1doelstelling - requin angling clubrequinanglingclub.co.za/gvov huishoudelike reels.docx · web...

54
GAUTENG VARSWATER OEWERHENGEL VEREENIGING HUISHOUDELIKE REËLS : HERSIEN 2015 Inhoudsopgawe 1 DOELSTELLING 1.1 Aanhangsel tot grondwet. 1.2 Toeligting verleen aan beleidsaspekte. 1.3 Bestuur van Vereeniging. 1.4 Bindend. 1.5 Wysigings 2 AFFILIASIE BY SUID-AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE. 2.1 SAVOF 3 LIDMAATSKAP VAN DIE VERENIGING 3.1 Lidmaatskap. 3.2 Weiering van lidmaatskap. 3.3 Nie-lede 4 NAAM- EN ADRESLYS VAN DIE VERENIGING 4.1 Adreslys. 4.2 Ampsdraers. 4.2.1 Ere-Presidente en Visepresidente 4.2.2 Uitvoerende Bestuurslede 4.2.3 Provinsiale Keurders 4.2.4 Vaste komitees (Sameroepers) 4.2.5 Klubs (Voorsitter en Sekretaris) 4.3 Verandering van kontakbesonderhede. 4.4 Kontakbesonderhede. 4.4.1 Voorletters en van 4.4.2 Ampstitel van die persoon GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Upload: dinhthuy

Post on 20-May-2018

237 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

GAUTENG VARSWATER OEWERHENGEL VEREENIGING

HUISHOUDELIKE REËLS : HERSIEN 2015

Inhoudsopgawe

1 DOELSTELLING

1.1 Aanhangsel tot grondwet.

1.2 Toeligting verleen aan beleidsaspekte.

1.3 Bestuur van Vereeniging.

1.4 Bindend.

1.5 Wysigings

2 AFFILIASIE BY SUID-AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE.

2.1 SAVOF

3 LIDMAATSKAP VAN DIE VERENIGING

3.1 Lidmaatskap.

3.2 Weiering van lidmaatskap.

3.3 Nie-lede

4 NAAM- EN ADRESLYS VAN DIE VERENIGING

4.1 Adreslys.

4.2 Ampsdraers.4.2.1 Ere-Presidente en Visepresidente4.2.2 Uitvoerende Bestuurslede4.2.3 Provinsiale Keurders4.2.4 Vaste komitees (Sameroepers)4.2.5 Klubs (Voorsitter en Sekretaris)

4.3 Verandering van kontakbesonderhede.

4.4 Kontakbesonderhede.4.4.1 Voorletters en van4.4.2 Ampstitel van die persoon4.4.3 Posadres4.4.4 Werks-, huistelefoon- en selfoonnommer4.4.5 Faksnommer4.4.6 E-pos adres

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 2: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

2

4.5 Kommunikasie.

4.6 Adresinligting.

5 FINANSIëLE VERPLIGTINGE VAN KLUBS:

5.1 Vasstelling van kostes.

5.2 Jaargelde.

5.3 Aanbevelings oor jaargelde.

5.4 Klubs se finansiële verpligtinge.

5.5 Affiliasiefooie van Klubs:5.5.1 Doel van affiliasiefooie.5.5.2 Individue.5.5.3 Juniors O/19.5.5.4 Juniors O/13.5.5.5 Meesters.5.5.6 Registrasiegelde.

5.6 Klubregistrasie.

5.7 SA Affiliasie.

5.8 Liga Inskrywings.

5.9 Fondsinsameling.

5.10 Samevattende finansiële verpligtinge van Klubs.5.10.1 Betalingsadvies vorm

6 PROSEDURES EN TYE WAAROP GELDE BETAALBAAR IS:

6.1 Kennis van jaargelde.

6.2 Betaling deur klubs.

6.3 Sperdatum vir betaling.

6.4 By gebreke om te betaal.

6.5 Bataling en stemreg.

7 REGISTRASIEPROSEDURE VAN INDIVIDUELE LEDE:

7.1 Registerbeampte.

7.2 Inligtingsvereistes.7.2.1 Lederegisternommer (SA nommer)7.2.2 Volle naam soos vervat op die identiteitsdokument7.2.3 Identiteitsnommer7.2.4 PDI indikator7.2.5 Tipe lid (senior man, dame, junior manlik, junior vroulik, meester man/ dame)7.2.6 Volledige posadres en woonadres.7.2.7 Telefoon kontaknommers en E-pos adres.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 3: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

3

7.3 Die prosedure by die registrasie van individuele lede is as volg:7.3.1 Klub Lederegistrasievorm.7.3.2 Volledigheid van data.7.3.3 Voorgeskrewe vorm.7.3.4 Lys van klubs7.3.5 Registrasie van Gauteng spanlede.7.3.6 Verwisseling van klub.7.3.7 Deelname aan ligas.

7.4 Aanvullende registrasie.7.4.1 Die Aanvullende Provinsiale Lederegistrasievorm7.4.2 Die Opsommende Provinsiale Lederegisterverslag7.4.3 Naam- en adreslys van hengelklubs

7.5 Lederegisterverslae na Tesourier.

7.6 Lederegisternommers aan klubs.

7.7 Individuele registrasies.

8 ALGEMENE BESTUURSKOMITEE

8.1 Die Algemene Bestuurskomitee van die Vereniging bestaan uit:8.1.1 Die President wat as Voorsitter optree8.1.2 Die Vise-President8.1.3 Die Sekretaris8.1.4 Die Tesourier8.1.5 Die Ligaorganiserder en Assistant8.1.6 Die Rekordsbeampte8.1.7 Die Regering skakelbeampte8.1.8 Die Dagbestuurslid en Funksie Koôrdineerder8.1.9 Die Fondsinsamelingsbeampte8.1.10 Die Bewaringsbeampte8.1.11 Die Registerbeampte8.1.12 Die Sportverteenwoordiger8.1.13 Die Trofeëbeampte8.1.14 Die Sameroeper Beamptekomitee8.1.15 Die Sameroeper Senior Komitee8.1.16 Die Sameroeper Dames Komitee8.1.17 Die Sameroeper Junior Komitee8.1.18 Die Sameroeper Meesters Komitee8.1.19 Die Sameroeper Karphengel8.1.20 Die Sameroeper Match hengel8.1.21 Die Sameroeper Feeder hengel8.1.22 Die Keurkomitee8.1.23 Die Kleure Beampte8.1.24 Verteenwoordiger.

9 PROSEDURE BY DIE AANSOEK OM HENGELREKORDS

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 4: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

4

9.1 Rekord afdelings.9.1.1 Oewerhengel9.1.2 Spesie Hengel9.1.3 Match Hengel9.1.4 Feeder Hengel

9.2 Oewerhengel rekords9.2.1 _ Gereiklasse

9.2.1.1 Ligtegereiklas9.2.1.2 Mediumgereiklas9.2.1.3 Opegereiklas

9.2.2 Kategorieë9.2.3 Beheerde Kompetisierekords

9.2.3.1 Vangste in RSA.9.2.3.2 Organies verteerbare aas.9.2.3.3 Tydsraamwerk tov rekordaansoeke.9.2.3.4 Affiliase en rekordaansoeke.9.2.3.5 Beamptes en rekords.9.2.3.6 Meet van lyn.9.2.3.7 Sertifisering van vangs.9.2.3.8 Sertifikaat van vangs.9.2.3.9 Opeklas.9.2.3.10 Junior rekord.9.2.3.11 Federasie rekord9.2.3.12 Provinsiale rekordbeampte.

9.2.4 Nie Beheerde Operekord9.2.4.1 Vangste in RSA.9.2.4.2 Vangs vanaf oewer.9.2.4.3 Organies verteerbare aas.9.2.4.4 Tydsraamwerk tov rekordaansoeke.9.2.4.5 Weeg van vis.9.2.4.6 Fotos.9.2.4.7 Opeklas rekord in beheerde wedstryd.9.2.4.8 Getuies.9.2.4.9 Junior rekords.9.2.4.10 Lyn en voorslag.9.2.4.11 Federasie rekordaansoek.9.2.4.12 Provinsiale Rekordbeampte.

9.3 Spesie Hengelrekords9.3.1 Karp.9.3.2 Lyn.Hierdie faset het geen beperking tot bepaalde lynklas diktes en tipe lyn nie, dus sal alle vangste9.3.3 Rekord per paar.9.3.4 Kategorieë.9.3.5 Beheerde wedstryd rekords.9.3.6 Nie-beheerde wedstryd rekords.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 5: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

5

9.4 Match Hengelrekords9.4.1 Alle spesies.9.4.2 Lyn.9.4.3 Kategorieë.9.4.4 Beheerde wedstryd rekords.9.4.5 Nie-beheerde wedstryd rekords.

9.5 Feeder Hengel9.5.1 Spesies.9.5.2 Lyn.9.5.3 Kategorieë.9.5.4 Beheerde wedstryd rekords.9.4.5 Nie-beheerde wedstryd rekords.

10 OUDIT VAN FINANSIëLE STATE:

10.1 Onafhanklike ouditeur

10.2 Sperdatum.

10.3 Uitstuur van state.

10.4 Goedkeuring.

11 MERIETETOEKENNINGS VIR PRESTASIES /ERE KLEURE

11.1 Waardevolle en jarelange diens.

11.2 Nominering.

11.3 Nominasie sperdatums.

11.4 Onvolledige nominasievorms

11.5 Verantwoordelikheid.

11.6 Tabel.

12 GAUTENG PROEWE.

12.1 Deelname aan proewe.

12.2 Die Bestuurskomitee bepaal die volgende:12.2.1 Aantal proewe vir elke afdeling12.2.2 Oorde waar proewe gehou sal word12.2.3 Datums van proewe12.2.4 Formaat van nominasie vorm12.2.5 Gelde betaalbaar

12.3 Die Keurkomitee bepaal die volgende:12.3.1 Manier van loting12.3.2 Volgorde van loting.12.3.3 n Sone bestaan uit 10 penne12.3.4 Plasing van penne.12.3.5 Ruiling Seniors.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 6: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

6

12.3.6 Proewe 1 en 212.3.7 Tydens alle proewe sal hengelaars enkel op 'n pen.

12.4 PROEWE NOMINASIEVORM

12.5 Resultate12.5.1 Geen resultate word bekend gemaak voor die kies van spanne nie12.5.2 Oudit van punte12.5.3 Keuringsvorms

12.6 KEURINGSVORM

12.7 UITEENSETTING VAN KEURINGSVORM

12.8 Kies van Spanne12.8.1 Spanne bestaan uit aantal lede soos voorgeskryf word deur SAVOF beleid.12.8.2 Transformasie12.8.3 Die merietelys en keuringsvorms word as basis gebruik.12.8.4 Basis12.8.5 Bestuurs verslae en resultate van vorige SA Kampioenskappe word in aanmerking geneem.12.8.6 Hengelaars vanaf 'n ander Provinsie12.8.7 Kwalifiseer vir Gauteng kleure

12.9 Aankondiging van spanne.12.9.1 Bekendmaking van spanne.12.9.2 Oorhandiging van spanne.12.9.3 Kortlys.

12.10 Onttrek en plaas van nuwe lede12.10.1 Onttrekking12.10.2 Kennis aan keurders.12.10.3 Kortlys.12.10.4 Plaasvervangers.

12.11 Hantering van probleme12.11.1 Probleme, krisisse en klagtes.12.11.2 Hantering van probleme krisisse en klagtes.

13 GRIEWE & DISIPLINêRE AKSIES

13.1 Griewe Prosedur13.1.1 Stel van klag.13.1.2 Grief opgelos.13.1.3 Grief nie opgelos.

13.2 Disiplinêre Prosedure13.2.1 Onaanvaarbare gedrag.13.2.2 Sameroeper ondersoek die saak13.2.3 Sameroeper bepaal of daar wel 'n reël verontagsaam is.13.2.4 Sameroeper formuleer 'n aanklag volgens die disiplinêre kode13.2.5 n Voorsitter word vir die disiplinêre verhoor aangestel

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 7: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

7

13.2.6 Datum en tyd vir die verhoor word vasgestel13.2.7 Kennisgewing van verhoor.13.2.8 Die beskuldigde se regte word voorgelees13.2.9 Reëlings.13.2.10 Disiplinêre verhoor word gehou13.2.11 Uitspraak word gelewer.

13.3 Handhaaf van Dissipline

14 MISSIE VAN 'N KEURDER

14.1 Doel van 'n Keurder

14.2 Doelwitte van 'n Keurder

15 BELEID VAN KEURDERS.

15.1 Om te kwalifiseer as keurder moet 'n kandiaat aan die volgende vereistes voldoen:

15.2 Gedrag van Keurder

15.3 Goedkeuring van Spanne

16 GAUTENG LIGA

16.1 Pligte en verantwoordelikhede van die Gasheerklubs16.1.1 Hoeveelheid spanne.16.1.2 Penne en telkaarte.16.1.3 Reël vir skale.16.1.4 Pen van oewer.16.1.5 Aangestelde beamptes.16.1.6 Inligtingsvergadering.16.1.7 Spanlyste en inskrywingsgeld16.1.8 Inweeg.16.1.9 Uitslae.16.1.10 Terrein.16.1.11 Penne,kratte ens.

