1.3 struktuur van die ruimtelike … · na die verskillende vlakke van beplanning, van die...

26
Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004 Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing. 1 1 INLEIDING 1.1 AGTERGROND Die Overberg Distriksmunisipaliteit (hierná genoem die ODM) het Dennis Moss Vennootskap Ing. aangestel om te help met die opstel van die Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (Overberg ROR) as 'n integrale deel van die Overberg Distrik Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). 'n Sleutelvereiste was dat die projek in noue samewerking met die vier Kategorie B munisipaliteite, wat gesamentlik die ODM vorm, onderneem moes word en dat die beplanningsproses 'n gees van samewerking tussen dié munisipaliteit moes bevorder. Die bestaande GOP-forums is aangewend as 'n basis vir die deelname van en konsultasie met belanghebbendes. Die beplanningsproses is ingevolge, onder meer, die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), en die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, 1999 (Wet 7 van 1999) onderneem. 1.2 PROJEKOPDRAG Ingevolge die projekopdrag, is die funksies van die ROR die volgende: (a) Illustreer die ODM GOP se ruimtelike implikasies. (b) Verskaf ontwikkelings- en bestuurstrategieë, voorstelle en riglyne wat volhoubare ontwikkeling in die ODM sal bevorder, insluitend, sonder om beperk te wees tot, ontwikkelingsdoelwitte, voorstelle vir grondhervorming, dorpshernuwing, heropbou, integrasie, omgewingsbeplanning, vervoerbeplanning, infrastruktuurbeplanning en stadsontwerp, sodat die algemene welstand van die mense van die gebied op die mees doeltreffende wyse bevorder word. (c) Integreer die strategieë voorgestel in die Overberg GOP met die riglyne van die konsep Kussonebeleid vir die Wes-Kaap (Provinsiale Regering van die Wes-Kaap, 2001). (d) Ondersoek opsies vir die implemetering van UNESCO se MAB (Man and the Biosphere) Program as 'n meganisme vir die bevordering van volhoubare ontwikkeling regdeur die ODM. 1.3 STRUKTUUR VAN DIE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK Die ROR-dokument bestaan uit 8 afdelings waarvan die inhoud en funksies in Diagram 1 op die volgende bladsy opgesom word.

Upload: truongdiep

Post on 29-Aug-2019

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

1

1 INLEIDING 1.1 AGTERGROND Die Overberg Distriksmunisipaliteit (hierná genoem die ODM) het Dennis Moss Vennootskap Ing. aangestel om te help met die opstel van die Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (Overberg ROR) as 'n integrale deel van die Overberg Distrik Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). 'n Sleutelvereiste was dat die projek in noue samewerking met die vier Kategorie B munisipaliteite, wat gesamentlik die ODM vorm, onderneem moes word en dat die beplanningsproses 'n gees van samewerking tussen dié munisipaliteit moes bevorder. Die bestaande GOP-forums is aangewend as 'n basis vir die deelname van en konsultasie met belanghebbendes. Die beplanningsproses is ingevolge, onder meer, die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), en die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, 1999 (Wet 7 van 1999) onderneem. 1.2 PROJEKOPDRAG Ingevolge die projekopdrag, is die funksies van die ROR die volgende: (a) Illustreer die ODM GOP se ruimtelike implikasies. (b) Verskaf ontwikkelings- en bestuurstrategieë, voorstelle en riglyne wat volhoubare

ontwikkeling in die ODM sal bevorder, insluitend, sonder om beperk te wees tot, ontwikkelingsdoelwitte, voorstelle vir grondhervorming, dorpshernuwing, heropbou, integrasie, omgewingsbeplanning, vervoerbeplanning, infrastruktuurbeplanning en stadsontwerp, sodat die algemene welstand van die mense van die gebied op die mees doeltreffende wyse bevorder word.

(c) Integreer die strategieë voorgestel in die Overberg GOP met die riglyne van die konsep Kussonebeleid vir die Wes-Kaap (Provinsiale Regering van die Wes-Kaap, 2001).

(d) Ondersoek opsies vir die implemetering van UNESCO se MAB (Man and the Biosphere) Program as 'n meganisme vir die bevordering van volhoubare ontwikkeling regdeur die ODM.

1.3 STRUKTUUR VAN DIE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK Die ROR-dokument bestaan uit 8 afdelings waarvan die inhoud en funksies in Diagram 1 op die volgende bladsy opgesom word.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

2

Diagram 1: Struktuur van die ROR.

AFDELING E: BEPALING VAN BEPLANNINGSEENHEDE EN GRONDGEBRUIK

Hierdie afdeling stel riglyne vir die volgende:a) Afbakening van grense van die biostreke van die ODM as primêre beplanningseenhede, en die

voorsiening van riglyne vir die afbakening van kleiner beplanningseenhede, soos buurtgebiede.b) Grondgebruikklassifikasie van die ODM volgens bepaalde Ruimtelike Beplanningskategorieë.

AFDELING C: BEPLANNINGSKONTEKS EN -BENADERING

Hierdie afdeling beskryf die volgende:a) Die beplanningskonteks wat in die opstel van die ROR van toepassing is. Daar word spesifiek verwys

na die verskillende vlakke van beplanning, van die internasionale vlak tot die plaaslike vlak.b) Beplanningsbenadering wat in die voorbereiding van die ROR toegepas is, naamlik die

biostreekbeplanningsbenadering.

AFDELING B: OMGEWINGSOORSIG EN -ANALISE

Hierdie afdeling verskaf ‘n beskrywing en oorsig van die sleutelaspekte en –kenmerke van die gebied wat in die beplanningsproses in aanmwerking geneem is.

AFDELING D: VISIE, DOELWITTE EN DOELSTELLINGS

Hierdie afdeling beskryf die visie, doelwitte en doelstellings van die ROR, wat alles verband hou met die bevordering van volhoubare ontwikkeling regdeur die ODM. ‘n Opsomming van die sleutelaspekte van volhoubare ontwikkeling word ook verskaf .

AFDELING A: INLEIDING

Hierdie afdeling verskaf die volgende:a) Agtergrondinligting aangaande die beplanningsproses.b) Lesersgids van terme wat in die dokument gebruik is.c) Sleutelaspekte van ‘n ROR, bv. Definisie, wetlike status, doel en sleutelelemente.d) Opsomming van beplanningsbeginsels en kernwaardes wat die basis van die dokument vorm.

AFDELING H: DIE PAD VORENTOE

In hierdie afdeling word strategiese aksies aanbeveel wat onderneem moet word om die doeltreffende implementering van die ROR te verseker.

AFDELING F: DAARSTELLING VAN GEÏNTEGREERDE GRONDBESTUURSGEBIEDE

Hierdie afdeling stel riglyne vir die daarstelling van die volgende:a) Biosfeerreservate.b) ‘n Stelsel van Beskermde Natuurgebiede.c) Bewareas.d) Spesiale Bestuursgebiede.

AFDELING G: FORMULERING VAN STRATEGIEË EN IDENTIFISERING VAN PROJEKTE

Hierdie afdeling verskaf geïntegreerde strategieë en riglyne vir omgewingsbestuur en ontwikkeling regdeur die ODM. Die afdeling sluit in ‘n gebruikershandleiding wat die toepassing van die afdeling in konteks van die dokument as ‘n geheel verduidelik.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

3

2 KONTEKS VAN DIE OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT Die ODM is in die Wes-Kaap Provinsie geleë en vorm die mees suidelike punt van Afrika (verwys na Figuur 1). Die ODM is ‘n samesmelting van die Caledon, Hermanus, Bredasdorp and Swellendam landdrosdistrikte. Die ODM word begrens deur die munisipale gebiede van die Stad Kaapstad, en die Boland en Eden Distriksmunisipaliteite. Die kuslyn van die ODM wissel van wit sandstrande tot rotsagtige hange. Die Atlantiese Oseaan en Indiese Oseaan ontmoet by Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van die Afrika kontinent. Die ODM word gekenmerk deur ryk natuurlike en kulturele hulpbronne en pragtige landskappe. Die unieke kussone, die inheemse fynbos, en die droë Klein-Karoo is van die mees opvallende kenmerke. Die hooftoegangsroetes na die streek is die nasionale roete (N2) via Sir Lowry's Pas en Houw Hoek Pas in die weste, en Swellendam in die ooste. Die streeksroete (R44) volg die kuslyn verby Kaap Hangklip. Verskeie bergpasse bied toegang vanaf die noorde (insluitend die R43, R45, R317 en R324).

