saam met god onder ‘n b ons wil graag ‘n spesiale...

11
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 13 Oktober 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 / Frans Oosthuizen 082 859 2092 ROOIKERK-EREDIENSTE Sondagoggend 09:00 Hannes Teks: Lukas 17:1-19 Tema: Die laaste sien van die blikkan- tien. 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug- Omgeegroepe Sondagaand 18:00 Frans Teks: 1 Konings 19 Tema: Saam met God onder ‘n be- sembos. Voel dit soms vir jou asof God jou verlaat het; dat die lewe net nie werk soos wat jy gedink het nie? Sênou net die Here wil jou vanaand ont- moet om jou hoop te gee, juis in jou huidige situasie? KOM! Deurkollekte: Carpe Diem Volgende jaar is die gemeente 50 jaar oud. Ons wil graag ‘n spesiale geleentheid van hierdie feesviering maak. Almal wat betrokke wil raak of vir ons kan help met stories, geskiedenis, ou foto’s, lidmate wat van die begin af en steeds in die gemeente is, kontak asseblief die kantoor. WELKOM Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwe- lidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank. DOOPGELEENTHEID Baie geluk André en Jeanette du Plessis met die doop van Andrétté en Jean-Marie vanoggend.

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar

– 1

3 O

kto

ber

20

19

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 /

Frans Oosthuizen 082 859 2092

ROOIKERK-EREDIENSTE

Sondagoggend 09:00 Hannes Teks: Lukas 17:1-19 Tema: Die laaste sien van die blikkan-

tien.

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-

Omgeegroepe

Sondagaand 18:00 Frans Teks: 1 Konings 19 Tema: Saam met God onder ‘n be-

sembos. Voel dit soms vir jou asof God jou verlaat het; dat die lewe net nie werk soos wat jy gedink het nie? Sênou net die Here wil jou vanaand ont-moet om jou hoop te gee, juis in jou huidige situasie? KOM!

Deurkollekte: Carpe Diem

Volgende jaar is die gemeente

50 jaar oud.

Ons wil graag ‘n spesiale geleentheid van hierdie

feesviering maak. Almal wat betrokke wil raak of vir ons kan help met stories,

geskiedenis, ou foto’s, lidmate wat van die begin af en steeds in die gemeente

is, kontak asseblief die kantoor.

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwe-

lidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank.

DOOPGELEENTHEID

Baie geluk André en Jeanette du Plessis met die doop van

Andrétté en Jean-Marie vanoggend.

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.

13 Okt Miekela J v Rensburg Conrad Nel Charlotte Steyn 14 Okt Trynie De La Rey Ben Groenewald Cobus Uitenweerde Elsie Van Biljon Fanie Van Biljon 15 Okt Renier Horn Anne-Marie Killian Johan Kruger 16 Okt Marthinus Buurman Suné Kotzé 17 Okt Johannes Möller Ilzette Nel Jaco Van Zyl Handré Visagie 18 Okt Kobus Le Roux Annette Maree Marlene Oosthuizen 19 Okt Johann Beylefeld Stephan Killian Elsabé Roberts

LIEF EN LEED

Mauritz Roodt sterk tuis aan en stap reeds weer mooi.

Connie Bruwer is tans in ICU in ‘n Durbanse Hospitaal. Hy het ‘n operasie ondergaan. Ons dink aan hom en sy familie in ons gebede.

Ons bid vir elkeen wat siek is ʼn spoedige herstel toe en dat jy tydens jou siekwees, sterker sal word en gou weer al jou energie sal terugkry.

Ons dink ook aan Jaco en Lelanie Jansen van Rensburg en gesin met heengaan van Lelanie se ma. Die begrafnis was die afgelope week.

Hospitaalbediening:

Baie dankie aan elkeen wat reageer het op ons versoek. Ons het nou ‘n span omgee-harte wat die verskillende hospitale kan bedien. Kontak asb steeds die kerkkantoor indien u weet van iemand wat wat iewers opgeneem is.

