sava nuusbrief nommer 158 maart 2020 as uitgawe onttrek ... · 5. slaap in algehele donkerte. die...

14
1 SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As gevolg van die “Corona virus lockdown” is die vakansieklub van hierdie uitgawe onttrek SAVA se kantoore is tans gesluit kragtens die Regering se Regulasies. voeg lewe tot jou jare toe Die woord self, soos die note in musiek, het betekenis slegs in verhouding tot ander woorde. Dit bestaan in tyd en in gebruik; en omdat kontekste en gebruike verander, is die lewe van ʼn woord ʼn voortgesette dood. The Life of T S Eliot deur Helen Gardner GESONDHEID PROSTAATKANKER Dit is nou die algemeenste gediagnoseerde kanker in Engeland, wat vir die eerste keer borskanker verbygesteek het. In 2018 was daar byna 50 000 geregistreerde gevalle – omtrent 8 000 meer as in 2017. Meer mans word getoets. Dit is waarskynlik as gevolg van beroemdes soos Stephen Fry en Bill Turnbull wat bewustheid verhoog deur oor hulle eie ervarings uit te praat. Wat is prostaatkanker? Dit is die algemeenste kanker by mans in die Verenigde Koninkryk – ʼn verouderende bevolking beteken dat meer mans die siekte ontwikkel en daaraan sterf. Dit betrek die prostaat – ʼn klein klier in die bekken, net by mans gevind. Kankers kan stadig oor jare ontwikkel en baie mans het geen simptome nie. Merkbare simptome sluit in die behoefte om meer dikwels te urineer, en swak vloei. Daar is nie ʼn enkele toets vir prostaatkanker nie – ʼn bloedtoets, biopsies en fisiese word almal gebruik. BBC VAL STERFTES AS GEVOLG VAN VALLE – VSA In 2017 het meer as 31 000 ouer Amerikaners noodlottige beserings as gevolg van valle gely, bykans twee keer soveel as ʼn dekade vroeër. Valle is die leidende oorsaak van noodlottige en nie-noodlottige beserings vir volwassenes van 65 en

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

1

SAVA NUUSBRIEF

Nommer 158 Maart 2020

As gevolg van die “Corona virus lockdown” is die vakansieklub van hierdie

uitgawe onttrek SAVA se kantoore is tans gesluit kragtens die Regering se Regulasies.

voeg lewe tot jou jare toe

Die woord self, soos die note in musiek, het betekenis slegs in verhouding tot ander

woorde. Dit bestaan in tyd en in gebruik; en omdat kontekste en gebruike verander, is die lewe van ʼn woord ʼn voortgesette dood.

The Life of T S Eliot deur Helen Gardner

GESONDHEID

PROSTAATKANKER Dit is nou die algemeenste gediagnoseerde kanker in Engeland, wat vir die eerste keer borskanker verbygesteek het. In 2018 was daar byna 50 000 geregistreerde gevalle – omtrent 8 000 meer as in 2017. Meer mans word getoets. Dit is waarskynlik as gevolg van beroemdes soos Stephen Fry en Bill Turnbull wat bewustheid verhoog deur oor hulle eie ervarings uit te praat. Wat is prostaatkanker? Dit is die algemeenste kanker by mans in die Verenigde Koninkryk – ʼn

verouderende bevolking beteken dat meer mans die siekte ontwikkel en daaraan sterf.

Dit betrek die prostaat – ʼn klein klier in die bekken, net by mans gevind. Kankers kan stadig oor jare ontwikkel en baie mans het geen simptome nie. Merkbare simptome sluit in die behoefte om meer dikwels te urineer, en swak

vloei. Daar is nie ʼn enkele toets vir prostaatkanker nie – ʼn bloedtoets, biopsies en fisiese

word almal gebruik. BBC

VAL

STERFTES AS GEVOLG VAN VALLE – VSA In 2017 het meer as 31 000 ouer Amerikaners noodlottige beserings as gevolg van valle gely, bykans twee keer soveel as ʼn dekade vroeër. Valle is die leidende oorsaak van noodlottige en nie-noodlottige beserings vir volwassenes van 65 en

Page 2: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

2

ouer. Ons weet dat dit bewys is dat aktief bly die risiko van valle onder ouer volwassenes verminder. AARP Wenke om val te vermy ʼn Kritiese deel van jou balans hou, is om aktief te bly:

Werk aan krag- en weerstandoefeninge. Oorweeg gewigoptel en die doen van Pilates en oefeninge soos opstote, wat spiere bou.

Stap en gebruik trappe as jy kan. Sluit aan by of begin ʼn stapklub as dit jou sal motiveer.

Versterk jou hurk. Een manier om dit te doen is der teen ʼn muur te leun, af te gly tot in ʼn hurkposisie, en weer op te staan – en doen herhalings.

