vars gehekel - books | metz press · vir elke projek by die patroon gespesifiseer word, gee die...

14
ouma ralie vars ge hekel hope steke en meer as 20 oorspronklike projekte

Upload: hadan

Post on 29-Aug-2018

235 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

ouma ralie

vars gehekel

hope steke en meer as 20 oorspronklike projekte

InhoudInleiding 5

Benodigdhede 7

Projekte 37

Waslappies 38

Beker-baadjie 44

Oumablokkies-boekmerk 49

Blom-in-’n-pot 52

Pienk mandjie 56

Bruin vloerkussing of pouffe 60

Omkeerbare kussing 64

Kammabreisteek-kussing 70

Badkamerstelletjie 72

Oorgetrekte hangers 76

Hartjie 82

Sterblommat 84

Wynbotteldrasak 87

Gingham kombers 90

Lintkopband 93

Hartjiekopband 96

Blomhoed 98

Pers oorbelle 102

Madeliefie-armband 105

Roosring 108

Bonkige knoopserp 110

Aarbeibabaskoentjies 112

Wit leliehangertjie 117

Strandsak 120

Vingerlose handskoene 126

A

A

C

C

B

B

D

D

24

Steke

BASIESE STEKE

Kettingsteek (ks)

1. Maak ’n skuifknoop in die gare

2. Draai gare om hekelnaald (GOH) soos aangedui op die foto

3. Trek deur lus op hekelnaald (HN).

‘n Ry kettingsteke vorm die basis van meeste hekelprojekte.

Glipsteek (gs)

1. Steek HN in aangeduide st2. GOH3. Trek ’n lus op4. Trek hierdie lus deur die

bestaande lus op die HN

BA

C

G H

E F

D

A

C

B

25

Kortbeen (kb)

Draaiketting: 1 ks

Kortbeen in ’n ry kettingsteke

1. Maak ’n ry kettingsteke2. Steek HN in tweede

kettingsteek (ks) vanaf HN3. GOH4. Trek ’n lus op

(2 lusse op HN)5. GOH6. Trek deur albei lusse

op HN

Kortbeen in ’n ry kortbene

1. (Aan die einde van ’n ry kortbene), maak 1 ks (dit word ’n draaiketting genoem), draai jou werk om

2. Steek HN in bokant van eerste steek (st) soos aangedui op die foto (die bokant van die st sal 2 “strepies” oor die HN vorm)

3. Volg stappe 3-6 vir kortbeen

44

Beker-baadjieMOEILIKHEIDSGRAAD:

Gebruik hierdie oulike beker-baadjies om jou koffie of tee lekker lank warm te hou. Dis boonop ’n goeie manier om jou koffie te “merk” sodat iemand anders dit nie per ongeluk drink nie! Jy hekel hulle so vinnig klaar dat jy sommer ’n paar ekstra kan maak as geskenkies vir jou vriende of kollegas, met letters om die persoon se naam te spel. Die bekerbaadjie is geskik vir beker met ’n omtrek van sowat 22-24cm. Die voltooide mate is 22cm lank sonder die flappie, 28cm met die flappie en 8cm hoog.

BENODIGDHEDE

6mm hekelnaald

5mm hekelnaald

Raeesah Cotton Soft in ligblou of rooi

stukkies vilt in bypassende kleur

1 knoop

letter-plakkers

gomgeweer en warm gom of bostik clear

SPANNING

Dit is nie belangrik nie; jy kan die beker-baadjie nommerpas maak deur die knoop op die regte plek vas te werk.

STEKE

kettingsteek (ks)

glipsteek (gs)

kortbeen (kb)

SPESIALE STEKE EN TEGNIEKE

Stersteek (sterst), wat soos volg gemaak word:

In ’n ry kettingsteke

1. Eerste stersteek: Trek ’n lus op in tweede ks vanaf HN en in vlg 4 ks, GOH en trek deur al 6 lusse op HN, 1 ks [die ks vorm ’n gaatjie wat ’n “ogie” genoem word]

2. Tweede stersteek en res van ry: trek ’n lus op in ogie en in kant van sterst [laaste lus aan kant van sterst], trek ’n lus op in voet van vorige sterst [in dieselfde ks as laaste lus van vorige sterst] en in vlg 2 ks, GOH en trek deur al 6 lusse op HN, 1 ks

In ’n vorige ry

1. Eerste stersteek: 3 ks, trek ’n lus op in tweede ks vanaf HN en in vlg ks, trek ’n lus op in eerste 2 kb en in vlg 1ks-sp, GOH en trek deur al 6 lusse op HN, 1 ks

2. Tweede stersteek en res van ry: trek ’n lus op in ogie en in kant van sterst, trek ’n lus op in voet van vorige sterst, in vlg kb en vlg 1ks-sp, GOH en trek deur al 6 lusse op HN, 1 ks

WENKE

? Trek die laaste lus van die sterst lekker lank op (dit vorm die kant van die sterst waarin ’n lus opgetrek gaan word vir die daaropvolgende sterst) sodat jou volgende steek makliker is om te maak.

