swartlandgazettest 20140701

12
Swartland LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 1 July 2014 | Tel. 022 482 3817 [email protected] bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi Die sang- en talentkompetisie wat Vrydagaand by die Snoek-en-Patatfees op die skilderagtige Goedverwacht gehou is, was ’n reusesukses met inskrywings van so ver as Kaapstad. Die organiseerders moes noodgedwonge halt roep toe inskrywings bly instroom het. Hier is sommige van die kinders wat opgetree het saam met Swartland Gazette se bemarkingsbestuurder, Marijke van Bosch (heel links) en uitgewer Ernie Roworth (heel regs). Swartland Gazette was ook die kompetisie se mediaborg. Sien bl 5 vir nog Snoek-en-Patatfees foto’s. FOTO: LIZETTE SMIT Malmesbury’s Lategan is best toastmaster MALMESBURY - Mendl Lategan recently re- ceived the award for the best motivational speaker of the year from the Cape Town Toastmasters Club. Toastmasters International is a non-profit edu- cational organisation that operates clubs world- wide for the purpose of helping members im- prove their communication, public speaking and leadership skills. Toastmasters International of- fers a program of communication and leadership projects designed to help people learn the arts of speaking, listening and thinking. Lategan will start his “Yes – I CAN” roadshow in September and October at high schools in the Cape Metropole, Boland and West Coast. The roadshow will include a two-hour inspirational and motivational show geared at matriculants. “My philosophy has always been that if some- one else can do it, so can I. That is the message that I want to bring to the youth,” Lategan said. “Of course it is not easy, but any goal you set your mind to can be achieved.” Readers interested in sponsoring a high school in the Cape Metropole, Boland or West Coast can send an email to [email protected] or invite him on Facebook and follow the development of the “Yes – I CAN” Roadshow. Mendl Lategan won the award for the best motivational speaker of the year at the Cape Town Toastmasters Club. Gru-botsing op N7 MOORREESBURG - Die polisie kon teen druk- tyd nog nie bepaal of daar vyf of ses mense in ’n motorongeluk dood is wat Saterdagaand verkeer op die N7 vir ure lank opgehou het nie. Kapt. Nico van Zyl van die Moorreesburg-po- lisie het gesê die ongeluk het omstreeks 17:30 op die N7 naby die plaas Brakfontein tussen Moorreesburg en Koringberg plaasgevind toe ’n motor en ’n vragmotor in ’n botsing betrok- ke was. Albei voertuie het ná impak aan die brand geslaan. Volgens die polisie is die be- stuurder van die vragmotor nie ernstig beseer nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Van Zyl sê die motor het ’n CK- registrasie en sover hulle kon vasstel, is drie van die insittendes van Malmesbury. Die na- me van die oorledenes kon egter gister nie be- kend gemaak word nie omdat nie al die naasbe- staandes nog nie in kennis gestel was nie. Verkeer is Saterdagaand vir ure opgehou weens ’n noodlottige ongeluk op die N7 waarin drie mense van Malmesbury gesterf het. FOTO’S: FACEBOOK TRAFFIC FINES, CAMERAS AND UPDATES IN WC

Upload: boland-gazette

Post on 31-Mar-2016

253 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Swartlandgazettest 20140701

TRANSCRIPT

Page 1: Swartlandgazettest 20140701

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 1 July 2014 | Tel. 022 482 [email protected]

bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Die sang- en talentkompetisie wat Vrydagaand by die Snoek-en-Patatfees op die skilderagtige Goedverwacht gehou is, was ’n reusesukses met inskrywingsvan so ver as Kaapstad. Die organiseerders moes noodgedwonge halt roep toe inskrywings bly instroom het. Hier is sommige van die kinders wat opgetreehet saam met Swartland Gazette se bemarkingsbestuurder, Marijke van Bosch (heel links) en uitgewer Ernie Roworth (heel regs). Swartland Gazettewas ook die kompetisie se mediaborg. Sien bl 5 vir nog Snoek-en-Patatfees foto’s. FOTO: LIZETTE SMIT

Malmesbury’sLategan is besttoastmasterMALMESBURY-MendlLateganrecentlyre-ceived the award for the best motivationalspeaker of the year from the Cape TownToastmasters Club.

ToastmastersInternationalisanon-profitedu-cational organisation that operates clubs world-wide for the purpose of helping members im-provetheircommunication,publicspeakingandleadership skills. Toastmasters International of-fersaprogramofcommunicationandleadershipprojects designed to help people learn the artsof speaking, listening and thinking.Lateganwill starthis “Yes – ICAN”roadshow

in September andOctober at high schools in theCape Metropole, Boland and West Coast. Theroadshow will include a two-hour inspirationaland motivational show geared at matriculants.“My philosophy has always been that if some-

one else can do it, so can I. That is the messagethat I want to bring to the youth,” Lategan said.

“Of course it is not easy, but any goal you setyour mind to can be achieved.”Readersinterestedinsponsoringahighschool

in theCapeMetropole,BolandorWestCoast cansend an email [email protected] or invitehim on Facebook and follow the development ofthe “Yes – I CAN” Roadshow.

Mendl Lateganwon the award for the bestmotivationalspeaker of the year at the Cape Town ToastmastersClub.

Gru­botsing op N7MOORREESBURG -Die polisie kon teen druk-tyd nog nie bepaal of daar vyf of ses mense in’n motorongeluk dood is wat SaterdagaandverkeeropdieN7virure lankopgehouhetnie.Kapt.NicovanZylvandieMoorreesburg-po-

lisie het gesê die ongeluk het omstreeks 17:30op die N7 naby die plaas Brakfontein tussenMoorreesburg en Koringberg plaasgevind toe’n motor en ’n vragmotor in ’n botsing betrok-ke was. Albei voertuie het ná impak aan diebrand geslaan. Volgens die polisie is die be-stuurder van die vragmotor nie ernstig beseernie.Die presiese oorsaak van die ongeluk word

nog ondersoek. VanZyl sê diemotor het ’n CK-registrasie en sover hulle kon vasstel, is drievan die insittendes van Malmesbury. Die na-me van die oorledenes kon egter gister nie be-kendgemaakwordnieomdatniealdienaasbe-staandes nog nie in kennis gestel was nie.

