vroue: boodskappers - wapadrantek het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat...

20
Vroue: Boodskappers Augustus is vrouemaand. Selfs ‘n jaarlikse vakansiedag ter erkenning van vroue. Die Here sê in Gen 12:2 “Ek sal jou seën sodat jy geseënd sal wees, en vir ander ‘n seën sal wees”. Is dit nie waar nie? Die vrou – die anker – die boodskapper. Jesus het manne as dissipels geroep, maar vroue is aangeraak met ‘n boodskap om mense (jy en ek) heel te maak. Kom ons kyk na ‘n paar van hierdie boodskappers. Marta – die “Petrus” van die vrouewêreld. Bekend as die dienende vrou. Hoor haar belydenis nadat haar broer – Lasarus – al vier dae dood was en in daardie gemoedstoestand sê sy: “Ja, Here ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die een wat na die wêreld moes kom” (Joh. 11:27). Wees verseker dat Jesus jou gaan vra: “Glo jy?” Is jy dan gereed met die boodskap soos Marta: “Ja, Here ek glo in die opstanding want my Here is die opstanding”. Maria – die jong sus van Marta – bekend as die impakvrou. Vir haar was dit alles of niks. Die uitgieting van die olie beteken dat sy haarself uitgiet en beskikbaar stel in diens van die Here.”Sy het die beste deel gekies ...” en wil ‘n impak elders maak. Wil jy – ‘n Maria in die gemeenskap – ‘n boodskap uitdra sodat daar geskrywe kan word: “Dit verseker Ek julle. Oral waar hierdie Evangelie in die hele wêreld (Wapadrant gemeente) verkondig word, sal daar ook vertel word wat jy/sy gedoen het ...” (Matt 26.:13). Vrou word eerste sendeling. Hierdie naamlose vrou wat deur die samelewing afgeskryf is as gevolg van haar los lewe met baie mans, gryp Jesus se lewende water aan en proklameer ‘n hele dorp vir Jesus ... uit daardie dorp (Sigar) het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou ...(Joh 4:29) Jesus wag vir jou en my om ons geestelike dors te les sodat ons die boodskap van die Goeie Nuus kan uitdra. Vrou as eerste getuie en boodskapper van die opstanding. “Na Jesus se opstanding vroeg die Sondagmôre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy van tevore sewe bose geeste uitgedryf het” (Mark 16:9). ‘n Dinamiese vrou wat opreg omgegee het vir ander. Miskien moet ons net hierdie een sinnetjie uit Maria Magdalena se lewe uit haar dagboek haal en dit op onsself van toepassing maak –

Upload: others

Post on 14-Apr-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

Vroue: BoodskappersAugustus is vrouemaand. Selfs ‘n jaarliksevakansiedag ter erkenning van vroue. DieHere sê in Gen 12:2 “Ek sal jou seën sodatjy geseënd sal wees, en vir ander ‘n seënsal wees”. Is dit nie waar nie? Die vrou – dieanker – die boodskapper. Jesus het manneas dissipels geroep, maar vroue isaangeraak met ‘n boodskap om mense (jyen ek) heel te maak. Kom ons kyk na ‘n paarvan hierdie boodskappers.

Marta – die “Petrus” van die vrouewêreld.Bekend as die dienende vrou. Hoor haarbelydenis nadat haar broer – Lasarus – alvier dae dood was en in daardiegemoedstoestand sê sy: “Ja, Here ek glo vasdat U die Christus is, die Seun van God, dieeen wat na die wêreld moes kom” (Joh.11:27). Wees verseker dat Jesus jou gaanvra: “Glo jy?” Is jy dan gereed met dieboodskap soos Marta: “Ja, Here ek glo indie opstanding want my Here is dieopstanding”.

Maria – die jong sus van Marta – bekend asdie impakvrou. Vir haar was dit alles of niks.Die uitgieting van die olie beteken dat syhaarself uitgiet en beskikbaar stel in diensvan die Here.”Sy het die beste deel gekies...” en wil ‘n impak elders maak. Wil jy – ‘n

Maria in die gemeenskap – ‘n boodskapuitdra sodat daar geskrywe kan word: “Ditverseker Ek julle. Oral waar hierdieEvangelie in die hele wêreld (Wapadrantgemeente) verkondig word, sal daar ookvertel word wat jy/sy gedoen het ...” (Matt26.:13).

Vrou word eerste sendeling. Hierdienaamlose vrou wat deur die samelewingafgeskryf is as gevolg van haar los lewe metbaie mans, gryp Jesus se lewende wateraan en proklameer ‘n hele dorp vir Jesus ...uit daardie dorp (Sigar) het baie van dieSamaritane in Jesus begin glo op grond vandie woorde van die vrou ...(Joh 4:29) Jesuswag vir jou en my om ons geestelike dors teles sodat ons die boodskap van die GoeieNuus kan uitdra.

Vrou as eerste getuie en boodskapper vandie opstanding. “Na Jesus se opstandingvroeg die Sondagmôre, het Hy heel eersteaan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hyvan tevore sewe bose geeste uitgedryf het”(Mark 16:9). ‘n Dinamiese vrou wat opregomgegee het vir ander. Miskien moet onsnet hierdie een sinnetjie uit MariaMagdalena se lewe uit haar dagboek haalen dit op onsself van toepassing maak –

Page 2: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

2

(vervolg van bladsy 1)

Geseënd is elkeen wat die pad van Maria Magdalenaloop. Die boodskap: Jesus lewe!