SOPKOMBUIS Enige bestandele-skenkings vir die

kook van sop, sal opreg waardeer word.

Gerda of Esmé kan gekontak word.

Baie dankie aan oom Luther Moolman vir die netjiese snoei van

die kerktuin se bome.

KOFFIEKROEG-KERK:

Aangesien die bywoning heelwat minder tydens die aanddienste en veral in skoolvakansies is, beplan ons om vanaf 1 Desember vanjaar ons aanddienste in ‘n meer infor-mele styl te hou. Dit sal in die koffiekroeg plaasvind en ook ‘n saamgesels-karakter hê. Ons nooi almal om dit asseblief by te woon en saam met die Rooikerk-Striata familie te kom kuier om die Woord.

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2019 - 30 SEPTEMBER 2019 (Striata ingesluit)

Begroot vir die

jaar

Begroot tot op datum

Werklik tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE -2,894,028.73

-1,657,683.46 -1,539,431.14 -118,252.32

Min: UITGAWES 2,894,028.73 1,691,405.70 1,439,042.94 252,362.76

* Bedryfsuitgawes 920,602.70 537,018.24 393,679.14 143,339.10

* Gemeente Visie / Sending en Uitreikaksies

425,630.00 252,375.83 167,206.33 85,169.50

* Salarisse en Lone 1,547,796.03 902,011.63 878,157.47 23,854.16

(-Tekort) / Surplus 0.00 -33,722.24 100,388.20

September, Oktober en November se spesiale koevertinsameling gaan vir TIENDEMAAND-DANKOFFERS vir ons drie gestuurde

uitdagings.

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

NUWE BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: NG KERK UNIVERSITAS WES Bank: NEDBANK Rekeningnr: 1187847283 Takkode: 198765 Maak asb seker u gebruik die nuwe bankbesonderhede vir enige inbetalings

Indien jy nog nie die Kandelaar weekliks in

jou e-pos ontvang nie, of jou e-pos adres het dalk

verander, stuur asb ʼn e-pos aan

[email protected].

KLEUTERKERK

Al ons kleutermaatjies (ouderdom 2 tot 5 jaar), word uitgenooi om saam te kom kuier by ons eie Kleuterkerk. Sodra Hannes tydens die Erediens die kindermoment afgehandel het, sal ek saam met die kleuters uit beweeg. Ons begin vanaf Sondag 20 Oktober . Belangstellendes kan my by die inligtingstoonbank kom sien na die Erediens.

Marietjie Daffue

GEMEENTE-FOTO:

Ons wil graag ‘n gemeente-foto neem vir ons kalender van volgende jaar. Dit sal na afloop van die erdiens gebeur en die datums vir die groot geleentheid is:

Striata: 20 Oktober

Rooikerk: 3 November

Onthou jul mooiste glimlag (en “lipstiek”, “brilkriem”, “gel” of wat ookal nodig is…)

“Smile!!”

Bring asb alle oortollige plastiek-inkopiesakke na die kerkkantoor. Die sakke word benodig vir ‘n gevangenis-projek waar dit gebruik word om matte te maak.

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Gebedsbediening

“Geloof is vertroue in God en sy optrede in my lewe. Die heerlikste vrug van Chris-telike geloof is die sekerheid van God se lewende teenwoordigheid en die wete dat Hy jou onvoorwaardelik liefhet. Hiermee val alles wat in jou lewe gebeur, sinvol in sy regte plek en leef jy as oorwinnaar.”

Solly Ozrovech

Rooikerk-Dagboek Oktober en November 2019

17 Oktober GEEN 1-DAG-STILWEESRETRAITE

27 Oktober 10de maand Dankofferinsameling

Hervormingsondag

1 November Diensgroepe se verslae moet ingedien wees.

3 November Nagmaal

10 November 19:15 Leiersbyeenkoms

17 November 09:00 Roepingsfees 18:00 Kerssangfees

24 November Leiersbevestiging

Preekwerkgroep - Maandae om 18:30. Spiritualiteitskursus I - Maandae om 17:30

Jakobregop- en Afrikanersaadjies:

Indien jy dalkies van bogenoemde blom-saad geoes het en vir Ernst kan skenk vir die Gedenktuin, sal dit baie waardeer word!

