vertroue - instituut vir christelike onderwys · die sluitingsdatum is 27 januarie 2017! (sien...

4
1 Jaargang 2017 Uitgawe 8 h/v Starkey en Spioenkop str Waverley [email protected] 012 332 0336 Vertroue In hierdie uitgawe... Vertroue bl 1 Verwelkoming nuwe skool bl 2 Boustene kursus bl 2 Kurrikulum nuus bl 3 Atletiek bl 4 Lees toepassing bl 4 Terugvoer bl 2 Belangrike datums bl 2 My Dopper-dagboek bl 3 Beskikbare pos bl 3 Ons verwelkom almal hartlik terug na n heerlike rustyd. Die terugvoer van die skole getuig dat hier al met groot spoed gewerk word op die pad van 2017. Voordat die wedloop ons heeltemal insluk wil ons u bemoedig met die volgende skrifgedeelte: Spreuke 3: 5-6 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaakn Teks wat mooi sou lyk teen u studeerkamer-, kantoor-, of klaskamermuur. Dit herinner ons, om ons insig (verstand) te gebruik, dit is ook wat ons aan die kinders wil leer. Die Here het aan ons insig en denkvermoë gegee en Hy wil hê dat ons dit tot sy heerlikheid moet gebruik. Daar is natuurlik n groot verskil tussen jou verstand te gebruik en op jou verstand te vertrou. Om jou verstand reg te gebruik hou in dat jy die Here volkome vertrou. Met so n teks teen jou klaskamer se muur is dit goed om te onthou dat jy jou verstand moet gebruik tydens lesvoorbereiding, verdere studie, navorsing en assessering en om dan terselfdertyd bewus te wees van jou volkome afhanklikheid van God. Jy steun dus nie op jou eie insig of verstand nie, want dan word jou verstand n afgod. In Matt. 22 leer Jesus ons dat die verstand belangrik is en dat ons die Here God met ons verstand moet liefhê. Dit beteken dat ons ons verstand moet ontwikkel en Hom daarmee moet dien. Die humanisme leer dat die verstand heers oor die Skrif. As gelowiges leer ons egter dat die Skrif oor die verstand en alle menslike vermoëns heers. Die mens met sy hele verstand onderwerp hom dus aan God en sy Woord. Hierdie teks beklemtoon dat ons die Here moet vertrou met ons hele hart. Dit is n oproep wat gevolge het vir ons denke sowel op ons lewenswandel. In ons lewe word ons geroep om te wandel ooreenkomstig sy wil. Die teks belowe as ons Hom ken in ons wandel hier op aarde Hy ons paaie sal gelykmaak. Dit is met ander woorde n teks wat vir ons die weg aanwys op hierdie pad, die weg na ware lewensgeluk. In elke situasie, elke besluit, alle sorge, alle vreugdes, alle onsekerhede moet ons Hom ken. Die woord weg of weë kom baie voor in die Bybel, lees maar in Psalms 1, 25, 37, 139 ens. Vir ons lê daar groot troos in dat Jesus Christus Homself die Weg noem. Daarom kan ons sê, wandel in al jou weë in die Weg, dit is Christus. Ken Hom, dit beteken erken Hom, vra na Hom, lê aan Hom alles voor, ook alle skoolsake, moeilik of maklik. Wie so in sy lewenswandel op God vertrou en Hom erken word geseën. Dit beteken nie dat daar geen sorge gaan wees nie, maar dat die Here jou optel bo jou sorge. Om die Here te ken en te erken is om Hom te dien in gehoorsaamheid en Hom lief te hê. Dan onderwerp ons ons ook met al ons verstandelike vermoëns aan Hom, die soewereine God.

Upload: others

Post on 04-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 1

    Jaargang 2017 Uitgawe 8

    h/v Starkey en Spioenkop str Waverley

    [email protected] 012 332 0336

    Vertroue

    In hierdie uitgawe...

    Vertroue bl 1

    Verwelkoming nuwe skool bl 2

    Boustene kursus bl 2

    Kurrikulum nuus bl 3

    Atletiek bl 4

    Lees toepassing bl 4

    Terugvoer bl 2

    Belangrike datums bl 2

    My Dopper-dagboek bl 3

    Beskikbare pos bl 3

    Ons verwelkom almal hartlik terug na ‘n heerlike rustyd. Die

    terugvoer van die skole getuig dat hier al met groot spoed

    gewerk word op die pad van 2017.

