· web viewbinne word die nes met vere, hare,wolletjies uit gevoer om dit warm te maak. hulle bou...

7
Roodepark School – COVID-19 Werkkaarte - DCAPS PSW: W5 Voels en hul skuilings. Termyn 2: Pre-Prep Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig Hoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD te werk?? Liewe Leerders die werkkaart dek die volgende leerinhoud. 1. Voëls en hul tuistes 2. Aktiwiteit 1: Beantwoord die vrae 3. Aktiwiteit 2: Ontwerp jou eie huis. INSTRUKSIES: Voltooi al die aktiwiteit op ‘n aparte papier of in jou huiswerk boek. Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke werkkaart. Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi. Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen. STERKTE en geniet dit!!! 1

Upload: others

Post on 24-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Roodepark School – COVID-19 Werkkaarte - DCAPS

PSW: W5 Voels en hul skuilings. Termyn 2: Pre-Prep

Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig

Hoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD te werk??

Liewe Leerders die werkkaart dek die volgende leerinhoud.

1. Voëls en hul tuistes

2. Aktiwiteit 1: Beantwoord die vrae

3. Aktiwiteit 2: Ontwerp jou eie huis.

INSTRUKSIES:

· Voltooi al die aktiwiteit op ‘n aparte papier of in jou huiswerk boek.

· Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke werkkaart.

· Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi.

· Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen.

· STERKTE en geniet dit!!!

Groete

Mev. M Jones

Help om die verspreiding van COVID 19 te bekamp

Wanneer het jy jou hande laas ordentlik gewas?

Tema: Voëls wat hul eie huise bou

Elkeen van ons wil graag ‘n mooi huis hê waarin ons kan woon.

As jy die geleedheid kry om jou eie huis te bou hoe sal jy jou huis wil hê?

Miskien so ‘n skewe huis, miskien ‘n kasteel, n tradisionele hut of ‘n gewone baksteen huis.

Mense is nie die enigste wesens wat mooi huise wil hê nie. Wanneer ons in die natuur rondbeweeg sien ons dat sekere voëls ook talentvolle argitekte is. Hulle bou oulike en praktiese huise vir hulself.

Voëls

· Voëls bou ook hul eie neste.

· Party steel ander voëls se neste.

· Nie alle voëls gebruik hul neste om in te slaap nie. Hulle sit sommer op ‘n tak en slaap.

· Die neste word wel gebruik om hul eiers in te lê, dan bly die mamma voëltjie permanent in die nes om die eiers warm te hou totdat dit uitbroei.

· Party pappa voëls help ook om die eiers warm te hou.

· Albei die voël ouers maak hul kuikens in die neste groot.

· Geelvink mannetjies bou die nes van gras.

· Binne word die nes met vere, hare,wolletjies uit gevoer om dit warm te maak.

· Hulle bou elke jaar ‘n nuwe nessie.

· As die wyfie nie van die nessie hou nie

breek sy die nes uitmekaar,

· Dan moet die mannetjie van vooraf weer ‘n nes bou.

· Die nes word gebou aan die punt van ‘n lang dun tak wat gewoonlik oor water hang.

· Hulle gebruik die nessie meer as een seisoen.

· Neste word gebou van fyn stokkies.

· Binne die mik van ‘n boom of enige plekkie wat die stokkienes kan dra.

·

· Swaeltjies bou hul neste van modder.

· Die nes word gebou in die hoek waar ‘n muur en ‘n dak bymekaar kom.

· Elke jaar gebruik die swaeltjie weer die slefde nessie om in te broei

·

· Suikerbekkies bou nessies van grassies en blaartjies aan ‘n klein stokkie in ‘n boom.

· Hulle plak alles vas met spinnerakke van spinnekopneste.

· Die nessies is 2cm groot.

· Arende bou hul neste hoog bo in die kranse.

· Hul bou hul neste met groot stokke.

· Die neste word elke dag gebruik.

· Uile bou hul neste hoog in bome.

· Die neste word gebou met stoke.

· Hulle gebruik die neste elke dag.

· Volstruise is groot voëls wat nie kan vlieg nie.

· Hulle maak hul nes op die grond.

· Hulle skrop net ‘n holte in die gras of sand.

· Albei ouers hou die eiers warm en maak die kuikens groot

· Pikkewyne soek ook holtes en gate in die grond.

· Hulle gebruik slegs ‘n paar lang grasse en stokke om in die gat te sit.

Aktiwiteit 1 Beantwoord die vrae

Kleur die blokkie in wat die regte antwoord in het.

Waarmee bou hierdie voëls hul neste ?

Swaeltjies bou hul neste van _____

gras

modder

stokke

Winke bou hul neste van ______

modder

stokke

gras

Uile bou hul neste van ______

gras

stokke

modder

Duiwe bou neste van ______

fyn stokkies

modder

gras

Suikerbekkies plak grassies en blaartjies vas met ______

stokke

spinnerakke

gras

Pikkewyne sit nie baie ____in hulle neste nie

gras

fyn takkies

holtes

Arende bou neste van _______

groot stokke

fyn stokkies

gras

Volstruise skrop nes in ______

sand

gras

stokke

Aktiwiteit 2 Ontwerp jou eie huis.

1. Teken die vloerplan van jou huis.

2. Teken en Benoem waar die deure en vensters is.

3. Dui aan wat elke vertrek is.

4. Teken die vooraansig van jou huis.

5. Teken die tuin en hoe jy voorsienning sal maak om vir die diere in jou omgewing te sorg.

6