uitgawe/issue 43 ulletin bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te...

10
Uitgawe/Issue 43 DONDERDAG, 20 Desember 2012 Vars uit die veld BULLETIN Sim Xstravaganza NAMIBIA In hierdie uitgawe: Sim Xtravaganza Tatoeering van kalwers Bezley Beth JM9750P Wat verwag ons van speenkalf pryse vir 2013 Simbra Kursus Februarie 2013 Selenium Geklassifiseerd Belangrike Kennisgewing En nog baie meer... Sim Xstravaganza 2012 - Namibia Op Donderdag, 18 Oktober 2012 is die Xstravaganza veiling te Namibia aangebied. Die Simbra bul HB0857B van Hardus Breedt is aan Werner Wickens verkoop vir N$120,000 en die Simmentaler bul SW06208 van Sydney Martin is aan Bertus Walters verkoop vir N$130,000. ’n Omset van N$1,800,000 is behaal. Op die bulle wat verkoop is, is ’n gemiddeld van net kort van N$53,000 behaal. Vroulike diere het ook baie goed verkoop en al die kommersiële diere is verkoop. Vir ’n eerste poging definitief ’n baie groot sukses! Ons sien baie uit na Sim X 2 Regs: Twee duurste bulle verkoop tydens die Sim Xstravaganza 100 ste Raadsvergadering 100 ste Raadsvergadering Prinses tot Koningin Bezley Beth JM9750P

Upload: others

Post on 13-Feb-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

Uitgawe/Issue 43

DONDERDAG, 20 Desember 2012

Vars uit die

veld

BULLETIN

Sim Xstravaganza NAMIBIA

In hierdie uitgawe: Sim Xtravaganza Tatoeering van kalwers Bezley Beth JM9750P Wat verwag ons van speenkalf pryse vir 2013 Simbra Kursus Februarie 2013 Selenium Geklassifiseerd Belangrike Kennisgewing

En nog baie meer...

Sim Xstravaganza 2012 - Namibia

Op Donderdag, 18 Oktober 2012 is die Xstravaganza veiling te Namibia aangebied. Die Simbra bul HB0857B van Hardus Breedt is aan Werner Wickens verkoop vir N$120,000 en die Simmentaler bul SW06208 van Sydney Martin is aan Bertus Walters verkoop vir N$130,000. ’n Omset van N$1,800,000 is behaal. Op die bulle wat verkoop is, is ’n gemiddeld van net kort van N$53,000 behaal. Vroulike diere het ook baie goed verkoop en al die kommersiële diere is verkoop. Vir ’n eerste poging definitief ’n baie groot sukses! Ons sien baie uit na Sim X2

Regs: Twee duurste bulle verkoop tydens die Sim Xstravaganza

100ste Raadsvergadering

100ste

Raadsvergadering

Prinses tot Koningin Bezley Beth

JM9750P

Page 2: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 Desember 2012 2

AANSTELLING VAN HOOFBESTUURDER Na afloop van die Raadsvergadering gehou 6 & 7 Desember 2012, het die Raad besluit om vir Mnr Flaf Lauwrens, wat ‘n lang geskiedenis, baie ervaring en ‘n besondere kennis oor die werking van die Genootskap, en die stoetbedryf het aan te stel as Hoofbestuurder van die Genootskap vanaf 2 Januarie 2013.

Rekeninge & Staak van dienste Die Genootskap se finansiële jaar sluit 31 Desember 2012 en ons versoek u dringende samewerking om u uitstaande rekening voor dan ten volle te vereffen of anders ‘n reëling vir afbetaling of uitstel met Benita Loftus of Erna de Swardt te tref. Die Raad het op 7 Desember 2012 besluit om streng by die voorskrifte van die Grondwet van die Genootskap te hou en lewering van dienste aan lede wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling getref is. Kontak asb vir Benita of Erna by die kantoor of stuur ‘n e-pos na [email protected] of vir Erna na [email protected]

APPOINTMENT OF CHIEF EXECUTIVE After the Council Meeting held on 6 & 7 December 2012, the Council decided to appoint Mr Flaf Lauwrens, whom has a long history, much experience and a special knowledge of the operation of the Society, as Chief Executive from 2 January 2013.

