruik nl. Ooie met lewendige massa
van 90 kg elk produseer totale lam (aangepaste 100 dae massa) van 100 kg en 80 kg respektiewelik op
speen se doeltreffendheid syfer is 3.42 en 2.74 respektiewelik.
TABEL:
Massa lammers grootgemaak
Produksie doeltreffendheid van ooie =
W 0.75
Totale massa lammers grootgemaak(kg)
Ooi se Lewendige
Speen- metaboliese
massa massa W
kg
0.75 W
kg
10
20
30
40
50
60
70
80
90
100
50
18,8
0.53
1.06
1.60
2.13
2.66
3.1
3.72
4.26
4.79
5.32
60
21.6
0.46
0.93
1.39
1.85
2.31
2.78
3.24
3.70
4.17
4.63
70
24.2
0.41
0.83
1.24
1.65
2.07
2.48
2.89
3.31
3.72
4.13
80
26.7
0.37
0.75
1.12
1.50
1.87
2.25
2.62
3.00
3.37
3.75
90
29.2
0.34
0.68
1.03
1.37
1.71
2.05
2.40
2.74
3.08
3.42
100
31.6
0.32
0.63
0.95
1.27
1.58
1.90
2.22
2.53
2.85
3.16
110
34.0
0.29
0.59
0.88
1.88
1.47
1.76
2.06
2.35
2.65
2.94
120
36.3
0.28
0.55
0.83
1.10
1.38
1.65
1.93
2.20
2.48
2.75
130
38.5
0.26
0.52
0.78
1.04
1.30
1.56
1.82
2.08
2.34
2.60
140
40.7
0.25
0.49
0.74
0.98
1.23
1.47
1.72
1.97
2.21
2.46
Verhoogde produktiwiteit is baie maal nou gekoppel aan verhoogde liggaamsmassa en sodoende kan
seleksie slegs vir verhoogde produktiwiteit lei tot groter ooie. Deur die toepassing van seleksie
vir ooi doeltreffendheid behoort produktiwiteit te verhoog terwyl verhoging in ooi grootte beperk bly
(Sien onderstaande tabel). Omdat herhaling van ooi produktiwiteit laag is moet die ooi ten minste twee
maar verkieslik drie laktasies gemeet word. Hierdie maatstaf kan bereik word deur die samestelling
van kuddes wat bestaan uit ʼn groot gedeelte jong ooie (1 – 2 jaar oud) onderwerp aan toelating en ouer
(elite) ooie wat aangewend word vir die teel van teeldiere van beide geslagte, veral vervangings ramme.
Die prosedure word hieronder verduidelik. (Sien Aanhangsel L) seleksie van ooilammers.
1.5 HOE WORD INDEKSE BEPAAL Veronderstel 5 ooie se doeltreffendheid syfer is:-
(1) 2,89 (2) 3,37 (3) 1,86 (4) 2,22 en (5) 2,65
Die indekse word as volg bereken:-
2,89
3,37
1,88 = 13.01 = 2.60 d.w.s. gemiddeld is
2,22 5 2,60 vir ʼn 100 indeks
2,65
13,01
(1) 2,89 (2) 3,37 (3) 1,88 (4) 3,22 (5) 2,65
----- ----- ---- ---- -----
2,60 2,60 2,60 2,60 2,60
Indekse =111 =130 =72 =65 =102
48
AANHANGSEL “E”
VERHOOGDE LAMGROEI
Die meerderheid Ile de France lammers beskik oor die vermoë om ʼn bemarkbare slagmassa te bereik binne 100 dae of net daarna
– die lam se 100 dae massa is dus nou gekorreleer met sy bemarkings massa. Vir die kommersiële slaglamprodusent is dit ʼn
belangrike maatstaf en die aangepaste 100 dae massa en indeks behoort as standaard maatstaf vir alle teelramme te dien.
Vir effektiewe verbetering van beide voor en naspeense groei in hulle nageslag behoort ramme geselekteer te word vir gewig vir
ouderdom op ouderdom 6 – 7 maande (die oorerflikheid van groeitempo is op die ouderdom hoër as by spening.)
Die meting sal veroorsaak dat ramme op ʼn jonger ouderdom getoets kan word ter verkorting van generasie intervalle. ʼn Binne-
kudde prestasietoetsing is voldoende vir die doel, solank afrondings rantsoene vermy word.
