skole.co.za€¦ · web viewhandreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet...
TRANSCRIPT
INLEIDING:Die Covid-19-pandemie het ‘n invloed op elke aspek van ons samelewing en noodsaak ons om
nuut te dink oor aspekte wat ons nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het. Die nuwe normaal is
onbekend en ons waag voorspellings oor hoe ons gaan optree en funksioneer, aangesien
voorbeelde van soortgelyke situasies nie bestaan nie.
Weens die aard van die Korona virus en COVID-19, is die verwagting dat dit tot 18 maande kan
neem om ‘n entstof en geneesmiddel daarvoor te vind en die verwagting is dat die bedreiging vir
die gesondheid van mense nog lank sal duur.
Weens die voortgesette bedreiging van virusinfeksies, sal maatreëls soos die doen van risiko
analises vir biologiese agente, handhawing van hoë higiëniese standaarde, fisiese afstand en die
vermindering van mense by die werkplek, die nuwe “normaal” by skole en ander werkplekke wees.
Die dokument: Solidaritiet Maatreëls vir die gesonde en veilige terugkeer na skole tydens en na die Covid-19 inperking, word aanbeveel om te gebruik vir Beroepsgesondheid- en veiligheid.
In die vroeëkinderontwikkelingsfase is ons reeds besig om te planne beraam om kinders so veilig
moontlik terug skool toe te laat gaan wanneer ons die toestemming daarvoor kry. Ons is dankbaar
dat jong kinders nie deel van die kwesbaarste groep is nie.
Dit is nie maklik om jong kinders uitmekaar te hou nie, daarom sal ons vindingryke planne moet
maak om hul gedrag by die veranderde omstandighede te laat aanpas.
1
DOKUMENT Hoe om ʼn VKO-sentrum na die grendeltyd te open, ʼn riglynWEERGAWE Mei 2020VERTAAL EN AANGEPAS Wilna van Rooyen 083 454-2843 [email protected]
Hiérdie dokument is onderhewig aan verandering, aanpassing volgens spesifieke omstandighede
en die leiding en voorskrifte wat van die regering ontvang word. Dit is slegs ‘n riglyn vir eienaars en
hoofde van VKO-sentrums.
HOE KEER ONS DIE VERSPREIDING VAN DIE VIRUS?1. Voorkom direkte kontak met mense wat siek is: onderwysers, kinders en ander personeel moet
by die huis bly as hulle siek is.
2. Gebruik beskermende apparaat, byvoorbeeld maskers, te alle tye.
3. Maak oppervlaktes en die omgewing gereeld met ontsmettingsmiddel skoon. Gebruik 20 ml
bleikmiddel per liter skoon water om handrelings, vensterbanke, ruite, vloere, rakke,
kantoormeubels, ens. skoon te maak. Hierdie is ideale versamelplekke vir mikro-organismes.
4. Behou ‘n sosiale afstand van minstens 1,5 meter tussen twee persone.
5. Was gereeld hande met seep en water. Gebruik handreinigers met 70% alkohol.
6. Vermy aanraking van die oë, mond en neus met ongewaste hande.
7. Oefen hoe om te hoes: in die elmboog of in ‘n sneesdoekie wat dadelik weggegooi word.
1. EIENAARS EN/OF DIE BESTUURSPAN VAN VKO-SENTRUMS:
2
Voordat die kinders na die skool toe terugkeer, sal die eienaars en/of bestuurspanne by die
skool moet begin werk. Die geboue sal diep skoongemaak en ontsmet moet word. Dit sluit
klaslokale, kombuise en badkamers in. Alle oppervlakke waaraan gereeld gevat word,
byvoorbeeld deurhandvatsels, handrelings, tafels, werksblaaie, speelapparaat, toerusting,
materiaal vir lesaanbiedings van watter aard ook al, sal deurlopend gewas en ontsmet moet
word. Die prosedure sal elke dag se roetine moet wees.
Klimrame op die buiteterrein sal ook voortdurend skoongemaak en ontsmet moet word.
Pophuise, sand, waterhouers, wielspeelgoed en alle speelgoed wat tydens buitespel gebruik
word, moet voortdurend gereinig word. So ook vloere, vensterbanke en plaveisel.
