verwelkoming - litnet · japie gouws voorsitter aardklop-direksie woord uit die voorsitterstoel...

4
kom fees jóú plek vol 1 verwelkoming Ons vier vanjaar die derde nuwe Aardklop. Onse baba loop al lekker rond en lag, kommunikeer en gesels al te lekker. Ons het ook darem ’n neseiertjie bymekaar. Ons kreatiewe span en idees groei ook jaarliks, en ons feesprogram getuig daarvan. Die baba kort egter steeds baie aandag, liefde en ondersteuning. Dankie aan almal wat Aardklop ondersteun. Borge en donateurs is ’n moet vir enige kunstefees om plaas te vind, so ook teatergangers wat kaartjies koop na uiteenlopende teaterstukke. Feesgangers se voete maak dat stalletjiehouers tevrede is en help dat Aardklop se boeke klop. Plaaslike instansies en besighede wat hulle hande en harte oopmaak en die feesbestuur ondersteun en feesgangers welkom laat voel, dra by tot die ekonomiese inspuiting wat Aardklop elke jaar aan Potchefstroom gee. Kunstenaars wat hulle kreatiwiteit op die Aardklop- verhoë ten toon stel sorg dat Aardklopproduksies met verskeie pryse wegstap. Die belanghebbendes, direksie en bestuur wat die nuwe Aardklop drie jaar gelede laat gebeur het, en steeds laat gebeur, maak die Aardklop-baba stelselmatig groot. Geniet die keurige feesprogram met iets vir almal en koop sommer een kaartjie meer as wat jy verlede jaar gedoen het. Neem iemand wat nog nooit voorheen ’n produksie by Aardklop bygewoon het nie bietjie saam teater toe, dit maak ’n groot verskil! Ondersteun die feesterrein en stalletjiehouers. Woon die interessante gesprekke by en koop ’n boek! Mag almal ’n heerlike Aardklop 2018 beleef. Japie Gouws Voorsitter Aardklop-direksie Woord uit die Voorsitterstoel Japie Gouws direksie: Mnr. Japie Gouws (Voorsitter) Mnr André Geldenhuis Prof. Fika Janse van Rensburg Me. Heinricha Hodgson Mnr. Ivor Price Me. Karen Meiring Prof. Melville Saayman

Upload: others

Post on 18-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: verwelkoming - LitNet · Japie Gouws Voorsitter Aardklop-direksie Woord uit die Voorsitterstoel Japie Gouws direksie: ... Alexa Strachan. Foto: Clinton Lubbe. 4 ko ees ó lek ol fees

kom fees jóú plek vol 1

verwelkoming

Ons vier vanjaar die derde nuwe Aardklop. 

Onse baba loop al lekker rond en lag, kommunikeer en gesels al te lekker. Ons het ook darem ’n neseiertjie bymekaar. Ons kreatiewe span en idees groei ook jaarliks, en ons feesprogram getuig daarvan. Die baba kort egter steeds baie aandag, liefde en ondersteuning. 

Dankie aan almal wat Aardklop ondersteun. Borge en donateurs is ’n moet vir enige kunstefees om plaas te vind, so ook teatergangers wat kaartjies koop na uiteenlopende teaterstukke. Feesgangers se voete maak dat stalletjiehouers tevrede is en help dat Aardklop se boeke klop. Plaaslike instansies en besighede wat hulle hande en harte oopmaak en die feesbestuur ondersteun en feesgangers welkom laat voel, dra by tot die ekonomiese inspuiting  wat Aardklop elke jaar aan Potchefstroom gee. 

Kunstenaars wat hulle kreatiwiteit op die Aardklop-verhoë ten toon stel sorg dat Aardklopproduksies met verskeie pryse wegstap. Die belanghebbendes, direksie en bestuur wat die nuwe Aardklop drie jaar gelede laat gebeur het, en steeds laat gebeur, maak die Aardklop-baba stelselmatig groot.

Geniet die keurige feesprogram met iets vir almal en koop sommer  een kaartjie meer as wat jy verlede jaar gedoen het. Neem iemand wat nog nooit voorheen ’n produksie by Aardklop bygewoon het nie bietjie saam teater toe, dit maak ’n groot verskil! Ondersteun die feesterrein en stalletjiehouers. Woon die interessante gesprekke by en koop ’n boek!

