september 2015 - cdn.nucleusnetwork.org · tv te kyk. hulle kommunikeer só graag, al is dit...
TRANSCRIPT
Dankie aan ons fotograaf, Lindie Powrie!
Huisvesting en aktiwiteitsentrum vir volwasse
persone met spesiale behoeftes.
Kontak ons:
Bestuurder: Christie Mare
Kantoor: 012 3456130
Epos: [email protected]
NUUSBRIEF
September 2015
PEOPLE WITH SPECIAL NEEDS ARE NOT ODD OR WEIRD...THEY ONLY WANT WHAT EVERYONE ELSE WANTS....: TO BE ACCEPTED!
Comparison is the thief of joy! (Theodore Rooseveld)
In hierdie nuusbrief
1 Collage van ons deelnemers 2 Kersmark, Besoek aan die GOUE KRUIK 3 Gholfdag 4 Under the Sea 5 Ons is dankbaar 6 Uitreik van Tucson Spur 7 Mandeladag, Placecol T V opname 8 Meer oor Inwoning / Luilekker 9 Braai saam met inwoners se ouers/voogde 10 Hoe kan u betrokke raak Iets oor verstandelike gestremdheid Wenslysie Bankbesonderhede
K E R S M A R K !
K E R S M A R K !!
31 Oktober 2015, 8:00 tot 13:00
by N G Kerk Elarduspark
Produkte
wat ons
gestrem-
des deur
die jaar
gemaak
het
Huur ‘n stalletjie vir
R100 en verkoop u
eie produkte, ens
PANNEKOEK Alles en nogwat
Springkasteel
Middag-
etes
Baie dankie aan Goue Kruik van die N G gemeen- te Moreleta Park wat ons onthaal het met sang en ‘n heerlike ete.
26 Augustus: ‘n Dag van sonskyn, 156 gholfspelers (39
vierballe), baie pryse, heerlike aandfunksie en ete by Woodhill
Country Club en daarby nog donasies,borge en goeie gholf!
Op hierdie 12e gholfdag was daar selfs ‘n ‘Hole in One’!
Daar het ‘n gesellige atmosfeer geheers en ons waardeer die
goeie gesindheid van al ons ondersteuners.
ONS HUIS wil vir almal wat op enige manier bygedra het tot die
groot sukses van die dag, baie dankie sê; ook al die helpers en
Woodhill Country Club se personeel.
EERSTE PLEK : Die vierbal van W Louw & Associates HOLE IN ONE! Natie van Jaarsveld
ONS KON DIT NIE SONDER JULLE ALMAL DOEN NIE!
TYD VIR PRET: LENTESOKKIE
Tema: UNDER THE SEA
‘n Vrolike, gelukkige klompie ‘visse’ in die see van vreugde en lente; in ‘n
sorgvrye aand van sommer-net-myself-wees en geniet.
Ons huisouers het die vertrek met groot sorg , moeite en vaardigheid versier
en selfs blou ‘seewater’ te drink aangebied.
Welwillendheid, meelewing, betrokkenheid: daarsonder kan ONS HUIS nie in al die behoeftes van ons jongmense voorsien nie.
DIE EEN HELFTE: Geld is maar oral deesdae ‘n kwessie, en daarom waardeer ons des te meer elke donasie, skenking van watter aard ookal en ondersteuning van ons fondsinsamelingspogings. DIE ANDER HELFTE... Liefde, geduld, begrip en omgee is onontbeerlik! Almal vertaan en ken egter nie die leefwêreld, ervarings, vreugdes en seer van gestremdes nie. Dis vir baie mense ‘n vreemde wêreld. Daarom is dit so spesiaal as iemand liefde uitdeel en bydra tot vreugde en genot., Hulle word maklik hartseer, maar word ook net so maklik gelukkig gemaak!! Ons kan maar net sê: BAIE DANKIE vir elke gebaar van uitreik en ondersteuning. JULLE IS ALMAL KOSBARE VRIENDE!
Al ons vrywilligers en trustees
Tucson Spur, Cornwall View
Paljas Kleuterskool en ouers
Vocal Vision Kids en ouers
‘n Regspersoon wat ons sonder
vergoeding help waar nodig.
