iederark september.pdfjannie erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring....

8
1 8 September 2013 Uitgawe 26/2013 IEDERARK NG KERK MIEDERPARK `As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra’ THOMAS FULLER Sondag 8 September ROETE 12 Erediens Sondagskool Gr 16 Kruislig Koffiediens 09:15 17:30 Maandag 9 September Dinsdag 10 September Finansiële vergadering 17:30 Woensdag 11 September Sendingbestuur vergadering 18:00 Donderdag 12 September Vrouebybelstudie 10:00 Vrydag 13 September Mannebiduur 07:00 Saterdag 14 September Wat gebeur DV die volgende week …. Inhoudsopgawe Kontak ons ..................... 2 Sending Gebedsversoeke 3/4 Verjaarsdae.................... 5/6 Boodskap van Jerry ........ 7 Verwelkoming................ 8 Humor............................ 8

Upload: others

Post on 12-Dec-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

1

8 September 2013 Uitgawe 26/2013

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK

`As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra’

THOMAS FULLER

Sondag

8 September

ROETE 12

Erediens

Sondagskool Gr 1—6

Kruislig Koffiediens

09:15

17:30

Maandag

9 September

Dinsdag

10 September

Finansiële vergadering 17:30

Woensdag

11 September

Sendingbestuur vergadering 18:00

Donderdag

12 September

Vrouebybelstudie 10:00

Vrydag

13 September

Mannebiduur 07:00 Saterdag

14 September

Wat gebeur DV die volgende week ….

Inhoudsopgawe

Kontak ons ..................... 2

Sending Gebedsversoeke 3/4

Verjaarsdae .................... 5/6

Boodskap van Jerry ........ 7

Verwelkoming................ 8

Humor ............................ 8

Page 2: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

2

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers

018-2948197 018-2977926

082 340 7549 083 262 6783

Kerkkantoor

018-2948121

Faks—018-2943900

Sluit by ons aan op

NG Kerk Miederpark

-2-

HOSPITAAL OPNAMES

Wanneer lidmate van die gemeente op-

geneem word in Potch Medi-Kliniek, moet

hulle asseblief by opname duidelik meld

dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-

park is. Dit maak dit vir die leraars mak-

liker om hulle tydens die weeklikse hospi-

taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te

spoor.

BANKBESONDERHEDE:

NG Kerk Miederpark,

ABSA Tjekrek 680 590

591 , Potchefstroom

NG Kerk Miederpark

Sending, ABSA Tjekrek

405 041 9146,

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Page 3: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

3

KONGO VERITAS

Ds Dawie en Naomi

Ons wil graag vir elkeen wat die afgelope maand finansieel bygedra het, ook baie dankie sê vir u ondersteuning. Ons waardeer dit! Hierdie week vra ons weer voorbidding vir die opleiding van fasiliteerders waarmee ons besig is. Ek het Saterdae die groep fasiliteerders in Frans vir Module 2, en dan het ons volgende week ook twee stelle opleiding in Afri-kaans. Bid asb daarvoor. Dan wil ons ook ernstig voorbidding vra vir ons medewerkers in lande om die Middellandse See. Ons kan om veiligheidsredes geen detail per e-pos gee nie, behalwe dat ‘n medewer-ker daar laat weet het dat een van die mans (‘n jong pa) wat besig was met opleiding, in hegtenis geneem is. Daar is geen verdere inlig-ting nie. Bid asb vir broer X, sy naasbestaandes en ook vir al die gelowiges in daardie lande. Die onstabiliteit tans in daardie gebied maak dat die Christene baie meer in die spervuur kom.

MALAWI SENDING

(Pieter Loots)

Pieter vra ons moet asb almal ernstig vir sy mense, die Christene, homself en sy bure bid wat op die oomblik baie swaar kry in Malawi. Dit is die laaste dae van die feeste en mense maak baie lawaai. Die satan is ook baie gelukkig want met hierdie feeste gee die mense baie mag

aan die bose geeste, selfs so erg dat een van die dogters van 13 jaar nou deur 7 jong mans verkrag is . Sy bure wat nou kort maar ingetrek het vind dit ook baie moeilik wanneer die mense snags so lawaai dat hulle nie kan rus nie.

