allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · web view16...

38
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney College Proefeksamen 2011 Vraestel II 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PROEFEKSAMEN 2011 VRAESTEL II Tyd: uur 100 punte Naam: Onderwyser/es: Conway-Nunn / Graves / Sudding (Onderstreep jou onderwyser/es se naam) Eksaminatrise: Mev. Conway-Nunn Moderatrise: Mev. Terblanche LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 2: Die leerder lees en kyk aandagtig volgens doel en opdrag om vrae te kan beantwoord en opdragte te kan identifiseer; verken die hoofkenmerke van tekste en verduidelik die doel en struktuur van en taalgebruik in tekste soos ‘n koerantberig en

Upload: others

Post on 12-Aug-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

1

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALPROEFEKSAMEN 2011

VRAESTEL II

Tyd: uur 100 punte

Naam:

Onderwyser/es: Conway-Nunn / Graves / Sudding (Onderstreep jou onderwyser/es se naam)

Eksaminatrise: Mev. Conway-NunnModeratrise: Mev. Terblanche

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE:

Leeruitkoms 2: Die leerder lees en kyk aandagtig volgens doel en opdrag om vrae te kan beantwoord en opdragte te kan identifiseer; verken die hoofkenmerke van tekste en verduidelik die doel en struktuur van en taalgebruik in tekste soos ‘n koerantberig en formele brief. Leerders is in staat om literêre tekste te kan bespreek en vrae daaroor te kan beantwoord.

Leeruitkoms 3: Die leerder is in staat om vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes en teikengroepe te skryf. Asook om dit aan te bied deur konvensies en formate gepas vir verskillende kontekste.

Leeruitkoms 4: Die leerder is in staat om taalstrukture en -konfensies gepas en doeltreffend te gebruik.

Vlakke 1 – 7: word geassesseer.

Page 2: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

2

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1. Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.

2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

Afdeling A: Letterkunde (60 punte)Afdeling B: Transaksionele skryfwerk (40 punte)

3. Beantwoord al die afdelings.

4. Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf.

5. Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.

6. Nommer antwoorde soos die vrae op die vraestel.

7. ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word.

Page 3: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

3

AFDELING A: LETTERKUNDE

INSTRUKSIES VIR AFDELING A:

1. Beantwoord slegs die voorgeskrewe boek wat julle hierdie jaar behandel het in hierdie afdeling.

2. Beantwoord dus óf vrae 1 – 4 óf vrae 5 – 8.

3. Beplan jou antwoorde eers deeglik voordat jy jou finale antwoord neerskryf.

4. Doen die beplanning van jou antwoord op die bladsy aan die linkerkant.

Skryf die opskrif: BEPLANNING boaan.

VOORBEELD:

5. Skryf die aantal woorde aan die einde van elke antwoord neer.

BEPLANNING(aan die linkerkant)

VRAAG 1(aan die regterkant)

Page 4: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

4

AFDELING A: PROSA: LIEN SE LANKSTAANSKOENE

VRAAG 1: Kontekstuele Vrae

1. Bestudeer die voorblad van Lien se lankstaanskoene en beantwoord die vrae:

1.1 Beskryf volledig waarna die woord “lankstaanskoene” verwys, deur te verduidelik:

1.1.1 hoe die skoene lyk, (1)1.1.2 watter doel die skoene dien, (1)1.1.3 wie vir Lien gesê het om sulke skoene te koop, (1)1.1.4 waar koop Lien dié skoene, en (1)1.1.5 noem die vrolike man jong man wat haar vriend word

wanneer sy dié skoene dra en (1)1.1.6 noem die man in die Volvo wat haar dikwels ondersteun wanneer

sy dié skoene dra. (1)1.1.7 Watter negatiewe rol speel die man in die Volvo later in Lien se

lewe? (2)[8]

Page 5: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

5

1.2 Bestudeer die kwotasie en beantwoord die vrae:

venter constructionsAan: Lien Jooste

Van: Hein Venter

Kwotasie: Karretjie met drie wiele vir vriend (kwotasie geldig vir dertig dae.)

