gdecontent.co.za · web view2020. 3. 20. · profiel; en. faktore. wat die . morfologiese....
TRANSCRIPT
Gr 12 GeografieNEDERSETTINGS GEOGRAFIE
STEDELIKE STRUKTUUR EN PATRONE
6.1 Interne struktuur en patrone van stedelike nedersettings: grondgebruiksones, die konsep van stedelike profiel; en faktore wat die morfologiese struktuur van ’n stad beïnvloed
Stedelike struktuur, of stedelike morfologie, verwys na die eksterne, fisiese aspekte van 'n stad.
Stedelike nedersettings ontwikkel en verander oor tyd. Ouer stede of gedeeltes van stede lyk verskillend van nuwer stede. Die infrastruktuur soos paaie, spoorweë en fisiese kenmerke soos riviere, kuslyne en berge sal beïnvloed hoe stede lyk.
A = sirkelvormig
B = Half-sirkelvormig
C = Lineêr (bergreeks bepaal die vorm)
D = Ster vormig (Paaie bepaal die vorm)
Ekonomiese faktore, soos die ligging van myne, toerisme-aantreklikhede, industriële gebiede en groot inkopie sentrums kan ook die vorm van 'n stedelike gebied beïnvloed.
STRAAT PATRONE1. Roosterpatroon
1
2. Straal- of radial patroon
3. Beplan onreëlmatig
2
Voordele:
Gereguleer en maklik om uit te brei.
Maklik om jou weg te vind en maklik om te beheer
Nadele:
Baie kruisings
Verkeersopeenhopings
Baie stop strate - lei tot ongelukke
Oplossings:
Eenrigting strate
Voordele:
Alle groot paaie lei tot die SSK
Min kruisings
aantreklik
Nadele:
Baie duur
Straatblokgrootte verander
Voordele:
Paaie lyk nie dieselfde nie
Maak dat area aantreklik lyk
Minder kruisings
Veiliger (baie crescents en cul-de-sacs)
Nadele:
Verkeersopeenhopings
Maklik om verlore te raak
Verkeer kan chaoties word
GRONDGEBRUIKSONES Kommersieël: besigheidsgebiede soos die SSK (Sentrale Sake Kern),
gedesentraliseerde winkelsentrums, residensiële winkelsentrums, en kommersiële lint-ontwikkeling langs toegangsroetes ens. Toeganklikheid is baie belangrik.
Residensieël: formele behuising (hoë, middel en lae inkomste) en informele behuising naamlik plakkerskampe. Hoë inkomste gebiede is in die mees populêre gebiede waar daar toegang tot private vervoerroetes is. Plakkerskampe is aan die buitewyke van die dorp naby riviere op onbesette grond maar dan is dit onwettig beset.
Industriële gebiede – swaar industrieë met baie hindernisfaktore is op groot standplase aan die buitewyke van die dorp. Ligte industrieë is naby die SSK sodat dit produkte kan verskaf aan die kleinhandelaars in die SSK.
Sone van verval/oorgangsone verwys na die gebied rondom die SSK waar die SSK in die ligte insdustriële gebiede ingroei en in lae inkomste behuising gebiede deur ‘n proses van indringing en suksessie. Dit word dikwels met krotbuurte en verval (geboue wat nie herstel word nie) geassosieer.
Groengordel – parke en bewaringsgebiede in stede. Stedelike-landelike oorgangsone – gebied waar die stad in landelike
gebiede ingroei – mengsel van landelike en stedelike funksies.
3
http://14kome.wordpress.com/2012/04/17/urban-land-use-models/
4
SSK Sentrale Sake Kern
Groothandel en vervaardiging
Grondgebruiksone Foto Beskrywing
Lae inkoste woongebiede
Die kommersiële en besigheids kern van ‘n stad. Hoogste grondwaardes
Oorgangsone
Lae inkomste behuising en ligte vervaardiging
Konstante verandering soos wat vernuwing plaasvind
Armer gesinne woon hier
STEDELIKE PROFIELE
Konsep van stedelike profiel – die sy-aansig van ‘n stad. Die hoogste geboue is in die middel en die geboue word korter na die kant van die stad.
