€¦  · web view2020. 7. 2. · twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00...

17
ALEXANDER ROAD HIGH SCHOOL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2017 TOTAAL: [70] EKSAMINATRISE: MI TYD: 1½h GRAAD 8 INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS. AFDELING A: LEESBEGRIP [20] AFDELING B: TAALWERK [30] AFDELING C: VISUELE TEKS [10] AFDELING D: LITERÊRE BEGRIPPE [10] 2. Beantwoord AL DIE VRAE. 3. NOMMER die antwoorde KORREK volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin elke AFDELING op ʼn NUWE bladsy. 5. Skryf NETJIES en leesbaar in blou of swart ink. 6. Kram jou vraestel voordat jy dit inlewer. 7. Erkenning vir die gebruik van al die prente: Google Images 1

Upload: others

Post on 20-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

ALEXANDER ROAD HIGH SCHOOL

VRAESTEL 2NOVEMBER 2017 TOTAAL: [70]EKSAMINATRISE: MI TYD: 1½h

GRAAD 8

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS.AFDELING A: LEESBEGRIP [20]AFDELING B: TAALWERK [30]AFDELING C: VISUELE TEKS [10]AFDELING D: LITERÊRE BEGRIPPE [10]

2. Beantwoord AL DIE VRAE.3. NOMMER die antwoorde KORREK volgens die nommeringstelsel wat in

hierdie vraestel gebruik word.4. Begin elke AFDELING op ʼn NUWE bladsy.5. Skryf NETJIES en leesbaar in blou of swart ink.6. Kram jou vraestel voordat jy dit inlewer.7. Erkenning vir die gebruik van al die prente: Google Images

1

Page 2: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

AFDELING A: LEESBEGRIP

TEKS A: KOERANTBERIG

Lees die volgende koerantberig en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Port Elizabeth se domste dief laat spaander en los sy motor op toneel van inbraak.

Joané van der Merwe

1. Port Elizabeth. – Die polisie hier is op die spoor van een van die domste misdadigers nog. Die dief het Vrydagmiddag so groot geskrik toe hy agterkom dat mense hom dophou terwyl hy en sy makkers helder oordag by ‘n huis inbreek dat hy sy motor, met sy sleutels daarin, net so voor die huis gelos en weggehardloop het.

2. Die polisie sê die Ford Fiesta is die eiendom van die man wat hom uit die voete gemaak het, maar hulle verwag om hom binnekort in hegtenis te neem. Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie mans aan verskeie huise se deure klop. By een van die huise het een sy wit Ford Fiesta se deur oopgemaak en die sitplek begin afslaan. “So asof hy iets in die motor wou laai,” het inspek. Precious Timela gesê. Sy is die Polisie se woordvoerder en spreekbuis.

3. “Iets moes die mans laat skrik het, want die volgende oomblik het ál drie blykbaar gevlug en die polisie is ontbied. Ek dink hulle het agtergekom die mense hou hulle dop.”

4. Volgens inspek. Timela is sowat R50 000 se huisraad by een van die huise se deure gevind, net reg vir die inlaai. “Ooggetuies het twee van die mans beskryf en hulle is deur die Humewood Misdaadvoorkomingseenheid in hegtenis geneem.

5. Nou wag die polisie net dat die Ford-eienaar sy boeie kom opeis.(Verwerk uit Die Burger 1 Maart 2010)

VRAAG 1

1.1 Deur wie is die artikel geskryf? (1)

1.2 Op watter dag het die inbraak plaasgevind?(1)

2

Page 3: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

1.3 Waarom, dink jy, het die dief weggehardloop?(1)

1.4 Watter dom ding het die een dief gedoen?(1)

1.5 Hoe weet ons dat die inbraak nie in die nag plaasgevind het nie?Haal twee opeenvolgende woorde uit par. 1 aan om jou antwoord te bewys. (1)

1.6 Watter soort motor was tydens die inbraak gebruik? (1)

1.7 Watter woord sê vir ons dat die polisie nie meer lankgaan neem om die dief te vang nie. (1)

1.8 Kies die korrekte antwoord.

Die man het hom uit die voete gemaak beteken:

A. hy het weggehardloopB. hy het sy voete by die motor uitgehangC. hy het nader gehardloopD. hy het goed wat gesteel is weggegooi by sy voete.