16.2 Algemene ligabepalings16.2.1 Lede mag slegs vir een klub aan die liga deelneem.16.2.2 O/13 ouderdom toegewing.16.2.3 Juniors in Senior-/Damesspanne.16.2.4 Rotasie.16.2.5 Kleredrag.16.2.6 Hengelperiode.16.2.7 Aantal ligas.16.2.8 Fondsinsameling.

17 BEAMPTES. Klousules (Kriteria en Riglyne).

17.1 Doelstelling

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 8: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

8

17.2 Werksaamhede:17.2.1 Hoofbeampte.17.2.2 Ander beamptes.17.2.3 Hoofbeampte wat hengel.17.2.4 Hoofbeampte tydens proewe.17.2.5 Beamptes tydens privinsiale wedstryde.17.2.6 Verantwoordelikheid van aangestelde hoofbeampte.17.2.7 Beamptes en fondsinsameling.

17.3 Aanstellings17.3.1 Beampte sameroeper.17.3.2 Aansatelling by proewe.

17.4 Beampte Komitee.17.4.1 GVOV Beampte Algemene Jaarvergadering17.4.2 Beampte samekomste en komiteevergaderings17.4.3 Stemreg op Beamptes AJV.17.4.4 Sameroeper GVOV beamptes.17.4.5 Samestelling baemptekomitee.

17.5 Nuwe Beamptes.17.5.1 Opleiding van nuwe bamptes.17.5.2 Kursus inhoud en formaat.17.5.3 Praktiese opleiding.17.5.4 Provinsiale kleure.17.5.5 Opleiding as SA beampte.

17.6 Optredes.17.6.1 Dra van provinsiake klere.17.6.2 Onaktief na aktief.17.6.3 Provinsiale Beamptes vanaf ander provinsies.17.6.4 SA Beamptes vanaf ander provinsies.

17.7 Toekennings.17.7.1 Erkenning aan beamptes.17.7.2 Punte toekenning word as volg bereken:17.7.3 Kriteria vir die opstapeling van punte kerwe:

17.8 Algemeen17.8.1 Voorbereiding van oewer.17.8.2 Skoonhou van terrein.17.8.3 Reëls en kodes.17.8.4 Ad Hoc bsluite.17.8.5 Registrasiefooi.17.8.6 Voorwaardes en verantwoordelikhede tov SA beamptes opleiding.

17.9 Wysigings:

18 FONDSINSAMELING

18.1 BELEID VIR FONDSINSAMELING- Provinsiale spanne

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 9: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

9

18.1.1 Korrespondensie en borgvorms.18.1.2 Geen fotostate mag gemaak word nie18.1.3 Spanbestuurder en vorms.18.1.4 Aanvra van vorms.18.1.5 Kontrole oor vorms.18.1.6 Gelde ontvang.18.1.7 Aanwending fan fondse.18.1.8 Ekstra fondse ingesamel.18.1.9 Fondse oor na SA’s.18.1.10 Die volgende kan as riglyne gebruik word:

19 TOEKENNING VAN PROVINSIALE KLEURE

19.1 Dra van Provinsiale klere/kleure.19.1.1 Toekenning.19.1.2 Aankoop.19.1.3 Wapens.19.1.4 Slegs die amptelike wapen mag op klere aangebring word.19.1.5 Formele drag.19.1.6 Deposito.

19.2 Die volgende wapens word toegeken:

19.3 Die volgende dasse word toegeken:

20 DAMES AFDELING

20.1 Pligte van ampsdraers.20.1.1 Sameroeper.20.1.2 Vise Sameroeper.20.1.3 Sekretaresse20.1.4 Tesourier20.1.5 Algemeen

21 JUNIOR AFDELING

21.1 Pligte van ampsdraers.21.1.1 Sameroeper.21.1.2 Vise Sameroeper.21.1.3 Sekretaris(esse)

21.1.4 Tesourier

22 BEWARING.

22.1 Statistiek Bylae "G"

22.2 Hengel:

23 PLIGTE VAN AMPSDRAERS

23.1 PRESIDENT

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 10: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

10

23.1.1 Voorsitter.23.1.2 Jaarverslag.23.1.3 Doen die aanstellings van die volgende komiteelede:

23.2 VISE-PRESIDENT23.2.1 Voorsitter.23.2.2 Neem waar as President gedurende tydperke wanneer die President uitstedig is23.2.3 Is verantwoordelik vir die oudit van alle uitslae.

23.3 SEKRETARIS23.3.1 Notuleer die verrigtinge van alle vergaderings.23.3.2 Bewaar, of laat bewaar, die rekords van die Vereniging.23.3.3 Klerklike/sekretarieëlewerk23.3.4 Notules.23.3.5 Enige ander opdragte wat van tyd tot tyd aan hom opgedra mag word.

23.4 TESOURIER23.4.1 Invordering en administrasie.23.4.2 Doen verslag van finansies by Algemene Bestuurskomitee vergaderings.23.4.3 Finansiële jaarstate.23.4.4 Bewaar die bates van die Vereniging wat nie in die sorg van ander Ampsdraers is nie.23.4.5 Verantwoordelik vir die bestuur van fondse vir Nasionale en Provinsiale funksies.

23.5 DAGBESTUURSLID/FUNKSIE KOöRDINEERDER23.5.1 Reëling van alle Nasionale en Inter Provinsiale geleenthede.

23.6 LIGA ORGANISEERDER

23.7 REKORDBEAMPTE23.7.1 Rekordhouding.23.7.2 Verwerk alle aansoeke vir rekords soos ontvang deur geaffilieerde lede.23.7.3 Doen verslag aan die Algemene bestuurskomitee oor nuwe rekord vangste.23.7.4 Stel 'n jaarverslag op van volledige rekords vir voorlegging by die Algemene Jaarvergadering.

23.8 REGERING SKAKELBEAMPTE23.8.1 Skakeling met SASACC en SAVOF23.8.2 Verantwoordelik vir die voorbereiding en indiening van SRSA en Lotto aansoeke.23.8.3 Regeringsvoorskrifte.

23.9 SPORTVETEENWOORDIGER23.9.1 Tree op as skakelpersoon tussen die hengelaars en die Vereniging.23.9.2 Tree op as skakel tussen die Vereniging en die SAVOF Hengelaars verteenwoordiger.

23.10 FONDSINSAMELINGSBEAMPTE23.10.1 Organiseer fondsinsamelings.

23.11 BEWARINGSBEAMPTE23.11.1 Besoedeling en oortreding.23.11.2 Stel 'n verslag saam vir indienning by SAVOF.23.11.3 Doen verslag aan die onderskeie vergaderings.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 11: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

11

23.12 REGISTERBEAMPTE23.12.1 Lederegister.23.12.2 Affiliasie provinsiale hengelaars.23.12.3 Lewer verslag by die onderskeie vergaderings.

23.13 DIE KEURKOMITEE23.13.1 Keuringsbeleid.23.13.2 Die volgende aspekte word in ag geneem:23.13.3 Inskrywingsfooie.23.13.4 Goedkeuring van Gekose spanne.

23.14 JUNIORKOMITEE23.14.1 Sameroeper.23.14.2 Reël alles tov Juniorspanne.

23.15 DAMESKOMITEE23.15.1 Sameroeper.23.15.2 Reël alles tov Damesspanne.

23.16 BEAMPTEKOMITEE23.16.1 Sameroeper.23.16.2 Reël alles tov Beamptes.

23.17 KARPHENGEL23.17.1 Sameroeper.23.17.2 Reël alles tov karpfaset.

23.18 MATCH HENGEL23.18.1 Sameroeper.23.18.2 Reël alles tov matchfaset.

23.19 FEEDER HENGEL23.19.1 Sameroeper.23.19.2 Reël alles tov feederfaset.

23.20 TROFEëBEAMPTE23.20.1 Beheer trofeë.23.20.2 Medaljes en sertifikate.23.20.3 Verslag.

23.21 SAMEROEPER MEESTERSKOMITEE23.21.1 Spreekbuis vir die Meesters, rakende alle sake.

23.22 KLEREBEAMPTE/KLEUREBEAMPTE23.22.1 Beheer van klere en wapens.

23.23 OUDITEUR23.23.1 Ouditverslag.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 12: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

12

1 DOELSTELLING1.1 Aanhangsel tot grondwet.

Die Huishoudelike Reëls van die Vereniging is 'n aanhangsel tot die Grondwet vandie Vereniging en is as sulks ondergeskik en onderhewig aan die bepalings en regulasies van die Grondwet.

1.2 Toeligting verleen aan beleidsaspekte.Die Huishoudelike Reëls het ten doel om onderhewig aan diè reëls, regulasies en die voorwaardes van die Grondwet, meer duidelike en breedvoerige toeligting te verleen aan beleidsaspekte waarvan daar geen of min besonderhede in die Grondwet van die Vereniging verskyn.

1.3 Bestuur van Vereeniging.Die reëls het verder ten doel om die bestuursvaardighede en effektiwiteit van die Vereniging te verbeter deur onduidelikhede en misverstande uit te skakel en doeltreffende kommunikasie tussen die Vereniging en sy Klublede te verseker.

1.4 Bindend.Die Huishoudelike Reëls is bindende krag in soverre dit direkte verwysings na die Grondwet bevat en op besluite gebaseer is wat op 'n Algemene Jaarvergadering of Uitvoerende Komitee vergadering geneem of goedgekeur is.

1.5 WysigingsDie Huishoudelike Reëls kan sonder vooraf kennisgewing deur die Algemene Bestuurskomitee gewysig word mits sodanige wysiging met 'n twee derde meerderheid deur die Algemene Bestuurskomitee aanvaar word.

2 AFFILIASIE BY SUID-AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE.

2.1 SAVOFIn terme van die doelstellings sal die Vereniging hom jaarliks by die volgende hengelliggaam affilieer:Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie (SAVOF). SAVOF is die beheerliggaam van varswater oewerhengel en is verantwoordelik vir die aanbied van 'n verskeidenheid varswater oewerhengel Nasionale Kampioenskappe. Die affiliasiegelde van hierdie Vereniging word verhaal van alle klubs wat by die Vereniging geafilieer is en word oorbetaal aan SAVOF

3 LIDMAATSKAP VAN DIE VERENIGING3.1 Lidmaatskap.

Lidmaatskap van die Vereniging kan verkry word deur enige ge-organiseerde varswater hengelklub met minstens 15 (vyftien) lede wat ledegeld en affiliasiefooie betaal het en wat deur die Dagbestuur goedgekeur word. Besonderhede van die klubbestuur asook ledelyste en 'n klubgrondwet moet die aansoek vergesel. Die klub moet binne die regsgebied van die vereniging gesetel wees.

3.2 Weiering van lidmaatskap.Die Dagbestuur kan die affiliasie van enige individuele lid of lede van 'n klub weier sonder om redes te verskaf. So 'n lid mag binne 21 dae na die Uitvoerende Komitee appeleer, wie se beslissing finaal sal wees.

3.3 Nie-ledeNie-lede sal nie daarop geregtig wees om aan enige van die aktiwiteite van die Vereniging deel te neem nie.

4 NAAM- EN ADRESLYS VAN DIE VERENIGING

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 13: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

13

4.1 Adreslys.Die Sekretaris van die Vereniging is verantwoordelik vir die byhou van die Vereniging se adreslys en die uitstuur van opgedateerde adreslyste op 'n ses maandelikse basis aan die Vereniging se Uitvoerende Bestuur, Vaste komitees, Klubs en SAVOF.

4.2 Ampsdraers.Die volgende ampsdraers van die Vereniging se besonderhede sal op die adreslys verskyn:

4.2.1 Ere-Presidente en Visepresidente4.2.2 Uitvoerende Bestuurslede4.2.3 Provinsiale Keurders 4.2.4 Vaste komitees (Sameroepers)4.2.5 Klubs (Voorsitter en Sekretaris)4.3 Verandering van kontakbesonderhede.

Ten einde te verseker dat die Vereniging se adreslys altyd volledig op datum is en kontak bewerkstellig kan word, moet die Bestuurslede, keurders, vaste komitees en Klubs die Sekretariaat van die Vereniging onverwyld van enige adres- en ampsveranderinge in kennis stel.

4.4 Kontakbesonderhede.Die volgende adres- en kontakbesonderhede word ten opsigte van ampsdraers op die adreslys benodig:

4.4.1 Voorletters en van4.4.2 Ampstitel van die persoon4.4.3 Posadres4.4.4 Werks-, huistelefoon- en selfoonnommer4.4.5 Faksnommer4.4.6 E-pos adres4.5 Kommunikasie.

Kommunikasie met klubbesture en die uitvoerende bestuurslede sal by wyse elektroniese pos geskied,waar beskikbaar, anders met kennisgwing.

4.6 Adresinligting.Voorsiening van adresinligting aan buite instansies. Onder geen omstandighede mag enige persoon van hierdie Vereniging, adresinligting voorsien of oordra aan enige persone of instansies nie. By versuim hiervan kan ernstige stappe geneem word teen die skuldiges.