Die uitverkore vrou. “Ek is tot beskikking van die Here.Laat met my gebeur wat U gesê het” (Luk 1:38). Diewoorde spreek van nie net meer ’n tiener nie, maar ‘nvolwasse vrou, iemand wat die weg van God ken – ‘n waremodel. Die mens wat teenwoordig was gedurende Jesusse geboorte en sterfte. Maria as gelowige, voorbeeldigevrou, ma, kan as onbeskryflik uitverkore beskryf word.Elizabeth Eybers vervat die rol van Maria so mooi in haargedig (hier langsaan). Is jy beskikbaar vir die Here? IndienJA, val in by Maria se loflied-boodskap en wees bly datGod hom oor die geringes - soos ek en jy - ontferm.

Vrou, mag jy die wierook wees waarvan “... die geur diébereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan” (2Kor 2:15). Mag dit jou vreugde-boodskap wees.

Alwyn Röhrs †

'n Engel het dit self gebring,die vreugde-boodskap - en jy het'n lofsang tot Gods eer gesing,Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skeien bure-agterdog jou pla,het jy kon dink, eenmaal sou HYdie heel wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langsJou liggaam stryk ... die stilte instaar ...wis jy met hoeveel liefde en angssou HY sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneenom in jou nood jou by te staan –het jy geweet dat HY alléénGetsemané sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste komom nederig hulde te betoon,wis jy hoe die soldate homas koning van die volk sou kroon?

En toe Hy in jou arms lê,Sy mondjie teen jou volle bors,het jy geweet dat HY sou sê,toe dit te laat was, Ek het dors?

Toe dit verby was, en jy metSy vriend Johannes huis toe gaan –Maria, vrou van smarte, hetjy toé die boodskap goed verstaan?

ELIZABETH EYBERS

Page 3: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

3

BeroepenuusBEROEPE ONTVANG

Ds FJ van Rensburg (Frikkie) van Rustenburg-Noordoos na Kemptonpark.

BEROEPE AANVAARProponent PW Smit (Wouter) na Vereeniging.

BEROEPE BEDANKDs MH le Roux (Marco) van Newcastle na Kemptonpark.

Page 4: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

4

My Goggo-belangstellingVan ons ouer lidmate sal moontlik onthou dat daar in die vyftiger- en vroeë sestigerjare sulke snaakseklein motortjies op die paaie was. In die algemene spreektaal is na die karretjies verwys as`goggomobiele’. Dit was egter nie heeltemal korrek nie aangesien daar wel ‘n fabrikaat was met die naamvan Goggomobiel. Van die ander motortjies was Fiat 500/600, BMW Isettas, Messerschmitts, Vespa,Autobiachi ens. In Engels is na die motortjies verwys as `bubble cars’ en was die oorsprong daarvanmeerendeels in Europa. Na die tweede wêreldoorlog was die mense maar arm en was so `n kleinkarretjie darem beter as ‘n fiets of motorfiets. ‘n Paar Japannese vervaardigers soos Mazda, Honda enSubaru het ook met klein motortjies begin.

Ek het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeldmotorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte uitgespreek het dat ek eendag ‘n kar sou wourestoureer. Eendag bel Pieter my: ‘Pa soek Pa ‘n Goggomobiel om te restoureer?’ Nodeloos om te sê myantwoord was onmiddelik: ‘Ja, dit sal ‘n oulike kar wees om aan te pak!’

Die vorige eienaar het ‘n effense poging aangewend om werk aan die Goggo te doen maar nie te vergevorder nie en toe belangstelling verloor. So het die karretjie onder `n afdak gestaan as woonplek vir ‘npaar hoenders en rotte. Die vorige eienaar is toe oorlede en ek het die Goggo aangekoop en gaan haal.Om so `n verwaarloosde kar uitmekaar te haal is maklik en goedkoop. Die duur items is natuurlik dieaankoop van nuwe onderdele en wel vanuit Duitsland waar dit beskikbaar is. Gelukkig is daar die MicroCar Club van SA waarby ek aangesluit het. Van die lede het ook nog onderdele en natuurlik baie goeieraad wat welkom is as dit jou eerste projek is.

Die karretjie is na vier jaar voltooi en was die troukar by my twee kinders se huwelike. (Die bruide hetegter nie in die karretjie gepas nie, maar het die gogga as agtergrond gebruik vir foto’s).

Sedert die voltooiing van die Goggo het ek nog `n paar ander karretjies, o.a. BMW Isetta, aangeskafwaarmee ek tans besig is.

Kom besoek gerus die Cars in the Park motorskou op 5 Augustus op Zwartkop-renbaan. ~Piet Koelewyn

Troukar

Die BMW Isetta waarmee ek besig is

Goggomobil Coupe saam met `n Goggo Limosine

Page 5: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

5

Moreleta Plaza

Vrug van die Gees8

1

3 6

7 5

9 4

2

Rekenaarherstelwerk Virusverwydering

Rekenaarverkope Rugsteunoplossing

UitroepdiensteNetwerke

Page 6: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

6

Wapadrant Brokkies

ENKELOUER BEDIENING BIED AAN:

VROUEDAG VOET SPADONDERDAG 9 AUGUSTUS 2018

10H00 – 12H00WAPADRANT AMFI TEATER

ALLE DAMES WELKOM!

RSVP TEEN 3 AUGUSTUS BYANRI KEMP

Selfoon: 083 256 1508

ENKELOUERBEDIENING BIED AAN:

VROUEDAG-VOETSPADONDERDAG 9 AUGUSTUS 2018

10H00 – 12H00WAPADRANT-AMFITEATER

ALLE DAMES WELKOM!

