tandodietandmuisvanmuizenberg ......waar ook al in die land. ek het mense vertel van hierdie storie...

1
Toe Sybrandus Adema ’n kind was, het sy pa met groot stel- ligheid vertel dat die tandmuis in Muizenberg woon. En dan het hy kwansuis die tandmuis gebel, wat dan altyd vir die kinders ’n geldjie gebring het in ruil vir hul wisseltande. Sybrandus het sy pa geglo. En nooit dié storie vergeet nie. So staan hy ’n paar jaar gelede by die treinstasie in Muizenberg en wat onthou hy? Die tand- muis, natuurlik. “Ek het dit altyd in my kop gehad dat die tandmuis in Mui- zenberg woon en hy spring dan op die trein van Muizenberg na waar ook al in die land. Ek het mense vertel van hierdie storie wat my pa ons altyd vertel het,” sê hy. “Niemand het daarvan geweet nie en min mense het gedink aan die woorde ‘Muizenberg’ en ‘muis’. Toe sê hulle ek moet die storie opskryf. So, ek het ge- dink dit sal lekker wees om ’n plaaslike storie met plaaslike karakters te vertel.” Die name van die karakters in sy boek kom uit verskillende inheemse tale, waaronder Nguni en Khoi-San-Nama. Sy tand- muis se naam is Tando en hy reis van Muizenberg na die huis van kinders wat pas ’n melktand afgestaan het. In hierdie tweetalige boek kan kinders vir Tando bel en sodra die son sak, klim hy op ’n trein na waar ook al ’n melktand in ’n skoen wag. En die volgende oggend lê daar geld waar die tand was. Maar Tando se tog is nie sonder uit- dagings nie. Vanaf sy groot grot vol tande en allerhande deurmekaar dinge in Muizenberg moet hy sy nag- taak aanpak terwyl die gevaar dreig. Daar is Sosatie, die ge- vaarlikste kat op vier pote met sewe lewens, en Slangtyn, die slang wat vir Tando wil ver- slind. Maar soos die flapteks ver- klap: “Dié Superman van denta- le dinge vernietig vyande vinni- ger as wat Batman booswigte kan laat les opsê. En met meer bravade as Spiderman en ’n groter hart as die aartsbiskop, staan sy stert vir g’n avontuur verkeerd nie. Hy’s mos ’n muis met ’n massiewe missie – beveg plaak met hand en tand, wat ook al dit verg.” Gaan lees gerus self hoe dié dapper muis se nagreis met So- satie en Slangtyn op sy spoor verloop. Die boek is hoogs vermaak- lik, met illustrasies deur Liza Grobler. En terwyl die boek vermaak, bied dit ook aan ouer en kind leersame inligting oor tandewis- sel. Oulike woordspelings is aan die orde van die dag en die boek word afgerond met ’n paar feite oor tande en wenke oor hoe om jou tande gesond te hou. Oor die illustrasies sê Liza: “Ek het met my sketse probeer om ’n manier te kry om vir Tando ’n unieke karakter te gee omdat daar so baie stories is met muise in. Omdat dit ’n ak- siestorie is, wou ek ’n manier vind om dit visueel meer met aksie te belaai sodat dit ook vir ’n jonger gehoor interessant sal wees.” ; Vir meer inligting en be- stellings, besoek www.tand- muis.webs.com, www.onsreis. wordpress.com of skakel Xavier Nagel Agencies in Kaapstad by 0 021 447 1225. Gaan kyk ook by http://you- tube/FDJ3xMKInk8 hoe die boek “gebeur” het. ; Wen! Wen! Wen! As jy ’n eksemplaar van die boek wil wen, stuur jou naam, adres en telefoonnommer na Rapport Boeke Tando, Posbus 8422, Jo- hannesburg 2000. AJ Opperman doen sy internskap by Rapport. Tando die Tandmuis van Muizenberg/ Tando the Tooth Mouse of Muizenberg deur Sybran- dus Adema. Uitgewer: Xli- bris. Prys: R85 ’n Blad uit Tando die Tandmuis van Muizenberg wat onlangs by Xlibris verskyn het. | FOTO: WWW.TANDMUIS.WEBS.COM Sybrandus Adema | FOTO: ESA ALEXANDER Waar woon die tandmuis? In Muizen- berg, natuurlik, het AJ Opperman uit- gevind. Al agter die storie aan, leer AJ toe sommer in dié boek ook hoe hy sy tande moet versorg. ’n Muis op ’n missie 1 Julie 2012 | Rapport 05 Boeke

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TandodieTandmuisvanMuizenberg ......waar ook al in die land. Ek het mense vertel van hierdie storie wat my pa ons altyd vertel het,” sê hy. “Niemand het daarvan geweet nie en

Toe Sybrandus Adema ’n kindwas, het sy pa met groot stel­ligheid vertel dat die tandmuisin Muizenberg woon. En danhet hy kwansuis die tandmuisgebel, wat dan altyd vir diekinders ’n geldjie gebring het inruil vir hul wisseltande.

