uit die hoof se kantoor - wordpress.com · 2017-05-08 · wilmien meyer maria prinsloo zack van...

19
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 11 5 Mei 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gholfdag 11 Mei Die gholfdag is een van ons skool se amptelike fondsinsamelings. Ons neem die vrymoedigheid om u te herinner aan dié dag en ook om ons te ondersteun soos per skrywe vir donasies aan u gestuur. Baie dankie aan die ouers wat reeds bydraes gemaak het. Toelatings 2018 Die aansoekproses het op 2 Mei geopen en sluit op 12 Junie 2017. Besoek gerus die webtuiste vir meer inligting. Let asb. daarop dat indien u ‘n Laerskool Fairland ouer is, moet u die proses soos uiteengesit op ons webtuiste, volg. Oueraand / Algemene inligtingsessie met ouers Baie dankie aan al die ouers wat die aand bygewoon het. Wintersdrag Ons beskou die tydperk tot 19 Mei as ʼn oorgangstydperk en dus kan die leerders somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 22 Mei is wintersdrag verpligtend. Tennis Baie dankie aan die ouers en personeel wat die leerders op Bethlehem-tennistoernooi vergesel het. Revue Die laaste pylvlak lê voor ons. Baie sterkte aan die leerders en personeel. Ons glo dit gaan weer ‘n uitsonderlike produksie wees. Vriende van Fairland Pretloop Ons hoop al ons ouers, leerders en personeel wat aan die pretloop deelneem, het ‘n genotvolle dag!

Upload: others

Post on 24-Jun-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 11 5 Mei 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Gholfdag – 11 Mei Die gholfdag is een van ons skool se amptelike fondsinsamelings. Ons neem die vrymoedigheid om u te herinner aan dié dag en ook om ons te ondersteun soos per skrywe vir donasies aan u gestuur. Baie dankie aan die ouers wat reeds bydraes gemaak het. Toelatings 2018 Die aansoekproses het op 2 Mei geopen en sluit op 12 Junie 2017. Besoek gerus die webtuiste vir meer inligting. Let asb. daarop dat indien u ‘n Laerskool Fairland ouer is, moet u die proses soos uiteengesit op ons webtuiste, volg. Oueraand / Algemene inligtingsessie met ouers Baie dankie aan al die ouers wat die aand bygewoon het. Wintersdrag Ons beskou die tydperk tot 19 Mei as ʼn oorgangstydperk en dus kan die leerders somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 22 Mei is wintersdrag verpligtend. Tennis Baie dankie aan die ouers en personeel wat die leerders op Bethlehem-tennistoernooi vergesel het. Revue Die laaste pylvlak lê voor ons. Baie sterkte aan die leerders en personeel. Ons glo dit gaan weer ‘n uitsonderlike produksie wees.

Vriende van Fairland – Pretloop Ons hoop al ons ouers, leerders en personeel wat aan die pretloop deelneem, het ‘n genotvolle dag!

2

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat die komende week verjaar:

Karen Nel - 8 Mei Lize Schoeman - 12 Mei

Mag dit vir julle ‘n geseënde nuwe lewensjaar wees.

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

LAERSKOOL FAIRLAND SE GODSDIENSBELEID

Die godsdiensbeleid erken die fundamentele waardes wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die toepaslike bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, en ander tersaaklike provinsiale wetgewing vervat word.

Godsdiensteonderrig sal ooreenkomstig die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Opvoeding geskied. Dié onderrig maak deel uit van die leerarea Lewensoriëntering. Sodanige onderrig sal vanuit die skool se oogpunt geskied soos wat sy missie en visie dit bepaal.

Ter uitvoering van die skool se visie en missie is Laerskool Fairland se godsdiensbeleid op ʼn enkele godsdiens, naamlik Christelike godsdiens, gegrond. Omdat Laerskool Fairland die waardes in die Handves van Regte erken en eerbiedig, verseker die beheerliggaam dat die beoefening van ander godsdienste gerespekteer en in ag geneem sal word.

Opvoeders en leerders sal die bepaalde godsdiensbeoefening vrywillig kan bywoon. Die skool sal opvoeders of leerders geensins verplig om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem waarteen hulle ʼn gewetensbeswaar het nie. Alternatiewe reëlings sal getref word vir toesig oor die leerders wat nié die godsdiensbeoefening wil bywoon nie. Leerders moet die skool van ʼn brief voorsien waarin hul ouers die gewetensbeswaar bevestig.

Die volgende praktiese reëling sal geld vir leerders wat nie aan godsdiensbeoefening blootgestel wil word nie:

Tydens saal: Leerders wag in die voorportaal en gaan na opening die saal binne. Mnre. Jaco van Rooyen en Nickry Cronjé is verantwoordelik vir toesig en beheer van die leerders.

Einde van die dag: Leerders beweeg na buite die klas en gaan die klas weer binne na afsluiting. Die volledige beleid is beskikbaar op die Communicator.