5 FINANSIëLE VERPLIGTINGE VAN KLUBS:

5.1 Vasstelling van kostes.Die affiliasie ledegelde, jaarlikse registrasiefooie en admin/lopende koste wat deur klubs betaalbaar is, word op die GVOV Algemene Jaarvergadering, vooruit vir die volgende finansiële jaar vasgestel.

5.2 Jaargelde.Die jaargelde is vooruit betaalbaar. Dieselfde gelde sal betaalbaar wees ongeag die tydperk wat 'n klub of individuele lid gedurende die jaar by die Vereniging geaffilieer of geregistreer is. (Geen proporsionele ledegelde sal van toepassing wees nie)

5.3 Aanbevelings oor jaargelde.Aanbevelings oor die jaargelde wat vir die volgende jaar betaalbaar sal wees, sal deur die Tesourier aan die vergadering voorgelê word.

5.4 Klubs se finansiële verpligtinge.Klubs se finansiële verpligtinge sal bestaan uit die volgende:a affiliasiefooie van klubledeb klubregistrasie

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 14: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

14

c SA affiliasied liga inskrywingse fondsinsamelingf enige ander heffings wat deur die Algemene Jaarvergadering bepaal word

5.5 Affiliasiefooie van Klubs:5.5.1 Doel van affiliasiefooie.

Die affiliasiefooie wat klubs moet betaal, het ten doel om die Vereniging by SAVOF te affilieer.5.5.2 Individue.

Individuele lede wat aan die aktiwiteite van die Vereniging wil deelneem, moet jaarliks deur die klubs by die Vereniging geregistreer word. Individuele lede moet in die kategorieë senior mans, senior dames, junior mans O/19 of junior dames O/19 en juniors O/13 geregistreer word.

5.5.3 Juniors O/19.Vir doeleindes van registrasie sal 'n junior O/19 'n manlike of vroulike lid wees wat met die aanvang van die Vereniging se finansiële jaar, naamlik 1 Januarie, nog nie negentien jaar oud was nie, met dien verstande dat 'n persoon slegs mag hengel as junior tot en met sy/haar 19e verjaardag (Sien SA reël 1.6). Grasie sal egter vir junior O/19's gegee word wat die 1ste en 2e been van die Liga sodanig gehengel het as junior O/19 om die 3e Liga af te sluit waar hy/sy reeds sy/haar 19e verjaardag gevier het.

5.5.4 Juniors O/13.Vir doeleindes van registrasie sal 'n junior O/13 'n manlike of vroulike lid wees wat met die aanvang van die Vereniging se finansiële jaar, naamlik 1 Januarie, nog nie dertien jaar oud was nie, met dien verstande dat 'n persoon slegs mag hengel as junior tot en met sy/haar 19e verjaardag (Sien SA reël 1.6). Grasie sal egter vir juniors O/13's gegee word wat die 1ste en 2e been van die Liga sodanig gehengel het as junior 0/13 om die 3e Liga af te sluit waar hy/sy reeds sy/haar 13e verjaardag gevier het.

5.5.5 Meesters.Vir die doel van registrasie sal 'n Meester hengelaar 'n manlike of vroulike lid wees wat met die aanbreek van enige Meesterskompetisie reeds die ouderdom van vyftig jaar is.

5.5.6 Registrasiegelde.Die registrasiegelde van seniors, dames, juniors O/19 en O/13 word as afsonderlike fondse geadministreer. Die jaarlikse registrasiegelde is dieselfde vir seniors, dames en junior O/19’s en O/13's

5.6 Klubregistrasie.Klubregistrasiefooie wat betaal moet word het ten doel om deel te neem aan die Vereniging se ligabepalings van die betrokke jaar.

5.7 SA Affiliasie.SA affiliasiefooie behels die bedrag wat 'n Provinsie moet betaal om by SAVOF geaffilieër te wees.

5.8 Liga Inskrywings.Liga inskrywingsfooie is jaarliks betaalbaar vir die aantal spanne van elke klub watdeelneem aan die betrokke jaar se liga.

5.9 Fondsinsameling.Fondsinsameling/administrasiefooie is jaarliks betaalbaar vir die Senior lede van elke klub wat geaffilieer is. Hierdie fooie is betaalbaar bepaal deur die Algemene Bestuurskomitee. Betalingsbewys moet deurgestuur word aan die Tesourier, Register- en Fondsinsamelingsbeampte. Fondsinsamelings projekte word deur die Fondsinsamelingsbeampte voorgestel en geadministreer.

5.10 Samevattende finansiële verpligtinge van Klubs.5.10.1 Betalingsadvies vorm

SIEN AANHANGSEL A

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 15: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

15

6 PROSEDURES EN TYE WAAROP GELDE BETAALBAAR IS:

6.1 Kennis van jaargelde.Die Tesourier moet jaarliks 'n kennisgewing van jaargelde betaalbaar binne 21 dae na die AJV van die Vereniging aan alle klubs stuur tesame met n betalingsadviesvorm, wat alle oorbetalings aan die Vereniging moet vergesel.

6.2 Betaling deur klubs.Klubs moet fondse regstreeks in die Vereniging se bankrekening deponeer. 'n Afskrif van die depositostrokie of elektroniese fondsoorplasingsbevestiging moet saam met die betalingsadviesvorm aan die Tesourier gestuur word.

6.3 Sperdatum vir betaling.Die Jaargelde wat deur klubs betaalbaar is, moet binne 21 dae na die Gauteng Algemene Jaarvergadering in die Vereniging se bankrekening inbetaal word. Bedrae betaalbaar ten opsigte van nuwe registrasies moet tesame met registrasie betaal word.

6.4 By gebreke om te betaal.Indien 'n klub nalaat om sy finansiële en administratiewe verpligtinge betyds en volgens die voorgeskrewe bepalings na te kom, sal hy/sy outomaties verdere deelname aan die aktiwiteite van die Vereniging ontsê word. Die Dagbestuur kan na ondersoek van die aangeleentheid die ledeliggaam 'n boete oplê.

6.5 Bataling en stemreg.Indien Klubs se finansiële verpligtinge en boetes opgelê nie voor die aanvang van die Algemene Jaarvergadering betaal is nie, sal die betrokke Klubs ook nie oor stemreg tydens die Algemene jaarvergadering beskik nie.

7 REGISTRASIEPROSEDURE VAN INDIVIDUELE LEDE:

7.1 Registerbeampte.Die Vereniging se Registerbeampte is verantwoordelik vir die registrasie van individuele lede by SAVOF en die byhou van 'n Register van Individuele klubs. Die register en die naam- en adreslys van hengelklubs moet die inligting van individuele lede en klubs bevat soos van toepassing tydens die jaarlikse registrasie. Dit word van klubbesture vereis om die Vereniging se Registerbeampte van alle tussentydse adres- en telefoonveranderings van individuele lede en hengelklubs in kennis te stel. Dit is verpligtend dat 'n afskrif van ID dokument vir alle nuwe registrasies aangeheg word.

7.2 Inligtingsvereistes.Ten einde aan die vereistes van SAVOF te voldoen en die Vereniging se individuele ledelys 'n bemarkbare instrument te maak, moet die Register van Individuele Lede aan die volgende inligtingsvereistes voldoen:

7.2.1 Lederegisternommer (SA nommer)7.2.2 Volle naam soos vervat op die identiteitsdokument7.2.3 Identiteitsnommer7.2.4 PDI indikator7.2.5 Tipe lid (senior man, dame, junior manlik, junior vroulik, meester man/ dame)7.2.6 Volledige posadres en woonadres.7.2.7 Telefoon kontaknommers en E-pos adres.

7.3 Die prosedure by die registrasie van individuele lede is as volg:7.3.1 Klub Lederegistrasievorm.

Die Klub Lederegistrasievorm moet jaarliks deur elke klub voltooi en voor 30 April aan die registerbeampte voorsien word. By gebrek aan nuwe lederegistrasie-inligting, kan die lede-

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 16: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

16

inligting soos op 31 Maart van die voorafgaande jaar deur die Klub gebruik word.7.3.2 Volledigheid van data.

Die Registerbeampte moet toesien dat die klubs se lederegistrasievorm volledig en die identiteitsbesonderhede van die individuele lede korrek voltooi is. Enige foutiewe of ontbrekende inligting op die vorm moet deur die registerbeampte by die klubs verkry word

7.3.3 Voorgeskrewe vorm.Die voorgeskrewe Provinsiale Lederegistrasievorm moet vervolgens vanaf die klubregistrasievorms saamgestel word. Die Provinsiale lederegistrasie vorm moet tesame met 'n opsommende provinsiale lederegisterverslag, voor of op die 15de April van elke jaar, aan die SAVOF se registerbeampte gestuur word.

7.3.4 Lys van klubsDie registerbeampte moet die Federasie se Registerbeampte ook voor of op 15 April van 'n amptelike Naam-en Adreslys van Hengelklubs voorsien.

7.3.5 Registrasie van Gauteng spanlede.Die registerbeampte moet verseker dat alle hengelaars wat opgeneem is in Gauteng spanne, wel deur hulle klubs geaffilieer is. Die Sameroeper van die keurkomitee sal die Registerbeampte voorsien van 'n volledige lys van al die hengelaars wat in die onderskeie Gauteng spanne opgeneem is.

7.3.6 Verwisseling van klub.Hengelaars wat van klub verwissel mag nie by 'n ander klub geaffilieer word alvorens hy 'n uitklaringsbrief verkry het by die klub wat hy verlaat nie. Die brief moet stipuleer dat hy geen verdere verpligtinge teenoor die klub het nie. Sou klubs in gebreke bly om, binne 14 dae, vanaf die datum dat 'n aansoek om n uitklaringsbrief ontvang is, redes te verskaf vir die weiering van so 'n versoek, sal aanvaar word dat die hengelaar geen verdere verpligtinge teenoor die klub het nie. Daar sal egter bewys gelewer moet word dat daar wel aansoek gedoen is vir uitklaringsbrief.

7.3.7 Deelname aan ligas.Hengelaars wat aansoek gedoen het om affiliasie en hulle affiliasie geld betaal het sal toegelaat word om aan liga deel te neem terwyl hy wag dat sy SA nommer aan hom uitgereik word.

7.4 Aanvullende registrasie.Klubs moet 'n aanvullende Hengelklub Lederegistrasievorm, wat die werklike ledebesonderhede soos op 15 Junie bevat, voor of op die 30ste Junie van elke jaar aan sy Registerbeampte voorsien. Die Registerbeampte moet na kontrolering en bevestiging van die inligting die volgende dokumente voor of op die 15de Julie van elke jaar aan die Federasie se Registerbeampte voorsien:

7.4.1 Die Aanvullende Provinsiale Lederegistrasievorm7.4.2 Die Opsommende Provinsiale Lederegisterverslag7.4.3 Naam- en adreslys van hengelklubs7.5 Lederegisterverslae na Tesourier.

Die Registerbeampte moet ook afskrifte van die opsommende lederegisterverslae wat aan die Federasie se registerbeampte gestuur is, aan die Federasie se Tesourier deurstuur vir kontrolering of die registrasiegelde met die ledetalle van die provinsie ooreenstem.

7.6 Lederegisternommers aan klubs.Na die toewysing van lederegisternommers aan alle individuele lede, moet die registerbeampte dit deurstuur aan betrokke Klubs.

7.7 Individuele registrasies.Vir die affiliasie van individuele lede gedurende die jaar, moet dieselfde prosedure gevolg word as by die massa registrasieprosedure van lede. Verdere fooie tov nuwe registrasies moet saam met registrasie by die Tesourier aangesuiwer word.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 17: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

17

8 ALGEMENE BESTUURSKOMITEE

8.1 Die Algemene Bestuurskomitee van die Vereniging bestaan uit:8.1.1 Die President wat as Voorsitter optree8.1.2 Die Vise-President8.1.3 Die Sekretaris8.1.4 Die Tesourier8.1.5 Die Ligaorganiserder en Assistant8.1.6 Die Rekordsbeampte8.1.7 Die Regering skakelbeampte8.1.8 Die Dagbestuurslid en Funksie Koôrdineerder8.1.9 Die Fondsinsamelingsbeampte8.1.10 Die Bewaringsbeampte8.1.11 Die Registerbeampte8.1.12 Die Sportverteenwoordiger8.1.13 Die Trofeëbeampte8.1.14 Die Sameroeper Beamptekomitee8.1.15 Die Sameroeper Senior Komitee8.1.16 Die Sameroeper Dames Komitee8.1.17 Die Sameroeper Junior Komitee8.1.18 Die Sameroeper Meesters Komitee8.1.19 Die Sameroeper Karphengel8.1.20 Die Sameroeper Match hengel8.1.21 Die Sameroeper Feeder hengel8.1.22 Die Keurkomitee8.1.23 Die Kleure Beampte8.1.24 Verteenwoordiger.

Een verteenwoordiger van elke Lidklub met dien verstande dat Ampsdraers 7.1.1 tot 7.1.22 nie 'n klub op enige vergadering sal verteenwoordig nie. Indien 'n Verteenwoordiger tot een van hierdie ampte verkies word, sal die betrokke klub 'n ander Verteenwoordiger moet aanwys.