    Voordat die wedloop ons heeltemal insluk wil ons u

    bemoedig met die volgende skrifgedeelte: Spreuke 3: 5-6

    ”Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op

    jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou

    paaie gelykmaak”

    ‘n Teks wat mooi sou lyk teen u studeerkamer-, kantoor-, of

    klaskamermuur. Dit herinner ons, om ons insig (verstand) te

    gebruik, dit is ook wat ons aan die kinders wil leer. Die

    Here het aan ons insig en denkvermoë gegee en Hy wil hê

    dat ons dit tot sy heerlikheid moet gebruik. Daar is natuurlik

    ‘n groot verskil tussen jou verstand te gebruik en op jou

    verstand te vertrou.

    Om jou verstand reg te gebruik hou in dat jy die Here

    volkome vertrou. Met so ‘n teks teen jou klaskamer se

    muur is dit goed om te onthou dat jy jou verstand moet

    gebruik tydens lesvoorbereiding, verdere studie, navorsing

    en assessering en om dan terselfdertyd bewus te wees van

    jou volkome afhanklikheid van God. Jy steun dus nie op jou

    eie insig of verstand nie, want dan word jou verstand ‘n

    afgod.

    In Matt. 22 leer Jesus ons dat die verstand belangrik is en

    dat ons die Here God met ons verstand moet liefhê. Dit

    beteken dat ons ons verstand moet ontwikkel en Hom

    daarmee moet dien. Die humanisme leer dat die verstand

    heers oor die Skrif. As gelowiges leer ons egter dat die Skrif

    oor die verstand en alle menslike vermoëns heers.

    Die mens met sy hele verstand onderwerp hom dus aan God

    en sy Woord. Hierdie teks beklemtoon dat ons die Here moet

    vertrou met ons hele hart.

    Dit is ’n oproep wat gevolge het vir ons denke sowel op ons

    lewenswandel. In ons lewe word ons geroep om te wandel

    ooreenkomstig sy wil. Die teks belowe as ons Hom ken in

    ons wandel hier op aarde Hy ons paaie sal gelykmaak. Dit is

    met ander woorde ’n teks wat vir ons die weg aanwys op

    hierdie pad, die weg na ware lewensgeluk. In elke situasie,

    elke besluit, alle sorge, alle vreugdes, alle onsekerhede

    moet ons Hom ken.

    Die woord weg of weë kom baie voor in die Bybel, lees maar

    in Psalms 1, 25, 37, 139 ens. Vir ons lê daar groot troos in

    dat Jesus Christus Homself die Weg noem. Daarom kan ons

    sê, wandel in al jou weë in die Weg, dit is Christus.

    Ken Hom, dit beteken erken Hom, vra na Hom, lê aan Hom

    alles voor, ook alle skoolsake, moeilik of maklik.

    Wie so in sy lewenswandel op God vertrou en Hom erken

    word geseën. Dit beteken nie dat daar geen sorge gaan

    wees nie, maar dat die Here jou optel bo jou sorge. Om die

    Here te ken en te erken is om Hom te dien in

    gehoorsaamheid en Hom lief te hê.

    Dan onderwerp ons ons ook met al ons verstandelike

    vermoëns aan Hom, die soewereine God.

  • 2

    Welkom Boustene vir

    Christelik Normatiewe Onderwys

    Johannes 14:6 “ Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”

    Departementeel: Die skooljaar het ’n stormagtige begin gehad

    met duisende leerlinge in Gauteng wat vergeefs op ‘n plek wag.

    Die media het ook wye dekking gebied aan die omstrede

    taalkwessie waar Hoërskool Overkruin en Montana gedwing word

    om Engelse leerders in te neem. Dit is tekenend van swak

    beplanning by die onderwysdepartement of soos Paul Colditz van

    FEDSAS sê, feitlik geen beplanning wat plaasgevind het nie. In

    2015/2016 het die kindertal in Gauteng met 50 000 toegeneem,

    slegs 3 skole is in die tydperk gebou. Selfs as daar elke maand ‘n

    nuwe skool gebou word gaan dit steeds nie in die behoeftes

    voorsien nie. Wat beteken dit vir ons?

    Die department pas dieselfde swak administrasie op die

    privaatskolesektor toe. Een van die kritiese aspekte waarop

    gesubsidieerde privaatskole nog nie terugvoer ontvang het nie is

    die subsidie toewysings. Hierdie inligting moes reeds in

    September/Oktober 2016 bekend gewees het, sodat skole hul

    begrotings daarvolgens kon beplan.