? Maak die ogie van die stersteek losserig sodat jy die volgende ry se steke makliker daarin kan maak.

1

52

Blom-in-’n-potMOEILIKHEIDSGRAAD:

Maak seker jy het regdeur die jaar blomme in jou huis – gehekelde blomme kan nie verlep nie! Hulle maak ideale gekenkies uit en skep sommer ’n bietjie vrolikheid in ’n kinderkamer of selfs ’n kantoor. Die blomme is ongeveer 9cm en deursnee en die blare sowat 6cm lank.

BENODIGDHEDE

oorskietstukkies Raeesah katoen in groen, geel en pienk (of kleure van jou keuse)

4mm hekelnaald

tappen met 5mm deursnee, ongeveer 22,5cm lank (sien wenke)

gomgeweer en warm gom, of Bostik Clear

klein terracotta-potjie (ongeveer 7-8cm hoog)

groen bloemiste-oase

60cm lint

tappen (by ysterwarewinkels in lengtes van 910mm te kry –genoeg vir 4 blomme)

SPANNING

Dit is nie belangrik vir hierdie projek nie.

STEKE

kettingsteek (ks)

glipsteek (gs)

kortbeen (kb)

halwe langbeen (hlb)

langbeen (lb)

dubbelslagsteek (dss)

driekettingsteek-picot (3ks-picot)

90

Gingham kombersMOEILIKHEIDSGRAAD:

Hierdie kombers word aanvanklik in breë kleurstrepe gehekel, met glipsteke wat later vertikaal bo-oor hierdie strepe gewerk word (oppervlakhekelwerk) om die blokeffek te skep. Die voor- en agterbeensteke verleen egter so ’n interessante tekstuur dat dit selfs mooi genoeg is sonder die oppervlak-hekelwerk (die tekstuur loop vertikaal aan die een kant van die kombers en horisontaal aan die ander kant). Vir afwisseling kan jy vier in plaas van ses kleure gebruik (koop dan 4 x 100g-bolle van elke kleur). As jy net drie kleure wil gebruik, benodig jy 5 x 100g-bolle van elk. Die mate van die voltooide kombers is ongeveer 15cm x 105cm.

BENODIGDHEDE

3 x 100g-bolle Raeesah Cotton Soft in heldergroen (kleur A)

3 x 100g-bolle Raeesah Cotton Soft in wit (kleur B)

3 x 100g-bolle Raeesah Cotton Soft in geel (kleur C)

3 x 100g-bolle Raeesah Cotton Soft in oranje (kleur D)

3 x 100g-bolle Raeesah Cotton Soft in donker oranje (kleur E)

2 x 100g-bolle Raeesah Cotton Soft in groen (kleur F)

5mm-hekelnaald

7mm-hekelnaald

SPANNING

Dit is nie belangrik vir hierdie projek nie.

STEKE

kettingsteek (ks)

glipsteek (gs)

agterbeenlangbeen (ABlb)

voorbeenlangbeen (VBlb)

halwe langbeen (hlb)

SPESIALE STEKE EN TEGNIEKE

Oppervlakhekelwerk: Glipsteke word bo-oor die voltooide kombers gewerk om die gingham patroon te vorm

Voorbeenlangbeen: Sien aanwysings op bladsy 000.

Agterbeenlangbeen: Sien aanwysings op bladsy 000.

112

Aarbeibabaskoentjies MOEILIKHEIDSGRAAD:

Gebruik hierdie skattige babaskoentjies as deel van die dekor in jou babakamer of maak dit om by die volgende ooievaarstee as ’n geskenkie te oorhandig. Jy het nie baie wol nodig nie, en kan die babaskoentjies waarskynlik met orige wol van ander projekte hekel. Die skoentjies se sool is om en by 9cm lank.

BENODIGDHEDE

Raeesah Cotton Soft in rooi

Raeesah Cotton Soft in groen

Raeesah Cotton Soft in wit

4mm-hekelnaald

4.5mm-hekelnaald

5.5mm-hekelnaald

2 x geel knopies (10mm in deursnee)

geel en wit naaldwerkgare

naald

wit kraletjies (ongeveer 3-5mm in deursnee)

SPANNING

Hekel die sool. Dit behoort ongeveer 9cm lank te wees. Spanning is egter nie belangrik vir hierdie projek nie.