As alternatief kan die Fase D toets van die Nasionale Prestasie toetsskema aanbeveel word, dit bepaal die na-speen groeitempo
van die ramlammers. 6 – 7 maand ouderdom vir ʼn periode van 90 dae in die kudde. (Die Fase D2 toets word nie aanbeveel nie
– die toetsing vergelyk die groeivermoë van ramlammers van verskillende plase waar aanpassingsperiode nie voldoende is nie
presteer lammers wat geen kruipvoeding voor speen ontvang het nie merkbaar beter as die wat wel kruipvoeding ontvang het,
met die gevolg dat die resultaat niksseggend is.
SELEKSIE VAN RAMME
Meet hulle massa en indeks op 100 dae en weer op 6 maande of voer ʼn Fase D toets uit, dit behoort in aanvang te neem na die
100 dae massameting met ʼn aanpassingsperiode van ʼn week en eindig op ongeveer 6 of 7 maande ouderdom. Gebruik of die 6
maande of Fase D, indeks vir aanvanklike seleksie. Die neem van wolmonsters en keuring op 9 maande ouderdom word
aanbeveel.
AANHANGSEL “F”
NASPEEN GROEITOETS
1. FASE D
Amptelike naspeen groeitoets van ramlammers tussen 100 dae oud (70 en 130 dae) en 160 – 210 dae oud, met
minimum tussenposes van 60 dae en ʼn maksimum van 90 dae.
2. NIE AMPTELIKE FASE D
Dieselfde groeitoets as 1, maar deur die teler self gedoen op die plaas (met toestemming van prestasietoetsskema).
2.1 Indien diere voor 100 dae gespeen word moet die groeitoets 90 dae neem en indien spening na 100 dae plaasvind
vir ʼn 60 dae periode.
2.2 ʼn Aanpassingsperiode van tussen 7 en 21 dae, afhangend van omstandighede, moet toegepas word voordat
die groeitoets begin.
49
AANHANGSEL “G”
VEILINGSKATALOGUS VOORBEELD
VEILINGSKATALOGUS VERKLARING
INDEX /
INDEKS
104 The weaning weight is 4% above the average of the group
Die speengewig is 4% bokant die groep gemiddelde
DIR 1.56 The direct breeding value for weaning weight / Measures the growth ability of the animal
Die direkte teeltwaarde vir speengewig / Bepaal die groei vermoë van die dier
MAT -.14 Maternal breeding value for weaning weight / The ability of the ewe to influence weaning
weight
Maternale teeltwaarde vir speengewig / Die vermoë van die ooi om speengewig te
beïnvloed
SYMBOL /
SIMBOOL
*
+
=
-
X
Top 10% of populatian / Top 10% van populasie
Upper 40% of populatian / Boonste 40% van populasie
Within 10% of average / Binne 10% van gemiddelde
Lower 40% of population / Onderste 40% van populasie
Bottom 10% of population / Onderste 10% van bevolking
ACC/AKK 58 The accuracy (%) of the breeding value. The more available information, the higher the
accuracy
Die akkuraatheid (%) van die teeltwaarde. Hoe meer bruikbare inligting hoe hoër die
akkuraatheid
REV /
REW
6.45 R/c per small stock unit per year. This is a relative economic value which combines
breeding values for weaning, post weaning and reproduction. The progeny of this ram will
generate R0.33 per SSU more per year than a ram with a REV of R0.00
R/s per kleinvee eenheid per jaar. Dit is ‘n relatiewe ekonomiese waarde wat die speen,
naspeen en reproduksie teeltwaardes in ‘n ekonomiese indeks kombineer. Nageslag van
hierdie ram se inkomste per KVE behoort R0.33 per jaar meer te wees as ‘n ram met ‘n
REW van R0.00
LamS 1.07 EBV - % lambs weanded per ewe lambed
BTW - % lammers gespeen per ooi gelam
( ) (1) Indicates birth status / Dui aantal lammers met speengewig aangeteken
Lambs weaned
Lammers
gespeen
4 The number of lambs with weaning weights recorded
Dui aantal lammers met speengewigte aangeteken
ILP 252 Interlamb period (time between births) in days / Interlamperiode (tydsverloop
tussen geboortes) in dae
ILE DE FRANCE 01234567 Adres van teler Tel/Sel no
Naam van teler/Name of breeder Adress of breeder Tel/Cell no
LOT 1 RAM: ABC 16001 0072805088 SP Geb dat: 01/01/2016 Geb stat: Tweeling Reg: REG
VAAR: BB 010076 (2)
ABC 050462(1)
ABC 050551 (4)
MOEDER: ABC 020001 (2)
ABC 040655 (2)
ABC 010246 (2)
SI% Geboorte Akk
Voorspeen Acc
Speen Akk
MOEDER PRODUKSIE
Gewig/
indeks
4.5 104 107 Oud 1ste lam: 582 Maks Lamkanse: 5
Lammers geb: 4 Gemid Lamindeks: 103
Lam gespeen: 4 ILP: 252
OPI AFW: -2
Direk -.1 x 1.56 + 58
2.45 * 56
Maternaal -.17 - -.14 =
Rew: 6.45 LamS: 1.07 +
Opmerking: In stoet gebruik
50
VOORBEELD \ EXAMPLE AANHANGSEL “H”
S.A. ILE DE FRANCE SALE 16 SEPTEMBER 2016 \ VEILING 16 SEPTEMBER 2016
CLOSING DATE 2 AUGUST 2016 / SLUITINGSDATUM 2 AUGUSTUS 2016
Entry Form \ Inskrywingsvorm
GESLAG DIER NR. REG. NR. GEB. DATUM OUDERDOM
SEX ANIMAL NO.
