aardrykskunde graad 7 - internet archive...chapter 1 kwartaal 1 1.1 oorstromings/vloede 1 1.1.1...

92
Aardrykskunde Graad 7 By: Siyavula Uploaders

Upload: others

Post on 21-Jan-2021

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Aardrykskunde Graad 7

By:Siyavula Uploaders

Page 2: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module
Page 3: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Aardrykskunde Graad 7

By:Siyavula Uploaders

Online:< http://cnx.org/content/col11020/1.1/ >

C O N N E X I O N S

Rice University, Houston, Texas

Page 4: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/).

Collection structure revised: September 9, 2009

PDF generated: February 6, 2011

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 84.

Page 5: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Table of Contents

1 Kwartaal 1

1.1 Oorstromings/vloede . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 11.2 Tropiese siklone . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 41.3 Aardbewings . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 10

2 Kwartaal 22.1 Vulkane . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 192.2 Droogtes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 252.3 Faktore wat groei en verandering beinvloed . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 32

3 Kwartaal 33.1 Hoekom mense migreer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 413.2 Hoe is die demogra�e van die wereld op die langtermyn deur migrasie beinvloed . . . . . . . . . . . . . 503.3 Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGS . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 56

4 Kwartaal 44.1 Die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 694.2 Die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 734.3 Rigting en kontoerlyne . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 77

Attributions . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 84

Page 6: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

iv

Page 7: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Chapter 1

Kwartaal 1

1.1 Oorstromings/vloede1

1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

1.1.2 Graad 7

1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE

1.1.4 Module 1

1. Oorstromings/vloede1.1 Die voorkoms en ontstaan van oorstromings1.1.1 Wat is `n oorstroming?Dit ontstaan wanneer daar `n oormaat water is. Grond wat nie normaalweg deur water bedek is nie,

word tydens `n oorstroming deur water bedek.Dit gebeur soms dat `n jarelange droogte skielik deur swaar, aanhoudende reën beëindig word. Sulke

rampe lok dan vrae uit soos: Is die klimaat besig om te verander?

1.1.5 Aktiwiteit 1:

1.1.6 Om `n sekere opinie oor `n geogra�ese verskynsel te huldig

1.1.7 [LU 2.1]

• Wat is jou opinie omtrent die stelling dat die klimaat van die aarde besig is om te verander? Skryf `nparagraaf daaroor.

1.1.2 Waar kom oorstromings voor?Bestudeer �guur 3 ('n wêreldkaart van waar die meeste ernstige oorstromings al voorgekom het) op bl.

10.Jy sal opmerk dat die meeste oorstromings in Indië, China, Noord- en Suid-Amerika voorkom. Tog

kan oorstromings in feitlik enige omgewing voorkom waar water is. Selfs in woestyne kan ernstige oorstro-mings voorkom. Onthou dat daar verskillende oorsake vir vloede is en hierdie oorsake bepaal WAAR dieoorstromings gaan voorkom.

1This content is available online at <http://cnx.org/content/m24409/1.1/>.

1

Page 8: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Figure 1.1

1.1.3 Wat veroorsaak oorstromings?Water wat dele van die aarde oorstroom, kan verskillende oorsake hê, soos die volgende:

• Sneeu wat smelt, bring meer water in riviere mee.• Uitsonderlike hoe reënval in `n area laat riviere hulle walle oorstroom. Hierdie soort reënval kom

gewoonlik voor in die vorm van storms, siklone en moesonreën (Indië). Voorbeelde hiervan in Suid-Afrika was die Laingsburg-oorstroming, asook sikloon Demoina, wat Natal getref het.

• Damme en/of oewerwalle wat meegee of oorloop.• Grondverskuiwings, aardbewings en vulkane kan riviere en ander watermassas ontwrig en tot oorstro-

mings lei.• Oorstromings langs kuste word veroorsaak deur reusagtige seegolwe (tsunami's) wat deur aardbewings

op die seebodem veroorsaak word. Meer hieroor as ons aardbewings bestudeer.

1.2 Die uitwerking (gevolge) van oorstromings op die lewens van mense en hulle sosio-ekonomiese aktiwiteiteMenslike bedrywighede kan nie oorstromings veroorsaak nie, maar mense kan op indirekte wyse die

omvang en skade daarvan vererger, soos hieronder verduidelik word.

a) Onnadenkende gebruik van die grond as gevolg van

• ontbossing• oorbeweiding• gronderosie.

Natuurlike plantegroei en hulle wortels word dus vernietig en dit kan nie meer die bogrond vashou as daarswaar reën val nie. Die reënwater word ook nie maksimaal deur die grond absorbeer nie. Reënwater loopdus vinniger af en neem die bogrond saam. Riviere en damme slik as gevolg hiervan toe.

a) Die bou van paaie, geboue en kanale veroorsaak ook die vernietiging van die natuurlike plantegroei.b) Huise word soms op minder geskikte en selfs gevaarlike terreine gebou, waar oorstromings kan voorkom.

`n Voorbeeld van so `n oorstroming in Suid-Afrika.Op 30 September 1987 het `n geweldige tropiese storm oor Natal gewoed. Minstens 180 mense is dood.

Plakkershuise het in hulle duisende in die reën verkrummel. Ander se dakke is afgeruk en huise is ernstig

Page 9: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

3

beskadig. Seweduisend gesinne is in een dag koud, honger en dakloos gelaat. Die meeste brûe en paaie isweggespoel en reddingswerkers kon nie per vragmotor hulp aanbied nie. Daar was geen elektrisiteit beskikbaarnie, asook geen riool- en kraanwater nie. Alle pypstelsels is deur die vloedwater vernietig. Besighede hettot stilstand gekom en geweldige �nansiële verliese is op ekonomiese gebied gely. Boere het ook hul oeste endiere verloor. Alle ryk bogrond het weggespoel en dit sal jare neem om weer te herstel. Plaasdamwalle hetgebreek en alle heinings is meegevoer. Herstelwerk het natuurlik geweldige �nansiële implikasies gehad.

Lyke van mense en diere het oral rondgelê en `n gesondheidsrisiko het ontstaan. Water is ook hierdeurbesoedel en nog `n gesondheidsgevaar het sy kop uitgesteek � cholera.

`n Soortgelyke situasie het voorgekom tydens die vloed by Laingsburg op 25 Januarie 1981.

1.1.8 Aktiwiteit 2:

1.1.9 Om `n lys op te stel van hoe oorstromings mense raak

1.1.10 [LU 2.1]

• Gaan lees koerantberigte oor hierdie en ander oorstromings wat in die afgelope tyd voorgekom het.Maak jou eie volledige lys van die GEVOLGE wat oorstromings op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteite het

1.3 Hoekom sommige mense `n hoër risiko as ander isBaie dele in die ontwikkelende lande van die wêreld se natuurlike omgewings is oorbenut en misbruik.

Omdat arm mense net vir eie gebruik produseer en geen bemesting toepas nie, verarm die grond. Verkeerdebesproeiingsmetodes vererger die situasie en die ryker bogrond word maklik deur vinnig vloeiende waterweggevoer. Oeste verskraal en hongersnood staar die mense in die gesig. Geen wisselweiding word ooktoegepas nie en die vee vertrap die natuurlike plantegroei .Vir hierdie mense lê hul rykdom in die hoeveelheidvee wat hul besit en nie in die kwaliteit van die vee nie. Daar is dus te veel vee op `n gegewe stukkie gronden die landskap word vernietig. Indien daar nou `n oorstroming sou plaasvind, is daar geen natuurlikeplantegroei om die water te stuit nie en alles word weggespoel.

Wanneer voortbestaan op die platteland moeilik word, begin die mense na die stede migreer om werkte soek. Aangesien hulle arm is, gaan woon hulle in plakkerskampe. Hierdie plakkerskampe of informelenedersettings word gewoonlik aangetref op minder geskikte en selfs gevaarlike terrein. Sodra swaar reën val,is hierdie mense se huise, besittings en lewens in groot gevaar. Dink hier maar net aan die nat Kaapse Vlaktemet sy derduisende woonhuise.

1.1.11 Aktiwiteit 3:

1.1.12 Om die invloed van oorstromings op woongebiede te bestudeer

1.1.13 [LU 2.1]

• Hoe dink jy sal oorstromings veral plakkerskampe beïnvloed?

1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van potensiële gevaar en gevaarverminderingWat kan omtrent oorstromings gedoen word?Meestal is die antwoord op hierdie vraag: baie min. Mense kan egter voorsorg tref om te probeer om die

risiko van oorstromings in die toekoms te verminder. Hier volg n paar moontlikhede:

• Installeer vloedwaarskuwingstelsels by belangrike riviere waar groot bevolkingsgetalle betrokke is.• Bou dyke, vloedwalle en keerdamme om te help om die vloei van water te beheer.• Verander die vloeikanale van riviere � lei byvoorbeeld die riviere van bewoonde areas af weg.• Pas streng regulasies toe in verband met bougebiede, boukodes en bouvereistes.• Voed mense op om die natuurlike omgewing versigtig en verstandig te gebruik. Gee veral aandag aan

opleiding met betrekking tot boerderytegnieke wat natuurvriendelik is.

Page 10: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

4 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

• Stabiliseer rivierwalle.• Beheer en verbeter slote wat ernstige tekens van erosie toon.• Doen aanplantings op kaal gebiede.• Monitor weervoorspellings deeglik en tref die nodige voorsorgmaatreëls waar moontlik.

Baie van die bogenoemde voorsorgmaatreëls kos baie geld om toe te pas en is nie altyd uitvoerbaar nie.Ontwikkelende lande het nie die geld hiervoor nie en oplossings is dikwels onwaarskynlik. Dus bly dieinvloed van oorstromings daar `n wesentlike probleem.

1.1.14 Aktiwiteit 4:

1.1.15 Om oplossings te soek wat oorstromings voorkom

1.1.16 [LU 2.3]

• Kan jy aan enige ander moontlike oplossings dink hoe oorstromings voorkom kan word?

1.1.17 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew-ingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, endie uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on-dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense enhulpbronne];2.3 identi�seer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Table 1.1

1.2 Tropiese siklone2

1.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE

1.2.2 Graad 7

1.2.3 NATUURGEVARE

1.2.4 Module 2

1.2.5 TROPIESE SIKLONE

1. Tropiese Siklone

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m24418/1.1/>.

Page 11: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

5

• Die voorkoms en ontstaan van tropiese siklone

Figure 1.2

Geen weerverskynsel is meer skrikwekkend en vernietigend as `n tropiese storm nie. In Amerika word ditorkane genoem, in Asië tifone, in Suid-Afrika tropiese siklone en in Australië Willie-willies.

Kenmerke van tropiese sikloneHulle ontwikkel oor die warm, tropiese oseane naby die ewenaar. Die warm, tropiese seewater verhit die

lug wat daarop rus tot temperature van ±27 ◦C. Die hoë verdamping maak die lug ook baie vogtig. Diehoofkenmerk van die tropiese oostewinde is dus dat hulle warm en vogtig is. Dit veroorsaak dat die lug oordie oseane vinnig opstyg en `n intense laagdruk ontstaan. Die konveksiestrome begin in `n spiraal draai en diespoed daarvan neem toe. Verdere styging, kondensasie en die vorming van cumulus en cumulonimbuswolkeontstaan. Die wenteling van die aarde om sy eie as laat die wolkmassas sirkel om `n reusagtige, wentelendestorm te vorm.

In die middel van hierdie sikloonsentrum is daar `n oog van kalm, wolklose weer wat sowat 35 � 50 kmbreed kan wees. Lugdruklesings hier is onder 1 000 hPa. Direk om die oog woed stormwinde van 120 � 280km/h. Stormweer kan tot 200 km vanaf die oog voorkom en kan vir `n paar uur of selfs dae lank duur. Hullebeweeg stadig vorentoe (15 � 20 km/h) en begin afneem in geweld sodra dit landoppervlak of koeler waterbereik. Geweldige verwoesting, stortreën en vloedgolwe kom egter vir etlike dae aan kusgebiede van landevoor.

Siklone het voorheen as gevolg van hulle wispelturigheid vrouename gekry om hulle uit te ken. Deesdaekan `n mansnaam ook gebruik word, soos die hewige tropiese sikloon �Hugo� wat in 1989 die ooskus van

Page 12: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

6 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Amerika getref het.Dit word op `n weerkaart aangedui deur ronde isobare wat naby mekaar geleë is om die oog. Die oog

word ook met die simbool �

Figure 1.3

� voorgestel.

Figure 1.4

Sinoptiese weerkaart1.2 Die uitwerking (gevolge) van tropiese siklone op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteiteDit gebeur nie dikwels dat Suid-Afrika die volle geweld van `n tropiese sikloon ervaar nie. Wanneer dit

wel voorkom, saai dit net soveel verwoesting as in ander wêrelddele.Die grootste sikloon wat die kus van Suid-Afrika nog getref het, was die tropiese sikloon Demoina. Op

25 Januarie 1984 het Demoina naby Maputo na die binneland geswaai. Die volgende twee dae het dithewige storms, sterk winde en baie reën oor Suid-Afrika veroorsaak. Soveel soos 540 mm is in 24 uuraangeteken. Riviere in Noord-Natal het oorstroom. Dorpies naby riviere is heeltemal vernietig, brûe het

Page 13: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

7

weggespoel en gewasse langs die riviere is verwoes. Skade aan suikerplantasies is beraam op R150 000 000.Minstens 200 mense het gesterf. Reddingspogings is belemmer omdat meeste brûe en paaie weggespoel het.Stormsterkwinde het dit gevaarlik gemaak om helikopters te gebruik. Daar is selfs lyke en krokodille see-ingespoel. Siektes wat deur die water versprei is en hongersnood het die sterftesyfers verder laat styg.

1.2.6 Aktiwiteit 1:

1.2.7 Om oor die uitwerking van tropiese siklone navorsing te doen

1.2.8 [LU 2.1]

Maak `n lys van alle gevolge van tropiese siklone nadat jy meegaande inligting oor Demoina gelees het. Gaansoek ook in koerante en ander bronne na artikels oor tropiese siklone en vul jou lys aan.

Hoekom veroorsaak tropiese siklone meer vloedskade, maar rig betreklik min stormwindskade aan gebiedeaan? Wat word met die �oog� van `n tropiese sikloon bedoel?

1.3 Hoekom sommige mense `n hoër risiko as ander isIn die ontwikkelde dele van die wêreld rig tropiese siklone ook baie skade aan, maar dit is gewoonlik nie

so rampspoedig nie. Kommunikasiestelsels is goed ontwikkeld en `n baie hoë persentasie van die bevolkingword bewus gemaak van die naderende gevaar. Hulle kan dus betyds voorsorg tref of die area verlaat. Ookis die konstruksie van hul huise en ander geboue van so `n aard dat dit meestal die storms kan weerstaan.

In die ontwikkelende areas van die wêreld kan `n tropiese sikloon egter geweldige skade veroorsaak.Eerstens is die areas gewoonlik baie dig bevolk en geweldige lewensverliese kan ondervind word omdat meestevan die mense ook in die minder goeie of gevaarliker areas woonagtig is. Tweedens is hul huise ook van `nswak konstruksie en word erg beskadig en selfs vernietig tydens so `n storm. Derdens het die areas ook nie`n goeie infrastruktuur wat die uitwerking van so `n ramp kan beperk of verminder nie. Gesondheidsorg ennooddienste kan nie vinnig genoeg by die mense uitkom nie. 'n Groot gedeelte van die sterftes wat voorkom,geskied eerder na die storm as daartydens.

1.2.9 Aktiwiteit 2:

1.2.10 Om die gevolge van siklone op menselewens te bekyk

1.2.11 [LU 2.1, 2.3]

1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarverminderingHoewel wetenskaplikes oor `n groot hoeveelheid kennis omtrent tropiese siklone beskik, kan daar eintlik

baie min gedoen word om die skade te voorkom wat daardeur aangerig word.Tog is daar dinge wat gedoen kan word om die skade ietwat te verminder:Vroeë waarskuwingstelsels van satelliete, radar en data van weerstasies word gebruik om die nadering

van `n tropiese sikloon te voorspel.Wolkbesaaiing, `n proses wat die energie van die sikloon versprei en die windsnelheid verlaag, is redelik

suksesvol.Beperking van die skade wat dit aanrig. Dit is sekerlik die beste manier om `n storm te hanteer. Tipiese

voorsorgmaatreëls sluit die volgende in

• Hortjies, vensters en deure word toegespyker.• Alle los voorwerpe word weggepak of aan swaar meubels en bome vasgebind sodat dit nie kan wegwaai

nie. Rondvlieënde voorwerpe rig gewoonlik baie skade aan en kan mense se dood veroorsaak.• Sandsakke word opgestapel in gebiede waar oorstromings verwag word om die grootste impak van die

oorstroming te stuit.• Ontruiming van mense en hulle besittings uit die area.

Page 14: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

8 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

1.2.12 Aktiwiteit 3:

1.2.13 Om planne te beraam om mense in `n rampgebied te help

1.2.14 [LU 2.3]

1. Jy is die leier van `n noodleningspan wat deur die Rooikruis na `n tropiese sikloon-rampgebied gestuurword. Beraam `n plan om die mense wat geraak is te help. Watter maatreëls sal jy eerste tref? Hoeveel tydsal jou reddingsoperasie in beslag neem?

2. Watter voorsorgmaatreëls kan getref word om die uitwerking van tropiese siklone tot die minimumte beperk? Bestudeer die Amerikaanse Weerburo se sikloon-waarskuwingsplakkaat hiernaas om jou te helpmet jou antwoorde.

Page 15: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

9

Figure 1.5

1.2.15 Assessering

Page 16: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

10 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew-ingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, endie uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on-dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense enhulpbronne];2.3 identi�seer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Table 1.2

1.3 Aardbewings3

1.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

1.3.2 Graad 7

1.3.3 NATUURGEVARE

1.3.4 Module 3

1.3.5 AARDBEWINGS

1. Die voorkoms en ontstaan van aardbewingsEen wetenskaplike wat self `n sterk aardbewing ervaar het, het op `n keer vertel dit het vir hom gevoel

of die hele wêreld `n mat geword het wat `n slag of wat goed geskud en toe weer neergegooi is. Die mense,die geboue, die berge - alles en almal was niks meer as sto�es in daardie mat nie, het hy gesê.

[uit Huisgenoot se Jongspan , 21 Mei 1987]Jy moet onthou dat die aardkors opgebou is uit groot plat rotsplate. Hulle is kilometers dik en dryf

bo-op die dik, warm massa magma van die mantel. Hierdie bewegings is baie stadig en `n mens kan dit nievoel nie. Die rotslae van die aardkors wat nader aan die mantel lê, is warmer en buig maklik. Nader na dieoppervlak van die aarde is die gesteentes kouer en dus harder.

