wiskunde graad 5...graad 5 vermenigvuldiging,verhouding en koers dag 2 klasaktiwiteit: voltooi die...

16
AOO DIREKTORAAT Bladsy 1 van 16 Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers ONDERWERP: VERMENIGVULDIGING, VERHOUDING EN KOERS DAG 1 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk. Hoofrekene: 1. Voltooi die volgende oefening in jou skryfboek. Skryf slegs antwoorde neer. 30 × 8 = 30 × 5 = 90 x 10 = 20 × 9 = 80 × 8 = 60 x 6 = 80 × 6 = 20 × 7 = 50 x 5 = 90 × 7 = 20 × 4 = 50 x 50 = 30 × 2 = 90 × 2 = 80 x 9 = 20 × 6 = 90 x 20 = 60 x 40 = Vermenigvuldig 3-syfergetalle met 1-syfer getalle. Bestudeer die volgende voorbeeld. 2. Gebruik die metode hierbo om jou berekeninge te toon en doen die volgende in jou skryfboek (a) 563 × 7 (b) 6 × 378 (c) 7 × 493 (d) 908 × 8 Kyk die volgende video (3-syfer x 1-syfer) as jy nog nie die metode so lekker verstaan nie. Kliek op video prentjie (ikoon) TUISWERK: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk. 3. Een hotel het 238 kamers. Hoeveel kamers is daar in 7 sulke hotelle? 4. Jane moet 4 keer op ‘n dag vir 8 twee week oue bababokkies 375 ml melk elk gee. Hoeveel melk het sy elke dag nodig? Gee jou antwoord in milliliter. 5. ‘n Sakkie uie weeg 875 g. Bereken die totale massa van 8 sakkies uie. Gee jou antwoord in kilogram. WISKUNDE GRAAD 5 Breek die eerste getal op

Upload: others

Post on 09-Oct-2020

21 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 1 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

ONDERWERP: VERMENIGVULDIGING, VERHOUDING EN KOERS

DAG 1

KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die

memorandum om jou werk te merk.

Hoofrekene:

1. Voltooi die volgende oefening in jou skryfboek. Skryf slegs antwoorde neer.

30 × 8 = 30 × 5 = 90 x 10 =

20 × 9 = 80 × 8 = 60 x 6 =

80 × 6 = 20 × 7 = 50 x 5 =

90 × 7 = 20 × 4 = 50 x 50 =

30 × 2 = 90 × 2 = 80 x 9 =

20 × 6 = 90 x 20 = 60 x 40 =

Vermenigvuldig 3-syfergetalle met 1-syfer getalle. Bestudeer die volgende voorbeeld.

2. Gebruik die metode hierbo om jou berekeninge te toon en doen die volgende in jou skryfboek

(a) 563 × 7 (b) 6 × 378

(c) 7 × 493 (d) 908 × 8

Kyk die volgende video (3-syfer x 1-syfer) as jy nog nie die metode so lekker verstaan nie.

Kliek op video prentjie (ikoon)

TUISWERK: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om

jou werk te merk. 3. Een hotel het 238 kamers. Hoeveel kamers is daar in 7 sulke hotelle?

4. Jane moet 4 keer op ‘n dag vir 8 twee week oue bababokkies 375 ml melk elk gee.

Hoeveel melk het sy elke dag nodig? Gee jou antwoord in milliliter.

5. ‘n Sakkie uie weeg 875 g. Bereken die totale massa van 8 sakkies uie. Gee jou antwoord in

kilogram.

WISKUNDE GRAAD 5

Breek die eerste getal

op

Page 2: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 2 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

MEMORANDUM: KLASWERK

1.

