week hg graad 11 besigheid-d2zesjwqqxwkpt.cloudfront.net/2014/08/graad11.pdf · onder redaksie van...
TRANSCRIPT
Onder redaksie van Rikus van Rooy
GRaad 11HG Besigheid- studies
Week 23
foto
: I G
REAt
Sto
CK/
MA
StER
fILE
; IS
toC
KPH
oto
6 junie 2013 huisgenoot.com
Probleemoplossingen kreatiewe denke
elke saak het sy uit-dagings. Die bestuur moet uitwerk wat dit is en oplossings vind
In ons uitgawe van 7 Februarie het ons gesien dat ondernemings uitda-gings ervaar binne die mikro-, mark- en makro-omgewing. Dié uitdagings moet uitgeken word; daarom is dit so belangrik dat ’n onderneming ’n goeie
bestuurspan het.Die topbestuur is ver-
antwoordelik vir strate-giese beplanning. Hulle moet die omgewings bestudeer, uitdagings uitken en so gou moontlik met krea-t i ewe s t ra teg ieë voren dag kom om die uitdagings die hoof te bied. Die bestuur weet ’n goeie strategie sal die onderneming
geld bespaar sonder dat produktiwiteit daaronder ly.
die bestuur moet sekere stappe doen om probleme (uitdagings) in die onderneming op te losB Ken die probleem uit. B omskryf die probleem volledig deur te
verwys na al die moontlike oorsake wat vir die probleem verantwoordelik is.
B samel alle moontlike inligting en data daaroor in. ontleed dié data om seker te maak die probleem is reg uitgeken. B Bedink soveel moontlik oplossings vir die
probleem. Weeg dan alle sterk en swak punte van elke oplossing op.B Kies die geskikste oplossing en formuleer
’n strategie.B Voer die strategie in.BMonitor die strategie.B Evalueer die proses.
Kreatiewe denke word gebruik word om met nuwe idees vorendag te kom. Die be-stuur moet innoverend (vernuwend) dink sodat hulle die onderneming in ’n mededin-gende sakewêreld suksesvol kan bestuur.
Dit is ook vir jou, as ’n individu, belangrik om in jou loopbaan kreatief te wees, want ’n werkgewer verwag oorspronklike idees van werknemers. oorspronklikheid is belangrik, want dit verseker doeltreffendheid en pro-
delphi-tegniekDis ’n gewilde tegniek om konsensus te be-reik oor spesifieke vraagstukke deur mense se kreatiewe idees aan te wakker. ’n Paneel deskundiges in ’n spesifieke vakgebied word saamgestel. Geen groepbesprekings van aan-gesig tot aangesig vind plaas nie.
Vraelyste word gestuur aan elke lid van dié groep deskundiges (mense wat ervaring het en direk betrokke is by die saak) om hul me-ning in te win. Daar word ook van oop vrae gebruik gemaak om hul reaksies te kry.
’n Tweede vraelys word dan uitgestuur met ’n opsomming van die bevindinge van die eerste vraelys om sodoende nog meer in-ligting van ervare mense in te win. Dit kan herhaal word tot al die lede van die paneel saamstem.Die voordele van dié tegniek is:B Terugvoer word beheer.B Daar is geen kans dat mense mekaar kan
beïnvloed nie.Die nadele van dié tegniek is:B Dis tydrowend.B Dit behels ’n geweldige administratiewe
las.
Kragveldanalise Hierdie tegniek is ook bekend as die dryf-krag-ontledingsmetode. Dis wanneer daar na die voor- en nadele van verandering ge-kyk word. Dit word veral gebruik waar daar weerstand teen verandering is.
Al die invloede ten gunste van verandering word in een kolom gelys en die invloede teen verandering in die ander kolom.
’n Telling word aan elke invloed (vir en teen) toegeken: ’n Invloed wat nie ’n groot impak gaan hê nie, kry byvoorbeeld ’n tel-ling van 1 en iets wat wel ’n groot uitwerking gaan hê, kan die hoogste telling van 5 kry.
