twaalf dinge om te doen - laerskool muldersdrif |. 6: math common exam psw gr. 4 en eng fal gr. 7...

6
12 Okt. 2017 No. 447 “Kom ons kweek ‘n samelewing wat nie net talente ten toon stel nie, maar ook onbesproke karakter. - Onbekend Twaalf dinge om te doen Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik besig. Dis asof ons nou oor die bult is en die afdraande jaag na Desember toe. Maar daar is heelwat dinge wat, voor die jaar sy laaste asem uitblaas, gedoen en nog afgehandel moet word. Partykeer voel ‘n mens alles raak net te veel. Asof jy ‘n oormaat hooi op jou vurk het. Daarom bespreek ek kortliks ‘n paar dinge wat jy in hierdie tyd kan doen: Maak tyd vir jouself. Ontsnap uit die rot-resies – al is dit net vir ‘n kort rukkie. Skakel jou selfoon af, word stil en rustig, gaan drink koffie, en doen iets wat goed is vir jou siel en gemoed. Herlaai jou batterye. Stap – dit laat jou ontspan en gee oefening. Met stap kry jy kans om jou kop skoon te maak. Stap vul jou met energie en lewenslus. Skryf drie dinge neer wat jy graag wil doen. Maak dit by jou program inpas – en soos Nike sê: Just do it. Wees simpatiek met jouself. Wanneer jy deur trauma, spanning, hartseer of slegte tye gaan, betoon genade aan jouself. Jy hoef nie altyd sterk en perfek te wees nie. Glimlag en wees vriendelik. Bring sonskyn in ander se lewens. Reik uit, help waar jy kan, praat minder en luister meer. Kom uit in die natuur. Ervaar die wonder van die skepping. Kry weer perspektief op jou lewe. Ons raak soms te besig en verloor dan die groter prentjie van ons lewe. Sommige mense kan jy net nooit tevrede stel nie. Hulle breek jou emosioneel af – vermy diesulkes. Fokus op die goeie en positiewe mense. Eet gesond en gebalanseerd. Moenie so gou kwaad word nie. Ja, die lewe is vol frustrasie, maar leer om dit met wysheid te hanteer. Lag meer, sien die mooi raak, en wees gelukkig. Help iemand in nood – dalk ‘n kind, ‘n bejaarde, bedelaar of net iemand wat gebroke en alleen voel. Maak tyd om Bybel te lees en te bid. Doen hierdie twaalf dinge en jy sal beter voel. Dit is terapie vir jou gemoed en siel. Dit maak jou lewe mooi en gee betekenis en sin aan jou dag. ‘n Sprankie Wysheid vir die Dag: “Keer jou gesig na die son en dan sal jy nie die skaduwee sien nie.” Helen Keller Mullie groete, Herman Byleveld Woensdag 15 Nov NT Gr. 4 & 5, NW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: NT common exams PSW Gr. 7 (sessie 2) Donderdag 16 Nov Afrikaans HT Gr. 4 - 7 (sessie 1) EBW Gr. 7 en PSW Gr. 5 (sessie 2) Vrydag 17 Nov Wisk Gr. 4, 5 & 7 (sessie 1) Gr. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common exam PSW Gr. 6 en Kuns Gr. 7 (sessie 2) Dinsdag 21 Nov SW Gr. 4 - 6 Tegnologie Gr. 7

Upload: dangkhuong

Post on 30-Apr-2018

266 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: Twaalf dinge om te doen - Laerskool Muldersdrif |. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common

12 Okt. 2017 No. 447

“Kom ons kweek ‘n samelewing wat nie net talente ten toon stel nie, maar ook onbesproke karakter.” - Onbekend

Twaalf dinge om te doen

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik besig. Dis asof ons nou oor die bult is en die afdraande jaag na Desember toe. Maar daar is heelwat dinge wat, voor die jaar sy laaste asem uitblaas, gedoen en nog afgehandel moet word. Partykeer voel ‘n mens alles raak net te veel. Asof jy ‘n oormaat hooi op jou vurk het. Daarom bespreek ek kortliks ‘n paar dinge wat jy in hierdie tyd kan doen:

• Maak tyd vir jouself. Ontsnap uit die rot-resies – al is dit net vir ‘n kort rukkie. Skakel jou selfoon af, word stil en rustig, gaan drink koffie, en doen iets wat goed is vir jou siel en gemoed. Herlaai jou batterye.