30 × 8 = 240 30 × 5 = 150 90 x 10 = 900

20 × 9 =180 80 × 8 = 640 60 x 6 = 360

80 × 6 = 480 20 × 7 = 140 50 x 5 = 250

90 × 7 = 630 20 × 4 = 80 50 x 50 = 2 500

30 × 2 = 60 90 × 2 = 180 80 x 9 = 720

20 × 6 = 120 90 x 20 = 1 800 60 x 40 = 2

2. (a) 563 × 7 = 500 x 7 + 60 x 7 + 3 x 7

= 3 500 + 420 + 21

= 3 000 + 500 +400 + 20 + 20 + 1

= 3 941

(b) 6 × 378 = 6 x 300 + 6 x 70 + 6 x 8

= 1 800 + 420 + 48

=1 000 + 800 + 400 +20 + 40 + 8

= 2 200 +60 + 8

= 2 268

(c) 7 × 493 = 7 x 400 + 7 x 90 + 7 x 3

= 2 800 +630 + 63

= 2 000 + 800 + 600 + 30 + 60 + 3

= 3 493

(d) 908 × 8 = 900 x 8 + 8 x 8

= 7 200 + 64

= 7 000 + 200 + 60 + 4

= 7 264

MEMORANDUM: TUISWERK

3. Aantal kamers : 238 x 7 = 1 666

4. Hoeveelheid melk: 4 x 8 x 375 = 12 000 ml

5. Massa: 875 x 8 = 7 000 g = 7 kg

Page 3: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 3 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

DAG 2

KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die

memorandum om jou werk te merk.

Hoofrekene :

1. Voltooi die volgende oefening in jou skryfboek. Skryf slegs antwoorde neer.

30 × 80 = 30 × 20 = 80 × 800 =

20 × 90 = 30 × 50 = 90 × 200 =

80 × 60 = 20 × 7= 90 × 50 =

90 × 70 = 80 × 10 = 90 x 500 =

30 × 10 = 90 × 80 = 80 x 70 =

20 × 40 = 20 × 600 = 90 x 100 =

Vandag gaan ons leer hoe om ‘n 3-syfer getal met ‘n 2-syfer getal te vermenigvuldig

Bestudeer die volgende voorbeeld Voorbeeld: 143 x 24 = 3 432

1 4 3

x 2 4

1 2 4 x 3

1 6 0 4 x 40

4 0 0 4 x 100

6 0 20 x 3

8 0 0 20 x 40

2 0 0 0 20 x 100

3 4 3 2

2. Gebruik die metode hierbo om jou berekeninge te toon en doen die volgende in jou skryfboek.

(a) 384 × 76 (b) 34 × 328

Kyk die volgende video (3-syfer x 2-syfer_vertikale kolommetode) as jy nog nie die metode so

lekker verstaan nie.

Kliek op video prentjie (ikoon)

TUISWERK: Doen aktiwiteit in jou Wiskunde skryfboek.

Gebruik die memorandum om jou werk te merk.

As jy die metode goed onder die knie wil kry,

doen die volgende aktiwiteit in jou DBO werk: Oefening 44a bl 129 nr 3a en 3b.

Gebruik die metode soos voorbeeld 2

Page 4: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 4 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

MEMORANDUM: KLASWERK

30 × 80 = 2 400 30 × 20 = 600 80 × 800 = 64 000

20 × 90 = 1 800 30 × 50 = 1 500 90 × 200 = 18 000

80 × 60 = 4 800 20 × 7 = 140 90 × 50 = 4 500

90 × 70 = 6 300 80 × 10 = 800 90 x 500 = 45 000

30 × 10 = 300 90 × 80 = 7200 80 x 70 = 5 600

20 × 40 = 800 20 × 600 = 12 000 90 x 100 = 9 000

2a. 384 × 76 = 29 184

3 8 4

x 7 6

2 4 6 x 4

4 8 0 6 x 80

1 8 0 0 6 x 300

2 8 0 70 x 4

5 6 0 0 70 x 80

2 1 0 0 0 70 x 300

2 9 1 8 4

2b. 34 × 328 = 11 152

3 2 8

3 4

3 2 4 x 8

8 0 4 x 20

1 2 0 0 4 x 300

2 4 0 30 x 8

6 0 0 30 x 20

9 0 0 0 30 x 300

1 1 1 5 2

Page 5: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 5 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

TUISWERK: MEMORANDUM - DBO werkboek Oef 44a bl 129 3a. 168 x 34 = 5 712

1 6 8

3 4

3 2 4 x 8

2 4 0 4 x 60

4 0 0 4 x 100

2 4 0 30 x 8

1 8 0 0 30 x 60

3 0 0 0 30 x 100

5 7 1 2 3b. 219 x 49 = 10 731

2 1 9

4 9

8 1 9 x 9

9 0 9 x 10

1 8 0 0 9 x 200

3 6 0 40 x 9

4 0 0 40 x 10

8 0 0 0 40 x 200

1 0 7 3 1

Page 6: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 6 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

DAG 3

KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die

memorandum om jou werk te merk.