Verbeter jou balans. Joga kan ouer mense help. Net so kan gevegkunsopleiding soos tai chi.

Laat jou visie en gehoor gereeld toets. Benewelde visie of aangetaste gehoor kan jou kanse om te val grootliks verhoog.

Praat met jou dokter of vra jou apteker oor die newe-effekte van medikasie wat die risiko om te val kan verhoog.

Dra die regte skoene. Kry ʼn paar wat jou nie sal laat gly nie. Verwyder pootjie-risiko’s. Gaan jou huis na vir dinge wat ʼn val kan

veroorsaak: o Gebruik gly-weerstandige matte eerder as om tapyte te gooi. o Lê elektriese koorde uit die pad uit. o Kies deurhandvatsels met hefbome eerder as knoppe. o Gebruik relings en badgrepe om deur jou huis te beweeg. o Krities belangrik, plaas glyweerstandige matte in die bad of stort.

https://www.aarp.org/politics-society/advocacy/info-2019/tips-preventing-falls.html NS Hierdie uit ʼn ander bron: Die jaarlikse aantal beenfrakture vir ouer volwassenes wat met honde aan halsbande geloop het, het oor ʼn soortgelyke tydperk meer as verdubbeld. Ek kan daarvan getuig. Ek is 76 jaar oud, en verlede jaar het ek twee keer geval as gevolg van hondleibande wat my gepootjie het terwyl ek met iemand gestaan en praat het. Die tweede val het gelei tot ʼn gebreekte femur en ʼn heupvervanging. Agterna het ek ontdek dat hondleibande jaarliks die oorsaak van ʼn aantal sterftes is. Ray.

TAAL

‘N LES VIR BETERWETERS

Taal sal nooit perfek wees nie. Grammatikareëls het nie op ʼn wolkie suiwer logika uit die hemel neergedaal nie. Taal kan nooit sy wilde natuur afskud nie, dit het ontwikkel nie om perfek te wees nie, maar bruikbaar. Die wanordelike regte wêreld wil nie tot orde geroep word nie.

Page 3: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

3

Baie metafore leuen hulle tot ʼn beskrywing van die manier hoe taal regtig is, teenoor hoe punteneriges wil hê dit moet wees. As ʼn produk van menslike vindingrykheid kan taal ʼn bietjie soos ʼn ander menslike produk beskou word: ons kinders. Ouers wil hê dat hulle kinders perfek moet wees: om stil te sit in die klasaantekeninge te maak, A-simbole te kry, volwassenes te respekteer, hulle groente te eet, en bed toe te gaan sonder ʼn bohaai. Maar regte kinders vroetel soms, doen nie hulle tuiswerk nie, haat hulle onderwyser, sukkel met ʼn vak, gooi vloermoere, eis roomys vir middagete, en tree op asof hulle nooit bed toe hoef te gaan nie. Hulle kan gedeeltelik uit hierdie gedragspatrone getem word, maar nooit heeltemal nie.

Taal is nie soos rekenaarkode wat selfs op klein foutjies ineenstort en nodig het om konstant ontfout te word nie. Dit is bietjie meer soos ʼn resep wat deur individuele gebruikers na smaak gewysig kan word, waar verskillende toestande (die kwaliteit van jou kookgereedskap, hoogte bo seevlak, die hardheid van die plaaslike water) vir ʼn paar veranderings sal vra, en waar foute maklik oorleef kan word met ʼn bietjie kreatiwiteit en wil aan die kant van die kok. Geskrewe taal is ʼn bietjie soos ʼn klassieke komposisie, met goed gevestigde gebruike van harmonie en melodie. ʼn Verkeerde noot sal regtig verkeerd klink. Gesproke taal (wat – soos ons later sal sien – die oorspronklike vorm van taal is waarvan skrif ʼn uitspruitsel is) is meer soos jazz. Jazz het sy eie gebruike, maar op-die-ingewing-improvisasie en konstante veranderende style beteken dat ʼn skewe noot in ʼn versengende lopie dit mag wees wat daaraan sy lewendigheid gee. In jazz, soos by spraak, kan duidelike foute vergewe word: "verkeerd" is alles in die oor van die waarnemer. Om op te som: Taal is nie soseer logika as wat dit bruikbaar is nie. Dit is nie gekomponeer nie; dit is geïmproviseer. Dit is nie goed gemanierd nie; dit is vindingryk. Dit is nie delikaat nie; dit is gehard. Dit is nie altyd doeltreffend nie, maar die oorvloedigheid daarvan maak dit kragtig. Dit word nie bedreig nie; dit is selfvernuwend. Dit is nie perfek nie, maar dit is verbasend. Talk on the Wild Side deur Lane Greene

SLAAP

OM TE SLAAP, OF NIE TE SLAAP NIE – Jou keuse Soos lig, kan elektromagnetiese uitstraling (EMU) met slaap inmeng deur die produksie van melatonien af te skakel en die afskeiding van kortisol te verander. ʼn Gesonde balans van melatonien en kortisol is belangrik vir ʼn gesonde sirkadiese ritme. As jy sukkel om aan die slaap te raak of aan die slaap te bly, volg hierdie wenke om blootstelling aan hormoonontwrigtende lig en uitstraling gedurende die nag te verminder: 1. Ná donker, hou jou ligte so gedemp as moontlik, en kies jou gloeilampe versigtig.

