uit die hoof se kantoor - lsfairland.files.wordpress.com · stuur verkorte cv na...

22
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 24 16 Augustus 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Laatkommers Dit is vir my kommerwekkend om te sien hoeveel van ons leerders in die oggende laat kom vir skool. Ons verstaan dat die verkeer baie keer ‘n impak daarop het, maar versoek u vriendelik dog dringend om u kind soggens betyds by sy/haar klasse te hê. Kaskardag Ons moedig alle ouers en leerders aan om die donasielyste te voltooi. Ondersteun asb. hierdie groot fondsinsamelingsprojek van ons skool! Daar is groot pryse op die spel vir onder andere: * die leerder wat die meeste geld insamel * die klas wat die meeste geld insamel * die graad wat die meeste geld insamel Voorlopers soos op 14 Augustus om 15:00: Gr. R/07 Gr. 1/27 Gr. 2/18 Gr. 3/13 Gr. 4/52 Gr. 5/39 Gr. 6/40 Gr. 7/01 en gr. 7/44 Somersdrag Ons beskou die tydperk vanaf 13 Augustus as ʼn oorgangstydperk en die leerders kan dus somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 3 September is somersdrag verpligtend. Personalia Baie welkom terug aan Lorraine Mathembisa. Ons is so bly dat jy weer terug is by die skool en dankbaar dat dit heelwat beter met jou gaan. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 17 Augustus Gr. R: Ouma en oupadag 1 September Kaskardag 14 September Gr. R-Koekverkoping 15 September VVF-funksie AKADEMIE 8 Augustus 7 September Gr. 4- tot gr. 7-toetsreeks 21 September Gr. 7-Entrepreneurskap SPORT 17, 22, 24, 29 Augustus Krieket: Aandreeks KULTUUR 7 27 September Laerskool Fairland Kunswedstryd

Upload: others

Post on 22-May-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 24 16 Augustus 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Laatkommers Dit is vir my kommerwekkend om te sien hoeveel van ons leerders in die oggende laat kom vir skool. Ons verstaan dat die verkeer baie keer ‘n impak daarop het, maar versoek u vriendelik dog dringend om u kind soggens betyds by sy/haar klasse te hê.

Kaskardag

Ons moedig alle ouers en leerders aan om die donasielyste te voltooi. Ondersteun asb. hierdie groot

fondsinsamelingsprojek van ons skool!

Daar is groot pryse op die spel vir onder andere:

* die leerder wat die meeste geld insamel

* die klas wat die meeste geld insamel

* die graad wat die meeste geld insamel

Voorlopers soos op 14 Augustus om 15:00:

Gr. R/07 Gr. 1/27 Gr. 2/18

Gr. 3/13 Gr. 4/52 Gr. 5/39

Gr. 6/40 Gr. 7/01 en gr. 7/44

Somersdrag Ons beskou die tydperk vanaf 13 Augustus as ʼn oorgangstydperk en die leerders kan dus somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 3 September is somersdrag verpligtend.

Personalia

Baie welkom terug aan Lorraine Mathembisa. Ons is so bly dat jy weer terug is by die skool en dankbaar dat dit heelwat beter met jou gaan.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 17 Augustus Gr. R: Ouma en oupadag

1 September Kaskardag

14 September Gr. R-Koekverkoping

15 September VVF-funksie

AKADEMIE 8 Augustus – 7 September Gr. 4- tot gr. 7-toetsreeks

21 September Gr. 7-Entrepreneurskap

SPORT 17, 22, 24, 29 Augustus Krieket: Aandreeks

KULTUUR 7 – 27 September Laerskool Fairland Kunswedstryd

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

ONS GAAN BOS TOE!

KASKARDAG, 1 SEPTEMBER 2018 Soos die leerders sê ... van vandag af is daar nog net 16 slapies oor voor die kaskardag!

10:00 Optog van die hele skool

10:30-14:30 Kaskarresies met modder en water asook “Gladiator “Inflatables”

14:30 Ouer-onderwyserresies

15:00-16:00 Gratis optrede deur die bekende Afrikaanse sanggroep, ADAM.

Verskeie kosstalletjies wat onder andere ‘Chipstix’, Tropika slushies, mini-doughnuts, ens. verkoop

Op hierdie dag bied die snoepie die volgende klaargebraaide etes aan:

R85 Rump steak op die spit, verskeidenheid slaaie, pap en sous en sambals.

R65 Hoender, verskeidenheid slaaie, pap en sous, asook sambals.

R60 Boerewors, met ‘n verskeidenheid slaaie, pap en sous asook sambals.

R40 Boerewors met pap en sous.

R120 Full-house special: Rump, hoender, boerewors, verskeidenheid slaaie, pap en sous, asook sambals.