Verkeer is Saterdagaand vir ure opgehou weens ’n noodlottige ongeluk op die N7 waarin drie mensevan Malmesbury gesterf het. FOTO’S: FACEBOOK TRAFFIC FINES, CAMERAS AND UPDATES IN WC

Page 2: Swartlandgazettest 20140701

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 1 July 20142

NICOLE CLOETE

Abbotsdale: Ge-meenskapslede hetbesluit genoeg is ge-noeg en weier omlanger die handelvan dwelms en alko-hol te duld in hul ge-meenskap. Gemeen-skapslede het opSondag 28 Junie ’npetisie opgestel ensaammet die polisiegeneem na ’n ver-meende dwelmbaasin die gemeenskap.’n Vergadering

met die gemeenskapen kaptein Murrayvan die Malmesbu-ry-polisie, waar diegemeenskap hul on-tevredenheid getoonhet, het Sondagmid-dag plaasgevind.Valerie McQuire

sê die gebruik vandwelms het die ge-meenskap ’n teikengemaak vir inbrakeen diefstal.Die nuutste ten-

dense is die diefstalvan motorbatteryeen enige iets anderswat hulle in die han-de kan kry, sê sy.Die items word

dan verruil virdwelms. Die ge-meenskap het gevradiepolisiemoetasse-bliefhelpmetdiepadvorentoe.Die gemeenskap

sal weer eerskomen-de Woensdag 2 Julie’n vergadering hê indie Abbotsdale-ge-meenskapsaal om19:30.

DEPARTEMENT: ADMINISTRASIE & GEMEENSKAPSDIENSTE

Peletonoffisier (2 poste)Vereistes: • ’n Hoër Sertifikaat in Brandtegnologie (SAESI of ’n gelykstaande diensverwante kwalifikasie)• Basiese Ambulansassistent met huidige registrasie by die HPCSA (bewys word vereis) • 4 jaar toepas-like ervaring • ’n geldige Kode C-rybewys • rekenaargeletterdheid en vaardigheid in MS Word, Excel &PowerPoint • uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in Engels • die vermoë omin 2 van die 3 amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer • aandag aan uitleg • goeie organisa-toriese vaardighede • goeie aanbiedings- en projekbestuursvaardighede • goeie begrip en vertolking vanrelevante wetgewing, beleide, prosedures en regulasies • goeie besluitnemingsvermoë ten einde ernstigeimpak op lewens en eiendom te voorkom • moet verstandelik en liggaamlik fiks en gesond wees.

Nota: Kandidate sal aan ’n fiksheidstoets (medies en fisies) onderwerp word.

Pligte: Om verskeie toesighoudings-, administratiewe en tegniese take te verrig wat met nood-dienslewering verband hou; brandweerstasiewerksaamhede en -onderhoud; brand- en lewensveiligheiden opleiding, om die lewering van ’n effektiewe en doeltreffende nooddiens te verseker, ten einde dielewens en eiendom van die gemeenskap so ver moontlik te red, ingevolge die Wet op Brandweerdienste(99 van 1987).

Standplase en Verwysingsnommers: Moorreesburg (PS5a); Piketberg (PS5c)

Salaris: R177 500 – R230 413 per jaar (TASK-gradering 11)

Junior Brandbestryder (7 poste)Vereistes: • Graad 12 • IFSAC-akkreditasie NFPA 1001 Brandbestryder II Sertifikasie • ’n geldige Eerste-hulp vlak 3-sertifikaat • ’n geldige Kode B-rybewys • die vermoë om in 2 van die 3 amptelike tale van dieWes-Kaap te kommunikeer • aandag aan uitleg • moet verstandelik en liggaamlik fiks en gesond wees.

Nota: Kandidate sal aan ’n fiksheidstoets (medies en fisies) onderwerp word.

Pligte: • verrigting van ’n verskeidenheid take verwant aan die reaksie op en hantering van brandbestry-dings- en noodreddingsdienste • lewering van basiese mediese sorg • brandvoorkomings- en opleidings-aktiwiteite • bedryf en onderhoud van brandbestrydingstoerusting en -apparate • instandhouding vanbrandweerstasiefasiliteite en verwante werk, soos onder toepaslike toesig vereis ten einde die lewens eneiendom van die gemeenskap te beskerm, ooreenkomstig die Wet op Brandweerdienste (99 of 1987).

Standplase & Verwysingsnommers: Moorreesburg (PS6a); Piketberg (PS7c); Vredenburg (4 poste)(PS7f(4)); Clanwilliam (PS7d)

Salaris: R87 138 – R113 114 per jaar (TASK-gradering 6)

Datavaslegger: UOWP (EPWP)(EENJAAR- HERNUBARE KONTRAKPOS)

Vereistes: • moet tans werkloos wees • Graad 12 met ervaring van tik • ’n Kode B-rybewys • adminis-tratiewe vaardighede • rekenaarvaardigheid in die MS Office-pakket • die vermoë om in minstens 2 vandie 3 amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer.

Nota: Kandidate sal aan ’n paneelonderhoud onderwerp word.

Pligte: Datavaslegging, koördinering en hulpverlening met die Uitgebreide Openbare Werkeprogram enadministratiewe pligte, verwant aan die Omgewingsbestuurafdeling, om die effektiewe en doeltreffendeadministrasie van die UOWP- en die Werk-vir-Waterprogramme te verseker.

Standplaas & Verwysingsnommer: Moorreesburg (EPWP - DATA)

Salaris: R350 per dag

Benewens die salarisse vermeld vir die permanente poste (met uitsondering van die Data-vasleggerpos) en onderhewig aan sekere voorwaardes, bied die Distriksmunisipaliteit mede-dingende byvoordele, soos ’n behuisingsubsidie, ’n bonus, asook lidmaatskap aan ’n pensioen-/aftree- en mediese hulpfonds.

Sluitingsdatum: 18 Julie 2014 om 14:00 (geen aansoeke sal na 14:00 aanvaar word nie)

Die voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by me. P.S. Boer by022 433 8400 of op die webtuiste by www.westcoastdm.co.za/vacancies.html Voltooideaansoekvorms, vergesel van volledige CV’s en gewaarmerkte afskrifte van diplomas/sertifikate/registrasies en rybewyse, moet gerig word aan Weskus Distriksmunisipaliteit, MenslikeHulpbronne: Werwing & Keuring, Posbus 242, Moorreesburg 7310.

Let wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstellings te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoekeper faks of e-pos sal aanvaar word nie. CV’s sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwingsal kandidate diskwalifiseer.

Indien geen terugvoering binne 60 dae na die sluitingsdatum vanaf hierdie kantoor ontvang is nie, kanaanvaar word dat ’n aansoek onsuksesvol was.

www.ayandambanga.co.za118902 SWARTLANDGAZZ

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT

Weskus Distriksmunisipaliteit streef daarna om ’n dinamieseen doeltreffende diens aan die gemeenskap binne sy

jurisdiksiegebied te lewer. As ’n werkgewer met ’n beleidvan Diensbillikheid, bied ons tans hierdie poste aan individue

met die toepaslike kwalifikasies en ervaring:

McDonalds maak binnekort oopNICOLE CLOETE

MALMESBURY -McDonalds sal eerskomen-de Vrydag (4 Julie) hul deure oopmaak.

