wanneer die vyeboom bot

18
‘n Gedig vir Pa Hier sit ek al weer en dink Met ‘n toekoms wat vir my blink Pa is nie meer hier in lewende lywe Maar in my hart om enige hartseer te verjaag ‘n Glimlag kom lê op my lippe as ek Pa onthou Al die kere wat u my in liefdevolle arms toevou Ek weet Pa is gelukkig en sonder pyn Op ‘n plek van ewige rus en vrede, ver van hier Weg van geweld, moord en teleurstelling Pa u verstaan my uitkyk op die lewe U weet dat ons moet aan gaan en aanhou droom U is die een wat my help vorm het Die een wat my ‘n paar lewenslesse kom gee het Die een wat my geleer het van moet hou en weer probeer U het my naam gekies en my daar volgens groot gemaak Klein dingetjies mis ek nou van u Klein gewoontetjies wat aan ander bekend is skemer in my deur Ek wonder of hulle dit agterkom Pa u bly my hero en ‘n voorbeeld Sommige dinge probeer ek anders doen maar u maniere het vasgesteek Pa ek mis dit om u stem te hoor En u oë op my te voel Ek mis u geselsies oor alles en nog wat Maar die lewe gaan aan en so moet ek. Pa my liefde vir u sal altyd bly leef Lekker verjaar !!!! 13/06/2007 MA Sal ek ooit verstaan Ma ? Ek dink nie so, ek was nog nooit ‘n ma. Uit vrye keuse het ek daarteen besluit. Van die begin af het ek in myself getwyfel. Gewonder of ek ook daardie verantwoordelikheid op my wil neem. Maar u, Ma, u het dit na die beste van u vermoë gedoen. En ek het u gefaal toe u my die nodigste gekry het. Soos my gewoonte is, het ek weg gekruip. Dis maar hoe ek geleer het om myself te beskerm. Nie omdat ek u nie liefhet nie, Nie omdat u my so groot gemaak het nie. Nee, omdat dit maar is hoe ek is. Troos ma daarin dat dit beter is waar pa nou is. Hy het geen pyn en hy sukkel nie om asem te haal. Hy rus die rus wat ons nog almal gaan rus. Vir ma is daar nou ‘n nuwe uitdaging. Een wat moeilik is, maar ma sal daar uitkom. Dis reeds 6 maande verby. U is sterk ma, En die Here het u ook lief. Hou net Sy hand. Hy sal ma hierdeur help. Onthou ek is ook lief vir ma My metode om dit te wys maak net soms seer Ek weet.

Upload: shaun-holder

Post on 07-Dec-2015

47 views

Category:

Documents


17 download

DESCRIPTION

Wanneer Die Vyeboom Bot

TRANSCRIPT

Page 1: Wanneer Die Vyeboom Bot

‘n Gedig vir Pa

Hier sit ek al weer en dink

Met ‘n toekoms wat vir my blink

Pa is nie meer hier in lewende lywe

Maar in my hart om enige hartseer te verjaag

‘n Glimlag kom lê op my lippe as ek Pa onthou

Al die kere wat u my in liefdevolle arms toevou

Ek weet Pa is gelukkig en sonder pyn

Op ‘n plek van ewige rus en vrede, ver van hier

Weg van geweld, moord en teleurstelling

Pa u verstaan my uitkyk op die lewe

U weet dat ons moet aan gaan en aanhou droom

U is die een wat my help vorm het

Die een wat my ‘n paar lewenslesse kom gee het

Die een wat my geleer het van moet hou en weer

probeer

U het my naam gekies en my daar volgens groot

gemaak

Klein dingetjies mis ek nou van u

Klein gewoontetjies wat aan ander bekend is

skemer in my deur

Ek wonder of hulle dit agterkom

Pa u bly my hero en ‘n voorbeeld

Sommige dinge probeer ek anders doen maar u

maniere het vasgesteek

Pa ek mis dit om u stem te hoor

En u oë op my te voel

Ek mis u geselsies oor alles en nog wat

Maar die lewe gaan aan en so moet ek.

Pa my liefde vir u sal altyd bly leef

Lekker verjaar !!!!

13/06/2007

MA

Sal ek ooit verstaan Ma ?

Ek dink nie so, ek was nog nooit ‘n ma.

Uit vrye keuse het ek daarteen besluit.

Van die begin af het ek in myself getwyfel.

Gewonder of ek ook daardie

verantwoordelikheid op my wil neem.

Maar u, Ma, u het dit na die beste van u vermoë

gedoen.

En ek het u gefaal toe u my die nodigste gekry

het.

Soos my gewoonte is, het ek weg gekruip.

Dis maar hoe ek geleer het om myself te

beskerm.

Nie omdat ek u nie liefhet nie,

Nie omdat u my so groot gemaak het nie.

Nee, omdat dit maar is hoe ek is.

Troos ma daarin dat dit beter is waar pa nou is.

Hy het geen pyn en hy sukkel nie om asem te

haal.

Hy rus die rus wat ons nog almal gaan rus.

Vir ma is daar nou ‘n nuwe uitdaging.

Een wat moeilik is, maar ma sal daar uitkom.

Dis reeds 6 maande verby.

U is sterk ma,

En die Here het u ook lief.

Hou net Sy hand.

Hy sal ma hierdeur help.

Onthou ek is ook lief vir ma

My metode om dit te wys maak net soms seer

Ek weet.

Page 2: Wanneer Die Vyeboom Bot

AAN MY LIEFLING

Kan jy dit glo ? Hoe gou het die tyd verby gegaan En steeds voel dit soos nou die dag wat ek langs jou kon staan. Kan jy dit glo ? My liefling staan steeds by my My liefling is steeds die een wat my lei. Danksy jou staan ek elke dag met ‘n lied in my hart op Danksy jou is dit my hart wat vinniger klop. Mag die Here jou seën met vele geluk Mag vele geleenthede na jou kant kom Hoe kan ek dankie sê vir al die geluk wat jy my besorg ? As ek net kon sou ek al jou pyn en seer vir jou wou dra. Dankie vir wie jy is. Dankie vir al jou opofferings Ek sal altyd lief wees vir jou. My enigste, enigeste liefling.