RSVP TEEN 3 AUGUSTUS BY ANRI KEMP

Selfoon: 083 256 1508

ENKELOUERBEDIENINGBIED AAN:

MAANDAG 24 SEPTEMBER 201813H30 – 17H00

WAPADRANT – LANGS ASBESLOKAAL

RSVP TEEN 20 SEPTEMBERby ANRI KEMP

Selfoon: 083 256 1508epos: [email protected]

of kontak die kerkkantoor

Kleingroep G028 se vol-gende koekverkoping vind VANDAGasook Sondag 26 Augustus plaas tus-sen die oggenderedienste in die amfi.Fondse word hoofsaaklik gebruik omgetraumatiseerde en gestremde vol-

wassenes te ondersteun. Kontakpersoon Dalene Erasmus

082 322 6458

Wapadrant Praat saamNagmaal: Toe en nou

Die eerste kerke se nagmaal het heeltemal an-ders gelyk as ons s'n. Meer nog, hulle hetheeltemal ander fokusse en prioriteite gehad.Dit het hulle manier van nagmaal vier dramatiesbeïnvloed. Wat kan ons by hulle leer? Waaromhet dit verander? Moet ons dalk radikaal andersdink oor nagmaal en hoe dit moet lyk?

Meer prakties: Mag kinders en heidene nagmaalvier? En hoe gereeld moet dit gebeur? Watmoet ek maak tydens die viering?

Kom luister 19 Augustus om 17:30 in die kerkge-bou. ~ Wilhelm

Die KRUIK Uitreiknaweek na Sloet enMarietjie in Ficksburg is die langnaweek van21-24 September 2018.Indien enige gesin of individue wil saamgaan,kontak asb vir Anlia du Plessis by die Uitreik-kantoor by [email protected] VOOR24 Augustus 2018

PLATSAKOPSIE R19 900

Page 7: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

7

Hoe weet ek of ek op die Here se pad is?

Psalm 25

Selfoon: 083 256 1508Selfoon: 083 256 1508Hoe weet ek dat ek op die Here se pad is? Daar duikdikwels situasies op waarin jy vra: Maak my u wil bekend,Here, leer my u paaie. (Psalm 25:4)

WAAROM DIE HERE SE PAD KEN?

selfversekerd, beweer dat jy in die geloof optree, maar iseintlik net met jou eie agenda besig. Jy jok vir jouself. Daaris dinge wat deel van jou lewe geword het, wat besluitebepaal, maar wat eintlik niks met God se wil te doen het

tyd lank.

Maar skande kom oor jou, wanneer die waarheiddeurbreek. Jou kastele wat vir hierdie wêreld goed gelykhet, staan op sand. Daarom kraak die mure.

Jou geldsake werk nie uit nie, omdat jy jou geldgodMammon gedien het. Luukshede het jou besluitebepaal. Oneerlikheid het groot winste ingebring.Jou huwelik val uitmekaar. Buite-egtelike verhoudingskom aan die lig.Die afskeep van jou kinders se geestelike opvoedingdra teleurstellende vrugte.

KAN EK DIE HERE SE PAD KEN?

vra. Ons soek vinnige antwoorde, maar dan kry ons ditbaie kere nie. Is dit dan moontlik om die Here se pad teken?

Die Here wil sy paaie aan ons bekend maak. Die sekerheiddaarvoor lê in God se liefde en trou (Ps 25:6). Hy is ons

Redder, daarom wil Hy ons op die regte pad lei. Dit is nienet mense sonder sonde aan wie die Here sy wil bekendmaak nie! Selfs vir sondaars wys Hy die pad aan (Ps 25:8).So sterk is Sy liefde, dat Hy sondes vergewe. Israel is uitdie Egiptiese slawehuis gered en toe is Sy wet aan hullegegee. Die Seun van God se naam is Jesus, dit is: Verlosservan sondes. Hy dra die vloek van hulle wat die pad bystergeraak het. Hy stort ook Sy Gees uit om soekendes in diewaarheid te lei.

Ja, ek en jy kan God se wil ken! Die geheim lê in Syverbond met ons. Die nuwe verbond is in Jesus Christusvasgemaak. Hy is weg, die waarheid en die lewe. Sy liefdevir ons staan vas.

NIE NET VRA NIE, MAAR LOOP DIEPAD VAN DIE HEREWie ken dan die wil van die Here? Nie mense wat net hoorvan God nie. Ook nie hulle wat slegs die beloftes en eisevan die verbond ken nie, maar wat dit bewaar. “Liefde entrou is die paaie wat die Here bewandel met dié wat syverbond en verordeninge bewaar.” (Ps 25:10). Jy sal nie diewil van die Here, of die roete van sy paaie, leer ken as jymoedswillig jou eie koers kies nie. Daarom dan ... loop diepad van die Here. En wanneer jy besef dat jy heeltemalafgedwaal het, bid soos Dawid: “Kyk hoe sleg gaan dit metmy en hoe swaar kry ek. Vergewe tog al my sondes.” (Ps

die Here. Dit is nooit te laat om te besef jy het verdwaal,jou sonde te bely en om te draai nie.

Onthou! Die Here wil jou leer om op sy paaie te wandel.Wie Hom soek, sal geseën word. †

Maak my u wilbekend, Here,leer my u paaie.

Psalm 25:4

Deo Gloria KuberbriefDr Callie Opperman

[email protected]

Page 8: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

8

Van GK Rietvallei: Andreas Cornelis en Magdalena Susanna Wilhelmina Croukamp (Labuschagne)Van Duetgemeente: Adriaan Johannes en Simoné van Tonder (van Reenen) en baba LihannVan GK Hartbeespoort: Naomi Smit (van Zijl)Van GK Meyerspark: Pieter Stephanus Albertus en Chrizane Klopper (Hugo)

Henderika Gerharda van DijkenAbraham Nicolaas en Anna Catharina Helberg (van Rooy)Reyno en Laetitia Seymore (Coetzee) en dooplidmate Amelea en Matthys LouisHendrik Petrus, Gerhardt Heinrich en Rosalee Eloise Meyer (Els) en dooplidmate Reynhardt Diet-rich, Karla en Katinka

Attestate

Dr Steve Harris is ‘n internasionalemotiveringspreker met ‘n unieke“bootcamp-vir-jou-brein” boodskap.