TATOEERING VAN

KALWERS 2013

TATOEëER SO – Simmentaler U kuddeletters (sê AB) gevolg deur jaarsyfers (13) en volgnommer binne jaar (1 vir eerste kalf, 2 vir tweede, ens.): AB131, AB132 sonder ’n 0 voor volgnommer 1 vir die eerste kalf gebore in 2013. Hulpstamboek A koeie: Kuddeletter plus enige nommer wat nog nie vantevore gebruik is nie plus letter H. Geboortekennisgewings moet vir elke kalwing (ook dooie en uitskot kalwers) binne vier maande na die kalfdatum aangemeld word. TATOEëER SO – Simbra U kuddeletters (sê AB) gevolg deur jaarsyfers (13) en volgnommer binne jaar (1 vir eerste kalf, 2 vir tweede kalf, ens.) en F-generasie letter, nl. A vir F1, B vir F2 en C vir F3 (geen letter vir F4 nie): AB131B sonder ’n 0 voor volgnommer 1 vir die eerste kalf gebore in 2013, ’n F2 kalf. Geboortekennisgewings moet vir alle kalwings (ook dooie en uitskot kalwers) binne vier maande na die kalfdatum aangemeld word.

Wat verwag ons van speenkalf pryse vir 2013? 1. Die invoere is redelik onder beheer. 2. Huide pryse het redelik dramaties gestyg. 3. Die produsente prys van A2/3 beesvleis het jaar op

jaar met 10% gestyg. 4. Die speenkalf prys het jaar op jaar met 16 % gedaal. 5. Die goeie reëns wat nou redelik wyd voorgekom het

en die groot gebiede wat afgebrand het waar produsente baie diere verloor en geslag het mag tot die gevolg hê dat produsente nou wil kudde bou. Dit kan veroorsaak dat die aanbod van speenkalwers laer is.

As ‘n mens na die bogenoemde faktore kyk is mens positief dat die speenkalf prys volgende jaar ‘n styging gaan toon. Aan die negatiewe kant weet ons nie wat die reën en die geelmielieprys gaan maak nie en dit kan weer ‘n negatiewe effek op die prys hê. Op die korttermyn verwag ons dat die prys vir Desember baie sywaarts gaan beweeg maar dan in Januarie 2013 ‘n matige styging gaan toon omdat die voerkrale hulle voorraad gaan aankoop vir die Paasseisoen.

ns telers sê... O

ERKENNING AAN: Jaco Maré (Jacmar)

Die afgelope 18 jaar word ‘ n groot persentasie van ons beeste in Botswana en Swaziland verkoop. Om dit volhoubaar en winsgewend te doen, het ek geleer (leer kos altyd geld en tyd) dat daar sekere stappe en aksies is wat nagekom moet word. Ek noem opsommend ‘n paar:

1. Ken jou koper. 2. Weet waar jou diere moet gaan presteer/oorlewe. 3. Moenie oorvoerde diere verkoop wat ekstensief moet

gaan presteer nie. 4. Probeer bepaal dat die regte tipe dier verkoop word.

Swart boere word deur grootte beïndruk. Laatryp diere maak dit nie.

Page 3: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 Desember 2012 3 5. Moenie stertkant bulle uitvoer nie. Verkoop die bulle wat aan die bokant van 50% prysklas is. 6. Moenie afslag gee op pryse nie. My antwoord is “I am a studbreeder, not an Indian/China shop”. 7. Verkry ‘n invoerpermit en minstens 50% deposito voor diere gekwarantyn word. 100% betaling voor bees gelaai word. 25% van verkoopprys word verbeur indien koper versuim om diere te kom haal. (Kry u reëlings met u bank reg om vreemde valuta te ontvang) 5. Bepaal kwarantyn- en veeartskoste voor verkoop. 6. Sorg dat u by SARS as uitvoerder geregistreer is. 7. Hef BTW. Die koper eis dit weer terug by die grens. 8. Moenie met vervoerreëlings betrokke raak nie. Die koper moet die diere by die kwarantynkamp laai, waarna die risiko op

hom oorgaan. 9. Bepaal vooraf dat diere met ‘n veilige voertuig en bekwame bestuurder vervoer sal word. 10. Sorg dat u en u staatsveearts ‘n eerlike en openlike verhouding het. Kom alle bepalings van die in- en uitvoerprotokolle na. 11. Moet geen geskenke/pasellas gee nie. 12. Hou koper ingelig oor kwarantynvordering. 13. Bepaal vooraf dat koper diere binne 7 dae nadat kwarantyn verstryk het, moet kom haal. Bepaal ‘n losiesfooi vir diere wat

