uit die hoof se kantoor - wordpress.com · 2016-09-23 · marketstraat 145, fairland (011)...

15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 28 22 September 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Sosiale media-praatjie Baie dankie aan al die ouers wat hierdie praatjie bygewoon het. Ons glo en vertrou dat die inligting wat deurgegee is, goed toegepas gaan word. Kaskardag-wenners Meeste rondtes: Juniors Graad 3/12 Meeste rondtes: Seniors Graad 5/39 Beide hierdie klasse het 'n wisseltrofee ontvang. Klasse wat die mooiste versier was: Juniors Graad R/11 Seniors Graad 7/06 Aangesien al die klasse so vrolik gelyk het, gaan elke leerder op 30 September 2016 'n roomys ontvang! Van harte geluk aan ieder en elk. Begroting 2017: Inligtingsessie met ouers U word vriendelik uitgenooi om hierdie gespreksessie by te woon op Donderdag 29 September om 18:00 in die lapa. RSVP Karén Reyneke [email protected]. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 14 Okt. Koorfees met Johan Bester 21 23 Sept. Krieket: Orion- aandreeks: o/11A- en 1 ste span 22 Sept. Lentesokkie: Gr. 6- en gr. 7-leerdes 23 Sept. Gr. 7-Entrepreneursdag 24 Sept. VVF-Winex 29 Sept. Begroting: Alg. Inligtingsessie (ouers) 30 Sept. Skool sluit 10 12 Okt. Leierskamp: Gr. 6- leerders

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 28 22 September 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Sosiale media-praatjie Baie dankie aan al die ouers wat hierdie praatjie bygewoon het. Ons glo en vertrou dat die inligting wat deurgegee is, goed toegepas gaan word.

Kaskardag-wenners Meeste rondtes: Juniors Graad 3/12 Meeste rondtes: Seniors Graad 5/39 Beide hierdie klasse het 'n wisseltrofee ontvang. Klasse wat die mooiste versier was: Juniors Graad R/11

Seniors Graad 7/06

Aangesien al die klasse so vrolik gelyk het, gaan elke leerder op 30 September 2016 'n roomys ontvang! Van harte geluk aan ieder en elk. Begroting 2017: Inligtingsessie met ouers U word vriendelik uitgenooi om hierdie gespreksessie by te woon op Donderdag 29 September om 18:00 in die lapa. RSVP Karén Reyneke – [email protected].

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN

14 Okt. Koorfees met Johan

Bester

21 – 23

Sept.

Krieket: Orion-

aandreeks: o/11A-

en 1 ste span

22 Sept. Lentesokkie: Gr. 6- en

gr. 7-leerdes

23 Sept. Gr. 7-Entrepreneursdag

24 Sept. VVF-Winex

29 Sept. Begroting: Alg.

Inligtingsessie (ouers)

30 Sept. Skool sluit

10 – 12

Okt.

Leierskamp: Gr. 6-

leerders

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BELEIDE

Sosiale media-praatjie/kuberboeliery Ons dank en waardering aan Rianette Leibowitz van SaveTnet wat ons leerders en ouers toegespreek het. Ons glo dat elke kind, onderwyser en ouer wat die praatjie bygewoon het, toegerus is met nuwe vaardighede om ‘n veilige kuberomgewing vir almal te verseker.

Ons moedig ons ouers aan om die webtuiste (www.savetnet.com) van Savetynet te besoek of u kan Rianette per e-pos kontak by [email protected].

In samewerking met SaveTynet is die skoolbesuur en skoolbeheerliggaam besig met ‘n proses om ‘n “Fairland-taakspan”, as deel van die leerlingraadopleiding, te ondersoek wat uitsluitlik met kuber-boeliery by Laerskool Fairland sal deel.

Ons doen ‘n ernstige beroep op ons leerders en ouers om enige vorm van kuberboeliery onder die skool se aandag te bring. Ons kan alleenlik optree as ons bewus is van enige voorvalle wat plaasgevind het.

Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 5 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: ([email protected])

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar:

24 September Eurette Theart 26 September Erika Joubert 28 September Schalk Aucamp (beheerliggaam)

REDAKSIE

Op watter stadium verdwyn jou geduld, verloor jy jou gevoel van empatie, word jou kwaadmeter in die rooi gestoot? Dis ‘n dilemma waarmee die meeste opvoeders deesdae sukkel. Die verskil tussen “begrip-toon-vir-verskonings” en “nou-moet-jy-jouself-in-rat-kry”, is ‘n fyn lyntjie. Die probleem lê daarin dat ouers nie noodwendig die aanloop tot die konfrontasie gesien het of verstaan hoekom ‘n spesifieke aksie, of dan die gebrek aan aksie, sekere reperkussies veroorsaak nie. Geduld is ‘n wonderlike eienskap, veral vir iemand wat met kinders werk. Maar as die geduld tot die uiterste beproef word sonder dat daar enige positiewe uitkoms is, moet ‘n mens nie verbaas wees as frustrasie die kwaadmeter laat inskop nie. Ons kinders word nie net gefasiliteer om vir hulle al die gawe geleenthede te skep nie; hulle word ook gelei, gesmee en gevorm om die beste mense te wees wat hulle kan wees. Dit beteken noodwendig dat daar soms intervensie moet geskied, dat sekere gedragspatrone verander moet word. En dis nie noodwendig lekker vir die kind of die persoon wat die verandering moet aanbring nie. Kinders word in ons sorg geplaas op ‘n daaglikse basis van vroeg soggens tot dikwels laat in die middag, wat beteken dat hulle ongeveer 8-10 ure van elke dag onder die vlerk van ‘n opvoeder staan. Dis nie net ‘n groot verantwoordelikheid wat ons dra ten opsigte van die kind se ontwikkeling nie, maar ook ‘n emosioneel-uitputtende taak wat meer van ons eis as net tyd.

3 Die gevolgtrekking is dus die volgende: Opvoeders is baie meer as net academici. Die opvoeder se taak is die holistiese ontwikkeling en vordering van elke kind in sy sorg. Elke opvoeder het ‘n plig om die kinders se gedragpatrone te moniteer en te verander indien nodig. ‘n Opvoeder werk nie outonoom nie. Hy is deel van die “village” wat help om die kind groot te kry. Om geduldig te wees, beteken nie dat jy alles bloot op gesigswaarde aanvaar nie. Soms is dit noodsaaklik om kinders te laat sien dat hulle die grense oorskry. So, as jou kind in die vervolg vertel van ‘n opvoeder wat vir hom kwaad is, hom voor die klas aangevat het of ‘n witbrief gegee het, vind asseblief eers uit wat aanleiding daartoe gegee het, vóórdat jy die kind se verskonings glo. Op dié manier werk ons saam om ongewensde gedrag uit te roei. Dit gaan net tot u kind se voordeel strek. Erika

OUD-LEERDERS PRESTEER

Hoërskool Noordheuwel Die volgende oud-leerders van Laerskool Fairland tot die VLR/Norieraad 2016/2017 verkies: Gr. 8: VLR Nicole Cruywagen Jean-Mari Engelbrecht Gr. 9: VLR Herman Neveling Gr. 10: VLR Dean Bentley Gr. 11: Norieraad San-Mari van Dyk Francois Marx Merwe Nel Baie geluk! Ons is voorwaar trots op julle!

AKADEMIE

Voorlopige eksamendatums vir 4de kwartaal van GDO ontvang: 11 – 28 November.

Skool sluit 30 September om 11:00. Rapporte word om 10:45 by registerklasse uitgedeel

KULTUUR DANS EN DRAMA

Oefentye: Drama: Dans: Ma.: 14:30 - 15:00 (Gr. 1) Di.: 14:00 - 15:00 (Gr. 5 – gr. 7)

15:00 - 15:30 (Gr. 2) 15:00 - 15:30 (Gr. 1 en gr. 2) 15:30 - 16:30 (Gr. 3) 15:30 - 16:00 (Gr. 3 en gr. 4) 16:30 - 17:30 (Gr. 4 en gr. 5) Do.: 14:00 - 15:00 (Gr. 5 - gr. 7)

Wo.: 15:30 - 16:30 (Solo-afrigting) 15:00 - 15:30 (Gr. 1 en gr. 2) 16:30 - 17:30 (Gr. 6 en gr. 7) 15:30 - 16:00 (Gr. 3 en gr. 4)

SENIORKOOR

Belangrike datums vir 2016:

