skakel af vir aarde-uur · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en...

6
Handwerk vir Aarde-uur Bladsy 3 Leer hoe om te rym Bladsy 5 Maak Pampoen- koekies Bladsy 4 Gee ons prettige vakansie skedule ’n probeerslag – elke dag van die week het ’n tema om jou te inspireer! MAANDAGKUNS Raak skeppend en maak iets! Vriendskaparmbande, ’n voëlhuis. Wetenskaplike eksperimente. Oobleck (kyk op bladsy 6!). Vingerverf. Rommelkuns dink ’n nuwe gebruik uit vir iets wat jy wou weggooi. DINSDAGREIS Beleef ’n avontuur! Die park. Die biblioteek. ’n Museum. ’n Plaasmark. Aarbeie pluk. Ouma se huis. Kry vriende bymekaar en ry op jul fietse in die buurt rond. Onthou om veilig te bly! WOENSDAGWONDERS Maak tyd om jou aan Moeder Natuur se wonderlike geskenke vir ons aarde te verwonder. Gaan kyk na voëls. Plant kruie. Kyk na die sterre. Kyk hoe die son opkom of ondergaan. Klim boom. DONDERDAGDADE Doen iets vir iemand anders! Dit sal jou en die ander mens laat goed voel. Skryf vir iemand ’n gedig (kyk op bladsy 5). Reël ’n skoonmaakprojek vir ’n park of strand. Werk as ’n vrywilliger by ’n diereskuiling of ouetehuis. Pluk blomme vir iemand spesiaals. VRYDAGFYNPROEWER Maak iets heerliks in die kombuis (kyk op bladsy 4). Nooi vriende en familie om dit saam met jou te geniet! Hou ’n partytjie waar almal hul eie pizza maak. Eet roomys by die Spur. SATERDAGSON Bring tyd buite deur. Braai vleis. Doen ’n skattejag. Vlieg ’n vlieër. Gaan strand toe. Eet vars vrugte buite. SONDAGGESIN Dis ’n dag om gehaltetyd deur te bring met mense vir wie jy lief is. Bordspeletjies. Fliekmarathon. Begrawe saam ’n tydkapsule. Speel Charades. Hou ’n pajamapartytjie. Speel tennis. www.spurtribe.co.za ELKE DAG LEKKER PRET! ELKE DAG LEKKER PRET! Photo by Yleidis Maldonado on Unsplash S P E S I A L E V A K A N S I E G I D S

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

35 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: SKAKEL AF VIR AARDE-UUR · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit

Handwerk virAarde-uurBladsy 3

Leer hoeom te rymBladsy 5

MaakPampoen-koekies Bladsy 4

Gee ons prettige vakansie skedule ’n

probeerslag – elke dag van die week

het ’n tema om jou te inspireer! MAANDAGKUNSRaak skeppend en maak iets! Vriendskaparmbande, ’n

voë lhuis. Wetenskaplike eksperimente. Oobleck (kyk op

bladsy 6!). Vingerverf. Rommelkuns – dink ’n nuwe

gebruik uit vir iets wat jy wou weggooi.DINSDAGREISBeleef ’n avontuur! Die park. Die biblioteek. ’n Museum.

’n Plaasmark. Aarbeie pluk. Ouma se huis. Kry vriende

bymekaar en ry op jul fietse in die buurt rond.

Onthou om veilig te bly!WOENSDAGWONDERSMaak tyd om jou aan Moeder Natuur se wonderlike geskenke vir

ons aarde te verwonder. Gaan kyk na voë ls. Plant kruie. Kyk na

die sterre. Kyk hoe die son opkom of ondergaan. Klim boom.DONDERDAGDADEDoen iets vir iemand anders! Dit sal jou en die ander mens laat

goed voel. Skryf vir iemand ’n gedig (kyk op bladsy 5). Reë l ’n

skoonmaakprojek vir ’n park of strand. Werk as ’n vrywilliger by

’n diereskuiling of ouetehuis. Pluk blomme vir iemand spesiaals.

VRYDAGFYNPROEWERMaak iets heerliks in die kombuis (kyk op bladsy 4).

Nooi vriende en familie om dit saam met jou te geniet! Hou ’n

partytjie waar almal hul eie pizza maak. Eet roomys by die Spur.

SATERDAGSONBring tyd buite deur. Braai vleis. Doen ’n skattejag. Vlieg ’n vlieër. Gaan strand toe. Eet vars vrugte buite.

SONDAGGESINDis ’n dag om gehaltetyd deur te bring met mense vir wie jy lief is. Bordspeletjies. Fliekmarathon. Begrawe saam ’n tydkapsule. Speel Charades. Hou ’n pajamapartytjie. Speel tennis.

www.spurtribe.co.za

ELKE DAG

LEKKER

PRET!ELKE DAG

LEKKER

PRET!