Daar moet vasgestel word of enige ander risiko’s ontstaan het, weens die lang sluiting van die
skool, bv. klimrame wat gebreke het, geboue wat onveilig geraak het, ens.
Die skoolhoof/eienaar moet algemene riglyne of ‘n beleid opstel en vooraf die reëlings duidelik
met ouers kommunikeer. 'n Afskrif hiervan moet ook in die algemene kantoor of by ontvangs
beskikbaar wees.
Kennisgewings met voorskrifte/reëls moet ook by die ingang sigbaar wees en by elke klas
opgesit word.
2. ONDERWYSERS, ASSISTENTE EN VERSORGERS:Nadat die skool diep skoongemaak is, kan onderwysers, assistente en versorgers by die skool
toegelaat word.
OPLEIDING: Die personeel sal oor die nuwe prosesse en beleide by die skool opgelei moet
word. Die personeel sal moet leer hoe om die sifting te doen, hoe om klasse te bestuur, wat
die nuwe reëls vir die speelterrein behels en hoe dit toegepas moet word, hoe die badkamer
gebruik moet word en hoe die voorbereiding van kos en etenstye sal verloop.
Terugkeer na die skool toe: sien SOLIDARITEIT GOEIE PRAKTYKSKODE p. 24
3. DAAGLIKSE TOEGANGSBEHEER:Kindervriendelike ontsmettingsmiddels moet by die toegangshek beskikbaar wees. Die hek
moet outomaties werk of ‘n personeellid moet aan diens wees om die middel toe te dien
wanneer volwassenes en/of kinders die perseel betree.
3
Hande en sakke of tassies van elkeen wat toegelaat word om die gebou binne te gaan, moet
ontsmet word.
‘n Enkele toegang- en uitgangspunt moet geskep word met ‘n siftingsproses waar kinders,
personeel, besoekers, ouers en voogde van kinders, asook verskaffers in en uit kan beweeg.
Ouers, familie, vriende en verskaffers sal nie vrye toegang tot die skool kan hê nie.
Dit sal ideaal wees om indien moontlik die aankomstye van kinders te steier, dalk volgens
ouderdomsgroepe, sodat almal nie gelyk by die skool aankom nie.
Die aflaaipunt vir kinders behoort, indien moontlik, binne die terrein maar buite die hoofingang
van die skool te wees. Alle persone moet deur die siftingsproses gaan, want dit is belangrik
om alle moontlike voorsorgmaatreëls te tref.
4. SKANDERING VAN TEMPERATUUR:Eienaars en hoofde behoort te sorg dat daar voldoende personeel beskikbaar is om die
skanderingsproses deurlopend te laat plaasvind.
Wanneer personeel en kinders by die skool aankom, sal hulle temperatuur geneem moet word
en enkele ouderdomsgepaste vrae met betrekking tot die simptome van Covid-19 beantwoord
moet word.
Indien daar blootstelling was aan iemand wat die virus onderlede het, sal die simptome wat
tussen 2-14 dae na die kontak te voorskyn kom, die volgende insluit:
Koors
Hoes
Kortasem
4
Vir sommige mense is die simptome dieselfde as verkoue en vir ander is die simptome baie erg
en lewensbedreigend.
Personeel en kinders se temperatuur behoort, om kontak so ver as moontlik te vermy, met
apparaat wat op ‘n afstand werk gemeet te word.
Temperature moet in ‘n register aangeteken word om vir navrae beskikbaar te wees. Kinders,
ouers, personeel of besoekers met ‘n temperatuur bo 37.5°C of hoër, mag nie op die perseel
toegelaat word nie.
Identifiseer een vertrek wat as ‘n isolasiekamer ingerig kan word vir gebruik indien ‘n kind of
personeellid Covid-19-simptome deur die dag ontwikkel. Maak seker dat alle mediese inligting
en noodnommers van ouers/naasbestaandes byderhand is vir alle kinders en ook vir
personeel.
5. PERSOONLIKE BESKERMINGSDRAG EN –APPARAAT:Gesigsmaskers:
Alle kinders ouer as twee jaar en alle personeel moet gesigsmaskers dra, ook
besoekers of enige ander persoon by die skool.
Babas en kinders jonger as twee jaar mag nie gesigsmaskers dra nie, aangesien hul
kan versmoor.
