uitgawe 531 27 junie 2019 die dominee en die vioolband...

18
Uitgawe 531 27 Junie 2019 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND Deur Ronel Theart Ds. Kruger was ’n seun van Johannes Hendrik Kruger en Johanna Maria Snyman. Sy moeder was ’n diep godsdienstige en belese vrou wat vertroud was met die werke van dr. Abraham Kuyper. Sy was ook ’n gereelde leser van Die Heraut en Stemmen des Tijds. Van haar 15 kinders het net sewe grootgeword, onder wie nog ’n seun wat predikant geword het, ds. J.H. Kruger (1878–1963). ’n Dogter en dus ’n suster van die latere ds. G.H.J. Kruger, Johanna Margaretha (1870–1943) was getroud met Chris Coetzee (1869–1934) en die moeder van die rektor van die PU vir CHO prof. J. Chris Coetzee(1893–1989). Gert Kruger se gesin het in 1895 van hul plaas, Beschuitfontein, distrik Venterstad, na Heidelberg, Tvl., verhuis. ('n Voorsaat van ds. Kruger, ook G.H.J. Kruger, was in 1860 toe hy eienaar van dié plaas was, een van die stigters van die Gereformeerde kerk Burgersdorp.) Hy het sy eerste skoolopleiding op Venterstad ontvang en het later na Burgersdorp gegaan waar hy die matrikulasie-eksamen afgelê het, bes moontlik aan die literariese afdeling van die Teologiese Skool Burgersdorp. Saam met die latere prof. ds. J.D. du Toit, Totius, het hy sy kandidaatseksamen op 17 Junie 1899 afgelê, drie maande en 24 dae voor die begin van die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober daardie jaar. Weens die dreigende oorlog het hy toe nie ’n beroep ontvang nie. Toe die oorlog uitbreek was hy en prop. Du Toit in Transvaal en het dus as veldpredikers saam met die kommando's uitgetrek. Later is hy gevange geneem en na Middelburg, Kaap, gedeporteer. Daar het hy, nes ds. Willem Postma op dieselfde dorp, ’n lewensbestaan gemaak deur in ’n winkel te werk, maar kon hy ook ’n inkomste verdien deur vioolles te gee nadat hy aan die Teologiese Skool Burgersdorp leier van die "vioolband" was. Ds. G.H.J. Kruger was in 1902 (volgens die bron, maar waarskynlik voor die oorlog) as student aan die Teologiese Skool Burgersdorp leier van die “Vioolband”. Hy sit in die middel, tweede van links. Voor: D.J. du Plessis, L. du Plessis. Middel: A. Pienaar, G.H.J. Kruger (dirigent), J. du Plessis (pianiste), J.J.A. Coetsee, H.J.J. van der Walt. Agter: N. van der Walt, J.C. van der Walt, P. Lion Cachet en J. Buys Bron: Dopperdagboek