MARELET SENDING Dankie:

Die wind waai met tye so erg hier, dat ‘n mens nie kan slaap nie. Maar… na die wind so gewaai het is die weer heerlik koel!

Dankie vir kollegas, ouers van kinders wat omgee. Dankie dat die tegnologie om my werk (met tye). My foon werk, ek kan WA doen, en smse ontvang maar nie stuur nie. Vra:

Ons bid nog steeds vir werkspermitte. Gis-ter moes ek en ‘n ander onderwyseres wegkruip toe daar ‘n besoek van immigrasie offisiere by ons skool was. (Nie ‘n lekker gevoel nie !)

Bid asb vir my familie se gesondheid.

My assistent is dierbaar, maar sy het baie seer in haar lewe. Bid asb dat ons verhouding so sal word, sodat ek saam met haar kan bid oor haar seer.

Bid vir my vir MOED: moed om op ‘n bus te klim en die stad te gaan verken. Ek gaan net skool toe en huis toe en kort baie dingetjies, maar ek het nie die moed om die winkels te gaan opsoek nie.

‘Die hart wat die mooi kan raaksien, is meer

ontvanklik vir die goeie’

Sean Parker Dennison

SENDING GEBEDSVERSOEKE

-3-

Page 4: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

4

‘As jy geloof, hoop en liefde kombineer, kan jy positiewe kinders in ‘n negatiewe wêreld grootmaak.’

-4-

BOTSWANA SENDING

(Jerry en Magda)

Bid asb: Vir ons voorbereiding om terug te gaan na Botswana. Dankie Heer vir al die mense se liefde en vriendskap, ook hulle wat bydra tot ons bediening. Sou Donderdag 5 Sept gery het, maar Magda moet drin-gend spesialis sien in Preto-ria, sal dan afhangende van uitslag, Dinsdag 10 Sept teruggaan. Bid vir Loots-gesin, vir oom Tienie wat in hospital op-geneem is.

HOSPITAAL SENDING

(Petro)

Bid asb vir: Jannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar vir die nodige krag vir elke dag. Personeel van Potch Hospitaal.

ANGOLA SENDING

(Freddy)

Ds Andre Rudman en sy groep van EG kerk Klerksdorp en Johan Hoogenboezem van Standerton het begin sake pak, na die fondasie vir die biblio-teek vooraf voorberei is. Mans en dames het ewe hard gewerk. Die village besoek en geskenkpakkies uitgedeel. Hulle het ook staalrakke ge-bring vir ‘n stoorkamer. In die aand het hul om die kampvuur gesit en met sang en gebed af-gesluit. Elke spanlid het presies geweet wat om te doen. Hulle het ge-kom om te werk en te dien. Hulle was ook daar om te be-moedig.

Dank aan ons Vader vir mense wat bereid is om tyd op te offer vir die sending-veld.

Bid asb vir maandelikse fondse wat die werksuit-gawes sal dek.