9 PROSEDURE BY DIE AANSOEK OM HENGELREKORDS

9.1 Rekord afdelings.Daar sal binne die GVOV.verskeie rekord afdelings wees wat voorsiening maak vir elk van die onderskeie hengelfasette onder die jurisdiksie van die Vereniging o.a:

9.1.1 Oewerhengel9.1.2 Spesie Hengel9.1.3 Match Hengel9.1.4 Feeder Hengel9.2 Oewerhengel rekords9.2.1 Gereiklasse

Daar bestaan drie gerei-klasse ten opsigte waarvan daar vir rekordvangste aansoek gedoen kan word nl.

9.2.1.1 LigtegereiklasLigtegereiklas: Van toepassing op vangste met 'n lyn waarvan die deursnit 0.22mm of dunner is.

9.2.1.2 MediumgereiklasMediumgereiklas: Van toepassing op vangste met 'n lyn waarvan die deursnit 0.30mm en dunner is.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 18: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

18

9.2.1.3 OpegereiklasOpegereiklas: Van toepassing op vangste met 'n lyn waarvan die deursnit bokant 0.30mm is. Vangste met enige sintetiese lyn ongeag die deursnit daarvan bv. Fireline, Super Braid of Whiplash Braid, word as opegerei geklassifiseer.

9.2.2 KategorieëBehalwe vir die lyn gerei-klasse is daar twee kategorieë waarin individuele hengelaars aansoek kan doen nl. Beheerde Kompetisierekords en Ope Kompetisierekords

9.2.3 Beheerde KompetisierekordsBeheerde Kompetisierekords Om aansoek te doen vir 'n Beheerde Kompetisierekord, (bepaalde gereiklas) met begrip van ligte, medium of Ope-gerei, moet die volgende prosedures nagekom word

9.2.3.1 Vangste in RSA.Slegs vangste wat binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika plaasgevind het, sal in aanmerking geneem word vir 'n Vereniging rekord.

9.2.3.2 Organies verteerbare aas.Slegs vangste wat gemaak word met organies verteerbare aas sal in aanmerking geneem word vir 'n Vereniging rekord.

9.2.3.3 Tydsraamwerk tov rekordaansoeke.Daar moet binne 60 dae na die betrokke vis gevang is, vir 'n rekord aansoek gedoen word by die GVOV rekords beampte.

9.2.3.4 Affiliase en rekordaansoeke.Die hengelaar wat die vis gevang het en vir 'n rekord aansoek doen, moet 'n geaffilieerde lid van die Vereniging wees en die vis moes in 'n Vereniging of SA beheerde kompetisie gevang gewees het.

9.2.3.5 Beamptes en rekords.Die beampte moet die vangs besigtig voordat die vis van die lyn verwyder word en die hengelaar weer mag werp, sodat die lyndikte bepaal kan word. (Sien ook reël 9.2.3.9)

9.2.3.6 Meet van lyn.Die voorslag en lyndikte moet deur die sonebeampte of die beheerbeamptemet 'n mikrometer, op drie plekke twee meter uitmekaar, gemeet word alvorens die hengelaar weer mag werp. (Sien ook SA reël 5.3.2).

9.2.3.7 Sertifisering van vangs.Die betrokke beampte moet sertifiseer dat die voorslag en lyn aan die vereiste lyndikte voldoen. Dit is nie nodig dat die voorslag en lyn waarmee die rekord gevang is, die rekordaansoek vergesel nie.met dien verstande dat die lyn wel soos bo in 9.2.3.5 & 9.2.3.6 beskryf gemeet is.

9.2.3.8 Sertifikaat van vangs.(a) Die sonebeampte of beheerbeampte moet die vangs sertifiseer deur die "Sertifikaat van vangste gemaak tydens 'n beheerde wedstryd-vorm" te voltooi en aan die hengelaar oorhandig. (b) Die vorm moet in duplikaat voltooi en aan die hengelaar oorhandig word, waarna die vorm deur die hengelaar se klub aan die GVOV se Rekord beampte gestuur word. (c) Die hengelaar se affiliasiebesonderhede moet op die sertifikaat aangebring word, ten einde die rekordklas en affiliasie te bevestig.

9.2.3.9 Opeklas.Indien die hengelaar die vangs in sy hounet plaas en eers aan die einde van die dag weeg, sal die vangs, ongeag die toerusting waarmee die vis gevang is, slegs vir 'n swaargerei (Opeklas) rekord in aanmerking geneem word.

9.2.3.10 Junior rekord.n Junior-rekord kan geëis word indien die hengelaar jonger as 19 jaar oud was ten tye van die vangs.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 19: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

19

9.2.3.11 Federasie rekordIn die geval van 'n Federasie rekord aansoek moet die hengelaar deur middelvan sy hengel klub by die Provinsiale GVOV rekord beampte aansoek doen omdie vangs sodanig te laat registreer soos voorgeskryf in 9.3.8 b.

9.2.3.12 Provinsiale rekordbeampte.Die Provinsiale rekordbeampte moet op sy beurt by die Federasie se rekordbeampte aansoek doen vir die erkenning van die rekord. Die "Sertifikaat van vangste gemaak tydens 'n beheerde wedstryd-vorm", moet die aansoek vergesel.

9.2.4 Nie Beheerde Operekord Enige geregistreerde lid wat 'n kwalifiserende vangs maak tydens 'n beheerde kompetisie, 'n klubkompetisie of gedurende 'n sosiale hengel aangeleentheid en aansoek wil doen vir 'n Nie Beheerde Operekord binne 'n bepaalde gereiklas,met begrip van ligte, medium of Ope-gerei, moet die volende prosedures nagekom word

9.2.4.1 Vangste in RSA.Slegs vangste wat binne die Republiek van Suid-Afrika se grense gemaak is, sal in aanmerking geneem word.

9.2.4.2 Vangs vanaf oewer.Slegs vangste gemaak vanaf 'n oewer met oewerhengelgerei sal in aanmerking geneem word vir 'n Vereniging rekord.

9.2.4.3 Organies verteerbare aas.Slegs vangste wat gemaak word met organies verteerbare aas sal in aanmerking geneem word vir 'n Vereniging rekord

9.2.4.4 Tydsraamwerk tov rekordaansoeke.Daar moet binne 60 dae nadat die vis gevang is, vir 'n rekord aansoek gedoen word.

9.2.4.5 Weeg van vis.Die vangs moet op 'n elektroniese gesertifiseerde skaal geweeg word. Die massa van die vis moet gesertifiseer word asook besonderhede van waar die skaal gehou word.

9.2.4.6 Fotos.Twee foto's moet van die vis geneem word ooreenkomstig die prosedure in die Federasie se amptelike rekordboekie. Een foto moet die vis en 'n erkenbare item geneem word en die ander foto van die hengelaar en sy vangs.

9.2.4.7 Opeklas rekord in beheerde wedstryd.Indien 'n hengelaar tydens 'n beheerde kompetisie 'n vis vang wat die ope rekord oorskry, kan die hengelaar vir 'n ope rekord aansoek doen. Die foto's word in sodanige geval vervang met die beampte se sertifisering van die vis, op die voorgeskrewe wedstryd vorm.

9.2.4.8 Getuies.Indien getuies by was tydens die vangs van die vis, moet beëdigde verklarings van die getuies geneem en saamgestuur word.

9.2.4.9 Junior rekords. 'n Junior O/19 rekord kan geëis word indien die hengelaar jonger as 19 jaar was ten tye van die vangs en 'n junior O/13 rekord, indien die hengelaar jonger was as 13 jaar ten tye van die vangs.

9.2.4.10 Lyn en voorslag.Waar aansoek gedoen word vir 'n ligte of medium gereiklas Nie Beheerde hengel uitstappie moet die aansoek soos omskryf ook vergesel word van ten minste 2 - 3 meter hooflyn asook die voorslag saam gelees met reël 9.2.3.6

9.2.4.11 Federasie rekordaansoek.In die geval van 'n Federasie rekord aansoek moet die hengelaar deur middel van sy klub by die GVOV Rekordbeampte aansoek doen om die vangs sodanig te laat registreer soos voorgeskryf in reël 9.2.3.8 (b)

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 20: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

20

9.2.4.12 Provinsiale Rekordbeampte.Die Provinsiale Rekordbeampte moet op sy beurt by die Federasie se Rekordbeampte aansoek doen vir die erkenning van die rekord. Die aansoek oet vergesel wees van die nodige dokumentasie.

9.3 Spesie Hengelrekords 9.3.1 Karp.

Hierdie faset is beperk tot vangs van Karp verwante spesies alleen.9.3.2 Lyn.

Hierdie faset het geen beperking tot bepaalde lynklas diktes en tipe lyn nie, dus sal alle vangste gereken te wees as Ope lynklas.

9.3.3 Rekord per paar.In hierdie faset neem hengelaars deel in pare gedurende kompetisies, dus sal beide hengelaars in aanmerking kom waar 'n rekord vangs ter sprake is.

9.3.4 Kategorieë.In hierdie faset is daar geen bepalende kategorie met betrekking tot mans, dames en juniors nie. Alle hengelaars wat aan die faset deelneem sal dus meeding in 'n enkele klas.

9.3.5 Beheerde wedstryd rekords.Met betrekking tot Beheerde rekord aansprake moet die algemene prosedure soos omskryf in reël 9.2.3 nagekom en gevolg word, en tesame met die stawende dokumentasie ingedien word.

9.3.6 Nie-beheerde wedstryd rekords.Met betrekking tot Nie beheerde Operekord aansprake moet die algemene prosedure soos omskryf in reël 9.2.4 nagekom en gevolg word met dien verstande dat daar 4 fotos ingedien word. Een van die vis met 'n uitkenbare item langsaan - blikkie of iets dergliks. Een van die vis met 'n maatband. Een van die vis saam met die hengelaar en een van die vis en hengelaar waarby die toerusting wat gebruik is, verskyn.

9.4 Match Hengelrekords9.4.1 Alle spesies.

Hierdie faset is nie beperk tot die vangs van 'n bepaalde spesie nie9.4.2 Lyn.

Hierdie faset het geen beperking tot lynklas diktes en tipe lyn nie, dus sal alle vangste gereken te wees as Ope lynklas.

9.4.3 Kategorieë.In hierdie faset is daar wel 'n bepalende kategorie met betrekking tot mans, dames, meesters (Seniors bo 60), juniors O/13, o/18 en o/23. Dus sal alle hengelaars in onderskeie afdelings meeding, soortgelyk aan Oewerhengel.

9.4.4 Beheerde wedstryd rekords.Met betrekking tot Beheerderekord aansprake moet die prosedure soos omskryf in reël 9.2.3 nagekom en gevolg word en tesame met die stawende dokumentasie ingedien word.

9.4.5 Nie-beheerde wedstryd rekords.Met betrekking tot Nie beheerde Operekord aansprake moet die algemene prosedure soos omskryf in reël 9.2.4 nagekom en gevolg word met dien verstande dat daar 4 fotos ingedien word. Een van die vis met 'n uitkenbare item langsaan - blikkie of iets dergliks. Een van die vis met 'n maatband. Een van die vis saam met die hengelaar en een van die vis en hengelaar waarby die toerusting wat gebruik is, verskyn.

9.5 Feeder Hengel9.5.1 Spesies.

Hierdie faset is nie beperk tot die vangs van 'n bepaalde spesie nie.9.5.2 Lyn.

Hierdie faset het geen beperking tot lynklas diktes en tipe lyn nie, dus sal alle vangste gereken te

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 21: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

21

wees as Ope lynklas.9.5.3 Kategorieë.

In hierdie faset is daar geen bepalende kategorie met betrekking tot mans, dames en juniors nie. Alle hengelaars wat aan die faset deelneem sal dus meeding in 'n enkele klas.

9.5.4 Beheerde wedstryd rekords.Met betrekking tot Beheerderekord aansprake moet die prosedure soos omskryf in reël 9.2.3 nagekom en gevolg word en tesame met die stawende dokumentasie ingedien word.

9.4.5 Nie-beheerde wedstryd rekords.Met betrekking tot Nie beheerde Operekord aansprake moet die algemene prosedure soos omskryf in reël 9.2.4 nagekom en gevolg word met dien verstande dat daar 4 fotos ingedien word. Een van die vis met 'n uitkenbare item langsaan - blikkie of iets dergliks. Een van die vis met 'n maatband. Een van die vis saam met die hengelaar en een van die vis en hengelaar waarby die toerusting wat gebruik is, verskyn.

10 OUDIT VAN FINANSIëLE STATE:10.1 Onafhanklike ouditeur

'n Onafhanklike ouditeur, wat nie lid van die Bestuur van die Vereniging mag wees nie, sal tydens elke Algemene Jaarvergadering benoem word om die finansiële state van die Vereniging na te gaan en sy of haar opinie uit te spreek oor al die bladsye van die state.

10.2 Sperdatum.Die finansiële state moet voor of op 30 April van elke jaar voltooi, geoudit en aan die Uitvoerende bestuur voorgelê word vir aanvaarding.

10.3 Uitstuur van state.Die geouditeerde state en ouditeursverlag moet, soos deur die Grondwet bepaal, saam met die Kennisgewing van die Vergadering minstens 30 dae voor die Algemene Jaarvergadering aan alle lede gestuur word.