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

T met sy gewee in die hand en bandolier oor

Uitgawe 531 27 Junie 2019

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND

Deur Ronel Theart

Ds. Kruger was ’n seun van Johannes Hendrik Kruger en Johanna Maria Snyman. Sy moeder was ’n diep godsdienstige en belese vrou wat vertroud was met die werke van dr. Abraham Kuyper. Sy was ook ’n gereelde leser van Die Heraut en Stemmen des Tijds. Van haar 15 kinders het net sewe grootgeword, onder wie nog ’n seun wat predikant geword het, ds. J.H. Kruger (1878–1963). ’n Dogter en dus ’n suster van die latere ds. G.H.J. Kruger, Johanna Margaretha (1870–1943) was getroud met Chris Coetzee (1869–1934) en die moeder van die rektor van die PU vir CHO prof. J. Chris Coetzee(1893–1989). Gert Kruger se gesin het in 1895 van hul plaas, Beschuitfontein, distrik Venterstad, na Heidelberg, Tvl., verhuis. ('n Voorsaat van ds. Kruger, ook G.H.J. Kruger, was in 1860 toe hy eienaar van dié plaas was, een van die stigters van die Gereformeerde kerk Burgersdorp.) Hy het sy eerste skoolopleiding op Venterstad ontvang en het later na Burgersdorp gegaan waar hy die matrikulasie-eksamen afgelê het, bes moontlik aan die literariese afdeling van die Teologiese Skool Burgersdorp. Saam met die latere prof. ds. J.D. du Toit, Totius, het hy sy kandidaatseksamen op 17 Junie 1899 afgelê, drie maande en 24 dae voor die begin van die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober daardie jaar. Weens die dreigende oorlog het hy toe nie ’n beroep ontvang nie. Toe die oorlog uitbreek was hy en prop. Du Toit in Transvaal en het dus as veldpredikers saam met die kommando's uitgetrek. Later is hy gevange geneem en na Middelburg, Kaap, gedeporteer. Daar het hy, nes ds. Willem Postma op dieselfde dorp, ’n lewensbestaan gemaak deur in ’n winkel te werk, maar kon hy ook ’n inkomste verdien deur vioolles te gee nadat hy aan die Teologiese Skool Burgersdorp leier van die "vioolband" was.

Ds. G.H.J. Kruger was in 1902 (volgens die bron, maar waarskynlik voor die oorlog) as student aan die Teologiese Skool Burgersdorp leier van die “Vioolband”. Hy sit in die middel, tweede van links. Voor: D.J. du Plessis, L. du Plessis. Middel: A. Pienaar, G.H.J. Kruger (dirigent), J. du Plessis (pianiste), J.J.A. Coetsee, H.J.J. van der Walt. Agter: N. van der Walt, J.C. van der Walt, P. Lion Cachet en J. Buys

Bron: Dopperdagboek

Page 2: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

G E M E E N T E E T E

NG Kerk Waterbron Vergezocht pad, BAIN'S VLEI

29° 1' 58.09" S 26° 3' 52.29" E

S O N D A G

14 Julie 2019

na die 09:30 diens

R60,00 pp

Kaartjies by:

Santa 083 383 7982

of

Nora Conradie 082 443 12 83

www.facebook.com/waterbron

Page 3: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Lekker verjaar …,

Lekker verjaar!!!! van u, vriende, kollega’s en families.

30 Junie Nadine Divas

Roche Traut

2 Julie Altus van Eeden

The University of the Third Age

Thursday, 11 July at 10:00

Synagogue Hall, 1 Dickie-Clark Street,

talk by Prof Corina Walsh on

“Brain Food : Delaying Dementia”.

Everyone is welcome.

Entrance costs R10 for non-members and includes

tea.

Call Hedwig van Coller 082 412 3856

for further information.

Men In Black International 10-12PGHLV Fri-Thu; 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00 The Secret Life Of Pets 23D PG Fri–Thu; 9:45, 11:45, 13:45, 15:45, 17:45, 19:45 Toy Story 43D PGV Fri-Thu; 10:00, 12:00, 14:00,18:00 Booksmart 16DLS Fri –Thu; 16:00, 20:00 Rocketman 16DLPS Fri –Thu; 11:30, 15:45, 20:00 Tolkien 13DV Fri –Thu; 9:30, 13:45, 18:00

28 Junie – 4 July

Page 4: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

TRUKSVY Soutpan: Vrystaat

Truksvy 076 7688 726 Bespreek asb by Liza of Krona

Dinsdag- Vrydag 08h30-17h00 Saterdag 08h00-14h00 Sondag 08h00-15h00

Plot 35, 9de Laan, Kelly's View, Bl

Bloemfontein

KAARTJIE VERKOPE Die kaartjies vir Aasvoel Klub vertonings sal voortaan net by Kiki Corner Langenhoven Park beskikbaar wees. Of mense kan bespreek deur 'n epos na vultureclubevents@gmail te stuur.