14 Oktober – Singit! Koorfees. Hoërskool Florida.

26 Oktober – Fairland Dankfees

4

Oudisies vir Seniorkoor 2017

Ons het hierdie jaar groot sukses met ons koor behaal en wil vir almal dankie sê vir ‘n positiewe bydrae. Om dit moontlik te maak om die standaard van ons koor nog te verbeter, is dit belangrik dat die oudisieproses deeglik gedoen word. Ons wil graag al die koorlede weer toets om seker te maak dat daar wel individuele groei in die afsonderlike stemme plaasgevind het deur die loop van die jaar. Ons verwelkom ook enige nuwe lede wat graag oudisies wil aflê (gr. 3-6). Daar sal drie Maandae ge-allokeer word vir hierdie proses. Elke leerder kies ‘n dag en tydgleuf van 10 minute wat in hul program pas en skryf hul name op die lys teen juf. Klariké (kamer 11 – Geelklas by Gr.R- sentrum) se deur. Die leerder moet asseblief 10 minute voor sy/haar oudisie reeds daar wees en mag verdaag na afloop van die oudisie. Die oudisies vind in die lapa plaas op die volgende datums:

Maandag 26 September: 10 minute tydgleuf van 14:00-19:00 Maandag 10 Oktober: 10 minute tydgleuf van 14:00-19:00 Maandag 17 Oktober: 10 minute tydgleuf van 14:00-19:00 Die leerders sal dan per brief in kennisgestel word as hul verkies is tot die koor vir 2017. Die eerste verpligte oefeninge vir die koor van 2017 vind plaas op 18 en 25 Oktober 2016 vanaf 17:00 tot 19:00 in die saal. Hou asseblief die Vinkie dop vir belangrike datums in 2017. Die koorkamp en die eerste werkswinkel se datums sal binnekort daarin verskyn. Ons sien uit na ‘n nuwe en opwindende koorseisoen. JUNIORKOOR Onthou asb. ons optrede op 14 Oktober (die eerste week na die vakansie). Verdere inligting volg binnekort! Ons sing ook by die Fairland Dankfees op 26 Oktober. Maak solank 'n nota van hierdie spesiale aand op die kalender. Fairland Dankfees Die Dankfees vind plaas op 26 Oktober op die rugbyveld. Bring die hele gesin saam vir die spesiale aand!!

Kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

Belangrike datums:

14 Oktober koorfees saam met Johan Bester.

Oefeninge

Oefeninge hervat 30 Augustus. Almal moet asb. die oefeninge bywoon. Skriftelike verskonings moet ingehandig word indien oefeninge nie bygewoon kan word nie.

Kultuuraanhaling van die week

“Do what you have to do until you can do what you want to do.” Oprah Winfrey

Erika Joubert

5

SPORT

HOKKIE

Dogtershokkie

Best of the Best Die o/13A-hokkiespan het die afgelope Saterdag deelgeneem aan dié toernooi by St. Stithians se

astrobane. Hulle het altesaam 6 wedstryde gespeel waarvan hulle 3 gewen, 2 gelykop gespeel het en 1 verloor het. Hulle het algeheel 3de geëindig uit 7 deelnemende skole. Baie geluk aan juf. Emily-Kate en haar span. Hokkieliga proewe Baie geluk aan die volgende o/11- en o/12-hokkiedogters wat Vrydag deelgeneem het aan die hokkie-liga proewe by Laerskool Louw Geldenhuys en deurgedring het na die volgende rondte proewe wat in 2017 gehou sal word: o/11 o/12

Maria Kotzé Clarise van Dyk

Nadia Potgieter Chandré van Niekerk

Euané Theart Karla Rooseboom

Bea van der Westhuizen Marguerite du Toit Mea du Toit Jessica Goosen Inge Schoeman

TENNIS

Juniorseuns A verloor 13 – 15 teen Fontainebleau Seniordogters A wen 45 – 36 teen Trinity Randpark

Juniortennis Rondomtalie Seuns:

Die rondomtalie sal op die volgende dae plaasvind:

Vrydag 14 Oktober – Novak Djokovic

Vrydag 21 Oktober – Stan Wawrinka Wedstryde begin stiptelik om 13:15

Vrydag 28 Oktober – Roger Federer Leerders mag tweede pouse aantrek.

Vrydag 4 November – Rafael Nadal Leerders speel in gewone klere.