Waar die aardplate mekaar ontmoet, bots hulle of skuur hulle teen mekaar. Wat ook al die rede virdie bewegings in die rotse is, sal hulle nie net buig of plooi nie. Hulle breek letterlik af soos wanneer jy `nstukkie hout in twee sal breek. Die aardkors kan vir `n tyd lank die spanning en druk weerstaan wat deurdie bewegings binne-in uitgeoefen word. Skielik kan dit nie verder plooi nie en breek af. `n Verskuiwing vanrotslae vind plaas en mense ervaar dit as `n aardbewing. `n Verskuiwingslyn word gevorm wat selfs bo-opdie aardoppervlakte gesien kan word.

Aardbewings duur slegs `n paar minute en naskokke kom ook nog vir `n tydjie daarna voor.Die bekende San Andreas-verskuiwingslyn loop dwarsdeur San Francisco in die Amerikaanse staat Kali-

fornië. Miljoene mense woon hier en is bewus van die gevare.In �guur 5 word aangetoon hoe die reuse rotsblokke baie stadig by mekaar verby skuif (5 � 7 cm per

jaar). As die kante aan mekaar vashaak (spanning word te hoog), skuif die rotse skielik en breek af. Diegevolg � `n aardbewing het voorgekom.

3This content is available online at <http://cnx.org/content/m24419/1.1/>.

Page 17: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

11

Die San Andreasverskuiwingslyn

Figure 1.6

`n Seismograaf word gebruik om die sterkte van `n aardbewing te meet

Page 18: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

12 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Figure 1.7

1.3.5.1 Aktiwiteit 1:

1.3.5.2 Om `n model van `n aardbewing te bou

1.3.5.3 [LU 2.1, 2.3]

1. Maak `n model van `n aardbewing: Werk in groepe. Kry twee ewe dik houtplanke en plaas hullelangs mekaar. Maak boublokke van karton wat bakstene, huise of geboue voorstel. Plaas die boublokke oordie verskuiwingslyn (daar waar die twee houtplanke aanmekaar raak). Trek nou die planke weg van mekaarof in teenoorgestelde rigtings.

Page 19: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

13

Figure 1.8

2. Verduidelik wat presies met die blokke gebeur?3. Wat word die verskillende stukke (die twee houtplanke) waaruit die aardkors opgebou is, genoem?4. Wat dink jy kan gedoen word om geboue meer bestand teen aardbewegings te maak. Hou `n groepbe-

spreking en doen dan verslag aan die klas.

1.3.6 Waar kom die meeste aardbewings dan voor?

Aardbewings kom veral voor op die rand van die aardplate � daar waar die aardplate stadig na of van mekaarbeweeg. Die bewegings veroorsaak dan aardbewings in die lande bo die rand van die plate. Lande wat indie middel van die plate lê, word nie ernstig deur aardbewings bedreig nie.

Suid-Afrika lê in die middel van `n aardplaat en sal dus nie sommer `n groot aardbewing beleef nie.Nogtans is roeringe in die aardkors se mantel ook hier aanwesig. Dink maar aan die Bolandse aardbewingsby Ceres in 1969, wat baie skade aangerig het, asook die aardbewings by Stilfontein in Maart 2005.

In die volgende leereenheid oor vulkane sal jy op die kaart sien dat aardbewings en vulkane op dieselfdeplekke voorkom.

1.3.6.1 Aktiwiteit 2:

1.3.6.2 Om op `n wêreldkaart die areas aan te dui waar aardbewings voorkom

1.3.6.3 [LU 2.1]

• Teken die wêreldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur ditdan rooi in.

2. Die uitwerking (gevolge) van aardbewings op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteiteLees die meegaande tydskrifartikel sorgvuldig deur.

Page 20: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Jy loop so ewe rustig in `n straat in jou stad of dorp en skielik begin die grond om jou golf soos `n damwaarin `n klip gegooi is.

`n Vreeslike dreuning, byna soos `n weeklaag, styg van die aarde uit op. Om jou tuimel die geboue sooskaarthuise inmekaar, en voor jou bars die teerstrate oop soos lang repe sagte, geskeurde karton.

Spoorlyne buig en skeur, brûe stort ineen, damwalle breek. Mense en motors val in die grootste skeure.Dit gaan weer toe, en hulle verdwyn vir altyd. Oral stort bakstene, betonblokke, balke en pilare neer opmense, wat heen en weer skarrel en skuilplek soek wat daar nie is nie.

Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word. Water stroom uit gebarste pype.Vensters se ruite het verbrokkel tot vlymskerp skerwe tussen die rommel om die ellende nog erger te maak.Alleraakligste natuurramp! Verskrikking soos die mens hom van die vroegste tye af ken. `n Aardbewing!

Huisgenoot, Jongspan, 21 Mei 1987.`n Aardbewing soos dié is `n baie ernstige ramp, maar gelukkig is almal nie so intens nie. Daar is omtrent

elke 30 sekondes `n trilling in die aardkors, maar slegs 500 per jaar word regtig gevoel. Gelukkig is dit slegs`n paar wat af en toe baie skade aanrig en duisende lewens eis.

1.3.6.4 Aktiwiteit 3:

1.3.6.5 Om die gevolge van aardbewings te bespreek

1.3.6.6 [LU 2.1, 2.2]

1. Lees die tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek in groepe die gevolge wat aardbewings het op:a) Die mensb) Die natuur2. Versamel foto's, prentjies en uitknipsels van aardbewings. Bring dit na jou klaskamer en hou `n

bespreking. Vul jou aantekeninge daarmee aan.3. Lees die volgende paragraaf oor Tsoenami's. Versamel kaarte, foto's en ekstra inligting oor die uiters

vernietigende tsoenami wat op 26 Desember 2004 in Suid-Asië voorgekom het. Skryf `n volledige verslagdaaroor.

Tsoenami � nog `n gevolg van aardbewings!As die rotslae op die oseaanvloer skielik beweeg, word die oorliggende seewater ook beïnvloed en `n golf

ontstaan in die see wat teen 800 km per uur kan beweeg. Sodra die golf die vlakker baaie van kusgebiedenader, dam dit hoër op en kan tussen 30 � 60 meter hoog wees. Dit rig baie ernstige verwoesting aan omdathawens en dorpe langs die kus oorstroom en verwoes kan word.

3. Hoekom sommige mense `n hoër risiko as ander isAs jy kyk na die wêreldkaart (�guur 8 op p. 34) waarop die aardplate aangedui word, sal jy sien dat van

die digsbevolkte areas van die wêreld op van hierdie verskuiwingslyne voorkom. Geweldige lewensverlies kandus voorkom, indien `n aardbewing sou voorkom

In ontwikkelde lande soos Europa, die VSA en Japan kan `n aardbewing nog redelik hanteer word enverliese kan geminimaliseer word. Geboue, paaie en brûe word spesiaal ontwerp en gebou om aardbewingste kan trotseer. Hierdie lande se infrastruktuur is uiters goed ontwikkel en daar bestaan doeltre�endegesondheidsorg- en mediese dienste wat onmiddellik beskikbaar is in noodtoestande.

In die ontwikkelende dele van die wêreld is dit egter `n ander storie. Baie lewens word geëis en omtrentalle konstruksies word vernietig. Geboue is op die goedkoopste manier gebou en verkrummel eenvoudig onderdie krag van n aardbewing. Duisende word dakloos, honger en beseer gelaat. Die infrastruktuur is van so `naard dat hulp nie betyds by die mense kan uitkom nie. Lyke begin ontbind en die drinkwater word besoedel.Dit veroorsaak weer siektes wat die dodetal verhoog.

Page 21: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

15

1.3.6.7 Aktiwiteit 4:

1.3.6.8 Om die redes te bespreek waarom mense in gebiede woon waar aardbewings voorkom

1.3.6.9 [LU 2.2]

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar aardbewings is? Dink goed hieroor na en geedan jou eie opinie.

2. Waar sal jy wegkruip as `n aardbewing jou omgewing tref?4. Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarverminderingKan aardbewings voorspel word?Ongelukkig is dit nie honderd persent moontlik nie. Tog word intense studies van die aardkors gedoen

en sensitiewe instrumente verklik die kleinste beweging wat in die aardkors voorkom.Wetenskaplikes gebruik spesiale metodes en toerusting, byvoorbeeld seismograwe, om aardbewings te

bestudeer en te probeer voorspel. Seismograwe kan enige beweging van die aardkors waarneem. Indienvoorskokke voorkom, kan wetenskaplikes bewus word van aktiwiteite in die aardkors en waarskuwings kanbetyds uitgereik word. Sekere satelliete is ook in staat om bewegings van die aardkors waar te neem ensodoende kan waarskuwings ook uitgereik word.

Ander �onwetenskaplike� metodes van waarskuwing kan ook nuttig wees om moontlike aardbewings tevoorspel, byvoorbeeld:

• die verandering in die watervlak van ondergrondse bronne, soos dié van `n waterput;• die skielike vreemde gedrag van diere.

Die moontlike suksesvolle voorspelling van aardbewings help dat waarskuwings gegee kan word sodat ontru-iming betyds kan geskied. Sodoende word lewensverliese beperk. Of almal na die waarskuwings luister, isnatuurlik `n ope vraag.

Onthou net � alle aardbewings kan nie voorspel word nie , want dit gebeur te vinnig � sonder enigevoorskokke of voortekens.

1.3.6.10 Aktiwiteit 5:

1.3.6.11 Om `n lys van noodmaatreëls in geval van `n aardbewing op te stel

1.3.6.12 [LU 2.3]

Verbeel jou jy bly in `n area waar daar baie aardbewings voorkom (`n swak plek in die aardkors).Stel `n lys met noodmaatreëls op wat gedoen kan word voor, tydens en na `n aardbewing voorgekom het.Teken `n wêreldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit

dan rooi in.

1.3.7 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

continued on next page

Page 22: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

16 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew-ingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, endie uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on-dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense enhulpbronne];2.3 identi�seer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Table 1.3

1.3.8 Memorandum

Aktiwiteit 1:

1. Bou `n model.

Die onderwyser moet sorg vir twee ewe dik houtplanke en 7 - 9 boublokke wat uit karton gemaak word. Volgdie aanwysings soos uiteengesit in Leereenheid 4, bladsy 5, om die eksperiment uit te voer.

1. Sodra die planke weg van mekaar af, in teenoorgestelde rigtings, getrek word, begin die boublokke ookskuif. As die beweging van die planke verder aanhou, tuimel die boublokke inmekaar.

2. Die twee houtplanke verteenwoordig twee verskillende aardkorsplate, waaruit die aardkors opgebou is.

4. Sien uitknipsel oor aardbewings en ontwerp van geboue en voeg hier in as die memo asseblief. Leerderskan ook hul eie opinie gee. (Sien saamgestuurde nota vir antwoord.)

Aktiwiteit 2:Laat leerders die wêreldkaart afteken. Die onderwyser kan ook `n buitelynkaart van die wêreld aan

leerders voorsien. Leerders dui in rooi aan waar aardbewingsareas in die wêreld voorkom.Aktiwiteit 3:

1. a) Die mens:

• Baie mense sterf of word ernstig beseer.• Miljoene rande se skade word aangerig.• Geboue stort ineen of groot skade word aangerig.• Teerstrate �buig� en skeur oop.• Spoorlyne buig en ruk uitmekaar.• Brûe stort ineen.• Damwalle breek.• Brande breek uit omdat elektriese kabels en gaspype afgebreek word.• Kragonderbrekings dompel die area in duisternis.• Water stroom uit gebarste pype en veroorsaak oorstromings en `n tekort aan vars water.• Rioolpype breek af en veroorsaak besoedeling wat weer gesondheidsgevare inhou.• Telefoonverbindings word verbreek.• Bergpasse word versper as gevolg van rotsstortings.• Die land se ekonomie kry `n groot terugslag. Internasionale hulp word benodig vir heropbou.

1. b) Die natuur:

Page 23: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

17

• Rivierlope se vloeipatroon verander as gevolg van die verskuiwing. Die natuurlike omgewing word dusook sodoende verander.

• Bogrond teen berghange skud los en skuif teen helling af. Mense en geboue word hierdeur verswelg.• Die natuurlike plantegroei word sodoende vernietig en kan baie jare neem om te herstel. Intussen

veroorsaak die afwesigheid van plante teen die kaal hellings weer erosie.• Oorstromings rig verwoesting aan in laagliggende gebiede, indien `n aardbewing onder die see voorkom

en `n tsoenami veroorsaak.• Leerders bring foto's, prentjies en uitknipsels oor aardbewings na die klaskamer. Bespreek dit en vul

aantekeninge aan.

3. Tsoenami's Die Suid-Asië tsoenami van 26 Desember 2004.Studente versamel inligting hieroorSien webblad http:/iri.Ideo.columbia.edu-lareef/tsunamiAktiwiteit 4:1. Hoekom bly mense in dié areas?

• Aardbewings is nie `n alledaagse verskynsel nie. `n Sekere area word dalk een keer in `n leeftyd deur`n aardbewing getref en mense vat dus die kans en hoop dat dit nie met hulle sal gebeur nie;

• Baie van die �gevaarlike areas �is ook die tuiste van groot industriële en �nansiële sentrums. Daar isbaie werk en moontlike welvaart vir mense daar. Finansiële implikasies speel dus `n belangrike rol;

• Tradisioneel woon geslagte al lank daar (veral in ontwikkelende lande ) en hulle verskuif nie makliknie.

2. Wat om te doen tydens `n aardbewing.Daar is baie raad en wyshede hieroor:

• Beweeg so gou as moontlik uit die gebou.• As jy in `n hoë gebou bly, beweeg so gou as moontlik na die boonste vlak, sodat die gebou nie op jou

insak nie.• Bly weg uit die hysers van hoë geboue. Jy kan daarin vasgekeer word.• Skuil onder `n sterk betonbalk, indien beskikbaar of onder sterk, stewige meubels soos tafels.• Beweeg so vinnig moontlik na `n oop stuk veld waar vallende voorwerpe minimaal is.

Aktiwiteit 5:1. Noodmaatreëls voor `n aardbewing

• Luister daagliks na die radio en televisie. Indien trillings in die aardkors voorkom, sal daar onmiddellikwaarskuwings uitgesaai word.

• Sorg altyd vir `n gepakte rugsak met skoon klere, `n kombers of warm kledingstuk.

Page 24: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

18 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Page 25: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Chapter 2

Kwartaal 2

2.1 Vulkane1

2.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE

2.1.2 Graad 7

2.1.3 NATUURGEVARE

2.1.4 Module 4

2.1.5 VULKANE

1. Vulkane1.1 Die voorkoms en oorsake van vulkane.Die gesmelte rots onder die aarde word magna genoem. Wanneer dit op die aardoppervlakte uitvloei,

word dit lawa genoem. Oor die presiese oorsake van vulkaniese uitbarstings dink die geleerde mense egternog nie eenders nie. Niemand kan in die hart van die aarde gaan kyk wat aangaan nie.

Ons weet wel dat die aardkors so swaar op die magma van die mantel rus, dat hierdie vloeibare rots bynasoos `n pitseer se pit deur `n swak plek in die aardkors na boontoe gedruk word. Hierdie gesteentes het `ntemperatuur van tussen 800ºC en 1 500º C.

As jy `n gaskoeldrankblikkie vat en jy skud dit, sal die koeldrank uitspuit as jy dit oopmaak. `n Vulkaanwerk presies dieselfde � gesmelte rots bars deur die swak plekke in die aardkors en die lawa, rotsblokke enas word die lug ingeskiet.

Die lawa stol en vorm nuwe rotse wat ons stollingsgesteentes noem.Party vulkane se lawa is baie loperig en vloei ver oor die oppervlakte voordat dit stol. Dun plate

stollingsgesteentes word so gevorm. Ander vulkane bou weer `n koepel op omdat die lawa taaier is en dusnie ver kan vloei nie.

Soorte vulkane1This content is available online at <http://cnx.org/content/m24420/1.1/>.

19

Page 26: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

20 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Figure 2.1

Figure 2.2

Page 27: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

21

Figure 2.3

Met `n geweldige uitbarsting kan die koepel se kop heeltemal weggeskiet word en `n oop gat ontstaan wat`n kaldera genoem word.

Vandag is daar maar ± 450 aktiewe vulkane op die aarde. Hulle hou gelukkig nie altyd aan met uitbarsnie en word dan rustende of passiewe vulkane genoem.

2.1.6 Waar kom die meeste vulkane voor?

Daar is sowat 500 vulkane in die wêreld en hulle kom net op sekere plekke voor. Hierdie plekke lê op dierand van die groot plate van die aardkors. As hierdie plate beweeg, ontstaan vulkaniese uitbarstings enaardbewings.

Page 28: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

22 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Figure 2.4

Die verspreiding van die vernaamste vulkaan- en aardbewinggebiede van die aardeWatter vulkane het die meeste verwoesting aangerig ?Die vulkaan wat die ergste verwoesting nog aangerig het, is Krakatoa in Indonesië. Dit het in 1883

uitgebars en meer as 36 000 mense het gesterf. Die knal is 5 000 km ver gehoor en die lugbesoedeling hetvir jare nog koperkleurige sonsondergange op die aarde veroorsaak.

Nog `n bekende voorbeeld van `n verwoestende vulkaan is die uitbarsting van berg Vesuvius, wat in 79n.C. die stad Pompeji in die Baai van Napels heeltemal onder vulkaniese rotse en as begrawe het.

2. Die uitwerking (gevolge) van vulkane op mense se lewens en hul sosio-ekonomiese aktiwiteiteIn die swart hemel van die nag vonkel duisende liggies. Op `n afstand lyk dit na `n ontsaglike vuurw-

erkvertoning soos die vulkaan in gloeiende rotse en strome van vuur ontplof. Rotse en as word die lug ingeskiet en veroorsaak lugbesoedeling.

Oor die rand van die krater kruip die rivier van rooi, rokende lawa � warm bloed van die lewende aarde,soos iemand dit al tre�end beskryf het.

Kilometers ver vloei dit miskien deur vrugbare valleie, verteer dit elke grashalm en selfs bome op sy pad.Maar ook huise verkrummel en stede word onder die voortstuwende gloed begrawe. Mense wat dit oorleef,vlug van die hange af ; warm as reën op hulle neer. Lewensverliese kom ook voor omdat mense versmoor asgevolg van die verstikkende swaelgasse en asreën wat ontstaan.

En op `n ander plek op aarde, op die verlate kaalte van die oop see, worstel `n vulkaan op uit die waterom binne `n kort tydjie vir hom `n plekkie in die son te verseker. `n Splinternuwe eiland is gebore. Tsunami'sontstaan en kan laagliggende baaie en eilande oorstroom en verwoes.