Ebbe le Roux Skoolbestuur

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 15 Mei Revue 18:30 Openingsaand

16 Mei Revue 18:30

17 Mei Revue 14:00 Middagvertoning

17 Mei Revue 18:30

18 Mei Revue 18:30

19 Mei Revue 14:00 Middagvertoning

19 Mei Revue 18:30 Gala-aand

SPORT 20 Mei Rugby en Netbal: Trinity-toernooi

24 Mei Mini-netbal en TAU-rugby (tuis)

ALGEMEEN 6 Mei VVF-Pretloop

11 Mei Gholfdag – Randpark

3

VROEËR UITTEKEN VAN LEERDERS Hierdie proses gaan gevolg word met onmiddellike effek: Die uittekenprosedure is soos volg: 1) U stuur ‘n skriftelike versoek met rede waarom die leerder vroeër uitgeteken moet word aan die

registeronderwyser. 2) Die registeronderwyser sal dan die brief aan die skoolbestuur gee. 3) Sodra die versoek toegestaan is, sal die brief teruggegee word aan die leerder. 4) Wanneer u dan die leerder vroeër moet uitteken, is dit baie belangrik dat u daardie getekende brief

sal saambring na die kantoor as bewys. 5) ‘n Leerder mag slegs vroeër uitgeteken word, indien u in besit is van so ‘n brief.

Gr. 4 tot gr. 7 Rugby- en krieketafrigting ‘n vereiste

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Diensaanvaarding: 1 Julie 2017 Salaris: Onderhandelbaar Stuur verkorte CV na [email protected] of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Vrydag 19 Mei om 12:00.

Laerskool Fairland Gholfdag 2017

Ons jaarlikse gholfdag vind plaas op 11 Mei 2017 by Randpark Gholfklub. Inskrywings kos R3500 (slegs R200 meer as verlede jaar) vir ‘n 4-bal. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die school

communicator asook sie skool se webtuiste. Vir navrae of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Indien u belang stel om ‘n putjie te borg, of ‘n

skenking te maak, kontak Johan Nel of stuur ‘n e-pos aan dieselfde e-posadres

[email protected]. Borgvorms asook verdere inligting sal binnekort beskikbaar wees.

REDAKSIE

“Uithou, aanhou, kophou! Bekhou!”

Erika

4 VIR ONS OUERS

"Reis" saam met jou kind - Johan Smith

Die wêreld waarin ouers vandag kinders opvoed en grootmaak, is verseker nie baie vriendelik en ontvanklik nie. Inteendeel, jy kan dit eerder beskryf as uitdagend en intimiderend. Elke ouer reageer anders op die uitdagende wêreld. Feite is dat jou kind met tye swaar gaan kry en ʼn bietjie pyn gaan ervaar. Elke volwassene kan hoofstuk op hoofstuk in hulle eie lewensboek skryf oor teleurstellings, hartseer, pyn en uitdagings. Elke volwassene het klomp stories van hoe hy/sy geleer het om die dinge te hanteer. Jy het dus duur skoolgeld betaal om ʼn goeie leermeester vir jou eie kind te kan wees. Maar nee, die meeste ouers kies om by die eerste bietjie pyn of teleurstelling in ‘n kind se lewe hulle te haas om te red en in te gryp. Min ouers besef dat hulle hulle kinders die aanleer van die vaardigheid van pyn-hantering ontneem. Min ouers besef dat elke kind moet besef en verstaan die lewe is onregverdig, die lewe is soms hard en ongenaakbaar en propvol teleurstellings. Daarom, is dit lewensbelangrik vir jou kind se totale ontwikkeling as mens om hierdie vaardighede aan te leer. Baie ouers vandag is egter total oorbeskermend en “red” hulle kind by elke geleentheid. Daar word doodgewoon te gou ingegryp en ander word doodgewoon te gou blameer. Paulus in Romeine 5 verse 3 en 4 skryf oor ‘n baie interessante werklikheid van die lewe: slegs swaarkry kweek volharding …….volharding kweek weer egtheid van geloof……en egtheid van geloof kweek hoop. God se doel en plan met elke mens is dat jou lewe uiteindelik ʼn storie van hoop vir iemand anders sal wees. Hoop egter is die uiteinde van swaarkry. Ek is oortuig jy het dit al aan jou eie lyf gevoel. Dus, hier is die uitdaging vir elke ouer: nie om jou kind swaarkry te spaar nie. Nee, veel eerder om jou kind te begelei deur swaarkry en vir jou kind om dit te kan hanteer. Dan voeg jy waarde toe tot jou kind se lewe. Jy doen nie jou kind ‘n guns deur jou kind by elke geleentheid te “red” van swaarkry nie! Nee, jy ontneem jou kind die geleentheid om te groei tot ʼn baken van hoop. Liewe ouer, maak dit tyd om saam met jou kind te reis. Reis saam met hulle deur die onregverdigheid en sleg van die lewe. Leer hulle om die swaarkry en terugslae te hanteer. Wees daar en ondersteun, maar jy is nie Redding Internasionaal of 911 in jou kind se lewe nie. Jy kan en mag nie jou kind sonder die vaardighede die lewe instuur nie. Jy doen jou kind geen guns nie. Ek weet dis nie lekker om jou kind te sien swaarkry nie, maar dink langtermyn oor jou kind se toekoms. (Uiteraard is daar ʼn verskil tussen “pyn” en “beskadig”. Ken jou kind egter goed genoeg om te kan onderskei. Weet egter verseker: alle “pyn” beskadig nie jou kind nie. Inteendeel, dit kan bydra tot enorme groei in jou kind se lewe)