Figuur 1: Ligging van die Overberg Distriksmunisipaliteit.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

4

3 BEPLANNINGSBENADERING Die ROR is gebaseer op die biostreekbeplanningsbenadering soos beskryf in die Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie (PRWK, 2003), en die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Handleiding, wat deur die PRWK opgestel is om die voorbereiding van ROR'e in die Wes-Kaap te fasiliteer (PRWK, 2003). Internasionale ondervinding het bewys dat biodiversiteitbewaring 'n voorvereiste vir volhoubare ontwikkeling is en dat vir biodiversiteitbewaring om te slaag, die behoud van omgewingsintegriteit (soos bepaal deur ekologiese, ekonomiese en sosiale kriteria) 'n primêre bepalende faktor in biostreekafbakening en grondgebruikbeplanning moet wees. Hierdie siening het oor die afgelope dekade ontwikkel in 'n beplannings- en bestuursbenadering wat algemeen as biostreekbeplanning bekend staan. Biostreekbeplanning word toenemend deur instansies soos UNEP1 en WRI2 as 'n bestuurstelsel toegepas om volhoubare ontwikkeling wêreldwyd te bevorder. Biostreekbeplanning word in die Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie (PRWK, 2003) gedefinieer as grondgebruikbeplanning en -bestuur wat volhoubare ontwikkeling bevorder deur die verhouding tussen omgewingsintegriteit, menslike welstand en ekonomiese doeltreffendheid te erken, en praktiese beslag daaraan te gee, binne 'n gegewe geografiese ruimte waarvan die grense in ooreenstemming met sosiale en omgewingseienskappe bepaal is. In praktiese terme, verwys biostreekbeplanning na die versoening van menslike nedersettings- en grondgebruikpatrone met die parameters van ekologiese sisteme, en die beplanning, ontwerp en ontwikkeling van die mensgemaakte omgewing binne hierdie parameters, op 'n manier wat omgewingsvolhoubaarheid verseker. 4 VISIE, DOELSTELLINGS EN DOELWITTE Die studies wat tydens die opstel van hierdie dokument gedoen is, saam met die GOP'e van die Overberg Distriksmunisipaliteit en die onderskeie Kategorie B Munisipaliteite, het die volgende bevestig: a) Die ODM het unieke natuurlike eienskappe wat sy status as 'n nasionale bate

regverdig. b) Die ODM se natuurlike omgewing en hulpbronne is kwesbaar en is nie bestand

teen oorbenutting of ongepaste gebruik nie. c) Die ODM ondersteun lewensvatbare ekonomiese sektore. d) Die ODM besit 'n belangrike kulturele erfenis. e) Natuurlike ekosisteme en habitatte van globale belang kom in die ODM voor. f) Daar is 'n beduidende behoefte aan sosiale opheffing en gemeenskaps-

ontwikkeling. g) Hoë prioriteit moet gegee word aan aspekte soos landelike ontwikkeling,

grondhervorming, omgewingsbewaring, statistieke, ekonomiese ontwikkeling, toerisme, paaie en infrastruktuur, en die benutting van landbougrond vir nie-landbou doeleindes.

1 United Nations Environmental Programme. 2 World Resource Institute.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

5

h) Daar is 'n algemene gebrek aan koördinering van ontwikkeling en grondgebruik op 'n biostreekvlak, wat klem lê op die behoefte aan 'n geïntegreerde beplannings-raamwerk waarbinne owerhede, gemeenskappe, maatskappye en ander private belange die verantwoordelikheid sal deel vir die koördinering van grondgebruikbeplanning vir publieke en privaatgrond, asook die definiëring en implementering van ontwikkelingsopsies wat sal verseker dat menslike behoeftes op 'n volhoubare manier bevredig word.

Die volgende visie, doelstellings en doelwitte vir die ODM is geformuleer ten einde bogenoemde aspekte aan te spreek: 4.1 RIGTINGGEWENDE VISIESTELLINGS Ten einde die sosio-ekonomiese aspirasies van die ODM met volhoubare benutting van die natuurlike omgewing en sy gemeenskapsondersteunende hulpbronne te balanseer, is die oorhoofse missie van die IUCN3 as 'n fundamentele riglyn in die voorbereiding van die ROR gebruik, naamlik: 'Die handhawing van noodsaaklike ekologiese prosesse, die bewaring van genetiese diversiteit en die versekering van die volhoubare gebruik van spesies en ekosisteme wat slegs behaal kan word deur die bewaring van noodsaaklike habitatte en nie individuele spesies nie; en die bestuur van menslike gebruik van die biosfeer sodat dit die grootste volhoubare voordeel vir huidige geslagte kan bied, terwyl die potensiaal van die biosfeer om te voorsien in die behoeftes en aspirasies van toekomstige geslagte, gehandhaaf word' (IUCN, 1980). Bykomende fundamentele leiding is verskaf deur die besprekingsdokument, 'Ter bevordering van ‘n Nuwe Omgewingsbeleid vir Suid-Afrika, wat sê dat: 'In die proses van hervorming van die Suid-Afrikaanse gemeenskap, stel die Suid-Afrikaanse Regering van nasionale eenheid dit as ‘n prioriteit dat die regering moet verseker dat alle Suid-Afrikaanse burgers, tans en in die toekoms, die reg tot ‘n goeie kwaliteit bestaan moet hê deur middel van die volhoubare benutting van hulpbronne’. Die regering sê ook dat ‘omgewingsoorwegings in elke besluit ingebou moet word en dat huidige wetgewing hersien behoort te word om ‘n doeltreffende stelsel van omgewingswetgewing in Suid-Afrika te bewerkstellig. Die onderliggende beginsel van volhoubare ontwikkeling word nie slegs deur die Suid-Afrikaanse regering as ‘n prioriteit erken nie, maar ook internasionaal ingevolge Agenda 21' (Departement van Omgewingsake en Toerisme, 1996).

3 International Union for Conservation of Nature.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

6

4.2 VISIE EN MISSIE VIR DIE ODM Die visie van die mense van die ODM is as volg:

VISSIE

‘Paradys aan die suidpunt van Afrika - 'n Lekker streek wat werk.

MISSIE

'Om paradys te skep, beskerm en verder te ontwikkel deur: a) Volhoubare en gebalanseerde benutting en ontwikkeling van menslike en natuurlike hulpbronne

tot voordeel en welstand van al die inwoners en ter bevordering van ekonomiese groei en ontwikkeling

b) Bevordering en volhoubare benutting van die diversiteit van die streek c) Die beskerming van die streek se landelike karakter d) Doeltreffende misdaadvoorkoming en -bestryding Om die streek 'n lekker plek te maak wat werk, deur: a) Die potensiaal van al die inwoners ten volle te ontwikkeling b) Eenheid op die streeks- en gemeenskapskonteks te bevorder c) Te verseker dat die streek se inwoners en hulle toekomstige geslagte in 'n gesonde natuurlike

omgewing kan bestaan' (Bron: GRKK IDP, 2002) 4.3 VOLHOUBARE ONTWIKKELING - DIE OORHOOFSE DOELWIT VAN

DIE ROR Ingevolge die projekopdrag, is die primêre oogmerk van die ROR om 'ware volhoubare ontwikkeling in die ODM te bevorder' (verwys na Hoofstuk 18.2 van die ROR). Volhoubare ontwikkeling word beskryf as ‘ontwikkeling wat in die behoeftes van die huidige geslag voorsien sonder benadeling van die vermoëns van toekomstige geslagte om in hulle eie behoeftes te voorsien’ (Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie, PRWK 2003). Die Internasionale Instituut vir Volhoubare Ontwikkeling (1995) beklemtoon twee sleutelkomponente wat verband hou met volhoubare ontwikkeling, naamlik (a) die konsep van behoefte (in die besonder, die noodsaaklike behoeftes van die armes, waaraan oorheersende prioriteit gegee moet word, en die realiteit van beperkings wat deur die stand van tegnologie en maatskaplike organisering veroorsaak word), en (b) die omgewing se vermoë om huidige en toekomstige behoeftes te bevredig. Dit is duidelik dat volhoubare ontwikkeling nie bereik kan word slegs deur natuurgebiede te bewaar nie. Die Global Biodiversity Strategy (IUCN/UNEP/WWF) stipuleer dat bewaringstrategieë daarna moet streef om kulturele, ekonomiese en politieke omstandighede op plaaslike en streekvlak te akkommodeer. Sulke strategieë behoort, onder meer, daarop gemik te wees om die welsyn van plaaslike en streeksgemeenskappe deur die implementering van bewaringstrategieë te verbeter. Die Internasionale Instituut vir Volhoubare Ontwikkeling (1995) sê dat volhoubare ontwikkeling op die raakpunt tussen drie globale noodsaaklikhede plaasvind en dat, indien dié noodsaaklikhede nie in ewewig en geintegreer is nie, volhoubare ontwikkeling nie haalbaar is nie (verwys na Diagram 2).

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

7

In hierdie verband illustreer Mebratu (1998) se interaktiewe model van volhoubaarheid dat volhoubare ontwikkeling plaasvind in die ‘interaktiewe sone’ waar die drie noodsaaklikhede op mekaar inwerk. Ontwikkeling wat buiter hierdie ‘interaktiewe sone’ plaasvind sal nie volhoubaar wees nie. Diagram 2 hieronder illustreer die drie globale noodsaaklikhede en hul integrasie.

Diagram 2: Die interaktiewe model van volhoubare ontwikkeling (Aangepas van Mebratu, 1998).

Hierdie ROR bou op die volgende begrip van die drie globale noodsaaklihede: 4.3.1 MENSLIKE WELSTAND Menslike welstand verwys na materiële sowel as geestelike welstand. Materiële welstand verwys na die afwesigheid van armoede. In terme van die biostreekbeplannings-benadering, impliseer geestelike welstand dat die biostreek 'n fisiese en morele ruimte verteenwoordig waar sy inwoners daarna streef om die aaneenlopendheid van sy komplekse ekologie te onderhou en te verbeter. Dit behels die daarstel van toestande vir die ontwikkeling van die individu om sterk verenig te word met plek en om nuwe emosionele, intellektuele en fisiese kragte te bekom om hom/haar, as deel van die gemeenskap, te bemagtig om sy/haar regmatige rol in die bevordering en bereiking van volhoubare ontwikkeling te speel. Dit word erken dat die historiese ongelykhede wat menslike welstand in die verlede ondermyn het, spesifiek in post-apartheid Suid-Afrika aangespreek moet word. 4.3.2 OMGEWINGSINTEGRITEIT Omgewingsintegriteit verwys na die 'heelheid’ van die omgewing. Die 'omgewing' word gedefinieer as die totaal van al die eksterne omstandighede en invloede wat die lewe van 'n organisme beïnvloed. ‘Omgewing’ verwys spesifiek na die sfeer waarbinne mense bestaan, naamlik: a) die land, water en atmosfeer van die aarde; b) mikro-organismes, plant- en dierlewe; c) enige deel of kombinasie van (a) en (b) en die verhoudings onder en tussen hulle;

en d) die fisiese, chemiese, estetiese en kulturele eienskappe en toestande van

bogenoemde wat menslike gesondheid en welstand beïnvloed. Omgewingsintegriteit word bepaal deur die waarde van die omgewing of plek (natuurlik of mensgemaak), met spesifieke verwysing na die omgewing of plek se intrinsieke, sistemiese, en/of instrumentele waarde.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

