skoolfoto’s 2014€¦ · laaste item toe die meisies met pragtige aandrokke en die seuns met...

6
PAARL-SKOOL BRACKENFELL Omsendbrief 10/2014 Beste ouers/voogde 30 September 2014 Nog 3 maande dan lê 2014 op sy rug. Intussen het ons ‘n baie besige kwartaal agter die blad. Elders gaan u lees oor ons sportprestasies, Loslitdag en ook een van die hoogtepunte in my lewe: Mnr en Mej Paarl-skool Ambassadeur. Wie kon hierdie aand vergeet? Vir al die rolspelers van alles wat oral gebeur het: “Welgedaan en doen so voort!” (A job well done!) Tog moet ons ook nie van ons akademie en ander skoolaktiwiteite vergeet nie. Die derde kwartaal is tans op alle akademiese skoolkalenders die tyd van die Jaarlikse Nasionale Assessering of ook genoem “Antie Anna”. Belangrik vir u as ouer om te weet dat die JNA ‘n sistemiese assessering is, dat dit eenmalig is en dat leerders nie daarvoor hoef te leer nie. In hoofsaak is dit ‘n instrument wat die Onderwysdepartement gebruik om die stand van akademie in skole te bepaal. Dié moet glad nie verwar word met die skool se interne assessering nie. Hier het ons met die hele spektrum vakke, deurlopende skoolgebaseerde assessering te doen wat ‘n spesifieke beeld van ‘n individuele leerder gee. Ons wag nou vir die JNA uitslae. Dankie aan alle ouers en personeel wat hiermee betrokke was. Ek is opnuut bewus watter moeite ons ouers doen om by aktiwiteite van Paarl-skool uit te kom en te ondersteun. Julle is absoluut fantasties! Baie dankie! Geniet die paar dae vakansie en waar moontlik ondersteun asseblief ons Porterville 4x4 (11 Oktober) – Nog ‘n hoogtepunt. Ons het die afgelope kwartaal aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod (TIE) sowel as die Paarl Vallei Eisteddfod (PVE) deelgeneem. Daar was 17 leerders en 1 groep wat aan die TIE deelgeneem het aan sang, gedigte en spreekkoor. Hier het ons 2 hoogste lof, 11 lof en 7 eervolle vermelding toekennings ontvang. Vyf en veertig kunsprente is ingestuur na die PVE. Ons het 7 goud cum laude, 13 goud+, 20 goud en 5 silwer+ gekry. Twee van ons leerders was ook aangewys as die algehele wenners in hul onderskeie grade. Kuhle Nofemele 94% gr 8 en Sheldon Rossouw 91% gr 9. Ons is baie trots op elke leerder. Dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning en tyd. SKOOLFOTO’S 2014 Paarl-skool se skoolfoto’s word DV op 15 en 16 Oktober 2014 geneem. Die bestel van skoolfoto’s is opsioneel, maar maak asb. nou reeds finansieel hiervoor voorsiening indien u graag u kind se foto’s wil koop, aangesien net die leerders wat reeds betaal het, afgeneem sal word. U het alreeds ‘n koevert ontvang met die bestelling se prosedures. U finansiële voorsiening vir fotogeld kan as volg bereken word: Voorskoolse fase leerders (Individuele foto-pakket – met ekstra foto’s): R70 per leerder per pakket Grondslag-, Praktiese, Intermediêre en Seniorfase leerders (Individuele foto-pakket – gewone pakket): R60 per leerder per pakket Onthou: Klas- en groepfoto’s word eers volgende kwartaal bestel en betaal. SKOOLKLERE Soos u reeds weet is ons in die proses om ons nuwe skoolklere in te faseer. Daar is egter nog skoolklere van School and Leisure beskikbaar by die klerebank, naamlik reënbaadjies, groottes 22 - 26 teen 'n baie spesiale prys van R135.00 en langmou T- hemde, alle groottes teen R120.00 elk.