Dié wegneemete-restaurant is geleë op diehoek van Voortrekker en Bokomo waar dieFriendly Grocer destyds sake gedoen het.Ferdi Rich, die bestuurder van McDonalds,

wil graag hê die hele gemeenskap moet welkomvoel. Hy sê die hoofdoel van McDonalds is omdie perfekte plek te wees vir familietyd, ’n plekwaar ma haar koerant kan lees terwyl die kin-ders buite speel.Graham Adams, ’n konsultant verbonde aan

McDonalds,versekerdiegemeenskapdatMcDo-nalds gemik is op goeie dienslewering, die bestekwaliteit sowel as waarde vir geld. Die bestuurbeoog om positiewe verhoudings met die ge-meenskap te smee en ook hande met plaaslikeskole te vat.Swartlanderskanuitsienna ’nmaandvanspe-

siale aanbiedings wat op ’n daaglikse basis salplaasvind. Tydens die amptelike opening sal diebekende Ronald McDonald ook sy verskyning,maak tot groot vermaak van die kinders. Planneom die restaurant op ’n Saterdag en Sondag vir24 uur oop te hou, is nog nie gefinaliseer nie.

Van links: Fredi Rich, Themba Bnokoane, Edward Fetuke, Bulelani Gola, Cross Luna, Aphendulwe Mekuto,Graham Adams and Nelson Nyanhi. FOTO: NICOLE CLOETE

Graad 4­meisiesingeëntVolgens ’n persverklaring deur dieWes-Kaapse departement van gesond-heid, het sowat 88% van die Swart-land-distrik se graad vier-meisies dieeerste dosis ontvang van die entstofwat die ontwikkeling van menslikePapillomvirus-verwante (MPV-ver-want) servikskanker voorkom.Daar sal ’n tweede ronde plaasvind,

wat geskeduleer is vanaf 29 Septem-ber tot 31Oktober. Tot dusver het alte-saam 42 286 meisies die entstof ont-vang.Die nasionale department van ge-

sondheid het voorsiening gemaak virdie 13% meisies wat nie in aanmer-king gekom het met die eerste rondenie, die geleentheid sal kry in dietweede ronde. Hierdie meisies se ou-ers of versorgers sal ’n toestemmings-brief deur die skool ontvang.MPV is die viruswat servikskanker

veroorsaak. Die entstof beskerm diemeisie teenMPV-infeksie, en vermin-der die risiko vanMPV-verwante ser-vikskanker om later in haar lewe teontwikkel. Servikskanker is die kan-ker wat die tweede meeste by vrouevoorkom naas borskanker.Volgens die Wes-Kaapse minister

van gesondheid, Theuns Botha, wasdit ’n baie bevredigende uitslag, gege-we dat dit ’n nuwe entstof is en datdit die eerste keer is dat die stof deurstaatsgesondheid beskikbaar gestelis.

A’dale sêstopdwelms

Page 3: Swartlandgazettest 20140701

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 1 July 2014 3

Talle vrae oor inhegtenisneming van verdagteMALMESBURY - Die verhoorvan ’nmoordbeskuldigde verle-de week is gekenmerk deur ’npolisieman se getuienis wat on-derkruisondervragingdeurdieprokureur vir die verdediging,uitmekaar geval het.

Richard Mzola staan tereg opaanklagte van roof met verswa-rende omstandighede, die moordop Sue Flight in Oktober 2012 opDarling en 15 klagte van diefstal.LanddrosMichelleAdamshet in

die streekhof aan Mzola verduide-likdieminimumvonnis op ’n skul-digbevinding van roof met ver-swarende omstandighede kan 15jaarwees en lewenslankopdiévanmoord.Prokureur vir die verdediging,

Helena Brink, het ’n formele er-

kenning deur Mzola voorgeleeswaarin hy onder meer erken dathy op 24 Oktober saammet LucianStevens en Ashwin Abrahams dieoorledene se huis betree het metdie doel om te steel.Hy het voorts genoem dat Flight

bydiehuiswas, datMzola ’n skoot-rekenaar gesteel het en die huisverlaat het en dat Flight toe nogsteeds gelewe het.In die verklaring beweer hy dat

Stevens en Abrahams glo virFlight op haar bed vasgedruk het.Die staathet op 20Maartvanjaar

sy saak teen Mzola se mede-be-skuldigdes, Stevens enAbrahams,teruggetrek ná addisionele inlig-ting bekom is.Nellie Titus, wat Flight se huis-

houdster ten tye van haar moordwas, het getuig oor die nagmerrie-

ondervinding toe sy die Maandag-oggend op 29 Oktober haar werk-gewer se lyk ontdek het.

Ao. August Johnson Oppermanvan die Darling-polisie het getuighoe hy 14:10 op 29 Oktober 2012 ’noproep van ’n vrou by Standard-bank op Darling ontvang het watbeweer het iemand het pas FlightsegesteeldebankkaartbydieOTMgebruik en die OTM glo die kaartgesluk het.

Opperman sê hy het hom na diebank,wat skuins oor die pad is, ge-haas, toevallig virMzola gesien enhomgevraomsaamte stap.Opper-man het erken dat Mzola bekendwas aan hom.

Mzola is na bewering by diebank positief uitgeken as die manwat pas geld by die OTM probeertrek het, waarna Opperman en

Mzola na ’n kafee gestap het voorhulle polisiekantoor toe gegaanhet.Tydens die kruisondervraging

het dit aan die lig gekomdatMzolaen Opperman se verklarings he-melsbreed verskil.Opperman het gedurende sy

kruisverhoor telkemale lank stil-gebly voor hy vrae deur die verde-diging beantwoord het.Ná die hoeveelste teenstrydig-

heid inOppermansegetuienis,hethy gesê dat Flight se moordsaakdestyds prioriteit was en, “dit be-langrik was om ’n inhegtenisne-ming uit te voer.”Opperman het Mzola se verkla-

ring dat hy glo deur drie polisiele-de aangerand is en mediese hulpgeweier is, ontken.Brink het dit aan Opperman ge-

stel dat hy sonder ’n ondersoek be-sluit het dit is Mzola wat die tran-saksie by Standardbank gedoenhet en hom voor die venster by diebank maak staan het sodat dievrou binne ’n duidelike beskry-wing van Mzola kon kry.In die kafee waar Opperman

teenwoordig was toe Mzola glo si-garette gaan koop het en dit aantwee vroue tesame met sy tante sebankkaart oorhandig het, het Op-permanhomweer eens herhaalde-lik weerspreek, “ek het nie gesienofhymet iemandgepraathetnie,”,“hy het met iemand gepraat”, “ekhet nie ag geslaan op wie daar (indie kafee) was nie”, “ek het nie ge-sien dat hy vir hulle goed gee nie”,“hy het vir hulle goed gegee”.Dieverhoor is tot 5Augustusuit-

gestel.