8

Dit word erken dat mensgemaakte omgewings soos nedersettings, binne die natuurlike omgewing geleë is en deur die natuurlike omgewing ‘bevat’ word. Die manier waarop menslike nedersettings ontwikkel, het dus 'n enorme impak op die kwaliteit en integriteit van die omgewing in sy geheel. Dit is dus noodsaaklik dat die mensgemaakte omgewing op 'n manier beplan, ontwerp en ontwikkel word wat die instandhouding van specifieke waardes (d.i. intrinsieke, sistemiese, en/of instrumentele waarde) sal verseker. Uit die perspektief van die natuurlike omgewing, is dit duidelik dat ekologiese integriteit 'n sleutelfaktor in die volhoubare ontwikkelingsewewig is. Ekologiese integriteit vereis, onder meer, dat die bron- en sinkdrumpels nie oorskry word nie, dat biodiversiteit beskerm word en dat ekologiese prosesse en dienste (bv. watervloei en -kwaliteit, grondbewaring, ontbinding, ens.) in stand gehou word. 4.3.3 EKONOMIESE DOELTREFFENDHEID Ekonomiese doeltreffendheid verwys na die optimale gebruik van beskikbare hulpbronne, insluitend menslike hulpbronne, fondse, grond, infrastruktuur, ens. Dit word ook verstaan as die optimalisering van voordele teen die laagste koste vir gewaardeerde goed. Dit is belangrik om kennis te neem dat die onvoorwaardelike optimalisering van voordeel, ongeag die sosiale of omgewingskoste daarvan, die potensiaal het om ernstige konflik tussen belangegroepe te veroorsaak. Byvoorbeeld, die konstruksie van 'n pad deur 'n nedersetting mag doeltreffendheid impliseer deurdat dit konstruksiekoste beperk en tyd vir die padgebruiker bespaar. Daarteenoor, kan sodanige pad egter grootliks onbillik wees weens die omgewings- en sosiale koste daarvan (bv. die gevaar van die pad kan emosionele stres veroorsaak by diegene wat naby die pad woon, asook by padgebruikers). Doeltreffendheid behoort dus nooit afsonderlik van geregtigheid oorweeg te word nie (omgewings- sowel as sosiale geregtigheid). Terwyl geregtigheid dikwels beskou word as ‘n ideale beginsel van billike verspreiding van goedere of voordele tussen persone, is dit belangrik om kennis te neem dat daar talle struikelblokke in die gemeenskap is wat ware geregtigheid moeilik haalbaar maak. 5 AFBAKENING VAN BIOSTREKE AS PRIMÊRE BEPLANNINGS-

EENHEDE Ingevolge die Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie (PRWK, 2003) is 'n primêre stap in die voorbereiding van die ROR die afbakening van die biostreke wat gesamentlik die ODM vorm. Die doel van hierdie afbakeningsproses is om die grense van die biostreke te bepaal ten einde 'n ruimtelike ontwikkelingsraamwerk te voorsien waarbinne die volgende bereik kan word: a) Holistiese geïntegreerde beplanning, d.i. verseker dat alle aspekte wat 'n invloed op

die ODM en sy Kategorie B munisipaliteite kan hê, in die ROR en die GOP aangespreek word.

b) Identifikasie van gebiede van samewerking tussen munisipaliteite (d.i. gebiede wat oorvleuel omdat munisipale grense nie ooreenstem met biostreekparameters nie). In dié verband, word daar erken dat die bestaande munisipale grense in baie gevalle nie biostreekgrense volg nie, en dat toepaslike oor-grens koördinasie

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

9

tussen aangrensende munisipaliteite gefasiliteer moet word aangaande kwessies en gebiede van wedersydse belang.

c) Langtermyn volhoubare ontwikkeling gebaseer op 'n plek-spesifieke beplanngsbenadering en optimale gemeenskapsdeelname.

d) Geïntegreerde bestuur van gemeenskapsondersteunende hulpbronne. e) Toepaslike toekomstige munisipale afbakening volgens biostreekbeplannings-

beginsels. 5.1 AFBAKENINGSBENADERING Die afbakening van die ODM se biostreke is gebaseer op die afbakeningsproses wat in die Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie (PRWK, 2003) beskryf is. Die konsepteule biostreke wat in die handleiding voorgestel word, het as 'n basis vir die afbakeningsproses gedien. Die afbakeningsbenadering erken dat elke biostreek enorme intrinsieke, instrumentele en sistemiese waardes het wat direk verband hou met die welstand van die natuurlike en menslike gemeenskappe. Die unieke ekologiese, kulturele, sosiale en ekonomiese eienskappe en komponente van elke biostreek bestaan en funksioneer saam op 'n geïntegreerde, en dikwels komplekse, manier. Vir biostreke om optimaal doeltreffend te wees ten opsigte van hulle gemeenskapsondersteunende funksies, is dit van die grootste belang dat die simbiose van biostreekeienskappe en -funksies onderhou moet word, en dat biostreke sover moontlik nie deur politieke grense gefragmenteer moet word nie. Biostreke moet as afsonderlike eenhede bestuur en in stand gehou word. Verder behoort geen biostreek, of enige ander grondeenheid, as 'n eiland in isolasie van sy omliggende omgewing gesien te word nie. Elke eenheid is 'n belangrike deel van die groter streek waarbinne dit geleë is, en die wedersydse verhoudings en verbindings tussen aangrensende eenhede moet verstaan en toegepas word wanneer hierdie eenhede afgebaken en bestuur word. Die afbakeningsproses wat in hierdie beplanningsbenadering gebruik is, sluit die biofisiese, biologiese en sosio-ekonomiese oorwegings, wat ooreenstem met die definisie van biostreke, in en erken beide diversiteit en skaal. Die metode maak voorsiening vir die identifisering van 4 biostreekkomponente in 'n hiërargiese verhouding tot mekaar, en wat 'n beplannings- of bestuursbenadering vereis wat strek vanaf die breë skaal tot die detailvlak (verwys na Diagram 3 hieronder).

Diagram 3: Biostreekkomponente.

MAKRO BIOGEOGRAFIESE GEBIED

OPVANGGEBIED

EKOSISTEEM

MENSLIKE NEDERSETTINGSPATROON

BIOSTREEK

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

10

Die afbakeningsproses geskied in logiese stappe, waarvan die eerste die definiëring en afbakening behels van die 'makro-biogeografiese streek' waarin die biostreek val. Dié stap geskied deur middel van die toepassing van growwe-grein kriteria. Die tweede stap is om die opvanggebiede en 'kwarternêre (sub) opvanggebiede' in die gebied te identifiseer, en daarná die ekosisteme. Die vlak van detail wat benodig word om die biostreekkomponente af te baken en toepaslik te beplan en bestuur, neem toe soos wat die skaal afneem. Die mees gedetailleerde komponent wat gebruik word om die afbakening van individuele biostreke te verfyn, is die menslike nedersettingspatroon (verwys na Diagram 3). 5.2 PLAN VAN DIE BIOSTREKE VAN DIE ODM 'n Plan van die biostreke van die ODM is opgestel (verwys na Plan 1). Dit is belangrik om kennis te neem dat hierdie plan kan verander as gevolg van, onder meer, die afbakening van die buurtgebiede van die Kategorie B munisipaliteite, en die insluiting van nuwe wetenskaplike data van CAPE4, STEP5, en SKEP6. 5.2.1 GEBIEDE VAN SAMEWERKING Bogenoemde biostreekafbakeningsproses dui aan dat daar verskeie gevalle is waar die grense van die biostreke nie met die politieke of munisipale grense ooreenstem nie. Ingevolge die biostreekbeplanningsproses, impliseer dít dat daar gebiede langs die grense van biostreke voorkom waarvoor 'n samewerkende bestuursbenadering tussen die betrokke munisipaliteite benodig sal word (d.i. gebiede van samewerking {verwys na Plan 1.1 en Plan 1.2}). In die geval van gebiede van samewerking tussen Kategorie B munisipaliteite in die ODM, berus die verantwoordelikheid vir die fasilitering van sodanige samewerking by die Overberg Distriksmunisipaliteit. In die geval waar gebiede van samewerking oor die grense tussen die ODM en aanliggende distriksmunisipaliteite strek, is dit die funksie van die PRWK om samewerking te fasiliteer. In die geval waar gebiede van samewerking oor die gemeenskaplike provinsiale grens strek, is dit die verantwoordelikheid van die onderskeie provinsiale regerings om die nodige samewerking te fasiliteer. Die ideal is dat alle provinsiale en munisipale grense gedurende die volgende munisipale afbakeningsproses met biostreekgrense versoen moet word. 6 GRONDGEBRUIKKLASSIFIKASIE 6.1 RUIMTELIKE BEPLANNINGSKATEGORIEË Die Ruimtelike Beplanningskategorieë (RBK's) wat deur die Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie (PRWK, 2003) bevorder word, is gebruik om die voorgestelde toekomstige grondgebruik van die ODM te illustreer. Dié RBK's stem ooreen met UNESCO se MAB Program wat in Hoofstukke 14.1 & 16 van die ROR omskryf word, en sluit alle grondsonerings in waarvoor daar in die bestaande soneringskemaregulasies voorsiening gemaak word. Die RBK's is aangewend om die

4 Cape Action for People and the Environment. 5 Subtropical Thicket Ecosystem Planning. 6 Succulent Karoo Ecosystem Plan.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

11

voorgestelde grondgebruik-klassifikasieplan vir die ODM te illustreer (verwys na Plan 2). Die tabelle en diagram hieronder omskryf en illustreer die onderskeie RBK's. 'n Sleutelaspek van Plan 2 is dat dit 'n standaardraamwerk vir grondgebruikklassifikasie in die verskillende Kategorie B Munisipaliteite verskaf. Daar word voorgestel dat Plan 2 as 'n basis vir die opstel van dié munisipaliteite se ROR'e gebruik word. Tabel 1: Die ses primêre Ruimtelike Beplanningskategorieë.