    Matriekslaagsyfer: Tog moet ons nie net op die negatiewe

    fokus en vergeet van al die goeie wat die afgelope jaar in ons eie

    skoolfamilie gebeur het nie! Die ICO skole spog met ‘n 100%

    slaagsyfer. Baie geluk ons is dankbaar dat dit so goed gegaan het.

    Nooitgedacht Akademie het die 2e plek in die distrik behaal en

    van Dirk Postma se 20 matrikulante was daar 46

    onderskeidings. Baie geluk aan Laeveld Akademie asook

    Juventus met ’n 100% slaagsyfer. Ons besef dit is nie slegs die

    graad 12 jaar wat die deurslaggewende rol gespeel het nie.

    Hierdie kinders is van kleins af opgevoed in die weë van die

    Here wat insluit dat daar ‘n hoë premie op werksetiek gestel

    word.

    Ouers, onderwysers en ander volwassenes het ‘n groot rol

    gespeel in hulle vorming. Ons wens hierdie kinders dan ook die

    seën van die Here toe op hul toekomspad, ’n pad waarin hulle

    aangemoedig word om altyd die Here te ken in alles wat hulle

    aandurf.

    Navrae: Loer gerus op www.ico.org.za. Belangrike dokumente insake beleid oor geslotekringtelevisie asook skole en opvoeders se plig by die vermoede van mishandeling is daarop beskikbaar. FEDSAS was ons hier behulpsaam.

    Terugvoer

    Hartlik welkom aan ds. Paula Eksteen en haar span van Midrand Afrikaanse Akademie. Hierdie skool, wat nou deel is van die ICO familie, is gegrond op die Woord van God en die uitleef van Christelike waardes, ’n plek waar eenheid in waardes, godsdiens, en taal gevier word. Die skool waar elke lid voel asof hulle deel is van ’n familie, bied uitnemende akademiese onderwys aan. Hier werk die hele gemeenskap saam. Kinders voel geborge en geniet hul skoollewe!

    Teken die volgende datum in u dagboek aan: 18 Februarie 2017.

    Ouers, sowel as al die nuwe onderwysers is

    welkom om die kursus wat by SARO geakkrediteer is

    by te woon.

    Die inhoud berus daarop dat Jesus Christus die

    groot Leermeester is, Hy maak van gewone sondige mense gebruik om dit wat

    Hy wil, te onderrig.

    Die belangrike rol wat die Christen-onderwyser

    sowel as die Christen-ouer t.o.v. die Christelike-skool

    inneem, word hierin duidelik.

    Bespreek u plek betyds.

    [email protected]

    Boekvoorlesing deur een van die gemeenskap se predikante:

    ‘Huppel en sy maats’

    9 Februarie: Amptelike opening van uitgewery

    25 Februarie: ICO atletiek aangebied deur CCL

    22-29 Julie: Reformasieweek

    24 Julie: ICO onderwysseminaar

    3 September: ICO kunstefees

    31 Oktober: Hervormingsdag

    Ds Paula Eksteen

  • 3

    Nuwe kurrikulum

    Dopper-dagboek Die pragtige Dopper-dagboek doen al in menige

    huis diens! Hy pryk sowaar in Protea boekhandel

    sowel as Jasmyn se boekrakke en les bes daar het

    ook ‘n resensie in verskeie dagblaaie sowel as

    Huisgenoot verskyn!

    Vir ons rede tot

    dankbaarheid. Op

    hierdie wyse beland

    die ICO se naam in

    vele Suid-Afrikaanse

    huise.

    Bestel vandag jou

    eksemplaar vir slegs

    R100.

    (Posgeld uitgesluit)

    Die Waterstroomreeks is by uitstek ʼn Christelike waardegedrewe kurrikulum. Die doel van die kurrikulum is

    om leerlinge te lei na ’n grondige kennis en begrip van

    vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle

    gawes en talente die nuwe kennis in diens van God en die

    gemeenskap te kan aanwend.

    Leerlinge word deur die hele skoolloopbaan gelei om op ʼn

    geïntegreerde wyse in elke vak drie hoofwaardes as

    begronding van die inhoud raak te sien. Hierdie drie

    hoofwaardes is:

    Godsaanskouing: Openbaring. God openbaar Homself

    in Jesus Christus aan die mens.