Dr Steve spog met ‘n PhD en MBA. Hyis ‘n CEO, skrywer, dramaturg envoormalige wêreldkampioen in sport.

Hy was die Bokke se kopdokter en isnou ook vir ‘n kort oggend lank dieWapdrant-manne se breinbuiger!

manne-ontbytVr. | 17 | 08| 2018 | 7:00

Wapadrant Gemeente Sunrise Road 3, OlympusBespreek via epos aan [email protected]

Gereformeerde Kerk Wapadrant,ABSA rek nr 349 0151 957

Takkode 632 005. Verw: ‘Naam’+ ‘Van’ + OntbytKoste: R150 pp of R1000 vir tafel van 8

BENODIG NOG:

Verblyf vir Dr Harris in

gastehuis (1 nag)

Retoervliegkaartjie Kaap-

stad - Jhb - Kaapstad

Kosborge

Moontlik Kontantborge

Kontak: [email protected]

Page 9: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

9

Liewe vriende en gemeentelede,

"Tipping Point" is ‘n oproep vir alle gelowiges engemeentes om te bid en te vas vir Suid Afrika!

In die Bybelboek van Ester, het die volk Israel by‘n  beslissende keerpunt gekom, wat opgeweldadigheid kon uitloop. Nadat Ester en dievolk Israel  gebid, gevas en hul tot die  Heregewend het, het God op 'n bonatuurlike manieruitkoms en oorwinning gegee.

Moreletapark Gemeente glo Suid-Afrika staanop ‘n "Tipping Point" en voor geweldigeuitdagings en keerpunte wat 'n definitieweuitwerking op geestelike, morele, fisiese enpolitieke vlak van ons samelewing kan hê.

Van die kritieke keerpunte is:Algemene Verkiesing 2019Geweld, misdaad en korrupsieToenemende haat tussen verskillende

rasse- en kultuurgroepeMorele verval en armoedeGrondkwessieAnder beslissende hofsake vir die Kerk van

Suid-AfrikaOns glo dat God volgens 2 Kronieke 7:14 vir onsland en sy mense uitkoms kan gee. Ons opdragis egter om na die Lewende God te draai, Sy wilen aangesig te soek en Hom te vra vir uitkoms.Ons glo ook dat die God van die Bybel dieselfdeGod van vandag is,  en dat Hy vir Suid-Afrika ware herlewing kan en wíl gee asook omdie land te genees en te herstel.

Daarom roep ons alle gelowiges op om deel teneem aan die gebedsinisiatief vanaf 22 Julie2018 tot 22 Augustus 2018:

Om as  families,  vriende, groepe en gemeentes ten minste 3 keer per week saam te kom om vir ‘n uur of langer te bid en God se aangesig te soek.

Om as individue te bid en te vas vir die tydperk en ten minste een uur per dag af te sonder en God se aangesig te soek.

Indien jy/jul deel van die inistiatief wil wees,besoek gerus Moreletapark Gemeente  seFacebookbladhttps://www.facebook.com/moreletapark/. Jykan ook die inligting verkry by:http://www.moreleta.org.

Die inligting rakende die inisiatief sal vanafVrydag 20 Julie 2018 in bogenoemde kanaleverskyn.

Die volgende inligting sal verskaf word:Waarvoor om te bidWat is vas en hoe om te vasLering en inligting oor gebed in die

algemeenDie inligting sal daagliks opgedateer word.

Moreletapark Gemeente se gebedsaksie begin23 Julie 2018. Dit sal elke Maandag, Dinsdag enWoensdagaand van 18:30 tot 19:30, vir die be-trokke tydperk, in die voorportaal van die oudi-torium plaasvind. Ons wil graag soveel moontlikgemeentelede betrek om korporatief saam tebid. Die uitnodiging word ook gerig aan alleChristene in ons omgewing, wat dieselfdegebedsdringendheid ervaar, om saam met onsbyeen te kom.

Adres:           De Villebois Maruelrylaan 1353, Moreletapark             GPS koordinate: S2`49MINV39.61 / e28` 18MIN 26.66

Vir navrae kontak: 012  997 8000 |[email protected]| [email protected]

Groete in ons Vader se wonderlike naam,

Ds Willem BadenhorstMoreletapark Gemeente: Gebedsbediening

Tipping PointWat is die "Tipping Point" gebedsinisiatief?

Page 10: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

10

Statistieke:Ons wil hierdie keer van die geleentheid gebruik maak om ‘n paar ander interessante statistieke en grafieke aan dielidmate deur te gee.

A) Ouderdomsverspreiding van bydraers vs geen bydraers:Die volgende grafiek dui aan die getal bydraes volgens spesifieke ouderdomsgroepe in vergelyking met die potensiale(totale) bydraers van elke groepering oor die laaste 3 jaar. (Die horisontale been van die grafiek verteenwoordigverskeie ouderdomsgroepe en die vertikale been van die grafiek verteenwoordig die aantal bydraepunte in diespesifieke groep.)

Finansiële sake van die gemeente

Die nuutste inligting toon die volgende statistieke hieroor in 2018: (Soos ook aangedui in die grafiek hierbo, volgens diegesinshoof in die databasis se ouderdom)

OuderdomGroepe: 0-19 20-29 30-39 40-49 50-59 60-69 70-79 80-89 90-99 100 +

PotensiëleBydra punte: 28 163 200 209 155 166 145 63 11 2

WerklikeBydra punte: 1 44 120 137 105 125 118 57 7 1

B) Die verdeling van die totale bedrae ontvang per jaar in vergelyking met bydraepunte wat welbygedra het:Die tabelle hieronder dui aan hoe die verspreiding in 2017 plaasgevind het. Wat veral uitstaan, is dat netongeveer 107 bydraepunte die helfte bygedra het tot die totale inkomste vir die gemeente wat uit hierdiebron verkry is. Kyk bv: 107 bydraepunte het R4 811 969/jaar (52 %) bygedra teenoor die res van diebydraepunte (968), wat saam ‘n totaal van R4 366 653/jaar (48 %) bygedra het. Wat hierdie tabelle onderandere ook uitwys is dat daar nog ruimte bestaan vir moontlike verbetering in bydraes, veral in dieonderste 2 kategorieë (660 bydraepunte tans onder R5000/jaar).