Staal R1800

Wiele R 360

Fietsketting R 100

Blou verf R 40

Sitplek R 400

Olie, Smeltdraad, Skuurpapier R 100

Arbeid Gratis

Totaal R2800

1.2.1 Waarom het Lien dié kwotasie van Hein gevra? (2)1.2.2 Lien sê dat die geld ‘n “vet duik in die Fonds” gaan maak.

Wat is die Fonds? (1)1.3.3 Wie dra R102.49 se kleingeld tot die karretjie by? (1)1.3.4 Waarom moet die karretjie juis blou geverf wees? (1)1.3.5 Wouter stem in om twee ander blou items vir Lien se beseerde

vriend te koop. Noem die twee items. (2)

[7]VRAAG 2: Dagboekinskrywing

Page 6: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

6

Bestudeer die grappie en skryf daarna ‘n dagboekinskrywing van 120 – 150 woorde waarin jy (Lien) skryf oor hoekom jy so graaggeld wil spaar. Begin jou inskrywing met: Liewe Dagboek.

Riglyne:$ Bespreek volledig hoekom jou pa en jou ma nie finansieel vir jou

sorg nie. (4)$ Sê volledig hoekom jy geld wil spaar,

wat jy daarmee wil doen ennoem ten minste twee lande en motiveer dié keuses. (6)

$ Verduidelik hoekom jou spaargeld nooit lank hou nie. Noem voorbeelde. (2)

Nasienriglyne: 

o 12 Punte sal vir die inhoud van die dagboekinskrywing toegeken word.o Vier punte per besprekingspunt.o 3 Punte sal vir taal, styl en formaat toegeken word.

[15]

Page 7: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

7

VRAAG 3: Dialoog

Lien het werk nodig. Sy voer ‘n onderhoud met Dirkie.

OPDRAG:

Voltooi die gesprek deur telkens Lien se direkte woorde in te vul. Hou by die voorgeskrewe teks wanneer jy hierdie vraag beantwoord. Slegs Afrikaans mag gebruik word!

LET WEL: Hierdie vraag MOET OP DIE LOS BLADSY IN DIE ANTWOORDBOEK BEANTWOORD WORD.

Nasienriglyne:

Punte word nie vir foutiewe taalgebruik afgetrek nie. Indien taalfoute egter die betekenis van die antwoord beïnvloed, word geen punte toegeken nie.

[10]

LW! (los bladsy vir antwoorde op volgende bladsy)

Page 8: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

8

VRAAG 3: Dialoog NAAM:

1. Vul vraag 3 se antwoorde op hierdie los vel in.2. Onthou om hierdie los bladsy in jou antwoordboek te plaas.

3.1 Dirkie: Waar het jy voorheen gewerk en wie was jou werkgewer?Lien:

(2)

3.2 Dirkie: Hoekom werk jy nie meer daar nie?Lien:

(2)

3.3 Dirkie: My darling, kom ons kyk of jy jou huiswerk gedoen het. Weet jy wat ons besigheid se naam is?

Lien: (1)

3.4 Dirkie: O fantasties! En weet jy wie my vennoot is? Lien: Ja, sy naam is (1)

‘n Paar maande later... Dirkie stuur ‘n sms aan Lien:

Tee en kaaskoek.

3.5 Dirkie: Ek wil nie in jou bubble klim nie, maar ek dink ons moetjou ma help. Hier. Jy moet met dié predikant gaan praat.

[Lien lees die naam en telefoonnommer op die papiertjie. Sy sê die persoon se naam hardop.]

Lien: (1)

Page 9: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

9

3.6 Dirkie: Dis reg. Hy is met Elna getroud en dis sy werk om mensesoos jou ma te help. Ek dink jou ma moet vir ‘n rukkie weg-gaan...

