venster no 45 desember 2016 - bosveld boerbok klub · 2016. 12. 23. · 3 boerbok nuus no 24 is...

13
Beste S.A.BTV Lid Eerstens, hartlik geluk aan Mnr. Hennie Booysen wat as Voorsitter verkies is gedurende die afgelope Jaarvergadering. Om ‘n Leier te wees is nie ‘n maklike taak nie. Ek dink die grootste uitdaging is om kritiek met waardigheid te hanteer! Baie sterkte! Stephanus, hartlik dankie namens al ons lede vir die afgelope 6 jaar se leiding. Dankie dat jy voor gestap het en ons net kon volg. Jy kan met trots terugkyk op dié pad. Skielik is daar groen spatsels in die veld waar daar ‘n paar weke terug nog niks was nie. Daar is weer hoop, ons het reën gehad. Die nood in sekere dele van ons land is egter nog baie hoog, maar ek glo die uitkoms is naby. Die belangrikste is om nooit moed te verloor nie. Moed is dikwels die heel laaste sleutel wat die slot oopsluit! Besluite geneem tydens ‘n Raadsvergadering gehou die 18de Oktober 2016: 1 ‘n Beoordelaars eksamen sal aangebied word die 21- en 22ste Februarie 2017 te Willowmore. Betrokke kandidate is reeds skriftelik uitgenooi. Eksaminatore sal wees Mnre. Stephanus Malan, Koenie Kotzé, Lukas Burger en Kobus Lötter 2 Tatoeëring van bokke sal in die toekoms streng nagegaan word soos die reël vereis. (Later meer hieroor.) 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n boek ontvang het nie, kontak ons asb met ‘n fisiese adres waar ons die boek heen kan koerier @R65/boek. Maak net eers seker b 1. GAUTENG Suid- & Wes-Gauteng vanaf Midrand ingesluit die hele Midvaal gebied (Vaaldriehoek) met die N1 en N3 as oostelike grense onderskeidelik. 2. VRYSTAAT Die hele gebied vanaf die N3 oor Harrismith al langs die Lesotho grens tot by die N8 nasionale pad as suidelike grens en die Vaalrivier as die westelike grens. 3. NOORDWES As westelike grens die distrikte van Bloemhof, Wolmaransstad, Ottosdal, Lichtenburg en Zeerust tot by die Botswana grens op die N4 hoofweg. As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng. y u Klub-Voorsitter of hy nie dalk vir u ‘n boek by die AJV geneem het nie. 4 Die grense van die Sentrale Binnelandse Boerbokklub is soos volg goedgekeur: Die Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging Tel: 051-6333744 E-pos: [email protected] Geagte Lede Pred. 4:9 & 10 “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp.” Aan die hande van hierdie vers kom ons vat hande en stap die pad. Eerstens wil ek net weer baie dankie sê aan elkeen van u vir die vertroue wat u in my gestel het. Ek sal my beste gee vir die SABTV binne menslike vermoë. Tweedens, wil ek graag die volgende sien in die toekoms stabiliteit in die bedryf, samewerking, eensgesindheid en sonder afguns. Kom ons bou die Boerbok, Kalahari Red en Savanna rasse uit tot nog beter en hoër standaarde. Dankie, aan Michelle en Marizelle, julle doen uitstekende werk, hou so vol. Indien enige iemand 'n probleem het, moenie twyfel om my te kontak nie, ek sal met raad en hulp u bystaan. Ek dank u. Hennie Booysen President, SABTV BOERBOK VENSTER NO 45 Desember 2016 IDENTIFIKASIE Die Vereniging se amptelike stelsel van permanente identifikasie van alle aangetekende bokke is tatoeëring en dubbele oorplaatjies en/of oorkodemerke. Die identifikasie sal bestaan uit - 'n kuddekenmerknommer wat nie meer as VIER spasies mag beslaan nie; 'n jaarsyfer wat sal bestaan uit die laaste TWEE syfers van die jaar waarin die bok gebore is; en 'n volgnommer van elke bok wat nie meer as VIER syfers sal beloop nie. Die kuddekenmerknommer kom in die regteroor, terwyl die jaarnommer en volgnommer in die linkeroor getatoeëer word en met 'n spasie geskei word (m.a.w. 'n spasie tussen die jaarnommer en volgnommer (byvoorbeeld: 05 212). Die nommer op die oorplaatjie en/of tatoeëring mag verskil in sover dit die uitskakeling van nulle aangaan. Byvoorbeeld nommer 05 0001 is dieselfde as 5 1 op die oorplaatjie en/of tatoeëring. Die jaar van geboorte moet altyd die volgnommer voorafgaan. Wanneer identifikasiemerke eenmaal aan 'n bok aangebring is, selfs as dit foutief, vaag, defektief of onleesbaar is, mag dit onder geen omstandighede reggemaak, verbeter, verander of gewysig word nie, tensy vooraf skriftelik deur die Vereniging daartoe toestemming gegee is. In so 'n geval moet die teler die Raad skriftelik versoek en redes aanvoer waarom die bok weer geïdentifiseer moet word. Geen bok mag verkoop of oorgedra word indien die bok nie duidelik geïdentifiseer is nie. Alle lammers wat lewend gebore is en nie binne sewe dae na geboorte vernietig is nie, moet binne sewe dae na datum van geboorte deur die teler gekodemerk of met oorplaatjies in numeriese volgorde gemerk word. Elke jaar moet by nommer EEN begin word.Oorplaatjies moet in die regteroor aangebring word en die bokant van die plaatjie moet die volgende besonderhede aandui: Die kuddekenmerknommer van die teler, die verkorte jaartal en die volgnommer.