• Stap – dit laat jou ontspan en gee oefening. Met stap kry jy kans om jou kop skoon te maak. Stap vul jou met energie en lewenslus.

• Skryf drie dinge neer wat jy graag wil doen. Maak dit by jou program inpas – en soos Nike sê: Just do it.

• Wees simpatiek met jouself. Wanneer jy deur trauma, spanning, hartseer of slegte tye gaan, betoon genade aan jouself. Jy hoef nie altyd sterk en perfek te wees nie.

• Glimlag en wees vriendelik. Bring sonskyn in ander se lewens. Reik uit, help waar jy kan, praat minder en luister meer.

• Kom uit in die natuur. Ervaar die wonder van die skepping. Kry weer perspektief op jou lewe. Ons raak soms te besig en verloor dan die groter prentjie van ons lewe.

• Sommige mense kan jy net nooit tevrede stel nie. Hulle breek jou emosioneel af – vermy diesulkes. Fokus op die goeie en positiewe mense.

• Eet gesond en gebalanseerd. • Moenie so gou kwaad word nie. Ja, die lewe is vol frustrasie,

maar leer om dit met wysheid te hanteer. • Lag meer, sien die mooi raak, en wees gelukkig. • Help iemand in nood – dalk ‘n kind, ‘n bejaarde, bedelaar of net

iemand wat gebroke en alleen voel. • Maak tyd om Bybel te lees en te bid.

Doen hierdie twaalf dinge en jy sal beter voel. Dit is terapie vir jou gemoed en siel. Dit maak jou lewe mooi en gee betekenis en sin aan jou dag.

‘n Sprankie Wysheid vir die Dag: “Keer jou gesig na die son en dan sal jy nie die skaduwee sien nie.”

Helen Keller Mullie groete,

Herman Byleveld

Woensdag 15 Nov

NT Gr. 4 & 5, NW Gr. 7 (sessie 1)

Gr. 6: NT common exams PSW Gr. 7 (sessie 2)

Donderdag 16 Nov

Afrikaans HT Gr. 4 - 7 (sessie 1) EBW Gr. 7 en

PSW Gr. 5 (sessie 2)

Vrydag 17 Nov

Wisk Gr. 4, 5 & 7 (sessie 1) Gr. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7

(sessie 2)

Maandag 20 Nov

Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1)

Gr. 6: Eng FAL common exam PSW Gr. 6 en Kuns Gr. 7

(sessie 2)

Dinsdag 21 Nov

SW Gr. 4 - 6 Tegnologie Gr. 7

Page 2: Twaalf dinge om te doen - Laerskool Muldersdrif |. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common

12 Oktober 2017

2

Stand van sake by L/s Muldersdrif op 11 Okt. 2017

Laerskool Muldersdrif het Maandag, 9 Oktober 2017 skade gelei met 'n verwoestende storm. Weens die skade aan geboue en terrein is die skool deur Mogale City Ramp Bestuur onveilig verklaar om met sy normale aktiwiteite voor te gaan. Ons is dankbaar dat daar geen beserings gerapporteer is nie.

Die skoolbestuur is besig om 'n werkbare plan te finaliseer wat betref die voortgaan van ons akademiese program vir graad 00 tot 7.

Die skool beoog om spoedig moontlik akademies te funksioneer, moontlike opsies sluit in gebruik van huidige perseel sodra beveilig, verskuiwing van alle graadgroepe of slegs sekeres na ander persele in die omgewing. Onderhandelinge is in ‘n gevorderde stadium.

Ons is oorweldig en baie dankbaar vir die ondersteuning ontvang vanaf die ouers, personeel, Gauteng Onderwys departement, rolspelers, belangheb-bendes, diensverskaffers en die gemeenskap.