Lien: Bedoel jy dat my ma na ‘n moetgaan? (1)

3.7 Dirkie: Ja, darling. Jou ma het ‘n probleem. Wat het gister gebeur toe jy en jou vriend haar huis toe gebring het? Sy het regtig aaklig gelyk.

Lien:

(2)

Dirkie: Nou, dan moet jy beslis met die predikant gaan praat. Jou ma kan haar stêrre dank dat daar niks ernstig gebeur het nie.

[10]

Page 10: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

10

VRAAG 4

Aanvanklik het Lien besluit om niemand in haar nuwe wêreld te vertrou nie. Tog was daar verskeie mense wat haar gehelp het en ‘n positiewe invloed op haar lewe gehad het.

OPDRAG:

Skryf ‘n opstel van 250 – 300 woorde oor vier persone wat Lien se lewe positief beïnvloed het.

Gebruik die ideekaart. Volg die nommers 1-4 en skryf ‘n paragraaf oor elkeen van die persone as die liggaam van jou letterkundige opstel.

Onthou om standpunte met voorbeelde uit die roman te motiveer.

1. Braam 2. Miemie

/

ӾHoe verskil die maniere ӾHoe stem Lien en Miemie waarop Braam en Lien se huislike omstandighede hulle omstandighede verwerk? ooreen?ӾOmdat Braam jonger as Lien is, ӾNoem ‘n paar van die dinge Gee hy onbewustelik vir Lien wat Miemie doen wat Lien ‘n rede om aan te gaan. bewustelik sowel as Motiveer hierdie stelling. onbewustelik help.ӾBraam plaas baie min druk op ӾMiemie en Lien het ‘n paar keer Lien. Motiveer die stelling. pret gehad en lekker gelag. Noem so ‘n

keer volledig.

/4. Juffrou Breytenbach 3. Tannie Bets

///

ӾHoe beïnvloed en ontwrig Juffrou ӾHoe gebeur dit dat Tannie Bets vir Lien Breytenbach Lien se lewe die eerste keer? en haar ma leer ken?ӾWaarby kry Juffrou Breytenback Lien ӾTannie Bets beïnvloed Lien se lewe betrokke? op baie onbaatsugtige maniere.ӾHoe verander Lien se betrokkenheid verduidelik ten volle. hierby: haar toekoms, haar ma en ӾWat is ‘n moontlike rede vir Tannie Bets haar vriendekring. se betrokkenheid by die kinders se lewens.

Page 11: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

11

Nasienriglyne:

o 16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken.o 4 punte word vir ‘n gestruktureerde opstel waarin die taal en styl korrek is en

die gedagtes logies vloei, toegeken. o Punte word afgetrek as daar nie ‘n inleiding en ‘n slot is nie.

[20]

Of

Page 12: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

12

VRAAG 5 KRINGE IN ‘N BOS – Dalene Matthee

Lees die volgende uittreksel en beantwoord dan die vraag wat volg.

“Ek het ‘n fout gemaak om terug te kom. Maar ek beskou my kort verblyf nie as totaal nutteloos nie. As ek nie teruggekom het nie, sou ek dalk die res van my lewe gewonder het of ek nie moes teruggekom het nie... Daarom wag ek vir die Pictor om hierdie keer so ver as moontlik weg te kom.”

Vertel in ‘n paar paragrawe wat Saul ervaar het toe hy van Swellendam af terug in Knysna was.

Gebruik en verwerk onderstaande riglyne tot ‘n logiese geheel om die opdrag uit te voer:

Sê hoekom Saul Knysna ‘n vorige keer verlaat het.Sê wat Saul nou in Knysna wou kom doen het.Wat het Saul by Crompton gehoor toe hy terug in Knysna gekom het?Vertel hoe die mense in die Bos gevoel het oor Saul se terugkoms in Knysna. Sê ook hoekom hulle so gevoel het.Saul het besluit om met die Pictor weg te gaan. Wat het hom so laat besluit?