Upload: others

Post on 23-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • PAARL-SKOOL BRACKENFELL

    Omsendbrief 10/2014

    Beste ouers/voogde 30 September 2014

    Nog 3 maande dan lê 2014 op sy rug. Intussen het ons ‘n baie besige kwartaal agter die blad. Elders gaan u lees oor ons sportprestasies, Loslitdag en ook een van die hoogtepunte in my lewe: Mnr en Mej Paarl-skool Ambassadeur. Wie kon hierdie aand vergeet? Vir al die rolspelers van alles wat oral gebeur het: “Welgedaan en doen so voort!” (A job well done!) Tog moet ons ook nie van ons akademie en ander skoolaktiwiteite vergeet nie. Die derde kwartaal is tans op alle akademiese skoolkalenders die tyd van die Jaarlikse

    Nasionale Assessering of ook genoem “Antie Anna”. Belangrik vir u as ouer om te weet dat die JNA ‘n sistemiese assessering is, dat dit eenmalig is en dat leerders nie daarvoor hoef te leer nie. In hoofsaak is dit ‘n instrument wat die Onderwysdepartement gebruik om die stand van akademie in skole te bepaal. Dié moet glad nie verwar word met die skool se interne assessering nie. Hier het ons met die hele spektrum vakke, deurlopende skoolgebaseerde assessering te doen wat ‘n spesifieke beeld van ‘n individuele leerder gee. Ons wag nou vir die JNA uitslae. Dankie aan alle ouers en personeel wat hiermee betrokke was. Ek is opnuut bewus watter moeite ons ouers doen om by aktiwiteite van Paarl-skool uit te kom en te ondersteun. Julle is absoluut fantasties! Baie dankie! Geniet die paar dae vakansie en waar moontlik ondersteun asseblief ons Porterville 4x4 (11 Oktober) – Nog ‘n hoogtepunt.

    Ons het die afgelope kwartaal aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod (TIE) sowel as die Paarl Vallei Eisteddfod (PVE) deelgeneem. Daar was 17 leerders en 1 groep wat aan die TIE deelgeneem het aan sang, gedigte en spreekkoor. Hier het ons 2 hoogste lof, 11 lof en 7 eervolle vermelding toekennings ontvang. Vyf en veertig kunsprente is ingestuur na die PVE. Ons het 7 goud cum laude, 13 goud+, 20 goud en 5 silwer+ gekry. Twee van ons leerders was ook aangewys as die algehele wenners in hul onderskeie grade. Kuhle Nofemele 94% gr 8 en Sheldon Rossouw 91% gr 9. Ons is baie trots op elke leerder. Dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning en tyd.

    SKOOLFOTO’S 2014

    Paarl-skool se skoolfoto’s word DV op 15 en 16 Oktober

    2014 geneem. Die bestel van skoolfoto’s is opsioneel, maar

    maak asb. nou reeds finansieel hiervoor voorsiening indien u

    graag u kind se foto’s wil koop, aangesien net die leerders

    wat reeds betaal het, afgeneem sal word. U het alreeds ‘n

    koevert ontvang met die bestelling se prosedures. U

    finansiële voorsiening vir fotogeld kan as volg bereken word:

    Voorskoolse fase leerders (Individuele foto-pakket – met

    ekstra foto’s): R70 per leerder per pakket

    Grondslag-, Praktiese, Intermediêre en Seniorfase leerders

    (Individuele foto-pakket – gewone pakket): R60 per

    leerder per pakket

    Onthou: Klas- en groepfoto’s word eers volgende

    kwartaal bestel en betaal.

    SKOOLKLERE Soos u reeds weet is ons in die proses om ons nuwe skoolklere in te faseer.

    Daar is egter nog skoolklere van School

    and Leisure beskikbaar by die klerebank,

    naamlik reënbaadjies, groottes 22 - 26 teen 'n baie spesiale prys van R135.00 en

    langmou T-hemde, alle groottes teen R120.00 elk.

  • Die 4de September 2014 het Paarl-skool sy eerste Mnr. & Mej. Paarl-skool Ambassadeur aangebied. Dit was ‘n aand van vele vermaak met Pedro Kruger as die aanbieder. Die finaliste het die aand begin deur hulleself aan die gehoor bekend te stel in hulle skoolklere en die skoollied met trots gesing. Daarna het die finaliste gespog met hulle kreatiewe rommel-uitrustings. Die finaliste het die afgelope drie maande in pare aan ‘n gemeenskapsprojek gewerk. Dit was een van die hoogtepunte van die aand om net weer eens te besef dat Paarl-skool nie hierdie keer aan die ontvangkant was nie, maar dat dit vir Paarl-skool belangrik is om ook terug te ploeg in die gemeenskap. Die finaliste het die gehoor betower tydens die laaste item toe die meisies met pragtige aandrokke en die seuns met netjiese pakke die verhoog betree het. Die seuns en meisies het verseker gelyk soos die beskrywing van die toneel: “Night at the Oscars”. Die TOP 5 meisies: Chané Saayman, Sumarie Jordaan, Sikho Mngomeni, Zoë Lategan en Celeste Cupido en TOP 5 seuns: Louis Jacobs, Matthew Brooks, Nathan Marks, Dylan Dettmer en Kuhle Nofemele het die gehoor en beoordelaars se harte gesteel met hulle opregte en goedhartige antwoorde op ‘n wenvraag. Die kroning was die groot oomblik van die aand toe Celeste & Kuhle as 2de prinses & prins gekroon is, Chané & Matthew as 1ste prinses & prins en die wenners van hierdie spoggeleentheid, Mnr. & Mej. Paarl-skool Ambassadeur 2014: Nathan Marks & Sumarie Jordaan. Paarl-skool wens dié twee Ambassadeurs geluk en ons is seker dat hulle hulself goed in hul taak sal kwyt.