Mag almal ’n heerlike Aardklop 2018 beleef.Japie GouwsVoorsitter Aardklop-direksie

Woord uit die Voorsitterstoel

Japie Gouws

direksie:Mnr. Japie Gouws (Voorsitter)Mnr André GeldenhuisProf. Fika Janse van RensburgMe. Heinricha HodgsonMnr. Ivor PriceMe. Karen MeiringProf. Melville Saayman

Page 2: verwelkoming - LitNet · Japie Gouws Voorsitter Aardklop-direksie Woord uit die Voorsitterstoel Japie Gouws direksie: ... Alexa Strachan. Foto: Clinton Lubbe. 4 ko ees ó lek ol fees

kom fees jóú plek vol2

Once more the City are delighted to host one of the biggest festivals in the country, this of course being the Aardklop National Arts Festival.

As we welcome both domestic and national visitors to our city for this year’s festival, we say to you that this is one of the safest cities in the country and indeed a popular destination to visit in the North West.

We have a variety of good accommodations coupled with a warm hospitality, great shopping mall and a variety of good restaurants. It is in conjunction with Aardklop that we can proudly say that last year a total of 70 000 people visited our city. This is a big milestone for us and it provides a very relevant injection to our local economy.

Potchefstroom, like many cities in our country, are faced with the triple challenges of poverty, unemployment and inequality. During 2017 the festival created more than 300 jobs for our people.

As the Executive Mayor I will have a Mayoral stand were we will market our brand and interact with the festival guests.

This year I hope and believe that all artists will view Potchefstroom as the place to be, and that they will experience an extreme amount of fun and creativity while they are here. We have various local attractions and wonderful people live in this town.

Let our City be your home away from home.

I thank you.

Cllr Kgotso Khumalo, JB Marks Executive Mayor

Aardklop brings hope to our people

Cllr Kgotso Khumalo

verwelkoming

Page 3: verwelkoming - LitNet · Japie Gouws Voorsitter Aardklop-direksie Woord uit die Voorsitterstoel Japie Gouws direksie: ... Alexa Strachan. Foto: Clinton Lubbe. 4 ko ees ó lek ol fees

kom fees jóú plek vol 3

Woord uit die feeskantoor

Vroeër die jaar het Aardklop met die louere as die Gewildste Kunstefees in Suid-Afrika by die kykNET Fiëstas weggestap. BEELD-lesers het ons ook gekies as húlle gewildste fees. Dit sê eintlik bloot: feestyd in Potchefstroom, en lank lewe Aardklop! Dis ons derde jaar aan die stuur, maar amptelik Aardklop se 21ste verjaarsdag. Daarom dek ons die feestafel, en nooi jou uit om aan te sit op die stoel wat jóú pas: teaterstoel, dinkstoel, kampstoel of kroegstoel. Vir ons is elke feesganger kosbaar, maak nie saak hoe hy verkies om te Aardklop nie.

Die program bied weereens ’n opwindend gebalanseerde spyskaart. Daar is musiek, kuns, kos, wyn, komedie en natuurlik ook díép drama. Kunstenaars wat deelneem is divers: vanaf Elvis Blue, Parlotones, Snotkop, Bouwer Bosch, Nadia Valvekens tot Anna-Mart van der Merwe, Marthinus Basson, Antoinette Kellerman, Sandra Prinsloo en Nataniël – elke ikoon verdien immers sy (haar?) troon.

Kom kyk na die talle debuutwerke, en gryp die geleentheid aan om trefferproduksies vanuit die suide by te woon. Kanse om hierdie produksies in jou plaaslike stadsteater te sien, is maar bitter skraal.

En terwyl ons oor die stand van teater gesels – Aardklop besef sy verantwoordelikheid teenoor die kunstebedryf as geheel, en bied hierdie jaar weer produksiebestuurwerkswinkels aan. Ons voeg ook ’n verhoogbestuurkursus by – want hoe moet ’n mens konsert hou sonder goed opgeleide tegniese en ondersteuningspersoneel?

Een van die take van die kunste is om mense aan die praat te kry oor relevante kwessies, en dit is gewis wat produksies soos onder andere Bloed en Bodem, My Seuns, en Huishou gaan doen.