Page 11: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

11

C) Wat sou elke bydraepunt gemiddeld moes bydra om die huidige begroting te laat klop?Indien ons die uitgawes van hierdie gemeente gelykop sou moes verdeel het onder al die lidmate, sou ditsoos volg gelyk het. (Hierdie is net ‘n vergelyking en erken ons ook dat dit nooit die geval sou wees nie,omdat elkeen volgens behoefte en met die leiding van ons Hemelse Vader, bepaal hoeveel hy/sy in ‘njaar uit dankbaarheid aan die kerk sou kon afstaan.)

Vir die volgende vergelyking word die syfers afgerond om dit meer verstaanbaar te maak. (Dit is dus nietans akkurate syfers nie, net naastenby.)

Gestel ons benodig afgerond so R1m / maand om die uitgawes van hierdie gemeente te kan dek. (Dit isnatuurlik nie so ver in die toekoms dat ons hierby kan uitkom nie, indien daar met die huidigefunksionering van die gemeente soos tans voortgegaan sou word, met inflasie in ag genome.) Tot opdatum is daar ‘n gemiddeld van 1138 bydraepunte in die gemeente. (Die definisie van bydraepunte issoos volg: getroude man en vrou = 1 bydraepunt, of belydende lidmate in dieselfde gesin = 1 bydraepunt,of enkellopende belydende lidmaat = 1 bydraepunt.)

Dus as ons 1138 sou indeel in R1m / maand dan sou elke bydraepunt of gesin gemiddeld R 879 permaand moes bydra, sodat die gemeente kan funksioneer.

Soos die meeste organisasies het die kerk ook finansies nodig om sy werksaamhede te kan doen en tekan funksioneer. Die hoofbron van die inkomste hiervoor is van die lidmate self, in die vorm van ‘ndankoffer, of anders gestel, ‘n gereelde skenking van geld aan die kerk.

Dankoffers bedrag per jaar: (Opgedeel in groepe)

Bydrae punte watbygedra het: (2017)

Totale bedrae soontvang: (2017)

% van die Totalebedrag ingekry:

R 100 001 - R 201 000 3 R 483 000 5%

R 90 001 - R 100 000 2 R 184 220 2%

R 80 001 - R 90 000 2 R117 596 2%

R 70 001 - R 80 000 4 R299 900 3%

R 60 001 - R 70 000 3 R 192 675 2%

R 55 001 - R 60 000 3 R 175 100 2%

R 50 001 - R 55 000 4 R 206 900 2%

R 45 001 - R 50 000 14 R 668 450 7%

R 40 001 - R 45 000 12 R 514 488 6%

R 35 001 - R 40 000 21 R 788 840 9%

R 30 001 - R 35 000 9 R 291 900 3%

R 25 001 - R 30 000 30 R 828 900 9%

TOTAAL: 107 R 4 811 969 52%

R 20 001 - R 25 000 37 R 835 093 9%

R 15 001 - R 20 000 43 R 759 038 8%

R 10 001 - R 15 000 84 R1 053 791 12%

R 5 001 - R 10 000 144 R 1 025 762 11%

R 0 - R 5 000 301 R 692 969 8%

Geen 359 R 0 0%

TOTAAL: 968 R 4 366 653 48%

GROOT TOTAAL: 1075 R 9 178 622 100%

Page 12: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

12

Gemeentekamp Waar: Bosveld Oase (± 1 uur van Pretoria)

Wanneer: Naweek 26-28 Okt 2018.

Koste: Staanplekke R440/ nag; 6 bed-chaletR1500/nag, 4 bed-chalet R1300/nag; 2 bed-kamers R590/nag

Kontak die volgende persone vir inligting enbesprekings:1. PC Kruger [email protected] 076 812 76102. Gerhard Groenewald [email protected] 082 447 7737

Gemeentekamp

Page 13: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

13

B L B Y B E L YY E Y B E L E BB Y B E L E B YE B E L E B Y BL E L E B Y B EB L E B Y B E LL E B Y B E L B

Die woord “Bybel”verskyn 15 keer in die

blok. Omkring hullewanneer jy hulle kry.

Die woord kan inenige rigting geskryf

wees!

JongspamHoe moetek bid?

Vir wiebid ek?

Ek loof U vir ...Here dankie vir ...

Ek is jamm

er oor ... Ek b

id v

ir ...

Help my asb ...

Almal w

at swak is

Leiers (sterkes)

Opvoeders

Familie

en vr

iende

Myself

a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z

,

(Ps 119:105)

Gebedshande

Page 14: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

14

Die verjaarsdae vanAugustus is op die kennisgewingbord in die saal

aangebring. Dit is ook beskikbaar op die webbladby:

http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html

Gebedsversoeke

Gebed is seker een van ons belangrikste aspekteas volgelinge van Jesus en daarom wil ons graag

die gemeente aanmoedig om saam en vir mekaarte bid.

Na elke erediens is daar geleentheid vir gebed.Diegene  wat ‘n behoefte het aan gebed, of om virander te bid, word uitgenooi om na die diens bydie preekstoel bymekaar te kom. U kan ook metdie ouderling aan diens of  Magda Prinsloo kom

gesels. Alternatiewelik kan u u  gebedsversoeke indie houers agter in die ingangsportaal plaas.

Broers of susters wat die gawe van gebed ontvanghet, word hartlik uitgenooi om met Magda kontak

te maak en so deel van ons gebedsgroepie teword.