Meer inligting op http://vulture-aasvoelclub.com/events-page/

Alle vertonings begin 8 nm tensy anders vermeld. 2-7 Julie – “Kunstefees vertonings by Aasvoëlklub Kaartjie Computicket 2 Julie 19h30 Jennifer Jones R130 3 Julie 17h30 Eet Kreef met Laudo Liebenberg R120 20h30 Die Wasgoedlyn R130 4 Julie 14h00 Moedertong met Frank Freeman R120

17h30 Die Wasgoedlyn R130 20h00 Koos Kombuis R130

5 Julie 14h30, 17h00 Radio Kalahari Orkes R150 20h00 Mel Botes se “Pink Floyd Tribute” R130 6 Julie 14h00 Serenade R130

17h00 Mel Botes se “Pink Floyd Tribute” R130 20h00 Radio Kalahari Orkes R150

2 Aug – A Night at the Theatre with Mario Lategan en

Cezanne Yzzel R120 23 Aug - Black Dog – Featuring “rhe local legends” R100 30 Aug – Dennis East en Pierre de Charmoy R100 31 Aug – Thys die Bosveldklong R120 6, 7 Sept – Touch of Class R130 13 Sept – Andre Swartz R120 14 Sept – The Story of Rocky n Roll 2 R100 20 Sept – Andrea Bocelli Tribute Extend version by Jacobus Silwer Featuring Cezanne Yzzel R150 3 Okt- Manie Jackson en Manuel Escorsio R120

8 Okt - Boere Rock Radio fees by die ABO

Museum Bfn-Computicket. 11 Olt – Dozi R100 12 Oht – Lost Chord R100

Sondag buffets 12h30

tuisgebakte brood, botter en

konfyt

een van die volgende

koring / mielierys/ stampmielies

en

2x groentes, aartappels, slaai

poering

30 Junie

BEESSTERT &

HOENDERPASTEI

Bespreek asb. R148 pp

*Bestel gerus ook ‘n Afval vir jou

tafel, of ‘n brood om huis toe te neem

Bring jou beursie

Page 5: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Bespreek jou tafel vooruit om terleurstelling te voorkom – 083 432 9927 of [email protected]

N eem as s eb l i e f k en n i s d a t vo o r r a d e b ep er k i s e nd a t t e r m e vo o r w aa rd es g e l d .

V o o r k eur w o rd a a n b e s p r e ek t e t a f e l s g egee .

Page 6: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood
Page 7: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

KAARTJIES IS BESKIKBAAR BY KIKI CORNER IN LANGENHOVENPARK OF KAN BESPREEK WORD BY

[email protected] navrae 079 387 3614

5 Junie The Music of QUEEN met JOSEPH CLARK R200 6 Junie MANIE JACKSON R120 9 Junie JANNIE MOOLMAN & KEVIN LEO R180

MIDDAGVERTONING 15h00

20 Junie TWEE R120

26 Julie BRYAN ADAMS Tribute ft DANIEL WESLEY R120

Alle kaartjies beskikbaar by kiki corner in

langenhovenpark of bespreek by

[email protected] (buiten waar

anders vermeld)

Heerlike pizzas en kontantkroeg beskikbaar,

middagvertoning geen pizzas

Vertonings begin om 19h30 Onthou ook van die paintball by MEERKATKOLONIE vir die kinders.

Skakel Pieter vir navrae by 079 664 6814

KONTAK 079 387 3614 vir volledige program of besoek ons facebookblad.

We are daily exposed to different kinds of stress: Mechanical - such as injury, strain or bad posture. Chemical - such as air pollutants, additives and colorants in food. Mental / Emotional - such as circumstances outside of your control having an emotional effect on you. Releasing body stress will allow your body to cope better with your daily life and restore your natural state of self healing. Body stress release is a gentle non-therapeutic technique and does not treat any condition.

Werner Frylinck MBSRA (SA)

Bloemfontein

062 910 2531 [email protected]

www.bodystressrelease.com

Donderdag : 25 Julie

18h00 vir 18h30

Lesing in die Ouditorium van die

Oorlogsmuseum.