Novak Djokovic 14 Oktober

Stan Wawrinka 21 Oktober

Roger Federer 28 Oktober

Rafael Nadal 4 November

Jean du Toit Seef Dannhauser Malan Graham Hadrian Divito

Herman Wessels Chris Rothmann Simon du Plooy Jean Taljaard

Luke Groeneveld Dylan Engelbrecht Dawid Wiggett Jean-Pierre Griesel

Diaan Rooseboom Kean Swanepoel Jaco Dannhauser Josiah Stroh

Johan vd Merwe Ivan Scheltema Zander Fourie Richard Smith

Joshua Liebenberg Lijan Smal Rudolph Lategan Jason Smith

Martin Nel Ben Barnard Johann Louw Louis van Kradenburg

Ethan Bezuidenhout Ruben Botha Luan Espach Ethan van Damme

Ruan Keyter Christo Ankersmit Keane Avis Queon Ernst

Leam vd Sluys Ethan Jatho Callie Symington Vincent Graham

Christiaan Campher Lucian Kleyn Nader Nagdy

6 Juniortennis Rondomtalie Dogters:

Hier volg ‘n lys van die dogters wat aan die rondomtalie op Saterdag 15 Oktober gaan deelneem:

Graad 4 Graad 3 Graad 2 Jana Theron Danica Smit Rachelle Jardim Ané vd Westhuizen Mieke Raubenheimer Donna de Wet Annika Dirker Johané van Pletsen Zanique Theron Nicola Nel Karla Strumpher Danielle Dixon Jana Simpson Karla Jooste Alicia Sonntag Emma Ferreira Mia van Niekerk

Seniortennis – Vierde kwartaal: Datums - voorlopige ligawedstryde

Dogters (Woensdae)

28 September A span vs Trinity Randpark weg B span vs Rivonia tuis 12 Oktober A span vs Louw Geldenhuys tuis B span vs Louw Geldenhuys weg 19 Oktober A span vs Crawford Lonehill weg B span vs Trinity Randpark weg 26 Oktober A span vs Jan Cilliers weg B span vs Kind David Sandton tuis

Seuns (Donderdae)

22 September A span vs Trinity Randpark weg B span vs Trinity Randpark tuis 29 September A span vs Unika tuis B span vs Jan Cilliers tuis 13 Oktober A span vs Montrose weg B span vs Kind David Victory Park weg 20 Oktober A span vs Louw Geldenhuys tuis B span vs Bye 27 Oktober A span vs St. Stithians weg B span vs Louw Geldenhuys tuis

KRIEKET

Trinity Festival Die 1ste span het die afgelope naweek aan die Trinity Cricket Festival deelgeneem. Uitslae is soos volg:

Wen met 9 paaltjies teen Laerskool Glenwood (Durban). Johan Bredenkamp 103* en Werno van Wyk 86* Verloor met 94 lopies teen Laerskool Lynwood (Pretoria). Werno van Wyk 100*

Saterdag het hulle drie Pro 10-over wedstryde gepeel. Die eerste wedstyd het hulle teen Midstream College (Pretoria) verloor. Hulle wen die tweede wedstryd teen Cornwall Hill College (Pretoria) en die derde wedstryd eindig gelykop teen Laerskool Lynwood (Pretoria).

Uitslae: o/9A wen met 10 paaltjies teen Fontainebleau o/9B wen met 9 paaltjies teen Fontainebleau o/10A wen met 10 paaltjies teen Fontainebleau o/10B wen met 8 paaltjies teen Fontainebleau o/11A wen met 10 lopies teen Fontainebleau o/11B verloor met 44 lopies teen Esperanza 1ste span wen met 7 paaltjies teen Fontainebleau 2de span wen met 5 paaltjies teen Fontainebleau

7 Oefentye

Tyd: (derde en vierde kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

MINI-KRIEKET

Oefentye: (Vanaf Maandag 12 September)

Gr. 1 en gr. 2: Maandag 13:35 – 14:30 Dinsdag 13:05 – 14:30

Onthou om die volgende saam te bring: sonhoed, sonskerm, koue water en ‘n tennisbal en kolf wat duidelik gemerk is.

Wedstryde: Vind plaas op Donderdae vanaf 14:00 – 16:00.

20 & 27 Oktober; 10, 17 & November – Randburg Sportgrond Krieketoefening vir gr. R-leerders (o/6) begin eers in die vierde kwartaal. Tye sal later deurgegee word.

MIDDELAFSTANDE

Oefentye

Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00 Donderdag: 15:00 – 16:00 Vrydag: 13:00 – 14:00

Gr. 3 - tot gr. 6 - leerders word uitgenooi om saam te kom oefen. Maak verskoning by mnr. Jordaan as jy nie kan kom oefen nie.

SKAAK

Afsluiting: 23 September

RUGBY

Baie geluk aan Ethan Bester en Zak van Niekerk wat verkies is tot die o/12 Red Squad.