Upload: others

Post on 22-Jan-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Beste S.A.BTV Lid

Eerstens, hartlik geluk aan Mnr. Hennie Booysen wat as Voorsitter verkies is gedurende die afgelope Jaarvergadering. Om ‘n Leier te wees is nie ‘n maklike taak nie. Ek dink die grootste uitdaging is om kritiek met waardigheid te hanteer! Baie sterkte!Stephanus, hartlik dankie namens al ons lede vir die afgelope 6 jaar se leiding. Dankie dat jy voor gestap het en ons net kon volg. Jy kan met trots terugkyk op dié pad.

Skielik is daar groen spatsels in die veld waar daar ‘n paar weke terug nog niks was nie. Daar is weer hoop, ons het reën gehad. Die nood in sekere dele van ons land is egter nog baie hoog, maar ek glo die uitkoms is naby. Die belangrikste is om nooit moed te verloor nie. Moed is dikwels die heel laaste sleutel wat die slot oopsluit!

Besluite geneem tydens ‘n Raadsvergadering gehou die 18de Oktober 2016: 1 ‘n Beoordelaars eksamen sal aangebied word die 21- en 22ste Februarie 2017 te Willowmore. Betrokke kandidate is reeds skriftelik uitgenooi. Eksaminatore sal wees Mnre. Stephanus Malan, Koenie Kotzé, Lukas Burger en Kobus Lötter

2 Tatoeëring van bokke sal in die toekoms streng nagegaan word soos die reël vereis. (Later meer hieroor.)3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n boek ontvang het nie, kontak ons asb met ‘n fisiese adres waar ons die boek heen kan koerier @R65/boek. Maak net eers seker b

1. GAUTENGSuid- & Wes-Gauteng vanaf Midrand ingesluit die hele Midvaal gebied (Vaaldriehoek) met die N1 en N3 as oostelike grense onderskeidelik.2. VRYSTAATDie hele gebied vanaf die N3 oor Harrismith al langs die Lesotho grens tot by die N8 nasionale pad as suidelike grens en die Vaalrivier as die westelike grens.3. NOORDWES

As westelike grens die distrikte van Bloemhof, Wolmaransstad, Ottosdal, Lichtenburg en Zeerust tot by die Botswana grens op die N4 hoofweg. As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng.

y u Klub-Voorsitter of hy nie dalk vir u ‘n boek by die AJV geneem het nie. 4 Die grense van die Sentrale Binnelandse Boerbokklub is soos volg goedgekeur:

Die Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging Tel: 051-6333744 E-pos: [email protected]

Geagte Lede

Pred. 4:9 & 10 “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp.” Aan die hande van hierdie vers kom ons vat hande en stap die pad. Eerstens wil ek net weer baie dankie sê aan elkeen van u vir die vertroue wat u in my gestel het. Ek sal my beste gee vir die SABTV binne menslike vermoë.