Onder die dobberende kors van ons woelige planeet is `n ander woelige wêreld van gesmelte gesteentes.Dié kan uitbars om hier bo te verwoes, maar soms verrassend, ook om dinge te skep. `n Proses wat deur dieeeue aan die gang is.

[Huisgenoot se Jongspan, 4 Junie 1987 ]

Page 29: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

23

Ons het reeds gesien dat vulkane ook positiewe gevolge kan hê. As die lawa stol, vorm stollingsgesteenteswaarin edelstene soos diamante gevorm word. Dit kan �nansiële welvaart vir `n land beteken.

As hierdie lawarots of stollingsgesteentes oor miljoene jare verweer, vorm dit vrugbare grond wat goed isvir die aanplant van gewasse. Voedsel word dus aan die wêreld voorsien.

Warmwaterbronne kom volop naby vulkane voor. Die warmwaterbronne is natuurlik groot toeriste-aantreklikhede. In kouer lande word dit selfs gebruik om warm water aan geboue te verskaf en ook vir dieverhitting van geboue.

2.1.6.1 Aktiwiteit 1:

2.1.6.2 Om die gevolge van vulkane op mense en die omgewing te bespreek

2.1.6.3 [LU 2.1, 2.2]

1. Lees die voorafgaande tydskrifartikel sorgvuldig deur. Bespreek nou in groepe die gevolge wat vulkanehet op:

a) Die mensb) Die omgewing

1. Versamel prentjies, foto's en uitknipsels van vulkane. Bring dit na jou klaskamer en hou besprekingsdaaroor. Vul jou aantekeninge daarmee aan.

3. Hoekom sommige mense 'n hoër risiko as ander isRampe ken geen perke nie, maar as jy na �guur 8 kyk, sal jy sien dat vulkane meer dikwels in sekere

areas voorkom as in ander.Mense maak dus `n bewustelike keuse om naby `n vulkaan te bly. Soms is daar selfs baie digbevolkte

gebiede baie naby `n vulkaniese area. Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en �nansiële welvaart telbaie keer meer as veiligheid teen die potensiële gevaar van `n vulkaan wat moontlik kan uitbars.

Net soos by aardbewings kan ontwikkelde gebiede die impak van `n vulkaan baie beter hanteer.Waarskuwings kan betyds uitgesaai word en ontruiming kan vooraf plaasvind. Nasorgdienste is bykansonmiddellik beskikbaar en menselewens kan betyds gered word.

Dit is egter waar digbevolkte gebiede in die ontwikkelende lande naby `n vulkaan gekonsentreer is datdaar groot probleme ontstaan. Kommunikasiestelsels is baie swak en vroegtydige waarskuwings kan nie bydie mense uitkom nie. Gesondheidsorg is baie swak en nooddienste kom bykans nie voor nie. Brande watuitbreek, verwoes lewens en eiendom. Nasorgdienste is swak en baie mense sterf omdat hulle nie betydsgehelp word nie.

4. Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarverminderingWetenskaplikes bestudeer ook gedurig die aktiewe vulkane van die wêreld en probeer voorspellings maak.

Soms is hulle suksesvol, maar baie keer nie. Ons kan nie sien wat in die dieptes van die aardkors aangaannie en daarom is die daarstelling van nasorg- en noodmaatreëls so belangrik in vulkaniese gebiede.

2.1.6.4 Aktiwiteit 2:

2.1.6.5 Om te besin oor noodmaatreëls in vulkaniese gevaargebiede

2.1.6.6 [LU 2.3]

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar vulkaniese uitbarstings voorkom ? Dink goedhieroor na en gee dan jou opinie.

2. Verbeel jou jy bly in `n area waar daar vulkaniese uitbarsting voorkom. Stel `n lys met noodmaatreëlsop wat in werking gestel moet word voor, tydens en na `n uitbarsting.

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting. Hou klasbesprekings daaroor ennoem die gevolge wat dit gehad het.

4. Watter hulp is deur die eerstewêreldlande aan hierdie mense gebied? Kon meer gedoen word?

Page 30: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

24 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Interessante feitDie ontsaglike krag wat in ons aarde se ingewande voorkom, laat `n mens eintlik bang word en laat jou

aan die dood en verwoesting wat dit saai, dink.Kom ons sluit egter positief af. Dalk kan ons nog eendag dié kragte inspan vir `n gerie�iker lewe op aarde.

Ons kan dalk maniere vind om hierdie krag te tem en elektrisiteit daarmee op te wek. Dink aan die impakwat so `n nuwe energiebron op ons bestaan kan hê!

`n Webblad soos die volgende bevat nogal interessante inligting oor vulkane:http://volcano.und.nodak.edu/2

2.1.7 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew-ingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, endie uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on-dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense enhulpbronne];2.3 identi�seer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Table 2.1

2.1.8 Memorandum

Aktiwiteit 1:1. a) Die mens

• Lawa verteer en /of laat huise en stede verkrummel.• Mense word deur die lawa verswelg.• Ander word deur die verstikkende swaelgasse en asreën verswelg en versmoor.• Mense verdrink as gevolg van tsoenami's wat oor laagliggende gebiede ingespoel word.

b) Die natuur

• Die natuurlike omgewing word geheel en al verwoes of verander deur `n vulkaan.• Rotse en as wat die lug ingeslinger word, veroorsaak lugbesoedeling.• Lawa vloei oor vrugbare valleie en verteer alle plantegroei.• Vuurwarm modderstrome verswelg stede en mense.• Tsoenami's ontstaan in die see en kan laagliggende gebiede en eilande oorstroom.

• Nuwe eilande ontstaan as gevolg van vulkaanuitbarstings onder die see.

2http://volcano.und.nodak.edu/

Page 31: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

25

• Die natuurlike omgewing word omskep in iets nuuts. Stollingsgesteentes ontstaan, wat oor miljoenejare baie vrugbare grond vorm vir voedselproduksie.

• Edelgesteentes word in stollingsgesteentes gevorm, soos diamante. Dit kan groot �nansiële implikasiesvir `n land inhou.

• Warmwaterbronne is volop naby vulkane en lok toeriste. Die warm water word ook vir verhitting vangeboue aangewend.

2. Leerders bring foto's, prentjies en uitknipsels van vulkane na die klaskamer. Hou `n klasbespreking en vulaantekeninge aan.

Aktiwiteit 2:1. Mense neem `n bewuste besluit om naby `n vulkaan te bly.Ekonomiese oorwegings soos werkvoorsiening en �nansiële welvaart tel baie keer meer as die potensiële

gevaar van `n nabygeleë vulkaan.2. a) Voor `n vulkaniese uitbarsting

• Vulkane word deur seismograwe gemonitor en waarskuwings word uitgereik.• Areas moet ontruim word, indien voortekens voorkom.• Mense woonagtig in sulke areas moet altyd sorg dat hul noodvoorrade byderhand het.

b) Tydens `n vulkaniese uitbarsting

• Mense moet so vinnig as moontlik uit die area wegkom.• Luister gedurig na nuusberigte sodat die verloop van die uitbarsting gevolg kan word.• Dra gasmaskers as beskerming teen swaelgasse.

c) Na `n vulkaniese uitbarsting

• Opruiming van die area moet geskied en hulpverska�ng moet verleen word deur eerstewêreldlande.

3. Versamel koerantberigte oor enige onlangse vulkaniese uitbarsting en hou `n klasbespreking.4. Eerstewêreldlande verleen �nansiële hulp na so `n ramp.Hulle stuur ook so spoedig moontlik noodspanne om te help met opruiming, mediese dienste en voed-

selvoorsiening.

2.2 Droogtes3

2.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

2.2.2 Graad 7

2.2.3 NATUURGEVARE

2.2.4 Module 5

2.2.5 DROOGTES

1. Droogtes1.1 Die voorkoms en ontstaan van droogtes1.1.1 Wat is droogtes?`n Droogte is `n aanhoudende en langdurige tydperk waartydens daar geen neerslag voorkom nie. Dit

hang dus saam met `n gebrek aan water, maar dit lei nie altyd tot `n ramp nie. Dit is die verhouding tussendie gemeenskap en sy omgewing wat bepaal of `n droogte in `n ramp sal ontaard of nie. Eenmalige droogteskom selde skielik voor. Dit bekruip `n gemeenskap gewoonlik oor `n tydperk van jare.

3This content is available online at <http://cnx.org/content/m24421/1.1/>.

Page 32: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

26 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

1.1.2 Waar kom droogtes voor?Bestudeer �guur 1 op bl. 2. Dit is `n wêreldkaart wat aandui waar die meeste droogtes voorkom. Jy

sal opmerk dat sekere lande meer deur droogtes getref word as ander, maar dat die Afrika-kontinent, Indië,China, Suid-Amerika en Australië die swaarste gebuk gaan onder ernstige droogtes.

Figure 2.5

2.2.6 Aktiwiteit 1:

2.2.7 Om die droë streke van Suid-Afrika te bestudeer

2.2.8 [LU 2.1]

• Bestudeer �guur 2 oor die droë streke van Suid-Afrika en beantwoord dan die vrae wat volg.

Page 33: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

27

Figure 2.6

a) Maak `n skatting watter persentasie van Suid-Afrika `n neerslag van minder as 500 mm per jaar kry.b) Waar in Suid-Afrika is die waarskynlikheid die grootste dat droogtes sal voorkom? Hoekom?c) Waar in Suid-Afrika is dit die minste waarskynlik dat droogtes sal voorkom? Hoekom?d) Noem die maniere waarop `n boer in die Noord-Kaap voorsorg kan tref vir toekomstige droogtes.1.1.3 Wat veroorsaak droogtes?Water is noodsaaklik vir lewe op aarde. `n Droogte ontstaan as gevolg van `n tekort aan water. Baie

mense dink dat `n droogte net ontstaan omdat dit nie reën nie. `n Afname in neerslag veroorsaak weldroogtes, maar dit is nie die enigste oorsaak nie.

Bestudeer tabel 1 wat aantoon hoe ander faktore rampspoedige toestande wat met droogtes verband hou,kan veroorsaak.

Tabel 1:

Page 34: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

28 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Figure 2.7

Klimaatsverandering het dus wel te doen met droogtes, maar swak omgewingsbestuur het `n groterinvloed op die rampspoedige invloed van `n droogte.

1.2 Die uitwerking (gevolge) van droogtes op die lewens van mense en hul sosio-ekonomiese aktiwiteiteGedurende `n tydperk van ongeveer 10 jaar word ongeveer 60 miljoen mense wêreldwyd deur droogtes

gea�ekteer en hierdie syfer is steeds besig om te styg. In die 1990's is 35 miljoen mense in Afrika alleen deurdroogtes geraak. Wat sal die situasie wees in die jare wat voorlê?

Bestudeer die volgende lys van gevolge van droogtes:geen wisselboumisoestehongersnood: minder voedsel geproduseerlewensverliesputte droog op as gevolg van verlaagde watertafellewende hawe word op groot skaal geslag: vleispryse daalhidro-elektriese aanlegte kan ophou werk: kragpryse stygongeskoolde arbeiders verdien min inkomste: armoedewaterbeperkings word ingestelnywerhede word deur `n gebrek aan water benadeelplantegroei vrek en verdwynstofkomme ontstaan op kaal grond en lugbesoedeling verergerwerkers verloor hul poste en het geen inkomste om van te lewe nie: werkloosheid veroorsaak misdaadgroeiende bevolking plaas meer druk op die omgewing en `n rampspoedige mallemeule ontwikkelwatervlakke van riviere en damme daal en sommige droog heeltemal op: visse vrekveroorsaak `n daling in die bruto binnelandse produk (BBP) van `n landverwoestyning van randgebiedemense word gedwing om uit droogte-geteisterde areas te migreer: baie ongeskoold

Page 35: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

29

2.2.9 Aktiwiteit 2:

2.2.10 Om die uitwerking van droogtes op gebiede en mense te bekyk

2.2.11 [LU 2.3]

• Gebruik die inligting van hierdie afdeling om die volgende vrae te beantwoord:

Persentasie woestyn- en halfwoestyngebiede van Afrika:

1. Watter kontinente word die meeste deur droogtes geraak?2. Hoe sal mense, woonagtig in droogte-geteisterde gebiede, die meeste geraak word? Probeer bostaande

lys aanvul met jou eie idees en kennis.3. Verduidelik die volgende stelling: Droogtes kan veroorsaak en selfs vererger word deur aktiwiteite van

mense.

1.3 Hoekom sommige mense `n hoër risiko as ander isDit is belangrik om te onthou dat dit die verhouding tussen die mens en sy omgewing is wat bepaal of

die droogte in `n ramp gaan ontaard.As ons weer na �guur 1 (wêreldkaart van waar droogtes die meeste voorkom) kyk, sal ons sien dat droogtes

meesal voorkom in die armer, ontwikkelende lande van die wêreld. Waarom?

• As gevolg van hul agtergeblewenheid glo hulle dat mag nog steeds in getalle lê en dat ouers baie kindersmoet hê wat eendag na die ouers kan omsien. Dit veroorsaak baie geboortes en `n groeiende bevolking.

• Voedsel word slegs vir eie huishoudelike gebruik gekweek. Geen bemesting word toegedien nie. Oorjare verarm die grond en die oesopbrengste verlaag. Minder voedsel word geproduseer.

• Grond word oor `n lang tydperk wangebruik en geen kunsmis word bygevoeg nie.• Besproeiing, indien beskikbaar, word verkeerdelik aangewend en vererger erosie.• Die besit van `n veekudde is vir die mense van groot belang, want dit verteenwoordig groot rykdom. Te

veel vee word op `n stuk grond gelaat en oorbeweiding veroorsaak vernietiging van plantegroei, sodaterosie intree.

• Erosie verwyder die vrugbare bo-grond, die grond verarm en die produksie verlaag verder.• Arm mense het ook nie elektriese krag tot hul beskikking nie en moet van brandhout gebruik maak vir

hitte. Baie bome word dus vernietig vir brandhout. Dit benadeel weer die grond se waterhouvermoëen water verdamp vinniger.

Rampdroogtes kom ook in ontwikkelde gebiede voor, soos tans in die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Ons kanegter sê dat vermoënde mense minder deur droogtes geraak word. Hulle kan oorleef omdat hulle ander bateshet wat hulle deur die moeilike tye kan dra. Die groot, ryk boere en/of maatskappye is egter soms self besigom die omgewing te vernietig met hulle enorme ontwikkelings.

1.4 Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarverminderingAs jy die koerant lees of na die nuus luister of kyk, sal jy sonder twyfel van `n droogtetoestand iewers

in Suid-Afrika kennis neem. Kyk weer na �guur 2 wat die droë streke van Suid-Afrika aantoon. Dis dus nieverbasend dat Suid-Afrika baie droogtes sal beleef nie.

Is daar moontlike oplossings vir die droogte-probleem? Sulke stappe is nie altyd uitvoerbaar nie, maarsluit in:

• bou van damme om water op te gaar• sink boorgate en rig windpompe op• ontsouting van seewater• watervoorsiening deur middel van pypleidings• die smelt van ysberge• wolkbesaaiing en reënmakery• bevolkingsbestuur

Page 36: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

30 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

• versigtige bestuur van grond en waterbronne• beheer van gronderosie• aanplant van bome• droogte-bestande saad om grond te probeer herwin

2.2.12 Aktiwiteit 3:

2.2.13 Om `n gevallestudie oor `n ernstige droogte wat die land getref het, tedoen

2.2.14 [LU 2.3]

• Doen `n gevallestudie van `n baie ernstige droogte wat Suid-Afrika getref het. Vergelyk dit met dieinligting wat jy tot dusver opgedoen het en skryf dan `n opstel oor:

a) die oorsake

a) die gevolge

c) die moontlike oplossings vir rampspoedige droogtes

2.2.15 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgew-ingskennis en -begrip te toon.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, endie uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 on-dersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense enhulpbronne];2.3 identi�seer hoe risiko's en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Table 2.2

2.2.16 Memorandum

Aktiwiteit 1:

a) Ongeveer 60%b) Noordwes-Kaap en die Karoo

1. Die area lê ver wes van die reënryke ooskus waar warm, vogtige lug die land instroom. Soos die warm,vogtige lug weswaarts beweeg, reën dit in die oostelike berglandskap, sodat die meeste van die vog dus nooitdie westekant van die land bereik nie.

Page 37: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

31

2. Die weskus lê ook langs die Atlantiese Oseaan met sy koue Bengula-seestroom waar opwaartse lug-beweging en kondensasie nie moontlik is nie (slegs warm lug beweeg opwaarts). Reën kan dus nie maklikgevorm word nie.

3. Verdamping uit die grond, damme en gewasse is ook groot in die droë westelike areas.c) Die oostelike dele van Suid-AfrikaDie ooskus lê langs die Indiese Oseaan waar die warm Mosambiek-seestroom vloei. Die lug bo-op die

water word dus ook verhit, styg op, kondenseer en vorm wolke wat die land ingewaai word en reën bring.Oos van die Drakensberge sal dit dus meer reën as gevolg van die topogra�ese aard van die land. Aan diewestekant van die Drakensberge sal die reën weswaarts afneem soos die lug droër word. Die vogtige lug wordtydens die somer oor die berge gestoot as gevolg van die verhoogde kondensasievlak (lug wat meer waterbevat, is ligter). Reën aan die westekant van die berge kom dus in die somer voor.

d) 1. Bou van damme om water op te gaar.2 Ontsouting van water.3. Grawe boorgate en rig windpompe op.4. Lê water aan met pypleidings.5. Die versigtige bestuur van die grond en verstandige, toepaslike boerderymetodes.6. Beheer van gronderosie. Minder vee per hektaar sal oorbeweiding beperk en gronderosie voorkom.7. Aanplant van bome en ander gewasse.8. Saai van droogtebestande saad.

• Die mensdom se gedrag moet in totaliteit verander en almal moet meer betrokke raak by omgewings-bewaring.

Aktiwiteit 2:

1. Afrika, Suid-Amerika, Indië, China en Australië.2. Vul bestaande lys aan met eie idees.3. Aktiwiteite deur mense soos:

• oorbeweiding van grond;

• oorbewerking van grond;• verwydering van bome en totale ontbossing van areas;• bevolkingsdruk op die gebied as gevolg van oorbevolking; swak besproeiing wat versouting en / of

verkalking van die grond veroorsaak, vererger die e�ek van droogtes. (Die sout in die grond wordboontoe gestoot weens `n styging van die watertafel wat deur besproeiing veroorsaak word.)

Die algehele e�ek van hierdie menslike aktiwiteite is dat `n produktiewe land in `n droë, onvrugbare gebiedkan verander. Hierdie toestande word dikwels deur droogtes vererger.