BRUMILDA

Ek sien jou speel in ‘n toneel…

Ek moet ‘n oomblik seker maak

Soveel gevoel, ek kan my mos nie

verbeel ?

Jou stem is wat diep in my siel raak.

Heer, beskerm hierdie kosbare juweel

van U vandag

Gee dat sy ‘n glimlag dra in haar hart,

elke dag

Heer, gee dat sy haar rol as mens net so

goed vertolk

Gee dat haar optrede spreek tot U volk.

Ons, as gewone mense het haar op ‘n

troon geplaas

Want sy help ons om ons eie pyn en seer

vir ‘n oomblik te verplaas

Ons vergeet dat sy ook maar net ‘n mens

is

Ons vergeet dat sy ook maar nes ons

soms die stilte en vrede mis

Heer, sy is ‘n geliefde persoonlikheid vir

my

Sy bring ‘n glimlag en hoop aan my sy

Dankie dat jy jou talente met ons deel

Dankie dat jy met ander gesels en hul

hoop versterk

Mag jy ware sielevreugde beleef

Met die Heer se genade wat aan jou

kleef.

Page 3: Wanneer Die Vyeboom Bot

CHARMAINE

In stilte spreek sy nagedagtenis in jul harte

Sy raad en gesegtes sal telkens weer opkom,

Onthou sy glimlag en sagte woorde

Sy liggaam het gaan rus na ‘n vol lewe

Heer, beskerm die mense in hul donker uur

Ons weet dit maak U hartseer dat hul soveel pyn

moet verduur.

Maar ons weet nog ‘n kind van U is na sy

Vaderhuis

Troos hul aan die wete dat sy pyn verstil het

Heer, heel hul gebroke harte en stuur ‘n glimlag

Eendag sal die seer minder wees om aan hom te

dink.

Eendag sal dit maar ‘n blote gedagte wees

Maar nou, terwyl dit sny deur hul harte

Heer, gee vriende en engele om hulle aan mekaar

te hou.

Heer, ek bid vir berusting

Ek bid vir ‘n lied in hul harte om te sing

Laat hul die goeie tye onthou

Lig hul gedagtes om op U voort te bou.

Heer, stuur vertroosting vir wanneer die hartseer

hul omring

Stuur geliefdes wat weer die sonskyn sal bring

Heer, U alleen kan hulle die krag gee

Hou U hand oor hulle op hul weë.

Christusboodskap

Heer, bring weer U liefdes boodskap na ons harte

Laat ons onthou wat hierdie gebeure se einde vir

ons beteken

Hierdie dag wat ons merk op die kalender

Terwyl ons planne maak vir saam wees en

persente

Heer laat ons ‘n oomblik stil word en oor alles

besin

Laat ons onthou dis waar alles begin

Heer, ek bring die mense wat ek lief het voor U

voete

So baie van ons verlang na iemand wat nie meer

hier is

Om verskeie redes het U hulle reeds kom haal

Hierdie is ‘n tyd van opgewonde voel en

blydskap

Ek bid dat my geliefdes ‘n geseënde dag mag

geniet

Ek bid dat my geliefdes ‘n vreugdevolle jaar mag

ingaan

Soos elke ander dag is hierdie een ‘n dag van

hoop

Nog ‘n geleentheid om hul saak met U te hersien

Heer, ek bid vir antwoorde op onbeantwoorde

vrae

Ek bid vir ‘n gevoel van bedagsaamheid teenoor

ander

Ek bid vir die wat uit mekaar gedryf het om weer

by mekaar te kom

Page 4: Wanneer Die Vyeboom Bot

Deesdae moet mens wonder

Gaan ons op of gaan ons onder ?

Met waarskuwings oor die radio:

Pasop vir “smach and grab” op ‘n

straathoek.

Of padtekens soos “Hijacking

area” langs die pad.

‘n Mens is amper te bang vir die

rebruke in ‘n boek.

Maar klop julself gerus op die

blad.

Gelukkig is daar mense, soos julle,

wat probeer.

Die lig gaan op en ons glimlag

weer.

Soos ridders op jul witperde.

Met sms en e-mail gewapen.

Mag die Heer aan jul gee krag

sonder perke.

Vele gebede gaan daagliks vir jul

op.

Al voel jul soms moedeloos oor die

wat wegkom.

Wees sterk, die lewe is nie net ‘n

tydbom.

Vele vreugde skep julle vir die wat

gehelp word.

Wees seker van God se liefde wat

jul omgord.

Die hart van ‘n Ma

Die hart van ‘n Ma is ongelooflik groot

Vir menigde van ons ‘n reddingsboot.

‘n Veilige hawe waar ons kan ontlaai,

weg van die stormwinde wat om ons waai.

Niks is te veel vir haar om te doen

Geen moeite om jou te help word ontsien.

Sag soos die wolke is haar voorkoms

Maar soos ‘n wilde kat sal sy haar kroos

beskerm.

Sag is haar blik wanneer sy jou raad gee,

maar sy sien ver die toekoms in.

Stil luister sy na jou klaagliedere,

maar haar smeekgebede vir jou behoud,

is duidelik en hoorbaar wanneer sy bid.

Heer, beskerm hierdie vrou wat my bo alles lief

het

Heer, gee my Ma die krag om voort te beur

U ken haar hart en smeekgebede

U is daar, elke oomblik van die dag.

Heer, leer haar om weer haar oë op U gevestig te

hou.

Herriner haar weer aan U belofte op die Kruis.

Hou haar hand styf in U hand vas.

Heer, stuur vir haar ‘n reddingsboot

‘n Groot plesierboot gevul met liefde en

sielevreug

Gee vir haar ‘n bos blomme vir haar vaas.

‘n Glimlag vir wanneer haar oë nie blink.

Heer, dankie vir my Ma.

Dankie dat ek beskerming vir haar mag vra.

Page 5: Wanneer Die Vyeboom Bot

Die Woestyn

Dis warm hier in die bloedige son

Ek sou graag iets wou drink, as ek

kon.

So ver my oog kyk sien ek die leë

niks.

En ek dink, is dit hoe my lewe sou

wees sonder my God ?

‘n Verlange na koeltebome en

waterstrome ?

‘n Verlange na iemand om mee te

praat ?