AKADEMIE

Die akademiese program gaan soos normaalweg voort tydens die revue. Leerders moet sorg dat hul asb. op datum bly!

Eksamenrooster (voorlopige datums):

Tweede Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 2 Junie Wiskunde Wiskunde SW Wiskunde

Ma. 5 Junie Engels Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 6 Junie

LO

Wo. 7 Junie

Do. 8 Junie NW NW LV EBW

Vr. 9 Junie LV LV Engels (common) SK

Ma. 12 Junie Afrikaans Engels Wiskunde (common)

NW

Di. 13 Junie Tegnologie

Wo. 14 Junie SW SW NW (common) Engels

Do. 15 Junie SW

5 Toppresteerders Gr. 4: Rico Vosloo Anika du Preez Klarissa Pretorius Luan Espach Jean Taljaard Mia Le Grange Nina Kotzé Franco Roos Nicola du Plessis

Dirk van den Berg Mila Viljoen Megan Jooste Natanya Swart Gr. 5: Anshe Roos Nicola Nel JP Reichel Megan Fritz Leah Groeneveld Luke Groeneveld

Karo Bekker Lea Booyens Diaan Rooseboom Jana Simpson Nelius van Graan Stefan Prins Emma van der Waal Ivan Scheltema Lené Dyson

Xander Vorster Pierre de Villiers Nina Novella Ellie Knobel Xanté Johnston René Naudé Jana Theron Dawid Wigget

Gr. 6: Ezaan Husselmann Andries de Kock Francois van Zyl Mia Marais Ian van Heerden Kara Schreuder Isabella du Toit Cayla van Rooyen Euané Theart

Arno Brückner

Gr. 7: Franco Vosloo Elize Naude Marcel Steyn

André van Graan Adam Botha Jacques Scheltema

Andrea Beukes Ben de Bruyn Lyné Olivier

Bennu Dyson Ryan Snyman Chantei Hoffman Bianca Landman Reuben du Toit Dané Kotzé Lea Simpson Kyle de Vos Dené Potgieter

Karla Rooseboom Ané Dannhauser Margaux le Roux

Wilmien Meyer Maria Prinsloo Zack van Niekerk Karl van der Westhuizen Alana Viljoen Simone van Belkum Reinhard van Zyl

KULTUUR

SENIORKOOR

Ons nader nou die eerste optrede vir 2017. Vrydag 26 Mei. Die brief met volledige inligting volg

binnekort. Net kortliks 'n paar reëlings. Die kaartjieverkope kan reeds gedoen word op die inligting reeds

deurgegee op die Communicator.

Kleredrag tydens optredes vir alle seniorkoorlede is lang grysbroek, grys kouse, wit skoolhemp, skooldas

en formele kleurbaadjie ('blazer'), netjiese skoolskoene en netjiese hare.

Neem kennis dat alle oefeninge normaal sal voortgaan, behalwe op die datums hieronder uiteengesit.

Belangrike datums

15-19 Mei Revue (Geen oefening op 16 Mei nie)

26 Mei Megafest optrede

30 Mei Normale oefening voor eksamen begin.

6 Junie Geen oefening weens eksamen

13 Junie Geen oefening weens eksamen

20 Junie Normale oefening

27 Junie Laaste oefening voor die vakansie

6

Megafest

Kaartjies kan bespreek word vanaf 24 April 2017 en is aanlyn beskikbaar teen R80 per kaartjie. Volg die volgende skakel (www.quicket.co.za) en soek vir Megafest. Kaartjies sal slegs aanlyn beskikbaar wees.

Kaartjies moet vertoon word vir toegang tot die vertoning.

Koorgroete

JUNIORKOOR

Welkom terug na die vakansie. Ek sien uit na 'n heerlike kwartaal saam met julle!

Belangrike datum 24 Mei - Megafest (sien Communicator vir kaartjie-besondehede) 26 Julie - Foyer Produksies

Juniorkoor kleredrag

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2 boksterte Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swart belt en skoolskoene.