Aktiwiteit 3:Leerders doen eie navorsing oor `n spesi�eke droogte wat Suid-Afrika getref het. Dink hier maar aan die

droogte wat die Suidwes-Kaap in 2004/ 2005 getref het.

• Skryf `n opstel onder die volgende opskrifte:

a) Oorsakeb) Gevolge

c) Moontlike oplossings

Page 38: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

32 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

2.3 Faktore wat groei en verandering beinvloed4

2.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

2.3.2 Graad 7

2.3.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING

2.3.4 Module 6

2.3.5 Die faktore wat groei en verandering beïnvloed

2.3.5.1 Aktiwiteit 1:

2.3.5.2 Om vrae oor die verspreiding van die wêreldbevolking te beantwoord

2.3.5.3 [LU 1.5]

• Die wêreldbevolking is nie eweredig versprei nie. Hoekom nie? Bestudeer die wêreldkaart [�g. 2,bevolkingsverspreiding] en kaarte in jou atlas, en beantwoord die daaropvolgende vrae:

Figure 2.8

2. Die verspreiding van mense oor die wêrelda) Om watter rede is daar 'n yl bevolking by a, b en c?b) Om watter rede is die bevolking by d en e ook besonder yl?c) Het die Amasonerivier in Brasilië iets met die bevolkingsverspreiding in dié land te doen? (Verduidelik)

4This content is available online at <http://cnx.org/content/m24445/1.1/>.

Page 39: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

33

d) Verduidelik die oorsaak vir die bevolkingskonsentrasie in die noordoostelike hoek van Afrika.e) Sou julle sê dat Australië in die geheel gesien verstedelik is?3. BevolkingstruktureDie jong bevolking soos uitgebeeld met behulp van die bevolkingspiramide in �guur 1 was dié van Enge-

land en Wallis in 1881. Vyftig jaar later het die prentjie heelwat anders gelyk, en nog vyftig jaar later hetdit verdere verandering ondergaan. Die verandering word demogra�ese oorgang genoem.

Belangrike kenmerke van `n bevolking wat met `n tipiese piramide (met `n breë basis) aangetoon word,is (a) hoë geboortesyfer, (b) hoë sterftesyfer, (c) kort lewensverwagting.

Die toename in bevolking van enige groep (`n land of gemeenskap) word met die volgende formule bereken:

2.3.5.4 Bt = G � S (+ of � netto migrasie)

Bt is die BevolkingstoenameG is die GeboortesyferS is die Sterftesyferimmigrante word bygetel, enemigrante word afgetrekAs die Bt `n relatief hoë syfer is, sal die bevolkingstruktuur as `n piramide met `n opvallend breë basis

aangetoon word.Migrasie geld nie net vir lande nie, maar ook vir bepaalde gemeenskappe binne lande.

2.3.5.5 Aktiwiteit 2:

2.3.5.6 Om `n a�eiding wat betrekking het op bevolkingstoename te maak

2.3.5.7 [LU 3.2]

Is dit moontlik dat die Bt nie `n toename nie, maar `n afname kan beteken? Motiveer jou antwoord.

2.3.5.8 Aktiwiteit 3:

2.3.5.9 Om die verskille in bepaalde bevolkings in piramides voor te stel

2.3.5.10 [LU 3.2]

• Wanneer geboortes en sterftes normaalweg voorkom in gemeenskappe, en mits daar nie groot getallemense deur migrasie bykom of vertrek nie, sal die bevolkingstruktuur met `n taamlik �normale� piramidevoorgestel kan word, soos Figuur 1. Julle weet dit al, maar stel julle net `n smaller basis voor.

Binne dié normale gemeenskappe met hul �normale� piramides kan kulturele, sosiale en ekonomiese faktoretot gevolg hê dat die samestelling ten opsigte van ouderdomsgroepe en die verteenwoordiging van die geslagteverander. Die vorm van die piramide waarmee die bepaalde gemeenskap dan voorgestel word, sal van die�normale� een begin afwyk. As daar jaarliks `n paar duisend jong Turkse mans uit `n deel van Turkyeweggaan om in Duitsland, byvoorbeeld in die stad Munchen, te gaan werk, sal die strukture van die Turksestreek sowel as dié van Munchen mettertyd verander.

Figure 2.9

Page 40: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

34 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

a) Die piramide vir gemeenskappe met `n hoë geboortesyfer, hoë sterftesyfer en `n kort lewensver-wagting, sal steeds `n �normale� piramidevorm hê, maar met `n laer bopunt en opvallende inkepingsaan die kant.

Figure 2.10

b) Gemeenskappe en bevolkings met `n lae geboortesyfer, `n ewe lae sterftesyfer en `n lang lewensverwagting(`n welvarende gemeenskap met `n goeie lewensgehalte en mediese sorg), se piramide sal `n smallerige (smalleras (a) hierbo) basis hê en egalig afplat na die bopunt

Figure 2.11

a) Slegs primitiewe (wat nog in `n vroeë stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se -*geboortesyfersowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is `n redelik vinnigebevolkingsgroei.

Figure 2.12

c) Slegs primitiewe (wat nog in `n vroeë stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se geboortesyfersowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is `n redelik vinnige bevolk-ingsgroei.

Page 41: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

35

Figure 2.13

d) Die bevolkings van ontwikkelde lande (byvoorbeeld die meeste Wes-Europese state) het `n lae ge-boorte- en sterftesyfer. In sommige gevalle is die geboortesyfer laer as die sterftesyfer, wat `n negatiewebevolkingsgroei tot gevolg het. Die lewensverwagting is hoog. In hierdie geval praat ons van `n �ou� bevolking.

4. Hoekom vind verandering in bevolkings plaas?Vir die grootste deel van die bestaan van die wêreld was die verandering wat plaasgevind het, slegs

groei. Oor die hele wêreld het mense het net meer en meer geword. Maar vandag is dit nie meer oral diegeval nie. In sommige lande in Europa krimp die bevolking.

En as julle gedink het dat slegs (baie) vinnige groei in lande of streke probleme tot gevolg het, moet julleweer dink, want `n krimpende bevolking lei ook tot probleme! Dit is net `n ander soort probleem waarmeedie mense te kampe het.

Maar voordat ons aan die gevolge en uitdagings van verandering aandag gee, moet ons eers vasstel hoekomveranderinge plaasvind.

Hierbo is gesê dat sekere lande se bevolkings ook kan krimp, of afneem, maar die belangrikste redevir verandering is egter steeds die groei wat in die bevolking plaasvind. In die geheel gesien, groei diewêreldbevolking vandag.

Die meeste demograwe aanvaar dat die groei van die wêreldbevolking korrek met `n gra�ek soos die eenhier langsaan aangetoon kan word. Dit sê dat die wêreld se bevolking eers min was, dat dit gegroei het,maar ook dat die groei nie eweredig was nie � dit groei al vinniger! En dit is in die vinnige toename dat diegrootste uitdagings vir regerings opgesluit is.

Figure 2.14

2.3.5.11 Aktiwiteit 4:

2.3.5.12 Om in groepe die uitdagings wat op munisipale regerings wag t.o.v. bevolkingstoenamete bespreek

2.3.5.13 [LU 3.1]

a) Verdeel jul klas of werkgroep in twee � een groep kies `n dorp en die ander `n grootstad, en bespreeken lys die uitdagings wat op die munisipale regering wag as die bevolking (inwoners in hierdie geval) binnevyf jaar sou verdubbel.

• Noudat julle Aktiwiteit 4 gedoen het, kan julle seker begryp dat `n verandering in `n bevolking nieligtelik opgeneem moet word nie! Die verandering waarna julle in Aktiwiteit 1.4 gekyk het, was slegs

Page 42: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

36 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

toename, iets wat `n mens baie maklik kan verstaan. Onthou asseblief dat `n verdubbeling van diebevolking van `n munisipale gebied binne tien jaar baie vinnig is � eintlik die uitsondering. Toestromingna `n kleiner gebied binne `n groot munisipale gebied kan eerder verwag word.

• Verandering in bevolkings behels egter veel meer as toename of afname!• Bevolkings raak ook �ouer�, bevolkings kan �jonger � raak; die lewensverwagting van mense kan

verhoog; die sterftesyfer kan daal; die vrugbaarheid kan toeneem, en dies meer. Hierdie soortveranderinge staan ook nie los van mekaar nie � die een lei tot die ander, byvoorbeeld as die sterftesyferdaal, verhoog die lewensverwagting. So ook sal die bevolking of gemeenskap jonger raak as dievrugbaarheid toeneem. Hou ook in gedagte dat die verandering stadig en oor `n lang tydperkplaasvind!

• Belangrik om te onthou, is dat wanneer baie mense na `n bepaalde gebied verhuis, nie net die gebiedverander waarheen die mense gaan nie � ook die gebied waarvandaan die mense kom, ondergaanverandering! As `n baie groot deel van `n gemeenskap se jong mans permanent weggaan om elders tewerk, verander die struktuur van daardie gemeenskap, want dit raak ouer, én die persentasie vrouensin die jonger groep neem toe. En daardie jonger groep word later die ouer groep, en die groep manlikelede bly kleiner as die vroulike groep.

• Al die veranderings wat op die lang termyn, maar voortdurend, in bevolkings voorkom, word de-mogra�ese oorgang genoem.

5. Oorsaak en gevolgHierbo is gesê dat die veranderinge nie los staan van mekaar nie � die een lei tot die ander. Julle ken

waarskynlik ook die begrip oorsaaken gevolg. In hierdie stadium sal dit vir julle moontlik wees om lekkeroor oorsake en gevolge te dink. Julle kan ook al lekker redeneer; julle is mos nie verniet al in graad 7 nie!

2.3.5.14 Aktiwiteit 5:

2.3.5.15 Om die beste opsies t.o.v. bevolkingsveranderings te kies

2.3.5.16 [LU 3.2]

KIES DIE BESTE OPSIEOnderstreep die korrekte moontlikheid uit die woorde tussen hakies:1. As die vrugbaarheid van `n gemeenskap toeneem, sal die geboortes in daardie gemeenskap (afneem /

toeneem).2. Goeie mediese sorg vir die hele gemeenskap lei normaalweg tot `n daling in die (sterftesyfer / lewensver-

wagting).3. As die sterftesyfer in `n [primitiewe] gemeenskap baie hoog is, sal die geboorte-syfer ongetwyfeld (hoog

/ laag) wees.4. Wanneer `n gemeenskap gewoond is daaraan dat die staat vir hul bejaardes sorg, sal die neiging

ontstaan dat gesinne (kleiner / groter) sal word.5. `n Bevolking met `n hoë vrugbaarheid en lae sterftesyfer, sal (krimp / groei).6. Die bevolking van `n land wat erg deur die wêreldwye Vigs-pandemie geraak word, se (vrugbaarheid

/ lewensverwagting) sal daal.Op die oomblik is dit die ontwikkelende lande wat `n vinnige bevolkingsgroei ervaar, en waarvan

die bevolkingspiramide dus `n tipies jong bevolking toon. Ontwikkelde lande soos bykans alle Europesestate, die VSA en Kanada het egter ook `n tyd beleef toe die bevolking as jonk beskryf kon word. Hierdiestate het dus ook `n demogra�ese oorgang deurgemaak.

6. Demogra�ese oorgang, en hoe dit met bevolkingspiramides voorgestel wordHier volg `n beskrywing (as't ware `n geskiedenis) van die bevolkingstruktuur van Engeland en Wallis.

Dit is `n goeie voorbeeld van die verskillende stadiums waardeur `n bevolking normaalweg kan gaan.

Page 43: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

37

Figure 2.15

Figuur 5: BevolkingspiramidesVir eeue het die bevolking redelik konstant gebly. Die geboorte- sowel as die sterftesyfer was hoog, en

die lewensverwagting kort. Die piramide van hierdie groep het waarskynlik gelyk soos die een in Figuur 1(a) aan die begin van hierdie leseenheid.

1Ná die veranderinge wat die landbou- en nywerheidsrewolusie tot gevolg gehad het toe meer voedselas gevolg van meganisasie op die plase geproduseer is, en mense in fabrieke kon gaan werk vir `n inkomste,het die bevolking vinniger gegroei. Die geboortesyfer het die sterftesyfer geleidelik begin oortref as gevolgvan beter voeding, beter mediese sorg en beter sanitasie. Soos vroeër was gesinne steeds groot, maar omdatminder babas en jongmense gesterf het, het die totale bevolking `n �jong� karakter aangeneem.

2Vyftig jaar later het die bevolkingspiramide opvallend verskil van die vorige. Toe het `n laer vrugbaarhei-dsyfer tot gevolg gehad dat die jonger deel van die bevolking proporsioneel gekrimp het. Die laer groeikoersis veroorsaak deurdat vrouens kans gesien het en verkies het om minder kinders te hê, want hulle wou gaanwerk om die gesin se inkomste aan te vul. Boonop het die staat verantwoordelikheid vir die versorging vanbejaardes oorgeneem en was bejaardes nie meer aangewese op hul kinders nie. (Voorheen was die kindersdie �versekeringspolis vir die oudag�.)

3 Teen 1981, nog 50 jaar later, was die groep ter sprake duidelik al `n �ou� bevolking. Plaas `n liniaaldwars oor die drie piramides op bl. 12 sodat net die groepe 65 jaar en ouer sigbaar is. Julle sal duidelik sienhoeveel groter is hierdie groep as 50 en 100 jaar vroeër. Dit is ook duidelik dat die geboortes (vrugbaarheid)nóg meer afgeneem het, want tussen 1931 en 1981 het geboortebeperking `n alledaagse instelling geword.

2.3.6 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

continued on next page

Page 44: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

38 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo-ord];

1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagrammeen gra�ka, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].

LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale enomgewingsvraagstukke en �probleme te neem.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identi�seer, met `n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identi�seer die vraagstuk];

3.2 die faktore identi�seer wat tot bevolkingsgroei en �verandering bydra [faktore wat die vraagstuka�ekteer];

3.3 prosesse identi�seer wat bevolkingsgroei en �verandering op verskillende plekke a�ekteer [faktore watdie vraagstuk a�ekteer];

3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en �verandering in `n spesi�ekekonteks te reageer [maak keuses].

Table 2.3

2.3.7 Memorandum

Aktiwiteit 1:a) warmwoestyneb) yswoestynec) Die Amasone maak die binneland toeganklik; nou vestig die mense hulle langs die rivier en sy ver-

naamste sytakke.d) Dit is weens die teenwoordigheid van die Nyl (in die omliggende woestyngebied).e) Australië is verstedelik, want die meeste mense woon in stede en dorpe.Die kaart dui so `n verspreiding aan.In Australië woon tussen 85% en 90% van die bevolking in stede of groterige dorpe.

2.3.7.1 Aktiwiteit 2:

a) As minder geboortes as sterftes voorkom, kan dit `n afname beteken, maar ook as daar meer menseemigreer as wat die geboortes aanvul.

b) Indië se piramide sal die meeste verskil.(a) Die belangrikheid van die piramides as sodanig is omdat `n piramide `n gra�ese voorstelling is wat

baie inligting met min woorde verskaf.(b) Deur elke keer na die verandering in die piramides te verwys, hoop die skrywers om inligting oor

bevolkingstrukture op `n maklike manier aan die leerders oor te dra.Dit moet ook nooit van leerders verwag word om `n piramide 100% akkuraat te kan teken nie; dit is die

algemene indruk wat korrek moet wees.Aktiwiteit 4:

Page 45: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

39

Die doel met hierdie aktiwiteit is om by die leerders tuis te bring dat `n drastiese toename soos ver-dubbeling in `n kort tyd ernstige gevolge vir enige regering inhou � plaaslik, provinsiaal of nasionaal! Nadie oefenig sal die leerder ook besef dat die probleme in die dorp en die stad eintlik maar eenders is � dieprobleme (uitdagings) is dieselfde, die omvang daarvan verskil net.

WatervoorsieningElektrisiteitsvoorsiening Die lewering van dienste, iets waarvoor lank vooruit beplanRiolering moet word, sal in baie gevalle �ineenstort�.Aanlê van strateDie verska�ng van behuising sal ook tekort skiet.Werkverska�ng sal `n baie groot probleem wees.Skole moet gebou word (nie primêr die funksie van die plaaslike regering nie).Misdaad sal toeneem, en dies meer.Aktiwiteit 5:1. toeneem2. sterftesyfer3. hoog4. kleiner5. groei6. lewensverwagtinga) Dit is `n syfer wat uitgewerk is toe `n groot groep vroue se voorkeure bymekaar getel en die gemiddeld

uitgewerk is.b) Twee kinders per gesin het tot gevolg dat die bevolking nie groei nie (staties bly), want die geboortes

kanselleer net die twee ouers uit as hulle eendag te sterwe sou kom.c) Wie gaan eendag die werk (baie soorte) doen? (Werkers van elders is nie die ideale oplossing nie!)

Huise, skole, en dies meer gaan ongebruik staan en verval gaan intree.

Page 46: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

40 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Page 47: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Chapter 3

Kwartaal 3

3.1 Hoekom mense migreer1

3.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

3.1.2 Graad 7

3.1.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING

3.1.4 Module 7

3.1.5 HOEKOM MENSE MIGREER

1. Hoekom migreer mense?Vir eeue al beweeg mense van hul woonplekke af na plekke waar hulle dink beter lewensomstandighede

op hul wag, behalwe in gevalle waar dit gedwonge verskuiwings is, en mense geen keuse het nie.Permanente verhuisings word grootliks deur die volgende beïnvloed:klimaat: (aangename temperatuur � tussen 10 ◦C en 30 ◦C � en gemaklike lugvogtigheid);ekonomie: (mense gaan waar geld te maak is, al is die klimaat onaangenaam);politieke besluite: ('n land se regering kan deur sy besluite 'n verskuiwing teweegbring).Maar daar is `n verdere keuse: in die stad of op die platteland?Die meeste van julle woon in stede of groot dorpe! Dit is `n feit, want meer as die helfte van ons land is

VERSTEDELIK. Dit beteken dat meer as 50% van ons land se mense in groot dorpe of stede woon.[Sulke syfers word met sensusopnames vasgestel.]

3.1.6 Aktiwiteit 1:

3.1.7 Om vrae oor bevolkingsdigtheid en verstedeliking te bespreek

3.1.8 [LU 1.2]

Bevolkingsverspreidingskaarte bevestig dat die mensdom op sekere plekke gekonsentreer is. Dit is natuurlikook waar van ons land. Eers sedert 50 jaar gelede kon ons sê dat die meeste mense in ons land in en omstede en baie groot dorpe saamgetrek is. In Suid-Afrika duur die migrasie van die platteland na die stadsteeds voort.