Kontak Magda by 0824145688 of stuur ‘nepos na [email protected]

El-pida nuus:* Lidmate word uitgenooi na El-pida se al-gemene jaarvegadering Do 2 Aug 09:30 vir

10:00 in buitesaal by Valleisiggemeente.* Die Aug/Sept nuusbrief is beskikbaar in die

bruin kas of op die webblad by:http://www.wapadrant.co.za/el-pida-

nuusbrief.html

Page 15: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

15

Wag op die Here

In ons wandel met die Here is Sy tydsberekeningseker een van die moeilikste dinge om te be-meester. Ons sukkel om verby die woorde van 2Petrus 3:8 te kom: “...vir die Here is een dag soosduisend jaar en duisend jaar soos een dag.” As onsbid en iets vra, dan soek ons dit nou en nie laternie.

Die moeilikste deel van wag ... is om te wag. Wagbehels tyd en ons weet nie wanneer ons wag verbysal wees nie.

Het jy jouself al gevang dat jy by ‘n kasregister wagdat die strokie uitdruk en dan is jy so haastig dat jysommer jou hand wil uitseek om die strokie aan tehelp? Werk dit? Druk die strokie vinniger? Nee,beslis nie.

Ons is inherent ongeduldig en die “kitskultuur”waarin ons leef, maak dinge beslis nie vir ons mak-liker om geduldig te wees nie. Geduld is ‘n vrug vandie Gees. Dis ‘n geestelike eienskap wat die Herewil hê ons moet ontwikkel.

Die verhouding wat daar tussen sweefartieste indie sirkus bestaan, beeld op ‘n besonderse manierdie houding uit wat ons in ons verhouding met dieHere met hê. Dit beteken: Laat los, wag en vertrou.

Die sweefartieste met die naam Flying Roudellas,vertel dat daar tussen die een wat die swaai laatlos en die een wat hom of haar moet vang, ‘n baie

spesiale verhouding is. Die verhouding behels baiebelangrike reëls: die een moet laat los en die andereen moet vang. Die een wat die swaai laat los, gooias’t ware sy lyf in die lug in en vlieg deur die lug. Sytaak is om aan te hou vlieg totdat die sterk handevan die vanger hom op net die regte oomblik vang.Die een wat die swaai los, moet nooit probeer omdie vanger te vang nie. Die een wat die swaai los,se werk is om in absolute vertroue te wag. Dievanger sal hom vang, maar hy moet wag.

Terwyl ons wag, kan ons leer. Hoe langer ons wag,hoe meer hoor ons van die Een vir wie ons wag.Wag is nie ‘n statiese toestand nie; dis ‘n tyd waarGod agter die skerms werk en die primêre fokusvan Sy werk is ek en jy.

Dit laat ons beslis weerloos as ons sekere dinge inons lewe laat vaar: ou gewoontes, dinge wat niegoed vir ons is nie en dinge wat ons terughou. Diegesegde “Laat los en laat dit aan God oor” laat onsbroos. Daar mag miskien ‘n lang pouse wees waarons voel ons hang net tussen hemel en aarde metniks onder ons om ons te vang nie.

Dis moontlik om te misluk en ongeduldig te raak ente besluit om dinge eerder in ons eie hande teneem. Jy probeer God vang in plaas van om te wagdat Hy jou vang. Wag is ‘n kuns en tydsberekeningis alles. Maar, God is ‘n goeie vanger as ons in ge-hoorsaamheid los, Sy Woord vertrou en niepaniekerig raak nie. †

Ds Jeanine Bevolo-MandersGeplaas in Vroue-Keur

Page 16: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

16

11 Junie 2018Die SkribaGereformeerde KerkGeagte broeder

ONDERSTEUNING VAN TEOLOGIESE STU-DENTE VANUIT INDIË

Soos u bewus is, is ds Rajesh Kumar al in 2008deur die Gereformeerde Kerk Rietvalleiberoep met sendingopdrag in Indië. Deur dieHere se genade was daar al baie vrug op sywerk. Raj en Mukesh Kumar is twee teologiesestudente wat aan ons Teologiese Skoolverbonde is. Hierdie studente het in 2015 in-geskryf vir teologiese studie aan die TSP.

Daar ontstaan elke jaar die behoefte om dietwee broers vir die Desembervakansie te laatreis na hulle familie in Indië. Ons is dankbaarvir die hulp wat ons kry en vra weereens hierdie

jaar vir oop harte en beursies. Ons benodig on-geveer R20 000 vir vliegkaartjies en treinkostes[in Indië].

Kontak vir Wymie du Plessis indien u ‘n sken-king wil maak of doen ‘n betaling in die reken-ing van die Administratiewe Buro.

Die bankbesonderhede is dievolgende:ABSA – 670 140 040 [takkode = 632 005].Verwysing is Kumars

Vriendelike groete

Dr Wymie du PlessisAdministratiewe Bestuurder

Die Administratiewe Buro van dieGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

NPO verw: 055-665-NPO

Vanaf die Dagbestuur

RAPPORT AAN DIE KERKE (uittreksel)

Die Kuratorium het op 19 Junie 2018 te Potchefstroomvergader. Die vergadering word vir ‘n termyn van drie jaarsaamgestel deurdat uit elk van die sewe Streeksinodes in dieGKSA, drie predikante verkies word (vier uit Noordwes watNamibië insluit).

Die dagbestuur van die Kuratore ontvang opdrag om dieonderhandelinge met die Universiteit voort te sit.Genoemde gesprekvoering fokus op die verhouding tussendie NWU en die GKSA.

Voorts word studente deur Docenda in staat gestel om oorafstand te studeer wat die jaarlikse koste per jaar met tweederdes besnoei.