10.4 Goedkeuring.Die Vereniging se finansiële state moet op die Algemene Jaarvergadering goedgekeur en deur die President en Tesourier onderteken word.

11 MERIETETOEKENNINGS VIR PRESTASIES /ERE KLEURE11.1 Waardevolle en jarelange diens.

Die Vereniging vereer jaarliks administrateurs en hengelaars wat waardevolle en jarelange diens aan die georganiseerde hengelsport gelewer en wat buitengewone prestasies behaal het. Persone wat aan die prestasienorme voldoen soos in die merietetoekenningstabel uiteengesit, moet deur die Klubs en Uitvoerende Komitee se dagbestuur vir die toekennings genomineer word

11.2 Nominering.Alle lewende persone wat kwalifiseer kan genomineer word ongeag of die persoon nog aktief by hengel betrokke is.

11.3 Nominasie sperdatums.Nominasies moet op die amptelike Nominasievorm gedoen word en moet die sekretariaat minstens 60 dae voor die toekenningsgeleentheid bereik. Die Sekretaris sal die nodige dokumente minstens 90 dae voor die toekenningsgeleentheid aan die klubs beskikbaar stel. Ten einde te verseker dat die nominasies nie verlore gaan moet nominasies elektronies deur gestuur word, waar beskikbaar, anders met kennisgewing (aangetekende pos)

11.4 Onvolledige nominasievormsOnvolledige nominasievorms of nominasievorms wat laat ontvang word, sal terugverwys word na die betrokke Klubkomitees en toekenning sal dan eers op 'n latere stadium gedoen word.

11.5 Verantwoordelikheid.Die Klubkomitee wat nominasies instuur aanvaar alle verantwoordelikheid vir die korrektheid

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 22: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

22

daarvan.11.6 Tabel.

Die prestasies ten opsigte waarvoor meriete nominasies gedoen kan word, word in die volgende tabel weergegee:A GAUTENG MERIETE PRESTASIES.

ERE-KLEURE- PUNTE TOEKENNING

10 (Tien) punte moet opgestapel word vir kwalifisering vir Gauteng Ere-kleure. Indien 'n persoon vir een betrokke jaar vir verskillende spanne oorweeg is geld dit net vir 1 punt.B SAVOF MERIETE PRESTASIES

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 23: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

23

Alle lede wat opgeneem word in SAVOF Federasie en/of Protea spanne, kwalifiseer vir meriete sertifikaat wat tydens die Gauteng Prysuitdelingsfunksie oorhandig sal word.C NOMINASIEVORM VIR GAUTENG ERE-KLEURE

SIEN AANHANGSEL B

D NOMINASIEVORM VIR SAVOF MERIETE TOEKENNINGSSIEN AANHANGSEL C

12 GAUTENG PROEWE.12.1 Deelname aan proewe.

Deelname aan proewe is oop vir alle geaffilieerde belangstellende lede van die Vereniging12.2 Die Bestuurskomitee bepaal die volgende:12.2.1 Aantal proewe vir elke afdeling12.2.2 Oorde waar proewe gehou sal word12.2.3 Datums van proewe12.2.4 Formaat van nominasie vorm12.2.5 Gelde betaalbaar12.3 Die Keurkomitee bepaal die volgende:12.3.1 Manier van loting

Loting vind plaas sodat gelyke hoeveelheid hengelaars in die A, B en C spanne in elke sone hengel.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 24: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

24

12.3.2 Volgorde van loting.Loting geskied per lootjie om sone te bepaal en daarna om pen te bepaal.

12.3.3 n Sone bestaan uit 10 penne12.3.4 Plasing van penne.

Penne in 'n sone sal ten alle tye so geplaas word dat 'n sone regverdig teen homself kompeteer.12.3.5 Ruiling Seniors.

Tydens alle Senior proewe sal hengelaars na 4 ure geruil word12.3.6 Proewe 1 en 2

Tydens die 1ste en 2de proef sal foute uitgewys word deur die keurders. Daarna sal evalueering en beoordeling deurlopend plaasvind

12.3.7 Tydens alle proewe sal hengelaars enkel op 'n pen.12.4 PROEWE NOMINASIEVORM

SIEN AANHANGSEL D12.5 Resultate12.5.1 Geen resultate word bekend gemaak voor die kies van spanne nie12.5.2 Oudit van punte

Punte word, na elke proef, ge-oudit deur die Sameroeper van die keurkomitee en die Visie President.

12.5.3 KeuringsvormsKeuringsvorms sal met die bekendmaak van alle spanne in klub verband aan onderskeie Voorsitters oorhandig word.

12.6 KEURINGSVORMSIEN AANHANGSEL E

12.7 UITEENSETTING VAN KEURINGSVORMSIEN AANHANGSEL F

12.8 Kies van Spanne 12.8.1 Spanne bestaan uit aantal lede soos voorgeskryf word deur SAVOF beleid.12.8.2 Transformasie

Die beleid word toegepas soos voorgeskryf word deur SAVOF.12.8.3 Die merietelys en keuringsvorms word as basis gebruik.12.8.4 Basis

n Basis van hoogstens 60% van die vorige span kan behou word vir kontinuiteit.12.8.5 Bestuurs verslae en resultate van vorige SA Kampioenskappe word in aanmerking geneem.12.8.6 Hengelaars vanaf 'n ander Provinsie

Hengelaars vanaf 'n ander Provinsie kan in 'n span soortgelyk aan die wat hy in sy vorige Provinsie gehengel het, opgeneem word mits hy aan ten minste 3 van die 5 proewe by Seniors of 3 van 4 van ander spanne deelgeneem het.

12.8.7 Kwalifiseer vir Gauteng kleureHengelaars vanaf 'n ander Provinsie kan in 'n span soortgelyk aan die wat hy in sy vorige Provinsie gehengel het, opgeneem word mits hy aan ten minste 3 van die 5 proewe by Seniors of 3 van 4 van ander spanne deelgeneem het.

12.9 Aankondiging van spanne.12.9.1 Bekendmaking van spanne.

Spanne word jaarliks tydens die Prysuitdelingfunksie bekend gemaak.12.9.2 Oorhandiging van spanne.

Spanne word aan Bestuurder van span oorhandig tesame met Pligte van bestuur en lede.12.9.3 Kortlys.

Rede vir plasing op kortlys word nie bekend gemaak nie.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 25: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

25

12.10 Onttrek en plaas van nuwe lede12.10.1 Onttrekking

Moet skriftelik aan die Sameroeper van die keurkomitee geskied12.10.2 Kennis aan keurders.

Sameroeper stel die keurders so gou moontlik in kennis12.10.3 Kortlys.

Plaasvervangers vanaf die kortlys word deur die Sameroeper aangewys.12.10.4 Plaasvervangers.

Alle ander insluitings in spanne word deur die keurkomitee gehanteer.12.11 Hantering van probleme12.11.1 Probleme, krisisse en klagtes.

Alle probleme, krisisse en klagtes word verwys na die Sameroeper van die Keurkomitee.12.11.2 Hantering van probleme krisisse en klagtes.

Elke geval ontvang, sal deur die Sameroeper, keurkomitee of indien nodig in samewerking met die Dagbestuur gehanteer word, na gelang van die graad van die probleem

13 GRIEWE & DISIPLINêRE AKSIES13.1 Griewe Prosedur13.1.1 Stel van klag.

Die klaer stel die Sameroeper in kennis van die grief tensy dit teen die Sameroeper homself is.13.1.2 Grief opgelos.

As die grief opgelos is, is dit die einde van die prosedure.13.1.3 Grief nie opgelos.

Indien die grief nie opgelos word nie, word dit na die volgende vlak van bestuur verwys totdat die probleem opgelos word.

13.2 Disiplinêre Prosedure13.2.1 Onaanvaarbare gedrag.

Onaanvaarbare gedrag en verontagsaming van reëls en regulasies word skriftelik by die Sameroeper aangemeld.

13.2.2 Sameroeper ondersoek die saak13.2.3 Sameroeper bepaal of daar wel 'n reël verontagsaam is.13.2.4 Sameroeper formuleer 'n aanklag volgens die disiplinêre kode13.2.5 n Voorsitter word vir die disiplinêre verhoor aangestel13.2.6 Datum en tyd vir die verhoor word vasgestel13.2.7 Kennisgewing van verhoor.

n Kennisgewing van die verhoor word aan die beskuldigde oorhandig en hy teken by ontvangs daarvan

13.2.8 Die beskuldigde se regte word voorgelees13.2.9 Reëlings.

Die Sameroeper bevestig reëlings met individue insluitend ooggetuies in guns van beide partye.13.2.10 Disiplinêre verhoor word gehou13.2.11 Uitspraak word gelewer.13.3 Handhaaf van Dissipline

Die volgende optredes van spanlede sal nie geduld word nie en daartoe lei dat hulle summier uit die spanne geskors sal word:a. Afwesigheid van enige span byeenkoms sonder die vooraf toestemming van die

spanbestuurb. Swak gedrag en taalgebruik tydens enige byeenkoms, wedstryd of funksie of in die

openbaar.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 26: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

26

c. Dislojaliteit te eniger tyd teenoor die Hengelsport en sy Administrateurs.14 MISSIE VAN 'N KEURDER

Die missie van 'n Keurder is om die spesifieke doel en doelwitte van Gauteng Varswater Oewerhengel Vereniging na te kom en die Provinsie se spanne saam te stel.VISIE VAN 'N KEURDEROm die vertroue by hengelaars te skep dat die spanne wat saamgestel is regverdig en aanvaarbaar is vir almal.

14.1 Doel van 'n KeurderSamestelling van spanne

14.2 Doelwitte van 'n Keurder* om spanne saam te stel na gelang die behoeftes van die Provinsie * om altyd eerlik en onpartydig in jou optrede te wees* om realisties op te tree* om deurlopend te kommunikeer met die nodige Gautengbesture* om toegewyd te wees aan jou taak

15 BELEID VAN KEURDERS. 15.1 Om te kwalifiseer as keurder moet 'n kandiaat aan die volgende vereistes voldoen:

* Reeds 10 jaar op die Uitvoerende Komitee gedien het of* reeds 2 jaar Gauteng A-span kleure verwerf het as Bestuurder/kaptein en of hengelaar.* Sameroeper van die Keurkomitee word deur die President aangewys vir 'n tydperk van

twee jaar* Keurkomitee bestaan uit 5 Senior lede, 2 Dames asook een keurder van die Match faset,

Feeder faset en een keurder van die Karp afdeling* Keurders word tydens die Algemene Jaarvergadering verkies vir 'n tydperk van twee jaar.* Keurders moet bereid wees om 'n konfidensialiteit dokument te onderteken.* Verkose keurders wat in aanmerking wil kom vir Meesterspanne moet aan minstens twee

proewe deelneem* Sameroeper van die Juniorkomitee kan gekoöpteer word vir die samestelling van die

Junior spanne.* Keurders mag nie nomineer as hengelaar van 'n span nie behalwe in die geval van

Meesters, Dames en Juniors.* Ten minste 2 Keurders sal ten alle tye teenwoordig wees tydens proewe.

15.2 Gedrag van Keurdern Keurder sal ten alle tye onberispelik wees al is sodanige keurder by 'n span in 'n ander hoedanigheid betrokke.

15.3 Goedkeuring van SpanneSpanne sal soos ooreengekom deur die Keurkomitee aan die President oorhandig word vir goedkeuring.

16 GAUTENG LIGA16.1 Pligte en verantwoordelikhede van die Gasheerklubs16.1.1 Hoeveelheid spanne.

Stel vas hoeveel spanne (seniors, dames, juniors en O/13's) is die spanne wat deelneem aan die betrokke afdeling van die Liga.

16.1.2 Penne en telkaarte.Verkry die penne en telkaarte by die Sameroeper van die Beampte Komitee. Bevestig voor die tyd met hom hoeveel dames,juniors en O/13's aan die Liga gaan deelneem sodat die penne gemerk kan word.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 27: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

27

16.1.3 Reël vir skale.Klub wat verantwoordelik is vir die aanbieding van die Liga, kontak die Klubs in die betrokke afdeling en reël vir skale. Minstens een skaal per senior span.

16.1.4 Pen van oewer.Oewer moet reeds op die Vrydag gepen word, aangesien dit donker is voor die aanvang van die Liga. Daar kan moontlik 'n probleem wees by sekere oorde, penne kan moontlik oornag gesteel word. Tref die nodige reëlings om dit te verhoed.