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Visuele kuns

Belangrike datums

Rondte 2: Gr. 4 - gr. 7 23 Junie (meer inligting volg later) Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

REVUE: 15 – 19 MEI 2017

REVUE NUUSBROKKIES

Skoolprogram tydens produksieweek

Die normale skoolrooster word gevolg.

Die foto’s wat op 5 Mei geneem is, sal ook beskikbaar wees na afloop van die revue. Besonderhede i.v.m. bestellings volg later.

Daar sal ook ‘n vollengte DVD gemaak word van die revue. Al die aande word opgeneem en ‘n “beste weergawe” word dan die revue-DVD. Besonderhede oor bestellings volg later.

Die skool sal op die normale tye uitkom, behalwe op die twee dae waaop daar middagvertonings ook is.

Middagvertonings: Woensdag 17 Mei en Vrydag 19 Mei – skool sluit om 12:00! Toesig sal gereël word vir leerders wat nie 12:00 huis toe kan gaan nie! Naskoolsentrum gaan normaalweg voort.

KAARTJIEVERKOPE

Let asb. daarop dat daar slegs etlike paar kaartjies vir die middagvertonings beskikbaar is.

Maandag 8 Mei 07:00 – 08:00 12:30 – 14:15 Dinsdag 9 Mei 07:00 – 08:00 12:30 – 13:45 Woensdag 10 Mei 07:00 – 08:00 12:30 – 13:45 Donderdag 11 Mei 07:00 – 08:00 12:30 – 14:15 Vrydag 12 Mei 07:00 – 08:30 GEEN KAARTJIEVERKOPE

7 Let asb. ook op die volgende:

Slegs besprekings word nou gedoen – kaartjies word nader aan die revue aan ouers uitgedeel.

Geen kaartjies sal uitgereik word sonder bewys van betaling indien u elektroniese betaal het nie.

Kontant is aanvaarbaar vir die koop van kaartjies vir die revue.

ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE MAG OUERS BUITE TYE SOOS HIERBO GENOEM, KAARTJIES KOM KOOP NIE.

Ons vra dat ouers asb. slegs kaartjies bespreek vir een vertoning. Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies en vertonings en ons wil graag alle ouers die geleentheid gee om die vertoning by te woon. Daar kan nie nog ekstra vertonings gereël word nie as gevolg van ‘n reeds vol program. Daar is 7 vertonings geskeduleer (sien onder Belangrike Datums).

GEEN leerder mag na afloop van hul optrede by hul ouers in saal gaan sit nie. Toesig word gereël en leerders kan na afloop van die vertoning by hul klasse afgehaal word.

Kaartjies: R100 p.p. (4 grootskerms sal die vertoning direk beeldsend op verskillende plekke in die saal terwyl vertoning speel.) Kinders onder 3 jaar oud mag op hulle ouers se skote sit. (gratis) Ons het 2 ekstra middagvertonings geskeduleer om te verseker dat alle ouers geleentheid kry om die revue te sien.

WENKE VIR DIE LEERDERS SE WELSYN TYDENS REVUE Die skool sal op Woensdag 17 Mei en Vrydag 19 Mei om 12:00 sluit as gevolg van die middagvertonings. Pak asb. vir u kinders kospakkies in vir die aandete en/of middagete. Leerders sal nie toegelaat word om rond te loop as hulle in kostuum is nie. Stuur gerus ook ‘n kussing en slaapsak/kombersie saam, veral vir die juniors en dan ook veral op die dae wat dubbelvertonings het. Hulle moet soveel as moontlik tussenin rus, want die week sal baie van hulle verg. Ons is BAIE opgewonde!! Juf. Erika en personeel Belangrike datums Kleedrepetisie Vr. 12 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd Tegniese repetisie Ma. 15 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd

DANS

GEEN oefening gedurende Revue nie.

DRAMA

GEEN oefening gedurende Revue nie.

SPORT

SPORTOEFENTYE GEDURENDE DIE REVUE: Rugby: GEEN oefening vir TAU-rugby of seniorspanne nie Netbal: SLEGS Maandag 15 Mei en Dinsdag 16 Mei Maandag: Sessie 1 14:15 – 15:00 Sessie 2 15:05 – 15:50 Dinsdag: Sessie 1 13:45 – 14:30 Sessie 2 14:35 – 15:20 Mini-netbal: GEEN oefening nie (o/6- tot o/9-spanne) Tennis: GEEN oggendoefeninge nie (junior- en seniorspanne) Skaak: GEEN oefening Hokkie: GEEN oefening (Seuns en dogters)

8

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017 KAAPTOER 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

HOKKIE

Die Kaaptoer is om die draai, dus wil ons graag met hokkievaardighede begin vir die o/12- en o/13-

seuns en -dogters.

Waar: Laerskool Fairland A-veld

Tyd: 14:00 – 15:30.