    Die finaliste het ook in die volgende kategorieë pryse gewen: Mnr. & Mej. Fotogenies: Zoë Lategan & Matthew Brooks Mnr. & Mej. Persoonlikheid Sunra Mostert en Nathan Marks Mnr. & Mej. Lekker-lag Shonna Tavares & Adriaan Janse van Rensburg Mnr. & Mej. Vriendelikheid Sikho Mngomeni & Henco Hanekom Mr & Miss Enthusiasm Chané Saayman & Louis Jacobs Mr & Miss Creativity Celeste Cupido & Dylan Dettmer Mr & Miss Charity Mia van der Merwe & Blade Patrick Mr & Miss Inspiration Sumarie Jordaan & Kuhle Nofemele

    Paarl-skool wil die betrokke opvoeders onder leiding van Hein van der Merwe bedank vir die groot aandeel wat hulle tot die sukses van hierdie aand gehad het: Lehandri de Necker, Shane Hodges, Andriette de la Port, Shelly Wolhuter, Jo Coetzee, Sonika Pienaar, Corné Swart, Aleska Slater, Helena Rademan, Esmé Tucker en Ronel van Dijk. Paarl-skool bedank graag die borge asook almal wat bygedra het tot die aand. By Paarl-skool moedig ons leerders aan om te leef, te gee en hoër te streef.

    One of the judges, Simone de Kock said the following: “Tonight’s event was about true inner beauty shining so brightly. When I looked up at the contestants I didn’t see any disabilities, only beautiful spirits, loving hearts, helpful hands and giving souls. Thank you for allowing me to be part of this event, hope to work alongside this school in the future”.

  • Leerders het vir die eerste keer op Donderdag,

    11 September 2014, ‘n wedstryd teen Astra-

    skool gespeel. Die wedstryd was by Astra op

    hul binnenshuise baan. Vir baie van ons

    leerders was dit hul eerste ervaring op ‘n

    basketbalbaan en die kompetisie was taai.

    Reinardt Olivier het vir Paarl-skool punte

    aangeteken. Die wedstryd het geëindig met ‘n

    telling van 3-14 in Astra se guns. Dankie aan

    die span wat Paarl-skool se naam hoog gehou

    het. Ons is baie trots op Elverno Rossouw,

    Sumarie Jordaan en Reinardt Olivier wat na

    baie harde werk en uithouvermoë die o/19 WP

    rolstoelbasketbal-span gehaal het.

    Mia van der Merwe is in Mei 2014 gekies om die Weskaap te verteenwoordig by die 2014 Nasionale Special Olympic Games wat gedurende die Julie vakansie in Pietermaritzburg plaasgevind het. Mia was in die swemspan en het in twee items deelgeneem. Sy het die volgende behaal: 50m Vryslag – Goud in die kategorie van 16 jaar+ en verbeter haar persoonlike beste tyd met 7.2 sekondes. 25m Vlinderslag – Silwer in die kategorie 16 jaar+ en verbeter haar persoonlike beste tyd met 2.7 sekondes. Sy is intussen gekies vir die Weskaap Swemspan wat in Desember 2014 in Pretoria by die 2014 SA Skole Sport Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.

    Paarl-skool was goed verteenwoordig by die jaarlikse WP Interskole en –klub Atletiek Proewe wat op 20 September 2014 by die Coetzenburg Stadion in Stellenbosch plaasgevind het. Al die atlete het hulle bes gedoen en goeie resultate opgelewer. Nou wag ons net om te hoor of hulle genooi gaan word om aan die WP Proewe vir die SA Kampioenskappe in 2015 deel te neem. Dit vind plaas op 18 Oktober 2014 by die Coetzenburg Stadion.

    Gedurende die derde kwartaal was daar ‘n hele paar eerstes op sportgebied vir Paarl-skool. Ons het vir die eerste keer deel gevorm van die O/14 en O/16 sokkerliga en ons sokkerspanne was vir die eerste keer saam met die netbalspan op ‘n toer na Riversdal. Verskeie sokker- en netbalwedstryde is gespeel en ons leerders het baie goed presteer.