Verklaring uitgegooiMALMESBURY - Die verklaringwat in 2011 van ’n beskuldigde in’n moordsaak geneem is, is verle-de Woensdag in die streekhofdeur landdrosMichelle Adams asontoelaatbaar bevind.Shelando Daffnee is op 30 Julie

2011 by sy werk deur die Riebeek-polisie in hegtenis geneem ná dieliggaamvandievermoordeChris-topher Darnell in Darnell se huisin Riebeek-Kasteel gekry is.Ná Daffnee se inhegtenisne-

ming is ’n verklaring oor sy soda-nige betrokkenheid by die moordglo op kontroversiëlemanier ver-kry. Die landdros het gesê dat ditnie aan die toelaatbaarheidsver-eistes vir die verkryging van ver-klarings voldoen nie.Daffnee het na sy inhegtenisne-

ming en die aanvanklike verkla-ring later onskuldig gepleit op diemoord op Darnell. Die saak is tot11 Julie uitgestel vir verdere ver-hoor en ondersoek.

WiFi­praatjie lok wye belangstellingMALMESBURY - Frekwen-sies, torings, megs, band-wydtes en seine is die woor-dewat verledeDinsdagaandtydens die Sakekamer semaandelikse vergaderingherhaaldelik gehoor is.Pieter van der Westhuy-

zen van Cornergate Techno-logies het gepraat oor dievoordele en nadele vankoordlose tegnologie (WiFi)en die verskillendemanierewat dit aangewend kanword, van die kantoor tot te-lefone wat daaraan gekop-pel kan word.Hy sê sowat 70% van die

dorpword reedsdeurkoord-lose tegnologie gedek en hetvertel hoe symaatskappy indie proses is om dataspoedte vermeerder en te verbe-ter.

Werner Schreiber (voorsitter van die Malmesbury Sakekamer), Petro Burnett en Theresa Smit (BeckerAuto), Pieter van der Westhuyzen (Cornergate Technologies), Rico Kruger (Inspirato) en Marijke vanBosch (Swartland Gazette) by die maandelikse Sakekamer-vergadering waar Becker Auto die borgevir die aand was en Van der Westhuyzen die gasspreker. FOTO: LIZETTE SMIT

GVL283

KUIER ‘NAANDSAAMMET SA SEGROOTSTEGRAPJASOPVRYDAG, 27 JUNIEOM21:00

In die Winners Action Bar, Golden Valley Casino. Kaartjies kos R100 p/pen is te koop by die Casino se Kassierre.

Navrae: 023 348 7200 of [email protected]

Met David Kau

Page 4: Swartlandgazettest 20140701

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 1 July 20144

Die Suiwelstudiegroep van die Mal-mesbury Landbouvereniging hetverlede Donderdagaand hul alge-mene jaarvergadering gehou. DylanBlake (links) het ’n interessantepraatjie gegee oor grondwater; hoedit gevormword,waar dit gekrywordenhoedit uit die grondgehaalword.Langs Blake is die voorsitter van dieSuiwelstudiegroep, Nina Slabberen Deon Engelbrecht van Nova Voe-re wat die borg was vir die aand.

FOTO: LIZETTE SMIT

Die Bloedbank het verlede Donder-dag die dorp besoek. Hulle besoekdie dorp elke maand op die laasteDonderdag van die maand by dieMalmesbury-stadsaal. NicoleneLouw is besig om bloed te skenk ter-wyl haar seun, Juandre Louw, moreleondersteuning bied.

FOTO: NICOLE CLOETE

Page 5: Swartlandgazettest 20140701

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 1 July 2014 5

Laerskool Swartland op Malmesbury het nuwe o.13-rugbytruie ontvangwat deur Nico Pieterse van Tyremart en Ernest en Charlie Thompson vanEFT/Teufelberger geborg is. Van links is Charlie Thompson, Ernest Thomp-son, Willbur Jasson (kaptein), Kallie Rautenbach (skoolhoof) en Nico Pie-terse.

Die jaarlikse Snoek-en-Patatfees wat die afgelo-pe naweek op Goedver-wacht gehou is, was ’ngroot sukses. Besoekerskon hul verlustig aan dienatuurskoon van die val-lei en smul aan diesnoek, patat en tuisge-bakte brood. JosephineCloete is hard aan diebroodbak by die TienvoetBakkery by die fees. FO-TO’S: LIZETTE SMIT

Wat is ’n Snoek-en-Patafees sonder diemanne wat die patatuit die aarde haal?Plaaslike groente-boere, Jason Preto-rius, Dan Khoi, Jo-seph Rasta, Benja-min Stone en JessieCongo beman hulgroente- en vrugte-stalletjie.

Gihan Booys, Edgar Erasmus, Kherwin Eras-mus, Justin Booys en Deno Antonie vanGoedverwacht het hul fees ondersteun.

Moira van der Westhuizen en haar seun Dries, vanPiketberg, moes eenvoudig van die vars gebakte broodkoop om huis toe te neem.

Snoekwas voortdurend in aanvraagtydens die fees en die snoekbraai-ers moes behoorlik bontstaan. Yo-lande Cornelius doen haar deelvoor die rooster. New Beginners wys watter danspassies in hul steek.

Sue-AnnMarkus het ’n gedig voor-gedra.

Die nimlike Pru-dence Dieterichvan Goedver-wacht het aan-hou sing, selfsnádie klankstel-sel tydens haaroptrede proble-me gegee het.

Page 6: Swartlandgazettest 20140701

Swartland Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 1 July 20146

Skuldig totonskuldig bewys?Die hofsake van Richard Mzola en ShelandoDaffnee duur voort en albei mans staan teregop ernstige klagte waarop hulle onskuldig ge-pleit het.Albei mans het vorige veroordelings en al-bei mans se skuld moet nog bewys word.Wat egter ’n groot bron tot kommer is, isdie manier waarop hulle in hegtenis geneemis, skynbaar sonder deeglike vooraf ondersoe-ke.Sou hulle in die hof onskuldig bevind word,beteken dit dat hulle onderskeidelik vanaf2012 en 2011 onskuldig in aanhouding is en dieeintlike moordenaars steeds op vrye voet isen waarskynlik daagliks tussen ons beweeg.Ditwil voorkom in Suid-Afrika asof iemandskuldig is tot jou onskuld bewys word, veralas daar vorige veroordelings is.Die vraag is; wat as dit met ons gebeur enons,verwysendna inwonerswatdie landswet-te gehoorsaamenonsverkeersboetesklokslagbetaal, skynbaar sonder deeglike ondersoekin aanhouding beland omdat dit belangrik isom ’n inhegtenisneming te doen en ons dalkop die verkeerde tyd op ’n verkeerde plek is?Is dit belangrik om iemand in hegtenis teneem of is dit belangriker om die regte mensin hegtenis te neem?Skuld is nie vir ondersoekbeamptes om oorte besluit nie, maar vir die voorsittende be-amptes in ons howe.Dit wil voorkom asof polisie-ondersoekedikwelsverby iswanneer ’nverdagte inhegte-nis geneem word. Dis nie goed genoeg nie.