Hoofrekene :

1. Voltooi die volgende oefening in jou skryfboek. Skryf slegs antwoorde neer

30 × 80 = 800 × 70 = 20 × 700 =

200 × 90 = 90 × 800 = 900 × 100=

80 × 60 = 30 × 200 = 800× 100 =

90 × 70 = 30 × 500 = 900 × 50 =

30 × 100 = 20 × 600 = 90 × 200 =

20 × 400 = 80 × 800 =

Vandag gaan ons ‘n ander metode gebruik om ‘n 3-syfer getal met ‘n 2-syfer getal te

vermenigvuldig. Hierdie metode word boksmetode of area model om berekeninge te

toon, genoem.

Kyk na die volgende voorbeeld

143 x 24 = 3 432

x 100 40 3 Tel ry se getalle op

20 2 000 800 60 2 860 (2000 + 800 + 60)

4 400 160 12 572 (400 + 160 +12)

2 400 960 72 3 432 (2 400 +960 + 72)

2. Gebruik die metode hierbo om jou berekeninge te toon en doen die volgende in jou skryfboek.

(a) 324 × 23 (b) 415 x 36

Ons breek

143 en 24 op

Page 7: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 7 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

Kyk die volgende video (3-syfer x 2-syfer area model) as jy nog nie die metode so lekker verstaan

nie.

Kliek op video prentjie (ikoon)

TUISWERK:

1. As jy die metode goed onder die knie wil kry,

doen die volgende aktiwiteit in jou DBO werkboek: Oefening 49 bl 140

nr 1a en 1b. Gebruik tabelmetode (word ook boksmetode of

area model genoem)

2. Kaartjies vir ’n konsert word verkoop teen R48 vir volwassenes. Hoeveel geld

word by die deur ingesamel as 467 volwassenes die konsert bywoon?

3. (a) Op ‘n aarbeiplaas is daar 546 aarbeiplantjies in elke ry.

Hoeveel plantjies is daar altesaam in 34 rye?

(b) Op die plaas word ook aarbeikonfyt gekook en in flessies verpak.

Daar word 48 flessies in ‘n boks gepak. Hoeveel flessies is daar in 465 bokse?

MEMORANDUM: KLASWERK 1.

30 × 80 = 2 400 800 × 70 = 56 000 20 × 700 = 14 000

200 × 90 =18 000 90 × 800 = 72 000 900 × 100= 90 000

80 × 60 = 4 800 30 × 200 = 6 000 800× 100 =80 000

90 × 70 = 6 300 30 × 500 =15 000 900 × 50 =45 000

30 × 100 = 3 000 20 × 600 =12 000 90 × 200 =18 000

20 × 400 = 8 000 80 × 800 = 64 000

2a. 324 × 23 = 7 452

x 300 20 4

20 6 000 400 80 6 480

3 900 60 12 972

6 900 460 92 7 452

2b. 415 x 36 = 14 940

x 400 10 5

30 12 000 300 150 12 450

6 2 400 60 30 2 490

14 400 360 180 14 940

Page 8: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 8 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

MEMORANDUM: TUISWERK DBO werkboek Oef 49 bl 140

1a. 578 x 25 = 14 450

1b.967 x 29 = 28 043

2. Bedrag = 467 x R28

= R 13 076

3(a) Aantal plantjies = 546 x 34

=18 564

(b) Aantal flessies = 465 x 48

= 22 320

x 500 70 8

20 10 000 1 400 160 11 560

5 2 500 350 40 2 890

12 500 1 750 200 14 450

x 900 60 7

20 18 000 1 200 140 19 340

9 8 100 540 63 8 703

26 100 1 740 203 28 043

Page 9: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 9 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

DAG 4

KLASAKTIWITEIT: VERHOUDING: kan beskryf word as die vergelyking van twee of

meer hoeveelhede van dieselfde soort.

Lees die volgende gedeelte aandagtig deur :

Wanneer ek my grassnyer gebruik benodig ek brandstof. Ek meng die petrol en olie in

die verhouding 25:1. Wat beteken dit? Dit beteken dat vir elke 25 ml petrol ek wil ingooi,

moet ek 1 ml olie moet byvoeg. So as ek 100ml petrol ingooi, moet ek 4ml olie byvoeg.