    Mensbeskouing: Beeldskap. God skep die mens as

    unieke wese, na die beeld van God. God tree in ʼn

    verbondsverhouding met die mens, daarom kan die

    mens in ʼn verbondsverhouding met God tree. Vanuit

    hierdie verbondsverhouding is die mens nie net ʼn

    individu nie, maar ʼn gemeenskapswese wat aan God en

    sy naaste verbind is. Hierdie verbondsverhouding is deur

    die sondeval gebreek, maar deur die verlossing van

    Jesus Christus herstel.

    Skeppingsbeskouing: Roeping. Die mens kry ʼn unieke

    taak of roeping op aarde. Die skepping moet bewerk,

    bewoon en bewaar word (kultuuropdrag) waaraan hy

    gehoorsaam moet beantwoord.

    Hierdie roeping word d.m.v. unieke gawes vanuit ʼn individuele

    roeping binne ʼn bepaalde gemeenskap uitgevoer.

    Elke hoofwaarde word in fyner detail in die leerinhoud verwerk

    sodat die leerling uiteindelik drie vrae kan beantwoord naamlik:

    Wie is God? (Openbaring)

    Wie is ek? (Mensbeskouing)

    Wat moet ek doen? (Roeping)

    Die waardegedrewe handboeke is deur ICO saamgestel en

    voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur die

    departement van onderwys vereis. Dit is ook met ekstra inhoud

    verryk. Die handboeke dek ʼn aantal aspekte van God se

    skepping en die menslike vermoëns om dit te benut, dus hoe

    om natuur in kultuur te omskep.

    God gee in sy Woord duidelike opdragte oor hoe en met watter

    doel sy skepping gebruik moet word. Hierdie handboeke plaas

    ʼn deel van die skepping en die mens se bedrywighede in die

    lig van wat die Bybel ons daaroor leer.

    Met dankbaarheid het ons 2017 afgeskop met die publisering

    van Bybel graad 4 asook Natuurwetenskap graad 4, 5 en 6

    handboeke wat reeds deur van die skole gebruik word.

    Heelwat skole het ’n proefvoorbeeld ontvang. Ons sal enige

    kritiese bydraes opreg waardeer om sodoende van hierdie

    kurrikulum ’n uitnemende produk te maak. Ons werk met groot

    entoesiasme aan die res van die kurrikulum.

    Met groot opgewondenheid betree ons in

    samewerking met Aros en Gereformeerde Skool

    Dirk Postma ‘n nuwe opwindende uitbreiding. Daar

    is al vir ‘n geruime tyd ‘n behoefte aan ‘n uitgewery

    hier in die Moot en

    saam het die drie

    rolspelers besluit om

    hierdie weg te betree.

    Heelwat aansoeke vir

    hierdie pos is ontvang.

    Die sluitingsdatum is 27

    Januarie 2017! (sien

    advertensie hiernaas)

    Hou die pers dop vir

    verdere verwikkelinge.

    Uitgewery

    Ps. 27:11 ”Here leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande”

  • 4

    Nuusflitse

    Flink Dink is die tweede opwindende leestoepassing in die ICO Lees-reeks.

    Die vermoë om effektief te lees is krities tot suksesvolle akademiese prestasie.

    Daarom fokus hierdie leestoep, net soos LEES 1 om leesvaardighede op ʼn

    prettige wyse te verbeter.

    Kort waardegedrewe leesstukke word afgewissel met leesspeletjies wat deur

    Wise Eyes ontwikkel is.

    Hierdie leesstukke en speletjies word volgens moeilikheidsgraad in 24 vlakke

    verdeel. Elke vlak bestaan uit drie dele wat suksesvol bemeester moet word

    voordat daar na die volgende vlak beweeg kan word.

    Die toepassing fokus op: Vaslegging van etiese waardes, leesspoed, oogspier-

    oefening, woordeskat, spelling, visuele geheue, leesbegrip en kennisuitbreiding

    Die kompakte eenvoudige aanbieding van die inhoud maak dit moontlik om

    lees op ʼn drafstap en genotvolle wyse te oefen.

    Die toepassing is gratis beskikbaar op google playstore, die skakel is as volg:

    https://play.google.com/store/apps/details?id=tech.livx.lees&hl=en

    Produkte

    Spreuke 3:5-6 Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie

    op jou eie insig nie. Ken hom in al jou weë, dan

    sal hy jou paaie gelyk maak

    Vriendelike ICO-groete

    Saskia Meijer

    Waterstroom-reeks ICO atletiek

    Plaas u bestelling by die ICO Pryse sluit nie posgeld in nie

    https://play.google.com/store/apps/details?id=tech.livx.lees&hl=en