DIE GROTER PYN (3)DIE GROTER PYN (3)Pastoor Piet SmitDis baie pynliker om die verkeerde weg tevolg as om Jesus te volg:

, Daar is geen skuldgevoel nie, want Jesushet al jou sonde op Hom geneem (Jes. 53:6).

, Die gelowige vrees nie die dood of die we-derkoms nie, want hy weet sy saak is reg metGod.

, Jy geniet die hoogste mate van geluk watdaarophierdieaardebeleefkanword. (Ps. 37:4)

,Mat. 11:30 – “My juk is sag en my las islig.”

, Jy geniet die keur-seëninge van Sy bewa-ring oor jou lewe. Ps. 34:8 – “Die Engel van dieHERE trek ’n laer rondom die wat Hom vrees,en red hulle uit.”

, Dit spreek van verantwoordelikheid enversiendheid, want jy beplan vir jou verderetoekoms en aftrede in die hemelwoning by dieHemelkoning!In die Nuwe Jerusalem, die stad van prag enpraal, isdiestratevangoud.Metsypêrelpoorteen kristalhelder water wat uit die troon vloei.Waar geen nag sal wees nie, want Jesus is dielig en die lamp.

Stephanie Fourie het hierdie lieflike sonsondergang op kamera vasgevang. Die foto is met haar CanonEOS 400D in die Swartland geneem. FOTO: STEPHANIE FOURIE

JR sê dankieJR sê dankieJohan Robertson van JR Motors wil hiermeesy getroue kliënte hartlik bedank vir hul on-dersteuning van die afgelope 23 jaar.R Becker Auto is die nuwe eienaar van dieperseel waar JR Motors voorheen was en istans besig met konstruksie van ’n modernewerkswinkelwat inAugustus operasioneel salwees.Ek skryf die sukses vanmyonderneming toeaan die beginsel om jou besigheid te bou opvriendelikheid, behulpsaamheid en eerlik-heid.Ekwil ’nbesondersedankuitspreek teen-oormyvrou Sylvia enmymawatmy so getroubygestaan het.Ek vra dat my kliënte dieselfde ondersteu-ning aan die nuwe eienaar sal gee.

JR MOTORSMalmesbury

Sewevoudige seën vir die sopnat engeleSewevoudige seën vir die sopnat engeleAlleen, in gietende reën, op pad van Stellen-bosch via die Paarl na Moorreesburg op Dins-dag 18 Junie, hetmy blou karretjie in die Paarlse lang hoofstraat protesteer.In die hoofstraat, wat dié aand meer soos ’nrivier gelyk het, het my karretjie by ’n ver-keerslig gaan staan, maar weer aan die ganggekom.By die vierrigting-stop in die rigting Mal-mesbury, weier die motor egter om verder te“swem.”Al uitweg was om in die besige verkeer tewag,metwaarskuwingsligteaanenstromewa-ter van bo.Nogal ’n rare ervaring!Aanmylinkerkant stop ’npolisievoertuigen’n bakkie met ’n CK-registrasienommer aanmy regterkant. Twee mans spring uit die bak-kie en vra of hulle kan help.Ek vra of hulle dalk uit die hemel kom endie antwoord is, “Nee, mevrou, ons kom van

Rola motors.”Hulle stoot my blou karretjie oor die stop-straat endie eenman sê ekmoet oorskuif sodathy kan inklim.Sommer baie gou het my blou karretjie syasem terug en bedank ek die twee natste manswat ek al ooit gesien het.Metverwonderingsienekdathullemyagter-hoede dek, tot baie na aanMalmesbury. ByRo-la Motors vind ek uit die twee nat engele metbrille, is oom Pietie en Roderick.Vir geen geld terwêreld sou ek dié ondervin-dingwoumisnieensienekkansvirdievolgen-de staan langs die pad.Mag julle twee manne sewevoudig geseënword omdat julle ’n wonderwerk laat waarword het en mag dit die maatstaf wees op onsmooi land se paaie.Baie dankie oom Pietie, baie dankie Rode-rick en baie dankie Here.

LIZETH DIPPENAARMalmesbury

KONTAK ONS

AdvertensiesAdvertensies

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: carol.dejager@media24E: [email protected]

Carol de Jager

Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titelswat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid

van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliksin Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg,

Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes enYzerfontein versprei.

Lizette SmitTT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: lizetE: [email protected]@media24.com

Geklassifiseerd en adminGeklassifiseerd en admin

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: natalie@swartlandgazE: [email protected]

Natalie Tenn

RedaksieRedaksie

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: charlotte.lesch@mediaE: [email protected]

Charlotte Lesch

Clive Thomas het hierdie pragtige foto naby Yzerfontein met sy Nokia C3 geneem. FOTO: CLIVE THOMAS

Verbly harte en ondersteundie RoomysbakprojekMALMESBURY - Roomys maak kinderharte(én baie grootmensharte) bly, en inwoners kannou dieselfde bak waarin die hartverblydenderoomys gekoop is, gebruik om kinders nógvreugde te verskaf.Die Elkana-kindersorgsentrum en die

SwartlandGazette het hande gevat om ’n kleinverskil in die lewe van ’n kind temaak en skopvandag (1 Julie) die Gazette/Elkana Roomys-bak-projek af wat tot einde September duur.Dishoeditwerk:Vul ’n leë twee-literroomys-bak met óf skoolbenodigdhede óf kledingstuk-ke óf kos óf toiletware en handig dit by dieGa-zette se kantoor in Voortrekkerstraat in. Diebakke sal by Elkana afgelewer word waar diebestuur die inhoud volgens haar diskresie virdie kinders sal uitdeel.Die bak met skoolbenodigdhede kan enige

iets insluit wat in die klaskamer gebruik kanwordsoospotlode,penne,uitveërsenkryte.Be-langrik: gom moet in stafie-vorm, soos Pritt,wees.Die bak met kledingstukke kan onderklerevir meisies of seuns, handskoene, sokkies enmusse insluit.Die bak met kos kan enige droë produkte ennie-bederfbare produkte insluit soos blikkieskos, pasta, rys en grondboontjiebotter.Die bakmet toiletware kan ondermeer seep,sjampoe, oorstokkies, lyfroom en ’n waslap in-sluit.Letwel:geenproduktesoosaanspuit-deo-dorant nie.Hou die Gazette dop vir gereelde nuus oordié projek.Navrae by die Gazette se kantoor by022 482 3817 of [email protected].