Photo by Yleidis Maldonado on U

nsplash

SPESIALE

VAKANSIEGIDS

Page 2: SKAKEL AF VIR AARDE-UUR · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit

SKAKEL AF VIRAARDE-UUR

Aarde-uur is ’n spesiale geleentheid wat deur die WNS gereël word. Dit is elke jaar op die laaste Saterdag van Maart. Miljoene mense regoor die wêreld skakel hul ligte en toestelle vir ’n uur af om te wys hoe besorg hulle oor die toekoms van ons planeet is. Dis al blyplek wat ons het!

5MANIERE OM AARDE-

UUR TE GENIET

WYS JY STEUN AARDE-UUR OP SATERDAG

30 MAART8.30 TOT 9.30 NM.

Ligte en toestelle verbruik elke dag hope energie. Dit dra by tot klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit en water spaar.

Geniet die natuur se eie

vermaak – gaan uit en kyk na die

sterre.

Speel jou geliefkoosde

bordspeletjies by kerslig.

Kry elkeen ’n kers of flits, sit in ’n kring en vertel

stories – bangmaak of oulik!

Omskep jou sitkamer

in die perfekte piekniekplek met

komberse, kussings en kerse.

Slaan ’n tent in die agterplaas

op en braai malvalekkers op

die vuur.

1

2 34

5

Aarde-uur bewys dit kan ’n groot uitwerking hê as ’n klomp mense iets kleins doen soos om ligte af te skakel. Hoekom maak jy nie elke dag klein veranderings nie? Hier is maklike maniere om minder energie te gebruik en ’n ware ekokryger te wees!

Skakel ligte, rekenaars en die TV af wanneer jy uit ’n vertrek loop.

Stig saam met ander kinders in jou omgewing ’n saamryklub vir skool en partytjies.

Maak op warm dae die vensters oop of gebruik ’n waaier in plaas van lugverkoeling aan te skakel.

Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel. Onthou om te herwin.

WEES ’N EKOKRYGER

Page 3: SKAKEL AF VIR AARDE-UUR · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit

MAAK BUITE LIEFLIKE HERFSBLARE BYMEKAAR.

BOU JOU EIE KERSHOUER MET HERFSBLARE VIR

AARDE-UUR!

¨ ’n Gladde glasfles¨ Modge Podge (in handwerkwinkels te kry)¨ Herfsblare (hoe dunner, hoe beter)¨ Verfkwas of sponskwas¨ Raffia of lint (as jy wil)¨ ’n Skêr¨ ’n Kers

Smeer heelwat Modge Podge onderaan en oor die blare. Plak die blare buite om die fles.

Hou so aan totdat die fles vol blare is en laat 1 tot 2 uur lank droog word.

Bind raffia of lint bo-om die fles om dit af te rond. Vra ’n grootmens om jou die kers in die fles te help sit.

MAAK LIG VIR AARDE-UUR

STAP 1 STAP 2

VIR DIE GRAPHoekom wil die gloeilamp heelnag aan wees?

HY BRAND OM TE SIEN WAT GEBEUR!

V

A

STAP 3

WAT JY MOET HÊ

Vra ’n

groot-mens om die kers te

help aansteek. Vuur kan

gevaarlik wees!

WENKModge Podge raak

taaier terwyl dit uitdroog.

Jy moet dalk wag totdat dit

klewerig is.

Photo by NASA on U

nsplash

3

Page 4: SKAKEL AF VIR AARDE-UUR · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit

METODE

DIÉ PAMPOENKOEKIES IS ’N PUIK SNOEPIE VIR DIE MIDDAG. STROOI

KANEELSUIKER OOR – MIN DINGE IS LEKKERDER!

PAMPOENKOEKIES IN STROOP

BESLAG¨ 250 ml (1 koppie) koekmeel¨ 15 ml (1 e) bakpoeier¨ 1 ml (knypie) sout¨ 500 g (omtrent 1 koppie) pampoen¨ 2 ekstragroot eiers, geklop¨ 60 ml (kwartkoppie) Spur Soet

Rissiesous¨ Kookolie vir vlak braai.STROOP¨ 200 ml (¾ koppie) suiker¨ 300 ml melk¨ 20 ml (4 t) botter of margarien¨ 1 kaneelstokkie¨ 1 ml (knypie) sout¨ 30 ml (2 e) vlapoeier ¨ 20 ml (4 t) water

WOORDPRET

Hoekom is Aspoestertjie sleg in sokker?SY HARDLOOP ALTYD VAN DIE BAL AF WEG!

VIR DIE GRAP

KRY NOG HEERLIKE RESEPTE BY www.spursauces.co.za

BESTANDDELE

V

A

1. Sif meel, bakpoeier en sout saam.2. Voeg fyngestampte pampoen,

geklopte eiers en Spur Soet Rissiesous by. Meng goed.