laat gelaai word. 14. Sorg dat alle dokumentasie reg is, bv invoerpermit, vervoerpermit, 3x BTW fakture, afskrif van diere se

registrasiesertifikate. 15. Volg u koper op. Bel en vra of diere veilig aangekom het. Bel ‘n week later en vra of die diere tuis voel, m.a.w. vreet die

diere. Bel en vra oor bulle se dekbehendigheid. Bel en vra hoe lyk kalwers sodra hulle aankom. 16. Luister na ‘n kliënt se vrae en navrae en reageer daarop. 17. My bywoning van Fielddays ver en wyd in Botswana was nie net leersaam nie, maar ook ‘n goeie bemarkingsgeleentheid.

Sou u genooi word om ‘n praatjie te hou of lesing te gee, doen dit, al kos dit 3000 km se ry. 18. Moenie kuddebesoeke en paringseleksies gratis doen nie. Dit kan lastig raak en dikwels ag die koper ‘gratis advies is net

soveel werd as wat jy daarvoor betaal’. 19. Afrika met sy groot dele van niks, het ‘n genadelose boskommunikasiestelsel. Goeie nuus loop egter stadiger as slegte

nuus. 20. Moet nooit, maar nooit ‘n ander teler of ras afkraak nie. Sou jy twyfel of jou tipe bees goed gaan presteer of nie

verkoopbare beeste in voorraad het nie, verwys die koper na ‘n medeteler. 21. Wees uiters geduldig en besef dat as gevolg van kultuurverskille, ons mekaar maklik kan misverstaan. Hou notas van alle

gesprekke. Ek hoop die bogenoemde kan u in u bemarkingsaksies help. Ek beplan om vroeg in 2013 ‘n kursus aan te bied in oorgrensbemarking, indien daar genoeg belangstelling is. Mag u ‘n geseënde Kersfees en ‘n nuwe jaar vol liefde, gesondheid en voorspoed hê.

ERKENNING AAN: Piet Wolmarans

(Quantum)

Bezley Beth JM9750P Prinses tot Koningin

Sterre

Beth het 9 van haar eie kalwers groot gemaak, met ’n totaal van 56 kalwings. By SIMSO is daar 36 Simmentaler kalwers en 4 Boran kalwers van haar. Dus ’n

totale nageslag van 59 . Rob Malan van SIMSO Simmentaler het ook nog 56 gevriesde embrios van haar. Wat alles nog meer merkwaardig maak is dat sy op die 27ste November op haar ouderdom van 15 jaar nog 7a graad embrios gegee het. Wat ’n merkwaardige vroulike dier! Ons is saam met jou Baas ̏Simso ̋ trots op jou.

200 400 600 Mat.

Birth Day Day Day Cow

Wt. Wt. Wt. Wt. Wt. Milk

(kg) (kg) (kg) (kg) (kg) (kg)

+2.0 +13 +25 +36 +53 +9

82% 74% 73% 73% 75% 67%

+1.5 +14 +22 +28 +29 +5

Page 4: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 Desember 2012 4

Scania

SIMBRA 25 FEES

BEDANK GRAAG ONS BORGE

Simmentaler and Simbra Articles: New articles available on our Simmentaler and Simbra Websites. Simmentaler: • Namibian Simmentalers survive and thrive • Simmentaler bulle kern van kruisteelt-sukses • Bulle wat hul man kan staan Read more on the Simmentaler website at: http://afrikaans.simmentaler.co.za/index.php/nuus/ Simbra: • Recapitilation and Development Program • Simbra Festival • 2012 Youth Show Read more on the Simbra website at: http://www.simbra.org/Pamphlets.htm

BELANGRIK VIR DIE KLEINER TELER Onder die indeksstelsel was prestasietoetsing veral in klein kuddes nie baie effektief nie. Met behulp van BLUP kan klein kuddes se diere met die res van die ras vergelyk word, mits daar aan die volgende aandag geskenk word. Die basiese meganisme waarvolgens BREEDPLAN werk is om die prestasie van diere met ander diere in dieselfde groep te vergelyk. Waar daar slegs een dier in ’n groep is, is daar niks waarmee hy vergelyk kan word nie en daarom kan sy prestasie nie gebruik word nie. Kalwers word slegs in dieselfde groep ontleed as hulle: • in dieselfde kudde geteel is; • van dieselfde geslag is; • binne 45 dae van mekaar gebore is vir geboorte- en 200-

dae gewig, en binne 60 dae van mekaar vir 400-dae en 600-dae gewig;

