tema - god sê

12

Upload: ags-lofoord-upington

Post on 22-Jan-2018

30 views

Category:

Spiritual


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: Tema - God sê
Page 2: Tema - God sê

Jesaja 43: 1- 21 (83 Vertaling)

1) Luister, so sê die Here

wat jou geskep het, Jakob,

wat jou gevorm het, Israel:

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,

Ek het jou op jou naam geroep,

jy is Myne.

2) As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,

deur riviere, hulle sal jou nie wegspoelnie;

Page 3: Tema - God sê

as jy deur vuur moet gaan, sal dit jounie skroei nie,

die vlamme sal jou nie brand nie,

3) want Ek is die Here jou God,

die Heilige van Israel, jou Redder.

Ek gee Egipte as losprys vir jou,

Kus en Seba in jou plek.

4) Omdat jy vir My kosbaar is,

omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,

gee Ek mense in jou plek,

volke in ruil vir jou lewe.

Page 4: Tema - God sê

5) Moenie bang wees nie,

Ek is by jou.

Ek bring jou kinders van die ooste af,

Ek maak hulle bymekaar van die westeaf,

6) Ek sê vir die noorde: Gee!

vir die suide: Moet hulle nie terughounie!

Bring my seuns van ver af,

my dogters van die uithoeke van die aarde af,

Page 5: Tema - God sê

7) elkeen wat na my Naam genoemword,

elkeen wat Ek geskep het tot my eer,

wat Ek gevorm het, wat Ek gemaakhet.

8) Laat my volk hierheen kom,

die volk wat blind is, al het hulle oë,

wat doof is, al het hulle ore.

9) Laat al die nasies bymekaarkom.

Al die volke moet teenwoordig wees.

Page 6: Tema - God sê

Watter afgod kan hierdie dinge so aankondig?

Wie kon vooraf sê wat gebeur het?

Laat hulle hulle getuies bring

dat dié hulle saak bewys,

en dié wat luister, kan sê: Dit is waar.

10) Israel, julle is my getuies, sê die Here,

en ook my dienaar wat Ek uitverkieshet

sodat julle My kan ken en in My kanglo

Page 7: Tema - God sê

en kan besef dat Ek die Here is.

Voor My was daar geen god nie,

en na My sal daar ook nie een wees nie,

11) Ek, Ek is die Here,

buiten My is daar geen redder nie.

12) Ék het die redding aangekondig,

Ék het gered en dit laat verkondig,

Ek, nie 'n ander god onder julle nie.

Julle is my getuies, sê die Here,

en Ek is God.

Page 8: Tema - God sê

13) Ook hierná is Ek nog God.

Uit my mag kan niemand gered word nie.

Wat Ek doen, kan niemand ongedaanmaak nie.

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen

14) So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel:

Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babel

en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlug

Page 9: Tema - God sê

met dieselfde skepe waarop hullehulle vroeër beroem het.

15) Ek is die Here, julle heilige God,

die Skepper van Israel, julle Koning.

16) So sê die Here,

Hy wat 'n pad gemaak het deur die see,

'n deurgang deur die magtige waters,

17) Hy wat strydwaens en perde laatoptrek het,

'n leër op volle sterkte na syondergang toe.

Page 10: Tema - God sê

Hulle kon nie weer opstaan nie,

dit was klaar met hulle,

hulle is soos 'n lamppit uitgedoof.

18) Maar moenie net aan die vroeëredinge dink

en by die verlede stilstaan nie.

19) Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,

dit staan op die punt om te gebeur,

julle kan dit al sien kom;

Ek maak in die woestyn 'n pad,

Page 11: Tema - God sê

Ek laat in die droë wêreld riviereontspring.

20) Die wilde diere sal My vereer,

die jakkalse en die volstruise,

omdat Ek water gee in die woestyn,

riviere in die droë wêreld

om my volk, my uitverkore volk, se dors te les.

21) Dit is die volk wat Ek vir My geskephet,

en wat my lof sal verkondig.

Page 12: Tema - God sê