REG. NO. BIRTH DATE AGE
Alle diere gebore vanaf 2015 moet oor prestasie gegewens beskik, om op ‘n veiling toegelaat te word wat onder die beskerming van die Genootskap aangebied word. Geen laat data sal aanvaar word nie. / All animals born in and after 2015 must have official performance test figures, for
them to participate in an auction held under the auspices of the Society. Data which is late, will
not be excepted.
PLEASE INDICATE \ DUI ASB. AAN
PREGNANT \ DRAGTIG NOT PREGNANT \ NIE DRAGTIG NIE
MATING PARTICULARS \ DEKBESONDERHEDE
PERIOD \ TYDPERK RAM I.D. REG. NO.
FROM\VANAF_________________TO\TOT_____________
FROM\VANAF_________________TO\TOT_____________
Any other performance details and\or remarks in respect of the animal itself or its predecessors
Enige ander prestasie besonderhede en\of opmerkings t.o.v. die dier self of sy\haar voorgeslagte
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
51
AANHANGSEL “I”
GEBOORTEMASSA
Enkellammers met ʼn geboortegewig meer as 22% van die moer se metaboliese gewig na spening behoort nie as
teeldiere gebruik te word nie.
----------------------------------
Ooie 0,75 Maksimum toelaatbare
Massa (W) W (Metaboliese massa) Gewig van lam
------------- ---------------------------- ----------------------------------
50 kg 18,6 4,1 kg
60 21,6 4,6
70 24,2 5,3
80 26,7 5,9
90 29,2 6,4
100 31,5 7,0
AANHANGSEL “J”
WOLKWALITEIT
Bepaal deur spintelling van vesel en die voorkoms van kemp.
Tans is die oorweging van vagmeting beperk tot ʼn teoretiese 20% van die totale telkaart wat in die praktyk
impliseer dat die verantwoordelikheid totaal op die skouers van die keurder geplaas word om diere te identifiseer wat
oormatig afwyk van die rasstandaarde.
Omdat die Genootskap ernstig is m.b.t. die daarstelling en handhawing van wol kwaliteit standaarde is bogenoemde
onvoldoende.
In die ras kry wol produksie (massa wol geskeer) nie veel aandag nie omrede die metings gekorreleer is met
liggaamsmassa en ekonomies ondergeskik is in vergelyking tot ander produksie metings.
Indien die ras op grootskaal aangewend gaan word ter vestiging van kommersiële ooi kuddes behoort oormatige sterk
vagte en die voorkoms van kemp by ramme geëlimineer te word.
Die Raad van die Genootskap is bewus van die variasie van wolkwaliteit wat tans in die ras voorkom en omrede min
telers wolmonsters het vir amptelike toetsing en nog minder op die resultate daarvan gelet het kan seleksienorme nog
nie bepaal word nie. Die vagwoltoetssentrum sal versoek word om verslag te lewer oor die monsters wat reeds aan
toetsing onderwerp is wat betref spintelling en kemp voorkoms. Die Raad mag dan die huidige situasie oorweeg ter
besluitneming van seleksiemaatstawwe wat aangewend kan word vir uitskotvlakke.