Tweedens, wil ek graag die volgende sien in die toekoms stabiliteit in die bedryf, samewerking, eensgesindheid en sonder afguns. Kom ons bou die Boerbok, Kalahari Red en Savanna rasse uit tot nog beter en hoër standaarde.

Dankie, aan Michelle en Marizelle, julle doen uitstekende werk, hou so vol.Indien enige iemand 'n probleem het, moenie twyfel om my te kontak nie, ek sal met raad en hulp u bystaan.

Ek dank u.

Hennie Booysen President, SABTV

BOERBOK VENSTER NO 45

Desember 2016

IDENTIFIKASIEDie Vereniging se amptelike stelsel van permanente identifikasie van alle aangetekende bokke is tatoeëring en dubbele oorplaatjiesen/of oorkodemerke.Die identifikasie sal bestaan uit - 'n kuddekenmerknommer wat nie meer as VIER spasies mag beslaan nie;'n jaarsyfer wat sal bestaan uit die laaste TWEE syfers van die jaar waarin die bok gebore is; en 'n volgnommer van elke bok wat nie meer as VIER syfers sal beloop nie. Die kuddekenmerknommer kom in die regteroor, terwyl die jaarnommer en volgnommer in die linkeroor getatoeëer word en met 'n spasie geskei word (m.a.w. 'n spasie tussen die jaarnommer en volgnommer (byvoorbeeld: 05 212).

Die nommer op die oorplaatjie en/of tatoeëring mag verskil in sover dit die uitskakeling van nulle aangaan. Byvoorbeeld nommer 05 0001 is dieselfde as 5 1 op die oorplaatjie en/of tatoeëring. Die jaar van geboorte moet altyd die volgnommer voorafgaan.Wanneer identifikasiemerke eenmaal aan 'n bok aangebring is, selfs as dit foutief, vaag, defektief of onleesbaar is, mag dit onder geen omstandighede reggemaak, verbeter, verander of gewysig word nie, tensy vooraf skriftelik deur die Vereniging daartoe toestemming gegee is. In so 'n geval moet die teler die Raad skriftelik versoek en redes aanvoer waarom die bok weer geïdentifiseer moet word.Geen bok mag verkoop of oorgedra word indien die bok nie duidelik geïdentifiseer is nie.Alle lammers wat lewend gebore is en nie binne sewe dae na geboorte vernietig is nie, moet binne sewe dae na datum van geboorte deur die teler gekodemerk of met oorplaatjies in numeriese volgorde gemerk word. Elke jaar moet by nommer EEN begin word.Oorplaatjies moet in die regteroor aangebring word en die bokant van die plaatjie moet die volgende besonderhede aandui: Die kuddekenmerknommer van die teler, die verkorte jaartal en die volgnommer.

Page 2: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Doornpoort Genetika se veilingsverslag.Deur Corne Du Plessis

Doornpoort Genetika se kleinvee veiling is Saterdag, 10 September, met trots aangebied deur Wholesome Afslaers. Boerbokke, Persies, Skilderpersies, Dorpers en Wit dorpers is aangebied. Doornpoort telers het geen bekendstelling nodig nie. Die gawe manne vanuit die Ooskaap is, Kobus Lötter en sy seuns Boy en Dirk, Mannetjie Lötter, Anton Scheffer, Paul Moore, Callie Wannenburg en die enigste roos tussen die dorings, Ilse Lombard van Vrede. Dit was 'n groot trek vanaf Willowmore, 1 000km, vir Mike die trok bestuurder, hanteerders en diere.

Mense in die kleinveebedryf het baie waardering vir die telers van Doornpoort. Kopers is dankbaar dat hul soveel moeite gedoen het om van hul top genetika hier in Pretoria te kom verkoop. Vrydagaand het die Wholesome span en Doornpoort heerlik saam met potensiële kopers, van so ver as die Kalahari by Conrad en Marietjie Herbst se huis gebraai en gedans tot laat………..

