snippets no 200

7
1 November 2012 GENL MALAN EN DANIE THERON SE PAAIE KRUIS (Deel 3) Deur Ronel Theart Die dag toe genl Malan lid geword het van Danie Theron se Verkennerskorps lê hom baie na aan die hart. Dit was veral Danie se patriotisme wat vir hom uitgestaan het. Die insident met die redakteur van die Star, Mr Moneypenny, het bewondering afgedwing. Nadat lasterlike berigte van die Boere in sy blad verskyn het, het hy die volgende dag in die redakteur se kantoor ingestap en gesê: Hold up your hands; I am going to hit you!”, waarop hy die daad by die woord gevoeg het. Theron se verkennerskorps het in Natal diens gedoen met die uitbreek van die oorlog. Dit was eers nadat Ladysmith ontset is, dat genl Malan hom by Kroonstad ontmoet het. Die Verkennerskorps het ‘n “agterhoede” vir die hoofmag van genl. Louis Botha gevorm. So is die kolonne van die Engelse in baie skermutselinge, met die Boere betrokke wat hulle dus baie vetraag het. Op ‘n nabygeleë plaas was ‘n moeder met ‘n piepklein baba. Theron besluit om nie naby die plaashuis te beweeg nie, uit vrees dat die vyand die moeder en die baba sou leed aandoen. Onbewus daarvan dat die Boere hul stellings van die vorige dag verlaat het, loods die Engelse ‘n hewige aanval. Hulle besef later hulle flater en dat hulle slegs hul ammunisie vermors het. Wreed ontnugter dat hulle uitoorlê is, bestorm hulle die plaashuis met die moeder en die baba. Die soldate het moeder en kind beveel om die huis te verlaat en daarna die huis aan die brand gesteek. Hierdie voorval het Theron verskriklik ontstel. Hy het juis die huis vermy uit vrees dat hy daarvan beskuldig sou word dat hulle die huis as skuilplek gebruik het en ook uit die huis op die Engelse gevuur het. ‘n Beswaarskrif is deur genl. Louis Botha en kmdt. Abraham Malan na lord Roberts gestuur. Roberts se antwoord was net dat daar vanuit die huis op sy troepe gevuur is. Talle gevegte sou volg by Heilbron, Lindley en Bethlehem. Genl De Wet laat die Vrystaatse kommando’s by Fouriesburg saamtrek. Hier sou ‘n re-organisasie plaasvind, want ‘n sterk mag moes gevorm word om pres. Steyn na Machadodorp te vergesel vir onderhandelinge met pres. Kruger. Die Verkennerskorps sou ook deel vorm van hierdie mag. Genl. Malan bevind hom dus nou oppad na Machadodorp. Genl. De Wet en president Steyn, vergesel van tweeduisend burgers, moes nou vinnig beweeg om die gebied te verlaat. Die duisende Engelse wat hom agtervolg het, was vasberade om hulle vas te keer. Hulle sou die boeremag oorrompel wanneer hulle Fouriesburg binnekom. Die Boere was bietjie vinniger en toe die Engelse hulle nog verlustig in hul “puik” plan, was De Wet-hulle al skoonveld. (Bron: Pieterse, HJC, Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan ) Links: Wielrijders Rapportgangers Corps - Danie Theron in loograaf(Foto Beroemde SA Krygsmanne deur Scholtz, ) Regs bo: Pres MT Steyn in gesprek met kapt Danie Theron in middel 1900. ( Foto Vrystaat Argief) Regs: Danie Theron verkenners besig om te eet Kakie helmet as trofee op stok.( Foto:Nasionale Argief)

Upload: bloem-snippets

Post on 09-Mar-2016

267 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Bloemfonteiners E-Nuusblad 1 Nov 2012

TRANSCRIPT

Page 1: Snippets no 200

1 November 2012

GENL MALAN EN DANIE THERON SE PAAIE KRUIS (Deel 3)

Deur Ronel Theart

Die dag toe genl Malan lid geword het van Danie Theron se Verkennerskorps lê hom baie na aan die hart. Dit was veral Danie se patriotisme wat vir hom uitgestaan het. Die insident met die redakteur van die Star, Mr Moneypenny, het bewondering afgedwing. Nadat lasterlike berigte van die Boere in sy blad verskyn het, het hy die volgende dag in die redakteur se kantoor ingestap en gesê: “Hold up your hands; I am going to hit you!”, waarop hy die daad by die woord gevoeg het.