Page 5: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

5

Hy wat vreugde in sy hart dra, sy lewe is ‘n fees

-5-

VERJAARSDAE VAN GEMEENTE – SEPTEMBER 2013 Daan Kershoff 1/9 Wian Visagie 13/9

Grieta Hanekom 1/9 Marinda v Reeuwyk 14/9

Harry Swart 2/9 Cameron Hill 14/9

Charlie Hudson 3/9 Karen Foord 14/9

Melissa Coetzee 3/9 Johan Harms 15/9

Sanet Dippenaar 3/9 Anda Harmse 15/9

Rudi van Rooyen 4/9 Fanie Botha 16/9

Johan Eloff 4/9 Don Berry 16/9

Dalene Fourie 5/9 Theron Jacobsohn 17/9

Ettienne Pretorius 5/9 Pauline vd Merwe 17/9

Jaco Diedericks 6/9 Francois Smith 17/9

Anthea Wiese 6/9 Lina den Heijer 17/9

Quintin Esterhuizen 6/9 Naliza Mouton 17/9

Selwyn Hollamby 6/9 Hans Grobbelaar 17/9

Henk Pretorius 7/9 Boet Potgieter 18/9

July Schoeman 8/9 Casper Nel 18/9

Laurie-May Henrico 9/9 Koos Mynhardt 19/9

Riana Conradie 9/9 Ria Casthanho 20/9

Alet Eloff 10/9 Anika Joubert 20/9

Hannelie Claassen 10/9 Johan Grobler 20/9

Shené Agenbag 10/9 Francois Meyer 20/9

Mariska van Niekerk 11/9 Larumay Bronkhorst 21/9

Lettie van Heerden 13/9 Helen v Niekerk 21/9

Page 6: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

6

Ouderdom is die vervaldag van die uitstel wat aan die jeug gegee is

CJ Langenhoven

-6-

Helgaard van Zyl 22/9 Kelly Nortje 29/9

Lina Cornelissen 23/9 Elmie Wolmarans 29/9

Andries Smith 23/9 Heinie vd Berg 30/9

Susan Erasmus 23/9 Melinda Smith 30/9

Hennie Erasmus 23/9 Cindy Lombard 30/9

Elanie Joubert 23/9 Neels Kershoff 30/9

Charmaine du Toit 24/9 Beverly vd Heever 30/9

Anton Swanepoel 24/9

Dirk vd Westhuizen 25/9

Johan Swart 25/9

Annemarie Swanepoel 26/9

Muriel Coetzee 26/9

Helga Wolliase 26/9

Lynette Ferreira 26/9

Sonja Scheepers 26/9

Daan Coetzee 26/9

Herculene Kotze 27/9

Francois Haarhoff 27/9

Annemarie van Wyk 27/9

Elizca Stemmet 28/9

Willem Nolte 28/9

Maretha Venter 28/9

Suzette Pretorius 29/9

Christo Duminy 29/9

Page 7: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

7

-7-

U lei my met U raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem

PSALMS 73:24

Boodskap van Jerry en Magda: Baie dankie aan ieder en elk van u wat op enige wyse bygedra het, hetsy skenking van benodigdhede, finansiële bydraes en/of gebede. Mag die Here u elkeen ryklik seën! Ons is so dankbaar vir die volgende skenkings wat ons ontvang het:

Ons benodig nog ‘n paar items of bydraes:

Bad Skroewe, elektriese kabel en saaglemme

2 Handewasbakke Grassade (gekoop uit fondse ontvang)

Toilet 3 Kombuiskas blaaie

20mm Pyp Regop hout kombuiskas

Laste vir pyp (gekoop uit fondse ontvang) Novilon vloerteëls vir hele huis

9 Ou trok seile 2000L Watertenk

Groen skadeunet (gebruikte) R1500 van die R5500 vir seile vir huis

Groen skadunet (nuut)

Al die krane

Bakstene (Moet daar gekoop word: R2094.38)

Sement (Moet daar gekoop word: R1553.33)

“Reinforcing” (Moet daar gekoop word: R1658.05)

Rioolpyp (18m)

Staal vir 2 afdakke

Hout pale vir afdakke (Moet daar gekoop word: R1210.08)

Hout rafters (Moet daar gekoop word: R756.30)

Sifdeur met deurkosyn

Drukpomp vir water

Drukker (met skandeerder) vir rekenaar

Gasbottel vir gasstoof

Herstelkoste van bakkie (ongeveer R8000)

Seile vir huis (side panels) – Kwotasie vir R5500 – reeds R1500 ont-vang spesifiek daarvoor.

Page 8: IEDERARK September.pdfJannie Erasmus wat vandag besig is om die boodskap by die hospitaal te bring. Petro Zaayman wat al die sale in Potch hospitaal moet be-dien. Bid asb vir haar

8

-8-

WELKOM IN ONS GEMEENTE

Stephanus Hendrik Benade vanaf NG Gemeente Mafikeng

Oom gaan dokter toe met 'n maagprobleem. Dokter sê:"Jy sal 'n scope moet sluk, Oom." Oom bly 'n rukkie stil... "Boetie, ek is 'n kerkmens, kan ek nie maar 'n Landbouweekblad sluk nie?"

Meraai se vir Gatiep: "Djy moenie dink djy sal by die hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!"

Gatiep: Dja Meraai, djy hou djou baie slim né, maar daar is ‘n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie. My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier yt!"

‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uitgeput

SPREUKE 17:22