Studies toon dat blootstelling aan gedempte lig voor slaaptyd ʼn baie kleiner effek op melatonienvlakke het as gewone kamerlig, wat melatonienafskeiding met 90

Page 4: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

4

minute by 99 persent van mense kan verkort. Lig-emissie diode (LED) gloeilampe is die beste.

2. Vermy televisie kyk en die gebruik van ander elektronika ná 9 of 10 nm. As jy snags elektroniese toestelle moet gebruik, hou hulle so vêr van jou kop af as moontlik, en dra ʼn bril met amber-, roos- of oranjekleurige lense om blou lig te blokkeer.

3. As jy ʼn draadlose roeteerder in jou huis het, hou dit so vêr van jou slaapkamer af as moontlik. Plaas draadlose roeteerders in ʼn area waar jy die minste hoeveelheid tyd spandeer; ideaal ten minste 600 voet weg van waar jy slaap.

4. Verwyder soveel as moontlik elektroniese toestelle as wat jy kan uit jou slaapkamer. Dit sluit in televisies, kabelbokse, videospeletjies, DVD-spelers, DVR’s en ander opname-toestelle, radio’s, klankstelsels, persoonlike musiekspelers en koppelstasies, afstandbeheerders, rekenaars, monitors, tablette, e-boeklesers, drukkers, faksmasjiene, koordlose fone, selfone, laaiers, digitale fotorame, baba-monitors, analoë elektriese wekkers, ens. Vermy ook ligte met dempskakelaars omdat hulle elektroniese transformators gebruik wat EMU opwek. As jy nie sonder ʼn foon in jou slaapkamer kan leef nie, gebruik ʼn landlyn foon met ʼn koord in plaas van ʼn koordlose of sellulêre foon.

5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig snags deur jou vensters skyn.

6. As jy in die middel van die nag moet opstaan, probeer om die aanskakeling van die lig te vermy. Indien nodig, oorweeg die gebruik van nagligte wat blou lig blokkeer.

Sarah Cimperman N.D.

DIE ELEKTRONIESE EEU

VRIEND OF VYAND? Why Amazon knows so much about you deur Leo Kelion (vertaal) Jy mag my ʼn supergebruiker van Amazon noem. Ek is ʼn klant sedert 1999 en maak daarop staat vir alles van grassaad tot verjaarsdaggeskenke. Daar is Echo-luidsprekers regdeur my huis, kringkameras binne en buite, ʼn Fire TV-stelkas in die woonkamer en ʼn verouderende Kindle e-leser langs my bed. Ek het ʼn onderwerpdata-toegangversoek ingedien en Amazon gevra om alles wat hulle van my weet, bekend te maak. Terwyl ek vlugtig deur die honderde lêers wat ek in reaksie ontvang het, gelees het, was die vlak van detail in sommige gevalle verstommend Een databasis bevat transkripsies van al 31 082 interaksies wat my gesin met die virtuele assistent Alexa gehad het. Oudio-uittreksels van die opnames word ook voorsien. Die 48 versoeke om Let It Go te speel, dui op my dogter se versotheid op Disney se Frozen.

Page 5: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

5

Ander laatnag-musiekversoeke aan die slaapkamer Echo mag ʼn wenk gee vir ʼn meer volwasse aktiwiteit. Klik op ʼn ander lêer lê 2 670 produksoektogte bloot wat ek sedert 2017 binne hulle winkel uitgevoer het. Daar is meer as 60 aanvullende kolomme vir elkeen, wat inligting bevat soos watter toestel ek gebruik het, op hoeveel items ek daarna geklik het, en ʼn string syfers wat dui op my ligging. Een spreiblad gee eintlik ʼn waarskuwingsboodskap wat sê dat dit te groot is vir my sagteware om te hanteer. Dit bevat besonderhede van die 83 657 Kindle-interaksies wat ek sedert 2018 gehad het, insluitend die presiese tyd van die dag vir elke tik. ʼn Geassosieerde dokument deel my leessessies vir elke e-boek op en bepaal die tyd van elkeen tot die millisekonde. En so gaan dit aan. https://www.bbc.co.uk/news/extra/CLQYZENMBI/amazon-data

BOEKUITTREKSELS

DIE BREIN

Die ingewand-senustelsel, wat jou maag en ingewande beheer, lyk meer en meer belangrik vir die verstaan van die verstand, maar dit is uiters moeilik om te meet en daarom grootliks onverken. Ons vind selfs dat mikrobes in ons maag ʼn groot effek op geestestoestande het, en niemand weet hoe of hoekom nie. Daar is soveel innoverende navorsing wat gedoen word sodat in tien jaar van nou af vandag se kundiges soos Plato in die teenwoordigheid van ʼn breinskanderingsmasjien mag voel.