Spreker:

Dr. Garth Benneyworth Onderwerp:

Traces of forced labour – Black civilians in Concentration Camps.

RSVP voor 19 Julie : [email protected] Whatsapp – 082 801 7040 Lede: R10 / Nie-lede: R20

Page 8: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Maandag – Vrydag: 08h00-17h00 / Saterdag 08h00 – 13h00

Voorafgereëlde afsprake sal verwelkom word / Na ure per afspraak

084 442 6964 Ol ive G r int er s t raat 22 , F i char dt p ar k

Met Radio Kalahari Orkes, Dirk en die Repuliek, Jacobus Silwer, Mario Lategan en Thabo Hlangwane. Ter bewusmaking en nagedagtenis van die lewensverlies, van veral vroue en kinders in die Boere Oorlog “Early Bird Special vanaf R80pp)-Computicket.

WINTERDANS MET LEKKER DANS DATUM SATERDAG 6 JULIE 2019 TYD 19H00 VIR 19H30 PLEK NG KERK WILGEHOF SAAL KOSTE R150,00 PER PERSOON DRAG/TEMA LADY AND THE TRAMP

(NET AS JY WIL) ANDERS SEMIFORMEEL DJ THE DANCE DOCTOR -

BELOOF OM JOU OP DIE DANSBAAN TE HOU

ONTHOU OM JOU EIE COOLER BOX

TE BRING MET DRINKGOED. DIT SLUIT IN WARM 2 GANG ETE MET KAAS EN BESKUITJIE TAFEL

ASOOK SJERRIE BY AANKOMS. DAAR IS OOK VELE PRYSE TE WEN.

KOM EN GENIET DIE AAND SAAM MET ONS.

BESPREEK OF KONTAK VIR VERDERE BESONDERHEDE GERUS VIR SONJA 076 912 5202 ERIKA 073 404 4104

Page 9: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Kontak Ronel 082 490 3112

OPREGTE WORSHONDJIES TE KOOP

Page 10: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

OPREGTE RIFRUG HONDJIES TE KOOP

Kontak Ronel 082 490 3112

Page 11: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Die vertoning sal Nataniël se nuutste Afrikaanse en Engelse stories en vertellings insluit met bekende pop, blues en rock musiek. Daarbenewens is daar musiek uit sy eie pen. Nataniël deel die verhoog met die Charl du Plessis Trio en Juan Oosthuizen op kitaar. Hierdie viermanskap speel reeds etlike jare vir Nataniël. Nuwe kostuums deur modeontwerper Floris Louw sal die gehoor na hulle asems snak.

SAND DU PLESSIS

TEATER

Dinsdag 30 Julie

Nuwe produksie MESSENGER. Besprekings kan reeds gedoen word by

PACOFS 0514477772 en kaartjies beloop R160, R200 en R260.

Page 12: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood
Page 13: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Baie welkom by UNIKUM BROKKIES

ALLES IS JOU / MY SKULD

Gewoonlik pas een van hierdie style by ons... Ek wil vandag egter so bietjie dieper na hierdie twee situasies kyk

ALLES IS JOU SKULD - Dikwels sal ‘n persoon hierdie styl gebruik as verdedigingsmeganisme om hulle teen

seerkry te beskerm. Ongelukkig kan dit in die proses ander seermaak. Persone wat hulself op hierdie manier verdedig

besef nie wat hul woorde en aksies aan ander doen nie, hulle fokus slegs op wat ander aan hulle doen en hoe ander

hulle laat voel. Hulle vergeet dat hulle kan kies hoe situasies hulle affekteer en dat daar meer effektiewe maniere is

om situasies te hanteer

Hoe kan jy dit meer effektief hanteer as hierdie jou styl is?

Dit is belangrik om te besef hoekom jy hierdie styl gebruik alvorens jy dit kan verander!

• Blameer jy ander in ‘n poging om hulle te probeer verander?

• Beskerm jy jouself teen iets in die proses om ander te blameer?