Ons lees 25:1 as “25 tot 1”.Ons skryf dit ook as 𝟐𝟓

𝟏

Bestudeer die volgende skets.

(a) Hoeveel blokkies is grys? Daar is 2 grys blokkies.

(b) Hoeveel blokkies is wit? Daar is 3 wit blokkies.

(c) Wat is die verhouding van grys blokkies tot wit blokkies? Verhouding is 2:3 ( 𝟐

𝟑 )

(d) Wat is die verhouding van wit blokkies tot grys blokkies? Verhouding is 3:2 ( 𝟑

𝟐 )

Kliek op die video ikoon om die video (verhouding) te kyk.

`

PETROL

Page 10: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 10 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

Klaswerk: Doen die volgende oefening in jou Wiskunde skryfboek.

Gebruik die memorandum om jou werk te merk.

Kyk mooi na die twee prente hier onder. Prent 2 is

presies dieselfde as Prent 1, net baie groter. Al die

dele is op presies dieselfde manier groter geteken.

1. ’n Prent van ’n ander huis is ses keer groter

geteken.

(a) As ’n venster in die klein prentjie 5 mm hoog is,

hoe hoog is dit in die groot prent?

(b) As ’n deur in die groot prent 120 mm hoog is, hoe hoog is dit in die klein prentjie?

(c) As die huis in die groot prent 192 mm hoog is, hoe hoog is dit in die klein prentjie?

2. Isak gee 12 treë elke minuut terwyl hy stap en Benjamin gee 20 treë.

(a) Wat is die verhouding tussen die getal treë wat hulle in een minuut gee?

(b) Hoeveel treë gee Benjamin wanneer Isak 6 treë gee?

(c) Hoeveel treë gee Isak wanneer Benjamin 30 treë gee?

3.

a. Hoeveel perskes sien jy?

b. Hoeveel piesangs sien jy?

c. Wat is die verhouding van die piesangs tot die perskes?

d. Wat is die verhouding van die perskes tot die piesangs?

e. Wat is die verhouding van die perskes tot al die vrugte?

Page 11: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 11 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

TUISWERK: Voltooi die aktiwiteit in jou skryfboek. Gebruik die memorandum om jou

werk te merk.

1. Bestudeer die prentjie van die blomme en beantwoord die vrae:

a. Hoeveel pienk blommetjies tel jy?

b. Hoeveel geel blommetjies tel jy?

c. Hoeveel pers blommetjies tel jy?

d. Hoeveel wit blommetjies tel jy?

e. Wat is die verhouding van die wit blomme tot die pienk blomme?

f. Wat is die verhouding van die geel blomme tot die pers blomme?

g. Wat is die verhouding van die pienk blomme tot die wit blomme?

h. Wat is die verhouding van die geel blomme tot die al die blomme?

i. Wat is die verhouding van die pers blomme tot al die blomme?

MEMORANDUM: KLASWERK

1(a) 5 mm x 6 = 30 mm

(b) 120 mm ÷6 = 20 mm

(c) 192 mm ÷ 6 = 34 mm

2. (a) 12:20

(b) 10 treë

(c) 18 treë (30 ÷ 5 x 3)of 3

5 𝑣𝑎𝑛 30

3. (a) 2

(b) 3

(c) 3:2

(d) 2:3

(e) 2:5

Wit

Wit

Geel

Geel

Pienk

Pienk Pienk

Pers Pers

Pers

Page 12: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 12 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

MEMORANDUM: TUISWERK

1 (a) 3

(b) 2

(c) 3

(d) 2

(e) 2:3

(f) 2:3

(g) 3:2

(h) 2:10

(i) 3:10

Page 13: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 13 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

KLASAKTIWITEIT

Vandag gaan jy leer van die konsep van KOERS. Koers kan beskryf word as die

vergelyking van twee hoeveelhede van verskillende soort.

VERDUIDELIKING: In die alledaagse lewe kry ons baie met koers te doen. Kyk net na

die prentjies en byskrifte hier onder. Hieronder is 3 foto’s van produkte wat ons in die

winkel kan koop.