Opruimingswerk is reeds onderweg soos gereël deur die skoolbestuur. Die versekeringsmaatskappy bestuur die proses van herstelwerk aan geboue en terrein vorentoe. ʼn Ouervergadering sal belê word, sodra aan alle regulatoriese vereistes voldoen is. Dankie vir al die ondersteuning, geduld en begrip in hierdie uitdagende tydperk.

Die volgende kinders is eerlik met geld en beursies opgetel tydens die Entrepreneursdag : Bianca Weideman (gr 2) en Luke Stander (gr 2).

Welgedaan julle 2!

Die gr 7 's se fondsinsamelingstotaal na die Spur Sizzling Studies-aand (R3,147.68) en die Entrepreneursdag op 29 September (R4,726.50) was R7,091.18

Die bedrag word aangewend om verskeie opbouende projekte aan te pak wat deur die graad 7-leerders geidentifiseer word.

Baie dankie vir almal se ondersteuning. Dit was 'n lekker dag.

Gr. 7 EBW – Finansiële geletterdheid 4de kwartaal

Op Vrydagmiddag, 20 Oktober 2017, word bogenoemde tema vir die jaar afgehandel deur Me. Rolin Rall. Sy het veral wye kennis van die hoërskool sillabus. Dit is vanaf 14:00-16:30 in die skoolsaal. Die module is verpligtend vir alle leerders.

Na die onderrrig stap die gr 7 leerders oor na die Cradlestone-winkelsentrum. By Panarottis maak elke Gr. 7-leerder sy/haar eie “kiddies” pizza. Dit hanteer die tema “Produksie”prakties. Die kostes beloop slegs R10 en sluit ‘n glas koeldrank in.

Die kinders sal ongeveer 18:15 terug wees by die skool waar u hul kan kom afhaal. U kind kan die R10 op die dag kontant by Panarottis betaal (die uitstappie is nie verpligtend nie).

Page 3: Twaalf dinge om te doen - Laerskool Muldersdrif |. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common

12 Oktober 2017

3

ATKV Redenaarstemas vir 2018

GRAAD 1 – 3 • Goud • Druppeltjies • Miere

GRAAD 4 – 5 Huistaal en Addisionele Taal

• Smaak • Vingers • Drup

GRAAD 6 – 7 Huistaal en Addisionele Taal

• Uurglas • Hoop • Teken

Datums om te onthou: Kleuterskool Kersboom: Nuwe datum sal deurgegee word Maandag, 6 Nov: Gr. R Gradeplegtigheid, Silverstar

Belangrike Sportinligting Let asb. die sportdatums/plekke kan wel verander. Veranderings sal op die Communicator deurgegee

word sodra ons dit ontvang van die verskeie onganiseerders/skole.

In Januarie 2018 vind die Suid-Afrikaanse Junior Skaak-kampioenskappe plaas te Birchwood, Boksburg.

Die Gauteng (Jhb Metro) skaakspanne is aangekondig en ons wens Matthew van Blomestein, Damien Smit, Ruben Smith en Janus & Schalk Greeff baie geluk met hul verkiesing tot die skaakspanne wat gaan deelneem.

Baie sterkte julle!

Tennis Rondomtalies: Kwartaal 4 Daar word 'n Junior Rondomtalie gehou vir Graad 1 - 3 leerders (rooi bal). Elke skool kan 6 leerders inskryf:

Datum: Dinsdag 17 Oktober 2017 Tyd: 14:00 Plek: Noordheuwel Tennisklub. Daar sal ook 'n o/11 Rondomtalie gehou word (groen bal) vir o/10 & o/11:

Datum: Donderdag 19 Oktober 2017 Tyd: 14:15 Plek: Noordheuwel Tennisklub

Stuur asseblief alle name van belangstellende leerders teen Vrydag, 13 Oktober na [email protected].