(1)

1.9 Waarom, dink jy, het die mans aan die huise se deure geklop?(1)

1.10 Wat kon mense laat dink het dat die diewe iets in die motor wou laai? (1)

1.11 Word “sy boeie kom opeis” letterlik of figuurlik bedoel?(1)

1.12 Kies die korrekte antwoord.

“sy boeie kom opeis”? beteken:

A. hy moet betaal vir sy boeie.B hy moet homself oorgee by die polisiestasie. C. hy moet van sy boeie vergeet.D. hy moet sy boeie in die vrieskas sit. (1)

1.13 Het die mans gevlug toe die polisie ontbied is? Sê JA of NEE en gee

3

Page 4: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

‘n rede vir jou antwoord.(2)

1.14 Wat het die polisie gehelp om die twee misdadigers in hegtenis te neem? (1)

[15]

TEKS B: VOEDSELVERBRUIK PER PERSOON PER JAARKyk mooi na die graffiek (graph) hieronder en beantwoord die vrae.

1.15 Hoeveel kilogram vrugte per persoon is gedurende 2000 geëet? (1)

1.16 Van watter voedselsoort word die minste geëet?(1)

1.17 Watter voedselsoort is die gewildste?(1)

1.18 Watter voedselsoorte se gebruik was dieselfde in 2011? (1)

1.19 In watter jaar het koring se gebruik meer toegeneem as ander jare?(1)

4

Page 5: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

[5]

TOTAAL AFDELING A [20]

AFDELING B: TAALWERK

TEKS C: SPOTPRENT

VRAAG 2

2.1 Skryf die sin in die spraakborrel in die indirekte rede.

“Darryl, jy’s terug van die eksamenlokaal.”(1)

2.2 Gebruik die homoniem van die woord van in ‘n sin.

5

Page 6: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

“Genade, Darryl, jy’s terug van die eksamenlokaal.”(1)

2.3 Gee die meervoud van die woord eksamenlokaal.(1)

2.4 Kies die korrekte woord tussen hakies.

Darryl se broek is (geskeur/geskeer)(1)

2.5 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

Darryl skryf in 2.5.1 (hom/sy) boek. Die boek 2.5.2 (waarin/wat in) hy skryf, is netjies 2.5.3 (met/aan/van) plastiek oorgetrek.

(3)

2.6 Skryf die volgende sin in die korrekte woordorde.

Darryl, daagliks, om veilig by die huis te kom, hardloop, vinnig.(1)

2.7 Gee die vergrotende trap van die woord goed.

Darryl vaar (goed) in sy skoolwerk as in die verlede.(1)

2.8 Gee die teenoorgestelde geslag van voorsitter.

Die (voorsitter) van die studenteraad het die studente huis toe gestuur. (1)

[10]

TEKS D: ADVERTENSIEBestudeer die advertensie op die volgende bladsy en beantwoord die vrae.

2.9 Skryf die getal 90 uit in woorde. (1)

2.10 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.(2)

Ons bou aan Afrikaans. Ons stuur ons kinders na Afrikaanse skole.

6

Page 7: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

(daarom)

2.11 Word die volgende sin letterlik of figuurlik bedoel.

Afrikaans is nog in sy babaskoene. (1)

2.12 Gee ‘n verduideliking vir jou antwoord in vraag 2.11(1)

2.13 Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd.

Hulle het hulle kinders na Afrikaanse skole gestuur. (1)

2.14 Gee die korrekte korrekte vorm van die woord vir die woord tussen hakies.

Afrikaans is nie ‘n (oud) taal nie. (1)

2.15 Verander die volgende stelsin na ‘n vraagsin. Die onderstreepte gedeelte moet die antwoord wees.

Afrikaans sal nog baie groei in die toekoms.(1)

ADVERTENSIE

7

Page 8: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

2.16 Gee die verkleinwoorde van die woorde tussen hakies.Afrikaans word in (skole), (kombuise) en deur (konings)

8

Page 9: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

gepraat. (3)

2.17 Gee ‘n antoniem vir die onderstreepte woord.

Hierdie taal gaan baie groei. (1)

2.18 Skryf die bywoord van tyd uit die volgende sin neer.

Afrikaans groei jaarliks meer en meer. (1)

2.19 Gee die afkorting vir Afrikaans. (1)

2.20 Is babaskoene ‘n basis of ‘n samestelling? (1)

[15]

TEKS: E PARAGRAAF

2.21 In die volgende paragraaf is daar woorde uitgelaat. Vul die korrekte antwoord in. Kies uit die lysie woorde. Skryf slegs die nommer en antwoord neer.