As die voordele (dryfkragte) se punte meer is as die nadele (remkragte) s’n, is verande-ring ’n goeie plan. Daar word dan gesê daar is in die ontleding bevind die verandering sal “lewensvatbaar” wees.
duktiwiteit, wat weer lei tot winsgewend-heid.
In die sakewêreld word kreatiewe denke ingespan om:B nuwe strategieë (oplossings) te bedink om
uitdagings die hoof te bied;B koste te besnoei en sodoende die uitgawes
te verminder sodat die winsgewendheid van die onderneming kan toeneem;B nuwe produkte en/of dienste te ontwikkel
wat die verbruiker se onbeperkte behoeftes sal bevredig;B nuwe bemarkingstrategieë te bedink om
die firma se markaandeel te vergroot;B die gehalte van die onderneming se pro-
dukte en/of dienste te verbeter; en B konflik in die werkplek op te los.
Daar is verskeie struikelblokke wat kreatiwiteit kan pootjie:B Letterlike struikelblokke soos geraasvlakke
en ’n ongemaklike werkomgewing.B sosiale struikelblokke soos die vrees vir die
afkeuring van idees en die leierskapstyl van die onmiddellike toesighouer.B Te min tyd om ’n taak te voltooi.
Verskeie probleemoplossingstegnieke kan ingespan word om die kreatiewe proses aan te wakker en mense te motiveer om met krea tiewe idees vorendag te kom.
As jy ’n kreatiewe oplossing soek, help dit om eers wyd te dink en jou idee later te verfyn.
Probleemoplossing
en kreatiewe denke
is noodsaaklike
vaardighede
waaroor ’n goeie
bestuurspan
moet beskik
Tegnieke vir probleemoplossing
B Bestuur sluit topbestuur, middelvlak-bestuur en laevlak- of operasionele bestuur in.
BKreatiwiteit is wanneer feite, konsepte en beginsels nuut en oorspronklik saamgevoeg word.
B Strategiese beplanning is langtermyn-beplanning wat onder meer die ontwikkeling van ’n visie en missie insluit.
BKonsensus is ’n ooreenstem-ming tussen al die betrokke partye.
Edward de Bono is in 1933 in Malta gebore, maar het later ’n Brit geword. Hy is ’n bekende in die kreatiwiteitswêreld. Hy het die term “laterale denke” vir die eerste keer gebruik, en ook bekendheid verwerf vir sy boek Six Thinking Hats (1985). Dit word vandag nog deur baie ondernemings gebruik. Elke “dinkhoed” stel ’n ander soort denkstyl voor en probeer laterale denke en kreatiwiteit by bestuurders en eienaars aanmoedig.
TeRmInOlOGIe
SkrywEr: OrnETTE DunBAr; BrOnnE: BEDryfSTuDiE (gr. 11) — ViA AfrikA, VErkEn BESigHEiDSTuDiES (gr. 11) — MASkEw MillEr lOngMAn
edward de Bono: vader van laterale denke en kreatiwiteit
Wit hoed Hiermee ont-leed jy data, feite en inlig-ting en bly objektief.
Rooi hoed
Jy gebruik gevoelens, intuïsie en emosie in jou besluitneming.
Swart hoed
Met die hoed van oordeelkundigheid
speel jy duiwels-advokaat – jy probeer
die nadele van elke besluit uitken.
Geel hoed
Die hoed van optimisme. As jy dit opsit, kyk jy vanuit ’n goeie hoek na sake. Watter voordele sal dit vir die onder neming inhou?
Groen hoed
Dit is jou kreatiewe hoed en jy kom met nuwe idees
vorendag.
Blou hoed
Dit stel die “proses” voor. Die voorsitter van ’n verga-dering sal dié
hoed dra; hulle is rasioneel en vat saam wat
gesê is.
‘Intelligensie is iets waarmee ons gebore word. Om te dink is ’n vaar digheid wat jy moet aanleer’EDwArD DE BOnO
huisgenoot.com 6 junie 2013