Statistiek oor hoe vinnig verstedeliking in die verlede in Europa plaasgevind het:1. Brittanje:1800 � 25% van die bevolking verstedelik

1This content is available online at <http://cnx.org/content/m24443/1.1/>.

41

Page 48: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

42 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

1900 � 75% van die bevolking verstedelik2000 � meer as 95%2. Die stad Milaan in Italië:Tussen 1951 en 1956 het die inwonertal van dié stad met 1,5 miljoen toegeneem! Nie minder nie as 70%

van hierdie nuwe intrekkers was uit die platteland van Suid-Italië afkomstig. Kan jy dink waarom? Noem`n soortgelyke voorbeeld in Suid-Afrika.

Het jy enige idee wat die bevolking van jou dorp of stad is? Die groeplede kan raai en daaroor argumenteeren dit neerskryf. Daarna kan julle die regte inligting opspoor en jul eerste antwoorde daarmee vergelyk.

Sou jy sê dat die bevolkingsdigtheid van jou woonplek besig is om toe te neem of af te neem? Gaan meermense weg, of trek meer mense daarheen as vroeër? Waaraan kan mens dit sien? Waarom gebeur dit? Ofbly dit konstant?

Gesels met jou ouers of ander inwoners hieroor. Vra `n amptenaar van die stadsraad of munisipaliteit, of`n streeksbeplanner om hieroor te kom gesels. (Uitnodigingsbrief skakel met taal).

1.1 Hoekom verkies mense `n stedelike leefwyse?Julle weet reeds dat verstedeliking `n wêreldwye verskynsel is. Soos die wêreldbevolking toeneem, groei

die behoefte aan woonplek. Daardie woonplek word oorwegend in stede en groot dorpe geskep, want ditis waar die meeste mense wil bly. Stede en groot dorpe word dus groter en groter, terwyl kleiner dorpiesmeestal kwyn.

Bestudeer die gra�ek en kyk waar ons land inpas. Hier word net `n paar lande genoem sodat julle kanvergelyk. Daar is state, eilandstate soos Singapoer en Bermuda, wat 100% verstedelik is. Monaco, die kleinstaatjie aan die Middellandse See, is ook 100% verstedelik. In werklikheid is dié staat `n stad!

3.1.9 Aktiwiteit 2:

3.1.10 Om in klein groepies vrae oor migrasie te beantwoord

3.1.11 [LU 1.5]

Afdeling A (Hierdie deel doen jy en jou bankmaat of julle klein groepie saam.)

• In Suid-Afrikaanse verband, dink aan redes hoekom mense:

a) in die land MIGREER:b) uit die land EMIGREER:c) na die land IMMIGREER:

Page 49: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

43

Verstedeliking In persentasie uitgedruk

10 20 30 40 50 60 70 80 90

Australië

Argentinië

Frankryk

Suid-Afrika

Namibië

Zimbabwe

Ethiopië

Table 3.1

Afdeling B (In hierdie deel word al die groepe se antwoorde op die skryfbord gelys � die aanvaardeantwoorde van die eerste groep, en daarna alle nuwe redes van die ander groepe.)

• Hou dan `n kort klasbespreking en besluit saam op die (drie tot vyf) vernaamste redes vir bin-nelandse migrasie (beweging in die land self) in Suid-Afrika. Skryf dit hieronder neer.

3.1.12 Aktiwiteit 3:

3.1.13 Om te bepaal waar mense wil woon � in die stad of op die platteland

3.1.14 [LU 3.3]

• Op die volgende bladsy word 15 frases alfabeties aangedui � sommige dui op die keuse om nie op dieplatteland te woon nie, terwyl die ander dui op die aantreklikheid van die stad. Die trek nadie stad behels dus gelyktydig die ontvolking van die platteland en verstedeliking.

Opdrag:Plaas `n O in die blokkie by die frases wat op die ontvolking van die platteland dui, en `n V in die

blokkies langs die frases wat op die aantreklikheid van die stad wys.

Page 50: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

44 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(a) Fabrieke bied baie werkgeleenthede

(b) Gebrek aan hospitale

(c) Genoeg goeie skole en kort afstande daarheen

(d) Gewoonlik hoër salarisse en lone

(e) Groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar

(f) Groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar

(g) Kan makliker van werk verander

(h) Kinders meestal ver van skole af

(i) Meganisasie lei tot minder werkgeleenthede

(j) Moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom

(k) Ruim verskeidenheid openbare vervoer

(l) Te lae lone in sommige gevalle

(m) Te stil vir mense wat baie van geselskap hou

(n) Voldoende gesondheidsdienste en hospitale

(o) Werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk

Table 3.2

2. Die oorsake en gevolge van die grootskaalse binnelandse migrasie in S.A.Bestudeer die vier koerantberigte wat hoofsaaklik oor die oorsake en gevolge van die migrasie tussen die

Oos- en die Wes-Kaap handel. Van die grootste uitdagings vir die provinsiale en plaaslike regerings word indie beriggies genoem.

WKOD IN GELDKNYP OOR KINDERS VAN ELDERS SY SKOLE OORSTROOMJorisna BonthuysKAAPSTAD - Die toestroming van duisende leerlinge van elders in die land na die Wes-Kaap dra by

tot oorvol skole en die provinsiale onderwysdepartement se geldelike verknorsing.Minstens 33 000 van die sowat 900 000 leerlinge in die Wes-Kaap kom van ander provinsies. Talle is van

die Oos-Kaap.Benewens die WKOD se jaarlikse begroting van R4,2 miljard is nog R800 miljoen nou nodig. Hoewel

58 skole sedert 1995 gebou is, is tot 2 500 klaskamers (of 81 skole) nodig om in die leerlinge se behoeftes tevoorsien.

Die provinsiale Minister van Onderwys het gesê dit is onmoontlik dat bykomende geld gevind kan word.Volgens die minister is die huidige begroting reeds onvoldoende. Hoewel die onderwysowerhede vir die komsvan dié leerlinge voorsiening probeer maak het, het die groot toename alle verwagtings oortref.

Volgens die hoofde van veertien hoërskole in die Khayelitsha-omgewing, het tot 3 000 meer leerlinge hulledaar aangemeld, terwyl sowat 2 000 kinders nog nie by skole ingeskryf is nie.

Kenners meen die Gautengse Onderwysdepartement ondervind waarskynlik dieselfde probleem. �Verst-edeliking is `n wêreldwye verskynsel. Leerlinge gaan waar hulle dink hulle die beste onderwys sal kry. Dis oraldieselfde van Riversdal, Saldanha en Delft tot Stellenbosch. As mense selfs net hoor daar is werksgeleenthede,migreer hulle soontoe,� word gesê.

By die Primêre Skool Bloekombos, die enigste skool in die snelgroeiende Kraaifontein, is tot 150 leerlingein `n klaskamer geprop en bied drie onderwysers gelyktydig verskillende vakke aan.

Uit: Die Burger, 21 Februarie 2001

Page 51: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

45

WES-KAAP STAAN REG VIR 48 000 INTREKKERSTheuns van der WesthuizenKAAPSTAD - Die Wes-Kaapse regering en munisipaliteite sal minstens 12 000 wooneenhede, 12 laer-

skole, 6 hoërskole en 2 of 3 nuwe klinieke per jaar moet bou om te voorsien in die behoeftes van mense watelke jaar uit ander provinsies hierheen trek.

En die situasie sal nie in die afsienbare toekoms verander nie. Dus sal dit beter wees om pro-aktief op tetree, het die minister van omgewingsake en ontwikkelings-beplanning gesê.

Hy het verwys na bevindings van `n ondersoek wat in 2001 na migrasiepatrone vir die Wes-Kaapseregering gedoen is, en wat die premier ook in sy openingsrede in die provinsiale parlement genoem het.

Die ondersoek het getoon dat sowat 48 000 mense per jaar uit ander provinsies � hoofsaaklik Oos- enNoord-Kaap na die Wes-Kaap verhuis.

Uit: Die Burger, 27 Februarie 2003REGERING MAAK NOODPLAN BEKEND NÁ KAAPSE VLOEDEAnesca SmithKAAPSTAD - Met byna 15 000 Kapenaars wat sedert Donderdag dakloos gelaat is weens vloedreën,

gaan die provinsiale regering vandag met `n driedaagse noodleningsprogram in die Kaapse metropool begin.Dié aankondiging is gister deur die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en behuising, mnr. Marius

Fransman, gedoen. Minstens 2 796 plakkershutte het sedert verlede Donderdag tot Maandag oorspoel in 28informele woongebiede. Sowat 155 mm reën het in dié tyd geval.

Fransman en die premier, mnr. Ebrahim Rasool, die nasionale minister van behuising, me. LindiweSisulu, en die burgermeester van die uniestad, mev. Nomaindia Mfeketo, besoek vandag een van die gebiede,Wallacedene naby Kraaifontein.

Kos en klere sal aan inwoners oorhandig word. Om 13:00 gaan hulle ook `n vergadering in die OliverTambo-saal in Khayelitsha toespreek om na inwoners se behuisingsgriewe te luister.

Fransman het ook `n beroep gedoen op die publiek om warm klere, komberse en kosskenkings aannieregerings- en welsynsorganisasies soos die Rooi Kruis beskikbaar te stel wat weer aan vloedslago�ersgegee sal word.

Sowat 320 000 mense in die Wes-Kaap wag tans op behuising, het Fransman gesê. Na raming migreer 48000 mense jaarliks na die provinsie uit hoofsaaklik die Oos-Kaap.

Volgens Fransman is daar honderde mense wat in laaggeleë, �hoë-risiko� gebiede bly wat uiteindelikverskuif moet word. �Ons moet seker maak huise word nié hier gebou nie,� het hy gesê.

Uit: Die Burger, 11 Augustus 2004MIGRASIE UIT OOS-KAAP NA MOEDERTSAD WORD KRISISCarien du PlessisMTHATHA - Migrasie uit die Oos-Kaap na Kaapstad neem krisisafmetings aan, het die stadsbestuur

van die Kaapse stadsraad, dr. Wallace Mgoqi, gesê.Meer as 20 000 gesinne of gesinshoofde per jaar verlaat die provinsie om werk in die Wes-Kaap te soek,

maar daar is nie huise nie en die stadsraad kan omtrent net 11 000 huise per jaar bou. Daar is reeds `nagterstand van 42 000 huise in Kaapstad.

Die migrante verlaat die provinsie nie permanent nie.Mgoqi het gesê baie mense keer in die eerste ses maande van die jaar terug na hul families.Mnr. Gcobani Maswana, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling,

het gesê die migrante keer ook terug as hulle nie werk kry nie of as hulle simptome van vigs begin toon.Die migrante wat terugkeer, doen dan aansoek om ongeskiktheidstoelaes en steun swaar op die reeds

oorlaaide welsynstelsel. Die departement is reeds besig om 78 000 van hierdie aansoeke te hersien, want baiedaarvan is vals.

Mgoqi het gesê die Kaapse stadsraad het besef dat `n wedersydse probleem bestaan. Verlede week hetdie stadsraad `n ooreenkoms met die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Universiteit van Transkeionderteken om dié migrasie te help beperk.

Volgens die ooreenkoms, wat die eerste in sy soort tussen die twee provinsies is, gaan die drie instansiesinligting uitruil, veral oor ekonomiese ontwikkeling, om dienste aan inwoners te verbeter. Planne word reeds

Page 52: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

46 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

beraam om belastingvoordele te gee aan nywerhede in die Mthatha-gebied wat werk aan plaaslike inwonersverskaf.

Mgoqi het gesê die planne sal oor `n maand begin vorm aanneem.Hy het gesê `n geweldige potensiaal bestaan vir ontwikkeling, veral in die toerisme-sektor.(vervolg op bl. 23)Meer moet gedoen word om die kapasiteit van hierdie plattelandse munisipaliteit te vergroot wat behuis-

ing, dienste en werk betref. Alle staatsdepartemente moet inspring om te help.Maswana het gesê die hoofrede waarom mense migreer, is armoede.Die Oos-Kaapse regering het geld opsy gesit vir openbare werkskeppingsprogramme waardeur mense

vaardighede kan aanleer.Verder het die provinsiale regering ook `n groei-en-ontwikkelingsprogram, waardeur hulle mense wil leer

om self te ploeg en kos te plant om selfonderhoudend te wees.Sowat 1,8 miljoen mense woon in die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaap sal nie al hierdie

mense kan absorbeer as daadwerklike stappe nie gedoen word om migrasie te verminder nie. �Baie min mensebesef die erns van die situasie. Dit is `n tydbom,� het Mgoqi gesê.

Die meeste migrante na Kaapstad kom van die Oos-Kaap.Mgoqi het gesê baie kom van die buurlande en migreer dan heelpad tot in Kaapstad.Uit: Die Burger, 11 Augustus 20042.1 Die Wes-Kaap se inwonertal groei baie vinnig, veral in en om Kaapstad

3.1.15 Aktiwiteit 4:

3.1.16 Om die probleme rondom migrasie te bespreek

3.1.17 [LU 1.6]

a) In berig nommer vier word die hoofrede vir die migrasie genoem. Skryf daardie sin in groot lettershieronder oor.

b) Drie van die vernaamste probleme waarmee die owerhede te kampe het, word in beriggies een totdrie beklemtoon. Beskryf elk van die probleme in `n sin of twee.

c) In Berig 4 lees ons van die ooreenkoms tussen die munisipale owerheid van die Stad Kaapstad en dieO.R. Tambo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap. Hierdie twee owerhede het die probleem verstaan en dieoplossing daarvan saam-saam aangepak. Sê in jou eie woorde wat hulle (1) as die probleem geïdenti�seerhet en (2) hoe hulle dit wil oplos. (3) Gee jou eie mening oor hierdie benadering tot die probleem. Is dit `ngoeie of `n swak plan? Hoekom?

d) Wat is die grondoorsaak vir grootskaalse permanente verhuising van mense van die Oos- na die Wes-Kaap?

2.2 Nou wat van die Oos-Kaap? Het die verlies aan `n groot deel van die bevolking dan nie `n invloed opdie Oos-Kaap nie?

Baie aandag is al gegee aan die gevolge van die toestroming van nuwe intrekkers na die Wes-Kaap. Sopas het julle `n taak gedoen oor die oorsake vir, en die oplossing van die probleem. En die hantering vandie uitdaging, het julle gesien, lê nie net in die Wes-Kaap nie! Wat is die sleutelwoord vir die oplossing?(s.....................................)

Nou gaan ons `n bietjie kyk na die invloed wat die vertrek van so baie mense het op die gebied wat deurhulle verlaat is.

3.1.18 Aktiwiteit 5:

3.1.19 Om `n lys te maak van die invloede op die gemeenskaps-lewe

3.1.20 [LU 3.2]

Dinkskrum

Page 53: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

47

• Maak `n lys van die invloede op die verskillende afdelings van die gemeenskapslewe hieronder aangedui.Skryf dan net die vernaamste twee invloede op elke afdeling neer.

a) Skole:

b) Kerke:c) Kleinhandel:d) Werkverska�ng:e)Munisipale dienslewering:2.3 Migrasie op so `n groot skaal soos wat die Oos-Kaap dit ondervind, kan `n langtermyn invloed op die

bevolkingstruktuur van `n gebied hê.

3.1.21 Aktiwiteit 6:

3.1.22 Om die langtermyn-invloed van migrasie op die bevolkingstrukture teillustreer

3.1.23 [LU 3.3]

• Gestel slegs jong mense tussen die ouderdom van 20 en 35 neem die groot stap om die Oos-Kaappermanent te verlaat, hoe sal die bevolkingstruktuur verander?

Die Oos-Kaap het tans `n jong bevolking. Teken `n bevolkings-piramide wat dit aantoon.Oor 50 tot 100 jaar gaan die situasie heeltemal anders wees. Teken die piramide wat die bevolking sal

weerspieël

3.1.24 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

continued on next page

Page 54: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

48 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo-ord];

1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagrammeen gra�ka, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].

LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale enomgewingsvraagstukke en �probleme te neem.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identi�seer, met `n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identi�seer die vraagstuk];

3.2 die faktore identi�seer wat tot bevolkingsgroei en �verandering bydra [faktore wat die vraagstuka�ekteer];

3.3 prosesse identi�seer wat bevolkingsgroei en �verandering op verskillende plekke a�ekteer [faktore watdie vraagstuk a�ekteer];

3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en �verandering in `n spesi�ekekonteks te reageer [maak keuses].

Table 3.3

3.1.25 Memorandum

3.1.25.1 Aktiwiteit 1:

(a) die Karoo en die Noordweste (`n deel van Namakwaland)(b) Gauteng

Aktiwiteit 2:a) die rondbeweeg van menseb) mense wat die land verlaatc) mense wat die land binnekom

3.1.25.1.1 Afdeling B

• Mense soek na `n beter lewe. (*)• Werkers word verplaas om op `n ander plek te gaan werk.• Werkers doen aansoek om `n ander pos en moet dan verhuis.• Mense tree af en gaan vestig hulle dan op `n ander plek.• Mense keer terug na hul gebied wat onder die vorige politieke bedeling van hulle weggeneem is.• (*) Hierdie is dalk die mees opvallende verskynsel in Suid-Afrika, en kry later in die module meer

aandag.

Aktiwiteit 3:Waar wil die mense woon?

Page 55: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

49

(a) fabrieke bied baie werkgeleenthede V

(b) gebrek aan hospitale O

(c) genoeg goeie skole en kort afstande daarheen V

(d) gewoonlik hoër salarisse en lone V

(e) groot verskeidenheid vermaak en ontspanning beskikbaar V

(f) groot verskeidenheid werkgeleenthede beskikbaar V

(g) kan makliker van werk verander V

(h) kinders meestal ver van skole af O

(i) meganisasie lei tot minder werkgeleenthede O

(j) moeilik om sonder openbare vervoer oor die weg te kom O

(k) ruim verskeidenheid openbare vervoer V

(l) te lae lone in sommige gevalle O

(m) te stil vir mense wat baie van geselskap hou O

(n) voldoende gesondheidsdienste en hospitale V

(o) werkgeleentheid op klein dorpies baie beperk O

Table 3.4

Aktiwiteit 4:a) MENSE SOEK NA `n BETER LEWEofMENSE WIL WEGKOM VAN HUL ARMOEDEb) (1) Op die oomblik is daar hopeloos te veel leerders vir die skole.Die WKOD kan nie voorbly met die bou van skole nie.

(1) Die migrasiepatrone gaan nie gou verander nie.