Redes vir die vorm van die stedelike profiel o Hogste geboue in die middel van die stad, die kompetisie vir grond en
hoë grondwaardes lei tot toringblokke wat gebou word.o Soos wat die grondwaarde verminder na die buitewyke so verminder
die hoogte en digtheid van geboue ook.
FAKTORE VAN DIE MORFOLOGIESE STRUKTUUR VAN ‘N STAD BEïNVLOED
5
Middel inkomste woongebiede
Hoë inkomste woongebiede
Landelike stedelike oorgangsone
Semi-losstaande huise op groter erwe met tuine op groter erwe
Verhurings
Private luukse behuising op groot erwe met motorhuise en groot tuine
Buite rant van stedelike nedersetting – gemengde landelike en stedelike grond gebruike
Pendeldorpe / voorstede kom hier voor
Grondgebruiksone Foto Beskrywing
Landelik Voorstad dam Pakhuise Stedelike SSK Stedelike Park Voorstad woongebiede woongebiede
FISIESE FAKTORE BEPLANNING VERVOERReliëf – Kaapstad het tussen Tafelberg en die hawe ontwikkel
Pretoria lê tussen Magaliesberge en Daspoortberge en het 'n lineêre vorm
Mikroklimaat – Johannesburg het noord uitgebrei brei steeds uit as gevolg van die warmer hange van die Witwatersrand
Grond toestande – goeie grondtoestande lok nedersettings terwyl arm grondsoorte verwaarloos word
Beplande stede – stede beplan en gebou as een eenheid: het 'n beplande struktuur en moderne straatplan, bv. Sasolburg
Geen beplanning – stedelike gebied ontwikkel vinnig, bv. Kimberley - geen spesifieke stadsentrum of straatpatroon nie.
Stukbeplanning – Nedersettings waarin elke nuwe voorstad 'n ander voorkoms kan hê - geen bewyse van stedelike beplanning, bv. baie SA stede nie.
Speel 'n belangrike rol in die ontwikkeling van 'n stad se struktuur.
Soos vervoerstelsels verbeter, koop meer mense motors en dorpe word minder kompak. Mense kan van die middestad af wegbeweeg en pendel na werkplekke.
Resultaat = stedelike spreiding is duidelik langs vervoernetwerke.
WERKKAART 6:
VRAAG 1:
Bestudeer die sketse hieronder wat straatpatrone illustreer en beantwoord die volgende vrae:
6
Voltooi die tabel hieronder en vergelyk die drie straatpatrone wat geïllustreer word.
(15)
Kenmerk A B C
Identifiseer straat-patroon
Voordeel
Nadeel
Mees algemene grondgebruik wat hierdie patroon gebruik
Relatiewe ouderdom
VRAAG 2:
Kyk eers waaroor die foto handel voordat die vrae beantwoord word.
7
2.1 Verwys na die figuur hierbo wat ‘n grondgebruiksone aandui. Identifiseer die grondgebruiksone in die beeld. (1)
2.2 State TWO characteristics of this zone that is evident in the image. (2 x 1 = 2)2.3 Explain why this land-use zone developed the characteristics mentioned in
QUESTION 2.2. (3 x 2 = 6)2.4 This zone is losing prominence (importance) in most South African cities and
many businesses are moving out of the cities.2.4.1 Give a term used for the movement of businesses away from this land-use
zone towards the suburbs. (1)2.4.2 Centrifugal forces drive people and businesses to move out of this land-use
zone. Write a paragraph (approximately 12 lines) supporting this statement by referring to factors that cause businesses to move away from this land-use zone. (4 x 2 = 8)
2.4.3 In this urban settlement centrifugal force was counter acted. Proof this statement with evidence from the photograph. (2 x 1 = 2)
8