16.1.5 Aangestelde beamptes.Kontak die Sameroeper van die Beamptes en verkry die naam van die Hoofbeampte. Sonebeamptes moet aangestel word wat vir die inweeg verantwoordelik sal wees. Hierdie sonebeamptes kan persone wees wat self hengel, mits daar nie genoeg lopende beamptes is nie Saam gelees met 17.2.2 en 17.3.1

16.1.6 Inligtingsvergadering.n Inligtingsvergadering word gehou 1 uur en 15 minute voor die aanvang van die kompetisie. Tydens hierdie vergadering sal die Hoofbeampte die volgende take afhandel: a Open met gebed en doen die Verwelkomingb Hou presensie om vas te stel of al die spanne teenwoordig isc Verduidelik hoe die water gepen is en wat bepaal die oewerd Bepaal wie skale gebring het en waar die skale aangewend gaan worde Bepaal wie in elke sone die inweeg gaan behartigf Stel 'n Appèl komitee saamg Verduidelik/bespreek enige ander reëls, vrae en hengeltydh Loting vind plaas:-

Eerste loting bepaal volgorde vir pen lotingTweede loting bepaal penne

NB!!! Sorg vooraf dat daar lotingnommers beskikbaar is16.1.7 Spanlyste en inskrywingsgeld

Spanlyste en inskrywingsgeld moet binne 2 ure na die aanvang van die kompetisie aan die Hoofbeampte oorhandig word.

16.1.8 Inweeg.Die aangewese beamptes sal die inweeg waarneem en die telkaarte voltooi. n Verteenwoordiger van 'n ander Klub moet die inweegbeampte help en ook saam met hom die telkaarte afteken. Daar word 2 handtekeninge benodig by enige verandering op die telkaart.

16.1.9 Uitslae.Punte moet uitgewerk word en die Hoofbeampte moet dit nasien voordat dit by die water bekend gemaak word. Saam gelees met 17.2.

16.1.10 Terrein.Die Hoofbeampte moet sorg dra dat die terrein skoon agter gelaat word. in samewerking met gasheer klub. Saam gelees met 17.8.2

16.1.11 Penne,kratte ens.Die Gasheerklub oorhandig die nodige penne, kratte, sirene ens aan die volgende Gasheerklub en na die laaste liga word dit aan die Sameroeper van die Beamptes besorg. Die telkaarte, spanlyste en ander relevante dokumentasie tov. die afgelope liga word aan die Sameroeper van die Beamptes besorg.

16.2 Algemene ligabepalings16.2.1 Lede mag slegs vir een klub aan die liga deelneem.16.2.2 O/13 ouderdom toegewing.

Indien 'n O/13 hengelaar, by die aanvang van die tweede been van die liga, steeds 'n O/13 hengelaar is, mag sodanige hengelaar vir die res van die betrokke ligaseisoen, as O/13 hengel

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 28: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

28

16.2.3 Juniors in Senior-/Damesspanne.Junior hengelaars, van dieselfde geslag, mag in die Dames en Senior spanne hengel.

16.2.4 Rotasie.Senior hengelaars moet oor die drie bene roteer. Geen hengelaar sal toegelaat word om oor die drie bene in dieselfde sone te hengel nie.

16.2.5 Kleredrag.Hengelaars wat aan die liga deelneem moet in hulle klubklere optree en ten alle tye duidelik identifiseerbaar wees. (Die minimum klubdrag sal bestaan uit 'n hemp en 'n broek. Geen Provinsiale klere mag tydens die liga gedra word nie. By die oortreding van bogenoemde reël sal 'n span gestraf word met 5 spanpunte.

16.2.6 Hengelperiode.Liga bepalings sal oor 'n agt ure periode gehengel word behalwe in die geval van die O/13 afdeling wat slegs vir ses ure sal hengel. Die aanvangstye van ligawedstryde sal wees vanaf 07h00 in die somer maande, Oktober tot Maart en vanaf 08h00 vir April tot September. Die O/13 afdeling hengel vanaf 08h00 tot 14h00.

16.2.7 Aantal ligas.Sou dit, vir welke rede ookal, onmoontlik wees om al drie bene van die liga te hengel, sal die uitslae van twee bene as genoegsaam beskou word om die ranglyste te bepaal.

16.2.8 Fondsinsameling.Enige individu, klub, sub komitee of 'n bepaalde span wat by enige liga of GVOV hengel aangeleentheid, lootjies wil verkoop, moet vooraf toestemming en uitklaring kry by die Uitvoerendekomitee. Daar sal nie toegelaat word dat twee onderskeie lootjielyste van verskillende eenhede op dieselfde dag verkoop word nie.

17 BEAMPTES. Klousules (Kriteria en Riglyne).17.1 Doelstelling

(i) Die doelstellings van die Beampte Korps is om ingevolge die GVOV en SAVOF reëlsen regulasies, hengelwedstryde te beheer en ten alle tye professioneel op te tree en die toepassing van die reëls op 'n onpartydige wyse toe te pas. Met verwysing na hengelwedstryde het dit betrekking op Liga, Proewe en Provinsiale wedstryde.

(ii) Hierdie is van toepasssing op alle aangestelde beamptes en veral waar enige aangestelde Hoof- of Sonebeampte deel van 'n bepaalde klubspan tydens enige beheerde GVOV ligakompetisie is.

17.2 Werksaamhede:17.2.1 Hoofbeampte.

Met elke Liga, proef of Interprovinsiale wedstryd wat deur GVOV aangebied word moet die wedstryd beheer word deur Hoofbeamptes wat beskik oor 'n Nasionale sertifikaat. (Sien ook SA reël 2.1)

17.2.2 Ander beamptes.Gedurende Liga en Proewe byeenkomste moet daar benewens die Hoofbeampte, hulpbeamptes (sone beamptes) aangewys word wat sal help met die inweeg in die onderskeie sones. Waar 'n persoon as sone beampte optree moet hy/sy by die inweeg die skaal beheer met die hulp van die skaal "eienaar" in die bepaalde sone.

17.2.3 Hoofbeampte wat hengel.Waar daar nie genoegsame beskikbare onbetrokke Hoofbeamptes is nie maar daar wel 'n gekwalifiseerde Hoofbeampte is wat deur sy/haar klub benodig word om betrokke te wees in die liga, mag die klub aansoek doen by die Uitvoerende Bestuur om die persoon aan te wend vir die span en ook as Hoofbeampte, onderhewig aan alle gedragkodes van toepassing.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 29: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

29

17.2.4 Hoofbeampte tydens proewe.Gedurende proewe byeenkomste moet daar 'n Hoofbeampte aangestel word vir die dag. Daar moet ook voorts minstens 4 ander beamptes aangewys word hetsy dit 'n samevoeging is van gekwalifiseerde en leerling beamptes. Saamgelees met reël 17.3.2

17.2.5 Beamptes tydens privinsiale wedstryde.Tydens Provinsiale wedstryde wat deur GVOV gereël en beheer word moet daar 'n gekwalifiseerde SA Beampte as Hoofbeampte aangestel word tesame met ten minste 3- 6 sone beamptes na gelang van die grootte van die kompetisie. Die sone beamptes mag 'n samevoeging van gekwalifiseerde en leerling beamptes wees.

17.2.6 Verantwoordelikheid van aangestelde hoofbeampte.Aangewysde Hoofbeamptes sal verantwoordelik wees vir die beheer van die inligtings vergadering en die insameling van die telkaarte tesame met die oewerfooie, soos ingehandig by hom/haar deur die klubs en die verwerking daarvan en waar nodig die uitlees van die dag se punte.

17.2.7 Beamptes en fondsinsameling.Beamptes sal nie verantwoordelik wees om betrokke te wees by enige fondsinsameling van welke aard ookal nie, tensy dit vir beampte doeleindes is. * Elke groep of afdeling wat vooraf toestemming verkry het by GVOV om op 'n bepaalde dag fondse in te samel sal self verantwoordelik wees daarvoor.* Dit sluit in proewe inskrywingsvorms en gepaardgaande fooie. Beamptes behoort nie daarvoor aangewend te word nie. (Saamgelees met reël 16.2.8)

17.3 Aanstellings17.3.1 Beampte sameroeper.

Die GVOV se Beampte Sameroeper sal beamptes aanwys vir wedstryde waar van toepassing. Die aangestelde Hoofbeampte behartig die (a) inligtingsvergadering en die loting. Hy het volle beheer, en tug bevoegdhede, oor die

wedstryd soos omskryf in die SAVOF reëls.(b) Die aangestelde gasheerklub doen die plasing van penne.

17.3.2 Aansatelling by proewe.Gedurende proef byeenkomste sal beamptes op versoek van keurders aangestel word via die GVOV /Beampte Sameroeper vir die doel en vertolking van reël toepassing op die dag.* Keurders sal egter self verantwoordelik wees vir die loting van nommers en ook sorg vir

alle ander verwante reëlings en verantwoordelikhede waar van toepassing (Saamgelees met reël 12.3)

17.4 Beampte Komitee.17.4.1 GVOV Beampte Algemene Jaarvergadering

Daar sal jaarliks 'n GVOV Beampte Algemene Jaarvergadering plaasvind op 'n datum soos bepaal deur die beampte komitee, met dien verstande dat dit sal plaasvind voor die GVOV se AJV. By hierdie geleentheid sal daar 'n Beampte komitee saamgestel word. Die volle komitee (alle ampte) word verkies vir 'n tydperk van twee jaar.

17.4.2 Beampte samekomste en komiteevergaderingsVoorts sal daar ook gereelde beampte samekomste en komiteevergaderings gehou word na gelang van die behoefte soos bepaal sal word deur die komitee, waar daar dan ook oor verwante beampte sake, besprekings en besluitnemings gedoen sal word.

17.4.3 Stemreg op Beamptes AJV.Alle aktiewe GVOV Beamptes wat hulle registrasiefooie opbetaal het,(sien reël 17.8.5), ongeag die beampte se status by GVOV of sy/haar hengelklub, het volle stemreg op die gemelde beampte jaarvergadering.

17.4.4 Sameroeper GVOV beamptes.Die gekose Sameroeper sal die spreekbuis van die Beamptes wees as verteenwoordiger en het ook

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 30: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

30

stemreg op die GVOV Algemene/Uitvoerende vergaderings. Die gekose Visie-Sameroeper sal, in die afwesigheid, van die Sameroeper waarneem as spreekbuis van die beamptes.

17.4.5 Samestelling baemptekomitee.Die Beampte Komitee sal uit die volgende poste saamgestel word.a. Sameroeperb. Visie Sameroeperc. Sekretaris(esse)d. Tesouriere. 2 x Addisionele ledef. 1 x Gekoöpteerde lid (opsioneel)

17.5 Nuwe Beamptes.17.5.1 Opleiding van nuwe bamptes.

Opleiding van leerling beamptes sal beheer word deur die Sameroeper en/of vooraf goedgekeurde bevoegde persoon(e) wat verantwoordelik sal wees vir die aanbied van 'n 1 (een) dag of 2 (twee) aande teoretiese kursus. Na afloop hiervan sal die kandidate 'n skriftelike teoretiese eksamen moet aflê. Daar sal 'n slaagsyfer van minstens 75-80% geldend wees soos vooraf deur die beamptekomitee bespreek.

17.5.2 Kursus inhoud en formaat.Sodanige kursus se formaat en inhoud sal deur die Beampte Komitee bepaal word na gelang van die omstandighede wat van toepassing mag wees.

17.5.3 Praktiese opleiding.Na die teoretiese deel moet 'n leerling beampte ten minste 3 (drie) keer prakties as 'n lopende beampte optree by enige byeenkoms wat deur GVOV aangebied word. Tydens die praktiese optredes mag 'n leerling beampte nie deel wees van enige span nie. Praktiese opleiding moet geskied onder toesig en leiding van 'n gekwalifiseerde SA of senior Gauteng Beampte.

17.5.4 Provinsiale kleure.Na suksesvolle voltooiing van al die bogemelde opleiding, hetsy dit plaasvind oor een of twee hengel seisoene maar nie langer nie, sal die leerling beampte volle Provinsiale beampte status en GVOV kleure ontvang.

17.5.5 Opleiding as SA beampte.Nadat die beampte sy/haar GVOV kleure verwerf het en op 'n gereelde grondslag optee kan hy/sy kwalifiseer om opgelei te word as 'n SA Beampte. Die kriteria hieraan verbonde sal geskied op 'n punte opstapeling basis. Hierdie klousule moet daarom saamgelees word met 17.7.2 en 17.7.3.

17.6 Optredes.Gekwalifiseerde Beamptes moet gereeld optree by verskillende wedstryde om hul Provinsiale status te kan behou. Waar 'n beampte onaktief raak en nie optree vir 'n 2 (twee) jaar periode nie sal die erkenning as Provinsiale Beampte status wegval welke persoon(e) se name dan ook genoteer sal word op die GVOV Algemene Vergaderings.

17.6.1 Dra van provinsiake klere.Hoewel bogemede sal geld is die persoon steeds geregtig om sy Provinsiale klere te dra.

17.6.2 Onaktief na aktief.Sou hierdie persoon(e) weer wou voortgaan met Beampteskap met Provinsiale GVOV status sal sodanige persoon weer die teoretiese GVOV eksamen soos omskryf in reël 17.5.1 moet deurloop soos vir nuwe beamptes en minstens 1 (een) keer optree as beampte onder toesig.

17.6.3 Provinsiale Beamptes vanaf ander provinsies.Waar 'n beampte oorgekom het vanaf 'n ander Unie en nie reeds 'n SA beampte is nie sal sodanige persoon soos in reël 17.6.2 hierbo aan dieselfde kriteria onderwerp word alvorens GVOV Beampte status aan daar die persoon toegeken sal word.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 31: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

31

17.6.4 SA Beamptes vanaf ander provinsies.Waar 'n bepaalde beampte egter reeds 'n SA Beampte is tydens sy/haar "oorloop" vanaf 'n ander Unie na GVOV sal sy/haar status dienooreenkomstig eerbiedig word. Maar waar die beampte nie ingevolge SA Beampte regulasies aktief is nie sal hierdie beampte of soos in reël 17.6.2 hierbo of ingevolge die SA Beampte regulasie moet herkwalifiseer.