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Lappop is ‘n

fondsinsamelingsprojek vir Engo,

waaronder Carpe Diem val. Kom

geniet dit saam met Jak de

Priester. Kaartjies te koop by

Esmè (Rooikerk Finans-kantoor)

en Engo-kantore.

Streek Noord-Afrika

Leier President Beji Caid Essebsi Bevolking 11 659 000

Christen 0.2% Meederheidsgeloof Islam

Regering Parlementêre Republiek Ranglysposisie 37

Punte 63 Vorige Ranglysposisie 30

Vorige Punte 62 Tunisiese Christene geniet nie dieselfde geleenthede as die Moslemse meerderheid nie. Die toenemende invloed van Islamitiese ideologie, wat ekstremisties van aard is, verhoog die vyandige gesindheid teenoor Christene. Christene wat openlik van hul geloof getuig kan hul werk verloor, deur hul vriende en familie versaak word en die slagoffers van mishandeling wees.

Bid: Vir Christene vanuit ʼn Moslemagtergrond om die druk om tot Islam terug te keer te weerstaan.

#37 Tunisië

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

ROOIWARM KERSMARK

Liewe gemeente, ná die sukses van die Rooiwarm Wintersmark stel ons met trots die Rooiwarm Kersmark (wat die Rooihartmark sal vervang) bekend.

Die geld wat ingesamel word sal proporsioneel gedeel word tussen liefdadigheid en opknappingswerk by die kerk.

Ons het baie hulp, skenkings en hande nodig om die mark ‘n sukses te maak. ‘n Lys van items wat benodig word vir die mark sal teen volgende week beskikbaar wees.

Vir verdere inligting kontak Sally 081 305 8675.

VAKANTE LEIERSPOSISIE

Die Vrouediens-leiersposisie sal vanaf 1 November 2019 vakant wees. Die Vrouediens benodig iemand

wat na vore sal tree om die leisels oor te neem.

Raak stil en bid daaroor of dié dalk JOU roeping is……

ROOIWARM KERSMARK.

Sally Joubert benodig die vol-gende kleure olieverf. Indien daar dalkies iewers ‘n halwe of vol blikkie by die huis rondstaan:

Rooi, wit, goud en silwer.

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

“As dit nie vir die Here was nie!/?“

Vandag: 11 Oktober 2019

Vanoggend se erediens word gelei deur Frans Oosthuizen

Teks: 2 Korintiërs 8:1-15

Tema: Miswurms kan vriende wees

Die gemeente in Masedonië was klein, arm en onderdruk. Tog dra hulle bo verwagting by daartoe om met blydskap, die nood van gelowiges in Judea te verlig. Jy hoef nie ryk, belangrik, jonk, vaardig, ensovoorts te wees sodat God jou kan gebruik nie. Jy is uniek en spesiaal! God het ʼn plek vir jou waar Hy deur jou ʼn impak kan maak. Jy het reg gehoor! Jy kan nie ʼn verskil maak nie, maar God kan en wil deur jou dinge doen wat ander nie gedink het gedoen kan word nie! ʼn Miswurm, op die regte plek (komposhoop of aan ʼn hoek), kan jou vriend wees! Mag God se liefde jou so vervul dat dit sal oorloop in dade van diens.

GELUK MET JOU VERJAARSDAG

Mag jy elke dag met humor en hoop leef; mag jy dit wat jy doen geniet; en mag jy altyd die liefde liefhê. Dan behoort jy nie net gelukkig te wees nie, maar ook blymoedig in die uitleef van liefde. Mooi jaar vir jou in Gods liefdevolle teenwoordigheid word jou toegebid!

15 Okt Janet Coetzee

17 Okt Toekie Deetlefs

Lees ook op bl 2 (Rooikerk se aanddiens

vanaf Desember) en bl 4 (Gemeentefoto).