Instruksies:

Beantwoord die vraag in paragraafvorm. Jy mag ‘n paar paragrawe skryf.Skryf 120 – 180 woorde.Verduidelik die verskillende temas deur na voorbeelde uit die verhaal te verwys. Bespreek al vyf vrae.Die antwoorde moet betrekking op die karakter SAUL hê – nié die ander karakters in die verhaal nie.Skryf die aantal woord wat jy gebruik het aan die einde neer.

[15]

Page 13: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

13

VRAAG 6 KRINGE IN ‘N BOS – Dalene Matthee

Saul het toe nie saam met die Pictor weggegaan nie. Jy is Saul. Skryf ‘n dagboekinskrywing waarin jy vertel waarom jy nie met die Pictor weggegaan het nie.

Gebruik die volgende leidrade om jou vraag te beantwoord:

Wat was die hoofrede vir jou besluit om nie saam met die Pictor weg te gaan nie?Verduidelik waarom Maska wou hê dat Saul moet omdraai en nie vir Oupoot skiet nie.Sê waarom Saul nie wou hê dat Freek Terblans Oupoot skiet nie. Waarom sê Saul dat Oupoot die verkeerde boer gekies het?Sê waarom Maska nie vir Saul vroeër vertel het wat sy plan was nie.

Die vraag word as volg geassesseer:Die inhoud moet tussen 150 – 200 woorde lank wees. Inhoud: 10 punte Taal en Styl: 5 punte

[Voorblad: bidorbuy.co.za]

[15]

Page 14: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

14

VRAAG 7 KRINGE IN ‘N BOS – Dalene Matthee

Skryf EEN skryfstuk van VYF paragrawe (totaal 180 – 200 woorde) waarin jy die volgende kringe bespreek:

Paragraaf 1: Tydskringe (2)

Paragraaf 2: Letterlike kringe (2)

Paragraaf 3: Skewe kringe (2)

Paragraaf 4: Onvoltooide kringe (2)

Paragraaf 5: Die konnotasie van bg. met die titel “Kringe in ‘n bos”(2)

[Titelblad: nb.co.za, Tafelberg uitgewers]

[10]

Die kring-motief kom baie sterk na vore in die roman. Dit word reeds in die titel, “Kringe in ‘n bos”, gesuggereer. Daarna verskyn een na die ander kring op verskillende vlakke in die loop van die verhaal.

Page 15: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

15

VRAAG 8 KRINGE IN ‘N BOS – Dalene Matthee

INSTRUKSIES:

Bestudeer die prente en leidrade. Skryf 4 paragrawe waarin jy die ruimte bespreek. Volg die 4 leidrade en skryf EEN paragraaf oor elke leidraad . Moenie die paragrawe nommer nie. Die puntetoekennings is slegs daar om jou te lei ten opsigte van

hoeveel om te skryf. Moenie sub-opskrifte gebruik nie. Vyf punte word aan taal, struktuur en lengte toegeken. Jou opstel moenie langer as 250 woorde wees nie. Skryf die aantal woorde wat jy gebruik het aan die einde van jou opstel

neer.

[Foto: S.fun.com]

Die roman speel hoofsaaklik in die bos, maar ook op twee ander plekke af.

Page 16: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

16

Skryf ‘n opstel oor die ruimte wat Dalene Matthee vir Kringe in ‘n bos gebruik. (Moenie sub-opskrifte gebruik nie)

In jou opstel moet jy aandag gee aan die volgende punte:

Op watter drie plekke woon Saul ‘n tyd lank?

Vertel hoe elke plek se karakters en hulle tipiese beroep en lewenstyl verskil van dié van die ander twee plekke.

Bespreek die invloed wat elkeen van die drie plekke op Saul het.