Ons bring 2017 se suksesvolle nuwe projekte terug: Atterbury Trust Pronk Podium het inskrywings van meer as 40 hoërskole ontvang – kom kyk gerus hoe blink ons sterre van môre reeds skyn. By die Rede-kabel gesprekkereeks gaan gemoedere en bloeddruk sekerlik weer styg. Maak verseker ook ’n draai by die

visuele kunste, onder die oorhoofse tema Spoke, diewe en digters – ons verwelkom hierdie jaar vir Diane Victor as feeskunstenaar.

Getrou aan ons belofte aan feesgangers, luister ons na voorstelle. Talle van julle het meer proe- en koservarings versoek, daarom brei ons die aanbod by Roots uit met onder andere Via se kos- en kuierprogram.

Maar genoeg gepraat: Jy is uitgenooi, so kom sit gerus, en fees jóú plek vol. Ons hou intussen jou stoel warm!

Alexa

Alexa Strachan. Foto: Clinton Lubbe

Page 4: verwelkoming - LitNet · Japie Gouws Voorsitter Aardklop-direksie Woord uit die Voorsitterstoel Japie Gouws direksie: ... Alexa Strachan. Foto: Clinton Lubbe. 4 ko ees ó lek ol fees

kom fees jóú plek vol4

fees met dankbaarheid

personeel

belangrike nommersPotchefstroom Medi-Clinic: 018 293 7000 | Meyerstraat 66

Potchefstroom Hospitaal:018 297 7011 | Kruisstraat

Medi-Cross Healthcare Group:018 293 7800 (24 uur)H/v James Morokalaan en Peter Mokabalaan

Cachetpark Mediese Sentrum: 018 293 0472 / 018 297 2124H/v Meyerstraat en Steve Bikolaan

Mooi-Med: 018 293 0802Albert Luthulirylaan

Feeskantoor: 087 527 0023

ER24: 084 124

Brandweer: 018 299 5347 018 293 1111 / 1122 (n/u)

Polisie: 10111

Elektrisiteit: 018 299 5350

Water: 018 299 5480

Die terrein: In geval van enige nood, besoek die GOS-punt (Gesamentlike Operasionele Sentrum) op die terrein.

Daar is etlike instansies en persone sonder wie se onbaatsugtige hulp, geesdrif en ondersteuning Aardklop 2018 nie verwesenlik sou kon word nie.

Ons opregte waardering teenoor:

Noordwes-Universiteit, JB Marks-stadsraad en die SAPD.

Die borge wat die fees moontlik maak.

Ons donateurs: Dagbreek Trust, NATi, AK21, KunsStig, Hiemstra Trust, Koos Marais en die Dippenaar Familietrust. Die KunsStig (“ou Aardklop”) donasies is met dank en erkenning aan Potchefstroom en sy mense vir 17 jaar se gasheerskap van die fees.

MAG Tours & Safari’s, TREES (Toerismenavorsingsentiteit by die NWU), Jonathan Baron vir sy waardevolle raad, en BKD Ouditeure vir hul volgehoue ondersteuning.

Lede van die onderskeie direksiekomitees: Theo Kemp, Dr Mareli Stolp Marida Swanepoel, Ivan Abraham, Anna Davel, Wayne Muller, Nelius Ferreira, Heidi Edeling, Prof Annette Combrink, Jaco van der Walt, Chris Landsberg, Chris de Bruyn, André Geldenhuis, Peet Ryke, Bennie Groenewald.

Elke Potchefstromer wat die fees met hart en siel ondersteun.

Alexa Strachan Bosman Purén Pieter-Jan KappDr. Johan Thom Anne-Marie RaathJacinda DoinetDelmari van Zyl Cornelia van LelyveldWilmer MüllerCindy PurénMadelé Morkel Marteni Burger enDewald van Zyl (DIT & DAT) Kobus LodewyckxTheo KempNelius FerreiraGerhard Jacobs enMarlizé Kruger Anton Malouw

Feesbestuurder Bedryfsbestuurder en FinansiesBestuurder: TegniesKurator: Visuele KunsKoördineerder: LogistiekAssistent: ProgramKoördineerder: Borge, Media en BemarkingKoördineerder: Kuns- en kosmarkMedia, Digitaal en Sosiale MediaKoördineerder: FunksiesGrafiese Ontwerp

VeldtogontwikkelingKoördineerder: VoorportaalKoördineerder: ATKV-Boeke-Oase GesprekkekykNET-Verhoog

OntProp-VerhoogAlgemene Kantoorassistent