web viewindien dit gedoen word, ... ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “one...

21
VrydagNuus 21 MAART 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Menseregtedag Ons vier menseregte op 21 Maart. In die kerk praat ons van die menswaardigheid van alle mense: Your ordinary acts of love and hope point to the extraordinary promise that every human life is of inestimable value. – Desmond Tutu. Dalk wil jy oorweeg om iewers in hierdie langnaweek liefde en hoop te gee aan iemand wat sy/haar waarde betwyfel. Dis (deel van) die Evangelie SINODALE NUUS #imagine: Tyd vir Droom, Glo, Doen is hier! Hierdie naweek (21-23 Maart) realiseer maande se beplanning, harde werk en gebede met #imagine (Môreson, Malmesbury en RMFJ Kampterrein, Pretoria). Te midde van wonderlike verhale van die Here se voorsiening vra ons graag voorbidding vir elke jongmens (ongeveer 4000 in die Kaap en 3000 in Gauteng), die raadgewers, die organiseerders, spyseniers, die logistiek, die weer – dat die Heilige Gees daar sal werk en dat die Here se wil deur dié projek sal geskied. ALGEMENE NUUS EN INLIGTING 1. Bybelgenootskap van SA: Nuwe Uitvoerende Hoof Ds Dirk Gevers (52) is verlede week aangewys as die Bybelgenootskap se nuwe Uitvoerende Hoof vanaf 1 Desember

Upload: hoanglien

Post on 08-Mar-2018

230 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

VrydagNuus21 MAART 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Menseregtedag Ons vier menseregte op 21 Maart. In die kerk praat ons van die menswaardigheid van alle mense: Your ordinary acts of love and hope point to the extraordinary promise that every human life is of inestimable value. – Desmond Tutu. Dalk wil jy oorweeg om iewers in hierdie langnaweek liefde en hoop te gee aan iemand wat sy/haar waarde betwyfel. Dis (deel van) die Evangelie

SINODALE NUUS #imagine: Tyd vir Droom, Glo, Doen is hier!

Hierdie naweek (21-23 Maart) realiseer maande se beplanning, harde werk en gebede met #imagine (Môreson, Malmesbury en RMFJ Kampterrein, Pretoria). Te midde van wonderlike verhale van die

Here se voorsiening vra ons graag voorbidding vir elke jongmens (ongeveer 4000 in die Kaap en 3000 in Gauteng), die raadgewers, die organiseerders, spyseniers, die logistiek, die weer – dat die Heilige Gees daar sal werk en dat die Here se wil deur dié projek sal geskied.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Bybelgenootskap van SA: Nuwe Uitvoerende HoofDs Dirk Gevers (52) is verlede week aangewys as die Bybelgenootskap se nuwe Uitvoerende Hoof vanaf 1 Desember 2014. Hy volg ds Gerrit Kritzinger op wat op 30 November na byna 25 jaar diens by die Bybelgenootskap, die tuig neerlê. Lees hier meer oor Dirk.

2. Kla jy oor jou Gemeente?Ons kerm en kla so maklik oor dinge wat in die gemeente nie loop na ons wense nie. Dan is dit soms klein dingetjies soos dat daar nie genoeg koekies by die

Page 2: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

teedrinkery na die erediens is nie! Daar is seker min gemeentes, van watter denominasie ook al, wat nie bepaalde uitdagings in die gesig staar nie. Wat dalk wens dit was anders. Makliker. Binne 'n beter omgewing. Lees gerus wat Etienne Fourie van die Hervormde Kerk hieroor skryf.

GEMEENTES BIED AAN1. Fietstrap vir Sending CalviniaVyf fietsryers het vir die eerste keer in 2002 begin deur vanaf Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp en Vredendal na Klawer te ry om fondse in te samel vir sendelinge. Hierdie jaar word daar weer op 28 en 29 Maart getrap. Die roete van 240 km is effens gewysig teenoor 2013. Oorweeg gerus om hierdie groot poging te ondersteun – ook as hulle in jou omgewing verbykom! Klik hier vir meer.

2. Wellington-gemeentes: Daniël MannekonferensieDie Daniël-konferensie vind op 11 en 12 April by Diemerskraal buite Wellington plaas. Vrydag 18:00 – 21:00 en Saterdag 08:00 – 16:00. Koste: R200-00 pp, etes (behalwe ontbyt) en koffie ingesluit. Registrasie en betalings by NGK Wellington-Oos kerkkantoor tot 4 April om 12:00 (021 873 2690 / [email protected]). Vir hulp met voorbidding, skakel met Adell Erasmus 082 925 7190. Vir hulp met geestelike berading of voorbidding tydens die konferensie, skakel met Jan (021 873 2347 / 084 585 3531) of NJ (021 873 5222 / 084 584 1331).