• in dieselfde omstandighede aangehou is (dieselfde bestuursgroep);

• op dieselfde dag geweeg is. ’n Ontledingsgroep moet dus ’n minimum van twee diere van dieselfde geslag hê om in die ontleding gebruik te word. Daar is ’n paar strategië wat telers kan gebruik om effektiewe ontledingsgroepe te verseker: o Kortste prakties moontlike kalwingsperiode; o Waar moontlik moet alle kalwers onder dieselfde

bestuursomstandighede aangehou en op dieselfde dag geweeg word voordat hulle in verskillende groepe verdeel word;

o As u ’n kommersiële kudde het, moet diè diere saam met u ̏stoet ̋ -diere aangeteken word;

o Daar moet ten minste twee vaars in ’n ontledingsgroep teenwoordig wees indien die prestasie van die nageslag sal bydra tot die TWs van die vaar. Waar KI-programme gebruik word, moet dit so gereguleer word dat KI-kalwers dieselfde tyd gebore sal word as kalwers wat deur natuurlike parings verwek is;

o Dit is noodsaaklik dat u ook bulle gebruik wat in ander kuddes prestasie getoets is.

Page 5: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 Desember 2012 5

Petrie Geldenhuys celebrated his 50th Birthday with us on 7 December 2012

Page 6: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 Desember 2012 6 1

to

t 2

M

ei 2

01

3

Opleidingseminaar oor bemarking van teeldiere en die aanbied van produksieveilings

In samewerking met:

Bloemskou, Bloemfontein

Skougronde

Hou Veeplaas dop vir meer inligting of stuur ’n e-pos aan [email protected] of skakel 082 562 2188

Simmentaler Joernaal 2013 Die Simmentaler Joernaal 2013 is reeds op 29 November 2012 aan ons Simmentaler Telers gepos en behoort u dus binnekort te bereik. Ook beskikbaar op ons webblad by http://simmentaler.co.za/book-files/Journal/2013/

Gee vir ons gerus terugvoering rakende die joernaal. U insette en opmerkings is vir ons belangrik om te verseker dat ons in die toekoms aan u ’n joernaal vol inhoud gee wat ook vir u as teler waardevol en insiggewend is. Stuur enige terugvoering/opmerkings aan Petro Ferreira by [email protected]

Simbra Judges Course The next Simbra Judging Course to be held on 6 & 7 February 2013 at the Central University of Technology, Bloemfontein For more information and booking please contact Belinda Putter at [email protected] or 051-4460580.

Hope to see you there!

Simbra Raad & Ledevergadering Daar word beoog om die Simbra Raad en Ledevergadering te hou op 18 & 19 Januarie 2013 te Green Gables, Parys. R.S.V.P. Belinda Putter by [email protected] of 051-4460580

2013 KEURINGSBESOEKE Graag bring ons die volgende onder die aandag van die Telers: Vanaf Januarie 2013 is daar n herskedulering van areas en Telers. Dit kan dan gebeur dat ’n teler binne drie maande vanaf 2012 tot 2013 weer keuring kry om die nuwe indeling te laat werk. Die volgende is gedoen om besparing aan te wend van weë hoë brandstofpryse en kilometres. Ons sal dit baie waardeer indien ons op u samewerking kan

staat maak.

TEGNIESE AFDELING

Page 7: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 November 2012 7

SIMBRA

The Complete All-rounder

Features Benefits

Adaptability

Simbra is an easy care breed which means

docility, ease of calving and resistance to

parasites.

Hybrid Vigour

Simbra harnesses the benefits of hybrid vigour

that will improve fertility and growth

traits.

Science and Technology

Simbra breeders are supported by innovation and a progressive Breed Society, dedicated staff, independent registration and recording system and

excellent extension services.

Sustainability

Economic viability due to high beef production, maternal milk and low

input cost.