Theron se verkennerskorps het in Natal diens gedoen met die uitbreek van die oorlog. Dit was eers nadat Ladysmith ontset is, dat genl Malan hom by Kroonstad ontmoet het. Die Verkennerskorps het ‘n “agterhoede” vir die hoofmag van genl. Louis Botha gevorm. So is die kolonne van die Engelse in baie skermutselinge, met die Boere betrokke wat hulle dus baie vetraag het. Op ‘n nabygeleë plaas was ‘n moeder met ‘n piepklein baba. Theron besluit om nie naby die plaashuis te beweeg nie, uit vrees dat die vyand die moeder en die baba sou leed aandoen. Onbewus daarvan dat die Boere hul stellings van die vorige dag verlaat het, loods die Engelse ‘n hewige aanval. Hulle besef later hulle flater en dat hulle slegs hul ammunisie vermors het. Wreed ontnugter dat hulle uitoorlê is, bestorm hulle die plaashuis met die moeder en die baba. Die soldate het moeder en kind beveel om die huis te verlaat en daarna die huis aan die brand gesteek. Hierdie voorval het Theron verskriklik ontstel. Hy het juis die huis vermy uit vrees dat hy daarvan beskuldig sou word dat hulle die huis as skuilplek gebruik het en ook uit die huis op die Engelse gevuur het. ‘n Beswaarskrif is deur genl. Louis Botha en kmdt. Abraham Malan na lord Roberts gestuur. Roberts se antwoord was net dat daar vanuit die huis op sy troepe gevuur is.

Talle gevegte sou volg by Heilbron, Lindley en Bethlehem. Genl De Wet laat die Vrystaatse kommando’s by Fouriesburg saamtrek. Hier sou ‘n re-organisasie plaasvind, want ‘n sterk mag moes gevorm word om pres. Steyn na Machadodorp te vergesel vir onderhandelinge met pres. Kruger. Die Verkennerskorps sou ook deel vorm van hierdie mag. Genl. Malan bevind hom dus nou oppad na Machadodorp. Genl. De Wet en president Steyn, vergesel van tweeduisend burgers, moes nou vinnig beweeg om die gebied te verlaat. Die duisende Engelse wat hom agtervolg het, was vasberade om hulle vas te keer. Hulle sou die boeremag oorrompel wanneer hulle Fouriesburg binnekom. Die Boere was bietjie vinniger en toe die Engelse hulle nog verlustig in hul “puik” plan, was De Wet-hulle al skoonveld. (Bron: Pieterse, HJC, Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan )

Links: Wielrijders Rapportgangers Corps - Danie Theron – in loograaf(Foto Beroemde SA Krygsmanne deur Scholtz, )

Regs bo: Pres MT Steyn in gesprek met kapt Danie Theron in middel 1900. ( Foto Vrystaat Argief) Regs: Danie Theron verkenners besig om te eet Kakie helmet as trofee op stok.( Foto:Nasionale

Argief)

Page 2: Snippets no 200

Spesiale verjaarsdag-wense, van u, vriende, kollegas en families.

