september 2012 de oude woning - showme...hendrik potgieter) aan die trek, nadat hy vroeër ’n...

5
Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za September 2012 Altenburg - die geskiedenis van Courtrai BROKKIES LEDE VAN PAARL SE BRANDWEER - 1822 In Junie het Johann en Deon die solder reggepak en nog kartonne vol negatiewe afgebring om uitgesorteer te word. So het ons letterlik duisende nuwe gesigte bygekry! Juig al julle familie-navorsers!‘n Besonderse groep ID foto’s uit die 1970s -met name en adresse - is gevind. . Nuus van uit Die van ons wat by die Heemkring werk, weet altyd of daar een of ander skooltaak oor die geskiedenis van die Paarl uitgedeel is. Soms is daar leerlinge wat kom aanklop vir hulp, maar meestal is dit al die ma’s en ouma’s. So was dit ook onlangs met ‘n taak wat onder andere gehandel het oor die geskiedenis van Courtrai. Hierdie keer was ons by die Heemkring ‘n bietjie verleë, aangesien ons inligting oor die dorp se geskiedkundige plase baie gebrekkig is ná 1850. Baie dankie aan Melane Bosman van Suider Paarl wat ons die volgende inligting gestuur het: “Die uitbreiding Courtrai is ná 1948 op twee plase ontwikkel: The Pines van Eden du Preez en Altenburg van Pieter Hugo. Die naam Courtrai is Frans-Belgies. The Pines het meestal die oostelike deel gedek, en dit was oorspronklik deel van De Zoete Inval se weidingsgrond. Die plaashuis het die NGK se pastorie geword. Coutrai se skool is op Altenburg gebou en die plaashuis staan nou nog agter die skool se tennisbane. Altenburg het die gebied gedek van die Hoofstraat tot by Abraham Gabemma Doordrift, Pieter Hugostraat tot by Louvrestraat. Altenburglaan wat vandag nog bestaan, is natuurlik vernoem na hierdie ou plaas.” Melanie Bosman DE OUDE WONING like! ons op facebook

Upload: others

Post on 27-Nov-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: September 2012 DE OUDE WONING - ShowMe...Hendrik Potgieter) aan die Trek, nadat hy vroeër ’n ander (die Magrieta Prinsloo) ook vir die doel vervaardig het. Dit gaan verder en sê

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

September 2012

Altenburg - die geskiedenis van Courtrai

BROKKIES

LEDE VAN PAARL SE BRANDWEER - 1822 In Junie het Johann en Deon die solder reggepak en nog kartonne vol negatiewe afgebring om uitgesorteer te word. So het ons letterlik duisende nuwe gesigte

bygekry! Juig al julle familie-navorsers!‘n Besonderse groep ID foto’s uit die

1970s -met name en adresse - is gevind..

Nuus van uit

Die van ons wat by die Heemkring werk, weet altyd of daar een of ander skooltaak oor die geskiedenis van die Paarl uitgedeel is. Soms is daar leerlinge wat kom aanklop vir hulp, maar meestal is dit al die ma’s en ouma’s. So was dit ook onlangs met ‘n taak wat onder andere gehandel het oor die geskiedenis van Courtrai. Hierdie keer was ons by

die Heemkring ‘n bietjie verleë, aangesien ons inligting oor die dorp se geskiedkundige plase baie gebrekkig is ná 1850.

Baie dankie aan Melane Bosman van Suider Paarl wat ons die volgende inligting gestuur het:

“Die uitbreiding Courtrai is ná 1948 op twee plase ontwikkel: The Pines van Eden du Preez en Altenburg van Pieter Hugo. Die naam Courtrai is Frans-Belgies.

The Pines het meestal die oostelike deel gedek, en dit was oorspronklik deel van De Zoete Inval se weidingsgrond. Die plaashuis het die NGK se pastorie geword.

Coutrai se skool is op Altenburg gebou en die plaashuis staan nou nog agter die skool se tennisbane. Altenburg het die gebied gedek van die Hoofstraat tot by Abraham Gabemma Doordrift, Pieter Hugostraat tot by Louvrestraat. Altenburglaan wat vandag nog bestaan, is natuurlik vernoem na hierdie ou plaas.”