17.7 Toekennings.17.7.1 Erkenning aan beamptes.

Erkenning sal gegee word aan beamptes wat gereeld optree. Die toekennings dien as teenprestasie en aanmoediging vir meer optredes deur beamptes.a. Die eerste toekenning is aan leerling beamptes soos reeds vermeld by wyse van die

toekenning van Provinsiale kleure (sien reël 17.5) na suksesvolle voltooiing van die beampte kursus.

b. Vervolgens sal daar op 'n puntestelsel gewerk word waar punte toegeken word vir optredes en na die opstapel van 'n sekere aantal punte word die nodige erkenning dan gedoen op 'n jaarlikse grondslag gedurende die GVOV prysuitdeling.

17.7.2 Punte toekenning word as volg bereken:* 'n Halwe (0.5) punt vir die bywoning van 'n GVOV Beampte vergadering* 1 punt vir 'n enkele optrede as Sone/Beampte gedurende Liga of Proef byeenkoms.* 1.5 punte vir optrede as Sone beampte tydens 'n Provinsiale wedstryd of SA Kampioenskappe.* 2 punte vir optrede as 'n Hoofbeampte by enige beheerde kompetisie soos bo beskryf.

17.7.3 Kriteria vir die opstapeling van punte kerwe:* Kerf 1: Vir 8 punte opgestapel word 'n Brons medalje toegeken* Kerf 2: Vir 12 punte opgestapel word 'n Silwer medalje toegeken

* Kerf 3: Vir 20 punte opgestapel word 'n Goue medalje toegeken.* Kerf 4: Soos by kerf 2 vir 12 punte opgestapel kan die beampte ook kwalifiseer om in

aanmerking te kom om deur GVOV gestuur te word om opgelei te word as SA Beampte met dien verstande dit ook onderhewig sal wees aan die volgende kwalifiserende kriteria:(i) Goedkeuring deur die GVOV Beampte Sameroeper(ii) Goedkeuring deur die President van GVOV.(iii) Die aflê van 'n skriftelike toelatings eksamens soos deur SA vereis.

NB!! Bogenoemde punte toekennings sal op 'n jaarlikse grondslag bereken en toegeken word. Punte sal nie van een jaar na die volgende jaar oorgedra en opgespapel word nie.

17.8 Algemeen17.8.1 Voorbereiding van oewer.

Tydens byeenkomste is dit die plig van die gasheer (hetsy 'n klub, individu, keurder of hoofbeampte) om die oewer voor te berei en nie noodwendig die plig van 'n bepaalde beampte nie.Saamgelees met reëls 16.1.3 en 16.1.4.

17.8.2 Skoonhou van terrein.Die gasheer sal ook verantwoordelik wees om na afloop van 'n bepaalde kompetisie te sorg dat die terrein skoon agtergelaat word.Saamgelees met reël 16.1.10.

17.8.3 Reëls en kodes.Alle ander verwante hengelreëls, erekodes ens. wat nie hierbo beskryf is nie, met betrekking tot beamptes sal onder die jurisdiksie van SAVOF en GVOV Reëls sorteer en sodanig aangespreek word.

17.8.4 Ad Hoc bsluite.Die GVOV Beampte komitee het die reg om "Ad-Hoc" besluite te neem vir bepaalde omstandighede met dien verstande dat sodanige besluit tot voordeel van die sport sal strek.

17.8.5 Registrasiefooi.Daar sal jaarliks 'n Registrasie fooi betaalbaar wees deur alle GVOV beamptes Hierdie fooi sal in

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 32: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

32

die beampte fonds gestort word en aangewend word vir Beampte doeleindes soos deur die komitee bepaal.

17.8.6 Voorwaardes en verantwoordelikhede tov SA beamptes opleiding.GVOV beamptes wat as kanidate geoormerk word om as SAVOF beamptes opgelei te word, sal deur die GVOV beampte komitee hanteer word met dien verstande dat daar 'n skriftlike toelatingseksamen afgelê en geslaag moet word, waarna die kandidate se name aan die GVOV President voorgelê sal word vir finale goedkeuring. Hierdie toelatings sal onderworpe wees aan 'n deeglike kennis van die geldende SAVOF reëls met slaagsyfers van onder andere, 95% vir punteberekening en 80% vir reëlverlolking.

17.9 Wysigings:Die GVOV Beampte Komitee behou die mag/reg om wysigings aan die Beampte riglyne, kriteria's te doen, met dien verstande dat dit in die beste belang van die sport sal strek.Sodanige wysigings moet dan so gou doenlik aan die GVOV Bestuurskomitee en belanghebbende beamptes gesirkuleer word.

18 FONDSINSAMELING18.1 BELEID VIR FONDSINSAMELING- Provinsiale spanne18.1.1 Korrespondensie en borgvorms.

Alle korrespondensie en borgvorms sal slegs op amptelike briefhoofde wees en is verkrygbaar van die Sekretaris(esse).

18.1.2 Geen fotostate mag gemaak word nie18.1.3 Spanbestuurder en vorms.

Die spanbestuurder is verantwoordelik vir die reël van die nodige vorms.18.1.4 Aanvra van vorms.

Om koste te bespaar, moet slegs die persone wat werklik 'n borgvorm benodig, die vorm aanvra.18.1.5 Kontrole oor vorms.

Die spanbestuurder sal kontrole van uitreiking en terug ontvangs verseker.18.1.6 Gelde ontvang.

Alle gelde gevorder moet by spanbestuurder inbetaal word wat dan 'n kwitansie sal uitreik vir die ontvangs van gelde.

18.1.7 Aanwending fan fondse.Fondse bekom moet aangewend word om spanlid se koste tov SA Kampioenskappe en redelike uitgawes tov Provinsiale klere aankope, te delg.NB!!!! Persoonlike hengelgerei word uitgesluit.

18.1.8 Ekstra fondse ingesamel.Indien 'n spanlid se borg-inkomste meer is as wat benodig word, sal die balans gaan tov die spanuitgawes.

18.1.9 Fondse oor na SA’s.Indien daar spanfondse aan die einde van die seisoen oor is, sal die span besluit oor die aanwending van die fondse.

18.1.10 Die volgende kan as riglyne gebruik word:a. Fondse kan vir die volgende seisoen se span gelos word.b. Donasie aan 'n ander span soos bv. Juniors en/of Transformasie kan gemaak word.c. Span kan 'n afsluitingsfunksie reël bv. uiteet.d. Fondse kan verdeel word tussen spanlede.e. Fondse kan geskenk word aan hengelaars van GVOV wat oorsee gaan indien die

span so besluit.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 33: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

33

19 TOEKENNING VAN PROVINSIALE KLEURE19.1 Dra van Provinsiale klere/kleure.19.1.1 Toekenning.

Provinsiale kleure word toegeken aan persone wat aan die vereistes voldoen soos bepaal deur die Vereniging.

19.1.2 Aankoop.Alle spanne moet klere-benodigdhede deur die spanbestuurder aankoop vanaf die amptelike verskaffer.

19.1.3 Wapens.Die bestellings van wapens en die maak daarvan sal slegs deur die Tesourier gedoen word.

19.1.4 Slegs die amptelike wapen mag op klere aangebring word.19.1.5 Formele drag.

Kleredrag mans:Grys langbroek, Wit hemp swart skoene en gryskouse.Amptelike Gauteng baadjie met korrekte wapen daarop.

Kleredrag dames:Navy langbroek, Wit bloese (nie deurskynend) swart hofskoene en sykouseAmptelike Gauteng baadjie met korrekte wapen daarop.

19.1.6 Deposito.Die sameroeper van die Keurkomitee sal jaarliks 'n bedrag vasstel wat sal dien as deposito vir alle hengelaars wat in Gauteng spanne opgeneem is. Hierdie bedrag is betalbaar by die eerste spanvergadering nadat die spanne aangekondig is.

19.2 Die volgende wapens word toegeken:Gauteng Leeu - Gauteng Hengel/Angling.

Toegeken aan alle Gauteng spanlede en Beamptes.SA Wenners Wapen

Toegeken aan Gauteng Spanlede wat 'n Nasionale Kampioenskap gewen het. Ere Wapen

Toegeken op Jaaarlikse Prysuitdeling volgens Ere Klere kriteria.19.3 Die volgende dasse word toegeken:

Navy Blou Gauteng Hengel/AnglingToegeken aan alle Gauteng spanlede en Beamptes.

SA WennersToegeken aan Gauteng Spanlede wat 'n Nasionale Kampioenskap gewen het.

Rooi Gauteng Hengel/AnglingToegeken aan die Gauteng Ampsdraers.

Geen lede en familie van lede, mag GVOV kleure dra, indien hulle nie daarvoor gekwalifiseer het nie. Daar sal dissiplenêr opgetree word teen die eienaar.

20 DAMES AFDELING20.1 Pligte van ampsdraers.20.1.1 Sameroeper.

Die pligte van die Sameroeper is as volg:a. Tree op as Voorsitter tydens alle vergaderings van die Dameskomiteeb. Belê 'n Jaarvergadering waartydens die volgende ampsdraers verkies word.

SameroeperVise SameroeperSekretaresseTesourier

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 34: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

34

Addisionele lede soos prakties vereisc Belê vergaderings waarin alle sake rakende die Dameskomitee bespreek word.d. Reël alle sake met betrekking tot die Dames - onderhewig aan riglyne van die Uitvoerende Komitee vergadering en Dagbestuur.e. Die Sameroeper doen verslag aan die Algemene Jaarvergadering en Uitvoerende Komiteevergaderings.

20.1.2 Vise Sameroeper.Die pligte van die Vise-Sameroeper is as volg:a. Tree by afwesigheid van die Sameroeper op sy versoek as Voorsitter op.b. Is verantwoordelik vir sodanige administratiewe pligte soos deur die Dames komitee opgedra.

20.1.3 SekretaresseDie pligte van die sekretaresse is as volg:a. Is verantwoordelik vir die notulering van alle komiteevergaderings.b. Stel in samewerking met die Sameroeper die agenda vir komiteevergaderings op.

c. Hou volledige lederegister op datum en is verantwoordelik vir presensie- en adreslyste tydens vergaderings.

d. Stuur kennisgewings en agendas van Jaarvergadering op voorgeskrewe tyd aan alle lede uit.

e Behartig alle korrespondensie van die Dameskomitee in opdrag van die Sameroeper en liaseer alle nodige dokumente.

f. Vervul enige ander pligte soos van tyd tot tyd aan haar opgedra.g. Verkry name van spanlede by Bestuurders vir Amptelike verlofbriewe en donasievorms

soos benodig. Hou streng kontrole oor borgbriewe20.1.4 Tesourier

Die pligte van die Tesourier is as volg:a. Is verantwoordelik vir die invordering en behoorlike administrasie van alle gelde en fondse

van die Dameskomitee.b. Doen verslag by vergaderings en Jaarvergaderings.c Stuur jaarliks 'n volledige Finansiëleverslag van inkomstes en uitgawes aan die Tesourier

van GVOV.d. Is verantwoordelik vir die oorbetaling van Spaninskrywingsfooie aan betrokke Provinsie

wat Nasionale Kampioenskappe aanbied.20.1.5 Algemeen

Alle gekose spanlede het stemreg tydens die Jaarvergadering.Begrotings vir Nasionale Kampioenskappe moet deurgegee word aan die tesourier vir behoorlike administrasie en beheer van inkomstes.Alle spanlede moet die helfte van Nasionale Kampioenskap kostes teen einde November inbetaal. Geen verskonings sal aanvaar word nie.

21 JUNIOR AFDELING21.1 Pligte van ampsdraers.21.1.1 Sameroeper.

Die pligte van die Sameroeper is as volg:a. Tree op as Voorsitter tydens alle vergaderings van die Juniorkomitee.b. Belê 'n Jaarvergadering waartydens die volgende ampsdraers verkies word.

SameroeperVise SameroeperSekretaris(esse)

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 35: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

35

TesourierAddisionele lede soos prakties vereis

c Belê vergaderings waarin alle sake rakende die Juniorkomitee bespreek word.d. Reël alle sake met betrekking tot die Junior - onderhewig aan riglyne van die Uitvoerende

Komitee vergadering en Dagbestuur.e. Die Sameroeper doen verslag aan die Algemene Jaarvergadering en Uitvoerende

Komiteevergaderings.21.1.2 Vise Sameroeper.