    Ons opregte dank aan al die ondersteuners en afrigters. Ons sien opgewonde uit na die vierde kwartaal waar ons leerders aan krieket, toutrek, atletiek, swem en fietsry gaan deelneem.

  • EMOSIONELE VERSORGING Die forensiese kenner Pieter van Hansen en

    Erica Crous van die SA polisiediens het die

    leerders en ouers kom toespreek oor die

    gebruik en gevare van sosiale media. Dit was

    deel van die ouerondersteuningsprojek.

    “Pedro the Music Man” het die leerders

    vermaak met sy musiekinstrumente en

    stories.

    Wouter Swart het 'n praatjie met ons senior

    leerders gehad oor seksualiteit.

    As jy oud genoeg is om te droom, is jy oud genoeg om ‘n entrepreneur te wees.

    Die Seniorfase het in die derde kwartaal

    “Die Entrepreneur” in Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe behandel. Ons bied hulle graag die geleentheid om die kennis wat hulle ingewin het toe te pas.

    Die onderskeie grade sal op die volgende datums hul beurt gegun word. 17 Oktober 2014 – Graad 9 24 Oktober 2014 – Graad 8 31 Oktober 2014 – Graad 7

    Ons stel u in kennis dat die snoepie daardie betrokke dae gesluit sal wees. Leerders word aangemoedig om so gou moontlik by me. Slater hul handelslisensies

    teen R15 aan te koop.

    Op 12 September 2014 het Paarl-skool ‘n pretdag vir

    alle fietsryers by die Coetzenburg Stadion in

    Stellenbosch aangebied. Alta du Toit Skool het ook

    by ons aangesluit. Daar was 12 wedrenne waaraan

    leerders op fietse en driewiele deelgeneem het. Die

    doel van die dag was om te oefen, deel te neem en

    pret te hê en was nie ‘n formele kompetisie nie. Ons

    was geseën met ‘n pragtige sonskyndag en almal

    het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers en

    personeel vir julle hulp op die dag. Ons hoop om in

    die toekoms nog sulke geleenthede aan te bied.

    Vanaf 6 Oktober 2014 gebruik die

    Aqua Sharks Academy (ASA) ons

    swembad. Stephen Jones, ‘n

    professionele swemafrigter, is bereid

    om leerders wat belangstel te help

    met afrigting tussen 14:00 en 15:00

    op Dinsdae en Donderdae.

    Vir enige verdere navrae kontak

    hom op 072 0206735.

    AQUA SH RKS ACADEMY BELLVILLE/BRACKENFELL/DURBANVILLE

    Durbanville Baptiste Kerk bied op 18 Oktober 2014 vanaf 9:00-

    12:00 ‘n sportdag vir kinders met spesiale behoeftes tussen die

    ouderdomme van 4-14 jaar aan. Die fokus is op basiese bal- en

    sportvaardighede en dit beloof om baie pret te wees. Kinders word

    in groepe verdeel en daar is ook fasiliteerders wat individuele

    kinders sal help. Sluitingsdatum vir registrasie is 2 Oktober 2014.

    Koste: R50/gesin (sluit ligte verversings, koeldrank, tee en koffie

    in)

    Kontak Mary Klinkradt (ouer) by 0749346279 vir verdere inligting.

  • Paarl-skool groete

    S. Kruger

    HOOF

    'n Baie opgewonde groep van 9 netbaldogters en 25 sokkerseuns het op 1 September na Riversdal vertrek. Groot was die opgewondenheid - veral vir al die padkos. Ons is op Riversdal gasvry onthaal deur die personeel van Laerskool Volschenk. Die spanne was vroeg Saterdagoggend gereed vir AKSIE. 'n Ernstige saak! Daar was baie toeskouers; vir veral die sokkerwedstryde - iets onbekends op Riversdal. Al drie spanne het baie goed gespeel en tellings was soos volg: Netbal: verloor 5-3. Sokker: Juniors wen 1-0. Dylan Dettmer het 'n doel

    aangeteken. Die Seniors wen 4-0. Jarred Hendricks het een doel en

    Nathan Marks het drie doele aangeteken. Baie geluk aan al die leerders vir julle uitstekende sportmangees en baie goeie gedrag. Ons is trots op julle. Die toer is afgesluit met middagete by Bird's Paradise. Wat 'n avontuur om so tussen die apies en voëls te kuier.