Gee jou eie mening oor die keuse van die drie plekke, en hoe dit die tema van die roman ondersteun.

Maak seker dat jy jou vraag reg beantwoord en nie die hele verhaal oorvertel nie.

[20]

AFDELING A: 60 PUNTE

Page 17: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

17

AFDELING B: TRANSAKSIONELE SKRYFWERK

INSTRUKSIES VIR AFDELING A

1. Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

2. Elke vraag moet op ‘n nuwe bladsy gedoen word. Skryf die vraagnommer bo-aan die bladsy.

3. Beplan jou antwoorde eers deeglik voordat jy jou finale antwoord neerskryf.

4. Doen die beplanning van jou antwoord op die bladsy aan die linkerkant.

Skryf die opskrif: BEPLANNING boaan.

VOORBEELD:

5. Skryf die aantal woorde aan die einde van elke antwoord neer.

6. Tydens die assessering van hierdie afdeling sal na die volgende gekyk word:

kennis van die vereistes van die skryftaak interpretasie van die opdrag inhoud en idees register en toon taalgebruik beplanning

BEPLANNING

(aan die linkerkant)

VRAAG 1(aan die regterkant)

Page 18: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

18

AFDELING B : TRANSAKSIONELE SKRYFWERK

Instruksies vir Afdeling B

1. Beantwoord alle vrae.

2. Elke vraag moet op ʼn nuwe bladsy gedoen word.

3. Beplan jou antwoord eers deeglik voordat jy jou finale antwoord neerskryf.

4. Doen die beplanning van jou vraag op die bladsy aan die linkerkant. Skryf die opskrif; Beplanning bo-aan.

5. Skryf die vraagnommer bo-aan jou finale antwoord, bv. Vraag 9.

LET WEL:

Tydens die assessering van hierdie afdeling sal na die volgende gekyk word:

Kennis van vereistes van skryftaak Interpretasie van opdrag Inhoud en idees Register en toon Taalgebruik Beplanning

Page 19: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

19

VRAAG 9: E-POS

Komedie sal nooit weer dieselfde wees nie.Leon Schuster, so eie aan Suid-Afrika. ʼn Komediant in eie reg.

Hy word geprys; hy word gekritiseer.Óf jy hou van hom, óf jy hou nie van hom nie. Dis jou saak.

Feit is, hy het sy merk gemaak.

[Foto: last.fm] [Foto: martinevans.wordpress.com] [Foto: biltong2u.co.uk]

Die matrieks van 2011 beplan ‘n funksie met Leon Schuster as gasspreker.

Hulle samel geld in as deel van ʼn liefdadigheidsprojek, waar alle winste aan CHOC (kinders wat kanker het) geskenk gaan word.

Skryf ʼn e-pos aan Leon Schuster. Gee vir hom al die nodige besonderhede van die funksie en vind uit of hy beskikbaar is.

Noem die volgende:

Die tipe funksie wat julle beplan. Die rede waarom julle hierdie funksie wil hou. Die dag, datum, tyd en plek van die funksie. Die teikengehoor (met wie hy gaan praat). Die program vir die aand.

Page 20: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

20

Opdrag:

Skryf die e-pos wat jy sal stuur. Gebruik die onderstaande voorbeeld van die e-posblad om jou te help om die adres neer te skryf.

(Stuur die e-pos na: [email protected])

Die inhoud van jou e-pos moet 150-200 woorde lank wees.

Van:

Aan

Cc

Bcc

Onderwerp:

[30]

Page 21: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

21

VRAAG 10: BOODSKAP

Jy het onlangs drie musiekgroepe by Kearsney College se Upbeat Festival ondersteun en een van die groepe het jou beïndruk of teleurgestel. Skryf ‘n facebook-boodskap aan een dan die groepe waarin jy hulle óf prys en aanmoedig óf kritiseer..