Voorlopige datums: 4 Mei, 11 Mei, 25 Mei (Oefening: NIE tydens revueopvoerings nie)

Aangebied deur: Juff. Emily-Kate en Mariёtte

LET WEL: Dit is nie verpligtend nie.

Seuns (o/13A-span) Saterdag 22 April Parktown Primary Schools Festival Gelykop 0 – 0 vs Cliffview Primary Gelykop 0 – 0 vs Monument Primary (Blouspane) Wen 2 – 0 vs Weltevreden Park Primary Verloor 1 – 0 vs Constantia Primary Verloor 1 – 0 vs Monument Primary (Witspan) Spesiale vermelding: Juan Schoeman en Franco Vosloo word in die “Team of the Tournament” opgeneem. Tydens hierdie wedstryd verloor hul 2 – 1 vs Parktown Boys High se o/14A-span. HOKKIEPROEWE Eerstespan hokkieproewe : 10 Mei Seuns o/12 en o/13: 16:00 – 17:00 Dogters o/13: 17:00 - 18:00

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan.

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie! Belangrike datums Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus vir Top 8- seuns en –dogters Seniortennisliga (Jhb-liga) Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

9

JUNIORTENNIS

Junior Bethlehem tennistoer - Uitslae

Woensdag 26 April Dogters A vs Oranje A Verloor 48-1 Dogters B vs Jordania Verloor 48-24 Seuns A vs Curro Verloor 43-32 Seuns B vs Frankfort Wen 38-29 Seuns B vs Curro Verloor 36-35 Dogters B vs Pietersburg-Oos Verloor 48-13 Dogters A vs Louw Geldenhuys Verloor 48-4 Dogters B vs Kathu Verloor 48-13 Seuns A vs Grey A Verloor 44-34 Dogters A vs Jordania Wen 43-31

Donderdag 27 April Dogters A vs Senekal Verloor 45-26 Dogters B vs Tygerpoort Verloor 48-7 Seuns A vs Kathu Wen 48-10 Seuns B vs Eureka Wen 48-17 Dogters A vs Oranje B Verloor 48-8 Seuns B vs De Aar Wen 43-13 Dogters B vs Eureka Verloor 48-8 Seuns A vs Newton Wen 47-30

Vrydag 28 April Dogters A vs De Aar Verloor 48-8 Dogters B vs Inter Africa Verloor 5-3 Seuns B vs Jordania Wen 7-1 Seuns A vs Newton Wen 47-18

Saterdag 29 April Dogters A vs Eikestad Verloor 48-4 Seuns B vs Oranje Noord Wen 5-4 Seuns A vs Inter Africa Wen 48-13

Gesamentlik wen die 4 spanne 10 wedstryde en verloor 15 wedstryde.

Finale posisies Dogters A eindig 7de Dogters B eindig 18de Seuns A eindig 9de Seuns B eindig 5 de

Belangrik: Jaco Dannhauser is onoorwonne deur die toernooi en Jean du Toit verloor slegs 1 wedstryd die hele toernooi.

Baie dankie aan elke speler, ouer en personeellid wat hierdie toernooi bygewoon en ‘n sukses daarvan gemaak het.

NETBAL

JOMO-liga (A- tot C-spanne)

Vriendskaplike wedstryde teen L/s Unika

o/10B wen 14 – 1(A) o/10C wen 11 – 1(B) o/10D wen 29 – 1(C) o/11B wen 12 – 4(A) o/11C wen 19 - 4(B) o/11D wen 17 – 4(C) o/12B gelykop 21 – 21(A) o/12C verloor 11 – 9(B) o/12D wen 29 – 7(C) o/13B wen 13 – 11(A) o/13C wen 12 – 7(B)

10 Vriendskaplike wedstryde teen L/s Van Riebeeckpark o/10A verloor 8 – 10 o/10B wen 14 – 5 o/10C wen 14 – 7 o/11A wen 18 – 6 o/11B wen 17 – 1 o/11C wen 20 – 1 o/12A verloor 9 – 14 o/12B verloor 20 – 21 o/12C verloor 7 – 14 o/13A verloor 18 – 23 o/13C wen 13 – 8

JOMO-liga vs BPMS (25 April) o/10A verloor 12 – 10 o/10B wen 17 – 10 o/10C wen 25 – 1 o/11A wen 18 – 8 o/11B wen 13 – 1 o/11C wen 20 – 1 o/12A gelykop 17 – 17 o/12B verloor 20 – 16 o/12C verloor 7 – 14 o/13A verloor 13 – 10 o/13B wen 19 – 12 o/13C wen 9 – 2

D10-liga vs King’s School - A-spanne (26 April) o/10D verloor 14 – 6 o/11D wen 12 – 11 o/12D verloor 32 – 8 o/13D verloor 10 – 4

D10-liga vs Curro Aurora - A-spanne (3 Mei) o/10D verloor 11 – 5 o/11D wen 5 – 0 o/12D wen 14 – 4 o/13D verloor 24 – 0