• Watter kognitiewe distorsies ( foutiewe denke) gebruik jy? Bv Alles-of-niks denke,

spring na gevolgtrekking, etikettering, emosionele redenasies ens)

• Besef daar is ‘n verskil tussen iemand kritiseer en ‘n versoek dat bv gedrag verander

• Waar, hoe en hoekom het jy ‘n styl aangeleer van blameer?

ALLES IS MY SKULD - Met hierdie styl is persone geneig om alles persoonlik te vat. Dit veroorsaak ‘n

verlammende skuldgevoel. Dit veroorsaak dat jou reaksies en optrede teenoor ander negatief kan wees asook

verhoudings negatief kan beïnvloed. Hierdie persone besef nie dat hulle baie tyd spandeer om bekommerd en negatief

te wees oor dinge wat eintlik glad nie op hulle van toepassing is nie. Wanneer hulle besef alles is nie ‘n persoonlike

aanval op hulle nie, kan hulle situasies meer effektief hanteer

Hoe kan jy dit meer effektief hanteer as hierdie jou styl is?

Dit is belangrik om te besef hoekom jy hierdie styl gebruik alvorens jy dit kan verander!

• Vra jouself hoekom voel jy verantwoordelik vir dinge buite jou beheer?

• Is jou standaarde vir jouself en ander dalk onhaalbaar hoog?

• Besef daar is ‘n verskil tussen kritiek teenoor jouself en ander en ‘n regstelling

• Ondersoek watter gedrag kan jy verbeter en wat kan jy leer uit die situasie eerder as om

dinge persoonlik op te neem of te kritiseer?

• Waar, hoe en hoekom het jy ‘n styl van self kritiek aangeleer?

Hoe goed werk die styl wat jy gebruik vir oplossing van probleemsituasies?

Sodra jy antwoorde op hierdie vrae het, kan jy gesonde veranderinge begin maak aan jou styl!

Jannine Bester

Berader BA(Hons) Tall Trees Fasiliteerder

Tel 082 902 3556, Epos [email protected]

Page 14: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Hulde aan helde-reeks @ NALN

Aag Gee Visser ’n kans: Woordkuns uit die oudedoos! Aag gee Visser ‘n kans: woordkuns uit die oudedoos! is ‘n keur uit A.G. Visser se digkuns voorgelees deur Nico Luwes en Peter Taljaard. Die program wissel van sy speelse woordwaarhede, tot meer ernstige en veral sy romantiese gedigte waarmee Visser die harte van mense oor dekades geroer het. Soms onskuldig, soms skerp satiries maar altyd strelend op die oor en murgsag in die hart! Dis A.G. Visser! Met Nico Luwes, Pieter Taljaard Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 4 Julie, 18:00

Bloemfonteinse Taaltoer Die bekende en geliefde Bloemfonteinse skrywer en taalwetenskaplike, Prof J.C. Steyn, het in 2018 tagtig jaar oud geword. J.C. Steyn het as skrywer en digter reeds vroeg in sy loopbaan erkenning gekry. Hy het egter as taalhistorikus, vakwetenskaplike navorser en akademikus baanbrekerswerk vir Afrikaans en sy gebruikers gedoen, en is ook hiervoor met die gesogte Helgard Steynprys bekroon. Prof. Steyn gaan, saam met Leana Lategan, hoofvakkundige van NALN, ’n rondrit deur Bloemfontein onderneem, waartydens hulle verskeie belangrike, interessante en meestal onbekende feite oor die Afrikaanse taal-en verwante letterkundige gebeure met die gaste gaan deel. Met Jaap Steyn, Leana Lategan Taal Afrikaans Tydsduur ongeveer 180 minute Prys R150 Plek vertrek vanaf NALN Tyd 30 Junie, 14:00