(3) Mense bou huise op plekke wat nie daarvoor geskik is nie.In die winter is die lewenstoestande van mense in plakkerskampe (informele behuising) haglik.c) (1) Armoede/swak lewensomstandighede weens `n gebrek aan werkgeleenthede is die hoofoorsaak.(2) Die verbetering van die lewensomstandighede van die mense van die Oos-Kaap is hul hoofdoel. Dit

sal bereik word onder meer met werkskepping en maniere om mense selfonderhoudend te maak.(3) Die meeste leerders sal dalk insien dat dit `n goeie plan is. Wat hulle ook moet/sal besef, is dat die

planne volhoubaar moet wees.d) ARMOEDEAktiwiteit 5:a) Skole loop dalk leeg, of as skole oorbenut was, raak omstandighede beter.b) Lidmate gaan weg en kerke sukkel om hul verpligtinge na te kom.c) Kopers raak minder en minder, winkeliers kry gevolglik swaar.d) Omdat daar minder werksoekers is, sal die oorblywende mense dalk minder sukkel om`n werkie te kry, maar die toestand kan ook ontstaan dat die werkers later te min raak.e) Sal eintlik verbeter, want dienslewering is maar swak, en minder druk sal daarop geplaas word.

Page 56: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

50 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

3.2 Hoe is die demogra�e van die wereld op die langtermyn deurmigrasie beinvloed2

3.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

3.2.2 Graad 7

3.2.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING

3.2.4 Module 8

3.2.5 Hoe is die demogra�e van die wêreld op die lang termyn deur migrasiebeïnvloed?

1. Kolonisasie en slawerny het `n belangrike rol gespeel om die wêreldbevolking soos ons dit vandag ken, tevorm.

Slawerny kan as `n vorm van gedwonge migrasie gesien word, om dit sag te stel. Hoewel slawerny indie Bybelse tyd reeds bekend was, was die vier eeue tussen 1450 en 1850 in die vorige millennium berug virdie grootskaalse handel in slawe. Die Arabiere, Britte, Nederlanders, Portugese, Spanjaarde, Franse en Denehet slawe, meestal in Afrika, maar ook in die Ooste, gekoop en in klein getalle in Europa, maar veral in dienuwe kolonies van Europese lande verkoop.

Die kolonies waarvan gepraat word, is grondgebied wat veral Europese nasies in nuut ontdekte (vir dieEuropeërs) gebiede tussen 1500 en 1900 met verdrae, anneksering of oorloë bekom het. Die feit dat Europesetale soos Spaans en Engels en in `n mindere mate Frans vandag oor die hele wêreld gepraat word, ook dieEngels in ons eie land, is die gevolg van kolonisasie. Noord-Amerika, Suid-Amerika, Afrika, groot dele vanAsië, Australië en Nieu Seeland is onder Europese nasies �verdeel�.

Die gevolg van die praktyk van kolonialisme en slawerny, sien ons vandag baie maklik raak.

• Atlete wat vir die eindrondte van die 100 m op die Olimpiese Spele aantree, is baiekeer almal swarten praat Engels, maar verteenwoordig selde `n Afrika-staat. Hulle verteenwoordig meesal die VSA,Kanada, van die eilandstate bekend as die Wes-Indiese Eilande, en so meer. Hierdie atlete se voorouersis in die meeste gevalle as slawe na die land weggevoer wat hulle vandag verteenwoordig.

• Kolonies wat onafhanklik geword het, se burgers kon sonder veel moeite na die �moederland� (waar-vandaan die koloniale maghebbers gekom het) emigreer, en so het baie mense uit bv. Indië, Afrika endie Wes-Indiese Eilande in Brittanje en Europese state gaan woon.

• In ons eie land sien ons die nalatenskap van slawerny en kolonialisme in die samestelling van onsbevolking.

2. Hedendaagse migrasiepatroneJulle het reeds kennis geneem dat baie Wes-Europese nasies, soos Duitsland en die Skandinawiese lande,

�ou� bevolkings het. Sulke lande ondervind dikwels probleme om genoeg werkers (op alle vlakke) te kry. Ooklande met `n besonder hoë ekonomiese groeikoers benodig baiekeer geskoolde en ongeskoolde arbeid om diegroei te kan volhou. Aan die anderkant soek mense uit lande met `n vinnig groeiende bevolking, maar `n�dooie� ekonomie, hul heil in ander lande. Hedendaagse migrasiepatrone word dus meestal deur ekonomieseoorwegings bepaal.

En behalwe dat daar min jongmense is wat tot die arbeidsmark in veral Duitsland toetree, was dieDuitsers vir `n paar dekades al nie juis lief vir handearbeid nie. Om die probleem van `n tekort aan werkersop te los, is duisende mense uit �arm� lande toegelaat om in Duitsland te werk. Dié mense se gesinne het laterby hulle aangesluit, en vandag maak mense van Turkse afkoms `n beduidende deel van die Duitse bevolkinguit. Turks is ook naas Duits die taal wat die meeste deur permanente inwoners in Duitsland gepraat word.

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m24463/1.1/>.

Page 57: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

51

Die Turke se migrasie het beslis `n groot invloed op die bevolkingsamestelling van Duitsland. Op dieselfdemanier het baie ander Europese lande se bevolking verandering ondergaan deur soortgelyke migrasie van verallande wat vroeër hul kolonies was.

3.2.5.1 Aktiwiteit 1:

3.2.5.2 Om die verwante redes vir migrasie te bespreek

3.2.5.3 [LU 3.3]

3.2.5.4 Migrasie Gister en Vandag

• In die kassie hierbo is die vernaamste redes waarom mense permanent tussen lande of streke migreer.Dui aan om watter rede die volgende migrasie in die verlede plaasgevind het, of vandag nog plaasvind,deur die simbool van jou keuse in die blokkie by elke beskrywing te skryf.

(a) Tussen 1860 en 1911 is grootgetalle mense uit Indië na diedestydse Britse kolonie Natal ge-bring om op suikerplantasies tewerk. Die nageslag van hierdiemense woon vandag nog meestalin Kwazulu-Natal, een van onsland se nege provinsies.

(b) Die Islam-geloof is in die sewen-tiende eeu in Suid-Afrika geves-tig, onder meer deur mense watdestyds deur die Hollanders uithul oorsese gebiede verban is om-dat hulle opstande teen die kolo-niale magte aangevuur het.

(c) Na die ontdekking van goud opdie Witwatersrand in die laat ne-gentiende eeu het baie Zoeloesdaarheen gegaan om in die mynete werk. Dit is een van die redeswaarom Zoeloe die huistaal vanbaie mense in die huidige Gaut-eng is.

continued on next page

Page 58: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

52 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(d) Die bevolking van dieAmerikaanse stad Miami wordaangevul deur Amerikaners watdaar gaan aftree, omdat hulledwarsdeur die jaar kan vakansiehou en nooit weer so koud wilkry soos waaraan hulle in dienoordelike state gewoond wasnie. Sommige verkies ook dieoorsese politieke bestel.

(e) Baie Suid-Afrikaners het in dieafgelope 15 jaar die land ver-laat en hulle in Australië, Nieu-Seeland of Kanada gaan vestig.Hulle glo dat hulle die salarissewat hulle daar verdien, nooit inSuid-Afrika sal verdien nie.

(f) In 1846 het `n ramp Ierland getreftoe die aartappeloes `n volslaemislukking was. Tienduisendehet a.g.v. honger en ellendegesterf of geëmigreer. Ierland sebevolking het binne `n paar jaarmet twee miljoen verminder.

Table 3.5

(g) Jamaika, die eiland in die Kari-biese See, is in 1494 deur Colum-bus �ontdek� en het in 1509 `nSpaanse kolonie geword. AgtSpaanse families het die eiland,toe Santiago genoem, beheer.Die oorspronklike bevolking, In-diaanse Arowakke, is in `n korttyd uitgeroei en deur slawe uitAfrika vervang.

continued on next page

Page 59: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

53

(h) Nagenoeg 90% van die Aus-traliese bevolking woon in diesuidoostelike deel van die land.Die binneland, hoofsaakliksteppe, woestyn en ook sout-woestyn, is prakties gesprokeonbewoon.

(i) Koloniale regerings het bevinddat die plaaslike bevolking inbaie Afrika-lande onbekwaam ofonwillig was om by die nuweekonomie in te skakel, en hethulle werkers ingevoer. So het dieBritte mense uit Indië ingevoerom die spoorlyn tussen Mombasaen Kampala (Uganda) te helpbou. Die Indiërs het aangebly na-dat hul kontrakte verstryk het, envandag speel hulle die hoofrol indie ekonomie van die hele Oos-Afrika.

Table 3.6

Grootskaalse emigrasie kan `n land baie nadelig beïnvloed.As toestande mense dwing om hul land van geboorte permanent te verlaat, is dit gewoonlik die mees

ondernemende mense, die entrepreneurs, wat die groot stap neem. Die res is dikwels te bang om hulle indie vreemde te waag. Die land van oorsprong se beste mensemateriaal gaan dan weg, wat die land verderbenadeel.

[U+F034] Die teenoorgestelde is dan weer waar van die land waarheen die mense migreer. Hulle baat bydie soort mens wat hulle bykry.

[U+F034] Is dit dalk die rede waarom die VSA se bevolking so ondernemend is?[U+F034] Weet julle hoe jong Suid-Afrikaners wat in die buiteland gaan werk beoordeel word? Vra aan

vriende, familie en bure hoe hulle kennisse oorsee vaar.2. Oorloë en onrus in die Groot Mere-gebied: hoe kon�ik en oorlog die bevolking van die state van

Sentraal-Afrika raakVan omstandighede wat bevolkings ontwrig en ontwikkeling belemmer, is oorlog seker die belangrikste.In die laaste vier dekades het Afrika sowat agt miljoen van sy inwoners in gewelddadige kon�iksituasies

� dertig plaaslike oorloë � verloor. Sedert die begin van die negentigerjare van die vorige eeu is meer as viermiljoen mense dood, 24 miljoen is in hul eie lande ontwortel en 18 miljoen het oor hul landsgrense heengevlug.

Die lande wat die ergste getref is, is dié in die Groot Mere-gebied.

• Oktober 1993: `n Oorlog in Burundi begin waarin tot so veel as 300 000 mense in die volgende tienjaar sou sterf. Teen 2002 het 840 000 burgers van Burundi as vlugtelinge in buurlande gewoon, diemeeste in Tanzanië. Die Tanzaniërs, in wie se land reeds `n skaarste aan hulpbronne was, was nie baiegelukkig met die situasie nie.

• 1994: Oorlog breek in Rwanda uit tussen die Tutsies en die Hutus (dieselfde twee etniese groepe watin die buurland Burundi ook teen mekaar geveg het). Uiteindelik het sowat 500 000 mense in Rwandadie lewe gelaat voordat vrede naastenby herstel is.

Page 60: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

54 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

• 1998: Soldate uit Rwanda, Burundi en Uganda val die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK)binne. In die oorlog wat volg, laat 3,3 miljoen mense in die volgende vyf jaar die lewe.

3.2.5.5 Aktiwiteit 2:

3.2.5.6 Om navorsing te doen oor hoe kon�ik en oorlog bevolkings in Sentraal-Afrika raak

3.2.5.7 [LU 1.5]

• Doen navorsing en voltooi:

a) Die volgende mere in Sentraal-Afrika sorg vir die benaming die Groot Mere:b) Die state in hierdie gebied is:Oorlog en kon�ik in Sentraal-Afrika het meer gevolge as net lewensverlies.

• As `n oorlog of burgeroorlog woed, kan mediese en droogtehulp nie doeltre�end verleen word waarnodig nie. Die gevolg is dat hongersnood volg en siektes ook baie sterftes tot gevolg het, aansienlikmeer as in vredestyd!

• Derduisende kinders word wees gelaat.• Kinders word dikwels as soldate gebruik.• Menseregteskendings is `n alledaagsheid.• Miljoene mense bevind hulle jare lank in vlugtelingkampe.• Ekonomieë van lande kwyn, want fondse word vir oorlogvoering in plaas van ontwikkeling aangewend.• Infrastruktuur word vernietig.• Landbou-ontwikkeling kom tot stilstand.• Die gevolg van hierdie oorloë wat dalk die grootste toekomsgevaar vir die betrokke lande inhou, is dat

`n baie groot deel van die jeug sonder `n skoolopvoeding, werk of toekomsverwagting gelaat word. Ditis `n kruitvat!

3.2.5.8 Aktiwiteit 3:

3.2.5.9 Om met insig die gevolge van oorlog op `n bevolking te beskryf

3.2.5.10 [LU 3.4]

• Ná `n oorlog moet gered word wat nog gered kan word!

a) Gebruik die inligting hierbo, dink oor die saak, voeg jou eie insigte ook by, enbeskryf die bevolkingvan `n land aan die einde van `n gewapende kon�ik van twintig jaar.

b) As jy die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies is, wat sal jy doen om hierdie soort oorlog (endie gevolge daarvan) in Afrika te verminder?

c) Jy is die minister van bevolkingsontwikkeling en opvoeding van `n land aan die einde van `ntwintigjaarlange oorlog. Watter maatreëls sal jy instel om die skade van die oorlog op die bevolking so goedas moontlik te versag?

3.2.6 Assessering

Page 61: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

55

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo-ord];

1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagrammeen gra�ka, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].

LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale enomgewingsvraagstukke en �probleme te neem.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identi�seer, met `n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identi�seer die vraagstuk];

3.2 die faktore identi�seer wat tot bevolkingsgroei en �verandering bydra [faktore wat die vraagstuka�ekteer];

3.3 prosesse identi�seer wat bevolkingsgroei en �verandering op verskillende plekke a�ekteer [faktore watdie vraagstuk a�ekteer];

3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en �verandering in `n spesi�ekekonteks te reageer [maak keuses].

Table 3.7

3.2.7 Memorandum

Aktiwiteit 1:a) bb) cc) bd) ae) bf) ag) ch) ai) bAktiwiteit 2:

Page 62: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

56 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

a) Groot Mere: VictoriaAlbertEdwardKivuTanganjikaMalawib) Lande in die gebied: KeniaTanzaniëUgandaBurundiDRKAktiwiteit 3:a) ontwrigte gesinne: broodwinner weg, weeskinderskinders wat as soldate diens gedoen het, kan nie �normaal� wees niemense nie gereed vir die toekoms nie: min vaardighede of opvoedingb) stuur vredesmag na die gebiedprobeer `n langtermyn politieke oplossing bedinggee ontwikkelingshulp: ontwikkel hulpbronne sodat mense/lande nie gedwing word om te roof en te

plunder om te oorleef niec) sien goed om na die weeskindersgee kindersoldate `n �heropvoeding�ontwikkel allerhande vaardighede by die mensedoen alles in jou vermoë om werk te skepverskaf geskikte behuising (waarin oueropvoeding kan plaasvind)

3.3 Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGS3

3.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

3.3.2 Graad 7

3.3.3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING

3.3.4 Module 9

3.3.5 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING: DIE IMPAK VANMIV/VIGS

Van die belangrikste invloede op bevolkingsverandering vandag is VIGS. Nog nooit in die geskiedenis wasdaar `n menslike ramp met dieselfde afmetings nie! Die lewensverwagting van hele bevolkings daal, kindersword in hul duisendtalle wees gelaat, armoede neem toe, produksie in bykans alle sektore van die ekonomieneem af, en dies meer.

Afrika is die vasteland wat die ergste getref is, en Suid-Afrika is die ramp ook nie gespaar nie! In diegeheel gesien, nader ons `n tyd waar bevolkings krimp, eerder as wat daar groei is!

1. BevolkingOm vas te stel watter invloed MIV/VIGS op die bevolking het, moet ons eers na die beskrywing van `n

bevolking kyk.

3This content is available online at <http://cnx.org/content/m24461/1.1/>.

Page 63: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

57

Figure 3.1

`n Jong bevolkingVanweë die geboortesyfer wat baie hoër is as die sterftesyfer, is daar `n vinnige groei in die bevolking.`n Volwasse bevolkingHier oortref die geboortesyfer beswaarlik die sterftesyfer en daarom is daar `n baie stadige groei in die

bevolking.`n Ou bevolkingOmdat die geboorte- en sterftesyfer naasteby ooreenkom, is by hierdie soort bevolkingsamestelling geen

groei nie.n Krimpende bevolkingWanneer die bevolkingsamestelling so lyk, oortref die sterftesyfer die geboortesyfer en sal hierdie bevolking

uitsterf.

ouer mense: 60+ volwassenes: 30 - 59 jeug: tot 29

Table 3.8

.2. Die ideale toestand wat Suid-Afrika nastreef'n Baie groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is arm en nie behoorlik geletterd nie. `n Daadwerklike

poging moet dus in Suid-Afrika aangewend word om armoede te verlig en geletterdheid op `n aanvaarbarevlak te kry. Nog `n ideaal is dat gesondheidsdienste verbeter en die bevolkingstoename onder beheer gebringmoet word, want ons land het beperkte hulpbronne, soos byvoorbeeld `n tekort aan water.

Soos julle uit die gra�eke hieronder kan a�ei, het die lewensverwagting weens verbeterde sanitasie enmediese sorg gestyg en het die bevolkingstoename aansienlik gedaal in die 20 jaar tussen 1980 en 2000. Diedalende geboortesyfer kan gedeeltelik aan verstedeliking toegeskryf word. In Suid-Afrika het die bevolkingdus van `n jong bevolking (met `n te groot toename) begin verander en is dit op die pad na `n meer aanvaarbarevolwasse bevolking waar die toename binne perke is.

Page 64: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

58 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Figure 3.2

Suid-Afrika: Groei tussen 1980 en 2000Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG): Lewensverwagting in jare

• Verbeterde mediese sorg, higiëne en algemeen verbeterde lewensgehalte in die SAOG-lande het versekerdat die lewensverwagting van mense gestyg het.

• As julle na die gra�ek kyk, sal julle sien dat die baba wat in die laat vyftigerjare van die vorige eeu inNamibië gebore is, `n lewensverwagting van iets oor die 40 jaar gehad het, terwyl een wat 40 jaar latergebore is, na verwagting 20 jaar langer sou leef.

Page 65: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

59

Figure 3.3

. . . . . . . . . en toe breek die MIV/VIGS-epidemie uit. Mense wat van `n pandemie praat, is eintlikkorrek, want die siekte kom oor die hele land en vasteland, en die res van die wêreld voor!

Vigs, wat beteken dit?

• Die woord is `n akroniem, en is saamgestel uit die beginletters van die beskrywing VerworweImmuniteitsgebreksindroom. Dit beteken dat die persoon `n virus in sy/haar liggaam gekry het watsy/haar vermoë om immuniteit teen siektes op te bou, vernietig.

• As iemand die virus kry, is hy/sy dadelik MIV-positief, maar die virus kan sluimerend wees en niedie persoon se gesondheidstoestand beïnvloed nie. So `n persoon kan vir jare met die virus saamleefsonder dat dit enige uitwerking op sy/haar lewe het.