Sybrandus het sy pa geglo.En nooit dié storie vergeet nie.So staan hy ’n paar jaar geledeby die treinstasie in Muizenbergen wat onthou hy? Die tand­muis, natuurlik.

“Ek het dit altyd in my kopgehad dat die tandmuis in Mui­zenberg woon en hy spring danop die trein van Muizenberg nawaar ook al in die land. Ek hetmense vertel van hierdie storiewat my pa ons altyd vertelhet,” sê hy.

“Niemand het daarvan geweetnie en min mense het gedinkaan die woorde ‘Muizenberg’ en‘muis’. Toe sê hulle ek moet diestorie opskryf. So, ek het ge­dink dit sal lekker wees om ’nplaaslike storie met plaaslikekarakters te vertel.”

Die name van die karaktersin sy boek kom uit verskillendeinheemse tale, waaronder Ngunien Khoi­San­Nama. Sy tand­muis se naam is Tando en hyreis van Muizenberg na diehuis van kinders wat pas ’nmelktand afgestaan het.

In hierdie tweetalige boekkan kinders vir Tando bel ensodra die son sak, klim hy op’n trein na waar ook al ’nmelktand in ’n skoen wag. Endie volgende oggend lê daargeld waar die tand was. MaarTando se tog is nie sonder uit­dagings nie.

Vanaf sy groot grot vol tandeen allerhande deurmekaar dingein Muizenberg moet hy sy nag­taak aanpak terwyl die gevaardreig. Daar is Sosatie, die ge­vaarlikste kat op vier pote metsewe lewens, en Slangtyn, dieslang wat vir Tando wil ver­slind.

Maar soos die flapteks ver­klap: “Dié Superman van denta­le dinge vernietig vyande vinni­ger as wat Batman booswigtekan laat les opsê. En met meerbravade as Spiderman en ’ngroter hart as die aartsbiskop,staan sy stert vir g’n avontuurverkeerd nie. Hy’s mos ’n muismet ’n massiewe missie – bevegplaak met hand en tand, watook al dit verg.”

Gaan lees gerus self hoe diédapper muis se nagreis met So­satie en Slangtyn op sy spoorverloop.

Die boek is hoogs vermaak­lik, met illustrasies deur LizaGrobler.

En terwyl die boek vermaak,bied dit ook aan ouer en kindleersame inligting oor tandewis­sel. Oulike woordspelings isaan die orde van die dag en dieboek word afgerond met ’npaar feite oor tande en wenkeoor hoe om jou tande gesond tehou.

Oor die illustrasies sê Liza:“Ek het met my sketse probeerom ’n manier te kry om virTando ’n unieke karakter te geeomdat daar so baie stories ismet muise in. Omdat dit ’n ak­siestorie is, wou ek ’n maniervind om dit visueel meer metaksie te belaai sodat dit ook vir’n jonger gehoor interessant salwees.”

; Vir meer inligting en be­stellings, besoek www.tand­muis.webs.com, www.onsreis.wordpress.com of skakel XavierNagel Agencies in Kaapstad by0 021 447 1225.

Gaan kyk ook by http://you­tube/FDJ3xMKInk8 hoe dieboek “gebeur” het.

; Wen! Wen! Wen! As jy’n eksemplaar van die boek wilwen, stuur jou naam, adres entelefoonnommer na RapportBoeke Tando, Posbus 8422, Jo­hannesburg 2000.AJ Opperman doen syinternskap by Rapport.

Tando dieTandmuis vanMuizenberg/Tando theTooth Mouseof Muizenbergdeur Sybran­dus Adema.Uitgewer: Xli­bris. Prys:R85

’n Blad uit Tando die Tandmuis van Muizenberg wat onlangs by Xlibris verskyn het. | FOTO: WWW.TANDMUIS.WEBS.COM

Sybrandus Adema | FOTO: ESAALEXANDER

Waar woon die tandmuis? In Muizen­berg, natuurlik, het AJ Opperman uit­gevind. Al agter die storie aan, leer AJtoe sommer in dié boek ook hoe hy sytande moet versorg.

’n Muis op ’n missie

1 Julie 2012 | Rapport 05 Boeke