Bestuur moet die apparaat wat nodig is vir beskerming, byvoorbeeld gesigsmaskers,
aan personeel voorsien.
Ouers en voogde moet gesigsmaskers en enige ander vorm van beskermende
apparaat aan kinders voorsien.
Skole moet ‘n voorraad van maskers byderhand hou om aan kinders te voorsien wat
hul masker by die huis vergeet het of indien die gesigsmasker deur die loop van die
dag beskadig is. Die koste van die gesigsmasker kan van die ouers verhaal word.
Handreiniger: Dit sal ideaal wees indien elke kind ‘n klein botteltjie handreiniger, wat minstens 70%
alkohol bevat, skool toe kan bring. Dit kan onder toesig van die onderwyser in die klas
gehou kan word.
Handreiniger bevat ‘n hoë persentasie mediese alkohol en is hoogs vlambaar.
Dit kan sensitiewe velle en oë brand of irriteer.
5
Dit is die verantwoordelikheid van die eienaar of skoolhoof om te verseker dat
voldoende hoeveelhede skoonmaakmiddels, asook beskermende apparaat te alle tye
by die skool beskikbaar is.
Die volgende items behoort beskikbaar te wees: ‘n Handwasstasie bestaande uit ‘n plastiese houer met ‘n kraantjie, handwasseep en
papierhanddoek.
Houers vir handreinigers.
500 mlspuitbottels gevul met reinigingsmiddels.
Groter houers met reinigingsmiddels om spuitbottels te hervul.
Gesigsmaskers.
Weggooibare handskoene.
Weggooibare kledingstukke, indien moontlik, vir personeel.
Ontsmettingsmiddels vir die skoonmaak van oppervlakke.
Temperatuurmeters wat op ‘n afstand werk.
Papierhanddoek.
‘n Asblik met ‘n deksel, uitgevoer met ‘n plastiese sak, waarin sneesdoekies, gebruikte
papierhanddoek en ander afval wat moontlik met die virus besmet kan wees,
weggegooi kan word.
Gesigsmaskers (weggooibaar/van materiaal gemaak) of gesigskerms moet te alle tye
in klaskamers gedra word. Gesigsmaskers wat van materiaal gemaak is, moet
daagliks gewas en gestryk word. Opleiding moet gegee word oor die hantering van
maskers. Voordat ‘n masker opgesit word, moet hande gewas of ontsmet word. Kyk
vooraf watter kant van die gesigsmasker bo-oor die neus kom. Haak die rekkies oor
6
die ore en trek die gesigsmasker reg oor die neus en onder die ken. Na gebruik moet
die gesigsmasker aan die rekkies verwyder word en van die gesig af weggehou word.
Moenie aan die gebruikte masker raak nie, hou aan die rekkie vas en gooi weg. Was
die hande nadat die gesigsmasker verwyder is. Indien ‘n gesigsmasker wat van
materiaal gemaak is, gebruik word, moet daar meer as een masker beskikbaar wees.
Gesigsmaskers moet huis toe geneem word om gewas en gestryk te word. Indien die
gesigsmasker onbruikbaar vuil word by die skool, moet die gesigsmasker aan die
rekkies verwyder word, in ‘n deursigtige plastiese sakkie met die kind se naam daarop
geplaas word en in die kind se tas geplaas word, om by die huis gewas en gestryk te
word. ‘n Skoon gesigsmasker moet dan gebruik word.
Hoe moet hande gewas word?
6. SOSIALE AFSTAND:Soveel as moontlik afstand behoort tussen kinders gehandhaaf te word:
Herrangskik die klaskamers.
Minder kinders moet op ‘n slag by ‘n tafeltjie sit.
Elke kind moet sy of haar eie matrassie hê wat 1,5 m uitmekaar geplaas word.
Indien kinders op matrassies lê, behoort die een se kop by die ander se voete te wees.
Plaas bababedjies so ver as moontlik van mekaar af. Wanneer babas uit hul bedjies
is, moet hulle by ‘n bepaalde onderwyser of versorger wees, beperk afwisseling van
versorgers so ver moontlik. Een versorger of onderwyser behoort vir ‘n sekere groep
babas verantwoordelik te wees.