Santa Clauses: 1 lb large strawberries 1 (8 ounce) package cream cheese, softened 3-4 Tablespoons castor sugar (or sugar substitute - to taste) 1 teaspoon vanilla extract Few Lynn seeds for eyes

Instructions: 1. Rinse strawberries and cut around the top of the strawberry. Remove the top, (enough for a hat). Clean out the whole strawberry with a paring knife, if necessary (some of them are hollow already. Prepare all of the strawberries and set aside. 2. In a mixing bowl, beat cream cheese, powdered sugar, and vanilla until creamy. Add cream cheese mix to a piping bag or Ziploc with the corner snipped off. Fill the strawberries with cheesecake mixture. 3. Once strawberries are filled, top with the 'hats.' Decorate according to photo. 4. If not serving immediately, refrigerate until serving.

SERVE & ENJOY!!!

Page 8: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 November 2012 8

SELENIUM Vraag: Moet Selenium afsonderlik vir beeste gegee word of as deel van voeding? Wat is die voordele/nadele van Selenium? Antwoord: Selenium is ‘n essensiële spoorelement waarsonder dier en mens nie kan lewe nie en wat baie funksies in die liggaam het. Sub-optimale seleniumvlakke in diere sal groei vertraag, konsepsiepersentasie in vroulike diere verlaag, resorpsies en aborsies verhoog en veral die immuniteiet van diere teen virusinfeksies verlaag. Suidelike Afrika is baie seleniumarm en selenium moet deur gebalanseerde lekke/voere en ook per inspuiting deurgaans vir diere aangevul word. Terwyl lekke as ‘n basale aanvulling gesien moet word is dit essensieel om diere voor ekonomies kritieke tye soos lamtyd/kalftyd asook paartyd per gebalanseerde inspuiting aan te vul om te verseker dat essensiële spoorelemente, veral selenium, nie in diè kritieke tye produksie/reproduksie belemmer nie. Selenium moet altyd saam met ander essensiële spoorelemente (sink, mangaan, koper ens.) in ‘n gebalanseerde mengsel deur lekke of per inspuiting vir diere aangevul word. Navorsing oor baie jare het bewys dat indien selenium alleen aangevul word verhoog dit wel die seleniumstatus van diere maar het baie selde ‘n positiewe effek op reproduksie-doeltreffendheid. Sodra selenium in ‘n gebalanseerde mengsel, saam met ander essensiële spoorelemente, aangevul word verhoog dit reproduksiedoeltreffendheid betekenisvol. Multimin, ‘n inspuitbare spoorelementpreparaat, bevat die maksimum hoeveelheid selenium wat met veiligheid in diere ingespuit kan word. Die seleniumvorm in Multimin is natriumseleniet, wat die doeltreffendste vorm van selenium is om seleniumfunksies in diere, veral die hormoon glutatioon peroksidase, per inspuiting te verhoog. Dit is uiters belangrik dat alle ooie/koeie 4 weke voor lam/kalf en weer 4 weke voor paring met Multimin behandel word om te verseker dat selenium- of ander spoorelementtekorte nie produksie/reproduksie verlaag nie. Dit neem diere 4 weke om ingespuite selenium ( in die vorm van natriumseleniet) optimaal tot selenium-ensieme, veral glutatioon peroksidase, te metaboliseer. In die bedryf word dikwels verwag dat ‘n enkele inspuiting Multimin die volbloedseleniumvlakke vir lang periodes bo die minimumvlak van 210ng/ml volbloed en ook die lewervlakke vir lang periodes bo die minimumvlak van 1,5dpm op ‘n droë basis sal hou. Die seleniumverhoging deur Multimin en tyd wat dit hoog sal bly is relatief tot die vlak in die diere asook die hoeveelheid selenium wat deur lekke/voere ingeneem word. In ‘n studie deur die Iowa State Universiteit (Hansen, 2010) het ‘n enkele dosis Multimin in jong beeste, met ‘n seleniumtekort, die lewer-seleniuminhoud van 1 tot 8dpm, op ‘n droë basis, verhoog. Op dag 15 na inspuiting het die lewer-seleniuminhoud reeds weer tot 3,5dpm op ‘n droë basis gedaal wat dui op die hoë behoefte aan selenium by jong, vinniggroeiende beeste.. Die ensiemvlakke, veral glutatioon peroksidase is hoogs betekenisvol verhoog en sou vir 60 tot 90 dae na inspuiting optimaal bly. Multimin bevat die maksimum hoeveelheid selenium (as natriumseleniet) vir veilige inspuiting en diè selenium sal baie doeltreffend deur die dier benut word om seleniumfunkies vir 60 tot 90 dae na inspuiting betekenisvol te verhoog. Dit moet weereens beklemtoon word dat die sukses van Multimin gekoppel is aan die tyd van inspuit en dat die ideale tyd 4 weke voor lam/kalf en weer 4 weke voor paring is. Jong, vinniggroeiende diere kan elke 3 maande met Multimin behandel word. Bulle/ramme moet elke 4 maand (3 X per jaar) met Multimin behandel word op optimale spermtelling en –spermkwaliteit te verseker..