Kings Meat
Oasis Water
Pick & Pay Cornwall View
Spar Monumentpark
A-Z Chemicals
Rodeo Vervoer
Nova Stene
Plumblink
Ecotech Converge
Postnet Moreletapark
Engen Castle Walk
Woolworths Castle Walk
Stevens & Co
C T M Menlyn
Placecol
N G Kerk Elarduspark se personeel
ONS IS DANKBAAR
Oosterlig N G gemeente se kan-toorpersoneel het ons besoek en saam met ons plantjies geplant. DANKIE, dit was spesiaal.
LOSLITDAG was 4 September.
Baie dankie aan almal wat vanjaar by
ons plakkertjies gekoop het. Ons
waardeer julle ondersteuning.
Vir die toekoms:
ons versoek dat almal, nuut en
oud (ook jonk en oud), asb. vol-
gende jaar julle plakker-
tjies by ons kry.
TUCSON SPUR, CORNWALL VIEW.
Spur was so gaaf om uit te reik na ONS HUIS, deur vir ons ‘n persentasie van hul opbrengs van
8 September te skenk.
Baie dankie aan elkeen wat op daardie dag daar gaan eet het, koffie drink het en party boonop
nog vriende en familie saamgeneem het!. Ons is dankbaar vir julle lojaliteit.
Ons inwoners het elkeen ‘n hamburger, koeldrank en roomys verniet gekry en die atmosfeer was
‘n belewenis van vrolikheid!
Op ‘n stadium het die personeel en kelners, sowel as ‘n groot getal van die besoekers al om die tafels gedans! Dit was baie pret. Later is drie van ons deelnemers, wat binnekort verjaar, getrakteer met NOG ROOMYS! Bonnita, die bestuurderes van Spur, het selfs vir ons pryse geskenk om uit te deel. Vir Bonnita en die span by Spur, baie dankie dat julle dit ‘n onvergeetlike dag gemaak het!
MANDELA DAG:
Placecol het ons genooi vir ‘n groot bederf met ‘n keuse van ‘n gratis manikuur of ‘n pedikuur! Dit was vir ons jong klomp iets nuuts en hulle het soos prinse en prinsesse gevoel...
(en was hulle in hulle skik met hulle nuwe voorkoms!)
Dankie Placecol! Julle het gesorg vir ‘n opwindende (en mooi) ervaring!
Later die dag het Tucson Spur vir ons almal hamburgers gegee. Dit was ‘n dag van groot pret en bederf en elkeen het spesiaal gevoel!
...Dan was daar die dag waarop ‘n T V opname van
ONS HUIS gemaak is. Die deelnemers was in hulle
element en het hulle uitstekend gedra! Vroeg reeds
was elkeen met sy\haar werk besig en hulle het baie
natuurlik opgetree. Ons was regtig trots op hulle!
Die opname is twee keer uitgesaai en het gedien as
bemarking vir ons sentrum.
Dit was ‘n ‘WOW-ervaring’!
Meer oor die Inwoning (Luilekker) Luilekker was die huis waarin ons
sentrum aanvanklik begin is en
vandat ons ‘n tweede huis gekry
het om as aktiwiteitsentrum te
dien, is Luilekker die woonplek
van ongeveer die helfte van ons
deelnemers.
Die Bestuurder van Inwoning, Hanlie Venter en haar
man Johan, is ook ons huisouers.
Hulle word bygestaan deur Rina en Sarah.
Hanlie sorg ook dat almal by die Aktiwiteitsentrum middagete kry en sorg vir verversings by
meeste byeenkomste.
Die inwoners is baie in hulle skik met hulle huis vandat die aanbouwerk en opgradering klaar is.
Hulle het pragtige badkamers, kamers waarop hulle trots is en ‘n gerieflike kombuis Die inwoners
help met huishoudelike take en gaan naweke gereeld op uitstappies
Zandrie Bianca Peter Sarah Alex Rina
Serelda Wynand Tharien Mari Esme Morne Jonker
Neem asb. kennis dat ons by die Inwoning nog oop plekke het. Indien julle weet
van persone wat moontlike kandidate vir ONS HUIS is, skakel asb. met Christie
Mare, ons bestuurder by 012 345 6130
Om die inwoners se ouers en voogde ‘n geleentheid te gee om mekaar beter te leer ken, het Johan en Hanlie besluit om ‘n braai te hou. Natuurlik was hierdie jongklomp baie opgewonde om hulle ouers en voogde daar te ontvang! Ons hoop volgende keer sal diegene wat dit nie kon bywoon nie, ook daar wees.