Die Ondersteuningsdiens vir Bedieningstoerusting enBegeleiding is gerig op voortgesette toerusting en praktiesevaardigheidsontwikkeling van predikante asook vanouderlinge en diakens en lidmate. Hiermee saam word ooktoerusting en begeleiding van kerke beplan vir hulle eieuitdra van die Evangelie en vir die uiteindelike plant vankerke.

(Volledige artikel beskikbaar by die kerkkantoor)

DEPUTATE EKUMENISITEITOWERHEIDSAKE (uittreksel)Chairperson: Ds Cassie Aucamp

The Deputy of Governmental Affairs of the ReformedChurches in South Africa (RCSA) has received a mandatefrom the General Synod of the RCSA (2018) to engage on be-half of the Churches with the Government and other impor-tant social institutions such as Parliamentary Committees onmoral-ethical issues of public concern. The viewpoints andrecommendations expressed by the Deputy do not repre-sent the official position of the Reformed Churches in SouthAfrica nor the exact views of our local congregations.

As members of the RCSA we support initiatives aimed atpoverty alleviation, social upliftment and the nurturing ofagricultural skills. We believe that the sensitive issue of landcan be resolved peacefully in a spirit of reconciliation. Wealso endeavor to assist where needed. Conversely, we call onpoliticians to heed the warning of James Gibson (2009:85):Land is a tinderbox issue; with just a few well-placed sparks,a serious conflagaration could ignite in South African politics.

(Volledige artikel beskikbaar by die kerkkantoor)

Page 17: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

17

Almal se mandjieSplinternuwe wit KIC ys-vrieskas(nog in plastiek) met 167 literys- en 72 liter vrieskaskapasiteitte koop @ R3200. Afmetings:1620x500x618. Kontak Errol by0834299231.

Bespreek nou by [email protected] skakel/sms Cassie by 082 377 1112

Te Huur vanaf 1 Oktober 2018:  Enkelkamer in 2-kamer privaat-woonstelJong werkende Christendame soek vroulike woonstelmaat vanaf1 Oktober 2018.  Nagraadse vrouestudent of jong werkende.Enkelbedkamer met en-suite stort in klein tuinwoonstel.  Disgeleë in stil toegemaakte straat in Menlopark met aparte ingang.Dit beskik oor aparte wasgoedkamer, gemeubileerde kleinsitkamer met sateliet-TV en kombuis met mikrogolf, klein oond,stofie en yskas. Parkering binne die erf. Wifi. Kamers kyk Noord.Skakel Machel by [email protected] of skakel0834676437 tussen 18h00 en 20h00 daagliks vir afspraak omtuinwoonstel te besigtig.

SonskynkinderkampWapadrant is die afgelope vyf jaar betrokke by dieSunrise Naskoolsentrum. ‘n Liefdesdaad waarbyWapadrant Gemeente betrokke is om te help metdie versorging van minderbevoorregte kinders wattans suksesvol bedryf word. ‘n Jaarlikse Sonskyn-kinderkamp spesifiek vir hierdie Sunrise-kindersword aangebied vanaf 12-14 Oktober 2018 te JoyUnspeakable (naby Roodeplaatdam).

Om hierdie Sonskynkinderkamp aan te bied vir 35Sunrisekinders beloop R41 275. Ons het werklikjou hulp nodig. Wil jy nie goedgunstig oorweeg omhierdie projek te ondersteun deur ‘n kind ten volleof gedeeltelik te borg nie? Jy kan help deur:* Een kind vir die naweek te borg wat alles insluit,vervoer, akkommodasie, etes @ R1180.* Een kind se 5 etes te borg @ R375.* Een kind se vervoer te borg @ R172.

* Een kind se kampfooi te borg @ R240.* Een kind se versnaperings/koeldrank te borg @R150.* Een kind se vermaak/pret/aanbiedings te borg @R150.* Een kind se toiletsakkie met basiese benodigd-hede te borg @ R100.

Jesus leer ons bid: “Gee ons vandag ons daagliksebrood...” Jou bietjie gee kan ‘n wonderlike verskilmaak aan hierdie Sonskynkinders. Kan ek jouherinner aan Jesus se woorde: “Om te gee ... maak‘n mens gelukkiger” (Hand. 20:35). Om te gee iseen van die maniere hoe ons vir Hom dankie kansê. Jy kan ‘n verskil maak. Kom ons help en borghierdie kinders... Gee met liefde.

NS. Indien daar volwassenes is wat bereid is ommet die kamp te help, kontak Errol by die Jeugkan-toor by 012 991 6429. Jou hulp word waardeer.

Page 18: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

18

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

Chrisante HospitaalbedieningPRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 230029 JULIE – 4 AUGUSTUS 2018Oloff O’brien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 2158118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; BernardTollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

5-11 AUGUSTUS 2018Doulien Knopjes (Woe): 079 4998 392; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;

12-18 AUGUSTUS 2018Oloff O’brien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 2158118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; BernardTollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

19-25 AUGUSTUS 2018Doulien Knopjes (Woe): 079 4998 392; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;

26 AUGUSTUS – 1 SEPTEMBER 2018-07-24Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 2158118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; BernardTollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Henrikus Verhoef:082 558 4450 / 012 993 0919

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

29 JULIE – 4 AUGUSTUS 2018Braam Gous:   361 7632 / 082  468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

5-11 AUGUSTUS 2018Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Cora Vorster:012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856 / 072 275 9134; So-nia Röhrs (Do): 082 807 1698; Anmarie Steyn: 082 562 2839

12-18 AUGUSTUS 2018Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719; DoulienKnopjes (Woe): 079 4998 392;Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; AnmarieSteyn: 082 562 2839

19-25 AUGUSTUS 2018Braam Gous:   361 7632 / 082  468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

26 AUGUSTUS – 1 SEPTEMBER 2018Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Cora Vorster:012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856 / 072 275 9134; So-nia Röhrs (Do): 082 807 1698; Anmarie Steyn: 082 562 2839