Conrad Herbst wat self baie besig was as “spotter” Saterdag het gehou van die positiewe gesellige atmosfeer tydens die veiling. Vir die afslaer, Corné Du Plessis, is dit altyd 'n voorreg om spogdiere op te veil. Die veiling het teen 'n goeie tempo verloop met kopers wat maklik gebie het. Weereens ten spyte van die droogte en ekonomie se knyptangeffek so laat in die seisoen is baie goeie pryse behaal. “Dit wys dat top genetika steeds verkoop teen goeie pryse”, se Corné.

Lot 1, 'n ooi was 'n skenking van Ilse Lombard aan die Jeugsorgsentrum van Vrede. 'n Allemintige R15 000.00 is behaal te danke aan die kopers wat bly bie het met die bod wat eindelik geval het op Ruza Coetzer en Judy Reid.Duurste ooi is verkoop aan Ruza Coetzer van Vereeniging. Die verkoper

was Ilse Lombard van Vrede. Die pragtige ooi is verkoop vir R 31 000.00. Van links: Judy Reid, Corne Du Plessis(afslaer), Ruza Coetzer, Ilse Lombard en hanteerder, Jack Dlamini. Oom Piet Bezuidenhout van Ventersdorp was die onder bestuur op die spesifieke lot.

Van links: Jack Dlamini, Callie Wannenburg, Judy Reid, Kobus Lötter, Ruza Coetzer, Ilse Lombard, Mannetjie Lötter, Corne Du Plessis, Anton Scheffer(voor) en Paul Moore(agter). Die voorste ooi is verkoop vir R 31 000.00 aan Ruza.

Wholesome Afslaers en Doornpoort wil ieder en elk bedank vir hul ondersteuning tydens die veiling.

Corne Du PlessisAuctioneer

Item Quantity Highest amt Average amount Minimum amount

Stud rams

Flock rams

Stud ewes

Flock ewes

3

8

61

8

7 000

8 000

31 000

5 000

6 333.33

5 187.50

5 349.18

3 437.50

6 000.00

3 000.00

0.00

2 000.00

Page 3: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Weskaap Klub

Agri Expo Livestock, Kaapstad

13-15 Oktober 2016

LUKAS BURGER 18de BOERBOK PRODUKSIE VEILING21 September 2016

Aangebied deur André Kock en Seun en GWKAfslaer: Deon Klopper

25 Kudde Ramme verkoop @ R6 636 gemiddeld. 24 Stoet Ramme verkoop @ R21 785 gemiddeld.

Duurste Boerbok ram verkoop vir R100 000 aan Banie Faber van Faber Familietrust, Kimberley

70 Ooie is verkoop @ R12 055 gemiddeld.Duurste ooi is verkoop vir R130 000 aan Barry Strydom van Polokwane.

Hierdie is 'n nuwe SA rekord.

Melanie Agenbag: Die Agri Expo Livestock het die 13e - 15e Oktober 2016 plaas gevind by Sandringham, Kaapstad. Die Weskaap Boerbokklub het 'n baie suksesvolle stalletjie gehad. Die stalletjie het ook die :Best Stand Award for Animal Display” gewen. 10 Bokke is in totaal geslag. 6 Bokke was vir braai en gaar vleis verkoop, van 3 bokke was pakkies gemaak en die rou vleis is verkoop, en 1 bok is gebruik vir proe-happies. Ons is gelukkig om te sê alle vleis is uitverkoop.

Graag wil die Weskaap Boerbokklub almal bedank wat betrokke was by die stalletjie.Pip NieuwoudtMac Hendrik JordaanJoubert van der MerweMelanie AgenbagDanie Strauss

Page 4: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

LUKAS BURGER 18de BOERBOK PRODUKSIE VEILING

25ste KASTEEL PRODUKSIE VEILING - 29 September 2016Loxton

Aangebied deur BKB - Afslaer: Ters Marais

Duurste boerbok ram gekoop deur P.J. Wannenburg vir R13 000

Page 5: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

25ste KASTEEL PRODUKSIE VEILING - 29 September 2016

KALAHARI KLUB VEILING 11 Oktober 2016 - Vryburg Skougronde Aangebied deur André Kock en Seun

Afslaer: Theuns Visser

Verkopers 12 Ramme ingeskryf: 24 Ramme verkoop: 22Duurste ram verkoop vir R18 000 deur Bertie Aucamp van Vryburg aan Rob Carroll van Vergeleë.