Hoe het ons onsself aan mekaar voorgestel?....’Jonker se pa’ of ‘Bianca se boetie’, ens.
want hier is hulle die belangrikste en almal ken hulle. Al die ouers weet wie is die inwoners,
maar helaas, ons as ouers het hier byna nie ‘n eie identiteit nie!
Almal het dit baie geniet en dit was voorwaar baie lekker om met mekaar oor dieselfde belangrike
onderwerp te gesels: ons jongmense! Hulle is mos maar die belangrikste.
Meteens het ons mekaar en ons eie en die ander se kinders beter verstaan, omdat ons kon sien
‘wie’ hulle en hulle gesinne regtig is!
Bianca saam met haar pa (Jan) en haar broer
Esme en ouers (Arthur en Rienie)
Peter en sy ma Jenny
Mari se ouers (Jan en Martie) en broer (Riaan)
Zandrie by haar ‘naweekmense’, Cor en Estelle
Christie ontferm haar oor die inwoners wie
se mense nie daar is nie
Morne se ma (Marieta)
en sy broer saam met
hom en Johan
Jonker saam met sy pa (Corrie) en Christo Mare.
Hoe u betrokke kan raak (want ons het u nodig):
Ondersteun ons Kersmark op 31 Oktober.
Enige donasie, hoe klein of groot ookal, word waardeer.
Verbintenis om op maandelikse /jaarlikse basis enige
bedrag te skenk.
Kom besoek ons! Ons jongmense raak nie maklik versadig aan liefde nie!
Skakel met Christie en vind uit waar u kan help / of vertel wat u kan aanbied.
Ons het nog oop plekke vir moontlike inwoners.
Ons het behoefte aan ‘n paar vrywilligers (dalk pensioenarisse) wat twee of drie ure
per week kan afstaan om te kom help met verskillende takies.
Gee u liefde en ‘n warm glimlag oral waar u gestremdes sien!
Mnr. Willem Bosman, 'n bekende in Bloemfontein en ouer van 'n verstandelik gestremde volwassene van
die Vrystaat-nasorgsentrum sê:die volgende:
Verstandelik gestremde volwassenes verwelkom dit om as volwassenes én vriende gehanteer te
word. Hulle geniet dit net so om radio te luister en
TV te kyk. Hulle kommunikeer só graag, al is dit
moeilik om somtyds hul gedagtes logies
agtermekaar te kry en hulself verstaanbaar uit te
druk. Hulle probeer egter hard om hul boodskap
aan ander oor te dra. Tot watter mate speel ons as
gemeenskap 'n rol om kommunikasie met mense
wat verstandelik gestremd is aan te moedig? Besef
ons dat elke suksesvolle poging 'n oorwinning oor
gestremdheid is? Al wat dit van ons vra, is meer
geduld. Kies ons somtyds die `maklikste'' uitweg
deur dit te vermy? 'n Ompad te loop?
Bosman sê: ``Om dié mense soos kinders met 'n
paternalistiese toenadering te behandel, is 'n groot
fout. Dit breek hul selfbeeld en menswaardigheid
af. Hulle is deeglik bewus van hul gestremdheid,
maar weet ook dat hulle volwassenes is.''
Bank: ABSA BANK
Rekening Naam: ONS HUIS TRUST
Rekening Nommer: 4054 399011
Tak: Moreleta Park
Takkode: 336445
ONS HUIS IS GEREGISTREER AS NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE (NPO – NR. 011 591)
WENSLYSIE
ONS BENODIG BAIE KOEKIES vir die
Kersmark.
Koffie en tee
Suiker en Langlewe melk
Ontbytpap, bv. Futurelife
Grondboontjiebotter, kaassmeer, ens
Beskuit
Braaipakkies vir naweke
Swart asbliksakke
Joga / oefenmatte (6)
Snoeiskêr
Spuitbottels vir tuingif
“Multiplugs’
Houtklampe vir werkswinkel Elektriese ‘mouse sander’ vir
werkswinkel
Sokkerballe, ringtennis, tennisballe,
‘swingball’.
Speletjies, bv. dominos, ens.
5 Deurmatjies
Enkelbed Sponsmatras
Groot potplantbakke vir die tuin
Kunsmis
Gereedskap vir die gereedskapkas, bv
tang, langneustang, kantsnyer, ens