Die finansies word op bl 3 bespreek.

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

`

Voorbidding & Gebed

“Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking” Jakobus 5:16

Gebed is om uit te reik na ‘n stukkende wêreld en te sê: “Ek gee om, God gee om.”

Met die toestand in die land in gedagte, besef ons terdeë hoe belangrik gebed juis nou is. Ons vertrou dat die begeerte om ‘n gebedsaksie te loods waardeur gelowiges gemobiliseer kan word om saam te bid, van die Here af kom. Kom bid saam oor aktuele sake. Maandag, 21 Oktober om 10:00 by Striata H47 (Hennie van Niekerk se huis).

Die wonder van gebed

Ons gebede word nie net beantwoord as ons kry wat ons gevra het nie, maar ook as ons uitgedaag word om te wees wat ons kan

wees. Morris Alders

Progam vir die week

Dinsdag: Bybelstudie 10:00 in die saal. Almal is welkom. Kom ervaar God se teenwoordigheid wanneer ons na God en mekaar luister. God werk met ons uit Johannes 3 vanaf vers 31-36. Moet dit nie mis nie!

Woensdag: Wyksbyeenkoms 14:30 in die saal: Wyk 3 (Annaleen en Hannetjie).

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VOOR ʼn KEUSE – Amelia Wessels

Vir een met hartsbegeertes, stuur ek nou ʼn red gebed.

Vanuit die Hemelstrook, sien Hy jou nood.

Open jou hart, dierbare mens, vir Hom, voor die dood.

ʼn Kruishout gesleep oor Via Dolorosa. Jesus sonder sonde, vir ons gemartel, met minagting bejeën, gespot, verstote my Koning Logos vergewe, deur gebed.

Sonder sonde is God se Seun ʼn offer; met sweepslae, doringkroon en kruishout, ʼn genade seën, Seun vir die mensdom.

In diè jaar, nou, 2019, hartsverskeurend, wonder mens – die blik in die oë van Moeder Maria; mensdom.

Pontius Pilatus het veroordeel, God het geweet hier, sonder ʼn traan offer, sal sondige mense geen verlossing en Paradys kan bereik.

Vader, laat die beker net verbygaan; smekend mens, ook Jesus Heilige; soldate slaan die doringkroon!

Vasgespyker op Golgota, leweloos, stil, vra vir “water”, maak sondaars Hom ʼn bespotting; “asyn lap”.

Spykers versin die erge pyn; bloed oral van die hoof tot by die voete, sweepslae, die tempel se voorhangsel skeur. Die Bybel wil ek lees.

Die Heilige Skrif vertel: Geen jota of titel om te verander, wil deel vir ons ʼn Red Gebed: ʼn Seun verlos ons.

Yeshua neem uit ons lewe oopgevlek, ontrou voor U, gee ons ʼn ewige hart, verlos ons van enige bose, neem aan ons daaglikse blydskap so gering, plaas ons in U kring, Prys U Heilige naam!

Amen

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Paar los gedagtes rondom die tema

Laat ons aan God ʼn groot applous gee. Ek het die laaste bladsy van die Bybel gesien en alles gaan goed afloop.

Mense sal bly vis in ʼn ander se verlede. So is ons nou maar. Die enigste Een wat dit nie doen nie, is God. Hy weet immers al lankal alles van ons stommiteite en hof niks uit te vis nie. Hy loop ons nie agterna met ons verlede nie. Hy loop voor ons uit met ons toekoms.

Dit mag wees dat Jesus more weer kom. Dan sal ons met die grootste vreugde ophou werk vir ʼn beter toekoms. Maar nie ʼn dag vroeër nie. Bonhoeffer (1905-1945). Dietrich Bonhoeffer was 'n Duitse pastoor, teoloog, anti-Nazi rebel en 'n belangrike stigterslid van die Confessing Church. Hy is op 9 April 1945 in Flossenburg konsentrasiekamp, Duitsland, tereggestel.