sa riglyne vir ram groei en woltoetse op die plaas …4 5.2 dit is verpligtend om geboortedatums...

7
SA STUDBOOK RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS Tel: 051-4100900 | E-mail: [email protected] Februarie 2015

Upload: others

Post on 17-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

SA

STUDBOOK

RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS

Tel: 051-4100900 | E-mail: [email protected] Februarie 2015

Page 2: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

2

RIGLYNE VIR RAM GROEI, VOEROMSET EN WOLTOETSE OP PLAAS

1. DOEL:

Om prestasie van ramme wetenskaplik en so akkuraat moontlik te evalueer, onder

realistiese kommersiële toestande en volgens Suid-Afrikaanse produksie sisteme.

Ramgroeitoetse is daar om die genetiese potensiaal van ramme se groei en die

doeltreffendheid daarvan so akkuraat as moontlik te identifiseer onder

verskillende gekontroleerde voedingstoestande. Diere moet verkieslik geëvalueer

word onder dieselfde toestande as waar die nageslag binne hul produksie-sisteem

moet presteer. Ramgroeitoetse dien ook terselfdertyd as ‘n gekontroleerde

grootmaakproses van jong ramme.

2. TIPE EVALUASIES:

2.1 Ramgroeitoets met voerinnames ( Voeromset bepaling van indivuduele diere)

2.2 Veelkudde Ramgroeitoetse ( Bv Groep telers of Klub - Veldramprojekte)

2.3 Enkelkudde Ramgroeitoetse. (‘n teler evalueer en maak sy ramme groot op

voedingtoestande van sy keuse ).

3. METODE:

Enkelkudde en Veldram groeitoetse en voeromsetbepaling blyk die drie algemene keuses

te wees wat uitgeoefen word. Vir Veld ramprojekte kom jong ramme by ‘n sentrale punt

byeen sodat groeitoetse onder eenderse toestande uitgevoer kan word. Vir telers wat nie

blootstelling aan Ramprojekte het nie, kan Enkelkudde Ramgroeitoetse uitgevoer word

waar die teler sy eie voedings- regime en kontemporêre groep daarstel.Vir

voeromsetbepaling word voerinnames by n elektroniese toetsstasie aangeteken ,andersin

word elke ram se voerinname individueeel in hokkies bepaal. Vir betekenisvolle

evaluasie, moet die ramme wat met mekaar vergelyk word se ouderdomme en gewig so

min as wat prakties moontlik van mekaar verskil. Na afloop van die evaluasie kan ‘n

objektiewe seleksie maatstaf verkry word en hul genetiese potensiaal volgens

wetenskaplike gefundeerde teelwaardes en indekse beraam word.

4. TOETSPROSEDURES

4.1 ‘n Teler moet ‘n ingeskrewe opbetaalde lid van sy betrokke Skaaptelersgenootskap en S.A.

Stamboek wees.

4.2.1 Ouderdom by inname: Ramme moet tussen 4 - 6 maande (120 – 180 dae)vir

ekstensiewe toetse wees.

4.2.2 Ouderdom by inname: Ramme moet tussen 3 -5 maande (90 – 150 dae)vir

intensiewe toetse wees.

4.2.3 Ouderdom by inname: Ramme moet tussen 2 -5 maande (60 – 150 dae)vir

voeromset toetse wees

4.3 Lengte van voor-toets periode (aanpassing): Ramme moet vir ’n minimum van twee

weke (14 dae) en maksimum van vier weke (28 dae)voor toetsing aangepas word.

Page 3: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

3

4.4 Toetslengte: minimum van 150 dae vir Veldramprojekte. Vir Enkelkudde ramgroeitoetse,

waar ‘n hoër voedingspeil gehandhaaf word, kan die periode so kort as 42 dae wees. Vir

Voerinname bepaling 28- 42 dae

4.5 Ouderdomsverskil: Ramme moet nie meer as 2 maande (60 dae) in ouderdom verskil nie.

4.6 Gewigsverskil by aankoms: Ramme moet nie meer as 15 kg in gewig verskil nie.

4.7 Minimum en maksimum gewigte per ras(vir ramprojekte) bv

Dorper 35 – 48 kg

Merino 35 – 50 kg

Meatmaster 30 – 45 kg

By enkelkudde toetse word die hele speengroep blootgestel word.