VOORLOPIGE JOMO-ligabepalings (o/10- tot o/13A- en C-spanne)

09 Mei vs Helderkruin (w) 11 Mei vs Kenmare (t) 25 Mei vs Fontainebleau (t) 1 Junie Distrik-uitspele 7 Junie Cluster-uitspele 9 & 10 Junie Gauteng-uitspele

VOORLOPIGE D10-ligadatums (D-spanne)

Donderdag 11 Mei vs TrinityHouse (Randpark) (t) Dinsdag 16 Mei vs Boskop Primêr (t) Donderdag 18 Mei vs Cooper College (t) Donderdag 25 Mei vs L/s Unika (w)

MINI-NETBAL

Belangrike datums: o/9-spanne 10 Mei (A- en B-spanne by L/s Esperanza) (C- en D-spanne by L/s Christiaan de Wet) 11 Mei o/6 – o/8 (L/s Unika)

RUGBY

Vriendskaplike wedstryde

Uitslae vs L/s Van Riebeeckpark (19 April)

o/9A verloor 22 – 12 o/9B wen 36 – 5

o/10A wen 24 – 0 o/10B wen 15 – 12

o/11A verloor 29 – 0 o/11B wen 20 – 10

3de span wen 33 – 5 2de span wen 24 - 19

1ste span verloor 25 – 17

11

Uitslae vs L/s Unika (24 April): (A-spanne)

o/9B verloor 27 – 15 o/10 verloor 19 – 12

o/11B verloor 31 – 10 3de span wen 43 – 0

2de span wen 22 – 12

Superliga-wedstryde

Uitslae vs L/s Florida

o/9A wen 31 – 12 o/10A wen 43 – 0

o/11A wen 52 – 5 o/11B wen 27 – 0

3de span wen 29 – 7 2de span verloor 36 – 17

1ste span verloor 50 – 0

Ligabepalings

Dinsdag 9 Mei vs L/s Orion (weg) Maandag 15 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg – o/9A- & B- tot o/11A- & B-spanne) Dinsdag 16 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg – 1ste tot 3de spanne)

(Geen alternatiewe datums is beskikbaar vir L/s Pres. Steyn wedstryde nie!) Dinsdag 23 Mei vs L/s Kenmare (weg) Woensdag 31 Mei vs L/s Randhart (tuis) Dinsdag 6 Junie vs L/s Roodekrans (tuis) Kwartfinaal 15 Junie H/s Florida (voorlopig) Semi-finaal 21 Junie H/s Florida (voorlopig) Finaal 24 Junie H/s Monument

TAU-RUGBY

Belangrike datums: 11 Mei (toernooie) L/s Unika

SKAAK

Skaakkliniek: Word vir tweede kwartaal beplan.

INLIGTINGSENTRUM

Sterkte aan die leerders wat aan die eerste uitdunne van die ATKV-spelathon deelneem op 9 Mei. Sterkte met jul voorbereiding hoop, julle oefen fluks!

Foto van links na regs: Mia Marais, Marcel Steyn, André van Graan en Andries de Kock

Connie Steenkamp

12

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

Aan die einde van verlede kwartaal is daar geskryf oor die puik prestasies van ons Fairlanders by die vlak 3 provinsiale swem kampioenskap. Oor die naweek van 31 Maart is die vlak 2 kampioenskap gehou en Bennu en Lené Dyson het deelgeneem. Albei swem uitstekend en Bennu dring deur na 4 finale en wen ‘n silwer medalje in die 200m-borsslag. Lené dring ook deur na die 200m-borsslag finaal en behaal ‘n 9de plek. Baie geluk met hierdie puik prestasies! Albei swem uitstekend en Bennu dring deur na 4 finale en wen ‘n silwer medalje in die 200m-borsslag. Lené dring ook deur na die 200m-borsslag finaal en behaal ‘n 9de plek. Baie geluk met hierdie puik prestasies!

ALGEMEEN

KOSVERKOPE TYDENS REVUE ‘n Uur voor elke vertoning en ook tydens die pouses sal die volgende eet- en drinkgoed te koop aangebied word by die saal. Kredietkaart-fasiliteite sal beskikbaar wees.

‘Footlong’ worsbroodjies R30

Kerrie en rys R30

Vetkoek met maalvleis R25

Geroosterde steak wraps R30

Geroosterde hoender wraps R30

Geroosterde trammezini R30

Koeldrank R10

Water R10

Koffie/Tee R15

Ondersteun hulle gerus! Op 15, 16 en 18 Mei 2017 kom die skool gewone tyd uit, maar op die twee dae wat daar ook middagvertonings (17 en 19 Mei) is, kom die skool egter om 12:00 uit. Toesig sal gereël word totdat die skool uitkom vir die leerders wat nie op daardie dae om 12:00 kan huistoe gaan nie.