’n Twee-liter roomysbak gevul met nie-bederfbare kos-produkte.

Wat doen Elkana?Die Elkana-kindersorgsentrum in Wesbank opMalmesbury is ’n geregistreerdeplekvanveilig-heid en kan sowat 24 kinders tussen 8 en 18 jaarakkommodeer.Kindersword in die sorg vandiesentrumgeplaasnáingrypingdeur ’nmaatskap-like werker. Personeel by die sentrum verskafdie nodige liefde, aandag, ondersteuning en lei-ding wat getraumatiseerde kinders nodig het.Elkana verskaf ook ’n naskoolse diens waarongeveer 100 kinders daagliks ná skool ’n maal-tyd kry en onder toesig huiswerk doen en speel.Straatkinders word ook na die sentrum ge-neemwaar hulle ’n maaltyd kan kry en lewens-vaardigheidsprogramme kan volg. Elkana kanvir sowat 50 straatkinders voorsiening maak.Elkana is ’n niewinsgewende organisasie enmaak staat op skenkings van privaat en rege-ringsinstansies.Diehoofborgeis tansdieNelsonMandela-kinderfonds,diedepartementvirsosia-leontwikkelingen’norganisasievanNederland.Geld is ook al van die Lotto ontvang.

Page 7: Swartlandgazettest 20140701

Swartland GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 1 Julie 2014 7

Page 8: Swartlandgazettest 20140701

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 1 July 20148

Goedverwachthou JeugweekDie Goedverwacht Jeugweek sal vanaf7 tot 11Julieplaasvind.Dieprogramvirdemonstrasies en vertonings vir dieweek sal soos volg wees:7 Julie: HIV/ STI / TB & SAP Piket-

berg8 Julie: Korrektiewe Dienste (Porter-

ville) & SAPD Piketberg9 Julie: Loopbaandag deur onder

meer CPUT, UWC, Northlink Kollege,Dermatech, PrestigeAcademy,UNISA,Universiteit Stellenbosch, asook uit-stallings deur maatskappye soos PPCSement en SASOL.10 Julie: Sportdag en SAP Piketberg11 Julie: Saldanha VlootBel vir Gerhard of Shawné Esau by

081 270 0155 of 081 362 3065 vir inligting.

Die MoorreesburgGimnastiekklub hetdie naweek van 21Junie hul jaarlikse gim-nastiek-kompetisiegehou waarin dieMoorreesburg-gim-naste baie goed gevaarhet. Hulle het teenklubs vanMalmesbury,Darling, die Wasabi-klub, LangebaanStars,Brooklands-klub endie Mod-sentrum gim-nastiekklub meege-ding. Agter is Moor-reesburg-gimnaste:Adrianne Crow, SandriSteyn en Charlie-LeaSpencer. Voor is MenéBothma, Marné vanSchalkwyk en AlisonHorn.

Page 9: Swartlandgazettest 20140701

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 1 July 2014 9

29 Julie) St. Francis De Los Sale Katolieke Kerk sal’n potjiekosverkope hê by die kerk se gronde.Die verrigtinge sal 12:00 begin. Die potjiekos-verkope is deel van die kerk se 150 verjaars-dag. Kontak Pastoor Kizito by 072 832 1013.

5 Julie) ’n Country-aand word vir die gemeenskapgehou vanaf 17:00 in die Wesbank Gemeen-skapsaal; R100 sluit ’n driegang maaltyd in.KontakElsieby073 064 4713virenigenavrae.

19 July) Moorreesburg Fun Run for Quad Bikes /2Wheeler (Off-Road) / Side-by-sides. Kiddiestrack also available. For more info: Hanette022 433 2712 or 082 326 7134 or e-mail [email protected] briefing: 09:30 – 09:50Start of outride: 10:00Start: Coffee and snacks available for owncost.Halfway stop: Refreshments at halfwaypoint(included in price) and refuelling, whichwillbe at the start as well.Remember to mark your fuel container.Cost: R150 and R70 for kiddiesNo helmet, no ride.

18 Julie) Darling se I’ve got talent oudisies is vanaf26 Junie tot 2 Julie. Registrasie is verniet, jymoetnet joueiemusiekbring.Dietalentkom-petisie sal op Mandela-dag gehou word.Belangstellendes kan Waseema kontak by022 492 2857 of Omnia by 082 658 467.

19 Julie) MoorreesburgGholfklub hou ’n geldsinsa-meling-gholfdag. Die kostes beloop R250 perpersoon en R1 000 per span. Die dag sal om12:00 begin.Vir meer inligting kontak Yolanda by022 433 1845 of e-pos [email protected]

Jongmense van Darling, wat vier verskillendejeuggroepe verteenwoordig, het onlangs ’n kamp bydie Swartwaterplaas gehad. Die doel van diejeugkamp was om eenheid onder die jongmensete bevorder. Die jeugkamp was ’n groot sukses endaar word beplan om by ’n volgende geleentheidook ander jeuggroepe te betrek. Hier geniet die jong-mense ’n maaltyd saam.

Lize Brand van Piketberg het ’n foto van haar “won-derlike, hardwerkende” ma ingestuur. Hier ry haarma op ’n trekker tydens ploegtyd. Die foto is met’n Huawei selfoon geneem. FOTO: LIZE BRAND

Page 10: Swartlandgazettest 20140701

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

DAMON NICKLAAS -Op 6/07/2014 is dit jou2de verjaarsdag weg vanons.Ons is nog baie hart-seer, maar ons berus bydie Here se besluit. Vanjou vrou en die kinders.

Mckrieling Henry (King)3/10/1952 - 7/03/2013Sag heen gegaan in diegeseënde ouderdom van 61jaar oud. Hy sal onthouword in liefdevolle herin-neringe deur sy vrou, 2kinders, 4 kleinkinders.

Warren Berling en sus-sie Dorencia. Jou eersteverjaarsdag 24/6/14 enDorencia 28 Junie weg vanons. Met mooi herinne-ringe leef jul voort in onsharte. Ons mis jullenogsteeds baie. Sal altydonthou word deur julouers, vrou, kinders & Fam

GELUKWENSINGS

1030

Raai wie word 1 op 1 Julie2014? Baie geluk. Mam-mie,Ouma en Davids gesin.

Raai wie word 1 op4/7/2014? Baie geluk metjou verjaarsdag. Mag Godjou nog baie jare spaar.Geniet jou dag. Baie liefdeMammie,Daddy & Boeta.