4.8 Groepgrootte: so groot as moontlik, met ‘n minimum van 20 ramme. Vir rasse wat

veilings wil hou na afloop van die evaluasie,moet daar verkieslik meer as 80 ramme wees.

4.9 Ramme moet op ‘n gereelde basis bv. maandeliks by ramprojekte en twee-weekliks by

Enkelkudde groeitoetse, geweeg word. Begin en eindgewigte plus nog 3 interim gewigte

vir Veldram- toetse moet geneem word.

4.10 Voerinname van elke ram moet deeglik van rekord gehou word by voeromset evaluering.

4.11 Toetse moet in samewerking met adviseur van SA Stamboek uitgevoer word, vir die

amptelike beskikbaarstelling van prestasie- data. By Veldramprojekte waar die adviseur

van SA Stamboek nie tydens weging teenwoordig kan wees nie, moet ten minste een

bestuurslid saam met die projekbestuurder teenwoordig wees. By Enkelkudde

groeitoetse moet n adviseur van SA Stamboek teenwoordig wees

4.12 Enige ram wat tydens die projek siek of ernstig beseer raak en wat ‘n risiko vir die groep

kan inhou, moet onmiddelik uit die groep verwyder word.

4.13 Toename/gram per dag: die gemiddeld van die groep moet met ‘n minimum van 8 kg vir

die toetsperiode of 50 gram per dag groei, om amptelike erkenning te kan verkry. Vir

Veldramprojekte in droë jare kan ‘n addisionele aanvulling gegee word, sodat minimum

vereistes bereik kan word.Tien kg toename en meer verbeter die akkuraatheid van die

toets.Tien kilogram en meer vir voerinname .

4.14 Die toetsprosedure, voeding en bestuur moet deeglik beplan word om maksimum groei

onder verskillende toestande te verseker.

4.15 ‘n Volledige lys van alle diere met volledige identifikasie, asook projeknommer indien

nodig, met geboortedatums en betrokke massas moet ingedien word by SA Stamboek.

4.16 By Enkelkudde groeitoets sal die adviseur die data laai vir verwerking. By Veldram

projekte moet data elektronies aan SA Stamboek gestuur in’ n spesifieke formaat. Stuur

data vir [email protected]

5. TOETSREGULASIES

5.1 Amptelike metode van identifikasie

Die volgende metodes van dier identifikasie word aanbeveel:

bv. Stoetnr/KKM + Jaar van geboorte + Volgnommer = ID

5571 + 12 + 0123 = 5571120123

Bv. SWV + 12 + 0123 = SWV 120123

Page 4: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

4

5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek

in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus van die lammmers moet ook aangedui

word.

5.3 Speengewigte moet voor die aanvang van ‘n toets ingedien wees op LOGIX elektronies

of in papier formaat by SA Stamboek

5.3 Ramme moet, in samewerking met SA Stamboek in groepe volgens geboortedatum en

begin gewigte by aanvang van die toets, ingedeel word.

5.4 By Veldramprojekte moet ramme voor inname geïmuniseer wees teen bloednier en

pasturella. Ramme moet nie meer soos in die verlede wéér ‘n keer vir Brucella Ovis met

Rev 1, gespuit word nie. Geen ramme wat ouer as 3 maande is, moet met Rev 1 gespuit

word nie. Sertifikate vir ‘n skoon kudde vir Brucella Ovis, moet ook die ramme vergesel.

- Ramme met absesse, vuilbek, sweerklou, omlope, vrotpootjie of enige sigbare siekte

sal nie vir inname aanvaar word nie.

- Ramme moet voor inname volgens rasstandaarde gekeur word.