MMMiiimmmooosssaaa MMMaaallllll

Streetdance 2

Taken 2

Piranha

Wolwedans in Skemer

Cloud Atlas

The Champaign

Stilte

Ted

For Ster Kinekor movie times follow this link: http://www.moviesite.co.za/where/Mimosa_Mall.htm

Stuur aan Bloem Snippets u vriende en familie se verjaarsdae. [email protected]

Magic of Belle Isle

Hit and run

Prenium Rush

Hotel Transylvania

Teaters rystoelvriendelik

Dinsdae en Woensdae kaartjies R20

10:00; 12:15; 14:30; 17:15; 20:00

2 tot 8 Nov

2 Nov Tersia Welthagen 3 Nov Mariëtte le Roux

7 Nov Wanda Vermeulen 8 Nov Amanda Steyn

Upcoming Events @

PLEASE BOOK IN ADVANCE- Limited space available!

Tuesday 13 Nov 18h30 - Backsberg Wine Tasting – Price to be confirmed

Saturday 24 Nov 09h00 - Fashion Show and Breakfast by Carrasco Models - R60 pp

Sunday 16 December 12h00 - Bacchus Nel & Friends - R65 pp

Sunday Lunch 4 November Weereens ‘n driegangmaal tussen R95 en R110 per persoon

Starter: Shrimp Salad with Marie Sauce R15

Hoofgereg: 250g Beef Fillet with Amarula & Pepper Sauce R 85

1kg Eisbein R 85

500g Eisbein R 65

Beef Stroganoff R 65

All dishes with rice, potato dish with cheese and garlic,

creamed spinach and salad

Dessert:

Tiramisu R15 ONCE AGAIN AN EXTRAORDINARY THREE COURSE MEAL

BETWEEN R95 AND R115

Terme en voorwaardes geld– terwyl voorraad hou. Foto’s is slegs ‘n voorstelling. Besprekings Noodsaaklik Skakel Rudi by 083 432 9927

Page 3: Snippets no 200

Afrikaans op sy Beste

SEEROWERS EN VLAE

Die flaters in boeke oor die seerowers van weleer kan kwalik vandag reggestel word – dit is soos die laaste woode van beroemde mense: hulle is nie hier om te sê of die inligting feit of flater is nie.

Wat wel ‘n feit is, is dat die gewoonte om vlae halfstok te laat hang as ‘n belangrike persoon dood is, in die verre verlede op see ontstaan het. Die oorsprong, volgens die meeste bronne , is die seeoorloë van weleer. Wanneer een skip deur ‘n ander oorwin is, moes die verslane skip sy vlag laat sak as teken van onderhorigheid aan die oorwinnaar. In Afrikaans het dit oorgebly in die uitdrukking om die vlag voor iemand te stryk. Die vlag van die wenner is dan bo die vlag van die verloorder gehys. Daar was dus twee vlae aan die mas.

Vandag is die simbool dan dat die onsigbare vlag van die Dood bo die een waper wat halfstok hang – omdat die dood geseëvier het. Wanneer eer aan iemand betoon moes word, is die vlag eers laat sak en dan weer gehys. Ons sien dit ook as ‘n regiment ‘n saluutpunt verbymarsjeer: die vaandel word laat sak.

Ook die romantiese boeke oor die groot seerowers soos Swartbaard is ongelukkig grootliks versinsel – maar die legendesleef voort.

