trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem...

5
Omsendbrief 32/15 2015 11 09 Trap versigtig wanneer jy hoop van mense weggeneem het.” ~ Oliver Wendell Holmes ~ Geagte ouers 1. SPORT 1.1 Krieket Geluk aan die volgende seuns wat tot die streekspan gekies is: o.13: Ruben Eksteen en Tristan Vermeulen o.12: Neil Barnard en Christiaan Pauer o.11: Joshua Dullisear (E Ferreira en T Breet) 2. KULTUUR 2.1 Redenaars Ons herinner u aan die redenaarstoesprake vir alle leerders vanaf graad 2 tot 7 aan die begin van volgende jaar! Temas en notas aangaande die toesprake het reeds in vorige nuusbriewe voorgekom. 2.2 Kersliedere by Kerslig ‘n Groot dankie aan elke Kruiner, ouer en familie wat Woensdag, 4 November ons Kersliedere by Kerslig bygewoon het. Dankie vir al die geskenkbokse! Ons gaan verseker ‘n verskil maak in die gemeenskap die Kersgety. Die aand was ‘n reuse sukses en ons sien uit na volgende jaar! (K Lourens) 3. EKSAMEN 2015 Gedurende die eksamen en tot die einde van die kwartaal verdaag die Grondslagfase leerders om 12:45 en Intersenfase leerders om 13:00. Personeel is wel gewone skoolure tot 13:40 beskikbaar. Wagklasse funksioneer soos altyd en naskoolleerders bly in hul registerklasse tot 13:40. (Bestuur) 2/… Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Upload: dangnhu

Post on 05-May-2018

216 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Dit

Omsendbrief 32/15

2015 11 09

“Trap versigtig wanneer jy hoop van mense

weggeneem het.” ~ Oliver Wendell Holmes ~

Geagte ouers

1. SPORT

1.1 Krieket

Geluk aan die volgende seuns wat tot die streekspan gekies is:

o.13: Ruben Eksteen en Tristan Vermeulen

o.12: Neil Barnard en Christiaan Pauer

o.11: Joshua Dullisear

(E Ferreira en T Breet)

2. KULTUUR

2.1 Redenaars

Ons herinner u aan die redenaarstoesprake vir alle leerders vanaf graad 2 tot 7 aan die

begin van volgende jaar!

Temas en notas aangaande die toesprake het reeds in vorige nuusbriewe voorgekom.

2.2 Kersliedere by Kerslig

‘n Groot dankie aan elke Kruiner, ouer en familie wat Woensdag,

4 November ons Kersliedere by Kerslig bygewoon het.

Dankie vir al die geskenkbokse! Ons gaan verseker ‘n verskil maak

in die gemeenskap die Kersgety. Die aand was ‘n reuse sukses en

ons sien uit na volgende jaar!

(K Lourens)

3. EKSAMEN 2015

Gedurende die eksamen en tot die einde van die kwartaal verdaag die

Grondslagfase leerders om 12:45 en Intersenfase leerders om 13:00.

Personeel is wel gewone skoolure tot 13:40 beskikbaar. Wagklasse

funksioneer soos altyd en naskoolleerders bly in hul registerklasse tot 13:40.

(Bestuur)

2/…

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

ONTHOU! !

2

4. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Mee Leandri Kok (Graad RR), Mariaan Deneys en Cherani van der Westhuizen(Graad R’e) sal

hierdie week aan diens wees vanaf 06:45.

(L Kapp)

5. KLEREBANK

Skakel gerus die skool op (011) 764-2506 om ’n afspraak te maak met me Elouise van Zyl vir die

aankoop van tweedehandse klere.

(Bestuur)

6. PRYSUITDELING – DESEMBER 2015

Indien daar enige buiteskoolse prestasies is, wat u onder ons aandag wil bring vir moontlike

erkenning tydens ons prysuitdeling, moet u die gegewens op die laatste op 26 November aan

me M Kotzé in die Media besorg.

(M Kotzé)

7. KRUIDENIERSWARE VIR DIE WERKERS

Dit is ‘n jaarlikse instelling dat ons probeer om tydens Kersgety vir ons werkers iets

spesiaals te gee.

Indien elke leerder net EEN produk bring, kan ons hierdie Kersgety ook

vir die werkers en hulle gesinne iets besonders maak! Dit sal

waardeer word indien u nie-bederfbare produkte by die klasonder-

wysers kan inhandig.