INLIGTINGSENTRUM

WOW-SPELFEES 2016

Weereens was die opkoms groot en die gevoel van opgewondenheid tasbaar. Op Vrydag 16 September

is die provinsiale ronde van die WOW-spelfees by Laerskool Fairland gehou. Hier was 230 kinders vanaf

gr. 1 – gr. 10 en 45 beamptes wat die 12 deelnemende skole verteenwoordig het. Daar was geklank,

gespel, gesug, gesteun en gewoeker met al die woorde. Daar was beide skriftelike en mondelinge

uitdunne waarin die leerders moes deelneem. Na afloop van beide die rondes is die wenners

aangekondig. Laerskool Fairland het hul man gestaan. Aan elke deelnemer, òf jy deur is òf nie, jy is ‘n

wenner! Jy sal jou “woord” goed gestand kan hou!

Dié volgende leerders van Laerskool Fairland is deur na die nasionale ronde wat gehou sal word op

Saterdag 22 Oktober te Stellenbosch. Briewe sal volg sodra die Universiteit van Stellenbosch met ons

gekorrespondeer het:

Gr. 2: Marlené van Niekerk (derde plek) Gr. 3: Franco Roos (derde plek) Gr. 4: Lené Dyson (eerste plek) Anshe Roos (tweede plek) Gr. 5: Andries de Kock (eerste plek) Gr. 7: Mathilda Steyn (eerste plek) Suné Botha (tweede plek) Schalk Viljoen (derde plek) Gr.8: Anja Steyn (oud-leerder – eerste plek)

8

Ons is baie trots op die al die Fairlanders vir jul puik gedrag! Baie dankie aan al die deelnemers en ouers

vir jul entoesiasme jeens die projek. Dankie aan al die personeel wat gehelp het met al die reëlings. ‘n

Spesiale dankie aan die mammas wat gehelp het om pakkies op te maak, tafels te dek en vir die bedien

van koffie/tee aan beamptes. ‘n Groot dankie aan juf. Dalene Oosthuizen wat moes bontstaan met al my

versoeke. Julle word almal uit my hart uit waardeer!

WOW-groete!

Leanie Taljaard

ALGEMEEN VERE-KAS

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034 GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak. Gr. R/07 : Micke Niemandt Gr. R/08 : Anina Strauss Gr. R/09 : Umar Cassim Gr. R/10 : Amoné Marais

Gr. R/11 : Caleb Underwood Gr. R/11A : Divan Brough STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18 : Cilliers Jones Gr. 1/22 : Leo Strydom Gr. 1/24 : Shylah Edwards Gr. 1/25 : James van Loggenberg Gr. 1/26 : Jenna Piek Gr. 1/27 : Corli Pretorius Gr. 2/14 : Kaitlin Pelser Gr. 215 : Carina Liebenberg Gr. 2/16 : Mignon Potgieter Gr. 2/17 : Richard Maree Gr. 2/21 : Rentia Grove Gr. 2/23 : Amy Erasmus

Gr. 3/12 : Joof Enslin Gr. 3/13 : Estian du Toit Gr. 3/28 : Kyle van der Merwe Gr. 3/29 : Abigail Long Gr. 3/45 : Nicola du Plessis Gr. 3/46 : Mia le Grange

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Jana Simpson en Danél Pieters

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

9 TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

GIMNASTIEK

Op Saterdag 2 September het Isabell-Rose Lemon (gr. 3) deelgeneem aan Gauteng se provinsiale gimnastiekkompetisie, klas 1 (8 jaar). Sy verwerf 2 goue medaljes en ‘n bronsmedalje vir individuele kompetisies en ‘n bronsmedalje vir ‘n algehele derde plek.

Karma Visagie (gr. 3) het ook aan bogenoemde kompetisie deelgeneem. Sy verwerf 2 silwermedaljes en ‘n bronsmedalje vir haar individuele items en ‘n silwermedalje vir ‘n algehele tweede plek

Hiermee kwalifiseer beide dogters om Gauteng te verteenwoordig by die nasionale kompetisie wat in Oktober in die Kaap sal plaasvind.

Baie geluk Isabell-Rose en Karma! Ons hou styf duime vas!

KARATE

Lienka Jordaan (gr. 2) het op Saterdag 10 September aan die Suid-Afrikaanse Karatekampioenskap deelgeneem vir die Tenshinkan Karatefederasie van Suid-Afrika. Dit was in Brakpan gehou. Lienka behaal ‘n 3de plek vir haar kata, 8-9jr (dogters) en verwerf ‘n groenbelt. Sy behaal ook ‘n 1ste plek vir haar kumite (gevegskuns), 8 – 9 jr (dogters) en verwerf hier ook ‘n groenbelt.