Sosiale werklikheid gaan nie net oor woorde nie – dit kruip onder jou vel in. As jy dieselfde gebakte goed as ʼn dekadente “cupcake” of ʼn gesonde “muffin” beskou, stel navorsing voor dat jy liggaam dit verskillend metaboliseer. Soortgelyk help die woorde en begrippe van jou kultuur om jou breinbedrading en jou fisiese veranderings gedurende emosie te vorm. Vrylik vertaal uit How Emotions Are Made: The Secret Life of the Brain deur Lisa Feldman Barrett MIKROBES

Jy het omtrent 100 000 mikrobes per vierkante sentimeter van jou vel, en

hulle word nie maklik uitgewis nie. Volgens een studie neem die aantal bakterieë op

jou eintlik toe ná ʼn bad of stort omdat hulle uit die hoekies en gaatjies gespoel word.

Maar selfs wanneer jy sorgvuldig probeer om jouself te reinig, is dit nie maklik nie.

Om ʼn mens se hande ná ʼn mediese ondersoek veilig skoon te maak, vereis deeglike

was met seep en water vir ten minste ʼn volle minuut – ʼn standaard wat in praktiese

terme onbereikbaar is vir iemand wat baie pasiënte hanteer.

Dit is ʼn groot deel van die rede waarom ongeveer twee miljoen Amerikaners elke jaar ernstige infeksie in die hospitaal opdoen (en 90 000 van hulle sterf daarvan). ‘Die grootsteprobleem,’ het Atul Gawande geskryf, ‘is om klinikusse soos

Page 6: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

6

ek sover te kry om die een ding te doen wat die verspreiding van infeksies stop: was ons hande.’ Vrylik vertaal uit The Body deur Bill Bryson

DIE MONARGIE

VORSTELIKE AANHALINGS

Soos Groucho Marx eenkeer gesê het: Enigiemand kan oud word – al wat jy moet doen is om lank genoeg te leef. Elizabeth II 1926 – Britse koningin.

Oor haar passie vir perde: Wanneer ek in die openbaar verskyn, verwag mense dat ek sal runnik, my tande sal kners, die grond met my pote sal kap en my stert sal swaai – waarvan nie een maklik is nie. Anne, Kroonprinses 1950 – Britse prinses.

Ek verklaar hierdie ding as geopen – wat dit ook al is. Prins Philip, Hertog van Edinburgh 1921 – eggenoot van Elizabeth II, by die opening van ʼn aanbouing by die Vancouver stadsaal.

Die ding wat my die meeste van Amerika beïndruk is die manier waarop ouers hulle kinders gehoorsaam. Edward VIII 1894–1972, Britse koning.

Toe Sir Stanley Rous haar gevra het of sy dink enigiemand het goed gespeel in ʼn besondere vervelige sokkerbeker finaal: Ja, die orkes. Elizabeth II 1926 – Britse koningin.

Terwyl sy aan Lord Esher die lyk van haar berugte ontroue man, Koning Edward VII, wys: Nou weet ek ten minste waar hy is! Koningin Alexandra 1844–1925.

Aan ʼn boer wat vir haar gesê het dat hy nie die Britte heeltemal vir die oorname van sy land kon vergeef nie: Ek verstaan dit heeltemal. Ons voel baie dieselfde in Skotland. Koningin Elizabeth, die koningin-moeder 1900–2002.

Dis bloederig oorsee. George VI 1895–1952, Britse koning. Vrylik vertaal uit Oxford Dictionary of Humorous Quotations deur Gyles Brandreth

WYN

REGTIG? ʼn Studie het bevind dat vroue beter wynproewers as mans is, maar dat mans meer emosioneel daaroor is. Dit was die gevolgtrekking ná blinde proe-toetse wat 208 mense betrek het. Dit het geblyk dat vroue beter was in onderskeiding tussen wyne en groter verskille tussen hulle gerapporteer het. Hulle het egter laer ‘emosionele beoordelings’ aan hulle gegee as aan die mans, wat klaarblyklik meer passievol oor hulle was, al kon hulle dit nie so goed proe nie. Die studie het ook bevind dat ouer mense, wat minder smaakknoppies het, ‘meer waarskynlik enige glas wyn sou geniet, ongeag die eienskappe daarvan’. Vrylik vertaal uit: No Such Thing As A Fish. The Book of the Year 2018 (No Such Thing As a Fish) Random House. Kindle-uitgawe.