By voorbaat baie dankie vir u en u kinders se oop hande en harte!

(M Delport)

8. SKOOLVERLATERS

Indien daar enige kinders is wat die skool verlaat aan die einde van die jaar moet die aangeheg-

te skeurstrokie A asseblief voltooi en aan ons terugbesorg word. Onthou om u inligting op die

webblad te deregistreer sodat u nie meer sms’e of e-pos van die skool ontvang nie.

(E Laubscher)

9. ALGEMENE JAAR- EN BEGROTINGSVERGADERING

Leerders sal môre ’n belangrike skrywe vir ‘n kennisname ontvang van die Algemene Jaar- en

Begrotingsvergadering wat op 23 November 2015 gaan plaasvind. Daar moet gedurende dié

vergadering ’n kworum wees van 15% (147 ouers). Indien die kworum nie bereik word nie, sal die

vergadering op 30 November plaasvind waartydens die ouers teenwoordig, die kworum sal vorm.

10. SKOOLGELD NOVEMBER

Soos u seker daarvan bewus is, is skoolgelde vooruitbetaalbaar. U het reeds u

laaste maandstaat vir die jaar ontvang en ALLE uitstaande skoolgeld soos aange-

dui op die skoolgeldstate (“verskuldigde bedrag”) moet dus VOOR OF OP

7 NOVEMBER vereffen wees. Baie dankie dat ons op u kan staatmaak om ons

administrasie vir die jaar so spoedig moontlik te kan afhandel!

(Bestuur)

3/...

3

11. VOORLOPIGE ANA-TOETSE

Neem kennis dat die Departement van Onderwys aangedui het dat alle leerders

vanaf Graad 1 tot 7 die ANA-toetse wat vanaf September uitgestel is, vanaf 1 tot

4 Desember sal aflê.

(Bestuur)

12. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie

aktiwiteite betrokke is!

11 November 2015 - GSF Prysuitdeling

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF

-----------------------------------------------------------------------------

SKEURSTROKIE A: SKOOLVERLATERS

Ek die ondergetekende, ………….…………………………....................……..........ouer/voog van …………………………...............…………in

graad …………….bevestig dat my kind die skool verlaat aan die einde van die jaar.

HANDTEKENING: …………………………………………………………………………. -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

A& B KUNSSENTRUM Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywingsvorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin.

Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!

KITAARLESSE VIR BEGINNERS

Kitaarlesse vir beginners in die Wilropark area.

Help jou kind om sy/haar passie vir musiek te

ontdek.

Vir meer inligting, asook beskikbare tye, besoek my

webwerf by leonlouw.liveteachguitar.com of skakel

my by 071 898 9228.

Handyman Vir gratis kwotasies, betroubare en lojale diens, kontak Ignatius 082 926 3485 of Retha by snoepie 082 927 1244.

-Dr. Arina Lanser- BA Ed;B. Ed(Psig);M.Ed(Psig);D.Ed PR 8614202 REG HPCSA

IS EK AS OUER GEREED VIR DIE EISE VAN

GR.1 IN 2016?

Kursus vir huidige gr.O-ouers word aangebied by

L/S Helderkruin op Vrydagmiddag

6 November 2015. Indien u sou belangstel en

meer inligting verlang, stuur ‘n epos aan

[email protected]

DIE OORGANG VAN GR.3 NA GR.4:

WAAROOR AL DIE BOHAAI?? Kursus vir

huidige gr.3-ouers word aangebied by L/S

Helderkruin op Saterdag 7 November 2015.

Indien u sou belangstel en meer inligting verlang,

stuur ‘n epos aan [email protected]

Vir hulp met boekhouding, finansiële state, belasting (persoonlik en besigheid) en sekretariële dienste skakel.

Leandra by 083 537 2898

LIGHTHOUSE BACK TO BASICS

0842089105- Annalize E-mail: [email protected]

Vakansie Kinderkampe (7-13yr) Boek nou vir Desember vakansie!!

Drink elke dag Aloe Vera Gel!!!!!

Natuurlike detox

Anti inflammatories

Verminder die effek van allergieë

Help diegene met spysverteringstelsels wanorde

Beskikbaar in 3 geure: Gewone / Perske / Bosbessie & Appel

R275 per liter Wye reeks Aloe Vera produkte beskikbaar. *Gewigverlies *Kersgeskenke * Vitamienes

Kontak Melanie 0718849900