Daniella Brown (gr. 2) het ook by bogenoemde kampioenskap goud behaal vir haar kata, dogters 8 jaar, asook goud vir haar kumite, dogters 8 jaar oud, oranjebelt.

Baie geluk Lienka en Daniella!

10

Dylan Buys (gr. 5) het ook by bogenoemde kampioenskap deelgeneem en hy het goud verwerf in beide kumite and kata in die kategorie bruin tot pre-swart, ouderdom 10 tot 12 jaar. Dit is ‘n fantastiese prestasie Dylan! Baie geluk! Ons is trots op jou!

SWEM

Galadatums: Vrydag 14, 21 & 28 Oktober, 4 November

KULTUUR

NEA - UITSLAE

LET WEL: Enige NEA-sertifikate en repliekvorms moet asseblief binne ‘n week na optrede in die NEA-boks in die kantoor geplaas word. Dié betrokke uitslae sal dan te gelegenertyd in die saal uitgelees word en in die Vinkie gepubliseer word.

Gr. 2: Niel Marais English narrative poetry Junior diploma Afrikaans verhalende poësie Goud

Gr. 3: Mia le Grange Afrikaans verhalende poësie Junior diploma Gr. 4: Queon Ernst Klaviersolo: eie keuse Goud Gr. 5: Jeanemari Hattingh Afrikaans gedramatiseerde poësie Goud English dramatised poetry Goud English dramatized poetry Goud Afrikaans monoloog Goud English monologue Goud Afrikaans gedramatiseerde poësie Goud

English monologue Platinum (90-94%) Afrikaans voorbereide lees Platinum Engels voorbereide lees Diamant (95%+)

Hiermee kwalifiseer Jeanemari om aan 2017 se SA Kampioenskap vir Uitvoerende Kuns deel te neem.

Jeanemari Hattingh English comic monologue Diploma

Mia Marais English comic monologue Diploma Afrikaans verhalende prosa Diploma

Jessica Goosen English comic monologue Diploma Afrikaans verhalende poësie Diploma English prepared reading Diploma

Gr. 6: Zoë le Grange Afrikaans voorbereide storievertelling Goud English comic monologue Diploma Afrikaans verhalende poësie Diploma

Gr. 7: Sancia Engelbrecht Afrikaanse liriese poësie Diploma Layla Flockhart Afrikaanse redenaars: oorredingstoespraak Diploma

11

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected]. FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected] SKAAPTJOPS!! Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected]. SUPER SEWES 2016 Môrester-kampterrein: 2 – 6 Oktober – inskrywings www.supersewes.co.za

AANDEEL IN WILDSPLAAS TE KOOP

25% Belang in wildplaas op Limpoporivier: R830 000 2.6km rivieroewer, volledig toegeruste grasdak woonhuis (slaap 12), buitegeboue, slaggeriewe en lapa. Verskeie wildsoorte, volledig omhein met vrystelling van natuurbewaring. Jagkwotas soos onderling besluit. Besonderse bome en ekologie. Ons is beperk deur 'n maksimum van 4 vennote. Hierdie is 'n geleentheid om deel te word van die unieke eenheid. GEEN AGENTE. Kontak my by [email protected] HET JOU KIND SE AKADEMIESE PROFIEL DRINGENDE INTERVENSIE NODIG? Edublox Lees- en Leerkliniek bied ‘n intensiewe vakansiekursus aan om geheue te ontwikkel en leesvaardighede ‘n hupstoot te gee. Besprekings kan nou gedoen word, want dit is nooit te laat om in te gryp nie.

3 – 7 Oktober 2016

8:00 – 13:00 daagliks

Kontakbesonderhede: [email protected]

Telefoon nommer: 011 764 5824 / 082 531 7200

VRIENDE VAN FAIRLAND soek vrywillige ouers wat betrokke wil raak by o.a. fondsinsamelings / bemarking / skenkings (hetsy groot of klein) / data in te lees / en

ander administratiewe pligte. Kontak vir Dalene by 083 953 3916

SHUTTLE SERVICE

Lowest prices guaranteed! Northcliff/Fairland & surrounding areas. PDP licence & passenger liability insurance. Contact owner on 083 502-5009 for quotes, rates & routes (Whatsapp or sms welcome.)

12

13

14

15

Blits opsommingsgidse: Afrikaans gr. 4-12; Engels gr. 4-12; Wiskunde gr. 7-9; Wiskunde gr. 4-6. R100 'n boekie. Kontak Retha by 0792618768