2-8 SEPTEMBER 2018Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719; DoulienKnopjes (Woe): 079 4998 392;Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; AnmarieSteyn: 082 562 2839

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465; Doulien Knopjes(Wo): 079 4998 392

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUISPASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALBen Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen;Doulien Knopjes (Wo): 079 4998 392

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL,JAKARANDA, UROLOGIESAndré Sandilands: 081 205 8669 / 071 302 4593; DoulienKnopjes (Wo): 079 4998 392;

KINDERBEDIENING:Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer:991-7229 / 082 450 5091;

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509Matty Coetzee: 072 330 1545

INTERCARE SUB-ACUTE HOSPITAL HAZELDEAN: TEL: 012880 0700Adri Gertenbach: 076 201 4412

BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616:Aat & Thea v d Dussen: 082 332 0855Jan de Beer: 083 286 3960

Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien jyhospitaal toe gaan vir enige operasie of mediese prosedureby [email protected] of (012) 991 5623

Page 19: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

19

My kind gaan deur 'nmoeilike tyd - wat nou?

'n Kollega vertel my dat daar nie nou net helikop-termammas is nie, maar ook grassnyermammas.Dit is daardie mammas wat hul kinders se paadjiesvoor hulle wil skoonmaak en gelykmaak. Ek dink inons harte is alle ma's maar so. Ons wil nie hê onskinders moet swaarkry, seerkry of ongelukkig weesnie.

My kind gaan deur 'n moeilike tyd, wat nou ge-maak? Hoe help ek hom/haar? Feit is, diep in onsharte weet ons dat swaarkry karakter kweek. Maarai, dit is so seer vir ouer en kind.

Indien jou kind dalk gestraf is by die skool, moeniesommer net ingryp nie. Jou kind moet leer om diegevolge van sy/haar dade te dra. Kinders moet ookleer dat verkeerde keuses sekere gevolge het enouers kan nie net kan inspring en alles regmaaknie.

Die Junie-eksamen is pas verby en jou kind is dalkin sak en as oor sy/haar punte. Dalk het hy/sy niehard genoeg geleer nie, of dalk volg hy/sy die ver-keerde studiemetodes. Jou kind kan hieruit leerdat mislukking ons leer om te verbeter. Ons leerhoe om te studeer deur vorige foute. Mislukkingleer ons ook hoe om probleme effektief op te los.Dit moedig ook denke aan - wat kan ek doen omvolgende keer nie weer dieselfde fout te maak nie?

Moeilike tye kweek karakter. Ons almal weet datmoeilike tye vir ons almal uithouvermoë aanleer.In Romeine 5:3 en 4 lees ons:...ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besefdat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sybeurt kweek volharding betroubaarheid van karak-ter; en betroubaarheid van karakter versterk onstoekomsverwagting”.

Elke moeilike tyd waardeur ons gaan is 'n leerkur-we, 'n ondervinding waaruit ons leer. Ons leer deurons foute, sodat ons volgende keer nie weer onstoon teen dieselfde klip stamp nie. Kinders leer

deur moeilike tye empatie aan. Hulle kan nouvriende wat ook deur moeilike tye gaan bystaan.

Ons as ouers se rol is nie om ons kinders se lewe virhulle te leef nie, maar om die aanmoedigers, be-moedigers, troosters en veral voorbidders te wees.Soms moet ons wel waarsku as hulle verkeerdekeuses maak. In die grootwordjare moet kinderssoms hulle koppe stamp, dan kan ons hulle weerop 'n liefdevolle manier wyse raad gee.

Ons kan dalk almal baat vind om die volgende Chi-nese spreekwoord te lees en onthou: Die juweelkan nie gepoleer word sonder wrywing nie: ook niedie mens sonder beproewing nie.

Helena Smith (eKerk) †

Page 20: Vroue: Boodskappers - WapadrantEk het nog altyd ‘n belangstelling in ou motors gehad, sodanig dat ek saam met my seun Pieter gereeld motorskoue bygewoon en ook altyd die begeerte

20

Kameeldrif Damesoggend18 Augustus 2018 8:30 vir 09:00

Uitnodiging

St. Mary’s DSG SaalDuxburyweg, Brooklyn

Gaskunstenaars:

Joseph Clark & Jannie Moolman

Pretoria-Oos Juniorkoor

Kosie BeukesToegang

R160

Tafeldektema:“Deur die oëvan ‘n kind”

Bespreking van sitplek of om as gasvrou op te tree,

kyk na kennisgewingbord in saal.

Gasspreker:Aktrise Elsabe Daneel

OORBETALING VANLIEFDEGAWES AAN

ADMINISTRATIEWE BUROEen derde van die liefdegawes wat Sondaeopgeneem word gaan na die Administratiewe Buroin Potchefstroom.Die tweede kwartaal 2018 se verpligte liefdegawesis soos volg oorbetaal:

Studentekas R20 227Emeritaatsfonds R23 599Bybelverspreiding R3 370GKSA Sustentasie R16 856Kerklike Tydskrifte R 3 370Ekuminisiteit (Buitelands) R 3 370Thusofonds R6 742Dankbaarheidsfonds R 3 370Expando R3 370GKSA Jeugsorg R 3 370TOTAAL R87 644

GROOTDRUK PSALMBOEKE(Totius)

verkrygbaar by Printburo

Met toestemming van die GKSA uitgegee.

Bevat die Psalms, Skrifberymings en dieHeidelbergse Kategismus. Geen melodieëingesluit!

'n Liggewig bundel gerig op siggestremdes!Prys: R295.

Ook beskikbaar by [email protected] [email protected].

Ons spesialiseer in KERKLIKE DRUKWERK.

PrintBuroTel 012 335 9134www.printburo.co.za