Bestel gerus direk by hulle [email protected] of kom ondersteun hulle op die dag! Op hierdie dag word die aktiwiteitsentrum (ou lapa) omskep in ‘n koffiewinkel met heerlike geperkoleerde koffie, snye koek, muffins, gevulde pannekoek, ens. GLADIATORBANDJIES TE KOOP!

Vanaf Maandag, 20 Augustus 2018 kan al die leerders hulle R50 vir ‘n bandjie betaal. Doen asb. EFT-betalings en gebruik FAMILIEKODE/GLADIATORS as verwysing. Stuur asb. die bewys van betaling aan die registeronderwyser/es. *Vermaak vir die juniors (kleuters, gr. R en gr. 1): ‘n Miniatuurtreintjie wat op die teerblad gaan ry, springkastele, waterglybane en ook gesigverf. *Vermaak vir die seniors (gr. 2 – gr. 7): Twee ‘rockets’, 2 hoë waterglybane, ‘n volleyball-baan, ‘Zorb Balls’ en waterglybane.

Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

3

Vakatures 2019

Opvoeder: Intermediêre fase: Gr. 5- en gr. 6-Afrikaans (1 vakature) Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees Sportafrigting ‘n vereiste

Grondslagfase: Gr. R tot gr. 3 (3 vakatures) Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees Sportafrigting ‘n vereiste

Studente-opvoeder: Intermediêre- en seniorfase: (1 vakature) Sportafrigting ‘n vereiste

Grondslagfase: Gr. R tot gr. 2 (1 vakature) Sportafrigting ‘n vereiste

Tegniese ondersteuning: (1 vakature)

IT-kwalifikasies - 2/3 jaar IT-ondervinding; diploma of iets soortgelyk in IT

Webtuiste-ontwikkeling/ontwerp ‘n noodsaaklikheid

Ondersteuning/instandhouding van rekenaars, notebooks, ens.

Baie goeie kennis/ondervinding van multi-media (bv. smart boards, e-beamborde, ens.)

Sosiale media

Behulpsaam met buitemuurse aktiwiteite

Dit sal ook tot aansoeker se voordeel strek indien hy/sy die volgende magtig is: “Process analysis” / Grafiese ontwerp

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2019 Salaris: Onderhandelbaar

Stuur verkorte CV na [email protected]. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00.

NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

REDAKSIE

‘n Mens word daagliks oorval met negatiewe beriggewing in die pers en veral op sosiale media. Dis asof die wêreld onomkeerbaar kwaad en moedeloos geword het. Watter omstandighede ookal hiertoe aanleiding gegee het, is nie hier ter sprake nie, maar wel dit wat ons daaraan kan doen. Almal weet dat dit baie moeilik is om met verwagting te bly leef as alles rondom jou dui op die chaos van selfsug. In die algemeen word omstandighede “buite jou beheer” een van die struikelblokke op jou pad van hoop. ‘n Mens vra jouself af: “Wanneer is dit werklik buite my beheer?”

Té dikwels blameer ons omstandighede, ander persone, die”noodlot”, maar weinig kere onsself. Die feit is dat ons altyd redes sal vind vir ons onvermoë om iets te laat slaag of omdat ons soos slagoffers van ons situasies voel. Daar is ‘n gesegde wat lui: “As jy nie hou van die posisie waarin jy jouself bevind nie, beweeg…jy is nie ‘n boom nie!” Elke mens reageer anders in krisis situasies. Party raak negatief, vries en sien al die moontlike redes waarom dinge nie sal werk nie. Hulle traagheid om te reageer en pro-aktief op te tree, sorg vir mislukking na mislukking. Dit lei meestal na ‘n gevoel van ontoereikendheid en hopeloosheid.

Winston Churchill het gesê, “Success consists of going from failure to failure without loss of enthusiasm.” Die mees suksesvolle mense sal dit beaam en byvoeg dat die een wat aanhou en uithou (in hoop leef), dié een is wat die hoogste sport bereik. Die hopelose bereik niks want hulle streef na niks nie. Hoopvolle mense is die behoud van ‘n samelewing. Hulle soek altyd oplossings vir die res se probleme en in die proses, skep hulle dikwels iets nuuts en opwindends tot voordeel van hulle medemens. Leer jou kind vandag om ‘n positiewe mens te word, een wat in hoop lewe, voluit! Op daardie manier word hy nie net ‘n aanwins vir sy gemeenskap nie, maar dalk ook ‘n “game changer”, iemand wat werklik ‘n verskil maak.