Reëlings sal so gou as moontlik getref word met die wolvagtoetssentrum ter toelating van vagmonsters, wat genoem is
op 8 of 9 maande ouderdom, van alle potensiële teelramme, vir evaluering. Monsters word gewoonlik op 12 – 16
maande ouderdom geneem maar in die geval, by 9 – 10 maande ter vervroegde gebruik van ramme en die verkorting
van die generasie interval.
52
AANHANGSEL “K”
RAM VRUGBAARHEID
a) Meet van skrotum-omvang
1. Na fase D toetsing (amptelik)
2. By keuring na afhandeling van Fase D of B toetsing.
b) Standaard
Hier moet in ag geneem word minimum massa volgens ouderdom:
Minimum massa Minimum skrotum omvang
40 – 44 kg 24 cm
45 – 49 kg 26 cm
50 – 54 kg 28 cm
55 – 59 kg 29.5 cm
60 – 69 kg 30.5 cm
Bogenoemde mates is gebaseer op gemiddeldes en in ʼn stoet situasie behoort verhoging van mates maklik haalbaar
wees. Die genetiese korrelasie tussen ouderdom en skrotum omvang is die hoogste op 160 – 180 dae (nl. 0.81)
Oorerflikheid (h2) is ook hoër op later ouderdom.
Naamlik: 0.20 op 80 dae
0.48 op 140 dae
Net so: h2 van liggaamsmassa
Naamlik: 0.30 op 80 dae
0.36 op 140 dae
D.W.S. ʼn Sterk korrelasie tussen skrotum omvang en massa op ± 160 dae oud d.w.s. ± 55 – 60 kg.
AANHANGSEL “L”
SELEKSIE VAN OOILAMMERS
Dit is ʼn belangrike doelwit om jaarliks ʼn aantal vervangings ooilammers vir die teelkudde te selekteer, gelyk aan 30% van die
kudde. In ʼn kudde waar 100 lammers gespeen word per 100 teelooie word ± 50% van die ooilammers as vervangings ooie
benodig (met speenpersentasies van 120 of 140 persent, word ongeveer 50% of 42,6% respektiewelik benodig).
ʼn Groter aantal ooilammers as die getal wat benodig word moet gedek word, hulle moet apart van die ooie gehou word wat
voorheen gelam het, en vir 14 dae blootgestel word aan aktiewe koggelramme (3 – 4%) en dan gepaar word (deur 1 ram met
ondervinding per 30 of minder ooilammers of verkieslik toepassing van handdekking) vir ʼn beperkte periode van 3 – 4 weke,
opgevolg deur ultrasoniese dragtigheidstoetsing, waarna die verlangde hoeveelheid vervangingsooie geselekteer kan word uit
die wat dragtig is.
Die volgende kuddesamestelling word voorgestel:-
Teelouderdom van ooi is 5 jaar of 6 jaar
1 jaar ouderdom ooi 30% 30%
2 jaar ouderdom ooi 28 26
3 jaar ouderdom ooi 20 20
4 jaar ouderdom ooi 12 9
5 jaar ouderdom ooi 10 8
6 jaar ouderdom ooi 5
Totaal 100 100
Meer vir die insameling van feite en gegewens word die weeg van ooi lammers by dekking aanbeveel. Dit wil sê Fase D (na
speen groei geweeg op enige ouderdom).
53
AANHANGSEL “M”
DIE SKOU VAN TEELDIERE
Seleksie soos voorgestel kan nie uitgevoer word in beide geslagte voor 9 – 10 maande ouderdom nie.
Geen dier wat meeding om seleksie behoort vooraf spesiale behandeling te ontvang nie, soos voorbereiding vir skoue. Vir die
rede sal die Genootskap die uitstal (skou) van diere voor die ouderdom van sê, 12 maande nie aanmoedig nie. Hoewel
subjektiewe vergelyking in ʼn skouring van onverteenwoordigende, gewoonlik oorvoerde diere van verskillende omgewings, niks
vertel van hulle teling of produktiwiteit nie en die resultate gewoonlik deur die kommersiële produsent geïgnoreer word. Die
skou van diere veral in ʼn produksie georiënteerde Genootskap behoort in heroorweging geneem te word. Die probleem hierbo
kan gedeeltelik opgeklaar word deur ʼn verdere klas in te bring, nl. 9 maande en onder d.w.s. ʼn teler kan sy naspeen groei toetse
na gelang van omstandighede beter in pas met skoue. Die oorvoeding van jong ooitjies bly nog steeds ʼn groot probleem.