Die pligte van die Vise-Sameroeper is as volg:a. Tree by afwesigheid van die Sameroeper op sy versoek as Voorsitter op.b. Is verantwoordelik vir sodanige administratiewe pligte soos deur die Junior komitee

opgedra.21.1.3 Sekretaris(esse)

Die pligte van die sekretaris(esse) is as volg:a. Is verantwoordelik vir die notulering van alle komiteevergaderings.b. Stel in samewerking met die Sameroeper die agenda vir komiteevergaderings op.c. Hou volledige lederegister op datum en is verantwoordelik vir presensie- en adreslyste

tydens vergaderings.d. Stuur kennisgewings en agendas van Jaarvergadering op voorgeskrewe tyd aan alle lede

uit.e Behartig alle korrespondensie van die Juniorkomitee in opdrag van die Sameroeper en

liaseer alle nodige dokumente.f. Vervul enige ander pligte soos van tyd tot tyd aan hom/haar opgedra.g. Verkry name van spanlede by Bestuurders vir Amptelike verlofbriewe en donasievorms

soos benodig. Hou streng kontrole oor borgbriewe.21.1.4 Tesourier

Die pligte van die Tesourier is as volg:a. Is verantwoordelik vir die invordering en behoorlike administrasie van alle gelde en fondse

van die Juniorkomitee.b. Doen verslag by vergaderings en Jaarvergaderings.c Stuur jaarliks 'n volledige Finansiëleverslag van inkomstes en uitgawes aan die Tesourier

van GVOVd. Is verantwoordelik vir die oorbetaling van Spaninskrywingsfooie aan betrokke Provinsie

wat Nasionale Kampioenskappe aanbied.22 BEWARING.22.1 Statistiek Bylae "G"

Dit is belangrik dat Bylae G voltooi en deurgestuur word na die Bewaringsbeampte.Die inligting word jaarliks aan SAVOF gestuur. Dit help met rekordhouding en gee inligting van oewers sodat oewers waar dit die hengelaar gaan help geidentifiseer kan, word sodat hengel in die algemeen geniet kan word.

22.2 Hengel:Hengel moet volgens SA reëls en wel ook volgens die wette/ordonansies van die betrokke Provinsies geskied.

23 PLIGTE VAN AMPSDRAERS23.1 PRESIDENT23.1.1 Voorsitter.

Tree op as Voorsitter van alle vergaderings. In sy afwesigheid tree die Vise-President as Voorsitter op. Indien hy ook afwesig is, kies die lede teenwoordig 'n ander lid as Voorsitter vir die

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 36: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

36

betrokke vergadering.23.1.2 Jaarverslag.

Stel 'n jaarverslag op vir aanbieding op die Algemene Jaarvergadering.23.1.3 Doen die aanstellings van die volgende komiteelede:

a Sameroeper van die Keurkomiteeb Sameroeper van die Seniorkomiteec Sameroeper van die Dameskomiteed Sameroeper van die JuniorkomiteeBogenoemde aanstellings is geldig vir twee jaar en word gedoen in die siklus waarin hulle is.

23.2 VISE-PRESIDENT23.2.1 Voorsitter.

Tree op as Voorsitter van vergaderings wanneer die President nie teenwoordig is nie.23.2.2 Neem waar as President gedurende tydperke wanneer die President uitstedig is23.2.3 Is verantwoordelik vir die oudit van alle uitslae.23.3 SEKRETARIS23.3.1 Notuleer die verrigtinge van alle vergaderings.23.3.2 Bewaar, of laat bewaar, die rekords van die Vereniging.23.3.3 Klerklike/sekretarieëlewerk

Doen, of laat alle klerklike/sekretarieëlewerk van die Vereniging doen, uitgesonder die pligte van ander Ampsdraers.

23.3.4 Notules.Stuur binne 30 (dertig) dae na afloop van Algemene- of Bestuurskomitee vergaderings die notule daarvan aan alle Ampsdraers en Ledeklubs.

23.3.5 Enige ander opdragte wat van tyd tot tyd aan hom opgedra mag word.23.4 TESOURIER23.4.1 Invordering en administrasie.

Verantwoordelik vir die invordering en behoorlike administrasie van die Vereniging se finansies.23.4.2 Doen verslag van finansies by Algemene Bestuurskomitee vergaderings.23.4.3 Finansiële jaarstate.

Lê finansiële jaarstate voor by die Algemene Jaarvergadering vir goedkeuring deur die Algemene Bestuurskomitee. Laat goedgekeurde state afteken by die Ouditeur.

23.4.4 Bewaar die bates van die Vereniging wat nie in die sorg van ander Ampsdraers is nie.23.4.5 Verantwoordelik vir die bestuur van fondse vir Nasionale en Provinsiale funksies.23.5 DAGBESTUURSLID/FUNKSIE KOöRDINEERDER23.5.1 Reëling van alle Nasionale en Inter Provinsiale geleenthede.

Verantwoordelik vir die reëling van alle Nasionale en Inter Provinsiale geleenthede, insluitend, toekennings seremonies, inter-provinsiale hengelkompetisies en enige ander aangeleenthede wat deur die Vereniging aangebied word.

23.6 LIGA ORGANISEERDER23.6.1 Organiseer die ligas met behulp van sy assistent in oorleg met die Dagbestuur en lewer verslag by

die onderskeie vergaderings.23.6.2 Doen verslag by die Algemene Jaarvergadering.23.6.3 Maak ligareëlings bekend vir verspreiding deur die Sekretaris.23.7 REKORDBEAMPTE23.7.1 Rekordhouding.

Hou rekord soos deur die Algemene Bestuurskomitee bepaal van die rekord varswater vangste gemaak deur die Vereniging se geaffilieerde lede.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 37: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

37

23.7.2 Verwerk alle aansoeke vir rekords soos ontvang deur geaffilieerde lede.23.7.3 Doen verslag aan die Algemene bestuurskomitee oor nuwe rekord vangste.23.7.4 Stel 'n jaarverslag op van volledige rekords vir voorlegging by die Algemene Jaarvergadering.23.8 REGERING SKAKELBEAMPTE23.8.1 Skakeling met SASACC en SAVOF

Verantwoordelik vir skakeling met die Nasionale Hengelliggaam (SASACC en SAVOF) ten opsigte van die uitvoering van Regeringsvoorskrifte.

23.8.2 Verantwoordelik vir die voorbereiding en indiening van SRSA en Lotto aansoeke.23.8.3 Regeringsvoorskrifte.

Verantwoordelik vir die Vereniging se verpligtinge op regeringsvlak nakom. Dit sluit in alle regeringsvlakke vanaf Nasionaal tot Munisipaal, asook enige versoeke soos deur die regering bepaal

23.9 SPORTVETEENWOORDIGER23.9.1 Tree op as skakelpersoon tussen die hengelaars en die Vereniging.23.9.2 Tree op as skakel tussen die Vereniging en die SAVOF Hengelaars verteenwoordiger.23.10 FONDSINSAMELINGSBEAMPTE23.10.1 Organiseer fondsinsamelings.

Organiseer die fondsinsamelings aktiwiteite van die Vereniging soos bepaal, in samewerking met die Tesourier.

23.11 BEWARINGSBEAMPTE23.11.1 Besoedeling en oortreding.

Ondersoek en rapporteer alle gevalle van besoedeling en oortredings van Wetgewing.23.11.2 Stel 'n verslag saam vir indienning by SAVOF. 23.11.3 Doen verslag aan die onderskeie vergaderings. 23.12 REGISTERBEAMPTE23.12.1 Lederegister.

Hou en beheer die lederegister van die Vereniging en voorsien die nodige data aan die Nasionale Vereniging.

23.12.2 Affiliasie provinsiale hengelaars.Verseker dat alle Provinsiale hengelaars wel geaffilieer is nadat die spanne bekend gemaak is.

23.12.3 Lewer verslag by die onderskeie vergaderings.23.13 DIE KEURKOMITEE23.13.1 Keuringsbeleid.

Die Keurkomitee, in samewerking met die Dagbestuur, bepaal, van tyd tot tyd, soos omstandighede vereis, keuringsbeleid en aantal proefwedstryde waarvolgens spanne verkies word.

23.13.2 Die volgende aspekte word in ag geneem:a Voorkoms van die hengelaarb Hengelgerei en toepaslikheid daarvanc Hengelvaardigheidd Gedrag en persoonlike optrede ten alle tyee Vangste en proewepuntef Voer onderhoude met uittredende spanbesture oor hengelaars in vorige spanne

23.13.3 Inskrywingsfooie.Inskrywingsfooie wat van tyd tot tyd deur die Keurkomitee, in samewerking van die Dagbestuur, vasgestel word, is deur die deelnemers aan die proewe betaalbaar.

23.13.4 Goedkeuring van Gekose spanne.Alle verkose spanne is onderhewig aan die goedkeuring van die President. Indien

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 38: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

38

konsensus geensins bereik kan word nie, word die Dagbestuur, wie se beslissing dan finaal is, geraadpleeg.

23.14 JUNIORKOMITEE23.14.1 Sameroeper.

Die verkose Sameroeper tree op as Voositter en belê 'n vergadering van belanghebbendes waartydens bykomende Ampsdraers en Komiteelede, soos benodig, verkies word.

23.14.2 Reël alles tov Juniorspanne.Hierdie komitee reël al die sake met betrekking tot Juniors, onderhewig aan die riglyne van die Algemene Bestuurskomitee en Dagbestuur. Die Sameroeper doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vergadering.

23.15 DAMESKOMITEE23.15.1 Sameroeper.

Die verkose Sameroeper tree op as Voositter en belê 'n vergadering van belanghebbendes waartydens bykomende Ampsdraers en Komiteelede, soos benodig, verkies word.

23.15.2 Reël alles tov Damesspanne.Hierdie komitee reël al die sake met betrekking tot die Dames, onderhewig aan die riglyne van die Algemene Bestuurskomitee en Dagbestuur. Die Sameroeper doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vergadering.

23.16 BEAMPTEKOMITEE23.16.1 Sameroeper.

Die verkose Sameroeper tree op as Voositter en belê 'n vergadering van gekwalifiseerde beamptes, waartydens bykomende Ampsdraers en Komiteelede, soos benodig, verkies word.

23.16.2 Reël alles tov Beamptes.Hierdie komitee reël al die sake met betrekking tot die beamptes, onderhewig aan die riglyne van die Algemene Bestuurskomitee en Dagbestuur. Die Sameroeper doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vergadering.

23.17 KARPHENGEL23.17.1 Sameroeper.

Die verkose Sameroeper tree op as Voositter en belê 'n vergadering van gekwalifiseerde beamptes, waartydens bykomende Ampsdraers en Komiteelede, soos benodig, verkies word.

23.17.2 Reël alles tov karpfaset.Hierdie komitee reël al die sake met betrekking tot Karphengel, onderhewig aan die riglyne van die Algemene Bestuurskomitee en Dagbestuur. Die Sameroeper doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vergadering.

23.18 MATCH HENGEL23.18.1 Sameroeper.

Die verkose Sameroeper tree op as Voositter en belê 'n vergadering van gekwalifiseerde beamptes, waartydens bykomende Ampsdraers en Komiteelede, soos benodig, verkies word.

23.18.2 Reël alles tov matchfaset.Hierdie komitee reël al die sake met betrekking tot Match Hengel, onderhewig aan die riglyne van die Algemene Bestuurskomitee en Dagbestuur. Die Sameroeper doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vergadering.

23.19 FEEDER HENGEL23.19.1 Sameroeper.

Die verkose Sameroeper tree op as Voositter en belê 'n vergadering van gekwalifiseerde beamptes, waartydens bykomende Ampsdraers en Komiteelede, soos benodig, verkies

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015

Page 39: 1DOELSTELLING - Requin Angling Clubrequinanglingclub.co.za/GVOV HUISHOUDELIKE REELS.docx · Web viewcSA affiliasie. dliga inskrywings. efondsinsameling . fenige ander heffings wat

39

word.23.19.2 Reël alles tov feederfaset.

Hierdie komitee reël al die sake met betrekking tot Feeder Hengel, onderhewig aan die riglyne van die Algemene Bestuurskomitee en Dagbestuur. Die Sameroeper doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vergadering.

23.20 TROFEëBEAMPTE23.20.1 Beheer trofeë.

Neem beheer van al die Vereniging se trofeë en bepaal jaarliks, in samewerking met die ander betrokke Ampsdraers, die wenners daarvan. Reël die gravering en is behulpsaam met die uitdeel daarvan tydens die jaarlike prysuitdeling van die Vereniging.

23.20.2 Medaljes en sertifikate.Is verantwoordelik vir die bestelling van medaljes en die skryf van die sertifikat.

23.20.3 Verslag.Doen verslag by die Algemene Jaarvergadering en die Algemene Bestuurskomitee vvergadering.

23.21 SAMEROEPER MEESTERSKOMITEE23.21.1 Spreekbuis vir die Meesters, rakende alle sake.23.22 KLEREBEAMPTE/KLEUREBEAMPTE23.22.1 Beheer van klere en wapens.

Doen die nodige aankope en beheer die verkope en uitreiking van Provinsiale klere en wapens.

23.23 OUDITEUR23.23.1 Ouditverslag.

Het insae en toegang tot die finansiële rekords van die Vereniging en doen na die oudit verslag by die Algemene Jaarvergadering.Huishoudelike Reëls is saamgestel vir implimentering vanaf Julie 2012 onderhewig aan goedkeuring van Algemene Bestuurskomitee Vergadeing 18 Julie 2012.

GVOV HUISHOUDELIKE REëLS – HERSIEN 2015