Die hitte van die hel se vuur

En elke sekonde is langer as ‘n uur

‘n Hitte wat jou hele menswees

oorweldig

So is haat en vergelding iets wat

jou wurg

‘n woestyn sonder die skuilte by God

‘n lewe van moord en onreg

Heer, red ons uit hierdie kuil, ver

van U weg

‘n lewe sonder respek en sonder

liefde

‘n woestyn sonder die water van U

seëninge, Heer !!

Bring U ons na die oase vir ‘n

korstondige oomblik

Heer, laat ons proe van U heerlike

ontferming, voor ons stik.

Heer, haal die donkerbril van ons oë

af

U oase sal groengras en rus aan ons

moeë voete verskaf.

Netjies he tons leer aanpas soos die

woestyndiertjies

Om ons voetjie vir voetjie op te lig

as dit te warm word.

Ons het geleer om elke bietjie

prediking vir ‘n lang tyd te rek

In die hoop dat dit ons vir die

volgende maand sou dek.

Heer, ons het U aanraking weer

nodig, ferm en sterk.

Ek smeek, moet my agterlaat wanneer

U eendag hier verbytrek

Tel U kind in U arms op my Heer

Ek probeer ook maar net

Die hitte brand my kop suf

My oë brand van die stip kyk en wag

vir U antwoord

Heer, hoor my geroep in hierdie

dorre landskap

Blaas U asem van verligting, vir ‘n

kort oomblik, oor my droë lippe

Ek smeek U my Heer !

Ek onthou

Ek onthou nog hoe dit was

Ek dink aan die sagtheid van die groen gras

Ek hoor die kinderlag wat die stilte verbreek

En ek wonder : hoe kan jy jou op hulle wreek ?

Watter soort mens kan dit aan ‘n onskuldige kind

doen ?

Wat kan tog sulke dade regverdig ?

Heer, ek kan maar net bid vir die kinders van ons

tyd

Ek kan maar net U bloed oor hulle pleit.

My hart pyn maar sal nooit kan heel maak wat ‘n

ander verniel

Heer, U liefde is onbeskryflik groot en U genade

is so wyd

‘n Mens kan wonder waarom sulke dinge gebeur

Maar dis ongelukkig die sameloop van

omstandighede

U gee vir hulle vriende en ander mense as hulp

Maar Heer, hoe moet die kinders weer ander

grootmense vertrou ?

Hoe moet hulle respek betoon aan ‘n geslag wat

geen respek aan hulle betoon

Wat hul kinderlewe kom wegsteel weens hul eie

lus

Heer, ek kan maar net bid, my hande is afgekap.

Heer, laat hierdie saadjie val in iemand se hart

wat sulke dade doen

U vergeef ons elkeen ons sondes, U sal hulle ook

vergeef

Maar asb. bring berou en bekering vir sulke

monsters wat eintlik nie die lewe verdien

Dit sal nooit die lewe terug bring vir daardie

kinders, maar dit sal ander red

Heer, my gebed is min in woorde en sag teen die

geween van ons kinders

Maar ek weet U het my gebed gehoor en U het

my woorde gesien.

Heer, in U oë is ons almal kinders en ons is

almal gelyk

Heer, red U volk uit hierdie verderf.

Eendag sal ons saam met U die lewe vier vir

Ewig

Eendag sal ons van alle pyn en seer verlos wees.

Page 6: Wanneer Die Vyeboom Bot

Ek sien die afdraai pad nader kom

Kyk verby, gaan in my gedagtes om en om

Skielik wanneer ek weer my oë oopmaak

Voel ek siek en naak.

Daar anderkant sien ek die smal pad

Ek het toe wel die afdraaipad gevat.

Die sytakke lei my weldra nader

Vergewe my, my Vader.

En tog is Sy hand nog steeds styf om myn

Sy glimlag het nog nie verdwyn

Steeds gee Hy my lyding en begrip.

Deur vriende en familie, ‘n glimlag op die lip.

Wat het ek gedoen om Sy liefde te verdien ?

Wat het ek gedoen om die beloofde land te sien ?

Dit is wat die Here so bomenslik maak.

Die feit dat Hy ons lewens op ander maniere

raak.

Waarom sal ons Hom nie loof en prys ?

Sy wonderlike Liefde van die hand wil wys ?

Dis nie Hy wat ons in die steek laat.

Dis nie Hy wat ons verlaat.

Al lyk dit soms of dinge nie vir ons uitwerk.

Al is ons geliefdes se lewensduur so beperk.

Ook hulle is net aan ons geleen.

Om ons te wees tot seën.

Ek sit nou net en wonder

Nie oor waar gaan die son onder

O, nee.

Ek dink aan jou…

Ek weet ek sal jou altyd onthou.

Jy het my altyd laat lag

Jy sit ‘n glimlag in die dag.

Ek hoop dat jy altyd so oulik sal bly.

Dat jy iewers, iemand so spesiaal soos

jy sal kry.

Pas jou self mooi op

Ek drink gereeld ‘n lekker dop.

Ek wonder wie sal nou my been trek ?

Ek glo nie daar sal nog iemand wees

saam met wie ek so lekker sal werk.

Moet my nou nie vergeet daar ander

kant….

Ek hoop jy sal baie vreugde ken.

Soms moet mens maar weer jou eie

koers kry.

Maar mense soos jy sal altyd in my

gedagtes bly.

As woorde maar net kan sê

Alles wat ek vir jou wil hê.

Mag dit goed gaan op weg.

Ek skat die tyd het ons in gehaal

Maar ek is dankbaar vir ons tydjie

saam.

Page 7: Wanneer Die Vyeboom Bot

Gedig sonder naam

Hoe kan ek die gedig ‘n naam gee ?

‘n Ondier wat soveel pyn aan ander gee ?

Jy wurm jouself diep in ons midde in

So slu en glad soos ‘n adder, hoe maak dit sin ?

Jou kloue grou elke greintjie lewe uit ons

geliefdes

Soms baie stadig en pynlik, ander kere

genadaglik gouer.

Somige geliefdes kry ‘n tweede kans en jy word

oorwin.

Maar dit lyk of jy jou dan net wreek op ‘n

volgende slagoffer

Jy speel speletjies met ons gevoelens

‘n Klein vlammetjie van hoop word deur ons

geloof aan gesteek

Maar dan kom blaas jy met jou vrot asem oor

ons gedagtes

Jy bring ‘n vêraf kyk in ons geliefdes so oë.