- Skriftelike dokumentasie waarop die diere geïdentifiseer is, moet aan die

veldrambestuurder by inname gegee word. Daarna kan ‘n skriftelik ooreenkoms

tussen die teler en die veldrambestuurder aangegaan word, waarna die ramme eers

vir toetsing aanvaar sal word.

6. WOLTOETSPROSEDURES

6.1 Aanpassingsperiode

Die lammers wat binne die toelatingsmassa-grense geval het, moet so gou as moontlik na

toelating geskeer word en daarna onder dieselfde voedings-/omgewingstoestande vir ‘n

aanpassingsperiode van 28 dae gehou word.

6.2 Toetsperiodes

Woltoetsperiode

Die woltoetsperiode van ‘n minimum periode van 180 dae begin op die dag wanneer

lammers geskeer is ,dus net na toelating.

Ramme moet in slegs een bestuursgroep wees en moet te alle tye in dieselfde trop

en aan dieselfde bestuur blootgestel wees.

‘n Minimum toetsgroep-grootte van 20 ramme word vereis

6.3 Insameling van wolproduksie data

Wolmonster

Die grootte van die midrib-monster moet minstens 30 gram wees. Alle wolmonsters

moet op die korrekte midrib-posisie geneem word.

Liggaamsmassa

Beginmassa, asook ‘n afsluitings liggaamsmassa, na verloop van ‘n minimum periode

van 150 dae, word benodig. Liggaamsmassas moet in beide voormelde tye op ‘n

12 uur-leë-pensinhoud (ingekraalde toestande sonder enige kos of water) geneem

word

Page 5: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

5

Vagmassa

Weeg alle wol (miskloste uitgesluit) tot minstens 0.1 kg akkuraat na afloop van ‘n

minimum wolgroei-periode van 180 dae. (Akkurate vagweging is baie belangrik)

Met versending van wolmonsters moet seker gemaak word dat BESENDINGS

INLIGTING asook MONSTER INLIGTING volledig voltooi word en tesame met die

wolmonsters versend word. (Hou afskrif in veilige bewaring)

BESENDINGS INLIGTING

Alle besonderhede van die teler/ klub moet voltooi word – maak seker dat die e-

pos adres,waarheen die verwerkte data gestuur moet word, voltooi is.

Maak seker datdie toetse wat verlang word duidelik aangedui is – dit word

aanbeveel dat die blokkies vir veseldikte, skoonopbrengs en stapellengte, gemerk

word.

MONSTER INLIGTING

Voltooi die bladsy nommer en aantal bladsye wat inligting bevat.

Voltooi die naam van klub

Voltooi die twee datums waarop diere geskeer is.

Voltooi die twee datums (Beginmassa & Afsluitmassa – beide op 12 uur- leë-

pensinhoud) waarop diere se masssas geweeg is.

Verskaf net ‘n nommer, in numeriese formaat, om die aantal diere aan te dui.

Verskaf die dier ID Nommer, van elke dier soos van toepassing by die ramklub. Om

verwarringuit te skakel, moet geen toetsnommers van diere in die klub ingestuur

word nie.

Die begin liggaamsmassa van elke dier, tot naaste 0.5 kg,moet ingevul word.

Die afsluit liggaamsmassa van elke dier, tot naaste 0.5 kg,moet ingevul word.

Die ruvagmassa van elke dier, tot naaste 0.1 kg,moet ingevul word.

By die graad veld moet die toegekende punte vir wol (eerste) en bouvorm

(tweede), direk langs mekaar, ingevul word.