Page 9: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 November 2012 9

Baie geluk aan die volgende personeel en

ander wat verjaar gedurende Desember:

4 Helene Weydeman 5 Francie Grobler 7 Petrie Geldenhuys 18 Joshua Viljoen 23 Kyle Viljoen 29 Jacob Monnahela

Stuur jou nuus aan [email protected]

Personalia

Gelukwensings

Sterfgevalle

Die kantoor is opsoek na foto's vir promosie materiaal. Ons wil veral foto's hê van koeie met mooi dik kalwers langs hulle. Dit hoef nie noodwendig geregistreerde diere te wees nie. Kyk asb deur julle ou foto's of neem sommer mooi nuwe foto's vir ons! Stuur vir ons die foto’s na [email protected]

Gesoek

Ons wil graag op ons Simmentaler en Simbra webblaaie diere wat te koop is plaas. Stuur asb alle inligting aan Belinda by [email protected]

WEBBLAAIE

Te koop

Stuur vir ons jou nuus voor die 15de van elke maand

om te verseker dat dit verskyn aan Belinda Putter by [email protected]

OF [email protected]

OF Faks: 051-4460455

Ons hoor graag van jou!!!

Algemeen

Tangeni Erkana van Erkana Farming

Erich Schulenburg van Erico Simmentalers se Skoonma

Mart Johnstone, vrou van wyle Kwaab Johnstone

Petro Ferreira se dogter is getroud op 15 Desember

2012 - pragtig!!! Baie geluk M & T.

Stoet te koop – skakel met Dawie van Schalkwyk by

0824911202 of dawie.vanschalkwyk@sasol.

com

Baie geluk aan Tatjana Metzger wat Graad Cum

Laude verwerf het!

Baie geluk aan alle skoliere en studente wat hul

eindeksamens geslaag het! Hoop dat 2013 vir julle ’n nuwe uitdaging sal wees.

Baie dankie aan die WESKAAP Simmentaler &

Simbra Klub vir die wyn aan elke Personeellid

Broer van Oom Sallie Kriel

Aan almal wat gedurende die Feesseisoen op die paaie is, bestuur veilig en geniet die

vakansie!

REMEMBER:

JESUS IS THE REASON FOR THE

SEASON

Namens die Personeel ook baie geluk aan Flaf

Lauwrens wat aangestel is as Hoofbestuurder van die

Genootskap.

Baie sterkte aan Ian Currin wat tans ernstig siek in die hospitaal is. Ons wens jou

vinnige beterskap toe.

Page 10: Uitgawe/Issue 43 ULLETIN Bulletin 2012.pdf · wie se rekening langer as 90 dae uitstaande is, te staak totdat die rekening ten volle betaal is of ‘n aanvaarbare reëling vir afbetaling

BULLETIN, Donderdag, 20 Desember 2012 10

I MPORTANT NOCICE

The Simmentaler and Simbra Office will close on Friday, 21 December 2012 at 13h00 and will re-open on Wednesday, 2 January 2013.

Follow us on:

www.simmentaler.co.za

www.simbra.org

Simmentaler Cattle Breeders Society

Simbra Cattle South Africa

The Bulletin is the monthly newsletter of the Simmentaler & Simbra Breeders’ Society of Southern Africa. Opinions expressed in the Bulletin are not necessarily the views of the council of this Breeders’ Society. This Society accepts no responsibility for claims made in advertisements.

Articles may only be reproduced with the approval of the Editor. COPYRIGHT RESERVED

Simmentaler & Simbra Breeders’ Society of Southern Africa

Staff & Council of the Simmentaler & Simbra Breeders’ Society wishes all the breeders a Merry Christmas & a Prosperous New Year!