Jy bring verlange en heimweë na die wat vir ons

kosbaar is

En op ‘n genadige oomblik dien jy jou nekslag

toe

Heer, ek moet U terug roep na my gedagtes

Want U bly die enigste Heerser

Ons liggame is verganklik en slegs ‘n dop om

ons siel te beskerm

Heer, bring terug ons vlammetjie van hoop

U ken hierdie monster wat ek beskryf

Gee verligting vir ons kankerlyers

Gee verdraagsaamheid vir hul geliefdes

Heer, U alleen kan ons help met die pyn

Heer, ek smeek vir genade vir my geliefde

Ek smeek vir genesing om nog ‘n kans te kry

Ek smeek vir die pyn om te verminder

Heer ek smeek vir U wil in ons lewe.

Dankie dat U altyd ons gebede verhoor

Die laaste besluit bly altyd in U hande.

Hier gaan ons alweer

Ek kyk na die “budget” en werk alles mooi uit

tot op die sent

In my gedagtes het ek reeds ‘n duidelike prent

Kersfees lê mos voor en almal is in rep en roer

Almal word oorgenooi, van suster tot broer

Eetgoedjies en ‘n drinkdingetjie moet gekoop

word

Dalk nuwe glaase, o wat van ‘n nuwe pizzabord

So beplan ons elkeen ons eie lewe en afdae

Maar soms word ons planne gewysig en dan volg

‘n paar vrae

Het jy onthou om Jesus na die funksie te nooi ?

Ek bedoel, dis mos vir Hom wat ons die lekker

party gooi.

Dis in Sy nagedagtes en om Hom eer te bring

Dis mos danksy Hom wat ons kan lag en sing

Heer, kom geniet die verigtinge berei tot U eer

Kom help ons weer heel al die onenigheid en

seer

Maak hierdie weer ‘n tyd van vergewe en

versoening

Ons almal doen soms leed aan ‘n ander

Vir ‘n kortstondige oomblik dink ons net aan

onself

Maar later verwag ons dat hulle ons foute moet

delg.

Heer, asseblief, laat ons net weer onthou waaroor

Kersfees gaan

Leer ons om U toe te laat om ons weg te baan

Wat U vir ons afgemeet het is wondermooi

U liefde het ons kom leer om ander te vergewe

U het ons kom leer hoe om werklik te lewe

Ons is so bevooreg om die kans te kry om van U

te leer

Ons is so gelukkig om U liefde te ervaar, my

liewe Heer

Ek bid vir die wat van U hoor maar nie glo

Ek bid vir die wat U geken het maar nou om

verskeie redes hul rug op U draai

Heer ek bid vir die wat oor U preek maar U nie

self in hul harte het nie

Heer, ons verdien nie U liefde

Baie dankie daarvoor

Page 8: Wanneer Die Vyeboom Bot

KOBUS NAUDE

Waarom moes jy gaan sonder ‘n laaste groetwuif

?

Ek onthou nog jou kenmerkende vingers deur

jou kuif.

Ek voel nog my opgewonde tienerhart pols teen

my borskas

Ek sien nog elke oomblik so duidelik,

kan nie dink dat dit nie net gister was.

‘n Laaste “hallo” of “hoe gaan dit nou” sou ek

jou graag wou gee

Maar ons het elkeen vroeg gegaan op ons eie

weë

Jy was ‘n kort 4 jaar op my lewens pad

Met raad en onderrig, ‘n stempel op die wang

Ek onthou dit nog so goed, ek hoor weer my hart

se sang

Baie beleefd en altyd vriendelik

Soms vol grappies en gereed om te help as ek jou

vra

My Meneer, het ek jou altyd genoem

Die vak waarin ek die heel beste moes doen.

Jy was altyd in my gedagtes en gebede

Waarom kon ek nie langer deel wees van jou

verlede

Ek sou graag daar wou wees om jou te bemoedig

Ek sou graag daar wou wees gereed met ‘n kort

gedig

Ek weet jy sou van die woorde in jou hart gebêre

het

Ek weet jy sou op die betekenis daarvan gelet

het.

My Meneer, die een met die sagte uitdrukkiing

in sy oë

My Meneer, met sy kop hoog gelug, nie bewoeë

My Meneer, nou kan ek afskeid neem want ek

weet dis waar

Nou kan ek sê : totsiens en rus deur God se

genade

Ek sou die pyn wou ligter maak as ek kon

Ek sou die weggaan makliker maak as ek kon

Jy, Kobus Naude, sal in baie mense se harte

agterbly

Vir ons, wat ‘n pad saam met jou gestap het sal

altyd vir jou lief bly.

Jy, met jou kenmerkende vingers deur jou kuif

Hierdie paar woorde is my laaste groetwuif.

Mense soos jy

Elke dag kom daar mense in jou lewe

Somiges gee jou iets om na te strewe

Vir ander is jy ‘n steunpilaar

Soms wonder mens maar net waarna ‘n ander

staar

Party mense gaan uit jou lewe sonder dat jy hulle

eens sien

Ander laat jou besef waarom jy kry wat jy

verdien.

Maar dan is daar mense soos jy…….

Mense wat jou altyd bybly.

Iemand met wie mens kan gesels en lag

Iemand wat jou kan help om vir die regte tyd te

wag.

Iemand met raad en leiding

Iemand wat jou help om weer te sing.

Mense soos jy maak die lewe die moeite werd

Vir wanneer mens soms voel soos ‘n skaap

sonder ‘n herd’

Mense soos jy help wanneer die pad soms swaar

word

Dan is jou woorde en belangstelling soos ‘n

duidelike aanwysingsbord.

Mag daar so iemand in jou lewe ook wees

Om jou te help om die seer te genees.

Jy sal altyd in my gedagtes rond dwaal

Dit was lekker om jou te ontmoet.

Mag geluk en vrede jou volg.

Page 9: Wanneer Die Vyeboom Bot

MONDIGWORDING

Hoe sien ons almal daarna uit !