Ooie ingeskryf: 86 Ooie verkoop: 74Duurte ooi verkoop vir R6 000 deur Bertie Aucamp van Vryburg aan G.H Rautenbach van DelareyvilleFoto’s: Maryke Aucamp

Page 6: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

S.A. BTV Algemene Jaarvergdering 2016

Vind Notule by hierdie korrespondensie ingesluit, neem asb kennis van belangrike besluite geneem.

Charmaine Alberts en Caria Vermaak van Fire-fly Publications ontvang ‘n Sertifikaat vir hulle bydrae gelewer tot die Boerbok Joernaal as Publiseerders die afgelope 15 jaar.

Die nuut verkose Voorsitter, Mnr. Hennie Booysen oorhandig ‘n ruiker aan Mnr. Malan as blyk van waardering vir sy Voorsitterskap die afgelope 6 jaar.

Oom Ben Oliver ontvang ‘n Meriete sertifikaat vir uitstaande diens g e l e w e r a a n d i e S . A . Boerboktelersvereniging.

Page 7: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng
Page 8: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Nasionale Veiling Kopers#verkopers#vriende#mooibokke

Page 9: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

NASIONALE BOERBOKVEILING 2016Aangebied deur CMW Afslaer: André van zyl

Kopers geregistreer: 78

38 Ramme verkoop

Stoetramme gemiddeld: R27 850

Kudde ramme gemiddeld: R10 450 (Duurste: R26 000)

Duurste ram verkoop vir R105 000 deur Lukas Burger van Griekwastad aan Al3 Hanekom Boerbokstoet van Kuruman

106 Ooi verkoop

Stoetooie gemiddeld: R5 610

Kudde ooie gemiddeld: R3 850 (Duurste: R8 000)

Duurste ooi verkoop vir R30 000 deur die Nico Botha Boerbokstoet van Britstown aan die Kartu Boerbokstoet van Lichtenburg.

PRODUKSIE VEILING: BRAAM MARITZ EN KOBUS LÖTTER8 Oktober 2016 - Aangebied deur Wholesome Auctions

Afslaer: Corné du Plessis

Item Quantity Maximum amount Average Amount

Commercial Boer Goat Ram R4 000

Stud Boer Goat Ewe

Commercial Boer Goat Ewe

R15 000

R5 000

Stud Boer Goat Ram R25 00015 R5 866.67

7 R1 500

33 R4 000

29 R3 318.97

Page 10: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Duurste ooi verkoop deur

Braam Maritz aan Boy Lötter van Willomore vir

R15 000.Vlnr: Corné du

Plessis (Afslaer), Braam Maritz en

Boy Lötter

Duurste ram verkoop deur

Braam Maritz aan Jaco Geyer van Swartruggens vir

R25 000.Vlnr: Corné du

Plessis (Afslaer), Jaco Geyer,

Braam Maritz en Jaco Matroos

Quattro Boergoat & EP Dorper Sale 12 October 2016

The annual Quattro Boergoat and E.P. Dorper club sale was held at the Willowmore Showgrounds on Wednesday 12th October. It was an absolutely outstanding sale considering the drought and economic climate at the moment. 81 buyers registered from as far afield as Limpopo for the auction run by Hobson & Co with Paul Mills on the podium. 48 Boergoat rams were offered and sold by the Quattro group consisting of members Kobus Lotter, Sakkie Nell, Johnny Henderson and Vaatjie Nell. The rams sold for an average price of R8802 each which is a record for the sale. Lot 25, a magnificent 6T stud ram belonging to Kobus Lötter was sold to Mooredale Farms from Fullarton for a sale record price of R47000. There were rams to suit everybody’s pockets in the range from R4000 to R15000.

The 55 Boergoat ewes which were sold by clients of the Quattro group also sold well and averaged R2030 each. Grootfontein Agricultural College offered a high class string of 12 ewes which averaged R2358 with a top price of R2600.