Die drie musiekgroepe is:

en

Page 22: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

22

en

Opdrag:

Skryf die boodskap wat jy op Facebook aan ʼn maat sal stuur waarin jy hom/haar vertel waarom jy van hulle groep gehou het of nie gehou het nie. Jy mag nie kru-taal gebruik nie.

Die inhoud van jou boodskap moet 50-80 woorde lank wees.

Beplan jou boodskap voordat jy dit neerskryf. [10]

Totaal van vraestel: 100

Page 23: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

23

Memorandum.

AFDELING A:VRAAG 1

1.1.1 plat toerygskoene / sonder frilletjies en valletjies / sag en gemaklik (1)

1.1.2 gemakliker laat staan wanneer sy bedel, (1)1.1.3 Roos / die ouer vrou wat saam met Lien bedel, (1)1.1.4 Pep stores (1)1.1.5 Tibbey (1)1.1.6 Sproet (1)1.1.7 Hy lok haar onder valse voorwendsels na sy woonstel en behandel

haar soos ‘n prostituut (2)[8]

1.2.1 Tibbey is deur omgery en sy bene is in die proses vergruisel. Hy kan nie meer loop nie en het die karretjie nodig sodat hy kan beweeg en vir homself kan sorg. (2)

1.2.2 Die Fonds is al die geld wat Lien spaar vir ‘n kaartjie oorsee. (1)1.3.3 Johnny (1)1.3.4 Tibbey was ‘n vurige Blou Bul-ondersteuner (om ekstra geld te

verdien – hy ondersteun egter sokker) (1)1.3.5 ‘n BlouBul-vlag en ‘n BlouBul-pet (2)

[7]VRAAG 2

Liewe Dagboek

4 punte hoekom ma en pa nie vir my sorg nie

Pa het bedrog gepleegIs nou in die tronkAl hulle besittings is teruggeëisMa verloor haar werk by die Binnelandse SakeSy kan nie die situasie hanteer nie en word ‘n alkolisDrink dooswyn en gebruik al haar spaargeld om haar sorge weg te drink

Page 24: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

24

6 punte hoekom jy geld wil spaar, wat jy daarmee wil doen en noem ten minste twee lande en motiveer dié keuses. Wil oorsee gaan om weg te hardloop van haar probleme Benodig R30 000 om twee jaar lank oorsee te kan gaan werkR10 00 vir kostes en R20 000 vir sekuriteitJapan – klein en stil, nie so lawaaierig soos die Japanese niePraag – kers vir haar pa opsteek en doen wat sy wil, nie wat sy moet nieRusland – stil in die sneewu, eensame huisies, weg van alles en almalNoorwee –stil, blou mere, sneeu op die berge, eensaamheid en stilte

2 punte Verduidelik hoekom jou spaargeld nooit lank hou nie. Noem voorbeelde.Ek moet kos koop – die koskaste is altyd leeg maar daar is altyd bokswyn, behalwe as tannie Bets vir hulle kos bring. Eet meestal roosterbrood, roereiers en blikkies bone.Braam benodig nuwe krieketbeenskutteBraam benodig ‘n nuwe kniknaelbroekNasienriglyne: 

o 12 Punte sal vir die inhoud van die dagboekinskrywing toegeken word.o Vier punte per besprekingspunt.o 3 Punte sal vir taal, styl en formaat toegeken word. [15]

VRAAG 3

Nasienriglyne:

Punte word nie vir foutiewe taalgebruik afgetrek nie. Indien taalfoute egter die betekenis van die antwoord beïnvloed, word geen punte toegeken nie. [10]

Page 25: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

25

3.1 Dirkie: Waar het jy voorheen gewerk en wie was jou werkgewer?Lien: TANT MALIE SE TUIN

TANT MALIE DRY (2)