Vet: oorvet diere sal nie toegelaat word nie.
Wol: ʼn maksimum lengte van 3 cm (1 maand voor skou skeer) sal toegelaat word.
Alle skoudiere gebore vanaf 2015 moet oor prestasietoets syfers beskik
AANHANGSEL “N”
WAT IS DIE LOGIX DIERE-AANTEKENING STELSEL?
Die Logix stelsel is 'n versameling van databasisse en programme wat die diere-aantekeningsbehoeftes van 'n wye spektrum
van rolspelers in die veebedryf aanspreek, van telers en eienaars van suiwergeteelde diere, tot die personeel van registrerende
owerhede, prestasie-aantekeningsagentskappe, Nasionale- en Provinsiale Regeringsinstansies, adviseurs en konsultante en
verwante bedryfsorganisasies
Maklike Diere aantekening:
Data vanaf die plaas en die diere word omgeskakel na nuttige en bruikbare bestuursinligting.
Plaasprogramme kan direk met die stelsel via Logix data uitruil.
Spesialis-raad fokus op elke kudde se unieke behoeftes.
Deurlopende ontwikkeling en verbeterings vind plaas vir 'n dinamiese en moderne sisteem.
Die genetiese meriete van u kudde en ook individuele diere is beskikbaar op die web, in bestuursverslae en
veilingskatalogusse. Dit kan dus baie maklik geïnkorporeer.
Ons maak 'n verskil
Alle Aantekening dienste en verslae is gesetel in een organisasie.
Die industrie besit en bedryf die stelsel, dus word die behoeftes van die boer direk aangespreek.
Wêreldklas Navorsing & Ontwikkelings-kapasiteit: ons navorsers is geregistreer by SACNASP, wat dus verseker dat
u professionele en wetenskaplike diens ontvang.
Internasionale samewerking met ander wêreldleiers op die gebied van teling en genomiese seleksie.
Samewerking met die Universiteit van Pretoria en ander plaaslike universiteite en navorsing instansies.
Doelgerigte kursusse en opleiding, waar die nuutste inligting en tegnologie direk aan boere bekendgestel word.
Koste-effektiewe en Doeltreffende dienslewering
Ons lewer volledige velddienste, insluitend tegniese advies, professionele dienste, tegnologie-oordrag en alle data-
dienste.
Deursigtige koste-struktuur wat alle dienste, verslae en advies insluit.
Toegewyde, entoesiastiese personeel wat werklik belangstel is tot u beskikking.
54
HANDLEIDING VIR DIE BEOORDELING VAN DIERE DEUR DR JJ. JOUBERT
Om goeie en swak diere van mekaar te skei is maklik; om die beste onder goeie diere uit te soek is onmoontlik maar om die beste
onder uitstaande uit te soek is ʼn wonderwerk wat selde herhaal kan word.
ʼn Goeie beoordelaar is nooit tevrede met sy eie kennis nie. Hy moet altyd leer en moet kennis dra van die ras wat hy beoordeel
as fisiologiese en genetiese eienskappe. Hy moet die ras in verskillende omgewings leer ken – nie net in die skouring nie maar
ook waar dit funksioneel aangewend word. ʼn Goeie beoordelaar sal nooit sy eie kennis oorskat nie maar altyd bereid wees om
ook van iemand anders te leer.
BEOORDELING IS DIE NEEM VAN ‘N BESLUIT
ʼn Goeie beoordelaar het ʼn prent van die ideale dier in sy geheue en weet dat alle diere nie dieselfde is nie. Beoordelaars stel nie
net belang in die punt van ooreenkoms tussen diere nie maar ook in die verskille wat daar tussen hulle bestaan. Dit wat hy voor
hom sien vergelyk die beoordelaar met iets wat hy al voorheen gesien het. Dit is een van die redes waarom dit onwys en ook
onregverdig is om ʼn beoordelaar aan te stel wat nie grondige kennis van ʼn spesifieke ras het nie. ʼn Goeie beoordelaar van ras
A is nie noodwendig ʼn goeie beoordelaar van ras B nie. Dit word dikwels gehoor dat ʼn sekere persoon nie ʼn sekere ras goed ken
nie maar hy ken ʼn skaap of ʼn bees – ʼn onwetenskaplike stelling wat niks goed vir die ras wat beoordeel moet word inhou nie .