STEKE GEBRUIK

kettingsteek (ks)

glipsteek (gs)

kortbeen (kb)

halwe langbeen (hlb)

langbeen (lb)

agterstebeenlangbeen (ABlb)

voorstebeenlangbeen (VBlb)

driekettingsteekpicot (3ks-picot)

SPESIALE STEKE EN TEGNIEKE

Agterstebeenlangbeen: sien aanwysings op bladsy 000.

Voorstebeemlangbeen: sien aanwysings op bladsy 000.

Heg met ’n kortbeen: sien aanwysings op bladsy 000.

VARS GEHEKELHope steke en meer as 20 oorspronklike projekteOuma Ralie

193 x 260 mm128 ppSagtebandRRP: R200.00ISBN 978-1-928201-48-9Publikasie datum: Junie 2015Beskikbaar in Engels: Fresh Crochet

ISBN 978-1-928201-47-2

Metz Press is ’n onafhanklike uitgewer van topgehalte inligtingboeke en geïllustreerde nie-fiksie vir die plaaslike mark, asook die internasionale koproduksiemark. Regte vir ons boeke word deur uitgewers vanoor die wêreld opgeraap danksy die uitstaande kwaliteit van ons inhoud en produksie, die kreatiewe aanslag van ons skrywers en ons leweringsvermoë.

Uitgewer: Wilsia MetzTel: +27 (0)21 913 7557Faks: +27 (0)21 913 5102E-pos: [email protected]: www.metzpress.co.zaPosadres: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, Suid-AfrikaStraat adres: Cameronianslaan 1, Welgemoed, 7535, Suid-Afrika

OOK BESKIKBAAR VANAF METZ PRESS

Carina Visser/Ouma Ralie

Sy het kleintyd al by haar ma leer hekel en een van haar waardevolste besittings is ’n koningsgrootte kombers wat haar byna vier jaar geneem het om te voltooi. Sy het ’n paar jaar in Amerika gewoon, waar sy dadelik deur die ontploffing van nuwe steke en tegnieke aangetrek is en na hartelus met die wye reeks gares geëksperimenteer het. Sy het self begin ontwerp, en heelwat projekte op handwerk- en hekelwebtuistes gelaai.

Terug in Suid-Afrika het sy na herhaalde versoeke van vriende om hulle te leer hekel met haar kleinsus koppe by mekaar gesit om ’n reeks klasse saam te stel, en so is Ouma Ralie gebore. Sy is jonk, maar het ’n “old soul”. Sy het ’n passie vir die tradisie van hekel, maar hou van nuwe tegnieke en vernuwende toepassings. Sy gebruik helder nuwe hekelnaalde en bont nuwe gares, maar haal soms haar ma se blink-gewerkte hekelnaalde uit ’n ou houtkissie en hekel weer met no 8 hekelkatoen. Sy is net so tuis tussen die hekeltannies in die aftree-oord as by die jong kinders wat gretig leer hekel. Kortom, Ouma Ralie is almal se hekel-ouma.

Hierdie boek bevat oorspronklike projekte wat nuwe lewe in hierdie immer-gewilde handwerksoort sal blaas. Die skrywer werk met sagte katoengares in moderne kleure en nooi beginners sowel as ervare hekelwerkers om haar patrone op die proef te stel – van haarbande en vingerlose handskoene, tot ’n nie-tradisionele blokkieskombers, van fyn oorbelle tot ’n growwe vloermat, van vrolike blommetjies tot ’n lekker gemaklike pouffe.

Die omvattende inleiding dek al die basiese steke, met duidelike, stap-vir-stap aanwysings en foto’s, terwyl nuwe steke en spesiale tegnieke stap vir stap verduidelik word waar hulle in die projekte voorkom. Hoewel die benodigdhede vir elke projek by die patroon gespesifiseer word, gee die inligting oor hekelnaalde, gare en ander benodigdhede jou die nodige kennis om alles aan te pas om by jou vereistes te pas.

Elke projek se moeilikheidsgraad word aangedui; dus kan jy hulle gebruik om jou hekelkennis geleidelik op te bou namate jy vaardiger raak met die hekelnaald. Nuttige wenke word deurgaans gegee om te verseker dat jou projekte professioneel en goed afgerond lyk.

Die projekte is vars en eietyds en die lieflike foto’s van elke voltooide item sal jou vingers laat jeuk om sommer dadelik te begin hekel. Dit is heerlik om te ontdek watter pragtige artikels jy stekie vir stekie kan maak!

METZ PRESSwww.metzpress .co.za