KATEGORIE BESKRYWING KLASSIFIKASIE KRITERIA & DOELEINDES Kategorie A Kerngebied (Stem

ooreen met UNESCO se Biosfeerreservaat 'Kerngebiede').

a) Gebiede met hoë bewarensbelang (hoogs onvervangbaar) wat teen verandering beskerm moet word.

b) Slegs nie-verbruikende grondgebruike7 mag onder streng voorwaardes toegelaat word.

c) Geen ontwikkeling toegelaat nie. Kategorie B Buffergebied (Stem

ooreen met UNESCO se Biosfeerreservaat 'Buffergebiede').

a) Dien as buffer tussen Kategorie A- en Kategorie C gebiede.

b) Bied 'n toepaslike interim-klassifikasie vir bewarens-waardige gebiede wat nie statutêr beskerm word nie, insluitend ekologiese korridors, en gebiede wat voorheen aangewend is vir bosbou en landbou, en wat die moeite werd is om te rehabiliteer.

c) Toepaslike volhoubare ontwikkeling en nie-verbruikende grondgebruik mag voorwaardelik toegelaat word.

Kategorie C Landbougebiede (Stem ooreen met UNESCO se Biosfeerreservaat 'Oorgangsgebied').

a) Landelike gebiede waar ekstensiewe en intensiewe landbou toegepas word.

b) Bosbougebiede.

Kategorie D Stedelik-verwante gebiede (Stem ooreen met UNESCO se Biosfeerreservaat 'Oorgangsgebied')

Akkommodeer 'n breë spektrum nodale stedelik-verwante nedersettings en verwante dienste en infrastruktuur.

Kategorie E Nywerheidsgebiede Verteenwoordig nywerheidsgebiede waar baie hoë intensiteit menslike aktiwiteite en verbruikende grondgebruike voorkom.

Kategorie F Oppervlakte-infrastruktuur en geboue.

Alle oppervlakte-infrastruktuur en geboue waarvoor daar nie in bogenoemde kategorieë voorsiening gemaak is nie, insluitend paaie, treinspore, kraglyne, kommunikasiestrukture, ens.

7 Verwys na grondgebruik wat nie die oes of uithaal van produkte vir verbruik impliseer nie, bv.

buitelugontspanning, toerisme, godsdienstige seremonies, navorsing, opvoeding, ens.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

12

6.2 SUBKATEGORIEË Om meer gedetailleerde beplanning te fasiliteer, is voorsiening gemaak vir 32 Sub-kategorieë. Soos geïllustreer deur Diagram 4 op die volgende bladsy, is die onderskeie RBK's en Sub-kategorieë in alfabetiese orde genommer ten einde ‘n stelsel te skep waarvolgens 'n gekodeerde nommer aan elke entiteit in die munisipale gebied toegewys kan word wat effektiewe grondgebruikbestuur deur die munisipaliteit sal fasiliteer.

Diagram 4: Ruimtelike Beplanningskategorieë en Sub-kategorieë

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

13

6.3 BESKRYWING VAN RUIMTELIKE BEPLANNINGSKATEGORIEË Tabel 2: Opsommende beskrywing van die Sub-Kategorieë.

SUBKATEGORIE BESKRYWING KATEGORIE A: KERNGEBIEDE

A.a Wildernisgebiede Statutêre en de facto wildernisgebiede wat dien as 'n maatstaf vir omgewingsgesondheid en geleenthede bied vir primitiewe, nie-verbruikende, nie-gemeganiseerde buitelugontspanning.

A.b Ander statutêre bewaringsgebiede

Statutêre bewaringsgebiede, bv. nasionale parke, provinsiale en private natuurreservate (gesoneer as Oop Ruimte III), ens., wat voorsiening maak vir biodiversiteitsbewaring, buitelugontspanning en beperkte volhoubare hulpbronbenutting. KATEGORIE B: BUFFERGEBIEDE

B.a Publieke bewaringsgebiede

Publieke bewaringsgebiede met statutêre bewaringstatus - kwalifiseer nie vir A.a status nie, omring Kerngebiede of lê daarbinne, bv. kontraktuele nasionale parke, nasionale monumente, plaaslike natuurreservate.

B.b Private bewaringsgebiede

De facto bewaringsgebiede in private besit, sonder statutêre bewaringstatus, maar verkieslik in geregistreerde bewareas - beskerm die integriteit van kerngebiede.

B.c Ekologiese korridors / gebiede

Natuurlike skakels tussen ekosisteme wat bydra tot die instandhouding van natuurlike prosesse (bv. riviere), asook aaneenlopende lappe natuurlike plantegroei en habitatte of breë habitateenhede wat as hoogs onvervangbaar8 beskou word maar nie amptelike bewaringstatus het nie.

B.d Rehabilitasie gebiede

Gebiede wat vir rehabilitasie bestem is (bv. bewarenswaardige gebiede wat weens landbou, mynbou of bosbou agteruit gegaan het).

KATEGORIE C: OORGANGSGEBIEDE C.a Ekstensiewe

landbougebiede Landbougebiede wat met natuurlike plantegroei bedek is en voorsiening maak vir volhoubare lae-impak landbou-verwante grondgebruik, bv. die oes van inheemse plante, ekstensiewe veeboerdery, wildboerdery, ekotoerisme, ens.

C.b Intensiewe landbougebiede

Landbougebiede wat vir veelvuldige landbou-verwante hulpbronbenutting gebruik word, insluitend bewerkte gebiede, bosbougebiede, ens.

KATEGORIE D: STEDELIK VERWANTE GEBIEDE D.a Metropool /

Distriksdorp Kategorie A Munisipaliteit en die setel van die Kategorie C Munisipale owerheid.

D.b Plaaslike Hoofdorp Setel van 'n Kategorie B Munisipale owerheid. D.c Plaaslike dorp Dorp wat voorheen munisipale status gehad het en nou deel vorm van

'n Kategorie B Munisipaliteit en 'n munisipale kantoor het. D.d Landelike

nedersettings Landelike nedersettings wat onder die jurisdiksie van 'n Kategorie B Munisipaliteit val (nedersettings wat in die verlede geen munisipale status gehad het nie).

D.e Institusionele nedersettings

Nodale nedersettings en infrastruktuur wat verband hou met instansies soos opvoedkundige sentrums, gevangenisse, ens.

8 Onvervangbaarheid verwys na die potensiële bydrae wat 'n gebied tot 'n bewarings - of

verteenwoordigingsdoelwit kan lewer. Dit is 'n fundamentele manier om die bewaringswaarde van enige area te bepaal. 'n Onvervangbare area sal in elke analise van alternatiewe kombinasies van areas voorkom. Met ander woorde, dit is 'n area wat in 'n bewaringsgebied ingesluit moet word, anders is beduidende opsies vir bewaring verlore.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

14

D.f Plaasnedersettings Plaasnedersettingnodusse wat uit meer as 5 eenhede bestaan, insluitend die gemeenskaplike infrastruktuur, bv. skool, kerk, ens.

D.g Plaasopstalle Hoofopstalle met inbegrip van plaasinfrastruktuur wat nodig is vir plaaslogistiek soos skure, verpakkingsfasiliteite, ens.

D.h Oorde & Toerisme-verwante gebiede

Oorde en toerisme-verwante ontwikkelings en gebiede, onder andere hotelle, motelle, ens.

D.i Ander stedelik-verwante gebiede

Stedelik-verwante gebiede wat nie in Subkategorieë D.a - D.h ingesluit is nie (bv. nedersettings in Distrikbestuursgebiede onder die jurisdiksie van 'n Kategorie C Munisipaliteit).

KATEGORIE E: NYWERHEIDSGEBIEDE E.a Landbou-

nywerheid Landbou-verwante nywerheidsgebruike soos graansilo's, wynkelders, pakgeriewe, melkerye, saagmeulens, ens.

E.b Ligte nywerheid Gebiede wat vir ligte nywerheidsaktiwiteite toegewys is, soos klein fabrieke, steenmakerye, saagmeulens, metaalwerke, ens.

E.c Swaar nywerheid Gebiede wat vir swaar nywerheidsaktiwiteite toegewys is, soos staalfabrieke, ens.

E.d Ontginnings-nywerheid

Nedersettings en infrastruktuur wat verband hou met veelvoudige verbruikende bron-ontginning, bv. mynbou.

KATEGORIE F: OPPERVLAKTE-INFRASTRUKTUUR EN GEBOUE F.a Nasionale paaie Nasionale paaie geproklameer in terme van die Wet op Nasionale

Paaie, 1998 (Wet 7 van 1998). F.b Sekondêre paaie Provinsiale en streekspaaie geproklameer in terme van die

Ordonnansie op Paaie, 1976 (No. 19 van 1976). F.c Hoofpaaie Provinsiale en streekspaaie geproklameer in terme van die

Ordonnansie op Paaie, 1976 (No. 19 van 1976). F.d Afdelingspaaie Provinsiale en streekspaaie geproklameer in terme van die

Ordonnansie op Paaie, 1976 (No. 19 van 1976). F.e Ondergeskikte

paaie Provinsiale en streekspaaie geproklameer in terme van die Ordonnansie op Paaie, 1976 (No. 19 van 1976).

F.f 4X4 roetes 4X4 roetes binne Kategorieë B en C. F.g Spoorlyne Spoorweglyne en verwante infrastruktuur. F.h Kraglyne Kraglyne en verwante substasies en infrastruktuur. F.i Kommunikasie-

strukture Sellulêre netwerktorings, radiomaste, telekommunikasie-infrastruktuur, ens.