Type of Stock No Average Amount Highest Price Buyer

Boer Goat Ewes Stud 30 R2 123.33 R2 600 L J van Niekerk

Boer Goat Ewes Flock 25 R1 920.00 R2 400 L J van Niekerk

Boer Goat Ram Stud 16 R13 500 R47 000 Mooredale Farms

Boer Goat Ram Flock 32 R6 453.13 R9 000 Manneke BG Stud

Ooskaap manne gaan op toer!

Hi Michelle,Ek gee net so bietjie terugvoer oor die Boerbok toer in Lesotho vanaf 15 Oktober 2016 tot 19 Oktober 2016.

Die was aanvanklik gereël en beplan deur PW Botha en het alles begin by 'n skaaphond wat in Wepener kom haal is.

Die manne het die middag van 15 Oktober hulle opwagting in Wepener gemaak vir die groot toer na Lesotho. Dood honger en moeg is daar die aand gebraai te Lord Fraser Gastehuis. (En is daar gebraai!) Sekere manne het die toer die aand verder beplan in die kroeg van die gastehuis met 'n springbok rugstring wat Tone vir ons saamgebring het! Moet bieg dit was ongelooflik lekker gewees!Maandag oggend vroeg het almal hulle dingetjies reggekry en die manne is Lesotho in alhoewel sekere van ons die grens by Van Rooyen's Hek te voet oorgesteek het!! (Geen name word genoem nie! Toer reëls!!). Ons het vanaf die grens beweeg na Kolo Myn. Dit is 'n oop groef diamantmyn in die distrik van Mafeteng. Van daar het ons 'n skeerhuis besoek asook die koning se paleis te Matsieng in die distrik van Maseru. Hier het manne 'n kort geskiedenis les gekry oor Lesotho en die dinge van Lesotho. Morena Masupha het ons vinnig te woord gestaan en ons ook op hoogte gebring rakende die koninklike familie en sy werksaamhede.Ons het Maseru besoek en meer van die stad gesien. Vandaar het ons aanbeweeg na Ramabantha waar ons oornag het. 'n Pragtige gesig van berge het ons daar aangetref.Dinsdag oggend vroeg is ons weg uit Ramabantha van waar ons eerste die Mohale Damwal besoek het. Vanaf Mohale het ons beweeg na Katse Dam waar ons 'n toer in die damwal meegemaak het. Die aand is daar op die oewer van die Katse Dam gebraai en is ons verwelkom deur 'n sekere persoon met "wonder water". Die "water" het tot gevolg gehad daar baie inligting uitgeruil is en die braai die aand eers laat afgehandel is!!

Page 11: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Woensdag oggend is ons weg uit Katse na Bloemfontein. Oppad is ons begroet met die mooiste uitsig van berge en water. Ons het die hoogste punt van die toer bereik by Lejone naamlik 3089m bo seevlak. Ons is af met die Lejone pas waar die seevlak val met 'n 1000m binne 10km.Ons het Maphutsoe bereik en weer terug beweeg oor die grens tot in Clocolan waar ons 'n vinnige ietsie te ete gekry het en toe weg is na Bloemfontein.Opsommend kan ons sê dat dit 'n baie geslaagde toer was met die mooiste gedeeltes om te sien en 'n bietjie Basotho kultuur te beleef! Baie dankie dat ek deel kon wees van 'n uitstekende groep manne! Ek sal die toer nooit vergeet nie! Wat 'n voorreg om saam met julle Lesotho te kon beleef!Groete en voorspoed

ADDIE SWANEPOELLORD FRASER GASTEHUIS

Page 12: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

Ooskaap Klub Veiling - 3 November 2016Aangebied deur CMW Afslaer: André van Zyl

Ramme verkoop: 35 @ gemiddeld R6 914.29Duurste ram verkoop deur Stephanus Malan van Adelaide aan H.P. Grobbelaar van Jacobsdal vir R13 000.Duurste ram verkoop deur Boy Lötter van Willowmore aan Grootfontein Landboukollege, Middelburg Oos-Kaap vir R13 000.Ooie verkoop: 46@ gemiddeld R2 829.17