Page 66: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

60 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

• `n Goeie manier om `n mens wat MIV-positief is te beskryf, sal wees om die letters MIV van agteraf te gebruik om te sê Virus In `n Mens.

• Wanneer die virus aktief raak en die pasiënt se gesondheidstoestand aantas, sê ons die persoon hetVIGS. Nou kan ons die S gebruik om te verduidelik dat `n Siektetoestand ontstaan het. Nou is diepasiënt nie meer immuun teen siektes nie, en enige siekte a�ekteer hom/haar geweldig.

• 'n Mens kan die virus opdoen deur `n bloedoortapping, deur seksuele verkeer of waar bloed vermengword � bloed aan `n spuit of skeermeslemmetjie kom in aanraking met die volgende gebruiker, en dievirus word oorgedra. `n Verwagtende vrou wat MIV positief is, kan die virus aan haar ongebore kindoordra. Na die geboorte kan die virus ook oorgedra word as die baba geborsvoed word.

• Iemand wat getoets word vir die virus en ontdek dat hy/sy positief is, kan sy gesondheid oppas deurdie volgende te doen, en die �sluimertydperk� van die virus baie verleng: rook en drank laat staan ofdit net baie matig gebruik, gesonde kos eet, sorg vir goeie oefening, en ook genoeg rus en slaap inkry.

3. StatistiekDie voorkoms van MIV/VIGS in Suid-Afrika is ontstellend.

• Ongeveer 2 000 mense raak daagliks MIV-positief!• Ongeveer 800 mense sterf daagliks weens VIGS-verwante siektes!• `n Verklaring deur die departement van gesondheid (Die Burger, 12 Julie 2005) lui �...dat tot 6,5 miljoen

Suid-Afrikaners teen einde verlede jaar (2004) MIV- positief was.�

Figure 3.4

`n Vorige projeksie van MIV-positiewe Suid-Afrikaners in ouderdomsgroep 15 tot 59 jaar.

2001 2010

MetVIGS Sonder VIGS MetVIGS Sonder VIGS

Botswana 39,3 70,5 29,0 73,2

Ethiopië 45,2 56,1 42,1 60,1

Kenia 48,0 64,9 44,3 68,4

Suid-Afrika 49,0 65,7 35,5 68,3

Swaziland 40,4 57,7 29,7 61,5

Zimbabwe 37,8 69,9 32,5 72,8

Zambië 37,2 58,7 38,9 72,8

Page 67: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

61

Table 3.9

Die lewensverwagting in `n paar Afrika-state.

Figure 3.5

VIGS-wesies (onder 15 jaar)HOE GROOT IS DIE MIV/VIGS RAMP WERKLIK?Gesondheidsverslaggewer, KaapstadDie rol van armoedeDie lighartige redenasie van wie eerste was, die hoender of die eier, kan by die verspreiding van VIGS

gebruik word, want armoede lei tot die verspreiding van die siekte, terwyl die siekte die reeds groot Suid-Afrikaanse armoedeprobleem vererger!

Die siek broodwinner kan nie geld vir die werkgewer verdien nie, kan natuurlik ook nie geld tot die gesinse behoeftes bydra nie, en plaas `n groeiende las op die staat se gesondheidsbegroting.

Daarby bring die haglike lewensomstandighede van baie arm Suid-Afrikaners swak opvoeding en onkundemee, en dit lei baie keer tot onverantwoordelike gedrag. Werkloosheid veroorsaak `n rondswerf agterwerkgeleentheid aan, en ook dit dra tot die verspreiding van die siekte by.

Nog twee aspekte van armoede is dat die pasiënt se kans op beter lewensomstandighede deur net gesondte eet omtrent onmoontlik is, en boonop maak die omstandighede in die oorbevolkte huisies en plakkershuttedie pasiënt se kans op verbetering van sy toestand bykans onmoontlik!

Wie word aangetas?Dit is meestal mense in die ouderdomsgroep 15 tot 39 wat die meeste MIV-positief word. Hulle is ook

die ouers van jong kinders � baie van die kinders word MIV-positief gebore! Maar hierdie ouderdomsgroepis ook een van die mees ekonomies-aktiewe groepe in die gemeenskap!

Hoewel die ouderdomsgroep 15 tot 39 die meeste die virus kry, beteken dit nie dat geen ander ouder-domsgroep gespaar word nie, en nog minder dat slegs armes gevaar loop om die virus te kry!

Die bestuur van maatskaplike diensteEen aspek van die bestuur van die land, spesi�ek die bestuur van maatskaplike dienste, het te doen met

die versorging, of verwaarlosing! van miljoene VIGS-wesies. Volgens sommige voorspellers gaan daar teen2010 nie minder nie as 2,5 miljoen weeskinders onder die ouderdom van 15 jaar wees! Wat gaan van hierdiekinders word? Wie gaan vir hulle sorg? Hoe gaan hulle in `n reeds arm gemeenskap oorleef?

Geïnfekteer en gea�ekteerDalk is die bekamping van, en die bestuur van die gevolge van MIV/VIGS, in die woord �gea�ekteer�

opgesluit! Een groep mense is geïnfekteer of loop gevaar om geïnfekteer te word en sal dus die siekte opdoen.Die res is gea�ekteer � ook dié wat dink hulle sal nooit geïnfekteer word nie!

Die persoon wat toegee dat hy/sy gea�ekteer is, sal deel word van die soeke na `n oplossing.En die oplossing?

Page 68: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

62 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Mense moet hul gedrag verander. Alle mense! Iemand wat nie die virus het nie, het eenmaal gesê: �Dieoplossing vir die probleem begin by myself.� Wat sou hy tog daarmee bedoel het?

Uit: Die Burger, 20 Mei 2002Om die verskillende opdragte te kan uitvoer, moet leerders die inligting gebruik wat in die eerste vyf of

ses bladsye verskaf word.Lekker lees en werk aan hierdie navorsings- en dinktaak, maar dit gaan nie altyd maklik wees nie! Kyk

na opskrifte as julle inligting soek.

3.3.6 Aktiwiteit 1:

3.3.7 Om a�eidings uit voorspellings te maak

3.3.8 [LU 1.2]

• Gebruik die statistiek en die voorspellings in �gure 4 en 5 om die getalle te verskaf:

• Vanjaar is daar naastenby mense tussen 15 en 59 jaar in Suid-Afrika wat MIV-positief is.• In ons land is daar ongeveer VIGS-wesies.

3.3.9 Aktiwiteit 2:

3.3.10 Om a�eidings uit `n gra�ek te maak

3.3.11 [LU 1.2]

• As die lewensverwagting van 'n land se inwoners styg, dui dit op vooruitgang. Die lewensverwagtingvan die mense van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het mooi gestyg, soos ons kan sienuit die gegewens in �guur 3.

• Voltooi nou die horisontale kolomgra�eke vir die vyf SAOG-lidlande volgens die inligting in �guur5. Teken slegs een kolom, maar kleur dit rooi in vir die verwagte ouderdom met VIGS, en blou vir dieouderdom wat bereik kon word sonder die VIGS-ramp.

Page 69: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

63

Figure 3.6

3.3.12 Aktiwiteit 3:

3.3.13 Om a�eidings uit `n gra�ek te maak

3.3.14 [LU 1.2]

• Die inligting in �guur 2 dui op `n gesonde afname in die groei van die Suid-Afrikaanse bevolking.Sterftes weens VIGS kan ongelukkig beteken dat die groei so afneem dat dit later ons land benadeel.

• Navorsers het voorspel dat die afname tussen 2000 en 2010 sonder VIGS 1,7% kan wees, maar dat dit

Page 70: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

64 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

met VIGS tot 1,5% kan daal. Voltooi die gra�ek volgens hierdie gegewens. Gebruik `n blou om diegroei sonder VIGS aan te dui, en rooi vir die groei met VIGS.

Figure 3.7

3.3.15 Aktiwiteit 4:

3.3.16 Om a�eidings uit koerantberigte te maak

3.3.17 [LU 1.5]

• Versamel koerantberigte oor die onderwerp en vertoon dit op jul uitstalbord. Berigte wat op `n oploss-ing vir enige soort probleem rondom VIGS dui, moet op `n bepaalde manier aangedui word. Besluitself hoe.

3.3.18 Aktiwiteit 5:

3.3.19 Om a�eidings uit koerantberigte te maak

3.3.20 [LU 1.5]

• Lees weer `n keer die koerantberig op bl. 40 oor die VIGS ramp wat ons land in die gesig staar, dink`n bietjie daaroor en bespreek dit met jou maats. Dit behoort duidelik te wees dat as daar nie vinnig`n plan met die verspreiding van die MI Virus gemaak word nie, Suid-Afrika op `n ramp sal afstuur.

• Skryf `n paragra�e of twee oor die moontlike probleme waarin jy die volgende woorde en frases gebruik:

Page 71: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

65

Figure 3.8

Voorsien jou paragraaf van `n tre�ende opskrif.

3.3.21 Aktiwiteit 6:

3.3.22 Om a�eidings uit koerantberigte te maak

3.3.23 [LU 1.5]

• Teen die einde van die koerantberig word iemand aangehaal wat gesê het: �Die oplossing vir dieprobleem begin by myself.� Sê in een sin wat julle dink hy bedoel het.

3.3.24 Aktiwiteit 7:

3.3.25 Om verslag te doen oor aanpassings op verskillende terreine

3.3.26 [LU 3.1]

Om te oorleef, moet jy aanpas.Aanpassing is oorlewing.Hy wat nie aanpas nie, sal nie oorleef nie!Omdat hulle nie kon aanpas nie, kon hulle nie oorleef nie!

• Hierbo word dieselfde waarheid op vier maniere gesê. In die lig van die gevaar wat VIGS vir Suid-Afrikainhou, is dit duidelik dat baie aanpassing nodig is vir oorlewing.

• Bespreek die aanpassing wat op die volgende terreine gemaak moet word om die uitdagings die hoofte bied, en doen verslag aan die klas:

a) die versorging van weeskinders;b) `n fabriek se geskoolde werkers word sieker en minder;c) die Departement van Gesondheid se kostes verdubbel elke jaar;d) die opvoeding.

Page 72: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

66 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

3.3.27 Aktiwiteit 8:

3.3.28 Om die simboliek van die vigsstrikkie te verduidelik

3.3.29 [LU 1.5]

• Ons sien so baie dat mense `n rooi strikkie dra. Wat sou die doel daarmee wees?

3.3.30 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 2

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo-ord];

1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagrammeen gra�ka, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].

LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale enomgewingsvraagstukke en �probleme te neem.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identi�seer, met `n fokus op bevolkingsgroei en -verandering [identi�seer die vraagstuk];

Table 3.10

3.3.31 Memorandum

Aktiwiteit 1:

• Hierdie getalle sal jaarliks verander.• 2002 4 000 000 MIV+ 380 000 vigswesies• 2003 4 700 000 MIV+ 450 000 vigswesies en dies meer . . . . . . . .• Afhangende van die leerders se behendigheid met die a�ees van die statistiek, sal antwoorde verskil.• Die kleiner verskille maak nie saak nie. Die doel van die oefening is om die leerder `n besef van die

omvang van die probleem te gee � om hom dit self te laat vasstel.

Page 73: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

67

Aktiwiteit 5:Die doel is om te kyk of die leerders die begrippe in die konteks van die Suid-Afrikaanse situasie

kan vertolk. Woorde kan in enige volgorde gebruik word.Die geskoolde werkmag �verdwyn� en fabrieke sal probleme met hul produksie ondervind.Koopkrag van gemeenskappe neem af omdat geld aan die mediese versorging van siek gesinslede bestee

word.Soldate en polisielede wat MIV-positief is en siek word, veroorsaak dat die veiligheid van die land

bedreig word en misdaad verder sal toeneem.Die versorging van miljoene weeskinders sal `n groot las op oorblywende gesinslede en die staat

wees.Aktiwiteit 6:Moontlikhede:hy moet sy houding teenoor die siekte veranderhy moet alles in sy vermoë doen om die probleme op te losAktiwiteit 7:

(a) `n Spesiale beleid om die kinders teen die aanslae van die lewe te beskerm, sal geformuleer moet word.

ofNuwe soorte weeshuise sal beplan en gebou moet word.

(a) Groter meganisasie (maar dit skep weer ander probleme).(b) Alle departemente se begrotings sal aangepas moet word om geld vir gesondheidsorg vry te stel.(c) Mense (kinders sowel as volwassenes) moet opgevoed word om eerstens die verspreiding van MIV te

beperk, en tweedens die gevolge van VIGS te hanteer/bestuur.

Aktiwiteit 8:Mense moet bewus gemaak word van MIV/VIGS. Dit is `n werklikheid vir almal, en nie iets wat net

ander mense a�ekteer nie.

Page 74: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Page 75: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

Chapter 4

Kwartaal 4

4.1 Die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte1

4.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

4.1.2 Graad 7

4.1.3 KAARTWERK

4.1.4 Module 10

4.1.5 die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte

• Die vermoë om kaarte te gebruik en te vertolk is `n belangrike onderdeel van `n mens se aardrykskundigevaardighede. As jy `n kaart gebruik, moet jy onthou dat: � die werklikheid op skaal verklein is; � dieverskynsels en patrone gesien word asof `n mens van bo-af neerkyk op die landskap; � simbole gebruikword om kenmerke en verskynsels voor te stel.

• Verskillende soorte kaarte word vir verskillende funksies geteken.

4.1.6 Aktiwiteit 1:

4.1.7 Om `n verskeidenheid kaarte as aardrykskundige en omgewingsbronne teidenti�seer

4.1.8 [LU 1.1]

• Kyk hoeveel verskillende soorte kaarte jy in jou atlas kan identi�seer. Skryf van die name onder mekaarneer en dui elkeen se belangrikste funksie aan.

4.1.9 Aktiwiteit 2:

4.1.10 Om kaarte wat `n verskeidenheid inligting bevat te interpreteer

4.1.11 [LU 1.2]

• Verdeel in groepe. Gaan soek gedurende die volgende week kaarte wat vir `n verskeidenheid doeleindesin jou omgewing gebruik word. Reisagentskappe, eiendomsagente, koerante, tydskrifte, motorhawens,

1This content is available online at <http://cnx.org/content/m24464/1.1/>.

69

Page 76: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

70 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

bouers, ens. kan genader word. Stel uit elke groep `n eie kaartversameling saam. Maak `n tabel sooshierbo en noem elke kaart se funksie.

Gevind by Funksie

Reisagentskappe

Eiendomsagente

Koerante

Tydskrifte

Motorhawens

Bouers

Table 4.1

In grade 4 tot 6 het jy alreeds kennis gemaak met baie belangrike feite oor kaartwerk. Die vier belangrikstekenmerke van TOPOGRAFIESE KAARTE is:

• dis `n verkleinde weergawe van die werklikheid en moet op `n spesi�eke skaal geteken word;• verskynsels word deur simbole op die kaart aangedui;• rigting moet op `n kaart bepaal kan word;• hoogte word deur kontoerlyne aangedui.

Kom ons kyk na elkeen van die aspekte:1. Verskillende skale en afstandberekeningJy weet reeds dat `n kaart `n verkleining is van die werklikheid soos van bo-af gesien. Om `n kaart so

te kan verklein, moet jy van `n sekere skaal gebruik maak.Die skaal van `n kaart MOET onderaan die kaart aangedui word. Daar is verskillende soorte skale wat

gebruik kan word:LynskaalOp `n lynskaal kan jy direk die afstand tussen twee plekke afmeet.Verhoudingskaalbv. 1:50 000Dit beteken dat 1 sentimeter (of watter ander lengte-eenheid ook al) op die kaart gelyk is aan 50 000

sentimeter (dieselfde lengte-eenheid) in die werklikheid.As twee plekke op die kaart 4 cm uitmekaar is, sal jy dus eers `n berekening moet doen om die werklike

afstand te bepaal. Dit sal soos volg lyk : 4 × 50 000 = 200 000 cm= 200 000 ÷ 100 000 = 2 kmWoordskaalbv. 1 cm stel 20 km voor.As die afstand tussen twee plekke op die kaart 3 cm is, sal jy ook eers `n berekening moet doen.Dit lyk

soos volg : 3 × 20 = 60 kmEen of al die verskillende soorte skale kan op `n spesi�eke kaart aangedui word.

4.1.12 Aktiwiteit 3:

4.1.13 Om vertroud te raak met die gebruik van lynskaal

4.1.14 [LU 1.3]

1. Meet jou klaskamer se lengte en breedte in meter en teken dan `n vloerplan daarvan. Gebruik `n skaalvan 2 cm om 1 meter voor te stel.

Page 77: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

71

Teken nog `n vloerplan van jou klaskamer, maar gebruik `n skaal van 1 cm om 1 meter voor te stel.2. Die twee tekeninge van dieselfde klaskamer verskil in grootte omdat die skaal waarop hulle geteken

is, verskil.3. Meet iets anders op jou skoolterrein wat heelwat groter is as jou klaskamer, byvoorbeeld die skoolsaal

of die rugbyveld. Teken dit op dieselfde grootte papier as in die geval van jou klaskamer. Om dit reg te kry,moet jy meer meters per sentimeter vir jou plan / kaart gebruik as toe jy jou klaskamer geteken het. Dieskaal gaan dus verskil, omdat jy `n groter area op dieselfde grootte papier moet teken.

Dui die skaal as `n lynskaal op jou kaart aan.

4.1.15 Aktiwiteit 4:

4.1.16 Om afstand op `n atlaskaart en `n aardbol te bepaal

4.1.17 [LU 1.3]

1. Maak jou atlas oop by `n kaart van Suidelike Afrika. Bepaal die werklike afstand in kilometer tussen dievolgende plekke. Meet langs `n reguit lyn (soos die kraai vlieg).

a) Kaapstad � Oos-Londen kmb) Durban � Johannesburg kmc) Pretoria � Kimberley kmd) Kimberley � Kaapstad km2. Bepaal die werklike afstand tussen die volgende plekke op `n aardbol:a) Durban en Sydney kmb) Kaapstad en Rio de Janeiro kmc) Parys en New York kmd) Tokio en Moskou km

4.1.18

2. Kaartsimbole en kaartsleutelIngesluit in hierdie module is `n 1:50 000 topogra�ese kaart van Ceres, asook `n volledige lys van kaart-

simbole op die daaropvolgende bladsy. Hierdie kaartsimbole moet bestudeer word, sodat jy die verskillendeeienskappe kan erken wanneer ons op die kaart van Ceres werk.

Julle hoef nie noodwendig hierdie oefening oor Ceres te doen nie. Vra jul onderwyser om betyds `nkaart van jul eie stad of dorp en distrik te bestel, sodat julle `n studie van jul bekende omgewing soos watdit op `n kaart aangetoon word, kan maak. Julle sal verbaas wees oor die magdom inligting wat daarinopgesluit is. Maak `n studie van die wyse waarop berge met verskillende vorme, bergklowe, valleie en diesmeer, voorgestel word.