Om ʼn goeie beoordelaar te word moet groot hoeveelhede diere van ʼn spesifieke ras bestudeer word – en daarby word bestudeer
bedoel. Dit help nie om net na die diere te kyk nie. Die diere moet ontleed en punt vir punt met mekaar vergelyk word. Hoe beter
die diere hoe beter die opleiding. Op die wyse word ‘n vaste geheuebeeld gevorm en ʼn ideale tipe in die gedagtes geskep. Die
ideale tipe kan na willekeur na vore geroep en vergelyk word met die dier of diere in die ring, Dit is absoluut noodsaaklik dat
die ideale dier in die geheue van die beoordelaar absoluut aan die rasstandaard sal voldoen.
BEOORDELING EN OBSERVASIE
Die eerste eienskap van ʼn goeie beoordelaar is observasie. Hy moet dinge raaksien. Hy moet met die eerste oogopslag ʼn dier se
goeie en swak punte raaksien en onthou. Dit verg studie en opleiding. Meeste diere het meer goeie as swak punte en is dit nodig
om swak punte vinnig waar te neem. Daar moet egter teen gewaak word dat minder belangrike swak punte nie oorbeklemtoon
en ernstige tekortkomings oor die hoof gesien word nie. Uitstaande goeie eienskappe moet ook waargeneem word.
Diere moet altyd in dieselfde volgorde ontleed word beginnende by die kop en eindigende by die stert. Daar moet na die linker
en regterkant gekyk word – van voor en van agter. Betrag die diere op ‘n afstand van sewe tot tien meter. Op die afstand kan ʼn
geheelbeeld makliker verkry en diere onderling met mekaar vergelyk word.
In beoordeling is die volgende vier stappe baie belangrik:
1. Eerste indrukke
2. Behou die indrukke
3. Vergelyk die indrukke
4. Reproduseer die indrukke
Die eerste indrukke is nie noodwendig blywend nie maar het ʼn groot invloed op besluitneming. Na die eerste indrukke gemaak
is word dit in die geheue opgeneem om behou te word. Nadat al die indrukke gemaak is word dit vergelyk. ʼn Goeie beoordelaar
is in staat om sy indrukke te reproduseer en na etlike minute nog in staat te wees om ʼn ring vol diere presies in dieselfde volgorde
te plaas as wat hy hulle die eerste keer gesien het. ʼn Goeie beoordelaar is nooit oorhaastig nie. Hy maak seker van sy feite. Dit
is nooit vir hom moeilik om ʼn opinie te verdedig as dit die waarheid is nie.
TIPE IS ‘N KONSEP
Die volgende vrae is al dikwels gevra:
1. Wat is tipe?
2. Waarom is tipe belangrik?
3. Wat is die komponent van tipe?
4. Wie is verantwoordelik vir die neerlegging van die ideale tipe?
5. Wat is die verband tussen tipe en waarde van ʼn dier?
ʼn Bekende woordeboek definieer tipe as “dit is die algemene karakter, vorm of struktuur van ʼn aantal indiwidue wat ooreenstem”.
Volgens die definisie kom tipe egter ʼn meetbare, dimensionele eienskap kort en kom neer op ʼn aantal fisiese eienskappe wat
slegs visueel beoordeel word.
Tipe is belangrik omdat dit ʼn norm is waarvolgens diere met mekaar vergelyk kan word.
Die tipe waarna in verskillende rasse gestreef word het oor jare ontstaan. Dit is die resultaat van toegewyde raskenners se poging
om uiterlike voorkoms aan die ras se produksiepotensiaal te koppel. In sommige gevalle het dit egter gebeur dat minder
belangrike eienskappe se waarde te swaar begin weeg het en sekere rasse tot niet laat gaan het.
Tipe moet ook afgebreek word in die verskillende komponente van die dier bv. kop, nek, rug ensovoorts. So is dit bv. moontlik
om ‘n dier te kry met tipiese kop (vir die bepaalde ras), maar afwyk in een of meer van die ander komponente. Vir hierdie rede
is dit noodsaaklik dat die beoordelaar die ras in sy fynste “detail” moet ken.
55
FISIESE KONDISIE Dit is uiters moeilik vir ʼn beoordelaar om diere te beoordeel wat nie in dieselfde fisiese kondisie en voorkoms is nie. In die
verband word gedink aan dragtige, lakterende en onbesette vroulike diere wat in dieselfde klas meeding, wollengte by skape,
groot ouderdomsverskille, ens.