Page 13: Venster no 45 Desember 2016 - Bosveld Boerbok Klub · 2016. 12. 23. · 3 Boerbok Nuus no 24 is gepubliseer. Indien u nog nie ‘n ... As noordelike grens die N4 hoofweg tot by Gauteng

THE GOATS GO MARCHING ON: BOTSWANA HOSTS ITS FIRST JUNIOR GOAT COURSE

The renowned Junior Goat Course, which continues to attract multitudes from across South Africa was in October hosted by Botswana and for Batswana for the very first time. Botswana's growing goat farming community were able to enjoy an accredited training course for goat farming on home soil, without having to journey across the border for what has become an increasingly popular means of advancing one's farming knowledge.

thThe 27th and 28 of October 2016 saw Bushra Kalahari Reds in Gakuto, located in the heart of the Kweneng District, as the venue for Botswana's inaugural Junior Goat Course. The platform welcomed 45 farmers who traveled from as far as Tsabong, Selebi Phikwe, Serowe, Palapye and Mahalapye - undertook the course. The course was organised by SA Kalahari Red Club in a bid to extend access to and appreciation of farming education and practical skill, supporting the growing community in Botswana and working to ensure transparency. This also ensures

Said Madeleine Du Plessis, SA Kalahari Red Club Secretary, “This was the first time we held the course outside of South Africa, though it will certainly not be the last as the turnout was phenomenal. We have been truly overjoyed at the wealth of passion, interest and indeed skill that already exists in the local farming community here in Botswana. We have a number of members or friends of the Club based in Botswana, whom we continue to work with and support in an effort to grow the local base.”The course was presented by renowned SA Senior Goat Judge, Mr. Johnny Henderson.

the more we can educate and empower farmers in Botswana, the more we can help the farming industry in the country.”

first full stud inspection on goats in Botswana was conducted on the farm prior before the course was held. Henderson inspected a selection of the Bushra goats to extraordinary result, with 65 out of the 80 goats inspected (between 9 and 18 months old) making stud grade. Performing the inspection, he commended Bushra on the exceptional quality of the animals, and continues to be impressed by the quality of farming in Botswana and the passion and sense of community amongst local farmers. ''I make special mention of the young females bred, as these are of a remarkable quality. I have been pleasantly surprised!'' shared Henderson.

no private gain to individual farmers or benefit beyond adding to the knowledge of the farmers. The Junior Course is fully accredited under the auspices of the South African Boer Goat Breeders' Association (SABGBA). It aims to empower breeders and those in the farming community with the insights, tools, and knowledge to thrive further. Candidates who successfully complete the course will obtain a certificate from SABGBA and record of their achievement and certification kept with the Association at its Bloemfontein head office.

Henderson was, earlier this year, elected as one of the judges at the SA National Goat Championships in Kuruman, South Africa.Commented local Kalahari Red breeder, Faheem Kala of Bushra, “What is paramount is that we continue contributing to a more accessible and, most significantly, sustainable drive towards empowering our local farming community to excel even further. I first undertook the Junior course in 2014 in Pretoria and continue to enjoy exceptional access to learning and insight through the SA Kalahari Reds Club. Since then, we have sought to ensure all Batswana farmers have the opportunity to undergo the training. We need to embrace and nurture this further, as

Kala, who now serves on the Board of the SA Kalahari Reds Club, has earned a local reputation for excellence with the Kalahari Red breed, taking home a number of coveted accolades at the recent National Agriculture Show and Serowe Agriculture Show, including that of Grand Champion of the Yard for 2016. Bushra Kalahari Reds continued to make history, as the

As the Botswana goat farming community continues to grow, it is becoming abundantly clear that real potential lies in this part of the continent for nurturing greater breeders, great animals, and exceptional farming talent. And the goats go marching on!------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die einde van die jaar is nie ‘n einde of ‘n begin nie, maar deel van ‘n voortdurende proses met al die wysheid wat ondervinding in ons kan inprent.

Mag julle feesgety gevul wees met liefde, lag en saamwees, en mag elke dag vir julle vreugde bring in die jaar wat voorlê!

Vriendelike groeteMichelle