F.j Damme & reservoirs

Groot damme en reservoirs.

F.k Ander geboue & infrastruktuur

Geboue & infrastruktuur wat nie by Subkategorieë F.a - F.j ingesluit is nie.

Die ROR verskaf 'n omvattende beskrywing van die RBKs en die Sub-kategorieë.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

15

7 DAARSTEL VAN GEÏNTEGREERDE GRONDBESTUURS-GEBIEDE Daar word erken dat volhoubare ontwikkeling nie bereik kan word deur slegs natuurgebiede te bewaar nie. Dit is dus noodsaaklik dat strategieë geïmplementeer word om formeel-beskermde natuurgebiede op bewarenswaardige privaatgrond te vestig of om geïntegreerde grondgebruik op sulke grond te bevorder. In dié opsig, het die Overberg Distriksmunisipaliteit bepaal dat UNESCO se MAB Program as 'n algemene basis en vertrekpunt vir die implementering van biostreekbeplanning en -bestuur regdeur die ODM aanvaar moet word. Daar word voorgestel dat al die geïntegreerde grondbestuursprogramme en -gebiede wat in die Handleiding vir die toepassing van Biostreekbeplanning in die Wes-Kaap Provinsie (PRWK, 2003) bevorder word, regdeur die ODM geïmplementeer word ten einde volhoubare ontwikkeling te bevorder en globale ondersteuning in hierdie verband te bekom. 'n Beskrywing en riglyne rakende die daarstel van toepaslike geïntegreerde grondbestuursgebiede word in die hoofstukke hieronder voorsien, naamlik: a) Biosfeerreservate. b) Stelsel van Beskermde Natuurgebiede. c) Bewareas. d) Spesiale Bestuursgebiede. 7.1 BIOSFEERRESERVATE 7.1.1 PROVINSIALE BELEID OP DIE DAARSTELLING VAN BIOSFEERRESERVATE Die PRWK ondersteun die daarstelling van biosfeerreservate as ‘n raamwerk vir die implementering van biostreekbeplannning en –bestuur. Die PRWK is tans besig om die Wes-Kaapse Konsep Wetsontwerp op Biosfeerreservate te finaliseer. Hierdie Konsep Wetsontwerp sal onder meer voorsiening maak vir die daarstelling van ‘n provinsiale MAB Komitee en sal ook die daarstelling en bestuur van biosfeerreservate fasiliteer. Die daarstelling van biosfeerreservate sal onderneem word in samewerking met al die belangegroepe en toepaslike erkenning sal gegee word aan die sosiale, ekonomiese en ekologiese kriteria. Die daarstelling van biosfeerreservate sal ook voortbou op die plan vir ‘n netwerk van groep-biosfeerreservate wat in 1991 deur die destydse Kaapse Natuurbewaring opgestel is (verwys na Figuur 2 op die volgende bladsy). Gegewe die strategie van hierdie provinsie aangaande die daarstelling van ‘n netwerk van groep-biosfeerreservate deur die provinsie, is die volgende doelwitte van die Seville Strategie veral belangrik: Doelwit 1.1: Verbeter die decking van natuurlike en kulturele biodiversiteit deur middel

van die Wêreldnetwerk van Biosfeerreservate. Doelwit 1.2: Integreer Biosfeerresvate met bewaringsbeplanning. Doelwit 1.3: Integreer Biosfeerreservate met streeksbeplanning. Doelwit 1.4: Verbeter opleiding, publieke bewustheid en betrokkenheid.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

16

Figuur 2: Voorgestelde netwerk van groep-biosfeerreservate vir die Fynbosbioom (Departement

Omgewings- en Kultuursake, 1991). Die feit dat buffergebiede gewoonlik uit privaateiendom bestaan, is ‘n belangrike aspek wat ‘n enorme impak op die doeltreffende funksionering van ‘n biosfeerreservaat kan hê. In dié opsig moet daar op die volgende gelet word: (i) Sulke privaateiendom word op ‘n vrywillege basis in ‘n biosfeerreservaat ingesluit. (ii) Die biosfeeeraanwysing neem nie bestaande regte weg nie en dit ken ook geen

regte aan die eienaar toe nie. (iii) Grondgebruike wat met die biosfeerreservaatbeginsels versoenbaar is, is nie

arbitrêr afdwingbaar op die eienaar van sulke gebiede nie. (iv) Die parameters van ‘n buffergebied van ‘n biosfeerreservaat word in terme van

UNESCO se afbakeningskriteria as ‘sagte grense’ gesien. Dít impliseer dat daar geen amptelike kadastrale grens van ‘n biosfeerreservaat op privaateiendom van toepassing is nie.

Die vertrekpunt is dus dat die oorspronklike toewysing van privaat grond as deel van ‘n biosfeerreservaat slegs ‘n ideaal is. Ten einde sodanige toewysing te formaliseer, is dit noodsaaklik dat innoverende strategieë geïmplementeer word en dat sodanige strategieë die grondeienaars entoesiasties oor hul insluiting in die biosfeerreservaat moet maak. Doeltreffende biosfeerreservaatbestuur behels ook die formulering en implementering van strategieë wat die gepaste bestuur van sulke privaatgebiede sal bevorder. Die PRWK glo dat die biosfeerreservaat ‘n uitstekende model is vir grondbestuur en die bevordering van effektiewe en prakties haalbare benaderings tot volhoubare ontwikkeling. Ten einde in die langtermyn sukses te behaal, is dit egter belangrik om te begryp dat die aktiwiteit van daarstelling van biosfeerreservate, op sigself baie min sal bereik. Die uitdaging is om die geleentheid en status wat biosfeerreservate bied op ‘n innoverende en strategiese manier te benut ten einde ‘n gees van samewerking tussen belanghebbendes (insluitend privaat-grondeienaars, inter- en intra-regering, geneemskappe, ens.) te

Saldanha

Kaapstad

Kaapse Weskus Biosfeerreservaat

Voorgestelde CederbergBiosfeerreservaat

Voorgestelde Boland Biosfeerreservaat

Kogelberg Biosphere Reserve

Kaap Agulhas

George

VOORGESTELDE TOEKOMSTIGEBIOSFEERRESERVAAT

MosselbaaiPlettenbergbaai

Uniondale

KERNBEWARINGSGEBIED

OORGANGSGEBIEDE

FYNBOSBIOOM

NETWERK VAN GROEPBIOSFEERRESERVATENETWERK VAN GROEPBIOSFEERRESERVATE

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

17

bevorder. Sodanige samewerking is ‘n voorvereiste om tasbare positiewe resultate in die bevordering van volhoubare ontwikkeling te behaal. 7.1.2 BIOSFEERRESERVAATVOORSTEL VIR DIE ODM Ná oorweging van UNESCO se kriteria vir die nominasie van biosfeerreservate, asook die sleuteleienskappe van die ODM, is dit duidelik dat daar voldoende bewys bestaan dat 'n biosfeerreservaat in die ODM geskep kan en behoort te word. So 'n insiatief sal praktiese beslag gee aan die Provinsiale Regering se beleid vir die daarstel van biosfeerreservate en sy program vir 'n netwerk van groep-biosfeerreservate, soos geïllustreer deur Plan 3. Daar word dus voorgestel dat 'n program geïnisieer word om ‘n biosfeerreservaat in die ODM te vestig. Sodanige plan moet gebaseer word op Plan 3 en ondersteun word deur gedetailleerde wetenskaplike data uit voortgesette navorsing van, onder meer, STEP, SKEP en CAPE. 8 STELSEL VAN BESKERMDE NATUURGEBIEDE 'n Fundamentele beginsel van biostreekbeplanning is dat biodiversiteitbewaring 'n voorvereiste vir volhoubare ontwikkeling is, en dat biodiversiteitbewaring net sal slaag indien die behoud van omgewingsintegriteit (soos gedefinieer deur ekologiese, ekonomiese en sosiale kriteria) een van die primêre bepalers van biostreekafbakening en grondgebruikbeplanning is. In hierdie verband, ondersteun die PRWK die idee dat 'n stelsel van beskermde gebiede 'n sleutelelement in enige strategie vir die behoud van biodiversiteit en ekosisteemfunksies (bv. die voorsiening van 'n volhoubare afloop van hoë-kwaliteit water) is. Dit is noodsaaklik dat so 'n stelsel ontwerp en bestuur word om die diversiteit van ekologiese prosesse, gemeenskappe, spesies en geenpoele te verteenwoordig en beskerm (Global Biodiversity Strategy, 1992). Die funksies van beskermde natuurgebiede strek verder as die gewone persepsie van die term 'beskerming'. Sulke gebiede is hoogs waardevol, ook buite hul grense, omdat hulle voorsiening maak vir, onder meer, rehabilitasie van gebiede, sinkputte vir voedingstowwe, landskapstabiliteit, en aanvulling van spesies, populasies en gemeenskappe. Die rehabilitasie van ekosisteme en hul funksies moet net so 'n belangrike doelwit van enige stelsel van beskermde natuurgebiede wees as die beskerming daarvan. Die oogmerk is om die daarstel van 'n stelsel van beskermde natuurgebiede te fasiliteer. Dié stelsel moet rondom kernreservate ontstaan en aaneengeskakel wees deur 'n netwerk van ekologiese korridors en buffergebiede, waar mense 'n lewenswyse wat onderworpe is aan 'n ooreengekome stelsel van waardes en omgewingsetiek nastreef. Die daarstel en bestuur van so 'n stelsel moet volgens die biostreekbeplanningsbenadering, soos in die Overberg ROR omskryf, geskied. Daar word voorsien dat die statutêr-beskermde gebiede die kerngebiede van die voorgestelde biosfeerreservaat vir die ODM, sal vorm. 8.1 PLAN VIR 'N STELSEL VAN BESKERMDE NATUURGEBIEDE Daar word voorgestel dat 'n program vir die daarstel van 'n stelsel van beskermde natuurgebiede deur die Overberg Distriksmunisipaliteit geïnisieer word. Sodanige stelsel moet die bestaande statutêre bewaringsgebiede (RBK A, B.a en B.b), de facto RBK B.c gebiede (ekologiese korridors), RBK B.d gebiede (rehabilitasie gebiede), en veral die prioriteits-bewaringsgebiede (d.i. hoogs onvervangbare habitatte en breë habitateenhede) soos aangedui op die kaarte van STEP, SKEP en CAPE, insluit.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