31 Okt - Jam Blik – oop mikrofoon – aansoeke word ingewag vir onbekende en bekende

mense wat wil kom optree op die verhoog

2 Nov – Black Dog Rock Tribute to Led Zepplin, Bad Company, Uriah Heap and other

Rock Greats R55

3 Nov - Chris Chameleon R95 Izami R120 by die deur

9 Nove – Zinkplaat R45 Izami R55 by die deur

10 Nov – Sarah Theron

22 Nov – Riaan van Rensburg en CH2 Skins and Strings

23 Nov – Southern Gypsy Queen en Black Cat Bones R45 studente R55 Izami R65 by

deur

24 Nov - Cat Stevens Tribute deur Henk Botes R50 Izami R75 by die deur

28 Nov – Magrets Daughter R35 Izami R45 by die deur

30 Nov – Beatles Tribute R60 Izami R70 by die deur

8 Des – Niel Diamond Tribute R35 Izami R45 by die deur

12 Des – Jan Blohme Nuwe CD vrystelling R95 Izami R110 by die deur

13 Des – Shadow Club R40 Izami R50 by die deur

14 Des – Juba

18 Des – Pieter Smith R75 Izami R85 by die deur

19 Des – DJ Ossewa R95 Izami R110 by die deur

20 Des – Dewald Wasserfall R55 Izami R65 by die deur

31 Des – Oujaars “Party” met Top Deck en Bahlzak (prys sal aangekondig word)

Page 4: Snippets no 200

Freshford Huismuseum nooi u vriendelik uit na die boekbekendstelling van PURPER, KANEEL, KOMYN EN SAMARAG

Die kleurvolle lewe van Hannetjie de Clerq geskryf deur Riana Scheepers

Donderdag 8 November 2012 18:00 Freshford Huismuseum Kellenerstraat 31 Bloemfontein

UITSTALLING VAN KUNSWERKE VAN HANNETJIE DE CLERQE 8 & 9 November 2012 10:00 tot 16:00

RSVP voor Vrydag 3 November by 051 447960/[email protected]

“Die Jim Reeves opvoering die 28ste September was `n reuse sukses en Attie Williams van Tuscan Rose bied op 2 November `n Elvis aand aan. Skakel vir Schallie by 082 8030873 vir bespreking van een van die beste optredes hierdie jaar.”

Page 5: Snippets no 200

KAARTJIES BY

10 Nov : Tango’s presents Bloem Idols te Violetsaal Skougronde R50 p.p. Kontant kroeg beskikbaar

16 Nov : Bobby van Jaarsveld met Passi bekendstelling van nuwe CD

te Doxa Deo R120. Studente en pensioenarisse R80

17 Nov : Manie Jackson bekendstelling van nuwe CD te Banquetsaal, Skougronde R60 p.p.

24 Nov : Juanita du Plessis & Theuns Jordaan. Hart van Drome te Grey Kollege R100 p.p. Kinders onder 4 is gratis.

Bring eie stoel – eet of drinkgoed stalletjies beskikvaar

Page 6: Snippets no 200

DIEREGELUIDE ! WAT HOOR EK IN DIE AAND????

‘N OF ‘N OF DALK ‘N OF MISKIEN ‘N

Watter geluide hoor ek as ek in die skemeraand langs `n dam water sit? Is dit `n padda of `n vis of dalk `n kriek? Die Botaniese Vereniging van die Vrystaat nooi ons kinders uit na `n avontuuraand in die Botaniese Tuin. Kom sit langs die Perdedam en luister met gespitste ore na die geluide wat ons in die aandskemering hoor. Dr Hennie Butler, `n kenner van diere, gaan vir ons kinders leer wat die verskil is tussen die verskillende geluide wat ons om ons hoor. WAAR ? Draai links uit Dan Pienaarrylaan in Raytonweg en hierdie straat lei jou na die Perdedam in die Tuin. WANNEER ? Vrydagaand 09 November om 18:00 OUERS IS OOK BAIE WELKOM ! VERVERSINGS NA DIE TYD. Skakel 0833952240 vir meer inligting.

Boekbekendstelling

Op Donderdagmiddag 8 November 2012,

17:00 vir 17:30,

stel Nico Moolman sy jongste boek

by NALN bekend:

Uit Ouma se uitsetkis – resepte,

kultuur en verlange. Namens Nico, en saam met hom, nooi ons u graag uit na hierdie geleentheid, waar hy sal vertel oor die ontstaan, inhoud en samestelling van hierdie koffietafelboek gevul met ryke kultuurinhoude. Maak asseblief u aangehegte uitnodiging oop. (Bring dit gerus ook onder ander belangstellendes se aandag.) Laat wee tons net vir hoeveel gaste ons voorsiening moet maak.)