DIE ROL VAN ANATOMIE ʼn Goedopgeleide beoordelaar moet ʼn deeglike kennis van anatomie hê. Beenstruktuur is belangrik omdat dit grootliks die
voorkoms en grootte van die dier bepaal. Artikulasie van gewrigte bepaal tot ʼn groot mate die beweeglikheid van die dier. Die
bene moet die massa van die dier dra en dit in staat stel om te beweeg en te wei. Dit is belangrik om te weet dat meer as 50
persent van die dier se massa op die dier se voorbene rus. Die voorbene en skouerblad artikuleer nie met die res van die skelet
nie maar word in posisie gehou met bindweefsel, spiere en ligamente. Vir die rede is dit belangrik om aandag te gee aan die
bouvorm van die voorkwart. Die toplyn of rug is belangrik om die ingewande in posisie te hou terwyl die sprong van ribbes
nodig is om asemhaling te bevorder. Die vorm van die pelvis, helling van die kruis en wydte tussen die sitbene is ook van belang
omdat dit ook ʼn invloed het op die gemak waarmee geboorte geskenk word.
Gesonde sterk agterbene is nie net van belang om mee te loop nie maar speel ʼn belangrike rol met paring.
Ten slotte moet gekyk word na die pote en kloue omdat abnormaliteite dikwels voorkom. Bogenoemde is slegs ʼn kort opsomming
oor die beenstruktuur. Van ʼn beoordelaar word dit verwag om ʼn meer diepgaande studie te maak. Hy moet weet hoe beengroei
plaasvind asook die faktore wat dit beïnvloed, ken.
GROEI EN ONTWIKKELING Alle diere is nie ewe groot by geboorte nie, groei nie ewe vinnig nie en bereik ook nie dieselfde volwasse grootte nie. Om die
rede het verskillende rasgenootskappe dwarsoor die wêreld standaarde gestel. Daar moet gewaak word teen uiterstes. Te klein
en te groot diere moet uitgeskakel word. Die algemene norm is dat diere wat buite die grense van die gemiddeld plus of minus
een standaard afwyking val, uitgeskot behoort te word. Op die wyse word van ongeveer 25 tot 30 persent van die diere ontslae
geraak.
Te klein diere is geneig om onekonomies te wees terwyl te groot diere dikwels lomp en laag vrugbaar is. Probleme tydens
geboorte duik ook dikwels by te groot diere op, omdat geboortemassa, speenmassa en volwasse massa by die meeste diere relatief
hoogs oorerflik is, is dit baie maklik om na die uiterste gevaarsones te beweeg.
Groeisnelheid en ontwikkeling word onder andere deur die volgende faktore bepaal :
1. Genetiese samestelling
2. Voeding
3. Ras
4. Geboortestatus (een- of meerlinge)
DIE WAARDE/NADELE VAN SKOUE Daar word dikwels gepraat oor die waarde, voor- en nadele van skoue. Die grootste waardes van skoue is :
1. Diere uit verskillende oorde kan met mekaar vergelyk word.
2. Telers kry die geleentheid om met mekaar oor teelt en bestuursprobleme te gesels.
3. Telers kan sien of hulle vordering in die regte rigting maak.
4. Die algemene publiek kry die geleentheid om hulle kennis oor diere uit te brei.
5. Dit dien as ʼn advertensievenster vir die deelnemers.
6. Dit toon aan voornemende kopers die gehalte diere wat beskikbaar is.
Die nadele is die volgende:
1. Meeste skoudiere is oorvet en onproduktief.
2. Potensiële kopers kan mislei word omdat baie van hulle verwag dat ʼn vertoner se diere almal van dieselfde gehalte is
en hulle vaskoop.
3. Beoordelaars kan dikwels die betrokke ras swak (selfs glad nie) en ken pryse toe aan diere wat dit nie verdien nie en
skep so ʼn wanindruk oor die gewensde tipe by die vertoners en publiek.
DIE SKOURING
1. DIE BEOORDELAAR
ʼn Goeie beoordelaar moet aan die volgende vereistes voldoen :
i. Hy moet aanvaarbaar wees vir die vertoners
ii Hy moet altyd netjies dog gepas gekleed wees
iii Hy moet intelligent wees
iv Hy moet deeglik wees
v Hy moet ʼn grondige kennis hê van die ras wat hy beoordeel
vi Hy moet eerlik wees
vii Hy moet konsekwent wees
viii Hy moet regverdig wees
ix Hy moet selfvertroue hê maar tog bereid wees om mede beoordelaars se siening te respekteer
x Hy moet nie onnodig praat in ʼn poging om sy eie siening te regverdig nie. Hy moet na elke klas die redes vir sy plasings
kort en duidelik aan die toeskouers gee.