18

Daar word voorgestel dat die bewareaprogram wat in Hoofstuk 9 beskryf word, waar toepaslik, geïmplementeer word en dat die Spesiale Bestuursgebied (SBG)-konsep toegepas word om beskermde natuurgebiede op privaatgrond te vestig. 9 BEWAREAS Die Overberg Distrikmunisipaliteit ondersteun die daarstel van bewareas as 'n meganisme, of strategie, om volhoubare grondgebruik oor 'n groep groter grondeenhede te bevorder. Alhoewel bewareas in die algemeen met natuurgebiede geassosieer word, kan dit ook stedelike of ontwikkelde gebiede insluit (in die vorm van 'n 'stedelike bewarea'). Die daarstel van bewareas is 'n vrywillige aksie en bewareas het geen statutêre status nie. 'n Bewarea word breedweg omskryf as 'n groep plase of natuurgebiede waar die eienaars ‘n deel van (of al) hul bronne saamgevoeg het, met die doel om natuurlike hulpbronne op die saamgevoegde eiendomme te bewaar. Dié bronne sluit in wild en hul habitatte, inheemse plantegroei, woude, opvanggebiede, terreine van geologiese en argeologiese belang, en onversteurde natuurlike en mooi landskappe. In bewareas raak die werklike grondeienaars op gemeenskapsvlak by die bewaring van hul hulpbronne betrokke. Die bewareamodel impliseer dus dat die bewaring van hulpbronne in die hande van die mense lê wat regstreeks deur die toestand van daardie bronne geraak word en daarvoor omgee (of behoort om te gee). Verdere motivering vir die stigting van bewareas sluit die volgende in: a) 'n Sleutelvoordeel van die bewareamodel is dat dit kan bydra tot die vestiging van 'n

stelsel van beskermde natuurgebiede (verwys na Hoofstuk 8 hierbo). b) Die bewareamodel word gesien as 'n ekonomies-uitvoerbare meganisme vir die

bewaring van natuurlike hulpbronne op privaateiendom en die bevordering van geïntegreerde grondbestuur op 'n breë skaal. Die daarstel van 'n bewarea verbeter die status en verskeidenheid van natuurlewe, asook ander natuurlike hulpbronne in 'n gebied, deur middel van gevestigde bewaringsbestuurbeginsels. 'n Bewarea kan statutêre bewaringsgebiede en ander vorme van beskermde grond insluit.

c) Bewareas kan as die boublokke dien en 'die tafel dek' vir samehangende en konstruktiewe insluiting van geskikte privaateiendom in 'n biosfeerreservaat. Dit maak ook voorsiening vir die rehabilitasie van sulke grond tot 'n vlak waar dit 'n betekenisvolle rol kan speel ten opsigte van al drie die funksies van 'n biosfeerreservaat, soos in die Seville Strategie vir biosfeerreservate in die vooruitsig gestel is.

d) Bewareas kan dien as 'n raamwerk vir kollektiewe besluitneming aangaande, onder andere, hersoneringsaansoeke, die digtheid en aard van voorgestelde ontwikkeling, en die plasing van potensieel nadelige infrastruktuur en fasiliteite (bv. vullis-stortingsterreine, paaie, elektrisiteitnetwerke, ens.).

e) 'n Gesamentlike poging wat oor die grense van individuele plase strek, sal verseker dat groter gebiede onder bewaringsbestuur val. Dit strook met die biostreekbeplanningskonsep wat holistiese omgewingsbeplanning bevorder.

f) Danksy die groter omvang van 'n bewarea, kan dit 'n groter verskeidenheid natuurlike habita tte beskerm, en geïntegreerde omgewingsbestuurspraktyke op 'n breër skaal bevorder.

g) 'n Koöperatiewe bewareabenadering bied 'n breër en meer lewensvatbare basis vir ekonomiese voordele vir eienaars in die bewarea deur onder meer geïntegreerde ekotoerisme, die oes van fynbos, en jag.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

19

h) Die bewareamodel bevorder die doeltreffende toepassing van bewarings-doelwitte op grond wat vir landbou marginaal is, en behou sodoende die status van groot ongeskonde gebiede, of bevorder die rehabilitasie van vernielde gebiede tot ‘n ongeskonde toestand.

Ten einde ‘n bewarea optimaal doeltreffend te laat funksioneer as ‘n biostreekbeplannings- en bestuursmeganisme, is dit noodsaaklik dat bewareas volgens die afbakeningskriteria wat vir biostreke voorgestel is (verwys na Hoofstuk 5 hierbo) en, meer spesifiek, vir buurtgebiede as sleutelkomponente van die biostreek, afgebaken word. 10 SPESIALE BESTUURSGEBIED 'n Primêre oorhoofse doelwit van die Overberg Distriksmunisipaliteit is om die algemene status en volhoubaarheid van die natuurlike, asook die mensgemaakte omgewing, deur die hele ODM te verbeter. In dié opsig, is die oogmerk om positiewe presedente deur die implementering van innoverende meganismes of strategieë te skep. In dié verband word die daarstel van 'n Spesiale Bestuursgebied (SBG) deur die ODM as 'n uiters belangrike meganisme vir grondeienaars, owerhede, beplanners en ontwikkelaars beskou. 'n SBG word beskryf as ''n gebied van voortreflikheid en goeie praktyk', waar die etos van volhoubare ontwikkeling in die praktyk toegepas word. 'n SBG word verder beskryf as 'n kadastrale eenheid wat formeel erken en bestuur word as 'n gebied waar omgewingsvolhoubaarheid in die praktyk volgens internasionale standaarde vir omgewingsvolhoubaarheid bevorder word. Die daarstel van 'n SBG kan as 'n goedkeuringsvoorwaarde vir die toekenning van nuwe of addisionele grondgebruikregte of hersonering vereis word. As sulks, kan 'n SBG dien as 'n lewensvatbare meganisme om langtermyn-omgewingsvolhoubaarheid op die betrokke eiendom te verseker, en dus 'n positiewe presedent te skep soos wat deur die PRWK bevorder word. In 'n SBG sal die grondeienaar die omgewing en sy hulpbronne bestuur volgens 'n Omgewingsbestuurstelsel (OBS) of 'n Omgewingsbestuursplan (OBP) wat aan internasiona le standaarde vir omgewingsbestuur voldoen (bv. ISO914001). 'n Belangrike aspek van die daarstel van 'n SBG is dat daar van die grondeienaar verwag sal word om 'n trustfonds te skep wat moet verseker dat die nodige finansiële hulpbronne vir doeltreffende langtermynbestuur van die SBG beskikbaar is. Die volhoubaarheid van die trustfonds kan verseker word deur voorsiening te maak vir die toevoeging van fondse oor tyd. In die geval van 'n behuisingsontwikkeling, kan daar, byvoorbeeld voorsiening gemaak word vir die toevoeging van 'n persentasie van die verkoopprys van grond tot die fonds wanneer eiendomsreg oorgedra word. Verder kan 'n persentasie van die totale inkomste-omset van die onderneming in die SBG, in die trustfonds gestort word.

9 ISO (International Organisation for Standardisation) is 'n wêreldwye federasie van nasionale instansies

vir standaarde (ISO lid-instansies).

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

20

OPSOMMING EN GEBRUIKSHANDLEIDING VIR AFDELING E VAN DIE ROR Afdeling E sluit die volgende in: a) 'n Opsomming van die sleutelkwessies wat gespruit het uit die ROR beplanningsproses, die

onderskeie GOP'e (ODM en Kategorie B Munisipaliteite), en die kaarte en databasis wat deur, onder meer, STEP, SKEP en CAPE opgestel is. Hierdie sleutelkwessies is gekategoriseer om samehangende beplanning moontlik te maak. Diagram 5 illustreer die verskillende sleutelkategorieë.

b) Tabelle wat die volgende aspekte aangaande elke sleutelkwessie beskryf: (i) Doelstellings. (ii) Strategieë en projekte. (Onderskeid is gemaak tussen strategieë wat ruimtelike implikasies

het {Groep 1 Strategieë} en strategieë wat geen ruimtelike implikasies het nie {Groep 2 Strategieë})

(iii) Instansies verantwoordelik vir die implementering van die strategieë. c) 'n 'Inventaris-hoofstuk' wat illustreer hoe die sleutelkwessies in die ROR aangespreek is. 'n

Primêre voordeel van hierdie 'inventaris-hoofstukke' is dat hulle as 'n direkte skakel tussen die GOP'e en die ROR dien, wat dit moontlik maak om die ROR deurlopend op te dateer en aksies op streeksvlak te prioritiseer.

Afdeling E moet saamgelees word met die voorafgaande afdelings van die ROR, veral Afdelings C en D, wat uiters belangrike implementeringstrategieë insluit.

11 FORMULERING VAN STATEGIEË EN IDENTIFISERING VAN PROJEKTE

11.1 INLEIDING 'n Primêre doelwit van die Overberg ROR is om ontwikkelings- en bestuurstrategieë, voorstelle en riglyne voor te skryf wat volhoubare ontwikkeling in die ODM sal bevorder, insluitend, sonder om beperk te wees tot, ontwikkelingsdoelwitte, voorstelle vir grondhervorming, stadshernuwing, heropbou, integrasie, omgewingsbeplanning, vervoerbeplanning, infrastruktuurbeplanning en stadsontwerp, sodat die algemene welsyn van die mense van die gebied op die doeltreffendste wyse bevorder word. Afdeling E van die ROR is opgestel om dié oogmerk aan te spreek. Die doel en struktuur van Afdeling E, asook basiese riglyne vir die toepassing daarvan, word hieronder opgesom.