Dan is jy groot, jou eie baas

Niemand kan mos dan meer met jou raas

Soms word ons so gedruk om vroeër groot te

wees

En eintlik moet ons juis soos kinders bly

Jonk van gees, met ons Hemelse Vader wat ons

lei

Heer, behou ons jeugdigheid en kinderlike geloof

Keer die mense en omstandigehede wat ons

daarvan wil beroof

Heer, stuur vir ons engele om ons te dra

Gee vir ons antwoorde vir al ons vrae.

Soms staan ons voor ‘n probleem en kan nie die

bo-punt sien

Help ons om terug te staan, te bid, en op te kyk

na U

Gou sal ons sien dat die probleem baie kleiner as

U is

Heer, leer ons om op ons instink te handel

Daar is U aanraking die heel suiwerste

Sonder steuring van buite

Heer, maak ons mondig in ons geloof

Maak ons sterk en groot in gehoorsaamheid

Laat ons werklik luister na U roepstem

Heer, ons is maar klein in die groot heelal

Dankie dat U afkom na ons verstand

MY SKADUWEE

Ek kyk na myself en wonder in gedagte wat

ander sien

Soms is my skaduwee krom van kommer en pyn

Soms staan sy regop en is trots om haar eienaar

te dien

Ek sit in gedagte oor my lewe en peins

Ek dink aan al die mense wat my lewenspad

kruis

Ek wonder of iets wat ek gesê het nog by hulle

spook

Ek wonder of iets wat ek gedoen het, nog ‘n

glimlag op hul gesigte bring

Ek wonder of my mensewees nog ‘n lied in sy

hart laat sing

My skaduwee is maar net ‘n buitelyn van dit wat

ek is

Maar wat is ek Heer ?

Is ek die voorbeeld wat U verlang ?

Is my woorde goedgenoeg vir Eendag se

Engelesang ?

Heer, U ken die ware kleur van my

swartskaduwee

U ken die klanke wat my toe ore hoor

U ken die beelde wat my donker oë sien

Heer, U ken die woorde wat my mond spreek

Heer, ek is U kind en trots daarop

Ek sien ‘n vrolike kind gevul met drome en goue

toekoms

Ek sien die binnekant van ‘n gelukkige mens

Ek weet U Seun Jesus Christus het ook vir my

gesterf.

Page 10: Wanneer Die Vyeboom Bot

‘n Gebed vir Anton

Heer, die woorde van hierdie gedig het U reeds

geskryf

In U Hand, in afwagting, versigtig maar ook

styf…..

Daarom sluit ek nou my binneste vir U oop…

Heer, met geloof en met U hemelse hoop…

Gee die woorde waarvoor Anton wag

U ken die binnekant van gemoed, elke dag

Heer, hoor sy smeekgebede

Sien die skroeiende pyn

Nie net die fiesiese pyn van sy liggaam,

Maar ook die pyn van sy siel.

U weet hoe hierdie dinge sy hele menswees

verniel

Heer, hoor sy pleit en gee hom verligting

U vergewe elke gebeure uit sy verlede

Laat weer oor hom die son van geluk skyn

Heer, ek bid vir geloof in U tyd en werke

Heer, U self het hierdie gedig reeds lankal beplan

U ken die toekoms, U het dit self geskryf

Soms is dit vir ons onverstaanbaar

Soms is dit selfs onmoontlik om te hanteer

Maar maak U aanraking sag en spoedig

Ek weet ons moet wag Heer, U weet die beste

Heer, ons bid vir Anton en dra hom aan U op

Ons is almal net mense, maar U sê waar meer as

een in U naam vergader

Daar sal U met ons wees.

Heer, ons het U nodig,

Heer, Anton het U nabyheid nodig.

Ons bid die dinge deur Jesus se bloed

Heer, ons verdien niks van U liefde

Maar U Seun Jesus Christus het ons kom red

En daarom is ons gesalfdes in U Naam,

In die Naam van Jesus Christus,

Stuur U Heilige Gees vir bystand

Heer, Anton het U nabyheid nodig

Dankie dat ons mag weet U het ons gebed

gehoor

Dankie dat ons mag weet, hierdie gebed kom van

U

‘n Gebed aan U vir my geliefdes

Heer, ek rig die gebed aan U in geboë hoof

Soveel dinge wil ons van U liefde beroof

‘n Diep gebed vir my geliefdes is hierdie gedig

Want ek weet U luister na smeek gebede in U

naam gerig

Heer, beskerm hulle op die lewenspad wat wag

Elkeen word deur sy eie probleme vas geketting

Help ons om te let op U prag

Heer, stuur U engele om vir ons ‘n lied te bring

Heer, dis alleen in die naam van Jesus Christus

dat ek die gebed doen

Want deur Sy Kruisdood het Hy ons vir Ewig

met U versoen.

Ons Hemelse Vader, soos kinders kom ons voor

U kniel

Want U liefde strek tot diep in ons siel

Jesus, aan U bring ons lofsang en dankoffers

U bêre ons smarte in weggooibare koffers

Heer, ek lê my geliefdes aan U voete neer

Want U alleen is in elk van hul lewens in beheer.

Gee my geliefdes ‘n glimlag na die donker uur

Vir elke siekte ‘n vinnige en pynlose kuur.

Heer, stuur ‘n dag gevul met siele vreugde en

ware liefde

Vir die mense wat my lewe die moeite werd

maak.

Gee dat ek hul liefde tienvoudig kan terug gee.

Heer, dankie dat U ons gebede verhoor

Dankie dat U ons gee wat ons nodig het

Heer, alleen in die Naam van Jesus Christus bid

ons dit.

Page 11: Wanneer Die Vyeboom Bot

‘n Mens besef nie altyd hoe jou doen en late ‘n

ander raak.

Dit lyk miskien of dit aan die ander geen verskil

maak.

En tog kan dit iemand die moed gee om aan te

gaan.

Of dit kan hom ‘n baie groot fout laat begaan.

Soms is dit te laat om ‘n hand uit te reik.

En soms is net ‘n glimlag nodig om die wolke te

laat wyk.

Maar ons is so besig om te oorleef.

Ons sien nie eens hoe ‘n ander langs ons staan en

beef.

Ons is te besig om ons blind te staar aan ons eie

donkerwolke

Soveel so dat ons nie eens die galgtou sien in ons

buurman se balke.

Wie gaan ons help om die stukke op te tel ?