SKRYF AAN: DIE STAATSDRUKKERPRIVAATSAK X85PRETORIAen bestel `n amptelike 1:50 000 kaart van die gebied waarin julle dorp of stad geleë is. Dit kos verrassend

min.

4.1.19 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

continued on next page

Page 78: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

72 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 `n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir `n ondersoek identi�seer [vindbronne];

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne];

Table 4.2

4.1.20 Memorandum

Aktiwiteit 1:

Soorte kaarte Funksie

Bou en dreinering Dui ligging van berge, riviere, ens. aan

Klimaatstreke Dui temperatuur, lugdruk, reënval aan

Plantegroei Dui tipe plantegroei aan

Bevolkingsverspreiding Dui verspreiding van mense aan

Menslike bedrywighede Dui ekonomiese aktiwiteite aan

Staatkundige verdeling Dui provinsies en hoofstede aan

Delfstowwe Dui tipe mynbouaktiwiteite aan

Table 4.3

Aktiwiteit 4:1. a) ± 925 km

a) ± 500 kmb) ± 500 kmc) ± 840 km

2. a) Durban en Sydney: 8250 kmb) Kaapstad en Rio de Janeiro: 4750 kmc) Parys en New York: 5250 kmd) Tokio en Moskou: 7250 km

Page 79: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

73

4.2 Die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte2

4.2.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

4.2.2 Graad 7

4.2.3 KAARTWERK

4.2.4 Module 11

4.2.5 Die lees, ontleding en vertolking van vertikale lugfoto's en ortofotokaarte

• Voordat van julle verwag kan word om vertikale lugfoto's en ortofotokaarte verder te interpreteer, hetjulle heelwat meer inligting hieroor nodig.

`n Vertikale lugfoto van `n gebied word vanuit `n vliegtuig reg van bo-af geneem.Voordele

• Die meeste voorwerpe is sigbaar;• Die uitleg van paaie en spoorlyne is duidelik sigbaar;• Hoë bome, berge en geboue word maklik herken aan die skaduwees wat hulle gooi.

Nadele

• Die beeld wat jy sien, is van bo-af en dus ongewoon vir die mens. Dis `n ongewone gesigshoek wat baieoefening, kennis en ondervinding vereis om te kan lees.

• Dit is in swart en wit en kan verwarrend wees.

• Vertikale lugfoto's word as basis gebruik wanneer topogra�ese kaarte geteken word. Inligting van dielugfoto word deur kartograwe (mense wat opgelei is om akkurate kaarte te teken) oorgedra op papierdeur gebruik te maak van die internasionale simboolsleutel en kleure waarvan julle reeds geleer het.

• Vandag is ortofotokaarte baie gewild vir kaartbestudering. Die eienskappe van die 1:50 000 to-pogra�ese kaart en dié van die vertikale lugfoto word gekombineer om `n ortofotokaart te teken. `nOrtofotokaart is dus `n vertikale lugfoto op `n laer vlak van 1:10 000, waarop kontoerlyneingeteken is.

• Kontoer-tussenruimtes van 5 meter word gebruik sodat baie fyn detail sigbaar is. Selfs sekere plekname,spoorlyne, paaie, ens., word op die foto gedruk. `n Mens kan dus die voorwerpe makliker identi�seer.Kaarte en foto's het dus elkeen hulle besondere kenmerke, voordele en nadele. `n Mens kan eintliknet `n duidelike voorstelling van `n landskap vorm wanneer jy `n topogra�ese kaart en `n foto saambestudeer.

• `n Topogra�ese kaart is `n voorstelling van die aardoppervlakte volgens skaal en aan die hand van`n simboolsleutel. Dit gee `n duidelike, vereenvoudigde beeld waarop slegs bepaalde kenmerke getoonword. `n Topogra�ese kaart is dus nie altyd heeltemal akkuraat nie en kan ook verouderd wees.

• `n Vertikale lugfoto en ortofotokaart is wonderlike hulpmiddels as dit saam met `n topogra�ese kaartgebruik word. Alleenlik dan kan noukeurige kaart- en fotolesings gedoen word.

1. Hoe kyk `n mens na `n vertikale lugfoto of ortofotokaart?

• Grootte van voorwerpe

As die skaal van die lugfoto bereken is, kan die lengte van voorwerpe bepaal word en afstand en oppervlakteskan bereken word. `n Roostervormige dorpsnedersetting se oppervlakte kan byvoorbeeld so bepaal word.

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m24612/1.1/>.

Page 80: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

74 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

• Vorme van voorwerpe

• Mensgemaakte verskynsels is oor die algemeen reëlmatig. Dink hier maar aan geboue, omgeploegdelanderye, paaie, spoorlyne en damwalle. Natuurlike voorwerpe en verskynsels is weer onreëlmatig,soos berge, riviere, woude en grasvelde.

• Paaie is breë, liggrys lyne op `n foto. Nasionale paaie is gewoonlik reguit en sonder skerp draaie.Sekondêre paaie vertoon smaller en vertoon skerp draaie. Spoorlyne vertoon as smal, donkerder gryslyne met egalige draaie. Paaie sluit dikwels reghoekig bymekaar aan, terwyl spoorlyne geleidelik ineenloop.

• Riviere is breë, donkergrys lyne, met kurwes en draaie soos die rivier deur `n area kronkel en sytakkeby die hoofstroom aansluit. Die V-vorm van `n sytak-aansluiting wys ALTYD stroom-af en so kan dievloeirigting bepaal word.

• Die tint of skakering van voorwerpe

Op lugfoto's word swart, wit en grys tinte gesien. Die tint hang af van die hoeveelheid lig wat deur diegefotografeerde voorwerp weerkaats word. Ligte kleure vertoon gewoonlik as ligte grys en donker kleure asskakerings van donkerder grys.

Die tint van water kan tussen wit en swart wissel. Helder water lyk donkerder as modderwater, omdatmodderwater meer sonlig weerkaats. Vogtige grondoppervlaktes vertoon ook donkerder as sanderige grond.

Plantegroei kan volgens die voorkoms daarvan op lugfoto's in twee tipes verdeel word:

• Natuurlike plantegroei soos woude en grasvelde is maklik herkenbaar as gevolg van hul verspreidepatroon. Bome het gewoonlik `n donkerder tint.

• Aangeplante boorde en verboude gewasse is ook maklik herkenbaar as gevolg van die reëlmatigerye waarin dit voorkom. Die tint van `n bewerkte land hang af van die hoogte van die plante. `nLand met hoë mielieplante sal donkerder voorkom as `n land met jong, klein mielieplante. Die hoëmielieplante absorbeer meer sonlig as die kleintjies. Bewerkte landerye vertoon ook gewoonlik soos`n lappieskombers van donker en ligte tinte. Hange wat na die son gekeer is, weerkaats meer lig envertoon dus ligter as hange wat aan die suidekant van `n berg geleë is.

• Tekstuur van voorwerpe

Dit dui op die algemene indruk wat voorwerpe maak en kan beskryf word as GLAD, FYN, GROF, RU ofGESTIPPELD. Op lugfoto's het water en bewerkte landerye `n fyn, gladde voorkoms. Struike en bosveld-plantegroei het `n gestippelde voorkoms, terwyl onherbergsame bergreekse ru voorkom.

• Skaduwees

Lugfoto's word gewoonlik tussen 10:00 en 14:00 geneem wanneer skaduwees op hul kortste is. Skaduwees is `ngroot hulp by die uitken van voorwerpe. Skaduwees wat buitentoe val, dui gewoonlik op `n hoërliggende areasoos `n heuwel, `n berg of `n hoë gebou. Skaduwees wat binnetoe val, dui op laagtes soos diep riviervalleie ofuitgrawings.

• Patrone

As mens `n lugfoto ontleed, is patrone baie insiggewend. Sekere patrone is kenmerkend van spesi�ekevoorwerpe of verskynsels. Bosveldplantegroei vertoon `n willekeurige, verspreide patroon, maar sitrusboordeof wingerde sal `n reglynige patroon hê.

Die rangskikking van geboue en strate dui `n tipiese stedelike nedersettingspatroon aan. Die ouer, sentralesakekern sal `n roosterpatroon hê, terwyl die nuwer woonbuurtes eerder `n konsentriese patroon sal vertoon.

Daar is dus twee belangrike patroontipes wat op lugfoto's onderskei kan word:

• dié van die �siese landskap, en• dié van die kulturele landskap.

Page 81: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

75

• Wenke vir die lees en ontleed van vertikale lugfoto's en ortofotokaarte

• Merk die algemene patrone wat duidelik op die foto voorkom. Dit word gewoonlik gedoen deur aftrek-papier op die foto te plaas en die buitelyne van patrone daarop af te trek. Die name van die verskillendekenmerke word benoem.

• Kyk goed na die vorm, grootte, skaduwee, tint en tekstuur van die samehangende kenmerke om voor-werpe uit te ken.

• Stel sekere soorte vrae wat sal help met die ontleding van die foto:

Reliëfkenmerke

• Is daar berge, heuwels en valleie?• Hoe steil is die hange?• Is daar riviere?• Hoe wyd is die riviervalleie of vlaktes?• In watter rigting vloei die rivier?• Is die rivier standhoudend of nie-standhoudend?

Plantegroei

• Watter soorte plantegroei kom voor?• Watter oppervlaktes is met natuurlike plantegroei bedek?

Vervoerstelsels

• Watter tipes vervoer kom voor?• Watter soorte paaie deurkruis die foto-oppervlakte?• Is die spoorlyne enkel- of dubbellyne?

Boerdery

• Word veeboerdery of verbouing van gewasse toegepas? Of albei?• Wat is die grootte van die bewerkte landerye?• Watter soorte gewasse word verbou?

Nedersettings

• Watter soorte geboue is waarneembaar in die stedelike areas?• Hoe lyk die plaasopstalle en buitegeboue se uitleg?• Is daar nywerhede? Indien wel, watter soort?

4.2.6 Aktiwiteit 1:

4.2.7 Om inligting op `n topogra�ese en ortofotokaart van die eie omgewing teidenti�seer en te interpreteer

4.2.8 [LU 1.4]

• Jul onderwyser sal vir julle `n 1:50 000 topogra�ese kaart en `n ortofotokaart van jou area uitdeel.Probeer om die kennis wat jy in die voorafgaande bladsye opgedoen het toe te pas deur jou onderwyserse vrae te beantwoord.

Page 82: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

76 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

4.2.9 Aktiwiteit 2:

4.2.10 Om `n probleem op `n ortofotokaart te identi�seer en dit met die werk-likheid te vergelyk

4.2.11 [LU 1.4, 1.5]

• Werk eers individueel en dan in julle groepe en poog om `n probleem uit te wys soos dit op die ortofo-tokaart van jul omgewing voorkom. Indien daar geen werklike probleem bestaan nie, kan julle `n poten-siële probleem probeer identi�seer. Dink byvoorbeeld aan moontlike vloede of oorstromings, grondver-skuiwings, brandgevaar, erosie, behoefte aan opgaardamme, swak pad-/straatbeplanning, ensovoorts.Doen `n oplossing vir die probleem aan die hand.

4.2.12

4.2.13 Aktiwiteit 3:

4.2.14 Om tydens `n veldwerkuitstappie `n geïdenti�seerde probleem te onder-soek en `n verslag daaroor te skryf

4.2.15 [LU 1.6]

• Julle onderwyser sal, indien moontlik, vir julle `n veldwerkuitstappie reël om `n besoek te bring aan`n terrein waar so `n geïdenti�seerde probleem voorkom. Samel inligting in deur gebruik te maak vankaarte, sketse, foto's, ens. Elke groep moet na a�oop van die uitstappie `n verslag opstel waarin ook`n moontlike oplossing vir die probleem voorgestel word. Skryf die verslag in die spasie hieronder.

VELDWAARNEMINGLigging:Probleem::Hulpmiddels gebruik in ondersoek:Bevinding:Voorstel om probleem op te los:Name van groeplede:

4.2.16 Assessment

Leeruitkomstes(LUs)

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

continued on next page

Page 83: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

77

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 `n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir `n ondersoek identi�seer [vindbronne];

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne];

1.4 plaaslike kaarte en/of ortofotokaarte gebruik om ligging te bepaal en die vraagstuk en die konteksdaarvan te ondersoek (vergelyk met veldwaarnemings) [werk met bronne];

1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwo-ord];

1.6. verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagrammeen gra�ka; waar moontlik, rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra].

Table 4.4

4.2.17

4.3 Rigting en kontoerlyne3

4.3.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE

4.3.2 Graad 7

4.3.3 KAARTWERK

4.3.4 Module 12

4.3.5 RIGTING EN KONTOERLYNE

1. RigtingDaar is vier hoofrigtings, maar tussen dié vier hoofrigtings is daar sekondêre en tersiêre rigtings. Maak

seker dat jy daarmee vertroud is en bestudeer die meegaande �guur.

3This content is available online at <http://cnx.org/content/m31559/1.1/>.

Page 84: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

78 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

Figure 4.1

Hoofrigtings

Figure 4.2

Sekondêre rigtings

Page 85: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

79

Figure 4.3

Tersiêre rigtings2. KontoerlyneWat is `n kontoerlyn?

• Dit is lyne wat plekke, wat op dieselfde hoogte bo seevlak geleë is, met mekaar verbind. Deur na diepatrone van kontoerlyne te kyk, kan jy baie inligting oor `n gebied se eienskappe bekom.

Kenmerke van kontoerlyne

• Elke kontoerlyn sluit by homself aan en vorm dus `n geslote lyn.• Kontoere kruis of sny mekaar nooit nie of verdeel ook nie in twee nie.• Die enigste geval waar kontoere mekaar raak, is wanneer hulle `n loodregte vorm soos `n krans of `n

waterval voorstel.• Die verskil in hoogte (of toename tussen twee opeenvolgende hoogtelyne) is konstant. Hierdie verskil

in meter staan bekend as die vertikale tussenruimte.• Die kontoer se hoogte in meter word by `n onderbreking in die lyn (of net bokant die lyn) geskryf.• Elke vyfde kontoerlyn is duideliker (of dikker) geteken. Waar die vertikale tussenruimte 20 meter is,

word die duideliker lyne as 300 meter en 400 meter aangedui; die ander tussen-in word ligter aangedui.• Wanneer daar `n baie steil helling is, is die kontoere baie naby aan mekaar geteken. As dit `n helling

is wat geleidelik styg, is die kontoere deurgaans ver uitmekaar.

4.3.6 Aktiwiteit 1:

4.3.7

4.3.7.1 Om die simbole op `n topogra�ese kaart te verstaan

4.3.7.2 [LU 1.4]

• Bestudeer hierdie gedeelte van Ceres se 1:50 000 kaart.

Page 86: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

80 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

Aktiwiteit 1.6 Om die simbole op `n topogra�esekaart te verstaan

LU1.4

Table 4.5

Figure 4.4

Page 87: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

81

Figure 4.5

Page 88: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

82 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

Figure 4.6

1. Beantwoord nou die volgende vrae:a) Hoeveel stasies en sylyne word aangedui?b) Word hierdie dorp deur `n enkel- of dubbelspoor bedien?c) Noem die naam van die rivier wat deur die dorp loop.d) Noem die naam van die rivier wat in die Ceresdam vloei.e) Hoeveel afsonderlike woongebiede word aangetoon?f) Hoe hoog is die hoogste piek in die Witsenberg?g) Bepaal die afstand tussen die polisiestasie en die sylyn (stasietjie) Skoonvlei.h) Verduidelik hoekom die kontoere in die omgewing van die Aartappelrivier (noord van die dorp) ver

van mekaar is, terwyl dit suidwes van Ceres weer baie naby aan mekaar geleë is.Hierdie topogra�ese kaarte word nie in atlasse gevind nie. Jy kan dit bestel vanaf die Staatsdrukker in

Pretoria, waar dit deur kartograwe geteken word vanaf vertikale lugfoto's en ortofotokaarte.

4.3.8 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

continued on next page

Page 89: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

83

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik omaardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 `n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir `n ondersoek identi�seer [vindbronne];

1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige gra�eke, kaarte en statistiese bronne organiseer eninterpreteer [werk met bronne];

1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne];

1.4 plaaslike kaarte en/of ortofotokaarte gebruik om ligging te bepaal en die vraagstuk en die konteksdaarvan te ondersoek (vergelyk met veldwaarnemings) [werk met bronne];

Table 4.6

4.3.9 Memorandum

Aktiwiteit 1:1.a) 4b) Enkelspoorc) Dwarsrivierd) Koekedouriviere) Hoofdorp, tweede direk oos van hoofdorp, derde noordoos van hoofdorp Nduli.f) Slab Peak 1 392 mg) 6,2 cm × 50 000 = 310 000 cm ÷ 10 000 = 3,1 kmh) Aartappelrivieromgewing is geleë in die breë plat riviervallei, waar kontoere ver van mekaar geleë is

om `n plat helling voor te stel. Die suidweste is `n hoër, bergagtige area wat steil berghellings het. Diekontoere is dus naby aan mekaar geleë.

Page 90: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

84 ATTRIBUTIONS

Attributions

Collection: Aardrykskunde Graad 7

Edited by: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/col11020/1.1/License: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Oorstromings/vloede"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24409/1.1/Pages: 1-4Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Tropiese siklone"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24418/1.1/Pages: 4-10Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Aardbewings"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24419/1.1/Pages: 10-17Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Vulkane"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24420/1.1/Pages: 19-25Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Droogtes"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24421/1.1/Pages: 25-31Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Faktore wat groei en verandering beinvloed"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24445/1.1/Pages: 32-39Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Page 91: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

ATTRIBUTIONS 85

Module: "Hoekom mense migreer"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24443/1.1/Pages: 41-49Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Hoe is die demogra�e van die wereld op die langtermyn deur migrasie beinvloed"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24463/1.1/Pages: 50-56Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Bevolkingsgroei en verandering: Die uitwerking van MIV/VIGS"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24461/1.1/Pages: 56-67Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24464/1.1/Pages: 69-72Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Die lees, ontleding en vertolking van topogra�ese kaarte"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m24612/1.1/Pages: 73-77Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Rigting en kontoerlyne"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m31559/1.1/Pages: 77-83Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Page 92: Aardrykskunde Graad 7 - Internet Archive...Chapter 1 Kwartaal 1 1.1 Oorstromings/vloede 1 1.1.1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 1.1.2 Graad 7 1.1.3 OORSTROMINGS/VLOEDE 1.1.4 Module

About ConnexionsSince 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials andmake them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching andlearning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors andlifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities.

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, includingEnglish, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is partof an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexionshas partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed coursematerials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.