Somtyds kan ek nie 2.21.1 ( ) dat alles so 2.21.2 ( ) geword het nie.

2.21.3 ( ) mense het nie eers genoeg geld om een brood 2.21.4 ( ) dagte koop nie. Die 2.21.5 ( ) is dat daar so baie werkloses in die land is. (5)

AFDELING B [30]

AFDELING C: VISUELE TEKS

TEKS F: MEESTER EN NEELSIE

VRAAG 3

Die volgende taalvrae is op die strokiesprente hier onder gebaseer. Voer die opdragte by elke vraag noukerig uit.

9

Die meeste; per; glo; Meeste; dier; probeer; aan; belowe; duur; Sommige; probleem Problem.

Page 10: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

3.1 Hoe weet ons dat hierdie toneel in die skool plaasvind? (1)

3.2 Kies die korrekte antwoord.

In Raampie 2 sê Meneer: “ Ai tog”. Watter emosie beeld dit uit?

A. verligtingB. dankbaarheidC. geduldD. moedeloosheid

(1)

3.3 Kyk na Neelsie se liggaamstaal in Raampie 3. Hoe weet ons dat hy verveeld is? (1)

3.4 Skryf die sin in Raampie 1 in die indirekte rede.

“Meneer, ons het oral gesoek.”(1)

RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

10

Page 11: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

3.5 Wat beteken die volgende idioom?

Om ‘n nuwe blaadjie om te slaan. (Verwys na Raampie 1)(1)

3.6 Hoekom is die woord HARD en die woord VANDAG in hooflettersgeskryf? (1)

RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

3.7 Gee die enkelvoud van die woord rûe Raampie 1.(1)

3.8 Waarom, dink jy, is daar ‘n uitroepteken na Neelsie se naam?(1)

RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

11

Page 12: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

3.9 Skryf die volgende sin in Raampie een in die verlede tyd.

Wat is jou plan? (1)

3.10 Waarom is die woorde in Raampie 3 in hooflettersgeskryf? (1)

[10]

TOTAAL AFDELING C: [10]

AFDELING D: LITERÊRE BEGRIPPE

VRAAG 4

Lees die volgende gedig en beantwoord die vra wat volg.

12

Sewe treë

1 Dis net sewe treë.2 Ek het dit gemeet.3 Net sewe treë4 van die skakelaar5 tot by my bed.6 Maar saans as ek die lig afsit,7 kan ek voel hoe die donker oë kry,8 En dan word dit9 die10 heel11 langste 12 sewe 13 tree14 op15 aarde

Page 13: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

4.1 Kies die regte antwoord

Reël 3 – 5 is ‘n voorbeeld van:

A personifikasieB vergelykingC metafoorD enjambement. (1)

4.2 Skryf die regte antwoord neer.

Die rympatroon wat deur die digter gebruik word is:(aabb; aaaa, geen rymskema; abba)(1)

4.3 Haal een voorbeeld van assonansie uit die gedig aan.(1)

4.4 Soek ‘n voorbeeld van personifikasie wat in Sewe treë gebruik worden skryf die versreël neer. (1)

4.5 Kies die regte antwoord

Watter atmosfeer heers in die gedig?

A vrolikB dreigendC rustigD hartseer (1)

4.6 Waarvan is die volgende reël ‘n voorbeeld:

“Maar saans as ek die lig afsit,” (1)

4.7 Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? (1)

4.8 Die laaste versreëls bestaan net uit een woord elk. Wat simboliseerdie sewe woorde? (1)

4.9 Word die laaste sewe reëls letterlik of figuurlik bedoel? Gee ‘n redevir jou antwoord (2)

[10]

13

Page 14: €¦  · Web view2020. 7. 2. · Twee van sy makkers is aangekeer ná die inbraak wat om 13:00 plaasgevind het. Inwoners van Windermerestraat in Humewood het gesien hoe die drie

TOTAAL AFDELING D: 10

14