Baie geluk en sterkte met die seisoen vorentoe aan die volgende seuns wat tot die 2018 o/12 en o/13 Gauteng-Wes Proteas Hokkie-oefengroepe verkies is:

Divan Crywagen, Ernst Joubert, Schalk Greef en Marselle Nel

Page 4: Twaalf dinge om te doen - Laerskool Muldersdrif |. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common

12 Oktober 2017

4

18 Okt Swemgala Alma Mater

25 Okt Swemgala St Ursulas’

30 Okt Kdp Kampioenskappe

Mon Prim

Baie geluk aan Mia Roets (Graad 5) wat gedurende die vakansie aan twee Sentraal-Gauteng Atletiek (CGA) provinsiale byeenkomste in Germiston deelgeneem het.

Sy het ‘n eerste plek in die 150m-hekkies en ‘n 2de plek in die 70m-hekkies wedlope behaal.

***

Datums:

27 Okt Super 12 byeenkoms

L/skool Horison

Baie geluk aan Trysten Grobler (Gr. 7) wat gekies was vir die G.L.R.U Rooibokke O/13 span.

Hulle het gedurende die afgelope vakansie in Pretoria teen die Bulle, Sharks en Valke gespeel.

Welgedaan Tristen!

12 Okt 2de vs Bekker L/skool Bekker 1stes vs Curro Mullies

13 Okt o/11 vs Curro Mullies o/10 vs Curro Curro Kdp

16 Okt o/9 Dagbreek vs Mullies/ Curro o/10 Dagbreek vs Mullies/ Curro

L/skool Gerrit Martiz L/skool Dagbreek

17 Okt

o/11 Dagbreek vs Mullies/Curro o/11 Mullies / Curro Kdp vs Toekomsrus 2nd Dagbreek vs Mullies

L/skool Dagbreek Mullies L/skool Gerrit Maritz

19 Okt 1st Span Mullies vs Toekomsrus Curro Kdp 6, 8 & 10

Nov Mini-Krieket o/8 Horison Aandreeks

Baie geluk aan die volgende leerders wat genooi was om aan die ondersaande toernooie te kon deelneem:

SA Ope 2017 Provinsiaal: Adriaan Oberholzer en Reynard Venter

SA Skole: Provinsiaal: Reynard Venter, Madison Lombaard, Adriaan Oberholzer, Xander Human, Nico Swart, Shani Smith, Liam Venter en Ruben Cilliers

Welgedaan julle! Voorwaarlik ‘n puik prestasie.

Page 5: Twaalf dinge om te doen - Laerskool Muldersdrif |. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common

12 Oktober 2017

5

Begroting 2017/2018

Alle Gr. 1 tot 6 ouers word genooi om die Begrotingsvergadering op Dinsdagmiddag, 7 November 2017 om 17:30 in die skoolsaal by te woon.

Die skoolfonds vir 2018 word tydens die vergadering vasgestel, asook ander belangrike verwante sake wat dan bespreek sal word.

Neem asb. kennis dat die besluit rakende die skoolfonds bindend is op ouers teenwoordig óf afwesig, en/of hulle deelgeneem het aan die stemproses, al dan nie.

U teenwoordigheid by hierdie vergadering is baie belangrik en sal opreg waardeer word.

Nasionale voedingsweek 9-15 Oktober

Tema: “Rethink your drink – choose water” / Heroorweeg wat jy drink

– kies water!

Nasionale Voedingsweek is in die 1990s begin toe die Departement van Gesondheid deur die Assosiasie van Dieetkundiges van Suid-Afrika (ADSA) genader is. Daar is besluit om gedurende diè week belangrike voedingsverwante boodskappe vir die publiek deur te gee.

16 Oktober is Werêld Voedseldag en die dag word ook werêldwyd gevier. Die 2017 voedingsweek se tema het betrekking tot dit wat ons drink, want soveel keer kyk ons na wat ons eet, maar vergeet wat ons drink! Die tema “Heroorweeg wat jy drink – kies water” fokus op 3 boodskappe… • Drink baie skoon, veilige water. • Wees versigtig – suikerbevattednde drankies kan jou gesondheid

beinvloed! • Hoeveel suiker is daar in jou drankie? – lees die etiket.