Melanie Bosman

DE OUDE WONING

like! ons opfacebook

Page 2: September 2012 DE OUDE WONING - ShowMe...Hendrik Potgieter) aan die Trek, nadat hy vroeër ’n ander (die Magrieta Prinsloo) ook vir die doel vervaardig het. Dit gaan verder en sê

NUUS VAN UIT DE OUDE WONING! BL2

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

HOEWEL PAARL se burgers nie deelgeneem het aan die Groot Trek nie, het hulle wel in hul duisendtalle deelgeneem aan die herdenkingsfeeste wat gedurende 1938 regoor die land gehou was. Op 10 Augustus 1938 sou dit die Paarl se beurt wees. Die Gedenkboek rapporteer dat “Vandat ’n spogkommando die wa om vieruur in die ou Dennelaan* begroet het, het die polisie hul hande vol gehad om die jubelende menigte te beheer. Onophoudelike toejuiging en ’n nimmereindigende gedrang het die wa vergesel totdat die etensuur aangebreek het.” Die destydse burgemeester van die Paarl, Du Pré Le Roux, het ’n verwelkomings woord gespreek en daarna is die trek vooruit met ’n motorstoet van meer as ’n myl lank vergesel van 3000 skoolkinders. Op die ou Kerkplein het die wa en gevolg met ’n “donderende toejuiging” tot stilstand gekom! Sewe duisend mense het mekaar letterlik vertrap word daar gerapporteer. Daar het S. De Villiers (oom Seppie) die skare verwelkom en verklaar hy onder andere, “Die Pad van Suid-Afrika loop deur die Paarl.” Tydens hierdie byeenkoms is talle geskenke aan die trekleier oorhandig en ’n steen, om die koms van die ossewa te gedenk, is ook gelê.

Jan Phillips, die wamaker, skenk ’n nuwe poswa (die Hendrik Potgieter) aan die Trek, nadat hy vroeër ’n ander (die Magrieta Prinsloo) ook vir die doel vervaardig het.Dit gaan verder en sê dat meer as 2000 mense die aand die stadsaal binnegedring het en dat honderde en honderde moes omdraai. Die prinsipaal van die Opleidingskollege, W. A. Joubert - na wie die Laerskool WA Joubert vernoem is - het die hoofrede gelewer.Na afloop van die fees is daar ’n film vervaardig wat al die feeste van oor die hele land uitgebeeld het. Die Paarl was die eerste plattelandse dorp waar hierdie film vertoon is. ’n Ander interessantheid wat ook aan die Herdenkingsfees gekoppel kan word en waar die Paarl weer die voortou geneem het, was die feit dat daar tydens hierdie landwye feeste ’n herlewing van die ou Voortrekker sport, naamlik jukskei plaasgevind het. Die eerste Jukskei Bond is in die Paarl gestig en op 4 November 1939 is die eerste wedstryde op die plaas Keerweder van Niklaas Retief in die Paarl gespeel. JHC

* Waarskynlik Hoofstraat, Suider Paarl se ou dennelaning

Paarliete en die Groot Trek herdenkingsfeeste

10 AUGUSTUS 1938

Die poswa - "Hendrik Potgieter" - is deur die firma JF Phillips van

die Paarl vervaardig en aan die gedenktog

geskenk. Die man wat op die wa- of voorkis

sit, is as Johan Langenhoven geïdentifiseer.

“Waar dit vroeër weke geneem het om 'n tipiese ossewa te vervaardig, het dit teen 1938 slegs een en

'n halwe dag geneem.”

Page 3: September 2012 DE OUDE WONING - ShowMe...Hendrik Potgieter) aan die Trek, nadat hy vroeër ’n ander (die Magrieta Prinsloo) ook vir die doel vervaardig het. Dit gaan verder en sê

NUUS VAN UIT DE OUDE WONING! BL3

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

Vonds van die maand!

Titelblad

PROJEKTE: GENEALOGIESE INLIGTING OORFOTOGRAWE GRIBBLE EN DECKER

DAAR WORD feitlik daagliks tot die besef gekom van die groot hoeveelheid genealogiese bronne wat opgesluit lê in ons fotoversamelings en notas wat met die tyd versamel is. Omdat die Gribble familie so ’n groot impak gemaak het op die Paarl en die feit dat die Drakenstein Heemkring feitlik sy volgehoue bestaan te danke het aan hierdie familie, is daar besluit om hulle genealogiese besonderhede aan te teken vir die nageslag. Die projek vorder goed en tot dusvêr is daar al 106 mense in die Gribble genealogie opgeneem met heelwat nuwe inligting oor die familie wat nie voorheen bekend was nie.

Die volgende genealogiese projek wat onderneem sal word, is ten opsigte van die Decker familie. Gustav Adolph Albert Decker * c 1845 was voor 1875 reeds in die Paarl en was die eienaar van ’n koeldrankfabriek. Hierdie familie het ook ’n reeks waardevolle foto’s nagelaat wat nou in besit is van die Heemkring. Indien enigiemand enige inligting kan verskaf oor hierdie twee families, sal dit baie waardeer word. Dit kan persoonlik by die Heemkring ingedien word of per e-pos verskaf word aan Johann Claassen by [email protected].

Reitz se handtekeningBuiteblad Pres FW Reitz van die Oranje Vrystaat

CHRISTI ELS is besig om ‘n databasis van ons boekversameling op te stel, en so ontdek ons dikwels skatte wat oor die jare vergete geraak het, soos:

Aardrijkskunde en Geskiedenis van den Oranjevrijstaat(Voor Schoolgebruik)

(Opgesteld door de Commissie, benoemd door den Volksraad, tot het vervaardigen van Hollandsche Schoolboeken.)