Die man wat glimlag met ‘n mes onder sy jas Hy is vanjaar negentig jaar jonk. Hy is lank. Hy is regop. Hy is skerp. Hy is stout. Hy is ontstig. Hy is ‘n filosoof. Hy is ‘n teoloog. Hy is ‘n denker. Hy is ‘n bekroonde satirikus. Hy is ‘n dramaturg. Hy prikkel. Hy kielie. Hy amuseer. Hy maak die donder in. Hy glimlag inderdaad met ‘n mes onder sy jas. Hy is M.M. Walters. Johann Nel gesels oor Walters, kom gesels saam. Met Johann Nel Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 1 Julie, 18:00

Van toe tot nou: 'n Reis van twee stede Philip de Vos, wat op 16 Junie 80 geword het, praat, in ’n program met vertellings, versies en 'n liedjie of twee, oor sy grootwordjare in Bloemfontein en hoe hy later in sy Kaapstadjare bekend geword het as operasanger, skrywer, versiemaker, rymvertaler, fotograaf en skrywer en aanbieder van radioreekse oor klassieke komponiste. Kom deel in die genot! Met Philip de Vos Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 1 Julie, 19:00

Page 15: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Etienne Leroux: Sy betekenis vir vandag Etienne Leroux is vir baie lesers ’n haas-vergete skrywer. Wanneer daar egter na sy invloed op ’n nuwe geslag skrywers gekyk word, blyk die teenoorgestelde. Skrywers so uiteenlopend soos Andre P. Brink, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Peet van Aardt is duidelik sterk beinvloed deur Leroux op stilistiese en tematiese vlak. Een van Leroux se romans wat seminaal in hierdie verband is, is 18-44 – wat ook in die buiteland hoë lof ingeoes het. Kom luister na hierdie boeiende gesprek tussen twee gesoute literatore. Met Heilna du Plooy, Hennie van Coller Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 3 Julie, 18:00

Karel Schoeman, sy laaste reis Die bykans ikoniese bydrae wat Karel Schoeman tot Afrikaans gelewer het, is nie te betwis nie. Die dood en die sterfproses is belangrike en wederkerende temas in sy uitgebreide literêre oeuvre. Tersefdertyd het hy ook die lewe gevier. Vanjaar, op 26 Oktober, sou hy 80 jaar oud word. Om hierdie dag, en die lewe van Karel Schoeman in herinnering te roep, word lesers en belangstellendes genooi om persoonlike gunsteling gedeeltes uit sy tekste (in enige genre) saam te bring om voor te lees. Daar sal ook ’n oorhandiging van Schoeman-personalia aan die Museum wees. Met Jackie Steyn, Leana Lategan, Wyno Simes, deelnemers uit die gehoor Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 2 Julie, 18:00

Dr Khotso Pieter David Maphalla – a most prolific Sesotho author We pay tribute to Dr K.P.D. Maphalla, perhaps the most prolific and proficient of contemporary Sesotho writers. This Bethlehem native’s creative oeuvre includes twenty-four Sesotho poetry books, five short story anthologies, two plays and sixteen novels. The tribute will include an overview of his life and work, readings from his literary legacy, as well as a display of his oeuvre and an audio-visual exhibition. Met Pule Lechesa and others Taal English, Sesotho Tydsduur 60 min Prys Free Plek Sesotho Literary Museum @NALN Tyd 4 July, 14:00

Page 16: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Literatuurgeskiedenisreeks @ NALN

Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika – die biografie van ’n taal Die storie van Afrikaans kyk opnuut na Afrikaans se veelkantige herkoms: Die Europese geskiedenis van Afrikaans én veral Afrikaans se Afrika-herkoms – oor die opbouproses om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry; Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu; en Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Met Wannie Carstens, Angelique van Niekerk, Jolyn Phillips, Hennie van Coller (gespreksleier) Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 Plek NALN Tyd 3 Julie, 9:30