Volgende keer skryf ek meer oor elke boodskap.

Epos my by [email protected] as jy ’n onderwerp het. Groete Antoinette van Eeden , Dieetkundige

Ouers moet asb. kennis neem dat gedurende die volgende paar weke ALLE leerders se hare deur 'n eksterne persoon deursoek gaan word vir haarluise. Die datums sal wel deurgee word.

Let asb. enige datums/plekke kan verander. Veranderings sal op die Communicator deurgegee word sodra ons dit ontvang van die verskeie

onganiseerders/skole af.

2017/10/12

2des krieket vs Bekker L/skool Bekker

Krieket o/9 vs Curro Curro Krugersdorp

Krieket 1stes vs Curro Mullies

2017/10/13

AFGESTEL: Voortrekker kommandobyeenkoms

UITGESTEL: Kleuterskool Kersboom

Krieket: o/10 vs Curro Curro Krugersdorp

Krieket: o/11 teen Curro Mullies

2017/10/16

Werêld Voedseldag

o/9 Dagbreek vs Mullies/ Curro o/10 Dagbreek vs Mullies/ Curro

L/skool Gerrit Martiz L/skool Dagbreek

2017/10/17

Kleuterskool Gradeplegtigheidsfoto’s Tennis Junior Rondomtalie - Graad 1 - 3 leerders

Noordheuwel Tennisklub

o/11 Dagbreek vs Mullies/Curro o/11 Mullies / Curro Kdp vs Toekomsrus 2nd Dagbreek vs Mullies

L/skool Dagbreek Mullies L/skool Gerrit Maritz

2017/10/18 Swemgala te Alma Mater Alma Mater

2017/10/19 Tennis o/11 Rondomtalie o/10 & o/11 leerders

Noordheuwel Tennisklub

1Ste krieket uitspeel vs Toekomsrus Curro Krugersdorp

2017/10/20 EBW finansiele geletterdheid Saam met Rolin Rall. Dis is verpligtend vir al die gr 7 leerders.

Page 6: Twaalf dinge om te doen - Laerskool Muldersdrif |. 6: Math common exam PSW Gr. 4 en Eng FAL Gr. 7 (sessie 2) Maandag 20 Nov Eng Gr. 4, 5 en SW Gr. 7 (sessie 1) Gr. 6: Eng FAL common

12 Oktober 2017

6

“Kom ons kweek ‘n samelewing wat nie net talente ten toon stel nie, maar ook onbesproke karakter”. – Onbekend

______________________________________________________________________________

LAERSKOOL MULDERSDRIF

(Krugersdorp)

ONDERWYSERSPOSTE 2018 Die volgende beheerliggaam aanstellings (KS- opvoeders) is beskikbaar vanaf 1 Januarie 2018. • 2 x poste: Wiskunde, Engels en Afrikaans- Gr. 4-7 onderrig, gevorderde

rekenaarvaardigheid, sportafrigting met fokus op krieket, rugby, hokkie, netbal en atletiek. (Afrikaans/Engels as hoofvak sal as sterk aanbeveling dien)

• 2 x poste: Grondslagfase – Gr. R-3 onderrig, gevorderde rekenaarvaardigheid, Remediërende kwalifikasie, sportafrigting met die fokus op hokkie, netbal en atletiek. Ondervinding van graad 1 sal as ‘n sterk aanbeveling dien .

• GSF assistente gr 1- , kennis van sportafrigting met die fokus op hokkie, netbal en atletiek.

• SACE registrasie is verpligtend! Rig asb. u volledige CV met gewaarmerkte kwalifikasies en 3 onlangse referente ingesluit aan:

Mev Suzette Forrester Laerskool Muldersdrif Epos: [email protected]

Die Beheerliggaam behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is op Woensdag, 18 Oktober 2017. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir onderhoude.

Laerskool Muldersdrif Posbus 6, Muldersdrift, 1747

H/v Hendrik Potgieter & N14, Diswilmar, Muldersdrift, 1747 Telefoon: 011 662 1929/1932 Faks:086 750 4437 www.mullies.net [email protected]