Wie gaan ons help om te antwoord op die bel ?

Eendag lees ons in ‘n koerant van ‘n gesins

moord.

En soos jy aan lees dink jy: hulle het nou die

dag kom vra vir ‘n stukkie brood.

Kon jy nie sien dat daar iets kort ?

Kon jy nie hoor hoe hul glimlag ‘n noodkreet

word ?

‘n Mens sien ‘n vreemdeling in nood en wonder

hoekom hulle dit toelaat

hoe kan hulle die kinders so honger laat ly?

Maar wat sal jy doen as iemand jou in die steek

laat ?

‘n Mens kan nie anders as om te wonder.

Waarom gaan die son vir sommiges

gouer onder ?

‘n Mens wil altyd wonder waarom

gebeur niks soos ons dit beplan.

Waarom party nie dinge so maklik

verstaan terwyl ander kan.

Die wedloop is nie net teen tyd,

Dis ook ‘n geestelike stryd.

En al klink dit nou vreeslik morbied.

Is al ons trane eintlik verniet.

Hoe kan ons hartseer wees ?

Het ons dan nie die boodskap in die

Bybel gelees ?

Weet ons dan nie dat Sy boodskap

blydskap bring ?

Besef ons dan nie dat ons Sy lof behoort

te besing ?

Verkies ons regtig om eerder te kla en

kerm

As om veilig te voel terwyl Hy ons

beskerm ?

Soms voel dit seker of ons verwurg aan

Sy hand.

Maar dis omdat ons ruk en pluk aan die

band.

Dis omdat ons ons eie pad wil gaan

En dit terwyl Hy lankal reeds die pad vir

ons baan.

Sodra ons ophou beur teen die stroom,

Page 12: Wanneer Die Vyeboom Bot

‘n Plek in die son

So is dit dat ons elkeen ‘n plek het in die son

Sorgvry en kommerloos gee ek joune, as ek kon

Maar dan weet ons ook die lewe is ‘n reis

En elke daat wat ons doen het ‘n prys

Vir jou wil ek so graag teen my hart kom druk

En die heel mooiste bos blomme vir jou pluk

Op ‘n bergpiek wil ek jou tuis maak

Sodat jy betyds kan sien as iemand aan kom

Ek wil jou beskerm ten haat en wraak

Net geluk en liefde, jou slotsom

Soveel glimlagte as wat daar minute is in ‘n dag

En net soveel rus en vrede vir elke nag

Heer, laat ons U beskerming sien en beleef

Heer, laat ons U liefde voel elke dag wat ons leef

U alleen bepaal ons rigting na die liggaamlike

dood

U gee ons elke dag ons dag se brood

Vir jou bid ek elke dag van my bestaan

En ek glo die Here sal by jou staan

Die glimlag op jou mond is vir my siel ‘n fees

En jou bestaan is ‘n lied in my gees.

Jy is die rede vir my bestaan

‘n wake-up call

Is ‘n droom soms ‘n wake-up call ?

‘n Roep na jou om iets op jou hart te druk ?

Praat die Here met mens deur drome ?

‘n Stap onder deur ‘n lang ry bome

Of om die dood in die oë te kyk en dan wakker te

word

Heer, U gee my ‘n droom waar ek geskiet word

U laat my algehele vrede en vreesloos voel

Is dit wat U vir ons wil kom leer ?

Al is dit so wetteloos om ons U is vir ons in

beheer.

U lei ons wat in U glo aan die hand

U beskerm ons deur die doodskadu

Heer, U liefde is ‘n versekerde band

Wat ons beskerm teen al die aanvalle van buite

Heer, daar is so baie dinge wat vir ons duister is

Dinge wat ons nie kan verstaan en baie meer wat

ons nie ken

Miskien is dit ook maar beter dat sommige dinge

duister bly

U het ‘n rede waarom ons nie ons toekoms moet

weet

Heer, ek bid vir ‘n land wat op ‘n ramp afstuur

Slegs U ingryping kan ons red

Slegs U liefde kan ons beskerm.

‘n Skip op ‘n storm see is ons land

Sonder ‘n stuurman voel dit soms

‘n Klomp dronk matrose wat nie omgee vir die

ander

Heer, stuur ‘n lamp in die nag, ‘n reddingsboot

Page 13: Wanneer Die Vyeboom Bot

‘n Wonderwerk

Voorwaar nog ‘n wonderwerk

Nog ‘n bewys van God se mag sonder perk.

Slegs ‘n moeder sal weet hoe dit voel.

Nog ‘n mensie word gebore met ‘n baie spesiale

doel.

En net jy en Gavin is die perfekte paartjie om na

hom om te sien.

Om hom ook te leer hoe om die Here te dien.

Daar sal dae kom wat jy nie weet na watter kant.

Daar sal dae kom wat jy sal wonder oor julle

band.

Maar dit sal niks tel invergelyking met die genot.

Dit sal soos mis voor die son verdwyn danksy

God’s gebod.

Mag die kleinding vir julle net vreugde bring.

Mag hy vir julle ‘n rede wees om God’s lof te

besing.

Soms word mens se hart seer wanneer hulle

ongelukkig is.

En mens word van al hul geluk en pyn, gou

bewus.

Onthou net, jy is spesiaal vir hom uit gesoek.

Om vir hom voor te lees uit ‘n storie boek.

Die wonder van ‘n kind is sonder woorde.

Die geboorte daarvan, soos ‘n lied met duisend

akkoorde.

Jy is deel van ‘n baie spesiale spesie.

Die vrou – die oppasser van ‘n wonderlike

spesie:

Dis nou die man en sy kind.

Mag jy net vreugde van hul albei vind.

Mag jy die woorde vind as daar troos kort.

Mag jy wysheid vind wanneer daar iets skort.

Mag jy instinktief weet wanneer om vas te hou.

Mag jy weet wanneer om eenkant te staan en

alles te beskou.

Die woorde is te min om te beskryf wat ek wil

sê.

Maar mag jy alles ontvang wat jy moet hê.

Soms is daar ‘n rede waarom jy nie alles kry wat

jy soek.

Soms voel jy alles dryf jou in ‘n hoek.

Maar moenie gaan lê, as jy kan staan.

Die Here self hou jou hand waar jy ook al gaan.