PERSOONLIKEDIENSTE

KINDERVERMAAK

1405

ASPATAT PARTYTJIES:Springkastele, watergly-bane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak:084 607 5658.

BOETIE EN SUSSIESPRINGKASTELE -Waterglybane en verskei-denheid springkastele tehuur. Skakel Nelia073 6102 810.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

BRAAI-KAGGELHOUTPortjackson hout, 1 000stukke @ R600. Gratisaflewering. 072 800 9963.

HYMAX 32i Telefoon-stelsel - Skakelbord entelefone te koop. Kommaak 'n aanbod. Skakel082 413 8535.

Pak van 50 ou Koerante@ R25 en Ongedruktekoerantpapier rolle @ R30per rol te koop bySwartland Gazette kantoorof skakel Natalie by022 482 3817.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

SKOONMAAK-DIENSTE

1805

MATTE & GestoffeerdeMeubels. Deeglik skoon-maak & Ontsmetting vanmatte en bekleedsel.Droog ± 30min. SkakelPaula 073 393 2373 /022 487 1615.

TUIN &BESPROEIING

1825

ROLL-ON LAWNGratis Aflewering!Gratis Kwotasie!SNY van bome en stryke.Gratis Verwydering!BOUROMMEL, tuinvullisverwydering! Skakel072 800 9963.

HUISVERBETERINGSBINNE

1835

BLINDINGS/BLINDS.JUST BLINDS - Vir kwali-teit en diens! Vervaardig &herstelwerk van blindings.Vir gratis kwotasies skakelTokkie Bredenhand083 265 5161.

CEGE SMIT BLINDSTrading as JS BLINDS -Vervaardigers van allesoorte blindings,asookenige herstelwerk &veranderings. Derick &Nelia 082 788 7210 /022 487 2394.

CK BLINDS - Verskaffersvan blindings, sonkappiesen Pergolas. Doen herstel-werk. Elsabé 022 487 3948072 126 2394.

ALLERLEI

1845

AR WELDING WORKSDie maak van diewering,veiligheids hekke, elektro-niese inrit hekke & Shade-ports ensv. Skakel 076 1047068 / 083 7344 262.

MOTORHUISDEURE &VEILIGHEIDS-HEKKEInstalleer en herstel alletipes deure, asook "automation". SkakelDerick by 082 804 4550/(022) 487 2394.

Vir u alles in eendienste van: Beredderingvan boedels; Eise be-serings / skade / motor-ongelukke; huisoordragte.Skakel: 083 438 9735 /076 695 4006.

LOODGIETERS

1855

HANS DIE LOOD-GIETER!!! Ek doen alles.Werk self. Gratis kwota-sies. Skakel 074 192 9804.

VERVOER &BERGING

1870

Daaglikse Vervoertussen Malmesbury enKaapstad. Verkieslik werksmense (Staff). Skakel074 379 1569(Maarman).

LANDBOU

IMPLEMENTE/MASJINERIE

2205

Verskuifbare Beeskrale:Kopklamp, laaibank, druk-gang, skaappanele, perde-panele en bakkietralies.Skakel 083 487 6338.

ANDER DIERE

2220

HASIMO BOARDINGCATTERY - ExclusiveHoliday accomodation forcats. Quality care and per-sonal attention. Individualruns. To book, phoneDaléne @ 072 525 0725.

VOERTUIE

VOERTUIE TE KOOPONDER R50 000

3065

Volkswagen Golf, Chico1.3, 1999 model, R26 000.Skakel 083 4646 960.

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

AANDAG Alle KlienteVOERTUIE dringendgesoek. Ek koop enigegebruikte voertuie vir kon-tant. Skakel 083 464 6960.Doen Bank flosse.

DADELIKE KONTANTvir u bakkie of motor.Skakel,sms of whatsappna 0825613291. (nielopende bakkies & motorswelkom).

EIENDOMME

EIENDOMME GESOEKOM TE HUUR

3305

Getroude professionelepaartjie soek huis te huurin Malmesbury omgewing.Min. 2 slaapkamers metomheinde erf vir vriende-like skaaphond. So goumoontlik. Kontak MartelleMostert by 082 566 4561.

MoorreesburgLeeu-Gamka Jaaroud1. Frans Jooste 11:43:262. Yt & Tuis 11:44:343. Yt & Tuis 11:44:394. Frans Jooste 11:45:535. HMO Smit en Seun 11:58:446. Frans Jooste 11:58:557. Frans Jooste 11:59:238. Steenekamp Lofts 12:14:119. Frans Jooste 12:15:3510. Yt & Tuis 12:15:23Leeu-Gamka Ope1. Steenekamp Lofts 12:11:522. K. Huister en Seun 12:11:583. K. Huister en Seun 12:12:434. Steenekamp Lofts 12:14:345. Boeties Loft 12:36:286. Frans Jooste 12:18:537. Yt & Tuis 12:19:538. HMO Sit en Seun 12:22:229. Frans Jooste 12:23:4510. Frans Jooste 12:25:53

Duiwe­uitslae

Abbotsdale1. Cupido Siebritz2. Cupido Siebritz3. W&W Arendse4. W&W Arendse5. Conner Abrahams6. Conner Abrahams7. W&W Arendse8. Conner Abrahams

PiketbergLaingsburg Jaaroud 21. Gert van der Vyver2. Leon van Rooyen3. Leon van Rooyen4. Lankwag Hokke5. Lankwag Hokke6. Leon van Rooyen7. Lankwag Hokke8. Lankwag Hokke E9. Gert van der Vyver10. Gert van der VyverLaingsburg Ope-uitslae 21. Leon van Rooyen2. Lankwag Hokke3. Starbar4. Leon van Rooyen5 Gert vander Vyver6. Leon van Rooyen7. Leon van Rooyen8. Starbar9. Lankwag Hokke10. Leon van Rooyen

MalmesburyLeeu Gamka Jaaroud-uitslag1. M. Hill 1371.95182. C. Basson 1360.40593. C. Basson 1357.45394. F. Meintjes & seuns 1357.25885. WC Bester 1357.07716. F. Meintjes & seuns 1357.06227. F. Meintjes & seuns 1356.86568. WC Bester 1356.78449. WC Bester 1356.491710. F.Meintjes& seuns 1355.8836Leeu Gamka Ope uitslag1. J. Steenkamp 1458.98302. F. Meintjes & seuns 1448.77823. G. Horn 1447.96174. G. Horn 1447.62585. G. Horn 1447.17836. F. Meintjes & seuns 1444.42227. E. Kotze 1442.18278. F. Meintjes & seuns 1440.64599. J. Steenkamp 1435.068910. J. Steenkamp 1434.6294

Hier geniet die kinders die springkasteel wat deur Hen-fre Brand van Bloues-rugbyklub vir die dag geborgis. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Die inwoners van die De Grendelplaas buite Malmes-bury, saam met die plaaslike rugbyklub, White Spirits,het Saterdag ’n heerlike familiedag gehou.’Voorligtingen bewusmaking het deel gevorm van die familiedag.Juanita April van dieMIV en VIGS, STI en TBDirektoraatpraat bomet jongmans vanDeGrendel oor die voorde-le van besnydenis. Later is gratis MIV-toetse uitgevoeren kon mans afsprake maak om besny te word.