Indien kinders in rye loop, kan dun stokkies (dowels) gebruik word om hul uitmekaar te
hou. Een kind hou aan die een punt vas en die ander een aan die ander punt.
Aparte dele van die speelterrein behoort afgekamp te word vir elke klas.
Speelgoed moet na gebruik ontsmet word. Kombersies, lakens, kussingslope,
ensovoorts, behoort daagliks huis toe gestuur te word om gewas te word. Die
7
beddegoed moet in ‘n deursigtige plastiese sak geplaas word met die kind se naam
daarop. Die sak moet deeglik toegebind wees.
Maak seker daar is ruim oorkruis ventilasie in die klaskamer.
7. VOEDSELVOORBEREIDING, VERVERSINGSTYD EN HIGIËNE: Kokke en enige ander persone wat kos hanteer, moet hulle hande deeglik was voordat
hul kos voorberei of op enige wyse met kos te doen het. Dit geld vir elkeen wat
betrokke is, ook persone wat die kos uitdeel of vuil skottelgoed versamel.
Hare moet bedek wees, gesigsmaskers en weggooibare plastiese voorskote moet
gedra word. Toe skoene moet gedra word.
Alle oppervlakke moet met ontsmettingsmiddel skoongemaak word. Gebruik 250 ml
bleikmiddel in 5 liter water. Oppervlakke moet deurentyd met skoonmaakmiddels wat
minstens 70% alkohol bevat, ontsmet word.
Kinders moet in hul klasse eet, of indien ‘n eetsaal gebruik word, moet hulle in sarsies
eet. Om in rye te staan, moet so ver moontlik vermy word.
Die risiko wat betrokke is by die hantering van voedsel en die voorsit daarvan vir
kinders behoort met die uiterste versigtigheid hanteer te word.
Toesig tydens etenstye is van die allergrootste belang.
Die virus versprei maklik deur liggaamsvloeistowwe en kinders moet dus nie toegelaat
word om naby mekaar te eet nie, mekaar se kos te eet of aan mekaar te raak wanneer
hul eet of drink nie.
Na etenstye moet kinders se gesigte en hande met groot versigtigheid skoongemaak
word.
8. DAAGLIKSE PROGRAM: Wanneer onderwysers en ondersteuningspersoneel by die skool aankom, moet hulle
die skool oopmaak en ontsmet.
Administratiewe- en ondersteuningspersoneel moet op ‘n roterende basis by die
ingang van die skool diens doen. Hulle moet te alle tye handskoene en gesigsmaskers
of gesigskerms dra.
Kinders moet direk deur die span wat ouers en kinders by die ingang van die skool
verwelkom, na hul klasse geneem word. By die klas moet hulle deur ‘n onderwyser of
assistent ontvang word.
By die ingang van die skool moet duidelik afgebakende spasies, twee meter uitmekaar,
gemerk wees om sosiale afstand te handhaaf.
Hande moet ontsmet word voordat die badkamer besoek word.
8
Na ‘n besoek aan die badkamer moet die hande onder lopende water met seep gewas
word. Handreiniger word nie na toiletbesoek gebruik nie, maar hande moet behoorlik
met seep en water gewas word. Gebruik papierhanddoeke waaraan hande afgedroog
kan word. Hande kan ook droog geskud word, terwyl ‘n vrolike dansie uitgevoer word.
Seep moet in houers wat gereeld skoongemaak en ontsmet word, verskaf word.
Hande moet voor etenstyd gewas en ontsmet word.
Na ete moet die hande weer gereinig word.
Kosblikke moet ontsmet word voordat dit vir ete oopgemaak word.
Dit sal voordelig wees indien kinders apart in hul klasse gehou kan word en buite in die
dele wat vir hul klas afgebaken is, kan speel. Tydens die middagprogram moet kinders
ook soveel as moontlik uitmekaar gehou word.
Nadat kinders buite gespeel of aktiwiteite buite gedoen het, moet die areas ontsmet
word.
Wanneer ouers of voogde kinders kom haal, moet die siftingsproses herhaal word. Die
kinders sal deur onderwysers of assistente na die hek vergesel word waar hul aan
ouers oorgegee sal word nadat hul ook deur die siftingsproses gegaan het en ontsmet
is.