3. Stellenbosch International Fellowship bid vir SiriëOp Vrydag 11 April om 19:00 bied die Stellenbosch International Fellowship (Engelstalige gemeente van NG Helderberg en Moederkerk, Stellenbosch) 'n gebedsinisiatief “Together for peace in Syria” aan. Gaan kry gerus eerstehandse inligting oor die gebeure in Sirië. Die verdere versoek is dat gemeentes op Sondag 13 April tydens eredienste tyd inruim om voorbidding vir die voortslepende oorlog te doen. 'n Kort video-insetsel is ook by http://www.youtube.com/watch?v=2VVoCxdm7T8 beskikbaar. Sien meer by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

EKOLOGIE1. Earth Hour / Aarde-uur: 29 MaartDie Ekologie Taakspan van Armoede en Sorg en KGA van die VGKSA (Kaapland) en die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) vestig gemeentes en lidmate se aandag op Earth Hour. Wees deel van miljoene individue wat met hierdie simboliese uur van donkerte (Saterdag 29 Maart van 20:30-21:30) hulle respek vir die aarde betoon. SAFCEI het meer hieroor. Een gemeente wat werk maak van bewusmaking oor eko-uitdagings, is die VGK Gemeente Darling. Hulle kom op 29 Maart tydens Aarde-uur met kerslig byeen – lees hier meer.

Page 3: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

2. Christene leef GroenDie Projekspan vir Ekologie van die NGK Oostelike Sinode wil ook alle Christene help om op alle vlakke van die lewe met 'n groter bewustheid van hulle impak op die omgewing te leef. Kry hulle nuus op Facebook by https://www.facebook.com/pages/Christene-leef-groen-Christians-living-green/590245097732347. (Met dank aan die Oostelike Sinode se Familienuus van 11 Maart).

KEN JOU KERKKuratorium en Seminarium vir OpleidingDie Kuratorium sien om na die teologiese opleiding van studente van die NG Kerk aan die Universiteit van Stellenbosch. Die Fakulteit Teologie in samewerking met die Kuratorium behartig die akademiese opleiding, terwyl die Seminarium, as subkommissie van die Kuratorium, verantwoordelikheid vir die bedieningsontwikkeling van studente aanvaar. Meer oor die Seminarium is onderaan. Reglement 16, wat hiermee verband hou, is hier te sien.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Kerkbode van 21 MaartIn die jongste uitgawe van Kerkbode werp Mary-Anne Plaatjies-van Huffel, moderator van die VGKSA, lig op dié kerk se verstaan van belydenisse. Lees ook:

Katolieke kardinaal vra nouer bande met NG Kerk Biskoppe in die NG Kerk? Blokfluite in Khayelitsha Suster Kockie trap diep sendingspore Robbie Wessels: grondpaaie van geloof

2. Bybel-Media NuusDie week is BM se fokus op twee puik nuwe publikasies, die jongste Kerkbode (sien ook hierbo) en LiG. Lees hier meer.

3. Hefsiba NuusbriefKruger du Preez verskaf uit Vila Ulónguè (Mosambiek) statistiek oor malaria en vertel van hulle doelwitte vir die vier maande wat hy en Antoinette nog voltyds op Hefsiba is voor hulle uittrede. Lees ook oor die gevaar van satelliet-kampusse wat kan sluit en fietse uit Robertson. Klik hier vir die interessante nuusbrief.

4. Missie Japan NuusflitsUit Japan kom 'n lekker-lees nuusbrief met pragtige foto’s van Stephan en Carina van der Watt. Stephan werk as deeltydse dosent (in pastorale sorg en berading) by die (Reformed Church of Japan se) Kobe kweekskool, en Carina het die voltydse verantwoordelikheid as ma wat tuisonderrig ook moet gee (sonder ondersteuningsnetwerk). Klik by NUUT op www.kaapkerk.co.za. 'n Uittreksel met onder meer hulle toerprogram vir die komende besoek aan SA is onderaan.

Page 4: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente Kraaifontein-Noord: BasaarKraaifontein-Noord hou weer Basaar op Saterdag 29 Maart om 09:00 by Laerskool Fanie Theron in Bosmanstraat Kraaifontein. Alles wat jy by 'n basaar soek, sal daar wees, beloof hulle. Gaan ondersteun hulle asseblief. Vir meer inligting kontak Alta 021 988 3384 of Heinrich Götze 021 988 1688.