Page 7: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

7

SUID-AFRIKAANSE SLIM ID EN PASPOORT

BANKE Die Departement van Binnelandse Sake (DBS) sal slim ID en paspoortfasiliteite by meer takke van banke in 2020 implementeer. Die DBS het slim ID-kaarte in 2013 van stapel gestuur. Hierdie kaarte is ʼn moderne alternatief vir die groen ID-boeke – wat uiteindelik uitgefaseer sal word – en bied geoutomatiseerde bevestiging van identiteit. Die E-Binnelandse Sake-stelsel is in 2016 van stapel gestuur en laat Suid-Afrikaners aansoek doen en betaal vir hulle kaart of paspoort op die webwerf van Binnelandse Sake: https://ehome.dha.gov.za/ehomeaffairs Aansoekers kan dan hulle kaarte of paspoorte by ʼn kantoor van Binnelandse Sake of die naaste ondersteunde banktak wat ʼn lewende vasleggingsdiens van Binnelandse sake bied, gaan afhaal. Wanneer ʼn kaart of paspoort gereed is om afgehaal te word, kan dit by een van hierdie banktakke afgehaal word. Gebruikers sal biometriese stawing moet verskaf om hulle dokumente te ontvang. Die proses spaar burgers die moeite om in lang rye by ʼn kantoor van Binnelandse Sake te wag, waar hierdie soort taak meer tydrowend kan wees. Tans is die E-Binnelandse Sake-takke beskikbaar by 16 bankliggings in die land, waarvan die meeste in Gauteng is. MyBroadband het met groot banke in Suid-Afrika gepraat, wat bevestig het dat 19 nuwe liggings in die komende maande bygevoeg sal word. Vir besonderhede oor hierdie banke, gaan na: https://mybroadband.co.za/news/banking/337562-new-south-african-bank-branches-where-you-can-get-your-smart-id-and-passport.html

DSTV

SPORT – ʼn Punt om oor na te dink DSTV word dikwels beskou as ʼn luuksheid wat gesny kan word wanneer tye moeilik is, maar finansiële beplanningskundige, David Kop, het gewaarsku dat hierdie besluit vir sommige mense meer kan kos as wat hulle spaar. Hy het aan Finweek gesê dat hy onlangs beraadslaag het met ʼn kliënt in finansiële moeilikheid en hom aangeraai het om DSTV te sny om geld los te maak. “Ek kon sien dat my kliënt dadelik onsamehangend geraak het, daarom het ek dieper ondersoek ingestel. Dit het geblyk dat hy ʼn massiewe sportentoesias was en moes verseker dat hy sy span lewendig sien speel.” Dit beteken dat as hy nie DSTV tuis het nie, hy na ʼn plek soos ʼn restaurant of kroeg moes gaan om na die wedstryd te kyk. Met duur kos en drankies geassosieer met besoek aan ʼn plek om ʼn wedstryd te kyk, kan dit hom maklik elke maand meer as die DSTV-intekening kos. “Hoewel ek DSTV as ʼn luuksheid beskou het, was dit vir hom sy belangrike vermaak en het hom eintlik geld gespaar,” het Kop gesê.

Page 8: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

8

https://mybroadband.co.za/news/broadcasting/339915-the-dstv-myth.html?source=newsletter

DIGKUNS EN DEMENSIE

KLOP DEMENSIE Verlede September het ek ʼn insetsel, Klop Demensie – Leer Digkuns, ingesluit. ʼn Paar weke gelede het hierdie brief in die The Spectator-tydskrif verskyn (vrylik vertaal): Leer uit jou kop uit Meneer: Gyles Brandreth is reg oor die vreugdes – en, ongetwyfeld, die neurologiese voordele – van gedigte van buite leer (21 Desember). Kan ek ʼn wenk gee aan die Brandreth-kleinkinders en enigiemand anders wat probeer om ʼn paar reëls in hulle breine vas te lê? Skryf die hele ding uit net voordat jy gaan slaap en net nadat jy wakker geword het. Ek het gevind jy ken meer van die gedig wanneer jy wakker word as voordat jy aan die slaap raak. Dit help as dit rym. Dan Hitchens Adjunkdirekteur, Catholic Herald, London EC1

EUROPESE UNIE (EU)

BREXIT In 2000 het Time Magazine ʼn brief van my gepubliseer waarin ek voorspel het dat die Eu teen 2020 sou sien dat ten minste een lid uit sy ondemokratiese wurggreep onttrek. Toe iemand my vra waarom ek so seker is, het ek Winston Churchill se antwoord op Kapt David Niven se vraag – “Waarom dink jy Japan sal binnekort tot die oorlog toetree?” – aangehaal. “Ek bestudeer die geskiedenis.” Ray

DIE 20ste EEU

ANTWOORDE Verlede maand het ek gevra: Watter van hierdie vyf 20ste-eeuse ontwikkelings het na jou mening die meeste skade veroorsaak?