Hoop is ‘n deug wat moontlik alle ander oortref. Om te sê dat ‘n situasie “hopeloos” is, en jou aan die wanhoop oor te gee, is om die deur in God se gesig toe te slaan. CL Allen

Erika

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

4

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat die afgelope week verjaar het en ook volgende week verjaar:

Dean Benadie - 4 Augustus Charné Augustyn - 6 Augustus Connie Steenkamp - 14 Augustus Vivia Muller - 16 Augustus

Mag dit vir julle ‘n wonderlike geseënde en voorspoedige lewensjaar wees.

AKADEMIE

Toetsrooster: 3de Kwartaal 2018

Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 17 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels

Vr. 24 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Di. 28 Augustus Tegnologie

Vr. 31 Augustus NW NW NW NW

Vr. 7 September SW SW SW SW

Di. 11 September

EBW

Kwartaal 2: Beste vordering

Gr. 4: Aldo van Wyk Zanél le Roux Handré Jacobs

Troy Kaminsky Ayden Clements Nathan van Aswegen

Anya Velthuysen Caiden Bouwer Vincent Graham

Heinrich Bothma Ehtan Ferreira Jayden Viglieno

Reubenne Vlok Rojche Schutte

Gr. 5: Joaquin Wilmot PJ Nieman Benré Hoffman

Lené Labuschagne Ruan Booysen Xander Calitz

Pirow Schoeman Jorja Troup

Gr. 6: Sinéad Marais Coco Naude Renier Willemse

Ethan Maritz Gideon Kok Nanise Mostert

Helen Vorster Marycke Steyn Cjay Bodenstein

Sonette Pretorius Andrea Pietersen Delarey Myburgh

Emma du Plessis Juané Booysen Dezi Coetzer

Stephanie Lourens Chad Esterhuyse Inge Schoeman

Marcel Kloppers Lioné Pretorius Jean-Pierre Griesel

Hanno de Lange

Gr. 7: Brandon Botha

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

5

KULTUUR

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Belangrike inligting aangaande LFK-inskrywings

Die inskrywings vir drama, sang, instrumentaal, dans en revue het op Vrydag 27 Julie geopen en sluit weer op Vrydag 17 Augustus 2018. Slegs elektroniese inskrywings sal aanvaar word. Vorms (volg die skakel) is op die d6 Connect (swart blokkie) geplaas. Vir enige navrae kan u die volgende personeellede nader:

Dans : Mariëtte Goosen Drama : Liza de Jager Sang : Chrisné Ehlers Instrumentaal : Melissa Breedt Revue : Karen Nel Algemeen LFK : Erika Joubert LEERDERS WORD AANGEMOEDIG OM ASB. IN TE SKRYF VIR LFK, ONGEAG VAN DIE HOKKIE- EN ANDER SPORTPROGRAMME. INDIEN DAAR BOTSINGS IS, SAL ONS ALTERNATIEWE REëLINGS TREF VIR DIE UITSONDERINGE.

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

SENIOR- en JUNIORKOOR

Junior- en seniorkoor

Die belangrike datums vir die kwartaal is soos volg:

18, 25 September Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK)

Teken asseblief die volgende datums aan in u dagboek.

REVUE

Belangrike datums vir werkswinkels

8 September 09:00 – 11:00 JUNIORS 11:00 – 16:00 SENIORS (danswerkswinkel – saal)

Oefentye

Maandae - LAPA: 16:00 – 17:00 Sang: JUNIORS 17:00 – 18:00 Sang: SENIORS SAAL: 17:00 - 18:00 Dans: JUNIORS 18:00 - 19:00 Dans: SENIORS

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

6

SPORT

HOKKIE

HOKKIE-AANDREEKS

Ons seuns en dogters Oop A-hokkiespanne het op Woensdag 1 Augustus in die jaarlikse Laerskool Fairland

Aandreeks gespeel. Ander deelnemende skole was Laerskole Unika, Fontainebleau, Roodekrans en

Cliffview Primary.

Ons dogters het in die finaal teen Laerskool Roodekrans te staan gekom. Nadat die telling steeds, na ‘n

“strafskiet”, gelykop eindig, verloor hulle naelskraap in ‘n “sudden death shootout”.

Ons seuns het vir die tweede agtereenvolgende jaar in die finaal teen Cliffview Primary gespeel. Die

eindtelling was 1 elk na 25min. en daar vind ‘n “strafskiet” plaas. Laerskool Fairland se seuns wen 2-0 in

daardie “uitskiet” en tree dan ook vir die tweede agtereenvolgende jaar as algehele wenners uit die stryd!

Die volgende leerders ontvang dan ook spesiale toekennings:

Jean Oosthuizen – Mees belowende speler (seuns)

Hannes Alberts – Beste doelwagter

Nadia Potgieter – Mees belowende speler (dogters)

Baie geluk aan al hierdie hokkiespelers met ‘n fantastiese aandreeks!