3.2 Dirkie: Hoekom werk jy nie meer daar nie?Lien: Lien het in Agnes vasgeloop en Tant Malie verwag dat Lien R128-

50 se skadevergoeding moet betaal. Lien het gesê dat dit net ‘n ongeluk was en Tant Malie het gesê dat as Lien so ‘n houding het, sy nie die volgende dag hoef terug te kom nie. (2)

3.3 Dirkie: My darling, kom ons kyk of jy jou huiswerk gedoen het. Weet jy wat ons besigheid se naam is?

Lien: Millenium Creations (1)

3.4 Dirkie: O fantasties! En weet jy wie my vennoot is? Lien: Ja, sy naam is DONOVAN (1)

‘n Paar maande later... Dirkie stuur ‘n sms aan Lien:

Tee en kaaskoek.

3.5 Dirkie: Ek wil nie in jou bubble klim nie, maar ek dink ons moetjou ma help. Hier. Jy moet met dié predikant gaan praat.

[Lien lees die naam en telefoonnommer op die papiertjie. Sy sê die persoon se naam hardop.]

Lien: Dominee Gerhard (1)

3.6 Dirkie: Dis reg. Hy is met Elna getroud en dis sy werk om mensesoos jou ma te help. Ek dink jou ma moet vir ‘n rukkie weg-gaan...

Lien: Bedoel jy dat my ma na ‘n KLINIEK / REHABILITASIESENTRUM moet gaan? (1)

Page 26: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

26

3.7 Dirkie: Ja, darling. Jou ma het ‘n probleem. Wat het gister gebeur toe jy en jou vriend haar huis toe gebring het? Sy het regtig aaklig gelyk.

Lien: My ma het besluit om ons met ons wit Mazda by die skool te kom oplaai, maar die Mazda het skeef met die deur oop op die sypaadjie gestaan. My ma het rooi in die gesig, onvas aan die hekpaal vasgeklou en met ‘n sleeptong gesê dat sy ons kom oplaai het. Wouter het my ma agter in die motor gesit. Die kinders was geskok en Sally het ons ook dopgehou. Wouter het ons huistoe bestuur en dis toe jy ons by die huisbak raakgeloop het toe ons my ma na die woonstel geneem het. (2)

Dirkie: Nou, dan moet jy beslis met die predikant gaan praat. Jou ma kan haar stêrre dank dat daar niks ernstig gebeur het nie.

[10]

VRAAG 4

Aanvanklik het Lien besluit om niemand in haar nuwe wêreld te vertrou nie. Tog was daar verskeie mense wat haar gehelp het en ‘n positiewe invloed op haar lewe gehad het.

OPDRAG:

Skryf ‘n opstel van 250 – 300 woorde oor vier persone wat Lien se lewe positief beïnvloed het.

BRAAMBraam verwerk sy omstandighede deur die goeie tye te onthou deur na ou gesinsvideo’s te kyk. Lien probeer die verlede vergeeet.Braam maak vriende by die skool. Lien probeer ongesiens skool klaarmaak en maak net goeie vriende met Wouter aan die begin.Braam is jonger as Lien en daarom neem Lien die verantwoordelikheid oor om vir hulle te sorg aangesien haar ma te besope is om dit te doen.Lien sorg vir kos en vir kruideniersware.Lien maak Braam se klere reg.

Page 27: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

27

Braam plaas baie min druk op Lien want hy maak vriende met Deon en eet meeste van die tyd daar.Wanneer Deon by hulle kom videospeletjies speel, skaam Braam hom nie vir hulle plek nie.Braam gaan slaap baie by Deon se huis oor en eet dan sommer daar.