Die straalenjin

Kerntegnologie

Televisie

Rekenaars

Plastiek Ek het nie so baie reaksies gekry as wat ek gehoop het nie, maar dit lyk my die meeste van julle het julle mes in vir televisie en is heeltemal onbesorg oor kern:

Page 9: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

9

VERENIGDE STATE

ONTSPANNINGSAKTIWITEITE Volwassenes in die VSA het in 2019 gemiddels 10.5 togte na die biblioteek gemaak – meer as enige ander ontspanningsaktiwiteit, insluitende besoeke aan die flieks, volgens ʼn nuwe Gallup-meningspeiling. Ongeag die uitbreiding van digitaal-gebaseerde aktiwiteite gedurende die afgelope twee dekades – insluitend digitale boeke, potgooie, lopende vermaakdienste en gevorderde rekenaarspeletjies – het biblioteke uitgehou as ʼn plek wat Amerikaners gemiddeld byna maandeliks besoek. Of dit is omdat hulle dienste soos gratis Wi-Fi, fliekverhurings of aktiwiteite vir kinders bied, word biblioteke die meeste deur jong volwassenes, vroue en lede van huishoudings met ʼn lae inkomste benut

Gemiddeld

Gaan na ʼn biblioteek 10.5

Gaan na ʼn fliek by ʼn fliekteater 5.3

Woon ʼn lewende sportgeleentheid by 4.7

Woon ʼn lewende musiek- of teatergeleentheid by 3.8

Besoek ʼn nasionale of geskiedkundige park 3.7

Besoek ʼn museum 2.5

Besoek ʼn dobbel-kasino 2.5

Besoek ʼn pret- of tema-park 1.5

Besoek ʼn dieretuin 0.9

Page 10: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

10

JOU IDENTITEIT

VSA – Goed wat jy nooit in jou beursie behoort te hou nie

Sosiale sekuriteitskaart

Geboortesertifikaat

Mediese en gesondheidsversekeringskaart

Paspoort

Tjekboek of blanko tjeks

“Password Cheat Sheet” (Wagwoord-verneukblad)

Werk ID-kaart AARP Hoe verskillend is Suid-Afrika! Die meeste van die bogenoemde kan gebruik word om jou identiteit te steel. Nogtans, in SA kan jy skaars asemhaal sonder dat dit nodig is om jou ID-kaart te toon. Wat natuurlik gebruik kan word om jou identiteit te steel. Regtig ʼn bietjie van ʼn kan-nie-wen-nie-situasie. Ray

TEGNOLOGIE

MICROSOFT OFFICE 365 – Gratis in Suid-Afrika Onbekend aan baie Suid-Afrikaners, kan enige burger tussen die ouderdomme van 8 en 24 die Microsoft Office 365-stel en 5TB OneDrive wolkgebaseerde stoorruimte gratis deur die Mahala.ms portaal kry. Die Mahala.ms-portaal is ʼn vennootskap tussen Microsoft Suid-Afrika, Penguin, Lava Lamb Lab, en NBConsult wat die eerste keer in Mei 2017 geloods is. Die doelwit van die diens is om leerders van graad R tot 12 in staat te stel om meer produktief en beter voorbereid vir die volgende fase in hulle akademiese loopbane of die werkplek te word. Deur die Mahala.ms-diens kan gebruikers gratis Microsoft lisensies vir al hulle toestelle aktiveer, insluitend hulle PR, Mac, mobiele foon, of tablet. Die gratis Microsoft Office 365-stel sluit Word, PowerPoint, OneNote, Outlook en Excel in, asook gratis OneDrive aanlyn-stoorruimte. Microsoft Suid-Afrika se Lionel Moyal sê die Mahala.ms-portaal hou die potensiaal in om die lotgevalle van miljoene jong Suid-Afrikaners te verander deur hulle toegang tot Office 365 te gee. Hoe om Microsoft Office 365 gratis te kry Om voordeel uit die gratis Microsoft Office 365-stel en 5TB OneDrive-aanbod te trek, volg die stappe hier onder:

1. Gaan na https://mahala.ms/signup/ op jou rekenaar of mobiele foon 2. Voltooi al die areas en klik op “Sign Me Up”. 3. Jy sal ʼn verwelkomings-e-pos ontvang met jou Mahala.ms gebruikersnaam en

wagwoord. Gebruik hierdie besonderhede om Office 365 en OneDrive gratis te kry.