Hokkie-oefentye (3de Kwartaal): Dogters

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/9 14:10 - 15:10 13:40 - 14:40 13:40 - 14:40

o/10 & o/11 14:15 -15:25 13:40 – 14:55 13:40 – 14:55

o/12 & o/13 15:10 – 16:25 14:40 - 15:55 14:40 - 15:55

Wedstryddae: Dinsdae (laaste wedstryde week van 3 – 7 September (dogters en seuns)

Oopspanne (indien hul kwalifiseer vir “Best of the Best”; week van 10 – 14 September

laaste wedstryde. Let wel: Hierdie datums is voorlopig

Maandae: Senior-dogterspanne oefen by Northcliff High se astrobane (vanaf 23 Julie tot 24 September).

Let wel: Die spanne wat by Northcliff High se astrobane gaan oefen, sal voor die tyd ingelig word.

Uitslae (6 Augustus)

o/9A wen 5 – 0 vs Unika o/9B wen 4 – 0 vs Unika

o/10A verloor 1 – 2 vs Unika o/11A wen 2 – 0 vs Unika

o/12A wen 1 – 0 vs Unika o/12B wen 1 – 0 vs Fontainebleau

Oop A wen 6 – 0 vs BPMS Oop B wen 5 – 0 vs Blairgowrie

Uitslae (14 Augustus)

o/9A wen 4 – 0 vs Fontainebleau o/9B wen 7 – 0 vs NWCS

o/10A gelykop 1 – 1 vs Fontainebleau o/10B wen 3 – 0 vs Louw Geldenhuys

o/11A wen 2 – 0 vs Fontainebleau o/11B wen 5 – 0 vs Randpark Primary

o/12A gelykop 0 – 0 vs Fontainebleau Oop A wen 4 – 0 vs Curro Aurora

Oop B gelykop 0 – 0 vs IR Griffith

Vriendskaplike wedstryde vs Helderkruin:

o/10A gelykop 1 – 1 o/11A wen 6 – 4

o/12A wen 2 – 0 o/13A wen 3 – 0

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

7

Hokkie-oefentye (3de Kwartaal): Seuns

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE

Ontwikkeling 14:10 - 15:10 13:30 - 14:30 Geen oefening Geen oefening

Juniorseuns Geen oefening 13:30 - 14:30 Geen oefening 14:10 - 15:10

Seniorseuns 15:30 - 16:30 Geen oefening 14:40 – 15:40 14:10 - 15:10

Wedstryddae: Vrydae

Maandae: Seniorseuns oefen by Northcliff High se astrobane (vanaf 23 Julie tot 24 September).

Vriendskaplik vs Helderkruin

Juniorseuns (o/10 & o/11) verloor 2 – 3

Oop A wen 7 – 1

MINI-HOKKIE

Belangrike datums: Mini-hokkietoernooi 30 Augustus; 6 September

Oefentye: (vanaf 23 Julie)

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45

KRIEKET

Belangrike datums:

Oefentye: (3de en 4de kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 - 15:15

Wedstryddae vir opkomende liga (vanaf 13 Augustus): Maandae Oopspanne

Dinsdae o/9A- en B-spanne asook

o/8-hardebalspan

Woensdae o/10A- en B-spanne

Donderdae o/11A- en B-spanne

Uitslae (vs Helderkruin) vriendskaplik

o/9A wen met 5 paaltjies

o/10A wen met 3 paaltjies

o/11A wen met 2 paaltjies

1ste span verloor met 12 lopies

Uitslae (vs TrinityHouse, Little Falls A-spanne) vriendskaplik

o/9B verloor met 8 lopies

o/10B wen 8 paaltjies

o/11B wen 6 paaltjies

Spesiale vermelding: Jaco Dannhauser (o/11B) teken 62 lopies van 35 balle aan.

Ligawedstryde

1ste span wen met 44 lopies vs Unika

o/8-hardebal wen met 5 paaltjies vs Unika

o/9B wen met 123 lopies vs BPMS

Spesiale vermelding: Stephan Nel (o/9B) teken 57 lopies van 45 balle aan.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

8

MINI-KRIEKET

Krieketvaardighede (o/7 en o/8): (Het reeds op 23 Julie begin tot van mini-krieketseisoen)

Oefentye

Maandae : 13:30 - 14:10 Dinsdae : 13:00 - 13:40

o/6 - Gr. R

Oefentye: SLEGS VANAF 4de KWARTAAL

Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10

SKAAK

Oefentye

Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20 Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF

Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 - 14:00

LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon.