Mag alles voorspoedig vir jou wees.

Naweek

So het dit alweer naweek geword

Elkeen van ons het ons eie planne

Onbewus of ons dit regtig sal kan uitvoer

Lank het ons gewag, alles beplan op die bord

Alles ingedeel vir die spanne

Dalk beplan vir ‘n wonderlike toer.

Maar ja, die Here alleen weet wat wag

Want Hy dra ons dag na dag

Alles het Hy lankreeds sorgvuldig beplan

Hy sien mos wanneer en waar ons kan

Sonder kommer kan ons vra vir Sy beskerming

En standvastig en uit volle bors kan ons sing

‘n Jubellied tot Sy eer en verheerliking

Want wat ook al gebeur Hy het reeds sy Engele

in plek

Hy het reeds die nodige Hande versterk

En sou dit nou ons tyd wees om na Hom te gaan

Maak Hy seker ons is rustig en wis nie die weg

vir ons gebaan

So geniet dit wat jy beplan

In Sy Naam is daar niks wat jy nie kan

Vra Sy beskerming oor jou lot

En gaan geniet elke oomblik

Want die lewe is kort

En met jou is die Here in Sy skik

Page 14: Wanneer Die Vyeboom Bot

Sê wie

Dis die vraag : Sê wie ?

Ons is tog so gou elkeen met sy eie opinie

Mense sal altyd verskil in mening

Net soos party gesels en ander sing.

Al die dinge maak mens seer

En soms voel dit ons verloor beheer

Die dinge gebeur nog al die lewe deur

Hoeveel mense moet al vir eeue so voortbeur

As gevolg van tegnologie en te veel mense op

aard

Voel dit geweld is los op volle vaard

So maklik wil ons oordeel en ander versleg

Hoeveel mense se gevoelens word deur ons eie

woorde verdelg ?

Die mensedom is tog so delikaat

So maklik kan ons ‘n ander skaad

Die sterkste wapen bly die tong en die woord

wat dit spreek.

En ander kere maak daardie selfde tong jou hart

week.

U wonderlike liefde

Ek luister na die ritseling van die grassade

En hoor U roepstem ‘n belofte van lewe aan my

fluister

Ek sien die sterreprag en hemelliggame wat

glinster in die lug

En ek sien die skitterblink wat U uit liefde in ons

oë plaas

Ek sien die voëls se werkskaf en hoor hul vrolike

sang

En ek verstaan waar kom die lied in my eie hart

vandaan

Ek voel die aanraking van my geliefde se

liefdevolle hand

En ek weet U alleen het hom spesiaal vir my

geskape

Soms wil die lewe se aanslae my moeg maak en

afmat

Maar dan onthou ek U opoffering en U pyn

Ek onthou van U Seun wat U moes laat los vir

ons

Maar ek onthou ook dat U Hom weer daar gaan

haal het

Heer, ons lofsang klink maar sag teen U

Engelemag

Maar U hoor elke woord daarvan en gee wat U

kan

U gee ons middelik maar soms kyk ons dit mis

Heer, leer ons om werklik te luister

Leer ons om met skerp en wakker oë te kyk

Leer ons om met ons hele siel en wese te voel

Heer, laat ons trots en regop stap

Dankie vir U wonderlike liefde

Page 15: Wanneer Die Vyeboom Bot

IN DIE PALM VAN SY HAND

Ek plaas jou saggies in palm van God se Hand

Ek bid vir verligting op ‘n seer hart

Niemand sal jou Pa se plek kan inneem

En in ‘n tyd vol vreugde en samesyn is dit altyd

die moeilikste

Heer, bring “sweet memories” aan ‘n dogter

En klein onthoudjies vir ‘n gebroke eggenoot

Bring ‘n glimlag aan oupa se grootoog

Iewers is ‘n broer of suster wat verlang na ‘n

vertroostende woord

Heer, ons almal gaan eendag rus en ontvlug van

‘n moeë liggaam

Maar dis swaar vir die wat moet agter bly en net

die onthou het

Stuur soetdrome as kontak en raad op ou

antwoorde

Gelukkig kan ons weet dat die rus pynloos is

Gee ons daardie vertroosting om aan vas te hou

Gee ons daardie hoop om ‘n toekoms op te bou

Heer, U genade is sag en ontfermend vir die wat

in U glo

Beskerm hierdie wonderlike mense wat U so

nodig het

Dankie vir gebede wat U reeds beantwoord het

Dankie vir die hulp wat U reeds vir hulle gestuur

het

Heer, dankie vir U liefde en bystand

Mag jy vertroosting vind in die paar woorde

Mag jy werklik berusting vind vir ‘n moeë hart.

WAAR IS DIE WAG ?

Heer, waar is die wag wat voor ons mond moet

kom ?

Waarom sê ons so baie dinge en laat ander seer

en stom ?

Weet ons dan nie dat woorde soms die seerste

maak ?

Weet ons dan nie dat woorde veel dieper kan

raak ?

Heer, U alleen ken ons elkeen se diepste binneste

wese

U ken elkeen wat geestelik gemartel word se

grootste vrese

Wie is ons om ander te oordeel, is ook ‘n vraag

Maar wie is hulle om gevoelens te gebruik om U

uit te daag

Heer, waar trek jy die lyn tussen bly en gaan ?

Hoe ver voor besluit om te luister na ander wat

jou maan ?

Heer, die vrae is soveel meer as die antwoorde

Die twyfel soveel dieper as die diep blou see

Die lidtekens diep weg gebêre agter opgeruimde

grappe

Heer, ek bid vir elkeen wat vandag met seer in

hierde dag sit

Gee dat hulle berusting in U woorde vind

Niemand is ‘n ander se slaansak, nie met woorde

of met vuiste

Heer, U het ons vir mekaar gegee om in liefde

mekaar by te staan

Maar, liefde maak nie seer, liefde beteken nie om

jou wil op ‘n ander af te dwing

Heer, liefde beteken om mekaar te respekteer

Liefde is om jou beste vir ‘n ander te gee

Liefde is geduldig en verstaan

Heer, ek bid vir die wat ‘n ander wil benadeel

Gee U Gees van liefde vir elkeen wat bestaan.