Page 11: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

11

Die verwelkomings-e-pos bevat skakels na die Microsoft Office 365 mobiele toeps vir Android, iOS en Windows Phone. Windows- en Mac-gebruikers kan aanteken op http://portal.office.com en klik “Install Office 365” om die lessenaar-weergawe van Office en OneDrive te kry. https://mybroadband.co.za/news/software/337694-get-microsoft-office-365-for-free-in-south-africa.html?source=newsletter

SAVA-DIENSTE

SPECSAVERS Hulle 2020-aanbod is op die SAVA-webtuiste: https://www.saarp.net/images/spec-savers/Pensioners%20DL%20SAARP%20Website.pdf IGVD-VORM – In geval van dood Die dood van ʼn geliefde is ʼn stresvolle gebeurtenis. Verminder daardie stres deur hierdie vorm te voltooi, wat ontwerp is om

te verseker dat geliefdes die inligting het wat nodig is om jou wense by jou begrafnis uit te voer;

te verseker dat die nodige wagwoorde, rekeningnommers en mediese hulp-besonderhede beskikbaar is;

te verseker dat jou testament gevind kan word; te verseker dat geen familietwiste oor klein aangeleenthede ontstaan

wanneer jy sterf nie; te verseker dat jy weet wie om te kontak en ingelig te bly; aan die eksekuteur van die boedel te gee sodat ʼn volledige en nuwe stel

gedetailleerde inligting beskikbaar is; te verseker dat jou lewensmaat in hierdie tyd deur die minimum trauma en

stres geplaas word – korrekte en akkurate inligting is geredelik beskikbaar. Laai ʼn kopie hier af: https://www.saarp.net/benefits/icod Gaan asseblief na www.saarp.net en klik op die Voordele-blad om ons reeks dienste vir lede te sien:

SAVA-NUUS

LIDMAATSKAP In 2019 het lidmaatskap met 23 persent teenoor 2018 toegeneem. Twee derdes van nuwe lede merk steeds “Mondelings” as hulle bekendstelling aan die SAVA.

Page 12: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

12

TERUGVOER VAN LEDE Januarie-nuusbrief

Ek geniet altyd jou nuusbriewe, maar jou laaste een was regtig uitsonderlik vermaaklik en insiggewend.

Net ʼn nota om jou geluk te wens met jou uitstekende SAVA-nuusbrief.

Ek gaan ʼn lesing by die Silvermine-dorp se SAVA-groep gee – het nie geweet die SAVA het hierdie pyl op sy boog nie.

Ek is ʼn lid van die SAVA en geniet jou nuusbriewe. Dankie.

Net ʼn kort briefie om met SAVA te deel watter wonderlike en ontspannende vakansie ons by die Breakers by Umhlanga gehad het. Dit was perfekte tydsberekening omdat die weer ongelooflik was, en die Breakers-oord is absoluut puik.

Baie dankie vir die geleentheid wat ons gegun is om ʼn bekostigbare en baie genotvolle vakansie te hê.

Ek het nou-die-dag ʼn “seniors” snoek en skyfies gesien vir R44.00 (in plaas van R77.00). Ek het gedink: “Ja, ek het my strepe verdien”, en toe my ID getoon en die maaltyd gekoop terwyl die jonger lede van ons geselskap my geterg het, maar steeds die volle bedrag betaal het... Sien uit na die kaart en verdere korting vir seniors. Ek sal ook ʼn oog op die webtuiste hou.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

SAVA, sy verskaffers, uitgewer, drukker en bydraers het geen bedoeling om spesifieke mediese of ander advies te voorsien nie, maar mag lesers eerder voorsien van inligting ingevolge sy regte onder die Konstitusie van Suid-Afrika. Inligting wat hier verskaf word, is nie 'n plaasvervanger vir professionele advies van enige aard nie, meer spesifiek mediese advies, sorg, diagnose of behandeling. Dit is ook nie ontwerp om enige mediese praktyk of behandeling, program of produk wat in die redaksionele inhoud van die Bulletin of webtuiste of soortgelyke platform geadverteer of genoem word, te bevorder of te onderskryf nie. Bykomend en soortgelyk bied SAVA nie professionele advies op enige terrein aan nie, insluitende maar nie beperk nie tot regsake en finansies. In alle gevalle, sou lesers advies benodig, behoort hulle 'n behoorlik geakkrediteerde en gekwalifiseerde spesialis op die terrein te raadpleeg.