NASKOOLSENTRUM

NASKOOLSENTRUM TYDENS REVUE Tydens die Revueweek funksioneer die naskoolsentrum soos normaalweg.

13

VERE-KAS

VERE-KAS

Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

WOW-SPELFEES 2017

Gr. 1- tot gr.7-leerders het reeds hul WOW-spellyste ontvang. Alle leerders neem deel aan die eerste skriftelike uitdunne wat soos volg gehou sal word in die tweede kwartaal:

Gr. 1 Woorde 1 – 100 Donderdag 4 Mei Gr. 2 Woorde 1 – 150 Donderdag 4 Mei Gr. 3 Woorde 1 – 210 Donderdag 4 Mei Gr. 4 Woorde 1 – 252 Vrydag 5 Mei Gr. 5 Woorde 1 – 300 Vrydag 5 Mei Gr. 6 Woorde 1 – 300 Vrydag 5 Mei Gr. 7 Woorde 1 – 290 Vrydag 5 Mei

Sterkte aan al ons spellers! Onthou: Woorde open wêrelde!

WOW-groete! Leanie Taljaard

Baie dankie

Aan al die leerders en ouers ‘n BAIE GROOT DANKIE! – julle het my verjaarsdag spesiaal gemaak. Juf. Karen Brits

VRIENDE VAN FAIRLAND

‘n Groot dankie vir elke leerling wat ‘n pakkie van die huis af gebring het vir die OMGEE-WEEK!!! Ons spens se rakke is nie meer leeg nie!! Ons behoort vir so 3 maande geen aankope van sommige items te doen nie. Baie dankie aan elke onderwyser/es wat hulle klasse so mooi aangemoedig het, dit help as Juffrou of Meneer die leerlinge motiveer en herinner.

As enige iemand dalk vergeet het of nog iets wil skenk, sal ons dit baie waardeer. Ons het min van die volgende items ontvang:

1. SOPPOEIER 2. CREMORA/MELKPOEIER 3. KOELDRANK (AANMAAK) 4. ONTBYTPAP 5. BLIKKIES VIS 6. BLIKKIES VLEIS 7. RYS

Spensgroete Irene Aucamp (0836517230)

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Jovette van Niekerk Groenklas: Kara Botha Oranjeklas: Natalie Fourie

Persklas: Hanco Mentz Geelklas: Reuben Greeff Rooiklas: Leah Esterhuizen

14

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Lizé Pelser Gr. 1/22: Kayla Grant

Gr. 1/24: Xander van Zyl Gr. 1/25: Stella Brewis Gr. 1/26: Tokara Avis Gr. 1/27: Chane Burger Gr. 2/15: Jessica Carlson Gr. 2/16: Mia Swanepoel Gr. 2/17: Ava de Bruin Gr. 2/18: Zandri van Vuuren Gr. 2/21: Leah du Plessis Gr. 2/23: Sharné du Bruyn

Gr. 3/12: Dimitri Minnaar Gr. 3/13: Stander Spangenberg Gr. 3/28: Callie Symington Gr. 3/29: Ryan Esterhuizen Gr. 3/45: Jandré Bester Gr. 3/46: Sebastian Bowman

Goeie gedrag Gr. 4/48 - Leam van der Sluys Gr. 4/52 - Anieke le Roux en Kayla Beukes Gr. 7/33 - Raine Pretorius en Barry Phillipson

Home Cooked Meals R50.00 per meal FAIRLANDS WEEK 1 WEEK 2 WEEK 3 WEEK 4 WEEK 5

NB PLEASE ORDER YOUR MEAL/S IN ADVANCE OR THE DAY BEFORE TO AVOID ANY DISAPPOINTMENT. Phone 072 754 9218 to place your Order. Your Meals can be Collected at the Tuck Shop from 13:30 – 15:00 Monday To Thursday No Orders after 9AM Daily