TENNIS

Juniortennis (Voorlopige bepalings vir die liga)

21 Augustus Seuns A vs Crawford Sandton (weg) Seuns B vs Trinity Randpark (tuis) 22 Augustus Dogters A vs BPMS (weg) Dogters B vs Bryandale (weg) 28 Augustus Seuns A vs Kind David Sandton (tuis) Seuns B vs Bryandale (tuis) 29 Augustus Dogters A vs Trinity Randpark (tuis) * Dogters B vs Louw Geldenhuys (tuis) * 4 September Seuns A vs Trinity Randpark (tuis) Seuns B vs Bryneven (weg) 5 September Dogters A vs Bryandale (tuis) Dogtes B vs Crawford Sandton (weg) 11 September Seuns A vs Louw Geldenhuys (weg) Seuns B vs Unika (tuis) 12 September Dogters A vs Louw Geldenhuys (weg) Dogters B vs Bye

Oefentye

Senior A-spanne

Do. 16 Aug. 06:30 – 07:30 Ruan Do. 23 Aug. 06:30 – 07:30 Ruan

Di. 28 Aug. 06:30 – 07:30 Jean Ma. 3 Sept. 07:00 – 08:00 Jean

Do. 13 Sept. 06:30 – 07:30 Ruan Do. 20 Sept. 06:30 – 07:30 Ruan

Senior B-spanne

Ma. 20 Aug. 07:00 – 08:00 Jean Do. 30 Aug. 06:30 – 07:30 Ruan

Do. 6 Sept. 06:30 – 07:30 Ruan Di. 11 Sept. 06:30 – 07:30 Jean

Ma. 17 Sept. 07:00 – 08:00 Jean

Uitslae

Dogters A verloor 4 – 38 vs Unika

Dogters B gelykop 21 gelykop vs Trinityhouse Randpark

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

9

Juniorseuns

Wo. 22 Aug. 06:30 – 07:30 Charne Wo. 29 Aug. 06:30 – 07:30 Lizahn

Di. 4 Sept. 06:30 – 07:30 Philip Ma. 10 Sept. 07:00 – 08:00 Philip

Wo. 19 Sept. 06:30 – 07:30 Charne

Juniordogters

Di. 21 Aug. 06:30 – 07:30 Philip Ma. 27 Aug. 07:00 – 08:00 Philip

Wo. 5 Sept. 06:30 – 07:30 Charne Wo. 12 Sept. 06:30 – 07:30 Lizahn

Di. 18 Sept. 06:30 – 07:30 Philip

Uitslae

Seuns A wen 33 – 9 Fontainebleau

Seuns A wen 30 – 12 Bryandale

Seuns B wen 40 – 2 Crawford, Lonehill

Bethlehem-toernooi

Ons seniorseuns en -dogters A- en B-spanne het vanaf Dinsdag 7 Augustus tot Saterdag 11 Augustus in

Bethlehem aan die inter-Africa tennistoernooi deelgeneem. Daar neem tot 24 skole per afdeling aan hierdie

toernooi deel.

Finale posisies

Seuns A eindig algeheel 16de uit 22 deelnemende skole

Seuns B eindig algeheel 12de uit 22 deelnemende skole

Dogters A eindig algeheel 13de uit 18 deelnemende skole

Dogters B eindig algeheel 20ste uit 24 deelnemende skole

LANDLOOP

Oefentye: Maandae – Donderdae 15:45 – 17:00 (verpligtend)

Voorlopige datums vir landloopbyeenkomste – 3de kwartaal 25 Augustus - D10-kampioenskap (ligging nog onbekend) 1 September - Gautengkampioenskap (ligging nog onbekend) Uitslae – Randburg: (Top 10) o/8-Dogters Megan Kleynhans 1ste plek o/9-Seuns Ruan Pretorius 5de plek o/10-Dogters Chemené Mentz 1ste plek o/10-Seuns Liam Benadie van Niekerk 2de plek Johann Louw 3de plek o/12-Dogters Claudi Greeff 4de plek o/12-Seuns Kean Swanepoel 1ste plek Diaan Rooseboom 6de plek o/13-Dogters Erika Spangenberg 4de plek o/13-Seuns Corné de Fouw 2de plek

Francois van Zyl 4de plek Hanré Kleu 7de plek

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

10 Uitslae – Golden Harvest: (Top 10)

o/8-Dogters Megan Kleynhans 1ste plek o/8-Seuns Kristian van Gaalen 10de plek o/9-Seuns Willem du Plooy 5de plek

Ruan Pretorius 6de plek o/10-Dogters Chemené Mentz 1ste plek o/10-Seuns Johann Louw 4de plek