MIENIE

Miemie en Lien se huislike omstandighede stem ooreen in die opsig dat hulle albei bitter eensaam en alleen voel. Alhoewel Lien se ouers nie by mekaar kan woon nie, woon Miemie se ouers bitter min by mekaar want haar pa werk baie maal weg en wanneer hy wel tuis kom, bou hy modelvliegtuigies en hou homself in sy studeerkamer besig.Albei dogters se ma’s is ongelukkig. Lien se ma drink haar sorge weg. Miemie se ma het gestudeer maar haar man belet haar om te werk, nou lê sy maar op die bank en kyk na kookprogramme alhoewel sy nooit self kooknie.Miemie en Lien het pret en lag lekker wanneer hulle saam die rekwisietekamer regpak. Hulle trek al die kostuums aan en lag vir mekaar.Hulle eet en gesels lekker in die Wimpy en Miemie se chauffeur gee haar geleenthede van die toneelopvoeringoefeninge.Lien en Miemie ontspan heerlik saam by die swembad en word heeltyd deur Roberta, die kok, bedien. Hulle kyk DVD’s en gaan slaap laat. Dit is vir Lien lekker om weg van haar eie werklike lewe te wees.

JUFFROU BREYTENBACH

Juffrou Breytenbach hou Lien na klas en vra vir haar hoekom sy so kwaad vir almal by Jakaranda is.Die Juffrou sê dis duidelik dat Lien baie kwaad vir iemand is en dat sy dit op almal by die skool uithaal.Sy is al meer as ‘n jaar lank by die skool en het nogsteeds nie vriende nie. Die juffrou sê sy weet Lien is slim al wys haar punte dit nie. Die juffrou sê sy dink Line het baie potensiaal maar dat sy nooit haar volle potensiaal gaan bereik as sy haar probleme nie uitpluis en die wêreld in die oë kyk nie.

Page 28: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

28

Die jufffrou stel voor dat sy met iemand praat oor wat haar pla en dat haar deur vir Lien oopstaan.Sy sê dat sy wil hê dat Lien die Donderdagmiddag vir een vand ie rolle in die nuwe Stuk die Meesterstuk (sesuur in die saal) moet kom lees.Die toneelstuk, Die meestersuk, is op Die Breakfast Club gebaseer en handel oor kinders wat detensie sit en mekaar so beter leer ken.Lien kry die rol van Weird Maria.Lien besef dat sy die rol van Weird Maria en die optrede op die verhoog geniet. Sy maak vriende met Miemie en Hein en haar ma speel aan die einde van haar finale konsert die klavier vir al die mense, wat dit vreeslik geniet.

TANNIE BETS

Tannie Bets woon in dieselfde woonstelgebou as Lien.Tannie Bets ontferm haar oor die kinders.Telkens as hulle tuis kom is daar ‘n pot sop op die stoof of kos. Dis al goeie kos wat die kinders eet.Wanneer hul ma kliniek toe gaan, voed Tannie Bets hulle.Tannie Bets probeer hulle ma sober hou en kyk ook ‘n Russiese fliek saam met Lien se ma.Tannie Bets kry vir Lien die werk by Millenium Creations omdat sy Dirkie ken wat ook in dieselfde woonstelgebou woon.Tannie Bets het nie ‘n gesin van haar eie nie. Haar man is lankal dood.

Nasienriglyne:

o 16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken.o 4 punte word vir ‘n gestruktureerde opstel waarin die taal en styl korrek is en

die gedagtes logies vloei, toegeken. o Punte word afgetrek as daar nie ‘n inleiding en ‘n slot is nie.

[20]

Page 29: allegaartjie.weebly.comallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/afrikaan…  · Web view16 punte word word vir gemotiveerde feite toegeken. 4 punte word vir ‘n gestruktureerde

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Kearsney CollegeProefeksamen 2011 Vraestel II

29

AFDELING B

E-pos.

Die Sags RUBRIEK WORD GEBRUIK.

Puntetotaal: Inhoud: 15 Taal: 15 Totaal: 30

Bloom se (6vlak) taksonomie. Vlakke 4 en 6

Facebook

Inhoud: 3 Taal: 5 Lengte en formaat: 2 [10]

Bloom se taksonomie (vlak 6) LU2.3,5 en 6

[40]

Total 100

Groottotaal: 100