MONDAY

8 May MONDAY Beef Strogonoff , Rice, Sweet Potato & Cream Spinach

15 May MONDAY Beef Curry, Rice, Salsa & Cocktail Roll

22 May MONDAY Macaroni & Cheese, Greek Salad & Cocktail Roll

29 May MONDAY Chicken Curry, Rice,Sambals & Cocktail Roll

2 May TUESDAY Chicken a la King, Rice, Butternut & Green Beans

9 May TUESDAY Mince Curry,Rice Sambals & Cocktail Roll

16 May TUESDAY Chicken Lasagne, Salad & Cocktail Roll

23 May TUESDAY Beef Potjie,Sweet PotatoGreen Beans & Rice

30 May TUESDAY Fish Cake,Mash & Green Beans

3 May WEDNESDAY Cottage Pie Savoury Rice & Pumpkin

10 May WEDNESDAY Chicken & Broccoli Bake,Pumkin Fritters & Spinach

17 May WEDNESDAY Bobotie,Yellow Rice Roasted Butternut & Cauliflower

24 May WEDNESDAY Roast Chicken,Spanish Rice,Potato Wedges & Broccoli

31 May WEDNESDAY Chicken Snitzel,Potato wedges,Rice & Sweet Potato

4 May THURSDAY Butter Chicken, Basmatic Rice & Sweet Carrot

11 May THURSDAY Roast Beef, Pepper Sauce, Rice & Cauliflower & Cheese Sauce

18 May THURSDAY Chicken Pie, Gravy, Potato Wedges & Sweet Carrot

25 May THURSDAY Meat Balls,Mash,Rice ,Pumkin & Gravy

THURSDAY

CAFFE MOLINARE

t/a “A fresh approach to catering”

15

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

HUIS TE KOOP IN STRUBENSVALLEI

Netjiese 4-slaapkamerhuis, 3-badkamers (waarvan 2 “en-suite” is), ruim kombuis, eetkamer, sitkamer en

kuierarea. Dubbelmotorhuis met geoutomatiseerde houtdeure, lapa en swembad. Ongeveer 8km vanaf

Laerskool Fairland. Vir verdere navrae kontak asb. Estelle na 15:00 op 082 332-7475.

Resonanze Project Musiekskool Tyd om musiek te maak by Resonanze Project Musiekskool!! Skryf in vir individuele lesse (viool, kitaar, klavier, sang, dromme), of kom maak musiek in ’n groep van Marimbas, Kinderkoor, Viole, Klawers of Kleuter Blokfluite! Berario-gemeenskapsentrum, [email protected], 081 351 7491

5 OPREGTE KORTBEEN JACK RUSSELS TE KOOP

- Beskikbaar 16 April 2017(6-7 weke oud)

- 3 tefies en 2 reuntjies

- Geënt en ontwurm met veearts boekies

- Foto’s aangeheg

- R800.00 per hondjie

SEYFFERT STRYDOM 083 259 3392

Afgetrede dame beskikbaar vir vervoer en versorg van kinders na skool. Eie vervoer, uiters geduldig en liefdevol. Kontak asb vir Judy by 0815677443/[email protected]

16

Eksamentyd? Jy weet nie waar om te begin nie? Wisk en Rek werkswinkels voor die

eksamen.Daar is verskillende pakette beskikbaar. Minimum van 3 kinders per klas. Bring 2 pelle en baat hierdie eksamen. Pakket 1: Uitwerk van vraestel in gegewe tyd en memo. R200 per kind Pakket 2: Uitwerk van vraestel in gegewe tyd, bespreking van vraestel en memo. R350 per kind Pakket 3: Uitwerk van vraestel gegewe tyd, behandeling van vraestel, memo. 2 ekstra vraestelle vir by die huis, en een les die dag voor die vraestel R500 per kind.

Kontak Yolande Potgieter 0836349992

PRIVAAT KOOP: HUIS TE KOOP – 158 MARKET STR., FAIRLAND Baie gerieflike woonhuis – 100m Loop afstand vanaf Laerskool Fairland met 3 x Slaapkamers Hoof slaapkamer met volledige “on-suite” badkamer, Gaste Badkamer, 1 x Studeer kamer of 4de slaapkamer, Groot Loft – (5de Slaapkamer / Studeer kamer / Kuns kamer / Speel kamer) met 3 x ingeboude kaste / extra pak plek, Sit Kamer, TV Kamer, Eet Kamer, Kombuis Waskamer Groot Patio met braai geriewe, 104m² Lapa met - Braai geriewe, Oorspronklike Pizza oond, Kroeg Fasilitiete, Groot swembad – 11m x 6m, Volledige bediende / buite kamer met “on-suite” badkamer Dubbel Garage, 2 x dubbel “Car Ports” en 2 x “Zozo” hutte

Vir verdere inligting of besigting op afspraak kontak – Tonie Troskie @ 0720409550 (Eienaar)

17

18

19

MARKDAG 'n Groep entrepreneurs van Laerskool Fairland (19 van hulle), bied komende Saterdag 6 Mei van 9 tot 12vm 'n markdag aan waar kuns, moedersdaggeskenke, handgemaakte produkte en lekkernye te koop aangebied sal word. 'n Opwindende geleentheid waar ons kinders geleentheid kry om die entrepreneur in hulle uit te leef - en die publiek kan deel in hul talent en geesdrif! Venue: Oosthhuizenlaan 7, Floracliffe.

Is daar 'n moontlikheid dat ons 'n ietsie oor hierdie geleentheid in die Vinkie of op die Communicator kan plaas asb.? Hierdie kinders inspireer hulle mammas al soooo - ons is almal ewe opgewonde daaroor! Let daarop.... mense kan eers die VVF Pretloop bywoon en dan by die mark 'n draai kom maak!

Liana Husselmann – 083 442-3234