Liam Benadie van Niekerk 10de plek o/12-Dogters Claudi Greeff 3de plek Ellie Knobel 10de plek o/12-Seuns Diaan Rooseboom 4de plek o/13-Seuns Francois van Zyl 2de plek Hanré Kleu 3de plek Uitslae – Alberts Farm: (Top 10)

o/8-Dogters Megan Kleynhans 1ste plek 0/8-Seuns Kristian van Gaalen 9de plek o/9-Seuns Willem du Plooy 6de plek De Waal van Breda 7de plek o/10-Dogters Chemené Mentz 1ste plek o/10-Seuns Johann Louw 5de plek Niel Marais 10de plek o/12-Dogters Claudi Greeff 4de plek o/12-Seuns Kean Swanepoel 1ste plek Diaan Rooseboom 5de plek o/13-Dogters Erika Spangenberg 8ste plek o/13-Seuns Corné de Fouw 2de plek

Francois van Zyl 4de plek Hanré Kleu 7de plek

RUGBY

Baie geluk aan die volgende leerders wat in die onderskeie Sentraal Rugbyspanne opgeneem is:

o/11: Christian Liebenberg, Jaden Badenhorst, Dylan Engelbrecht, Liam Devenier o/12: Malan Graham, JP Reichel, Tiaan le Roux, Jeandré Muller, Michael Holmes o/13 Sewes: Nicholas Meintjies, Deon Muller

MEDIASENTRUM

Die bekende skrywer, Christien Neser, het ons skool op Woensdag 1 Augustus besoek! Sy het ‘n baie oulike praatjie aangebied! Hier volg ‘n kort opsomming!

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

11

Lees is ons geheime wapen! ‘n Handvol redes om te lees: Jy verkry... Duim: intelligensie Wysvinger: inligting Middelvinger: interessantheid (jy kan stories vertel) Ringvinger: inspirasie Pinkie: insig M.a.w. dis “in” om te lees! Lees laat ons brein fiks bly! Dis die 1) Helmet van die brein! 2) Dit haak ons nader aan die internet! 3) Dit is die sleutel om die wêreld oop te sluit! 4) Lees is die gasbottel wat vir ons lug gee! 5) Lees is ons geheime bril om slimmer te word! Lees is LEKKER!! Soek ‘n boek wat by jou pas soos ‘n beste maatjie! Vir lui lesers......... Onthou: lees maak jou slim, jy doen goed op skool en kan universiteit toe gaan! Jy kan ‘n goeie werk en ‘n goeie salaris kry asook ‘n motor en huis bekostig! SLAAPTYDSTORIES maak my slim!! Maak nie saak hoe arm ‘n kind is nie, ‘n kind wat lees is ‘n skatryk en bevoorregte kind!! Die volgende maats was ons gelukkige boekwenners: Bridgetta Kleynhans, Xander Grobler en Mia Edeling. Dankie aan Jana Hooman, Henri Knobel, Liam Anderson, Anita de Bod en Taliya Moolman wat as oulike helpers opgetree het!! Dankie ook vir julle puik gedrag tydens die praatjie! Lapa Uitgewers: dankie vir die uitstalling van julle oulike boeke vir die week! Leesgroete Juf. Connie

ALGEMEEN

VERE-KAS

Kom maak ‘n draai by ons in die ou administrasiegebou.

* verlore klere en sporttoerusting * bekostigbare tweedehandse skoolklere * pragtige aanpaskamers * groter spasie

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

12

BRIL SOEK ‘N BAAS

Ons het 6 pare brille wat die afgelope paar weke by die kantoor ingehandig is. Maak gerus ‘n draai by ons

as jy jou bril verloor het.

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Hailey Ferreira Gr. 1/22: Anthony Visagie Gr. 1/24: Wian Bowker Gr. 1/25: Jovette van Niekerk Gr. 1/26: Ava Koortzen Gr. 1/27: Christiaan Badenhorst Gr. 2/15: Anje Pieterse Gr. 2/16: Alicia Viviers Gr. 2/17: Steven Golden Gr. 2/18: Liebe Vermeulen Gr. 2/21: Kara-May Smith Gr. 2/23: Shané van Heerden Gr. 3/12: Jenna Piek Gr. 3/13: Ilse Jooste Gr. 3/28: Mila Robberts Gr. 3/29: Owen Stevens Gr. 3/45: Channah Smith Gr. 3/46: Diederick Kleyn

Uitblinkers

Groenklas: Johran Judels en Nina Cilliers Blouklas: Logan Joubert en Keino Kroezen

Oranjeklas: Kian van Niekerk en Ruach Brits Persklas: Lana Horn en Wandre Bowker

Geelklas: Christopher Rust en Kristine Nagel Rooiklas: Chris Maree en Lara Nel

Goeie gedrag

Gr. 4/49: Andrea Cuyler en Armand Vermaak

d6 CONNECT

Soos u reeds bewus is, is die d6 School Communicator slegs tot die einde van die maand in werking.