56
2. DIE SKOU EN DIE LEERLING-BEOORDELAAR Die skou het die volgende voordele vir die leerling-beoordelaar:
i Dit verhoog sy vermoë om waar te neem en die eienskappe van ʼn dier te evalueer
ii Dit bied hom die geleentheid om vertroud te raak met die gewenste tipe
iii Verskerp sy vermoë om swak en goeie punte waar te neem
iv Verbreed sy vermoë om met diere te werk
v Hy leer mede beoordelaars en vertoners ken en leer om met hulle te kommunikeer
3. DIE PUNTEKAART Daar word baie vir en teen die gebruik van ʼn puntekaart gepraat. Mits dit reg gebruik word is ʼn puntekaart absoluut
noodsaaklik en wel om die volgende redes:
1. Dit forseer die beoordelaar om elke gedeelte van die dier deeglik te bestudeer en met die kaart te vergelyk.
2. Dit gee ʼn geheelbeeld van elke dier.
3. Dit maak vergelyking van diere makliker.
4. Dit toon aan die vertoner wat die betrokke dier se sterk sowel as swak punte is.
5. Dit kan later weer gebruik word om die ontwikkeling van jong diere na te volg.
4. PROSEDURE WAT IN DIE RING GEVOLG WORD i Begin by die kop want deur goed aandag te gee aan die gesig en front van die dier kan daar alreeds baie waargeneem word
van die karakter van so ‘n dier. Kyk na die lengte en breedte van die kop asook die gesigs-bedekking, pigment weg van
die neus en ore en tot watter mate. Die sterkte van bek kan tot ʼn mate tekens van konstitusie en erfdwang of kwaliteit
van die dier weerspieël. Die kop moet in balans wees met die geheel van die liggaam. By die manlike dier moet die kop
manlik wees en by vroulike heel vroulik.
ii Maak die bek OOP. Hier kan gesien word of die ouderdom van die dier in die regte klas is en ook of die kake en tande
reg IS.
iii Maak seker dat in die geval van horinglose rasse daar nie horinkies of horingknoppe voorkom nie, veral in die geval
van vroulike diere.
iv Kyk na die front – Dit bepaal die tipe dier wat jy
beoordeel. Die stand van die voorbene moet reg wees en die kootgewrigte sterk. Hoe dun of hoe dik die dier se bene is
gee ʼn aanduiding van die dier se konstitusie
v Soek na ʼn goeie sprong van ribbes vir borskapasiteit, breedte op die skof maar nie los nie, en nie platsydige blaaie nie.
vi Nou kan die dier van agter beskou word. Breë en egalige aansluiting by die middelstuk en deurgaans goed gevleesdheid
is belangrik. Die kruis moet reguit met ʼn goeie lengte en breedte wees. Te veel sigbare tekens van gelokaliseerde vet is
nie gewens by vleisrasse nie.
vii Beskou die diere ook in die dwarste om die simmetrie te bepaal, d.w.s. die regte verhouding van lengte tot diepte en
gebalanseerde verhouding met die res van die ledemate.
viii Laat die diere nou een vir een stap in die ring om seker te maak dat daar nie miskien loopfoute is, of iets wat miskien
nie raakgesien is nie. Laat die diere terugkom in hulle onderskeie posisies soos wat hulle gestaan het.
DIE BESLISSING
i Staan nou ʼn bietjie terug en beskou die dier van ʼn
distansie – en som op van wat gesien is.
Ii Plaas nou die dier wat na u mening die beste is na bo
iii Begin nou met die volgende dier en volg presies dieselfde prosedure en vergelyk slegs die twee diere met mekaar.
As ʼn mede-beoordelaar het, haal u eers die paar beste diere uit en begin weer saam aan die bopunt en vra of hy saam met u
plasing stem.
As u voel dat nr. 2 beter is as nr. 1 ruil hulle net om en plaas hulle in die orde van toepassing. So gaan u op die ry af en vergelyk
elke keer slegs twee diere wat langs mekaar staan, d.w.s. u het ʼn dier aan beide kante behalwe die eerste dier. Die nuwe reëls vir
die Nasionale Kampioenskappe bepaal dat indien getalle en gehalte dit toelaat, slegs 5 plasings gemaak moet word.
57
58
NOTAS
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________