Reiniging moet voortdurend plaasvind wanneer kinders of volwassenes in en uit die
skool of klaskamer beweeg.
9. ALGEMENE VEREISTES: Die skool moet elke dag diep skoongemaak word.
Kombuispersoneel moet te alle tye gesigsmaskers en handskoene dra.
Badkamers sal elke keer na gebruik skoongemaak word. Indien een kind die badkamer
gebruik het, sal dit skoongemaak moet word voordat ‘n volgende kind dit gebruik.
9
Indien speelareas nie afgebaken kan word nie, behoort daar 30 minute tussen speeltye
per klas te verloop. Die buite-apparaat behoort dan na elke klas wat daar gespeel het,
ontsmet te word.
Alle oppervlakke in klasse, byvoorbeeld tafels, stoeltjies, boekrakke, rakke waar
speelgoed gebêre word, ensovoorts, behoort ontsmet te word terwyl die kinders buite
speel.
‘n Reisregister behoort gehou te word van personeel se gades, asook vir ouers, indien
hul vir hul werk reis. Die afstand, tyd wat die reis duur, watter soort voertuig gebruik
word, hul vertrek- en aankomstyd behoort daarin aangeteken te word.
Personeel se handsakke en ander apparaat moet gereinig word wanneer hul die
terrein betree.
Die kantoor moet minstens twee keer per dag skoongemaak en ontsmet word:
wanneer daar by die skool aangekom word en wanneer personeel vertrek.
Telefone behoort slegs deur kantoorpersoneel gebruik te word en moet na elke gebruik
ontsmet word.
Personeel wat van openbare vervoer gebruik maak, moet telkens ontsmet word, voor
vertrek en wanneer hul by die skool aankom.
10. PERSONEELSAKE:In die geval van afwesighede weens siekte, moet personeel ‘n mediese sertifikaat inhandig met
inligting oor die siekte en bevestiging dat Covid-19 nie gediagnoseer is nie voordat hul vir werk
aanmeld. Die verwagte tyd waarop hul terug mag wees by die skool, moet ook op die
sertifikaat aangedui wees.
Persone bo 60 val in die hoërisiko-groep. Ingevolge die Wet op Rampbestuur moet die
werkgewer ‘n lys opstel van personeel wat tuis kan werk: Personeel wat 60 jaar of ouer is en
personeel met bydraende siektetoestande, van wie dit verwag mag word om by die huis te bly
of vanaf die huis te werk.
In hierdie opsig moet die skoolhoof die personeellid inlig dat hy /sy as gevolg van sy of haar
ouderdom blootgestel is en dat dit in sy/haar beste belang is om liewer tuis te werk. As die
betrokke personeellid egter daarop aandring om skool toe te kom, moet die skoolhoof die
personeellid in kennis stel om ‘n formele brief aan die skool te skryf waarin hy/sy aandui dat
hy/sy die risiko op hom-/haarself neem as hy/sy siek word en dat hy/sy aanvaar dat die
werkgewer in die geval nie aanspreeklik gehou kan word vir sy/haar besluit om skool toe te
gaan nie.
10
‘n Personeellid wat weens koors huis toe gestuur is, kan terugkeer na die skool toe wanneer:
Hy/sy vir minstens drie dae nie koors gehad het sonder om medisyne te drink nie;
Enige asemhalingsimptome, byvoorbeeld hoes en kortasem, vir minstens drie dae
openbaar nie;
Minstens sewe dae laas enige van die genoemde simptome openbaar het vandat die
simptome ‘n aanvang geneem het.
Die werknemer mag wel vroeër werk toe kom indien die dokter bevestig dat die oorsaak van
die koors wat die werknemer ervaar het nie verwant is aan Covid-19 was nie en ‘n brief daaroor
aan die werknemer voorsien.
Klerasie: Plastiese weggooibare voorskote of wasbare jassies kan gedra word.
‘n Gesigsmasker of –skerm moet te alle tye gedra word.
Sak handreinigers moet aan elkeen beskikbaar gestel word.
Personeel behoort geen juweliersware aan hul hande of arms te dra nie.
Naels moet kort gehou word.