UtrechtC H E Breijer

1884

Geteken deur FW Reitz met die volgende: “Aan Uitgewers van Die Patriot van hun vriend P W Reitz, Bloemfontein, 5 Aug 1885)

Die foto (onder) van President Reitz (1844-1934) is uit die Drakenstein Heemkring se Gribble Versameling en is deur James Gribble geneem.

Page 4: September 2012 DE OUDE WONING - ShowMe...Hendrik Potgieter) aan die Trek, nadat hy vroeër ’n ander (die Magrieta Prinsloo) ook vir die doel vervaardig het. Dit gaan verder en sê

NUUS VAN UIT DE OUDE WONING BL4

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

HIER BY die Heemkring word mens soms oorweldig deur die hoeveelheid en kwaliteit inligting wat ons bewaar. Wat ‘n verantwoordelikheid vir ons klompie vrywilligers wat sonder betaling ons tyd afstaan om ons dorp se geskiedenis te bewaar. Tog is daar altyd groot vreugde as ons en of ander brokkie inligting afkom wat ‘n foto se genealogiese geskiedenis ontsluit.

Onlangs het een van ons lede vir die soveelste keer ‘n ou foto-album oopgemaak en om deur al die fotos - sonder byskrifte - te blaai. Met die blaai skuif ‘n klein koerantberiggie uit van agter een van die foto’s. Meteens het ons ‘n van - Vervat - en die naam en geboorte datum van ‘n baba dogtertjie ... en dit was genoeg om die storie te begin ontrafel!

Die foto regs van Sophy du Plessis het byvoorbeeld ook heelwat addisionele inligting bygekry. Haar volle name was Sophia Alida du Plessis, en sy was die dogter van Cornelis Moll du Plessis en Maria Cecilia Enslin, en die gesin het in ‘n huis op Zeederberg Plein gewoon. Sophia of Sophy soos sy genoem is, is aan rumatiekkoors dood.

Soms sterf mense met skaars meer as ‘n doodsberig: soos Sina Olivier (8) wat op 6 Junie 1918 verdrink het toe sy haar pa se middagete wolwassery toe geneem het. Somige foto’s is egter baie goed toegelig, soos die een wat in 1892 geneem is van die leerlinge van ‘n skooltjie op die plaas Ronwe in Klein Drakenstein. Volgens die foto het die plaas het toe aan Jan en Annie Theron behoort. Die meeste van die kinders se vanne is Malherbe, Theron, Basson en ook is daar ‘n paar Zeemans. Laasgenoemde was die broers en susters van die skrywer Alba Bouwer se ma!

Dus mense: al daardie foto’s wat sommer net los lê in ‘n laai of ‘n koevertjie - onthou om agter op te skryf wie dit is. Oor vyftig of ‘n honderd jaar weet niemand meer nie!

Ons ou foto’s is van onskatbare waarde vir narvorsers

Paarl se kortste straat ... Hierdie wandelpad op Paarlberg ...

Sophia Alida du Plessis (1888-1903)

het

jy g

ewee

t va

n ...

Page 5: September 2012 DE OUDE WONING - ShowMe...Hendrik Potgieter) aan die Trek, nadat hy vroeër ’n ander (die Magrieta Prinsloo) ook vir die doel vervaardig het. Dit gaan verder en sê

Met al die reën wat ons hierdie winter gehad het, het ons rietdak baie skade opgedoen. Die plastiek kon darem die water voldoende afkeer en die dak sal hierdie somer reggemaak word.

Op die agterblad

(Links) Met Interskole tussen Boys’ High en Gimnasium het ons meer as ‘n honderd jaar se rugbyfoto’s uitgestal.

Die Universiteit van Stellenbosch se Beeldende Kunste-studente het hierdie jaar die Heemkring as bron gebruik vir projekte wat hulle in die Paarl aangepak het.

In Mei het ons deelgeneem aan die Argiefweek - uitstalling by die Roelandstraat Argief in Kaapstad.

Johann Claassen (tweede van links, agter) het in Augustus ‘n argief-werkwinkel wat deur die Taal Museum gefasiliteer is, bygewoon.

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za

(Regs) Die Heemkring is in Maart genooi om GGSA lede in George

te vertel oor ons Gribble Versameling.

like! ons opfacebook

OOP ELKE DAG:

Ma-Vry: 10vm-12nm

Woens: 10vm-3nm

Adéle en Gerard Tilleman het in Februarie hulle boek “PJ du Pré le Roux (1873-1941) en sy familie” voltooi. Die boek is deur Boland Drukpers, Wellington gedruk.

ons is ook op ShowMe

Paarl