Ouers het reeds e-posse ontvang met die skakel om die nuwe d6 Connect af te laai. Die d6 Connect werk slegs op selfone.

Ons versoek ouers vriendelik, dog dringend om hierdie nuwe “app” af te laai om sodoende kommunikasie van die skool af te ontvang.

d6 Connect is baie dieselfde as die “ou” School Communicator, maar het baie meer praktiese funksies. Daar gaan nog ‘n hele paar ander funksies van die “app” later bekend gemaak word.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

KULTUUR

CON SPIRITO EISTEDDFOD (16de jaar) Leerders van L/s Fairland het verlede week deelgeneem aan die Con Spirito Eisteddfod in die Wes-Gauteng streek. Slegs 5 in elke afdeling, (alle deelnemende streke ingesluit,) dring deur na die Fortè ronde in September, waar die afdelingwenners bepaal gaan word. Die volgende Fairlanders dring deur:

Drama

Gr. 1: Hannah Dercksen Monologue Gr. 3: Carla Jv Rensburg Monologue Gr. 5: Danielle vd Berg Prose / Poem own choice Gr. 6: Mia Marais Poem Own choice Gr. 7: Kara Schreuder Monologue Mia Marais Monologue Mea du Toit Monologue

Juan vd Merwe, Arno Brückner, Simon Kilian, English Experimental Work

Andries de Kock, Liam Parsons, Zander Marais, Chris van der Westhuizen, Nelius van Graan Richard Steenekamp

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

13 Redenaars

Gr. 4: Eben van Graan, Mignon Potgieter, Gustav Vorster, Afrikaans Spanredenaars Neil Marais

Gr. 5: Daniella van der Berg, Sophia Kotze, Xenia Human, Afrikaans Spanredenaars Neil Marais

Gr. 7: Ezaan Husselmann Afrikaans Onvoorbereid Natalie Dixon, Daniela Popovic Afrikaans Spanredenaars Nelius van Graan, Richard Steenekamp Afrikaans Spanredenaars

AKADEMIE

WOW-SPELFEES 2018

Die volgende leerders is gekies om aan die provinsiale ronde van die WOW-spelfees deel te neem op Vrydag

14 September te Laerskool Helderkruin. Vergelyk asseblief briewe aan leerders uitgedeel in dié verband ten

opsigte van voorbereiding vir ‘n provinsiale ronde.

Dit dien gemeld te word dat die standaard wat die WOW-spellers gehandhaaf het, van hoogstaande gehalte

was vanjaar. Al die deelnemers het uitstekend gevaar! Dit is werklik desimale punte verskil tussen sommige

leerders. Almal van julle het puik presteer, maar ons is ongelukkig gebonde aan die hoeveelheid leerders wat

mag deelneem aan die volgende ronde. Baie geluk aan al die WOW-spellers en onthou jy is ‘n wenner al is jy

nie vanjaar deur na die volgende ronde nie. Ons sien jou weer in 2019!

Gr.1: Carla du Toit Mieke du Toit Daniel Pieterse Owen Steenberg Ruben van Niekerk Ruben Vorster

Gr. 2: Larissa Bouwer Timea Croucamp Cian Jonck Annabelle Kirstein Wian Maartens Lizé Pelser

Gr. 3: Ruben Bredenkamp Taliya Moolman Zeanté Nel Caton Potgieter Kara vd Merwe Marieke Wiggett

Gr. 4: Niel Marais Mia Moore Jako Martin Müller

Nina Nieuwoudt Marlené van Niekerk Gr. 5: Nicola du Plessis Franco Roos Josiah Stroh

Natanya Swart Rico Vosloo Gr. 6: Karo Bekker Lené Dyson Gardiol Keyter

Anshe Roos Dawid Wiggett Gr. 7: Anlea de Jager Chrizelle du Plessis Jana du Plessis

Mia Marais Isabelle vd Venter

Baie geluk en sterkte met jul voorbereiding!

Leanie Taljaard

ABACUS WISKUNDE

Annabelle Kirstein (gr. 2/17) het op 28 Julie 2018

aan die 12de nasionale kampioenskap vir Abacus

wiskunde deelgeneem.

Sy het Gauteng verteenwoordig by die kampioenskap en het ‘n Champions – trofee ontvang en is vir die 3de agtereenvolgende keer gekies om Suid-Afrika te verteenwoording by die internasionale kompetisie in Maleisië in Desember 2018. Baie geluk!

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

14

SPORT

Highland danse

Kiara Prall (gr. 7/01) het die afgelope naweek aan twee

verskillende Highland danskompetisies deelgeneem. Op 28

Julie is die SA kampioenskap gehou by Hoërskool Benoni.