Ander:Opleiding moet volgens gesondheids- en veiligheidsvoorskrifte voorsien word, byvoorbeeld
sosiale afstand en higiëne.
Personeelvergaderings mag gehou word, maar personeel moet 1,5 meter uitmekaar
wees en die lokaal waar dit gehou word, moet ontsmet wees.
Teebreuke moet gesteier word, sodat almal nie gelyk tee drink nie.
Etenstye moet gesteier word, sodat almal nie gelyk eet nie.
Personeel moet hul eie skottelgoed was.
Volwasse badkamers: Die badkamers mag slegs deur personeel gebruik word.
Indien moontlik, kan badkamers vir personeel per fase of ouderdomsgroep toegewys
word.
Geen handdoeke mag gebruik word nie. Papierhanddoeke of handdroërs mag
gebruik word.
Hande moet gereeld volgens voorskrifte gewas word.
Hand reinigers moet beskikbaar wees.
11
Gebruik ‘n oplossing van natriumhipochloriet (bleikmiddel) teen 0.5% sterkte om
oppervlaktes te ontsmet en ‘n 70% graanalkohol (etanol) oplossing om klein items te
ontsmet.
Gebruik reinigingsmiddels wat gespuit kan word om krane skoon te maak voor en na
gebruik daarvan.
11. HIGIËNE EN SKOONMAAKROETINES:
Algemeen:Skoonmaakwerk behoort as volg gedoen te word:
Dra weggooibare rubberhandskoene.
Gebruik ‘n weggooibare lappie vir elke vertrek.
‘n Mop per vertrek moet duidelik vir daardie vertrek gemerk wees.
Moppe moet op ‘n veilige plek in emmers met ontsmettingsmiddels gedoop word.
Onthou: emmers water is gevaarlik vir kinders!
Dra ‘n weggooibare plastiese voorskoot.
Gebruik warm water en ontsmettingsmiddel.
Gebruik ‘n oplossing van natriumhipochloriet (bleikmiddel) teen 0.5% sterkte om
oppervlaktes te ontsmet en ‘n 70% graan alkohol (etanol) oplossing om klein items te
ontsmet.
Kinders se tafels en stoele moet telkens na gebruik met die 70% etanol oplossing
skoongemaak word.
Huishoudelike rubberhandskoene is geskik om die gewone huishoudelike take te
verrig. Die handskoene moet na gebruik aan die binne- en buitekant in warm
seepwater of ontsmettingsmiddel en warm water gewas word en opgehang word om
droog te word.
Die skoonmaak van toilette: Gebruik ‘n toiletborsel met skoonmaakmiddels wat bleikmiddel (byvoorbeeld JIK) bevat
om toilette te was. Vee die buitekant en die rand van die toiletbak met ‘n klam lap af
wat spesifiek gebruik word vir daardie taak en dieselfde soort skoonmaakmiddel. Was
die lap in warm water en skoonmaakmiddels voordat dit weer gebruik word.
Die skoonmaak van badkamers: Maak wasbakke skoon met JIK of ‘n soortgelyke skoonmaakmiddel wat bleikmiddel
bevat. Gebruik ‘n bleikmiddel, soos JIK, of huishoudelike skoonmaakmiddel vir
12
algemene skoonmaakwerk in die badkamer. Aparte skoonmaak lappe behoort vir die
badkamer gebruik te word.
Apparaat wat benodig word vir slaap en die areas waar kinders slaap: Neem matrasse en bedjies na buite en spuit hul met ontsmettingsmiddels. Laat dit
droog word en pak die matrasse of bedjies weer na ongeveer twee ure opmekaar.
Vervang komberse daagliks.
Komberse moet elke dag huis toe gestuur word om gewas te word.
Haal lakens van bababedjies af, neem die matrasse na buite, spuit dit met
ontsmettingsmiddels en vee dit met ‘n weggooibare lap af. Plaas dan skoon linne
daaroor.
Borde en ander skottelgoed: Borde en ander skottelgoed moet gewas word volgens die bestaande beleid.
Borde moet in warm water afgespoel word en toegelaat word om self droog te word.
Enige breekgoed wat ‘n effense krakie in het moet vervang word.
Ruil van doeke: Maak seker dat die water, sanitasie en afvalbestuur fasiliteite in werkende toestand is.