2. NG Gemeente Karatara se Sedgefield hou ook Basaar!Die Sedgefield-wyksgemeente van Karatara hou op Vrydag 28 Maart hulle Dankfeesbasaar. Hulle vra al die omliggende gemeentes se ondersteuning. Amptelike opening om 17:00. Wees vroegtydig daar om die beste snitte vleis te bekom en aandete daar te geniet. Kontakpersoon: Hendrien Fourie by 073 246 8833.

3. Badisa Alta du Toit FondsinsamelingsAlta du Toit Nasorg, 'n program van Badisa, stuur nuus oor geleenthede wat die volgende week of wat ten bate van hierdie organisasie aangebied word.3.1 Teaterproduksie met Sandra Prinsloo en Marius Weyers“Vir ewig en altyd” is 'n uitsonderlike geleentheid om twee van SA se grootste akteurs saam op die verhoog te sien. Dit vind plaas by die Bellville Stadskouburg op 17 Mei om 19:45. Kaartjies R120; bespreek by Lelani 021 913 2106 of [email protected]. Klik hier vir die advertensie op www.kaapkerk.co.za. 3.2 Sakka Stone in Die BoerSakka Stone tree op Saterdag 29 Maart by Die Boer teater-restaurant in Durbanville op ten bate van Alta du Toit Nasorg. Deure oop vanaf 18:30 en die vertoning begin om 20:30. Bespreek by die teater 021 979 1977 of 083 406 0111. Sien ook NUUT op www.kaapkerk.co.za.3.3 Damesoggend met Monique StrydomGeniet 'n spesiale Damesoggend met Monique Strydom en Lizette Janse van Rensburg op 12 April van 09:30-12:30 by Corpus Christi, Uys Krige Rylaan, Panorama teen R125-00. Bespreek by Lelani 021 913 2106 of [email protected]. Die volkleur advertensie is by NUUT op www.kaapkerk.co.za; alles ten bate van Alta du Toit Nasorg.

4. NG Gemeente Die Strand: DankfeesbasaarDie Strand (hoek van Fagan- en Birkenheadstraat) nooi almal om op Vrydag en Saterdag 28 en29 Maart saam te kuier tydens hulle Dankfeesbasaar. Wegneemetes is Vrydagaand vanaf 17:30 beskikbaar; bespreek vooraf by 021 853 1128 (08:00-13:00), met verskeie etes en ander lekkernye wat Saterdag te koop aangebied word. Lees hier verder.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webblad

Page 5: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Heelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. NG Sinode Vrystaat: Direkteur Eenheid vir Ondersteuning Aansoeke word ingewag vir die pos van Direkteur: Eenheid vir Ondersteuning by die sinodale kantoor, NG Kerk Vrystaat, Bloemfontein – sien volledige advertensie aangeheg. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 14 April en die gekose kandidaat moet teen 1 Augustus 2014 diens aanvaar.

2. Badisa Koue-Bokkeveld: Maatskaplike WerkerBadisa Koue Bokkeveld is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike aksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke word voor 27 Maart vir 'n voltydse betrekking as maatskaplike werker ingewag. Onderaan is meer hieroor.

Ten SlotteVeel is al gesê en gewonder oor die roeping van Jesaja om te gaan preek vir mense wat NIE na hom sal luister nie (Jesaja 6:9-10). Wat is die sin daarvan? Vreemd. Onverstaanbaar. In Jesaja 8:17 kry ons die spieëlbeeld hiervan as ons lees: “Ek vertrou op die Here wat Hom vir die nageslag van Israel verberg, op Hóm hoop ek.”

Na aanleiding hiervan skryf Andries Cilliers hierdie aangrypende gebed, as hy as’t ware agter hierdie woorde inskuif en in sy eie teenstrydige wisselval tussen onmag en hoop bely:

O God, wat Uself vir my verberg,ek bou my hoop op U.God wat ek nie ken nie, verlos my,want die gode wat ek ken, verstrik my.God wat ek nie regkry om lief te hê nie, genees my,want die gode wat ek liefhet, breek my.God wat my ontwyk, bly by my,want die gode wat ek in my greep het, laat my in die steek.God wat ek nooit kan verstaan nie, vervul my,want die gode wat ek begryp, dreineer my. Amen.

'n Aangename naweek toegewens.

Groete.

Ben du ToitMarieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535

Page 6: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

BYBELGENOOTSKAP VAN SANUWE UITVOERENDE HOOF

Ds Dirk Gevers (52) is verlede week aangewys as die Bybelgenootskap se nuwe Uitvoerende Hoof. Ds Gevers sal die pos vanaf 1 Desember 2014 beklee. Hy volg ds Gerrit Kritzinger op wat op 30 November 2014 na byna 25 jaar diens by die Bybelgenootskap, die tuig neerlê.

Dirk Gevers is 'n geordende leraar van die Uniting Presbyterian Church in Southern Africa en hy is reeds sewe jaar in diens van die Bybelgenootskap – eers as Organiserende Sekretaris in die KwaZulu-Natal (Suid) Streek en vanaf 2009 as Streekhoof aldaar. Hy is 'n gebore en getoë Durbaniet. Hy het sy skoolopleiding aan Kearsney Kollege voltooi. Hierna behaal hy 'n BA-graad aan die Universiteit van Natal en daarna 'n BD-graad aan die destydse Universiteit van Durban-Westville. Beide hierdie universiteite vorm nou deel van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Dirk Gevers is getroud met Louise en die egpaar het drie volwasse kinders.

(Met dank aan e-Saaier van 13 Maart 2014)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

DIE KONTEKS VAN KERKWEESVerlede week het ’n afvaardiging van die Nederduitsch Hervormde Kerk die byeenkoms van die 16de Conventus Reformatus, die Konvent van Kerke van die Reformasie in Suidelike Afrika, bygewoon. Ons gashere was die Calvyn Protestantse Kerk, en die Konvent het plaasgevind in hul kerkgebou in Athlone.

Toe hy die Konventgangers verwelkom, het ds Stephen Snyman, predikant van dié gemeente, vir ons gesê dat ons ons nou presies in die middel van die Cape Flats bevind. Hy het iets van die omstandighede waaronder hulle gemeente is, verduidelik en ons vertel dat daar die vorige twee weke etlike voorvalle van bendegeweld in die blok om die kerkgebou plaasgevind het. Eers is twee bendelede doodgeskiet, toe, uit weerwraak, een van die ander bende en toe weer een van die eerste bende. Hulle het letterlik vier lyke opgetel binne ’n 100 meter radius van die kerk. Dit gebeur dan ook dat die bendelede na hom kom en vir hom sê: Djy’s mos van die community, nè? Djy moet die funeral vir ons doen

Page 7: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

(aksent soos Stephen self dit gebruik het). En dan doen hy maar die begrafnis, sê Stephen, wel wetende dat erge geweld enige oomblik kan opvlam. Hy doen dit, want dis húlle mense en hulle reik so uit na die gemeenskap.

Met teetyd sien ons ’n samedromming van mense en polisievoertuie ’n hanetree van die kerk af. Stephen gaan vind uit. ’n Bende het die laaste skieter opgespoor, maar hy kon weghardloop. Toe vat hulle eenvoudig ’n 17-jarige seun wat daar naby gestaan het en maak die magasyn van ’n pistool op hom leeg. ’n Ma se enigste seun word vir geen rede doodgeskiet.

Dié gebeure het die Konvent diep geraak. Vir my ook. Ons kerm en kla so maklik oor dinge wat nie loop soos ons wil hê hulle moet loop in die gemeente nie, maar dan is dit soms dinge soos dat daar nie genoeg koekies is by die teedrinkery na die erediens nie. Daar is seker min gemeentes, van watter denominasie ook al, wat nie uitdagings in die gesig staar nie. Party s’n is dalk net heelwat groter as ander, afhangende van die konteks waarbinne hulle kerk is.

Iemand het êrens gesê dat ons moet leer om tevrede te wees met wat ons het, eerder as om ontevrede te wees oor wat ons nie het nie. Miskien kan dit help as ons eerder hierdie tyd van ontevrede wees gebruik om voorbidding te doen vir ons broers en susters wat in moeiliker omstandighede as ons steeds regkry om met vreugde die Here te dien.

Ds Etienne FourieNederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Bron: e-Hervormer van 13 Maart 2014

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

FIETSTRAP VIR SENDING CALVINIA 2014'n Kort agtergrond van die “Fietstrap vir Sending” volg hieronder. Die program vir 2014 word ook weer uiteengesit.

Vyf fietsryers het vir die eerste keer in 2002 die projek begin deur vanaf Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp en Vredendal na Klawer te ry om fondse in te samel vir sendelinge. Vanrhynsdorp was die oornag plek op dié roete. Ons het op Klawer klaar gemaak en is daar met 'n voertuig opgelaai en teruggeneem na Calvinia. Hierdie roete was ongeveer 164km en dit is in 2002 en 2003 gevolg. Na die rit in 2003 is besluit dat ons die roete moet wysig en is dit toe soos volg gedoen: vertrek Vrydagoggend vanaf Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp na Klawer (oornag), vertrek Saterdagoggend vanaf Klawer via Vredendal,

Page 8: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Lutzville en eindig op Strandfontein. Hierdie roete is ongeveer 220km lank. Dit is vir die eerste keer in 2004 gevolg en was so gedoen tot en met 2013.

Die fondse is soos volg ingesamel:• 2002 John Roux in Mosambiek en Philip Meiring in Rusland R8 100• 2003 John Roux in Mosambiek en Pieter Vermeulen in Indië R6 886• 2004 John Roux in Mosambiek en Pieter Vermeulen in Indië R11 000• 2005 John Roux in Mosambiek en Pieter Vermeulen in Indië R14 805• 2006 John Roux in Mosambiek en Pieter Vermeulen in Indië R17 000• 2007 John Roux in Mosambiek en Pieter Vermeulen in Indië R14 458• 2008 Makhathini R16 145• 2009 Makhathini R15 414• 2010 Makhathini R16 426• 2011 Transkei R17 277• 2012 Transkei R22 074• 2013 Malawi R20 334• 2014 Malawi ?

Die totale ingesamelde bedrag word oorbetaal en geen koste wat aangegaan mag word, word verhaal nie.

Hierdie jaar (2014) word daar weer getrap vir sending. Die datums waarop dit gaan gebeur, is 28 en 29 Maart 2014. Die roete is 'n klein bietjie gewysig teenoor 2013. As dit die Here se wil is, gaan die roete soos volg daaruit sien: Begin op Calvinia via Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp, EN DAN VREDENDAL, Klawer (oornag op Klawer), en dan terug na Vredendal, Lutzville na Strandfontein. Dit maak die roete ongeveer 240km lank.

Indien enige persoon dit so van die Here ontvang om 'n finansiële bydrae te maak sal dit ook baie welkom wees. Die kontakbesonderhede is soos volg:

KerkkantoorPosbus 100CALVINIA8190

Die bankbesonderhede is soos volg indien enige persoon fondse elektronies wil inbetaal. Indien dit gedoen word, moet dit asseblief baie duidelik gemerk word “Fietstrap vir Sending” en van wie af dit kom.

Bank: ABSA CalviniaRekeningnaam: NG Kerk CalviniaRekeningnommer: 1620580003Takkode: 334106

Maak asseblief van die volgende kontaknommers en e-pos gebruik indien u meer inligting insake die fietstrap benodig:

Page 9: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

NG Gemeente Calvinia: 027 341 1012 Tussen 09:00 – 12:00 Maandag tot Vrydag. Noel Viljoen: 082 890 4489 en [email protected] (H) en [email protected] (W).

Alle bydraes moet asseblief net baie duidelik gemerk word vir die “Fietstrap vir Sending”-projek.

U moet ook asseblief kennis neem dat hierdie projek nie sommer blindelings aangepak is nie. Daar is vir weke vooraf daaroor gebid en die Here se leiding gevra en gesoek. Ons versoek u ook om asseblief vir die projek te bid – nie net vir fondse nie, maar ook vir elkeen se veiligheid op die pad (ook die begeleiers s’n).

Soos wat u hierbo kan sien, is dit in 2014 die 13de jaar wat die projek aan die gang is. As ons terugkyk op die 12 jaar, dan kan 'n mens die Here se hand in alles sien. Behalwe vir 'n pap wiel hier en daar was daar geen valle en/of beserings nie. Die Here is goed en getrou. Ons wil Hom alleen loof en prys en sy Naam grootmaak.

Noel Viljoen

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

EKOLOGIE TAAKSPANOp die laaste Saterdag van Maart het miljoene mense wêreldwyd die afgelope sewe jaar hulle ligte afgeskakel vir “Earth Hour” (“Aarde-uur”). Dit is 'n simboliese daad om jou te verbind tot respek vir die aarde. “Earth Hour” het ontwikkel tot die wêreld se grootste voetsoolvlak omgewingsgebeurtenis waarby mense uit alle vlakke van die omgewing in 7000 stede en dorpe in 154 lande betrokke is.

Vanjaar is die tema van die WWF se “Earth Hour”-veldtog (Saterdag 29 Maart) “How do you Honour the Earth?”

Sien meer by http://safcei.org/earth-hour-2014-switch-off-switch-over-to-honour-the-earth/

Die VGK Gemeente Darling beplan om op 29 Maart gedurende Aarde-uur (20:30 tot 21:30) die gemeente aan te moedig om as gesinne hul ligte af te sit en by die kerkgebou met kerslig bymekaar te kom. Hulle sal dan bewusmaking doen oor hul eko-uitdagings, wat individue en huishoudings kan doen en saam in gebed wees.

Page 10: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Ekologie TaakspanNGK Wes-en-Suid-Kaapland en VGK Kaapland.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

SEMINARIUMDie Seminarium van die NG Kerk en VG Kerk aan die US Fakulteit Teologie fasiliteer ’n gesamentlike program vir die bedieningsvorming van die twee kerke se teologiese studente. Die program is aanvullend tot die akademiese program en begelei die student met betrekking tot persoonsontwikkeling, roeping, geloofsidentiteit, bedieningsvaardighede en missionale kerkwees.

Rig navrae aan Monty Sahd (PSD: Opleiding en skriba van die Kuratorium) by [email protected] of Eddie Orsmond (Aanvullende Teologiese Opleiding) by [email protected].

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BYBEL-MEDIAJOU BEDIENINGSVENNOOT VIR 2014

Nuusbrief 5/2014

Jongste Bybel-Media-publikasies …

Gevorm deur die kruisNavolgers van Christus Jesus se selfontlediging

ʼn GELOOFSREIS VAN 10 WEKE VIR KLEINGROEPE

In Gevorm deur die kruis lei die skrywers individue en kleingroepe om aan die hand van Paulus se brief aan die Filippense …• selfondersoek te doen oor aspekte van jou lewe waar jy vernuwing nodig het• te fokus op die lig wat God deur sy Woord en Gees vir jou bring en wat jou menswees kan verhelder, en • God toe te laat om jou met Hom te vervul sodat jy met Hom verenig kan leef.

Page 11: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Prys: R75,00 (BTW en posgeld ingesluit).

Kerk + Huis … Mark HolmenDie beproefde formule om lewenslange geloof te bou

Blywende, lewenslange geloof word selde deur kerkprogramme aangeleer, maar eerder “aangesteek” deur ’n leefstyl van geloof wat by die huis uitgeleef word.

Maar hoe kan jou gemeente huise toerus om (weer) die belangrikste plek te word waar geloof gevoed word? Deur ’n HuisGeloof-gemeente te word.

Mark Holmen se boek Kerk + Huis bevat alles wat jy nodig het om ’n HuisGeloof-fokus in die DNS van jou geloofsgemeenskap in te weef.

Prys: R99,95 (BTW en posgeld ingesluit).

Lees in die Kerkbode van 21 Maart …

Die NG Kerk en die Katolieke:

Protestante se paaie het byna vyf eeue gelede met dié van die Katolieke Kerk geskei. Die laaste jare het Katolieke en NG mense wat mekaar beter leer ken het, egter ontdek daar is baie meer raakpunte as verskille – en die belangrikste raakpunt wat is sekerlik die sentrale plek van Jesus Christus as Verlosser in albei kerke se geloof.

Lees ook oor …• Die sanger Robbie Wessels het met die predikantekonferensie van die NG Kerk gesels oor sy geloofspad, 'n pad wat dikwels maar grondpad langs geloop het.• Saterdagoggend in Khayelitsha. ’n Groepie toegewyde lidmate leer die kinders blokfluit speel – en heelwat meer.• Die kruis – dierbaar of grotesk?• VGK-moderator oor Belhar en kerkeenheid.• Biskoppe vir die NG Kerk?• ’n Nuwe lied vir die reënboognasie.

Onthou:• Kerkbode kan nou ook digitaal gelees word op jou tablet, rekenaar of slimfoon. Teken in by www.mysubs.co.za/Kerkbode • Of besoek www.kerkbode.co.za om Kerkbode-aanlyn (beperkte weergawe) te lees.

In die April-uitgawe van LiG:

Sy is onopgesmuk en opreg, en sy glo haar doel op aarde is om ander te bemoedig. Ilse Salzwedel het by Lindie gaan inloer en vertel hier hoe lyk “dien, doen en geniet” in lewende lywe. Én hoe funksioneer haar “span”.

Page 12: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Vir die gesin …

Kinderboeke – Help só kies, Mamma!Ouers speel ’n deurslaggewende rol in die skep van ’n fantastiese voorreg vir hulle kinders – die oopmaak van die wonderwêreld van woorde. En hier is die goeie nuus: Dit is doodeenvoudig. En dit hoef nie ’n fortuin te kos nie.

Hoe praat ek met my kind oor die dood?Die idee om eerlik en gerusstellend met jou kind oor die dood te gesels, laat jou dalk met ’n vrag vrae. Só ’n gesprek hoef egter nie swaar of angswekkend te wees nie.

Vergewe my … Ek is 'n onvolmaakte ouerHoe gemaak as dit blyk dat jy nie genoeg antwoorde op ouerskap-uitdagings het nie? vra René Badenhorst. Wat verklap dit van jou? En, belangriker, watter gevolge het dit vir jou kind?

Lees ook:

• Paasfees met 'n verskil – Word stil op die lydenspad• Streel jou siel met kaneel• 'n Paastuin – Plek van stilte … en water

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Groete uit Wellington.

Hans SteynDepartement FondswerwingE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

MISSIE JAPANNUUSFLITS

17 Maart 2014

Page 13: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

('n Uittreksel)

Besoek aan Suid-Afrika om die draaiSoos genoem einde verlede jaar, is ons middel vanjaar DV in Suid-Afrika op besoek. Die gedagte is om (soos 3 jaar gelede) vanaf Julie tot September onder meer terugvoer te gee aan ondersteuners en verdere ondersteuning te werf. En ook natuurlik om vooraf en tussen-in die stywe program, genoeg te rus.

Ons breë skedule lyk soos volg (meer finale besonderhede sal nog volg):25 Junie-19 Julie: Arriveer in Kaapstad en verloftyd 20 Julie-3 Aug: Suid- en Wes-Kaap besoeke10-13 Aug: Suid- en Oos-Kaap besoeke 16-24 Aug: Gauteng en Noord-OVS besoeke30 Aug-7 Sept: Suid-OVS en Noord- en Oos-Kaap besoeke 11-14 Sept: Oos-Kaap besoeke16-17 Sept: Missie Japan bestuursvergadering 21 Sept: Wes-Kaap besoeke28 Sept: Vertrek uit Kaapstad

Nog 'n lang pad van genesing voor ná 3 jaar (sedert 11.3.11)Verlede Dinsdag (11 Maart) was die derde herdenking van die geweldige trauma van 2011 se rampgebeure in Japan. Die heropbou van honderde duisende mense se lewens duur steeds voort. Buiten die frustrasie en worsteling van baie mense wat steeds in piepklein tydelike huise moet sien-kom-klaar, is die letsels van lyding ook veral onder kinders nou duidelik sigbaar. Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has psychiatric problems caused by the horrors of loss and destruction, with experts warning of a dire shortage of psychiatrists.”

Maar soos ek al baie voorheen ook gedeel het: veral vir die handjie vol Christene (1%) in Japan het hierdie krisis ook 'n geleentheid geword om op praktiese maniere die hoop van die evangelie (ook veral met kinders) te deel.

Lees gerus 'n sendeling-kollega (van die Christian Reformed Church North America), ds Larry Spalink se verslag oor sommige van die voortgaande inisiatiewe (waarby Missie Japan ook via ds Tobie en Annalie de Wet tot onlangs toe nog direk betrokke was): http://www.missiejapan.co.za/bedieningsfokus/an-oasis-for-the-heart-by-larry-spalink-march-2014-update-on-triple-disaster-recovery-efforts/.

GebedsversoekeDank saam met ons die Here vir:Meer geleenthede as wat ons ooit kon dink om die plaaslike gemeentes te ondersteun d.m.v. die aanbied van seminare ens.'n Goeie begin by RCJ se kweekskool in Kobe, met die onderrig van pastorale sorg daar.Sy voorsiening i.t.v. baie praktiese dinge wat nodig is om tuisonderrig te kan doen.

Page 14: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Vra saam met ons vir God se sorg m.b.t.:Emosionele en geestelike stamina vir die eise wat die bediening en tuisonderrig aan ons stel.Carina se rug wat sedert baba Stephan se geboorte baie pyn t.m.v. behandeling.Beplanning en voorbereiding vir ons besoek aan Suid-Afrika Iemand wat plaaslik deel van Carina se ondersteunings-netwerk kan wees m.b.t. tuisskoling.

Baie dankie dat jy hierin met ons meeleef!

Vrede en vreugde

Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan

NS: ek het onlangs bewus geraak van ondersteuners se e-posse wat my nie bereik via my [email protected] adres nie. As dit die geval was met jou (dat ek jou navraag nie beantwoord het nie), probeer asb. [email protected] as alternatief.

Lees die volledige nuusbrief by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DIE STRANDDANKFEESBASAAR

Saterdag 29 Maart 2014

NGK Strand, h/v Fagan en Birkenheadstraat

Nooi jou bure, kinders en vriende en kom kuier!

Vrydagaand 28 Maart – Bederf jouself na werk! Wegneem-etes beskikbaar vanaf 17:30 by die saal: Lekker groentebredie op rys, of hamburgers. Bespreek asb vooraf by die kerkkantoor, 021 853 1128 tussen 08:00 en 13:00.

Saterdag 29 Maart se etes: “Basaarontbyt op 'n bun”Jantjies (worsie-op-'n-stokkie)Kerrie-en-rys (hoender of maalvleis) HamburgersPap en worsSop

Page 15: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Gebraaide snoekHoenderpastei en macaroni

Dan nog al die ander tafels met lekkernye:Brode en beskuit; Groot koeke, veral enkellaag; Terte; Kleinkoekies; Poeding; Ingelegde produkte; Kindertafel: tuisgemaakte lekkers, “cupcakes”, gekleurde springmielies; Handwerk; Wit Olifante; boeke en tydskrifte; Plante.

Jy is meer as welkom – kom kuier sommer die hele oggend saam!

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NG KERK VRYSTAATEENHEID VIR ONDERSTEUNING

Aansoeke word ingewag vir die pos van Direkteur: Eenheid vir Ondersteuning by die Sinodale Kantoor, NG Kerk Vrystaat te Bloemfontein.

Posvereistes:Die minimum kwalifikasies waaroor die suksesvolle kandidaat moet beskik is 'n B-graad in Finansies of Bestuur, of 'n gelykwaardige kwalifikasie.Bewese ondervinding in 'n kerklike of soortgelyke omgewing sal as 'n sterk aanbeveling dien.Dit is 'n vereiste dat die suksesvolle kandidaat oor bepaalde bestuursvaardighede moet beskik.Die persoon moet 'n toegewyde en meelewende lidmaat van die NG Kerkfamilie wees.Daar kan van kandidate verwag word om psigometriese toetse te ondergaan.

Posbeskrywing:Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees:· Vir die oorhoofse bestuur van die Sinodale Kerkkantoor;· vir die bestuur, maksimale aanwending en ontwikkeling van die personeel van die Sinodale Kerkkantoor;· om op te tree as skakel tussen leraars, kerkrade en die sinode;· om toe te sien dat alle verskuldigde sinodale- en eweredige-bydraes van gemeentes gevorder word;· om sinodebesluite wat betrekking het op die Eenheid vir Ondersteuning uit te voer, of te laat uitvoer, asook· om leiding te gee in die visionering en herstrukturering van sinodale werksaamhede.

Die suksesvolle kandidaat moet oor 'n goeie kennis beskik ten opsigte van die bestuur en administrasie van onder andere:

Page 16: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

· Pensioenfondse· Beleggings· Mediese Fondse· Eiendomme

Datum van diensaanvaarding: 1 Augustus 2014.

Aansoekbriewe vergesel van 'n volledige CV moet vóór of op 14 April om 12:00, op een van die volgende wyses ingehandig word:Elektronies aan [email protected] Skriftelik, gerig aan die Direkteur: Eenheid vir Ondersteuning, NG Kerk Vrystaat, Posbus 11412, Universitas 9321, ofPersoonlik, in 'n verseëlde koevert, by die sinodale kantoor, Van Heerdenweg 20, Bloemfontein.

Enige navrae, ook ten opsigte van die vergoedingspakket, kan gerig word aan:Dr Pieter van Jaarsveld by 082 582 5702ofDr Leon Foot by 083 503 6674

Die Raad van die Eenheid vir Ondersteuning behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

BADISA KOUE BOKKEVELDMAATSKAPLIKE WERKER

Badisa Koue Bokkeveld is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike aksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke word vir hierdie voltydse betrekking ingewag.

Minimumvereistes sluit in: • ’n graad of diploma in Maatskaplike Werk • registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensberoepe • ’n geldige rybewys • kennis en vaardigheid met betrekking tot ontwikkelingsgerigte maatskaplike werkdienste en geïntegreerde dienslewering • kennis en vaardigheid met betrekking tot statutêre prosedures • die vermoë om binne spanverband te werk.

Die vergoedingspakket is binne Badisa-skale.

Rig aansoeke voor 27 Maart 2014 aan: Me A. Hattingh, Olyvenstraat 8, Lemoenkloof, Paarl 7646.

Page 17: Web viewIndien dit gedoen word, ... Ek lees onlangs in 'n koerant artikel hieroor: “One in four nursery school children caught up in Japan’s 2011 tsunami disaster has

Navrae: 082 806 0859 of e-pos: [email protected].

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------