3. Verhit olie in ’n groot swaarboompan. Drup eetlepels van die mengsel liggies in warm olie. Braai aan albei kante tot goudbruin. Haal uit olie en dreineer op papierhanddoek.

4. Meng al die bestanddele vir die stroop, buiten die vlapoeier en water, in ’n klein swaarboompot. Laat kook en prut vir 2 minute. Meng vlapoeier met water en roer by pruttende sous in.

5. Haal van plaat af en verwyder kaneelstokkie. Gooi oor koekies en eet dadelik!

Vra ’n

groot-mens se

hulp met die stoof!

4

Page 5: SKAKEL AF VIR AARDE-UUR · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit

BELANGRIK

E A U R E J S T L O O D S L

K R W E Q H N E B D P Y P X

E H R Y W A C C T S R L A Z

I C H I D R K O I E W C N L

J Z I E E K H O R I N G S P

D T Y I W U S Q O S N L P K

A H G S W R F S P O M F E Y

A E X A V T I R D E Q O K H

B L A R E D F G H N E W V A

A Z E G I Q A K K E R S B B

N Y T I R E Q A F H D J A L

B O O M D J E K L S D A W O

P Q S T R P A A S H A S I E

H E R F S I S O W P O Y R T

Hoekom probeer jy nie

’n limeriek skryf nie? Dis ’n

prettige, lawwe gedig met vyf

reëls. Die rymskema lyk só:

AABBA. Die eerste, tweede en

vyfde reëls rym met mekaar en

het gewoonlik agt lettergrepe.

Die derde en vierde reëls rym

met mekaar en het gewoonlik

vyf lettergrepe.

JOU BEURT OM TE PROBEER!

HIER IS ’N LAWWE VOORBEELD:

A ’n Brak met ’n koddige stappieA En ’n kol op sy kop soos ’n lappieB Sien een net soos hy

B En raak baie bly:A “Ek dink ek weet nou wie’s my pappie!”

KAN JY DIÉ 12 HERFSWOORDE OPSPOOR?

WOORDPRET

WOORDSOEK

RYMTYDGEDIGTEDAG IS OP 21 MAART. KRY PEN EN PAPIER EN BEGIN RYM!

HERFS SEISOENE BLARE AKKERS BOOM HARK BAADJIE EEKHORINGS MIGRASIE SPANSPEK KAKAO PAASHASIE

5

Page 6: SKAKEL AF VIR AARDE-UUR · klimaatsverandering of aardverwarming, wat ons planeet te warm maak en uiterste weer veroorsaak. Daarom is dit goed vir die aarde as ons bronne soos elektrisiteit

WAT JY MOET HÊ

1 koppie water

’n Paar druppels koskleursel (as jy wil) Sit die mielieblom in ’n bak en voeg water geleidelik by

totdat die tekstuur net reg is – ’n vloeistof, maar nog nie solied nie. As jy die Oobleck uit die bak probeer haal en sien dis te waterig en word nie ’n vaste stof nie, kan jy nog mielieblom byvoeg.

As jy sien die mengsel drup nie soos ’n vloeistof nie, kan jy ’n bietjie meer water byvoeg. Experimenteer totdat die Oobleck die regte samestelling het.

PRET MET OOBLECK!

Oobleck is amper soos dryfsand, maar dis baie meer pret! Dis nie ’n vloeistof

of ’n vaste stof nie – dis ’n nie-Newtoniaanse stof. Verken die fantastiese stof

deur met net twee eenvoudige bestanddele jou eie Oobleck te maak!

1 HOU ’N HANDVOL IN JOU OOP HAND. WAT GEBEUR?

2 GRYP ’N HANDVOL EN DRUK TOTDAT DIT DEUR JOU VINGERS SYPEL.

3 MAAK ’N POEL EN TREK JOU VINGERS STADIG DEUR DIE MENGSEL. PROBEER DIT VINNIGER DOEN.

4SIT OOBLECK IN ’N PLASTIEKHOUER EN SKUD DIT.

VOEG ’N PAAR DRUPPELS KOSKLEURSEL BY EN ROER GOED DEUR.

ROL JOU MOUE OP EN MORS TERWYL JY DAARMEE SPEEL! HIER IS ’N PAAR IDEES:

MAAK SKOON Dis morsige pret om met Oobleck te speel! Dan kom skoonmaaktyd. Skraap eers soveel Oobleck as wat jy kan in die drom – moet dit nie in die drein afgooi nie. Vee droë mielieblom met ’n droë lap op en vee dan alles met ’n klam spons skoon. Was jou hande met water.

HET JY GEWEET?

2 koppies mielieblom

OOBLECK IS GENOEM NA DR. SEUSS SE BOEK BARTHOLOMEW AND THE

OOBLECK WAARIN ’N SLYMERIGE GROEN STOF, OOBLECK, UIT DIE LUG VAL EN

CHAOS IN DIE KONINKRYK VEROORSAAK.

6