Dis wonderlik om in liefde by mekaar te staan

Dankie vir U wonderlike liefde

Page 16: Wanneer Die Vyeboom Bot

‘n Gebed vir iemand spesiaal

Heer, ek bring hierdie wonderlike mense voor U

voete neer

Ek weet hul smag na U aanraking, weer en weer

U ken hul pyn en U hoor al die baie smeek gebede Heer, stuur ‘n werkbare antwoord op hul vrae

Dis alleen deur U liefde wat U hul dra

Vul hul gedagtes met vrolikheid en dankbaarheid

Verlos hul kind van sy probleme en gee hom ook

vryheid

Heer, ek weet U sien hul pogings en hoop

Leer hom om saam met U te loop

‘n Klein skietgebedjie is hierdie paar woorde

Maar U omring dit met soet akkoorde

U plaas die woorde op die wind

En bring berusting vir my vriend

Heer, U genade is soveel grootter as enige probleem

U liefde is meer as die sand van die see

U lofprysing styg op na die engele koor

En daar sing hulle dit vir U met ‘n soeteklank.

Heer, dankie dat U ons help nog voor ons vra

Dankie dat U ons hand nooit laat los

My liefste Hemelse Vader

U bring ons elke dag nader

Heer, hierdie mense is spesiaal vir my

Maar ek weet nog baie meer vir U

Want U het hul elkeen na U beeld geskape

maar tog is elkeen sy eie unike vorm en mens.

Hi Heila

Hoewel dit vandag ‘n vrolike dag moes wees,

Al sou ek verkies dat jy hierdie gedig self moes

lees,

Hoewel ek sou verkies dat ons vanaand moes

dans tot die son op kom…

Skat ek ons sal maar tevrede moet wees om te

luister na jou woorde stom….

Die afgelope 3 maande sonder jou was moeilik

….

En elke keer as ek jou iets wou sê moes ek dit

terug sluk.

Die voëltjies se gesang maak my siek,

En skielik is daar geen goeie fliek.

Die koffie het geen smaak.

Luister jy …of het jy ook geen saak ?

Ons, ek, Riana en Susan mis jou geweldig

Maar ons glo jy is gelukkig nou,

Hoor ek ‘n sug ?

Ons sal probeer om op die herrineringe te bou.

Ons sal probeer om te glimlag as ons aan jou

dink,

Al die onthou vat darm so bietjie van die seer

weg

Maar die toekoms lê soos ‘n groot berg.

As ek dink aan alles wat ons saam wou doen,

Skielik is jy nie meer daar…jammer ek probeer

om anders te voel.

Ek probeer om verby dit te kyk…

Eendag sal die misreën wyk.

Eendag sal dit miskien makliker wees

Ek weet met tyd sal die seer genees.

Maar kyk nou hoe morbied ….

Ten minste kan ek darm nog die gedig aan jou

bied.

Gelukkig is jou nuwe huis nie te ver

En ek sien jou wink in elke ster.

There’s always something there to remind me.

Geniet jou dag

Page 17: Wanneer Die Vyeboom Bot

So graag…

So graag wil ek jou in my arms toevou

So graag sou ek jou van jou verlede wou

weerhou

Elke mens verdien iemand om jou te verstaan

Iemand wat saam met jou sal huil as hulle sien

jou traan.

As hierdie paar woorde net sou help om alles te

verander

Net alles kon terug trek soos die see se brander.

Ek wil so graag my arms om jou vou.

Jou net baie styf teen my vashou

Totdat jy alles kan vergeet wat jou seer maak.

Tot die liefde van die Here self jou diepste

aanraak

‘n Glimlag vir die dag is wat ek jou toewens.

Met genoeg pitkos vir die dag, soos ouma se

spens

My vrienskap sal altyd aan jou behoort

En ek sal altyd daar wees in jou lewe voort

Deel van my gebedslys elke aand het jy geword,

Sodat die Here jou met Sy liefde omgort.

So graag wil ek jou in my arms toevou.

Beskerm teen dit wat die toekoms vir jou inhou

Maar dis nie vir my om jou te sê wat om te doen.

Ek sou hoop dat julle weer, in liefde, kan

versoen.

Julle is tog bymekaar gebring om mekaar op te

bou.

Wie is ons om dan te sê: dis tyd om op te hou

Maar soms het mens meer nodig as leë beloftes

en seermaak argumente

Soms het mens meer nodig as om net elke dag

weer teen ‘n muur vas te loop.

So graag sal ek jou teen my vas druk as dit alles

sou verander

So graag sal ek vir jou tonne aandag en liefde

reël.

Wie is ek om te se en te oordeel ?

Wie is ek om raad te gee ?

Weet net ek is altyd daar vir jou.

So het die tyd alweer aan gestap

Kan ons rustig terug sit, van alles ontsnap.

Een gedagte kom elke keer weer by my op….

Vriende soos julle, wat mens nie onder elke

boom uit skop.

Dankie vir al jul liefde, bystand en raad.

Wat gee mens terug vir sulke wonderlike

vriendelikheid ?

‘n Gebed vir welvaart en oorvloed aan Hemelse

genade ?

Heer beskerm my vriende oor die Kerstyd, die

Feestyd.

Gee hul van U genade en Krag om die goeie te

onthou.

Heer laat ons net weer onthou waaroor die Fees

gaan.

Laat ons onthou dat U Seun, Jesus Christus, vir

ons gebore is.

Die begin van die einde.

Einde van die Ewige dood.

Einde van ‘n lewe sonder U genade

‘n Begin van ‘n Ewige Lewe

‘n Lewe waarin ons alles kan hanteer wat die

lewe ons kant toe gooi.

‘n Lewe waarin ons kan glimlag al is die

koekieblik leeg.

‘n Lewe waarin ons kan dankie sê al is ons langs

‘n siekbed.

Heer gee my vriende wat U weet, hulle nodig

het.

Al beteken dit dat hulle nie kry wat hulle wil hê.

Page 18: Wanneer Die Vyeboom Bot

Thank You for previewing this eBook

You can read the full version of this eBook in different formats:

HTML (Free /Available to everyone)

PDF / TXT (Available to V.I.P. members. Free Standard members can

access up to 5 PDF/TXT eBooks per month each month)

Epub & Mobipocket (Exclusive to V.I.P. members)

To download this full book, simply select the format you desire.