11.2 SLEUTELKWESSIES EN -KATEGORIEË WAT IN DIE ROR

AANGESPREEK WORD Soos reeds genoem, het 'n verskeidenheid sleutelkwessies voortgespruit uit die ROR beplanningsproses, die GOP'e van die ODM en die Kategorie B Munisipaliteite, asook die kaarte en databasis wat deur, onder meer, STEP, SKEP en CAPE opgestel is. In die ROR is hierdie sleutelkwessies in 5 sleutelkategorieë ingedeel om samehangende beplanning te fasiliteer. Diagram 5 hieronder illustreer die onderskeie sleutelkategorieë.

SLEUTELKATEGORIEË

NATUURLIKE OMGEWING

EKONOMIESE SEKTORE

GEMEENSKAPS-ONTWIKKELING

DISTRIKS-BESTUUR

MENSGEMAAKTE OMGEWING

Diagram 5: Sleutelkategorieë wat in die ROR aangespreek word.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

21

Die sleutelkategorieë, en hoofstukke van die ROR waarin dit aangespreek word, word in Tabel 3 hieronder opgesom. Tabel 3: Die sleutelkategorieë en verwante hoofstukke van die ROR.

HOOFSTUK SLEUTELKATEGORIE

24 NATUURLIKE OMGEWING:

24.1 Ander Beskermde Natuurgebiede

24.2 Natuurlike Hulpbronne a) Klippe, grond en minerale

b) Water

c) Flora

d) Fauna

25 MENSGEMAAKTE OMGEWING:

25.1 Kulturele Hulpbronne

25.2 Landelike Ontwikkeling

25.3 Stedelike Ontwikkeling 26 EKONOMIESE SEKTORE:

26.1 Toerisme 26.2 Landbou

26.3 Bosbou 26.4 Visbedryf

26.5 Vervaardiging 27 GEMEENSKAPSONTWIKKELING: 28 DISTRIKSBESTUUR:

28.1 Rampbestuur 28.2 Biostreekbestuur 28.3 Ruimtelike Beplanning Inligtingstelsel 28.4 Prestasiebestuur 28.5 Buurtgebiedbeplanning en –bestuur 28.6 Ontwikkelingsfasilitering en –funksionering

11.2.1 SLEUTELASPEKTE VOORTSPRUITEND UIT DIE GOP-PROSES ‘n Primêre vereiste is dat die ROR alle sleutelkwessies wat gedurende die Overberg GOP-proses geïdentifiseer is, moet aanspreek. 'n Totaal van 22 sleutelaspekte is geïdentifiseer en word in Tabel 4 hieronder gelys. Die tabel dui ook aan in watter hoofstuk van die ROR die onderskeie aspekte aangespreek is en watter strategieë vir elke aspek voorgestel is. Dit is belangrik om kennis te neem dat van hierdie aspekte nie in spesifieke terme aangespreek is nie, maar dat breë riglyne verskaf word wat daardie aspekte saam met ander soortgelyke aspekte of kategorieë aanspreek.

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

22

Tabel 4: Sleutelaspekte vanuit die GOP-proses. NO ASPEKTE VERWANTE HOOFSTUKKE & STRATEGIEË

1 Voorsiening van water Hoofstuk 24.4, Strategie 24.4-02 and 24.2-20 to 24.4-24

2 Voorsiening van huise aan informele nedersettings Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-05

3 Voorsiening en behoorlike onderhoud van paaie Hoofstuk 25.2, Strategie 25.2-01;

Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-18 and 25.3-19

4 Lughawe en vliegvelde Hoofstuk 25.3, Strategie 21.3-20

5 Opgradering van hawens en bootsleephellings Hoofstuk 26.4, Strategie 26.4-01 and 26.4-02

6 Brandbestryding & rampbestuur Hoofstuk 28.2, Strategie 28.2-11

7 Geïntegreerde vervoerplan Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-08

8 Geïntegreerde afvalbestuur Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-23 and 25.3-24

9 Vullis herwinning Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-25

10 Elektrisiteitsvoorsiening Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-26 and 25.3-27

11 Voorsien ‘n streekskrematorium Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-07

12 Strategie vir streeksontwikkeling & inter-sektor

samewerking

Hoofstuk 28.1, Strategie 28.1-01 to 28.1-05

13 Gemeenskapsgesondheidsprogram Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-08, 27.1-12 and 27.1-14

14 Menslike ontwikkelingstrategie Hoofstuk 26.1, Strategie 26.1-11 to 26.1-15

Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-01 and 27.1-14

15 Bevorder omgewingsgesondheid Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-12 and 27.1-32

16 Volhoubare omgewingsbestuur Hoofstuk 24.1, Strategie 24.1-15 to 24.1-18

Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-16 and 27.1-21

17 Bestuur indringerplante Hoofstuk 24.3, Strategie 24.3-05 and 24.3-06

Hoofstuk 24.5, Strategie 24.5-08

18 Doeltreffende toepassing van omgewingswetgewing Hoofstuk 24.1, Strategie; 24.1-05

Hoofstuk 24.6, Strategie 24.6-13

Hoofstuk 26.2, Strategie 26.2-13

Hoofstuk 26.4, Strategie 26.4-06

19 Omgewingsrehabilitasie Hoofstuk 24.3, Strategie 24.3-04 and 24.3-12

Hoofstuk 25.3, Strategie 25.3-16

Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-25

20 Saamstelling van ‘n Ekonomiese

Ontwikkelingsraamwerk vir die streek

Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-16

21 Opleiding en bemagtiging om ekonomiese en menslike

ontwikkeling te bevorder

Hoofstuk 27.1, Strategie 27.1-02, 27.1-03 and 27.1-14

22 Misdaadvoorkoming & landelike beveiliging Chapter 27.1, Strategie 27.1-10 and 27.1-11

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

23

11.3 TIPES STRATEGIEË EN PROJEKTE Alhoewel 'n ROR, per definisie, hoofsaaklik die ruimtelike implikasies van die GOP moet aanspreek, word dit erken dat holistiese regering en bestuur van enige gebied (soos wat vir die ODM in die vooruitsig gestel word) ook die implementering van strategieë wat geen ruimtelike implikasies het nie, vereis. Die sleutelkwessies en voorgestelde strategieë en projekte wat in Afdeling E van die ROR aangespreek is, is gevolglik in twee afsonderlike groepe ingedeel, naamlik: a) Groep 1: Kwessies / Strategieë met Ruimtelike Implikasies

(Die meeste van Groep 1 se strategieë is omgesit in GIS kartering, wat gelei het tot die opstel van sektorale planne).

b) Groep 2: Kwessies met Geen Ruimtelike Implikasies (Alhoewel die Groep 2 kwessies nie ruimtelike implikasies sal hê nie, kan dit egter 'n impak op volhoubare ontwikkeling hê, en is dus in hierdie afdeling aangespreek).

Die insluiting van die Groep 2 strategieë impliseer dat die ROR ook as 'n bestuursraamwerk vir die ODM kan dien. 12 IMPLEMENTERING VAN DIE ROR Die Overberg Distriksmunisipaliteit beskou sy ROR as die eerste stap in die implementering van holistiese en geïntegreerde streekbeplanning en -bestuur regdeur die ODM. In hierdie verband glo die munisipaliteit dat die ROR die ideal van volhoubare ontwikkeling deur die strategieë en programme wat in die dokument voorgestel is, sal bevorder. Daar word erken dat die ROR nie voltooi of finaal is nie. Dit bied egter die geleentheid vir alle belanghebbendes om te help met die voorbereiding van 'n model ontwikkelings- en bestuursraamwerk wat oor tyd 'n volhoubare toekoms vir al die mense van die ODM sal verseker. Die munisipaliteit erken verder dat die ROR nie self die oplossing is nie, en dat die uiteindelike sukses van die ROR van 'n reeks faktore afhang, met spesifieke verwysing na die volgende: 12.1 BETROKKENHEID EN BEMAGTIGING VAN BELANGHEBBENDES Die uitdaging om plekke te skep waar die mense van die ODM met waardigheid en trots kan bestaan en dié plekke op 'n manier te bestuur wat langtermyn omgewings-volhoubaarheid sal verseker, word in die ROR aangespreek. In dié verband moet die GOP'e, ROR'e en ROP'e die wense van die ODM se mense aangaande die tipe plekke waar hulle wil woon en die tipe toekoms waarna hulle strewe, weerspieël. Ten einde bogenoemde te behaal, is die betrokkenheid en samewerking van al die belanghebbendes van uiterse belang, aangesien hulle in wese die 'onderhouers' van hulle omgewing(s) is. In dié opsig is dit dus noodsaaklik dat al die belanghebbendes in staat gestel moet word om op 'n betekenisvolle manier deel te neem aan die beplanning en bestuur van die gebiede waar hulle woon. Die Distriksmunisipaliteit glo dat die implementering van buurtgebiedbeplanning, as 'n aanvulling tot die munisipale wykstelsel, dié strategie is waardeur bogenoemde bereik kan word. Verder is die doeltreffende implementering van hierdie dokument afhanklik van 'n begrip en waardering van die behoefte aan geïntegreerde vooruitbeplanning en geïntegreerde

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

24

omgewingsbestuur. 'Onkunde en onvoldoende kennis' is geïdentifiseer as fundamentele sleutelkwessies wat die betrokkenheid en samewerking van belanghebbendes beïnvloed. Ten einde 'n toepaslike begrip van die omgewing as ons 'tuiste' te bevorder, word die volgende strategieë voorgestel: a) Alle ROR'e en ROP'e wat vir gebiede binne die ODM opgestel is, moet erkenning

en uitvoering gee aan die behoefte om bogenoemde begrip te ontwikkeling. b) Die Overberg Distriksmunisipaliteit en die Kategorie B Munisipaliteite moet die

voorsiening van hoë-kwaliteit ruimtelike data en die verklaring daarvan aan grondbestuurders fasiliteer. Die doel hiervan is om by te dra tot objektiewe besluitneming en aanpasbare bestuur, en om inligting en kennis aangaande die streek se natuurlike hulpbronne wyd beskikbaar of toeganklik te maak.

c) Implementeer en onderhou opvoedingsprogramme rakende die delikate verwantskappe tussen plekke (omgewings) en hulle inwoners, terwyl daar gefokus word op die verantwoordelikheid van elke inwoner ten opsigte van die beskerming van die vermoë van sulke plekke om lewe te onderhou.

d) Moedig opvoedingsinstansies (bv. skole) aan om toepaslike omgewingstudies in hul leerplanne in te sluit.

e) Ontwikkel en bied verpligte omgewingskursusse aan vir alle munisipale amptenare wat betrokke is by grondgebruikbestuur en ontwikkeling.

f) Ontwikkel 'n stelsel van waardes en bevorder erkenning en begrip daarvan. Bevorder erkenning van hierdie waardes in alle besluitneming aangaande grondgebruik en -bestuur.