Page 13: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

13

ALLEDAAGSHEDE

BROKKIES

In die malle najaging van oorvloedige kommoditeite het die mensdom die rede en doel van die lewe heeltemal vergeet en het selfs begin om nuwe behoeftes te bedink om die oneweredige hoeveelheid tyd wat by die werk spandeer word om onnodige kommoditeite te vervaardig, te regverdig. Aristotle’s Way deur Edith Hall

Baie mense het ʼn ‘bucket list’ – ʼn lys van uitsonderlike ervarings wat hulle wil hê voordat hulle sterf. Gedagtes oor eenmaal-in-‘n-leeftyd-avonture kan intimiderend wees, maar as die amptelike boek van die jaar, Killjoy, is ek hier om te sê: moet jou nie daaroor bekommer nie. As jy nie ʼn uitputtende avontuur-afmerklys het nie, mis jy niks anders as ʼn klomp toustanery en moeite en ergernis. Jy behoort tuis te bly met ʼn koppie koffie en ʼn lekker wors. Dit is baie belangriker om ʼn lys van uitputtende ervarings te hê wat jy moet vermy. Die boek van die jaar 2019 (No Such Thing as a Fish)

Krygsvoorrade van die tweede wêreldoorlog is steeds ʼn groot probleem regoor Europa. Slegs in Mei 2019 is plofstowwe van die Geallieerdes gevind in Cologne, Berlyn, Hamburg, Stuttgart, Augsburg, Dortmund, Essen, Münster, Halle, Rheinberg, Bochum, Potsdam, Freiburg im Breisgau, Xanten, Erfurt and Gelsenkirchen. Die boek van die jaar 2019 (No Such Thing as a Fish)

LEWE Almal blyk sterk menings oor my troue te hê. My pa dink ons behoort te doen wat mense in sy tyd gedoen het: kerkdiens; glas sjampanje; toespraak deur die pa van die bruid; strooijonker-heildronk; koppie tee; stukkie koek; bruid en bruidegom vertrek; gaste ‘maak spore’ – drie ure maksimum. Cressida Bonas Ek stem 102.67% saam met haar pa. Ray GHOLFSPELERS – Julle sal dit geniet Niemand kan ontken dat Donald lief is vir sy gholf nie. As hy in 2020 herkies word, sal die koste van sy gholfritte vir die VSA-belastingbetalers waarskynlik $340 miljoen beloop. En dit is ongeag die feit dat hy ʼn $50 000 gholfsimuleerder in sy privaatkwartiere by die Wit Huis geïnstalleer het. As jy hom wil bereik, is die gholfbaan so goed soos enige ander plek; daarom het Greenpeace ʼn hangvlieër met die banier ‘Trump: Well Below Par’ ('Trump: Goed onder baansyfer') om oor een te vlieg. Wat hulle nie besef nie, is dat om in gholf onder baansyfer (‘below par’) te wees, presies dit is waarna elke speler streef – en Trump weet dit natuurlik. In reaksie, toe hy vertel is van die bedoelde belediging, het hy gesê: ‘Mooi, ek WIL onder baansyfer wees.”

Page 14: SAVA NUUSBRIEF Nommer 158 Maart 2020 As uitgawe onttrek ... · 5. Slaap in algehele donkerte. Die dra van ʼn oogmasker is nie genoeg nie. Kry donker gordyne as enige kunsmatige lig

14

VLIEG Vliegtuie het veiliger geword omdat, in die vroeër tye, die ontwerpers hulle eie toetsvlieëniers was. Dit het die outomatiese voordeel gehad dat van swak ontwerpe ontslae geraak is. SKAAK So ʼn uitgebreide vermorsing van menslike intelligensie as wat jy op enige plek buite ʼn advertensie-agentskap kan vind. On chess deur Raymond Chandler 1888–1959, Amerikaanse skrywer Life’s too short for chess deur H. J. Byron 1835–84, Engelse dramaturg GOEIE PUNT Ek het gelees oor ʼn Eskimo-jagter wat vir die plaaslike sendeling-priester gevra het: “As ek nie van God en sonde geweet het nie, sou ek hel toe gegaan het?” “Nee,” het die priester gesê, “nie as jy nie geweet het nie.” “Maar hoekom het jy dan vir my vertel?” het die Eskimo ernstig gevra. Annie Dillard 1945 – Amerikaanse skrywer STOF TOT NADENKE Wanneer mense fanaties toegewyd is aan politieke of godsdienstige gelowe of enige ander soort dogmas of doelstellings, is dit altyd omdat hierdie dogmas of doelstellings betwyfel word. Robert M. Pirsig, skrywer en filosoof(1928-2017) Ray Hattingh NS Baie van die geskiedenis is ʼn reeks barbaarse dade wat een groep mense teenoor ʼn ander gepleeg het. Danksy die media, Internet en sosiale media is die uiterste fisiese wreedheid en brutaliteit deur verstandelike en sielkundige barbaarsheid vervang.

Kontak ons by SAVA Tel: 021 592 1279 Faks: 021 592 1284

Skakel ons en ons sal u terugskakel om u telefoonkoste te spaar

E-pos: [email protected]

Of sien dit alles by www.saarp.net

voeg lewe tot jou jare toe