Elke dier se wolmonster, asook ingesamelde data, moet versend word na:

PER POS :

S.A Woltoetsburo

Posbus 1867

PORT ELIZABETH, 6000

PER KOERIER :

S. A Woltoetsburo

H/v Gomery Avenue en University Way

Summerstrand

PORT ELIZABETH, 6000

Page 6: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

6

S. A Woltoetsburo se ander besonderhede as volg nl.:

Kontakpersoon: Johan Barkhuizen

Telefoonnommer: 0415036600

e-pos adres: [email protected]

7. ONTVANGS VAN VERWERKTE DATA

Veldram Klubs sal hulle verwerkte data direk vanaf S A Stamboek terug ontvang en indien

daar enige navrae is, kontak asseblief vir Herman Labuschagne by S A Stamboek by die

volgende adres nl.:

S A Stamboek

Produksie-aantekening

Posbus 270

BLOEMFONTEIN, 9300

Tel 051-410 0900

Faks 051-4473964

Navrae:

Herman Labuschagne / Marietjie Delport [email protected] of :

Kleinvee afdeling: Ina Bouwer/ Andrea Pieterse [email protected]

8. PLIGTE VAN DIE GENOOTSKAP

8.1 Die Genootskap moet toesien dat daar ‘n komitee saamgestel word wat huishoudelike

reëls ten opsigte van ‘n spesifiekte toets daar stel en beheer uitoefen, onderhewig aan

die reëls en regulasies van die Genootskap en SA Stamboek.

8.2 Die Genootskap mag die toetsterrein en die ramme enige tyd besoek.

8.3 Keurders/Inspekteurs moet deur die Genootskap aangewys word.

9. PLIGTE VAN SA STAMBOEK

9.1 Toesien dat toets op ‘n wetenskaplike manier afgehandel is.

9.2 Resultate beskikbaar stel na afloop van die evaluasie, bv. indekse en teelwaardes.

9.3 Indien ‘n veilingskatalogus aangevra word, inligting beskikbaar stel vir publikasie

9.4 Bogenoemde diens sal deur SA Stamboek gelewer word aan telers of ramprojekte as:

Volledige registrasie- en speen inligting vanbetrokke diere reg en met aanvang van toets

ingestuur is aan SA Stamboek,volledige inligting van ramme vir evaluasie van die

projekbestuurder ontvang is en dienste nie opgeskort is nie.

Page 7: SA RIGLYNE VIR RAM GROEI EN WOLTOETSE OP DIE PLAAS …4 5.2 Dit is verpligtend om geboortedatums (geneem binne 7 dae na geboorte) by SA Stamboek in te dien . Die geboorte- en grootmaakstatus

7

10. HUISHOUDELIKE REëLS VAN VELDRAMPROJEKTE

Aspekte wat in die huishoudelike reëls van die veldramprojekte vervat moet word, is as

volg:

Inspeksie van ramme:

- wanneer ramme ontvang word by veldramprojek

- wanneer groeitoets eindig

- voor veiling

Addisionele inentings en doserings:

Kondisie-punting

Fooi-strukture

Toetsdatums

Veiling – datums & reëls

Minimum vereistes vir veiling

Versekering

Klubs of Velramprojekte se bestuur moet seker maak dat hulle deelnemers lede van SA

Stamboek is,ander sal hulle data nie ingesluit word in die ontleding en veilingskatalogis

nie.

KONTAK BESONDERHEDE

Logix webblad : www.logix.org.za

Elektroniese data: [email protected],za (Produkie meting)

[email protected] ( Registrasie van geboortes)

Stamboek webblad: www.studbook.co.za

Stamboek Tel: 051 4100 900 Herman Labuschagne, Marietjie Delport

Ina Bouwer, Andrea Pieterse.

SA STAMBOEK: TEGNIESE ADVISEURS:

Bloemfontein/George Rampie de Wet [email protected] 083 631 6040

Bloemfontein Siebert Vermeulen [email protected] 082 548 4608

Bloemfontein Gerdus De Klerk [email protected] 072 691 3600

Vryburg Dolf Cloete [email protected] 082 660 3266

Pretoria Andries Riekert [email protected] 082 465 0671

Pretoria Thalia Brameld [email protected] 071 493 1111

Wes-Kaap Chanelle Steenekamp [email protected] 072 836 4108

Port Elizabeth Isolde Viljoen [email protected] 079 407 2708

Pietermaritzburg Sarah Roberts [email protected] 076 724 7907