12.2 SAMEWERKING 'n Sleutelfunksie van die Overberg Distriksmunisipaliteit sal wees om 'n program te inisieer en te handhaaf wat die voornemens en toepassings van die ROR aan alle belanghebbendes sal verduidelik, en om die implementering van die voorstelle en aanbevelings wat in die ROR voorgelê is deur middel van die ROR'e van die onderskeie Plaaslike Munisipaliteite, te fasiliteer. 12.2.1 PLAASLIKE MUNISIPALITEITE Soos reeds genoem, het die ODM biostreekbeplanning en -bestuur as 'n basis vir die implementering van sy ROR aanvaar. Dít impliseer dat....’die owerheid en gemeenskappe, korporatiewe en individuele instansies die verantwoordelikheid deel vir die koördinering van grondgebruikbeplanning en die formulering en implementering van ontwikkelingsopsies wat sal verseker dat die mense se behoeftes op 'n volhoubare manier bevredig word. Dít noodsaak innoverende vorme van institusionele integrasie en sosiale samewerking, dialoog tussen alle geïntereseerde partye, deelnemende beplanning en institusionele buigsaamheid’. Die implementering van die Overberg ROR is die verantwoordelikheid van verskeie instansies, vanaf die nasionale vlak tot op die plaaslike vlak. Soos reeds genoem, is oor-sektorale en oor-institusionele samewerking van uiterste belang, gegewe dat die geïdentifiseerde sleutelkwessies op omtrent elke regerings- en nie-regerings instansie van toepassing is. 'n Sleuteldoelwit van die ROR is om doeltreffende omgewingsbeplanning en -bestuur van die ODM te verseker. Omgewingswetgewing onderskryf die geïntegreerde bestuur van 'n gebied, met die voorkoming van omgewingsdegradasie en die rehabilitasie van bestaande omgewingskade as die primêre doelstellings. In dié opsig, is inter-institusionele

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

25

samewerking en integrasie van omgewingsbestuurfunksies belangrik vir die skryf en implementering van beleid en om geïntegreerde en holistiese omgewingsbestuur te bewerkstellig. Dit is die funksie van die Overberg Distriksmunisipaliteit om die vereiste samewerking en koördinasie tussen die onderskeie Kategorie B Munisipaliteite vir die beplanning en bestuur van hul jurisdiksiegebiede te fasiliteer, en toe te sien dat sodanige beplanning volgens 'n standaardformaat, naamlik die biostreekbeplanningsbenadering, geskied. Munisipaliteit word egter toegelaat om die standaardformaat op ‘n manier wat innoverend is en die plek-spesifieke eienskappe van elke munisipaliteit inkorporeer, te interpreteer en toe te pas. In dié opsig, bied die ROR die volgende standaardbeplanningsbasis wat nou deur die ROR'e van die Kategorie B Munisipaliteite verfyn en geïmplementeer moet word, naamlik: a) 'n Distrikswye growwe-grein grondgebruikklassifikasie. b) Breedvoerige strategieë en implementeringsriglyne. Dit is noodsaaklik dat elke munisipaliteit sy verpligting en verbintenis in die bogenoemde verband vervul en bydra tot die welstand van die ODM as 'n geheel. 'n Primêre vereiste is dat noue samewerking bewerkstellig word tussen die onderskeie munisipaliteite ten opsigte van die gesamentlike bestuur van die gebiede van samewerking geïllustreer deur Plan 1.1 en Plan 1.2. Ten einde die nodige samewerking te verseker, is dit belangrik dat die betrokke Plaaslike Munisipaliteite sal bou op die strategieë wat in die ROR voorgeskryf is. 12.2.2 STAATSDEPARTEMENTE Daar word van regeringsdepartemente verwag om die beleid en strategieë wat in hierdie ROR voorgeskryf word, na te kom en om doeltreffende administrasie van hulle onderskeie sfere van verantwoordelikheid te handhaaf. Institusionele verbintenis tot doeltreffende administrasie en implementering is noodsaaklik. In dié opsig word verwys na, onder meer, die toewysing van toepaslike begrotings as 'n primêre vereiste. 12.2.3 NIE-REGERINGSORGANISASIES 'n Belangrike vereiste is dat dat die aksies van NRO's soos STEP, SKEP, CAPE, Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad (WKNBR) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) rakende die bewaring van die natuurlike omgewing, asook enige gemeenskapsprogramme, behoorlik gekoördineer en gekanaliseer, of aan die GOP-proses as die statutêre meganisme vir die implementering van sulke inisiatiewe, verbind moet word. Alle aksies in hierdie verband is onderhewig aan die goedkeuring of endossering van die betrokke munisipaliteit en moet in noue samewerking met daardie munisipaliteit onderneem word. In dié opsig, is dit belangrik dat NRO's hierdie dokument ten volle gebruik as 'n raamwerk vir die implementering van hulle strategieë en aksieplanne en dat sulke strategieë en aksieplanne volgens die biostreekbeplannings- en bestuursbenadering geïmplementeer word. 12.2.4 GEMEENSKAPPE Die betrokkenheid van die mense van die ODM word beskou as 'n sleutelvereiste vir die implementering van die ROR. Daar word van die gemeenskappe verwag om, onder meer, bepaalde ooreengekome waardes en omgewingsetiek te ontwikkel en te vestig, en om die

Bestuursopsomming: Overberg Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk Maart 2004

Overberg Distriksmunisipaliteit Dennis Moss Vennootskap Ing.

26

implementering van die strategieë wat in hierdie dokument voorgestel is, 'op die grondvlak' te help fasiliteer. Ten einde die gemeenskappe in staat te stel om konstruktief in bogenoemde verband te kan bydra, is dit noodsaaklik dat hulle toepaslik bemagtig word en dat die strukture geskep word wat entoesiastiese deelname sal aanmoedig. In dié opsig, is dit noodsaaklik dat dringende aandag gegee word aan die implementering van bemagtigingstrategieë soos voorgeskryf in die sleutelkategorie, Gemeenskapsontwikkeling, en dat buurtgebied-beplanning en -bestuur deur die ROR'e van die Plaaslike Munisipaliteit geïmplementeer word. 12.3 NAVORSING EN MONITERING Dit is belangrik dat hierdie dokument periodiek opgedateer word om voorsiening te maak vir nuwe inligting, beter tegnologie en veranderende omgewings- en menslike behoeftes. Dit is dus belangrik dat behoefte-gedrewe navorsing en deurlopende monitering op 'n samehangende manier gedoen word. In dié opsig, is die navorsing wat, onder meer, deur STEP, SKEP, CAPE, die Departement van Waterwese en Bosbou, SANParke en WKNBR gedoen word, van groot belang. Dit is noodsaaklik dat huidige en toeskomstige navorsingsprojekte doeltreffend gekoördineer word ten einde duplikasie te voorkom en die geïdentifseerde navorsingsvereistes van die ODM aan te spreek. Dit is verder belangrik dat alle nuwe inligting ingevoer word in die Ruimtelike Beplannings Inligtingstelsel van die Distriksmunisipaliteit wat gekoppel behoort te word aan soortgelyke stelsels van die onderskeie Plaaslike Munisipaliteite. Dit sal die periodieke opdatering van die ROR-planne ondersteun en sal ook tot voordeel van die Plaaslike Munisipaliteite wees. 'n Verdere sleutelvereiste is dat deeglike navorsing en/of opnames gedoen moet word om plek-spesifieke inhoud en beslag te gee aan die beginsels van kritiese regionalisme wat 'n raamwerk verskaf vir stedelike of landelike ontwikkeling regdeur die ODM (verwys na Par. 21.2.1 in die ROR). Dít moet geskied deur die ROR'e van die Plaaslike Munisipaliteite en ROP'e wat vir spesifieke gebiede of plekke voorberei word. Daar word van owerhede en ontwerpers verwag om die beginsels van kritiese regionalisme te verstaan en 'n kreatiewe rol te vervul in die restourasie van die bestaande mensgemaakte omgewing en die ontwikkeling van hoë-kwaliteit plekke volgens hierdie beginsels. In dié opsig is dit noodsaaklik dat die Overberg Distriksmunisipaliteit en die onderskeie Kategorie B Munisipaliteite die koers moet aandui deur die institusionele kapasiteit te ontwikkel om die beginsels van kritiese regionalisme toe te pas. UITVOERENDE BURGEMEESTER OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT HOOF UITVOERENDE BEAMPTE OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT