· web viewteken toon waarskuwing aan korrekte kleure word gebruik voltooi in tydsgleuf genoeg...

7
Roodepark Skool – COVID-19 Werkkaarte – DCAPS Lewensorientering Termyn 3: PREP Welkom by COVID – 19 TuisonderrigHoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD tewerk?? Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud. 1. Publieke veiligheid. 2. Grondbesoedeling 3. Ruimtereise INSTRUKSIES: Voltooi al die aktiwiteit op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek. 1

Upload: others

Post on 02-Feb-2021

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Roodepark Skool – COVID-19 Werkkaarte – DCAPS

LewensorienteringTermyn 3: PREP

Welkom by COVID – 19 TuisonderrigHoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD tewerk??

Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud.

1. Publieke veiligheid.

2. Grondbesoedeling

3. Ruimtereise

INSTRUKSIES:

· Voltooi al die aktiwiteit op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek.

· Skryf die datum, opskrif en aktiwiteitnommer op elke werkkaart .

· Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi.

· Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen.

· STERKTE en geniet dit !!!

Groete Mev Z de Witt

Gevaarlike speelplekke:

· Op treinspore of treinstasies – Treine ry baie vining en jy kan dalk nie betyds wegkom nie.

· Vullishope - Jy kan seerkry of siek word

· Moenie in die pad speel nie.-. Motors ry vinnig en jy kan dit dalk nie eers hoor nie.

· Moet nooit op ‘n bouterrein speel nie. – Die toerusting kan gevaarlik wees.

REIS VEILIG

· Sit of staan altyd binne-in die trein.

· Moet nooit aan dele van ‘n trein hang of saam te ry nie, selfs al is dit vol.

· Sit stil wanneer jy in’n taxi ry.

· Dra ‘n veiligheidsgordel as daar een is.

· Moenie die bestuurder se aandag aftrek nie.

· Moenie by die deure of vensters uithang nie.

WEES VEILIG MET ELEKTRISITEIT

· Moet nooit ‘n lig of elektriese toestel aanskakel as jy nat is nie.

· Wys ‘n grootmens as ‘n elektriese koord verslyt is en die drade wys.

· Moet nooit iets anders as ‘n kragprop in die kragpunt druk nie.

· Moenie naby kragpale of substasies gaan nie.

GEVAARTEKENS

Waarskuwingstekens: (Ken jou tekens)

Baie gevaarlike chemikalieë of gifstowwe het lang name. Ons hoef nie te weet hoe om die name uit te spreek nie maar ons moet weet of dit gevaarlik is.

Bly weg van plekke waar jy die teken (gevaar: hoë spanning ) sien.

ASSESSERING 1

Ontwerp jou eie teken om mense te wys hulle mag niks uit ‘n motor strooi nie. Verduidelik jou ontwerp:

Rubriek vir waarskuwingsteken

1

2

1. Teken toon waarskuwing aan

2. Korrekte kleure word gebruik

3. Voltooi in tydsgleuf

4. Genoeg aandag gegee aan projek

5. Verduideliking voldoende

Totaal: /10

Giftig

Irriteermiddel Vlambaar

Bogenoemde tekens word gebruik om mense oor gevaarlike stowwe te waarsku.

Almal kan dit lees en verskillende tale weet wat dit beteken.

Vlambaar beteken dit kan baie maklik aan die brand slaan.

Irriteermiddel beteken dit kan die lyf, veral die vel of longe, irriteer.

Giftig beteken dit is ‘n gif.

Dink aan ‘n stof tuis waaraan jy elk van die simbole kan heg.

VLAMBARE STOWWE

Baie dinge wat elke dag om ons is, kan aan die brand slaan en baie vinnig brand. Party stowwe brand vinniger as ander. Chemikalieë word gebruik om baie ding te maak wat ons by die huis gebruik kan ook blambaar wees.

Bv. Verf en olies en nog baie ander.

ASSESSERING 2

Knip of teken prentjies van vlambare stowwe rondom die huis.

1

2

Is prentjies voldoende

Is alle prentjies en sketse van vlambare stowwe

Waar bêre ons vlambare stowwe

Werk netjies gedoen.

Werk ingehandig betyds.

Totaal : /10

GEVAARLIKE SITSUASIES RONDOM ONS:

Hoe veilig is jou huis en situasies rondom die huis.

1