Asblikke moet elke keer nadat ‘n doek geruil is, leeg- en skoongemaak word.
Persone wat die doeke ruil moet hul hande voor- en nadat die doek geruil is was. Die
baba se handjies moet ook met ‘n lappie (Wet Wipe) skoongemaak word, nadat die
doek geruil is.
Was van hande: Was hande volgens die Covid-19-voorskrifte.
Papier handdoeke in ‘n houer moet by alle areas waar hande gewas kan word
beskikbaar wees.
Moenie gewone handdoeke gebruik nie.
Reinigingsmiddels moet op alle krane gespuit word voordat- en nadat dit gebruik is.
Speel- en opvoedkundige apparaat: Speelgoed moet in duidelik gemerkte plastiese kratte geberg word.
Geen sagte speelgoed of teddiebere mag nie toegelaat word nie.
‘n Maksimum van twee kratte met speelgoed mag op ‘n slag uitgeplaas word.
13
Nadat die speelgoed gebruik is moet dit gewas en gelaat word om op ‘n droograk
droog te word. (Speelgoed mag nie op die gras gelaat word om droog te word nie.)
Storieboeke moet telkens na gebruik afgevee word.
‘n Rooster moet opgestel word om kinders toe te laat om klas-vir-klas buite te speel.
Sosiale afstand moet wanneer kinders in rye staan gehandhaaf word. ‘n Speletjie kan
daarvan gemaak word deur 1,5 meter stokkies te gebruik of selfs ‘n plastiese tou met
linte waar elke kind kan vashou. Die stokkies of die tou moet telkens na gebruik
ontsmet word.
Tydens badkamer roetine kan slegs ‘n paar kinders op ‘n slag in die badkamer
toegelaat word.
Spel in die sandput: Laat slegs 50% van die kinders wat gewoonlik in die sandput speel op ‘n slag toe, om
‘n mate van afstand tussen die kinders te handhaaf. Die reël moet geld ongeag van
die grootte van die sandput. Die grootte van die sandput sal aanduidend van die
getal kinders wees, byvoorbeeld ‘n sandput wat 2 m x 2 m groot is, kan hoogstens drie
kinders huisves.
Ruil sandputspeelgoed na elke groep wat daar gespeel het en voordat ‘n nuwe groep
in die sandput begin speel.
Maak die sandput speelgoed skoon en los dit op ‘n droograk om winddroog te raak.
Growwe sout moet elke Vrydag in die sandput ingewerk word.
Was hande voordat kinders terugkeer klas toe.
Buite-apparaat: Spuit buite-apparaat telkens met ontsmettingsmiddel nadat ‘n groep daar gespeel het.
Spuit plastiese motorfietsies se handvatsels.
Geen waterspel of sensoriese groepspel word tot verdere kennisgewing toegelaat nie.
Was hande nadat buite gespeel is en voordat kinders terugkeer klas toe.
BRONNE:
SECTORIAL GUIDELINES TEMPLATE – DEPARTMENT OF LABOUR DATED 28 APRIL 2020
14
COVID-19 OCCUPATIONAL HEALTH AND SAFETY MEASURES IN WORKPLACES (C19 0HS),2020
DIRECTIVE BY THE MINISTER OF EMPLOYMENT AND LABOUR IN TERMS OF REGULATION 10
(8) OF THE REGULATIONS ISSUED BY THE MINISTER OF COOPERATIVE GOVERNANCE AND
TRADITIONAL AFFAIRS IN TEMS OF SECTION 27 (2) OF THE DISATER MANAGEMENT ACT, 2002
(ACT NO. 57 OF 2002)
SA CHILDCARE ASSOCIATION: HOW TO REOPEN MY ECD AND PARTIAL CARE CENTRE
AFTER LOCKDOWN
GUIDELINES FOR SCHOOLS ON MAINTAINING HYGIENE DURING THE COVID-19 PANDEMIC 8
MAY 2020 DEPARTMENT: BASIC EDUCATION RSA
SOLIDARITEIT GOEIE PRAKTYKSKODE: MAATREËLS VIR DIE GESONDE EN VEILIGE
TERUGKEER NA SKOLE TYDENS EN NA DIE COVID-19 INPERKING
www.aonetwerk.co.za
15