Gespreksgenote – Elize Botha & PG du Plessis Wyle prof. Elize Botha was nie net 'n 'n bekwame en bekende letterkundige en dosent nie, maar ook 'n ywerige korrespondent en sy het ook die meeeste van die briewe wat sy ontvang het, gebêre. In Gespreksgenoot. 'n Brieweboek is daar briefwisselings bymekaargebring wat oor verloop van 40 jaar geskryf is. PG du Plessis was 'n bekende skrywer en openbare figuur, geliefd maar ook omstrede. Sy huldigingsboek bevat, naas artikels en essays, ook ’n onderhoud met Heilna du Plooy wat twee maande voor PG se dood gevoer is en waarin hy openhartig oor sy lewe en sy werk gesels. Met Heilna du Plooy, Hennie van Coller (gespreksleier) Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 Plek NALN Tyd 3 Julie, 10:45

Verbintenis en venster: Die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede. Verbintenis en venster: die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede. 'n Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans in 30 jaar. Die boek bestaan uit twee dele: Deel 1 is 'n oorsig van die Nederlandse letterkunde van die Middeleeeue tot 2015. Deel 2 bevat 46 hoofstukke oor belangrike moderne Nederlandse skrywers (dus van die Beweging van Tagtig af). In die gesprek sal gesels word oor die metodologie van literêre geskiedskrywing; eintlik die vraag: wat is literêre geskiedenis? Met Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld (gespreksleier) Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 Plek NALN Tyd 3 Julie, 12:00

Koop kaartjies regstreeks by Computicket: https://online.computicket.com/…/vrystaat_kunstef…/35854398… Literatuurfees @ NALN (30 Junie – 4 Julie 2019)

Parkering is na-ure beskikbaar langs die NALN-gebou vanuit Miriam Makebastraat.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.

Kontak NALN: [email protected] óf 051-405 4711

Page 17: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood

Kursus sal boekdele spreek oor herstelwerk

Taalmonument bied klasse oor boekherstel en -bindery

Jy is mal oor jou ou, verwaarloosde hardebandboeke, maar wens net jy kon die kuns bemeester om hulle met liefde reg te dokter? Dan is die boekherstelspesialis George Wentzel se kursusse by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl die antwoord op jou drome. Wentzel, 'n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, bied 'n inleidende kursus oor die herstel van ou hardebandboeke vanaf Woensdag 31 Julie tot Vrydag 2 Augustus 2019 aan. Hierdie afgetredene het voorheen in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se boekbewaringsafdeling gewerk. Sy passie is om hierdie skaars vaardigheid te onderrig en hy het al meer as 30 rampbestuur- en boekbindwerkwinkels oor die land aangebied. In Oktober vanjaar bied hy ook 'n gevorderde kursus by die ATM aan. Geen vooraf kennis is nodig vir die tweetalige driedagkursus nie. Deelnemers sal drie boeke maak en bladgoudwerk en basiese boekherstelwerk doen. Ingesluit is werksprosedures, 'n oorsig van die dele van 'n boek en die samestelling daarvan, asook demonstrasies van en praktiese oefeninge in skutblaaie, boekbindwerk, leerbindwerk, omhulsel afronding en bladrugsteun.

Die tweetalige kursus kos R1 750 per persoon wat ʼn sertifikaat van bywoning en ʼn stel basiese gereedskap insluit. Dit vind daagliks van 09:00 tot 15:30 in die Konferensielokaal in die Besoekersentrum by die Taalmonument plaas. Koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet sorg vir hul eie middagete of van die Volksmond Koffiewinkel gebruik maak. 'n Gevorderde kursus in boekherstel – wat fokus op gevorderde goudblad- en herstel tegnieke asook die bou van Solanderbokse – word van 28 tot 30 Oktober 2019 aangebied. Die gevorderde kursus, ook R1 750 per persoon, is geskik vir deelnemers wat reeds die basiese beginsels van boek- en papierherstelwerk verwerf het, en elke persoon sal weer drie boeke skep. Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Page 18: Uitgawe 531 27 Junie 2019 DIE DOMINEE EN DIE VIOOLBAND ...bloemsnippets.co.za/media/com_acymailing/upload/bloem_snippets_no_531.pdf · 20h00 Koos Kombuis R130 * tafel, of ‘n brood