Hierdie is die grootste danskompetisie van die jaar, waar

dansers van regoor die land kom deelneem. Daar was ook

vanjaar ‘n paar dansers van Australië en Skotland wat

deelgeneem het, asook ‘n beoordelaar van Skotland af. Daar

was altesaam 97 dansers wat deelgeneem het aan die

kompetisie. Kiara het in haar ouderdomsgroep, 16 jaar en

jonger, 1 goue en 1 bronsmedalje verower.

Op 29 Julie is die interprovinsiale kompetisie gehou by Redham House in Helderfontein. Hier het dansers van Gauteng, KwaZulu Natal, die Oos-Kaap en Wes-Kaap teen mekaar meegeding in spanne vir hulle onderskeidelike provinsies. In Kiara se ouderdomsgroep, 17 jaar en jonger, het die Gautengspan 2de geëindig. Hulle het ook die choreografiekompetisie vir die ouderdomsgroep gewen. Gauteng was die algehele wenners vir die dag.

Eurodance

Annabelle Kirstein (gr. 2/17) het op 28 Julie 2018 aan die EuroDance-kompetisie deelgeneem. Sy het ‘n silwermedalje verwerf vir haar showdance en ‘goud vir haar HipHop met ‘n spesiale toekenning vir “best attitude”. Hiermee het Annabelle gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoording in Serbië in November 2018.

Payton Kleynhans (gr. 2/17) het 4 Augustus 2018 aan ‘n solo danskompetisie deelgeneem te Germiston. Sy wen haar HipHop - en Energy - danse onderskeidelik en is ook aangewys as die algehele wenner van haar seksie, 7 & 8 NK NRG. Sy kwalifiseer ook om aan die SA kampioenskap deel te neem in Desember 2018.

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

15

RITMIESE GIMNASTIEK

Jeanne-Marié Kitshoff het 16 Junie aan die Brits Bosveld ritmiese

gimnastiekkompetisie deelgeneem. Sy het in vlak 4 deelgeneem en 'n

eerste, tweede en derde plek behaal in haar onderskeie items, asook 'n

algehele tweede plek in haar ouderdomsgroep.

Op 3 Augustus het sy aan die Gold Reef Club - kompetisie te Wits Universiteit deelgeneem. Sy het in vlak 4 deelgeneem. Sy het 'n eerste plek in beide die freestyle dance - afdeling en die knuppelafdeling verwerf en 'n derde plek vir die toudans verwerf. Sy het 'n algehele eerste plek vir haar ouderdom behaal.

SKIET

Ons het Saterdagaand die goeie nuus ontvang by die GSSU -

(Gauteng Skole Skyfskietorganisasie) prysuitdeling, dat Roeloff

geëindig het in die Top 4 van al die o/14’s in Gauteng. Hy is as

Goue Leeu gekroon en gaan einde September by SA’s skiet.

Hy verteenwoordig Gauteng. Hy skiet onder Laerskool Fairland se

naam.

Stefan Prins is ook genooi na SA’s as die “ontwikkelingskut”, en

het 5de gelê in Gauteng, so hy is nie deel van die o/14A span nie,

maar gaan wel SA’s toe en individueel deelneem.

Roeloff en die ander 3 lede van die o/14A-span gaan by SA’s as

span skiet en ook individueel.

KARATE Op 28 Julie tydens die Suid-Gauteng kampioenskap van die Tenshinkan

Karatefederasie, het Jana Mulder (gr. 1) haarself baie goed van haar taak

gekwyt.

Jana behaal ‘n 1ste plek vir kata vir dogters 6-7 jr. oranje/groen belt, ‘n 2de plek vir kumite (vegkuns) vir dogters 6-7 jr. oranje/ groen belt.

Page 16: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

16

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, [email protected]". HUISHULP OP SOEK NA WERK Ons huishulp van ses jaar bly in Fairland en wil graag een dag ekstra werk in die omgewing. Ek beveel haar

met vrymoedigheid aan. Susan Reyneke 0824544037 MEENTHUIS TE HUUR Tuinhuisie te huur in Northcliff / Quellerina (naby MTN) 1 slaapkamer, 1 badkamer, 1 leefarea en kombuisie. huur R5500 p.m., water en ligte ingesluit. Benodig deposito gelykstaande aan 1 maand se huur. Kontaknommer: Pierre 072 338 3915

Col’Cacchio, L’Corro Sentrum

Page 17: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

17

Page 18: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

18

Page 19: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

19

Page 20: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

20

Page 21: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

21

Page 22: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Vrydag 7 September 2018 om 12:00. NB! Dui op u e-pos en

22