Kerkdienste

AGS Corpus ChristiMalmesbury se Son-dagoggenddiens op 6Julie sal om 09:30 be-gin.Prediker isRoderick

Onverwacht, geenaanddiens tydens va-kansie. Navrae:073 447 2902.

)Methodist Churchof SA - St. Thomas StrMalmesbury9:15SundayWorship

Service - All are welco-me8:30 Sunday school

(except during schoolholidays)Mid week activities19:00 Tuesday Pray-

er meeting at theChurch in St ThomasStr.19:00 Wednesday Bi-

bleStudy -Wesbank tel022 486 6087.19:30 Wednesday Bi-

ble Study - Malmesbu-ry tel 082 890 5433.For enquiries: Rev

John Beck 022 482 3623)AGS Riebeek-Wes

se biduur Woensdag-aand 2 Julie om 19:30.Die nagmaaldiens

Sondag6Julieom10:00se tema: “Die Here dek’ntafel indiewoestyn.”

Page 11: Swartlandgazettest 20140701

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 1 Julie 2014 11

Page 12: Swartlandgazettest 20140701

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 1 Julie 2014 | Tel. 022 482 3817 SPORT

Salmom Mounton van Mounton Transport(regs) het Dorings-rugbyklub van Malmesburyse nuwe truisakke en balle geborg. KlasiePieters, die voorsitter van die Dorings-rugby-klub, het die toerusting namens die klub ont-vang.

White Spiritsklop kompetisieWhite Spirits het Saterdag 21Junie teen Red Cornersgespeel. White Spirits het diewedstryd gewen met ’n eind-telling van 11-9.Puntemakers van die dag

was JeromeFortuin, TashwillHanekom en BrowynPietersen.

Skryf nou in vir die PPCRiebeeck Bergmarathon!Die prentjiemooi Riebeek-Vallei is vir die29ste agtereenvolgende jaar die gasheer virdie PPC Sement Riebeeck Bergmarathon wat26 Julie sal plaasvind.

Hierdie gewilde marathon het ’n belangrike ge-beurtenis op baie atlete se kalender geword.Dit lok plaaslike sowel as atlete van oorsee en

is ’n Comrades- en Twee Oseane-marathon kwali-fiserende wedloop.Die organiseerders nooi ernstige atlete om in

die 42.2 km deel te neem terwyl drawwers en stap-pers die 21.1 km-afdeling kan aanpak.

Vir beginners is daar die 10 km-wedloop en die5 km-pretloop waaraan die hele familie kan deel-neem. Besoekers aan die Vallei wat nie atlete is

nie, sal die geleentheid kry om die besige stadsle-we vir ’n naweek van rus, stilte en natuurskoonte verruil.Diewedrenword deurChampionship geborg en

deurdieBoland-atletiekkluberkenasdiebesgeor-ganiseerde geleentheid.“PPCmoedig ’n gesonde leefstyl aan wat geson-

de kos en gereelde oefening insluit. Ons is daartoeverbind om by die gemeenskap waarin ons werk,betrokke te wees. Ons vennootskap met die Rie-beeckBergmarathon isgetuiehiervan.Hoeweldit’n ernstige marathon is, is dit ook ’n geleentheidvir die familie om tyd in die natuur deur te bring,”aldus Bernard Venter, die algemene bestuurderby PPC Riebeek.Besoek https://www.facebook.com/PPC.Ce-

ment vir meer inligting.

Die PPC Bergmarathon lok jaarliks jonk en oud en atletevan oral, soos ook oud-Springbok Morné du Plessis.

Dorings is tops

Dorings-rugbyklub van Mal-mesburyhetSaterdag21Junie,tot bo-aan die punteleer gevor-der deur Koringberg by die Al-fastraat-sportgronde op Wes-bank, met ’n telling van 20-12te klop.Die tweede span het ook hul

wedstrydgewenmet ’neindtel-ling van 15-3.Albeispanneistansboopdie

punteleer van die Boland-rug-byunie. Puntemakers: drieë –Damon Dickson (2), EvanSeptember (1) en WinstonPedro (1).

Riders gee pak

Windriders van Moorrees-burg het Saterdag 28 Junie opsy tuisveld die Castle United-span van Riebeek-Kasteellelik in die stof laat byt.Riders hetmet ’nmiddelma-

tige vertoning die besoekersmet ’n allemintige telling van71-3 laat les opsê. Dit wil voor-komofdieskeidsregterbesluithet om die besoekers van hulpte wees toe hy die wedstrydvroeër afgeblaas het.Riders het 11 drieë gedruk,

sy onoorwonne status behouen is nou so te sê verseker vansy plek in die top agtkompetisie.

Rugbyuitslae

Plaaslike jaer wen op eie bodemPATRICK VERMAAK

NUWEDAM -HoewelAshleyHaigh-Smith vanMalmesburyenDamianvanAsdieCPMCCTo-yota Malmesbury Automark-tydren in hulAHS Racing S5 WPMC Ford Fiesta gewen het,was dié oorwinning beslis nie sonder enigehaakplekkies nie.Eers het hulle op die hoof remsilinder ’n lek

ontdek waarna een of twee loopysters (calli-pers) moeilikheid gegee het. Ná dit herstel is,het diekragstuurdie geesgegee enhetdie spannet-net betyds vir die wedren opgedaag.Dit alles voor die tydren begin het!Ten spyte van perfekte, sonnige weer, was

die toestande op die plaaspaaie in dieMalmes-bury-streekniemakliknie.Die swaarreënwatdie Swartland die afgelope winter tot dusvergekry het, het groot plasse water op waterver-sadigde grondpaaie veroorsaak.Herman Aucamp van Malmesbury Toyota

het onontbeerlike ondersteuning tot die wed-ren en by die beginpunt bygedra.

Vogelgesang het, anders as vorige jare, van-jaar geen uitkykpunt vir toeskouers gebiednie. ’n Rivier wat opMiddelpos oor die pad ge-loop het, het groot uitdagings vir jaers veroor-saakmetWolfgat teendié tyd ’n tradisie enNu-wedam as die integrale deel van die wedren.

Ashley Haigh-Smith en Damian van As in hul spesialewedren Ford Fiesta ploeg deur ’n plas water. FOTO:PATRICK VERMAAK