Die hoender se prys is R42 per kg. Wat beteken “per kg”? Dit beteken dat een kilogram hoender

R42 kos.

Die Snowflake koekmeel kos R25 vir 2kg. Wat kos een kilogram? R25 ÷ 2= R12,50

Die Weet-Bix kos R36 vir 900 g. Hoeveel kos 100g? R36 ÷ 9= R4

Hoeveel kos 1 kg Weetbix? R4 x 10 = R40

(vermenigvuldig met 10, want 10 x 100 = 1 000. 1000 g = 1 kg)

Hierdie is voorbeelde van koers.

Kliek op die video ikoon om die video (koers) te kyk.

R25

2 kg R42,00

per kg R36,00

DAG 5

Page 14: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 14 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

Klasaktiwiteit: Doen die volgende oefeninge in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die

memorandum om jou werk te merk.

Bestudeer die prentjies hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

1. Hoeveel eiers is daar in een dosyn?

2. Hoeveel kos een dosyn eiers?

3. Hoeveel kos 4 dosyn eiers?

4. Hoeveel kos twee en ‘n half dosyn eiers?

5. Hoeveel kos 2 pakke White Star mieliemeel?

6. Hoeveel kos 10 kg mieliemeel?

7. Wat kos 1kg mieliemeel?

8. Hoeveel kos een liter melk?

9. Hoeveel kos drie liter melk?

10. Hoeveel sal dit kos as jy twee van elke item soos hierbo koop?

11. Hoeveel kleingeld sal jy kry as jy met ses R50 note betaal?

R20

2,5 kg

R18 / 1

2 dosyn

R72,00

6x1 liter

Page 15: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 15 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

TUISWERK: Doen die volgende oefeninge in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik

die memorandum om jou werk te merk.

Gebruik die inligting wat op die onderstaande prentjies verskyn en beantwoord dan die vrae wat

volg.

1. (a) Hoeveel kos een kilogram hoender?

(b) Hoeveel kos 500 g hoender?

(c) Hoeveel sal 10kg hoender kos?

(d) Hoeveel sal 1

2𝑘𝑔 Country Crop kos?

(e) Hoeveel sal jy vir 3kg Nature’s Garden gemengde groente betaal?

(f) Hoeveel sal jy vir 250 g Country Crop betaal?

(f) Hoeveel sal dit kos as jy 2 pakke Country Crop, 4 pakke Nature’s Garden en 3

pakke hoender koop? Hoeveel kleingeld sal jy kry as jy met twee R200 note betaal?

MEMORANDUM: KLASWERK

1. 12 eiers

2. R18 x 2 = R 36

3. R36 x 4 = R144

4. R18 x 5 = R90

5. R20 x 2 = R40

6. R20 x 4 = R80 (2,5kg x 4 = 10kg)

7. R10 (10 kg kos R80, dus 1 kg kos R10)

8. R72 ÷ 6 = R12

9. R12 x 3 = R36

10. (2 x R18) + (2 x R20) + (2 x R72)

= R36 + R40 + R144

= R220

11. Kleingeld = (6 x R50) – R220 = R330 - R220 = R80

R52,00

2kg R28,00

1kg

R26,00

1kg

Page 16: WISKUNDE GRAAD 5...Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers DAG 2 KLASAKTIWITEIT: Voltooi die aktiwiteite in jou Wiskunde skryfboek. Gebruik die memorandum om jou werk te merk

AOO DIREKTORAAT

Bladsy 16 van 16

Graad 5 Vermenigvuldiging,verhouding en koers

MEMORANDUM: TUISWERK

1. (a) R52 ÷ 2 = R26

(b) 500 g = 1

2 kg

As 1 kg = R26

Dan is 1

2 kg = R13 (26 ÷ 2 =13)

(c) R52 x 5 = R260 (d)

1

2 van R28 = (R28 ÷ 2) x 1

= R14

(e) R26 x 3 = R78

(f) 250 = 1

4 𝑘𝑔

Dus 1

4 van R28 = (R28 ÷ 4) x 1

= R7

(g) Kostes = (2 x R28) + (4 x R26) + (3 x R52)

= R56 + R104 + R156

= R316

Kleingeld = (2 x R200) – R316

= R400 – R316

= R84