Aan talle dinge in die boek, selfs aan die drukgeskiedenis, is daar betowerende staaltjies verweef. Die man wat elkeen van hulle ken, ’n verteller by uitnemendheid, sal aan die woord wees. Kom kuier saam met hom en sy vrou, Naomi. Kom ontmoet hulle by NALN – die tuiste van die Afrikaaanse skrywer en boek.

U kan net kom luister, kyk en geniet. Maar u sal ook ’n eksemplaar van die boek kan koop en dit deur die skrywer laat teken. Die prys is R320.00. (Die boek sal daarna by al die groot boekwinkels, asook by Senwes-takke, NALN en die Oorlogsmuseum gekoop kan word.)

Ligte verversings sal tydens die skemeruur te geniete wees. Vir navrae skakel NALN: Otto Liebenberg 051 – 405 4013 [email protected] Nita Olivier 051 – 405 5407 [email protected] Malani Viljoen 051 – 405 4034 [email protected]

THE ARTHRITIS FOUNDATION

OF SOUTH AFRICA Registered Nonprofit Organisation - No. 002-847 Registered Public Benefit Organisation – No. 930011128 National Helpline: 0861 30 30 30

21-November-2012 Komplimentêre Terapie: Verskuilde gevare van self-medikasie en hidroterapie

Dr Nyda Fourie (Farmakoloog) Marike (Fisioterapeut)

CJC Nel Lesingsaal Universitas Hospitaal Tyd: 17:50 tot 20:00

Verversings beskikbaar. Enige donasies sal opreg waardeer word.

Navrae/besprekings: Corrie Bruwer @ 082 921 4234 of SMS

21-November-2012 Complimentary Therapy: Hidden dangers of self-medication and Hydrotherapy

Dr Nyda Fourie (Pharmacologist) Marike (Physiotherapist)

CJC Nel Lecture hall Universitas Hospital Time: 17:50 to 20:00

Refreshments will be provided and any donations will greatly be appreciated.

Inquiries/bookings: Corrie Bruwer @ 082 921 4234 or SMS

Page 7: Snippets no 200

Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur „n epos aan [email protected] – stop brief

Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected].

Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.

10 NOVEMBER 2012 Aasvoëlklub

19H30 R100 p/p of R110 by die deuere

Vir meer inligting kontak: Cezanne Yzelle by 071 672 3004 of [email protected]

SOMERTON VILLAGE MARK

Woens 28 Nov - Vry 30 Nov 2012

De Wet & Louise van Wyck bied weereens die gewilde Somerton Village Mark aan op Somerton Lavender Estate.

Kom geniet ‘n dag by die mark. Begin met ‘n heerlike ontbyt by The Upper Crust, wandel rond met ‘n koppie vars boerekoffie of vars versapte groentesap. Geniet die geurige aromas van varsgebakte brood en moenie die allerheerlikste gebak en melktert misloop nie!

Geniet die wye verskeidenheid kuns en skeppings, interessanter okke en mooi hand gemaakte juwele, dekor items en die allermooiste kersgeskenke. Die mark ondersteun plaaslike vervaardige goedere en poog om meer en meer organies en omgewingsbewus te wees. Moenie die kunsuitstallings in die versteekte tuine by die lapa misloop nie. Kunswerke van verskeie plaaslike uitstallers word hier uitgestal.

Kom ontspan onder die bome en geniet die rustigheid van Somerton Lavender Estate. Toegangs geld is R10 per persoon en kinders onder 6 is gratis. Kontakbesonderhede: Stalletjies: / Epos: [email protected] / Elize 076 792 9999 /Lettie 083 279 3463 The Upper Crust Restaurant (Ontbyt / Platter: Anime 071 612 9271 http://somertonvillage.blogspot.com/ Louise 082 444 6130

Besigheidsure: Woensdag 28 Nov: 12h00 – 20h00 Donderdag 29 Nov: 08h00 – 21h00 Vrydag 30 Nov: 08h00 – 12h00